Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 3151

DIE BOODSKAPPER SE TREURMARE

18 Januarie 2022  Dinsdagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die boodskapper het gekla:  In die boodskap het ek Jakob deurentyd
geag.  Maar diè maak op my sy wrede jag.  Die boodskapper het gevra:
Het ek julle ooit gevra vir net `n glimlag?  Maar ek het julle verdra, wyl
julle my sou verag.  Die boodskapper het gesê:  Kyk, ek kom in
Goddelike Opdrag.  Die tyd is hier en dit is donkernag.  So, wees waak-
saam en ook bedag.  Maar Kaukasies het my uitgelag.  My na die
owerheid geneem onder aanklag.  Weinig het gevra:  O, hoe swaar is
tog jou drag?  Kan ek dalk ‘n helpende hand invou onder jou vrag?

Dikwels kom die klag, lank genoeg het ons vir die Woord gewag.  Maar
niemand was bedag, hoe uiters karig was my krag.  Na rus en vrede het
my siel gesmag.  Maar die boodskap uit die hemel was.  Skryf neer, die
skale se verslag.  In die middel van die donkernag, hoor ek Satan hardop
skaterlag.  Terwyl hy die woord van God verag.  Die  visioene wou
visueel ook nie versag.  So kyk ek  in groot ontsag, terwyl ek op die
volgende Oordeelsboodskap wag.

Van alkant en na willekeur word daar op my gespoeg.  Maar tot nou toe
het ek nie gereageer, met `n genoeg, is nou genoeg.  Nog minder het ek
gekla, ek is uitgeput en moeg.  Of gekla, ek is vlees en van vroeg tot
laat moet ek wroeg.  Vir my lewensonderhoud, moet ek sweet en swoeg.
Ja, om te oorleef bedryf ek boonop nog `n kroeg.  Met al my goddelike
waardigheid, heeltemal, daarin weggeploeg.

In my lewe is daar weinig vreugde, met min lewensdrang.  Daar waar ek
soos `n herfsblaar aan my laaste kragte hang.  Vir die slaankrag van die
houe, draai ek telkemale maar net weer my ander wang.  God alleen weet
ek is alleen en ek is bang.  My stryd is nie teen vlees en bloed, maar teen
Nagash die slang.  Maar met `n gawe vanuit die hemel ontvang.  Byt ek
soos `n drenkeling, desperaat vas, aan die eindtydstang.

Dikwels kyk ek op na die hemel daarbo, na die sterrestand.  Ek hoop
op salig vredevolle engelesang.  Maar soos pikswart slierte wat van
die maan afhang.  Sien ek net die Antichris in volle weermag rang.  Met
die groot verdrukking binnekort in volle gang.  Is die stryd van Sion teen
die adder,  Satan, die groot kronkelslang.  So hou ek bewend, bang, na
God uit my hand.  Met Alleen Sy Woord, sluit ek my verbond en band.

Ek weet in die beskerming van die verseëling, bring My El, Sy kant.
Heilig-heilig daarom die Nuwe Stad Jerusalem, in die duisendjarige
Vredesland.  So roep die Boodskapper:  Vergeet nou van myself en laat
ek God met vreugde ag.  Sodat selfbejammering nie langer my siel
verkrag.  Kyk, dit is oggend en dit is aand in `n nuwe dag en nag.  Laat
ek daarom ophou ween en eerder vrolik lag.  Ja, salig in die wete, ek
werk in My God se opdrag.

 

Openbaring 3152

DIE SON STAAN STIL

19 Januarie 2022  Woensdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor die goddelose massas vreesaanjaend jil.  Ek sien soldate dril.  Ek
sien `n koning met sy gesig koud en kil.  Ek sien die son staan stil.  Ek voel
die aarde tril.  Ek sien Nagash die slang lê slaggereed opgekrul.  Ek weet
die tyd word gou vervul.  Ek sien die ekonomie staan onverwags op nul.
Ek sien die massas word gewetenloos gekul.

Ek hoor `n menigte wat gil.  In hierdie hongersnood is daar niks om aan te
kou, wat nog te sê, om aan te smul.  Ek hoor regerings beloof `n wonderpil.
Maar oral lê die dooies op strepe stil.  Ek sien die Vaalperd het vreemd gevul.
En die Dood kom aangestorm op `n bul.  Ek sien `n eiland van sy oppervlak
afgeskil.  Terwyl die grond sonder ophou tril.  Ek hoor `n maagd wat roep:
Alleen onse God se wil.  Op daardie oomblik raak alles Goddelike nou
heeltemal stil.

 

Openbaring 3153

VANUIT DIE DONKER PUT

20 Januarie 2022  Donderdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit `n diep donker put hoor ek grofgeskut.  Ek sien `n ystersmid.  Sy
vuur is rooiwarm wit.  Ek sien `n swaard val sekuur in sy snit.  Ek sien die
Afrika kontinent in `n skeur oopsplit.  Ek sien swart en wit begin wanhopig
saam te bid.  Ek sien vanuit die hemel val `n enorme klip.  Ek sien `n
storm met bloed wat drup.  Ek sien `n Kersfees sonder sierboom of `n
krip.

Met die mens van ritueel nou “gestrip”.  Sien ek ook `n president vasge-
vang in sy eie wip.  Ek sien hy kyk na iemand verwytend stip.  Maar
lojaal byt hy stilswyend op sy lip.  `n Groot lawaai kom nou vanuit `n leë
politieke blik.  In `n handelsbaai lê daar skielik `n groot pikswart skip.
Terwyl hy met `n groot lang loop, na die Ooste en die Weste mik.

Ek sien Israel trap onverwags in `n vreemde strik.  Oor geheel die aarde
kom die groot skrik.  Ek sien die Weste wil nou vinnig skik.  Maar die
Ooste reageer daaroor uiters ongeskik.  Ek sien die volle haat draai nou
om na wit.  Vanuit die Weste draf die soldate nou in gelid.  Ja, vanuit `n
diep donker put hoor ek die groot grofgeskut.

 

Openbaring 3154

DIE HONGERSNOOD

21 Januarie 2022  Vrydagoggend  03.15.

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien `n leë winkelrak.  Ek hoor `n stem wat roep:  Ook Suid-Afrika
sal die hongersnood nie ontsnap.  Ek sien `n uitgehoude leë bak.  Ek
hoor `n kind wat bedel vir `n bietjie droë pap.  Ek hoor menigtes na hul
asem snak.  Maar by die toe hospitaaldeur word hulle almal afgejak.
Ek sien `n kennisgewing op `n uithangbord opgeplak.  Dit lees:  Voor
donker moet elke siel, sonder uitsondering, onderdak.

Ek sien menigtes wat inmekaar begin te sak.  Maar die staat het die
laaste medisyne inderhaas weggepak.  Ek sien `n leë straat met `n
eensaam brak.  Net voordat iemand sy kop vir vleis afkap.  Ek hoor `n
man waansinnig lag vir sy eie grap.  Terwyl hy mal die wind in hap.  Ek
sien `n vrou wat hom tot nugterheid probeer klap.  Maar hy is heeltemal
te ver, om die implikasie daarvan te snap.

Ek sien `n snelweg met motorwrak op -wrak.  Oral langs daardie pad,
sien ek vlak graf op graf.  Ek sien menigtes na die naaste bosse draf.
Ja, in `n poging om na die wildernis te ontsnap.  Ek sien `n kind suig
aan `n droë suurlemoen vir `n bietjie sap.  Vir daardie buit word hy
wreed onderstebo geklap.  Ek sien mense moord pleeg vir `n bietjie
kaf.

Ek sien `n taai, rooi panga wat aanhou kap en kap.  Ja, met bloed wat
in alle rigtings spat.  Ek sien windverwaaide winkelsentrums met mense-
bloed rooi geklad.  Ek hoor myself wanhopig roep:  O, God vir wat?
Terwyl ek weet daar is niemand wat op die een of ander manier, hierdie
groot verdrukking gaan kan onsnap.

 

Openbaring 3155

MET DIE OORDEEL WYD EN BREED

22 Januarie 2022  Saterdagoggend  04.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Landstreek lê uitgemeet in `n droogtegreep.  Met die tyd nou kompleet
trek die skale hulle streep.  Die volke en nasies begin te sweet.  In die
kerke luister niemand lankal meer na die preek.  Maar die Vatikaan hou
aan met dweep.  Na hulle eie Weste slaan hulle met `n sweep.  Terwyl
hul vir die menseregte van hul vyand smeek.

