Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.


Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek. 
© 

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 50 
Selfs die mens word nie ontsien nie. 
15 Julie 2007 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Vanuit homself is die mens nie in staat om die mees eenvoudige, 
enkelvoudige sel of atoom te kan skep nie. Huidiglik onder die 
aanvoering van satan, word My molekulêre boustene deur die 
wetenskaplikes, met arrogante brutaliteit in hulle uiters delikate 
oeroue vasgestelde ordes versteur en die daarvan vasgestelde 
intelligensies, word deur genetiese manipulasie heeltemal 
omvêrgewerp. 

Selfs die mens, die kroon van My skepping, word nie 
ontsien nie. Menslike fetusse, word vir die oes van 
stamselle, onder die dekmantel van "alternatiewe 
mediese medikasies" gekweek. Die feit dat elke 
embrio, die oomblik met bevrugting, 'n lewende 
siel geword het, om ook as 'n volmaakte menslike 
wese sy weg oor die aarde te kan gaan, skeel hulle 
min. 

Alle ordes, of dit nou minerale, plante of die diereryk is 
is huidiglik heeltemal versteur, en skaterend weerklink 
die hoonlag van satan, wat homself weer bokant My 
Heerskappy probeer verhef het. Hiermee saam lui die 
doods klokke vir 'n verlossings- en beskawingsperiode 
en die gebeier van hierdie klokke weergalm oor die hele 
oppervlakte van die aarde en Ekself sal antwoord op die 
klaaglied van elke versteurde klein atoompie, wat vanuit 
My skepping opklink in My oor. 

Met 'n vernietigende oordeel, sal Ek hierdie aarde van 
alles wat onrein is skoonvee, om weer as 'n volmaakte 
gereinigde aarde, oor 'n lang vredes- en verlossingstydperk, 
aan sy doel te kan beantwoord, om weer as 'n gesuiwerde, 
rein opleidingsplaneet vir My toekomende kinders te kan 
dien.


Openbaring 51
Is Elia dan belangriker?
16 Julie 2007 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Omdat jy self, asook andere wat jou gereeld hieroor pols, meer 
wil weet oor die verskyning van Elia in hierdie eindtye, sal Ek ʼn 
bietjie meer lig oor hierdie onderwerp gooi. Siende dat sommiges 
onder julle meer opgewonde is oor die verskyning van hierdie 
profeet, as My wederkoms self, sê Ek die volgende:

Hoeveel maal moet Ek nog die belangrikheid van die Goddelike 
ordes wat in alles en almal is, beklemtoon? Soos wat die liggaam 
in al sy dele noodsaaklik is vir die voortbestaan van ʼn volgende 
liggaamsdeel, om ten slotte as een lewende liggaam te kan 
funksioneer, net so is My hele skepping, in al sy onderdele van 
mekaar afhanklik. 

Huidiglik is elkeen van julle hier op aarde teenwoordig, om sy 
stukkie "legkaart", in My groot ewigheidsplan te kan vind; om 
hierna sy regte plek in te neem en so werksaam in sy of haar 
orde te kan raak. 

Om terug te keer na een van My aartsengele, wat onder die naam 
Elia, as ʼn beliggaamde mens, ʼn spesifieke taak vir ʼn sekere tydvak 
kom verrig het, sê Ek: Ja, hy sal in samewerking met meeste van die 
Ou Testamentiese sieners en profete, as ondersteuning behulpsaam 
wees by die moderne "martelare" van hierdie grootste onderdrukkings- 
en verdrukkingstydperk.

Daarom sê Ek aan die wat ʼn vermoede in hulleself huisves, dat hulle 
as die een of ander groot gees vir My werksaam in hierdie tye gaan 
wees: Raak eers kleiner as die nederigste kind, sodat julle vir My 
bruikbaar kan raak.


Openbaring 52
'n Versteurde ou orde.
17 Julie 200706:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Daar is ʼn gesegde wat lui, dat alle riviere na die see loop. En 
net so doen al die giftige afval en die groot reservoir van die 
aarde is besig om in ʼn afval-stortingsterrein te verander. Die 
oeroue ondergrondse bronne word ook nie gespaar nie en 
om rekord oeste te verseker, word daar van massas gifstowwe 
gebruik gemaak, om die verskillende gewasse teen peste te 
beskerm. Hierdie gifstowwe dreineer weer deur besproeiing 
en reën terug in die onderaardse waters in. 

ʼn Suiwer kabbelende stroompie het ʼn rariteit geword, en dit 
omdat die mens ʼn onversadigbare vraatsug na rykdom het, 
wat sy uiting grootliks in mynbou het. Hierdie myne raak 
onverskillig ontslae van afval, deur dit in riviere in te pomp.

Nog minder word die lugruim deur mynbou-afval gespaar, 
wat op sy beurt die natuurlike suiweringsproses, deur middel 
van distillasie onbruikbaar maak, omdat ʼn besoedelde atmosfeer 
die skoon waterdamp absorbeer en giftige reënbuie stort op die 
aarde neer.

Die gevolge van kernafval in die water het so ʼn geweldige nadelige 
omvang, dat dit onmoontlik is vir julle om te begryp en daarom 
laat Ek dit vir eers daar. Ook die poolys, wat deur My Wysheid 
as suiwer water reservoir, vir die aarde gespaar is, smelt teen ʼn 
geweldige tempo, omdat aardverwarming by die dag toeneem. 
Weereens as gevolg van die versteurde natuurlike verkoelings 
orde, wat deur die waters van die aarde, tot nou toe in standgehou 
was. Weereens bewys dit, wanneer daar iets in My Ordes versteur 
raak, dit ʼn onherstelbare kettingreaksie tot gevolg het. 

Om hiermee af te sluit, nooi Ek nou graag al die baie wyses van 
die aarde, met hulle briljante wetenskaplikes nader, wat tog so 
graag met esel-ore na die slim influisteringe van satan luister. 
Ja, Ek nooi hulle nader om hierdie enorme onoorkomelike 
probleem te kom oplos en Ek vra julle, hoeveel maal gaan julle 
nog die vrot rioolwater, met die mees giftige chemikaliese stowwe 
suiwer, om dit weer aan die stomme mensdom te gee om te drink. 
Daarom is dit vir My slegs moontlik om deur ʼn totale verwoesting, 
'n versteurde ou orde weer nuut te maak.


Openbaring 53
Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend.
18 Julie 2007 16:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar is miljoene mense op hierdie aarde wat dink dat die eindtyd 
profesieë slegs leë fabels is wat gebruik word om die mensdom 
die skrik op die lyf mee te jaag en dat dit nie werklik gaan plaasvind 
nie. Ek verseker julle egter, dat so seker as wat julle op hierdie aarde 
gebore is, so seker gaan julle ook sterf. 

Net so seker was daar ʼn begin van hierdie verlossingsperiode en 
so gaan dit ook tot ʼn einde kom. Soos wat die eerste aartsvaders 
die geboorte van hierdie verlossings tyd waargeneem het, so gaan 
julle geslag dit sien sterf.

Met die aanhoor van hierdie vermaninge, stop nege-en-negentig 
uit ʼn honderd mense hulleself die ore toe, uit die een persent wat 
bereid is om met ʼn halwe oor hierna te luister, gaan daar slegs 
weer een uit ʼn honderd van hulle gered word. ʼn Slim wiskundige 
sal nou begin saamstem dat ons al nader aan die getal van 
Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend uit ʼn wêreldbevolking van 
biljoene kom.

Vanuit hierdie oorbevolkte aarde kom daar daagliks slegs ʼn paar 
halfhartige gebede en daarmee moet Ek tevrede wees, terwyl daar 
elke dag, honderdduisende grumoorde, selfmoorde, aborsies, 
verkragtings, verminkings, diefstal en roof plaasvind, ja, daar 
is te veel om op te noem. Die regerings se bydrae om hierdie 
misdaad hok te slaan, is om met omkopery en korrupsie vinnig 
ʼn paar Rand daaruit te maak, en dit deur middel van ʼn walglike 
regstelsel.

Wat die Christendom met hulle kerke en leraars betref, word 
hierdie sondes, paaiend onder die mat gevee met die volgende 
gewilde en gerusstellende woorde; "God het vir al julle sondes 
en gruwels op die kruis gesterf", en hiermee word sonder enige 
verdere woorde, die groen lig aan hulle gegee om maar voort te 
sondig, en My grootste Liefdesdaad ooit, word tot ʼn goedkoop 
gesegde gemaak, om elke gruwel te kan regverdig.

My Liefdevolle vermaninge word laggend in die wind gegooi en 
My Liefde word spottend vertrap. Daarom is dit nie Ek nie, maar 
die wêreld homself wat hierdie laaste oordeel oor hom bring. 
Die eerste skaal staan gereed om te val.


Openbaring 54 
Wie is elke een van ons werklik?
19 Julie 2007 19:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Alles in My oneindigheid swyg in stille verwondering oor die 
lewende energie wat deur ewige ruimtes in alle ewighede invloei 
en wat afkomstig is uit die blydskap van My Vaderhart, oor die 
geboorte van ʼn hemelse kind op hierdie klein aarde.

Eens op ʼn tyd in die hemele, ten aanskoue van oneindige 
hemelskares, is daar vergadering gehou en daar was sekere 
uitverkore geeste teenwoordig wat met My ʼn kontrak aangegaan 
het. Hierdie engele het onderneem, om net soos wat Ek as mens 
oor die aarde gegaan het, dieselfde te doen. Nie een het homself 
ontsien nie en het ʼn moeilike menslike kruis wat baie versoekings 
insluit, vir hulself gekies. 

Hierdie hemelwesens het al hul Godgegewe mag asook 
hul selfkennis vrywillig neergelê en is as swak onbeholpe 
mensekinders op hierdie aarde gebore en ʼn baie moeilike 
weg het hulle oor hierdie aarde gegaan en niks is hulle 
gespaar nie. Die wêreld het met lis gelok en wesens van 
groot naam het hard geval, maar telkemaal het Ek hulle 
self met die Hand opgehelp. 

Die tyd het nou ryp geword en daar is onder hulle sommiges 
wat iets begin vermoed, wat die oeroue liefde vir My onwillekeurig 
laat ontvlam en met vurigheid getrou aan hul aard, wil hulle weer 
lojaal werksaam in hul ordes raak vir My en uit engele kom daar vir 
My nou liefdevolle kinders uit hierdie wêreld voort en sal vir My in 
slegte tye, getroue Israeliete in ontsaglike gevare help bewaar. 

En so word daar uit hierdie eerstelinge vir My ʼn priester-kind 
gebaar en My Melgisédek koningskind, sal vir ewig saam met 
My oor My hele skepping waak.


