Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal

gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 3701

IKOON OF MOROON

15 Januarie  2024  Maandagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Deur 'n versteurde hormoon in 'n gedrog gekloon.  Het 'n demoon as 'n
gevalle engel in 'n mens kom woon.  So, wie is die groot ekonoom, as
die wêreldordebankier gekroon?  Hierdie poppemeester beheer in elke
aspek, die Amerikaanse moroon.

Ja, die moroon wat staan as die Weste se eerste persoon. So word daar
nou 'n nuwe koning gekroon en kyk, 'n oue word sondermeer onttroon.
Die groot wêreldikoon, die Antichrispersoon, koester geruime tyd reeds
`n droom.  Dit is om in die land met twee oseane omsoom, te vestig sy
heerserstroon.

Maar dit is alweer Rusland wat hierdie droom kom dwarsboom.  Ja, deur
sy ystertande gevaarlik vir die Weste te vertoon.  So volg die politiek nou
'n vaste patroon.  Dit, terwyl die groot oorlog wagtend, gis en stoom.
Boonop verskyn daar vanuit die heel boonste osoon 'n onverwagse
verwoestende sikloon.  Hierdie monsterstorm, gaan infrastrukture in sy
skoonmaakpad, nie van ondergang verskoon.

 

Openbaring 3702

WYL DIE MASSAS SATAN PRYS EN LOOF…..

17 Januarie 2024  Woensdagoggend   03.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, met die tyd nou siek en goor.  Laat die wat nog 'n oor oor het, daarom
nou dringend hoor.  Maar met bykans almal wat Satan deesdae liberaal,
prys en loof.  Is bykans geheel die mensdom totaal blind en doof.

Kyk daarom nou net na die sogenaamde Christengeloof.  Met elke
moontlike gruwel deur hulle geoorloof.  So is daar huidig tussen hel
en hemel 'n onoorbrugbare kloof.  Om hierdie rede nader die dag van
die groot katastroof.  Daar waar dit ontelbaar baie siele vir hel en
hades gaan roof.

Kyk, die handelseeroetes begin die stryd verloor.  Daarom word ook die
treine binnekort eers hier, dan weer daar, globaal ontspoor.  Met die
tyd nou siek en goor, kom daar 'n klaaglied vanuit 'n verlore wêreldkoor.
Dit lui:  Daar is te min graan vir die groot krisis opgestoor.  En oor die
dwarsboom van die groot verstopte watervoor, word daar nou inderhaas,
elders, tevergeefs vir olie, diep geboor.

 

Openbaring 3703

WYL DIE GRAAN VERGAAN

19 Januarie 2024  Vrydagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, bitterblaam op bitterblaam, wie het vir wie, in die politiek verslaan?
Kyk, die groot hongersnood het net droogte uitgekraam.  In die vuur-
oond het nie die kaf, maar wel die kosbaar wêreldgraan vergaan.

Ook het die onwettige immigrant, soos die kaalvretersprinkaan, deur
geheel die Weste gegaan.  Om suksesvol as die Trojaan, in Amerika
en Europa, as oorwinnaars op te staan.  O, bitterblaam op bitterblaam,
dit is te laat vir skop en slaan.  Daar is geen owerheid, oor die veilig-
heid van hul burgers, meer begaan.

Daarom ken geen politikus meer die woordjie skaam.  So staan die
Wêreldraad van kerke saam die Vatikaan, van hulle valse vredes-
maskers, nou ontdaan.  In die wilde waan, met opregte geloof nou
heeltemal gedaan.  Is dit net die gruweldier wat met sy handelsmerk
gaan naderstaan.

Tevergeefs het die Gees vermaan, sodat selfs die uitverkorenes, die
Woord daarvan nie mooi kon verstaan.  O, bitterblaam op bitterblaam,
die tyd het gekom om net weer weg te gaan.  Kyk, Rusland en sy
bondgenote begin nou saam te staan.  Kort voor lank lê die Weste
seer verslaan.

En terwyl die hemel hierdie woord beaam.  Kom die groot kataklisme
om geheel die wêreld hard en wreed te slaan.  So, wee die bitterdag
aan Satan toegestaan.  Dit is die dag van wildverskrikking in wildewaan.
Op daardie dag sal elkeen weet wat dit beteken, om alleen en wees te
staan.

