Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 501 
Net ʼn valse alias.

Dinsdag 25 November 2008 09:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die vorm van ʼn lig engel staan verleidend die eindtyd-draak. 
Oor die wêreld kom misleidend sy bose spraak. 
Soetvloeiend spruit teen God sy bose wraak. 
Alles wat heilig is word tot terrorisme afgekraak. 
Teen alles wat suiwer is bring hy uit- sy bitter braak. 
Die suiwer Woord word nou tot niks afgekraak. 
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias. 
Onder elke voortreflike valse naam, bly hy net ʼn valse alias. 

Deur Mammon en met geld praat hy nou na elk se smaak. 
Listig lispel hy; ek kom oor die wêreld se geld nou waak. 
Groot wonderwerke gaan ek nou doen vir die finansiële saak. 
Legioene van demone wat nou uit sy mond soos paddas kwaak. 
Sy eindtydtroepe begin hy nou oor die wêreld bymekaar te maak. 
As ʼn Babelse bende kom staan menigtes vir die satan se saak. 
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias. 
Onder elke voortreflike valse naam bly hy net ʼn valse alias. 

Met die merk van die dier laat hy God se kinders naak.
Spottend is daar geen hof wat gaan luister na hul saak. 
Om hul te vernietig is die duiwel se eindtyd prioriteitsaak. 
Maar vas in hul geloof moet My kinders op My koms nou waak. 
In alle ewigheid sal Ek nie een van hul ooit versaak. 
Van voor die grondlegging is hul gekies 
om te kom staan teen die bose se saak. 
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias.
Onder elke voortreflike valse naam bly hy net ʼn valse alias. 

Heilige engele het Ek gestuur om oor My kinders te waak. 
Migael is hier om neer te werp- die eindtyd draak. 
Geen bose hand gaan in vernietiging aan ʼn verseëlde raak. 
Vir ewig stuit Ek satan in sy gruwelspraak. 
So vinnig soos weerlig kom hy tot ʼn einde in sy bose wraak. 
Die poel van vuur word vir ʼn gruwelwêreldorde en sy antichris 
gereed gemaak. 
Valse verlosser, valse vredevors, valse messias. 
Onder elke valse voortreflike naam bly hy net ʼn valse alias.


Openbaring 502 
Bose verlokkings-influisteringe.

Dinsdag 25 November 2008 20:55
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vraag: Wat is die invloed van hekse(ry) op die 'missiedraers’ 
van God en die kinders van die Lig. 

Antwoord: Selfs nie die Seun van die mens was gevrywaar of 
gespaar van die verlokkings-influistering van die bose nie. En 
net soos wat dit die geval is met enige mens wat op hierdie 
aarde gebore is en wat met ʼn volkome vryheidswil toegerus 
is, waardeur hulle willekeurige keuses kan maak en daarom 
blootgestel is aan goeie sowel as kwade influisteringe of 
prikkels. Net so geld dieselfde vryheidswet vir die van 
bo-gebore geeste en ook die missiedraers. 

Geen persoon wat die okkulte of enige vorm van heksery 
beoefen, het egter die outoriteit of mag om enige verseëlde 
of missiedraer se lewe of omstandighede op die een of ander 
manier te beïnvloed of te benadeel nie. 

Daarteenoor het veral die missiedraers die volle outoriteit 
om enige negatiewe krag in My Naam te bestraf en daardeur 
heeltemal onskadelik vir alle aardse doeleindes te stel. Waar 
die toets van versoeking oor die lewenspad van een van 
bogenoemdes kom moet hulle hulself in volle vertroue 
na My wend en Ek sal hulle met dieselfde krag waarmee 
Ek die satan in die woestyn teengestaan het toerus.


Openbaring 503 
In die raaisel staan die Waarheid.

Donderdag 27 November 2008 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn brokstuk van die ewigheid se oneindige tyd. Is ʼn 
koerantberig se nuuswaardigheid kortstondig ewig verby. 
Maar ʼn enkele Woord afkomstig van My, se tyd gaan ewig 
nooit verby. 

Oor elke heilige Woord wat kom van My, daaroor kan elke 
reine gees hul in saligheid oor verbly. My Woord was, is 
en sal ewig in volle Waarheid oor al My skeppings staan. 
In die raaisel sal die Waarheid voor elke gees kom staan. 
Wonderbaarlik in die gelykenis, is dit net God se kinders 
wat dit werklik kan verstaan. 

Hierdie hemel en ook hierdie aarde sal op hul tyd verby 
moet gaan. Maar ewig sal My Woord oor alle eons as die 
enigste Wenner bly staan. ʼn Bose woord was en is nog 
altyd net ʼn illusiewaan. In die poel van vuur gaan dit 
ewig in vergetelheid vergaan.


Openbaring 504 
ʼn Volksverhaal.

Donderdag 27 November 2008 16:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Menig mens het as kind die verhaal geken van ʼn sekere Rip van 
Winkel. In sy geheue het daar plaasgevind die een of ander nare 
kinkel. Eendag in ʼn veld vol vinkel het iemand hom met iets baie 
snaaks besprinkel. Vir menig jaar het van die toneel verdwyn 
hierdie ou skerminkel. 

Na dekades het ʼn vreemdeling in dieselfde land verskyn in sy 
hand had hy ʼn oeroue droë bossie vinkel. Van deur tot deur het 
hy geloop na elke liewe drumpel. Wie hy was kon niemand- nie 
eers hyself na soveel jare uit bewimpel. Desperaat wou hy weet; 
bly ek sonder identiteit, huis en haard nou vir ewig simpel. Dit 
was die heeltyd niemand anders as dieselfde ou Rip van Winkel. 

Voor die einde van ʼn lang millennium was daar baie kinders vir 
die uitverkore volk gebore. Voor hul eerste kreet was hul deur 
omstandighede, ja, deur hul ouers, klaar verlore. ʼn Behoorlike 
opvoeding in God se naam was hul ewig nooit beskore. In die 
geheue van hul gees was hul kronieke nooit gestoor na behore. 

Maar by die wêreldsisteem se verhoë moes hul sonder keuse 
heelvoor sit in die gehore. Hul Goddelike geheue en identiteit 
het hul verloor in die land van die Moore. Binnekort tree hul 
nou na dekades, desperaat en moedeloos na vore. Hul soek 
en vra; ons kom van die land van die Moore, maar heeltemal 
anders as hulle is ons as vreemdelinge in hul midde gebore. 
So sonder ons kronieke en ons herkoms, voel ons nou ewig 
so verlate en ook verlore.


Openbaring 505 
Die gewyde stilte in die hemel.

Vrydagoggend 28 November 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl die satan spottend teenoor My kinders smaal. 
Neerhalend vra; wanneer kom jul Verlosser jul nou haal. 
Vir tweeduisend jaar wag die volkere vir Hom om uit die 
wolke neer te daal. Tartend wil die duiwel weet; het jul 
God jul dalk nie gefaal. Kyk, die hele wêreld aanbid die 
goue 'Baäl'. Vir elke wêreldkind voorsien hy elke dag 
van ʼn lekker sondemaal. 

Terwyl die bose tog so lekker spot en smaal. Trek die 
gruwels al hoe swaarder op die oordeelskaal. Die boek 
van Openbaring is stadig besig om die wêreld fyn te maal. 
Die perd van afgryse verskyn nou dikwels op die horison, 
grys en vaal. Die dood sit in ʼn menslike geraamte grynsend 
in die saal. Hy galop van die een land na die ander om baie 
vir die dood te haal. Die spotter se spot gaan binnekort oor 
homself nou smaal. Klaar het die gewyde stilte in die hemel 
neergedaal. Binnekort val daar oor die wêreld ʼn gevaarlike 
grote oordeelskaal.


Openbaring 506 
"Dit is die tyd van die insameling"

Sondag 30 November 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oor die heelal kom die klank van heilige engele wat roep: 
“Dit is die tyd van die insameling”. In ʼn boodskap van 
oordeel maar ook ʼn boodskap van hoop kom die eindtyd 
tyding. Maar tussen hierdie twee uiterste pole lê daar so 
baie noodsaaklike wrywing. 

Soos ʼn veldbrand hardloop hierdie boodskap oor die aarde 
in elke moontlike verspreiding. In menig familiebloedband 
kom daar nou verdrietige skeiding. Edelheid kom tot volmaakte 
suiwerheid, herhaaldelik deur die smeltkroes van reinigings 
lyding. 

In die materiële lokstem lê vir die wêreldgesinde die ewige 
verleiding. Maar vir die volgeling van die Waarheid en Lig 
lê ewig die weg van bevryding. In ʼn nuwe verbond lê die 
teken van die geestelike besnyding. 

Ewig sal hierdies staan in Sy heilige Melgisedek priester-
verordening. Draers sal hul wees van die heilige ark van 
alle Goddelike insettinge. So, bring oor die wêreld die 
langverwagte blye tyding. Nie ver van nou, maak God 
op ʼn gereinigde aarde Sy heilige verskyning. 


Openbaring 507 
ʼn Enige Koningskap.

Maandag 1 Desember 2008 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In haat en nyd wil die mense die heeltyd oor die waarheid stry. 
So min is die wat hul oor My nog opreg verbly. In ʼn tyd wat die 
bose al wat leef en beef gaan onderkry. Ja, in ʼn tyd wat die 
engele die heiliges bymekaar moet kry. In hierdie tyd is dit 
wat broers in haat en twis die heeltyd met mekaar wil stry. 
Omdat elkeen homself, selfs in hierdie erge tyd heel bo-aan 
die ranglys wil kry. 

ʼn Mensekoning wou die heilige volk met mag en mening 
vir hulself verkry. Baie swaar het die uitverkore volk nog 
altyd onder hierdie juk gely. Deur duisend geslagte het 
soveel hierdie koningspos vir hulself beny. Deur hierdie 
selfde strewe het Lucifer homself ook tot die grootste 
val gekry. Maar in hierdie tyd is dit weer hy wat om die 
koningskap ten koste van ʼn hele wêreld baklei. Maar 
binnekort sal elke mond op hierdie aarde bely; die 
Koning van alle konings het gekom om Sy kinders 
ewig bymekaar te kry.


Openbaring 508 
'n Skouspel van die hemelliggame. 
(sien ook Openb. 362 (a) Vrydag 20 Junie 2008) 
Maandag 1 Desember 2008 21:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die maan en sterre sal in ʼn reguit lyn kom staan. 
So het Ek maande gelede in ʼn openbaring kom vermaan. 
Eenkeer in ʼn miljoen jaar sal daar open- ʼn dimensionele laan. 
Oor die aarde sal engele met hul skale kom staan.

Duisende jare gelede is daar deur die heilige skrifte vermaan. 
In die tyd van die einde sal daar oor die hemelspan 
in die sterre vir die mens baie wondertekens kom staan. 
Daarom is dit in die vorm van ʼn skaalbak 
wat die maan tussen twee stergewigte kom staan. 

