
Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik.
judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou.
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 3951
VANUIT DIE BRAKWATERFONTEIN
1 Mei 2026 Vrydagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien `n wêreldswyn wat drink vanuit `n brakwaterfontein. Ek sien
die varswaterfonteine van die aarde is vuil en bruin. Ek sien dodelike
alge wat wyd daarin skyn. Met verskillende dodelike kieme wat oral
globaal verskyn. Ek hoor `n stem wat beveel: Ontruim-ontruim.
`n Ander val hom in die rede met die woorde: Kwarantyn-kwarantyn.
Ek sien `n morsige wêreldswyn saamgevat as een globale bewussyn.
Daarmee saam begin individuele vryheid heeltemal te verdwyn. Ek
hoor `n politieke basuin en sien die Leviatan gedrog as `n app wat op
elke selfoon en TV stel verskyn. Ryk en arm, groot en klein, word
hierdeur beheer met `n merk gekoppel aan die menslike brein.
Die eens heilige altaar het hierna verdwyn. In die plek daarvan staan
`n beeld wat sy opdragte vanaf Lucifer oor geheel die aarde uitbasuin.
Oor groot en klein, verskyn daar globaal boosaardige kankergewasse
wat op al die gemerktes verskyn. Ek sien `n kelk met daarin galbitter
wyn.
Ek sien `n groen, gloeiende klip word na die aarde geslinger in `n
reguit lyn. Die waters van die aarde, see, sowel as varswater, begin
giftig te skuim. Alle hoop verdwyn en ek sien hoedat die
onverseëldes begin drink vanuit hierdie galbitter brakwaterfontein.
Openbaring 3952
EENWêRELD BEURS
4 Mei 2026 Maandagoggend 03.30
Judithdebeer....
Diamante, goud, silwer en ivoor, die skatte van die aarde is
uitsluitlik nou net daar om die konings, bankiers en die superrykes
te bekoor. Ek sien `n enkel beurs met al die geldnote van alle volke
en nasies daarin saam as een fonds gestoor.
Die grotes, die konings en al die bankiers sing nou saam in een
globale koor. Individuele eienaarskap in die effektebeurs word
oornag in die kiem gesmoor. Die wat wil oorleef moet gedienstig
en gedwee die wette van die nuwe eenwêreldorde aanhoor.
Met die afleweringsmasjien globaal nou ontspoor. Bly daar net `n
goed beplande wêreld hongersnood vir die massas oor. Die mense
wat wil oorleef, die trap nou gehoorsaam in hul spoor. Geseënd is
daarom diè wat betyds lewensmiddele in die geheim tot hul oorlewing
sou stoor.
Openbaringe 3953
IN GEE EN NEEM
8 Mei 2026 Vrydagmiddag 1.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor een wat roep: Gee en gee want my naam is neem en neem.
Daar is een wat sonder voorwaardes maklik gee en altyd `n ander wat
sonder gewete net kan neem. En daarmee het die hemel `n groot
probleem. Daarom neem Sy dikwels van beide terug haar goeie seën,
Ek hoor een wat oor alles kla, teem en ween. Wat van vroeg tot laat op
ander se kragte leun. In hul klaaglied is hul oor die kleinste ding altyd
so ekstreem. Dit, terwyl hul eers weer hier en dan weer daar iets van
ander leen. Maar in hul skuld, daar staan hulle altyd hul goeie gewer
teen. En daarmee het die hemel `n groot probleem.
Daarom neem Sy dikwels van die goeie gewer, sowel as die selfsugtige
nemer terug, Haar goeie seën. Staan daarom o, gesalfdes die miswolke
in julle midde teen. Ja, hulle wat skaamteloos saam julle van die Goeie
Godsmaaltyd net wil eet en neem.
Openbaring 3954
MET DIE GOEIE WYN VERSLAAN
12 Mei 2026 Dinsdagoggend 02.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Vanuit die hemel val daar `n traan want die hel het gekraam. Die wyn
was verslaan en die kos het vergaan. Die tyd het gekom en die tyd het
gegaan, Daarom is dit nou te laat vir leer of vermaan. Die
verseëldes kon dit verstaan, maar dit het die goddeloses heeltemal
ontgaan.
Die dwaas het hoopvol bedel, bakhand rond gestaan. Dit, terwyl
die wêreld besig was om, om hulle te vergaan. Maar soos wat dit
die hoer nie betaam om haar oor haar sedeloosheid te skaam.
Netso is die groot wêreldleiers nie meer oor `n goeie naam begaan.