Biden dink dat hy alles weet en daardeur word Amerika opgebreek.  Ja,
die Oordeel lê wyd en breed.  In die aardkors verskyn `n diep skeur.
Die wêreld sleep haar voort onder die siekte van `n skeet.  Met veral die
longe nou wreed ontsteek.  Was die volle waarheid vir massas wegge-
steek.

In die dieet waar alles bykans nou ontbreek.  Begin die mense inderhaas
vir hulself groente kweek.  Vanuit New Zealand kom `n groot hulpkreet.
Die inwoners roep:  O, ons leier is `n totale leek.  Die eindtydoordeel het
ons in alles beet.  Australië antwoord:  Ook ek het dit nie meer langer
breed.  Net `n rommelhoop, is wat ons nou heet.

Maar die klein heiligdom lê klaar uitgemeet.  Wêreldwyd, klap nou hard
die eindtydsweep.  Daar is die wat raai en ander wat verseker weet.  Met
die skale in hulle volheid nou kompleet.  Het die tyd van alle tye,

uiteindelik aangebreek.

 

Openbaring 3156

CHAOS IS DIE KONING SE NAAM

23 Januarie 2022  Sondagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die groot vergaan het chaos as koning opgestaan.  In die totale waan
het die rede ook heeltemal vergaan.  In die groot verwyt en blaam wou
niemand vir sy eie skuld instaan.  Babilon begin nou globaal die dood
uitkraam.  Hieroor staan Mammon diep betraan.  Daarom is die wêreld
ekonomie ook nou na die maan.

Met die groot oorlog wat eers stadig dan weer vinnig naderstaan.  Maak
die massas hul gereed vir die groot vergaan.  Met hulle koningshuis nie
meer so vernaam.  Daaroor pik die Britte wel `n traan.  Met alles wat om
hulle agteruit begin te gaan.  Hoop hulle desperaat, maar tevergeefs, op
`n beter bestaan.

Luister daarom hoe roep die ateïs God skielik op Sy naam.  Hy antwoord
hulle:  Volgens julle eie teorie, het ons mekaar mos heeltemal mis ver-
staan.  Daarom moet julle, op julle self gekose weg voortgaan.  Kyk,
binnekort heers oor julle, die self ingevoerde Trojaan.  Die onwettige
immigrant was in julle oë mos so vernaam.

Ja, met die groot vergaan, wat onder liberalisme naderstaan.  Verdor
die laaste oes en almal smeek om graan.  Die son en maan kom in
verduistering nou teenoor mekaar te staan.  En in die groot vergaan,
begin Chaos, as die wêreldkoning, naderstaan.

 

Openbaring 3157

EIENDOM ANDERMAN SE GOED

24 Januarie 2022  Maandagoggend  05.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In bittersoet sak die son in bloedrooi gloed.  Die eiendom word oornag
anderman se goed.  Die witman staan met gebreekte moed.  Oor `n ja-
stem moet hulle nageslag, na jare, steeds nog boet.  In skrootyster
rooibruin geroes.  Daar lê groot stede nou totaal verwoes.  In eie land,
daar heers `n vreemde troep.  Respekvol lig die landsburgers vir hierdie

volksvreemde indringers nou die hoed.

Maar diè vat na willekeur hulle kos en goed.  Ja, want dit is nou oorlog
wat oral woed.  Daar is geen hoop daar is geen mannemoed.  Die ouers
was verkeerd daarom moet die kinders boet.  Onverklaarbaar heers die
droogte nou saam die vloed.  Hierna loop die Zambezi oor sy walle in `n
nuwe sloep.

Volksvreemdes word alweer vir hulp ingeroep.  Maar derduisendes sterf
onder die groot moddervloed.  Die weer raak oornag so ekstreem, so
woes.  Met menig Afrikaan wat bloed begin te hoes.  Ja, in bittersoet sak
die son in bloedrooi gloed.  Oor geheel die kontinent lê infrastrukture nou
heeltemal verwoes.

 

Openbaring 3158

DROOG IN DIE SPEEN

25 Januarie 2022  Dinsdagoggend  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Terwyl die vloedreën in oorvol riviere na die see toe dreun.  Is daar in die
eens vrugbaar grond nie meer seën.  Die eens vet melkkoeie staan nou
droog in die speen.  Die eens ryk landstreek is van haar melk en heuning
heeltemal ontneem.  Die slagos staan maer en uitgeteer tot op die been.

Die staat en banke probeer desperaat om in staatshulp, geld aan wit
bankrot boere uit te leen.  Maar geen, of weinig, wil die aanbod neem.
Ja, die landbou sit binnekort met `n groot probleem.  In die voedseltekorte
weet niemand meer waarheen.

In die stede word kos en proviand met geweld van mekaar afgeneem. In
hierdie oorlewingstryd, oorleef slegs die heel sterkste een.  Luister daarom
na die groot gekerm en geween.  Kyk oral om jou heen en weet in al die
menig grafte, is die massas daarmee heen.

 

Openbaring 3159

‘N OEROUE PUBLIKASIE

25 Januarie 2022  Dinsdagoggend  00.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die sterrekonstellasie staan geskryf in kode `n oeroue publikasie.
Dit vertel van hedendaagse lewensoriëntasie.  Dit is vasgevang in die
binding van politieke burokrasie.  Aan die einde van hierdie tydvak
heers in `n eendenkrigting, die gruweldierasie.  Ja, as die Sataniese
eenwêreld organisasie.

In duplikasie klee almal volgens mode in dieselfde klerasie. `n Anders
denkende, veroorsaak altyd groot konsternasie.  Maar in gruwel
verbastering heers die goedkoop uitspattige flirtasie.  Almal het nou
toegang tot `n globale, netwerk matrixstelsel kommunikasie.

Dit vervang in die toekoms selfs alle winkelspasie.  Koop en verkoop
verander in `n geldlose afleweringskoöperasie.  Kort voor lank is dit
ook gedaan met elke brandstof vulstasie.  In hierdie tyd verswak die
aarde se aantrekkingskrag en gravitasie.  Met menig vulkaniese
uitbarstings, tot die mens se frustrasie.

Met korter dae en langer nagte as gevolg van hierdie, vertraagde, rotasie.
Werk die tyd verkeerd om tot menigtes se irritasie.  Die hel is oral los
en spiritualiste speel graag nou glasie-glasie.  Demone maak openlik hul
verskyning en vra spottenderwys mekaar:  Van waar kom jy Gehasie?
Die mikroskopiese wêreld speel ook saam en dit is nou mutasie op
mutasie.

Prag stede verander oornag in vervalle ou murasies.  Stedelinge vestig
hulle onvoorbereid op verafgeleë plasies.  Die diereryk vrek in groot
getalle as gevolg van vreemde vibrasies.  Daar lê massas mense ont-
water, dood, as gevolg van `n massiewe Cholera purgasie.  Kyk daarom
net na die tekens van die tye, geskryf in `n oeroue publikasie.  Ja, dit
staan openlik, afgeêts, teen die sterrekonstellasie.

 

Openbaring 3160

GEEN GENADE

27 Januaurie 2022  Donderdagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die siener het gesien.  Die Oordeel word verdien.  Daarom word die bitter
beker nou bedien.  Genade word onder geen omstandighede hersien. 

Die heersende sisteem raak onder hierdie omstandighede uitgedien.  Met
graan en koring wat weens omstandighede nie meer ontkiem.  Verbeur die
Jood nou ook sy tantiem.  Maar die kerk vra steeds sy offergawe, in dele
van tien.  Maar hierdie eens liefdeswet, raak ook nou uitgedien.

In die kantien, met geen bierbrousel oor in die shebeen.  Stink dit na
menslike fesies en urien.  Met net die pes wat aanhou teel as gevaarlike
kiem.  Reken die Dood sy slae word wel verdien.  Die siener het gesien,
die tyd is nou heeltemal uitgedien.  Ja, onder die tekens van die sterre-
riem.  Word die Woord Genade nooit weer vir die goddelose hersien.
Daarom word die galbitter beker, nou vir `n bose wêreld bedien.