Kyk na die eenkant toe het gekantel die aarde se enigste maan. 
In hierdie skouspel van hemelliggame se distansie-waan. 
Gaan menigtes in die toekoms stort- ʼn baie bitter berouvolle traan.


Openbaring 509 
Geskiedenis en uitleg van die oergeeste.

Dinsdag 2 Desember 2008 15:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vraag: Wat is die verskil tussen ʼn van bo-geborene en ander 
geeste asook ʼn missiedraer en hoe ken ʼn mens die verskil. 
Het almal nie skuld aan die oersonde gehad nie? 

Antwoord: 
Van voor die grondlegging van die aarde het Ek jou by die 
naam geken en dit geld vir elke lewende siel, wat beteken 
dat voor die ontstaan van enige sonne sowel as planete 
of enige ander hemelliggaam, was alle geeste reeds volledig 
in hul wese sowel as hulle getalle deur My geskape. 

Wat die sondeval met dit wat daaruit voortgespruit het betref, 
kan dit onder twee groepe gegroepeer word. Eerstens was 
daar die sondeval van Lucifer, die oorspronklike ligdraer; 
(die verdorwenheid van die gees deur die opstand) waarby 
ʼn derde van die oergeeste betrokke was. 

Ten tweede was daar die sondeval van die Adam; 
(die verdorwenheid van die vlees deur die versoeking.) en wat 
die sondeval was wat tot gevolg gehad het dat alle mense op 
hierdie aarde in oersonde gebore en ontvang is. 

In My alomvattende Liefde en regverdige genade wat nog altyd 
daarop gemik was en soos wat dit uiteengesit is in die gelykenis 
van die verlore seun en waar daar voorsiening gemaak word vir 
die vrywillige rehabilitasie en terugkeer van enige gevallene of 
sondaar na hul Vaderhuis, word daar ook aan die einde van 
hierdie gelykenisverhaal melding gemaak van die reaksie van 
die sondelose oudste seun nadat hy die blye weersiens en die 
hartlike ontvangs waargeneem het wat daar plaasvind elke keer 
met die terugkeer van ʼn gevalle sondaar.

Behalwe vir die versekering dat alles wat aan My behoort ook 
hulle volwaardige eiendom is, het Ek dit ook aan hierdie volmaakte 
geeste toegestaan om ook in volle vryheid die weg van die vlees 
oor die aarde te kan gaan om sodoende die toets te kan deurstaan 
om nie net as volmaakte dienende geeste nie, maar ook as 
volwaardige Goddelike kinders huiswaarts te kan keer. 

Omdat hierdie suiwer geeste nie deel gehad het aan die eerste 
geestelike groot sondeval nie, het die Goddelike verseëling hul 
te beurt geval waardeur hulle deurentyd tydens hulle aardse 
bestaan, onwetend die volle beskerming van die Heilige Gees 
geniet en daarom is hulle name voor die grondlegging van die 
aarde in die boek van die lewe neergeskryf. 

In hierdie tyd is daar onder hierdie van bo-gebore geeste ook 
dienende geeste van ʼn baie hoë orde wat ʼn proeftydperk deur 
die materie voltooi waardeur hulle terselfdertyd diensbaar vir 
My gaan wees in hierdie laaste fase van die einde van hierdie 
tydvak. 

Hulle is die missiedraers waarvan sommige van hulle alreeds 
as ou profete, leviete, apostels en dies meer die weg van die 
vlees een of selfs meer kere oor die aarde gegaan het. 

Meeste van hulle dra ʼn sterk vermoede en ondervind ʼn sterk 
drang na Goddelike diensbaarheid binne hulle self. Met die 
volle neerdaling van My Gees op die regte tyd in hul harte, 
sal elk van hulle tot volle ontwaking en daardeur sy volle 
wasdom kom.


Openbaring 510 
Die sport afgod.

Donderdag 4 Desember 2008 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Wee die een wat beweer dat Ek My goedkeuring vir die mens 
sal gee om voor die sportgod te kan buig. Oor menig jare kom 
vanoor die hele wêreld vanuit stadiums ʼn oorverdowende gejuig. 
Voor sport en spele is dit wat die mens so baldadig tekere gaan 
en buig. Grootdoenerig en blasé- 'ek is ʼn god' so is dit wat sport 
oor homself getuig. So is menig mens van sy geloof in My 
heeltemal leeg gesuig. Voor sportstadions, "sportbars" 
en ook sport TV staan die ondersteuners van hierdie god 
getrou in hulle tuig. 

Ook in hierdie volk word daar van vroeg tot laat, jaar na 
jaar, voor hierdie god gebuig. Terwyl die applous dreunend 
en magtig oor die sportvelde druis het droewig die Heilige 
Gees saggies en tevergeefs in die harte van sportliefhebbers 
gesuis. 

Terwyl die adrenalien en opwinding baldadig deur die wese 
van sportliefhebbers druis en terwyl almal daarna smag om 
in vermaak eufories te kan lig hul oorwinningsvuis. Was 
daar so min in hierdie opwindende tyd wat bereid was om 
in te skuif onder My lydingskruis. 

Die een wat hom hieroor uitgespreek het was in die oë van 
sport aanhangers net ʼn eenvoudige muis. In ʼn tyd wat Ek in 
hierdie wêreld in Woede die sonde voor My Oë gaan vergruis 
gaan die applous om sportvelde verander in ʼn jammerlike 
droewige geruis. 

Die mens gaan vind sy sportgod was ondergeskik aan Mammon 
net ʼn bloedsuiende luis. Menigtes van hierdie afgodedienaars 
gaan My soek en vind Ek is nie vir hulle tuis. Die bitter sportbeker 
gaan in die poel van vuur vir ewig wees, baie se onuithoudbare 
kruis. 

Openbaring 511 
Steeds sien die mens nog niks.

Vrydag 5 Desember 2008 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer

Om die verseëlde boek se sewe seëls te breek is dit die Lam 
wat nou nader staan. Sewe kandelare kom eerbiedig voor hul 
Skepper staan. Sewe engele kom tot reiniging nou wydsbeen 
oor hul domeine staan. 

Dit is die gebede van die heiliges wat soos reukwerk na God 
se troon opgaan. Lank genoeg is die mensdom oor en oor 
nutteloos vermaan. Sewe basuine gaan die oordeels-weg tot 
ondergang oopbaan. 

Sewe donderslae, weerlig en groot aardbewing gaan daar oor die 
aarde gaan, deur hael en vuur gaan ʼn derde van die groen natuur 
vergaan. Nog steeds kan die wêreldling hierdie dinge nie verstaan. 

So sal ʼn engel van die dood oor die sewe oseane gaan. ʼn Derde 
van alle lewe en ook die skeepvaart sal vergaan. Nog steeds laat 
die mens hom deur niks of niemand oor die komende oordeel 
vermaan. 

Is dit vullis wat soos ʼn fakkel brand, gaan dit oor die groot riviere 
van die aarde gaan? Die son, maan en sterre sal in ʼn reguit lyn 
van sewe kom staan. Met ʼn duisternis gaan hul die mens 
wanhopig kom vermaan. Maar die mens sal glo alles is in 
sinsbedrog-net die een of ander illusiewaan. Stadig maar seker 
verdroog die vloei vanuit die genadekraan. Verdrietig val daar 
oor ʼn engel-wang die heel laaste traan. 

In genade het die Goddelike getal van sewe nog altyd oor die 
mens gestaan. Maar in sewe gaan die oordeel nou oor die hele 
wêreld gaan. 


Openbaring 512 
Politiek gaan sy tol begin eis.

Vrydag 5 Desember 2008 19:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In staatsie staan daar in oneer in die nabye toekoms 
ʼn baie belangrike persoon se kis. 
Oor die afsterwe van ʼn grote politikus 
hang daar ʼn geheimsinnige raaisel in ʼn brutale deinserige mis. 

Wat die werklike oorsaak van die skielike dood is, 
daaroor kan die stamme en volkere maar net gis. 
Iemand word gevang in ʼn baie fyn beplande lis.
In die politieke waters swem ʼn gevaarlike vreemde vis. 
Vinnig hierna volg nog en nog ʼn lyk in ʼn kis.


Openbaring 513 
Die Boervolk se geskiedenis en hul taal.

Sondag 7 Desember 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Op ʼn tyd het Abraham met sy vrou Sarah na Egipte vertrek. 
Angstig het die Farao hom met sy eie dogter as geskenk laat 
weg trek. Vir sewe jaar en nog sewe jaar het Jakob vir Lea en 
Ragel gewerk. Daar het ʼn tyd gekom dat hy van sy skoonpa 
Laban se grond moes vertrek. 

Na ʼn worsteling met God is hy met die naam van Israel tot seën 
vir die volkere gemerk. Die tyd het gekom dat Jakob met sy 
huishouding na die landstreek van Gosen moes vertrek. 

Vir jare en nogmaals jare het Israel as slawe en vreemdelinge vir 
ander gewerk. Maar vanuit hierdie verdrukking het God hul na die 
beloofde land toe laat vertrek. Maar in hul sondige aard had hulle 
aan die Waarheid ʼn groot gebrek. Tot reiniging moes hulle vir 
veertig jaar in die woestyn rondtrek. 

Na baie eeue en vele geslagte moes tien van die twaalf stamme 
uit die beloofde land wegtrek. As wilde nomades het hul roetes 
oor die hele Europa gestrek. Hierdie lande het hul met hul erfenis 
van seën tot fyn beskawings opgewerk om net weer na duisend 
jare onder die hand van hul verdrukkers as Protestante weg te 
trek. 

So het van hul kinders oor die roetes van die see na die onderpunt 
van Afrika getrek. Hul het die land anderkant die riviere van Kus 
met Goddelike seën en voorspoed kom bewerk. Hulle verskillende 
tale was in een houer gegooi een taal was weer vir God se kinders 
daaruit getrek. Oor die nuwe aarde sal hierdie taal wees- die 
toekoms se nuwe gesprek. 

In haat en nyd het Esau die eersgebore seën oor Jakob weer 
opgemerk. In vervolging en verdrukking het Engeland gekom 
om die Boervolk se seën met geweld na hom toe te trek. Met 
min besittings maar hope seën het hierdie volkie ʼn wilde nuwe 
woesteny weer betrek. 

Seën op seën het gereën oor hul en hul nuwe plek en raai, nog 
ʼn keer raak die duiwel toe heeltemal berserk en besluit die tyd 
het weer gekom vir die uitverkorenes om vir hom soos slawe te 
werk. 
Maar daarmee saam het die tyd gekom en God het Sy kinders 
se trane opgemerk. Binnekort sal baie van hul na tydelike veilige 
vestings in hul eie landstreek vertrek. Vanoor die hele wêreld sal 
hul heilige broers na hul vir veiligheid toe trek. 