Openbaring 55 
Om terug te keer na ons Vader.
21 Julie 2007 10:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
"Aan my het U nooit enige slagding gegee, sodat ek saam met my 
vriende kon feesvier en vrolik wees nie". So het die seergemaakte 
verwyt van die oudste seun aan sy vader in die gelykenis van die 
verlore seun geklink. 

Met hierdie tikkie jaloesie aanskou My getroue diensknegte 
die vreugdevolle tuiskoms en ontvangs, waarmee Ek die eens 
gevallene mee terug verwelkom. Onder die rebellie van Lucifer, 
het ʼn derde van die hemelse skares teen My gerebelleer, terwyl 
die res getrou en werksaam in hulle ordes onder My heerskappy 
gebly het. 

By hierdie dienare het ook die groot begeerte ontstaan om as 
geliefde kinders aan My Vaderbors getroetel te word. Sodat ook 
hulle hierdie hoogste saligheid kan ontvang, staan Ek hierdie 
versoek aan hulle toe, om ook die aardse versoekings-pad in 
die vlees te kom bewandel. Om sodoende ook die verlossende 
genade van My kruisdood te kan ontvang en daardeur nie meer 
as dienende geeste nie, maar as dierbare kinders, vreugdevol dig 
teen My Vaderbors ontvang te kan word.

Weet daarom dat dit die hoogste saligheid is, om ʼn kind van My, 
die Hemelse Vader, genoem te kan word.


Openbaring 56 
Ons ondergang.
22 Julie 2007 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Twis, tweedrag en jaloesie, was nog altyd die mees pertinente 
eienskappe van julle baie kwesbare klein volkie en die daarmee 
gepaardgaande hoogmoed was die spykers in julle volk se 
doodskis. Neem al die bogenoemde eienskappe, voeg nou die 
manlike ego daarby, verbind dan hierdie eindresultaat in die eg 
met een van sy vroulike soortgenote, van wie die ydelheidsvlag 
baie hoog wapper en siedaar- met ʼn verwronge opvoedings- 
metode word telgies vanuit die onderste hel gebore. 

Omdat My Gees altyd nog by hierdie wêreldse ouerpare ontbreek 
het, word daar 'n valse godsbegrip by hulle opvoedings-metodes 
ingekweek, waar die "godheid" as ʼn verbruikers artikel voorgestel 
word, om na willekeur in die mens se emosionele behoeftes te 
voorsien. Ongelukkig word die "leiers van more", altyd uit hierdie 
sogenaamde hoër samelewingsvlak gekies en vanuit helgesante 
kom daar wette en besluite voort, wat die res van die bevolking, 
altyd baie sleg beïnvloed wat ook die oorsaak van julle huidige 
baie kritieke dilemma is. 

Hieraan is die oorgroot meerderheid van julle Boerevolk, self 
skuldig. Vanuit julle eie hoogmoed stel julle vir julself dom en 
onbevoegde leiers aan en by nou weet julle, wat die eindresultaat 
hiervan is. Weet daarom dat Ek self die outoriteit gaan neem, om 
die toekomende leiers onder julle te salf. Hulle sal My nederiges 
van hart wees.


Openbaring 57
Goddelike vreugde en droefnis.
22 Julie 20:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Omdat elke mens ʼn onbeperkte wese met karaktertrekke uniek 
aan hom of haarself is, sal elkeen hierdie boodskappe wat deur 
jou ontvang word, volgens sy eie persoonlikheid interpreteer. 
Daar is nie twee onder julle wat liggaamlik, sowel as geestelik, 
identies is nie. Die rede hiervoor is dat julle die Goddelike 
eienskap van indiwidualisme, binne julleself huisves. 

In My oneindige skeppingsruimtes is daar ondenkbaar baie dooie, 
sowel as lewende, planete en geestelike gebiede, waar gees en 
materie, gekombineerd of afsonderlik van mekaar ontwikkel. 
Vanaf die kleinste atoom of organisme, dwarsdeur die plante 
en diereryk tot en met die heel grootste planetêre son, opereer 
alles binne hulle vasgestelde ordes. 

Die mens gebore op hierdie aarde, het egter die voorreg om met 
ʼn vrye wil, binne sy of haar indiwiduele orde te kan beweeg en 
self te ontwikkel. Hierdie ontwikkeling word egter baie fyn vanuit 
die geestelike wêrelde gemonitor en die eindresultaat is bepalend 
vir die mens se ewigheidsbestaan. 

Ek is ʼn Enige God en daar is niemand soos Ek nie, daarom het 
elkeen wat na My beeld op hierdie aarde as ʼn potensiële Goddelike 
kind gebore is, hierdie eienskap van My binne homself en daar 
was, is of sal nooit weer een soortgelyk en uniek soos elkeen 
van julle wees nie. 

Verstaan daarom My onuitspreeklike vreugde oor die lewens-
oorwinning, wat een van julle met die hulp van My genade bereik 
het, om sodoende as ʼn Goddelike kind deel te kan wees van My 
ewige Goddelike huishouding. Weet ook daarom die 
onuitspreeklike droefnis van ʼn Vaderhart wanneer een van Sy 
onvervangbare Godgeskape kinders vir ewig verlore gaan.


Openbaring 58
My Gideonsbende.
24 Julie 2007 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Met lis het satan oor ʼn kort periode van minder as twintig 
jaar, julle van alles, wat julle uit My hand ontvang het, 
beroof. Ja, dit sluit nie net julle land en rykdomme in nie, 
maar ook julle geloof, standvastigheid en integriteit, het 
in die slag gebly. 

Waar die duiwel sy hande nou ingenome staan en saamvryf en 
hom gereedmaak vir ʼn enorme industriële inval in die Suidpunt 
van Afrika, vir die oes van julle ryk minerale bronne, daar slyp 
hy ook sy tande- vir die misbruik van die oorblyfsels van My 
suiwer klein ras. 

Ja, hy is terdeë bewus van die vermoëns, vindingrykheid en 
talente waarmee Ek My kinders met oormaat toegerus het. 
Ja, hy begeer die oppermag oor julle, om as die "poppemeester", 
die stringe te kan trek, sodat My uitverkorenes na sy pype kan 
dans en selfverloënend dit wat Ek as erfdeel aan hulle gegee het, 
vir ʼn hongerloon, voor sy voete te gaan neerlê. 

Ook wil hy julle goeie gene deur middel van verbastering vir 
homself roof, wat verseker die uitwissing van julle klein volkie 
sal beteken, indien Ek self, nie sal ingryp en julle red nie. Ja, die 
skrif is aan die muur en die meerderheid onder julle is geweeg en 
te lig bevind. 

Maar ʼn oorblyfsel het Ek bewaar en net soos die paar manne wat 
by die drinkplek van Harod, met die waaksaamheid van 'n goed 
geteelde, opgeleide hond, sy dors geles het, net so sal ʼn verrotte 
wêreld, weereens My Almag aanskou en dit deur middel van ʼn 
klein, maar Godgekose Gideonsbende. Waak en bid, want die tyd 
het naby gekom.


Openbaring 59 
Die rede waarom alle rasse verskil.
25 Julie 2007 07:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ongeag wat die godsdiens of die gelowe van die wêreld is,
 Ek bly die versorgende Skepper van alles en almal en My 
son skyn oor alle lewe, hetsy dit goed of kwaad is.

In My Almag weet Ek om watter rede Ek grense daar gestel 
het. Ek weet ook hoekom daar verskillende volke, nasies en 
rasse is en Ek weet presies hoekom daar verskille in die 
voorkoms van die nasies is en ook hoekom daar verskillende 
tale en kulture is. Ek weet op watter geestelike vlak ʼn ieder 
en ʼn elk, voor sy beliggaming op aarde was, en waarom dit 
die rede is dat hy saam met sy gelyksoortiges op hierdie aarde 
geplaas is, om sodoende die maksimum geestelike ontwikkeling 
in sy leeftyd te kan bereik.

Om My ordes te kom versteur, poog satan daarin, om deur 
middel van sy eenwêreldorde, ook ʼn eenwêreldgeloof daar te 
stel. Dit probeer hy bewerkstellig deur alle gelowe in een mandjie 
te gooi, dit goed te skud en ʼn enkele geloof daaruit te haal wat 
almal pas. Aan elke mens is daar ʼn vrye wil geskenk, waarmee 
hy na sy goeddunke, binne sy raamwerk en geloof kan aanbid. 

Die boodskap uit die hedendaagse Bybel wat verkondig dat die 
Christengeloof in alle volkere, nasie en rasse se kele afgedruk 
moet word, stem nie met bogenoemde ooreen nie. Die nuwe leer 
vanuit die hemele het betrekking slegs op Israel met sy verlore 
skape wat hulle wêreldwyd bevind. Slegs die wat hierdie leer kan 
bevat en dit opreg met liefde sy eie kan maak, behoort aan hierdie 
kudde

Hiermee verhef Ek nie die een bevolkingsgroep bo die ander nie, 
maar maak hulle slegs attent daarop, dat verskillende mense op 
verskillende geestelike vlakke staan en daarom behandel Ek elke 
wese met die nodige deernis, met die stand van hulle geestelike 
ontwikkeling. 

Daarom praat Ek nou met die onder julle wie se gees reeds in so 
ʼn mate ontwaak het en presies verstaan wat Ek hier sê. Julle, My 
kinders, moet net soos Daniël van ouds, sterk in die geloof staan 
en die knieë voor geen ander god behalwe Myself buig nie. Ek self 
sal julle bewaar en geen enkele haar sal van julle hoof verlore 
gaan nie. 


Openbaring 60 
Die barmhartige Samaritaan?
26 Julie 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Met die maat waarmee julle meet, sal daar vir julle gemeet word 
en dit is vandag se boodskap vir die meer liberales onder julle, 
wat met ʼn hooghartige hart, op julle minderbevoorregte volks-
genote neersien en dit terwyl julle die bene breek om die 
verdrukkers van hierdie armsaliges te behaag.

Die eerste en groot gebod wat Ek aan Moses gegee het, wat as 
wet en riglyn vir Israel moes dien, was om God met die hele wese 
lief te hê en die naaste soos jouself te bemin. Gewoonlik is dit op 
hierdie punt wat satan se handlangers vinnig nader staan, om te 
bewys, dat almal mekaar se naastes is. 

Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan word vinnig nader 
gesleep. Ironies genoeg sal dit bykans altyd die moderne Leviet 
of skrifgeleerde wees wat homself weinig aan enige naasteliefde 
of diens steur en dit is aan hulle wat Ek vandag die verborgenheid 
van hierdie gelykenis wil onthul. 

Die beseerde man langs die pad, was ʼn Samaritaan homself en 
so was ook die barmhartige een wat hom te hulp gesnel het en 
net vir die "rekord" die Samaritane was eens deel van Israel. 
Hierdie groep is uit die samelewing en tempel verwerp en dit 
omdat hulle op eie houtjie na God en Sy Waarheid gaan soek 
het. Al die rolspelers in hierdie gelykenis was dus van dieselfde 
nasie.

