.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 701 
Die balk en die splinter.

Vrydag 29 Mei 2009 08:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
As die nuusdraer van menslike foute kom satan altyd na vore 
met die sondeblaam. Dink daaraan wanneer jul met teregwysings 
voor jul naastes kom staan. Waarom stel die een mens homself 
geregverdig bo die ander aan. Om van vroeg tot laat, ander kleinlik 
oor alles te wil vermaan. 

Gee eerder jou naaste in sy val ʼn helpende hand en vermy die 
blaam, vertel hom van jou eie sondeval sê dat jy dit alles so 
goed verstaan. So sal jy self geregverdig nou voor jou Skepper 
kan staan. Om mekaar die heeltyd oor elke klein oortreding te wil 
vermaan-kom daar ewig altyd net twis en tweedrag in jul midde 
staan. 

Ja, waarom vermy die mens mekaar se seer en bedekte traan. 
Maar vinnig is hul daar om mekaar met die teregwysings stukkend 
te slaan. Wie is daar wat sy eie vele foute en tekortkominge kan 
verstaan. Maar ander wil hul 'help' en oor hul vele foute vermaan. 

O’ wanneer gaan My kinders leer om mekaar in liefde te verstaan. 
Voor dit nie gebeur sal hul nooit as een man voor My kan kom 
staan. Miskien moet almal weer My leer in die nuwe testament 
gaan naslaan. Daaruit leer om eers die balk in hul eie oog met 
selfondersoek te verslaan. Hierna sal jul in liefde die splinter in 
die oog van jul broer kan verstaan- en jul arms sal jul in ware 
broederliefde nou opheffend om mekaar kan slaan. Eers dan 
sal julle as ware missie- en nie nuusdraers soos een man 
voor My aangesig kom staan.


Openbaring 702 
ʼn Gruweleindtyd vir vele binnekort.

Saterdag 30 Mei 2009 12:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
ʼn Baie ou frase word weer nuut in ʼn nuwe evangelie na vore 
gebring. So klink die woorde van hierdie lied wat die aarde 
deurdring. ʼn Nuwe woord kan dit self net weer in ʼn baie ou 
waarheid volbring. Elke nuwe profesie is daar om ʼn ou 
openbaring weer na vore te bring. Niemand op hierdie aarde 
gebore, was nog ooit voor God gering. 

So was daar ook eindtyd-waarskuwings aan primitiewe 
volkere gebring. Ja, op ʼn besonderse unieke manier was 
daar ook gepraat met die oerboorling. Aan verre nageslagte 
was waarskuwingsboodskappe deur stamvaders gebring. 
Hul het nakomelinge ernstig vermaan om versigtig te wees 
vir ʼn “superieure ras” se vreemde lering. 

Hul is vertel om te hou by hul eie orde in ʼn eie godgegewe 
nering. Hul is gewaarsku dat ʼn wit ras se denkwyse hulle in 
hul volmaakte natuurorde tot ʼn val sou bring. So het duisende 
geslagte gekom en gaan en die natuur het altyd sy kant in 
gesonde herwinning gebring. Maar so het ook die tyd hul 
eiesoortige profesieë in vervulling volbring. Die witman met 
sy vreemde idees en godsdiens het hul natuurlike vrede kom 
verdring. 

Kruistogte en sending het ʼn einde aan suiwer natuurgeeste 
se eiesoortige beskawingspeil en vredesryk gebring. In ʼn 
salige orde waar ontelbaar baie oeroue afgestorwe natuursiele 
hul ewigheid deurbring- word ʼn aaklige skeuring tussen hul en 
hul nasate deur ʼn beskawingsgruwelkerk teweeggebring. 

Ja, ʼn kamma superieure ras het hul eie volmaakte lering tot ʼn 
leuen verwring-om dit in ander se kele met dwang af te dwing. 
Aan verre verledes is deur antieke profesieë vertel dat die einde 
van die aarde begin- met ʼn nimmereindige vraatsug van ʼn nuwe 
beskawings steuring. Aan elke 'christen' wat hom beywer om sy 
verwronge leer tot ʼn val vir ander te bring- oor hul word ʼn vloek 
van ʼn baie ou beskawing binnekort na vore gebring. ʼn Beesblaas 
word as bal deur ʼn afgebakende spasie gebring. So nie word die 
kop van die verloorders se leier as offer na vore gebring. 

Die verskil tussen ʼn antieke amfiteater en ʼn moderne stadion 
is in sy funksie maar gering. Die sonhorlosie stap aan en sterre 
word nou vinnig in ʼn reguit lyn gebring. En in die laaste balspeles 
van die mens word ʼn gruwel-eindtyd vir vele binnekort nou na vore 
gebring.


Openbaring 703 
Ek sal My gehoorsames koester en beskerm.

Sondag 31 Mei 2009 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Terwyl ʼn wêreld Godverlate voortstrompel na ʼn verlate leë 
niemandsland. Vuurballe vanuit die buitenste atmosfeer tot 
op die oppervlakte van die aarde brand. Ja, terwyl die aarde 
wild waggel en wil kantel na ʼn heel ander gradestand. Die 
branders woedend raas terwyl vloedgolwe vernietigend spoel 
oor die vasteland. 

Die sonsopkoms op die horison gaan verskyn aan ʼn heel ander 
ordes-kant. Die uurspeling skielik verskil in sy tydsbestek van 
die oggend tot die aand. Ja vroeg in die middag sê die mense 
reeds vir mekaar goeienaand. In die helfte van die tyd hardloop 
die uurglas leeg van sy afgemete sand. Terwyl ʼn mensdom 
koorsig sweet en God knersend laster deur hul tand. 

Kort van draad sê ʼn hele wêreld; om ons is nou werklik alles 
aan die brand. Die mense kla; die son brand alles dood, ons 
het verniet geplant. Maar steeds probeer ons koop en verkoop 
op presies dieselfde trant. In ons hiernamaals wag in elk geval 
op ons die hel se ewige Mammonsland. Waar ons ewig in die 
wellus van ons vraatsug gaan verbrand. 

Ja, terwyl die aarde op sy laaste been waggel op ʼn algehele 
uitwissingsrand, hou Ek beskermend en koesterend in die 
holte van My Goddelike hand, ʼn klein groepie gehoorsames 
wat gaan woon in ʼn nuwe vredesland. Sion tussen My en jou 
is daar ewig ʼn hegte onbreekbare Liefdesband-kort voor lank 
wandel Ek en jy oor ʼn nuwe aarde hand aan hand.


Openbaring 704 
Gister se nostalgiese ou lap.

Maandag 1 Junie 2009 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Die wêreld het tot stilstand gekom in ʼn selfgeskepte 
doodloopstraat. Alles en almal spoed na ʼn onvermydelike 
einde met ʼn blitsige moderne vaart. Nostalgies soek die 
mens nou troos in gister se ou lap nog gekoop by die jaart. 
Troosteloos soek ʼn wêreld vertroosting in die kristalbal en 
toekomskaart. Oral waar die mens heen kyk is daar net chaos, 
nyd en koue haat. Nêrens is daar meer enige lewenskwaliteit 
waar die mens tot voordeel by kan baat. Ja, wie is daar nog 
oor wat tot hul oorlewing wil luister na Godgegewe raad. 

Die wêreldekonomie lê deur ʼn uitklophou klaar op sy rug 
se naat. Ook die politieke hart sal nou finaal tot klip verhard 
in elke land en staat. Tot vloek vir die aarde is elke besluit wat 
kom vanuit die mond van die wêreldsenaat. Ellende, bloed en 
trane is al wat die mensdom vanuit hierdie oord gaan baat. 

In ʼn troostelose wêreld sal baie vind nêrens het hul meer in 
ʼn ander ʼn troue maat. Magteloos staan hul alleen in ʼn koue 
wêreld onder die dwang van ʼn polisiestaat. Sonder enige 
keuse sal almal luister wanneer die antichris nou met die 
hele wêreld praat. 

Ja, so spoed alles en almal na hul einde met ʼn blitsige 
moderne vaart-en nostalgies soek die mens troos in ʼn 
vergete gister se ou lap nog gekoop vir ʼn sjieling by ʼn 
outydse jaart.


Openbaring 705 
Oorsprong en weergeboorte van die siel.

Maandag 1 Junie 2009
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Waar die mens ookal in sy soeke vir die bestaan van ʼn siel 
heen staar, nêrens is daar ʼn vleeslike oog wat die bestaan 
daarvan kan gewaar. Ja, daar is niemand wat kan sê: Van hier 
of daar kom my siel se oorsprong vandaan. Maar daar word 
beweer: Slegs deur die geloof kan mens glo; ‘in die vlees woon 
ʼn siel en dit is waar’. Maar in die ware geloof is daar ook vaste 
feite en dit is vir die mens tot kennis daar. 

Ja, so kom daar vanuit die onmeetlikheid ʼn enkel D.N.A. spiraal 
vanuit die totale ewigheid in ʼn vorm bymekaar. So staan ʼn siel, 
geskape deur die Goddelike Wysheid onsigbaar, maar kompleet 
in ʼn potensiële liggaamsvorm van die mens nou daar om deur 
die laaste loutering in die vlees die toets van die materie te kan 
deurstaan. Vir die siel tot afronding word vir hierdie missie 
verskillende gawes en talente geskenk, van elk ʼn hele paar. 

Deur delikate sensors en sintuie sal hy alles in sy materiële 
wêreld om hom deur sy senuweestelsel kan gewaar. Die siel 
word nou tussen twee pole van positief en negatief, ja, tussen 
goed en kwaad nou staangemaak. Ook word daar ʼn gewete as 
ʼn regter in sy hart deur die Goeie Gees gebaar- sodat hy die 
verskil tussen reg en verkeerd baie goed kan onderskei en 
verstaan. 

So het ʼn lewende siel vanuit iets van alles vanuit die oneindigheid 
ontstaan-en geklee met aardse vlees staan die siel voltooid as 
mens vir sy toetstydperk nou kortstondig daar. Met die mens se 
eerste lewenskreet is sy selfbewussyn skoon, leeg en braak. Maar 
in ʼn aaneenlopende kettingreaksie van onophoudelike indrukke is 
hy vinnig besig om vir homself ʼn enorme inhoud bymekaar te maak. 
In volkome vryheid weef die siel vanuit al hierdie data vir homself na 
eie goeddunke ʼn eie identiteit nou aanmekaar. Naïef en kinderlik in 
goed of kwaad bly menig siel deur sy eie onbetrokkenheid ewig 
half onklaar. Met die ontdekking van hul gawes en talente wil 
ander weer hulself as ʼn siel vervolmaak. Die meerderheid van 
siele wil egter in die leë inhoud van hul vleeslike begeertes op 
hierdie aarde baljaar. 

Maar diepdenkend is daar ook siele wat wil weet hoekom is hul 
regtig daar. Ja, hul wil weet van hier na waar en die Skepper van 
dit alles wil hul met hul hele selfbewussyn verstaan en ook ervaar. 
In die loutering van hul vele vrae raak die aardse lewe vir hulle 
somtyds baie swaar. Maar die Alomteenwoordige Gees van die 
Goeie Skepper staan as hulp om hierdies die heeltyd daar. 

Die siel wat deur middel van haar sintuie, met die hulp van haar 
liggaam, alles na buite ervaar- draai haarself nou na binne om 
deur die spiraal van haar geestes D.N.A. haar eie oeroorsprong 
te kan gewaar. In die warm lewensentrum van haar diepste wese, 
ontdek sy nou die Lewens Liefdesvonk van haar Skepper daar. 
En ʼn oeroue raaisel word ontbloot, die deur swaai oop en in ʼn 
ewige lewende son staan haar God nou daar. Siel en gees smelt 
tot een en weergebore staan ʼn volmaakte mens voor sy Elohim 
gereinig, nou kant en klaar. 

So hartseer maar tog so waar is daar biljoene siele wat kom en 
gaan- om maar net weer in die begeerte van die vlees na ʼn ewige 
sieledood te vaar. So bitter min is dié wat hulself in Goddelike 
Liefde ewig by hul Skepper wil gaan skaar.


Openbaring 706 
Die siel van die selfmoordenaar.

Dinsdag 4 Junie 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Teen die eie ek kom die selfmoordenaar se siel meer as dikwels te 
staan. Àl sy selfgeskepte probleme wil hy in selfbejammering kom 
lê voor mens en God se deur as dié se blaam. Hoe makliker dit met 
ʼn kind in sy vormingsjare deur sy ouers se onverantwoordelike 
opvoeding gaan. Om deur hul piep en pamperlang hul kinders 
nooit te leer om op hul eie voete soos ʼn man voor probleme te 
kan staan. Verrot en ewig bedorwe is dit vir sulke armsalige siele 
meestal altyd na die maan. Omdat niks of niemand tussen hul 
selfsugtige optredes en begeertes mag kom staan. 

Wanneer ʼn situasie in hul volwasse lewens nie na hul wens of 
goedkeuring gaan, kom enige probleem hoe groot of klein om 
hul vinnig stukkend te kan slaan. Daardeur is hul klein wêreld 
altyd vinnig besig om te verbrokkel en te vergaan. Om hul 
voorkeure en keuses moet almal en alles mos altyd die heeltyd 
draai en gaan. 

Waarom kan God, sowel as die hele wêreld, dit dan nou nie 
verstaan, hierdeur kom lê hulle al hul mislukkings voor ander 
se deur as dié se blaam. Hul wroeg en ly en besluit dit is 
onmoontlik om ooit weer op te kan staan. En met die wysheid 
van Freud probeer sielkundiges en predikante om die depressie 
van selfmoordenaars te verstaan. Met chemiese hulpmiddels 
probeer hul om in ʼn droomwêreld weg van hul probleme te 
staan. Maar die harde feite is die selfliefde van hierdie siele 
wat die heeltyd op die voorgrond met hul probleme wil staan. 

Ja, hierdie siele is nie bereid om met God se hulp hul eie 
probleme te verslaan. Daarom wil hul die eie selfverwyt na 
ʼn wêreld en geliefdes projekteer as dié se fout en blaam. 
Sodat betrokkenes hul oor ʼn gebrek aan omgee en liefde 
oor die verlies van hierdie kosbare lewens moet skaam. 

Deur die neem van hul eie lewens probeer hul om ander 
met die wreedste sweep denkbaar te slaan. Nooit kom dit 
by hul op dat ander ook voor hul eie- soms onoorkombare 
probleme moet staan. 

Soos ʼn stoute kind, ja, ʼn ewige bedorwe brok wil die 
selfmoordenaar tot op die bitter einde deur selfbejammering 
skop en slaan. Hul dink nie een oomblik in verantwoordelike 
liefde oor die ongekende trauma en skade, waardeur hul ander 
laat gaan. 

Hoe oneindig ver het die siel nie gekom om met Goddelike 
hulp as ʼn eindproduk in die voltooide lewe te kan staan. 
Maar ʼn selfmoordenaar laat deur eie keuse, die Heilige Gees 
ewig droewig van hom weggaan. 

O’ hoe oneindig groot die spyt, wanneer die selfmoordenaar 
ewig te laat die essensie van die lewe verstaan. In ondenkbaar 
ontelbaar stukkies spat sy sielspesifikums in die ewigheid vir 
ewig onklaar- waar die soewereine frekwensie van sy volmaakte 
geestes d.n.a in die oneindigheid van die ewighede in sy eie 
uniekheid vergaan. En so met ʼn ewig onsterflike denke sal die 
selfmoordenaar in ʼn ewige niks, sonder sy siel moet voortbestaan.


