Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 401
Al hul smartvol moeite en pyn.

Maandag 11 Augustus 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Gestroop van al die nuttelose skyn, van wêreldse prag, mag en 
krag. Ja, in die donker nag van angs en vrees, wat daar nou op die 
hele wêreld wag moet die mens sonder enige skroom in hierdie 
tyd hul geloof, hoop en liefde aan My, hul Skepper en Verlosser 
toevertrou. 

Ja, in die wanhoopsnag wat daar nou op ʼn hele wêreldbevolking 
wag, moet elke kind van My, in opregte geduld, nederigheid en 
deemoed, na My, hul God en Skepper, in hul harte smag. Spoedig 
sal My son van Liefde, in My nuwe skepping oor hul skyn en ewig 
weg sal wees al hul smartvol moeite en hul pyn. 

Onmeetlik is die saligheid, ook die hemelprag, wat daar op hierdie 
inwoners van die nuwe wêreld wag. Verwelkomend is die lewende 
hemelblomme, wat vrolik die nuwe inwoners toe gaan lag. 

Teer om sondaar skouers sal wees die arms van God- so sag, 
wat oneindig baie lank op Sy verlore kinders wag. Ewig sal die 
tyd verby gaan, van ʼn stikdonker benouende nag, wat daar in 
hierdie komende tye, op ʼn hele wêreld wag. 


Openbaring 402 
Ordelik sal Jakob voor My kom staan.

Dinsdag 12 Augustus 2008 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Spoedig in die nabye toekoms, gaan Ek vanuit My nuwe stad 
Jerusalem na My kinders hier op aarde tree. Vanaf die vroegste 
tye tot en met nou sal My kinders oneindig in hul getal, soos die 
grote see, voor My kom staan. Al hul trane van droefenis, ellende 
en vermoeienis sal Ek Self van hul oë kom vee en nooit weer sal 
daar een van hulle wees wat droewig oor die lewe sal kan ween. 

Ook die vodde van hul aardse sonde sal Ek Persoonlik van hul 
weg kom skeur en heerlik sal Ek hul nou met die reinheid van 
My bloed kom klee en ewig heerlik sal Ek in hul midde wees. 

In twaalf groepe sal Jakob ordelik voor My kom staan om die 
Koningskap aan My, die Wortel van die goue saadlyn, ja, die 
Boom van die Lewe wat oorkoepelend oor Dawid staan, ja, 
aan die blink Môrester terug te kan gee. As ʼn Goddelike 
seën sal My Naam oor elkeen van hul se voorhoofde staan. 

Die sleutel van die priesterskap sal Levi ook aan My teruggee en 
as Koning Melgisedek sal Ek ewig hierdie orde aan My volmaakte 
engelkinders gee om heel die oneindigheid van My Waarheid en 
Liefde te kan leer. 

Almal wat leef sal weet Ek is die Aleph en ook die Tav, die begin 
sowel as die einde van alles wat daar is. Ja, vir ewig die eerste 
sowel as die laaste en geseënd is die wat saam met My in My 
nuwe stad Jerusalem gaan bly.


Openbaring 403 
Die uitnemendheid van die eindtydgeeste.

Woensdag 14 Augustus 2008 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Goed of kwaad, bok of skaap, ja, van elke soort waaruit die 
mensdom bestaan, is daar menigeen van in hierdie tyd op hierdie 
planeet gesit wat tot die bitter einde as stryders vir die waarheid 
of die leuen gaan staan. 

Gebore vanuit die hel is daar menig duiwels en demone wat as 
menslike helpers vir die satan gaan tel. Net so is daar ook vele 
werktuie direk vanuit die hemele gebore as gewone mensekinders 
tot hulp vir God se uitverkorenes in hierdie erge tyd. In alles geld 
die vrye wil, daarom is hul sonder hul oergeheue op hierdie aarde 
gesit. 

Elke eindtyd-missiedraer wat huidiglik op hierdie aarde is, het 
reeds van vroeg uit hul prille jeug diep vanuit hul onderbewussyn 
ʼn vae vermoede dat hul om ʼn ander rede as die wêreldling op 
hierdie aarde is. Die aanvaarbare 'standaard' van die dag, soos 
deur die sisteem aan die mens voorgeskryf, hetsy dit opvoedkundig, 
geestelik of van watter aard ookal is het meer as dikwels 
ʼn opstandige rebellie by hierdies ontlok. 

Reeds vanaf ʼn vroeë ouderdom is hul deurentyd, bewus- of 
onbewustelik besig om alles en almal om hulle op ʼn kliniese 
wyse deur middel van hul gees en nie hul aardse verstand nie 
te evalueer en te ontleed om bykans altyd tot ʼn eie onafhanklike 
gevolgtrekking te kan kom. Meeste van die tyd het dit tot die 
gevolg dat diegene wat die naaste aan hul is, dikwels tot die 
slotsom kom dat hierdie mense sosiaal wanaangepas is. 

Meeste van hulle bevraagteken reeds as jongmense die opvoed-
kundige sowel as die sosiale en godsdienstige raamwerke waarin 
hul hulself bevind. Vurige konflik bly ook nie agterweë nie en 
hierdie mense onttrek vinnig om op ʼn individuele geestelike reis 
hulle antwoorde rakende die doel van die lewe en hul Godheid te 
kan vind. 

Nooit het een van hierdies op hul geestelike pelgrimsreis deur 
hulle eie lewe tot die slotsom gekom dat hulle tot op so ʼn 
geestelike vlak gevorder het, dat hulle alle antwoorde en 
Wysheid gevind het nie. Dit is met vreugde dat Ek telkemale 
by hul waarneem hoedat hulle gedetermineerd verby die 
noodsaaklike, maar later vir hulle nie meer voldoende algemene 
geskiedkundige skrifkennis verby beweeg om aangedryf deur hul 
liefde vir My, by hul Skepper uit te kan kom.

Met 'n wipplankreis van die een dag bo en die volgende dag onder 
het hierdie hemelknegte van My dit nie aldag maklik
 nie. Daar is 
tye wat hul jubel oor My Teenwoordigheid in hul harte, net om die 
volgende dag weer heeltemal Godverlate te voel. En so was dit 
ook met Johannes die doper die geval daar waar hy tydens sy 
aardse missie in gevangenskap begin twyfel het oor die 
geloofwaardigheid van My Identiteit as Godheid in die mens. 

Na al sy moeitevolle arbeid, het dit vir hom gevoel asof Ek hom 
in sy gevangenskap en nood versaak het. Net so gaan die huidige 
aartsgebore boodskappers dikwels deur dieselfde toets van 
vertwyfeling. Omdat hierdie groot profeet en engel in hierdie 
opsig gefaal het het hy in hierdie moderne tyd weer die 
geleentheid gekry om gebore as ʼn eenvoudige mens weer 
saam met sy oergeesgenote oor hierdie aarde as ʼn hulp vir die 
uitverkorenes te kan gaan en terselfdertyd ook weer sy toets te 
kan kom deurstaan. 

Die geestelike eise wat van nou af aan hierdie missiedraers gestel 
gaan word is meer as wat menslike vlees, bloed en gees kan 
verdra. ʼn Tyd soos hierdie, was en sal nooit weer wees nie. Waak 
daarom en bid, omdat die las van die kruis waaronder julle gaan 
inskuif nie vir julleself bedoel is nie, maar vir die vele kinders wat 
Ek aan julle sorg gaan toevertrou. Wie My in die gevangenskap 
van die vlees in sy hart met al sy liefde toelaat, hoef nooit te twyfel 
of Ek werklik die Een is nie. 


Openbaring 404 
Die lewende dooies.

Maandagaand 18 Augustus 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Tevergeefs is die medelye traan, ja, tevergeefs die Woord, om die 
verlore wêreldling te probeer vermaan. Leeg en strak, gestroop 
van siel en gees, is dit biljoene dowwe oë, wat doelloos oor hierdie 
wêreld staar. Afgestomp het die lewende dooies, geen benul van 
wat werklik om hul aangaan. Om te eet en te drink en voort te 
plant, sodat ‘robotkinders’, op hul beurt weer as slawe, hul plek in 
ʼn sataniese wêreld, vol kan staan, ja, dit is al wat hierdie siellose 
wolke kan verstaan. 

Op ʼn reuse, meganiese miershoop, is ʼn industriële wêreld besig, 
om in sy eie produksie riool tot niks te vergaan. In hierdie wêreld, 
word die mens verwek, om as ʼn slaaf op hierdie aarde te werk. Om 
sonder eens die luukse van ʼn eenvoudige graf, in oomblikke tot as 
te vergaan. 

Selde word daar ooit oor een van hierdies, gestort, ʼn hartseer 
traan. Wie is daar in hierdie wêreld oor, wat gaan huil oor ʼn 
uitgediende droë kraan. In die illusie en waan wat nou oor die 
aarde gaan, is dit net produksie en nogmaals produksie, wat 
oor hierdie wêreld staan. 

Onbeduidend min is die, wat hul deur die waarskuwings van God 
nog laat vermaan. Die boodskap deur vuur, water en wind aan die 
wêreld gebring, die kan hul nog minder verstaan. Daarom gaan Ek 
deur nog erger kataklismes, ja, deur aardbewing en vulkaan, gaan 
Ek die goddelose wêreld van nou af nog harder slaan. 


Openbaring 405 
Ons kán na ons Skepper terugkeer.

Dinsdag 19 Augustus 2008 03:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Terwyl die aarde eentonig om sy eie as roteer word die sonde 
op hierdie planeet net al hoe meer. Hoeveel is daar onder die 
mensdom wat regtig probeer om hierdie troostelose toestand 
van die wêreld weg te probeer keer. 

Terwyl elke brander groot of klein hulself ewig tevergeefs op 
elke rots of goue strand na die binneland uitkeer. Om elke keer 
onverrigte sake na die oseaan toe terug te keer. So word elke 
gruwelsonde op hierdie aarde se oppervlak net al hoe meer 
en meer. Om ewig tevergeefs na hul oeroorsprong die hel en 
verdoemenis terug te keer. 


Soos die swaeltjies wat minagtend hul rug op elke winter keer om 
maar net weer vrolik met die geboorte van elke somer op dieselfde 
horisonne te arriveer. So is daar menigeen wat dikwels probeer 
om hul rug op die sonde toe te keer. Om telkemale maar net weer 
na die vrolike lokstem van die wêreld terug te keer. 

Ja, soos wat elke siklus homself telkemale na die oeroorsprong 
van sy kringloop terugkeer sal om hierdie troostelose toestand 
ewig van die wêreld weg te keer, die Seun van die mens, ja, die 
Verlosser, spoedig op die wolke van genade na die aarde 
terugkeer. Sodat die mens gereinig van sy sonde as ʼn Goddelike 
kind na ʼn sondelose toestand kan terugkeer.

Daarom moet elkeen van goeie wil uit hierdie kleine siklus-lessie 
leer dat elke sondaar wat regtig wil, na sy volmaakte sondelose 
toestand en oeroorsprong, na sy Skepper terug kan keer. 


Openbaring 406 
God se kinders staan verstom.

Dinsdag 04:30 19 Augustus 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In misnoeë begin die nasies oor treurige toestande te brom. 
Die groot moondhede wys hul slagtande en grom. God se kinders 
staan verstom, omdat hul weet bloed en nogmaals bloed is aan die 
kom. Oneindig gaan die getal wees, van die totale som van die wat 
in die dood gaan omkom. 

Bittermin is die wat hierdie nare situasie gaan ontkom. In Afrika 
slaan onophoudelik die begrafnisdrom. Ja, die doodsengel met 
menig van sy helpers gaan na hierdie kontinent toe kom. Menig 
regeerders gaan op die einde van die dag tot die slotsom kom 
in al hul besluitnemings was hul die hele tyd maar baie dom. 

In Europa en Asië val daar binnekort menig bom, ja, oorlogrook 
gaan oor die hele wêreld kom. In angs raak menigtes van 
vlugtelinge in hul nood nou stom. In hul vlug na niks en nêrens 
gaan hul nooit by enige ware veiligheid uitkom. 

Kragtig maar klein in hul getal gaan God se kinders in hierdie 
erge tye in hul geloof nou blom. As hoeders sal die heilige engele 
beskermend om hierdies kom. Verstom gaan elkeen staan wat 
God in goeie tye versaak het. Ook hul sal weet hul was baie-baie 
dom. 


Openbaring 407 
Die Jode se ys raak baie dun.

Dinsdag 19 Augustus 2008 06:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Soos ʼn speeltol wat die hele tyd val en klim so is die 
wêreldekonomie besig om die heeltyd op en af te spin. 
Die wat die effektebeurs beheer dink hulle is baie slim. 
Maar hul voortvarendheid word binnekort tot op die been 
getrim. Wanneer energie- en voedselpryse weer in die toekoms 
die hoogte in gaan klim. 

