.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 651 
Wat is groot en wat is waarheid.

Vrydag 17 April 2009 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Kinderklein maar bekkig tog so goed getryn. 
Wil die moderne kleuter dikwels weet wat is regtig groot en wat is klein. 
Oneindig in die heelal staan ons son as `n ondenkbare stoffie tog so klein. 
Watter grootte kan ons aarde homself hierteenoor nou toe eien. 
Teenoor die olifant sê die mier ek is oneindig baie klein. 
Ja, elke liggaam word `n heelal waarin elke sel van hom verdwyn. 
Op sy beurt word die sel `n grote son wat weer oor sy eie atome skyn. 

Verontwaardig is die kleuter 
wat oor modderhandjies homself die vraag toe eien. 
Wat is nou eintlik onrein en vuil en wat is skoon en rein. 
Vanuit die grond groei ons voedsel nog ewig altyd rein en plein.
Waarom maak die grond aan my kinderhande 
nou van my `n kleine modder-swyn.
Teenoor die volwasse sonde 
staan ek in my kinderonskuld voor God baie rein. 

In die witleuen is daar ook glad nie iets wat vir die kind wil rym.
Oor grootmense wat mekaar die heeltyd met mooi woordjies wil verklein.
Om in kamma liefde - haat en nyd na mekaar toe uit te sein. 
So wil menig kinderhart dikwels van My weet 
waarom die waarheid in die witleuen moet verdwyn. 

Ja, kinderklein maar bekkig tog so goed getryn - 
wil verward vandag se kinders weet wat is nou regtig groot en wat is klein. 
Soos `n klein volwassene moet hul die heeltyd voor ander verskyn. 
Maar wil hul as `n kleine filosoof 
hul ouers vra oor dit wat nie vir hul wil rym. 
Moet hul baie vinnig in `n fantasiewêreld met hul speelgoed gaan verdwyn.

 

Openbaring 652 
Nog altyd is daar hoop.

Saterdag 18 April 2009 05:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Meer as een persoon wil van jou weet of `n vorige openbaring wat handel
oor die 'ja of nee' stem betrekking op hul sou hê indien hul in hul
onkunde verkeerd sou stem. In `n teenvraag wil Ek weer graag van hulle
weet - hoeveel van hul het nadat hul in lojale trou met `n 'ja' agter die
wereld aan wou tou, in opregte berou hieroor vir vergifnis na My gekom.
Weereens wil ek hul daaraan herinner- aan `n folterpaal op Golgota het
Ek gesterf sodat Ek almal wat in opregte berou, hoe groot hul misstap
ookal was, terug vir My koninkryk kan werf. Ook wil Ek hul daaraan
herinner waar daar lewe is, is daar nog altyd hoop en waar eersgenoemde
vraag `n mens nog pla is daar verseker nog `n helder vonk van die Gees wat
tot die gewete spreek oor en nooit sal die hoop die een wat by die voet
van die kruis met My hieroor wil praat, dit ewig ooit berou.

 

Openbaring 653 
'n Tyd, twee tye en 'n halwe tyd!

Saterdag 18 April 2009 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Weemoedig die heildronk en suur die wyn. 
Baie stik in hulle bloed en krul van die pyn. 
In hierdie tyd moet dit wat heilig is die moorddadige massas vermy. 
Vir drie en `n half termyn is onrein besig om rein te ondermyn.
Binne twee en `n half-jaar is alles verby vir die wêreldswyn. 
Dit wat nou bestaan sal vir ewig in die niet verdwyn. 
Waar is nou die hoop wat vir hierdie laaste geslag moet verskyn. 
Die groot dag van die toorn het naby gekom en wie gaan staande bly. 
Ja, wie is daar van die wêreld wat die oordeel gaan kan vermy. 
Konings, grotes en rykes 
gaan soos molle in mensgemaakte spelonke probeer bly. 
Terwyl paddastoele soos wolke oor die aarde uit gaan dy. 
Ja, die wysers stap aan en spoedig is die tyd verby. 
In `n geldlose stelsel is dit ook in die nabye toekoms met geld verby. 
`n Ster aan die hemel gaan op die aarde val- soos van `n boom haar oorryp vy. 
Die heel dapperes sal skreeu: O wee in ons angs het ons almal voete van klei. 
Kyk hoe skud die aarde- ook sy is besig om woedend met ons te baklei. 
Ja, drie en `n halftermyn is onrein besig om rein te ondermyn.
Binne twee en `n half-jaar is alles vir die wêreldswyn verby.

Naskrif. 
'n Tyd, twee tye en 'n halwe tyd!
"Vir drie en `n half termyn"..

 

Openbaring 654 
Die koningin van die Suide se wraak.

Saterdag 19 April 2009 06:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Vanuit `n verre gryse verlede kom `n bloedstollende oorlogskreet. 
Sy wys haar vinger beskuldigend en sê nou sal julle almal weet. 
Die koningin van die Suide kom om haar op die dwaasheid te wreek. 
Om die goddelike kennis te kon bekom 
het ek my vir die wysheid na Salomo begeef. 
Lank-lank gelede het ek my hand diep in die rykdom sak van Afrika gesteek. 
Sodat ook ons iets van die goddelike wysheid kon leer. 
Ja, met goud en Olien en vele meer- 
kom die versiering van die tempel toe vanuit Afrika se eie streek.
Salomo was in sy wysheid hoër as die Ooste en wyer as die hele Egipte gewees- 
en daar was niemand vanuit die volkere wat vir hom tot leermeester kon wees. 
Maar swyend as teenvoeter vir hom was ek 'Skeba' in donker Afrika versteek. 
Maar wysheid wou dit nog altyd self weer teen die groot 'Wysheid' meet. 
Voor ek my kon kry verlaat ek my met my omkoopgeskenk 
na jou O' Salomo se landstreek. 
My wysheid wou ek by jou aanvul en verbreed. 
Maar minagtend het jy met my eiesoortige wysheid die gekgeskeer. 
My raaisels het jy minagtend voor almal as loutere onsin oopgebreek. 
Die hoogmoed het toe reeds klaar by jou sy kop uitgesteek- 
en meewarig het jy met my kennis voor ander hofhoudings die vloer mee gevee.
Maar my baie ryk geskenk, gekoop met my volk se bloed en sweet-
ja, dit was vir die versiering van jou tempel heeltemal aanvaarbaar gewees.
Oënskynlik verryk van jou wysheidsgees het ek my waardig, 
maar arm na siel en liggaam na duister- donker Afrika terug begeef.
Maar op my pad terug het jou God my self kom leer: 
ja, Hy het my getroos en vertel; deur die mond van Salomo het Ek Israel self geleer, 
om nooit vir ander gode - My die rug toe te keer. 
Sou hul dit waag sou Ek hul vanuit hul woning en hul land uitskeur. 
Vanuit hul toekomstempels en kerke 
sou hul nooit weer die waarheids-wysheid vir ander volkere kon leer. 
In plaas van wysheid 
sou net die bose leuen op die afgod nalopers se tonge kon gebeur.
Ja, almal sal in daardie tye met hul spot en vra, wat het met die heilige volk gebeur.
Waarom het hul geliefde God hul aan stukkies laat skeur.
Maar jy O koningin van die Suide 
sal in hierdie tyd opstaan vir hul tot `n bloedige oordeel.
`n Klein reine oorblyfsel sal Ek ook vir Myself in Afrika versteek. 
Iets van jou wysheid sal Ek tot hul oorlewing in hul gees oopbreek. 
In die Suide van donker Afrika sal Ek tot hul verdere suiwering My op hulle wreek. 
Gereinig en nederig van gees sal `n klein groepie weer biddend 
hul hande na My vir die Wysheid uitsteek. 
Oorvloedig sal die Wysheid in die laaste dae 
My woorde oor hierdie volkie oopbreek. 
Wee elkeen wat sy rug in hierdie tyd 
vir oulaas op My Wysheid en Waarheid sal keer. 
Jy O Skeba sal met `n wrede oorlogskreet - 
oor die skade op jou nakomelinge deur die Weste vir hul geleer- 
sal jy met `n oeroue seergemaakte gemoed jou met `n oordeel 
deur My aan jou gegee op hulle wreek. 
Maar sag in jou Afrika boesem sal jy tot die bitter einde- 
My kosbare klein oorblyfsel, ja, die draer van My Melgisedek Wysheid, 
in jou eiesoortige wysheid vir My versteek.


Openbaring 655 
Die heilige Gees is diep bedroef.

Sondag 19 April 2009 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Onder die vaandel van die sogenaamde 'Christendom' 
is `n volmaakte leer totaal verwoes. 
Hoogmoedig dink hierdies hulle is ver bokant God bevoeg.
Uit hul verdraaide leer 
laat hul die gelowiges met hul verwronge eentonige Bybelverse wroeg. 
Terwyl hul net soos die tempeldienaars van ouds God agteraf in die gesig spoeg. 
Terwyl die laaste ligdraers die heeltyd vir hul venynige klippe moet koes.
Op veral twee gebiede het hierdie wêreldbedrieërs God te ver getroef. 
In gemeenskap met ander gelowe het hul die heilige volk met afgodery beproef. 
Hul het my volk laat vergeet hul mag My ewig nooit met ander gode gelykstel of troef. 
Hul het die heilige volk aangemoedig om te verbaster 
en so die heilige Gees diep te bedroef. 
Ja, die heilige kronieke 
wou hul in een bastermandjie met hul Bileamsleer vir ewig verwoes. 
Daarom het die tyd nou gekom dat Satan na hartelus onder hierdie bedrieërs kan oes.
Oneindig diep lê vir hul die hel se ewige onoorkombare groef. 
Satan se demone ywer en draai stywer die klampe van die pynigingsbank se skroef. 
Laat hul daarom weeklaag met gesigte in hul pyn so stroef. 
Die heilige Gees het hul diep bedroef - 
daarom sal hul in hul onvergeeflike sonde vir ewig moet wroeg.

 


Openbaring 656 
Die mens het ernstig teenoor God verbrou.

Maandag 20 April 2009 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Te lank wou die wêreld van vroeg tot laat die heeltyd net produseer.
Terwyl bose tone nou tot vernietiging oor die hele aarde vibreer, 
sit die hele wêreld met `n onoorkombare enorme kopseer. 
Almal wil almal oor onherstelbare foute nou blameer. 
Maar watter kant toe almal ookal redeneer. 
Ja hul self oor gedane verbroude sake wil korrigeer. 
Feit bly staan vir die wêreldmag wou hul alles om hul na hul sin manipuleer. 
Ja, die wêreldbevolking is huidig erg getraumatiseerd. 
Met elk van hul pogings raak alles net meer gekompliseer. 
Beleggers wat nou treur oor `n geldmark erg verslons en verrinneweer. 
Die groot moondhede se uitkoopplan word nou wêreldwyd deur almal gekopieer. 
Maar die ekonomie sal in sy huidige toestand nooit weer kan stabiliseer. 
Ja, deur vraatsug het die mens sy planeet geteer en veer. 
Hoe hul ookal nou deur skadebeheer probeer- 
om die wolf en dood in al sy gedaantes van die deur weg te keer. 
Onoplosbaar is die huidige wêreldprobleem 
vir die 'regerings' heeltemal te gekompliseer. 
`n Wêreld wat nou agterkom 
hy kan sy vertroue nie langer op die groot moondhede projekteer- 
het vergeet hul het hul God 
in hul hoogmoedige besluitnemings heeltemal geïgnoreer. 
Met hul nuttelose geld probeer hul nou hul swendelaar-leraars imponeer. 
In hul skatkis en kerkkoffer 
probeer hul tot hul redding groot bedrae te deponeer. 
Ja, in groot groepe kom hul bymekaar 
en probeer om God met hul getalle te imponeer.
Waarom poog die mens ook altyd om die groot ondeurgrondelike, volwasse,
verantwoordelike Skepper met soetsappige woordjies te verkleineer. 
Ja, in hul selfgeskepte nood die grote Messias-Verlosser 
altyd as `n kleine 'liewe Jesus' in hul selfbejammerings-klaaglied te akkommodeer. 
Wanneer hul HOM met hierdie vleiwoordjies nie kan manipuleer - 
HOM skielik hoogdawerend met `n 'Heer O` Heer' wil imponeer. 
Die tyd loop uit en te laat raak dit vir menigeen 
om die tekens van die tye te bestudeer- 
en vir oulaas volwasse as opregte gelowiges met Hom te kan kommunikeer. 
Hierdie aarde het Ek met My grote liefde geformeer. 
Die tyd het naby gekom wat ek dit met My oordeel gaan stukkend skeur.

