.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 851 
Draai die ander wang? 

Woensdag oggend 28 Oktober 2009
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hoe kon `n eens heilige volk hul ore so maklik uitleen aan die slang. 
Om hul in die strik en net van die bose voëlvanger te laat vang. 
Ja om die suiwer Waarheid deur `n walglike leuen te vervang. 
Eens het die groot Meester sy volk geleer draai vir jou broer jou ander wang. 
Maar uit die mond van die kerk 
word hierdie woord verdraai en dit word toe baie wrang. 
Ywerig leer hul toe die gemeentes draai altyd vir jou vyand die ander wang. 
Verhoog jou onderdrukker ver bokant jou in konings rang. 
Wees hierna teenoor hulle kruiperig-onderdanig altyd bang – 
om hul soos `n god te behaag in elke liberale drang. 
Vermoor jou eie volks-identiteite en gaan net hul wispelturige gang. 
Ja, sodat jou eie volk in verrotting aan die selfmoord tou kan hang. 
So leer hul deur die leuen; draai vir elkeen die heeltyd jou ander wang. 
Laat jou sonder enige weerstand beheer deur die N.W.O se stuurstang. 
So maklik het Satan vir hom biljoene wêreldslawe gevang – 
deur `n eens baie soet woord met `n infame leuen te vervang. 
Eentonig het die valse woord gelui; 
draai altyd vir jou vyand as naaste die onderdanige wang. 
Laat heers oor jou Godgegewe vrye wil die vyand se wispelturige drang. 
So word daar aan elkeen in hierdie tyd gegee om nou te gaan sy eie gang. 
Ewig kan die dom liberale lidmaat nou maar aan die droglippe van hul predikers hang.
Die onderdanige ja-broer ook vir ewig draai- sy toegeeflike wang. 
Ewig nooit sal hul die leuen weer met die Waarheid kan vervang. 
Maar die heiliges wat nou moet ly onder ander se misplaaste liberale behaag-drang. 
Ja, hul wat intens na die wederkoms van hul goeie Meester verlang. 
Vir hul word binnekort `n misvormde bose wêreld
deur `n nuwe suiwer vredestydperk vervang. 
Aan die wat wou luister na Satan se listige bose sang – 
wat so graag die werkers van die duisternis as broeders teen hul bors wou vasvang. 
Na hul eie keuse kan hul nou maar vir ewig vir ander draai 
hul baie dom bereidwillige wang.


Openbaring 852 
Die naakte waarheid.

Woensdag 28 Oktober 2009 12:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Jy vra na die veelbesproke voorspellings wat kwansuis gepaard sal gaan 
met julle geelperske reën en Ek antwoord jou dat dit eerder geestelik 
gesproke gepaard sal gaan met `n Kaalgatperske reën, 
wanneer My naakte Waarheid julle soos `n uitklophou tussen die oë gaan tref. 
Daarom sê Ek weer dat die wat op mense en prinse wil vertrou 
daarmee voortgaan - maar laat die wat op My, hul God en Redder 
vertrou ook nou met hul volle geloofsvertroue nader aan My kom staan.

 

Openbaring 853 
Ter wille van ’n suiwer geslag.

Donderdag 29 Oktober 2009 10:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Twee aflos-engele staan teenoor mekaar, 
die een breek sy eerste en die ander sy laaste seël. 
Versplinter lê `n eens rooskleurige bril en alles lyk van nou af verwronge skeel. 
`n Derde engel roep; bring nader die kruik met die laaste olie en meel. 
Sodat ons dit in verrotting vir die nasies kan uitdeel – 
voordat die lande dit brutaal van mekaar gaan begin steel. 
’n Vierde engel sê: Daar is nêrens meer iets gesond of heel. 
Die lewe is net nog `n illusie wat dit self in `n bestaan verbeel – 
en van `n hoop op ’n beter toekoms is daar nêrens meer veel. 
`n Vyfde engel sing uit volle bors;
deur storm en droogte kom daar nie meer wyn uit die prieel – 
al wat nog vermeerder is `n baie siek mensdom wat nie kan ophou teel. 
`n Sesde engel kom nou nader en vra; 
waarom loop alle genade nou so vinnig uit in sy geheel – 
daar is niemand in die wêreld oor wat bereid is om sy laaste met `n ander te deel. 
Ook niemand meer oor wat opreg oor `n gebroke naaste se hoof wil streel. 
So kom ook `n sewende engel nader wat sê: 
Die tyd is hier om die groot oordeelspakket onder mekaar te verdeel. 
Sodat ons dit as ’n ongekende wrede hoogtepunt 
in die groot verdrukking uit kan deel. 
Ja, die tyd het gekom en die aarde word met `n pynigende reiniging toebedeel.
Sodat Elohim `n skoon nuwe tydvak in volmaakte reinheid 
vir `n suiwer geslag kan kom verseël.


Openbaring 854 
Spreek van nou af só met julself.

Vrydag 31 Oktober 2009 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Die Woord van Abba Vader het tot my gekom en gespreek. 
Hy het gesê: Mensekind so moet jy van nou af met jouself spreek. 
Ja jy moet sê: ek is trots op my God- my volk, taal en kultuur – 
ook op die velkleur deur my Skepper aan my gegee. 
Ek is trots op my familie en vriende- maar indien een van hulle 
nie my liefde, beginsels en sentimente met my kan deel – 
kan ek nie meer trots op hulle wees- 
daarom mors ons net mekaar se tyd in ’n skynheilige gees.


Openbaring 855 
Uit die hemel val ’n edel traan.

Saterdag 31 Oktober 2009 07:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Vas in beginsel het eens rotsvas gestaan trots die Boer. 
Ja, vir God volk en Vaderland vreesloos en stoer. 
Van penkop tot gryskop daar dapper net met hul geloof en roer. 
Onder die leiding van hul Elohim as hul groot Generaal aangevoer. 
Deur die stort van edelbloed 
word vasgestel hul landsgrense in elke kontoer. 
Dit terwyl die vyand hul vrouens en kinders na martelkampe sou wegvoer. 
Hoe edel was die sterwensoomblik van elke trotse groot of klein Boer. 
In hierdie tyd was suiwer engelgeeste van die aarde na die hemel uitgevoer. 
Maar hatig en jaloers het Satan na hierdie uitverkore volk geloer. 
Die groot hoer word ingespan 
en tot sy ondergang word die leuen aan die Boer gevoer. 
So word `n eens edel boere-siel nou vir die wêreldvark gevoer. 
In `n wêreldbestaan is die Boer spoedig met die Goeie-Gees van God uitgeboer. 
Onder `n banvloek word die uitverkoopte Boer
nou as Afrikaner aan die wêreld uitgevoer. 
Maar trots staan daar uit hul geledere nog `n handvol vreesloos en stoer. 
Vanuit die hemel drup daar ’n traan 
oor die opregte gebede uit die hart van die suiwer Boer. 
God self antwoord: 
Die tyd het gekom waar Ek self weer as Aanvoerder die Boer sal kom aanvoer. 
Sodat weer vas in beginsel rotsvas sal staan – 
die eens heilige volk onder die vaandel van die Boer.


Openbaring 856 
Laat ons vir oulaas leef.

Sondag 1 November 2009 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die aarde ruk en beef- alles loop net skeef- 
net die duiwel kom al hoe meer op dreef. 
Aan elke sonde wil die mens vaskleef- 
ja, na die onmoontlike wil hul nou streef- 
daar is niemand wat meer voor God wil beef. 
Met jolyt wil hulle hul omgeef- 
terwyl hul net vir die sisteem wil leef – 
alles wat Satan bied wil hulle nou beleef. 
Ja, die planeet ruk en beef- 
alles wat kán loop die heeltyd skeef- 
en niks kom regtig meer op dreef. 

Terwyl rentekoers en effektebeurs op en af beweeg- 
word alles duurder en niks weer goedkoper. 
Terwyl almal koop en verkoop spekuleer die Jood as die aankoper. 
Eienaardig raas en loei die weer- 
maar op die landerye dreun onverpoos die stroper 
en die Boer met sy puik produkte bly maar `n swak verkoper. 
Op die winkelrak vergryp die organiese-verbruiker 
hulself aan produkte besmet met insekdoder. 
Na liggaam, siel en gees ontpop baie ook nou as `n ontbloter. 
Hier en daar- net waar jy kyk- is skielik `n Olyfboom of `n voorloper. 

Ja, die aarde ruk en beef- 
almal skreeu- laat ons vir oulaas leef – 
daar is niks meer oor waarna ons wil streef. 
Dit is net oordeel wat ons om ons beleef. 
Met kataklismes word ons nou omgeef-
binnekort nog net die dood se stank wat ons omgeef. 
Laat ons daarom vir oulaas vrolik leef- 
te laat is dit om nou voor God in angs te beef.


Openbaring 857 
Was alles 
tevergeefs.
Donderdag 5 November 2009 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
`n Edel ras het sy hart aan die hoer van Babilon gebied. 
Aan `n skandgod het hul misplaaste reg laat geskied. 
`n Valse woord op `n valse Sabbat vir Baäl-Peor aangebied – 
terwyl hul basterbloed as erfenis aan hul nageslagte bied. 
Oral is daar Satanspioene wat die laaste heiliges bespied. 
Wat het geword van `n eens suiwer lied – 
afkomstig uit die hart van die rasegte Israeliet. 
Waarom bring hierdie volk aan hul Elohim nog altyd net verdriet. 
O Waarom kan die uitverkore volk nie aan sy bloudruk reg laat geskied. 
Het God dan vir hul op Golgota gesterf heeltemal verniet. 
Vinnig nader die dag van oordeel met vergelding wat oor hulle gaan geskied. 
Voor God se toorn gaan die vreesagtiges nou bewe soos `n riet. 
Terwyl oordeelsengele die straf soos warm-lawa oor hul kom uitgiet. 
Daar is niks wat die wêreldling My tot versoening sal kan aanbied. 
Maar oor elke regverdige sal Ek My goeie wil vrylik laat geskied. 
Tot beskerming van die heiliges sal Ek My hemelskares laat ontbied. 
Wie is daar wat Elohim sy voorkeure kan verbied. 
Daarom sal Ek nou aan Sion hartstogtelik My liefde bied. 
Sing daarom My beminde met heel jou hart jou blye jubel-lied. 
Voor alles wat leef gaan Elohim reg aan sy uitverkore volk laat geskied.