 

Openbaring 3161

BOTSWANA IN AFRIKA

28 Januarie 2022  Vrydagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die atmosfeer was skielik dof want iets het op die son ontplof.  Na
die laaste groot reënseisoen, wou die reëndruppels nie meer neerplof.
Botswana was droog en rooi van die stof.  Uitgedor en bruin was die
bos, met geen heuning in die byekorf.  In die gebarste aardkors, was
geen teken van `n bietjie vog of groen mos.  In die “village” het die
kinders begin sterf, van die honger en die dors.

Op die uitkyktoring was geen wag op sy pos.  Daarom sien niemand
daar trek rook vanuit die bos.  In `n vlammesee bars die hel soos `n
furie, heeltemal los.  Die vuur verteer die laaste bietjie kosbare kos.  In
die daaropvolgende groot ellende, met `n gebrek aan eros.  Begin die
bevolkingsaanwas, heeltemal in te plof.

Die soldate vra om soldy en verlof.  Ja, vir die vergadering van families
in die kerkhof.  Maar die regering reageer hieroor koud en onbeskof.
Die tyd is te rof en daar is weinig oor om Afrika vanuit haar ellende te
verlos.  Daarom verlaat almal desperaat hul posisie en pos.  Met die
weermag, polisie en media, wat sondermeer begin te dros.  Steur
niemand hulle meer aan die beslissing van wetgewing of hof. 

Met nêrens meer `n eetbare stukkie biefstuk of wors.  Raak Bek-en-
klouseer, nou die heersende vors.  Oor groot dele van Afrika sprei die
Dood sy vaalgrys karos.  En in treurige klaaglied, slaan al die bewoners,
hulle self wanhopig op die bors.

 

Openbaring 3162

LANDSVLAE IN VLAMME

29 Januarie 2022  Saterdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n stem wat roep:  Deur wie se toedoen is die land verdoem?
Kyk, in `n vreemde seisoen met geen blomme in bloem.  Is daar op die
landerye weinig kool of pampoen.  In die sitrusboord is daar geen nartjie
of lemoen.  So begin die hongersnood nou met die massas weg te doen.

Ek hoor `n stem wat roep:  Rantsoen-rantsoen.  Daar is geen voedings-
waarde in die finansiële triljoen.  Vanuit Ethiopië tot in Kameroen, is al
die honger massas heeltemal verdoem.  Die media probeer desperaat,
die groot ellende verbloem. Maar aan die voet van die misplaaste

eenwêreldorganisasie, pas uitstekend, hierdie skoen.

Opruiende skares vergader nou op die markplein en die sokkerpawiljoen.
Tevergeefs probeer opposisie politieke leiers om mekaar vredevol, op
beide wange te soen.  Maar die landsvlae, word sondermeer onder vlamme
weggedoen.  Die skares protester.  Al ons ellende, is deur ons leiers se
toedoen.

In hierdie tyd verloor die eens rykman heeltemal sy vet fatsoen.  So lê
die land verdoem onder die eienaardige, vreemde seisoen. Ja, in die
eggo naklank van die stem wat aanhou roep:  Rantsoen o, rantsoen,
o, wat kan ons doen?  Kyk, die mensdom is heeltemal verdoem.

 

Openbaring 3163

NET NOG EEN MINNEBRIEF

30 Januarie 2022  Sondagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die donkernag waar sterre onrusbarend teen die hemelruim verskiet.
Met weerligstrale wat verblindend deur die duisternis klief.  Kom in `n
treurlied die woorde:  O, skryf my assseblief net nog een minnebrief.  Die
antwoord kom:  O, mensekind al behandel jy My, jou Hemelse Vader, ook
hoe stief, vir my, Elohim, bly jy steeds hoogs geliefd.

Bly daarom minstens in jou liefdesdiens deurentyd aktief.  Vergeet van
alle moderne gerief.  Vergeet van familie en vriende se kritiek.  Raak
eerder in oorlewingstegnieke so kreatief.  Leef nie meer langer van die
produkte van die fabriek.  Wees op die uitkyk want oral sluip die
moordenaar en die dief.

Wees uiters versigtig vir die muskiet.  Vergeet ook nie, jy bly die vyand
van die Kusiet.  Vermy alles liberaal en bly matig gebalanseerd,
konserwatief.  Gebruik ook weer gereeld die woorde “dankie en
asseblief”.  Steur jou nie aan die polsende ritme van die mimiek, in die
Havana sindroom se frekwensie kriek.

Die verseëling van Elohim sal wel die impak daarvan op jou “briek”.
Kyk, die kinders van God word nie regtig daarvan dodelik siek.  Met
hierdie woorde in die Goddelike minnebrief, uitgekap in `n eeue oue
heroglief.  Weet al My kinders, Ek het hulle wel onvoorwaardelik lief.

 

Openbaring 3164

DIE REUS EN DIE DWERG

1 Februarie 2022  Dinsdagoggend  04.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

By `n kruispad by `n berg, staan `n reus en `n dwerg.  Beide het geheel
die wêreld deurkruis en omswerf.  Die dwerg begin hom vir die praatjies
van die reus te vererg.  Ja, want die skiet openlik met spek.  Die reus
heet Jodedom en diè beweer hy het geheel die planet in eersgebore reg
geërf.

Die dwerg heet Jakob-Israel en diè voorspel weer, in die toekoms word
dit alles my alleen lewensreg.  Daarnaas staan die berg Sion en sê:
Vir daardie voorreg word geestelik baie hard gewerk.  In die Nuwe
Tydvak word dit alles die Nuwe Stad Jerusalem se omtrek.

Die reus raak nou kwaad en sê:  Kyk, geheel die wêreld is reeds klaar
vir my tot eiendom gemerk.  Daarom word die massas in slawerny, tot
voordeel van alleen die Jood beperk.  In die groot verbastering vir
wêreldburgerskap heers nou die Kainsvlek.  Maar Sion roep:  Daarom
kom die Oordeelswoord van God, om dit alles vir die goddelose te kom
bederf.

Maar die reus hou aan om deur sy eenwêreldorde die dwerg te terg.
Eersgenoemde roep en sê:  Kyk, deur my konings en bankiers, sal ek
alles konserwatief, wel beperk.  Kyk, binnekort sit daar menigtes sonder
werk.  Daardeur sal ek wel baie vir die dier kan werf.  Die skale anwoord:
Deur hierdie woord, sal ons nou al die kos op die aarde kom bederf.

Die tafel van die wêreld sal ons met hongersnood kom dek.  Plaag en
pes sal ons opnuut tot ellende kom opwek.  Deur die groot waansin,
maak ons die Weste en die Ooste, nou heeltemal beserk.  Die diereryk
en vee sal in groot getalle vrek.  Die Jood se rykdom, dit verander ons,
alles in nuttelose drek.  Die ware Israel sal tot haar redding weer na die
wildernis moet trek.  Wee daarom die reus, wat tot sy ewige ondergang,
op die einde niks sal erf.

 

Openbaring 3165

DIE VIER AARTSENGELE ROEP

2 Februarie 2022  Woensdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die laaste lig van die volmaan.  Begin die duisternis die Dood uitkraam.
Met die mens nou lank genoeg vermaan.  Is dit met die tyd binnekort gedaan. 

Gabriel roep:  Wie was so dom om hierdie Woord nie te kon verstaan? 

Uriel antwoord:  Dit is die trotse ydel wêreldling wat hom daarvoor skaam. 

Migael
roep:  Daarom sal ons hulle met die krag van Weerligstrale dood kom slaan.

Maar Rafael sê:  Maar eers moet ons die verseëldes van Elohim eenkant
toe laat staan.  Voordat die son verduister en die laaste fase van die pes
dodelik deur die wêreld sal gaan.  Ook vuur en vlam sal verwoestend deur
die lande gaan.  Deur ekstreme weer staan die oeste teen verotting ook nie

gestand.  Meer as Afrika hardloop hierna rond met die bedelhand.

Maar die wêreldekonomie lê net soos sy handelskepe heeltemal gestrand.
In `n geldlose stelsel met nuttelose kontant.  Loop debiet en krediet in
bankrot bondgenootskap nou hand aan hand.  In `n tevergeefse poging
kom die geldstelsels nou saam in een wêreldbank.  Maar die matrix
Leviataan het tevergeefs met sy tentakels om die wêreld gerank.

Van `n swart Maandag tot Vrydag, vergaan die hele ekonomie oornag in
stank.  Met al die beleggers nou siek en krank.  Ja, geheel die wêreld
loop mank en miljoene word in werkloosheid afgedank.  So begin in die
laaste lig van die volmaan, die duisternis die dood uit te kraam.