In hierdie tyd sal as teken die rook opgaan van elke valse 
sataniese kerk. Soos die Israeliete van ouds sal elkeen val wat 
staan onder Baäl se leuenagtige merk. Terwyl die hoer van Babilon 
se rook oor die hele wêreld sal trek sal in ʼn wolkkolom die huis 
van Israel hul genade en Seën weer opmerk. 

Vir oulaas maar ewig sal die heilige volk ophou om te trek. Ja, 
My heilige volk sal vir ewig by My in My nuwe Jerusalem intrek. 


Openbaring 514 
Die manier om kinders op te voed.

Maandag 8 Desember 2008 09:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met ʼn ryk verbeelding moet kinders op die wolke kan sweef. 
Speel-speel moet ʼn kind homself kreatief uit kan leef. Om ʼn 
volmaakte kind van God te wees, moet hul ouers hul leer om 
deurentyd na te streef. 

Goddelike integriteit moet mens vroeg-vroeg in die kind se 
karakter inweef. Na standvastige eerlikheid moet elke jonge 
kind na streef. Aan die Woord van God moet elke jongeling 
homself met liefde kleef, voor die standvastige ouerlike 
gesag moet elke liewe kind met die nodige respek kan beef. 

Om sy weg in vryheid na God te vind moet die kind weet dít is 
waarvoor hy op die aarde leef. Ja, met ʼn ryk gesonde verbeelding 
moet kinders op die wolke kan sweef. Speel-speel moet ʼn kind 
homself kreatief as ʼn volwaardige kind van God op hierdie aarde 
uit kan leef. 



Openbaring 515 
Opregte nederigheid is mees waardig.

Dinsdag 9 Desember 2008 10:00 (Sien Openb. 36) 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In die groeipyne van die eindtydgeeste sukkel hulle met die 
stand van hul ordes die heel meeste. Hul poog na die Goddelike 
eienskap wat is die mees merkwaardigste. Hul wis nie dat dit die 
een is wat is die mees verdraagsaamste. 

In hul soeke na die mees opwindende Goddelike uiterstes 
vind hulle in valse lig dikwels die mees kwaadaardigste. Hul 
soeke swerf nou oor die hele wêreld op soek na die heel 
magtigste. Hul vind in die skynbare magtigheid dikwels die 
heel boosaardigste. 

Op moedverloor se vlakte bevind hul hulself in die 
nederigheid van die heel kleinste. Hulle vind dat in die 
toppunt van Goddelikheid skuil in die opregte nederigheid 
altyd die mees waardigste. 


Openbaring 516 
Tweespalt en bitter blaam.

Woensdag 10 Desember 2008 00:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die tyd het gekom vir die volk van gelofte om nader aan mekaar te 
staan. Die tyd het gekom om van hul weg te werp die tweespalt en 
die bitter blaam. Ja, die tyd het gekom vir die edelbloed om weer 
sy man te kan staan. Vanuit die gruwelmodder sal ʼn handjievol 
mense weer tot My uitverkore volk opstaan. 

Nimmereindigend het Ek gepraat, ook geraas en telkemale het Ek 
kom vermaan. Die tyd het gekom en met ʼn Gideonsbende sal Ek 
die sonde ewig kom verslaan. In oordeel op oordeel sal die hele 
wêreld My wel die een of ander tyd moet verstaan. 

Verwilderd in elke windrigting draai op ʼn stukkende as, elke 
Baältoring die mensgemaakte weerhaan. Harig soos ʼn goiingrige 
sak raak toe werklik die vol- sowel as die sekelmaan. Hoe lank 
hink julle op twee gedagtes, sal Elia weer die volk kom vermaan. 
Is dit agter Baäl of die God van hemel en aarde wat jul gaan staan. 

Een vir God teen vierhonderd en vyftig sal die gemeentelede vir 
die satan kom staan. Wyd is die verdoemenisweg wat na satan 
en die hel heen gaan. In Hades gaan ewig val menig tevergeefse 
berouvolle traan. Nou is die poort en so smal is die weg van die 
lieflike hemellaan. Aan die einde daarvan so pragtig die glans van 
die Verlosser wat verwelkomend daar staan.

Sy Majesteit en Goddelike Krag wat strek oor die hele hemelspan. 
Oneindig die hemelskares wat jubelend voor hul God nou staan. 
Hosanna, hosanna vir elkeen wat as oorwinnaar na Hom stap oor 
die goue hemelbaan. Engele wat in verrukking stort- ʼn 
vreugdevolle traan. Die tyd het gekom vir die volk van gelofte om 
nader aan mekaar te kom staan. Ja, die tyd is hier om van hul weg 
te werp die tweespalt en die bitter blaam. 


Openbaring 517 
Verwyder alle bitter blaam.

Donderdag 11 Desember 2008 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jy worstel met ʼn vraagstuk oor die bitter blaam. Jy wil weet of 
almal as ʼn eenheid nou saam moet staan. 

Maar Ek antwoord jou: 
Vir die wêreld en sy kind is alles na die maan. ʼn Oordeel het hul 
vir hulself geskep en dit is waaronder hulle nou gaan staan. Te 
laat het Judas besef as ʼn verraaier staan hy heeltemal alleen 
onder sy eie blaam. So soog ʼn monster wêreldmoondheid die 
kind wat het sy vir haarself gekraam. 

Maar onder die heiliges moet hul verwyder die heel laaste bitter 
blaam sodat hulle as die eersgeborenes kragtig saam kan staan. 
Nie onder ʼn wet nie maar deur die liefde moet hul in hul Goddelike 
bloedlyn as broers bymekaar kan staan. Jul moet ophou om 
mekaar die hele tyd beterweterig te wil vermaan. In twis en 
tweedrag het My apostels mekaar met harde woorde geslaan. 

Stil het Ek met die nederige waskom van diensbaarheid tussen 
hulle as voorbeeld gaan staan. In jul geskiedenis was tot jul 
voortbestaan in ʼn veldslag die vyand deur ʼn handvol mense 
verslaan. Aan jul kant het Ek as jul God die hele tyd gestaan. 

Hierdie kleine kudde van My het in liefde vir mekaar soos een 
man saamgestaan. Daarom is dit dat Ek julle in hierdie krisistyd 
dringend kom vermaan. Indien julle in jul volksvaders se gelofte 
voor My Heilige Troon wil kom staan moet jul in eensgesinde 
liefde soos ʼn enkele man voor My Aangesig kom staan. In hierdie 
verstandhouding gaan Ek en julle mekaar baie beter verstaan. 



Openbaring 518 
Visioen van 'n enorme storm.

Vrydag 12 Desember 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het op drie verskillende geleenthede ʼn gesig gehad van ʼn 
enorme storm, wat ooreengestem het met ʼn verwoestende 
sikloon of orkaan. Die landstreke het ooreengestem met die 
van Afrika onderkant die ewenaar en dit het baie gelyk soos 
Mosambiek en van sy buurlande. 


Openbaring 519 
Sion se langverwagte nuwe lied.

Vrydag 12 Desember 2008 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit Sion ontspring daar ʼn oorwinnings jubellied. 
Ons Koning kom en Sy Wil 
gaan nou oor die oneindigheid geskied. 
Sy verlossing kom Hy aan elkeen van Sy kinders bied. 

Kom sing, O’ Sion, jou langverwagte nuwe minnelied. 
In ʼn ontploffing van kleurespel gaan daar sterre verskiet. 
Die tempel, ook die altaar word nou uitgemeet met ʼn riet. 
Na ʼn kort tydperk verdwyn alles wat onrein is ewig in die niet. 
Vanuit die edel koringkorrels word verwyder al die onsuiwer miet. 

Honderd-vier-en-veertigduisend sing voor die troon hul nuwe lied. 
Hul hart en siel- hul hele wese is wat hul aan hul God nou bied. 
Daar is geen satan wat hul ooit weer kan verbied. 
Om hul vryheidsliefdeslied 
oor alle ewighede en heelalle te laat geskied.

Ewig, ewig is die ewige afgrond tog so diep. 
Droewig klink van hier die gevallenes se verlore lied. 
Verskriklik het die oordeel ewig oor hul geskied. 
Die weg na saligheid word hul hier vir ewig verbied. 
Maar vanuit Sion ontspring daar ʼn oorwinnings jubellied. 
Ons Koning kom en Sy Wil gaan nou oor die nuwe aarde geskied. 

Kom sing O’ Sion, sing jou langverwagte nuwe lied. 
Vertel aan die hele oneindigheid wat het God om hul te bied.



Openbaring 520 
Elke arbeider het sy taak.

Saterdag 13 Desember 2008 09:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur hul vrye wil laat profete hulself vir die goeie saak uitverhuur. 
As beloning ontvang hul My Liefde wat Ek in oormaat na hulle 
stuur. Boodskappe van oordeel maar ook van hoop bring hul as 
genesingskuur. Hul is nie gestuur om dood te kom slaan elke klein 
opstandige vuur. Maar hul het gekom om aan te blaas die Oordeel 
van die Reinigingsvuur. Hul is gestuur om te kom breek die valse 
bindende tempelmuur. 

Predikers het Ek in hierdie tye as leraars na die aarde gestuur. 
Hulself het hul vrywillig as apostels aan My uitverhuur. Om die 
stampe en stote terwille van die goeie saak met blydskap te 
kom verduur. Met die Blye Boodskap moet hul die duiwel se 
saak kom versuur. Om die heilige kudde moet hul in veiligheid 
trek die ondeurdringbare Liefdesmuur. 

So het Ek in hierdie tye ook organiseerders na die aarde gestuur. 
Dienend sal hul as leiers kom arbei in hierdie krisistyd tydens hul 
lewensduur. So het Ek ook troosters en genesers tot heil vir die 
uitverkore kinders in hierdie dae gestuur. Waaksaam en 
hulpvaardig sal hul in die verte na elke horison toe tuur. Vinnig 
sal hul die nodige hulp na elke uitverkorene van My toe stuur. 

So word daar in My wingerd op verskillende tye verskillende 
werkers gehuur. Daar is party wat moet snoei en ander word met 
die mandjie vir die oes uitgestuur. Daar is die wat die dooie takke 
moet versamel vir die vuur. Om die parskuip te trap word ander 
werkers weer voor gehuur. Aan die einde van die dag word 
dieselfde loon vir almal uitgestuur. 

Die profeet word verbied om homself oor die loon van die laaste 
arbeider te versuur. So moet elke arbeider nie in naywer met die 
ander werkers in wrywing sy skouer kom skuur.

Openbaring 521 
Die wet in alternatiewe smet.

Sondag 14 Desember 2008 0:700 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Gerieflik leef die mensdom in die raamwerk van die wet. Met sy 
tiende vrywaar hy homself van alle sondesmet. In die stilte van 
hul Sabbatsrus is daar baie wat hul gewete sus. Een uit sewe dae 
word met mag en mening onderdruk die sondelus. 