Openbaring 858 
Die siel van die selfmoordenaar.

Donderdag 5 November 2009 17:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Soos `n fyn kristal glas wat val en ewig stukkend breek. 
So wil menig geknelde siel haar dikwels met niks omgeef. 
Sodat sy nooit weer angstig voor die uitdagings van die lewe hoef te beef. 
Daarom besluit sy verbitterd om haar na die dood te begeef. 
Na `n leë Niemandsland waar die bewussyn heeltemal ontbreek. 
Daar wil die siel van die selfmoordenaar haarself weg loop steek. 
Om haar so verbitterd op haar godgegewe lewe te kan wreek. 
Waar sy in `n nie bestaan ewig in haar afwesigheid wil ontbreek. 
Om vandaar spottend met die lewe die draak te kan steek. 
Min wetend begewe sy haar na `n Godverlate streek. 
Waar sy ewig met haar volle bewussyn in `n leë dimensie gaan voortleef. 
Om ewig nooit weer na enigiets te kan streef. 
O, hoe graag wil die siel van die selfmoordenaar 
nie nou vir haar `n liggaam weef. 
Om daarmee na die land van die lewendes te sweef. 
Om haar daar met haar ou probleme te kan omgeef. 
Sodat sy nou met God se hulp na oplossings daarvoor kan streef. 
Maar soos `n fyn kristal glas wat val en ewig stukkend breek - 
is dit ewig te laat vir die siel van die selfmoordenaar wat om genade smeek.

Openbaring 859 
Twee vrae.

Vrydag 6 November 2009 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
`n Leser wil in `n brief die volgende weet.
Vraag 1: Is die 144 000 slegs jongmense wat kan voortplant 
of sal daar ouer en bejaardes asook kinders ingesluit wees?.

Vraag 2: Ek het Bertha Dudde se “God en die kerke gelees”. 
Daarin word daar aangedui dat daar wel byeenkomste moet wees 
waar gelowiges bymekaar moet kom om die evangelie te hoor 
en gemeenskaplik te verkeer. 
Uiterlike seremonies is taboe omdat dit geen geestelik waarde het nie 
en maar net ’n vertoon is. Is alle kerke dan sleg en verkeerd? 
Wat van dié wat wel die evangelie boodskap reg oordra en wel 
barmhartigheidswerk doen. 
Wat van daardie gelowiges wat werklik 
streef om getrou en werklik diep gelowig asook vol liefde vir Vader 
en die naaste te wees en wat nog getrou eredienste bywoon?

Wat die eerste vraag betref antwoord Ek jou: 
Soos reeds in `n vorige openbaring genoem; dat indien God vir Abraham 
uit klippe kinders sou kon verwek en ook die ou onvrugbare Sara 
tot vrugbaarheid kon seën – waarom kan Elohim nie in die komende 
vredestydperk dit wat onvrugbaar is tot vrugbaarheid opwek nie. 
Dit is wel waar dat `n groot gedeelte van die honderd-vier-en-veertigduisend 
uit jonger kinders gaan bestaan - maar dit is omdat daar onder hulle 
meer gevind gaan word, wat suiwer van hart, siel en gees is.

Wat die volgende vraag betref antwoord Ek julle, soos soveel keer tevore; 
waar daar twee, drie of meer, opreg in My naam vergader, daar is Ek verseker.
Wat die doelwit en agenda van elke kerk of geloofstruktuur is,
dit weet hulself wel baie goed en daarom behoort elke lidmaat teen blinde
navolging te waak en moet hul geen steen onaangeroer laat om uit te vind
aan welke organisasie hulle hul kosbare sieleheil aan toevertrou nie.

Verder antwoord Ek julle dat geen mens sy liefde aan My of die naaste 
kan toon deur die bywoning van eredienste nie, maar slegs deur die opregte 
uitlewing van elke situasie en oomblik wat die lewe bied.


Openbaring 860 
Die vervalste lam.

Vrydag 6 November 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig verskyn daar `n pragtige lam wat vinnig opgroei                                                    tot `n volwasse skou-ram. 
Dit is `n baie vriendelike dier waaraan almal hulle verstom. 
Skielik is daar `n stem wat sê: Dit is `n vervalste lam- waarop ek lag en sê 
`n mens kan nie `n skaap vervals nie - maar die stem antwoord en sê;
kyk net na sy driehoek kop.


Openbaring 861 
Engele wat ween. 

Saterdag 7 November 2009 09:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl `n wêreldorde eentonig met `n Matriks-breinspoel-liedjie teem. 
Kom daar oor die kontinente ongekende storm, vloed en reën. 
Iemand roep; kyk dit is engele wat so oor `n verlore wêreld ween. 
Oor die aarde pryk daar nou `n oorkoepelende eenwêreld embleem. 
Van die aarde word nou onttrek al die oorvloed en seën. 
`n Engel slinger na die aarde `n ou verdwaalde uitgebrande steen. 
Water en grond raak toksies van `n meteoriete reën. 
Oor die aarde se oppervlakte hardloop biljoene in chaos heen. 
In `n eenwêreld sisteem kan niemand meer uit hul leë hulpfonds leen. 
Spoedig is meeste infrastrukture ook heeltemal daarmee heen. 
Bewend staan die massas nader om oor hul verlore planeet te ween. 
Hulpbehoewend kyk hul nou vir hulp na die hemel heen. 
Maar die engele vra, waarom wil julle nou om God se ore teem. 
Waar is julle wêreldleiers om aan julle die nodige hulp te verleen. 
Ja hul spot en vra; het Mammon nou in sy goue taak en diens versteen. 
Wat baat dit julle om oor jul verlore aardse skatte te wil ween. 
Oor see en kontinent kom daar globaal aardbewing, orkaan 
en baie meer om oor te teem. 
`n Hele wêreld vra verbaas, 
“waar is al die oorvloed en seën nou skielik heen”.

Openbaring 862 
ék die verraaier!

Saterdag 7 November 2009 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens had Ek hier op aarde `n voor, middel en agterloper. 
Wat was die verskil tussen Iskariot, Petrus en Johannes die voorloper. 
Was Petrus, die rots, se krag as beide s'n saam dalk effens groter. 
Judas was by uitstek `n deurbringer, skoorsoeker en opstoker. 
Hy was heeltemal onbetroubaar as sy groep se aankoper. 
Met sy hand in die beurs was hy `n deeglike stroper. 
Maar daar is min wat besef in Judas' sondaar hart 
was sy liefde vir my dikwels baie groter. 
Johannes was die goddelike bode en ook die water-wasser en doper. 
Kragtig was sy boodskap met Waarheidspyle vanuit `n goddelike koker. 
Met `n naakte bolyf het hy by die Jordaan vir sy Elohim geglinster soos koper. 
Maar al drie manne deel een eienskap 
en dit was om te streef altyd `n bietjie groter. 
Vanuit gevangenskap het die doper in twyfel verwytend na My gedraai. 
My daarvan beskuldig Ek het my wind van vergetelheid oor hom laat waai. 
O Waarom wou My voorloper `n vinger van beskuldiging teen sy Skepper swaai. 
Vir dertig silwerstukke het Iskariot ook sy Skepper met `n kus verraai. 
In patetiese boetedoening het hy homself hierna 
aan die selfmoordtou laat swaai. 
Waarom het Petrus die rots, 
My verloën en sy gesig skaam van My weg gedraai. 
Hoe seer aan die kruis was My gemoed 
met die aanhoor van `n haan wat drie maal sou kraai. 
Ja, drie hemelwesens het as mense my elk op sy eie manier verraai. 
Terwyl ons nou so deur die feite van die tyd rondblaai. 
Ja deur herinneringe van weleer wat nostalgies om ons waai. 
Kom daar `n eeue oue vraag wat hoe lank al om dieselfde deuntjie draai. 
Waarom word Judas Iskariot altyd alleen uitgesonder 
om op die spit te braai. 
Terwyl elke sondaar, groot of klein, elke dag sy God verraai.

Openbaring 863 
Die volk se leier.

Sondagaand 8 November 2009 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is `n volk wat in verdrukking wanhopig ween. 
Hul kla en sê: Op ’n selfvernietigingspad is ons op pad na nêrens heen. 
Maar met die regte leier kom ons weer spoedig op die been. 
Hul smeek en bid terwyl hul vra: stuur ons asseblief nou daardie een. 
So kyk daar oor die koppe van die volk nou menig baie heen. 
Vir `n potensiële menslike leier om uit te stryk elke probleem. 
Maar Elohim antwoord en sê: `n Leier stuur ek jul vir elke probleem. 

Vir die volk se verharde hart stuur ek daarom `n leier van bitter smart. 
Onder hierdie leier raak die volk ook spoedig net al hoe meer verward. 
Sodat hul sal uitroep: 
In plaas van `n menslike leier skaar ons ons nou liewer by God se part. 

Ja, daar is `n volk in sy hardkoppigheid heeltemal ekstreem. 
Wat sê: Van ons nasietrots is ons heeltemal ontneem.
Maar onder die regte leier staan ons vinnig weer onder `n wenners embleem.
Sodat `n hele wêreld van ons uitermatige groot krag sal verneem. 
Maar Elohim antwoord en sê: `n Leier sal Ek vir hul stuur vir elke probleem.

Vir die hoogmoed wat nog so mildelik oor hul skyn – 
daarvoor stuur Ek ’n leier met `n kuur van baie bitter pyn. 
Wat hul onophoudelik sal pynig met `n geniepsige venyn 
en hul in wanhoop sal uitroep; 
laat Elohim liewer van nou af as ons leier oor ons kom skyn.

Openbaring 864 
Die verlore siel.