 

Openbaring 3704

MET DIE SPOTTER WORD GESPOT

20 Januarie 2024  Saterdagoggend  04.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die vrugteboom het uit seisoen gebot.  In die bordeel sterf die woord
genot.  Die rykmanshuis verander in 'n krot.  Die koning vlug verskrik
na sy goed voorbereide grot.  Met die spotters word daar nou luid
gespot.  Die moordenaar verwurg homself aan sy eie strot.

Die politiek het die heeltyd teen homself geplot.  Die bankiers kom
agter hulle was toe nooit 'n god.  Terwyl die pous sy biskoppe openlik
uitlok.  Beskuldig hulle hom, hy is die reïnkarnasie van die verraaier
Iskariot.  Die hoer van Babilon, nie meer langer koketterig verspot.
Ween oor haar handelskepe in hulle globale verbod.

In die groot aanvraag met geen aanbod.  Verloor sy al haar bates in
haar eindtydlot.  So het die wingerdstok ook uit seisoen gebot.  Op
die Weste val die oordeelslot.  O, wat het hulle gedink om hul rug te
draai op hul Enig Almagtige God?  Daarom word daar nou met die
spotters seer gespot.  Kyk, dit is te laat vir al hulle trane en hul
snot.

 

Openbaring 3705

PIET MY VROU

23 Januarie 2024  Dinsdagoggend  02.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die roep van die Piet my vrou, het die reën vir oulaas onthou, om
haar vrugbaar oor die aarde uit te vou.  Maar in die huilklaaglied van
die vaalbruin wyfiepou.  Het mens en dier, oor die verval in die groot
droogte, in swart lanferlap gerou.

So, wat is daar oor van die eens voorspoed om te onthou?  En wat is
daar oor in herinnering om aan te herkou?  Kyk, vanuit die komende
groot vernietiging kom daar nooit weer enige op- of herbou.  Op God
en hemel het die mens mos nie meer langer vertrou.

Daarom brand die lamp van Wysheid nou uiters flou.  Met niks meer
oor waaraan geloof vas kon hou.  Word vryheid `n begrip wat weinig
nog kan onthou.  Daarom word homosapiens in `n gedrogsisteem se
kou, nou as gevangenis aangehou.

Luister, die roep van die Piet my vrou het nou in stilte verflou.  Die
reën het haar suinig en skaars terug begin hou.  Maar steeds toon
die mens oor haar foute geen begrip of berou.  Daarom het in die
huilklaaglied van die vaalbruin wyfiepou.  `n Menigte massamense
vir hulself `n graf gegrou.

 

Openbaring 3706

OORLOG IN AANTOG

25 Januarie 2024  Woensdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Onheilspellend arriveer `n skrikwekkende storm in `n vaalgrys trog.
Dit kom onrusbarend in versnelde aantog.  Maar daar is geen voor-
spoed in hierdie koue vog.  Die stormwind kom op die marsmusiek
van oorlog.  Ja, in die dreigende, dreunlied, van die Gog en Magog.

Die groot, gevaarlike oorlogsmasjien herrys in sy aantog soos `n
grusame gedrog.  Maar die mensemassa beskou dit alles steeds
as onsinnige bog.  Hulle roep:  Kyk, dit alles is verseker net brein-
spoeling in sinsbedrog.

Maar onheilspellend breek die storm onverwags los.  In bom op
bom, kom daar net nog en nog.  In die groot opvolgende amok.
Begin skepe inderhaas, onwettig, in andermans kaai te dok.
Terwyl menigtes desperaat poog om na hul moederlande te
vlok.

Met die laaste bees en skaap versteek op hok, roep desperaat
die wêreldkok:  Kyk, daar is nêrens meer vleis vir die globale
kookpot.  `n Menigte manskap word nou as soldate met `n
groot soldy na hul dood gelok. Vanuit Oos en Wes kom die
Gog en Magog, ja aan gemarsjeer op die marsmusiek van
wêreldoorlog.

 

Openbaring 3707

MET ALLES MIDDELDEUR

27 Januarie 2024  Saterdagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die planeet Aarde word geestelik in twee geskeur.  Ja, op die dag
wanneer wit teen wit vanuit mekaar uitpasseer.  Alles lê daarna
verrinneweer want Kaukasies het mekaar as bondgenote nie meer
langer geëer en gerespekteer.

So word die sekel nou na die Weste toegekeer.  Maar voordat dit
gebeur, slaan die Swaard van God alles sekuur middeldeur.  Eens
het twee broers in een juk langs mekaar saam gebeur.  Dit, voordat
hulle mekaar in verraad, die rug toe sou keer.