Die goeie wyn het vergaan en muf en miet het vernietigend deur die
wêreldgraan gegaan. Daarom was daar meer geen edelwyn of vars
brood wat op die heilige altaar kon staan. Ja, want alle christen-
gelowe en kerke het onder die eenheidsmerk van die gruweldier
gestaan.
Die pous en die vatikaan is die antichris trojaan wat hul arms oop
gasvry om alle gelowe begin slaan. Daarom kraai drieduisend maal
drieduisend keer die wêreldhaan. Die edelwyn was daarom verslaan
en die wêreldfeestafels was brutaal omgeslaan. Ja, want YaHWesHua
kom om langs Sion, Sy ware bruid te staan.
Kyk, op Sy bruilofsfeestafel verander die laaste suiwer water in die
heel beste edelwyn om langs die nuwe Brood (Woord) vir die
Melgisedek tydperk te staan. En vanuit die hemel val daar hierdie
keer `n vreugdestraan, om in triomf oor geheel God se skepping te
gaan.
Openbaring 3955
LOU EN FLOU
15 Mei 2026 Vrydagoggend 07.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met een hand sweer ons trou aan God, terwyl ons met die ander hand
steeds desperaat aan die wêreld vashou. Op hoop, geloof en liefde het
ons kwansuis gebou. Maar op hoogmoed, trots en selfliefde het ons vas
vertrou.
Op die breë weg na die hel is op verganklike materie gebou. Maar die
nederige nou Weg na die hemel is alleen, om stewig aan YaHWesHua
se hand vas te hou. Net Sy liefde kan ons deurentyd regop hou.
Die uiteinde van elke beskawing is om deur oorlog die selfmoord graf
te grou. Dit, terwyl homosapiens tevergeefs droom van op- en herbou.
Daarom brand ook hierdie tydvak se lamp reeds pateties flou.
Washington en Moskou is twee stede wat droom om met mekaar te trou.
Sodat alle ander stede van die wêreld in `n optog agter hulle kan aantou.
Daarom het die eindtyddraak een lyf, met vele koppe, met staal tande,
om die nasies mee fyn te kou.
Maar die huweliksfees word `n begrafnisrede van lanfer en rou. Ja,
want die stert van die draak heet London en sy is aan die verskillende
koppe in verraad ontrou. Al die wêreldmag wil sy net aan haarself
toe vertrou.
Daarom val vanuit die draak se regterklou, Suid-Afrika as die
oorwinningstrofee, vir `n kort oomblik vasgehou. Ja, want daar is
geen koning of wêreldorde wat met die heel laaste heiligdom gaan
skou. Daarom kom die einde van die tydvak en dit kom gou.
Openbaring 3956
TEENOOR TRUMP ‘N “TRAMP”
18 Mei 2026 Maandagoggend 00.05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die duisternis brand `n lamp en tot geestelike oorwinning staan
teenoor Trump `n “Tramp”. Die koning het hoogmoedig op sy troon
gesit. In die bos het die boemelaar nederig gebid. Die “beast” het
gegrynslag met sy ystergebit. Maar die verseëldes was verseël
deur `n ondeurdringbare hemelskild.
Die ou duisternag was swaar en pikswart soos `n diep, donker put.
Maar die opkomende nuwe sonskyndag was lig, helder, suiwer wit.
Vanuit `n wêreldhoogmoed koningstand, daar heers Donald Trump.
Geklee in toiings, nederig gebore vanuit geen adelstand. Daar bid
beskeie maar kragtig God se boemelaar, sy uitgekose “Tramp”.
Vanuit elke windrigting, tot in elke kontinent en land. Daar omsingel
versmorend die hel, die mensdom van alkant. O, kyk net hoe die
stede brand. Daar is geen koopkrag, daar is geen kontant. Die lug,
see en land se vervoersisteme staan heeltemal gestrand. Die
verbruikers staan afhanklik van die digitale merk en vanuit Trump
se hand.
O, die duiwel se vurk is gevaarlik getand. Maar wee, o, wee, vir die
wêreld, God se vlymskerp swaard kap sekuur en dit sny alkant. O,
die Gees van God in die mens is lewend, dit verlig in Wysheid die
siel en verstand. Maar die kennis van die wêreld behoort aan Satan.
Hierdie kennis is nutteloos en donker, dit is onaktief en dormant. So,
weet daarom o, mens, in hierdie duisternis brand daar wel `n helder
lamp. En in Geestelike oorwinning sit daar teenoor `n eenwêreldorde
en die magtige Trump. `n Sakgeklede boemelaar, ja God se eie, so
geliefde “Tramp”.