Maandag 9 November 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za  

Judith de Beer
Soos `n blaar wat weerloos waai in `n stormwind. 
Of `n fetus sterwend in aborsie van sy naelstring afgebind. 
So voel die verlore siel wat haarself in `n godverlate toestand bevind. 
Sy roep en sê: waarom was ek in my dwaasheid tog so blind. 
Min wis ek- ek was die heeltyd van God afhanklik soos `n kind. 
Maar deur dit wat `n materiële wêreld bied was ek verblind.
Met my lewe op aarde hardloop ek toe agter alles mooi en blink. 
In ’n genotpoel van sonde het ek myself vrolik verdrink. 
Oor `n geestesdag van more het ek nie een oomblik verantwoordelik gedink. 
Nou wroeg ek in ’n godverlate stilte waar geen klank van hoop in my ore klink. 
In my duister wêreld vind ek geen liggie waarheen ek kan hink. 
Geen sprankie hoop wat my bemoedigend nader wink. 
Terwyl my aardse lewe soos `n moeras in verrotting om my begin te stink. 
Hoe ellendig is dit hier waar ek net al hoe dieper in my duister nag wegsink. 
O, waarom het ek hierdie bitter-beker vir myself op aarde ingeskink. 
Waarom het ek my lewensvoedings naelstring aan die wêreld vasgebind. 
Om in die poel van vuur en swael ewig te verdrink. 
So ween en kners die siel 
terwyl sy oor haar eens voorspoedige lewe op aarde terugdink, 
en sy wanhopig roep: 
God waarom, O waarom was ek met my aardse lewe tog so uitermatig blind.
                                                                                     

Openbaring 865 
Visioen van soldate.

Dinsdag 10 November 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n droomvisioen verskyn daar wêreldwyd in elke straat en stegie soldate. 
Aan hulle verskillende kleredrag kan ek aflei dat hulle van oral oor die wêreld
afkomstig is. Almal se hoofdeksels “beret’s" is egter omgedop 
en op dieselfde manier op hul koppe gesit wat `n soort eenheid 
onder hulle vorm.
Van hierdie troepe word op `n vreemde manier deur bonatuurlike kragte
beheer wat veroorsaak dat hulle van die heiliges beskerm.

Openbaring 866 
`n Verlore kind wat huis toe kom.

Woensdag 11 November 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos `n verlore kind wat huis toe kom en vir sy Vader `n geskenkie saam wil bring. 
lê daar by die voet van die kruis `n sondaar met sy hande biddend saamgewring. 
Droewig klink sy lied wat hy in wanhoop na sy Maker bring.
Hy sing; deur U dood is daar vir my Verlossing gebring. 
Maar met my geloof so swak en uitermatig gering – 
kan ek dit nie as geskenk vir U, my Verlosser bring. 
My liefdes take was ook so uitermatig karig en gering. 
Na U troon het ek nie eenkeer `n bekeerling gebring. 
Oor `n naaste in nood se hoof 
het ek nooit `n simpatieke hand van sagte streling gebring. 
Ek was net bewus van my eie aardse stryd op oorlewing – 
maar ek was vinnig en flink om `n vinger van oordeel na ander te bring. 
Net sonde op sonde- daarvan het ek `n hele afskuwelike string. 
By die poort van die Paradys wil ek nie opdaag 
sonder om `n geskenkie vir my Skepper te bring. 
Daarom sal ek maar uit my sonde toestand opstaan 
en my klaaglied na my Elohim bring. 
Ek sal dit verander in `n jubellied en Hom met my sondaarshart toesing. 
Ek sal dankie sê vir God se kosbare bloed 
na eens verlore sondaars gebring. 
Ja, ek sal sing van ondenkbare goddelike liefde 
wat verlore sondaars nog altyd net huis toe bring.

(Openbaring 867)  
Die volgende stelling en vraag vanuit `n leser se brief                                    het tot openbaring 876 gelei:

Wanneer ek die innerlike Woord aan ander mense wil oordra ervaar ek dat
hulle alles wil meet aan die Bybel en as daar nie 'n verwysing gevind kan
word nie, dan is dit nie aanvaarbaar vir die meeste mense nie. Ek het
dadelik Abba Vader se stem herken die oomblik toe ek die innerlike Woord
begin lees het en vind dit skokkend dat so min Sy stem erken.
Het mense geestelik so blind geword dat hul Sy stem geensins kan erken
nie? Ek ervaar by hulle 'n groot vrees vir die moontlikheid van 'n valse
profeet of kettery. Hulle vra waar kom ek aan my kennis - selde word iets
as geloofwaardig aanvaar as dit nie in die Bybel staan nie. Ek vra dikwels
dat Abba Vader my geestelike kennis sal verbreed en ek kry dit baie
duidelik deur die innerlike Woord en my onderskeidingsgees. 
Alles tot eer van Elohim, ons enigste Vader vir altyd! 
Ek wil elke dag net meer van Sy liefde ontdek.


Openbaring 867 
Die dooie letter van woord en wet.

Donderdag 12 November 2009 22:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarom staar mense hulle so teen hul eie riglyne blind. 
Ja waarom wil hul My in die dooie letter van woord en wet vasbind. 
Waarom vertel hul mekaar God is as Waarheid net in die Bybel te vind. 
Terwyl hul hulself met Bybelverse probeer regverdig tot op die laaste punt. 
Daar is geen kennis, tyd of materie wat My -die Lewende Woord- 
in grense vas kan bind. 
Ewig wandel Ek vry soos `n Koel Bries, verfrissend in `n Geesteswind. 
Ek fluister in die hart van elke opregte goddelike kind – 
terwyl Ek hul deur My Heilige Gees in hul hart aan My vasbind. 
Ek vertel aan hul; jou innerlike is die enigste plek waar jy My stem kan vind. 
Ja, daar is geen ander plek waar jy ewig ooit jou Maker gaan vind – 
behalwe in die warm liefdes-sentrum van jou selfbewussyn se eie innerlike dink. 
Laat daarom die wat deur geykte leerstellings na nêrens heen wil hink - 
hul in Konstantyn se saamgestelde bundel vas laat bind. 
Maar laat die wat My in hul heilige lewende innerlike wil vind – 
so vry soos `n adelaar sweef op die heilige lugstrome van die Goddelik wind.

Openbaring 868 
Assosiasies van die siel.

Vrydag 13 November 2009 10:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl die siel in haar opvoeding moedig deur die lewe beur. 
Dikwels moedeloos oor die onaangename fasette van die lewe treur. 
Terwyl sy tussen ondenkbaar baie keuses moet kies en keur. 
Is daar vir haar `n groot verskeidenheid van vorm, smaak, klank en kleur. 
Waaruit sy vir haarself net die heel beste hoef te keur. 
Daarom word emosionele en liggaamlike pyn altyd met bitter geassosieer. 
Blydskap en saligheid word weer in dit wat soet is bespeur. 
Onbesonne foute val soos `n frank smaak in by ’n ongenooide deur. 
So is die Wysheid en kennis soos sout `n altyd onontbeerlike geur. 
Maar die onderskeidingsgees laat hom soos die speekselkliere
deur die suur van die lewe aktiveer. 
Waar die liefde haarself net met `n ietsie van alles 
in die regte verhouding opgeur. 
So is daar vir die geestelike ontwikkeling `n assosiasie 
in elke kleur, smaak en geur.


Openbaring 869 
Onlus en oorlog. 

Saterdag 14 November 2009 20:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur onlus en oorlog is daar altyd baie wat onnodig moet krepeer. 
Wat makeer die Ooste en die Weste in hul bose agendas nou alweer. 
Is dit miskien hul eeue oue vendetta om wêreldmag en beheer. 
Of probeer hul mekaar miskien van die beste olie velde wegkeer. 
Miskien is dit Ismael en Isak wat mekaar weer in `n kragmeting wil onteer. 
Hoe dit ookal sy, binnekort word `n grote stad in die wêreld brutaal beleër. 
Die inwoners gaan hulself nie behoorlik teen hulle vyand kan verweer. 
In hierdie proses word duisende gewetenloos gedood en beseer. 
En `n skynheilige Weste sit met `n kamma enorme kopseer. 
Terwyl Asië skelm beplan om op die einde oor almal te triomfeer. 
Deur ondenkbare onlus en oorlog 
gaan almal nog eenkeer onder `n wêreldoorlog moet krepeer. 
Daar is geen moondheid wat hierdie finale aanslag 
van die aarde weg kan keer.

Openbaring 870 
Die kerksisteem se stewige greep. 

Sondag 15 November 2009 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
O’ waarom hou `n globale kerksisteem met `n stewige greep 
die wêreldbevolking so `n uiters domme leek. 
Met oeroue uitgediende leerstellings hou hul Homo-sapiens- 
`n ontwikkelde spesie- maar `n slaaf op sy plek, swak en week. 
Waarom mag die mensdom in hierdie onmenslike inperking van bindende leed- 
nooit sy geestelike grense buite die voorgeskrewe raamwerke 
van menslike denkrigtings verbreed. 
Maar alle kennis, kunste en wetenskappe 
mag hul in die ontwikkeling ver buite hul insig-grense verbreed. 
Ja, nog altyd word die mens se beskawingspeil 
aan sy vinnige materiële ontwikkeling gemeet. 

Maar soos `n voël in `n kou was sy gees daarvan weerhou 
om in vrye ontwikkeling soekend rond te kon sweef.
Deur `n ingekweekte vrees om voor `n sogenaamde 
'liefdevolle maar terselfdertyd vreesaanjaende God' te beef – 
het kerke met politieke agendas 
mense nog altyd aan hul bindende riglyne laat vaskleef – 
en hul daardeur op elke gebied na willekeur gemanipuleer.

Daarom laat `n gebrek aan goeie gesonde oordeel 
in die handhawing van natuurlike ordes hul nou heeltemal in die steek. 
Met die gevolg dat `n uiters delikate skakel 
tussen materiële en geestelike ontwikkeling nou heeltemal ontbreek. 
En so word die uiters delikate instandhouding proses van hierdie wêreld 
nou brutaal stukkend gebreek. 