 

Openbaring 3166

KROONJUWELE MET BLOED BESMEER

3 Februarie 2022  Donderdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die koningshuis se kroonjuwele is met bloed besmeer.  Brittanje het
desperaat probeer om dit weer blink te poleer.  Maar Afrika begin
hulle op elke gebied te besweer.  Hul roep.  Al jul skatte is van ons
kontinent afgesteel.  Westerse sendelinge het ons tot Christene kom
katkiseer.  Daarna is ons deur leuens gekontroleer.  Die Jood en
Engelsman, het al ons skatte en hulpbronne kom verteer.

Kapitaliseer word deur hulle graag gepropageer.  Wees wêreld
gehoorsame Christene wat ons na willekeur kan besteel.  Laat die Jood
elke staatskis infiltreer.  Wee elkeen wat die Engelse koningin kritiseer.
Wee ook elke land wat sy eie sake wil hanteer.  Spoedig word hulle
deur sanksies uit gekanselleer.  Ja, want Brittanje het mos reg deur die
geskiedenis, alles en almal, na haar wil beheer.

Die koningshuis se kroonjuwele is met bloed besmeer.  Daarom word
Engeland binnekort op sy dak omgekeer.  In die nabye toekoms lê
London verwoes, verinneweer.  Met nie eers die voorreg om daaroor te
murmereer.  Met haar regering word nou wêreldwyd die gek geskeer.
Haar leier word geteer en veer.

Haar bewoners word deur die Oosterling geterroriseer.  Ook die Afrika
immigrant gaan haar op elke gebied traumatiseer.  Deur haar eie groot
gruwel word sy onteer.  Terwyl sy hulpeloos teen die stormwind van die
Groot Oordeel voortbeur.  Eens dit gesteel word nou weer van haar
afgeneem.  Ja, want die waarheid is, haar kroonjuwele is mos met
BOEREBLOED besmeer.

 

Openbaring 3167

HADES SE BUIT

7 Februarie 2022  Mandagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Iewers is iets nie pluis.  Die eenwêreldorde se vloer is met wit- en
swart blokke geruit.  Op die reeds gesakte doodskis van die wêreld,
kom die eerste klapgeluid van die kluit.  Luister, die Skoppensboer
roep luid:  Op die noot van marsmusiek kom hierdie vreesaanjaende
geluid.  Oor die Doodsrivier vaar daar nou `n oorvol skuit.  Speel
daarom o, fluitspeler, op jou fluit.  Ja, blaas luidrugtig op jou bam-
boesfluit en versamel jou wêreldbuit.

Die kinders van die wêreld, word nou vir Hades gemuit.  Lig daarom
o, “Grim Reaper” lig nou oorwinnend jou vuis.  Terwyl jy jou mortiere
verwoestend, oor die oppervlak van die aarde laat suis.  Met die hoer
van Babilon lankal nie meer kuis.  Sterf die katolieke pous,al
hangende aan sy eie vergulde kruis. So kom alles tot stilstand, in
totale onbruik.  So, wat gaan die wêreldling tot sy oorlewing gebruik?
En waarmee vul hulle, hul leë buik?

Die stank wat oral om hul opduik, is net hulle eie verrotting wat hulle
ruik.  Met geen vrug aan die wêreld se verdorde vrugteboom en
geen eetbare bessie aan hulle dooie struik.  Met geen olie of meel in
die leë handelskruik.  Is daar voorwaar niks oor, tot troos, vir die
leë buik.  Ja, iets is nie pluis.  Luister daarom na die stormwind se
onrusbarende geluid.  Sien die vloedgolwe wat hoog in tsunamis
opdruis.

Hierna hoor ek `n menigte hulle neuse droewig uitsnuit.  Hulle roep:
O, waar is ons eens pragtige stad en waar is ons gerieflike huis?
Hierna verbrokkel in Europa `n groot walduik.  Oral is dit net modder
en sluik.  Die Dood laat hom nie keer of fnuik  Verseël daarom nou
vinnig die vensterluik.  Ja, voor die groot aanslag van pes en plaag,
in die verskyning van luis, rot en muis.

Die vloer van die groot “Mason lodge” is met swart- en wit blokke
geruit.  Op marsmusiek kom daar `n vreesaanjaende geluid.  Die
fluitspeler lig in wraak sy fluit.  Op tergende note, verlaat hy die
arena, met `n enorme buit.  Die wêreldkinders volg hom en die ligte
gaan uit.  In donker duisternis vaar daar nou oor die Doodsrivier, een
groot, donker, pikswart skuit.  Hulle vaar deur die poort van Hel en
Hades en agter hulle sluit `n ondeurdringbare, donker, luik.

 

Openbaring 3168

IN ‘N LAND REEDS LANKAL GEKAAP

9 Februarie 2022  Woensdagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie slaap.  Het die bevolking
heeltemal te veel, vervelig, gegaap.  In `n verlore saak, met niks meer
oor, om te raap of te skraap.  Word die “Preppers” heeltemal te laat
na-geaap.  O, wat sal ons daarom maak, in `n land reeds lankal
gekaap?

In `n noodberig kom die nuus.  `n Bekende landsleier het ontslaap.  Die
liberalis raak desperaat.  Maar word vinnig met goedkoop, maar soet
woorde gelaaf.  Hulle roep weer braaf.  Ons nuwe politieke leier, is alte
gaaf.  O,hoe soet is hulle slaap, in hul vervelige, veronderstelde,
nagwaak?

In koeëls wat fluit, skiet die vyand nou raak. `n Menigte vlugtelinge
staan koud, honger en naak.  So, wat help al die protes, in opstand en
staak?  Niemand luister reeds `n geruime tyd, na die massas se saak.
Maar die grotes speel skaak en die konings neem wraak.  Die pionne
sterf tevergeefs, verneder in smaad.  Deur die mond van die draak,
word daar Godslasterlik, nou groot gepraat.

Die soldate staan paraat.  Maar moeilik maak die grotes uiteindelik
hulle maak.  Lank genoeg is daar heeltemal te veel gepraat.  Met die
een te braaf en die ander ligsinnig, spottend oordrewe gaaf.  Word
die hel in volheid, nou op die aarde los gelaat.  So, nog `n bietjie
sluimer en nog `n bietjie slaap.  Die wêreldpopulasie het heeltemal
versuim, om wakker te waak.

 

Openbaring 3169

MYNER, BELEGGER EN BANKIER STAAN BEDROEF

10 Februarie 2022  Donderdagoggend  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wie is die boef, met sy hand in anderland se goed?  Luister daarom
na die doef-doef van swaar masjiene in die globale myngroef.  Maar
binnekort raak die mynmagnaat se gesigte, grys en stroef.  Die
beleggers en bankiers staan diep bedroef.  Ja, want die soldaat en
troep, word eers vorentoe en dan weer agtertoe geroep.

Met die prys van staal, wat wreed, gierig, om mensebloed roep.  Die
aas is aan die hoek en die grotes van die aarde begin mekaar te ver-
soek.  Met die Weste, wat weer super onnosel, Rusland, met sanksies
probeer troef.  So word gas en oliepype oornag toegeskroef.  En wie
staan op die einde, nou daaroor bedroef?

In die volgende groot vloedgolf, van die hygende, gehoes.  Word
genesing, behoorlik, vir die siek, massas gesnoep.  So het die tydvak
reeds te vinnig na haar einde gespoed.  Daarom moet die stomme
mens, met hulle lewe boet.  Kyk, daar is niemand, wat die Oordeel kan
verhoed.  En die losprys word tevergeefs, betaal met bloed.

So, wat baat dit die laaste mannemoed.  Geheel die wêreld is tot onder-
gang vervloek.  En die groot ellende word boonop met hongersnood
gevoed.  In geen voorspoed met net droogte, aardbewings, vulkane en
vloed.  Moet geheel `n gewentenlose wêreld, nou vir hulle wandade
boet.

 

Openbaring 3170

VANUIT BEEN EN VLEES

12 Februarie 2022  Saterdagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek, Judith, het hierdie Openbaring, as boodskap, vir Xander en Mirte,
op hulle huweliksdag ontvang.