Gaan dink nou noukeurig oor hierdie gelykenis na en weet 
waarom Ek die oorgrote deel van die sogenaamde Christendom 
uit My mond gaan spuug, na ʼn plek wat Ek spesiaal vir hulle 
voorberei het en waar daar op die harde manier geleer gaan word, 
om die enige God van Israel gehoorsaam te wees.

Aan die wat aan My behoort sê Ek, indien daar ʼn gewonde na 
liggaam of gees op julle pad kom, versorg hom, ongeag wie of 
wat hy is, omdat Ek hom self oor julle lewenspad gebring het.

Openbaring 61 
Die rebellie van materie.
27 Julie 2007 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Vir God as ʼn dorsvloer, ja, dit is waarvoor hierdie klein aarde in 
die hele kosmos opgestel is. Voete, van beide goed en kwaad, is 
besig om korrels los te trap en die kaf is besig om van die koring 
geskei te word. Vanuit My oneindige skeppinge, kom alle 
geestelike eindprodukte na hierdie aarde, om as mense beliggaam 
te word en hulle finale lewensproses te kom deurstaan. 

Ook sal daar weer in hierdie eindtye, ʼn keuse tussen My en 
die gevalle engel van die lig gemaak word. Hierdie keer is daar 
egter ʼn verskil, Ek sal nie weer as die Skepper nie, maar as die 
Verlosser van die mens kom staan en weereens sal daar ʼn 
rebellie van die materie, teenoor die Waarheidslig van die Gees 
wees. 

Om hierdie toets met lof te kan slaag, sal Myne met die hoogste 
Goddelike standaard toegerus word. Die salighede en ordes 
wat vir hierdie wenners van die eindtyd voorberei is, is vir geen 
menslike verstand te begryp nie. Vanuit nietige klein mense, 
gaan daar aartsengele te tevoorskyn kom. Die getalle van hierdie, 
gaan egter baie min wees.


Openbaring 62 
Pessiektes vir Europa, Asië en Afrika.
29 Julie 2007 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Vanuit die molekulêre wêreld tree die versteurde klein 
mikroskopiese bewonertjies aggressief nader om wraak 
te neem, en om ʼn dodelike slag onder die bevolking van 
die wêreld te kom slaan. Waar die verskillende gesondheids 
waghonde, wêreldwyd oorgehaal sit en wag vir die sogenaamde 
voëlgriep om te muteer, gaan daar behalwe dit, ook nog die 
uitbreek van ʼn paar ander pessiektes wees, wat vêrreikende 
gevolge oor groot gebiede van veral Europa, Asië en Afrika 
gaan hê wat die grootste onderspit hiervan gaan delf. 

Met die komende erge oorstrominge, asook die daarmee 
gepaardgaande waterbesoedeling, wat oor groot landelike 
gebiede gaan versprei, gaan daar ʼn nuwe kiem vanuit cholera 
muteer, wat ʼn slagting onder die reeds baie siek bevolking van 
Afrika gaan teweegbring.

Die huidige opgradering van gesondheidsdienste gaan van byna 
geen nut in daardie tyd wees nie. Die sogenaamde nuwe vinnige 
tuberkulose, wat inderwaarheid niks anders as die oplewing van 
ʼn baie ou siekte is nie, gaan ook rampspoedige gevolge hê. Dit 
en ander siektetoestande gaan wêreldwyd sulke katastrofiese 
gevolge hê, sodat goed gevestigde infrastrukture daaronder 
gaan knak.

Ek wil egter die wat aan My behoort die volgende versekering gee, 
dat daar diegene onder julle sal wees wat ʼn natuurlike weerstand 
teen bogenoemde siektes sal besit, wat julle van hierdie 
verskrikking, om baie goeie redes, sal vrywaar, sodat julle in 
hierdie tye vir My werksaam kan wees.


Openbaring 63 
Dalk het jy ʼn mede ligdraer gehuisves.
30 Julie 2007 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Sonder dat julle daarvan bewus is, het sommiges onder julle, 
al engele as gaste gehuisves. Om hartlik en gasvry teenoor ʼn 
broer of vreemdeling te wees, is vir My een van die kosbaarste 
eienskappe, wat Ek by een van My kinders op hierdie Aarde kan 
aantref. 

Min wetend, is dit seker een van die grootste voorregte, wat 
julle op hierdie Aarde te beurt kan val, om een of meer van julle 
geestelik-ontwaakte broers of susters, as gaste in julle woninge 
te kan ontvang. Waar daar een of meer van hierdie is, daar is Ek 
baie sterk teenwoordig, omdat Ek lewend in hierdie harte is. 

Huidiglik en met die hulp van My geestelike dienende geeste, 
sorg Ek dat My onwetende ligdraers, wat nou op hierdie aarde 
as mense teenwoordig is, mekaar op die mees onverklaarbare 
manier ontmoet. Ontvang mekaar daarom met die grootste 
vreugde, omdat dit die weersiens van geeste is, wat vir 
ondenkbare tye in die nouste kontak, in hulle verskillende 
ordes, met mekaar werksaam was. 

Met die geboorte van hierdie mense op Aarde, is hulle heeltemal 
van hulle geestelike geheue ontneem, sodat die vrye wil tot volle 
wasdom kon kom. Nou is dit egter die tyd van die geestelike 
ontwaking in die vlees, en die sleutel tot die raaisel lê eerstens 
in die liefde tot My en daardeur sal die herkenning van die een 
hemelse wagter tot die volgende een lei.


Openbaring 64 
ʼn Nuwe Aarde in voorbereiding.
31 Julie 2007 9:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Soos ʼn reusagtige maag wat slegte spysvertering ondervind, 
reageer die ingewande van die Aarde. Terwyl die planeet soos 
ʼn dronkaard sy weg al slingerend om die son baan, sy metgesel- 
die maan, saam laat struikel in sy dronkmansdans, haar liefkosend 
nader trek om haar net weer onbedagsaam weg te stamp. 

In die dieptes kreun en steun die aardplate oormekaar en 
verskuiwings in die interne dele van die planeet raak skrikwekkend 
groot. Ten einde laaste, gaan ʼn geweldige aardbewing sy skrik-
verskyning op die bodem van die see, sowel as die oppervlakte 
van die Aarde maak, wat tot voorbereiding van die nuwe aarde 
sal wees. 

Die see sal nuwe kontoere vasstel, terwyl nuwe bergreekse hulself 
bo see en land gaan verhef. Groot dele van Europa sal in ʼn ewige 
watergraf wegsink. Nuut sal ʼn maagdelike land sy plek op aarde 
vind. So sal ook baie eilande hul weg op die seebodem vind, 
terwyl nuwes hul plek in die son sal vind.


Openbaring 65
Die tyd van verwoestende stormwinde.
1 Augustus 2007 6:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Noodtoestand op noodtoestand, so sal dit bang oor die hele Aarde 
klink. Soos die laaste blaar wat in die najaar val, sal later nog net 
ʼn enkele stem droewig opklink. Elkeen vir homself, ja elkeen vir 
homself. 

Sidderend sal die Aarde onder die woedende aanslag van 
storm en tolwind beef. Ja, so iets het die aarde nog nooit beleef. 
Onskuldig soos ʼn spelende warrelwind, sal die aanloop van 
verwoestende stormwinde wees. Wat menig stewig stad, soos 
verstrooide rommel oor wye vlaktes sal laaglê. Wispelturig gaan 
die stormwind, self die keuse van sy verwoestingspad kan hê. 

Luidrugtig gaan die winde, bo die knal van donderweer, 
uittartend vir die mense skree; hou op jammer, hou op treur, 
julle wou na vele teregwysing julle mos nie bekeer. Bulderend 
gaan die storms lag. Loeiend gaan die winde dit weer uit kreet; 
Vir God die wou julle mos nie eer, ons is gestuur om die 
aardbewoners te kom verteer. 

Maar stil en saggies sal die woedende wind homself bedaar, 
die oomblik wanneer hy een van My kleintjies sal gewaar.



Openbaring 66
Vandag het jou eenvoud My bekoor.
2 Augustus 2007 17:15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kom My kleine volk, wees vrolik en bly. 
Ek, jou Abba Vader is nou naby.
Vandag het jy met jou eenvoud My bekoor. 
Kom open jou geestelike oor. 
Sodat jy behoorlik kan hoor. 

O’ Sion, jy is omring van My ganse engelekoor.
Op vleuels van My Wysheid 
gaan jy ewig saam met My sweef. 
Na jou as voorbeeld, 
gaan engele en hemelskares streef. 

As lieflingskind hoef jy nooit weer voor My aangesig te beef. 
Aan My sy, gaan jy as My beminde vir ewig leef.
Op vlerke van Liefde gaan Ek jou My nuwe stad in dra.
Wat jy in liefde van My vra, 
daarteen het Ek geen beswaar. 
Lieflik is My kleine Sion, 
haar het Ek ewig vir Myself bewaar.


Openbaring 67 
Ubuntu- die Afrika-gees.
3 Augustus 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
In hul sterk oorlewingsdrang ondervind die kinders van Afrika 
die onafwendbare bedreigings wat oral en in alles, ja, ook in 
die natuur lê en wag. Pes, hongersnood en ook natuurrampe, 
ja, dit is wat op die mense van Afrika wag. Op hulle sterk 
oorlewingsinstink, verlaat die bewoners hulleself. 

In sommige lande begin regerings beheer oor bevolkingsgroepe 
te verloor. Soos vasgekeerde diere in die omgewing van ʼn aktiewe 
vulkaan, wat op die punt staan om uit te bars, daar trap verward 
die bewoners rond, om uitmekaar te spat. 

Vanuit Ubuntu roep dringend die Afrika-gees almal bymekaar. 
Getrou aan sy soort wil almal gemeenskaplik aan sy soort behoort. 
Ja, vanuit die voorvader se gees roep daar sterk tot sy kinders die 
oorlewingsgees en saam vlug almal onder die verskrikkingsgees. 
Waarheen ookal hierdie kudde gaan, daar laat hy vrugbaar grond, 
bebloed as droog woestynland na. 


Openbaring 68 
Ek is nie waar julle soek nie.
4 Augustus 2007 15:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
En daar sal baie wees wat My in hierdie tye sal soek, maar 
vanweë die leuen wat onuitwisbaar in baie harte gevestig is, 
sal die mensdom My in geeneen van hulle sogenaamde 
‘raamwerke’ of ‘leerstellings’ vind nie. 

Hulle sal nog meer mislei word en dit deur verskillende stemme, 
wat vanuit dorre en leë politieke en kerklike woestyne sal opklink 
en wat spoggerig die ou geprofeteerde woorde, leuenagtig tot 
hulle voordeel sal verkondig. "Kyk die Christus is nou lewend 
in ons midde". 