Openbaring 707 
Hoogmoed kom altyd tot ʼn pynlike val.

Vrydag 5 Junie 2009 04:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Waarom kry die hoogmoed in sy val altyd tog so baie seer- 
en waarom staan die trots altyd op om maar net weer in die 
eie ek te probeer. Hoekom wil die mens homself altyd na die 
selfgesentreerde karaktereienskappe van die bose keer. Net 
soos Lucifer stort hul telkemale maar net weer in hul eie 
selfverheffing neer. 

In sy hoogmoed is die mens altyd besig om Satan te probeer 
kopieer. Hoe pateties is ʼn wese wat vir ʼn bietjie aansien altyd 
by alles wat hoogmoedig is wil sweer. Om homself as ʼn baie 
belangrike persoon op hierdie aarde deur ander te wil laat eer. 
Ja, om terwille van die eie ek se oorlewing ʼn brokstuk van die 
gevalle engel van lig se karakter na te wil streef. 

Deur mag en beheer wil menigeen hulself in eersug net soos 
satan deur ander laat eer. Om hulself daardeur te kan beskou 
as ʼn koninklike godheid en ʼn heer. O’ waarom is daar so min 
wat die maatstaf van die nederigheid wil aanleer en probeer. 
Sodat hul kan begin om Elohim werklik deur hul leefwyses op 
hierdie aarde te kan eer. Daardeur eerlik te kan sê; ons is nou 
werklik besig om ons as kinders van die ware God te bekeer. 

God Self het as voorbeeld die nederigste leefwyse hier op aarde 
vir Sy kinders kom leer. Deur leë woorde en ydel lippetaal het hy 
Homself nooit deur ander laat eer. Maar by die eenvoudiges van 
hart, daar was Hy te vinde bykans elke keer. In hierdie tye is daar 
werklik mense wat hul tot redding na My wil keer. 

Hul vertel aan My; 'anders as die gelykenis van die ryk jongman' 
lê ons bereidwillig al ons rykdomme by U voete neer. Vir hulle 
nooi Ek vriendelik en sê: Nie deur jul goed, maar slegs deur jul 
opregte nederigheid wil Ek met julle kommunikeer. Ja, deur die 
taal van die hoogmoed gaan niemand ewig iets van My kan leer. 
Maar na ʼn opregte nederige mensekind daal Ek met al My 
Goddelike Liefde neer.

Gooi daarom nou die kroon van hoogmoed minagtend op die 
aarde neer- en weet, in jou oorwinning werp ook jy satan tot 
sy val neer, nog ʼn keer. Nooi My nou gasvry en gul om met 
jou as ʼn eenvoudige mens te kom kommunikeer.En vinnig 
sal jy deur jou nuutgevonde vryheid leer- dat Ek net soos met 
My verblyf op aarde, My altyd met blydskap na My nederige 
sondaarsvriende keer.


Openbaring 708 
Die geskiedenis van die heilige kinders.

Sondag 7 Junie 2009 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Daar is min wat dit weet maar met die geboorte van Abraham 
het ʼn betrokke koning gevrees vir sy kroon. Haastig is twee 
seuntjies omgeruil en die verkeerde kind is met die dood beloon. 

Nog altyd vanaf Abraham, Isak en Jakob was hierdie bloedlyn 
bekroon, tot voor- of nadeel vir volkere waar hul in verskillende 
landstreke sou woon. Nog altyd het elke daad van hul, verreikende 
gevolge vir daardie tyd tot in die verre toekoms getoon. 

So het Abraham eens deur omstandighede in die land van Egipte 
gaan woon. Maar die Farao het ʼn te groot belangstelling in sy 
beeldskone vrou Sarai getoon. Deur pes en plaag is Egipte getref 
en so bly die moederskoot van ʼn suiwer Goddelike ras toe skoon. 
Om van Abraham en die betrokke vloek ontslae te raak word hy 
met die Farao se eie dogter as ʼn slavin beloon. Hieruit kom soos 
die sand van die see, Islam, ook nou in van die rykste landstreke 
oor die aarde woon. 

Ja, so is vir Isak- ook Rebekka as ʼn suiwer vrou vanuit ʼn verre 
land gekry. ʼn Tweelingseun het vanuit hierdie ouerpaar tot vele 
nageslagte oor die aarde uitgedy. Die swakker Jakob het hom nie 
deur die kragtige Esau laat onderkry, die reg van die eersgeboorte 
het hy skelm, maar vindingryk, vir homself verkry. 

In die landstreek van Laban het Jakob tot voordeel van baie nou 
gaan bly. Vir Ragel het hy met sy liggaamskrag gaan arbei sodat 
sy as maat kon staan dig teenaan sy sy. Maar vir sy arbeidsloon 
het hy vir Lea met die dooie dowwe oë gekry. Daarom moes hy in 
die sweet van sy aangesig nog sewe jaar vir die mooie Ragel in 
die arbeidstuig bly. In weerwraak het ʼn groot hoeveelheid van 
Laban se kudde in die slag gebly. 

Een goeie aand maak Jakob die fout om met God te probeer stry- 
en mank sou hy vir die res van sy lewe deur ʼn vergruisde dy moes 
bly. So was God se volkie in hul lewens en strewes altyd vir kort 
periodes vry- om maar telkemale deur hul eie sondeval onder 
ander volkere te moes ly. So het Israel deur sy vele swerftogte 
ook eens voorspoedig in die land van Gosen gebly. 

Maar spoedig het hulle hul in die vele gode van Egipte verbly, 
hierdeur het hul as slawe baie swaar onder hul Egiptiese 
verdrukkers gely. Maar nog steeds het hul kragtig in hul talente 
en ook getalle gedy. In vrees vir hul kragtige slawe het die Farao 
vele Israelseuntjies se koppe in die slag laat bly, maar die 
dogtertjies is gespaar om die Egiptenare se genepoel sterker 
te kon kry.

Soos Abraham van destyds het Moses deur fyn beplanning in 
hierdie slagting ongeskonde gebly, om later God se volk van 
hul slawekettings te kon bevry. Deur pes en ellende is Egipte 
geslaan en hierdie keer was dit hulle wat oor die dood van hul 
eersgeborenes moes ly. Maar in die woestynsand het ook die 
doodsbeendere van elk van hierdie bevryde volk agtergebly. 

ʼn Nuwe gesuiwerde geslag het nou die beloofde land Israel as 
woonplek gekry.So het hierdie volk altyd deur hul geskiedenis 
na ʼn Goddelike bevryding maar net weer deur hulself onder 
verdrukking gely. Ander volkere, het hul nou om hul glansryke 
konings beny- en daardeur het Israel vir homself die grootste 
loesing denkbaar op die hals gekry. Deur Dawid het Israel 
groot oorwinnings oor sy vyande verkry, maar onder die val 
van Jojakim is hul weer as bannelinge na die land Sinear en 
ook Europa weggelei. Altyd is die heel beste van Israel tot 
voordeel van ander volkere verkry (dink daarom daaraan, 
julle wat nou weer jul beste talente na ander lande laat aanry) 

So het die tyd gekom en gaan en die verlede het in die ou 
Testament agtergebly. 

Met die aanvang van die nuwe Testament het daar weer ʼn 
klomp Israelseuntjies se koppe in die slag gebly. ʼn Ster het 
verskyn vir ʼn Messias wat onder Sy volksgenote sou kom bly. 
Nog ʼn maghebber het gevrees vir die moontlike verlies van sy 
kroon. Ook deur die tempel van daardie dae is God se Seun 
deur hul bespot en gehoon. 


Ja, die kerk wou homself nog deur al die eeue as die maghebber 
oor lewe en dood vertoon. Deur die politieke druk van daardie 
tyd sou selfs van God se geliefdes Hom verloën. Maar deur die 
uitsonderlike Liefde vir Sy volk, kom God om deur die grootste 
Liefdesdaad ooit, Sy kinders van die sonde te verskoon. Met Sy 
eie dood plaas Hy die ewige lewe op die mens se hoof as kroon. 

Ja, so het die tyd dit self deur die donker Middeleeue en ʼn nuwe 
Renaissance kom vertoon. 

So kom ook ʼn uitgekose groepie in hul spesifieke tydvak In die 
Suidpunt van Afrika woon- om as die ouers van ʼn nuwe volkie 
hul baba aan ʼn hele wêreld te kan toon. In haat en nyd is daar 
niemand wat hul oor hierdie nuwe kind verbly. 

Maar toornig kom hul maar weer om as die verdrukker 
die bruidskat met geweld van hulle af te kry. In wrede 
konsentrasiekampe is dit maar weer heilige seuns en 
die keer ook dogters wat ʼn wrede dood moet ly. Maar 
God se Genade en Seën het ondanks alles oor hierdie 
volk gebly. 

Maar in hulle vooruitgang het hul begin om die Waarheid 
te vermy- en verkies om in kerke onder valse kerkstrukture 
ʼn vae rekbare geloof te bely. Vir Mammon is dit, wat ʼn eens 
trotse Boerevolk nou sy stryd die heeltyd stry. Hul God wat 
hulle nog altyd vanuit hul slawehuis sou bevry- vir Hom het 
hulle nou skielik skaam begin kry. Maar die tyd is naby en ʼn 
vrot kol word weer vanuit ʼn suiwer ras uitgesny.

Dit vrygekoop van die aarde, ja, honderd-vier-en-veertig 
duisend kom na vore om hulself aan almal te toon. Oor 
die oneindigheid kom ʼn Onbekende Liefdeslied se nuwe 
ongeëwenaarde musikale-toon. Juig daarom dié wat op 
die aarde woon- die tyd het gekom om die diensknegte 
en profete, ja, die ware heiliges hulle loon te toon. Hul 
wat die Lam oral volg tot waar Hy in Sy Nuwe Jerusalem 
gaan sit op die Goddelike troon. 

Elk van hierdies het eens kortstondig in die suiwer 
liggaam van ʼn kroniekekind gewoon waar geen sonde 
die tyd of kans had om in hulle te kon woon. Ja in ʼn 
liggaam en siel, skoon en suiwer van enige hoereloon. 
Onthoof en wreed vermoor het hul eens as heilige 
kindertjies kortstondig geleef om nou na ʼn lang 
pelgrimsreis te kan ontvang hul uitsonderlike 
Goddelike loon.


Openbaring 709 
ʼn Droefgeestige begrafnisstoet.

Maandag 8 Junie 2009 19:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Smekend staan derduisende met hul hoed in hul hand. 
Hul sê: Kreatief het ons nou alles probeer met ons verstand. 
Al ons luukshede het ons lankal stuk vir stuk verpand. 
Ons rek ons sente maar al hoe waardeloser raak die Rand. 

Ook ons eiendom het ons verloor deur die een of ander verband. 
Ons het beheer verloor en ken nie meer ons plek of stand. 
Hul vra mekaar; is ons nog werklik burgers van ons land. 
In alle opsigte is ons deur die ergste probleme denkbaar gestrand. 

Van regoor die hele wêreld kom in ʼn lang reguit lyn ʼn swart 
begrafnisstoet. Die tyd is hier, begin baie nou desperaat te 
vermoed, daar is niks wat iemand kan doen om die komende 
kataklismes te verhoed. 
Baie mense weeklaag nou swartgallig en vra; waarom moet ons 
met ons lewens boet. Kyk, oral oor die aarde daal die pes nou 
neer soos pikswart roet- en so baie moet die lokkende lewe nou 
onvoorbereid groet. 

Ja, elke Egiptiese plaag kom die wêreld binnekort tegemoet 
en almal vra; waarom smaak ons monde so na yster en bloed. 
Ons het reeds so duur betaal met al ons besittings en aardse goed. 
Maar nog steeds moet ʼn groot gedeelte van die wêreldbevolking 
met hul lewe boet. 

Ja, met armoede, plaag en die pes kom die eindtydengele die 
mensdom nou met die oordeel tegemoet-en van oor die hele 
wye wêreld kom ʼn oneindig lange, droefgeestige begrafnisstoet.


Openbaring 710 
Is die Bybel die alfa en omega?

Dinsdag 9 Junie 2009 16:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Daar is baie skrifstudente wat redeneer en beweer dat die 
saamgestelde skrif soos wat die Bybel tans in sy huidige 
boekvorm daar uitsien en soos dit vanaf die tydperk waar 
dit vanuit vele verskillende geskrifte onder die outoriteit 
en beheer van Konstantyn saamgestel was, is dit dan ook 
vir baie die alfa en die omega van die totaliteit, van die 
Goddelike Woord. 

Bogenoemdes is ter stawing van hul redenasies ook altyd 
vinnig daar met die volgende teksvers, wat in die laaste 
gedeelte van die boek van Openbaring verskyn en daarom 
ook in die laaste gedeelte van die Bybel staan en wat as 
volg lui: Indien iemand iets van die woorde van hierdie 
profesie sou wegneem-sal ook sy naam vanuit die boek 
van die lewe weggeneem word. 

Deur hierdie slim plasing en sinspeling word baie daardeur 
oortuig, dat hierdie betrokke teks nou na die hele Bybel sou 
verwys en daarom word daar na elke ander woord, hoe heilig 
ookal, as onbybels en selfs godslasterlik verwys. Ja, daar word 
openlik deur die sogenaamde skrifgeleerdes beweer dat God 
Homself slegs ten tye van die sogenaamde Bybelse tyd fisies 
kenbaar deur Sy Woord aan die mens sou maak. 


Maar die waarheid is egter dat die enigste fisiese Godgeskrewe 
Woord wat ooit aan die mens gegee was, die wet aan Moses 
was, wat op kliptafels deur God se eie vinger geskryf was, sowel 
as die woorde wat later deur ʼn misterieuse hand op die muur 
geskryf was en wat as volg sou lui; "geweeg en te lig bevind". 
Elke ander Goddelik-geïnspireerde Woord, was deur die Stem 
van God of ʼn engel aan ʼn mens oorgedra en was daarom ook 
geskryf deur die hand van ʼn mens. 

Die Bybel soos almal hom ken bestaan daarom uit ʼn samevatting 
van geskiedkundige data en feite wat handel oor ʼn oeroue heilige 
volk en na die inleiding van ʼn skeppingsverhaal word daar vertel 
van hul oeroue oorsprong en dit begin daarom by hul aartsvaders 
en patriarge. 

Dit vertel van volksverskuiwings na verskillende landstreke en 
van die ontstaan en val van hul beskawings en infrastrukture, 
ook handel dit oor hul wette en leerstellings, spreuke en psalms, 
oor suiwer kronieke en waarskuwings gebring deur die monde 
van ou profete van weleer. Ja, dit vertel die hartseer verhaal van 
ʼn sondeval waardeur die mens sy vermoë verloor het, om na die 
Stem van sy Skepper te kon luister. 

Maar as troos vind mens dwarsdeur die ou geskrifte ook die 
goue draad van ʼn belofte van versoening tussen God en mens 
deur die verlossende ingryping van Homself deur die geboorte 
van Sy enigste Seun wat sou plaasvind. 

In die nuwe Testament kom hierdie belofte dan ook spoedig 
in vervulling en met die kruisiging van die Messias, skeur die 
gordyn voor die allerheiligste oop en die kommunikasiekanaal 
tussen God en Sy volk word weer herstel en so kry elkeen weer 
die geleentheid om sonder die teenwoordigheid van ʼn twyfelagtige 
tussenganger, direk met sy Verlosser te kan kommunikeer. 