Dit lui:  Kyk, die skepping op aarde was kompleet.  Maar die beelddraer
van God, naamlik die man, was alleen.  Die Skepper het daarom `n diep
narkotiese slaap oor die man laat val.  Daarna het Hy `n ribbebeen van
hom geneem.  Vanuit hierdie DNS bou hy vir die man, `n vrou, tot seën.

Die man het wakker geword.  Haar in verwondering aanskou.  Hy het
uitgeroep:  Vlees van my vlees en been van my been.  Daarom is die
vrou, om `n goeie rede, nie vanuit die kopbeen van die man geneem,
sodat sy nooit in outoriteit, oor hom mag heers nie.  Maar so is die
vrou, ook nie vanuit sy voetbeen geneem, sodat die man as die sterker
een, meewaarig, oor haar vrouwees, mag staan nie.

Maar God het in die begin dit goed geag, om die vrou vanuit die man se
ribbebeen te neem.  Sodat sy daarom, so dikwels as moontlik, kan
terugkeer na haar oorspronklike plek.  Ja, daar waar sy gekoester en
styf, in die liefdevolle omhelsing, van haar man, dig teenaan, sy
kloppende hart kan staan.

 

Openbaring 3171

NET ‘N BEWENDE RIET

13 Februarie 2022  Sondagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, luister na my lied.  Ek is net `n rukkende, bewende, riet.  `n Nuttelose
grasspriet.  Met niks, om my God aan te bied.  Laat daarom my Elohim,
nou alleen U Wil geskied.  Moet my net nooit verbied, om U grote Liefde
te geniet.  O, wat het ek gedoen, om U Genade te verdien?  Om die
toekoms, goed of sleg, vooruit te kon sien.  U is die Skale, wat gebied en
dit alles, sal verseker, geskied.

Maar hier moet ek bieg, in die vlug van die kraai, wat oor die Molemane
geskied.  In elke land en gebied, is die maghebbers besig om die mens-
dom, te bedrieg.  Terwyl hulle, die mens, sy godgegewe vryheid, verbied.
O, luister daarom na my wanhopige lied.  Onder die aanslag van die
Geestelike Wind, is ek net `n rukkende, bewende, riet.

Dit wat ek sien, daar onder die hemel se diereriem.  Ja, daar waar die
sterre verskiet, word die toekoms van die wêreld, nie weer hersien.
God het gebied en die Oordeel word uitgegiet.  Die graan word verteer
deur die miet.  In die groot verrotting heers die maaiers, die kinders
van die vlieg.

In skote wat skiet, met bomme wat wild rond vlieg.  Word Dagon as
oorlogsgod, gedien.  Bloed en nogmaals bloed, word tevergeefs,
vergiet.  Met niks meer verniet, is daar niks oor om te bied.  Al wat
oorbly, is die treurige lied, van `n bewende riet.  Laat alleen daarom
nou o, God, U Grote Wil geskied.  Kyk, vanuit sy wieg, word die kind
van Openbaring, op die Wysheidsvleuels van die groot Arend, na sy
voorbereide bestemming gevlieg.

 

Openbaring 3172

TE LAAT VIR NEUTRAAL

14 Februarie 2022  Maandagoggend   01.10 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, met die Weste wat alweer gaan faal.  Met al hulle verwagting wat na
benede in chaos heen spiraal.  Kom almal nou desperaat met die
woorde, ons staan neutraal.  Maar die val is onomkeerbaar kolosaal. 
Ja, met elke poging nou so fataal.  Buig die woord demokraties,
onverwags onderdanig, voor die begrip, sosiaal.

So, waar o, Weste, is nou jou sogenaamde ekonomiese potensiaal?  In
jou eie oë was jy mos so fenominaal.  Gedink jy was wêreldwyd, voor
elke land en streek, so uiters spesiaal.  As die selfaangestelde vors,
besluit en dink jy mos vir menige lande, wêreldwyd globaal.  Kyk, jou
kosher, verander oornag in halaal.  Jou resessie, word blitsvinnig, na
depressie vertaal.

Met jou verbruikerspryse nou absoluut optimaal.  Roep jou lands-
burgers, ons ly groot gebrek, in ons lewenshoop, so fataal.
Wanhopig en tevergeefs roep jou leiers, kyk, ons staan neutraal.  O,
met die Weste wat nou in al haar pogings faal.  Roep sy na die dier
van Openbaring, en diè word as `n  “reddingsmeganisme” uitgehaal.

Maar op die laaste groot wêreldonthaal, dans daar vrolik in die voor-
portaal, Satan, vermom, as die “Grimreaper” op hierdie maskerbal.
En terwyl die Dood skrikwekkend neerdaal, klink in die naklank van
die heel laaste dans.  Nou desperaat die wêreldnoodroep:  Kyk, ons
almal staan skielik neutraal.

 

Openbaring 3173

DIE GROOT GRONDBARON

15  Februarie 2022  Dinsdagoggend  01.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die snawel van die Falkon, het die rot omgekom.  In die mond van
die Jodedom sterf die woord shalom.  In leë gallon op gallon, lê die
ru-olieweg, skeef en krom.  So, luister na die groot Rooi Beer wat
grom.  Ja, in die stem van die groot Grondbaron.  Kyk, sy blik is
gerig op die Suezkanaal, ja reg rondom.  Tevergeefs kom na hom,
die wanhopige smeekwoord, vrede-vrede, in ons pardon.  Maar
die donker duisternis het oor die middel van die dag gekom.  Die
lentebloeisel het tevergeefs geblom.  So luister na die bangmaak
lied van die Bastion.  Ja, terwyl die magtelose prooi, in die snawel
van die Falkon omkom.

 

Openbaring 3174

WIE IS DIT WAT SO KEER EEN WEER?

16 Februarie 2022  Woensdagoggend  03.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wie is dit wat so keer en wie is dit wat so weer?  Wie het eens so
hoogmoedig beweer, terwyl hy hoogdrawend ander lande sou kritiseer?
Wie het eens die wêreldekonomie beheer?  Nou word die grootste
armoede na hom gekeer.  Wie kon so maklik spot en gekskeer, terwyl
hy ander wou leer?   Wie was die Westerse moondheid wat op ander
se hulpbronne wou teer?  Dit, terwyl hy as diè se "redder" sou poseer.

Wie was die grootbek wat na willekeur kon proklameer, terwyl hy sy wil
op ander so afforseer?  Dit was die Weste, wat onder die vaandel van
liberalisme, geheel die wêreld sou terroriseer.  Terwyl hulle die Wil van
God, openlik sou trotseer.  Maar nou lê hulle soos ‘n omgedopte gogga,
op hulle dak omgekeer.  Met desperate skoppende pootjies, wat wild
probeer keer en weer.

Maar alles is tevergeefs, met wat hulle ookal probeer.  Met net hulle
eie mislukking wat hulle konfronteer.  So raak die Weste se laaste
tyd, binnekort, uitgepasseer.  Desperaat word daar vir oulaas in Engels
gekommunikeer.  Terwyl die oorwinnaar hulle in sy eie taal korrigeer.
Desperaat poog hulle om iets anders te probeer.  Maar in die laaste
groot keer en weer, is dit Rusland, wat wel op die einde triomfeer.

 

Openbaring 3175

IS DIT GRIEP OF PIEP?

17  Februarie 2022  Donderdagoggend  02.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, griep op griep, is dit ernstig of is dit piep?  Maar met almal siek,
lê die graf wel wyd en diep.  So behandel die tyd nou almal stief.  
In die lied van die publiek se liriek, kom die woorde van hul lied: 
O, was ons maar nog konserwatief.  Was ons steeds 'n stand-
vastige Republiek.

Maar die liberale oordeel kom toe soos 'n dief en laat ons almal in
groot ongerief.  In die woorde van die klaaglied, herleef in drome,
homosapiens, die eens goeie seën, van die suiwer kroniek.  In
hierdie groot genade, heeltemal verniet, kon alle volke en nasies,
die voordeel, in die gawe van Kaukasies geniet.  Maar rassuiwerheid
word mos toe verbied.

Die Gees  van Elohim het nou in die mens tekort geskied.  Enige
wêreld oplossing was tevergeefs, vinnig verby, so vliet.  Steeds wou
die wêreldorde hiet en gebied.  Maar die Gees staan hieroor heeltemal
passief.  Die Oordeel behandel die wêreldburger nou stief.  So, neem
verlief.  Die nood bly in griep op dodelike griep.  Spoedig is dit verby,
met die oënskynlike, verkoue piep.  En menigtes lê weer dodelik siek. 
Ja, met die graf, oop, wyd en diep.