Openbaring 657 
Angstig staan die siel, naak en kaal

Dinsdag 21 April 2009 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Teen die vrees vir die dood moet die mens hom met sy alles staal. 
Tussen die hel en die paradys is Niemandsland kortstondig besluiteloos vaal. 
Daar staan die siel gestroop van sy omhulsel naak en baie kaal. 
Na die dieptes van die doderyk wil sy in haar angs nie neerdaal. 
Duisternis en lig wat om die beurt nou om haar wink en straal. 
Angstig vra die siel hul na hul bedoeling en hul taal. 
Honend is dit die donkernag wat teenoor die beangste siel nou smaal. 
Daar is niks waarteenoor jy jou vrees vir die verlorenheid kan staal. 
Roekeloos het jy met jou aardse lewe vir altyd die Lig gefaal. 
Daarom moet jy vir ewig nou na my Hades-duisterland afdaal.
Maar deur die donkernag kom van ver `n Liggie wat soos `n Son nou straal.
Eerbiedig wyk die nag terwyl die dag om die siel neerdaal. 
Die Lig verdryf die vrees en omvou die koue siel met `n warm liefdes straal. 
Sag fluister die Gees: 
Op Golgota het ek lankal reeds vir jou sonde klaar betaal.
Daarom staan Ek nou teenoor die duisternis 
om jou vir die land van Lig te kom haal. 
Maar met die vryheid van jou keuse 
is dit net jyself wat jou ewigheids- destinasie kan bepaal.


Openbaring 658 
Fataal was getrek die laaste kruis!

Woensdag 22 April 2009 21:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Hoe banaal-fataal is `n wêreld verstandelik heeltemal gestrem.
Wat het hul gedink kon hul wen met `n kruis getrek deur `n pen. 
Om dit deur God verdoem te probeer red met die patetiese mag van `n stem. 
Wie ookal gaan wen in hierdie laaste wedren. 
Daar is geen politieke platform 
waardeur die mens meer enige voordeel uit kan wen. 
Die tyd het gekom en `n veer gee mee in die wêreld se tyd van die 'Big Ben'. 
Harig val `n mantel en die wêreld hoor weer Elia se stem.
Michael tree weer na vore om Satan nog `n maal te kom tem. 
Die Swaard van oordeel trek oor die wêreld sy kruis met `n bloedige lem - 
en `n bose wêreld hoor binnekort hoe klink die oordeel se stem.


Openbaring 659 
Visioen oor Tradisionele vroue.

Donderdag 23 April 2009 03:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
In `n gesig sien ek `n swartvrou geklee in tradisionele Afrika drag. Sy
kyk skielik op en haar gesig vertrek in verwronge vrees. Sy begin in
stadige aksie in die ronde tol en sak in mekaar, sy is dood voordat sy die
grond tref. Direk hierna sien ek nog `n vrou, ek erken haar as die speaker
van die parlement, sy open haar mond en skreeu `n afgryslike kreet. Vir `n
derde keer sien ek weer `n swartvrou sy is asvaal in haar gesig en terwyl
sy na haar bors gryp vra sy vir water. Sy sê: my kop is dronk en alles
word swart om my.

Openbaring 660 
Nou is God se kinders almal verseël.

Donderdag 23 April 2009 06:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za  

Judith de beer
`n Engel laat sak sy hand en sê: Die kinders van God is nou almal verseël.
Die tyd is om en nou bly niks op die aarde meer heel. 
Wellustig het Satan nou genoeg van die hel op die aarde uitgeteel. 
Biljoene siele het hy vir die verdoemenis vir Hades gesteel. 
`n Tweede engel laat sak sy hand en sê: 
Vanuit twaalf stamme is daar vanuit elk nou twaalf duisend verseël. 
Aan die mag van Satan steur ons, ons in die minste nie meer veel. 
Die winde gaan in hul oordeel alles nou woedend vanuit hul pad kom vee. 
Die derde engel laat sak sy hand en sê: 
My beskerming onttrek ek ook uiteindelik van die see. 
Magtig die golwe en giftig die see wat sy oordeel nou oral gaan uitdeel. 
Menig seeman sal nou vreesbevange in afgryse gryp na hul keel.
Die vierde engel laat sak sy hand en sê: 
Ek laat kom die oordeel nou oor die hele aarde in sy volle geheel. 
`n Derde van boom en plant gaan brand in winde van koue en vuur - 
wat is nou oor van die wyn en die groen prieel? 
Wyd oor die wêreld sal groen koringlande nou pikswart staan - 
wat het geword van die brood, ja waarheen is nou al die meel?

Openbaring 661 
Die wêreldling se vraatsug.
Saterdag 25 April 2009 14:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wye wêreldvlaktes kom klaend die klank van ʼn gevalle mensdomkoor 
en treurig kom hul wanhoopslied begelei op ʼn stukkende ou wêreldviool. 
So staan nou nader, kom gul die uitnodiging gerig aan ʼn onsigbare 
verbeeldingsgehoor. Hulle wink en sê: Kom nader sodat julle ons klaaglied 
beter kan hoor want so skerpsinnig was ons deur ons eie vindingrykheid 
mateloos beïndruk en bekoor. 

Maar aan die einde van ons ontwikkelingspad het ons net oneindig baie 
ellende vir onsself gestoor. Dekades lank vir onsself onverpoos die grootste rykdomme oopgeboor. Met die materie het ons gespeel en geëksperimenteer 
en ongelooflike artikels daaruit getoor. Onversadigbaar het ons gesmag na 
meer en meer en daardeur ons eie siel vermoor. 

Die roepstem van ons hart na God met ons eie onversadigbare vraatsug 
doodgesmoor. Ja, ʼn grote wêreldpopulasie voel oor al hulle tevergeefse 
pogings nou so ellendig goor. Hulle vra hulself af wat is daar nog oor om te 
wen of te verloor. Hulle kla en sê: Ons sit tot verby ons nekke toegedek in 
ons eie uitskot, ja, in ons eie riool en Godverlate is daar niemand wat wil 
luister na ons ellendige klaaglied of iets daaroor wil aanhoor

So is ʼn uitgediende wêreldsisteem besig om ons stadig maar seker dood 
te versmoor. In ons verlore illusiewêreld is daar geen toekoms, geen 
hoop en so is daar treurig vir die wêreldling, nêrens niks meer oor.


Openbaring 662
ʼn Verrassing vir die belangrikes.

Saterdag 25 April 2009 15:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Vir ewig altyd is die wêreldling se hart in hoogmoed kliphard versteen.
Vir wie bluf die wêreldling wat in selfbejammering met krokodiltrane oor 
sondes wil ween. Om God en engele te oortuig hul is van al hul begeertes 
en sondes gespeen. Terwyl hul om vergewing smeek en met dieselfde 
asem na ʼn belangrike plek in die hemel te verneem. 

Neus in die lug kyk hul na die uitverkorenes en verwys na hul as idioties, 
eenvoudig en ekstreem. Ja, uit die hoogte kyk hul na die heiliges en sê: 
'Skoert' ons sal dit van hier af verder neem. Langs God sal ons staan 
terwyl hemelskares met oorverdowende applous sal kom op die been. 
Want so onvervangbaar belangrik wil almal altyd na ons teenwoordigheid 
verneem. 

Kyk, die Grote God kon nie wag om ons weer in Sy midde op te neem. 
Ja, hul kyk op God se opregtes neer en sê: Oor julle afwesigheid sal die 
hemel nooit nie ween. Maar oor ons baie belangrike hoofde moet die 
Goddelike seën ewig altyd in oorvloed neer reën. 

Maar die heilige engele staan nou nader en sê: Wat julle ewige akkommodasie 
betref, sit ons nou met ʼn effense probleem. Nie eers ʼn heel agterste sitplek is 
vir jul gereserveer om in plaas te kan neem. Slegs oordeel en vernietiging is al 
wat op jul onheilige hoofde neer gaan reën. Binnekort sal jul net soos die ryk 
man by Lasarus smeek om ʼn druppel water uit die voetwaskom van die heiliges 
te neem.


Openbaring 663 
Gesig van 'n baie onstuimige see.

Saterdag 25 April 2009 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Ek raak aan die slaap net om wakker te ruk. In `n gesig 
sien ek die volgende: Ek sien `n baie onstuimige see 
waarin `n groot skip amper soos die Titanic sink. 
Tussen die baie groot golwe dryf baie rommel rond. 
Net hierna sien ek `n klomp verrinneweerde seiljagte 
en beskadigde vissersbote- ek hoor oor `n nuusbulletin 
hul praat van vermiste persone en vaartuie.


Openbaring 664 
Hoe lank wil jul My nóg beproef!

Sondag 26 April 2009 05:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Die stem van die Gees pleit en roep: na verlore kinders is Ek op soek. 
Met die grootste geduld roep Hy; hoe lank wil jul My nog beproef. 
Millenniums lank van vroeg tot laat onverpoos het Ek vir jul geswoeg. 
Maar tot op die laaste oomblik sal Ek aanhou roep al is Ek ook hoe moeg. 
Ek sal dreig en met julle baklei en die mens deur My toorn laat wroeg. 
Sonder ophou sal Ek na `n tyd vra waar ons mekaar uiteindelik kan ontmoet. 
Ek sal die mens nooi na die Paradys 
en hul vertel van `n lewe daar oneindig baie soet.
Hul vertel- staan teenoor die sonde sterk en hou in My liefde goeie moed.
Onthou aan `n kruis het Ek vir sondaars met My Goddelike bloed geboet.

Ja, Ek pleit en raas, Ek roep en versoek- 
ewig altyd probeer Ek om die sondaar in die weergeboorte te ontmoet. 
Maar helaas kom vir elk die einde van sy tyd, 
waar God hul nooit weer in liefde sal beproef- 
of die mens sal aanmoedig om die sonde te vermy 
en aan hul vertel die vader daarvan was nog altyd die grootste boef. 
Ja, vir elkeen kom spoedig die tyd om hul tydelike verblyf te groet. 
Om in diepe berou nou oor verspilde kanse te gaan boet. 
Terwyl Ek so desperaat na die mens roep- 
om hul na die weergeboorte van hul siel en gees te roep. 
Is daar miljoene wat met hul weiering die Gees daagliks diep bedroef.