Ook het twee, as man en vrou, op een bed intiem saam verkeer.
Maar deur liberaal en konserwatief, is hulle willens en wetens,
uitmekaar weggeskeur.  So het die Weste haar op alle gebiede
self onteer.  Daarom staan sy voor die hemel, met haar kop in
skaamte kaalgeskeer.

Met Raka wou sy mos hoereer.  Terwyl sy uittartend teen Gods-
ordes sou protesteer.  Met haar vel deur modder nou bruin be-
smeer.  Het sy haarself vanuit haar eens suiwer ras weggeskeur.
Kyk, die blanke ras lê vertrap, terwyl ander volke as haar meester,
oor haar urineer.  Daarom is dit te laat vir murmureer.

Dit is te laat vir keer en weer.  Dit is te laat om te protesteer.  Dit is
te laat om te roep:  O, God, gee ons net nog een kans om te probeer.
Kyk, in antwoord word daar nou oor jou geprofeteer.  Vanuit My mond
gespuug, aanvaar Ek jou o, Weste, nooit nie weer, ja nimmermeer.

Moet julle daarom in smeekgebed nie meer na My toekeer, om te
probeer kommunikeer.  Kyk die kommunis word nou na julle toe-
gekeer.  Met sy sekel sal hy julle teer en veer.  Terwyl Ek in
verseëling, My beskerming, net oor my uitverkore skerm in die
eindtydwind, sal proklameer.

 

Openbaring 3708

WYL DIE PLANEET SIDDER EN BEEF

28 Januarie 2024  Sondagoggend  01.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Terwyl sy desperaat aan haar baan vaskleef.  Hang die aarde aan
haar pole skeef.  Tussen krap en kreef is dit in die rooigety net die
jellievis en seester wat oorleef.  Al trillend begin die aarde te sidder
en te beef.  In vallende stede roep die mense:  O, God laat ons bly
leef.

Maar vir die groot feesmaal is dit net die aasvoëls wat al draaiend
om die doodsreuk sweef.  Onder die sterreteken van die bees staan
`n menigte alleen en wees.  So, roep die Prediker:  Met al die sonde-
gruwels wat aan die mens steeds kleef, was al die moeite en
vooruitgang toe tevergeefs.

Met niks meer oor waarna die mens nou kan streef.  Is al wat vir hulle
oorbly net verskrikking en die groot vrees.  Kyk die planeet Aarde hang
aan haar pole skeef.  Terwyl haar kontinentale aardplate, voor die groot
kataklisme sidder en beef
.

 

Openbaring 3709

SWAARD, SEKEL EN KAPMES

1 Februarie 2024  Donderdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die sekel het teen die swaard opgestaan.  Terwyl die kapmes, ja,
die panga homself sou verslaan.  Dit, terwyl die sekel, vlymskerp,
deur die oes sou gaan.  Die wêreldkoring het in verrotting vergaan.
Daarom raak dit tyd vir die konings van die nasies om van hulle
trone op te staan.

Om terwille van oorlewing in oorlog na mekaar te slaan.  Of, om
soos `n lafaard, voet in die wind te slaan.  In die huidige mislike,
globale, politieke woorde-oorlog van verwyt en blaam.  Het al die
regerings in elk geval hopeloos mis na mekaar geslaan.  Maar met
pronkende spiere wat bult, hou die Weste haar alweer in outoriteit
so verhewe, vernaam.

In haar hoogmoedswaan het sy gereken, dat almal verskrik vir
haar agteruit sou staan.  Maar teenoor haar het die Ooste, sy
sabel dreigend gelig.  Sodat Europa skoorvoetend, sonder keuse,
haar stomp swaard in selfverdediging moet lig, om terug te slaan.

Afrika wou alweer soos `n groot meneer saam die sekel deur die
oes slaan.  Maar haar kapmes, die panga, het net deur haar eie
midde gegaan.  Die bloed het in daardie kontinent soos water ge-
stroom vanuit `n oop kraan.  Met `n dolk in die een hand en `n gooi-
spies in die ander, het Amerika met haar rug nou teen die muur
gestaan.

In haar midde het konserwatief en liberaal in twee kampe, aggressief
teenoor mekaar gestaan.  Haar weermag was verdeel, generaals en
offisiere, het teenoor mekaar opgestaan.  Dit, terwyl Rusland se sekel
onverpoos, sekuur,  in alle rigtings sou slaan.  Wyl die groot wêreld-
oes in kernaanval vergaan.