 

Openbaring 3176

VAN LAND TOT LAND

18 Februarie 2022  Vrydagoggend  03.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, luister jy o, wêreldling kind van skand.  Van kant tot kant, van land
tot land, is geheel die wêreld aan die brand.  O, hoe het ons so in die
sop beland?  Die duiwel vang ons heeltemal onkant.  O, waar was ons
verstand want aan dwaasheid was ons verwant.  Sonder hoop of
Vaderland, is daar vir ons geen anderkant.  In werkloosheid verkeer
menigtes binnekort afgedank.  Alles gevaksineerd, ruik nou in hul
neusgate die dood se stank.

Die landerye lê verkool en die stede word verbrand.  In denkbeeldige
krediet, heers kortstondig, die hoopvolle wêreldklant.  Op straathoeke
speel kinders met nuttelose kontant.  Hongersnood en armoede loop
met almal hand aan hand.  In baai en kaai, lê handelskepe, langs
oorlogskepe gestrand.  Luister daarom na die treurmare van die
wêreldkind van skand.  Van oraloor, van land tot land, is geheel die
wêreld nou aan die brand.  Met geen kontinent of land, teen die
oordeelskale nou bestand.

 

Openbaring 3177

IN DIE GROOT VERHOOR

19 Februarie 2022  Saterdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die regter roep:  Wie het die massas so vermoor?  Die engele antwoord
in `n koor:  Kyk, in die groot verhoor, word die vonnis nou aangehoor.
So begin wêreldmoondhede met mekaar hare kloof.  Die een land beweer
die ander het hom beroof.  Die ander kla:  Sy vyand het homself te veel
veroorloof.  Die man op straat skreeu:  My eie staat het my vermoor.

Die middelklas beweer:  Die Illuminati  trek die superrykes voor.  Die
wêreldpopulasie sweer.  Deur die silwerdoek word ons verlei deur die
valse metafoor.  So begin ons toe onder mekaar te moor.  Deur bloed-
vergieting raak ons diep bekoor.  Aan die lokstem van die hel, gee ons
gehoor.  Die engele roep weer in hul koor:  Daarom kom julle oordeel
in dubbeldoor.

Maar die mensdom kla:  Deur die media was ons getoor.  Deur massa
breinspoeling was dwaasheid in ons brein gestoor.  Daarom het ons
die goeie stryd verloor.  Laat ons daarom toe om God weer te prys en
loof.  Kyk op voorskrifte van die kerk is ons van ons saligheid beroof. 
Tussen ons en God bou die vatikaan 'n diep onoorkombare kloof. 
Om daardie rede hou ons ons toe vir die roepstem van die Gees so
doof.

Maar die engele roep weer in hul koor.  Te laat, te laat om jul lojaliteit
aan die hemel te beloof.  Te laat, te laat om God nou te wil loof.  Te
laat vir die wêreldling om hul te verlaat op geloof.  Ja, want daar is
geen dialoog, in die finale uitslag van die patoloog.  Met die misdaad
deur die mens verhoog, kom die vonnis, in die groot verhoor.  So roep
die regter:  Wie het  die massas, geestelik, sowel as fisies, uitgemoor? 
Kyk, daarom is die Beul die Dood en die doderyk staan gereed vir sy
roof.

 

Openbaring 3178

IN DIE SWEEPSLAG….

21 Februarie 2022  Maandagoggend  03.00   

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die raaf het hoog gevlieg en die arend het laag gesweef.  Die wêreld-
populasie het uitgeroep:  Ons wil leef.  Maar met die maat nou uitge-
meet, slaan die grotes van die aarde uit in koue sweet.  Luister
daarom na die klapgeluid van die sweep.  Dit voorspel net pyn en leed.

Die hemel het die wêrelddebat goed ontleed.  Daar is gevind:  Rusland
veg om haar regverdige erfdeel.  Daar is ook gevind, die Weste het hul
eie nietigheid, voor God vergeet.  Tot in hul diepste val, sal hul steeds,
hul eie ego streel.  Die pikswart kraai het hoog gevlieg, wyl die adelaar
laag sou sweef.  Die Masonorde het die kaarte uitgedeel. Maar as
lafaard is hul te bang, om saam te speel.

Alle  Waarheid was met Westerse leuens deurweef.  Vir al hul gruwels
word hulle ewig nooit vergeef.  Laat die aarde daarom ruk en beef.
Kyk, soos 'n dronkaard loop sy krom en skeef.  Terwyl die strale van
die son die mens stukkend steek.  Word daar nou tevergeefs om
genade gesmeek. Laat die satelliete daarom neerreën, sodat die
media nie meer in leuens kan spreek.

Die gevaksineerdes word nou met kankersel deurweef.  Maar in bose
sweer op sweer, wil die wêreldorde dit steeds op almal af forseer.
Versterk daarom o, God, weer 'n keer, die krag van die Rooi Beer.  Ja,
want by drie en 'n halwe tyd, is deur die ou profete tog wel gesweer.
Ja, in 'n klein oorblyfsel, sal die mens, U, o, Elohim, weer as hul
Skepper eer.

 

Openbaring 3179

CHRISTENLEER IN BLOED GEDOOP

22 Februarie 2022  Dinsdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Kyk, deur die eeue heen, met die tyd nou uitgeloop.  Is die wêreldsiel,
lankal gelede reeds, aan Satan uitverkoop.  Met geweld was die
"Christenleer" in bloed gedoop.  Almal wat sou protesteer, was voor
die voet gemartel en onthoof.  In die kruisembleem van die Christen-
dom, heers nog altyd net die dood, in die katastroof.  Aan hul valse
vredesboodskap, deur die eeue, aan die mens beloof.  Daar moes die
middelklas, hul vir konings, kerke en bankiers, in onmenslike
belastings afsloof.

In massamoord op -moord, was die kruis inderdaad, voorwaar, in bloed
gedoop.  Met God se Aparte Woord, gaan die Vatikaan mos in sy leuens,
heeltemal, oorboord.  So gaan die Weste in bedrog steeds voort.  Die
dier van Openbaring se tong en mond heet "media" en in valse
propaganda, gaan sy groot.  Sy verlei die volke en gee die nasies
valse hoop.  Sy laat die wêreld glo:  Die Weste is hul beste en laaste
hoop.  Maar agter dit alles, sit nog altyd net die Jood.  Ja, met hul
gruwelsiel, wat aan koop en verkoop, behoort.

Daarom vaar daar oor die oseane, nou vloot op vloot.  Die Rooi Beer
begin sy ystertande te ontbloot.  Met staalkloue begin hy die Westerse
wêreld oop te kloof.  Die atmosfeer word van menig satelliete nou
gestroop.  Die wêreldgraf lê wyd en oop.  Deur die eeue heen met die
tyd nou uitgeloop.  So jaag daar op die Vaalperd 'n ruiter en hy heet
die Dood.  Ja, want met geweld deur leuens, was die Christenleer, nog
altyd in mensebloed gedoop.

 

Openbaring 3180

TURKYE

23 Februarie 2022  Woensdagoggend  04.10 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met oorlogswinde wat globaal begin te waai.  Is die oes deur sanksies
in sy maai.  Laat die wêreldling nou na die laaste bladsy blaai.  Laat
hul sien hul toekoms is deur hul eie hebsug heeltemaal in sy maai.
Oorlogstuig word nou oorhaastig, orals afgelaai.  Oos en Wes, Noord
en Suid, almal krap nou in mekaar se slaai.  Turkye weet nie waarheen
sy wind moet waai.  Maar watter kant hy ook al draai.  En na watter
kant hy sy mantel ookal swaai.  In die toekoms lê sy bloed dik en
taai.  Ja, met geheel sy oppervlak, met lyke wyd besaai.

O, wee daardie dag, wanneer Rusland in haar volle woede gaan ontlaai.
Op daardie dag word groot dele van die wêreld in bloed gebaai.  O, kon
die Weste, maar net haar dom tong, na binne draai.  Dan sou die
oorlogswinde na rustigheid kon omdraai.  Maar so kom die dag te laat
vir die woord “hokaai.”   Binnekort lê die oorlogskepe ook in Tafelbaai. 
Ja, met die laaste oes, deur dom sanksies in sy maai.  Raak dit te laat,
om die Rooi Beer, tot kalmte te paai.