So kom ook nou die einde van `n tydvak waar die Gees droefgeestig sug: 
Ek is oneindig moeg. 
Die goeie Vader besluit: 
My Gees het lank genoeg vir `n ondankbare mensdom tevergeefs geswoeg. 
Hy laat kom Sy heilige engele vanuit die vier windstreke
en laat hul weet genoeg is nou genoeg. 
Ondankbaar was die Goddelike moeite in lande van verlore hoop ingeploeg. 
Bitter klein is die opbrengs - 
maar gaan haal elke korrel, ja, bring in My kosbare klein oes. 
Vir hul aan `n kruis het Ek nie tevergeefs met bloed gesweet en gewroeg. 
Maar vir hul ewige destinasie het Ek betaal met my edel Goddelike bloed. 
Bring daarom met sorg in; hierdie kleine kosbare oes. 
Verseël en bewaar alles hiervan om as edel saad in `n volgende tydvak,
'n enorme oes vanuit hul, vir die ewigheid te kan oes.


Openbaring 665 
Wee elkeen wat God opsetlik spottend vermy.

Sondag 26 April 2009 05:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarom en waaroor wil die mens in sy kort bestaan die heeltyd met God stry. 
Hoekom laat die mens hom ewig altyd deur die sonde onderkry. 
Die mens probeer deurentyd om God in geloofsraamwerke en kerke te kry. 
Terwyl hul terselfdetyd Hom om elke hoek en draai systap en vermy. 
Jare het gekom en gaan en die dae raak nou kort en die tyd is naby. 
Kort voor lank is alles vir die wêreldling vir ewig verby. 
Na die Brood van die lewe is sondaars gul genooi; 'kom kry'. 
Open jul hart en laat jul deur die Gees van God verbly. 
Moet jul nie deur die juk van sonde en versoeking laat onderkry. 
In `n geslote dimensie gaan die verlorenes 
oor die afwesigheid van God ewig treurig moet ly. 
Salig is daarom die wat standvastig in hul geloof by hul Meester bly. 
Salig is die wat hul oor die koms van die Seun van die mens verbly. 
Ja, salig is die wat in volharding die sonde met alles probeer vermy. 
Salig is die wat hul deur die druk van `n bose wêreldsisteem nie laat onderkry. 
Salig is hul wat weerloos maar dapper vir die koninkryk van God gaan stry. 
Salig is hul wat as moderne martelare soos hul Messias eens gaan ly. 
Terwyl hul in doodsangs en pyn hul nog steeds in hul grote God gaan verbly. 
Maar wee die een wat hom deur verkeerde wêreldkeuses gaan laat onderkry. 
Wee hul wat gaan toelaat dat Satan ewig die mag oor hul siel gaan kry.
Wee elkeen wat die gees van God opsetlik spottend gaan vermy- 
en wat homself oor die lydingsbeker van `n uitverkorene gaan verbly. 
Wee elkeen wat `n struikelblok in die pad gaan lê 
van die wat vir die koninkryk van God moet stry. 
Ja, wee hul in hul dag wat hul- hul loon in oordeel gaan kry. 
In hierdie dag sal Sion haar oor haar regverdige God verbly. 
Sy sal weet hoe groot is die loon vir `n kryger 
tot op die einde vir haar God gestry. 
As mede erfgenaam gaan sy saam met haar Verlosser 
haar ewig oor haar goddelike erfenis verbly.



Openbaring 666 
Die getal van ’n mens- 666

Maandag 27 April 2009 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ses-ses-ses die nuwe maan kyk trietsig Wes. 
Ses-ses-ses `n oordeelsengel slyp en toets sy mes. 
Ses-ses-ses `n paniekerige wêreld doen sy bes.
Ses-ses-ses `n oordeelsengel lag en sê: Ek is hier met die pes.
Ses-ses-ses erger dinge gebeur binnekort met die oorlewende res.
Ses-ses-ses wat broei daar volgende vanuit die duiwel se nes. 
Ses-ses-ses die ekonomie stort in duie en gee nou bes. 
Ses-ses-ses die merk van die dier verskyn met `n trippel ses. 
Ses-ses-ses die skrif is aan die muur vir almal tot `n dure les. 
Ses-ses-ses met heilige bloed wil die hoer haar wraakdors nou les. 
Ses-ses-ses laat die wysheid die getal bereken. 
Dit is die getal van `n mens en dit is ses-ses-ses.


Openbaring 667 
Meesterlike leiding.

Dinsdag 28 April 2009 09:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die spreuk
word die Waarheid en die leuen, ja, goed en kwaad van mekaar geskeur. 
In die openbaring 
lê die waarskuwing tot oorlewing vir die toekoms tot bewaring. 
In die visioene 
kom toekomsgebeure na vore en ontbloot Satan met al sy legioene. 
In `n gesig 
word berig oor gebeure binnekort op `n sondige wêreld gerig. 
In die lering 
word die mens onderrig om homself te onthou van die ewige ontbering. 
In die Psalm 
kom `n lofrede wat tot in die oneindigheid sal weergalm. 

Die een wat daarom Psalmsing 
sal die eer namens almal om hom na God toe bring. 
So sal ook die een wat werklik sien 
die ander onvoorwaardelik met sy gawe dien. 
Die een wat die Waarheid spreek 
kom om hom met geweld op die leuen te wreek. 

So kom ook na die aarde die profeet 
sodat globaal `n wêreld van sy probleme kan weet.
In `n volkie soos hierdie 
het elke uitverkorene iets van bogenoemde in homself so `n bietjie. 

Vir die wêreld tot `n eindtyd oordeel 
het die twee getuies van alles hierbo `n maat daarvan te veel. 
Wee daarom elke valse profeet 
wat in God se naam wil spreek – 
in Hades word die bloed van verlorenes vir ewig op hul gewreek.


Openbaring 668 
Grynsend op sy vaal perd.

Dinsdag 29 April 2009 21:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Verpletterd op die aarde spat `n oordeelsengel se skaal. 
Waarom word `n wêreld se knieë so vinnig slap, waar is nou al hul staal. 
Ja, waarom lyk die wêreldling gestroop van sy hoogmoeds- eiewaan 
nou so blootgestel en kaal. 
Oor honderde waarskuwings het die mens ligsinnig gesmaal. 
Gedink dit word uit die duim gesuig vir `n verbeeldings verhaal. 
Vindingryk het Ek met My uitverkore volk gepraat in hul eie taal. 
Hul vertel daar kom die ryperd van die dood en hy is baie vaal. 
Maar hoogmoedig arrogant het hul My in elke opsig gefaal. 
Dit wat wou staan vir `n wêreld word nou saam met die wêreld fyngemaal. 
Waarheen sal die wêreldling nou vir hul redding heen nael. 
Na hul kerke kan hul nou maar vinnig gaan - 
hul kan hul heer maar aanroep en vra na hulle Baäl. 
Maar met `n oordeel oor hulself gebring daarmee is hul nou opgesaal. 
Vanuit `n wêreld-massa roep vele luidrugtig wil U nie tot ons redding neer kom daal. 
Met al ons 'liefde' sal ons U verseker nou wil onthaal. 
Maar verpletterd op die aarde spat `n oordeelsengel se skaal. 
Woedend kyk hy na hul geveinsdheid met `n volgende oordeelstraal. 
Ja, die vaalperd van die dood galop oor die wêreld 
met die doodsengel grynsend in sy saal.


Openbaring 669 
Dit is verby met die heilige volk.

Dinsdag 29 April 2009 22:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oneindig die hemelskares wat na die aarde kyk deur `n dimensionele ruit.
Die heilige volk se mag is heeltemal verbreek in `n land in Afrika Suid.
Die mens se kosbare lewe beteken binnekort nie meer `n bloue duit. 
Terwyl die mensdom selfbejammerend luidrugtig hul neuse kliphard snuit.
Vreesbevange sê: Daar is geen entstof waarmee ons- ons teen die pes kan spuit. 
Lê die bose en loer, ja, hy lek sy lippe af vir `n enorme buit. 
Wie en wat gaan die onbeheerste skares in hul vrees kan stuit. 
Selfs die sekuriteitsmagte sal spoedig saam met die massas muit. 
Terwyl mense wanhopig sal trek vanuit sommige stede uit. 
Kom daar boonop vanuit hierdie chaos die stank van oorlogkruit. 
Bomme bars los dat die nasies se ore daarvan tuit. 
Deur dit alles lag dawerend die dood en hy sê dit alles skeel my nie `n bloue duit


Openbaring 670 
Die tyd van oordeel het nou gekom.

Donderdag 30 April 2009 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
`n Duister wese vlieg laag oor die aarde 
om die situasie goed op te kan som. 
Donker, afgryslik duister is die tyd wat nou oor die aarde kom. 
Sag en ritmies kom vanuit Afrika die oeroue klank van die drom. 
Teen `n bloedrooi agtergrond dans silhoeëtte in `n kring al om en om. 
Vanuit hul midde kom `n sagte onheilspellende gebrom. 
Die kleingelowiges raak nou in hul vrees stil en stom. 
Vir oulaas doen die Satan sy rondtes as `n engel van die lig vermom. 
Laggend kyk hy na die gemeentes en sê: 
So slim maar tog so uitermatig dom. 
Spoedig gaan die uitgediende kerke ook nou aan hul einde kom. 
Die Mammon strukture wat die geloofstrukture regop moet hou 
val ook nou om. 
Groot skares wat nou aan die ark se deure hamer en roep: 
Laat ons ook binne kom. 
Maar `n stem antwoord: 
Ewig is jul aan die liefde vir die materie vasgegom. 
Daarom het die tyd van oordeel nou oor die wêreld gekom.

Openbaring 671
Die Goddelike skepping -deur die mens verag.
Saterdag 2 Mei 2009 06:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarna is dit wat die mens so desperaat nog streef. 
Om al die chaos, wanhoop en pyn op hierdie aarde te kan oorleef. 
Is dit sodat sy siel as ʼn wese in `n geestes- lewensdimensie kan voortleef. 
Of is dit bloot `n instink 
sodat ook homo- sapiens as `n spesie op die aarde kan oorleef.
Hoe fyn en in 'detail' het Ek nie die menslike liggaam 
in die moederskoot geweef. 
Sodat Ek met my Gees oor die waters van sy wese kon sweef. 
Met My Lig het Ek die helfte van sy duisternis met My dag omgeef. 
Sodat hy met die Goddelike kennis na `n ewige lewensdag kon streef. 
Daardeur vanuit die vaste aarde van sy liggaam 
na `n oneindige geestelike ruimtesfeer te kon streef. 
Met die asem van My eie Gees het Ek voorsorg getref
dat iets van MY self in die spieëlbeeld tot lewe ewig voort kan leef. 
Maar die lokstem van die verleiding 
het listig deur die wese van die mens kom vibreer.
Deur die verleiding word gefluister; naïef is jy in die onskuld gekluister, 
maar deur die kennis van goed en kwaad word jou lewenskennis breër. 
In sy strewe na vooruitgang 
raak die mens toe van die Goddelike gees en kennis toe net al hoe leër. 
In plaas van sy goeie Skepper begin die mens homself te eer. 
Oor die landgoed van sy eie liggaam roep hy uit die titel "lord O heer". 
In plaas van `n beskermer is dit as die verwoester 
wat hy hom nou na sy aarde keer. 
As `n selfaangestelde koning vra hy van die materie net al hoe meer. 
In die kennis van die kwaad 
laat hierdie vernietiger homself nie meer langer keer. 
En as `n spieëlbeeld van Satan 
wil die mens in hoogmoed hom nou deur sy naastes laat eer. 
In eiewaan sien die duisternis in die wese 
op die lewenslig van die mens nou neer. 
Sodat die Gees van God nie meer langer as `n sagte simfonie 
oor die waters van die menslike wese kan sweef. 
Bitter vra daarom die lewensfilosofie 
waarna is dit wat die materiële mens so desperaat nog streef. 
Om al die chaos, wanhoop en pyn deur homself
op hierdie aarde geskep te kan oorleef.