Die Jood is dit wat alles van die wêreld vir sy eie gewin in wil win. 
Aan die noodkreet van die armes steur hul, hul baie min. Maar 
vinnig is hul daar wanneer hulle onmenslike winste vir hulself kan 
win. Die ys waarop hul beweeg raak baie-baie dun. 

In die Toekoms is dit God, wat hulle niks gaan gun. Die belt in hul 
eie geskepte resessieplan span nou om hul eie middel baie dun. 
Tot hul ondergang is dit God self wat die klimtol nou op en af laat 
spin.


Openbaring 408 
So gaan ons nou ten gronde.

Woensdag 20 Augustus 2008 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
ʼn Ongesalfde koning het die afgodedienaars nader genooi. Vir 
'Baäl’ hul god, het hul die noodlot se dobbelsteen gegooi. Met ʼn 
kruis van hoop en ook ʼn kruis van die dood, daarmee kon elkeen 
na die stembus toe loop. 

In guns van Babilon en Mammon het ʼn geestelike eksodus in 
wanhoop, vir ʼn eens heilige volk begin. Hul heilige erfenis het 
hul vir drek verlaat. Ewig te laat is dit om nou te besin. Ja, te 
laat! Te laat! Is die weeklaag. Wenend het ʼn heilige volk sy 
geestelike paradys verlaat. 

Tevrede het satan weereens sy vrug van die leuen tevoorskyn 
gehaal, om dit wat heilig is tot varkkos fyn te kan maal. 
Vraatsugtig en onversadigbaar kom die drekgod Baäl, deur sy 
duister priesters sy daaglikse bloedoffers vanuit hierdie volkie 
haal. In waansin het die rede hierdie nasie nou heeltemal verlaat, 
hul staan teen hulself en vra aan Baäl om die goue kalf en ʼn blou 
bul vir hul te gaan haal. Die skrif van hul ondergang is lankal teen 
die muur. 

Vrolik hou hul jolyt en terwyl hulle hul Goddelike toekoms verloor, 
dans hulle om hul braaivleisvuur. Met die kinders van God wil 
hulle glad nie die skouer skuur, na die vleispotte van Mammon is 
al waarna hul in wellus gluur. Tevergeefs die nuwe boodskap van 
hoop wat Ek in hul midde stuur. Daarom word die engel van die 
dood binnekort vir hul gehuur. 

Ja, te laat! Te laat! Is die weeklaag, ʼn heilige volk het sy geestelike 
paradys verlaat. Die heilige land van belofte gaan hul nie haal, 
want vir ewig is dit vir hul te laat. 


Openbaring 409 
Die geestelike mens se ligter las. 

Donderdag 21 Augustus 2008 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die wêreldmens het oor die algemeen ʼn sware las wat hy die 
heeltyd saam met hom dra omdat die wêreld tog so baie bied wat 
hom die hele tyd kan pla. Al die moeite en verdriet om net ʼn bietjie 
te kan geniet van dit wat die wêreld in ongekende oorvloed bied. 
Alles draai die heeltyd om die eie ek, dit skep soveel pyn en 
ellende, die mens reageer al hoe meer soos die grootste gek. 

Aan geld en aardse goed mag daar nooit van wees- enige gebrek, 
anders raak die mens nou heeltemal berserk. Sy visie word nou 
al hoe meer tot sy eie behoeftes beperk. In ʼn bose kringloop is 
hy besig om homself onlosmakend al hoe dieper die hel in te trek. 

Uit sy moeitevolle bestaan wat nou net om die wêreld en materie 
spiraal kan hy niks meer geestelik en waardevol vir homself gaan 
haal wat die toestand van sy ewigheid gaan bepaal. Ja, van die 
oggend tot die aand is die wêreldmens ewig besig om homself met 
ongekende moeite op te saal en sodoende tot ʼn wêreldwrak op te 
maal. 

Die geestelike mens op sy beurt het oor die algemeen ʼn baie ligter 
las om rond te dra. Omdat sy Skepper hom so baie bied wat hom 
die heeltyd deur al die aardse swaar en sloer kan dra. Al die goeie 
en die liefde wat sy God hom mildelik bied laat hy weer op sy beurt 
met blydskap oor ander geskied. 

Alles draai en wentel die heeltyd om sy God en naaste. Deur 
soveel vreugde reageer die mens nou al hoe meer geestelik 
onbeperk. Aan geld en aardse goed steur hy hom min, al wat 
hy wil doen is om die Meester te bemin. Sy geestelike visie 
word al hoe meer verbreed en in ʼn liefdevolle kringloop kry 
hy homself nou vir die hemel gereed. 

Uit sy volkome vrye wil en bestaan wat nou net om sy God 
spiraal kan hy alles wat die ewige lewe bied in ongekende 
hoeveelhede vir homself gaan haal. Ja, van die oggend tot 
die aand is hy besig om homself met ongekende blydskap 
op te saal en met vreugde op vreugde hou hy hom besig om 
sy ewige hemelwoning by sy God te bepaal. 


Openbaring 410 
Die reine eenvoud.

Saterdag 23 Augustus 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Net soos ʼn praalgraf van weleer wat iets oor sy vergane inhoud 
deur sy prag aan die toeskouer wil leer, maar enige bose 
nagedagtenis deur sy praal van almal wil weg keer, maar keer op 
keer is dit net verrotte doodsbeendere waarop die dood tot sy eer 
wil teer. 

Soos pragtige verpakkings op ʼn winkelrak stal die moderne mens 
homself deur die uiterlike voor tot sy eie eer. Om die leë niks wat 
in die sentrum van sy kern is aan al wat leef en beef te leer. 
Glansryk en kleurig staan almal teenoor mekaar om meedoënloos 
as die beste te kan kompeteer. 

Dikwels word die glansryke verpakking afgeskeur om ʼn vaal en 
onwaardige produk na die oog toe te keer en die gebruiker vind 
keer op keer hy is deur valse verpakking en illusie beheer. 

Maar somtyds staan daar in eenvoud ʼn verpakking op ʼn winkelrak 
eenkant en alleen. Menigeen kyk sonder belangstelling daaroor 
heen. As winskoop van die dag word dit later desperaat vir die 
oog uitgeleen om dit maar later as voedsel en seën aan die armes 
weg te gee. Tot hul verbasing word die eenvoudige verpakking 
deur hulle afgeskeur. Om te vind die rykes het die grootste skat 
deur hul onkunde tot hul verlies verbeur. Die inhoud van hierdie 
eenvoudige pakket was die heeltyd met al die hemelkleure 
ingekleur om die heel armstes van liggaam siel en gees 
tot die grootste saligheid op hierdie droefgeestige wêreld 
op te beur. 

Soos wat die Woord oor duisend jare aan die mens oor 
witgepleisterde praalgrafte profeteer. Moet die mens uit hierdie 
eenvoudige verhaaltjie leer om homself nie die heeltyd na die 
prag en praal van hierdie wêreld toe te keer. Na die reine 
eenvoud van My Woord moet hul hulself liewer keer. Na die 
loon van die sonde- die dood sal hul hulself nooit nie hoef 
te keer. 

Aan die einde van hul aardse dag word hul vaal en eenvoudige 
pak vir ewig van hul afgeskeur. In briljante hemelkleure ewig 
salig sal hul hulself nou vind in ʼn reine hemelsfeer. 

Openbaring 411 
Heeltemal te veel gewaag.

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Water en nogmaals water, berg en mynhoop wat daar val 
in modderstortings lê gemeenskappies in ʼn dodedal. El 
Nina en El Nino verspoeling en droogtes vat mekaar se 
hand, woestynlandskap en reënwoud smee met mekaar 
ʼn rare geheime band. 

Vreesaanjaend gaan die wind in ondenkbare sterk 
konveksiestroom sy woede uit huil. Waar gaan die mens in 
hierdie ergste storms, tolwind en sikloon denkbaar skuil. 

In aardbewing en vloedgolf skuil die nabye toekoms se laksman 
en teregstelling-beul. Die mens word tot stof en niks gemaal in 
die dood se eie meul. Erger as die runderpes slyp ʼn erge siekte 
vir die mensdom sy mes. Oneindig duur gaan wees hierdie 
geopenbaarde les. 

Deur proefneming het die mens heeltemal te veel gewaag. Deur 
versteurde ordes kom daar plaag op plaag. Geen owerheid en 
regerings is daar wat God se goedkeuring nog wegdra en Hom 
in die minste ook behaag. Daarom slaan die engel van die dood 
met sy sekel vir homself ʼn enorme oes sekuur en baie laag. 


Openbaring 412 
U onuitspreeklike genade!

Dinsdag 27 Augustus 2008 21:40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ Vader in hierdie erge tyd waar die einde vinnig nader, vra 
ons U, skenk aan ons, U onuitspreeklike Genade. Stikdonker 
kom die duisternis al hoe nader, O’ Vader wees in hierdie 
krisistyd ons Leidsman en Berader. In ʼn tyd wat ons nie meer 
wis, wie ons vriend of wie ons vyand is. Treurig en wanhopig- 
dit is al wat hierdie moeilike tye nou nog is. 

Meer as dikwels staan ons deesdae langs die een of ander 
bekende se kis. Al hoe meer is dit U nabyheid O’ God wat ons 
nou mis. Bittermin is die wat nog werklik wis of dit die einde is 
of bloot ʼn ander manier is van ʼn nuwe begin. 

Van wat is dit wat die mens homself moet bekeer en besin. Is dit 
die prins van die duisternis wat nou saam met al wat helgees op 
hierdie aarde uitgewerp is. Op al wat leef en beweeg slaan hul toe 
met die grootste bose lis. Die leuens van alle leuens word huidiglik 
as die soetste waarheid aan die hele wêreldpopulasie opgedis. 

Bittermin is die wat nog weet wat die volle waarheid werklik is. 
Vir die einde van hierdie tydvak staan eindeloos in hul getal die 
kinders van die duisternis. Maar ver agter die vêrste riviere van 
Kus staan ʼn kleine reine groepie wat nog God se kinders is. 

Die tyd vir die wêreldling om homself nog te besin, die raak 
nou baie bitter min. Die tyd van tande kners het klaar vir die 
hele wêreld begin. Maar vir God se kinders verskyn daar op 
die horison ʼn Goddelike nuwe begin. Die nuwe stad Jerusalem 
gaan hul as woning ewig vir hulself nou win.


Openbaring 413 
In die tyd van ongekende nood…

Dinsdag 27 Augustus 2008 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar is reeds menig tekens in die uitspansel om te aanskou. 
Maar deur wêreldbeheer word die meeste daarvan van die mens 
weerhou. Op ʼn toekoms van aardse rykdom en voorspoed moet 
die kind van God nie meer hoop en uitbou. Met dit waarmee die 
wêreld hom wil nader lok, daarvan moet hy homself met mag en 
mening van weerhou. Sy behoeftes en lewensonderhoud sal hy 
met behulp van sy Skepper maklik vir homself in stand kan hou. 
Op sy hemel toekoms moet hy in diepe erns van nou af 
konsentreer en uitbou.

Soos in die dae van My aardse sending geprofeteer, moet in die 
tyd van ongekende nood, My kinders hulself na die berge toe keer. 
In jul agterhoede sal My heilige engele die kwaad van jul wegkeer. 
As My uitverkore Sionskind sal Ek self My skape as een kudde na 
mekaar toe keer. Valse profete en ʼn valse christus sal daar orals 
en volop wees, maar Ek sal slegs in die hart van My opregte 
kinders wees. Moet daarom nie op wonderwerke en tekens iets 
tot julle redding lees. Slegs aan My Stem in julle harte moet julle 
gehoorsaam wees. In hierdie tyd is die skrif aan die muur. 

My Gees gaan Ek van die wêreldling wegstuur. Tussen baie 
bloedverwante ontstaan daar ʼn ondeurdringbare muur. Met haat 
sal ʼn seun sy eens geliefde vader aangluur en ʼn moeder sal die 
vyand na haar dogter toe stuur. In ʼn tyd wat die opregte liefde vir 
My baie gaan verflou moet My kinders die vaandel van geloof in 
My baie hoog orent hou. Ja, die wat in hierdie erge tye op My, hul 
God vertrou sal dit tot in alle ewighede nooit berou. Al voel 
hierdie erge tyd vir julle nie baie gou, maak Ek hierdie dae tog vir 
My kinders baie kort sodat nie een van My geliefdes oor die ewige 
afgrond kan stort. In hierdie dae sal Ek My Vaderarms stewig om 
My kinders hou, dig teenaan My hart gaan Ek elk van My geliefdes 
stewig vashou.