Met die Heilige hemelvaart word die apostels van die Messias 
ook toegerus met hul Verlosser se Gees en deur die eeue wat 
sou volg, val hierdie uitsonderlike gawe dikwels ook vele ander 
te beurt, waardeur hul ä Goddelike werktuie werksaam vir hul 
God en Vader kan wees. 

Nou vra Ek julle- Ek wat ewig Was, Is en sal Wees, waarom 
sou Ek slegs My Stem gedurende die Bybelse tye vir die mens 
hoorbaar maak en Ek vertel julle dat die teendeel waar is. 

Omdat God Homself in die tuin van Eden tydens die mens 
se sondeval van hulle onttrek het en die mens Sy Stem nie 
meer kon hoor nie, maar deur Sy Groot Genade slegs Sy 
Wil by monde van Sy profete weer aan hul kenbaar kon 
maak. Daarom sê Ek vir julle: Salig is elkeen wat deur die 
Onderskeidingsgees die ore van sy gees en hart open om 
na My Stem te kan luister. 

Maar, wee elkeen wat as ʼn struikelblok optree om ʼn kind van 
My te verhoed om die klank van My Roepstem te kan hoor. 
Die betrokke vers wat hulle so graag vir ander voorhou sal 
hul eie lot word en so ʼn persoon se naam sal vir altyd uit die 
Boek van die lewe verwyder word. 

Openbaring 711 
'n Blou ster?
Woensdag 10 Junie 2009 17:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Aan die wand van die sterrestand verskyn wasig iets en dit skyn blou.
Dit kom van heinde en verre en sweer aan geen orde sy trou. 
In sy koerslose gang is daar niks wat hom ooit vertrou. 
`n Onbegryplike digte magnetiese krag is in sy ingewande ingebou. 
Buite die bereik van ander hemelliggame lê hy rustig sedig en lou. 
Maar beweeg iets anders in sy wye magnetiese veld 
is dit `n ander storie om te aanskou. 
Met die spoed van lig beweeg hy na die ander voorwerp 
om dit te gryp en dig teenaan hom vas te klou. 
Ja, soos iets wat `n vangtou uitgooi om dit self daaraan nader te kan tou- 
en dit aan hom vasgeanker beskou hy as sy eiendom om vir ewig te behou. 
So versamel hy sy eie boustene om homself altyd groter te kan bou. 
Maar vir menig planeet is `n verdedigings meganisme 
teen hierdie soort veroweraar ingebou. 
Wanneer hul sy aantrekkingskrag gewaar swenk en swaai hul vernuftig 
om `n gelyksoortige pool na die vyand uit te hou. 
Daarmee stoot hul hulself weg om `n veilige distansie te kan behou. 
In die proses moet alles op hul oppervlak nou om lewe en dood vasklou. 
Ja, in die geval van `n lewende planeet 
gaan sy bewoners deur die ergste ontwrigting en rou,
omdat die aardplate en oseane nie hul grense in die proses kan behou. 
Om so `n planeet vorm nou die digste ysige mis onheilspellend grou- 
en so `n aarde ontvang sy sonstrale nou baie swak en flou. 
Al die water verander in ys tot op die laaste druppel dou. 
Voor `n baie lang winterslaap probeer so `n planeet desperaat 
van haar kosbare lewende d.n.a in haar eiesoortige argiewe in te vou. 
Ja, alles in `n sonnestelsel 
word deur die verskyning van hierdie blou wandelaar afgeknou. 
Omdat ook oneindig baie ruimte afval 
hul in die magnetiese sfeer van hierdie ster hou. 
Van hierdie rommel is so groot 
dat die aarde se maan haarself klein daarteen hou. 
Selfs hierdie afval wat oneindig ver agter hierdie ster aantou- 
het dieselfde magnetiese vermoë sodat `n aarde soos hierdie 
nie haar gradestand daarteenoor kan behou. 
En met `n gevalle mensdom wat nie meer hul oë op hul Skepper hou- 
is daar `n paar sonne wat in `n reguit lyn 
`n magnetiese deur vir hierdie wandelaar gaan oop hou. 
Wat is die mens dat hy dink hy verdien `n toekoms 
om vir ewig op hierdie aarde te hou. 
Die tyd het gekom en nie baie lank van nou – 
word `n baie groot strafgerig oor `n sondige mensdom gehou.

 

Openbaring 712 
Dit is nog steeds nie te laat.

Donderdag 11 Junie 2009 17:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Geseënd is die wat reeds `n geruime tyd voor die einde 
hul Skepper sou bemin. 
O Hoe treurig is die minnelied te laat vir God deur vrees aangebring. 
Ja, dit is so moeilik om op die einde nuut oor te wil begin.
Is daar nog tyd oor om lief te hê of iemand te kan bemin, 
of is dit beter om te onttrek en filosofies oor alles te besin. 
Wat baat dit die mens om nog langer die rykdomme van die aarde te ontgin. 
Waarom kan geld nie meer regtig vreugde vir `n oorblufte mensdom bring. 
Dood en ellende is besig om dit orals hardnekkig in te wring- 
en `n wêreldpopulasie probeer desperaat om dit alles nou vry te kan spring. 
Hul probeer deur enige vorm van geloof om die hoop nou nader te bring. 
Kerke en organisasies nooi almal wat wil luister 'kom staan nou in `n kring'. 
Met `n eenwêreldlied sal ons vir die behoud en voortbestaan van ons lewens sing. 
Biddend sal ons die hande nou saam voor al die verskillende gode wring. 
Maar daar is ander wat besluit; 
nou of nooit, die tyd het gekom om aan die enigste God hulde te bring. 
Nog is dit nie te laat om iewers te begin, al is jou liefde ook koud en gering.
Geseënd is elkeen wat reeds `n geruime tyd voor die aanvang van die einde
My as hul God in liefde sou toesing. 
Maar dubbel geseënd is jy O Sion
van die begin van die Skepping het Ek en jy mekaar alreeds bemin.

 

Openbaring 713 
Die einde se onheilspellende droewige gesuis. 

Saterdag 13 Junie 2009 16:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vir oulaas lê `n bose wolf wreed na sy verswakte prooi en loer. 
`n Suiwer jong seun word weggegee aan man sowel as hoer. 
Die kinders van `n uitverkore saadlyn 
word nou na alle kante toe weggevoer- 
en `n eens vlekkelose saadlyn raak met homself uitgeboer. 
In die eerste winde van verandering 
was reeds `n opmerklik gevaarlike gedruis. 
Tot `n volk se ondergang 
was die media daar as `n siek propaganda spreekbuis. 

Op moedverlore se vlakte sit `n volkie 
nou heeltemal stukkend verguis. 
In sy verbasteringsdood is daar vir hom geen hoop 
op terugkeer na `n verwelkomende Vaderhuis. 
O Hoe swaar gaan baie nou gebuk
onder hul gevalle volksgenote se sware kruis. 
In die verte kom al hoe harder die einde se
onheilspellende droewige gesuis. 

Maar nog steeds lê die wolf bloeddorstig
na die heel laaste slagoffer en loer. 
Ja, oor `n uitverkore volk is die lot gewerp 
en hul maagde word aan andere weggegee as `n goedkoop hoer.
Geknak en gebreek lê `n eens trotse volk 
vernoem na hul identiteit as die Boer. 
Te lank het `n nasie 
met sy unieke Godgegewe genade gespeel en gesloer. 
Maar `n handvol is bewaar 
om vir hul God te staan vreesloos, regop, trots en stoer. 
Ewig tevergeefs raak dit vir die satangespuis 
wat so lank gulsig in hierdies se rigting loer. 

Sidderend nader `n dodelike vlerkgegons 
vinnig die einde met `n vreesaanjaende gedruis. 
In plaas van `n wêreld verrottende media 
kom daar nou oor die aarde `n heel ander tipe spreekbuis. 
Teen die hele nuwe wêreldorde 
gaan dit met vernietigende woede indruis. 
En `n verrotte wêreld 
word onder die vuis van die oordeelsengele vergruis. 
So baie wat nou gaan roep O my God is U vir `n sondaar tuis. 
Al antwoord wat hul gaan kry is `n godverlate stilte 
wat vir ewig om hul ore gaan suis.

 

Openbaring 714 
Menslike onbeheerste dierlikheid versteur die Goddelike orde.

Sondag 14 Junie 2009 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In onbeheerste dierlikheid 
wil menigeen in `n onversadigbare wellus walglik kreun. 
Verlaag tot dierlike status 
gedra die mens hom soos `n goedkoop hondereun. 
So min die wat nog kan onderskei tussen die waarheid en die leuen. 
Die wêreld loop mank en kruppel gebuk onder sy eie sondelas en steun. 
Onder hierdie donker gewig 
is die wêreld besig om in sy diepste kern jammerlik te kreun. 
Wyd oor die aarde se vlaktes 
kom daar binnekort `n onheilspellende gedreun. 
Dit is die aarde se oppervlak wat onder enorme
aardbewings tot vernietiging gaan steun. 
Nooit weer hierna kom die huidige beskawing 
se infrastruktuur weer behoorlik op die been. 

Een-een staan die manlike en vroulike geslag nou skielik alleen. 
Met die manlike spesie nou bykans heeltemal daarmee heen- 
wil tien vrouens nou skielik op die krag van `n enkel man kom leun. 
Oor dit wat eens volmaak in sy orde kon wees
wil die mensdom nou skielik nostalgies oor teem. 
In `n gelyksoortige paar besef hul
nou bestaan daar vir `n spesie nie `n oorlewingsgeen. 
Naak staan die mens oor sy gruwelsondes 
maar weer voor sy Skepper en ween.
Desperaat probeer hul nou verklaar, veelkleurig was Satan hierdie keer 
in sy verleidingselement heeltemal ekstreem. 

Eens was Adam en Eva vanuit die paradys gestuur 
in `n wilde wye woesteny van `n wêreld heen. 
Maar met sy aarde ook nou heeltemal daarmee heen- 
bestaan daar vir die mens as `n alternatiewe toevlugsoord 
nêrens meer iets van geen. 
In hul godverlatenheid herdenk die mens `n tydperk 
van goddelike genade wat het eens oorvloedig op hul neer gereën. 
In hul diep berou weet hul 
dit is vir hul ewig verby wat betref die goddelike seën. 
In gestorwe vrugbaarheid bied die aarde vanuit haar diepste binneste 
haar heel eerste oeroue dooie veen.
Ja, die wêreld sit binnekort 
in ondenkbare hongersnode met `n enorme probleem. 

In `n godverlate toestand probeer die een nou desperaat by `n ander 
om iets van die grote God te verneem. 
Die mensdom vra verward aan mekaar 
waar is al die ware goddelike kennis nou skielik heen. 
Oral oor die aarde se oppervlak verskyn daar `n geweldige kraak 
en dit word `n enorme probleem. 
Ja, in aardbewings is baie van die aarde se infrastrukture 
binnekort ewig daarmee heen. 
Syg daarom op die aarde in ootmoed neer 
en begin om oor al jou sondes voor God te ween. 
Voordat `n godverlate toestand hom aan die hele wêreld kom uitleen. 
Ja, voordat die laaste genade tydperk 
vir die mens ewig te laat is daarmee heen.



Openbaring 715 
Hoe gaan ons hierdie verskriklike tyd oorleef!

Sondag 15 Junie 2009 19:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Lank gelede is daar geprofeteer 
dat die hemel in totale stilte die val van die mens sou betreur. 
Maar niemand verstaan regtig die swye in die hemele
waar engele geskok oor die verbeurde kanse 
van die lewende dooies treur.
In hierdie tyd is die Heilige Gees deur `n gruwelsisteem 
uit die hart van die wêreldmens geskeur. 
Vryheid het `n leuen geword en die lewe `n gevangenis 
waarin niemand behalwe die wêreld dwaas meer in wil leef. 
Ja, dit is nog net `n wêreldpoliep 
wat soos `n parasiet aan `n kamma lewensillusie wil kleef. 
Is dit in vrees vir die dood 
of is dit dalk die lewe waarvoor die mense deesdae sidderend beef. 
Wat is ambisie en waarna is dit nog regtig wat die mens na streef. 
In geen geloofstruktuur is daar regtig `n waarborg 
dat die mens na die dood ewig in `n hemelse harmonie gaan voortleef. 
In `n oorkoepelende lewensfilosofiese leuen 
is daar so min wat nog waardig 
oor hul materiële skynbestaan kan triomfeer. 
Hul lieg vir hulself deur die lewe met fantasie neonkleure 
vir `n bietjie lewens sin te kan inkleur. 
In `n matriks sisteem is daar menslike outomate van elke kleur en geur 
om van te kies en te keur. 
Met kaarte koninkryke wat daagliks vou en intuimel 
is dit met selfmoord wat hul nou die kosbare lewe wil elimineer. 
Hul spook en spartel sonder die ware God 
deur `n lewe in `n bose sisteem wat hul die heeltyd beheer. 
Ja, wie is daar nog regtig oor wat hul op waardige wyse 
deur die suiwer Waarheid laat beheer. 
Maar almal kla hardop en raadop en sê: 
In watter verskriklike tyd moet ons nou leef.
Maar die matriks meesters sê: 
Ontspan; ons gee jul sinnelose sportspeles, vandag gewen of verloor 
en more weer heeltemal vergeet om na te kan streef- 
en in die fantasie wêreld van vermaak en die silwerdoek 
kan julle jul opgekropte emosies kortstondig uitleef 
en so word die moderne mens as net nog `n verbruiker 
in die moederskoot aanmekaar geweef. 
Om op die einde van sy lewe 
self die feesmaal van die doodswurm te kan wees. 
Maar regverdige hemelwesens geklee in aardse vlees- 
roep vanuit `n heilige innerlike in hierdie godverlate stilte 
hulle nou na die hemele hees. 
Hul kla en vertel van `n gruwel-onreg wat nou oor die aarde heers- 
en hul sê: As U ons God nie vinnig gaan kom, 
gaan nie een van ons hierdie verskriklike tyd 
en geloofsdepressie kan oorleef. 
Ja, Hierdie kort hemelstilte blyk vir hierdie aardse heiliges 
soos `n ewigheid op sy eie te wees.



Openbaring 716 
Waarom wil jy oor jóu las kla!