Jy mag nie begeer nie, word die mens streng geleer. Maar onder 
die naam van besigheid en handel hoef jy jouself glad nie te 
beheer. 

Geen valse getuienis mag jy oor enige iemand uitspreek. Maar 
daar is baie ander maniere waarop jy jou op jou vyande kan wreek. 

Vermy die leuen en hou suiwer en rein elke gesprek. Maar spysig 
en keurig hou ons elke gesprek en almal skiet met spek. 

Voor My Aangesig mag jy vir jouself bring- geen ander gode. 
Maar eerbiedig buig die gemeentelede hulself voor hul sinode. 

Weer word daar vermaan om geen gesnede beelde te maak. Maar 
van alles het die mens vir homself ʼn afgod gemaak. Eerbiedig buig 
hy hom voor die slang en draak. 

Die Naam van jou enige God mag jy nie ydellik gebruik. Maar om 
die eie standpunt te bewys word Sy Naam vir alles misbruik. 

Om die vader en ook die moeder te eer is daar deur baie eeue en 
geslagte vir die mens geleer. Maar deesdae is dit die ouers wat 
hul bose sondige telge moet eer. 

Deur die wet word die mens van moord verbied. Maar onder die 
vaandel van politiek mag dit in hierdie land, veral teenoor blankes 
maar geskied. So onder die gerieflikheid van die ‘heilige’ sowel as 
die staat se wet bedrieg die mensdom hulself deurentyd met die 
alternatiewe smet. 


Openbaring 522 
Die maatkom raak nou vinnig vol.

Sondag 14 Desember 2008 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vir die eindtyd-oordeel hou die wêreld hom so blind soos ʼn mol. 
Terwyl die pyl van oordeel nou sekuur trek na sy kol. Die tyd van 
die maatkom raak nou vinnig vol. Stadig maar seker begin die bal 
nou te rol. Wie is daar wat hierdie aksie kan laat stol. Oral begin 
die satan se goedgesmede planne nou te lol. Waarheen gaan 
regerings in noodtoestande nou heen kan hol. 

Die engele blaas die basuine en oor die wêreld klink dit: Die 
eindtyd kom! Vanuit elke windrigting word die edel-oes versamel- 
ja die totale som. Dom staan die wêreldling oor al hierdie gebeure 
heeltemal verstom. Oor en weer dreig regerings mekaar met ʼn baie 
gevaarlike bom. In hierdie tyd is daar vir geen enkele graf meer ʼn 
traan of ʼn blom. 

In selfverbittering roep ʼn verlore mensdom nou hoopvol na Hom. 
Maar op hul Here! Here! Is dit nou hul eie eggo wat hol na hul toe 
terugkom. Hul wis die verleier was ʼn verskeurende wolf- as ʼn 
skaap vermom. Oor hul eie onkunde staan hulle nou heeltemal 
verstom. Hul liefde was aan die dooie materie van Mammon 
vasgegom. 

Ja, die tyd van die maatkom raak nou vinnig vol. Klein is die 
Klippie wat dodelik van die berg begin afrol. Hy nader Sy teiken 
om dit sekuur te kan tref in die kol. Wie gaan daar oorbly om te 
kan bereken wat was die dood se tol. 



Openbaring 523 
'n Opsommende toekomsblik.

Dinsdag 16 Desember 2008 08:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn helder oomblik van ʼn toekomsblik kyk ek verbaas om my 
heen. Ek sien mense, wees gelaat verslae geskok tot in hul diepste 
murg en been. Oor ʼn gebroke verpletterde wêreld kyk die laaste 
mense droewig om hul heen. Waar vind hul genoeg vog vir al die 
trane om oor soveel ellende te kan ween. Al die dorpe ook die 
stede, ja, die beskawing is verwoes en afgebreek tot op die heel 
laaste steen. Deur die toedoen van satan is vir hierdie tydvak 
verwoes, al die aarde se ryklike seën. Nêrens kan die aarde tot 
vertroosting ʼn bietjie genade vir haarself iewers heen van leen.

Verwoestend in die laaste stormwinde is dit haar klaaglied 
wat droewig oor haar oppervlakte teem. Waar, O’ waar is al 
my biljoene kinders in hul ellende en hul dood nou heen. 
Terwyl die aarde so eensaam en verdrietig oor haar eie 
lyding ween, kom toon die uitverkore oorlewendes hulself 
aan haar, elkeen een vir een. 

Die goeie Skepper stuur oor haar oppervlakte troostend helend 
nuwe reën. Blymoedig raak sy werksaam en omskep al die 
verwoesting en rommel weer in nuwe vrugbare leem. Oor die 
aarde se hemelliggaam ontspruit ondenkbaar baie nuwe vrug 
van seën. 

Kinders word gebore en op die nuwe aarde vir ʼn heerlike 
Goddelike toekoms gespeen. O’ hoe vrolik is die hergebore 
aarde nou in haar nuwe heerlike seën. In die helder oomblik 
van my toekomsblik is dit ek wat in vreugde nou saam met 
haar ween.



Openbaring 524 
'n Antwoord op Johannes 21.

Woensdag 17 Desember 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Het die honderd-drie-en-vyftig visse van Johannes 21 ʼn letterlike 
of ʼn figuurlike betekenis? 

Nimmereindigend sal elke aksie wat om die Verlosser afgespeel 
het tydensSy lewe op aarde vir ewig in ondenkbaar baie fasette 
tot die verlossing van die totaliteit tot in alle ewigheid uitkring. 
Daarom het die vraag oor die vangs van die 153 edelvisse wat in 
Johannes 21 vers 11 afspeel, letterlik sowel as figuurlik betrekking 
daarop asook ʼn oneindige belangrike rol om te speel. 



Openbaring 525 
Die Waarheid en die kerkmense.

Donderdag 18 Desember 2008 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Bekommerd is daar mense wat in hierdie tyd hul hoof oor baie 
onsekerhede breek. In wroeging is daar mense wat die heeltyd 
die waarheid nou wil weet. Waaraan moet ons ons heil, geloof 
en sielemaatstaf deesdae meet? 

Hoe heftiger die predikers in hierdie tyd desperaat vir ons wil 
preek. Hoe meer wil ons hul woorde aan ons eie maatstaf en 
die Waarheid meet. In ons soeke laat die kerke ons met hul 
holrug geryde woorde in die steek. Ons vind in ons harte 
is U in die Waarheid in die kern van ons allerheiligste versteek. 

Maar die Wêreldraad van kerke poog daarna om elke mens 
te onderdruk tot ʼn stomme leek. In verveling hou hul aan om 
dieselfde rympies oor en oor te preek. Soetsappig hou hul die 
'gelowiges' met hul onsin swak en week. Maar in ʼn krisistyd 
laat hul- hul afhanklikes vinnig in die steek. 


Maar in rebellie is daar ʼn paar wat besig is om die Waarheid met 
liefdesgeweld oop te breek. Die brood van Lig en Wysheid kry hul 
nou stewig tot hul redding beet. Vreesloos laat hul binnekort al die 
kerkleerstellings dringend weet. Die brood van Waarheid word nou 
kosteloos vir almal wat honger is gebreek. Onder jul oordeelklippe 
kan jul ons gerus maar steek. Die hout vir brandstapels kan jul by 
die hope ook maar breek. Ons is hier om as God se soldate ons op 
jul leuens te wreek. 

Hoekom lyk die satan tog so skielik bleek? Waarom laat die krag 
van sy groot getalle hom ook skielik in die steek. Babilon se 
oordeel kom nou vinnig, die groot gemeentes raak nou vinnig 
swak en week. Die kerkleerstellings se bindende kettings word vir 
duisende mense nou stukkend gebreek. Die lig van die Waarheid 
is besig om soos ʼn skone oggend in baie se harte tot hul ewige 
genesing oop te breek. 



Openbaring 526 
Die Vader of die kerk?

Vrydag 19 Desember 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Indien ʼn mens die goedversorgde maskers van gesigte kon aftrek 
sou menigeen tot sy verbasing en skok die volgende gruwels 
opmerk. Die hele hel is in al sy fasette op die aarde en in die mens 
neergewerp. Elke bose eienskap word deur die politiek vir ʼn hel 
hier op aarde in alles ingeskerp. 

Willoos en swak word die mensdom voorberei om hul in hierdie 
drek in af te trek. Daarvoor word gebruik die kamma kerk van lig 
om die hardste hieraan te werk. Om sodoende hul 
eenheidsboodskap soetsappig oor die hele wêreld te laat trek. 

Elke godsdiens, kleur en geur is welkom om onder die dak van 
Christenskap in te kom trek. Hoe dom is die mens wat sy liefdes 
lojaliteit in plaas van om God, om sy wêreldgesinde kerk te loop 
trek. ʼn Gevaarlike gees het in die gedaante van die valse engel 
van lig in die sogenaamde "huis van God" ingetrek. 

Daarom het die Heilige Gees homself van al hierdie smetlike 
gruwels onttrek. Maar vrygekoop deur die bloed van die Lam 
word nou in die hart van Sy opregtes gevestig Sy enigste blyplek. 
As ʼn uitgediende rowersnes van onrein gruwels word die kerk vir 
die duiwel nou ʼn onbruikbare plek. 

Daar kom ʼn tyd en soos ʼn onbruikbare item is dit die kerk wat by 
die agterdeur uittrek. Ja, vir die wêreldpolitiek word die wêreldkerk 
met ʼn vervaldatum nou van die geloofsrak onttrek. Saam met elke 
ander geloof word dit nou tot ʼn mensgemaakte eenwêreldgod 
beperk. 

In hierdie tyd sal satan in woede My Goddelike stempel op die 
heilige voorhoofde van My uitverkore verseëldes opmerk. Hy 
sal vind sy eie duisternis is besig om hom benouend weer na 
sy onverganklike gevangenis af te trek. 

Die tyd raak kort en Ek vra aan elk; vir wie is dit wat jy kies, is 
dit vir My, of is dit dalk jou kerk. 


Openbaring 527 
Die Aarde, haar maan en Saturnus.

Sondag 21 Desember 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In skuins stappie hardloop die aarde vir ontelbaar baie jare om die 
son in haar wentelbaan. Vasgevang in haar eie kleine wentelbaan 
hardloop die maan maar gewillig en geduldig om die aarde saam. 
Maar in ʼn poolverskuiwing gaan die aarde iewers in haar toekoms 
uiteindelik leer om parmantig regop te kan staan. 

Baie wyer gaan die maan nou ook eendag in haar wentelbaan weg 
van die aarde kan staan. So gaan haar eie swaartekrag nader en 
digter om haar eie oppervlakte kom staan. In haar eie atmosfeer 
gaan daar haar eerste eie traan van vog om haar ontstaan. 