Openbaring 414 
Die vloek van Bileam (Numeri 22)

Woensdag 28 Augustus 2008 02:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Bileam se dienste is na ʼn vyand-koning gebring om ʼn vloek 
oor God se suiwer volk te bring. Maar soos ʼn voël wat net sy eie 
spesie se lied kan sing het hy seën in plaas van vloek oor hierdie 
uitverkore volk gebring. So is in hierdie tyd die wêreldraad van 
kerke na die beheerders van die wêreld gebring. Sodat al hul 
navolgers die lied van ʼn eenwêreldorde tot hul eie ondergang 
kon sing. Maar tot die opregte kinders van God kon hul met hul 
leuens nie deurdring. 

Maar met die verbasteringsleer van Bileam het hulle die heilige 
nasies tot onsuiwerheid binne gedring. Die afgodediens is dit 
wat nou al hoe wyer oor hierdie hele wêreld uitkring. Deur inteling 
probeer satan weer vir hom ʼn weg na die troon van God toe bring. 

Maar soos ewig van weleer werp die ganse hemel hierdie poging 
ook in mislukking op die aarde neer. Ewig nooit kan Lucifer enige 
orde van God ooit beheer. In waansin is dit deur die kruisteling 
wat in uitwissing homself nou na homself toe keer. 

Geen hand van God gaan hierdie oordeel van die wêreld wegkeer. 
Vanuit verborge hemeldimensies het Migael met dapper hemel-
helde na hierdie kleine aarde gekom. God se heilige engele is dit 
wat die oorwinningslied gaan sing. God se oordeel gaan as 
reiniging oor hierdie wêreld nou geskied. 

As aanklaer wou satan die mens deur onsuiwerheid weer van die 
verlossingspad af bring. Maar alles wat vuil en onrein is word nou 
oor die ewige afgrond gebring. Vir ʼn duisend jaar word satan tot 
vrede vir die nasies nou gebind. 


Openbaring 415 
O’ Sion jy is My bruid.

Woensdag 27 Augustus 2008 21:50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ Sion jy is My bruid, jy is My vrou. Ewig, ewig sal ons wees 
aan mekaar getrou. In die moederskoot van die tyd het Ek jou 
met noukeurigheid geweef sodat jy vir My, jou God, op hierdie 
aarde kon leef. ʼn Brokkie lig het Ek van die son ontleen en 
daarmee het Ek jou oë geseën. In ʼn weerligstraal het Ek jou siel 
na hierdie aarde gestuur sodat Ek in die gestalte van ʼn kleine 
mens die dienste van ʼn engel kon huur. Uit ʼn enkel polsslag 
van die ewigheidstyd het Ek vir jou ʼn hartklop geneem om vir 
My te leef en staan tot aan die einde van die stryd. 

Elke haar op jou hoof word noukeurig deur engele getel. Die 
bloudruk van die ewigheid word bewaar in jou, ja, in elke kleine 
sel. Van die grondlegging van die aarde is jy vir hierdie tyd 
bewaar, om jou staan verwonderd My grote engeleskaar. Soos 
ʼn kristalhelder stroompie wat klokhelder oor klippies kabbel, 
so kan jy, My kleintjie vir ewig vrolik om My babbel. O’ Sion jy 
is My bruid, ja, jy is My vrou. Ewig, ewig sal ons wees aan 
mekaar getrou.


Openbaring 416 
'n Vervloekte eksodus.

Vrydag 29 Augustus 2008 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn vervloekte eksodus wat oor die hele wêreld spat. Is dit die 
uitverkore volk wat besig is om hul spore oor die hele aarde te 
trap. Satan is dit wat nou opgewonde en uitbundig met sy vingers 
klap. Die heiligdom word nou deur al wat onrein is tot stof vertrap. 

So staan die wêreld op die einde van sy eerste trap. Die groot 
moondhede gaan begin om mekaar se koppe af te kap. Die 
gruwelbloed word tot op die laaste druppel sonde afgetap. Al 
die profesieë word tot op die laaste klafter, ja, meter vir meter 
afgestap. 

Die parskuip word tot op die bodem deurgetrap. Bloed is dit wat 
oor die hele wêreld gaan spat. In die antichris pluk die wêreld vir 
homself ʼn wrede lat. Almal sug opgewonde daaroor en sê traak- 
my-nie-agtig: 'aag wat' 

Die Goeie Herder kom ook binnekort oor die hele wêreld nader 
gestap. By die herkenning van Sy Stem kom Sy hele kudde na 
die Suidpunt van Afrika aangestap. Terwyl die hele wêreld gaan- 
in gevangenskap is dit die uitverkore volk, ja, Sion wat oorgaan 
in die grootste vreugde en Goddelike blydskap. In die nuwe 
Jerusalem gaan ewig wees nou hul ewige hemelburgerskap.


Openbaring 417 
Stom en stil sal die spotter raak.

Vrydagaand 29 Augustus 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die hedendaagse mens hou hom in sy ligsinnigheid wys. 
Waarskuwings en profesieë word laggend weggewys. Hul 
beweer die nuwe Testament is van al hierdie ou onsin 
gespeen en tot volwassenheid gespys. 

Maar in die boek van Openbaring word daar met 
sekerheid verwys dat in hierdie laaste tyd, daar vir 
ʼn duisend twee honderd en sestig dae met sak 
bekleed die twee getuies sal profeteer. Ja, met 
profesieë en openbaringe sal hul die mens kom 
leer om hulself te bekeer en vinnig na hul God in 
hierdie tye toe te keer om Hom te bemin en met 
al hul liefde te eer. 

Maar die mens verkies om te spot en te lag en om 
God se knegte te teer en veer. Soos in en met die 
dae van Noag en ook weer met Sodom en Gomorra 
in hul gruweltyd waar hul gestaan het vir satan in 
sy stryd, net so het die moderne mens smerig in 
woord en daad voor die aangesig van God geraak. 

Die mens het sy rug gedraai op God se Heilige Spraak. 
Ja, op waarskuwing en nogmaals waarskuwing het die 
mens net soos sy domme voorouers geraak en die 
Woord van God het hul diep versmaai. Toornig roep 
die natuur en elemente nou om vergelding en wraak. 

Die gespreekte Oordeel, ligsinnig deur die mens 
versmaad gaan in die ergste kataklismisse homself 
in stormwoede oor die aarde uitbraak. En vinnig kom 
die dag dat die aarde haarself in ongekende aardbewing 
oop gaan kraak. Onheilspellend gaan die see grom en 
druis en die winde gaan in ongekende spoed oor die 
aarde suis. 

Stadig maar seker gaan die mens agterkom alles is 
nie meer pluis. Die wêreld is besig om homself op 
elke denkbare manier tot niks te vergruis. Stom en 
stil raak die spotter se lag. Vreesbevange gaan eens 
hoogmoedige oë tevergeefs na God om hulp toe trag. 
Uitbundig en spottend is dit die dood wat waansinnig 
nou lag. Terwyl die hel gretig op sy nuwe biljoene 
inwoners nou wag. 


Openbaring 418 
Die laaste tydvak is voor die deur.

Sondag 31 Augustus 2008 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Het die aarde eens sy baan om die son byster geraak of het ʼn 
komeet die aarde in sy orde laat staak? Miskien het die aarde te 
diep oopgekraak om te veel lawa en stoom in die atmosfeer vry 
te laat. Miskien het dit die weerpatrone hier op aarde deurmekaar 
gemaak. Of miskien kom al hierdie punte saam om een oplossing 
uit te kan maak. 

Hoe dit ookal sy, in ʼn steriele stilte het die tyd stil gaan staan. 
In ʼn oeroue mis het die son se strale tot dood van die aarde 
weggetaan. Ja, aan die einde van ʼn tydvak het die wêreld eens 
in sy eie ys ondergegaan. Hoe het die lewe weer na hierdie erge 
bevrore toestand op die aarde ontstaan? 

Die Skepper het in Sy Wysheid en Liefde die kosbare lewe 
beskut om dit in ʼn nuwe tydvak weer te kon ontwikkel en laat 
voortbestaan. In ʼn vloed het die lewe ook eens van hierdie aarde 
weggetaan, maar met ʼn skip van genade het God weer vir die 
voortbestaan van die mens se oorlewing nader gestaan. In rook 
en swael het ʼn gebied ook eens tot mineraal en sout vergaan. 

Maar God het Lot met sy familie vir hul voortbestaan na die berge 
laat gaan. Gaan aan die einde van hierdie tydvak die aarde ook 
deur sy eie natuurkrag of dalk die mens se breinkrag in atoom 
en kernkrag tot stof vergaan? Hoe dit ookal sy, deur die Goddelike 
verseëling gaan die Verlosser Sy uitverkorenes tot oorlewing van 
die nuwe aarde laat bly voortbestaan. 


Openbaring 419 
Hulle staan geen kans.

Maandag 1September 2008 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Deur sy insig en kennis het die mens die mikro sowel as die makro 
gepenetreer. In die mikroskopiese wêreld van sel en atoom het die 
mens ingedring om natuurwet en krag aan hom te onderwerp en 
so te manipuleer. Met die lugvaart het hy homself in die ruimte 
ingewerp. Om die oneindigheid te kan oorwin, dit is al waarna hy 
met alle erns nou begeer.

Kordaat het die mens homself paraat gestel teenoor alles wat 
God oor sy pad as les vir hom stuur. Vanuit satelliet voorsien 
die mens elke storm wat God na die aarde stuur. Flink probeer 
hulle die massas weg vanuit hierdie gevaar stuur. Met behulp 
van meetinstrumente kan hul die stand van die aardplate bepaal 
en hul weet wanneer ʼn vulkaan lawa vanuit sy dieptes tevoorskyn 
gaan haal. 

Met bykans elke siekte wat daar nou ontstaan is hul vinnig daar 
om in laboratoriums ʼn vyandkiem te kweek en te produseer. Ja, 
deur entstof loop hulle menig siektes met voorkoming ver vooruit. 
Breek daar vlam en vuur op die wêreld uit is hul vinnig daar om dit 
georganiseerd vanuit die lug met vliegtuie dood te spuit. 

Met opgegaarde gemanipuleerde graan is hul vinnig daar om 
hongersnood as ʼn onnodige vrees te waan. Ja die mens verkeer 
onder die wanindruk hoe groot ʼn krisis ookal op hierdie aarde is, 
dat hulle die heeltyd in beheer daarvan is. Selfversekerd is hul 
besig om met God en die noodlot te speel en die gek te skeer. 

Maar spoedig gaan hul leer, wanneer God werklik Wil is daar niks 
op hierdie aarde of in die oneindigheid wat Hom kan keer. Met 
korter tussenposes kom Sy oordeelskale nou al hoe vinniger 
op die aarde neer. Net soos wat die mens ʼn sprinkaanplaag 
deur gifstowwe vinnig tot niks kan beheer kom die Oordeel 
van God om hele volkere en nasies tot niks weg te teer. Ja, 
net so genadeloos soos wat die mens hierdie peste beheer 
gaan God Sy Genade in hierdie oordeelstyd van die mens 
afkeer.


Openbaring 420 
Wankelmoedig staan die liefde nou.

Dinsdag 2 September 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Soos ʼn gruwelmonster hardloop haat en nyd oor die hele 
wêreld heen. In alles staan die duiwel die liefde met alles tot 
sy beskikking teen. Vanuit al wat rein en mooi is onttrek hy al 
die liefdevolle Seën. wankelmoedig staan die liefde nou op sy 
laaste been. 

Hemelwagters is as broers aan die aarde in hierdie erge tye 
uitgeleen. Teen die kwaad moet hul kom staan as God se 
ondeurdringbare verdedigings steen. As ʼn saamgesnoerde krag 
moet hul die Goddelike hulp aan die swakke mense kom uitleen. 

Maar onder bose invloed staan hulle mekaar soms as die vyand 
teen. Oor al die gruwels van die aarde kyk die hemeltoeskouers 
moedig heen. Maar oor hemelbroers in konflik, dit is waaroor die 
grote hemelskares ween.

Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die Onderskeidingsgees kan ondersoek. 


Openbaring 421 
Die natuur kom die mensdom nou leer.

Woensdag 3 September 2008 23:55 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Woedend is dit donderweer wat daar knal. 
Alsembitter is die dood se gal.
Soos kaartehuise wat inmekaar val. 
Verander stad, dorp en bos in ʼn dodedal. 

Wind en weer wat in onbeteuelde woede loei. 
Alle infrastruktuur was die hele tyd op niks geskoei. 
Waaraan gaan duisende drenkelinge hul vir redding boei. 
Tevergeefs gaan heel gemeenskappe teen die dood nou stoei. 

Die storm trek verby en orals steek daar net dakke uit. 
Gulsig stap die dood weer weg met ʼn enorme buit. 
Bring maar nader die volgende tevergeefse reddingskuit. 
Nuwe winde is dit wat klaar weer woedend om die mensdom fluit. 