Maandag 15 Junie 2009 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Twee en veertig maande word dit wat heilig is nou smadelik vertrap. 
Die bloed van eens heiliges word nou vir die wêreld tot heildronk ingetap.
Maar `n groot gedeelte van hierdie heilige volk 
het weer aan Satan se sondige giftig vrug gehap. 
Maar `n handvol het geweier 
om die pad saam met `n bose sondige wêreld te stap. 
Nou is daar vir die wêreld tot oordeel twee geklee
in die vodde van verflenterde lap. 
Lank genoeg moes `n gevalle mensdom swoeg 
onder `n sware gevangenis- kettings las. 
Die hofsitting begin
en `n oeroue aanklaer word nou self deur sondaars by God verklap. 
Die tyd het gekom en My profeet wil Ek vra: 
Hoekom kla jy so oor die swaar maar draagbare las wat jy moet dra. 
Ook Ek het gebuk gegaan onder `n ondenkbare sware las 
wat ek vir almal moes dra. 
In die tuin van Getsémane het ek gewroeg 
maar vas besluit Ek sal deurdruk met dit aan My opgedra. 
Tot op die bitter einde het Ek `n ganse mensdom se las 
vir hul na Golgota gedra.
Ook jou profete las was klaar deur My 
vir jou op die pad van kruisiging gedra. 
Optimisties moet My boodskappers met hul boodskap 
soos helder sterre in `n donker nag vir ander brand. 
Voordat jy in die moederskoot gevorm was 
het Ek jou laat kom vanuit My diensbare hemel land. 
Ja, vanaf die oertyd is jy geskape 
om diensbaar te wees tot die profetestand. 
In jou siel is ewig My boodskap van liefde vir Sion ingebrand. 
Vir haar tot beskerming sal die oordeel wat Ek aan jou gee 
oor die wêreld gaan van land tot land. 
Almal sal weet `n baie klein kudde wat woon in die verre Suideland 
is afkomstig van `n baie suiwer edel goddelike stand. 
Jy moet haar bemoedig daar waar sy nou woon 
in `n vertrapte eens heilige land.
Vanuit `n groot wilde olyf wil `n hele wêreld haar nou as die enigste
suiwer ingeënte takkie in verbastering aan `n hele wêreld verpand. 
Ja, sy is My skermpie in die wind en afgebaken 
en blootgestel staan sy teen `n donker pikswart nag se wand. 
`n Eens heilige volkie se stede, dorpe en woongebiede 
sowel as hul landerye word deur brandstigting binnekort tot as verbrand. 
Terwyl volksvreemdes in onwettige grondonteiening 
dit wat vrugbaar was, verkrag tot die laagste hongerstand. 
O Sion hoe skraal en tenger is in hierdie tyd jou kosbare kleine hand. 
Hou dit na My toe uit sodat Ek jou ringvinger kan verseël 
met My liefdespand. 
My klein uitverkorene is in hierdie dae net `n warm asempie 
wat bo alle verstand staande bly teen `n woedende stormsterkte wind. 
Soos Dawid van ouds sal jy teen `n wêreldreus staan 
so weerloos soos `n kind– 
maar ongedeerd sal jy daar bly staan ewig aan My liefde vasgebind. 
O Sion ewig is jy My skermpie in die wind 
en tot op die einde sal jy as beskutting staan vir elke ander goddelike kind. 
In alle ewighede ooit 
sal die Satan jou nooit as sy eiendom aan hom kan bind.

 


Openbaring 717 
Maar omdat jy lou was. 

Dinsdag 16 Junie 2009 20:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kerk en politiek voel hulself magtig 
en dink eufories hul kan die hele wêreld nou beheer. 
Maar almal kyk afwagtend na mekaar 
en wonder wat gaan nou volgende gebeur. 
Vanuit Islamgeledere word nou net die heel beste vir hul doelwitte gekeur. 
Selfmoordbomaanvalle gaan verdubbel en in `n nuwe 
wêreldwye brandstigting ontstaan nou `n nuwe vorm van terreur.
Konserwatief en liberaal, ja, links en regs 
gaan mekaar binnekort uitmekaar wil skeur. 
In elke volk taal en kultuur gaan hierdie twee opponente
mekaar voortdurend in alles wil opponeer – 
en in bloedbande gaan niemand meer oor die verlies 
van geliefde broeders wil treur. 
Daar is net een oorkoepelende god so wil die wêreldmanne 
nou skielik almal ook kamma kom leer. 
En `n hele wêreld moet ondanks hulle verskillende gelowe 
Hierdie gruwel wêreldgod van hulle kom eer. 
Met listige fyn aangepaste bybels as `n bose riglyn 
laat hul geen ruimte vir die gelowiges om daaroor te kan debatteer. 
In hierdie vervalste geskrifte verskyn die Satan as die engel van lig 
en hierdie bundel is in sy miljoene 
vir die arme mensdom tot val gekopieer. 
Baie volg hierdie leerstelling blindelings 
en glo vas dat hulle die ewige God daardeur eer. 
Probeer iemand hul met die Waarheid konfronteer– 
druk hul die ore toe en skreeu: 
Laat ons hierdie godslasteraars nou teer en veer. 
Maar die tyd het gekom en die bokke word nou van die skape weggekeer. 
In hul biljoene gaan die linksgesindes 
nou aan die linkerkant van God aantree. 
Maar so is daar ook `n handvol opregtes
wat hul nou na die regterkant van hul God toe keer, 
Ja so sal oor `n hele wye wêreld links en regs- 
liberaal en konserwatief in vyandskap teenoor mekaar optree. 
God self sal as die goeie Regter 
weet wie gaan sy Nuwe Jerusalem binnetree.
Maar vir `n derde groep 
wat maar altyd saam met die sterkste groep wou opereer- 
vir hul word nou met die volgende bekende woorde 
`n dimensie na `n Godverlate toestand oopgeskeur; 
Was jy maar koud of was jy maar warm 
maar omdat jy lou was 
word jou naam nou vir ewig vanuit die boek van die lewe geskeur.


Openbaring 718 
Wees deurentyd gasvry en hou daarby.

Woensdag 17 Junie 2009 22:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za   

Judith de Beer
Hoe dikwels het sommige van julle nie al die volgende bekende woorde
gehoor nie: Wees gasvry omdat julle nie weet wanneer julle dalk onwetend
engele as gaste in jul huishoudings ontvang het nie. 
Reeds lank voor die grondlegging van die aarde is `n sekere groep geeste 
uitgesonder om diensbaar in hierdie spesifieke tydvak op hierdie planeet 
te wees.
Huidiglik is almal van hulle ook reeds in hul onderskeie mensgestaltes
hier teenwoordig - om dit deur hul Skepper aan hul opgedra te kom uitvoer
en volbring. Niks is aan die toeval oorgelaat nie en reeds lank vantevore
is al hul omstandighede so beplan en vooruit bepaal, sodat elkeen van hulle
nou op presies die regte tyd en plek is, vanwaar hulle dan ook sonder
enige voorbehoud op die klank van My roepstem sal ontwaak om 
daadwerklik tot hoër diensbaarheid in hul goddelike nerings en roepings 
werksamig te kan raak. 

Ja, sonder dat toeval enige rol speel kom van hierdie Missiedraers 
nou op `n alhoemeer gereelde basis met mekaar en somtyds op
die mees eienaardige maniere met mekaar in verbinding. Waar so `n
ontmoeting plaasvind hoor mens ook dikwels die volgende bekende 
woorde: "jy lyk ongelooflik bekend en ek is seker daarvan dat ek jou 
van iewers ken".
Weet daarom in die toekoms wanneer julle onverklaarbaar en onverwags
tydens `n ontmoeting bewus raak van `n blye weersiens in jul harte - 
is jul dan ook heel moontlik reeds in die geselskap van `n baie bekende 
en geliefde oeroue hemelbewoner. Koester in hierdie tyd hierdie uiters
kosbare vriendskappe omdat julle in die komende moeilike tye onontbeerlik
vir mekaar in julle verskillende werksamige ordes gaan wees. 

Weet ook dat waar daar twee of drie van hierdies in My naam sal vergader, 
daar sal Ek verseker wees en Wee enige bose genootskap of agenda 
wanneer My krag vanuit hierdies tot redding van die uitverkorenes sal gaan. 
Soos wat Ek dit wil - sal `n sekere groep van die uitverkorenes spontaan 
vergader en onder die leiding van sommige van hierdie wagters 
sal hul na `n plek van veilige bewaring gebring word, wat deur die hulp 
van die hemele vir hulle klaar voorberei is. 
Hulle sal die aartsvaders en moeders van die volgende tydvak wees. 

Die res van hierdie hemelrigters sal diensbaar wees op vergaderplekke 
waar daar `n erge aanslag van verdrukking op van My ander heilige kinders 
sal wees - waarvan baie van hulle oorgelewer en doodgemaak sal word. 
Maar met die teenwoordigheid van bogenoemdes in hul midde wat 
dieselfde lydenspad as hulle sal gaan - sal My Gees so sterk onder hulle 
verteenwoordig wees sodat hulle die ou martelare van weleer – by verre 
met hul goddelike dapperheid sal oortref en tot die verbasing en skaamte 
van `n bose wêreld sal daar geen vrees by hulle te bespeur wees nie. 
Oor hulle is daar ook lank vantevore geskryf dat die dood vir hulle geen
verskrikking sal inhou nie, omdat hulle vanuit hulle aardse liggame sal
oorstap in die ewige salige hemeldimensie van hulle Hemelse Vader. 

Vanuit bogenoemde wagters is daar ook twee - wat die antichris met 
sy bose owerheids outoriteite in My naam sal teenstaan 
en Wee- en Ek sê weer- Wee! `n wêreld, 
wat onder die oordeel van hul tong gaan staan.

 


Openbaring 719 
Wêreldse kennis teenoor Goddelike kennis.

Vrydag 19 Junie 2009 5:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kennis aangaande alle wetenskappe is deesdae maklik oral te verkry. 
In onverpoosde navorsing kan die mensdom net nooit genoeg hiervan kry. 
Gister se kennis is vandag verouder en word reeds deur more s’n ver oorskry. 
Ja, vandag se nuutjie is more weer oud, uitgedien en klaar verby. 
Die hedendaagse mens poog voortdurend om met die heel nuutste kennis 
op die hoogste en voorste golf van voorspoed te ry. 
Onafgebroke vermaan die opvoedkundiges die mens 
om die sogenaamde onkunde te vermy- 
ja, hul leer die mens deur `n gebrek aan kennis 
sal hul maar altyd as agtergeblewenes moet bly. 
Regerings stuur deur die kennis van wetenskaplikes 
pendeltuie die ruimte in om nog meer kennis te verkry. 
Met atoom en kernkrag wil die een land altyd `n bietjie voor die ander bly. 
Deur die mens se soeke na meer kennis begin sy aarde swaar en warm te kry. 
Ook in die biologiese veld het die kennis nie agterweë gebly- 
en deur kloning streef die mens om deur verwronge kennis 
die beste spesies te verkry. 
Hul steur hul nie in die minste aan die goddelike d.n.a spiraal 
wat in hul proefnemings in die slag gaan bly. 
Maar onbegrens in navorsing is wêreldkennis daar vir die mens 
om tot oorlopens toe van te kry. 
Maar in dieselfde asem word die mens geleer 
in die eie kennis oor die Godheid verkry- 
daarvan mag niemand te veel van inkry. 
Die onbeperkte groot EK IS word deur menslik standaarde 
in `n beperkte geloofsraamblik gedruk 
en wee die een wat hier op eie stoom sy geloofskennis se perke wil oorskry. 
Wanneer die wêreld se kamma 'super-slimmes' 
snuf in die neus oor ware geloofsvordering kry- 
is dit verbasend hoe hierdie 'ultra modernes' 
maar net weer in die gedaante van middeleeuse heksejagters agterbly. 
In haat en nyd is hul vinnig daar om met geweld enige nuwe geloofskennis 
en vordering deur `n stokou begrensde dogma onder te kry. 
Dit van hul gevangenis bevry 
wil hul so gou as moontlik weer in hul soliede kettings kry. 
Daar is wêreldwyd biljoene gebinde blinde navolgers 
wat deurentyd hul poppemeesters se sotheid bely.
Terwyl `n dom wêreld nie genoeg van kennis 
wat deurentyd tot hul aarde se ondergang ly kan kry. 
Waarom mag opregte geloofsoekers 
hul nie oor nuwe kennis en ontdekkings van hul God verbly. 
Maar die tyd is hier en weereens kom God 
om sy kinders van `n bose wêreld te bevry- 
en die huidige beskawing gaan met al sy oorbodige kennis 
in die stof van die aarde agterbly. 
Maar die soekers van die ware Goddelike kennis 
het vir hulself `n ewige onvernietigbare skat in die ewigheid verkry.


Openbaring 720 
Deur ongekende plaag, pes, hongersnood en oorlog. 

Saterdag 20 Junie 2009 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die tyd het gekom 
en vir `n stukkende wêreld is daar geen genesingsalf.
Eens goeie sout het sy smaak verloor en nou is dit alles laf. 
Gebreek lê Mammon se mag 
en waar is nou die glans van sy eens gepoleerde goue kalf.
Soos `n waansin hond 
wat sonder enige rede die heeltyd vir die maan wil blaf. 
So klink die sinnelose klank van die kerk en politiek se spreekbuis af. 
Hoe onheilspellend is die nag 
wat `n sondige donker wêreld nou kom straf. 
Deur ongekende plaag, pes, hongersnood en oorlog 
verlaag die menslike getalle binnekort na half. 
Op die koms van hul Messias 
kom getrou Sy twaalf ook nou vir Sy wederkoms belofte wag. 
Vanuit `n enorme oes bly slegs `n handvol koring 
en na die vuuroond waai nou die oneindige baie kaf. 
Ja, deur sy eie toedoen word die mens nou op `n wreedste wyse gestraf. 
Wie bly oor om die getal te kan bereken van so baie ontelbare graf. 
Met moeite en verdriet het `n beskawing na sy top gestap– 
maar loodreg in sy val gaan hy nou na benede af. 
`n Mensdom moeg deur owerhede so dikwels onnodig in hul vryheid gestraf. 
Kyk na `n eens gevreesde regstelsel wie se gevaarlike byt geword het 
die van `n ou hond se sinnelose blaf. 
Ja, die tyd het gekom 
en vir `n ongeneeslike siek mensdom is daar meer geen genesende salf. 
Deur plaag en pes daal miljoene nou af 
na `n heeltemal onvoorsiene ontydige graf.

Openbaring 721 
Van bo of van onder gebore?
Maandag 22 Junie 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jy wil van My weet of `n openbaring wat jy as `n antwoord 
op `n brief ontvang het ook as `n openbaring geplaas moet word 
en Ek antwoord jou dat daar sommiges is wat geestelik reeds so 
ontwaak het dat hulle baat by die betrokke brief asook die antwoord 
sal vind. Plaas daarom die volgende uittreksel uit die brief en plaas 
die antwoord met die nodige informasie wat Ek jou sal gee.

Vraag: Is die 144 000 almal van bo-gebore geeste. Ek het drie kinders 
En weet dat om `n van onder-gebore gees te wees ook wonderlik is- 
maar dink aan die moontlikheid dat mens dalk as gevolg hiervan 
in die komende tye geskei kan word. 
Ek vertrou Vader maar dalk kan ek as aardse ma tog iets doen 
om hom/haar voor te berei en ek wil graag weet of kinders ooit deel 
van die 144 000 kan wees.

Antwoord: Dit is altyd goed om kinders op die minder aangename 
gebeure van die lewe voor te berei - sodat daar vir hulle `n riglyn
kan wees waarvolgens hulle die traumas van die lewe kan verwerk. 
Daar is ook geen onderskeid tussen die geeste in hierdie tydvak 
gebore wat hul ouderdomme aanbetref nie. Ook gaan daar verseker 
heelwat kinders teenwoordig wees onder die 144 000 wat gespaar 
gaan bly, juis om die rede sodat die aarde weer bevolk kan word. 