In die verre toekoms sal die maan vir die ontvangs van eerste lewe 
nou nader aan haar Skepper staan. So sal die liewe maan nou ook 
haar eerste ontwikkelingstydvak al is dit ook hoe primitief, kan 
binnegaan. 

Ook Saturnus sal met die knip van ʼn naelstring ʼn paar van haar 
kinders in vryheid as ʼn onafhanklike hemelliggaam op hul eie 
wentelbaan om die son laat gaan. Wie is daar wat die kragte van 
die hemelliggame in God se skepping ooit werklik sal kan 
verstaan. 

In jou eie onkunde wil jy nou van My weet of hierdie aksies 
spontaan en rustig gaan ontstaan. Maar skrikwekkend kom die 
antwoord voor jou staan: In geweldige atmosferiese kataklismisse 
gaan die geboortes van die nuwe wentelbane ontstaan. 



Openbaring 528 
Selfgesentreerde hoogmoed en eieliefde.

Dinsdag 23 Desember 2008 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die selfgesentreerde hoogmoed van die mens sal menigeen 
die volgende maklik kan opmerk. Vir die Ware Woord van God 
toon bitter min mense deesdae enige waardering of respek. So 
alwetend soos ʼn god spreek menigeen oor homself, ja, so 
redeneer die opgeblase ‘eie ek’. 

Maar hul vergaar hulself vinnig daar waar die Gees besig is met 
Sy ware opregte gesprek. Om sodoende die aandag van die ware 
soekers na hulself te kan trek. Op menig preekstoel staan die 
valse kamma-man van God as die meneer perfek. Ontlasting word 
deur baie gemeentes as pêrels opgelek. 

Massas word getrek na die valse profete se verhoog van 
toneelspel en valse drek. Op die Internet poog elke tweede gek om 
homself as die beste skrifkenner op te kan trek. As ʼn hoogheilige 
wil hul tog so graag iewers laat; hul eie identiteit se merk. 

Met die eie ek is die mense besig om die goeie werke van God teë 
te werk, omdat hul eieliefde die heeltyd besig is om in ʼn sirkel na 
hulself toe terug te trek. In die ware liefde is daar so min wat hul in 
nederigheid tot die Goddelike deemoed wil beperk. 

Maar deur middel van die Heilige Woord is daar baie wat hulself in 
hoogmoed bokant die wet van die gemiddeldes wil optrek. Al sou 
Ek in My Goddelike gedaante nou tussen die mense intrek sou 
daar baie wees wat bo-op My sou klim, om sodoende die mense se 
belangstelling in hul eie persone te kon opwek. 

My opregtes waarsku Ek om hul deur die Gees van onderskeiding 
van hierdies te onttrek. As nuttelose wolke, ja, skandvlekke wil hul 
altyd deel wees van die Goddelike gesprek. Uit hul selfsug en 
hebsug sal hul poog om die hele tyd voordeel uit julle te trek. 
Maar soos die uitbraaksel van ʼn hond sal hul eie gespreekte 
woord hulle na hul eie selfgeskepte hel aftrek. 


Openbaring 529 
Mammon en sy verrotte roos.

Woensdag 24 Desember 2008 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Satan lag en spottend hou Mammon vir die mensdom ʼn pikswart 
verrotte roos. Al wat leef en beef raak wêreldwyd nou werkloos. In 
resessie kry die mensdom depressie en almal raak nou swak en 
moedeloos. 

Troosteloos van oor die hele wêreld kom die klank; ons is bankrot 
en sente loos. Oral is die ekonomie swak en die mensdom is 
raadop breekbaar en baie voos. Deur rente op rente is ons 
bankrot en raak ons nou huis- en haweloos. 

Onstabiel raak ook die gesinstrukture nou swak en baie broos. 
In ons wanhoop raak ons finansieel waaghalsig en ook baie 
roekeloos. Maar satan lag en spot en draai sy rug op Afrika se 
honger kroos. Asië roep hy toe; ook vir jul stuur ek die hongerloon 
en dit is heeltemal kosteloos. 

Menig banke vou ek toe en bankrot skryf ek op elke doos. Vanuit 
Israel raak die wêreldmoondhede vir die Arabiere oor die olie nou 
baie boos. In die vredes-onderhandelinge is daar min oor wat die 
opstekers nog kan troos. Die wêreldekonomie raak in die eerste 
skynsel van ʼn wêreldoorlog al hoe meer net troosteloos. 

Ja, satan spot en lag en Mammon hou vir die wêreld uit-ʼn pikswart 
verrotte roos.


Openbaring 530 
Nood sal ons leer.

Donderdag 25 Desember 2008 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beerr
Orals brand daar liggies en almal beweeg vrolik in die 
kersfeesgees. In die tekens van die tye is daar reeds vele wat die 
eindtyd oordele raak kan lees. Maar in ʼn tydperk van naderende 
rou roep die wêreld: "Ons vier fees"! 

Vanaf kersfees tot en met nuwejaar wil vriende en familie bymekaar 
nou wees. In hierdie feestydperk dink baie daaraan- dit is dalk die 
laaste keer. Desperaat probeer hul om geliefdes van hul opregte 
liefde te leer. In hul pogings lê hul uit gewoonte geskenke onder 
boompies neer. Op hul beurt ontvang hul in pakkies geskenkgawes 
van hul geliefdes weer. 

So probeer almal mekaar nou deur hul geskenkpakkies leer. 
Dit is liefde en nogmaals liefde wat ons van mekaar begeer. 
Dit is kersfees! Dit is kersfees! Roep almal hulself nou hees. 
Staan nou nader! Staan nou nader! Sodat ons in wêreldse liefde 
nou bymekaar kan wees. In die tekens van die tye is daar groot 
onheil wat ons raak begin te lees. Miskien is dit die laaste keer wat 
ons saam bymekaar kan wees. 

Hul oortuig mekaar, dit is die dag, ja, die geboortedag van die 
liewe Heer. Hul hoop op hierdie Mammonsdag sal God Sy gesig 
in blydskap na hul liggies en hul versierde bome keer. In hierdie 
euforie is dit die Waarheid wat hulle tot hul verlossing van hul 
wegkeer. Hul sing vir hulself liedjies van ʼn heilige babatjie sag 
en teer. Deur heidense konserte probeer hul om hul kinders van 
die liefde van God te leer. 

In die feestyd maak hul die Heilige Gees se hart so baie seer. 
In hulle kersfeesgees gaan niemand hul oortuig om anders as 
hul heidensfees te wees. Maar in die tekens van die tye gaan 
die wêreld binnekort die harde feite lees. 

In nood en lyding gaan die mense bid om as families nou saam 
te kan wees. Droë korsies as die enigste voedsel sal die liefdes 
geskenkies nou in ware opregtheid wees. In eenvoud sal families 
uit die Woord van God vir mekaar nou lees. As ʼn pasgebore kind 
sal Ek in die harte van die opregtes wees. Nie in kersfees nie, maar 
in die ergste tye denkbaar sal Ek in jul midde wees.

Openbaring 531 
Die ware verdrukker en die verdrukte.

Saterdag 27 Desember 2008 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die hele wêreld wag in spanning vir die nare duiwel om die 
geloofsverdrukking tussen die mensdom te kom gooi. Terwyl 
satan die drogleuen as die volle waarheid oor die wêreld uit kom 
gooi kom staan hy as ʼn glansengel met sy witleuen in hul midde 
tog so mooi. ʼn Bietjie onsuiwerheid hier en ʼn verdraaiing daar 
word as ʼn geurmiddel oor die Waarheid gegooi. 

Die pikswart leuen word as die spierwit waarheid oor die wêreld 
gestrooi. Oral word die gemeentes deur die wêreldraad van kerke 
na hierdie onvrugbare feesmale genooi. In groot getalle kom 
mense saam om hovaardig saam te smul aan hierdie dooie strooi. 
Deur eiemagtige politieke regstellings in die Woord van God is die 
Waarheid lankal verkrag tot ʼn nuttelose hoop hooi. 

Die paar draers van die suiwer Waarheid word hatig deur die 
kerke met klippe van oordeel gegooi. Hierdie vervolgers as 
getroue kerkgangers vou in hul miljoene hierna die handjies 
selfregverdigend tog so mooi. Die tannies en die omies in die 
kerke trek hul lippies sedig in ʼn heilige plooi. 

Die eindtyd-verdrukkers begin om hulself in rolverdelings as die 
verdrukte martelare te tooi. Hul wag vir die Kommunisme of die 
een of ander gogga om hul kamma 'waarheidsbybels' weg te kom 
gooi. In woede raak menigeen wat hier lees in die gesig nou 
boosaardig bloedrooi. Hul skreeu: Waar is die klippe om hierdie 
mal valse profeet dood te kan gooi. 

In haat kyk hul nou na almal wat hulself met die kleed van 
Waarheid tooi. In ontbranding begin die leuen homself in sy 
ware gedaante orals te ontplooi. Wêreldwyd is dit hierdies wat 
brutaal in die grootste geloofsverdrukking ooit, poog om die 
laaste bietjie waarheid deur middel van hul goedbedekte leuen 
onder bloedige oordeelklippe toe te gooi. 


Openbaring 532 
In 'n komende nuwe aardse dag.
Sondag 28 Desember 2008 07:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn komende nuwe aardse dag is daar blymoedig weergebore 
Goddelike kinders wat op hierdie aarde wag. Vanuit heilige 
hemelwolke daal hul Verlosser in Gees in hul harte neer, so 
sag. Verruklik in hul hemelse skoonheid sal menigtes van 
hemelwesens in hierdie oomblik sing met engele prag. Hierdie 
Goddelike glansrykheid van ʼn onvernietigbare ewige dag kom 
om vir die vredestydperk te verdring die bose se ondeursigtige 
nag.

Vinnig nader nou die oomblik en oor die wêreld sal verstil die 
satan se onheilspellende lag. Ja, oor die hele wêreld word 
verbreek die sataniese wêreld se invloed en mag. Vir die 
komende vredestydperk staan gereinigde aardbewoners 
toegerus met Goddelike krag. Ewig verby is die tyd waar 
mens sowel as dier mekaar vir voedsel sal jag. ʼn Kleuter 
sal homself met ʼn eens giftige adder vermaak terwyl hy 
vrolik sal lag. ʼn Maanhaarleeu sal soos ʼn geduldige lieftallige 
troetelkat by die mens se voete wag. 

In boomryke woude sal die Gees van God weer soos ʼn Koel 
Briesie oor die aarde trek so sag. Vanuit die geestelike realm sal 
die eerste mensepaar tevrede oor die nuwe aardse paradys nou 
trag. Om hulself te verlustig in die herstelde Goddelike harmonie, 
die vrede, ja, die ongelooflike prag. Vir ʼn duisend jaar sal hierdie 
lieflike vrede op elke inwoner van die nuwe aarde wag. 