 

Openbaring 3710

BROOD EN LOOD

4 Februarie 2024  Sondagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wie het brood en wie het lood?  Kyk, die oorlog kom en dit gaan groot.
Met die winkelrak binnekrot kaalgestroop.  Bly daar niks meer oor om te
koop of verkoop.  So begin die vure oral oor te rook.  En die laaste vee
en graan word ook gestroop.

Vanuit elke landstreekoord kom die bitter klaagliednoot in wêreldnood
op nood.  Van Wes na Oos, Suid na Noord, kruis en dwars, vaar menig
land se vloot.  Maar oor die seeroetes sink nou een na die ander
handels- of oorlogsboot.

Oos en Noord gaan sondermeer akkoord.  Ja, in `n slagspreuk:  Maak
voor die voet, nou dood die Jood.  Die wêreldpot begin globaal oor te
kook.  So, wie berg brood en wie prep lood?  Kyk, seker en gewis, die
oorlog kom en dit gaan enorm groot.  Wee daarom elkeen wat nie
voorsiening maak vir die dag van nood.

 

Openbaring 3711

TWEE IN GESAMENTLIKE EEN DEMOON

7 Februarie 2024  Woensdagoggend  02.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit `n visioen kry ek `n vreemde droom.  Van `n profeet wat lui,
langs `n stroompie lê en loom.  Ek luister hoe die verre verlede die
toekoms begin spot en hoon.  Ek hoor `n stem wat roep:  Agab is
in reïnkarnasie, vir `n kort tydjie, as `n moderne, maar patetiese
koningspresident gekroon.

Kyk, hy had nie die eienskappe van `n astronoom en nog minder
die potensiaal van `n ekonoom.  Dit blyk toe die koning was `n
doodgewone sterflike persoon.  Wat moes plek maak vir `n meer
prominente ikoon.  Die een word toe vanuit die ander gekloon.

Die valse vredesvors sit toe saam as koning en president, in een
uitvoerende persoon, op `n gedeelde troon.  Vanuit Europa dra die
een die kroon en die ander een beheer vanuit Amerika die septer
op die wêreldtroon.

Dit blyk toe dit is die eenwêreldorde demoon.  In hierdie liggaam
het Lucifer self as die brein gewoon.  Met Godslasterlike woorde
het hy Elohim begin spot en hoon.  So het die wêreldpolitiek, as
die onderste hel, hier op aarde begin gis en stoom.

Die stomme mensdom nou in elke opsig verloën, was van alle
genade en hoop verskoon.  Boonop het `n vreemde identiteit, die
jongelinge van die mens begin melk vir hul hormoon.  Ja, netsoos
`n koei, vir haar melk en room.  Die skale kon al die gruwels nie
meer langer verskoon.

In hulle val maak hulle toe alles voor die voet skoon.  So sien ek
in `n vreemde visioen in `n skrikkende droom.  Sterf daar tydens
`n onverwagse wilde monsoon.  Nie een nie, maar twee, baie
belangrike politieke persoon.

 

Openbaring 3712

WOLKE WAT WEEN

8 Februarie 2024  Donderdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n gesig sien ek donker onweerswolke wat in stormreëntrane
oor die aarde ween,  Ek hoor `n stem wat teem.  O, waar moet die
mens vir hulp nou heen?  Kyk, van woon- of skuilplek is daar vir
hulle geen.  Van noodsaaklike lewensmiddele is hulle ook ontneem.

Die onverseëldes staan met hul harte nou tot klip versteen.  Ja, in
hul gruweldade teenoor die verseëldes so ekstreem.  Maar hierdie
wêreldlinge sit self maer en uitgeteer tot op die been. Daarom weet
ook hulle nie meer waarheen.

In hierdie gesig is daar vir niemand meer enige voorspoed of `n
bietjie seën.  Ek hoor die aardplate al kreunend steun.  Terwyl die
oseaan ver en wyd oor haar grense dreun.  Ek sien `n groot berg
wat skeef na eenkant toe leun.

Niks staan meer `n komende reuse aardbewing teen.  Ja, ek sien
dit alles in `n gesig so ekstreem.  Daar waar grys onweerswolke in
reëntrane, oor die oppervlakte van die aarde ween.

 

Openbaring 3713

WAANSIN, WAANSIN

10 Februarie 2024  Saterdagoggend  03.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Waansin, waansin, het oral oor globaal begin.  Dit is nou te laat
vir normaliteit of enige besin.  Met die eendag sus en die ander-
dag weer so.  Is geheel die wêreld nou totaal onderstebo.  En
met almal nou mal in die groot verval.  Is dit net maar die begin,
van wet en orde, wat uitmekaar spin.