Wat die hart van vol is, daar loop die mond van oor. Jubelend sal 
skares van mense hulle haas om na hierdie valse lokstem te kan 
luister en in hulle hordes sal hulle agter die leuen van die antichris 
en sy dooie christus gaan. Skaterend sal satan, op die ryperd van 
die ewige dood, die lus van sy vangtou om die gevalle verlorenes 
styf trek. Meedoënloos sal hy hulle na die ewige afgrond trek. 
Geen gehoor sal op hulle jammerlike geweeklaag gegee word nie.

Daarom sê Ek aan die wat aan My behoort: waak sonder om te 
slaap en bid sonder om op te hou. Sodat My Stem lewend en 
herkenbaar binne julle kan wees, sodat julle nie mislei sal word 
nie.


Openbaring 69 
Die visioen oor die wolkbank.
5 Augustus 2007 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Kyk, ʼn baie dik donker wolkbank, een soos wat die wêreld 
nog nooit gesien het nie, is besig om saam te pak en dit sal 
ʼn ongekende duisternis en rou oor ʼn groot deel van die Aarde 
bring. Sy omvang sal strek vanaf die hele groot Brittanje, asook 
Ierland, vanwaar dit al hoe wyer oor die Atlantiese oseaan sal 
saampak, om die grootste gedeelte van Noord-Amerika, wat 
die hele Kanada insluit, te oordek. 

Van hier sal dit verder oor die groot oseaan strek, om oor die 
Filippynse eilande te gaan. Hierdie swart wolkmassa sal nog 
verder verdig, om oor Korea tot onder in Viëtnam en Thailand 
te gaan. Eers in Indië sal hierdie wolkbank sy einde vind.


Openbaring 70 
Ek aanbid my God soos ék wil! 
5 Augustus 2007 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Van bo na onder en onder na bo is alles en almal geometries en 
simmetries in menig selgroep wêreldwyd verdeel. So word alles 
en almal in ʼn Babelse piramiede netjies in gegroepeer. Vanuit 
hierdie orde probeer die wêreldorde om elke mens met 
breinspoeling te beheer.

Hoe om te staan of te loop, te sit of te klee, of jy kom en of jy 
gaan, hierdie weg sal die wêreldmoondhede, deur die media vir 
die robotmens oopbaan. Hoe ook die mens hom moet bekeer. 
Dit sal ook ʼn eenwêreldgodsdiens hom vinnig kom leer 

Die Godgegewe vrye wil word vinnig vir die ganse mensdom, 
deur hul beheer. Die mens van sy vrye wil ontneem, is niks beter 
as die redelose diere nie. Om almal eenders te wil wees, maak 
van al die mense vee.

Daar is niks wat satan so kan pla, soos ʼn kind van My, wat 
uitdagend voor hom staan, sy voet neerstamp en sê: Ek sal 
eet en klee, sit of staan, kom en gaan. Ook my God aanbid, 
net soos wat ék wil. Langs so ʼn dapper kleintjie, sal Ek self 
kom staan. Wee die struikelblok, as God se hand hom slaan.

Openbaring 71 
Al wat kortkom is jou eie wil.
6 Augustus 2007 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
ʼn Volk verguis deur drank, dagga en allerhande dwelms. Dit is 
waar ʼn derde van die Boervolk in die “gutters” lê. My hulp- die 
is in oormaat daar, My Liefdes helpend hand is werklik waar. In 
droewig dronkverdriet, is Ek die enigste vriend en steunpilaar.

Alleen en weggegooi, lê eenkant daar, ʼn oorgedoseerde 
sukkelaar. Hoeveel maal het Ek die lewenslig weer aangesit, 
met My Goddelike skakelaar. Met ʼn tweede kans, is ʼn kosbaar 
kind weereens gespaar. Al wat hierdie mens vir My moet sê: 
“God, ek het gestruikel en hard geval. Help my op, U pad sal 
ek nou stap, al is hy smal.” Ja, Ek wil jou help, vir jou is My 
hulp in oormaat daar. My Liefdes helpende hand, is werklik 
waar.


Openbaring 72 
Kerke en groepe leer ons verkeerd.
6 Augustus 2007 16:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Volgens die maatstawwe en oordeel van die hedendaagse 
samelewing en bykans alle kerke, is die klein groepie wat My 
wêreldwyd verteenwoordig, ʼn klomp vuil gespuis, wat, as dit 
maar net moontlik was, hulle met die grootste plesier en dan 
ook nog heel barbaars, net soos wat dit in die antieke tye die 
geval was, julle sou stenig of nog erger, soos Ek self, sou 
kruisig. 

Innerlik vererg hulle hulself gruwelik en smalend, ja spottend 
word die oog geknip. Met die tong in die kies, wil hul kwansuis 
skerpsinnig van hul laat hoor; wat het julle, wat ons nie het, 
hoekom sal God julle kies en ons verstoot. Ja waar kom jy aan 
ʼn stem wat jy in jou bors kan hoor. Dan nog meen om die 
Meester in jou hart te stoor. Ons het die Bybel, ja ons het die 
woord. Geletterd en geleerd, sal ons slegs die woord vanuit 
ons kerk en groep aanleer. 

Wanneer jul in deemoed broederlik wil nader tree, word 
hoogmoedig opgeruk hul neus. Voordat jul nog ʼn liefdeswoord 
kan spreek, word My boodskap aan die wêreld doodgeskree. So 
verwerp hulle self die lig en terwyl hulle spottend vir jul lag, raak 
hul verlore in die duisternis van die donkerste nag.


Openbaring 73
My kinders beskik oor ongekende krag.
7 Augustus 2007 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
ʼn Enkeling wat vir My soos ʼn rots bly staan, is meer werd as 
ʼn honderdduisend wat vir die wêreld kom en gaan. Vir baie, 
sal hulle die pad na My oopbaan, in ʼn tyd wat die wêreld sal 
vergaan. 

Die wat vir bonatuurlike krag van My kom naderstaan, dom 
verkeer hy in ʼn grootheidswaan. Terwyl jy swak maar dapper, 
jou plek vir My kom volstaan. Groter as ʼn reus sal jy jou weg 
deur ʼn duiwels nes kan baan. 

Ja, die grootte van jou krag, lê in die swakte van jou weerloosheid. 
Terwyl jy magteloos as ʼn enkeling, teen ʼn bose wêreld staan. Met 
ʼn onbuigbare wilskrag, op jou punt bly staan. In hierdie wilskrag 
lê daar al die Goddelike krag. Verhef jou bo alle wêreldmag. 
Daardeur beskik ʼn kind van My, oor ongekende krag.


Openbaring 74
Die kerk is ʼn rowersnes.
8 Augustus 2007 9:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
ʼn Sweep- dié is Ek besig om te vleg waarmee Ek die wêreld 
baie hard mee gaan tref. Oral waar die mens ookal gaan, daar 
is die kerk met geld- en fondsinsameling. Ja, sodat hoor en 
sien, daarvan kan vergaan. Hiervan sien die armes nie ʼn sent 
daarvan.

Die kerk het ʼn rowersnes geword, wat die weduwee uitsuig. Ook 
die mens se siel die afgrond in verpes. Die mens, vas oortuig 
daarvan dat hy My dien, wil geen kwaad in hierdie swendelaars 
insien. Tierend soos ʼn wyfieleeu wat beskermend oor haar 
welpies staan, sal hul nou vegtend oor korrupsie waak. 

Die mens, die dink van My, sy God, maar min, om My in so ʼn 
bedrogspul te wil vind. Die offer wat Mammon van hul vra, 
hieraan dra hul baie swaar. Ek, wat hulle hiervan wil bewaar, 
vir My kan hulle in hul blindheid, glad nie meer gewaar.

Ja, ʼn sweep, die is Ek besig om te vleg, waarmee Ek die wêreld 
en sy kerk ongenadiglik gaan tref. Weereens kom Ek self om 
die wêreld te kom reinig van hierdie liederlike rowersnes.


Openbaring 75
Satan grou vir homself 'n graf.
9 Augustus 2007 6:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Wie is die mense wat daaraan dink, om My, in My eie Woorde vas 
te wil bind. Ja, wat My vrymakende Liefdesleer wil onderskep. Dit 
met menslike hoogmoed en die slang se lis, in ʼn dodelike valstrik 
te wil omskep. Om sodoende kinders van My, wat soos jong 
adelaars alreeds in volle vryheidsvlug, in My Waarheidshemele 
rondsweef, te wil vang. 

Ja, wie is dit wat so ʼn vrygemaakte kind, in ʼn doodsval met ʼn 
verdraaide leer wil bring. Daar waar Ek afwesig is, is elke woord 
op sigself morsdood. Dit is net Ek wat die Lewe en die Lig weer 
met My Goddelike Asem terug kan bring. 

Hoe groot en hoogmoedig ookal die woord, uit die mond van ʼn 
valse geleerde, is dit ʼn valstrik vir die dood. Vir hierdie gatgrawers 
van satan sê Ek nou, dit is vir hulself wat hulle die graf nou grou. 


Reeds is Ek besig om My weg weer na die aarde te vind. In 
warm menslike harte gaan Ek neerdaal. Met Liefde My Woord, 
soos helder lewende water, oor ʼn dorre wêreld laat stroom. 


Openbaring 76 
Die wêreld se eie oordeel.
10 Augustus 2007 11:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die mensdom leef in ʼn gekkeparadys. Die wêreld het homself 
onder die oordeel gebring. Met My wederkoms kom Ek om hierdie 
oordeel te volbring. Die hoogste menslike intellektuele denke is 
die laagste vorm en mees primitiefste vlak van waarneming by 
die Gees. Dit, omdat die mens se strewe daarop gemik is om 
met sy intellek, sy beskawingspeil deurentyd te wil verhoog 
en dit met die uitsluitlike doelwit om die menslike vlees te wil 
verhoog. 

Daarom is alle moeilike werksaamhede op aarde meestal daarop 
gefokus om ʼn voorspoedige lewensbestaan en om dit vir ʼn paar 
bevoorregtes te verseker. Die Gees is vir die mensdom bloot ʼn 
tipe van ʼn gewete, wat weereens deur die wêreld en sy trawante 
ingespan word om ʼn tipe van ʼn geregtelike en ʼn geestelike orde 
onder die mensdom te vestig. Waarmee die wêreld instellings die 
mensdom maklik mee kan beheer.

Dit het niks te doen met die geregmatige beheer en uitoefen 
van misdaad nie. Maar dit is uitsluitlik daar om die massas 
mee te beheer. Dit is waarom daar verskillende klasse onder 
die mensdom is. Daar is ʼn klein minderheid wat oor almal wil 
heers en regeer. Onder hulle is die massas wat hulself moet 
beheer en op bogenoemde se wetgewing moet reageer. 