Openbaring 533 
In die hemelruim van ons harte.

Maandag 29 Desember 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nuuskierig wil die mens voortdurend weet; is ons in die heelal-
hand van God die enigste denkende lewe. Is daar nog iewers in 
die oneindigheid iemand wat filosofies na die dieper betekenis 
van alles kan strewe. Die menslike oog deurpriem die ruimtes in 
sy soeke na ander lewe. 

Vry soos ʼn arend is dit die siel wat in ʼn helder sterrenag in die 
oneindigheid rond swewe. Waaghalsig is daar niks wat hom in 
sy vryheidsvlug kan laat bewe. In die grootsheid van sy eie gees 
voel hy oor dit wat die aarde bied nou so effens verhewe. 

In sy ruimtevlug flikflooi hy en hy roep, hy fluister en hy soek, 
na enige vorm van ander lewe. Frustrerend verskyn daar dikwels 
ʼn wolkemis en onderbreek die blik waar dit in die ruimtes rond 
swewe. Teleurgesteld is dit die mens wat homself sonder 
antwoord na die binnemure van sy huis begewe. 

Verdrietig fluister die awendwolkies; tevergeefs is ons geroep 
om ons te kom toon as ʼn eiesoortige lewe. Saggies troos die 
aandwind; ook ons het verniet as gees saggies om die mens 
kom swewe. Hoogmoedig wil die mens altyd na die hoogste 
pieke van die onmoontlike kennis strewe. Maar in en om homself 
kan hy nie erken die hoogste vorm van alle lewe. 

Maar spoedig in die aarde se toekoms sal daar mense wees wat 
op die vlerke van die nimmereindige gees sal ontdek, verborge 
vir die mens was daar orals in die heelal oneindig baie lewe. 



Openbaring 534 
O’ Vader wees ons tog genadig! 

Dinsdag 30 Desember 2008 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Daar is ʼn deuntjie wat al hoe vinniger om sy eie note gly. Die note 
se refrein is; die tyd is verby, ja, die tyd is verby. In die akkoorde 
kom die woorde; die mensdom gaan nou uitermatig baie ly. Hoe 
hard die mensdom die feite ookal probeer vermy. Die tyd is hier 
en spoedig is dit ook verby. 

More is klaar reeds nou en vandag is besig om in gister weg te gly. 
So min is die tyd om oor iets te huil of dalk ʼn bietjie te verbly. Die 
sekuriteit van die wêreld se rykdomme is besig om uit die hande 
te gly. Oor lewensmiddele gaan die mensdom spoedig bloedig 
stry. In plaas van oor metaal en mineraal gaan die lande oor 
mekaar se kos nou vry. 

Die wêreld het genoeg van sy eie oorproduksie in onnodige 
industrieë verkry. Onder werkloosheid gaan ʼn oorbevolking 
in die grootste armoede nou ly. Die mensdom se gemoedere 
gaan nou vinnig by kookpunt verby. Vrede, valse vrede gaan 
die antichris oor die wêreld nou soetsappig bely. In 
gemeenskaplike wêreldnood moet almal as broers bymekaar 
nou bly. In hul hordes is daar biljoene wat saam met hierdie 
gedagte wil stry. Maar in honger is dit die roofdier wat in die 
mens se gemoed nou dy. 

Oproerig begin die massas te muit en in onlus begin almal nou 
vir hul iets van alles te kry. Hul raak moeg vir die vetgevoerde 
verdedigings eenhede wat vir die veiligheid van regerings stry. 
Soos ʼn golf kom die agterstes oor die voorstes se lyke gegly. 
Soldate met masjiengewere kan met hul koeëls nie voorbly. 
Met bloedige kaal hande is dit die honger oorlewendes wat 
hul uiteindelik beetkry. 

Dit is chaos op chaos wat in al hoe groter kringe oor die 
wêreld uitdy. Aan ʼn maspaal in Engeland hang ʼn vrou se 
lyk en iemand skreeu; dit is die koningin, ja, dit is sy! Al 
hoe meer regeringshoofde begin om in die slag te bly. 
Maar satan wil deur die regerings die mens van sy mag nie 
bevry. Hy laat val die eerste atoombom om orde op die aarde 
te probeer kry. Maar die verdedigingsmeganisme het klaar in 
onbevoegde hande agter gebly. 

In antwoord begin almal nou die saamgeperste kernkragte te 
bevry. Oor duisende jare van nou sal ander inwoners van die 
aarde in weemoed kyk na foto’s van gruwel-ontploffings van 
die laaste veldslag op aarde, op ʼn lank vergete satelliet gekry. 



Openbaring 535 
Die lied van die uitverkorenes.

Woensdag 31 Desember 2008 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vier en twintig in hul getal staan nou nader die ouderling. 
Gerubshande wat die Sionskind die heiligdom inbring. 
Die eindtydgeeste word nou bymekaar gebring. 
ʼn Loflied wil hul tot die eer van God nou sing. 
Sewe geeste wat in ʼn nouer band om die Skepper kring. 
Die weergeborenes word as ʼn pasgebore baba huistoe gebring. 
Sion as maagdelike meisie hierdie keer die eersteling. 
Hemelwagters in Goddelike lig wat die duisternis 
weg van hierdies kom verdring. 

Koning Melgisedek wat Hom as die Bruidegom nou nader 
laat bring. Alles wat onrein is word uit die heilige voorhof 
nou verdring. Gabriël en Rafael ook Uriël en Migael, vier 
aartsengele wat hul voor die troon van God laat bring. 
Gereinigde kontinente wat hulle as offers aan hul Skepper 
bring. 

Die koms van ʼn nuwe aartsengel wat die laaste kontinent 
huistoe gaan bring. Die lof van die uitverkorenes, ja, die 
Sions lied wat hul nou vir God saambring. Suiwer kom 
die nuwe lied wat die maagdelikes vir hul hemel Vader 
tot Sy eer nou sing.



Openbaring 536 
Tyd is ʼn gevangenis.
Donderdag 1 Januarie 2009 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In elke gebeurtenis en vir alles wil die mens in die tyd sy siel 
verpand. Maar in die onmeetlikheid van die materiële sterre stand 
hardloop onverpoos die hemelliggame van die een na die ander 
kant. Ja, om en om storm elkeen voortdurend om sy eie rand. In 
die wentelbaan spin elke hemelliggaam op sy eie spoed en trant. 

Eentonig in sy unieke reis doen elke wentelbaan hom aan sy eie 
orde gestand. Staan die een dag daarom bo die ander uit in sy 
glorie stand. Wie is daar wat weet hoe en wanneer het die aarde 
op sy wentelbaan om die son beland? Wanneer het die maan op 
sy beurt in sy siklus om die aarde vas gestrand? 

Daar is niemand wat kan bepaal hoe oud staan die ewigheid reeds 
in die tyd se tand. Waarom hou die bygeloof met sekere dae tog so 
ʼn sterk verband? Voortdurend op sy omwentelingsbaan verskil die 
tyd op aarde tog van land tot land. 

In die uurglas van die illusie se tyd hardloop van die een tot die 
anderkant, eentonig altyd oor en oor tog net altyd een en dieselfde 
sand. Gister en vandag stap voortdurend met mekaar hand aan 
hand. Hoe dwaas die mens en wetenskap wat God se tyd wil meet 
met die verstand. 

Die totale beweging van die ewigheid se onmeetlike sterre stand 
was ondenkbaar ewig altyd in die Skepper Elohim se hand. 
Daarom hou ʼn duisend jaar met ʼn enkel dag in die ewigheid een 
en dieselfde verband. 

Tyd is ʼn gevangenis geskep deur die menslike verstand. Hierdeur 
word aan die einde van die liggaamlike tydperk die siel aan die nie- 
bestaan van die dood verpand. Maar in die eindeloosheid van die 
ewigheid staan ʼn agtste ewige Sabbatdag in Sy ewige 
onvernietigbare stand. 

Hier het die tydelike ontstaan of die dood ewig nooit ʼn begin of ʼn 
einde se kant. Laat jou daarom deur die warm Liefdesgees bring 
na hierdie eindelose toestand. In hierdie tydlose ewigheid sal die 
mens as ʼn Goddelike kind soos ʼn son vir God ontbrand. 


Openbaring 537 
Nederige deemoed van opregte liefde.

Vrydag 2 Januarie 2009 22:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn wêreld wat besig is om te verrot en te vergaan is daar 
miskien een uit ʼn duisend wat nog effens probeer om iets van 
die Waarheid te probeer verstaan. Hier en daar is daar een of 
twee wat bereid is om oor foute deur hulself begaan krities in 
selfondersoek hulself dringend te vermaan. 

Die res is besig om met ʼn tong van oordeel die siel van hul 
naastes stukkend te slaan. satan self het met sy gruwelhordes 
in haat en nyd tussen ʼn gevalle mensdom kom staan. Brutaal 
en hatig kom volksgenote om mekaar te verloën, te verraai en 
oor niks dood te slaan. 

Selfs die kinders van God trap die een op die ander om in 
selfverheerliking héél bó te kan staan. Hul mislukkings kom 
lê hul voor die deur van hul broer of suster as dié se blaam. 
Niemand sien meer die pyn of die wanhoop van sy naaste se 
verdrietige traan. 

Die wêreld se kinders is oor hul boosheid lankal reeds klaar 
vermaan. Die oordeel wat op hul wag kan die meeste van hulle 
immers duidelik verstaan. Maar oor die soekers van die Waarheid 
wat naywerig in die weg van hul naastes se soeke staan, oor hul 
laat sak die hemelwesens hul hoof en stort oor verlore broers ʼn 
smartvolle traan. 

In elke tydvak waar die laaste Waarheid besig is om weg te taan, 
in so ʼn wêreld is alles besig om tot sy ondergang te verrot en te 
vergaan. Daarom vra Ek aan die paar heiliges wat tot die einde 
vir die Waarheid gaan staan, kom in die nederige deemoed van 
opregte liefde voor My heilige Troon as gelykes nou saam.


Openbaring 538 
My eenvoud kind.

Saterdag 3 Januarie 2009 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ sondaarkind, ja verstoteling, kom vat in jou eenvoud My 
Vaderhand. In die deemoed van jou hart smee Ek met jou ʼn 
onbreekbare band. In ʼn moderne klasseverskil was jy deur 
almal afgedruk tot die heel laagste stand. Oor jouself moes 
jy jouself altyd nog net skaam, met wange wat brand. Daarom 
vertel Ek aan jou ʼn ou- ou verhaal van ʼn lang vergete hoogmoed 
stand. 

Lank-lank gelede gebore uit die laagste eenvoudige menslike 
stand. Vanuit Nasaret -so is geprofeteer- sou daar nooit iets 
kom vanuit die profete-kant. Vandaar het Ek gekom en 
eenvoudig tussen vissers kom staan op die strand. Op die 
nederigste sondaars het Ek My Goddelike Hande in genesing 
laat kom land. Oor My nederige eenvoud het die hoogmoediges 
in haat vir My ontbrand. 

