Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 3751

BY DIE RIVIERE VAN VERDRUKKING

5 Junie 2024  Woensdagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

By die riviere van Babel daar het ons gesit.  Ons het geween as ons
aan Sion dink.  Onder die duim van ons verdrukkers het ons aan die
agterste speen gedrink.  Met ons hande en ons voete stewig vasge-
bind.  Kon ons, ons weg na ons Vaderhuis nie weer terugvind.  Die
bitterbeker was vir ons ingeskink.  Wyl ons vyand spottend aandring:
Laat julle Sionslied nou tot ons ore opklink.

By die vleispotte van Babilon het ons gesit.  Ons het geween as ons
aan Jakob-Israel dink.  Al twaalf sy seuns was weggewaai deur die
wêreldwind.  Daar waar hulle vlees tot doodsbeendere sou ontbind.
Tot in die diepste diepte van Suid-Afrika as 'n donker pikswart put,
was Juda as die Boer in weggesink.  Met sy mond gesnoer en sy
oë verblind, was daar geen volk of nasie wat sy wonde wou verbind.

Maar uiteindelik het ons by die voete van ons Messias gesit.  Ons
het geween terwyl ons aan ons gruwelsondes dink.  Met ons hoog-
moedstrots nou totaal vermink, was ons voor ons El nou net 'n
nederige kind.  Daarom het Sy Vaderhand, ons hand weer in

Syne teruggevind.  Sodat ons loflied van Sionsberg oor geheel die
wêreld tot oorwinning, op sal klink.

By die riviere van Babel sal ons nooit weer sit.  Ons sal uitbundig
jubel as ons aan Sion dink.  Ja, want Jahweshuwa ster het gekom
om oor ons en ons toekoms te blink.  Daar waar Hy Sy bruid
verwelkomend nader na Hom toe wink.

 

Openbaring 3752

HY SLAG VIR SY PLESIER

7 Junie 2024  Vrydagoggend  06.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die verwronge silhoeët van 'n donker figuur, dans grotesk 'n
kreatuur, om die vlamme van sy vuur.  Dit is Raka-Kus in die
oeroue moordlus van sy kultuur.  Hy slaan sy dromme en drink
sy bier.  Hy maak lawaai en slag vir sy plesier, ander man se
dier.

O, wee, o, wee die land wat hy bestuur.  Kyk, vir sy plunder en
chaos bestaan daar geen hoop of kuur.  Met die weer nou grys
en guur is voorwaar die skrif klaar geskryf teen die Oordeels-
muur.  Dit is te laat vir die wêreldkerk se gruwel biduur.  Dit is
te laat om gebede na God op te stuur.

Alles liberaal het mos in broederskap met die gruweldier skouer
geskuur.  Ja, om deur verbastering, wêreldburgerskap, onrein te
ontsier.  So dans die vlamme van sy vuur.  Nou deur stad en
dorp se infrastruktuur.  Dit dans deur die weiveld en graanland
en verwoes die plaasopstal en die skuur.

En terwyl die rookkolomme daarvan die atmosfeer vuil ontsier.
Hoor ek 'n stem wat roep:  O, God, hoelank moet ons dit alles
nog verduur?  Maar met alles tevergeefs, is daar  vir die groot
waansin en chaos, geen oplossing of 'n kuur.  Want dit is die
tyd, dit is die uur, met die skrif reeds geruime tyd oor en oor
geskryf teen die eindtydmuur.