Openbaring 672 
In ellende vasgevang sit ’n wêreldpopulasie.

Saterdag 2 Mei 2009 16:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ellende vasgevang 
sit `n wêreldpopulasie as slawe in `n wêreldsisteem groef. 
Oral-oor het hul die vermoë verloor 
om hul oor hul verlore geestes toestand te bedroef. 
Sag het Ek na dit wat Myne is onophoudelik geroep,
ja, na dit wat heilig is het Ek met geen moeite te groot, gesoek.
Met geduld het Ek `n heilige volk vermaan 
moet my nie langer met jul gruwels bedroef. 
Ja, Ek het jul dringend gewys om My nie meer langer te versoek.
Met langdurige geduld het Ek die kosbare uitverkore kronieke vermaan en hul beproef. 
Nou kyk die grote Vader na `n betraande eens heilige volk en vra: 
My kind waarom in jou verlorenheid nou so diep bedroef? 
Saam met `n verlore wêreldbevolking 
is jul vasgevang in die bindende slawebande van `n matriks groef. 
Hoe lank het Ek hul nie beloof Ek sal jul van jul gruwelsondes reinig - 
maar nooit moes jul My Heilige Gees weer met jul arrogansie bedroef. 
Ek het hul vertel; 
veilig in MY liefde sou hul nooit weer oor vergete sondes hoef te wroeg. 
Ook het Ek hul daarop gewys- stadig maar seker draai stywer die eindtyd se skroef. 
Hul genooi- trek nouer die eindtydlaer in die vorm van `n perd se hoef. 
Deur die opening daarvan sal jul Verlosser na binne kom om in julle midde te vertoef. 
Agter Hom sal die heilige ingang verseël en die verseëldes sal nooit weer na hul Skepper hoef te soek.
In die beskerming van die Allerhoogste sal hul in ewige saligheid nou vertoef. 
Ewig nooit sal Satan dit wat heilig is weer steek onder die loef. 
`n Loflied hef Sion nou aan met haar gesig nooit weer vasgevang in ellende so stroef. 
Sy roep en sê: My Elohim, ek sal nooit weer probeer om U te troef. 
Ja, die tyd het naby gekom 
waar die Messias ewig in die midde van Sy kleine beminde gaan vertoef.


Openbaring 673 
Die betekenis van nommer sewe.

Sondag 3 Mei 2009 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jou nuuskierigheid geprikkel deur die nommer ses- 
vra jy My daarom na die betekenis van nommer sewe. 
Ek antwoord jou: Daarin lê die geheim van die ewige lewe. 
Met My Skeppingsgees sal EK ewig oor alle waters swewe. 
Met sewe seë het Ek die vastelande van die aarde omgewe. 
Voor MY heilige aangesig sal alles wat boos is vir ewig moet bewe. 
Sewentig maal sewe moet die kind van God sy naastes vergewe. 
Na die sewe lê die agtste ewige Sabbat om na te strewe.
Nooit moet die sondaar se moed hom na My begewe. 
In die sewe lê die koningskap van Melgisedek ewig verhewe. 
Met Sy Sewe Heilige Geeste is Elohim ewig altyd omgewe. 
Reik daarom uit na die Goddelike eienskappe in die heilige sewe. 
Soek daarom die poort na verlossing deur die Messias 
na die ewige onverganklike lewe.


Openbaring 674 
'n Gesig oor Sjinese.

Sondag 3 Mei 2009 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n droomgesig ervaar ek die volgende: Ek hardloop saam met `n Sjinese
meisie deur `n Afrika bos. Sy wys na verskeie murasies en sê: Dit en
dat het ons bygedra tot Afrika se ontwikkeling, maar nou word alles in ons
gesig terug gegooi en word ons saam met julle agtervolg, sodat hulle ons
ook kan vervolg. Ons bars deur `n bos en kom op `n strand uit waar haar
oupa halflyf in die see met `n net staan en visvang. Hy skiet die een na
die ander vangs op die strand uit en ek komplimenteer hom met sy tegniek.
Waarop hy antwoord die vangs is deesdae maar swak. Ek kyk na die strand 
en sien die visse het skielik bene en almal van hul loop terug die see in.
Eenkant lê `n enorme viskop maar die lyf makeer.



Openbaring 675 
Meer duidelikheid omtrent die koningin van Skeba.

Maandag 4 Mei 2009 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand wil meer duidelikheid hê oor twee verskillende openbarings 
wat handel oor die koningin van Skeba en veral oor die verskil 
ten opsigte van die geskenke waaroor sy oënskynlik gelukkig, 
maar terselfdertyd ook ontevrede was.

Ek antwoord jou as volg: 
Millenniums lank het die Afrika-boorling homself minderwaardig 
teenoor die meer ontwikkelde Adamiet gevoel en in hul strewe 
om hulself gelyk te kon stel aan bogenoemde, het die bogenoemde 
meer intellektuele heerseres, wat `n direkte afstammeling van Kain was 
en wat met haar stam op hul beurt, weer op `n hoër beskawings-
ontwikkelingspeil as die res van die meer primitiewe Afrika stamme was,
letterlik probeer om vir haar en haar volgelinge `n pad na die 
ontwikkelingspeil van Israel oop te koop - om dit sodoende op haar beurt
weer in haar landstreek, tot almal daar se voordeel te kon implementeer.
Oorlaai met rykdomme vanuit haar verafgeleë Afrika streek het sy met haar
enorme ryk karavaan en dubbelsinnige-agenda by die hofhouding van 
Salomo opgedaag. Redelik ver gevorderd betreffende die myn-tegnieke 
van daardie tydperk, was sy gretig om nie net daarvan -sowel as haar 
besonderse wysheids-filisofieë uit te ruil nie - maar was sy veral daarop 
ingestel om terselfdetyd heelwat meer oor die verskillende infrastrukture
van Israel te bekom. Maar slim en uitgeslape soos wat Salomo nou 
eenmaal was - was hy op sy beurt nie bereid om sekere aspekte van 
die sukses van sy koninkryk met ander hofhoudings en lande te deel nie. 
Met die baie fyn diplomasie van daardie tyd het die betrokke tafereel 
homself ten aanskoue van vele ander teenwoordige hofhoudings afgespeel.
Met `n oorvloedige alternatiewe vergoedings geskenkpak het Salomo 
haar met oorbodige geskenke, vanuit sy skatkamer -
op sy beurt ontvang van ander konings - na haar koninkryk terug gestuur. 
Oënskynlik so waardig as moontlik het Skeba die aftog geblaas 
(met hierdie vir haar bykans waardelose en nuttelose geskenke) 
en na haar landstreek terug gekeer. 
Waarop Ek self haar met goddelike deernis genader het en aan haar 
in `n toekomsblik geopenbaar het dat ook sy in die einde van 
die tye as `n oordeel oor die konings van die aarde sou opstaan.

Soos met alles het ook die geskiedenis `n manier om homself te herhaal. 
Tot en met heden vandag gebeur dit gereeld in die opsig dat die meer
ontwikkelde koninkryke vanaf die Noorde, Ooste tot die Weste - Afrika
deur middel van slim manipulasie uitbuit, om sodoende hulle rykdomme te kan bekom. 
Menigmaal het verskillende Afrika leiers oënskynlik hoogs tevrede van 
onderhandelingstafels af opgestaan, om net later met skok en teleurstelling
agter die kap van die byl te kom 
en te vind dat hul behoorlik aan hul neuse rondgelei was.


Openbaring 676 
Abba-Vader se doel met ons aardse lewens.

Dinsdag 5 Mei 2009 16:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Om iewers oor die doel van die lewe te begin 
-moet mens heel eerste oor die behoefte van die liggaam besin. 
In die fisiese behoefte wou die liefde 
deur middel van haar liggaam net hartstogtelik bemin. 
Vanuit hierdie behoefte het nuwe lewe as `n fisiese mens begin. 
Met `n behoefte tot die polsende lewe het die embrio sy eie hartklop begin. 
Sodat hy die nodige voedingstowwe tot elke nuwe sel in wording kon bring. 
Afhanklik van die moederliggaam 
was die nuwe liggaam se behoefte spoedig nie te gering. 
In `n behoefte na suurstof vir lewe 
het die mens se eerste kreet deur die atmosfeer gedring.
Die moederliefde wou nou na elke klein behoefte 
omsien van haar nuwe kleinding. 
So het in behoefte op behoefte van die liggaam 
die lewe vir die mens op aarde begin. 
Die behoefte na die slaap is daar om die energieke aktiwiteite met rus te verdring. 
In slaap en opstaan, eet en drink, ook in die wisseling van temperatuur, 
ja, in elke aksie willekeurig of onwillekeurig 
is die behoefte altyd daar om hom iewers in te dring. 
Vinnig kom die mens tot die slotsom 
die 'eie ek' se behoefte is teenoor `n ander se behoefte nie te gering. 
Net die heel beste wil die mens in sy eie behoefte nou vir homself laat nader bring. 
In die behoefte van die liggaam 
laat Satan homself ook nou onopsigtelik nader bring. 
Kort voor lank 'baar' hy selfsugtige klein demoontjies -van hul `n hele string. 
Vervul tog net al ons behoeftes is al wat hul van die oggend tot die aand wil sing. 
Stil en eenkant staan die Gees wat ook haar enkel behoefte wil nader bring. 
Sy roep en vra: 
"Ag my behoefte wat ek tot redding van die mens wil bring nie te gering". 
Ek wil die Lig van God na die siel toe bring 
om die duisternis om haar te kan verdring. 
Sodat sy kan ontdek in die vele behoeftes van haar liggaam 
word die behoefte van haar siel heeltemal verwring. 
Maar elke behoefte van die liggaam raas net harder 
om die stem van die goeie Gees te kan verdring. 
Maar spoedig kom die dood in sy vele vorms van behoeftes-ontbering. 
In die leweloosheid van die dood 
is daar ewig geen behoefte meer wat die dooie liggaam in beweging kan bring. 
Die siel nou gestroop van haar behoeftes voorsiening-nering- 
is nie by magte om haar oor te gee aan die sagte ewige goddelike streling. 
Sy stort haar daarom desperaat in die dooie behoefte neer 
sonder enige hoop of bekering. 
Maak daarom die koninkryk van die hemel jul eerste prioriteit, 
ja, jul grootste behoefte en jul ewige nering. 
Weet daarom ook elke noodsaaklike aardse behoefte
word hierna deur God aan jul in die regte balans voorsien en gebring.


Openbaring 677 
Algehele tekorte, skaarste, pessiektes en hongersnood wag!

Woensdag 6 Mei 2009 23:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In die Ooste staan die rysoes binnekort verdor, dood en geel. 
Wyn raak skaars en so ook die druiwetros aan die prieel. 
Die vleisprodusente roep: 
Deur pessiektes kan ons nie meer met ons stoetvee teel. 
Die wêreld roep: 
in hongersnood staan ons almal nou onder dieselfde sambreel.
`n Engel roep en sê: 
Van alle lewensmiddele is daar binnekort nie meer veel. 
Laat ons daarom die rantsoene nou onder die heiliges uitdeel. 
Gee in `n dag se rantsoen `n bietjie olie en `n handvol meel. 
Wee elkeen wat dit sal waag om iets van `n heilige weg te probeer steel. 
Maar die wêreldorde lag en sê:
Kalmeer; julle is alweer besig om jul self te verbeel. 
Konsentreer liewer op vermaak 
en kyk hoe die wêreldspanne vir julle rugby en sokker speel.
Maak stil die doemprofete, ja gryp hul nou hardhandig aan die keel. 
Vir moontlike hongersnood toestande 
tref ons deurentyd die heel beste voorsorgmaatreël. 
Kyk in honger Afrika is ons die heeltyd besig om tonne meel 
aan die armes uit te deel. 
So- steur jul aan die vele moontlike kataklismes nou regtig nie te veel. 
Maar in hul hoogmoed raak die wêreldorde gesante 
vir die oordeelsengele nou eenmaal net een te veel. 
Hul sê: Die tyd het nou gekom en ons maal jul nou binnekort fyner 
as jul goedkoop generies-aangepaste meel. 
Ja die tyd is hier en die oordeel word ten einde laaste 
oor hierdie wêreld droginstelling verseël


Openbaring 678
’n Sluimerende pes gaan miljoene pynlik wegraap.