Wat jou ander vraag betref vergeet mens maklik dat die mens 
uit liggaam, siel, sowel as gees bestaan. Om die geheue so `n
bietjie te verfris word die leser net weer daaraan herinner dat die
liggaam die opnamehouer van sy siel is, wat op sy beurt weer die 
liggaam van sy gees is en soos wat `n aardse liggaam sy boustene 
vanuit dit wat die aarde bied ontvang, net so is die siel se boustene 
afkomstig vanuit die geestelike van die totale oneindigheid
(besef daarom die uniekheid van jul wese omdat die mens 
in die kleine `n totale samevatting van die groot goddelike skepping 
in homself bevat) en daarom kan siele vanuit enige plek of destinasie 
van die totaliteit kom. 
Ja, of dit nou vanuit die aarde of van enige ander planetêre 
sonnestelsel is. 
Maar wat die geeste betref is hulle afkomstig vanuit `n groep 
oergetroues wat hul van die sameswering en opstand van Lucifer 
gedistansieer het, of so nie is hulle afkomstig vanuit die derde 
oergevallenes wat saam met Satan in sy opstand tot `n val gekom
het en deur Elohim se groot genade weer `n geleentheid terug na die
Vaderhuis aangebied word. 
Hierdie inligting word baie mooi saamgevat in
die gelykenis van die verlore seun se val en opstaan om daarna 
terug te keer na sy geliefde Vaderhuis toe. 

Jy kry oneindig baie geeste vanuit verskillende geestelike dimensies 
in verskillende goddelike ordes - so kry jy suiwer dienende geeste
(engele) die van bo-geborenes d.w.s hulle is afkomstig vanuit `n 
volmaakte hemeldimensie waar hulle in volmaakte werkende orde was 
en wat nou vir die eerste keer op die aarde beliggaam word, waar ook 
hulle nou die geleentheid kry, om vir moontlike goddelike kindskap 
in aanmerking te kan kom. Om `n Goddelike kind hoe klein ookal te
kan wees, is baie groter as om die heel grootste aartsengel in die
oneindigheid te wees - omdat alle saligheid gemeet word aan `n 
standaard waar elkeen so na as moontlik in sy saligheid aan die 
hemelse Vader wil kom en daar is geen verhouding wat so 
na aan mekaar in liefde kan kom soos juis die van `n liefdevolle 
ouer met sy eie bloedkind nie. Indien hierdie geeste nie in hul 
vleeslike poging sou slaag nie, keer hulle bloot na hul werkende 
ordes terug - omdat hulle nie deel uitgemaak het van die oersonde
en opstand van Lucifer nie. 

Ook kry jy `n groep geeste van `n heel ander orde wat reeds in
verskillende dimensie in die gees sowel as die vlees deur `n vrye wil 
en in meeste gevalle al meermale werksamig was en daar word na 
hulle verwys as die 'eerstelinge' (Sion) en vanuit hierdie's kom die
huidige Missiedraers. 
Hierna vind ons die 'verlore seun' die gevallenes) wat oppad huis toe 
is en waaroor die hemel met soveel vreugde oor kan seëvier, feesvier 
en juig. Ja, met hul terugkeer word hulle as langverwagte goddelike 
kinders terug in die Vaderhuis verwelkom en ook hulle gaan 
op hulle beurt werksamig raak om ander ondenkbaar baie gevalle
geeste in komende tye en geestelike dimensie terug huis toe te kan
begelei. 

Daar bestaan egter nog ondenkbaar baie ander geeste wat vanuit
die skeppinge van Lucifer ontstaan het tydens sy poging om homself 
bokant die troon van God te verhef en omdat alle gees onsterflik is 
word ook hierdie geeste deur God se ongekende genade in `n proses 
van ontwikkeling geakkommodeer en so is daar ook vir hulle 
'woninge' dimensies geskep waar hulle in `n eiesoortige saligheid 
hulle eie volmaakte status en saligheid gaan bereik - hierdie geeste 
verlang nie iets meer nie - ook nie om Goddelike kindskap te kan 
bereik nie - omdat hierdie eienskap nie in hulle geskep en 
teenwoordig is nie - (hierdie is `n sensitiewe onderwerp wat mense 
sonder die nodige geestelike insig nie gaan kan begryp nie en
wat net onnodige konflik kan veroorsaak). Hier kom die kennis en 
wysheid betreffende die agtergrond van die Adamities oorsprong 
sterk na vore omdat die Goddelike asem as `n bewys hiervan ook 
net in Adam en daardeur sy nakomelinge geplaas is en juis 
om hierdie rede is daar so noukeurig en deeglik boekgehou 
van die Kronieke. 

Ja, so kan ons vir ondenkbare tye voortborduur oor die oneindige 
baie verskillende skeppinge, geestes, sowel as materiële ordes 
en dimensies, maar om tot die vraag terug te keer – 
is hierdie `n tyd van hergroepering vir die gelyksoortigheid om 
weer in hul goddelike ordes herrangskik te word en wat vir 
komende tye van uiterste belang is. Ook vir julle is dit nou uiters 
belangrik om die teenwoordigheid van die Gees van die enig 
lewende God in jul harte met alles tot jul beskikking te ontwikkel 
en met liefde te koester en ondanks of jy van bo- of van onder 
gebore is, julle is daar om mekaar in hierdie tye te bemoedig 
en te ondersteun om sodoende in `n eenmalige geleentheid 
as weergebore geeste veilig by jul Vaderhuis aan te kan kom. 
Moet jul daarom nie te veel kwel of jy uit die groep van die 
oudste seun of dalk die jongste verlore seun afkomstig is nie- 
met ander woorde of jy van bo of van onder gebore is- al wat 
saak maak is die goddelike broederskap wat eens ewighede 
gelede tussen julle bestaan het en wat weer herstel moet word. 

Om daarom terug te keer na die bogenoemde vraag- sal kinders 
uit die goddelike kronieke bloedlyn - nie sonder `n goeie rede 
maklik van hul gelyksoortige aardse ouers geskei word nie.



Openbaring 722 
Die hoer van Babilon.

Maandag 22 Junie 2009 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is `n baie ou gesegde wat lui dat alle paaie na Rome lei 
en deur baie eeue was hierdie paaie dan ook deurentyd gevul 
met die nimmereindige klanke van voetgangers se voetstappe 
asook die geklap van perdepote wat gepaard gegaan het 
met die gekraak van koets en wawiele se houtspeke waar
dit oor die rowwe maar somtyds goedversorgde geplaveide 
paadjies voortgerammel het. 

Dikwels het hierdie klanke kortstondig verstil om respekvol 
plek te maak vir die vreesaanjaende marsjerende voetstappe 
van Romeinse soldate wat met `n doelgerigte missie iewers 
heen op pad was. Ja, op die paaie na Rome was daar deurentyd 
ook die kosmopolitiese geluide van handelskaravane van elke 
kleur en geur met hul handelsware op pad na die oop markpleine 
van Rome en so het deur alle eeue alle paaie meeste van die
tyd op die een of ander manier op die voorstoep van die ou hoer 
van Babilon opgeëindig. Ja sy wat oor die uitsonderlike vermoë 
beskik om deur `n besonders verjongingskuur eie aan haarself, 
haarself telkemale met `n nuwe uiterlike weelderige voorkoms 
op te tooi - maar terselfde tyd met `n meer as ooit tevore 
verrotte innerlike aan `n blinde wêreld te verhandel.

Ja, die eens ou paaie van Rome het vandag ongelooflike 
snelweë geword en tesame met `n moderne lugvaart, 
sou die daaglikse in en uit verkeer die inwoners van Rome 
so min as `n honderd jaar gelede - wat nog te sê `n duisend jaar 
terug - heeltemal verbysterd gelaat het. 
Nie alles vanuit hierdie stad was altyd sleg nie en vanuit Rome 
het daar inderwaarheid wel `n goeie wetstelsel met `n aantal 
uitstekende wette tevoorskyn gekom - maar in vergeleke met 
dit wat sy as boos uitgebaar het - het ook dit wat aanvanklik 
goed in haar was, in totale verrotting oorgegaan. 

Rome was, is en bly ewig die sondige Babel, ja, die groot hoer 
van Babilon wat tesame met haar onafskeidbare tweeling- 
hoersuster die Vatikaan, nog altyd die mees gedugte 
handlanger en werktuig van Satan was en ook die oorsaak en 
val van ondenkbaar baie siele. Maar die dag van haar eie val het 
naby gekom en op die horison begin die rook van haar ewige 
ondergang al effens sigbaar raaken op die agtergrond kom nou 
sag maar binnekort al hoe harder die kerm- klaag van `n 
oorkoepelende wêreld se snikgeluide oor haar ewige val.

Maar vanuit Engelmond kom die woorde van die oorwinningslied: 
Geval, ja, geval het die grote Babilon en dubbel word daar nou 
vir haar geskink vanuit die beker waaruit sy nog altyd gedrink het 
en wee elkeen wat deel aan haar hoerery gehad het. 
Verdrietig sal hul eenkant staan om na haar vernietiging 
en ondergang wat in `n enkele dag oor haar sal kom te kyk 
en terwyl hul oor haar heengaan sal ween en weeklaag 
sal hulle aan mekaar sê:Daar was en sal nooit weer `n stad 
soos sy in haar besoedeling wees nie. 

Wee daarom elkeen wat in hierdie tyd dit nog op een van die 
vele weë van Babilon en haar bondgenote waag, hetsy dit nou 
deur sake- belange of deur die blote lidmaatskap van `n kerk is, 
wat op die een of ander manier nog bande met die Vatikaan 
en daardeur die wereldraad van kerke het. Ja, wee elkeen 
onder hulle omdat ook hulle rook ewig in die buitenste 
duisternis saam met die ou hoer van Babilon sal opgaan.


Openbaring 723 
Nat op papier lê die geskrewe ink.

Dinsdag 24 Junie 2009 21:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nat op die papier lê die geskrewe ink- 
maar helaas raak dit te laat om die woorde te bedink. 
Wat baat `n vrolike helder lint – 
gebind in die hare van `n dooie kind. 
Die lewensvreugde sal jy nooit weer in haar ogies vind.
Soos `n dorsteling wat tevergeefs gaan waar `n lugspieëling wink- 
om net te vind dit was illusie wat soos water blink. 
So doelloos soos kaf wat vir altyd wegwaai in die wind- 
om ewig nooit sy weg weer terug as `n koringplant te kan vind. 
Wat is meer waardeloos as `n hedendaagse eensentmunt - 
wat sukkel om iewers weer `n lêplekkie in `n kasregister te kan vind. 
Hoe sinneloos sou dit wees om die wond aan `n lyk te verbind -
terwyl dit in elk geval gaan verrot en ontbind. 
Net so sinneloos is `n verlore mensdom 
wat hul kragte teen God saam wil bind- 
terwyl alle natuurkragte besig is om hul vir ewig te sink. 
Wat het die mens in sy ydel hoogmoed tog gedink- 
terwyl hul doelloos van die een sonde tot die volgende wou rinkink. 
Spottend het die lag van sondaars oor die wêreld opgeklink- 
nooit het hul aan hul laaste dag op hierdie aarde gedink. 
Hul het hul behang met alles so mooi helder en tog so blink- 
en hul het hul nie gekwel oor die dag wat hul in hul graf sou lê en stink. 
So kom daar `n dag en te laat wil die mens die doel van die lewe bedink- 
te laat wil hul met die heel laaste lewenskrag nou agter die waarheid aanhink. 
Ja, nat op die papier lê die geskrewe ink- 
maar helaas raak dit te laat om die woorde daarvan te bedink.



Openbaring 724 
’n Deurmekaar wêreld!

Woensdag 25 Junie 2009 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elke nuwe dag op elke hoek en straat 
staan in hoofopskrif op elke nuwe plakkaat. 
Van resessie en mense in depressie oor roof en moord 
en van veiligheidsplanne waarby niemand baat. 
Op elke nuusbulletin kom van die oggend tot die aand 
die heeltyd net politieke spraak. 
In regeringskringe is dit net haat op haat 
maar deur fyn protokol is almal kamma almal se maat. 
Ja, in die politiek wil almal net praat en praat 
maar daar is niemand wat regtig hierby baat. 
Al die kenners staan ook nader en oor elke onderwerp 
bied hul net professionele raat. 
Na elke verkiesing skop alles af met een enorme vaart- 
maar van sit en gaap kom niks gedaan 
en oor al hul mislukte pogings swyg die staat.
`n Reënboognasie hef sy volkslied aan 
en dink hy is op elke gebied paraat. 
Die groot moondhede kyk spottend na mekaar 
en verkneukel hul oor hierdie stukkie vermaak. 
In erns laat hul Afrika glo hul wil groot wêreldsake met hulle praat. 
Maar agter geslote deure is dit oor hongersnood-parasiete 
wat hul die gal nou braak. 
Al hoe ernstiger begin die Weste 
om oor hul gesondheids- en kosvoorrade te waak. 
`n Hele wêreld raak skielik oor bergingsvoorrade nou `n enorme vraat. 
Maar die Jood raak oor dit alles nou obsternaat- 
en sê: ek was nog altyd die wêreld se grootse mynmagnaat- 
ek bly die handelskoning en oor koring word daar net met my gepraat. 
Gaza maak ons ook moeg en klaar 
en deur hulle staan ook ons binnekort verarm honger en naak. 
Alle oë draai sondermeer na Israel en sy vyande mompel; 
ons is lankal vir jou moeg, dik en baie kwaad.
Maar Israel reageer hierop en sê: 
Met ons weermag slaan ons julle tot op jul rug se naat. 
Egipte antwoord ook; ons is nou moeg van klets en praat 
En Iran en Korea sê: Maak jou maak en kry nou klaar 
sodat ons jou groot mond met ons kernbomme toe kan slaan. 
Waarop Afrika verklaar; met al jul politieke twak het ons niks uit te maak- 
`n nuwe siekte is boonop besig om ons getalle klaar te maak. 
Sonder krag sit almal nou in `n stikdonkernag 
en vra verbouereerd; wat gaan ons nóu maak. 
Die een na die ander staatsman lê in staatsie- met hul lewe het hul betaal 
en so het hul gefaal in hul politieke taak. 
Oor die hele wêreld regeer daar spoedig net een regeerder; 
en dit is die eindtyd draak. 
Hy koggel, lag en spot en vra watter koning is daar wat my iets kan maak. 
Ja, so stap die tyd 
en die duiwel dink sy oorname planne is byna vervolmaak. 
Maar elke Jan Rap en sy maat dink die politiek lê nog wyd en braak- 
en niemand dink daaraan- die hel is in al sy glorie besig 
om op die aarde te ontwaak. 
Ja, in opskrifte word in hoofletters geskryf 
van `n resessie wat opslae maak- 
maar die waarheid is: `n depressie is besig 
om die pad van die merk van die dier gelyk te kom maak.



Openbaring 725 
Net hul eie weerloosheid sal oorbly.

Donderdag 25 Junie 2009 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

`n Wêreld voel tam en rusteloos 
maar vir hul tot opkikkering is daar geen stimulus. 
Almal vermoed die wêreld spoed afdraande 
en baie raak van `n onheilspellende gevoel bewus. 
Maar die outoriteitspreekbuise lieg deur hul tande 
en die mense voel weer houtgerus. 
Deur propaganda leuens en swyes
word die mensdom aan die slaap gesus. 
In die tussentyd versprei oor die wêreld `n dodelike virus. 
Die dood wandel van die een na die ander deur `n liefdevolle kus. 
Kort voor lank laai hul die siekes 
na `n plek van kwarantyn in `n Rooikruisbus. 
Baie weet nou dat dit die laaste sien van hul geliefdes is- 
familielede groet mekaar hartverskeurend 
en sê hul gaan mekaar oneindig baie mis. 
Spoedig is daar nêrens meer vir die afgestorwenes 
die luukse van `n kis. 
Massagrafte word daagliks voorberei vir `n enorme begrafnis. 
In hierdie stresvolle situasie 
kom daar onvermydelik nou `n wêreldwye onlus. 
Ja, menigeen raak in hierdie tye van `n bedreigingsgevoel bewus. 
Maar in plaas van God 
besluit hul om maar liewer weer te luister na die politikus. 
So val die mensdom maar net weer in `n wêreldbeheerde lis. 
Al wat vir hul oorbly is om in `n tyd van nood 
net in hul eie weerloosheid te berus.