Waarom wil die mens wat in alles die heeltyd na nuwe horisonne wil streef- 
wat hulself elke dag toelaat om hul in die mees uiterstes
nuwe uitdagings in die skone kunste en wetenskappe uit te kan leef- 
hulself kinderagtig-naïef daarvan weerhou om uit die outoriteits-kloue 
van kwansuis geestelike leerstellings weg te breek. 
Die ergste van alles is dié- 
dat hoogste 'vlakke' van hierdie wêreldse kamma geestelike outoriteite 
heeltemal in die geloof in `n Opperwese ontbreek.
Maar hul gebruik ou geykte geloofsleerstellings as bindende kettings
sodat die mens nie deur sy eie geestelike-dimensies kan breek. 
Waar hy as `n hoogs ontwikkelde geestelike wese 
ook na die suiwer goddelike in sy materiële wêreld kan streef. 
Die antwoord hierop is dat `n gevangene na jare van aanhouding in `n klein sel, 
homself in `n verwronge gevoel van veiligheid uitleef – 
en hy daarom te bang is om in oorgawe na die vryheid daarbuite te kan streef.

Openbaring 871 
Dit is bykans volbring.
Maandag 17 November 2009 22:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek skielik `n volmaakte manlike hand wat besig is om met
`n pragtige groen olyftakkie op `n plat oppervlakte te skryf - waarna die
gesig verdwyn - om net hierna weer te verskyn maar wat hierdie keer besig
is om met `n volmaakte spierwit veer iets neer te skryf. Vir die derde
keer verskyn hierdie lieflike hand maar hierdie keer skryf dit met `n
ordinêre hedendaagse potlood - waarna ek dadelik aan die slaap raak.
Wanneer ek `n ruk hierna wakker word kom die vraag onmiddellik by my op
oor wat hierdie gesig sou beteken en die Stem antwoord my: 
Die laaste tydvak van hierdie beskawing is bykans volbring.

 

Openbaring 872 
Vanuit `n kopbeen grynslag die dood.

Dinsdag 17 November 2009 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit `n kopbeen grynslag die dood van sy een tot sy ander afskuwelike kant. 
Hy sing luidrugtig; kyk hoe lank en geel is die ou tyd al in sy tand.
Ja, soos ontelbare spierwit skulpe wat wyd gestrooi lê oor `n skone strand.
Lê daar biljoene kopbene en blink in die sonlig oor `n kontinent se binneland. 
Die aarde ruk en beef en in `n sonsverduistering vra baie 
is dit nou oggend of is dit aand. 
`n Stem antwoord: Kyk dit is `n donker rookkolom oor die aarde wat so brand. 
Pes en hongersnood skud as suksesvolle vennote 
soos vrymesselaars mekaar se regterhand. 
Ondenkbaar baie honger siekes is in hierdie verhaal hulle sterwende klant. 
Ook Ismael verloor in sy uittarting teen die Weste nou heeltemal sy verstand. 
Deur sy toedoen word groot gebiede oor baie lande nou tot as verbrand. 
In hul onkunde speel hul so reg in die antichris en sy bondgenote 
se manipulerende hand.
Afrika val almal nou heeltemal na alkant tot slagoffer openlik en blatant.
In `n globale oorlog word biljoene in armoede en hongersnood 
aan die dood verpand.
Ja, oral oor die wêreld hang die dood se soet walglike verrotting stank.
Massas en massas lyke word in groot getalle oor die planeet emosieloos verbrand. 
En vanuit `n enorme kopbeen grynslag die dood 
van sy een tot sy ander afskuwelike kant.



Openbaring 873 
’n Gesig oor tatoeëermerke.

Donderdag 19 November 2009 10:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek `n groot man met die liggaamsbou van `n rofstoeier.
Dié se liggaam is heeltemal oortrek met kleurvolle tatoeëermerke 
waarvan die meeste drake is. Hierdie man staan die een oomblik nog 
uitdagend sowel as uittartend teenoor die lewe - net om die volgende 
oomblik morsdood inmekaar te sak - waarna sy liggaam in `n versnelde 
proses vergaan om direk hierna in sy geestelike realm as `n stuk lewende 
vormlose aarde (’n tipe eiland) te verskyn. 

Op hierdie eienaardige stuk grond verskyn ook nou in enorme groottes 
hierdie tatoeëermerke as lewende gedrogte en drake, wat mekaar in
bloedige gevegte probeer vernietig, terwyl hulle die grondgebied onder
hulle pote brutaal tot `n pappery vertrap. Waarop hierdie eienaardige
'lewende-eiland' op sy beurt erge-aardbewings vanuit sy binneste na die
oppervlakte uitstoot om in die proses van die gedrogte ontslae te probeer
raak. Waarop die drake weer boosaardig die 'aarde' onder hulle met
vuurstrale vanuit hulle bekke bestook en die grond maar net weer op sy
beurt probeer om met lawa-agtige ontploffings die gedrogte op sy 
oppervlak te vernietig. 

Deurentyd kom daar `n jammerlike gekerm vanuit hierdie
gepynigde geteisterde stuk aarde en ek kry die gevoel dat hierdie proses
dit self vir oneindige tye gaan herhaal. Dit is uiters ontstellend en ek
eindig hierdie gesig willekeurig - maar onwillekeurig verskyn daar weer 
’n gesig en hierdie keer is dit `n pragtige jongmeisie wat met haar naakte
rug na my toe staan. In die middel van haar rug is daar `n klein tatoeëermerk 
van `n dolfyntjie wat vrolik uit `n wateroppervlak spring. 

Dieselfde gebeur met haar - in `n oomblik sterf en vergaan sy - waarna sy 
binne die grense van haar geestelike sfeer in `n stukkie grys droefgeestige 
oseaan verander. 
Skielik bars daar deur die oppervlak van die water `n enorme dolfyn 
net om weer in die water te verdwyn. Ook hierdie proses begin om dit self 
eindeloos te herhaal - terwyl die 'see' woedende branders vorm om
van hierdie nimmereindigende pynlike proses ontslae te probeer raak. 
Weer ontstel hierdie gesig my geweldig en die beeld vervaag.


Openbaring 874 
Iets om oor na te dink.

Vrydag 20 November 2009 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die menslike brein is niks anders as bloot `n baie ingewikkelde moederskakelbord waarna alle senuweedrade van `n liggaam hul elektries gelaaide frekwensie-impulse vir verwerking neem- waarna dit na die nodige onmiddellike verbruik - in `n netjiese  selnetwerk geliasseer en gestoor word waar die siel voortdurend weer die nodige inligting vir die instandhouding en voortbestaan van haar materiële liggaam kan herwin. 

Al die bogenoemde inligting kom daarop neer dat die veelsydige brein met haar denkproses niks anders as `n saamgebondelde maar goed georganiseerde   senuweeknoop is nie waarvan bykans die totale basis uit niks anders as  doodgewone water bestaan nie.                                                                                                   

`n Lewe sonder `n siel is `n onmoontlike faktor en behalwe vir die verskil in grootte    en vorm is daar inderwaarheid nie juis `n noemenswaardige verskil tussen die brein van `n mens en die van `n baie goed ontwikkelde dier nie. 
Maar die verskil tussen hierdie spesies lê in die 'Goddelike-asem' (geestes lewens sfeer) wat deur die Skepper oorgedra is aan Sy beeld draer- die hoogs ontwikkelde Homo sapiens- waarvan die lewende siel op haar beurt die opnamehouer of liggaam van haar goddelike gees is en daarom is die menslike siel veronderstel om as ’n regverdige tussenganger tussen haar geestelike en materiële bestaan op te tree. 

Die grootste bate van die siel is dat die goddelike vrye wil tydens haar bestaan op aarde aan haar outoriteit onderworpe is en sy dit daarom na haar goeddunke tot voordeel van haar materiële sowel as haar geestelike bestaan kan aanwend en daarom is die siel nie net die beskikker van haar materiële sowel as geestelike ontwikkeling nie - maar ook die bepaler van haar onsterflike lewenslot. 

Indien sy haarself deurentyd net besig sou hou met die bevrediging 
en instandhouding van haar materiële liggaam en wêreld wat haar hier tot               tuiste dien- tref sy terselfdertyd bitter min of geen voorsorg vir die ontwikkeling        van haar geestelike groei en sfeer wat haar as ewige tuiste gaan dien nie. 

Die grense van `n geestelike veld (sfeer) word deurentyd deur haar realiteits 
opnames - sowel as haar liefdes betrokkenheid daaraan verbonde verbreed 
maar deur valse illusies en negatiewe insette word waarheids-verowerde 
gebiede weer net so vinnig geëlimineer. 

Die realiteit van enige skepping, hetsy dit geestelik of materieel van aard is, 
vind eerstens plaas waar daar fluks in die geheuebank van die verstand 
rondgekrap word en hierdie versamelde inligting, of dit nou positief of negatief 
van aard is, omgesit word in die kreatiewe uitlewing van gevisualiseerde 
beelde wat deurentyd die boustene vorm van ’n materiële omgewing sowel 
as geestelike skeppings en wêrelde. 

Gaan dink daarom weer ernstig daaroor na, oor wat werklik daarmee bedoel word 
waar daar in die skrif geskryf staan, julle moet vir jul skatte in die hemel (geestesryk) 
bymekaar maak en vra jouself af hoe jou geestes woning (sfeer) op hierdie oomblik 
daaruit sien en hoe goed jy op hierdie stadium voorberei is indien jy skielik 
en onverwags na jou ewige geestelike tuiste sou moet verhuis.


Openbaring 875 
Openbaring se waarskuwings verhaal.

Saterdag 21 November 2009 19:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eentonig kom `n lied: 
Vir tweeduisend jaar was tevergeefs Openbaring se waarskuwings verhaal. 
Terwyl Satan nou vol bravade minagtend oor `n verlore mensdom smaal. 
Spottend sê hy: so bitter min verlossings-sukses is uit hul midde behaal. 
Kyk in hul kerke word steeds Baäl as hul opperheer onthaal. 
Terwyl hul Mammon biddend as hul liefhebbende god toestraal. 
So begin ’n ongekende duisternis nou op die aarde neerdaal. 

Maar die Vaal perd van die dood staan klaar opgesaal. 
Uit die willose hand van `n moedelose engel val nou `n skaal. 
`n Grote wêreld word nou in oordeel vergruis en fyngemaal.
Verdrietig sing biljoene; waarom het ons onsself so gefaal. 
Soos Nimrod het ons teen God gepraat in een taal en dit was liberaal. 
Oor al Sy goeie ordes wou ons hoogmoedig en minagtend smaal. 
So het aardverwarming ongesiens tot ons ondergang in ons midde neergedaal. 
Onder `n globale oordeel gaan die mensdom nou vir hul foute baie duur betaal. 
Stikdonker is die Godverlate nag wat nou op die aarde neerdaal. 