Donderdag 7 Mei 2009 01:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Gebreinspoel deur die wêreldmedia 
is die mensdom dommer as die domste aap. 
Ja die domme-stomme mens se laaste bietjie 'common sense' 
is deur hul owerhede onderdruk en gekaap. 
Willoos staan hul maar tot slagting nader soos troppe skaap. 
Nog `n bietjie sluimer ja nog `n bietjie slaap. 
Voor die wêreld nog sy oë kan uitvee 
het verskillende peste miljoene weg kom raap. 
Deur radiogolwe gaan vernietigend en onophoudelik 
die hoë frekwensie van die "haarp". 
Heeltemal te laat gaan die mens tot sy oorlewing wil raap en skraap. 
Maar die massas haal hul skouers op en sê: 
Ons regerings sal toesien dat niks ons skaad. 
Daarom vertrou ons volkome op die staat 
en volg in elke opsig die wêreldmoondhede se goeie raad. 
Maar vir hierdie ongeërgdes raak vinnig vol hul eindtydmaat. 
Donker raak dit nou vir die wêreld in sy eerste doodsnikke te laat. 
Ja nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap. 
Die dood loer deur `n sluimerende pes 
om miljoene in die nabye toekoms weg te kom raap.


Openbaring 679 
Gesig van 'n pawiljoen ongeluk.

Donderdag 7 Mei 2009 17:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek hoedat `n pawiljoen of stellasie in duie stort.
Daar is baie mense by betrokke en daar heers chaos.


Openbaring 680 
Die voorafgaande openbaring se uitleg.

Vrydag 8 Mei 2009 09:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jy wil meer weet oor die voorafgaande openbaring en gesig wat jy gehad het
en Ek antwoord jou: Net soos wat `n liggaam toegerus is met sy siel en gees. 
Net so is elke openbaring, gesig of profetiese uitspraak meerledig
van aard en sal dit op die regte tyd in die praktyk manifesteer - maar
terselfdetyd beskik dit altyd ook oor `n dieper geestelike betekenis. 
In die geval van die gesig wat jy gehad het, dui dit op `n toekomsblik waar
daar wel `n fisiese ineenstorting van `n mensgemaakte konstruksie gaan
plaasvind - maar terselfdetyd dui dit ook op `n platform wat `n wêreldorde
daargestel het om veral deur middel van die media die wêreldbevolking te beheer.
Hierdie valse platform met sy nuttelose strukture en leë beloftes gaan in
die komende tye met die verskillende kataklismes wat gaan volg totaal in
duie stort, omdat die mense spoedig in die oorkoepelende chaos gaan
agterkom dat hulle hul vertroue in `n sisteem sonder enige waarheid of
meriete geplaas het. Na hierdie gebeure is die tyd van soetsappige onsin
waardeur die mensdom gemanipuleer was ook finaal verby en so ook die
tydperk van die vrye wil en keuse en die mensdom sal deur `n bose struktuur
met die ergste denkbare dwang beheer word.

Openbaring 681 
’n  Swart gordyn vir ’n ondeursigtige nag.

Saterdag 9 Mei 2009 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hoe swart die nag waarop soveel eons al so lank wag. 
Onrein die voete wat op die heiligdom staan om op die oordeel te wag. 
Hoe uitermatig swaar oor `n wêreld breek nou sy eie sondes drag. 
Was dit maar al O Satan wat jy in jou grootheids- illusiewaan kon vermag. 
Soos `n natgereënde hoender staan jy pateties daar in jou gloriedag. 
Wat is daar oor waarna jy nog in jou leë inhoud kan smag. 
Ja, so uitermatig swart is jou oomblik van jou kamma glorie prag. 
Nêrens meer `n bietjie lig of glans wat op `n verdoemde wêreld wag. 
Onder een sambreel wat jy nou op jou oordeelsdag van pes en honger wag. 
Miljoene lyke wat onder swart plastiek op die stoostkrapers wag. 
Deur die pes kom die dood nou grynsend vir jou lag. 
Wie van die heiliges het die lig van God saam met hul verag. 
Die brug na die verdoemenis word nou ook vir hul gesak oor die hel se grag. 
Vanuit Afrika sak oor die wêreld 'n swart gordyn vir 'n ondeursigtige nag. 
Dit is jou gloriedag O Satan 
waarin jy maar net weer in jou eie duisternis gaan versmag. 
Maar oor Sion breek My ewige uitverkore dag. 
Oor jou My kind sal My heilige engele in vreugde oor jou geboortedag vir ewig lag.
In My groot genade sien Ek jou aan met My Goddelike blik so sag. 
In die tyd van verdrukking 
moet Myne sonder twyfel of vrees op My koms in hul midde wag.
In jou donker triomfnag O Satan waar die ewige afgrond op jou wag. 
Is dit met trotse Vadervreugde wat Ek oor My pasgebore baba buk 
om haar met al My liefde toe te lag.

 

Openbaring 682 
'n Gebroke sondaar se belydenis en hulpgeroep.

Sondag 10 Mei 2009 21:41
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Smekend roep `n gebroke sondaar: O my Verlosser wil U my nie kom heel.
Verlate in my eie sondeval is niks in my totaliteit meer heel. 
In my liefdelose toestand is daar niks wat ek met ander kan deel. 
Hoe geestelik armoedig is ek tog nie in my geheel. 
In my eie selfsug het ek `n godverlate toestand vir myself verseël. 
Hoogmoedig het ek myself as `n heerser oor my naastes verbeel. 
As `n selfaangestelde regter was ek vinnig daar met my oordeel. 
Aan liefde en barmhartigheid het ek my bitter min geskeel. 
Aan `n Ander se pyn en ellende het ek my gesteur nie te veel. 
Met ander se hoop, verwagting en liefde met minagting gespeel. 
Nydig en naywerig was my tong en daarmee het ek haat en tweespalt uitgedeel. 
Op ander neergesien en ywerig afgebreek aan hul waardes en moreel.
O Watter lot het ek nie oor myself vir die ewigheid verseël. 
In `n toekomsblik kyk ek nou met afgryse na my eie selfgeskepte oordeel. 
En ek roep smekend na U om `n sondaar in `n verlore toestand te kom heel. 
Moet O God in `n geregverdigde oordeel U nie op my kom wreek. 
Deur my eie toedoen lê my siel verslaan en stukkend gebreek. 
In selfverwyt staan ek voor U hulpeloos en week. 
Maar iewers in my wese is tog `n goeie vonk van U versteek.
Anders sou ek in my smart nie my hand na U om hulp kon uitsteek. 
Daarom staan ek nou voor U om vergifnis van U af te smeek. 
By die voet van die kruis sak ek hulpeloos pateties ineen. 
Verdrietig kom ek oor al my sondes nou voor U ween. 
As `n Sondaar vra ek U; wil U my asseblief nie met U vergifnis liefde seën. 
En met U hulp en genade staan ook ek van nou af die sonde teen. 
Blymoedig sal ek nou opreg na die welstand van my naastes verneem.
Sonder om in oordeel oor hul tekortkominge te teem. 
Die hoogmoed wil ek met U hulp oorwin en my nou aan die nederigheid uitleen. 
Ja, gereinig deur U bloed wil ek nie meer as sondaar - 
maar as U kind vir ander daar staan tot `n seën.

 

Openbaring 683 
’n Gesig oor Yasser Arafat.

Maandag 11 Mei 2009 17:45  
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Yasser Arafat verskyn onverwags en met `n charismatiese houding in `n
gesig aan my. Die een oomblik glimlag hy breed en opgewonde waarna hy sy
kop laat sak om na `n akkerblaar in sy hande te kyk. Skielik verander die
blaar na pikswart en verpoeier tussen sy vingers. Hy kyk op en sy gesig
verander in die van Saddam Hoesein wat sy vingers onder sy Arabiese tulband
insteek om dit na agter, van sy kop af te stoot, waarop hy so met sy hand
in sy hare bly sit. Hy lyk verbaas en terselfdertyd diep geskok en
getraumatiseerd. Hy mompel- daar is geen oplossing nie en verfrommel en
verpoeier nog meer akkerblare tussen sy vingers.

 

Openbaring 684 
Die ondeurgrondelikheid van die Skepper.

Dinsdag 12 Mei 2009 09:19 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Oor die ewigheid het die Skepperhand deur die stand van sterre 
Sy onuitspreeklike naam geskryf. 
Die kleine onopsigtelike aarde 
is as Sy geboorteplek as die heel belangrikste planeet ingelyf.
Wie is daar wat tot sy bittere spyt - 
wil staan teenoor tyd in die ewigheid se kryt. 
In die nimmereindigheid altyd so ondeurgrondelik wyd - 
bestaan daar nêrens `n materiële denke wat `n begrip het van die regte tyd. 
Daar is geen mensehand 
wat die ondeurgrondelikheid van die Skepper neer kan skryf. 
Nog minder `n mensemond wat die warm liefdes sentrum van Elohim kan beskryf.
Daar is geen tydelike vlees wat kan vertoef in die volmaakte geestelike verblyf. 
Ook bestaan daar geen materiële vaartuig 
wat ewig deur die oneindigheid kan voortdryf. 
Elke son en planeet vergaan soos elke liggaam op die een of ander tyd. 
In hul leë agtergelate ruimte waaraan moet `n mens nou meet hul tyd. 
Maar `n uitgebrande son ondenkbaar eons gelede reeds `n lyk -
se lig skiet steeds onverpoos voort deur die ewigheid oneindig wyd. 
In die onverganklikheid van sy kernlig 
lê die geheim van alles wat om hom sou wentel se D.N.A. en data ewig opgeskryf. 
So is elke mens se naam en informasie 
in sy stoflike D.N.A. in die aarde se liggaam opgeskryf. 
Maar in die LIG van die ewige Skepperwese 
is net die name van die uitverkorenes in die Boek van die lewe, 
ja, die ewigheid se tyd opgeskryf.
Wie se naam daarom nie in hierdie ewige heilige skrif verskyn -
word weer in die kringloop van die materiële verganklikheid uitgedryf.



Openbaring 685 
Breed was die weg van die sonde.

