
Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik.
judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou.
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 3901
‘N VALSE VREDESTYDPERK
11 Oktober 2025 Saterdagoggend 12.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die beste stuurman staan aan wal en die valse vredesvors lig sy vuis
in oorwinningsbal. Ek hoor 'n harde knal in 'n vreemde bomaanval.
En ek weet die vredestrofee word slegs vir 'n baie kort tydjie uitgestal.
Ek hoor 'n groot trompetgeskal, voor die groot verval. Ek sien die
liberaliste gooi desperaat nou wal. Maar hul verwoestingsloon is 'n
baie bitter beker gal. In broederburgeroorlog raak die Weste
heeltemal mal. Sodat baie in die dood gaan ontval.
Ek sien die Ukraïene staan gestroop en kaal. Terwyl Rusland die
beste vanuit die oorblyfsels haal. Dit is te laat vir die Verenigde
Nasies om hieroor te wil kla of smaal. Daarom word daar inder-
haas 'n eenbetaalstelsel wêreldwyd uitgehaal.
Maar hieroor staan die Ooste glad nie objektief of neutraal. Daarom
sal ook 'n Sjeik die topbestuur van die nuwe eenwêreldorde haal.
Hieroor lig die valse vredesvors sy glas tydens die nuwe eenwêreld-
orde se gruwelfeesmaal.
Dit, gebore vanuit dit, manifesteer globaal wreed brutaal. Daarom
begin die groot Goddelike stilte oor geheel die planeet neer te daal.
Met hul lot vas bepaal het homosapiens hulself totaal gefaal.
Daardeur staan die mens sonder vryheid of wilsbesluit gestroop en
kaal. Want kyk, die nuwe wêreldsisteem is en was die heeltyd
gebasseer op Kommunisties-sosiaal.
Openbaring 3902
DIE HEMEL NONCHALANT NEUTRAAL
14 Oktober 2025 Dinsdagoggend 02.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Van hier na daar oral globaal, sien ek die lewenslig slegs vanuit
'n paar na bowe straal. Dit is die honderd-vier-en-veertigduisend
in somtotaal. Ja, as burgers vir die Nuwe Jerusalem, in die nuwe
vredesryk, in die Goddelike verhaal.
Die hemel berei daarom die Groot Heilige Feesmaal. Daar waar
die Waarheid oor die leuen gaan smaal. Ook die voëls van die
hemel word genooi vir die groot feesmaal.
Maar o, so, wêreld sosiaal en spesiaal, daar in die stede van beton
en staal. Daar val die eerste skaal, en glo my goed dit is brutaal,
so horribaal. Die aarde ruk en skud en die aardbewings is brutaal.
Met alles chaoties en fataal, raak hulp vanuit ander oorde ook nou
minimaal. Die mensdom vloek en laster terwyl hulle dreigend na
die hemel smaal. Maar die hemelskares staan hieroor nonchalant,
heeltemal neutraal. Want hul weet 'n bose wêreld moet vir hul
sondes nou duur betaal.
Openbaring 3903
WAAROM? O, DAAROM
15 Oktober 2025 Woensdagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Waarom, o, waarom, slaan Afrika-Kus so ritmies, luiddrugtig op
sy drom? Daarom, o, daarom, was en is Raka-Gam, nog altyd
aan barbarisme vasgegom. Kyk, altyd dronk, dans hy van
middernag tot oggendstond om sy gloeiende vure wat vlammend
vonk.
Eens woon hy in gate, grot en spelonk. Maar huidig kamma so
goed Westers afgerond. Wil hy net in duur meestal Franse
snyerspakke rond pronk. Maar kyk, hond vreet nou hond en
van die hand na die mond, besteel Raka sy eie soort terstond.
So, waarom, o, waarom lê Raka, eens so vet, rond en gesond?
Nou bloeiend, daar sterwend op die grond, aan 'n dodelike wond?
So kom die antwoord vanuit 'n engel se mond: Dit is oor die dief-
stal van ander man se goed en grond. Veral die grond van die
eens heilige verbond.
So, waarom, o, waarom dans Raka-Kus so dierlik op die ritme van
sy drom? Dit, terwyl hy potsierlik soos 'n onnosel pou rondpronk.
Hier kom die antwoord: Daarom, o, daarom was en is Raka-Kus
nog altyd aan barbarisme vasgegom..
Openbaring 3904
SONDER SIEL OF GEES
17 Oktober 2025 Vrydagoggend 04.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor 'n stem, hy roep hom hees: Nog vis nog vlees, sonder siel
of gees. Begin die nuwe Christenskap haar nuwe wêreldwette vir die
mense voor te lees. Onder die merk van die bees, sal dit daarom nou
vir 'n verlore toekoms wees.
Ek hoor 'n engel roep: Nog vis nog vlees, sonder bloed of been. Kom
die woorde van die wêreldlied, van alle waarheid, heeltemal ontneem.
Met valse beloftes so ekstreem. Maar met naasteliefde hard en koud
soos steen. Moet elkeen hulself van alle staatshulp so gou as
moontlik speen.
Ek hoor 'n profeet wat roep: O, waarheen, waarheen, met nog vis,
nog vlees, sonder bloed of been? Staan binnekort die massas uit-
geteer, maer tot op die skeen. Van alle vryheid of wilskeuses ook
ontneem, sit geheel die wêreldbevolking binnekort met 'n goot
probleem.
Ek hoor 'n volk wat roep: Nog vis nog vlees, sonder DNS, siel of gees.
Kyk daar is geen bloed, daar is geen been. So wie is die valsprofeet,
die Antichris, die bose een? Dit wil ons graag nou van die Vatikaan
verneem. Van hier na daar van globaal oral heen. Wil ons as
wêreldpopulasie weet, vir ons oorlewing en ons veiligheid, nou
waarheen?
Openbaring 3905
GEEN OLIE IN DIE LAMP
19 Oktober 2025 Sondagoggend 01.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met die olie in ons lamp bykans heeltemal verdamp. Loop vanuit die
uurglas boonop nog die laaste sand. Met kuite wat kramp strompel
die pelgrim met sy laaste krag deur die woestynsand.
Ek hoor 'n stem wat roep: Van hier na daar globaal gaan geheel die
wêreld brand. In Afrika land met Kain-Kus as die ewige kind van
skand. Daar loop hongersnood en pes soos bondgenote hand aan
hand.
Met nêrens meer werksgeleenthede vakant. Staan produksie in fabrieke
morsdood dormant. Met geen waarde meer geheg aan die rand verdwyn
oornag bykans alle kontant.
Met die olie in die prepperslamp tot op die bodem bykans heeltemal ver-
damp. Roep die dwase maagd na die wyse maagd: O, gee my net tot
redding asseblief jou hand.
Maar die antwoord kom: Kyk net op na die hemelruim in die middel van
die aand. En sien daar in die sterrestand. Daar skyn Alsem en dit vang
geheel die wêreld heeltemal onkant. Ja, met vader Tyd reeds lankal lank
in die tand. Loop vanuit die uurglas nou skrikwekkend vinnig die heel
laaste sand.