So het die gees van waansin wêreldwyd begin.  Gevaarlik
beweeg dit deur regerings as `n onsigbare skim.  En met die
eendag sus en die anderdag weer so.  Weet niemand meer
wat om te glo.

Met bykans geheel die planeet nou mal, word sotheid vir wys-
heid uitgestal.  Maar nietemin hou die waansinnige bankiers
hulle steeds uitermatig slim.  Met die finansiëlemark die eendag
sus en die anderdag weer so.

Is daar nêrens meer regtig enige voordeel of profyt te win.  Luister
onder groot geskal gaan valuta onverwags val.  Gedrink vanuit
hierdie bitter beker gal.  Raak almal net nog erger, `n bietjie beter
mal.

Want die waansin, ja, die groot waansin het wêrelwyd begin.  En
dit is nou te laat vir normaliteit of besin.  Met die eendag sus en die
anderdag weer so, is geheel die wêreld op sy dak omgekeer, totaal
onderstebo.

 

Openbaring 3714

DNS IN CHAOS GEBRING

16 Februarie 2024  Vrydagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n baai verskyn daar 'n eienaardige vin.  Snakkend na asem roep
die toeskouers:  Dit lyk voorwaar na 'n meermin.  Maar te laat vir
fantasie of versin, het feite nou finaal die leuen kom verdring.

In Openbaring volbring, het die vreeslike tyd nou in volheid begin.
Die impak daarvan begin uiteindelik tot die mens deur te dring.  Maar
O, wee, dit is te laat vir bekeer of besin.  Want die draakding se
demoniese gees het klaar in die kern van biljoene mense ingedring.

Die eens heilige kodespiraal van die menslike DNS was nou in chaos
omgebring.  Sodat bose vergroeisels en swere, oral skrikwekkend, op
die verlorenes begin.  En wee, o wee, dit is vir hulle ewig te laat om te
bekeer of besin.

In 'n baai swem daar 'n vreemde ding.  Maar kyk, dit is bloot 'n mens
met 'n vergroeisel wat lyk soos 'n vin.  Ook word `n baba gebore met
vingers en tone deurmekaar gevleg in 'n misvormende string.  Die een
na die ander homosapiens word nou as mismaaksels in afgryse nader
gebring.

 

Openbaring 3715

VERSTEEKTE BOEKROL GEVIND

17 Februarie 2024  Saterdagaand  22.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek het gesoek en ek het  gevind.  Dit alles was die heeltyd tussen
die lyne, in die versteekte boekrol vasgebind.  Dit het geskuil in
die kamers van die wind.  Dit is die vervloeking wat nou haar weg
oor die vervloektes van die aarde gaan vind.

Die wat steel word nou deur haar verblind.  Die wat vals sweer se
tonge word vir ewig vasgebind.  Die wat verbaster word vir ewig
vanuit die vergadering van Elohim gedwing.  Sodat die leuen saam
met die besoedeling in die verderf kan ontbind.

Ek het gesoek en ek het gevind.  Ek het gesien die galbitter beker
word nou vir al die maghebbers van die aarde ingeskink.  'n Skaal
het soos 'n afgeleefde rusbank vanuit die hemel geval en die grotes
van die aarde is vir `n vergadering nader gewink.

Al die regerings van die wêreld was hierna gedwing om daarop te
sit en vanuit die bitter beker als, hulle vol te drink.  Ek het gehoop
hoedat 'n koning daaroor begin huil soos 'n ontroosbare kind.
Terwyl hy dodelik gewond na sy graf toe hink.

Al die volke en nasies het mekaar nou wantrouig verdink.  Daar-
deur het Lucifer na willekeur alles voor die voet as eiendom begin
verslind.  Op die oorlogsvelde het duisend maal tienduisende
dooies in verotting gelê en stink.

Ek het gesoek en die versteekte boekrol het haar weg na my toe
gevind.  Die môrester het onverwags diep bloedrooi begin blink.
Waarna die see haar ver oor haar grense sou bring.  Sodat dorpe
en stede onder haar watermassa kon verdrink.

Ja, ek het gesoek en uiteindelik gevind.  Kyk, twee vroue met
vleuels het gekom op die geestesvlerke van die wind.  Hierna
was die versteekte boekrol nie meer langer toegebind.  Hierdie
Wysheid en Waarheid was die heeltyd in die huis van YAHWEH
die ENIGE te vind.