Woensdag 13 Mei 2009 08:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar was nog altyd na die ewigheid die keuse van twee verskillende weë.
Onaantreklik was die smal weg maar so aanlokkend verleidend die breë. 
Op die breë weg word die mens onthaal op alles wat die wêreld kan gee. 
Ja, met drank en dwelms, seks en geweld, 
vir die ouer gardes selfs met koek en tee. 
Lê wyd die illusie laan waarop die mens homself laat gaan 
agter die verleiding van bose feë. 
Agter elke sonde hardloop hulle gretig aan en na hul vernietiging rek hul die treë. 
Vir dit wat die wêreld bied sê die groot meerderheid nooit nie nee. 
Ydel laat die mens hom van vroeg tot laat in wêreldmodes vir wêreldsondes klee. 
Die unieke identiteit lê gebreek, verkrag in biljoene eentonige kopieë. 
Geprogrammeer kan hul net op `n eenwêreldsisteem reageer 
en niemand voel daaroor verleë. 
Maar gedetermineerd hardloop almal voort op die wye wêreldweg 
met al hoe langer treë. 
Vir die aangebode Woord en Waarheid sê hierdie wêreld-dwase altyd nee. 
Hul spot en sê: 
Met groot vreugde laat ons- ons vir die sonde en ons bruilofsfees met Satan klee. 
Onversadigbaar na meer en meer moet die wêreld op sy breë weg net gee en gee. 
In absolute boosheid loop die geld soos breë riviere na `n nimmereindigende see. 
Onder die gewig van `n vraatsugtige wêreldpopulasie 
gee hierdie weg onder sy eie ekonomie nou mee.
Die wêreldling gryp na sy kop en roep: 
Ewig met ons verby op ons breë oorvloeds-weë. 
Aan die einde van die breede weg 
is daar nou geen begeerte om ons siel aan die hel oor te gee. 
Laat ons daarom nou vinnig oor na die regverdige smal weg toe tree. 
Nie een van hulle voel oor hierdie laakbare aksie van hul die minste verleë. 
Maar steeds in eie waan roep hul voorbarig: 
Heer o Heer na ons kan U nou maar nader tree. 
Maar nou is dit die oordeelsengele wat koud, hard en duidelik sê: Nee!  
Ja, smal was die weg wat na die Godsryk lei en versigtig was elke treë. 
Maar breed was die weg van die sonde 
wat vir jul gaan eindig in die hel se oneindige vlammesee.

 

Openbaring 686 
Ja, as `n sondaar in vergewingsnood. 

Donderdag 14 Mei 2009 18:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Verlore vanuit `n gevangenis het eens `n man 
met sy gemoed onseker stukkend en seer, 
aan die Meester van die heelalle die volgende boodskap laat weet. 
As U voorloper het ek getrou die mense oor U koms geleer. 
Ek het hul vertel U sal hul kom red en reinig van elke skeet. 
Aan hul gesê; gewas deur water moet jul voor Hom verskyn om Hom te eer. 
Daarom het ek as `n voorbeeld voor jul kom staan as `n askeet. 
In hoop en verwagting het die uitverkore volk gekom om meer omtrent U te leer.
Opgewonde in hul hoop en verwagting wou hulle alles omtrent U weet. 
Met harde woord moes ek hul meer as eenmaal keer - 
gelyk aan U wou hul my dikwels heeltemal te veel eer. 
Ek het hul vermaan en vertel as `n boodskapper was my maat vir my uitgedeel. 
Aan hul vertel ek is nie werd om U skoenriem vas te maak om U daardeur te eer. 
Ook wou ek my deur U laat was - maar U het my in my voorneme gekeer. 
Daarna het ek deur my hand met `n waskom 
`n maat van die Jordaan oor U hoof uitgemeet. 
Met die geopende sig van my gees sien ek hoe daal God se Gees 
in die vorm van `n spierwit duif op U neer. 
Dit is My seun in wie Ek `n welbehae het- 
Laat Elohim nou met Sy eie stem oor die oneindigheid weet. 
Vanuit die mond van my volgelinge ontsnap nou die grootste blydskap kreet. 
Hul jubel en juig terwyl hul getuig; ewig het ons nou die Waarheid beet. 
Slegs vir U wou hul nou volg 
en op `n paar na staan ek alleen- hul het my die rug toegekeer.
O Waarom het ook ek U nie gevolg, wat was fout met hierdie dom askeet. 
Wou ek as die voorloper my nou nie as `n naloper na U toe keer. 
Misrabel sit ek nou in my gevangenis en wil deur `n bode van U weet. 
Ja, deur my eie hoogmoed wil ek nou my onsekerheid op U, op U my God 
en ook my familielid projekteer. 
Is U werklik die Een en waarom het U van U voorloper vergeet. 
Waarom moet ek u hulp, liefde en bystand in my oomblik van nood ontbeer. 
Terwyl U in oormaat U goddelike barmhartigheid aan soveel sondaars uitdeel. 
Ja, is U werklik die een; dit wil ek nou in my verstotenheid van U weet. 
Waarom ignoreer U my, is U dalk met U uitgediende kneg verveeld. 
In `n naggesig het ek gesien ek het `n afspraak met die beul 
en ek het my dit nie verbeel. 
O help my met `n antwoord - ek weet my teregstelling word binnekort verseël. 
Maar voor sy sterwensoomblik 
het die Gees vir Johannes weer sy toekomsmaat uitgedeel.
In die verre toekoms sal jy weer `n verlore geslag van My wederkoms laat weet. 
Kleiner as die kleinste hemelkind 
sal Ek jou hierdie keer in die nederigheid kom meet - 
ja, as `n sondaar in vergewingsnood en nie weer as `n vlekkelose askeet. 
Sal jy die boodskap van My wederkoms aan `n baie wederstrewige volk kom leer. 
Net soos elke ander sondaar sal jy self alles oor My verlossingsliefde wil weet.
My hand sal ek in hierdie tyd na jou uitsteek 
en bevry vanuit die dood sal jy nooit weer my aanwesigheid en liefde moet ontbeer. 
Laat daarom elkeen op jou eindtyd missiepad duidelik die volgende weet. 
Tot uitverkiesings redding kom die MESSIAS as KONING MELGISEDEK spoedig 
op die wolke vir al sy kinders weer.

 


Openbaring 687 
'n Gesig oor die pad van verwoesting.

Saterdagnag 16 Mei 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek `n breë pad wat met `n draai oor `n brug gaan. 
Die hele pad is oortrek met enige iets denkbaar van ontwortelde 
bome tot stukke beton. So ver as wat ek kan sien ontsier hierdie 
rommel die hele weg.

 


Openbaring 688 
Die bose sonde-nuusdraer se onvermydelike oordeel.

Sondag 17 Mei 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Van Oos na Wes van Noord na Suid het die duiwel weer oor die aarde gegaan.
In nog `n vergadering aangekom word aan hom deur `n hemeljurie gevra:
Satan waar kom jy nou alweer vandaan. 
Die duiwel lag terwyl hy uittartend soos `n kapokhaan 
voor `n uitgekose hemelskare kom staan. 
Grootdoenerig steek hy sy vingers in sy kruisbande, skraap sy keel en sê: 
Die duisternis het die Lig nou heeltemal kom verslaan. 
Hoogdawerend praat hy voort; as `n aanklaer is ek hier
om voor die Skepper te kom lê die wêreld se sonde-blaam. 
Selfs die uitverkorenes ken nie die verskil tussen goed en kwaad 
en niks daarvan kan hul meer verstaan. 
Waarop daar vir hom `n antwoord soos `n bliksemslag vanuit die hemel slaan. 
Miskien het die geval van My kneg Job jou teen hierdie tyd weer heeltemal ontgaan. 
Ja, eenmaal het jy ook so uitdagend voor My kom staan.
Kruis en dwars het jy as die sonde-nuusdraer oor die hele wêreld gegaan. 
Wil jy nou dalk hierdie keer as die aanklaer van My uitverkorenes voor My kon staan. 
Hul met jou gruweltong van oordeel voor `n hemeljurie kom stukkend slaan. 
O Satan daar waar jy as die wêreldorde met jou verwronge oordeel 
oor dit wat goed is staan. 
In jou eie oë as die regerings van die wêreld tog so vernaam. 
Dit wat sleg is vir `n wêreld voorhou as die goeie in `n bose raam. 
Hul wil kom aankla oor dit waaroor jy jou behoort te skaam. 
Met hoerery, bedrog, moord en aborsie 
laat jy die wêreld in jou bose wettestelsels vergaan. 
Oor elke verbasterde daad in die vlees sowel as die geloof 
gloei jy van trots in jou duister waan. 
Maar oor `n verdrukte-onderdrukte regverdige stort jy ewig nooit `n traan. 
Maar nogtans wil jy triomfantlik as `n aanklaer 
oor My uitverkore verseëldes kom staan. 
Om My daarop attent te maak sodat ek hul met my grote oordeel moet vermaan. 
Net soos met Job wil jy dat Ek jou toelaat
om hul ewig in wanhoop tot op die ashoop van Hades te verslaan. 
O Satan hoe lank gaan jy nog voortploeter in jou ewige verlore sotheidswaan.
Om as `n teenstander teenoor My in die ewige oneindigheid te wil staan.
Vir jou tot ewige oordeel swenk en swaai die maan in haar wentelbaan - 
so harig soos `n verslete goïngsak die donker tot die nuwe, 
ja, vanaf die sekel tot die bloedrooi volmaan. 
In jou hoogmoed sal jy ewig val 
en nooit is daar iemand wat oor jou sal stort `n hartseer traan. 
Weet daarom Satan waar jy alweer nader kom met jou oordeel blaam.
Daar is niemand wat met enige beskuldiging tussen My en My verseëldes kan staan. 
Vir hul is van alle ewigheid berei die weg na die ewigheids laan. 
Maar vir jou O Satan het Ek ewig lank genoeg vermaan. 
In sak en as is dit net jyself wat na die ashoop van jou eie Hades gaan.

 



Openbaring 689 
Gesig van die swart-grys mot.

Maandagnag 18 Mei 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In `n droomgesig gebeur die volgende: Terwyl die goeie Gees Hom eers
stelselmatig maar dan al hoe vinniger van die wêreldmense onttrek, hang daar
skielik `n groteske kokon vanaf `n boom waarna dit oopbreek en `n gees in
die vorm van `n reuse swart-grys mot kom daaruit tevoorskyn - wat op haar
beurt haar eiers in al die wêreldmense gaan lê. Die lig in hul oë verdof
en almal begin soos siellose outomate op te tree.

 

Openbaring 690 
Pynlik sal wees die skeiding.

Dinsdag 19 Mei 2009 17:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za  

Judith de Beer
Twee volbloed broers sal in `n wingerd of op `n land werk. 
Die een word vir Satan en die verderf 
en die ander een vir Elohim en die ewigheid gemerk. 
Ja, so kom daar `n tyd wat goed en kwaad finaal van mekaar gaan onttrek. 
Almal wil weet hoe gaan hul die finale breek in familiebande kan verwerk. 
Baie redeneer in samewerking met die wêreld kan hul die eie veiligheid versterk. 
Maar daar is `n klein groepie wat met hul alles hul ewige heil by hul God wil beperk. 
In beide geval gaan elk hulself met hul sterkste bates versterk. 
So gaan die kwaad homself met die uiterste van al sy duister boosheid omtrek. 
Maar die goeie sal haarself met die suiwerste reinheid van die Lig deurtrek. 
Die intellek aan beide kante sal deur die verstand 
die genade van God daarin opmerk. 
Die boosheid sal dit self verhard 
om nie die liefdepyn van broederlike naasteliefde in homself te kan opmerk. 
So sal ook die goeie verstaan dat dit wat suiwer-goddelik is 
niks van die boosheid in die Goeie kan intrek. 
Ja, so sal twee by `n meul staan om samehorig tot op die laaste saam te werk. 
Maar goed sowel as kwaad 
sal een van hierdie vir hulself in `n oomblik vir die ewigheid merk. 
In hierdie oomblik sal die broederliefde homself van die mens onttrek. 
Gun daarom jouself O Sion nou die luukse van trane oor verlore geliefdes
voordat jy moet onttrek. 
Maar weet dat jou Verlosser jou in jou oomblik van pynlike verdriet gaan versterk. 
Ja, twee broers van een ouerpaar sal saam in een familie besigheid werk. 
Maar daar kom `n tyd en die een word vir die wêreld en Satan 
en die ander een vir God en die ewigheid gemerk.