As agterlik en nederig is Ek uitgekryt terwyl die spykers deur My 
hande sou brand. Maar aan My sy hang jy aan My nederige kruis 
aan die regte kant. Die een wat in hoogmoed oor jou hoon en spot 
gaan ontwaak in die Hadesland. Ja, eenvoudig het My kruis op 
Golgota vir die nederiges gestaan teen die aand se bloedrooi 
wand. 

O’ Sondaarkind, verstoteling, My eenvoud kind, met jou stap Ek 
deur My nuwe Jerusalem, ewig- hand aan hand. 



Openbaring 539 
Die wêreldling se vertrek.

Sondag 4 Januarie 2009 08:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Hoe droewig vir die wêreldling wanneer hy vertrek van sy laaste 
aardse lewensdag. In die middernag van sy eerste gewaarwording 
van wat ewig op hom wag. Terwyl die siel op sy nuwe pelgrimsreis 
na nêrens verlore om hom trag. Wanhopig tevergeefs op ʼn liggie 
vir ʼn wegwyser iewers om hom wag. 

In die donker dimensie van die siel is in sy angs en erns niemand 
wat nou om hom lag. Ja, in die stilte van hierdie ondeurdringbare 
duisternag word daar met alles wat daar is nou na die Stem van 
God gesmag. Niks as eiendom selfs geen liggaam waaruit hy 
iewers vandaan kan put-ʼn bietjie krag. Hy wonder wat huisves 
sy bewussyn in hierdie onmeetlike stikdonker nag. 

O’ hoe hulpeloos voel die verlorene in die dood se koue eensame 
nag. ʼn Siel sonder ʼn liggaam wat dra aan ʼn onmeetlike las en 
sware vrag. Onoorkombaar omsluit die dood die siel met ʼn donker 
duister vloeiende grag. 

Selfvoldaan oorhandig satan sy prooi aan Hades na nog ʼn 
suksesvolle jag. O’ Wêreldling, daar waar jy in jou lewenspel nou 
plesierig vir alles om jou lag. Dink! O’ dink aan ʼn tyd wat jou siel 
ewig in jou eie duisternis kan versmag. Berei vir jouself ʼn 
Goddelike Liefdes lewenslamp wat lig sal bring in die tonnel 
van die dood se nag. 

Met die afskeid van hierdie lewe op jou aardse sterwensdag sal 
jy op jou nuwe pelgrimsreis deur die ewigheid om jou vind- net 
ewige lewens prag. Ook sal jy vind nog voor jy begin staan jy 
klaar in God se ewige glansryke dag.


Openbaring 540 
Visioen van 'n kis met goue embleem.

Sondag 4 Januarie 2009 11:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn skielike visioen sien ek skielik ʼn pikswart kis ek word bang 
en wil nie die inhoud sien nie. Die gesig verdwyn ek voel summier 
onwaardig oor my vrees. Dit verskyn weer vlugtig en ek sien ʼn 
blou lap wat tussen die deksel en die kis uitsteek, dit verander 
onmiddellik in water wat soos ʼn rivier daar uitloop. Oor die 
onderkant van die kis is ʼn dieprooi fluweel lap met ʼn goue 
embleem daarop gedrapeer.

Openbaring 541 
Die valse vredes woord "shalom".

Sondag 4 Januarie 2009 20:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Vrede valse vrede roep die antichris, oor die hele wêreld is ek 
aan die kom. Shalom- shalom vir die honger grond, die hoer van 
Babilon kom om. Vir die val van die uitverkore saadlyn het sy vir 
die valse Jodedom gekom. Die blou ster van Dawid gaan nou op 
menig grafte oor die wêreld kom. 

Aan die einde van hierdie tydvak val die ou Jerusalem in die stof 
nou om. Rook en nogmaals rook wat uit die loop van kanonlope 
kom. Dit is die draakgod Dagon wat met haar kinders oor die velde 
kom. ʼn Profeet raak moeg en draai op die linkersy nou om. 

Die oordeelsengele sê: Die eerste helfte is oor ʼn maand- drie of 
vier van nou af om. Wat daar nou oor die tweede helfte kom dit 
laat die hele wêreld stom. Nog net ʼn tyd en ʼn halwe tyd wat die 
satan hom as ʼn valse engel van die lig gaan vermom. 

Wie was op regeringsvlak so baie slim maar tog so uitermatig 
dom. Daar is geen poging wat die ekonomie oor die langtermyn 
weer gaan laat blom. Maar dit is onlus, oorlog, hongersnood, 
aardbewing en die pes wat oor die wêreld kom. 

Shalom, shalom in valse vrede is dit op die akkoord van 
marsmusiek wat die eerste veldslag van Armageddon nou 
kom. In woede staan die nasies teenoor mekaar in bloedlus 
nou moorddadig stom. Gedoop in bloed is dit die son wat 
nou oor die hele wêreld op gaan kom. 

In doodsroggel kom die heel laaste valse shalom. En op sy knieë 
vra ʼn gebroke wêreld: O’ God waarom. So nader die wêreld nou 
die einde van sy totale gruwel som. Wie slaan daar in Hades so 
eentonig op ʼn drom en vanuit die doderyk kom ewig die valse 
vredes-woord; shalom.



Openbaring 542 
Raka was toe heeltyd jou regte naam.

Maandag 5 Januarie 2009 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Vanuit die see se eilande kom daar een plus een en as twee staan 
dit as ʼn eenheid saam. Madiba, vader van die donker see en land, 
jy trek die Afrika en Amerika kontinente saam. 

Balak of is dit Barak, maar Raka is jou ware naam. Gekamoefleer 
met die horings van ʼn lam kom jy as ʼn draak nou tussen die 
mense staan. Die teenstander van God spruit uit ʼn vergete maar 
ʼn baie ou familienaam. 

Uit die vuurbek van ʼn vuurspuwende berg is jou gees gebraak en 
van die grondlegging van die aarde was jou taal die satan se eie 
spraak. In die antichris het alle euwel vergestalt om die hele hel 
op die aarde uit te kan braak. Jou val, ja, jou ewige val bring jy 
nou as vergelding uit in al jou wraak. 

Jy laat die aarde skrik en in ʼn aardbewing gaan sy haarself tot 
in haar diepste wese oopkraak. In oorlog gaan die wêreld brand, 
die groen gras en die bome gaan verdrietig nou wegtaan. In 
hongersnood verdwyn al die wêreld se kosbare graan. 

Jy, O’ draak wat was en dink jy is, was die heeltyd maar net ʼn 
verbeeldingsvlug van jou eie waan. Teenoor jou tot jou ondergang 
kom die Ruiter op die wit perd nou te staan. Met jou mag en al jou 
geld wou jy die merk van 666 op elke mens laat staan. 

Hoogmoedig wou jy My heiliges in jou teregwysing weg van My 
laat staan. Gebind in kettings, ja, jou eie kettings, op wie gaan jy 
hierdie keer plaas al die verwyt en blaam. Vir ʼn duisend jaar gaan 
jy in jou gevangenis nou staan en jy sal uitkyk op jou werke waar 
dit in die ewige afgrond om jou tot jou eie oordeel sal staan. 

Balak of is dit Barak, maar Raka was toe die heeltyd jou regte 
naam. 


Openbaring 543 
Die land van Skeba in Harare.
Dinsdag 6 Januarie 2009 11:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Bloeddorstig terwyl hul muit hardloop skares soos barbare. Ja, 
in die land van Skeba in die strate van Harare, verniel en brand 
die mense alles wat voorkom veral die karre. Woedend skreeu 
hul; ons was lank genoeg nou Afrika se selfaangestelde martelare.

Oral klink die klank van droefgeestige verhale, hul wys aan die 
hele wêreld onregverdige loesings se bloedige hale. Hierdie 
nuus trek oor die hele aarde in al die tale. Maar deesdae trek 
die wêreld sy skouers op oor hierdie tipe van verhale. 
Vlugtelinge vertrap en moor mekaar oor die inhoud van die 
hulpfondse se skamele bale. Die pes hardloop nou in volle 
gedaante in al sy kwale. 

Maar die gees van Skeba raak nou kwaad en gooi oor die res van 
Afrika haar skale. Bloeddorstig terwyl hul muit hardloop oor Afrika 
nou die skares soos barbare. Menig mense wat as lyke val soos ʼn 
boom voor sy winterslaap se dooie blare.



Openbaring 544 
Was jy uitermatig baie lou?
Woensdag 7 Januarie 2009 01:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Terwyl volkere hul vir ʼn moontlike oorlog gereed hou loop daar ʼn 
engel met ʼn stempel wat hy in elke hand vashou. Op die linkerseël 
staan; jy was teenoor My uitermatig baie lou, op die regter een 
staan; jy was aan God getrou. Die boodskapper strompel droewig 
voort en mompel oor en oor: Omtrent almal het verbrou. Met 
watter stene word die nuwe ryk van God nou mee gebou. 
En op baie-baie mense stempel hy die woord- ontrou. 

Onrustig raak in hierdie tyd nou menig baie man en vrou. Hulle 
wil so graag hul hand om redding nou na God uithou. Maar nog 
steeds is dit aan hul aardse rykdom wat hul desperaat vasklou. 
In alles wat nou vou word groot winskope tot die laaste verleiding 
na die mense uitgehou. 

Die draers van die eindtyd Boodskap word hatig deur die kooplui 
uitgejou. Maar onversteurd loop die engel voort met die stempels 
wat hy vashou. Hy mompel oor en oor: In jul weeklaag en jul rou 
gaan jul in baie groot berou jul lippe ewig stukkend kou. 

Maar hier en daar gee hy sy goedkeuring en sê; hier is nou ʼn steen 
waarmee ons die nuwe ryk kan bou. Oor hierdies se voorhoofde 
word die goue stempel met Elohim se Naam vir ewig nou gehou. 

Oor die uitspansel weerklink daar oor elk van hierdies: Ewig aan 
God getrou. Oor hulle is dit wat satan se oë nou in haat vernou. 
Hy weet; vir ewig het sy greep op hierdies tot niks verflou. 
Woedend draai hy hom om om met die heiliges oorlog te kan 
hou. Ontelbaar is die satan se troepe, op elk van hul se voorhoof 
staan daar geskryf: Aan God ontrou. Maar ewig het hul te veel 
afgebyt om te kan kou. God Self kom na die aarde om Sy Hande 
liefdevol om Sy uitverkorenes uit te hou en in beskerming gaan 
Hy Sy Arms om Sy kleine kudde vou.



Openbaring 545 
Visioen oor ʼn Oosterse monnik.