Terwyl menigtes nog droewig hul neuse oor hul dooies snuit 
val daar nuwe reën soos riviere vanuit die hemel op die mense uit.
Om nog en nog deur kataklismes vir die dood te buit. 
In hierdie chaos begin die massas baldadig muit. 
Daar is geen gereg wat hul in hul waansin gaan kan stuit. 
Ja, bliksemstraal en donderweer wat deur die hemel skeur. 
Winde wat gebou en bos tot niks omkeer. 
Wie is daar wat hierdie storms van die aarde weg kan keer. 
Die natuur is dit wat die mensdom nou ʼn dure les kom leer.


Openbaring 422
Die hopelose smerige politiek.

Donderdag 4 September 2008 00:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Tussen geboorte en die dood
is die lewe eenmaal nou ʼn noodsaaklike moet.
Die einde van alles hiervan is meeste van die tyd bittersoet. 
Halfmas hang ʼn donker vlag en lank is die begrafnis stoet. 
In ʼn regeringspersoon gaan ʼn baie belangrike mens nou groet. 
Meer as dikwels moet die hoëlui ook met hul lewe boet. 

Deur eiewin raak die politiek net al hoe meer deurmekaar. 
Om die heeltyd bokant die opposisie te bly raak net al hoe swaar. 
Is die vyand van ʼn ander land of is hulle aan mekaar verband.
In Amerika speel die een hand teen die ander hand. 
Oor en weer smee vriend en vyand met mekaar ʼn smerige band. 

Versigtig voel almal mekaar aan die tand. 
Terwyl hul skynheilig in valse vriendskap skud- mekaar se hand.
Die laagste skuim hou hul in die politiek as die hoogste stand. 
In alles is hul teen mekaar, maar eenparig staan hul teen God 
gekant. 

Menig regeerder se hart word deur die Opperwese tot klip verhard. 
Die situasie op aarde raak net al hoe meer benard. 
Al die volkere en nasies raak nou heeltemal verward. 
In oorlog kom daar baie smart. 
Die een koning is dit wat ʼn ander koning uitlokkend tart. 

Kleiner lande dink in bondgenootskap 
lê daar dalk vir hul ʼn bietjie hoop. 
Soos klein hondjies spring hul nou op die grotes se skoot. 
Maar in 'n groot regeringsman se dood verdwyn baie lande 
se laaste hoop.


Openbaring 423 
Goeie werke of voorspraak beteken niks.

Donderdag 4 September 2008 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Nog voor die groot sondeval is ʼn nederige Boom as reserwe vir 
die onsterflike lewe in die oneindigheid gesit. Ja, die nederigste 
Engele siel is eenkant vir hierdie enorme taak gesit. Teenoor die 
glansrykheid van Lucifer, die draer van die lig, is Hy as ʼn flou 
afskynsel van die Skepper eenkant vir ʼn noodgeval gesit. 

In eenvoud is Hy as mensekind as die Soewereine Waarheid op 
hierdie kleine aarde gesit om as oorwinningsbrug die mens weer 
na God toe terug te kan bring. Ja, as die kleinste hemelwagter en 
nederigste kind is die Seun van God as die Eersteling op hierdie 
aarde gesit om alle sonde ewig op hul plek te kan sit. 

In hierdie tyd is grote engele ook op hierdie aarde gesit om 
dieselfde as die Boom van die lewe te probeer verrig. Hoe groot 
en goed hulle pogings ookal is moet elk van hulle in hul diepste 
wese wis dat daar nie een enkele kind by God deur hul goeie 
werke of hul voorspraak is. 

Omdat daar slegs een Verlossingspad terug na God toe is kan hul 
as ʼn goeie gids die blindes van die wêreld oor die goeie Brug na 
God toe sit sodat daar menigtes nie op hierdie grote voorreg uit 
kan mis. Saam met die Eersteling wie die enigste Goeie Herder 
is sal hul nou wis dat hul ewig saam met hul oudste Broer nou 
werktuie van die ewige Lig en Skepper is. 


Openbaring 424 
Eindtydgeeste se pligte as werktuie op aarde.

Donderdag 4 September 2008 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Elkeen van die uitverkorenes het sy regmatige plek voor die 
aangesig van God en die een is nie meer belangrik as die 
ander nie. Die Vader in Sy Almag en Wysheid weet presies 
vir wie het hy met wat deur Sy Grote Wil in hierdie tye toegerus. 
Moet daarom nie in nyd mekaar se taak begeer nie. 

Wie is daar wat begeer om ʼn leier in hierdie tye te kan wees 
terwyl hy nie daarvoor toegerus is of in die minste daarin 
belang stel om ʼn enkele mens, laat staan nog ʼn hele volk 
se probleme elke dag van elke jaar uit te sorteer.

Al die eindtydgeeste is as werktuie op die aarde in hierdie tye 
gesit en party het die vermoë om te vertroos. Ander weer om 
die krankes te verpleeg en te genees. Ander is weer daar om 
die gewonde siel van hul naastes te heel. Daar is party wat 
moet voed terwyl ander weer met liefde moet versorg. 

Ander is weer daar om met die geduld van die onderwysgees
 te lei en te onderrig. Daar is die wat vir My dapper tot die dood 
moet staan en ander wat weer deemoedig vir die lewe hier op 
aarde moet bly sit. Almal is egter so besig om op die hoogste 
sitplek te wil sit dat die een nie wis watter ongelooflike skat 
daar in sy broer of suster sit.

Ja, daar is een wat sonder keuse vir My sal profeteer, maar die 
een wat deur sy eie keuse ander vals wil leer word vinnig deur 
die Waarheid tot die leuen onteer. Die een wat valse genesings 
deur God besing word vinnig op sy beurt deur eie siektes tot ʼn 
val gebring. 

Die een wat homself as ʼn valse gesalfde koning na vore wil bring 
sal saam met sy domme navolgers in die verderf en hel inspring. 
Wil die mond sy spraak nou aan die oog kom leer? Of wil die maag 
die long kom leer hoe om die kos te verteer? Maar die ergste van 
alles is, wie is daar wat God wil leer hoe om sy Eie instrumente op 
hierdie aarde te beheer. 

Laat elkeen homself daarom na sy binnekamer keer sodat God vir 
hom sy taak hier op aarde kan kom leer. Ja, alles in hierdie tye 
onder God se kinders moet wees om mekaar en so hul God tot 
waardigheid te stig. Hierin sal hul as ʼn onbreekbare eenheidsband 
vir die wêreld tot ʼn voorbeeld staan in God se ewige Waarheid en 
Sy Lig.


Openbaring 425 
Ydellik of lasterlik?
Sondag 7 September 2008 22:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vanaf die heel vroegste tye is die Allerhoogste Skepper van hemel 
en aarde aan die mensdom as die ewige groot 'EK IS' voorgestel. 
Deur baie eeue heen is hierdie heilige aanspreekvorm deur 
verskeie instellings en geskrifte met die titel 'heer' vervang wat 
tot en met vandag deur die meeste kerklike instansies sowel as 
raamwerke as die aanvaarbare aanspreekvorm van die Godheid 
aanvaar word. 

In die wet aan Moses deur die Godheid aan die mens gegee, 
word daar pertinent deur ʼn sekere wet die volgende opdrag 
aan die heilige volk gegee; jy mag die naam van jou enige 
Skepper en God nie ydellik gebruik nie omdat die een wat 
dit doen nie ongestraf sal bly nie. 

Om die een of ander rede het die mens die pad heeltemal byster 
geraak aangaande die Heilige Naam, asook die regte toepassing 
van hierdie wet en die woord ydel is in direkte verband met die 
woord laster gebring. 

Op verskillende plekke in die skrif word daar wel ook melding 
omtrent die laster asook lasterlike aantygings gemaak en wat 
in ʼn heeltemal ander konteks as die woord ydelheid en ydellik 
verstaan behoort te word, soos waarna daar byvoorbeeld in die 
algemene brief van Judas in vers 8 en 10 verwys na word. 

Om iemand dus iets lasterlik toe te voeg is om so ʼn persoon 
in die ergste graad voor ander te na te kom deur die betrokke 
persoon op ʼn onwelvoeglike en onaanvaarbare wyse te beledig 
en te beskimp en daardeur sy naam en persoon skade te 
berokken. Ook om ʼn persoon te vloek of te vervloek kom op 
laster neer. 

Wanneer die mens homself egter aan die ydelheid skuldig maak is 
dit wanneer hy ten aansien van homself, homself altyd op die een 
of ander manier deur ydelheid op die voorgrond wil plaas. Die ydel 
mens beskou homself in ʼn verhewe opsig altyd as mooi, goed, 
beter, slim, gewild ja, daar is te veel eienskappe aan hierdie 
woord ydel gekoppel om dit op te kan noem. 

Om enige iets op ʼn ydele wyse uit te druk of aan te wend is altyd 
daarop gemik om die eie ek se aansien ten koste van die naaste 
te verhoog. Indien die mens dus op enige ydele ligsinnige wyse 
of dit nou op ʼn direkte of indirekte wyse aan die Allerhoogste se 
Naam of Sy hoedanigheid as die Godheid gekoppel word, deur 
misbruik daarvan te maak. Om hom of haarself se eie aansien 
bo die van die medemens te verhoog, maak hy homself skuldig 
aan die bogenoemde wet en plaas homself daardeur, onder die 
gepaardgaande oordeel. 

Die prins van die duisternis en die leuen se mees pertinente 
eienskap was en is ook die van die ydelheid, pronksug en 
hoogmoed. In die oerbegin wou hy dan ook sy ydelheidstroon 
ten koste van die heel Heiligste Naam, bo die van die ewige 
Skepper stel vanwaar hy dan ook tot sy ewige oordeel vir 
ewig neergewerp was. 

Wee daarom die mens wat homself ydel wil verhoog om vir 
homself valse salwings onder die Naam van God toe te eien. Wee 
ook die wat hulself vanaf die priesterlike amp tot en met die pous, 
in ydelheid onder die Grote Naam van God bo sy medemense wil 
aanstel en verhoog. 

Ja, wee elkeen wat homself ydellik bo die troon van die Skepper 
deur die ydellike misbruik van God se Naam wil verhef. 


Openbaring 426 
Die wêreldorde en ontwikkeling.
Dinsdag 9 September 2008 09:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Doelloos is die nimmereindigende gejaag na die dooie materiële 
illusie en sielloos is die wind van die wêreldkind. Gekamoefleer 
onder die mooi woord ontwikkeling, sluip die onversadigbare 
rykaards van die aarde rond om die aarde gewetenloos tot sy 
ondergang te wond. 

Ja, soos parasitiese poliepe wil hul om die minerale rykdomme 
van die aarde en die daarmee gepaardgaande ontwikkelings 
vaskleef. Nimmereindigend is die absorberende vermoë van 
die onversadigbare vraatsug waarna hul voortdurend streef. 
Ootmoedig kniel hul voor hul god Mammon neer. As offergawe 
lê hulle hul siel sowel as die van hul kinders onderdanig neer 
voor hul gruwelgod en wêreldheer. 

Deur fyn beplanning en bose lis word die wees en die weduwees, 
ja, die wat arm is na liggaam en vlees word deur hierdie rykaards 
van hul eiendom en land gevee. Om die armes te beroof kom elke 
keer die rykaards as ʼn hulpvaardige valse engel van die lig na vore 
getree. Maar binnekort word elk van hulle met die armoedige 
verrottingskleed van die hel geklee. 

Deur goud en platina wou hulle mos die hele wêreld beheer en 
minagtend het hul die rug op God gekeer. Maar huidiglik is dit 
die noodlot wat vir ewig die wiel teen hul gaan keer. Deur ru-olie 
dink hulle dat hul die wêreld om sy eie as laat spin, maar in die 
verrotting van hul menswees en vlees gaan hul die 
nimmereindigende wurm van die dood nou win. 

Skrikwekkend kom op die aarde neer God se Oordeelsvuis 
om hierdie wêreld van al wat parasiet is te kom ontluis. In 
vlerkgedruis kom oordeelsengele soos die wind wat suis 
om in die ergste storms denkbaar fabrieke en myne te kom 
vergruis. Terwyl die aarde in sy baan kantel en val kom daar 
biljoene tot stilstand in die dood se dal. Ja, terwyl woedende 
storms tot vernietiging loei is dit die effektebeurs wat kruipend 
op sy knieë tevergeefs deur chaos na bo probeer stoei.

Een te veel is een te veel. Die wêreldorde het van God se kinders 
probeer steel. Die skale word deur God tot werksaamheid beveel 
en die eindtyd-oordele word nou hierdie wêreld se deel. 