Openbaring 691 
Die mens se onsterflike lewe. 

Woensdag 20 Mei 2009 00:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Waarvandaan kom werklik die mens se onsterflike lewe. 
Daal dit dalk vanuit die hemel na die aarde benede. 
Sodat die mens kan lewe om na goed of kwaad te kan strewe. 
Elke geslag vertel aan die volgende die verhale van ʼn vergane verlede. 
Hul moedig hul kinders aan om na ʼn beter toekoms te kan strewe. 
Maar in die verganklikheid van die illusie 
is al wat werklik bestaan die oomblik van die hede. 
So soek die mens voortdurend vir sy bestaan na die een of ander onnodige rede. 
Hul ervaar hulself onsterflik in die getalle van hul baie lede. 
Ja, hierin vind baie die rede vir die voortbestaan van die lewe. 
Daarom bou hul vir die groot populasies enorme stede. 
Voortdurend word hul in hul soeke na meer nou voortgedrewe. 
In hul kort lewenspan 
wil hul nie in vrees voor die armoede, ontbering en dood bewe. 
Desperaat probeer hul daarom 
na die een of ander vorm van vrede en vooruitgang strewe. 
Met genot en gemak wil hul hulself die heeltyd nou omgewe. 
Maar spoedig voel die mens homself in sy vooruitgang heeltemal verhewe, 
en ʼn hele wêreld poog om soos die beste konings te kan lewe. 
Ja in hul soeke na meer ontwikkeling in die materiële-
verloor hul kop en raak in hul pogings nou heeltemal oordrewe. 
In elke nuwe oomblik van hul lewe 
wil die mensdom nou iets nuuts belewe. 
Elke gebeurtenis en insident raak by die dag net al hoe meer omstrede. 
Die mens omskep sy kosbare lewe
in ʼn illusiewaan waar hy na niks en nêrens swewe. 
O vanwaar kom die kosbare lewe 
en na wat is dit waarna dit ewig strewe. 
Waarom laat die dood en die vernietiging die mens altyd in angs so bewe. 
Ja waarom wil die mens in sy soeke 
sy kosbare lewensgees in die dood van die begeerte na die materiële begewe. 
Waarom nie eerder sy kringloop in eenvoud en liefde voltooi 
om so weer na die oerbegin van die onsterflike lewe te kan strewe.

 

Openbaring 692 
Die “Oxford-English show must go on”
Donderdag 21 Mei 2009 08:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
“The show must go on” ja die wêreldvertoning gaan voort. 
In een mandjie word alles deurmekaar gegooi elkeen na sy eie soort. 
Sodat dit aan ʼn Nimrodstelsel, ja, ʼn eenwêreldkomplot kan behoort. 
Met goedbeplande toesprake word deur gemoduleerde spreekbuise 
Satan se agenda aan ʼn dom wêreld verwoord en verkoop. 
Almal jubel en juig en sê: 
Met hierdie hoogdawerende intelligensie wil ons vereenselwig, 
ja, daarmee gaan ons akkoord. 
Aan ʼn skyn gepoleerde eenwêreldstelsel 
wil almal nou hoogmoedig maar sinneloos behoort. 
Vloeiend vloei vanuit die algemene politieke mond die 'Oxfordengels' 
en almal gaan met ʼn eenwêreldtaal akkoord. 
In globale eenheid poog almal om as ʼn enkel soort 
in Satanshoogmoed bymekaar te kan hoort. 
Om ʼn enkel liggaam trek Satan om die wêreld 
al hoe stywer die strop van sy besittings koord. 
So stil-stil sonder enige merkwaardige bloedverlies 
geskied wêreldwyd nou die grootste identiteits volksmoord.
Verkrag in grys lê die verskeidenheid van kleur en geur, ja, die smaak en spys 
wat het eens as ʼn godgegewe geskenk aan almal behoort. 
Almal praat nou gekultiveerde Engels en poog na ʼn illusie standaard 
waaraan hul nooit as ʼn unieke soort sal kan behoort. 
Maar die einde van ʼn tydvak is hier 
en die spreiligte is besig om hul glans in ʼn oneindige duisternis te verloor. 
Maar die “show must go on” 
ja, die politieke vertoning gaan tot op die bitter einde voort. 
Satan delegeer 
en almal wil in ʼn rol homself in hierdie belaglike politieke wêreldvertoning vertoon. 
Solank goed uitgewerkte toesprake deur aangeleerde gemoduleerde aksente kom 
as die misplaaste woord, 
skreeu ʼn hele dom wêreld; 
aan hierdie intellektuele belaglikhede wil ons met ons hele hart en siel behoort.



Openbaring 693 
Liefdadigheid begin nié in jou eie huis.

Vrydag 22 Mei 2009 04:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Al hoe nouer om elke lewensvonk spiraal die Liefdeskring- 
om die essensie van sy oorsprong en bestaan na vore te 
kan bring. Is dit vanuit die koue ruimte na ʼn warm sentrum 
wat die liefde probeer indring of word vanuit die warm 
liefdes-sentrum die liefde na ʼn koue buite atmosfeer gebring.

Met die warm sonskynstrale vanuit die ruimte word ʼn koue 
wintersoggend verdring. Sodat ʼn koue klein voëltjie sy warm 
liefdesminneliedjie vir ʼn nuwe dag kan sing. Van binne na 
buite of buite na binne- hoe dit ookal sy- die liefde is ʼn 
weerkaatsing van homself wat alles deurdring. 

Die sterkste sal oorwin- so klink die oorwinningslied wat die 
natuur nog altyd sing. Maar die beelddraers van Elohim sing: 
Laat ons die swakstes onder ons eerste huistoe bring. Ja, om 
te troos, versorg en onderhou was nog altyd die ware liefde se 
eerste prioriteit en nering. 

Maar as teenstander hiervan staan die dood om in die eie oorlewing 
die naasteliefde te verdring. In hierdie eieliefde manifesteer Satan om 
homself in die selfsug na vore te kan bring. 

So klink die lied wat die eieliefde homself nou toesing:

Kyk, in my eie oorlewing en lewensbehoeftes staan ek teenoor 
niemand te gering. In die versorging van myself en my gesin 
word net die beste van alles na ons gebring. So sal ek my tyd 
op hierdie aarde met die liefde vir die dooie materie deurbring. 

Nouer en kouer sirkel nou om hierdie kosbare Lewensliefdesvonk 
in ʼn al hoe kleinerwordende kring. So word telkemale die essensie 
van die lewensoorsprong maar net weer na die koue onpersoonlikheid 
van die ewige dood teruggebring.


Openbaring 694 
Deur eie eersug het hierdie volk gefaal.

Saterdag 23 Mei 2009 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Stuiptrekkend  – geslag lê die karkas in hierdie tydvak se heel laaste uur.
ʼn Eens Goddelike veelsydige volk 
staan met sy rug verslaan teen die muur. 
Ja, met bebloede knieë kruipend voor ʼn wêreldorde, stukkend geskuur.
Godverlate staan hul sonder enige hoop en verwagting 
ʼn leë toekoms en intuur. 
Ewig nooit word vir ʼn vreesagtige oorloper hulp vanuit die hemel gestuur. 

Lank gelede is hierdie heilige volk ook as slawe 
gratis aan hul onderdrukkers uitverhuur. 
Ja, heilige instrumente en voorwerpe
is na onrein afgodstempels oorgestuur. 
Maar onder die grootste druk het Daniël sy God bemin 
al het hy wát verduur. 
Tot sy ewige redding 
het God se Engel saam met hom deurstaan die teregstellingsvuur. 

Teenoor ʼn populasie-massa het hy sy God nie versaak 
en in die kuil van die dood kon geen rasende leeu 
hom in bloedlus aangluur. 
Ja, vreesloos het Daniël vir sy Elohim gestaan - sy knieë nie een oomblik voor koninklike druk gebuig in sy mees benouende uur. 

In ʼn toekomsblik is aan hom gewys hoe sou ʼn verre uitverkore volk 
voor ʼn wêreld se Mammon goue kalf, hul verhouding met hul God versuur. 
Dit nadat die beste land ter wêreld aan hul gegee was om te bestuur. 
In grondstowwe was daar meer rykdomme 
as wat hulle ooit sou kon verduur. 

Maar as "geëerdes" wou hul eerder 
met die grotes van die wêreld skouer skuur. 
Met ʼn stemreg het hul verkies om hulself as goedkoop slawe
aan ʼn oorkoepelende eenwêreldorde uit te verhuur. 
Maar in ʼn komplot-brousel raak die pappot mos altyd baie vinnig suur. 

Lank gelede het eens ʼn Daniël, Hanánja, Misael en Asárja
dapper vir hul God en vaderland probeer staan in hul mees benouende uur. 
Maar trapsgewys deur die toedoen van ʼn de Klerk, P. Botha, 
van Schalkwyk, Mulder en vele meer, 
word ʼn heilige volk nou deur onrein voete vertrap en tot stof geskuur. 

Maar eens is daar gesweer en ʼn tyd, tye en ʼn halwe tyd het gekom 
om tot op die bitter einde te verduur.
In hierdie tyd word dit wat heilig is met bloed en trane 
vir die ewige tempel in die nuwe Jerusalem skoongeskuur. 
Maar dit wat vuil is, word saam met die onreine 
na die ewige vernietigingsvuur gestuur. 

Staan daarom vas O Sion; vanuit ontelbare menigtes 
is julle as ʼn Goddelike huurling vir hierdie tydsfase gehuur. 
En ook jy, O' Daniël, staan weer onwrikbaar saam met Migael 
tot hulp vir hierdie uitverkorenes in hul midde deur Myself gestuur.


Openbaring 695 
'n Gesig van twee mans op perde.

Saterdagnag 23 Mei 2009 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za   

Judith de Beer
In ʼn droomgesig gebeur die volgende: Twee mans op perde 
deurkruis die see. Die water is half deursigtig en vlak - op verskeie 
plekke op die bodem van die see, sien mens verwoeste stede. 
ʼn Gedagte kom op dat die perde die lang swemtog nie gaan oorleef nie 
waarop die een man onverwags antwoord; jy dink dit maar hierdie perde 
het al deur die diepste waters gegaan en hulle kom niks oor nie.


Openbaring 696 
Die raaisel om Daniël.

Sondag 24 Mei 2009 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer

Sommige onder julle wonder waarom daar in ʼn vorige openbaring na 
Daniël in die vuur verwys word en so terloops antwoord Ek dat die 
betrokke stelling handel omtrent Daniël, die Engel en die 
teregstellingsvuur en nie omtrent sy drie vriende in die vuuroond nie. 
Maar indien een van julle op jul beurt bietjie meer lig op die volgende 
vraag kan werp, kan Ek dit dalk oorweeg om op My beurt die sluier 
so ʼn bietjie meer oor die dieper geestelike betekenis hiervan te lig. 

Waar wás Daniël wat op daardie stadium ʼn baie pertinente rol in die 
hofhouding van Nebukadnésar gespeel het en daarom direk 
betrokke was en self ook onder die proklamasiewet sou val, 
waarna elke landvoog, bevelhebber, goewerneur, raadsman, regter, 
hoofamptenaar, bestuurder en skatmeester, met ander woorde, 
die hele parlement van daardie tyd, beveel was om die betrokke 
geleentheid by te woon. 