Waar die beskawingspeil nog laag is, daar word hierdie tipe 
wetgewing nog brutaal op die nasies afgeforseer. Hoe hoër 
die beskawingspeil, daar word dit oënskynlik al hoe meer 
verfynd en listiger ingespan en ʼn wêreld vol slawe word soos 
redelose diere met breinspoeling deur selfaangestelde gode 
beheer. 

Met elke tydvak waar hierdie enorme gruwel in so ʼn kas of 
menslike kaste sy verskyning op aarde maak, daar moet Ek 
inspring en dit ongedaan kom maak. Daarom sê Ek weer, 
die wêreld het homself onder die oordeel gebring en met 
My wederkoms, kom Ek dit slegs volbring.


Openbaring 77 
Die Vader se doel met planeet Aarde.
11 Augustus 2007 10:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Wat verskeidenheid betref, is daar nie nog so ʼn planeet as juis 
hierdie klein aarde van julle nie. Die doel van hierdie planeet 
vanaf alle ewighede was dat alles wat as geestelik vanaf die 
oerbegin ontstaan het, die geleentheid kan kry om as lewe, in 
ʼn materiële omhulsel, hulself prakties op hierdie “iets van alles" 
Aarde te kan uitleef en met die maatstaf van positief en negatief 
of goed en kwaad, so na hulle volmaaktheid te kan streef. 

Nadat die Aarde na vele ontwikkelings periodes, ʼn sekere 
volmaaktheid bereik het, sodat dit iets van die oeroorspronklike 
Skeppersgees kon bevat, is die mens na My beeld as ʼn kreatiewe 
selfbesluitende heerser op Aarde geplaas. ʼn Vonk van My Eie 
Goddelike Gees is as motivering binne hom geplaas, om 
sodoende ʼn begeerte in homself te ontwikkel, om net soos My, 
sy Skepper, wat getrou oor Sy hele skepping waak, ook in ʼn 
harmonieuse balans en verantwoordelik, oor die hele Aarde 
en sy mede-skepsele te kan waak. 

Om positief te wees, is om altyd te wil groei en vorentoe te wil 
beweeg. Om negatief te wil wees, is om agteruit te beweeg en 
sodoende te disintegreer. My Gees is die positiewe punt en 
negatief is alle vlees. So het die negatiewe disintegrasie van 
die omhulsel, wat die lewe vir sy verblyf op Aarde huisves, 
die dood geword. 

Maar net so onsterflik soos wat die lewe (siel) met sy intrek in 
sy materiële liggaam hier op Aarde was, net so onsterflik is sy 
met haar vertrek daarvan. As ʼn maatstaf het Ek ʼn Liefdesvonk 
van Myself aan elke mens geskenk. 

Wie gebruik hiervan maak, sal vir ewig ʼn woning by My, in 
ʼn nuwe geestelike liggaam vind. Wie hierdie Liefdesvonk in 
homself egter nie kan vind, se gees is soos die eerste mens, 
deur die slang verblind en sal sy weg deur koue Eons, alleen 
moet vind. 

Daarom het Ek, om die lewenstryd vir die mens te kom verlig, 
self na die Aarde in ʼn materiële liggaam gekom, om die negatiewe 
liggaamlike dood te kom oorwin, dit in die positiewe ewige lewe te 
omskep en dit so vir die mens makliker kom maak, om sy weg 
weer na My terug te vind.


Openbaring 78 
So sal julle My Stem ken.
12 Augustus 2007 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Eenmaal op Aarde het Ek gesê: Wie nie teen My is nie, die is 
vir My. Nou is daar baie wat wil weet, wanneer is iemand vir, 
of wanneer teen My. Alles wat daar in die Bybel is, hoe verdraai 
dit ookal soms daar staan, daar sal My Gees die opregtes lei 
om die waarheid elke maal daaruit te haal. 

Maar daar is ook baie wat die waarheid in die Bybel buig en draai, 
sodat dit in hul doel- en leerstellings kan inpas. Hoe sal mens nou 
weet, wanneer iemand vir of teen My staan? 

Wanneer iemand My Woord wil bring, moet dit altyd wees om My, 
en nie sy eie wil, te kom volbring. Nederig opreg en kosteloos, sal 
ʼn kneg van My dit na My skape bring. Op hul beurt sal hul dadelik 
weet dat hierdie Stem aan My behoort. Maar wanneer een die 
woord na mense bring en hoogmoedig wil bewys dat hy alleen alle 
antwoorde oor My ken. Homself voor die mense wil verhoog. Nog 
boonop bakhand staan met ʼn prys, om homself, uit My uit, te wil 
verryk. 


Wanneer hulle ook ʼn ware kneg van My gewaar, vinnig naderstaan 
om hom as ʼn gesant van satan af te kraak, wat met Beëlsebul se 
hulp, sy taak hier op Aarde kom vervul. Baie hoog en trots is 
hierdie valse leraars se verhoog. Fyn stel hulle hul goddelose 
boog, om baie siele deur hierdie leuenagtige pyle vir ewig te kan 
dood. Om die onderskeid te kan ken, kom vra My, jul Verlosser 
self, om wolf en herder uit mekaar uit te kan ken.


Openbaring 79 
Daar is nog ʼn bietjie hoop.
13 Augustus 2007 09:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Soos ʼn bewende klein knaagdiertjie wat in ʼn muisval sit en wag. 
So sit julle volk vasgevang in ʼn onontkombare situasie wat julle 
vir julleself geskep het. Ja, slim het sy baas deeglik in Suid-Afrika 
gevang. 

Net soos ʼn gemuilbande esel, wat nie links of regs kan kyk nie. 
So strompel julle reguit op julle pad van selfvernietiging voort. 
Die goeie ou leer wat deur oorlewering van geslag tot geslag, 
ja, van ouers tot kinders oorgedra was en die fondament van 
julle eens voorspoedige klein volkie was, die was net nie meer 
goed genoeg nie en blindelings het julle die "slimjanne" onder 
julle gevolg. 

Gereed om toegegooi te word, lê ʼn blinde volk saam met sy 
blinde leiers in ʼn sloot. Nog steeds hier waar hulle lê, verbeel 
hulle hulself dat alles nog voorspoedig gaan en het hul geen 
idee van die doodsgevaar waarin hul verkeer. Indien hulle sou 
weet hoe benard hul posisie is, sou hulle permanent op hul 
knieë voor My-hul Vader, wees. 

Die skrif, die is al lankal teen die muur en slegs deur My Goddelike 
wil, is die Ark se deur nog op ʼn skrefie oop vir die een wat vir 
oulaas hom na My wil keer en hom baie vinnig onder die veiligheid 
van My Vaderhand wil bring. Terwyl Ek vermaan is daar nog ʼn 
bietjie hoop. Wee die dag wat My Stem vir die wêreld stil gaan 
word. Geseënd is die vir wie My Stem in daardie tyd sal 
voortbestaan.


Openbaring 80
Deur die swak geslag.

14 Augustus 2007 05:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
In die swartste nag het Ek alreeds na die Aarde gekom. Net soos 
die profeet van ouds, gooi Ek deur middel van ʼn mens, weer My 
Woord van yster en metaal, op die waters van die aarde neer. Waar 
dit op die oppervlak bly dryf. 

My profeteseuns- die wil Ek dringend leer, Ek wag, maar vanuit 
die gestuurdes is daar maar min, wat vir My na vore wil kom, om 
die ware kleed van sak te neem, sodat Ek direk uit hulle mond kan 
spreek. Met slegs die hulp van een of twee moet Ek Myself deur 
die swak geslag, aan die mens kom hoorbaar maak. Hulle van die 
komende oordeel kom leer. Ook die vrede van My nuwe leer, wat 
vanuit die nuwe Jerusalem sal kom. Die profesie wat lui, dat uit 
ʼn grote stad, slegs die stem van een sal kom, is nou besig om in 
vervulling te gaan.

Openbaring 81
Hulle gaan dit misverstaan.
15 Augustus 2007 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Vreemde ligte sal daar aan die hemel brand. 
Groot sal wees die fakkel wat in die see gaan land. 
Verskrik sal die maan nader aan die Aarde staan. 
Hoë golwe sal vernietigend oor berg en binnelande gaan. 
Weggekalf sal wees kuslyn se sand en strand.
Eens droë land sal onder water en modder vergaan. 

Ja vreemde ligte sal daar aan die hemel brand. 
In ʼn enkel dag sal vier seisoene oor ʼn kleine land kan gaan. 
Vuur sal vanuit die hemel op die Aarde val om dorp en stad,
Ja, ook die bos en veld te kom verbrand. 
Waar eens die poolys was, daar sal nou lawa brand. 
In die Sahara sal sneeuvlokkies saggies land. 

Terwyl die mensdom oor gestorwe kinders in rou vergaan, 
sal die volk van Mammon verbaas rondstaan. 
Die vreemde ligte wat aan die hemel brand, 
in verdorwe wysheid, het hulle dit heeltemal misverstaan.


Openbaring 82 
Leeg sal wees elke koringaar.

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Die Aarde sal in armoede niks wil baar. Leeg sal wees elke 
koringaar. In vergete voorspoed jaar het min regerings iets 
opgegaar. Groot is die hongernood wat weemoedig uit menig 
oog sal staar. Mekaar se vlees die gaan die mensdom verteer. 
Daar is geen manier om die honger van die wêreld weg te keer. 

Terwyl daar in die doodstank van die mens, baie voedsel vir die 
vlieë en ook die brommers gaan wees, sal brood ʼn vae herinnering 
vir die mensdom wees. Goud of noodfonds, ja, geld sal van geen 
nut wees en sal geen kos na ʼn honger wêreld bring. Veevoer sal 
soos manna wees. Meedoënloos sal mense daaroor meeding en 
mekaar om die lewe bring. 

ʼn Ma wat geen voedsel vir haar kinders sal kan bring, sal haar 
lieflingskind, met ʼn wiegelied aan die slaap sing, terwyl sy hom 
saggies om die lewe bring. In haar smart sal sy, sy kosbaar vlees 
aan haar ander kinders gee, om die kosbare lewe nog ʼn dag aan 
hul te bring. 

Steeds wil die goddelose nog altyd bras, lag en baljaar terwyl ʼn 
ongekende hongersnood, die wêreld meedoënloos die gesig in 
staar.


Openbaring 83
Oorsprong is vars en onvervangbaar. 
17 Augustus 2007 5:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Die mens, deur satan aangespoor, is met die hele skepping, asook 
homself, ontevrede en daarom probeer hy deurentyd om alles en 
almal, ook homself 
te verander. Daar is selde iemand wat tevrede met hom- of haarself 
is, laat staan nog hulle lewensmaat. Paartjies trou met mekaar, 
sodat die een die ander na sy smaak kan verander en ook die 
volmaakte kinders wat hul van My kry, die word omvorm om 
na hul voortdurende nuwe beeld te misvorm. 