Openbaring 427 
Saggies laat die engele van hulle hoor.

Dinsdag 9 September 2008 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die hemelkoor sing terwyl ʼn engel sy skaal op die son uitgooi. 
Met ʼn vuurstraal van die son word mens en dier tot magteloosheid 
gebrand. Brand, brand die aarde is aan die brand. Op ʼn warm wind 
kom die oordeels-koor laat elkeen wat daarom wil, nou hoor. Die 
kwaad is besig om teen homself te verloor. Ja, saggies laat die 
engele in mimiek nou van hulle hoor.

In sonontploffings kom die sonstrale nou tot teenaan die aarde se 
wand. Hy skyn en skyn en laat alles op die aarde brand. In sy eie 
wanhoop raak die sondaar nou gestrand. Oor see en land, oral is 
die lug nou aan die brand. In woestynland is dit die sand wat tot 
lawa brand. Op plekke waar die sneeu sal val- ook daar sal die 
mens stukkend brand. 

Die boek van Openbaring doen homself gestand. Brand, brand die 
hel is op die aarde aan die brand. Wanhopig hou die wêreldling om 
hulp na God sy hand, waar is nou al die wêreldse wysheid en hul 
verstand. Deur hul tong probeer hul om met laster, God se Naam 
tot oneer te brand. Rivier en waterfontein word tot bloed gebrand. 
Soos ʼn skaal hou die dood, die dood in elke hand. ʼn Hemelskaar 
sing terwyl ʼn engel sy skaal op die son uitgooi, brand, brand, die 
hele wêreld is aan die brand. 
 

Openbaring 428 
Waaroor is dit wat die wêreld smaal?

Woensdag 10 September 2008 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Armoedig staan die wêreldpopulasie vaal, bleek en kaal. Hoe gaan 
die groot moondhede nou staal vanuit hierdie pype haal. Treurig 
klink die lied van menig bankrot mense se tragiese verhaal. Teen 
verwoede elemente gaan die mens homself nou die hele tyd moet 
staal. Waarmee kan hy sy Skepper vir sy enorme foute betaal. Ja, 
sy taak hier op aarde het die mens heeltemal gefaal. 

Tot die geestelike vlak van Lucifer is dit wat die mens nou daal. 
Oor die geloof in God is dit wat die wêreld nou smaal. In die 
atmosfeer gaan hang die reuk van bloed en swael. Die aarde 
word getref deur enorme stene van hael. In Afrika kom die 
dood baie deur die honger haal. Ook in Europa raak die kos 
net al hoe meer skaars. 

Die ryperd van die dood vertoon in siekte bleek en baie vaal. 
Sonder tussenposes is dit oordeel en ellende wat op die wêreld 
neerdaal. Tussen positief en negatief lê ʼn natuurwet van 
ongekende staal. Deur inset en uitset lê ʼn ondeurdringbare 
skeppende en vernietigende verhaal. 

Versteurde ordes is al wat die wetenskap vir homself deur 
eksperimente op die hals gaan haal. Oral, oral is dit die dood 
en ellende wat in hierdie tydvak op die aarde neer gaan daal. 


Openbaring 429 
Nader gesluip kom die eindtyd draak.

Donderdag 11 September 2008 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Nog ʼn bietjie sluimer nog ʼn bietjie slaap. Wie is daar wat nog 
getrou op die koms van die Meester bly waak. Terwyl die ganse 
mensdom in breinspoeling rustig slaap kom onheilspellend nader 
gesluip die eindtyd draak om vir die bose alles wat daar is op te 
kom raap. Vir die wêreldling word genot in oorvloed gebied na 
elkeen se smaak. Ten koste van hul siel maak menigeen van 
homself ʼn pronkerige wêreld-aap. satan wend alles aan om ʼn 
ieder en ʼn elk vir sy saak te kaap. 

Nog ʼn bietjie sluimer, ja, nog ʼn bietjie slaap. Hoeveel voorbereide 
maagde is daar oor wat op die koms van God nog waak. Na die 
wêreld van genot het menigeen gegaan soos ʼn gulsige paap. Die 
Bruidegom is aan die kom, waar gaan hul nou geestelike olie 
bymekaar kan skraap. In hierdie rampspoedige tyd is dit skielik 
ook die kerke wat staak.  

Die duiwel hou homself stuitig soos ʼn onnutsige knaap. Terwyl 
hy nog en nog, ja, alles vir die verderf bymekaar kom skraap. Hy 
speel en lag en dink by homself hy sit God met sy oorwonne 
getalle in skaak. Prettig steek hy met alles wat rein en heilig is 
die draak. Ook die eindtydkind van God wil hy vir die verderf 
kom kaap. 

Maar op hierdie aarde is nog ʼn paar getroue diensmaagde wat 
lojaal vir hul God nog waak. Soos dapper helde staan hul vir 
God se saak. Die wêreld spot en lag en steek met hierdie 
heiliges die draak. Maar uit hul is dit wat God beskermings- 
en oordeelsengele gaan maak. Ja, nog ʼn bietjie sluimer en 
nog ʼn bietjie slaap. Wie is dit wat nog regtig in hierdie tye 
op die koms van God nog waak.


Openbaring 430 
God se swaard van skeiding.
Saterdag 13 September 20:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die eindtyd wêreldbrousel raak in sy gistingsproses goor en 
suur. ʼn Oordeel- tugroede word nou na die aarde vir die mensdom 
tot pyniging gestuur. Die wêreld staan nou met sy rug teen ʼn 
ondeurdringbare muur. Vinnig nader nou vir die wêreld sy laaste 
onkeerbare pynlike uur. 

Satan is dit wat nou woedend na die uitverkorenes moorddadig 
gluur. Vir ʼn duisend jaar gaan hy nou sy onaangename 
gevangenis moet verduur. Ontelbaar baie oordele word oor die 
aarde as reinigingskuur gestuur. Ja, die prys wat die aarde vir 
sy sonde gaan betaal is baie-baie duur. 

Wêreldwyd lui die eindtydklokke met ʼn brutale doodstyding. 
Tussen Goed en kwaad-orals kom daar nou vir ewig skeiding. 
Daar is die wat in hierdie laaste tyd desperaat bid vir bystand 
en die regte leiding.

Van die juk en las van sonde vra hulle nou om bevryding. Na hul 
Verlosser roep hulle luid: Kom bevry ons van ons verdrukking en 
ons lyding. Stuur asseblief aan die hele wêreld die Verlossings-
bevrydingstyding. 

Ja, God gaan na die aarde kom met Sy swaard van skeiding. 
Nader- al hoe nader kom die laaste eindtyd voorbereidings. 
Salig kom vir God se kinders ewig nou hul blye bevryding.

Openbaring 431 
Hierdie donker toekoms.

Maandag 15 September 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wat is daar nog vir die mens in hierdie donker toekoms oor. Vir 
die sogenaamde vryheidstryd het hy sy alles teenoor die satan 
verloor. Van eeue-oue volks identiteite is daar niks meer vir die 
nuwe geslagte oor. Ja, in ʼn eenwêreldsisteem het die individu 
sy uniekheid en sy siel vir ewig verloor. 

Met menseregte en wêreldvryheid as ʼn slagspreuk het die 
wêreldorde die massas met breinspoeling getoor. Die identiteit 
van volkere en nasies is vir die grondstowwe van die wêreld 
vermoor. Van nasietrots en ware godsdiensvryheid is daar 
niks meer vir die mens van oor. 

Sy siel het die mens vir onnodige luukses aan die sisteem met 
sy drogleer verloor. Hul het vergeet hul God het ewig genoeg 
van alles vir hul en hul kinders gestoor. Desperaat het die Gees 
aan die mens gefluister om nie hierdie laaste stryd te verloor. 
Maar die wêreldslawe en zombies wou glad nie meer die Stem 
van God in hul harte hoor. 

Eenmalig klink nou die lied van ʼn eenwêreldsisteem in ʼn 
selfvernietigende koor. Soos een man sal ons vir Mammon 
in die dieptes van die aarde na rykdomme boor. In brassery 
en dronkenskap, ja, in wêreldvreugde en jolyt het die mens die 
goeie stryd teen satan kom verloor. Hulle plaas hulle hande oor 
hul ore om nie God se Stem te kan hoor. In woede kyk hul rond 
om die knegte en ligdraers van God te vermoor. Alles wat na Lig 
en Waarheid lyk, dit wil hulle nou met geweld doodsmoor. Maar 
in ongekende blydskap, saggies neurie die hemel in ʼn engelekoor. 
Terwyl hulle met vreugde kyk na die uitverkorenes wat het vir ewig 
die waarheid in hul harte gestoor. 

Terwyl mynmasjinerie in die dieptes van die aarde agter 
rykdomme aanboor word die geboortekreet van die Melgisedek-
kind op hierdie aarde deur die hele oneindigheid aangehoor. Ja, 
heilig, heilig klink die hemelkoor. God se lig en Waarheid word 
ewig in ʼn paar menseharte vir ʼn suiwer nuwe toekoms gestoor.


Openbaring 432 
Rykaards gaan bakhand staan.

Maandag 15 September 2008 15:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die wêreldpopulasie word na die pokertafel genooi, ja, elkeen 
word gul genooi om saam te kom speel. Die kaarte word wild 
geskommel om vir die wêreldling uit te kan deel. Dit is die 
duiwel wat nou kat en muis met sy eie volgelinge gaan speel. 
Menigeen se finansies stort in duie- totaal en al geheel. Oral 
gaan rykaards bakhand staan vir ʼn bietjie meel. Hartverskeurend 
kom daar ʼn noodroep oor die aarde uit menig bedelaars keel. 

In die grootste wanhoop gaan almal nou van almal vir oorlewing 
steel. Heeltemal te laat wil baie hulself nou onder die beskerming 
van God verseël. Ja, in die fynste besonderhede gaan die 
wêreldling van nou af weet. Sy persoonlike oordeel word vir hom 
tot op die laaste stippel aan hom uitgemeet. Hul oordeel gaan hulle 
tot op die laaste kriesel en krummel sonder enige keuse moet eet. 

Wie die God van hemel en aarde is gaan hul nou met sekerheid 
weet. Ja, bankrot hardloop die hele wêreldbevolking rond vir iets 
om te eet. Menigtes sit met die pes of een of ander dodelike skeet. 
Ja, in menig kataklismes is die Oordeel reeds aan die aarde 
uitgedeel, maar in die fynste besonderhede word die enkeling 
se oordeel nou aan elkeen uitgedeel. 


Openbaring 433 
Die regeringsmens se grootheidswaan.
Maandag 15 September 2008 20:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Skuif nou nader die boekrol, die griffel, pen en die veer. Daar is 
iets van die waarheid wat die grotes van die wêreld nou oor hulself 
moet leer. Ongelukkig is daar niks wat die regeringsmens in sy 
hoogmoed en grootheidswaan tot voordeel vir homself kan leer. 

Op wêreldmag en nogmaals ongekende mag wil hul die hele 
tyd net teer. Oor alles en almal wil hulle met hul korrupte kennis 
as ʼn god regeer. Deur die wetenskap het hul die wêreld tot sy 
ondergang geleer. Hul regstelsel, ja, hul wet en orde is tot die 
ergste boewery denkbaar omgekeer. Deur vrees en bewing 
word die wêreldmassas nou beheer. 

Ja, die regeringsmense se leuens en bedrog word deur ʼn dun 
lagie waarheid toegesmeer. Die swak en arme maak hul die 
heeltyd onder valse goedhartigheid net seer. In afhanklikheid 
werp hulle biljoene slagoffers gewetenloos voor hul op die 
aarde neer. 

Deur hul eie hulpbronne word die armes as slawe in hul eie 
lande beheer. Deur die kerke word die kamma grotes voorgehou 
as verlossers en selfs hul liewe heer. Die tyd het nou gekom om 
hierdie monsters in hul gruwelwerke en bloedspoor te keer. Dit 
wat bo was, word nou flink deur God se oordeelsengele na onder 
omgekeer. 

Die blink regeringsmenere word deur hul eie gemors geteer en 
veer. Waar is tog nou al hul grootheidswaan en hul twyfelagtige 
verwronge eer. Wie gaan die massas in hul bloedlus nou van 
hierdies wegkeer. Deur hul eie wrede wetgewing word hul nou 
self as die veroordeeldes getrakteer. Ewig verby is vir hulle die 
pad van berou en omkeer. Soos redelose trekdiere moet hulle 
in hul eie geskepte helleweg voortbeur. 

Droewig is hul klaaglied wat troosteloos tevergeefs deur die 
ewighede skeur. Ja, deur hul eie hartelose sug na mag en beheer 
het hul die pad na salige Verlossing vir ewig verbeur.


Openbaring 434 
Dertig silwerstukke was oneindig swaar.