Openbaring 726 
Die Satan se modus operandi.

Saterdag 27 Junie 2009 04:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Heeltemal uit die bloute swyg die duiwel skielik terstond. 
Hy lyk verbaas en terwyl hy giggel hou hy sy hand skelm voor sy mond. 
Hy dink by homself; met Engeland het ek nog altyd die sterkste bond. 
Deur hul besit ek wêreldwyd nog altyd die meeste grond. 
In alle lande krap ek nog altyd na hartelus in al hul minerale rond. 
Ja, deur hulle rykdomme is ek nog altyd vet rond en gesond. 
Dit is nie verniet dat almal mos alewig dink ek is die ou hond. 
Die heeltyd besef ek nie my oplossing lê in die Engelse pond.
Daarmee kan ek die ekonomie toedien die heel laaste noodlottige wond. 
En sodoende word `n siek wêreldgeldstelsel nooit weer gesond. 
Ja, in Engeland bestaan mos die sterkste Vrymesselaar-broederbond. 
Deur hul beskik ek oor die krag van `n wêreldwye politieke mond. 
Vermakerig met hierdie besluit druk die duiwel nou in sy kies sy bose tong. 
Hy klop homself op die skouer en sê: Wat `n slimme klong. 
Deur my eie pond sny ek die suurstoftoevoer af 
na die wêreldekonomie se long. 
Beteuterd krap die wêreld binnekort in `n leë depressie beursie rond. 
Die ekonomie gee ek die nekslag- 
nie deur die dollar nie maar deur die pond. 
Die duiwel krap sy kop en wonder hoe skuif hy nou die Euro rond. 
Filosofies sê hy: Daar is voorwaar regtig baie hare op `n hond. 
Selfs my uitverkorenes, die Jode, 
bly in hierdie ekonomiese val nie ongeskond. 
Maar ongelukkig word almal in hierdie proses dodelik gewond. 
Binnekort loop die hele wêreldpopulasie 
met die merk van die dier op hul voorkop rond.

 

Openbaring 727 
Die ondergangsklip in die vermaakbos.

Saterdag 27 Junie 2009 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Elke "V.I.P" ja, baie belangrike persoonlikheid 
word nou na `n ander tipe glansgeleentheid genooi. 
Nie een van hul word verskoon 
om nader te kom as `n baie belangrike persoon. 
Die tyd het gekom vir `n Oscar prys 
tesame met `n hel maar nooit `n hemelfooi. 
Elkeen ontvang volgens sy aardse werke nou sy ewigheidsloon. 
Deur gruwelvermaak is `n oorkoepelende wêreldsiel gedood
om nooit weer te ontdooi. 
In alles word hierdie 'sterre' nageboots en so word hulle in baie gekloon. 
Hoe ydel word van hul nie verwyder elke vleeslike klein plooi. 
Maar dit deur die Gees aan hul gebied het hul altyd spottend gehoon. 
Gul word `n hele wêreld deur hulle na die verbode vrug genooi. 
Tussen skarlaken lakens het die vrye liefde altyd in sonde gestoom. 
Op elke glansgeleentheid het hul rondgehang 
in hul eie oë so uitermatig mooi. 
Ja, vol eiewaan het hul hulself aan `n wêreld tog so hoogmoedig vertoon. 
Na elke wêreldparty word hul altyd uitermatig vriendelik heen genooi- 
sodat hulle mekaar katterig in populariteit kan onttroon. 
Op liefdadigheidsballe verskyn hul dikwels in skarlakenrooi- 
om daar rond te kan hang as kamma goeie mense tog so vroom. 
Dikwels is hul oë die volgende oggend 
deur drank en dwelmmisbruik rooi beplooi- 
maar dit word maar net weer behandel met die heel beste vogroom. 
Maar na `n party van die dood en ondergang 
word vele vermaaksterre nou heen genooi- 
wie is die volgende wonder hulle 
wanneer hul hoor daar lui die skinderfoon. 
So word daar nou `n gevaarlike ondergangsklip in die vermaakbos gegooi 
en op die einde word een na die ander vermaak ster 
op meer as een manier deur hul eie toedoen onttroon.



Openbaring 728
Vir die Waarheid of die wêreld?

Sondag 28 Junie 2009 20:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl die wêreld in `n stikdonkernag ingly - 
om hul ewig deur die sonde te laat onderkry. 
Kom hier en daar `n paar uiteindelik by- 
deur die Waarheid raak hul ten einde laaste vry. 
Deur die Liefde word hul as God se eiendom in hul hart besny. 
Terwyl heilige engele hul vreugdevol oor hierdies verbly - 
jubel en sê: die laaste skape word nou in die kraal gekry. 
Word `n sonde-etterwond ten einde laaste uiteindelik oopgesny. 
Elke wêreld bittereinder gaan sy regmatige lot nou kry. 
In hierdie tyd is daar niemand wat mekaar se luukses meer beny - 
krediet en skuld het klaar `n hele wêreld ondergekry. 
In die laaste spertyd word alles wat heilig is soos die pes vermy - 
word aan een gevra om sy God voor die wêreld te bely.
Ontkennend en minagtend vra hy; praat jy dalk met my. 
Nog net God se kudde is bereid om vir die Waarheid te stry. 
In vrees wil niemand hul perke voor die kerk of staat oorskry. 
Hul is bang hul word deur die lang arm van die wêreldorde beetgekry. 
Maar hul het vergeet die vreesagtiges gaan saam met die honde buite bly - 
en oor hul gaan God Hom ewig nooit kan verbly. 
Geseënd is die wat bereid is 
om soos God se Seun vir die Waarheid en die Liefde te ly. 
In `n tyd waar die hel alles onsuiwer as inhoud gaan verkry. 
Staan Elohim se geliefde eiendom ewig apart hiervan vry.


Openbaring 729 
Die kern van alle liefdes.

Maandag 29 Junie 2009 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur elke kosbare geboorte staan die lewe altyd opnuut weer daar. 
Ja, in die voortplanting wil die lewe dit self gedurigdeur uitbaar. 
Om in `n selfbewussyn te bestaan en daardeur alles te kan ervaar. 
So is die hartklop van `n liggaam 
gelyktydig waarneembaar op elke plek in elke aar.
Polsend sit die lewe van die siel deur sy bloed in sy liggaam daar. 
Reeds van vroeg in sy bestaan weet die mens 
hy of sy is klaar kompleet `n hom of haar. 
So spoed die mens vanaf sy eerste dag deur sy lewe jaar na jaar. 
Die mensekind maak hom deur leer en speel vir sy volwasse lewe klaar. 
Om maar net weer met `n maat van sy keuse op te kan paar. 
Sodat die siklus maar net weereens lewe uit kan baar. 
Menigeen wil ook nou weet van hier na waar- 
so staan die mens gekonfronteer deur sy eie ontstaan en vergaan nou daar. 
Wroegend wil hul weet is dit na die dood ewig met ons verby en klaar. 
Val ons aan die einde van ons tyd van die lewensboom 
soos `n uitgediende blaar. 
Om deur verrotting soos materiële kompos maar net weer te moet vergaan. 
Hul vra: was ons lewe die heeltyd maar net die een of ander illusiewaan. 
Na die hemel begin die mens nou desperaat 
vir antwoorde en oplossings heen staar. 
Sy oorsprong en sy Maker wil hy in die oneindigheid om hom heen gewaar. 
Die skepsel soek na sy Skepper om aan Hom te vra 
om die kosbare lewe ewig in hom te spaar. 
Om die lewenskennis deur soveel moeite vir hom self vergaar- 
vir ewig in sy wese vir alle tye te kan spaar. 
So kom en gaan vir elkeen die een na die ander onvervangbare lewensjaar. 
Die mens verheug hulself in die materie 
en probeer om soveel moontlik daarvan op te gaar. 
Elkeen probeer om homself in die een of ander spesialiteit uit te klaar. 
So is daar party wat hul bekwaam as `n suksesvolle makelaar. 
Ander is weer by uitnemendheid `n uitstekende versamelaar. 
So baljaar daar in almal van die een tot die volgende geslag
die altyd teenwoordige sondaar. 
Deur alle tye vind mens op die straathoeke van stede en dorpe 
ook altyd die bedelaar. 
Waar in die geskiedenis was daar `n vredestydperk 
sonder die teenwoordigheid van die woestaard.
Slingerend kom daar ook deur alle eeue 
die onseker voetstappe van die dronkaard. 
Ja, in lief en leed of goed en kwaad almal sê: ek is nou eenmaal daar. 
Hul vra aan God om die raaisel van die lewe vir hul op te kom klaar. 
Deur geslagte se oorlewingsgeskrifte 
hoop baie die antwoord is daarin vir hul bewaar. 
Hul soek en soek en baie word maar net weer diep beswaard. 
Die antwoord van alle lewe wat ewig kom en gaan- 
kan geen boek of Bybel vir hulle klinkklaar opklaar. 
Maar indien die mens net wou luister 
na die Gees wat altyd fluister; in die lewensasem is Ek ewig nog altyd daar. 
Slegs deur die Goddelike sorgsaamheid
word ewig onverganklik alle lewe uitgebaar. 
In volle vryheid staan die mens in sy lewe 
nou voor ondenkbaar baie keuses daar- 
om self te kan besluit van hier wil hy vir sy ewigheid na waar. 
Maar in die gelyksoortigheid 
kom die kern van alle liefdes weer altyd bymekaar. 
So sal die goeie dit ewig weer by goed vergaar. 
Ook sal die kwaad dit weer by die gelyksoortige kwaad gaan skaar.
Ja, polsend sit die lewe in die siel op elke plekkie is sy liggaam daar.
So sal elke lewe uit eie keuse in sy eie bootjie na die ewigheid toe vaar.

Openbaring 730 
'n Groter betekenis.

Dinsdag 30 Julie 2009 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op 31 Januarie is daar in `n visioen aan jou getoon- 
van `n kopbeen wat in Hadesland sou woon. 
Maar oor die lewe en sterwe van hierdie ikoon - 
is daar `n baie groter betekenis om aan te toon. 
Vir drie musieklegendes was die dood hul aardse loon. 
Lennon, Presley en Jackson gaan nou saam in een donker dimensie woon. 
Ja, in die onderwêreld daar waar al die dooie narre loom. 
daar sit drie kopbene nou saam op `n enkel konings troon.
Op wie se hoof plaas die hel-demone nou die wenners kroon. 
Rock en pop begin mekaar nou aggressief te hoon - 
die een wil die ander as die beste tog so graag onttroon. 
Maar die duiwel lag en sê: ek is die inspirasie van elke musikale ritme toon. 
Daarmee breinspoel ek die mensdom om hul na my beeld te kloon.
Deur die polsende ritme kom die hel om klaar in die mens te woon. 
Selfs in kerkdienste word rock en roll ook pop en tecno as vermaak getoon. 
Valse profete met gekombineerde eredienspopkonserte 
loop voor om die pad vir Christene aan te toon. 
Daarom het die tyd gekom om `n verrotte wêreld nou sy loon te toon.
In `n globale dood kry die histeriese aanhangers nou `n kopbeen 
om as `n koning te kan kroon. 
John Lennon sê: die dood is deur `n koeël aan my getoon - 
maar Presley en Jackson is deur hul eie oordosisse van die lewe verskoon. 
Daarom word ek nou as die koning van die konings van musiek gekroon - 
en saam met my twee prinse nooi ons al die ritmeverslaafdes 
om saam ons in die land van kopbene te kom woon. 
Ja, in die land van pop en ook rock en roll 
word niemand van verrotting verskoon. 
In `n nimmereindige musiekblyspel 
is dit geraamtes wat in `n doodsdans hul eens Godgegewe lewe hoon. 
Spookagtig word in die onderwêreld nou die 'moonwalk' 
aan die afgestorwenes vertoon. 
Lank genoeg het `n siek wêreld God minagtend 
deur hul ikone gehoon en ook verloën. 
Die tyd is hier en die een na die ander oordeelsvisioen 
word van nou af oor die politiek, vermaak, sport en kerk aan jou getoon.


Openbaring 731 
Vir wie gaan ons behaag?

Woensdag 1 Julie 2009 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Om die hoogste geestelike sport te bereik 
word die mens deur sy eie aardse lewe uitgedaag. 
So kom almal oorspronklik 
om met die hoogste syfer moontlik te kan slaag. 
Maar hier geland vind hulle dit is baie aangenamer om die eie ek te behaag. 
In die navolg van goed en reg raak baie nou vinnig traag. 
Hulle vind dit is baie lekkerder om die bose met sy baie sondes na te jaag. 
Word hul na die vordering van hul aardse missie uitgevra 
antwoord hul nou baie traag. 
Gebalanseerd probeer ons om ons versadig te hou 
na die siel sowel as ons maag. 
So word die mens stelselmatig 
alhoemeer deur die besoedeling van vele sondes geplaag. 
Van Oos na Wes, Suid na Noord 
word soos bliksemstrale agter dit wat ydel is nou aangejaag. 
In brassery vul die mens sy buik en vryf hierna selfvoldaan oor sy maag. 
Maar in opregte broeder en naasteliefde lê die meeste maar baie laag. 
So word die goddelike standaard die hele tyd deur die mens verlaag. 
Al hoe minder raak die wat bereid is 
om hul vir die goeie saak op die smal weg te waag. 
Die grootste toets word nou gedruip 
en die slaagsyfer is betreurenswaardig laag. 
In die dag van oordeel word die mensdom nou voor die hemelhof gedaag. 
Vanuit die wêreld word daar nou geraap en skraap
en daar is so bittermin wat God deur hul lewenswyses kon behaag. 
In globale oordeel kom die ruiter van die dood 
nou vreesaanjaend aangejaag.
In sy hand omhoog hou hy die oordeels-proklamasie 
waarmee hy nou opdaag.
Vanuit die Ooste kom donker skrikwekkende wolke 
oor die horisonne op die vier winde aangejaag. 
Die hele wêreldpopulasie begin nou uit een mond te kerm en te klaag. 
Hul roep en sê: O waarom wou ons tog so bitter graag 
die lekker lewe met sy ondenkbaar baie sondes najaag. 
O Hoe treurig het ons nie ons God versaak om die duiwel te kan behaag. 
Kyk oor die oppervlakte van die aarde stort nou neer elke denkbare plaag. 
Terwyl die doodsengel met sy Vaalperd 
biljoene in die kraal van die dood nou jaag. 
Aan elk en ieder vra hy oor en oor die selfde vraag: 
Het jy met jou lewe oor die aarde jou kosbare Godgegewe toets kom slaag- 
ja, het jy vir God of dalk die Satan met jou lewe hier op aarde kom behaag.