Ja, met die vinnige tempo waarmee die lewe tans beweeg, moet 
die mens homself aanmekaar verander. Kleding is seker die 
beste voorbeeld hiervan. Wat vandag hoogmode is, is more 
hoogs belaglik en moet met ʼn nuwe gier vervang en verander 
word. 

Alle gewasse van die Aarde en ook die vrugte wat hulle gee, 
word gekultiveer en geneties word dit so aangepas dat dit 
hul oorspronklike vrugbaarheid heeltemal verloor. So word 
ook alle diere en vee deesdae geneties aangepas. 

Ook die kroon van My skepping, die mens, word hierin nie 
ontsien nie en word tot in sy fynste chromosoom en D.N.A 
gevat en willekeurig verander en gemanipuleer. Ja, ook kristal 
en metaal word die hele tyd verander. 

Selfs die Goddelike Woord word gedurigdeur aangepas en 
verander. Wat ironies is, is dat hoe meer alles verander, hoe 
meer kosbaar raak alles wat oorspronklik is. Oorsprong is 
vars en onvervangbaar. Daarom is dit prysloos en kan geen
 etiket, hoe duur ookal, daaraan gehang word nie. 

Alles wat heeltemal oorspronklik is, is suiwer en wat suiwer is 
is in maagdelike ooreenstemming met My Goddelike orde en 
is daarom direk van My afkomstig. Ek het alles en so ook vir 
julle volmaak geskape. Streef daarom opnuut na die unieke 
volmaakte oorsprong binne julle. Daarin sal julle die Liefde 
van My, julle Skepper, vind.


Openbaring 84 
ʼn Oordeel wat Ek bring.


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Elke woord wat Ek nou spreek, is ʼn oordeel wat Ek oor die Aarde 
bring. Daardeur word elke ou profesie volbring. Lank het Ek die 
wêreld dringend vermaan, maar doof het hulle doelloos rond 
bly staan. Terwyl die wêreld woed en raas, plek, plek besig is 
om te vergaan, kan dit nog steeds in geen bose verstand indring, 
dat God besig is om sy oordeel oor die wêreld te volbring. 

Mammon gaan sy stryd verloor. So gaan ook goud sy glans 
verloor. Wat is daar nou vir die wêreld oor, van My het hul niks 
in hul hart gestoor. Vele male het Ek My kinders dringend kom 
vermaan, My kroos, die wil Ek saggies op kom raap. Veilig wil 
Ek hulle teen My Vaderbors vashou. Maar nou is dit die tyd, vir 
Myne om manmoedig op te staan. 

Klein is hulle getal, maar met My hulp, sal hul mekaar se hande, 
stewig oor die hele wêreld vind. As My uitverkore volk, sal Ek 
hulle as ʼn eenheid, saam kom bind. Soos een man sal hulle My 
nuwe lied, oor ʼn skone wêreld kan kom sing. Vrede sal daar orals 
wees, met God se kinders, wat oor Sy nuwe skepping gaan kom 
heers


Openbaring 85, 
Deur satan se lis.
19 Augustus 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Self het Ek die lewe in Adam ingeblaas en in die awend wind 
het Ek hand aan hand, saam die eerste mensepaar, in die tuin van 
Eden gewandel. Met raad en bystand het Ek hul vertel waaroor die 
lewe handel en om alles in My skepping met respek en liefde te 
behandel.

Slu het satan in die paradys rondgesluip, om die eerste mense met 
lis te kom verlei en hul so van God se vriendskap, hulp en bystand 
te kom skei. Al die sonde van die vlees en wat die wêreld ook kon 
bied, het hy lokkend voor hul oopgesprei. Min kon hul vermoed 
dat dit die dood was, wat hy vir alle mense voorberei. 

So het daar biljoene mense oor duisend jare, in smart gekom en 
gaan en deur die moederskoot het God as Mens weer ʼn reddings-
pad na die wêreld oop kom baan. Weer het Ek as Broer en beste 
Vriend, saam met die mens oor die Aarde kom wandel, met raad 
en bystand hom opnuut kom maan, om alles in My skepping met 
respek en liefde te behandel.

Slu het satan weer orals rondgesluip, vanuit die tempel die mense 
met lis verlei en deur die dood aan die kruis, wou hy die mens 
weer van My skei. Maar deur die dood, het Ek die lewe ewig vir My 
kinders toeberei. Weer het daar biljoene oor tweeduisend jaar, in 
smart gekom en gaan. Geklee in goud en glans, het satan tussen 
volkere kom staan. 

Met geld en mag het hy hul deeglik kom mislei en weer reguit op 
die pad van die dood gelei. Nog eenmaal sal Ek na die Aarde kom 
om wat Myne is te kom red uit die bose mensdom. En alles sal in 
stilte verstom oor die oordeel wat God oor die hele wêreld sal laat 
kom.


Openbaring 86
Nog eenmaal.
20 Augustus 2007 00:30.


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
In My lewens skuit wil Ek nog eenmaal, My hedendaagse vissers 
bring. Vir oulaas moet hul nog eenkeer, die laaste edelvisse na 
My koningshuis toe bring. Onheilspellend is die donker nag, 
maar daarvoor is hierdie dapper knegte egter glad nie bang. 
In woeste storm, gaan hul My kosbaar visse vir My vang. 

Reeds lank voor hul geboorte, het hierdie vissers, hul trou aan 
My beloof. Plegtig, het hul aan My gesê, dat satan niks van hierdie 
vangs sou roof. Gevaarlik is die bose oseaan, wat in hierdie tye 
die visse dra. Daarom wil Ek in Liefde, aan My liewe vissies vra, 
laat My vissers julle vinnig vang, om jul na My en veiligheid te 
dra. Ja, in My lewensredding skuit, wil Ek net nog eenmaal My 
laaste vissers bring, om die laaste edelvisse, na My nuwe 
Jerusalem te bring.


Openbaring 87 
ʼn Vreemde ster wat homself verskans.
20 Augustus 2007 21:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Aan die suiwer hemeltrans, daar waar al die baie sterre glans het 
daar iewers ʼn vreemde ster homself verskans. Teen hom staan 
die wêreld geen kans. Met sy krag stoot hy die kleiner Aarde van 
balans. Die aarde swenk en swaai, dit laat baie winde kwaai 
rondwaai. 

In menig donker nag sal daar ʼn skouspel wees van ʼn sterrereën. In 
hierdie dae sal skaars wees God se seën. In Etiopië en menig plek, 
sal dit glad nie reën. Droewig gaan daar oor die wêreld heen, baie 
honger kinders ween. 

Die son sal homself verduister en in ʼn donker wolk, daar sal ʼn 
sprinkaanplaag vernietigend oor die Aarde gaan. Weg sal wees 
die laaste graan. Hele volkere gaan onder ʼn dodelike pes vergaan. 
Daarmee saam is wet en orde na die maan. 

Rooi van woede sal hierdie vreemde pendelaar die Aarde tugtig 
met sy sekelroede. Bitter sal die water wees na al die vloede. 
Ja, daar waar al die sterre glans, iewers daar, is ʼn vreemde ster 
wat homself goed verskans.


Openbaring 88
Die geskiedenis herhaal homself.
21 Augustus 2007 6:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Geskiedenis het die manier om homself telkemale te herhaal. 
Menigmaal het My volk hard geval, maar trou het Ek My kinders 
elke maal weer opgehelp. Vanuit Gosen tot in Kanaän. Ja, vanaf 
die een vrugbare landstreek tot en by die ander, het Ek hul 
telkemale gelei. Wanneer dit met hierdie volk voorspoedig 
gaan, vergeet hul vinnig dat Ek, hul God bestaan en is hul 
geneig om My vinnig uit hul hart te stoot. Elke maal val hul 
vrugbare land, in ander volkere se skoot. 

Wanneer hul in verdrukking en ellende gaan. As slawe- hul 
klaaglied opbring na My oor, is Ek skielik goed genoeg, om 
weer dit aan te hoor. Moet Ek vinnig nader staan, om hul weer 
uit hul ellende te kom haal. 

My kinders wil My, hul hemelse Vader, net as ʼn gebruiksartikel 
misbruik. Van liefde in hul hart vir My, daarvan is geen spoor. 
Net soos wat Ek Israel uit hul slawehuis vanuit Egipte deur ʼn 
onherbergsame woestyn, terug na Kanaän gelei het. So het Ek 
weer My volk, vir die laaste paar eeue van hierdie verlossings-
periode, na die punt van Afrika gebring. Ja, hier waar dit drup 
van melk en heuning, het Ek hul weer vrugbaar kom maak. Trou 
het Ek weereens vir Myself ʼn oorblyfsel bewaar. Maar vinnig het 
hul priesters weer ʼn afgodsbeeld vir hul gemaak. Vlytig het hulle 
om hul goud gedans. 

Ek het moeg geword van kinders wat My net in nood wil ken. Net 
soos in die dae van Noag, gaan Ek die wêreld met ʼn oordeel tref. 
Wie in doodsangs gaan skree "Here, Here", vir hulle gaan Ek glad 
nie ken. Maar ʼn kind van My, wat My, nog altyd met liefde in sy 
hart rond dra, vir hom gaan Ek uit baie groot gevare dra.


Openbaring 89 
Die tyd raak baie min.
23 Augustus 2007 5:00


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
My kinders wil Ek nader lok en in Liefde met hul raas. Daar is 
geen steen wat Ek onaangeroer sal laat, om hul in hierdie tyd 
te kom vermaan. Sodat nie een van hulle verlore sal gaan. Ja, 
al moet Ek Myself, tot vervelens toe herhaal, die paar opregtes 
wat nog oor is, is baie kosbaar. Verseker kom Ek hul na My en 
veiligheid toe haal. 

Hoe groot ook al die woedende winde. Selfs ʼn orkaan van 
ongekende krag. Die sal ʼn engel van My, in sy verwoestende 
weg kom stuit, om ʼn enkel kind van My, eers vinnig vanuit 
sy pad te gryp. Net om daarna weer die winde los te laat. 
Ook weer hulle krag te ontsluit, sodat hul baie van die 
goddelose vir die dood kan buit. Met ʼn kontrak het Ek 
My Naam geskryf, op almal wat aan My behoort. 


Alle kragte wat daar in die skepping is, staan eerbiedig en 
respekvol terug, wanneer hulle hierdie kinders gewaar, wat 
My Grote Naam, onwetend op hul voorhoof dra. Daarom dat 
Ek in Liefde met My kinders raas, "die tyd raak baie min, vinnig 
moet julle vir beskerming, nader aan My kom staan".