Woensdagmiddag 7 Januarie 2009 12:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn onverwagse gesig sien ek ʼn Oosterse monnik. Behalwe 
vir ʼn dik swart poniestert bo-op sy kop is die res van sy hoof 
kaalgeskeer. Hy dra net ʼn lendedoek. Sy gestalte en grootte 
grens aan die van ʼn reus en sy skouers is massief. 

Hy kyk oor die see na ʼn eiland. Skielik bars ʼn berg in ʼn reuse 
vulkaan uit en die lug word rooi en die see stoot op.



Openbaring 546 
Jou eie weegskaal.

Donderdag 8 Januarie 2009 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Pligsgetrou maar ook plesierig het ʼn mens met sy lewe eens 
oor die aarde gegaan. Vrolik en ook soms verdrietig het sy dae 
die een na die ander gekom en ook gegaan. 

So het die dood ook kort voor lank voor die deur van sy lewe 
kom staan. Langs sy graf het menig vriende en familie kom 
groet met ʼn verdrietige traan. In die doderyk aangekom het 
hierdie mens gevind dat hy met leë hande en naak voor sy 
eie weegskaal kom staan. Die gesondheid en skoonheid van 
sy liggaam kon hy nie laat naderstaan, reeds was dit besig om 
tot stof en niks in die aarde te vergaan. Ook sy aardse skatte 
het deur die dood se mot en roes vir hom klaar in die geestesryk 
vergaan. 

Kennis op kennis het hy op die aarde tot oorlopens toe 
opgegaar. Maar in die dimensie van die geestesryk word 
dit alles tot illusiewaan verklaar. Droewig besef die siel- 
sy eie leë inhoud is al wat hom ewig in die gesig nou staar. 

Desperaat begin hy in sy leë inhoud krap om te kyk of het hy 
dalk iets geesteliks bewaar. Hy soek en kyk en wil homself 
net verbly want hy sien sy tiende daar. Maar wee! O’ wee! Hy 
het gegee om op sy belasting te kan bespaar. 

En hy kyk weer rond en nou is dit sy liefdadigheids donasies 
wat hy daar gewaar. Maar weereens is dit- wee! O’ wee, op die 
liefdadigheids bal was as loon- hy deur almal daar gewaar. 

Droefgeestig is dit wat hy nou verlore in sy eie leë inhoud staar. 
In die duisternis van sy eie niks is daar ʼn effense ligskynsel wat 
hy nou gewaar. Hoopvol haas hy hom ywerig nou na daar en na 
ʼn kleuter in opregte kindergebed, daarna is dit wat hy treurig 
nou na homself toe staar. Hy vra homself, O’ God, waarom het 
ek myself nie in die gebedsgesprek met U bewaar. Waardeur ek 
so in die opregte liefde my medemense om my kon gewaar. In die 
behoeftes van my naastes sou ek kon sien- U self staan daar. Met 
my lewe op aarde sou ek vir myself hemel skatte kon vergaar. 

O’ kon ek net terug na die aardse ryk vir ʼn kort rukkie nou gaan. 
My familie en my vriende sou ek so graag met my nuwe kennis 
wou vermaan. Maar as antwoord is dit net sy eie leë geesteswêreld 
wat droefgeestig nou swyend om hom staan. 



Openbaring 547 
Rusland gaan standpunt inneem.

Vrydag 9 Januarie 2009 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kyk hoe sit die wêreldmoondhede die koppe nou weer bymekaar. 
Kyk hoe praat hul in valse vredes-spraak nou orals weer met 
mekaar. Groter moeilikheid is hul nou besig om op die langtermyn 
uit te braak. Maar vanuit die verlede roep om wraak- die gees van 
ʼn baie ou Tsaar. 

ʼn Dodelike wond is besig om in Rusland tot tydelike genesing op 
te klaar. Met sy oorlogskepe gaan hy in die nabye toekoms na ou 
bondgenote vaar. By ou vriende in die Ooste, Afrika en spesifiek 
Iran gaan hy hom skaar. Terwyl oorlogswolke oënskynlik hier en 
daar gaan opklaar, bars dit opnuut weer uit, oral waar die mens 
heen staar.


Openbaring 548 
Ninevé het bekeer.

Saterdag 10 Januarie 2009 06:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Eenmaal was daar ʼn onwillige profeet en van afkoms was hy ʼn 
Hebreër. Na drie dae in die ingewande van ʼn vis was sy kennis 
skielik baie breër. En Jona het in die strate van Ninevé gaan 
roep: Nog veertig dae en jul stad word omgekeer. 

Die mense van die stad het geskrik en hul baie vinnig deur 
hom laat leer. Om God se oordeel en ook Sy toorn van hul 
weg te kan weer, moes hulle hulself baie vinnig van hul 
verkeerde weë bekeer. Plegtig het hul beloof om hulle van 
hul dwalinge en sondes te bekeer. Op onregmatig fondse 
sou die stadsvaders nie meer langer teer en deur onregverdige 
wetgewings sou hulle ander nie meer langer manipuleer. Van 
onwelvoeglike gruwels sou die inwoners die gesig nou weg 
van keer. In ʼn vasdag het koning, mens en dier jammerlik voor 
die aangesig van God getreur. In sak en as was hul harte oor hul 
sondes regtig baie seer. Hul het geroep en gevra: Wil U nie berou 
en U self in U oordeel van ons omkeer. Die Skepper se hart het 
versag en die oordeel is van Nineve afgeweer. 

In die gruweldag van nou se laaste uur is daar menig ongesalfde 
valse profete wat die wêreld wil kom leer. Ja, vir ʼn Mammonsloon 
terwyl hulself in die ingewande van elke gruwelgenot verkeer wil 
hul oor sondaars uitroep: die tyd is hier om julself nou vinnig te 
bekeer. In sak en as moet julle julself nou vinnig na ons 
geloofsrame keer. Bring nou nader jul beurse, tot op die laaste 
oomblik wil ons daarop teer. Die leraars maak seker dat hul 
volgelinge die opregte waarskuwings van God ignoreer. In sak 
en as is dit hul beurse wat hulle vir die valse profete omkeer. 
Hulle verkeer onder die waan dat hul kerk of valse profeet die 
oordeel van hul gaan afweer. 

Oor die aarde raak net al hoe boser die oorkoepelende sonde-
sweer. Daar is geen salf meer tot genesing aan hierdie septiese 
wond te smeer. Buite die grote wêreldstad van verval roep 
kermend ʼn olyfboom: Moet in die oordeel ook nie U son van 
my hoof wegkeer. Sodat my siel in die aanskouing van die 
oordeel ewig daaruit kan leer. Dat geen wese ooit die rug op 
God se groot genade moet keer. 

Sidderend val die profeet op ʼn bewende aarde neer. Bedek die 
hoof met kaal hande terwyl verwoesting oor die aarde skeur. 
Tevergeefs is nou die mensdom se droewige weeklaag en hul 
smartlike treur. Die eerste oordeelweë gaan binnekort oor die 
aarde skeur. Daar is niks in dit wat hierna kom wat die wêreld 
op gaan kan beur. 

Die aarde gaan Ek deur oorlog en kataklisme stukkend kom 
skeur. Vir ʼn breuk van ʼn sekonde sal die oorlewendes hul in 
hul harte na My vir redding wil keer. Om net die volgende 
oomblik met ʼn hosanna in gelid agter die antichris, ja, My 
teenstander vir die laaste veldslag te kan tree. 



Openbaring 549 
Om belangrik te wil wees.
Sondag 11 Januarie 2009 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die tyd het gekom om uit te deel die gawes van die Gees. En 
almal druk en stoot om nou heelvoor te kan wees. Kieskeurig 
skreeu daar baie- dit of dat-wil ek nou wees. ʼn Regter, ja, ʼn 
regter wil ek nou oor ander siele wees. Regverdig sal ek die 
oordele oor al die sondaars uit kom spreek. Oor die sondes, 
ja, die baie sondes sal die oordeel homself kom wreek. 

Die antwoord kom: staan maar nader- ʼn regter mag jy maar 
wees. Menigtes van veroordeeldes staan reeds klaar sodat 
jy die vonnis oor hulle uit kan lees. Elk van hierdie sondaars 
hier teenwoordig is met ʼn verskillende sonde in sy wese 
deurweef. 

Toepaslik moet die straf wees van die sondes wat so mildelik 
aan hulle kleef. Trek aan die geestelike toga en streng regverdig 
moet jy oor elke gruwelsonde heers. 

Die regter neem nou sy hamer en kyk kwaai oor die sondaars 
fees. Waardig druk hy sy bril tot teen sy oë van die punt van sy 
neus. Op sy regterverhogie voel hy hom nou so waardig soos ʼn 
reus. In sy oordeel voel hy hom so magtig soos die afgod Zeus. 

Hy kyk nou oor die skaar van sondaars om hom heen. Hy skrik 
en dink sy sig laat hom nou heeltemal in die steek. Elke gesig 
wat na hom terugstaar kan nou net die van sy eie wees. Ja, in 
geweldige vrees is dit in elkeen van die sondaars wat hy sy eie 
gesig raak lees. Eenmaal wou hy nou ʼn regter wees en regverdig 
moet hy sy oordeel oor elke sondefaset van homself uitlees. 

Staan nou nader, ja staan nou nader die tyd is hier om uit te deel 
die gawes van die Gees. Wie stamp en stoot daar so om volgende 
heelvoor met sy versoek te kan wees. 


Openbaring 550 
Die grootste wêreldverskrikking.

Maandag 12 Januarie 2009 23:55 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn bloedige heildronk is die maghebbers nou besig om hul 
glase te klink. Die bloed van die wêreldbevolking word nou 
hiervoor ingeskink. In hul magspel begin hul oë al hoe meer 
waansinnig te blink. Regte lande met lewende manskappe 
word nou vir hierdie skaakspel nader gewink.

Ja, bloed en nogmaals bloed gaan hulle op hierdie magsparty 
van hul nou drink. Vergete is nou die kameraadskap, die leë 
beloftes en ook die skikkings. Vriende is nou opponente wat 
vergruis moet lê in oorlogsverminkings. In onrus het satan 
sy onlus gestook en in sy boosheid het hy oral gekarring. 
Wêreldwyd heers daar binnekort oor die hele wêreld die 
grootste verwarring. 

Ontredderd in hul angs tree by die nasies en volkere nou in die 
grootste verskrikking. Alle pogings op wêreldvrede stuur nou 
af op die grootste mislukking. Die spelers om die skaakbord 
begin om windmakerig hul swaar artillerie nou na vore te bring. 
Die biskoppe moedig die volkere aan om lojaal hul volksliedere 
patrioties te sing. 

Oral is die gepeupel besig om mekaar nou met plakkate en 
slagspreuke op wêreld strate te verdring. In die deurmekaarspul 
en die chaos is ʼn wêreldverskrikking besig om vinnig al hoe wyer 
oor die hele aarde uit te kring.