Openbaring 732 
Wat het van die hemelbroers geword!
Donderdag 2 Julie 2009 11:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens in `n hemelvergadering het Missiedraers in liefde aan mekaar bely: 
Met ons missie oor die aarde sal ons ondersteunend deur die Gees by 
mekaar moet bly sodat Lucifer met sy groot getalle die swakstes onder 
ons nie sal onderkry. Paraat sal ons daarom eerstens die eie ek in onsself 
moet onderkry. Tussen goed en kwaad sal ons deur ons eie motiewe moet 
kan onderskei om sodoende altyd `n veilige treetjie voor Satan se versoekinge 
te kan bly. Ja, in die grootste broederliefde het hul aan mekaar bely: Die goeie 
stryd sal ons in ondersteunende rolle vir mekaar kom stry, sodat die swakste 
onder ons nie te swaar deur sy missievrag sal kry. 

Maar helaas het `n baie fyn dodelike heerssug ook die hemelbroers 
beetgekry, hul het hul ware missie vergeet en probeer die heeltyd as 
die eerste voor die ander bly. So word die swakste een onder hulle in 
die missietaak nou ondergekry. So staan daar `n kleine kneg oorbluf 
en moeg vir `n te groot aardse stryd gestry- wat wanhopig bely; in my 
God en Vader ja, my Elohim is ek ewig altyd bly, maar in die boosheid 
van die wêreld wat nou oor my siel uitdy, is my sware vrag vir my te veel 
en dit begin my nou heeltemal onderkry. Onder die klippe van die wêreld 
is dit swaar genoeg om staande te kan bly- wat staan nog om die ongesiene 
heersers-konflik tussen hemelbroers te probeer bestry. 

Ander sterk eindtydgeeste staan passief omdat onsekerheid oor hulself 
hul onderkry. Hul onderdruk God se Roepstem in hul hart, om so hul ware 
Godgegewe taak te vermy. Daar is niemand onder hulle wat bereid is om 
die nederigste takie eerste uit die bondel te gaan kry. Hul verkies om saam 
die wêreld met `n oordeelsblik te staan en kyk hoe word `n swak esel deur 
`n onmoontlike vrag ondergekry. 

Maar aan hierdie baie swak kneg van My, sê Ek: Of jy nou hulp of nie van 
jou hemelbroers gaan kry tot op die einde sal jy die goeie stryd vir My moet 
stry. In My Alwetendheid het Ek jou nie alleen in jou liefdelose wêreld laat 
bly. Maar `n mees geliefde engel van My het Ek as `n nog swakker mens 
as jy tot jou motivering en onderskraging die grootste gedeelte van jou 
lewe by jou laat bly. Weet ook dat die kleine hemel in jou hart as eiendom 
van My gekry - die heeltyd van hoek tot kant gevul is met die teenwoordigheid 
van My.



Openbaring 733 
Gesig van leë skole

Vrydag 3 Julie 2009 9:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek skoolgeboue ek kyk in `n klaskamer en sien op `n kind
of twee na dat die skoolbanke leeg is- kort hierna staan al die banke leeg
en daar is geen beweging op die skoolterreine nie, 
waarop `n stem antwoord en vra: gaan dit gepaard met `n reuse kwarantyn, 
kataklisme of staking. Waarop `n ander stem antwoord: hoe dit ookal sy, 
wat moet wees sal wees en kort voor lank staan baie skole wêreldwyd gesluit.


Openbaring 734 
Visioen van n trein

Vrydag 3 Julie 2009 17;45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek voel onverwags skielik duiselig en direk hierna sien ek `n visioen van
`n pragtige skitterende goue trein - dit jaag met ratelende wiele teen `n
ongekende spoed en ek besef met `n skok dat hierdie goudbeslane trein
geen remme het nie en ek weet verseker dat dit gaan ontspoor, ek wil nie
die ongeluk sien nie waarop die gesig dadelik vervaag.



Openbaring 735 
Visioen van oproeriges.

Vrydag 3 Julie 2009 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek sien `n oproerige- blas van kleur skare - wat met `n doodskis bokant
hulle koppe in `n stad se straat afkom. `n Enorme wind tref hulle van voor
en waai hulle om. Net hierna waai `n groot saal se muur ook om - binne in
is hope goudstawe slordig op mekaar gestapel, in die middel daarvan is dit
so swak gepak dat met die bewing van dieselfde wind die hele hoop goud 
inmekaar laat instort. Direk hierna staan ek op `n baie moderne lughawe
langs `n baie nuwe soort vliegtuig en ek merk `n vierkantige lap op wat `n
soort van `n embleem is - met `n vlootblou agtergrond en goue sterre op
die voorgrond. Net hierna sien ek baie vooraanstaande winkels waarvan 
ek vermoed dat sommiges in die stad London, Parys en Amerika is. 
Ek kyk deur hulle imposante glans deure en glas vertoonvensters 
maar binnekant is alles pikdonker, swart en leeg.


Openbaring 736 
’n Engel wat sy vingers bevelend klap.

Saterdag 4 Julie 2009 23:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
`n Engel kom nou na vore wat sy vingers bevelend klap. 
Alle hoogmoed word in hierdie laaste fase vergruis, ja, tot niks vertrap. 
Aan `n uitverkore maar gevalle volk 
word hul eie donker skandes nou verklap. 
In hul hoogmoed was hul God vir hulle mos `n bedekte grap.
Op dit wat heilig in hul midde was het hul minagtend getrap. 
Die Verlossingshand van hul goeie Skepper het hul eenkant toe geklap. 
Agter drogleerstellings het hul met alle ywer aangestap. 
Hul liefde vir `n bose wêreld het hul trots en hoogmoedig 
openlik aan almal verklap. 
Agter alles wat lekker was het hul voetstappe hard in hul spoed geklap. 
Ja, ydel het hul verwaand die hele tyd net na leë lug gehap. 
Sonder sy ruggraat is hierdie volk nou heeltemal pap en slap. 
Maar oor alles wat die hoogmoed bied 
is hulle baie vinnig daar om dit te kan snap. 
Volksgenote wat vir God wou staan was as veragtelik deur hul vertrap. 
Belaglik het hierdie wêreldlinge hulself toegewikkel 
in die een na die ander mode-lap. 
In elke snaakse snit, kleur en styl het hul die hare ook hoogmoedig gekap. 
Flink en trots het hierdies nou soos poue 
agter `n leë wêreldsisteem aangestap. 
In elke opsig wou almal bo almal uitstaan in die oortreffende trap. 
So het dit gekom dat bykans niemand meer 
uit hierdie dooie toestand kon of wou ontsnap. 
En so het die tyd vir `n engel gekom 
om sy vingers hoogmoedig oor dit wat hoogmoedig is te klap. 
Hoogmoed en aansien word in armoede, 
honger, pes en dood tot niks verpulp en versap. 
`n Eens uitverkore volk raak vreesbevange 
in hul knieë nou heeltemal pap en slap. 
Maar die engel klap sy vingers en sê: 
In jul hoogmoed sal jul ewig aanhou om na jul hel te stap. 
Die tyd van omdraai is bykans verby 
en daar is niemand wat van sy ingeslane koers gaan kan ontsnap. 
Op dit wat heilig was het julle mos minagtend en smalend getrap -
en jul goeie God was vir hulle mos die heeltyd net `n goedbedekte grap.



Openbaring 737 
God se leierskap of menslike leierskap?

Sondag 5 Julie 2009 10:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O hoe oneindig swaar hang oor `n verlore wêreld nou `n vuile sondedrag. 
In die verdorwenheid van `n nasie se eens verlore mag- 
ja, in `n pikdonkernag waar niemand meer hul eie hand 
voor hul oë kan betrag. 
In die laaste doodsnikke van `n volk se heel laaste krag. 
Roep `n volkie maar net weer na `n menslike leier 
in plaas van na God se ongekende krag. 
Wie is nog oor wat opkyk na die berge en vra 
waar vandaan kom ons hulp en krag. 
Maar kruipend staan hul nog steeds voor `n hele wêreld 
wat spottend vir hulle lag. 
Terwyl hul nie op hul God maar op `n menslike leier wag. 
Deur hul eie keuses van leiers is hul samehorigheid 
as `n eenheid tot niks verkrag.
Deur die aanvraag na `n leier lê hul voor hul eie deur die grootste aanklag. 
Met die skrif in hul hand vergeet hul gerieflik 
Ek het beloof in `n ewige volmaakte dag- 
waarin in `n duisend jaar God se uitverkore volk 
onafgebroke van vreugde sal lag. 
Waar nie een nie maar almal saam met My as konings 
oor `n duisendjarige vredestydperk sal trag. 
In hierdie vredesland sal nie een van hulle meer hoef te woon 
onder die bywonerspag.
Ja, in hierdie vredestydperk waar Ek self oor hul sal skyn in `n ewige dag.
Sal hul onder My leierskap nooit weer hoef te vrees vir `n pikdonker nag.
Eens het `n volk ook smagtend op `n Messias met `n ystervuis gewag- 
hul was ontevrede toe Hy opdaag met oë wat hul sag en liefdevol toelag. 
Aan Sy folterpaal het Hy steeds hierdie wederstrewige volk 
met pyngevulde maar liefdevolle oë betrag. 
Vir tweeduisend jaar is dit hul nageslagte wat op Sy wederkoms sou wag. 
Maar net voor die dagbreek van hul aardse pikdonkernag, 
roep hierdie volk maar weer na `n menslike leier 
uit eie midde vir `n volk om krag. 
Maar onder elke moontlike menslike leierskap 
word net al hoe donkerder hul pynlike nag. 
Maar die paar wat getrou op My wederkoms vir `n beter toekoms wag. 
Hul word nou gesalf tot ewige leiers en konings 
wat saam met My oor My duisendjarige vredesryk sal trag.


Openbaring 738 
Visioen van erge onluste.

Sondagnag 6 Julie 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig gebeur die volgende: Daar breek grootskaalse stakings uit wat
in geweldige onluste en optogte oorgaan - die polisie trek op die skares
los met rubberkoeëls en later ook lewendige ammunisie. Daar staan orals
klomp polisie voertuie wat almal leeg is, `n klein groep van die opstokers 
kom van `n heel ander rigting en begin om die voertuie af te brand. 
Daar breek nou so geweldige teenstand van die polisie se kant op
hierdie onluste groepe uit dat dit soos `n klein en later grootskaalse
oorlog lyk. Oral begin daar rook opgaan soos wat geboue brand en mense
staan vreesagtig rond en weet nie wat om te doen nie. 
Ek vra om `n tyd maar kry niks.

 

Openbaring 739 
Satan se nuwe liedjie.

Dinsdag 7 Julie 2009 22:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die hele aarde is deur Satan op 'n gruwelike wyse onteer.
Daardeur gaan haar bewoners binnekort in groot ontbering baie moet ontbeer.
Maar klaar staan Lucifer met 'n nuwe liedjie gereed- 
wat hy selfvoldaan aan 'n baie dom wêreldpopulasie gaan dirigeer.
Hy sing; in wêreldeenheid gaan ons die ekonomie tot nuwe hoogtes stimuleer.
Hy lag en sê: dit wat sleg is gaan ons weer tot goed omkeer.
Hy lieg skaamteloos en sê: 
Binnekort maak ek almal se besittings net meer en meer.
Kyk die hele wêreld maak ek vry en niemand sal ooit weer te hoef emigreer.
Die hele wêreld maak ek een land waaroor net ek gaan regeer.
Onder een wetstelsel sal die menslike norme as die godheid in geloof regeer.

Die duiwel lag en sê: As 'n engel van die lig 
was ek nog altyd as die wêreldraad van kerke gekamoefleer.
My lewelose lidmate was te dom om dit te kon registreer.
Demone in die gedaante van priesters 
het met goddelike outoriteit oor hul gemeentes geregeer.
Terwyl hulle deur die eeue net kinders kon molesteer.
Klein seuntjies is deur hul in bloedoffers tot die dood toe gesodomiseer.
maar die gemeentelede het horende doof en siende blind 
hul steeds as tussengangers tot God geëer.

So kom die tyd en die vals profeet staan nader met die groot gruwel 
in die vorm van die merk van 'n pikswart bees.
Hy beveel sy dier om te gaan teel met 'n bloedrooi beer.
Die gedrog wat homself uit hierdie bevrugting na die aarde keer
gaan staan aan die linkerkant van Raka 
en daar is niemand wat hul aanvanklik kan keer.
En die valse profeet, ja, die katolieke pous praat weer.
Hy sê: Almal, groot en klein sal hierdie mens-dier van hom nou eer.
Sy merk word nou op elkeen op hierdie aarde ingegraveer.
daarsonder sal niemand kan koop of verkoop; so word hul gemotiveer.
Van kontinent tot kontinent word die groot gruwel nou uitgeproklameer.

Maar so kort- so bitter kort is die tyd waarin hierdie Godslasteraars hulself vereer.
Op 'n wit perd kom die Koning van die konings, 
ja, die Groot Meester oor elke klein aardse meneer.
Oor elkeen van hulle sal Hy met 'n septer van die sterkste staal, ja, yster regeer.
Ewig daal die vals profeet en sy dier in die ewige afgrond nou neer.
Vir 'n duisend jaar word Satan in al sy gruwelpogings 
deur onbreekbare kettings nou gekeer.




Openbaring 740 
Visioen oor Pik Botha

Dinsdag 7 Julie 2009 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor die volgende woorde: 
Iemand hoor die eerste geluide van 'n groot wêreldfees-
maar hy gaan dit nie kan bywoon om deel daarvan te kan wees.
Die volgende oomblik sien ek skielik oudminister Pik Botha
en skielik hoor ek weer die stem die volgende woorde voordra:
Eens op 'n tyd was jy viriel, jonk en gesond 
en jy was bitsig en bekkig met jou charismatiese politieke mond.
Deur jou eie ouderdom bloei jy nou daar dodelik gewond.
Eens op 'n tyd het jy saamgesweer in 'n gruwelbroederbond.
Heilige bloed het jy verraai met jou eie mond.
Jou volk help beroof van hul duurgekoopte bloedgrond.
Jou knieë gebuig voor die Joodse ster en die Engelse pond.
Jy het gekyk hoe bloei jou volk hul dood deur 'n verraaierswond.
Die dag van die doelwit het gekom waar die broederbond-
sal regeer uit een wêreldmond.
Maar pronkerig sal jy nie in hul midde kan staan daar rond.
Terstond sak jy ineen op die duurverkoopte bloedgrond.
Oor jou heengaan tjank op aanklag oor jou lewe 
net 'n eensame honger hond.


Openbaring 741 
'n Oordeelsengel met sy regulasieboog. 

Donderdag 9 Julie 2009 9:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Amerika jy en jou bondgenote het lank genoeg 
op ander se rykdomme gesoog.
'n Oordeelsengel vat nou sekuur sy regulasieboog. 
In reën en sonskyn, ja nat en droog.
Word die vrugbare grond nou uitgeloog.
Die outoriteite van Amerika en Engeland maak nou baie droog.
Dodelik tref die engel hul met sy vloed en orkaanboog.
Die watervlak lê dakhoogte op party plekke baie hoog.
Maar daar waar die graan groei laat hy dit op party plekke lê baie droog.
Wêreldwyd raak besoedel nou bykans elke gesonde wateroog.
Tevergeefs die vele smeekgebede van elke kamma wêreldteoloog.
Die kerke stort in duie en binnekort is daar niks oor van die valse verhoog.
Leeg is hul geestelike oes en tevergeefs vir dié 
wat nou daadwerklik wil poog
Maar oor My opregtes span ewig die belofte van My Liefdesreënboog
In hierdie tyd bly net My kleine kudde se moed nog hoog
Lank genoeg het die Jood soos 'n skelm slang aan 'n heilige skaap gesoog.
Die oordeelsengel vat sekuur sy regulasieboog.
Waar sy pyl tref is die land heeltemal te nat of te droog.