 

Openbaring 3181

VAKSIEN IN DIE DNS

24 Februarie 2022  Donderdagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, die vaksien het homself gekloon.  Daar waar dit in die DNS van die
mens nou woon.  Die bose sweer begin homself wyd te vertoon.  Die
massa eis van hul regerings:  Maak ons bloed weer skoon.  Sodat dit
weer gesond, deur ons are stroom.  In die groot skeiding begin die
gesondes op hul eie woon.  Daaroor blaas die ander witwarm stoom.

Die nuwe vorm van hierdie “apartheid” word wyd gehoon.  Alles
liberaal, gaan tekere soos 'n heldemoon.  Die gruwelwêrelddier, staan
uiters kortstondig as die heersersikoon.  Tien konings, word daarna
sondermeer onttroon.  Afgeskei van die wei, staan die verseëldes as
die botterroom.  Ja, hul staan daar rein en vroom.  In uitstekende
gesondheid, wat hul aan die wêreld vertoon.

Gee daarom die vier perde van Openbaring, nou vrye teuels en toom.
Laat die groot riviere, hulle walle heeltemal oorstroom.  Laat die
vlamme van die vuur en die rook die groot stad omsoom.  Die Weste
se koning was mos 'n dom moroon.  Kyk, daardeur vergaan die
Amerikaanse droom.  Ja, die tekens van die tyd begin hulself te toon. 
Terwyl die vaksien ditself, nou in die mens se DNS begin te kloon.

 

Openbaring 3182

VANAF SIONSKRUIN KLINK DIE BASUIN

26 Februarie 2022  Saterdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, luister na die basuin, wat kom van die bergtop van Sionskruin.  Sy
roep:  O, was jy maar koud, of was jy maar warm.  Maar jy is lou, in 'n
lomerige, sluimeringsluim.  Was jy maar swart of was jy maar wit.
Maar deur vermenging is jy verklein.  Ek hoor die basuin: Ontruim-
ontruim.  Kyk, die bomme se rookkolomme staan op die horison in
spierwit pluim.

Sien die soldate mars oor die groot stadsplein.  In die afwaart-
beweging van die duin, is daar in die bombardering, geen tyd vir
ontruim.  Agter die voortsnellende, oorlogskepe, staan spierwit die
skuim.  Die sterwendes verstik, in hulle eie, bloederige slym.  In
die sneeuval van 'n laat winter, lê hope verkluim.  Wee daarom die
komende pasga.  Die grotes van die wêreld verkeer in 'n donker
aggressiewe bui.  In 'n mondvol koring vir 'n pond, wie wil nog sy
slukkie wyn, vir 'n dollar verruil?

Sien die behoeftiges wat in die wildernis skuil.  Terwyl 'n menigte van
kinders van hongerpyne huil.  Luister daarom na die basuin, komende
van die bergtop van Sionskruin.  Kyk, die noodroep na God, word van
daar afgesein.  Die oorblyfsel is maar bitter klein.  Maar die genade
van Elohim  is oor hulle oneindig ruim.  Maar vir die wêreld is dit te
laat vir ontruim.  Daar is niemand wat na die groot oorlog, die chaos
kan opruim.  So, was jy o, wêreldling, maar koud of warm.  Maar jy is
lou en bly daarom net 'n liberale swyn.

 

Openbaring 3183

VALSE VREDE, GRIEP EN RANTSOEN

28 Februarie 2022  Maandagoggend  02.10. 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In stede heeltemal verwoes, daar waar soldate wanhopig agter rommel-
hope, vir koeëls wegkoes. Daar begin die soldate om nou amborstig te
hoes.  Met 'n nuwe griepvariant wat alweer deur die Weste woed.  So
val die skale nou in ongelooflike spoed.  Nog 'n groot vulkaan antwoord
in bloedrooi gloed.  Oral lê daar lyke soos weggooigoed.  Maar niemand
breek die oorloggod se moed.

Hande word tevergeefs geskud in valse vredesgroet.  Om net daarna in
wrede oorlog voort te woed.  In die groot rantsoen, word alles, van
kos tot brandstof, oornag gesnoep.  Daar is weinig, vir die menigte
hongeres, om op te voed.  So begin die  mensdom vir al haar gruwels
wreed te boet.  Ja, in 'n tydvak, wat nou vinnig en sekuur na haar
einde toe spoed.

 

Openbaring 3184

POLAND EN HAAR BONDGENOTE

1 Maart 2022  Dinsdagoggend  02.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die rooilig van die oggendgloed, sterf die duisternis van nog 'n nag.
Maar die nuwe dag wil in vrede nie versag.  O, waarom wil Poland nie
haar eie vrede ag?  Anders vlug sy nog saam al haar vlugtelinge, on-
verwags, oornag.  Luister daarom na die slag op slag.  Vou die hande
saam en bid bewend in groot ontsag.  Kyk, terwyl haar bondgenote
onseker wag.  Hys Europa, desperaat, nou haar vlag.  Met haar vyand
wat spottend vir haar lag.  Bult Brittania haar spiere, maar as
skarlakenvrou, toon sy geen krag.

Haar stede, eens in skone prag, lê in rommelhope, tot niks verkrag.
So, waar o, Engeland is nou jou krag en mag?  In die stof vertrap, lê
die Union Jack, jou gruwelvlag.  Eens was jy die groot jagter, maar
nou word daar op jou gejag.  Vir jou bondgenote in Europa, word dit
ook 'n baie, bitter dag.  Sonder eienaarskap, woon jou laaste burgers,
nou slegs, in onseker pag.

 

Openbaring 3185

MET VOORUITGANG VERBY

2 Maart 2022  Woensdagoggend  01.10

www.nuutsteopenbasringevanjudithdebeer.co.za

Die maand April, roep wanhopig nou na Mei.  Maar die Oordeel is slegs
aan God toegewy.  Ek hoor 'n stem wat roep:  O, ons het genoeg gely.
Wanneer is die stryd verby?  Wanneer word ons weer bevry?  Maar in die
Weste, in 'n groot kontrei.  Lê 'n groot oppervlak, met mensebloed,
uitgeplavei.  In oorlogsrumoer wat in die toekoms wêreldwyd uit gaan
brei.  Begin vooruitgang, in trurat, na benede gly.

In die Winterveld waar die takbok eens sou wei.  Begin atoomkrag, die
landstreek tot ondergang te kry.  Die Dood het haar langs die lewe neer
kom vly.  Met smart op smart, is sy aan trane toegewy.  So wil die mens
wanhopig, aan God, haar gruwels nou bely.  Maar die tyd daarvoor, is
vir ewig nou verby.  Kyk, daar op die rug van die Vaalperd, kom die
Dood, oorwinnend, aangery.

Met die Swart- en Rooiperd, wat slaggereed, daarnaas wei.
Verwoestend het die stormwind, haar vaalgrys vlerke, oor Amerika
oopgesprei.  Vloedwaters het groot streke onder gekry.  Met haar
ekonomie was dit ook spoedig gou verby.  Onder oorlog sal geheel die
Weste in die toekoms wel moet ly.  So had Demokrasie, die heeltyd ook
maar net voete van modder en klei.  Daarom word liberalisme as die
skuldige gekasty en dit is die wêreldburger wat daaronder gaan ly.

 

Openbaring 3186

MET DIE WESTE OP HAARSELF VERSOT

3 Maart 2022  Donderdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Van kasteel tot krot, vir die sot, sal niks meer vlot.  Op haarself was die
Weste mos heeltemal versot.  Sy het gereken, sy is 'n lenteboom, in
volle bot.  Maar in die kleurespel van haar neonlig, was sy tot in haar
wortels in verrot.  Demokrasie het gedink sy is 'n god.  Maar die heeltyd
was sy net 'n armsalige kokkerot.  Haar Vatikaan, was haar valse leuen
komplot.  Maar met haar valse lig nou heeltemal verdof.  Gaan geheel
die wêreld sien, sy was die heeltyd, net 'n diep, donker grot.

Haar rykdom was gesteel vanuit die wingerd van Nabot.  Daarom sterf sy
self aan Hammans skavot.  So vergaan sy onder haar eie verbod.
Oor haar eie sanksies, ween sy trane en snot.  Haar landerye lê verspoel,
in 'n oes wat vrot.  Niks wil meer tot haar voordeel vlot.  Europa was saam
Amerika, in alles so vrolik en verspot.  Maar kyk die noodlot self, skryf
persoonlik haar lot, in die eindtydslot.