Dinsdag 16 September 2008 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Dertig silwerstukke was oneindig swaar en ʼn gemoed was rou, 
stukkend en seer. Met sy smadelike loon wou ʼn man eens met 
berou die tyd omkeer. Te laat was sy berou, ja, ewig te laat was 
dit vir hom om hom om te keer. Vir Mammon en beheer het hy 
verraai- sy Meester, ja, sy God en Heer. Die lewe het hy verloën 
daarom moes hy homself maar na die dood toe keer. 

Die bloedpad van Judas word nou deur miljoene in hierdie 
uitverkore kronieke betree. Trane van berou gaan hulle binnekort 
oor hulle waardelose geld afvee. Met ʼn leë hart en ʼn leë hand gaan 
hulle nou die weg van Verlossing wil betree. Maar te laat gaan hul 
droefnis en hul berou nou wees. Die lydensweg na Golgota wou 
hulle nie saam met hul Verlosser betree. 

Met Mammon aan die hand het hul spottend ʼn kus oor God se 
wang gevee. Vir geld het hulle hul siel ewig aan satan en die hel 
gegee. Met ʼn koord van smart gaan hul nou van die lewe na die 
dood oor tree. Maar eenkant word op ʼn esel ʼn maagd met ʼn nuwe 
wonderkind gepak. Aan ʼn droë dooie wêreldwingerd is daar nog 
ʼn klein groen lewende tak. Versigtig word dit gepluk om op God 
se hemelrak weg te pak. Die son van genade is besig om oor 
hierdie wêreld weg te sak. 

ʼn Engel met sy oordeel staan alweer nader met sy bak. Hoeveel 
word daar hierdie keer vir die verderf nader gehak. Die dood is 
dit wat klaar weer wellustig met sy lippe smak terwyl die 
wêreldling wanhopig en vreesbevange na uitkoms snak. Die hele 
wêreld verbrokkel stadig maar seker tot ʼn nuttelose wrak. Dertig 
silwerstukke word nou smartvol uit menig wêreldbeurs gepak. En 
die nuttelose leë sak word vir die verderf nou met doodsbeendere 
volgepak.


Openbaring 435 
ʼn Gebed vir wat voorlê.
Woensdag 17 September 2008 23:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vinnig wyk die dag en spoedig is dit oor die hele aarde nag. O’ 
Vader, wees in hierdie erge tyd wat op die wêreld wag, U kudde 
tog net barmhartig en genadig. O’ Ewig God van ons heil, verlos 
ons van dit wat nou voortdurend in die donker teen die lig nou 
skuil. Versamel U verseëldes en red ons van die valse engel van 
onsuiwer lig met sy bende duister blindes wat ons wil laat val met 
behulp van sy huigel- en leuenagtige kerk-instellings- die hoer van 
Babilon en haar politieke drogleerstellings. Die wat daarop uit is 
om ons te beroof van ons regmatige erfenis. Ja, ons vryheid en 
ons verblyf hier op aarde, sowel as in die geestelike ryk, ewighede 
gelede deur U verseël. Soos deur U Self beloof aan ons oer-eerste 
patriarge deur vele geslagte en duisende jare heen. 

Tot en met nou waar ons nou in hierdie laaste tyd van die tye, klein 
en in ootmoed voor U ween. Bring in hierdie erge tyd, O’ Skepper 
en ons Verlosser, op ons hoofde neer U ryklike Seën. Terwyl die 
hele wêreld voor satan in aanbidding val, help ons dat ons dapper 
vir U- ons God sal staan al is dit tot in die dood se dal. So baie 
bitter klein is ons getal help ons dat daar nie nog een van ons die 
bose ten prooi sal val. 

Ja, bewaar ons teen die donker magte wat in waansin gaan wees- 
bloeddorstig en mal. Help ons teen ons eie klein- en ongeloof, ja, 
help ons dat ons moedig sal opkyk na U Troon, U, ons ewige 
Verlosser en ons enigste Hoof. Terwyl magtige storms woedend 
om ons gaan loei en die son die wêreld om ons stukkend gaan 
skroei. Ja, terwyl bliksemstrale die aarde gaan oopkloof leer ons 
in hierdie tyd om U, ons Vader en ons God, met blydskap jubelend 
te kan loof. 


Openbaring 436
Die sinnelose gejaag na die mode.

Vrydag 19 September 2008 10:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die wêreldmode van die dag lê op die mode-aap se siel beslag. 
Daar is nie een onder hierdies wat opreg op die koms van God 
nog wag. Vir die wêreldburger lui die leuse sonder enige keuse. 
Elke dag is daar iets nuuts- kom open nou haastig julle beurse. 
Vandag se ergste modeflater was gister nog ''hipercool''. Ja, 
maak vinnig kom wees ʼn mode aap, ja, ʼn wêreldsisteem "fool". 

Soos narre hardloop die wêreldpopulasie na elke nuwe aapstreek 
en mode skok. Met sinnelose giere en modes maak hul van hulself 
ʼn belaglike eenwêreldbok. Hoe hard hierdies ookal met hul massa-
standpunt probeer. Nie een van hulle kan onafhanklik indiwidueel, 
kreatief funksioneer. Soos poppe aan ʼn tou laat hulle hul deur hul 
wêreldmeesters beheer. Terwyl hulle met die onafhanklike denker 
die gek probeer skeer. 

Ja, die wêreldmens is niks anders as ʼn siellose outomaat. 
Vir elk van hul optredes maak hul soos massa-klone op 
die wêreldsisteem staat. Hul leë poliepe-bestaan op hierdie 
aarde is diep te betreur. Daar is nie een onder hulle wat Ek 
as ʼn uitsonderlike pêrel gaan goedkeur. Hul vryheid van 
keuse het hulle onder wêreldbeheer vir ewig verbeur. Uit 
die boek van die lewe word hierdie siellose miswolke vir ewig 
geskeur. Soos gister se modes sonder enige sprankel of geur. 
Is daar niemand in die hemel wat oor hierdie totale leë miswolke 
gaan treur. 


Openbaring 437 
My duidelike opdrag.

Saterdag 20 September 2008 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Met ʼn trompetgeskal en hul banier omhoog onder vlag en vaandel 
wil al wat leef en beef, ja, goed en kwaad nou na vore tree om 
hulself in heers en hoogmoed oor die aarde uit te kan gee. Maar 
aan My kinders is dit wat Ek weereens baie duidelik die opdrag 
gee om julleself op elke gebied van dit wat die wêreld bied, 
daarvan moet julle julself van distansieer. Hoe eerbaar die 
gesindheid ookal is waar die geveg gaan om materiële gewin 
is dit satan wat op die einde van die dag elke wêreldvegter se 
siel vir homself gaan win. 

Tussen Lig en duisternis is die geveg in volle gang in die lug. 
In die geestelike realm moet jul nou as dapper vegters vir die 
Lig na vore tree en die onvernietigbare wapens van geloof- dit 
sal Ek aan My kinders tot die ewige val van Mammon en sy 
materiële wêreld gee. In illusiemag en krag staan satan met 
ontelbaar duister vegters oor die hele wêreld vir die laaste 
geveg paraat. 

Om ʼn handvol edelvegters uit die mensdom vir God bymekaar 
te maak, daartoe is die beste engele nie toe in staat. Maar in 
reiniging het My sifting oor en oor, oor die mensdom gegaan 
en ʼn kleine Gideonsbende sal Ek weer tot die suiwerste suiwer, 
uitsuiwer. Met die heel suiwerste van siel en gees, daar sal ʼn 
grote materieelgesinde wêreld sy ewige ondergang in lees. 

Daar is ʼn klompie mense vanuit die wêreldbevolking wat vanuit 
die suiwer Lig van God na vore gaan tree om hierdie einde van 
die tydvak as engele in die vlees vir die enigste God van hemel 
en aarde op te kan tree. So, wee die wêreld se trompetgeskal, ja, 
wee hul vaandel en hul vlag, ja, wee ook elke slagspreuk en hul 
banier. As oorwinning oor die satan gaan die Lig uit hierdie 
heilige houers oor die hele wêreld seëvier.


Openbaring 438  
Elke soort waar hy hoort. 

Sondag 21September 2008 8:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die gordyn is afgeruk en die siel is ontbloot. Alles wat die mens 
huidig in hom stoor, goed of kwaad word nou na vore gestoot. 
Openlik gaan elkeen nou verklaar of hy aan die duiwel of aan God 
behoort. Ja, die sekel slaan om alles tot op die been oop te kloof 
sodat goed en kwaad elkeen na sy eie soort bymekaar kan 
behoort. 

Die maskerade is klaar en die maskers word nou afgehaal. Honend 
is dit die verderf wat deur sy helkinders vir die Lig en Lewe smaal. 
Maar onoorwinbaar en suiwer is dit die Lig wat tot lewe nou op die 
opregte kinders van God neerdaal. Die koppe spat en op die 
politiek kom ʼn liederlike klad. Met moord in die hart skud vriend en 
vyand skynheilig mekaar se hand. Spoedig stap die hele wêreld op 
die valse vredevors se verdoemenispad. 

Dit is die tyd! Dit is die tyd! Die massas jil en hou jolyt. Die laaste 
waarheid en die lig word vanuit die regstelsels uitgesmyt. Tussen 
koud en warm word die draadsitters ook vir ewig saam met die vuil 
badwater uitgesmyt. Dit wat lou is word uitgespuug om in die stof 
van die aarde te byt. 

Bitter die berou en groot is die spyt en selfverwyt. Terwyl hulle 
in droefenis na die opregte paar getroues van God nou kyk. Die 
genade van God het ewig van hulle weggewyk. Liefderik wil hul 
met die hand oor die dood as beste vriend nou stryk, maar 
moedswillig is dit hy wat in hul benouenis oomblikke nou van 
hul afwyk. 

Hoe groot is nou hul begeerte om in die Liefdevolle Genade Oë 
van God te kan kyk. Maar die toppunt van Goed of kwaad, dit 
kon hulle nie in hul siel bereik. Was hul maar koud of was hul 
maar warm, maar omdat hulle lou is moet hul as spuug ewig 
in die stof van die aarde wyk. 

Die tyd het gekom en die mens is van sy laaste lagie vernis 
ontbloot en alles wat die mens in homself stoor, goed of 
kwaad word na vore gestoot. Elkeen sal volgens sy liefde 
by sy eindbestemming kom, ja, daar waar elkeen by sy eie 
soort hoort.


Openbaring 439 
Elke bose sweer word nou oopgebreek.

Maandag 22 September 2008 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In die jaloerse haat en nyd wat daar nou oor die hele wêreld 
heers kom alles en almal se ware kleure nou na vore en 
daar is niks bedek wat nie in hierdie tye geopenbaar gaan 
word nie. Ja, elke bose sweer word nou oopgebreek sodat 
al die boosheid na die oppervlakte kan breek. In hierdie tyd 
gaan die heilige engele van die hemele hul hoofde in afgryse 
bedek by die aanskouing van die ontbloting van dit wat met 
ʼn dun lagie van kwansuise deernis en goedheid vir die 
mensdom verberg was. Ja, die ontbloting van wêreldraamwerke 
en strukture vanaf die hoogste wêreldvlak tot en met waar dit 
deurgevoer word na die verskillende wetgewingstrukture en 
die daarmee gepaardgaande orde. 

Ja, ook die verdedigings- en ontwikkelingsisteme sowel 
as die gesondheidsraamwerke met hulle onderskeie 
wêreldhulpfondse asook die verskillende geestelike 
raamwerke vanwaar dit weer vertak, tot en met die 
wêreldwye kerke en selfs die kleiner geloofsgroepe. 
Op geen sosiale vlak in die wêreld is daar meer enige 
vorm van opregte suiwerheid oor nie, ja, ook nie in die 
skone kunste of die kultuur nie en nog minder op 
ontspanningsvlak, sport of enige speles nie. 

Daarom word daar nou ʼn engel vanuit die hemel met ʼn 
oordeels-naald na die huid van kwaad tot genesing vir ʼn 
baie siek aarde gestuur. Met wrewel sal hy die bose sweer 
steek sodat die oënskynlik gesonde maar dun en siek vel 
kan oopbars om die walglike vrot pappery van ʼn bose 
eenwêreldorde onder die direkte aanvoering van satan 
en sy bose magte te kom ontbloot. 

As ʼn ongeneeslike vinnige kanker sal die vuil stroom 
van hul eie gruwel etter, ja, dit wat hulle in boosheid 
tot stand gebring het hul tot hulle eie vernietiging en 
ondergang ewig tot in die hel oorstroom. So sal Ek die 
aarde vir die toekomende tydvak van alles wat vuil en 
onrein is vir ʼn duisendjarige vredetydperk kom reinig.