Die Vaal perd van die dood runnik- met sy ruiter staan hy klaar opgesaal. 
In kataklisme op kataklisme in aardbewing, oorlog, pes en hongersnood 
kom hy baie vir hom haal. 
Droewig sing `n engelekoor; 
tweeduisend jaar was tevergeefs gebring Openbaring se waarskuwings verhaal.


Openbaring 876
Nóg ’n swart Vrydag. 

Sondag 22 November 2009 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Skielik is daar iets wat ingee en oorverdowend val onder `n onmoontlike vrag. 
O’ Mammon waarom lê jy op die naat van jou rug so sonder krag. 
In ’n geskokte stilte kom daar nêrens die klank van iemand wat lag. 
Skrikwekkend hys daar stadig oor die wêreld nou `n pikswart vlag. 
In bloedige rou oor die laaste ekonomiese val op nog `n swart Vrydag. 

Waarom O’ Mammon toon jy op hierdie dag nie jou eens enorme krag. 
Waar is jou goud en banke, ja, jou eens oorkoepelende wêreldmag. 
New York staan skielik verwese gestroop van al haar skoonheid en prag. 
Ook Londen vertoon verlep en vaal sonder haar pond se goeie koopkrag. 
Terwyl satan selfvoldaan die eindresultaat van sy bose handewerk betrag. 
Onbetrokke kyk hy gevoelloos na sy troue werkers wat lê in hul eie bloed, geslag. 

So lank het die duisternis op hierdie dag van die merk van sy dier gewag. 
Tevrede staan die antichris nader met die oorkoepelende outoriteit en wêreldmag. 
Alle eiendomsreg maak skielik plek vir slaweverblyf onder die wet van die pag. 
Elke individu se godgegewe vryheid 
lê onder `n nuwe wêreldorde se skoen tot niks verkrag. 
So word die mens nou met die merk van die dier gemerk een-een op `n slag. 
Daar is nêrens meer `n plek waar hul kan gaan lê hul onreg’s klag.

So kom uiteindelik hierdie dag waarop die duisternis so lank en geduldig sou wag. 
Ja, oor die aarde kom daar skielik `n onafwendbare enorme slag.
Stadig en morbied hys daar oor die wêreld `n droefgeestige swart vlag -
oor die laaste noodlottige val van nog `n pikswart Vrydag.


Openbaring 877 
Gesig oor bakleiende honde.

Sondag 22 November 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n droomgesig verskyn daar `n woestaard met `n klomp boosaardige
varkhonde wat hy elk aan `n leiband in sy hande hou. Aanvanklik is die
honde kalm waarna hulle gevaarlik saggies vir mekaar begin grom. 
Een van die grootste honde hap geniepsig na `n ander een - waarna almal 
in ’n groot kabaal onder mekaar invlieg, byt en baklei dat die bloed spat. 
Ek vra na die betekenis van hierdie gesig en kry as antwoord dat dit in die
nabye toekoms so onder die regerings van die aarde gaan lyk.

Openbaring 878 
Weer `n groot aardbewing.

Maandag 23 November 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek word onverwags wakker om uit die bloute bewus te word van `n
naderende dreuning wat vergelyk kan word met die van `n baie swaar
motorvoertuig - waarna dit voel asof alles skielik om my begin vibreer,
ruk en beef, om net so skielik weer te verdwyn - waarop `n stem sê:
Binnekort kom daar weer `n groot aardbewing.

Openbaring 879 
Goed en kwaad.

Dinsdag 24 November 2009 09:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nog altyd het goed en kwaad mekaar in moontlike vriendskap soos die pes vermy. 
In hul konflik oomblikke het hul mekaar met alle mag en krag bestry. 
Oor mekaar se oorwinnings het hul hulself ook nooit verbly. 
Maar so dikwels het hul tog probeer om mekaar na hul kant oor te kry. 
Dikwels het goed probeer om kwaad van sy ewige bindinge te bevry. 
Maar hierteen het kwaad met al sy mag en krag gestry – 
hardkoppig besluit om eerder onnodig vir ewig te ly. 
Maar genoeg is genoeg en goed is nou moeg om die kwaad te probeer bestry. 
Waarop goed besluit om eerder te onttrek                                                                           sodat kwaad net homself het om teen te baklei. 
So is daar nou meer geen tyd of plek wat die kwaad in sy ongekende woede vermy. 
Oor die wêreld is nou ’n ongekende toestand                                                                           en daar is niks wat die kwaad meer bestry. 
`n Hele wêreld is besig om ontsettend onder hierdie verskriklike situasie te ly.
In hierdie tyd van goddelike stilte is die boosheid oral en volop te kry.
So baie is daar wat hulself nou so graag aan die goeie wil wy. 
Wat rond gaan en vra waar kan ons die bron van ewige Goedheid nou kry. 
Maar in `n ongekende stilte is die Goedheid nou nêrens meer te kry. 
Vanuit die wêreld styg daar `n klaaglied van biljoene wat onder die kwaad nou ly.
Maar eenkant staan `n handvol- aan Goed was hul altyd toegewy– 
en oor hulle is dit wat die hemele hul nou uitermatig verbly. 

Openbaring 880 
Visioen oor die Kiewiet.

Dinsdag 24 November 2009 23:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n droomvisioen sien ek hoedat blanke ouers hul kinders desperaat begin 
wegsteek terwyl hul soos die 'Kiewiet voëltjie' hulself in allerhande
'manewales' blootstel om die aandag so op hulself en weg van hul kinders
te trek. Ek verstom my aan hierdie gesig omdat `n tafereel van die
grootste naasteliefde ooit - onder hierdie mense begin afspeel.

Openbaring 881 
`n Kleine kudde se klaaglied.

Woensdag 25 November 2009 00:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n klaaglied kom die wysie van kinders wat droewig saggies ween. 
Terwyl die note hartverskeurend waai oor die grote heelal heen. 
Hul sing; O’ Vader waar ons kyk is daar net chaos om ons heen. 
In `n verlore wêreld sit U kinders nou heeltemal wees- alleen. 
Van soveel familie en geliefdes is hul nou heeltemal vervreem. 
Hul roep na U en vra: waar moet ons in hierdie tye heen.
Daar is niemand in die wêreld van wie ons net `n bietjie hulp kan neem. 
Van U Waarheid en Liefde is hier ook nêrens meer iets van geen. 
In haat en nyd het soveel wêreldharte nou tot klip versteen. 
So is alle meegevoel in hierdie tyd heeltemal daarmee heen. 
Nêrens vind ons meer ’n bietjie troos, hoop of seën. 
Onnodig wil ons nie oor al ons ellende in U ore teem. 
Maar tot ons redding bly daar werklik oor- nog net U alleen. 
Op wie se skouer ons oor hierdie verskriklike tyd kan ween. 
Aan wie ons hoopvol kan vra om ons saam na U hemele te neem. 
Ja ewig weg van ’n verlore wêreld se enorme onoplosbare probleem. 
So roep `n kleine kudde na hul Herder terwyl hul droewig teem. 
Hul sê: kyk, oral is daar net bedreiging en gevaar om ons heen. 
In hierdie chaos sit U kleintjies nou heeltemal verstoot- alleen. 
In `n Duister wêreld is ons van al ons dierbare geliefdes ontneem. 
Daarom vra ons U, O’ Vader om ons by die hand te kom neem. 
Om ons ewig saam na U grote veilige Vaderhuis te neem. 
So klink die klaaglied op die wysie van kinders wat droewig treur en ween.
 

Openbaring 882 
Politieke valse informasie.

Donderdag 26 November 2009 23:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Tussen huil en lag kyk hemelskares na benede en sê: 
Daar is voorwaar niks meer wat ons kan verbaas nie. 
Die resessie is verby; verkondig die media hul politieke base se valse informasie. 
Baie krap onseker die kop en trek hoopvol `n streep deur emigrasie. 
Maar oral is daar heelwat onduidelikheid en verbouereerde konsternasie. 
Oor `n regering wat so maklik beweer dit is oor en verby met die hoë inflasie. 
Maar terselfdertyd vra hul heeltyd net nog `n bietjie tyd en grasie. 
Vir die opbou en herstel van Mammon se eens glorievolle- nou gevalle ou murasie. 
Hul beloof plegtig; in die ekonomie kom daar `n groot verskeidenheid van variasie. 

Ja in `n korrupte vervalle reënboogland van `n groot basternasie. 
Roep vrolik die beleggers asook boere- 
in Zimbabwe koop ons binnekort weer `n ou plasie. 
Spottend sê Mugabe; kyk hier kom op `n stywe galop 
alweer die ou inhalige spierwit Gehasi. 
Kyk hoe hittig en belustig is die witman alweer in sy hoë winsbejag koerasie. 
Gee daarom aan die beleggers meer as genoeg myn regte en landbouspasie. 
Kort voor lank vat ons alles weer terug tot op die heel laaste ou plasie. 

Maar om terug te keer na `n uiters onnosele liberale Afrikanernasie. 
Lui dawerend die mediaklokke wat verkondig 
die resessie is verby in valse informasie. 
Maar in `n korrupte vervalle reënboogland 
luister almal na hierdie leuens met intense konsentrasie.



Openbaring 883 
Die grootste geloofs-orgie ooit.

Saterdag 28 November 2009 20:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur die media, vermaak en kerke word voortdurend aan die mens gedemonstreer. 
Om as `n eendersdenkende massa as wêreld klone vir Satan uit te passeer. 
So word deur `n oorkoepelende breinspoel-tegniek bykans almal geïntimideer. 
Om soos marionette na `n wêreldorde se pype te dans 
word hul gewetenloos gemanipuleer. 
So word, deur `n oorkoepelende sisteem, 
die wêreld deur eenders denkende outomate beheer. 