Nêrens word melding gemaak dat iemand verskoon sou word, met die 
bywoning hiervan sowel as die uitvoering daarvan nie. Die koning het 
bevel gegee dat elke mens met die aanhoor van die geluid van die siter, 
luit, harp, doedelsak sowel as elke ander musiekinstrument neer moes 
val en hulle uitstrek om die goue beeld te aanbid. Doof was Daniël beslis 
nie sodat hy dit nie dalk as verskoning kon aanvoer om nie die Babelse 
lawaai te kon hoor nie. Ook het Daniël juis as ʼn voorbeeld vir die blakende 
gesondheid gestaan en was dit daarom ook nie moontlik dat hy as gevolg 
van die een of ander siektetoestand afwesig kon wees nie. 

Op Daniël se versoek is sy drie vriende aangestel oor die bestuur van 
die provinsie Babel - waarom was hynie betrokke by hul weiering om 
neer te val en die goue beeld te aanbid nie. 

Ja, hoekom skitter Daniël so op hierdie geskiedkundige geleentheid 
in sy afwesigheid.

 

Openbaring 697 
Nebukadnésar se droombeelde toé en nou.

Maandag 25 Mei 2009 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So kom ʼn wêreld globaal as ʼn eenliggaam maar net weer bymekaar. 
Om hul eenparig teen die outoriteit van die ewige Lig te kan skaar. 
Uit ʼn brokkie hier en ʼn stukkie daar 
staan die droombeeld weer saamgeflans nou klaar. 
Met soveel moeite kry Satan elke keer maar net ʼn drogbeeld uitgebaar. 
Met sy hoof van goud en drekvoete van yster en klei 
staan hy grotesk weer daar. 
Om hierdie drog-eenheid is ʼn hele wêreld besig 
om hul eenparig saam te skaar. 
Om knielend en aanbiddend na die werke van hul eie hande te kan staar. 
So kom die verlede en die hede,
ja, primitief en modern sonder ʼn toekoms bymekaar. 
Oor duisende jare was daar geen geestelike ontwikkeling 
en groei by die mens sigbaar. 
Hoeveel tydfases moet nog kom en gaan 
voordat die duisternis in die mens gaan opklaar. 
Gaan die mens soos ʼn selfverdoemde vlieënde Hollander 
ewig agter goud en handel vaar. 
Kom daar ewig nooit ʼn tyd wat die mens sal sê aan rykdomme 
het ons vir eens en altyd genoeg opgegaar. 
Maar die skrif is aan die muur 
en geweeg en te lig bevind staan geskryf met goddelike hand weer daar. 
ʼn Eenwêreldboom het lank genoeg sy onsuiwer bastervrug 
vir ʼn hele wêreld bewaar. 
In waansin sal hierdie orde saam met sy selfgeskepte Raka 
na ʼn eie ondergang heen staar. 
Hierdie keer word daar geen penwortel 
vir ʼn moontlike latere herstel bewaar. 
Ja, die skrif is aan die muur 
en ʼn enorme eenwêreldorde beeld 
raak vir sy gebreklike swak voete nou te swaar.
En ʼn uitgeputte wêreldekonomie sug swaarmoedig en sê: 
binnekort is dit met my ook ewig klaar. 
Maar die groot gruwel lag en sê: 
in die dag van jou afsterwe staan ek in jou plek klaar reeds daar. 
In ʼn stikdonker duisternis 
sal die nag oor ʼn verlore wêreld nooit weer kan opklaar. 
Maar tot oordeel staan vir hierdie laaste fase 
die sewe Geeste van Elohim voorbereid reeds daar. 
In eenheid vat hul mekaar se hand 
om God se uitverkorenes ewig te kan bewaar. 
Die bewoners van die nuwe aarde sal ongeskonde maar gelouter 
deur die eindtyd teregstellingsvuur gaan 
en ewig kom hul in die Nuwe Jerusalem bymekaar.

 

Openbaring 698 
Hoé kon jul My nog nooit gewaar?

Dinsdag 26 Mei 2009 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Moeg teen homself baklei en leeg gestry 
staan gestroop die mens alleen nou daar. 
Hy was hier en hy was daar maar oral op sy pelgrimsreis 
het hy na nêrens heen gevaar. 
Hy vra van hier na waar - so lank so moeg – 
na leë wolke heen gestaar. 
Twee millenniums het gekom en gaan 
en elke jaar het leeg in homself verjaar. 
Ook seisoene het gekom en gaan 
en in hierdie herfs val ookal weer die laaste blaar. 
Tweeduisend jaar waarin elke nuwe geslag hoopvol vra 
Hoe lank moet ons nog na die leë wolke staar. 
Vir ons tot reddingshoop is vanuit hierdie aarde 
eens God se kind gebaar. 
Om maar net weer tot ons verdriet 
in die wolke van die wêreld weg te vaar. 
Ons het die voorwerp van ons liefde nog nooit gesien – 
maar ons het U lief dit is raar maar baie waar. 
Maar in die oorkoepelende wêreldbevolking 
het die duisternis die lig kom verdring, 
die moed gebreek en die hoop is klaar. 
In sy boosheid is die wêreld besig 
om die een gruwelsonde op die ander uit te baar. 
So raak in hierdie verskriklike tyd 
die laaste naasteliefde ook op en klaar. 
ʼn Kleine kudde wat desperaat nou vra; 
hoe lank moet ook ons nog na die leë wolke staar. 
Voordat ook ons na benede val 
soos die dorre- herfs se heel laaste blaar. 
Maar saggies streel Ek oor die hoof 
van hierdie baie kosbare kleine kinderskaar. 
Saggies fluister Ek deur My Gees: 
My liewe kind van die oerbegin staan Ek reeds 
in die sentrum van jul wese tot jul redding ewig daar. 
Hoe is dit moontlik dat jul My nie in die lewe 
van jul eie godgegewe identiteit kan gewaar. 
Ja, op die geesteswolke van jul harte 
staan Ek ewig nog altyd daar. 
Ek wink en waai en nooi jul om saam met My 
in die onmeetlike liefde te kom baljaar. 
Eens het Ek in die wolke van verdriet 
van die mens se fisiese sig weggevaar. 
Maar nog nooit het Ek ʼn kind van My verlaat – 
in My Gees was Ek vir elkeen van julle nog ewig altyd daar.



Openbaring 699 
Maak dié ook jou verhaal.

Woensdag 27 Mei 2009 13:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Lank gelede was daar eens ʼn man van durf en daad – 
as ʼn man van die veld was hy gelouter tot die suiwerste staal. 
Oral waar hy gaan het sy manlikheid viriel vanuit hom gestraal – 
oor sy buitensporige krag sowel as die van sy seuns
was vertel menig baie verhaal. 
Oor elke mensgemaakte wet het hy met die grootste minagting gesmaal. 
Hy sou eerder sterf voordat hy vir ʼn aalmoes op sy knieë moes neerdaal. 
As die man van die veld was hy bykans altyd met stof oortrek so vaal. 
Met ongekende krag het hy homself dikwels speels onder ander 
se bagasie soos ʼn lasdier opgesaal. 
Maar aan geen tempeldienaar het hy homself ooit tot hulp beskikbaar gestel – 
maar met ʼn knorrige antwoord was hy altyd vir hul oorgehaal.
Terwyl hul op hul beurt weer minagtend oor sy intelligensie kon spot en smaal. 
Met ʼn kaal bolyf en spiere wat bult het hy sy manlike krag so pragtig uitgestraal. 
Ja, uit hierdie ongekompliseerde wese 
het die wydheid en reinheid van God se velde gestraal. 
Simon van Cirene was ʼn man van durf en daad gemaak met ʼn wil van staal –
en daar was niks of niemand 
wat hom in ʼn oomblik van swakheid op sy knieë kon laat neerdaal. 
Maar eendag het hierdie wagter van die veld hout vir ʼn arm weduwee loop haal - 
op sy pad kruis hy ʼn paar manne wat met mekaar praat in die Hebreeuse taal. 
Een van hulle trek sy aandag 
en hy kyk vas in ʼn paar oë wat die mees ongekende LIEFDE uitstraal – 
swak laat hy nou sy vrag val 
om op sy knieë voor die Groot Liefde in die stof van die aarde neer te kan daal. 
In ʼn enkele oomblik is hierdie kragreus deur die liefde oorwin 
en hy wou hom nie een enkele oomblik daarteen staal. 
Hy het nou net geleef vir die oomblik wat sy ewige Meester hom sou kom haal. 
Vanaf daardie oomblik het Simon almal wat wou luister onthaal 
op sy goddelike liefdes verhaal. 
Die tempeldienaars het gespot en lag met sy opregte maar gebrekkige lippetaal.
Tong in die kies het hul gesê; 
die moroon van die veld wil hom ook nou vir die kamma Messias laat haal. 
Maar ʼn begeerte het in Simon ontbrand 
om God met iets van homself vir Sy oneindige liefde te betaal. 
Maar behalwe sy bomenslike fisiese krag 
het hy niks anders gehad om vir sy God uit te kon haal. 
Maar spoedig kom daar ʼn dag 
en spottend word hy deur die tempeldienaars vir ʼn sekere taak laat haal. 
En met sy hele hart en al sy manlike krag 
skuif hy saam met God onder die folterpaal. 
Oor hierdie liefdesdaad van Simon van die veld 
het ʼn stilte oor wenende engeleskares neergedaal. 
Ja, oor ʼn man gebou met vlees van yster en staal – 
deur ʼn enkele goddelike liefdesblik het hy sy eie manlike krag gefaal. 
Maar daardeur het hy die ewige liefde vir homself op die hals gehaal. 
Maak daarom die verhaal van Simon van Cirene julle eie persoonlike verhaal – 
en wees kragtig die dag wanneer ʼn wêreld met sy oordeel 
jul tot diens vir jul Elohim kom haal.

Openbaring 700 
Wie sal werklik hierdie woorde kan verstaan.

Donderdag 28 Mei 2009 11:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ewig waai die wind nog net waar dit wil - 
maar voor die outoriteit van God staan dit skielik stil. 
Wie is daar onder die mens wat as magtige mans voor My wil kom staan - 
om hulself te verontskuldig en sê ons het geen deel aan die eindtydblaam. 
Waar is die wat saggies in hul harte na My roep nederig en stil - 
My eerbiedig toefluister; O my God alleen U grote wil. 
Maar in groot getalle kom die mens om My te beïndruk 
nou voor vals profete staan - 
hul weet al hul slim plannetjies vir die wêreld is nou na die maan. 
Hoe duister was nog altyd ʼn wêreld se hoogmoeds-sondebril. 
Waarom skrik hul nou dat die wêreld saggies onder hulle begin te tril. 
As groot profete wil almal nou skielik op die hoogste verhoog kom staan - 
maar nie lank gelede terug 
het hul die hele wêreld oor nuwe profesieë vermaan. 
Dit is mos maklik om te sê die ekonomie is nou na die maan - 
terwyl dit en ander infrastrukture reeds begin vergaan. 
Ja in sy hoogmoed bly die mens se hart ewig altyd kil - 
hul wil ander leer maar voor elk van hul oë hang daar die digste skil. 
Niemand probeer hard genoeg om in God se liefde oor te gaan - 
maar desperaat probeer almal om heel voor in die lyn te kan staan. 
Spoedig kom die dag 
en my sagte fluistering raak binnekort nou koud en kil - 
die wat heel voor staan word agtertoe gedwing en dit is God se wil. 
Drie keer kraai die haan en die mens word nog 'n maal vermaan - 
hoekom is daar so min wat werklik hierdie woorde kan verstaan.