Openbaring 440 
Wéét wat jy in jouself bevat
.
Dinsdag 23 September 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Slegs die wat dit reeds in hulself huisves sal die 
volgende woorde kan verstaan. 

Soos wat ʼn enkele D.N.A as bousteen al die nodige 
informasie van die totale liggaam bevat. net so is die 
Adam as ʼn enkelvoudige bousteen, ja, ʼn kleine replika 
van sy Skepper as ʼn onafhanklike wese op hierdie aarde 
geplaas om homself in volkome vryheid na ʼn eie en unieke 
persoonlikheid te kan ontwikkel om homself daarna na eie 
keuse in ʼn werksamige of nie-werksamige geestelike orde 
te kan plaas.

Die verganklike vlees wat as ʼn tydelike woning vir die 
siel en gees op hierdie aarde dien is bloot op sigself 
net ʼn tydelike illusie en staan daarom in sy verganklike 
vorm bloot as teenpool van die verganklikheid teenoor 
die onverganklike ewige onsterflike lewe. 

Die totale wese of sfeer van die mens bestaan dus alleenlik 
uit die siel en gees wat aan sommige beter bekend is as die 
onderbewussyn en hierdie geestelike omhulsel is op sy 
beurt die houer van alles van dit wat die wese in homself 
bevat en huisves. 

Weet daarom dat dit wat jy in jouself bevat die totaliteit 
van dit is wat jy is en daarom is dit altyd jouself, goed 
of kwaad, wat jy vir andere vanuit jouself tevoorskyn 
bring. Daarom het Ek julle dikwels vermaan dat ʼn mens 
ʼn boom aan sy vrugte uitken en ook dat daar vanuit een 
fontein nie soet- én brakwater tevoorskyn kan kom nie. 

Dink daarom daaraan dat wanneer julle My om geestelike 
leiding vra om die volgende woorde in gedagte vir julleself 
te hou: 'Verbreed my geestelike grense sodat ek meer van 
U Goddelike Gees in my- nog klein en onontwikkelde menslike 
sfeer- kan bevat. Ja, verbreed asseblief my geestelike sfeer 
ook in so ʼn mate sodat ek nie net vir myself nie, maar ook 
vir ander as ʼn geestelike herbergier in U diens kan staan. 

Ja, sodat ek hulle tydelik met U Wysheid in hul geestelike 
groei kan akkommodeer totdat hierdies weer op hul beurt 
op dieselfde wyse diensbaar kan raak aan die wat U in U 
Wysheid weer aan hulle toevertrou het. Sodat daardeur 
U heilige Melgisedek Priesterorde deur middel van ʼn 
kettingreaksie alle bindende materiële grense kan oorskry'. 

Daar is niemand wat God deur sy eie toedoen van onder na 
bo vir ander kan uitlig nie, maar elkeen wat die Allerhoogste in 
nederige liefde en ootmoed vanuit sy opregte wese aan ander 
oordra en bely, só een het vir homself ʼn oneindige skat in die 
geestelike hemelryk voorberei. 

Weet daarom dat jou totale wese bloot dit is wat jy as eiendom 
binne jouself dra en dit ook al is wat jy vanuit jouself vir ander 
tevoorskyn kan bring.

Openbaring 441 
Wat is ware Liefde.

Woensdag 24 September 2008 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is huidiglik so bitter min mense op hierdie aarde wat ʼn ware 
begrip omtrent die woord liefde het en alles wentel vir hulle om 
die selfgesentreerde liefdevolle passie van die eiebelang. 

Enige vorm van selfsugtige eieliefde is ʼn psigopatiese karaktertrek 
gebore vanuit die onderste hel wat tot geen ware liefde in staat is 
nie maar bloot gefokus en gesentreerd is op die eiebelang. Nog 
minder is die liefde ʼn hormoonaangeblaasde uitlaatklep van die 
menslike liggaam. 

Ook wat betref die uitlewing van die Goddelike Liefde is dit nie ʼn 
voortdurende euforiese ekstase van ʼn nie werksamige saligheid 
nie. Maar inteendeel is dit meeste van die tyd ʼn moeisame en 
opofferende diensbaarheid wat in onbaatsugtigheid tot voordeel 
van die geliefdes en die naastes geskied. 

Die liefde gee en neem selde in ontvangs. Ja, opregte liefde is 
wanneer jy ten koste van jouself die beste van jouself op ʼn tydstip 
wanneer jy dieminste daarop voorberei of selfs in die minste 
daarvoor lus het aan ander dit wat hul benodig na die beste van 
jou vermoë gee. Die beloning en salige genot van die liefde lê in 
die onbaatsugtige naastediens en niein die voortdurende neem en 
nogmaals neem nie. 

Ja, die liefde kan slegs vreugdevol in ontvangs neem wanneer dit 
in ʼn werksamige orde die gewer daarvan tot vreugdevolle 
blydskap kan stem. Die opregte liefde wil nie oorwin nie maar wil 
deur die liefde oorwin word. Die liefde wil nie besit nie maar wil 
deur die liefde in besit geneem word. Die liefde wil nie die heeltyd 
oor homself roem nie, maar wil in die warm opregte liefde roem.
Ja, die liefde is nie ʼn begrip nie, maar ʼn daadwerklike daad en ʼn 
oop hand van voortdurende omgee. 

Opregte liefde is wanneer ʼn vuis homself soos ʼn blom ontvou om 
op die palm daarvan die aangebode eie hart te ontbloot wat as ʼn 
opregte aanbieding en offer vir vriend sowel as vyand ja, vir elke 
geliefde en naaste daar lê. 

Indien almal teenoor mekaar in opregte opofferende liefde sou 
staan sou hierdie aarde asook die hele oneindigheid tot elkeen 
se voordeel as ʼn Goddelike volmaakte hemelse paradys 
gefunksioneer het.


Openbaring 442 
Wanneer is illusie ʼn realiteit.

Donderdag 25 September 2008 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Wanneer is realiteit bloot net ʼn illusie en wanneer is illusie ʼn 
realiteit. Wat is daar na die dood van die menslike liggaam wat 
die mensdaarvan kan verseker dat daar ʼn onsterflike lewenskrag 
of ʼn siel iswat ewig gaan voortbestaan omdat daar niemand is wat 
ʼn klinkklare bewys het van die sigbare bestaan van die siel en 
gees nie. 


Alles wat sigbaar is of dit nou ʼn oeroue son of planeet met ʼn 
onberekenbare langlewensspan is en of dit bloot ʼn eendagsvliegie 
met ʼn vlietende lewensduur is, ja, beide is onderworpe aan die 
materiële wet van ontstaan en geboorte waarna dit deur middel 
van die groeikrag ontwikkel tot wasdom om sodoende ʼn materiële 
hoogtepunt te kan bereik waarna dit maar net weer in trurat in 
stelselmatige verweer agteruit beweeg om ten slotte maar net 
weer in ʼn nie-bestaan tot niks te disintegreer en te vergaan. 

Die mens wat geskape is na die beeld van die ewige skeppende 
Breinkrag van alle sigbare en onsigbare, ja, van alle materiële en 
geestelike skeppinge word op hierdie aarde as ʼn ewige onsterflike 
lewenskrag in die sterflike illusie van die materie geplaas sodat die 
materiële dood in ʼn sigbare bestaansvorm teenoor die onsterflike 
lewe wat ʼn nie sigbare vorm vir die materie is in konflik teenoor 
mekaar te staan kan kom. 

Met ander woorde sodat dood en lewe, ja, lig en duisternis in een 
vorm tot konfrontasie teenoor mekaar geakkommodeer kan word. 
Volgens die oorwegende faktor van die mens se liefde sal hierdie 
twee pole dit wat aan hul behoort na hul toe aantrek. 

Die materieelgesinde mens sal tot ʼn volmaakte wêreldburger 
ontpop wat in sy relatiewe kort bestaan alles wat die verganklike 
materie bied in ʼn onversadigbare lus na hom toe sal aantrek. 
Daarteenoor sal die meer geestelik- georiënteerde mens vinnig 
verby die aanlokkende aantrekkingskrag van die materie beweeg 
om homself by die groot oneindige Bron van die onvernietigbare 
Lewenskrag te kan voeg. 

Die vraag oor die bewys van die bestaan van die lewende siel 
en gees bly die heeltyd by jou op die voorgrond en Ek 
antwoord jou dat die lewenskrag in die materie te vergelyk 
is met ʼn hedendaagse gloeilamp wanneer die onsienlike 
krag van ʼn elektriese stroom daardeur vloei om sigbare lig 
na vore te bring sodat die duisternis van ʼn donker vertrek 
oombliklik verlig kan word. 

Net so is die siel en gees van die mens ʼn lewende lig en krag 
wat veronderstel is om die ewige duisternis binne die mens 
tot ewige lig en lewe te bring.


Openbaring 443 
Sekeres ontsien selfs nie die Heilige Geskrifte.

Maandag 29 September 2008 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur baie duisende jare heen was daar in verskillende tye 
deurverskillende geslagte heen gereelde heksejagtogte op 
verskillendegeloofsgroepe uitgevoer waardeur daar gepoog 
was om fisies heeltemalontslae te raak van groepe wat deur 
middel van hul geloof ʼn bedreigingvir die outoriteitsordes 
van daardie tydvakke was. 

Veral was daar gepoog om ontslae te raak van enige geskrewe 
oorblyfsel van hierdie meestal vrydenkende mense. Baie van 
hierdie ou boekrolle en geskrifte was daarom so goed versteek 
dat sommiges van dit tot en met nou sporadies nog hulle 
verskyning selfs tot in hierdie moderne tydvak maak. 

Huidiglik sit jy met ʼn kwelvraagstuk omtrent die vernietiging 
van sekere geestelike geskrifte onder julle waar ondermeer 
spesifiek die Lorber geskrifte en vertalings van voorkom en 
wat onder die hand van die meer radikale gelowiges onder 
julle tot as verbrand is. 

Ek antwoord jou dat die mens slegs deur middel van herkenning 
iets begrypliks vanuit enigiets hetsy dit nou ʼn materiële voorwerp, 
ʼn begrip of ʼn leerstelling is tevoorskyn kan bring indien die 
inhoud daarvan reeds aanwesig in die soeker of ontleder se wese 
is. Dus is dit maar net weer ʼn bewys dat diegene wat nie net 
namens hulle self nie, maar ook ander besluit het dat hierdie 
wonderlike inligting kwansuis deur middel van 'bose influisteringe 
en geeste' sou geskied. 

Ja, hierdies het nie die nodige onderskeidingsgees binne hulself 
gehuisves om dit wat hulle aanvanklik met soveel oorgawe geglo 
het op ʼn meer permanente basis in hulself te kon stoor vir latere 
naslaanwerk deur middel van hulle gees nie. Helaas was dit maar 
weer die betreurenswaardige saadjies wat met soveel blydskap 
tevergeefs op die rotse geval het waar dit tevergeefs vir die dood 
ontkiem het. 

Ja, op onvrugbare rots het dit geval om maar net weer onder die 
harde son van materiële 'realiteit' sonder die goeie ondergrond 
van die Gees tot niks te verdor en te vergaan. Ook is dit opmerklik 
dat dit meeste van die tyd mense is wat nie net hierdie geskrifte 
nie maar ook sommige ou boekrolle aanvanklik met groot geesdrif 
aangegryp het terwyl hulle terselfdertyd net so geesdriftig agter 
enige ander valse geskrif en valse profete aanhardloop om 
wanneer hul tot hul skaamte hulle foute agterkom, summier die 
skuld op dit wat hulle nooit werklik kon verstaan het nie as die 
sondebok te kan afskuif om sodoende hulself oor hul eie dom 
foute voor die mense te kan verontskuldig. 

In alle geskrifte en dit sluit die Bybel in, is daar waardevolle 
inligting sowel as onsuiwerhede en onwaarhede. Moet sommiges 
onder die mense daarom die Bybel namens almal gaan verbrand 
of sou dit miskien nie meer wys wees indien elkeen in opregte 
gebed om die leidingsgees van onderskeid vra nie sodat elkeen 
volgens sy eie persoonlikheid en aard die regte leiding deur die 
Gees kon ontvang nie. 

Die hele probleem van ons volk lê in die feit dat daar onder die 
laaste opregte kinders van God ʼn geweldige magstryd heers 
veral onder die manlikes van hierdie volk wat tog so bang is 
dat sy naaste dalk oor hom gaan koning kraaien hierdie 
heerssug en naywer geskied in ʼn krisis uur terwyl hierdie 
volkie besig is om die laaste doodsnikke van sy lieflike 
volksidentiteit te gee. 