Openbaring 90 
Die paar berouvolle gebede is verhoor.
24 Augustus2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer  
Vanweë hoogmoed, gierigheid, hoerery en egbreek. Ja, die lys is 
te lank om op te noem. Maar bowenal, hierdie volk se ontrouheid 
jeens My, hul God. Wat die grootste van al hul gruwels was, het 
Ek hul daar getref waar dit die seerste maak en toegelaat dat hulle 
deur hulle eie toedoen onder die skoen van ander volkere gekom 
het. 

Maar geen outoriteit van enige aard ookal, het Ek aan hulle huidige 
oorheersers toegestaan, om druk op hierdie skoen uit te oefen nie 
en hulle sodoende te vertrap, te onderdruk en selfs toe te laat dat 
hulle wreed uitgemoor word nie. Hierdie nasies het hul self die reg 
toegeëien, om met menslike toorn in My werke in te meng. 


Ja, daar waar Ek self besig was om My volk te tugtig. Om hulle 
sodoende terug na My te lei. Vanuit hierdie klein verdrukte volk, 
het daar ʼn paar berouvolle en opregte gebede na My Vader-oor 
opgeklink. Hul smeking het as volg gelui: “Red ons uit die hand 
van ons verdrukkers. ”Met genade het Ek hierdie gebede 
aangehoor. 

Die huidige heersers en hul volgelinge, wat ʼn onreg teenoor 
die wat Myne is, gepleeg het. Ja, hulle sal deur die hand van ʼn 
magtige engel vas teen die aarde van Afrika geslaan word. Daar 
sal ʼn groot geweeklaag wees. Die pes, wat soos ʼn dief in die 
nag tussen die bewoners rondsluip, se slagoffers sal in ʼn kort 
tydsbestek, van een na tien opstyg. Waar daar ʼn duisend elke 
dag sou sterf, sal dit nou tienduisend wees. 

Ook sal daar ʼn gees van verwarring en wantroue onder hulle 
heers. In eenheid het hul krag gelê en dit sal Ek verbreek. Skrik 
en verwarring sal nou die nuwe eenheid, aan die onderpunt en 
ook die hele Afrika wees.

Openbaring 91 
Jou geestelike voedsel.
25 Augustus 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Of dit nou die sigbare of die onsigbare, die fisiese of die geestelike 
skepping is. Ek is en bly die alleen Skepper, die Instandhouer en 
ook die Liefdevolle Versorger van My totale skepping in die hele 
oneindigheid. Vanaf die grootste middelson, tot en met die heel 
kleinste atoompie, daar is Ek onlosmakend deel van My hele 
skepping. 

Alles het Ek op so ʼn wyse geskape en ingerig, sodat alles mekaar 
in hulle verskillende ordes tot diens kan wees. So was die een 
hand die ander en op hierdie manier is Ek voortdurend besig om 
dwarsdeur My hele skepping, op ʼn indirekte wyse, alles Liefdevol 
te versorg. 

Ook die mens met sy fisiese sterflike liggaam, is afhanklik van 
dit wat die materiële skepping bied. Ook hy sal dit op ʼn indirekte 
wyse van My, vir die voortbestaan van sy liggaam ontvang. Maar 
wat die geestelike kant van die mens betref, is hy geskape na die 
beeld van My, sy Skepper en is daarom die draer van die 
onsterflike ewige Gees en daarom benodig die mens baie meer 
as net die verganklike organiese voedsel vir sy sterflike liggaam. 

Die mens benodig die onverganklike geestelike voeding wat sy 
ewige volmaakte voortbestaan in die oneindigheid sal verseker. 
Adam het Ek direk en met My Eie Hand geskape. Daarom het Ek 
aan hom die vermoë geskenk om sy ewige geestelike voedsel 
direk vanuit My Hand uit te kan ontvang. 

Aan al My kinders het Ek dieselfde vermoë geskenk. Daarom hoef 
hulle net hul hart vir My te open, om hierdie lewende brood direk 
vanuit My Vaderhand te ontvang. Ek sal dit in oorvloed aan hulle 
gee, wat dit opreg begeer. 

Maar, helaas is daar bitter min wat van hierdie aanbod gebruik 
maak en verkies hulle dit eerder om hulle geestelike voedsel, 
net soos hul liggaamlike kos, op ʼn indirekte en meestal ook 
nog ʼn tweedehandse wyse, uit ʼn wêreldse hand te ontvang.


Openbaring 92
Die Vader se doel met die Sabbat.
27 Augustus 2007


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Nie vir een oomblik het Ek my Goddelike wette na die aarde 
gebring om dit op die mensdom met brutaliteit af te forseer 
nie en hulle sodoende in die ellende in te dompel nie. Ek het 
wette van ordelike Liefde gebring, sodat die mensdom in 'n 
veilige en gesonde omgewing in harmoniese balans met sy 
naaste kon saamleef. Maar nog altyd was daar die 
magliefhebbers onder die mensdom wat My wette tot hulle eie 
voordeel misvorm en misbruik het en dit meestal op 'n onmenslike 
wyse, onder die "bangmaak vaandel" van "God se wet" met skrik 
op die mensdom afgeforseer het. 

Indien julle elke wet afsonderlik sou neem en dit in die fynste 
"detail" sou analiseer, sou julle in elk van hierdie wette telkemale 
die liefde vir My, die naaste en ook jouself vind. Met die korrekte 
uitvoering hiervan doen elke mens dit wat hy graag wil hê 'n ander 
aan hom moet doen.

Kom ons neem as voorbeeld die vierde gebod. Gedenk die Sabbat 
dat julle dit heilig, maar in stede daarvan ontheilig baie dit met 'n 
gedurigdeur voorskrywing en getwis onder mekaar. Alles wat in 
My oneindige skepping in ʼn goeie orde werksaam is verdien sy 
regmatige ruskans of Sabbat, om sodoende hulle kragte opnuut 
te kan versterk. Selfs vir die kragte wat in 'n oënskynlike 
nimmereindigende toestand hulle taak verrig, is daar rus. 

Neem as voorbeeld die aarde wat haar Sabbat in rus geniet daar 
waar dit winter op haar oppervlakte is. Ook die hart van elke 
lewende wese wat ritmies en oënskynlik nimmereindigend sy taak 
vervul. Na elke sametrekking van hierdie spier wat die bloed deur 
die liggaam pomp, ontspan hy vir 'n oomblik volkome. Daarin lê sy 
rus. 

Aan die mens het Ek nie net die slaap en ander vorme van rus 
gegee nie maar ook elke sewende dag om dit in rus en harmonie 
deur te kan bring. Nie as 'n dag wat deur brutale wetgewing deur 
die een mens op die ander afgeforseer moet word nie, daarom raai 
Ek die baie wetgewers rakende die Sabbat aan dat hulle self rustig 
moet raak en dit geniet wat die ware Sabbat hulle bied.


Openbaring 93
Die wonder van volkome vry wees.
27 Augustus 2007 4:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Onder julle mense het julle die baie mooi gesegde wat as volg lui: 
Wanneer jy iemand bemin, laat dit soos ʼn voëltjie vry. Indien dit 
na jou sal terugkeer, was dit altyd joune, indien nie, dan het dit 
nooit aan jou behoort nie. 

Presies so het Ek in My oorgroot Liefde met julle gedoen. In volle 
vryheid het Ek My Vaderhand geopen om julle te laat gaan. Om 
julle vryheid volkome te kan verseker, gaan Ek nog ʼn stappie 
verder en moedig Ek julle aan, om alle mensgemaakte koutjies 
en hokkies heeltemal te vermy. 

Wat meer kan enigiemand begeer, dat ʼn liefling van hom, wat in 
volle vryheidsvlug die ruimtes deur sweef, sy vlug onderbreek, 
om met oorgawe te gaan land op die liefdes hand, wat in liefde 
oopgegaan het om hom in vryheid te laat gaan. 

Dit is wat Ek van julle begeer, dat julle sonder enige dwangleerstelling 
in volle vryheid van die gees, met oorgawe vir My kom sê: “U is die 
alleen-Liefling van my hart, Abba Vader, U het ek met my hele wese lief.”


Openbaring 94 
Waak teen Lucifer se fantasiewêreld.
28 Augustus 2007 8:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
By die minuut verwissel Lucifer homself van die een glans-
verskyning na die volgende skittervertoning. Om die mens 
sodoende op ʼn leë en kunsmatige dwaalweg te bring. Presies 
soos die illusie wat hy is, verdamp hy soos mis voor die son, 
na elk van sy fopvertonings. 

Alleen en oorbluf ontwaak die mens hierna op ʼn koue en eensame 
weg, wat reguit na die hel toe lei. Ja, met behulp van ʼn kunsmatige 
god, het die mens vir homself ʼn skynwêreld geskep, waarin hy 
kunsmatige geluk en liefde probeer vind. So leef die grootste 
gedeelte van die mensdom, in ʼn wêreld van illusie, waar hulle 
heeltemal tred met My en die ware lewe verloor het. 

Die mens se dae volg mekaar soos die een onwerklike droom na 
die ander op en al wat nog konkreet vir hulle oorbly, is die harde 
klank van geld, wat hoogs noodsaaklik is om die mure van hulle 
fantasiewêreld regop te kan hou. Geen spoor van My Goddelike 
Gees sal te vinde wees in hierdie kunsmatige nabootsing van lewe 
en liefde nie. 

Dit is van hierdie mense waaroor daar lank gelede geprofeteer 
is waarvan geskryf staan, dat hulle waterlose wolke is wat 
hartstogtelik deur hulle eie skandelike en bruisende begeertes 
aangedryf word, bome wat geen vrugte dra nie. Daarom is hulle 
dwaalsterre, vir wie die donkerte van die ewige duisternis vir ewig 
bewaar word. 

Daarom waarsku Ek My geliefde kinders, om julleself te weerhou v
an hierdie mense en dit wat hulle seepbelwêreld bied.


Openbaring 95 
Die gruwelhond se tydtelling. 
29 Augustus om 6:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Dubbel geseënd is die een wat geestelike seën van My verlang. 
Wysheid en die ewige lewe sal sy onverganklike loon wees. 
Vervloek is die een wat aardse skatte en rykdomme vir homself
 as ʼn seën opgaar, mot en roes het hy ewig vir sy siel geoes. Dit 
sal ook die loon wees van al die groot moondhede, wat hul sterkte 
en krag op die gesteelde rykdomme van ander volkere gebou het. 

Die huidige wêreldorde is soos ʼn uitgeteerde hond, wat in 
vraatsug ewiglik nooit genoeg kan kry nie, omdat hy met die 
mees onreine parasiete besmet is. So bly hierdie aasdier met 
sy snoet snuffelend op die spoor van My uitverkore volk. Selfs 
haar bruidskat probeer hy nog deur alle eeue kaap, om homself 
tot die koning van die aarde te kan kroon. Ja, met die ster van 
Dawid wil hy homself tot die ewige koning kroon. Met die 
gesteelde ster van Suid-Afrika op sy hoof, probeer hy om dit 
aan die wêreld te toon. 