 

Openbaring 742 
Meer duidelikheid oor die 144 000.

Vrydag 10 Julie 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Iemand wou met die volgende stellings-vraag van jou weet: 
God het die uitverkore 144 000 vir die volgende 1000 jaar geïdentifiseer - 
wat word nou van die res wat nie uitverkies is nie -maar wel as Christene 
deurgaan en wat sou van hulle word?. Ek weet dat geen siel vir God verlore 
kan gaan nie - maar wat lê daar vir diesulkes (wat myself kan insluit) voor? 

Ek antwoord jou: 
Dat elkeen van die uitverkorenes reeds vanaf die oerbegin, ja, van voor die 
grondlegging van die aarde, deur My by hul naam geken en ook verseël 
was, sodat hulle altyd deur My groot liefde beskut kon wees veral tydens 
hul betrokkenheid by hierdie tydperk, wat die ongekende groot 
verdrukking gaan insluit. 

Wat elke ander menslike wese aanbetref of hulle nou van die Christen 
geloof is al dan nie, verkeer elk van hulle presies op sy eie individuele 
ontwikkelings en vorderings standaard deur eie meriete verwerf 
en daarom bepaal elkeen deur sy vrye wil en keuses, sy eie geestelike 
dimensionele vlak. 

Om hierdie rede het die Meester van alle tye dan ook elke mens 
vooruitgegaan om vir almal volgens hul standaard en groei, 
plek (wonings) voor te gaan berei. 

Deur die aardse gang van die vlees was daar vir oneindig baie geeste 
die geleentheid en ruimte geskep om d.m.v hul vrye wil in die kortste 
moontlike kosmiese- sowel as geestelike tydsbestek -die grootste 
moontlike geestelike groei te kon bereik. 
Waardeur elkeen die totale kapasiteit van sy geestelike grense en sfeer
tot op sy maksimum kon verbreed. Elkeen sal daarom volgens sy 
geestelike agteruitgang of vordering in `n geestelike gevangenis, 
verbeterings-dimensie of werkersorde geakkommodeer word, 
wat deur die goeie Meester vir hulle voorberei is. 

In volle regverdigheid sal niemand na iemand anders behalwe 
homself die vinger in verwyt en skuld kan wys nie.

Maar om terug te keer na die vraag oor die 144 000 wat vir die komende
tydperk as aartsvaders en moeders uitverkies is - is daar ook `n ander
groep hoogsontwikkelde geeste, wat met behulp van ongelooflike genade 
`n geestelike sprong gaan bereik, wat hul geestelike sfeer en dimensie so
gaan verbreed, sodat hulle as Godskinders in die hoogste saligheid in die
huishouding van die Allerhoogste opgeneem gaan word. 
Hierdies sal daarom in die geestelike realm werksamig in Goddelike 
diensbaarheid raak, wat deur hul goeie Vader, persoonlik, ook vir 
hulle voorberei is.

Hier kom die koningskap onder die Hoogste Koningskap, 
ja, die Melgisédek-orde nou ter sprake en hierdie baie salige geeste sal 
dan ook ten nouste betrokke wees by die onderhouding van die nuwe aarde 
sowel as die bestuur daarvan.

Kortliks wil Ek dit daarom net aan julle duidelik maak -dat om een van
die uitgekose 144 000 toekomende aartsvader of moeders te kan
wees- nog lank nie die ultimatum van die Godsaligheid is nie.


Openbaring 743 
Verhard mense steeds hul harte?

Sondag 12 Julie 2009 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Pes en plaag kom oor die hele wêreld nou as `n onoorkombare probleem.
Paniekerig roep die mensdom “my God waar nou met ons almal heen”.
Binnekort word ons heel laaste menswaardigheid ook van ons ontneem. 
Terwyl miljoene oor hul pyn en ellende kermend begin te teem. 
Is daar binnekort meer niemand oor 
wat iets oor `n ander se probleme wil verneem. 
Elkeen is te besig 
om oor sy eie betreurenswaardige lotsbestemming te ween. 
`n Een wêreldorde verklaar; 
die tyd het gekom vir ons om alles onder ons beheer te neem. 
In eenheid staan ons nou al die oordele van God soos een man teen.
Hiermee saam knip die oordeel engele 
die laaste koord van Goddelike seën.
Verbaas vra almal waar is al die aarde se baie produkte nou skielik heen.
Hul vra mekaar wie is daar wat ons `n bietjie olie en meel kan leen.
Verwoestend kom die klank van ongekende storms 
wat oor soveel plekke gaan teem. 
Terwyl terselfdertyd al hoe minder raak 
die sagte deurdringbare vrugbare reën. 
In hierdie tyd lê gekneus in gees, siel en vlees, ja, vergruis tot op die been-
`n eens edel valk as oorskiet-reste op `n wêreld ashoop ewig daarmee heen. 
Weemoedig kom die lied van engele 
wat voor die troon van God oor verlore kinders ween. 
Terwyl hul vir oulaas desperaat `n hand van hulp en redding 
uithou na elke verlore een. 
Maar in hul val staan hierdies steeds hoogmoedig 
hul God en Skepper met hul alles teen. 
Sonder enige hoop of toekomsvisie tart hul Hom en sê: 
Ons sal nog steeds ons ore net aan Satan se wêreld lokstem uitleen. 
In `n ewige verlore toestand 
word die heilige Gees nou van hierdies se siele ontneem. 
Ewig nooit word hul nou met die spyse van die hemel 
in die Waarheid gespeen. 
In `n tyd van ongekende nood vlug `n hand vol heiliges 
vir geestelike veiligheid in die Sions berge heen. 
Maar die verlorenes besluit in hul geestelike armoede onwrikbaar daarteen. 
Hul draai na die wêreld 
en versoek dat dié hul in sy midde vir ewig moet opneem. 
En nêrens, ja, nêrens is daar meer `n aangebode engele hand 
wat hul hulpvaardig aan hierdies probeer uitleen. 
`n Globale eenheids wêreld hart raak vir ewig geslote 
teen die ware goddelike liefde versteen. 
Al wat nou oorbly is die pes, plaag, vloed, ramp, oorlog, onlus en aardbewing 
wat deur die dood sy deel vir die hel kom neem.



Openbaring 744 
’n Gesig oor die tempel van Lucifer.

Maandagnag 13 Julie 2009
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek word wakker en ervaar die volgende gesig: 
vanuit die niet verskyn `n groot gebou voor my en ek identifiseer dit 
dadelik as die Withuis in Amerika. 
Skielik verander die kleur daarvan in skakerings van grys en swart 
en ek hoor `n stem wat sê: 
Die persoonlike tempel van Lucifer het op hierdie aarde gemanifesteer.

 


Openbaring 745 
Waartoe is die mens werklik in staat?

Dinsdag 14 Julie 2009 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waartoe is die mens wat in sy beperkte fisiese wese op hierdie aarde maar
net die superieure verteenwoordiger van die diereryk is - werklik toe tot
in staat - behalwe as om deur sy godgegewe intelligensie die oeroue 
materiële natuurwette se verskillende ordes en werkinge so in te dring en
te penetreer en dit daardeur ontbloot om dit te versteur en dit so tot
die uiterste vir hul eie selfsugtige voordeel en vraatsug tot ongekende
nadeel van sy omgewing en aarde te misbruik. 

Ja, die materieel-gesinde mens word meestal net gebore om homself 
soos die nuttelose gebruiker wat hy is, ja, `n bodemlose poliep 
met `n onversadigbare naelstring aan sy materiële wêreld vas te heg- 
waarvandaan hy homself met onophoudelike vraatsug, op alles wat die 
dooie materie maar het om te bied te kan voed.

So van natuurwette gepraat weet elkeen met `n bietjie kennis dat dit wat
moet op altyd maar net weer moet af en dit wat in moet ook maar altyd in
die een of ander verwerkte vorm maar net weer uit en die nimmereindigende
menslike verbruik vorm meer as dikwels `n atmosferiese hel-ontlasting wat
tot nadeel en oordeel vir alles en almal wat deel uitmaak van hierdie
god geskape planeet. 
So het die mensdom sy aarde reeds onberekenbare skade berokken 
deur sy oneindige baie produserende myne en fabrieke wat hul 
onophoudelike dodelike oorskiet gasse in die lewegewende suurstof ruimte 
van die aarde inpomp. Wat nog te sê van die nimmer eindige gejaag 
van bakboord na stuurboord en waaraan bykans elke individuele mens 
skuldig is met voertuie -vandag hoog aangeskrewe, net om more 
die neus minagtend daarvoor op te trek. 

Kom ons neem as voorbeeld ook die klerekas van die meer gegoede 
moderne ydel mens en waar dit in die meeste gevalle tot oorlopens toe 
met kleding behang is - waarvan sommige gekoop is om nooit gedra 
te word nie - maar wat deurentyd vervang moet word soos wat die sinnelose 
modebedryf in sy onversadigbare gejaag na geld dit vir hulle voorskryf. 

Ja, so kan mens vir eindelose tye voortborduur oor elke, in die
meeste gevalle heeltemal onnodige kamma ontwikkelings projekte 
en fasette van `n totaal afgestompte, ja, gebreinspoelde ydel mensdom, 
wat nou die vrugte van sy misbruikte aarde gaan pluk en dit gesaai word, 
nou gemaai en `n versteurde atmosfeer oorlaai met die uitskot gifgasse 
van `n vraatsugtige wêreld - gaan hierdie swaar vrag met woede in loeiende 
storms van elke moontlike vorm, vanaf orkaan, sikloon, tol wind, 
ja, in wind, vuur en ys op dit wat tot skade, skande en skaamte, 
deesdae die mens genoem word, uitwerp.


Openbaring 746 
Laat elkeen volg volgens sy vrye wil.

Dinsdag 14 Julie 2009 10:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Laat die onder julle wat geestelik afhanklik van menslike leerstellings en
strukture is hulle daarom na dit wat menslik is wend. Maar laat die wat
afhanklik van My hul goeie Herder is hulle na die binnekamer van hul eie
hart met al hul liefde na My toe wend. Ek persoonlik sal hulle na My
Goddelike Wysheid tafel nooi waar Ek hulle met die ewige brood van die
lewe sal voed en Ek sal hulle laat drink van die hemel wyn van Goddelike
liefde en vir hulle sal ge-open word die ongekende dieptes van die
Wysheid hemele waar hulle nooit weer honger of dors sal hê nie. 
Maar weereens sê Ek: 
Laat elkeen hom volgens sy vrye wil na sy liefde keer.


Openbaring 747 
Gesig van die lykswa.

Woensdag 15 Julie 2009 01:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n naggesig sien ek die volgende: 
Ek kyk skielik uit op `n baie leë straat en daar is geen beweging 
hoegenaamd nie. Die volgende oomblik kom daar baie statig en 
stadig `n baie lang swart limousine lykswa afgery en ek verstom 
my daaraan omdat ek nog nooit vantevore so iets gesien het nie
en ek vra wat of wie daarin is en `n stem antwoord; 
"net `n hand vol as, ja, van dit so groot het net `n hand vol as 
oorgebly" - ek kyk om my rond en die enkeling wat daar is, 
is te ver van my af sodat ek hom hierdie baie vreemde lykswa kan wys.



Openbaring 748 
Ek rek die einde van die eindtyd...

Woensdag 15 Julie 2009 21:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Onmoontlik swaar raak die taak aan die heiliges 
vir hierdie tyd nou opgedra. 
Die uitverkorenes sug terwyl hul mismoedig teenoor mekaar nou kla. 
Afkerig oor `n verrotte wêreld murmureer en sê: 
Ons Meester wil ons nie so baie pla. 
Maar voor ons- onsself kan keer is ons maar weer daar om aan Hom te vra- 
hoe lank moet ons al die euwel en die boosheid nog verdra. 
Wanneer kom ons Verlosser om die Satan ewig van die aarde weg te ja. 
Ja, hul wroeg en kla en sê: Die onreg kan ons nie meer langer verdra.
Maar moedig vertel hul mekaar al gaan dit ook hoe swaar 
loop ons `n bose wêreld ewig nooit weer na. 
Tussen die skeiding tussen goed en kwaad 
sê slegs `n paar vir die wêreld nee- 
maar die res gaan almal akkoord met `n oorverdowende JA!. 
Geliefdes keer mekaar nou die rug toe 
en soms selfs teenoor `n bloed kind sy eie ma of pa. 
So klim daar op `n paar enkelinge na- 
die totale mensdom op `n verdoemde wêreld wa. 
Verdrietig staar die heiliges hul verlore geliefdes vir oulaas agterna. 
`n Ewigheids skeidingsmuur tussen twee dimensies van goed en kwaad 
word as opdrag nou aan die hoogste engel opgedra. 
Om na weerskante te kan gaan sal niemand ooit -nooit weer ewig kan vra. 
O Hoe droefgeestig die selfverwyt van ontelbaar wesens 
wat ewig oor hul lot gaan kla. 
Hulself kermend gaan afvra:
O waarom het ook ons nie die Waarheids weg na God gevra. 
Met ons liefde vir die wêreld het ons die hel ewig vir ons self opgedra. 
Hoe gaan dit moontlik wees om hierdie verskriklike pyne 
vir ewig te moet verdra. 
Terwyl hierdie onmenslike noodkrete vanuit `n verlate dimensie 
in `n godverlate toestand onophoudelik kla. 
Is daar van die heiliges wat nou so bitter graag aan God om genade 
vir hierdie verlore broers van hul wil vra. 
Daarom sê Ek aan die wat so swaar 
aan hul onmoontlike eindtyd taak nou dra- 
terwyl hul klaend aan My vra 
hoe lank gaan U nog die gruwel oor hierdie aarde verdra.
Met al die meegevoel van My Vaderhart 
kyk Ek na My kleintjies wat in hul nood so verdrietig kla. 
Ek vertel aan hul Ek rek die einde van die eindtyd tot die uiterste 
sodat jul miskien nog hier en daar 
`n gevalle broer saam met julle huis toe kan dra.


Openbaring 749 Visioen van ‘n kreef.
Vrydag 17 Julie 2009 21:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
In ’n gesig sien ek ’n reuse dooie kreef wat met sy pote in die lug lê. 
’n Verblindende lig soos ’n baie groot son verskyn vanuit die niet 
en verteer die kreef dat daar niks van oorbly nie. 

Openbaring 750 
Nood in die besigheids bedryf.

Saterdag 18 Julie 2009 04:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ’n droom visioen gebeur die volgende: 
Groot instansies soos die banke begin om van hul topbestuur af te betaal 
en selfs die sement bedryf wat van die laastes was wat sterk gestaan het 
begin noustrop trek. ’n Afslaer hamer word van ’n Jood geleen en dit word 
in verskillende afslaer transaksies gebruik. Verskeie groot geboue 
en besighede word vir ’n appel en ’n ei van die hand gesit en elke transaksie 
word met die inslaan van ’n spyker deur hierdie hamer beklink. 
Eens baie duur eiendomme word nou spotgoedkoop verhandel.