Terwyl Satan selfvoldaan self hierdie bose maskerade koördineer. 
Om as `n alleenheerser die hele wêreld se doen en late te delegeer. 
Vroom staan hy ook in klooster en kerk ewig altyd as die grootste fariseër. 
Alle geloofsbeheerliggame het hy ook tot vermaak teaters geherformeer. 
Om deur `n sentimentele geloofs-geurtjie 
sy bose wil aan die mensdom te demonstreer. 
Ja, as `n engel van die lig laat hy homself nou eteries onder `n stralekrans illustreer. 
Terwyl hy oor ’n oorgrote wêreldmassa as `n valse Christus triomfeer- 
en die kerklidmate soos wêreld bliksoldaatjies agter hom aan laat marsjeer. 

Onder die misbruik van God se 'outoriteit' 
het `n eenwêreldorde alles met sy smetlike saad besmeer. 
In die grootste geloofs-orgie ooit 
het biljoene wellustig met die grote hoer van Babilon hoereer. 
Ook in die land anderkant die riviere van Kus 
het die laaste eens heilige kerke, skelm saam gemasturbeer. 
Om later hierna soos `n teefhond haar deur die Katolieke kerke te laat penetreer.
Ja drie suster kerke het hul self met die hoer van alle hoere geassosieer.
Deur satan self is hul tot hul ewige ondergang gesodomiseer. 

In die heilige skrif staan geskryf; 
`n enug mag homself nie na die vergadering van Elohim toe keer. 
Maar het jy, O suiwer bloedlyn jouself maar liewer heeltemal gekastreer. 
Ja, was jy maar liewer koud en het My heeltemal geïgnoreer. 
Maar jy het verkies 
om jou deur `n oorkoepelende wêreld-denkrigting te laat manipuleer. 
Om jouself skaamteloos as die ewebeeld van My teenstander te laat kopieër. 
Daarom sal die oordeel in sy volle hel nou oor die aarde kom triomfeer. 
Wee elkeen wat gedink het hul kan met die grote Elohim die gek probeer skeer.

Openbaring 884 
Net nog `n vergete ou verhaal.

Sondag 29 November 2009 23:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So kom daar nou sewe oordeelsengele op die aarde neergedaal. 
Ook die doodsengel staan in hul midde om sy oes af te kom haal. 
In `n Goddelike opdrag begin die eerste engel om sy skaal uit te haal. 
`n Engelekoor sing: steek jou hand uit na die hemel vir donder en hael. 
Ja, steek jou hand nog `n keer uit na die hemel vir vuur en swael. 
Om die groot hoer met geweld van die sewe berge af te haal. 
Stroop haar met geweld van haar goud, purper en skarlaken 
en laat haar skandelik kaal. 
Skink vir haar dubbel in haar beker en verneder haar brutaal. 
Terwyl nog `n engel roep: 'geval! geval! het die grote Babilon- 
`n duisend maal het sy gefaal’. 
Laat haar rook daarom vir ewig na die buitenste duisternis heen spiraal. 
Laat dood en droefheid ook honger en pes, vuur en swael 
in `n enkel dag vanuit die hemel op haar neerdaal. 
Die konings en grotes word op hierdie dag soos slagvee geja na die dood se kraal. 
Verbly jou O hemel, apostel en profeet 
in hierdie dag word `n bose wêreldheerskappy tot stof fyngemaal.
Triomferend slinger nog `n engel `n klip 
om na die bodem van die see neer te daal. 
Terwyl hy roep:
so word ook die grote Babilon uiteindelik net nog `n vergete ou verhaal.


Openbaring 885 
Die tyd van die skerpgemaakte sekel.

Maandag 30 November 2009 19:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vier aartsengele het die vier winde op die vier uithoeke van die aarde 
om hulself laat tol en draai. 
Om in `n ewigheids oomblik wat stol dit nie oor die aarde te kon laat waai. 
Sodat die uitverkorenes hul voorhoof vir die merk van hul Vader se Naam                        na Hom kon draai. 
Luid klink die klank van ’n Boodskapper wat roep: 
dit is die tyd- slaan in die sekel om alles af te kom maai. 
Ja, slaan in die sekel en bring alles na die vuuroond 
wat hul rug op die Skepper sou draai. 
Elkeen van hulle wat die heilige Gees bedroef het 
deur Hom gewetenloos vir die wêreld te verraai. 
Slaan in die skerpgemaakte sekel en bring die oorryp oes 
om dit buite die stad af te laai.
Sodat die oordeelsengele in die parskuip hul opgekropte woede daarop kan ontlaai. 
In plaas van wyn en mos sal dit oorloop met menslike bloed, rooi en taai. 
Onverwags laat die engele die winde los, 
om vernietigend oor al vier die kontinente te waai. 
Terwyl die ewige groot EK IS ingedagte maar rustig deur die boek van die lewe blaai. 
Hierdie keer sal die haan nie in nederlaag- 
maar in oorwinning oor `n nuwe Godsalige geestesdag kraai. 
Terwyl al die uitverkore verseëldes in die ewige salige Liefdeslig 
van hul Elohim gaan baai.

 

Openbaring 886 
’n Wêreld vas aan die slaap 

Maandag 30 November 2009 24:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Soos `n drukpot gaan vulkane begin rook uitblaas 
soos vanuit die neusgate van `n baie ou draak, 
voordat hul bulderend ontslae van enorme hoeveelhede lawa gaan raak. 
Terwyl daar op die bodem van die see reuse tsunamis wag om te ontwaak. 
En die planeet haarself voorberei om in `n nuwe bergreeks oop te kraak. 
Die poolys smelt om die aarde vir `n rus tydperk met `n nuwe yslaag toe te maak. 

Maar oor hierdie informasie gaap die mens verveeld en sê: ons is vaak. 
Die Bruidegom wat onverwags opdaag kyk na `n wêreld; vas aan die slaap. 
Bykans niemand het liefdevol en trou op Sy koms gewaak.
Niemand het hul vir Sy huweliksfees getooi, ja kyk- omtrent almal is naak.
Hul staan voor hul Verlosser- trek hul skouers op en sê: dit kan ons nie traak. 

Soos een man staan dit wat aan die wêreld behoort nou lojaal agter die draak. 
Hul skreeu: kyk ons dra sy merk en luister daarom net na sy spraak. 
Toegewy aan hom staan ons teenoor U heiliges nou in volle wraak.
Laat daarom die aarde maar haar lawa uitbraak. 
In menig aardbewing kan sy haar ook maar ook oopkraak. 
Die tsunamis kan maar wyd oor die binnelande hul draai kom maak. 
Met ontruiming sal ons owerhede wel vir ons `n plan kan maak. 

Net soos in die dae van Noag is hul spottend besig 
om God se waarskuwings af te kraak. 
Tot op `n dag waar daar weer geen arkdeur tot hul redding oop gaan maak.


Openbaring 887 
`n Onomkeerbare dure les. 

Dinsdag 1 Desember 2009 06:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Gerusstellend roep `n wêreldorde; moet oor pes of siekte glad nie stres. 
Vir medisyne en versorging sal ons sorg- ja ook vir die res. 
Kort daar nog iets, kyk julle vir hulp altyd net Wes. 
Maar `n engel lag en sê: probeer gerus maar jul uiterste bes. 
In hierdie rondte gooi ek as die wenner my skaal in `n ronde ses. 
Met nog `n ses maal ses vermeerder ek in `n wêreld getal vir julle die pes. 
Hy koggel en tart terwyl hy sê: hoe lank slyp ek al nie vir hierdie dag my mes. 
Om deur die ergste pes uit te kom roei; hierdie walglike rowersnes. 
Spottend sê hy: ons sal sien hoe vinnig gee regerings op die siekes nou bes. 
Met die pes op pes wat ek vir die wêreld bring as `n onomkeerbare dure les.


Openbaring 888 
Versoening vir ’n pelgrim. 
Dinsdag 1 Desember 2009 22:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eenkant sit moedeloos `n pelgrim, in elke hand hou hy `n stukkende skoen.
Hy roep: O’ wat is daar wat ek nog kan probeer of doen.
Om my op hierdie tydstip van my lewe met my God te versoen. 
My lewe deurtrek van sonde kan ek voor Hom nie verbloem. 
In haat en nyd was ek teenoor my naastes in jaloesie dikwels groen. 
Nêrens is daar in my `n bietjie goed waaroor ek kan roem. 
O’ was ek maar net waardig om die soom van Sy kleed te kon soen.
Maar daar is voorwaar niks wat ek kan aanbied of doen. 

Maar God antwoord: My kind, deur jou opregte trane is ons klaar reeds versoen. 
Daarom is daar regtig niks wat jy meer hoef te probeer doen. 
Behalwe om nooit jou liefde vir My voor ander te verbloem.


Openbaring 889 
Duur liberale foute.

Donderdag 3 Desember 2009 22:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die idiotiese maar verligte denke in vryheid van spraak. 
Wou almal tog so graag bewys hul weet iets van die hedendaagse saak. 
Liberaal het hul heilige ou norme en sakramente tot niks afgekraak. 
Die wat konserwatief teen die sogenaamde nuwe denkrigting wou waak, 
is deur hierdie 'linkses' as afstootlike en veragtelike afgekraak. 

Waar is hierdie liberales nou wat was aanvanklik so vermetel- braaf. 
Wat het hul nou om van hul verligte spraak te staaf. 
Ja, wat het geword van hul sogenaamde briljante humanisties goeie saak. 
Ook van hul beloftes om as bewakers 
oor gesondheid, veiligheid en opvoeding te waak. 
Hul beheerliggame en wetstelsel is `n lagwekkende korrupte saak. 

In moord en misdaad het die liberalis nou die slagoffer geword van sy eie saak. 
Waar is nou hul waarheidskommissie 
om verskoning aan duisende verontregte vermoordes te maak. 
Waarom wil hul nou oor hul selfaangestelde meesters die gal braak. 
Ja, waarom kou hul nou so langtand aan hul eie verrotte saak. 
Miskien besef hulle hul is nie meer nodig, ja hul het heeltemal oorbodig geraak– 
in `n Afrika-land en staat waar net swart regtig saak maak. 

Vir die vernietiging van `n heilige volk was die linkses die gruwel oorsaak. 
Van alles wat lewe was daar nog nooit iets so uiters laak. 
Maar die Waarheid is nou besig om hierdies van binne oop te kraak.
Hul eie baie duur liberale foute stel hul nou aan die kaak. 
Maar hul is te lafhartig om iets te probeer doen aan `n verbroude saak. 
Daarom sal hul liewer `n einde aan hul miserabele lewens maak. 
Om daardeur te sê: tot in die dood sal ons nie erken ons het `n fout gemaak. 