Goed weet hy, dat oral waar My kleine Sion se voetjies trap, 
daar is die aarde met ontsaglike rykdomme geseën. Waar sy 
haar handjies vrolik die lug ingooi, daar het Ek die ruimtes met 
My Liefde geseën. Waar sy ookal oor die waters vaar, daar laat 
Ek dit van alle lewe wemel, ook daar waar sy haar ploeg inslaan, 
daar laat Ek die grond van vrugbaarheid oopbars. 

Maar vir die gruwelhond, wat nou vir homself ʼn gelykenis 
van sy afgod op sy plein opgestel het, vir hom het die tydtelling 
van sy einde begin. Daarom sê Ek: Wee die aarde wat hierdie 
magliefhebbers dra.


Openbaring 96
Die skynverlosser is in julle midde.
30 Augustus 2007 6:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Waak en bid, die skynverlosser van die wêreld is in julle midde. 
Wee die bewoners van die land van duisternis, wat die lig en die 
lewe met geweld van hulleself afweer en die wapen sal opneem 
om die laaste draers van God se lig van die aarde te probeer afvee. 

Ja, ʼn ongekende duisternis is besig om soos ʼn versmorende 
sak op die aarde neer te daal. Vanuit hierdie donker nag tree 
die antichris-koning openlik na vore, om sy baie kort heerskappy 
oor ʼn verlore wêreld te kom volbring. Sag soos ʼn lam, sal hierdie 
verskeurende wolf, vanuit sy nag na vore tree en ʼn valse helpende 
hand na ʼn vinnig verbrokkelende wêreld uitsteek, om sodoende 
die laaste moontlike ligkandidate vir sy duister koninkryk te kan 
win. Hierdie poging van hom sal egter jammerlik misluk en 
woedend sal hy nou in sy ware gedaante oprys, om met die hulp 
van sy tallose misleides, My lammers te kom verskeur. 

Daarmee saam sal die profesie in vervulling gaan, waar daar 
geskryf staan dat daar twee broers sal staan en Ek een sal 
aanneem en die ander een sal verlaat. Ja, die een broer sal 
die ander een oor My Naam haat en die duisternis sal alles 
in sy vermoë doen om die lig uit te kan doof. Maar My hand
 van beskerming sal Ek persoonlik oor elk van My ligdraers 
hou. In ʼn stikdonker nag sal die Genadelamp van God, soos 
ʼn jong Opkomende Son, in die harte van My uitverkorenes skyn.


Openbaring 97
Wat opgaan sal altyd weer afkom.
31 Augustus 2007 7:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Daar is ʼn baie ou natuurwet wat soos volg lui, dit wat opgaan sal 
altyd weer afkom. Dit maak nie saak hoe ver ʼn voorwerp in die 
ruimtes ingeslinger word nie, hierdie materie sal met groot 
verlange na sy moederskoot terugkeer. Presies dit is wat nou 
besig is om te gebeur na die mens se dom en onverskillige 
proefneminge, om meteoriete van hul bane te probeer skiet. 

As voorlopers van ʼn baie groot vyand, wat die aarde vanuit die 
ruimtes nader, sal die wetenskaplikes as ʼn voorsmaak, eers hulle 
eie terugkerende rommel in die ruimtes gewaar. Hierdie inligting 
sal hulle egter van die mensdom weerhou.

Kom ons bly voorlopig eers by die groot aankomende gevaar, 
wat in aantog na die aarde is. Wat inderdaad ʼn dodelik vyand 
vir die mens, maar ʼn vriend in nood vir die aarde is, wat deur 
My self gestuur word, om die ashoop omskepte aarde te kom 
reinig. Ja alles omtrent die aarde het onrein geword, selfs buite 
haar atmosfeer dryf daar mensgemaakte rommel rond. Die 
atmosfeer self het dik van die gifgasse geword, wat onophoudelik 
in haar ingepomp word. Om van die besoedeling op haar 
oppervlakte en ook in haar dieptes, asook die see en al haar 
waters, nie te praat nie. Ja, die skone aarde is in ʼn sieklike en 
liederlike rommelhoop omskep, wat dit onmoontlik vir haar maak 
om toekomende geslagte te kan huisves. 

Ja, die mens se selfsugtige vraatsug het alle ordes kom versteur 
en die skoonmaker vanuit die ruimtes, kom met geweldige winde 
om die aarde weer skoon te vee. Met geweldige aardbewings sal 
alle vullis weer in die dieptes van die aarde ingeploeg word en 
groot blokke ys sal dit wat onrein is, vanuit die atmosfeer kom 
absorbeer, voordat dit die see en land sal tref. 

Die mens sal sy dors met sy eie gif moet les. So sal die "vyand 
vriend" ʼn ashoop-aarde in ʼn goeie komposhoop kom omskep, 
waaruit nuwe lewe weer vars sal ontspring. So word ʼn nuwe 
paradys weer vir toekomende geslagte voortgebring. My opregtes 
sal Ek in die tyd van gevaar met my Eie hand bewaar. Hulle sal die 
ouers van hierdie nuwe geslagte wees.


Openbaring 98 
Die enigste ware doop.
1 September 2007 8:00.

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Nêrens is daar iets vreemd of sinister aan die pad wat Ek van My 
kinders verlang om te loop nie. Maar eenvoudig en reguit is die 
pad wat in Waarheid en Liefde na die Vaderhuis toe lei. My kinders 
sal dadelik My Stem herken, in die korrekte aanwysing van hierdie 
weg.

Net soos met die Sabbat, is daar baie twisgeskille onder julle oor 
die doop. Daarom gaan Ek julle kort en kragtig hieroor inlig. Soos 
hoeveel male tevore sê Ek nou weer dat Ek die mens met ʼn vrye 
wil toegerus het. Daarom kan elkeen na sy eie goeddunke handel. 
Waar een egter met die Wysheid en hulp van My Gees gaan 
handel, daar gaan dit die korrekte optrede wees. 

Besluit daarom self of julle in hierdie tye nog deur die hand van 
ʼn mens met water gedoop wil word en of julle wil nader staan om 
direk die lewendmakende doop vanuit My Gees, wat nou onder 
julle is, te ontvang. Wat terselfdertyd ook as ʼn ewige salwing en 
toetrede tot die Melgisédek-orde sal dien.

Slegs ʼn persoon wat werklik met My Gees vanuit die hemele gesalf 
is, het die nodige outoriteit om ʼn medemens in My Naam te kan 
doop. Sulke persone is en was nog altyd ʼn rariteit. Deur die eeue, 
is daar biljoene mense deur mense gedoop, wat geen gees van 
watter aard ookal besit het nie. Al hierdie dopery was en is leë 
rituele wat van geen waarde is nie.

Enige volkome opregte kind van My kan egter kom naderstaan 
om deur My Self, sy Verlosser, met My Gees van Liefde en 
Waarheid, tot die ewige lewe gedoop te word.


Openbaring 99
Die gehate klein Boervolk
2 September 2007
 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Nog nooit was daar ʼn volk so diep gehaat deur die hele wêreld as 
julle klein Boervolk hier in die Suidpunt van Afrika nie. Waar julle 
ookal onder My seën oopgeblom het, daar is julle met jaloesie en 
naywer vervolg. 

Wat Ek julle ookal gebied het, dit het die selfaangestelde grotes 
van die wêreld nog altyd vir hulleself toegeëien en julle van dit 
beskuldig, waaraan hulle self skuldig was, naamlik om ander se 
eiendom vir hulle eie gewin toe te eien. In julle groot naïwiteit het 
julle maklik onder hulle fyn lis geswig. Terwyl die hele wêreld op 
die groot verdrukking sit en wag, het dit reeds lankal in Suid-
Afrika, met die toepas van sanksies begin. My volk, wat deur My 
van alles voorsien was, het in swakte geswig. 

Vir ʼn belaglike Esau-loon, het hulle hul Godgegewe erfporsie aan 
ʼn verrotte wêreld verpand en dit met die oorgrote meerderheid 
onder julle, se goedkeuring. Die paar wat wanhopig hierteen 
gekant was, is deur almal as agterlik versmaad. 

Maar onder ʼn paar wat verblind was, het Ek opregte berou gewaar. 
Daarom laat Ek toe dat hulle hulself weer by My opregtes skaar. 
Die skeiding tussen My skape en die wêreld se bokke is byna 
voltooi. Al loon wat daar vir hierdie kruipers oorbly, is om die 
spot met julle te dryf. Die naklank van hul spot sal leeg na eie 
oor terugkeer, ja, die spotter sal met sy eie gespot bespot word. 

Aan My klein uitverkore groepie sê Ek egter, terwyl die wêreld self 
onder die groot verdrukking gaan wat hy vir ander voorberei het, 
sal die einde van julle verdrukking in sig kom. Reeds staan My 
verlossings-(doodsengel) gereed om sy sekel in te slaan en groot 
gaan sy oes onder julle vervolgers en verraaiers wees.

Aan die res van My opregte volgelinge wat hulleself wêreldwyd 
bevind wil Ek ook die versekering gee, dat ook julle na veiligheid 
gebring sal word.


Openbaring 100
Visioen van die doodskis.
2 September 2007 13:30
 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Ek het onverwags die volgende helder gesig gehad. 
Donkerkleurige mans met Moslem dotjies op hulle koppe het 
haastig met ʼn doodskis op hulle skouers in die rigting van die 
Noorde van Afrika gedraf. Een van hulle het soos ʼn "rasta tipe" 
gelyk. Langs hulle was ʼn blanke ruiter op ʼn rooibruin perd in 
volle galop en agter het ʼn baie outydse swart Ford bakkie 
gekom, een van die wat nog ʼn houtbak opgehad het. 

ʼn Paar reuse- swart afskuwelike hande het vanuit die niet 
verskyn en ʼn groot stad begin vermorsel en platslaan. Daar 
was 'n prominente glasgebou wat uitgestaan het. Skielik het 
daar ʼn ultramoderne staalloop verskyn en die reuse hande 
het die loop vasgegryp, maar ʼn reuse koeël het reeds uitgeglip, 
binne hierdie koeël was eienaardige ysterballe wat die heeltyd 
van kleure verander het. 

ʼn Vrou in ʼn Voortrekker rok het skielik verskyn, sy het baie 
ernstig voorgekom. Haar hele gesig, behalwe haar oë, was 
met lappe toegebind. Haar oë het soos twee ligstrale geskyn. 
Sy het my kop agteroor gebuig sodat ek in die ruimte moes 
in kyk. Ek het ʼn geweldige voorwerp oor die aarde sien skuif 
wat ʼn totale verduistering veroorsaak het. 

Nadat dit weer weggeskuif het, was die hele aarde pikswart 
verbrand. Die bome wat verbrand was, het pikswart silhoeëtte 
teen 'n rooi lug gemaak.