Daarom is die sogenaamde manlike leiers onder hierdie 
Volk niks beter as ʼn klomp breinlose reunhonde wat 
rondhardloop om op enigiets wat na ʼn moontlike domein 
kan lyk met druppeltjies nuttelose urine ʼn gebied vir hulself 
te kan afbaken. Daar is nie een in hierdie volk waarna daar 
opgekyk kan word as ʼn moontlike sterk leier nie omdat ʼn 
opregte leier nie die heeltyd bekommerd is oor die een of 
ander leierstatus nie, maar werklik bekommerd is oor die 
welsyn rakende sy hele volk. 

ʼn Ware leier is gefokus op die behoefte van elkeen van sy 
volksgenote ryk of arm, wetsgehoorsaam of nie, ja, elkeen 
word in ʼn volk ingebore en nie ingekeur deur sommige 
sogenaamde "weet dit alles mense" nie. Met My lewe op 
hierdie aarde het Ek nie versuim om besoek aan die 
sondaar en die tollenaar te bring nie en selfs die mees 
betreurenswaardige hoer is nie deur My oor die hoof 
gesien nie. 

Deur middel van My onderrig het Ek dit baie pertinent op die hart 
van die mens gedruk dat Ek ʼn persoonlike besoek aan elk van julle 
sal bring in die vorm van die wat honger of dors het, ja, ook in die 
wat naak of in die gevangenis sit. Nooit het Ek laat blyk dat daar 
aan die een in die gevangenis gevra moet word waarom hy daar sit 
nie. 

Soos wat sake huidiglik in ʼn haglik geestelike toestand onder julle 
blyk te wees is dit vir julle baie beter om tot die slotsom te kom om 
liewer julle oë en hoop op My julle enigste Verlosser en Leidsman, 
in hierdie verskriklike komende tye te hou in plaas daarvan om tot 
sulke uiterste drastiese stappe te gaan wat selfs nie die Heilige 
geskrifte ontsien nie.


Openbaring 444 
Wee julle kerke in julle selfverheffing.

Dinsdag 30 September 2008 09:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die mense kan mekaar geestelik aanmoedig, maar hulle mag 
mekaar nooit dwing nie. Die Seun van die mens het na hierdie 
aarde gekom, om die gebinde siel van die mens van allerhande 
drogleerstellings te kom bevry sodat hulle in volle vryheid en 
liefde hulle weg terug na hul Vaderhuis kan vind. 

Ja, Hy het gekom om die mens van die bindende tempelmure van 
foutiewe leerstellings en daardeur die ewige dood te kom bevry. 
Hy kom in hierdie tye weer om elke valse drogtempelmuur tot op 
die heel laaste bousteen vir ewig te kom verwoes. Daar is niemand 
behalwe die Seun van God, wat Geestelik so volmaak ontwikkel is 
sodat hulle deur hulself, andere, die weg na die ewige lewe kan 
aantoon nie. 

Die deure na die Wysheid word vir die mens slegs deur die 
aanwysing en leiding van die Heilige Gees van die Verlosser 
geopen sodat die werklik Geesgevulde mense weer andere 
daardeur kan aanspoor en prikkel om op hul eie beurt hierdie 
opwindende ontdekkingsreis na die ewige mees wonderlike 
Geestelike skat in die hele oneindigheid op tou te kan sit. 

Daar is niks wat seker soveel waardeer kan word soos ʼn skat wat 
met vele moeite gesoek is om ten einde laaste met groot vreugde 
gevind te kan word nie. Die Vader het in Sy groot Liefde en 
Wysheid elke mens die vryheidsvoorreg geskenk om na sy eie 
goeddunke deur alle moontlike inligting te kan sif om daardeur 
vir homself te kan besluit wat geskik is vir sy geestelike 
selfontwikkeling al dan nie. 

Wee daarom die een wat homself in selfverheffing bo sy naaste 
as ʼn pasaangeër wil aanstel asof hy die alleenbesitter van alle 
Wysheid en kennis is. 

Ja, wee ook die valse kerkleerstellings en raamwerke wat hul 
lidmate soos bindende voëltjies met geknipte vlerke in sierlike 
kerklike kerkers en koutjies wil aanhou om hul daardeur te beroof 
van die volkome heerlike voorreg van die ondersoekende 
vryheidsdenke. 

Ja, wee elkeen wat ʼn ander deur menslike leerstellings en 
bindinge van die voorreg wil beroof van hul volkome geestelike 
vryheidsvlug na hul ewige salige bestemming. 



Openbaring 445 
Mammon het verloor.

Woensdag 1 Oktober 2008 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vrolik is dit ʼn engelekoor wat blymoedig sing vir ʼn hemelgehoor. 
Mammon het verloor, Mammon het verloor. Dit is die lied wat hul 
uit een mond laat hoor. So klink die versies van hul koor. 

Eindeloos is die mens se koop en verkoop. Terwyl die rykaards 
hulself van alles wat heilig is stroop.Vir goud en silwer is dit wat 
hul vir ewig hul siel aan Mammon verkoop.Daar is niks meer wat 
hulle na die goeie toe kan noop. 

Satan word tot verantwoordelikheid geroep oor ʼn biljoene 
sielemoord. Met ʼn klapgeluid breek die styfgespande finansiële 
koord. Maar nog steeds probeer ʼn gevalle Mammon die mens 
met valse hoop en leuens bekoor. 

Al die beleggers van die wêreld word tot waansinnigheid 
getoor. Verbete wil hul glo dat geld is tot aan die hemeldak 
vir hulle gestoor. Vir die aandelemark sal hulle alles voor die 
voet uitmoor. In die laaste doodsnikke van die tyd wil hul nog 
steeds agter rykdomme in die dieptes van die aarde boor. Die 
verrottingstank van die wêreldbank raak nou baie-baie goor. 
Vrolik is dit ʼn engelekoor wat blymoedig sing vir ʼn hemelgehoor. 
Mammon het verloor, ja, Mammon het verloor.


Openbaring 446 
Die aarde se volgende tydvak.

Donderdag 2 Oktober 2008 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit die oneindigheid van miljoene eons ontsnap daar ʼn 
sagte sug. Kortstondig was dit maar net ʼn duisendjarige aardse 
verbeeldingsvlug. Ootmoedig is dit oordeelsengele wat voor God 
se troon om aandag kug. Die tyd het gekom om die aarde tot 
reiniging vir sy volgende tydvak te tug.

Soldate van Lig en duisternis nader mekaar vir ʼn enorme oorlog 
in die lug. Oorkoepelend span God vir Sy uitverkorenes vanuit 
die materie na die Gees ʼn ontsnappingsbrug. Dit terwyl die satan 
die laaste bietjie lig en lewe vanuit sy navolgelinge wurg. In 
sterwens- maar ook in barensnood is dit die aarde wat haarself 
oopskeur tot in haar diepste skoot. Vanuit die hemel kom daar 
nou vir God se kinders ʼn genade reddingsboot. Vanuit die nuwe 
Jerusalem word vir die gereddes gebreek- die ewige lewende 
Brood. Maar om die kinders van satan vou die duisternis toe 
soos die digste ondeurdringbare lood. Skaterend lag die prins 
van duisternis in die gestalte van ʼn misleidende Jood. In sy 
hand hou hy vir biljoene ʼn ewige gewisse dood. 


Openbaring 447 
Swaar lê die pes en die dood.
Saterdag 4 Oktober 2008 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die plunder gaan verby en almal probeer die dood vermy. Vir 
oorlewing probeer almal vinnig iets bymekaar nou kry. Vir ʼn 
handvol meel sal vriende mekaar se keel afsny. Brommers wat 
in donker wolke gonsend om lewelose massas drom. Dit is die 
dood wat in vele gesigte nou na die mens toe kom. Verlate waai 
in vele stede en dorpe rommel rond. 

Aan sy eienaar se lyk kou ʼn eens goedversorgde honger hond. 
Van mens tot mens dartel die pes van mond tot mond. Die dood 
slaan met ʼn ongekende pes ʼn diepe wond.Vir hulp smee vriend 
en vyand haastig met mekaar ʼn bond. Oor die hele aarde lê net 
lyke rond. Die hele wêreld staan verstom- baie van God se kinders 
bly gesond.


Openbaring 448 
Leë wind van illusie.

Sondag 5 Oktober 2008. 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In hierdie ergste tyd van alle tyd waar die mens wanhopig soos 
ʼn beseerde hond na alles om hom byt. Waar die lewe in verval en 
afval om die mensdom bruis. Is daar nêrens meer iets te vinde van 
die woorde-rein en kuis. Verslae en stom staan die mens tussen 
die chaos van los toue en tuie. Sy eens goedgeorganiseerde 
wêreld stort om hom in duie. Alleen en verlate word menig siel 
in die noodlot wiel tot niks vergruis. Eentonig is die wysie van 
ʼn verlate klaaglied wat oor die wêreld suis. 

In woede lig die mens teen die onreg lankal nie meer sy vuis. 
Maar versigtig deemoedig is daar ʼn paar wat hulself nou doelgerig 
inskuif onder hul kruis. Die oë sekuur gerig op die baken van 
Goddelike Lig, ja, hul Vaderhuis. Met geloof hoop en liefde wat 
nou tintelend deur hulle are begin bruis. Kom eens verlore 
sondaars nou as ligengele uiteindelik ewig tuis. Al wat nou vir 
die wêreld in sy chaos oorbly. Is die eindtyd afval wat orals om 
die mens gedy. 

In versnelde tyd en spoed gaan die wêreld nou vinnig sy einde 
tegemoet. Ja, alles gaan nou vinnig verbrokkel en vergaan. Die 
tyd het gekom en gegaan om die mens tot ommekeer te kon 
vermaan. 

Ewig te laat raak dit vir die wêreldling om nader te staan met ʼn 
berouvolle traan. Waansinnig gryp die wêreldkind na alles om 
net te vind dit is alles net leë wind van illusie en waan.


Openbaring 449 
Ja, ewig is ek U kind.

Dinsdag 7 Oktober 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Knus as ʼn kleine embrio het ek eens in die Liefde gedy. Maar 
halsstarrig het ek my van die Liefdesvoedingnaelstring van U 
bevry. Op die hoogste materiële branders van die aarde wou ek 
kom ry. Onsigbare hemelwagters het U as beskermers oor my 
laat bly. Maar ook teen hulle het ek weerbarstig gestry. Daarom 
het U, in U Liefde, U eie Gees die heeltyd om my laat bly.

Met my eerste kreet op aarde wou ek die ganse lewe verower. 
Maar vinnig wis ek; in die dood is al my pogings power. Soos 
ʼn adelaar wou ek van die heel hoogste rots afgly. Sodat ek as 
die beste tuimelaar oor die lugstrome kon gedy. My vlerke wou 
ek oor U oneindige skeppinge oopsprei. Kordaat vir myself ʼn 
vryheidsvlug deur U hemele voorberei. 

Vry soos 'n arend het U my van alle bande bevry. Sodat ek in my 
soeke my altyd in die vryheid van die Liefde kon verbly. In volle 
vlug het ek teen die wolke uitgeklim. Ek het getuimel en gevind 
ek is net ʼn mossie in my val. Steeds gaan haal U ʼn Goddelike 
goue stuiwer vir ʼn klein gebreekte voëltjie uit U groot heelal. 

Gelouter kom saggies my fluistering soos ʼn herfs blaartjie wat 
krummel in die wind. Hulpeloos soos ʼn kleine embrio wil ek my 
ewig aan U Liefde bind. U is my Vader, ja, ewig is ek U kind. 


Openbaring 450 
As die kleinste klippie.

Woensdag 8 Oktober 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Moeg gespook soos ʼn vis wat homself inbring. Of soos ʼn 
selfmoordenaar wat die geweerloop na sy eie hoof toe bring. 
Soos ʼn swart gat wat homself tot niks verslind. Word die 
nasies deur hulself tot hul eie ondergang verblind. Aan die 
prins van duisternis het die Gog en Magog hulself ewig 
vasgebind. Ja, meeste van die nasies is tot eenparigheid 
nou eensgesind. Die son en maan is besig om hulself in 
oorlogskleure met bloed te tint. In sak en as het die 
uitverkorenes hulself nou lank genoeg bevind. 

Staan op! Kom die opdrag nou aan die uitverkore kind. In ʼn 
mensehand sal jul die oordeel van die nasies vind. Aan Babel 
moet jy die etiket van die oordeel en die dood gaan bind. Slegs 
aan die Ruiter van die wit perd wapper die oorwinnings-lint. 

God self gaan Hom in hierdie tye onder Sy maagdelikes kom 
bevind. As die kleinste klippie kom Hy om die gruwelbeeld op 
sy swakke voete om te klink. Oor die hele aarde gee die beeld 
van goud en silwer oordonderend mee. Met alles in hul waarde 
skielik daarmee heen raak dit al hoe moeiliker vir die satan om 
sy planne te kan smee.