Maar dit wat jy tydens jou lewe saai is `n oes wat jy ewig joune maak. 
Wie het die verligte linksgesindes behalwe hulself 
nou eintlik met hul sotheid vermaak.
In die land van Hades wag baie 'verligte' misleidende demone 
om hul met hierdies te vermaak. 
Die eindtye is definitief nie vir liberale sissies en selfmoordenaars gemaak. 
Maar dit wat in hierdies se oë tog so veragtelik was- 
sal kragtig tot op die einde staan vir hul Elohim se saak.

 

Openbaring 890 
’n Geestelike ervaring.

Vrydag 4 Desember 2009 12:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek is rustig besig om te swem wanneer ek onverwags van `n vreemde
gewaarwording bewus raak en summier weet dat ek `n geestelik ervaring 
gaan ondervind, waarop ek dadelik angstig en oorhaastig uit die water klim 
om in die huis te probeer kom. 
Voordat ek egter nog by die deur kan uitkom oorval `n totale blinde
toestand my en paniek oorweldig my terwyl my hartklop uitermatig begin 
versnel en ek half vreesbevange my pad na binne probeer voel. 

Die volgende oomblik voel dit asof ek my in die donker buitenste ruimte bevind- 
waarop daar skielik `n enorme son met ’n onuitspreeklike ligintensiteit met `n 
nog groter ligkring daar om voor my verskyn. 
Vir `n oomblik dink ek daaraan dat indien ek nie op hierdie oomblik blind was nie, 
sou die intensiteit van hierdie son my verseker in `n breuk van `n sekonde 
heeltemal en permanent verblind het. 

In die middel van hierdie son ontwikkel daar skielik ’n swart kol- soos die 
pupil van ’n oog -wat dit dan ook na `n ongelooflik groot kosmiese oog 
laat lyk- die volgende oomblik verander dit in `n soort dimensionele tonnel 
wat my na binne wil trek. Waarop ek `n erge angstoestand ondervind. 
Ek begin onwillekeurig en spontaan te bid, terwyl ek aan Vader vertel 
dat ek nie opgewasse is vir dit wat gaan volg nie, en ook dat dit vir my  
voel asof ek enige oomblik gaan disintegreer. 

Ek verag myself in hierdie oomblik oor my swakheid en ek vra Hom 
om my te help om kalm te bly. Waarop ek summier kalm word terwyl 
hierdie uiters realistiese gesig verdwyn waarna ek ’n sagte antwoord in 
`n enkele woord naamlik 'later' ontvang.


Openbaring 891 
'n Gesig oor blanke polisie.

Saterdag 5 Desember 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In `n skielike gesig sien ek `n middeljarige blanke polisieman wie se lyk 
van een van die sokkerstadions af hang en ek wil weet of dit selfmoord was- 
waarop `n stem antwoord: 
In die groot onlus van die toekoms - gaan die blanke polisie eerste brutaal 
van kant gemaak word.

Openbaring 892 
Verskrikkinge van die heel laaste dae.

Sondag 6 Desember 2009 18:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vir die duisternis lê kortstondig nou sy hoogtepunt oop- wyd en braak.
Satan self staan as seremoniemeester nader tot Hades se groot vermaak. 
Die gordyne lig en die hel word op die aarde oopgemaak. 
Die dier staan daar toegerus met sy volle beeld en spraak. 
Hy wag nou op die wêreld om hom biddend op die knieë hul 'god' te maak. 
Om die heiliges te vernietig is sy eerste prioriteit saak. 

Uit die mond van die valse profeet die antichris en die draak - 
kom drie bose geeste wat as bose paddas luid oor die aarde kwaak. 
Met dodelike gif wat hul in die ore van die konings gaan uitbraak -
wat op sy beurt die hele wêreldbevolking in sy ondergang gaan raak. 
Maar oor hierdie baie ou informasie staan die mensdom onaangeraak. 
Uit `n totale wêreldbevolking is dit nog net die verseëldes wat getrou bly waak -
wat tot op die bitter einde gaan staan vir hul Elohim se saak. 

Maar vinnig nader die dag wat Alsem se voorlopers die water bitter gaan kom maak. 
Ja vanuit die ruimte nader ook nou `n baie ou vuurrooi-draak. 
Om die aarde met sy stert te tref is by hom `n ou persoonlike saak. 
Hy koggel en lag en sê: Armageddon, jy beter baie vinnig met jou oorlog maak. 
Kyk jou infrastrukture gaan binnekort oral begin te staak. 
Maar met my hittegolwe sal ek die pad na die Ooste vir jou droog kom maak. 
Sodat jy jou Gog en Magog nou teenoor mekaar staan kan maak. 

Maar so kom ook die tyd om die heiliges bymekaar te maak. 
In Goddelike opdrag kom hemelskares om hierdies te bewaak. 
Wie is daar wat `n haar op hierdies se hoofde sal kan aanraak.
Na `n plek van heilige, veilige bewaring word hierdies nou weggeraap. 

Ja, so kom daar `n tyd dat die wagters van die hemel 
hul in `n reguit lyn staan kom maak. 
Maar vanuit `n ander hoek slaan die stert van die Rooi draak. 
Jupiter is nie in plek om as sy broer se hoeder die rommel hierdie keer syne te maak. 
Die aarde probeer paniekerig om haar ronde lyfie nou skraal te maak. 

Skielik roep `n hele wêreldbevolking luid na God om hul te bewaak. 
Maar die hemel antwoord: met Godslasteraars het ons nie meer `n saak. 
In hierdie krisistyd hou die wêreld hom steeds besig in sy oorlogswraak. 
Is dit in hierdie groot wedloop Armageddon se kernbomme of die Rooi draak 
wat klaar gaan kom maak. 
Sodat die aarde haar in `n rustydperk kan voorberei op haar volgende tydvak taak. 


Openbaring 893 
Is tyd ’n realiteit?

Dinsdag 8 Desember 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig speel die volgende vreemde tafereel dit self af. Skielik staan
ek in `n dennewoud terwyl ek bewus word van die klank van vrolike
kinderstemme. Ek kyk soekend om my heen en sien skielik sewe kinders 
wat aangehuppel kom. Hulle versnel hul pas en hardloop hierna in volle 
vaart by `n heuwel af om by die onderpunt daarvan by `n pragtige ronde 
poel water tot stilstand kom. 
Een roep luidrugtig "kom ons duik in" terwyl `’n ander ernstig antwoord: 
indien jy daar ingaan kom jy nooit weer daaruit nie. Almal deins terug 
behalwe een meisie wat sonder enige nadenke induik.

Skielik bevind ek myself in die sfeer van die meisie en wanneer sy weer
deur die oppervlak van die water breek- bevind sy haarself in dieselfde
poel maar op `n totaal ander planeet. Sy kyk verskrik om haar heen en
besluit desperaat om weer onder die water te verdwyn - wanneer sy egter
weer bokant die oppervlak verskyn - is sy terug op die aarde maar van haar
maats is daar geen spoor nie. Sy ontdek met `n skok dat in die breuk van `n
sekonde wat verloop het, het daar derduisende aardse jare verby gegaan.


Openbaring 894 
Die waarheid omtrent evolusie.

Donderdag 11 Desember 2009 03:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand wil van jou weet wat die werklike betekenis en omvang van die
evolusieleer - gesien vanuit `n wetenskaplike, fisiese sowel as geestelike
oogpunt is. 

Ek antwoord jou dat evolusie inderwaarheid niks anders as die voortdurende 
aanpassing en verbetering by spesies as gevolg van veranderde omstandighede, 
habitatte, klimaatstoestande en lewens omstandighede is nie en wat uitsluitlik 
gemik is op die oorlewing van hul toekomstige generasie is nie. 

Neem as voorbeeld eens oer-histories waterbewoners wat oor baie
generasies stelselmatig blootgestel was aan bv. die vermindering van hul
voedselbronne en daarom terwille van hul oorlewing ook stelselmatig
gedwing was om van alternatiewe oorlewings metodes gebruik te maak 
en waar hierdie nuwe vaardighede ook subtiel en drupsgewys aan komende 
generasie deur middel van versigtig- herrangskikte data deur middel van 
die d.n.a aan volgende geslagte oorgedra was tot waar dit uiteindelik in `n 
duidelik waarneembare fisiese verandering waargeneem kon word. 

Waar so `n waterbewoner eens op miskien plankton, later op skaaldiertjies 
en nog later op kleiner waterbewoners sou voed en nog later deur `n erge 
gebrek aan voedsel nou noodgedwonge sy bekende habitat moes verlaat om 
deur die bekende wateroppervlak te breek agter nuwe weivelde, byvoorbeeld 
insekte aan, sal oor ’n paar generasies hierdie selfde spesie nou die vermoë 
ontwikkel het om vir al hoe langer tydperiodes buite sy bekende watergebied 
te oorleef om sodoende in sy noodsaaklike voedsel voorsiening te kan voorsien 
en vinne wat eens vindingryk gebruik was om vir klein ente tot buite die water
te kruip sal stelselmatig oor vele generasies heen in klein primitiewe maar later 
goed ontwikkelde bene ontwikkel. 

Ja vanaf die plante sowel as insekteryk, asook alle spesie bestaande onder Pisces, 
Amfibieë, Mammalia ensovoorts het alles vanaf die oerbegin deur die toedoen van evolusie tot dit wat dit vandag is ontwikkel, behalwe met die uitsondering van die Homo sapiens se Adamitiese bloedlyn - waar hierdie wesens in `n meer ontwikkelde tydperk van die aarde - direk vanuit die Goddelike hand van die Skepper na die volmaakte beeld van Elohim geskape is en waar daar geen verbastering met pre-Adamitiese wesens ingesluip het nie- kon daar in hierdie suiwer bloedlyn geen evolusie verandering van enige aard plaasgevind het nie, behalwe vir die feit dat om goeie redes die laaste geslagte heelwat kleiner van gestalte en postuur as hul oer voorvaders is. 

Ja, omdat hierdies deur die Lewensasem (Gees) van Elohim self gewek is- 
beskik elkeen van hulle oor die vermoë om na sy eie keuse, tyd en tempo 
die gawe van die Goddelike geestelike intellek te ontwikkel of te verwaarloos. 
Daarom sê Ek weer dat die evolusieleer op alles behalwe die suiwer Adamitiese 
bloedlyn betrekking het.



Openbaring 895 
Ewig nooit sal ons buig.

Vrydag 11 Desember 2009 23:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Bitsig wil die grotes van die aarde beweer die arm lande is heeltemal vertraag. 
In blatante oordeel wil hul hierdies nou oor aardverwarming uitdaag. 
Terwyl hul self as industriële reuse in ongekende produksie God wou uitdaag. 
Globaal sleep `n wêreldbevolking hul voete nou uiters traag.
So baie sug en sê: ons is moeg agter leë beloftes en illusies aangejaag.
Alles word nou bevraagteken terwyl hul daaroor mor en klaag. 
Moedeloos kyk hul na regerings- elkeen met sy eie ope vraag. 
Maar steeds lê die populasies in teenstand teenoor hul outoriteite maar baie laag. 
Met net die heiliges wat die wêreldorde openlik astrant uit wil daag. 
Wat sê in regverdige teenstand sal ons alles teen julle waag. 
Ewig nooit sal ons julle in jul wêreld eise behaag. 
Al sleep die wêreld ons in geweld voor almal rond aan die kraag. 
Tot in die dood sal ons-ons voor julle ewig nooit verlaag. 
Maar aan God sal ons vra stuur oor die aarde elke pes en plaag. 
Laat aardverwarming in versnelde aksie die grotes vir oplossings uit kom daag. 
Laat ongekende stormsterkte winde 
vernietigend oor die aarde se oppervlakte jaag. 
Terwyl die hoop op herstelde voorspoed ewig saam met die wind vervaag. 
Biddend sal die heiliges vra: 
laat die temperature mekaar tot die heel uiterste toe opjaag. 
Sodat `n verdorwe wêreld honger kan vryf oor `n leë maag. 
Laat die son hul brand om hul so verder in hul pas te vertraag. 
Ja, laat oor elkeen kom wat die wêreld op elke gebied wou behaag- 
die bitter oordeel van die eindtyd in ongekende pes en plaag.



Openbaring 896 
Waar sal ons onsself verskans.

Saterdag 12 Desember 08;00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Toordokters en sangomas wat wild bloeddorstig dans. 
In `n land met klatergoud in illusie verglans. 
Met bewoners verblind in verleidende glans.
Van gesteelde goue eiers gelê deur `n eenvoudige gans. 
Afrika massas wat wild toi-toi, spring en dans. 
Oorlogsugtig staan daar skielik dreigend- baie donker mans. 
Met ontblote haat wat hulle nie meer langer kan verskans. 
Outomatiese wapens in plek van die assegaai en die lans.
Sangomas wat jil, die voete stamp en bloeddorstig dans. 
Wilde massas in hul bloedlus nou heeltemal hans. 
Met hul vyand in hul vrees totaal willoos gestrand. 
Aan hierdie minderheidsgroep word geskreeu vir julle sien ons kans. 
In verswakte integriteit het jul verloor jul geloof en goeie balans.
Ons het genoeg goue eiers- maak daarom dood die mak wit-gans. 
Toordokter en sangoma wat nou wild om oorlogsvure dans. 
Waar gaan `n weerlose nasie hul in hierdie tyd kan verskans.



Openbaring 897 
Op die verseëldes na..

Sondag 13 Desember 2009 22:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Mensekind niemand behalwe Ek kon jou as rebelle-kind ooit iets leer. 
Moet daarom nie dat iemand van die wêreld jou stuit of keer. 
Maar laat slegs My stem en opdragte jou in outoriteit beheer. 
Profeteer daarom teen die groot hoer en haar dogters oor dit wat hul profeteer. 
Ja, profeteer teen die leuenkerke en hul afskuwelike drogleer. 
Vertel aan die volk wat hul in sotheid nie na hul Skepper wou keer. 
Aan `n wederstrewige volk wat hom nooit deur sy profete wou laat leer. 
Spoedig kom daar `n dag wat hulle hul nooit weer tot hul Elohim kan keer. 

O' Israel hoeveel maal het jy My heilige naam nie deur jou gruwels onteer. 
Hoeveel keer het Ek jul in strafgerig nie al in die stof omgekeer – 
in `n Goddelike poging om julle na jul ewige Jahweh te bekeer. 
Maar voor al wat `n afgod is werp julle jul liewer neer. 
Deur Kus het jy O Israel jouself in die vuilste verbastering onteer. 
Terwyl hierdie gruwel- geslag hoogmoedig op hul walglike eie ek teer. 
Ja hierdie laaste geslag het hulself tot die heel uiterste sondes gekeer. 
Daarom het God, engel en hemel klaar met hulle probeer. 

Die maaier is hier om slegs `n handvol edelkoring vir die Meester uit te keer. 
Op die verseëldes na word die hele huis van Israel 
saam met die wêreld vir Satan uitgesorteer. 
Maar Elohim kyk vol liefde en waardering na Sy getroues sag en teer. 
Hy roep: O maagd van Sion kyk Ek is jou koning, ja, Ek is jou enigste Heer. 
Die dag van jou Bruidegom het gekom- kom buig jou nou voor My neer. 
Kyk, My liefdes kroon plaas Ek op jou hoof vir ewig neer. 

Mensekind niemand behalwe Ek kon jou ooit iets leer. 
Moet daarom nie dat iemand van die wêreld jou stuit of keer. 
Profeteer daarom in hierdie dae vir Sion en vertel haar ek bemin haar teer. 
Sê aan haar vir haar kom Ek spoedig op die hemel wolke weer. 
In die aandwind sal Ek My in `n Koel Bries weer na haar toe keer. 
Die nuwe stad Jerusalem sit Ek net vir Haar op die nuwe aarde neer. 
My self sal Ek aan haar openbaar om haar meer omtrent My oneindige dieptes te leer. 
O' Sion My klein beminde vir jou bemin Ek oneindig baie sag en teer.

Openbaring 898 
`n Kind van Elohim.

Maandag 14 Desember 2009 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In seker die mooiste gesig wat ek nog ontvang het verskyn daar `n suiwer
rasegte blanke man voor my. Sy voorkoms is so mooi en hy straal so `n
innerlike krag uit dat hy bykans as `n kombinasie tussen mens en engel
voorkom. Verwonderd wil ek van hom weet van watter Europese afkoms hy is.

Waarop hy antwoord: ek wil nie van Europese afkoms wees nie. 
Waarop ek aan hom sê: dan is jy seker van Afrikaanse afkoms. Hy lag hieroor 
en sê: nog minder wil ek myself `n Afrikaner noem. Waarop ek nou trots verklaar 
dan is jy seker soos ek- `n Boer - maar weer skud hy sy kop en sê: 
soos wat die Boervolk huidig daar uitsien wil ek myself definitief ook nie 
`n Boer noem nie. Teleurgesteld dring ek by hom aan en vra: 
van wat se nasionaliteit is jy dan. 
Waarop hy antwoord: Ek is `n kind van Elohim.



Openbaring 899 
Wát ’n wêreldfees.

Dinsdag 15 Desember 2009 16:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Laat elkeen wat werklik nog aan God behoort hierdie lees. 
Ja dit wat werklik suiwer is wag klaar op hul Meester reeds. 
Behalwe hul roep ’n sondige wêreld homself uitspattig hees. 
Na soveel waarskuwing hardloop vele mense agter Satan steeds. 
Ten spyte van alles wil hul steeds deel van die wêreld wees. 

Daarom hoera! hoera vir elke gebreinspoelde globale sondefees.
Spesiaal- spesiaal met ons lewe net vir die bose gewees. 
Liberaal- liberaal eggo die verligte sondes vryheidsgees. 
Onthaal, onthaal die gevalle ligdraer in elke wêreldfees. 
Totaal- totaal behoort `n hele verlore wêreld aan hom reeds. 

Ja, so roep elke denkrigting hulself nou heeltemal hees. 
Wie is daar wat nog vir God staan konserwatief bedees. 
Almal dink hul is so wêreldwys, alwetend slim en belees. 
`n Land is weggegee maar almal hou nog steeds geloftefees. 
In alles wil almal altyd voor hul naastes altyd eerste wees.

Op die wye weg van Lucifer gaan almal vrolik vrywillig reeds. 
Maar op hulle almal wag geduldig Hades en die dood alreeds. 
In die doderyk wag daar ewig nooit weer op iemand enige fees. 
In verligte liberale denke was daar nooit enige oorlewingsgees. 
Godverlate staan biljoene siele skielik eensaam alleen en wees. 
Maar triomfantlik roep `n grote wêreld hulself uitspattig hees. 

Laat elkeen wat daarom nog werklik aan God behoort hierdie lees. 
Ja dit wat suiwer is wag klaar op hul Meester reeds. 
Behalwe hul, wil `n hele liberale wêreld altyd uitspattig wees. 
Daarom hoera! hoera vir elke gebreinspoelde globale sondes fees. 
Spesiaal- spesiaal met ons lewe, net vir die bose gewees. 
Liberaal, liberaal eggo die verligte sondes vryheidsgees. 
Onthaal, onthaal die gevalle ligdraer in elke wêreldfees.
Totaal- totaal behoort `n hele verlore wêreld aan Satan reeds.

Openbaring 900 
In `n land met spitsdakke.. 

Woensdag 16 Desember 2009 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n land met spitsdakke wat oral na die hemel beur. 
Word die hemelruim skielik nou rooi gekleur. 
Oral waar mens kyk- net brand en rook te bespeur.
In groepies staan mense rond wat droewig treur. 
Soveel lewensnoodsaaklikhede wat hulle gaan ontbeer. 
Ja, dorpe en stede wat brand is nou orals te bespeur. 
In nog kataklismes word alles met meer bloed besmeer. 
Baie lande kan hul nie meer aan ander se probleme steur. 
In stede met hul wolkekrabbers wat na die hemel beur. 
Is daar in rook en verrottingstank meer geen goeie geur.