 

Openbaring 3187

DIE ROOI STER SAL TRIOMFEER

4 Maart 2022  Vrydagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die berge het vibreer en die aarde het haarself oopgeskeur.  Die een
na die ander kataklisme het onverpoos gebeur.  Daaroor het die velde
geween en die woude het getreur.  Homosapiens het alles verkeerd
hanteer.  Daarom het die mens haar reg as heerser oor die aarde nou
verbeur.  Ja, al die Ordes van God, het sy versteur.

Sy het haar aan Sy vasgestelde grense nie langer gesteur.  Maar haar
eie belaglike wette, het sy wyd geproklameer.  Sy het die massas na
haar Sataniese wil geforseer.  Onder die woord demokrasie, was volke
en nasies, onwetend geterroriseer.  En terwyl sy die massas
traumatiseer, staan sy kamma as gekultiveer.

Die mens het na willekeur gehoereer en daardeur geheel die aarde
met haar boosheid onteer.  Deur mag en hebsug, wil die Weste, deur
haar eenwêreldorde nou alles beheer.  Terwyl sy by die troon van
Lucifer sweer.  Ja, in ontelbaar baie gruwels het sy gespesialiseer. 
Deur haar wet is sy toegelaat, om selfs haar eie nageslag te aborteer.

In ontug het sy deur sodomiseer, haarself onteer.  Daarom kom die
'Hamer' moordend op haar neer.  Die 'Sekel' sal meëdoenloos deur
haar skeur.  Die 'Rooi Ster' sal as koning oor haar triomfeer.  En die
`Beer` sal sy as haar outoriteit moet eer.  Terwyl die kragte van die
aarde triomfantlik oor haar regeer.  Sal die berge dreun, bewe en
vibreer.  Terwyl die aarde haarself woedend, onder die mens oop sal
skeur.

 

Openbaring 3188

VERSKRIKKING EN WAANSIN

5 Maart 2022  Saterdagoggend  01.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Gees van Verskrikking het in die middel van die wêreld kom staan.
Die Waansin het wild en wyd na alkant gegaan.  Die woord vrede was
nou heeltemaal na die maan.  Diè, was in elk geval, heeltemal
misverstaan.  Daarom het Chaos as koning opgestaan.  Kyk, op hierdie
tydstip word die verseëldes nou dringend vermaan.  Ja, om stil eenkant
toe te staan.

In die komende groot vergaan, word die weg na veiligheid, deur die
hemel vir die uitverkorenes oopgebaan.  Wee daarom die dag wanneer
die wêreld, onder een heerskappy sal staan.  Op daardie dag sal God
self, alles voor die voet, stukkend slaan.  Daarom kom alle wêreld-
heerskappy, verdeel onder die Gog en Magog, teenoor mekaar te staan.

Kyk, slegs die Godgekose, sal as oorlewendes bly staan.  Ja, so kom
die Gees van Verskrikking, in die middel van die wêreld staan.  Met
die groot vergaan, wat wild en wyd, na alkant slaan.  Die Chaos sal sy
ysterkloue, tot verwoesting, in dit alles vasslaan.  Moet daarom, o,
kinders van die Allerhoogste, nie meer werk om spys wat gaan vergaan.

Maar werk om die spys, die Brood, wat na die Ewige Lewe gaan.  Kyk,
die Goeie Gees werk mee, om jul verseëling, dit moet julle goed
verstaan.  Ja, sodat My Wysheid as die Nuwe Sonskyndag, deur julle,
die duisternis van die wêreld kan verslaan.  En in die groot verdrukking,
sal die Gees van Verskriking, nie oor julle gaan.

 

Openbaring 3189

EK STAAN BY DIE DEUR EN EK KLOP

6 Maart 2022  Sondagoggend  00.10 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Kyk,  Ek staan by die deur en Ek klop.  Ek is die Goeie Herder en Ek
waak jaloers oor My trop.  So, kom o, Sion, kom nou na My bergtop. 
O, hoe oneindig groot, is hierdie Goddelike aanbod.  Dit is die
uitnodiging na die engeleleer van Jakob.  Daarom kom die lieflike
Witperd, nou op volle galop.

Kyk,  Sy Ruiter is die Hemelkoning, met die ewigheidskroon, as
Lewende Woord op Sy kop.  Vir Sy uitverkorenes, bring Hy Vrede
en Liefde as gerusstellende voorskot.  Luister daarom, Ek staan by
jou deur en Ek klop.  Ek is die goeie Herder, Ek is jou God, wat
jaloers waak, oor julle, My trop.  Op jou My kleintjie is Ek tot in alle
ewigheid, in liefde versot.  Daarom is Ek Self, in jou, jou lewende
hartklop.

Jou weë sal Ek gelyk maak, Ek sal dit laat vlot.  Oor jou toekoms skyn
Ek, soos die vroeë môre, se glansryke, sonop.  Oor jou vyand werp ek
die lot.  Persoonlik gryp Ek hulle aan die strot.  Die wat teen jou is,
werp Ek in die dieptes van Hades, se diep, donker grot.  Jubel daarom
My kinders en roep My op My Naam, JaHweH, en doen dit hardop.  Ja,
want Ek is jou Goeie Herder, wat jaloers waak, oor elkeen in My
Goddelike trop.

 

Openbaring 3190

DIE VERLORE SEUN

7 Maart 2022  Maandagoggend  03.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, luister o, wêreld, die verlore seun, word weer Myne genoem.  Deur
eons heen, moes Ek sonder hom, in afwesigheid doen.  Staan daarom
nader, Ek wil jou kus, jou verwelkomend liefkoos, met 'n Vaderlike
soen.  My liefde vir jou, o, gereinigde sondaar, wil Ek nie langer
verbloem.  Kyk, die verdorde vyeboom, het uiteindelik gebot, met
blare so groen.

Ontslae van sy wêreldse fatsoen, word hy nou weer, My engelseun
genoem.  Bring daarom vir My kind 'n koningskleed en vergeet nie die
Goddelike skoen.  Vleg vir sy hoof 'n kroon, met hemel loof en bloem.
Bring die vetgemaakte kalf, want die fees word summier gedoen.
Luister daarom na die verruklike boodskap:  Die verlore seun is terug
en hy word weer Myne genoem.  Daarom wil Ek jou My kind,
verwelkomend omhels en liefkoos, met 'n hartlike, Goddelike soen.

 

Openbaring 3191

‘N SKOP EN ‘N KLAP

8 Maart 2022  Dinsdagoggend  04.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vir `n skop en `n klap vir `n handvol pap.  Kyk net hoe word NATO se
“vriende” vertrap.  Verraad was ewig voor God nog nooit `n grap.  So,
oor wie se graf hardloop nou die pikswart kat?  Weet daarom, daar is
geen manier waarop die Weste die argwaan van die hemel gaan ont-
snap.  Ja, so grou die Weste altyd vir ander `n graf.  Maar daardeur
pluk hulle net vir hulle eie gat `n behoorlike lat.

Oor NATO se naam pryk daar nou `n yslike, vieslike klad.  Kyk, net `n
lafaard skud met `n ander lafaard die blad.  Die bitter beker word nou
vir die Weste tot oorlopens toe ingetap.  Veral in Duitsland word daar
nou behoorlik kop gekrap.  Maar dit is heeltemal te laat om hulle fout
te snap.  Ook met menig natuurramp vir hulle oppad, wat hulle nie
gaan kan ontsnap.  Word hulle land saam met buurlande, heeltemal
in hierdie tyd omgekrap.

In `n skop en `n klap vir `n handvol papvrot pap.  Is daar binnekort
nog weinig oor wat die pad saam met Amerika wil stap.  Selfs onder-
ontwikkelde lande beskou hierdie eens “reus” as `n enorme grap.
Daarom stroom meer derduisende onwettige immigrante hulle binne,
om net te kan vat, wat hulle wil vat.  In “tit vir tat” word die een na
die ander hoë boom, nou summier afgekap.  Kyk, die Weste heet
agterbaks en daarom bly sy ruggraat vir ewig onbruikbaar slap.

In `n skop en`n klap vir `n handvol weggooi pap.  Het die Weste bloot
vir die grap, die Boervolk met haar sanksies, heel eerste vertrap.  So
grou hulle vir Libië en menig ander lande dieselfde gat.  Met nou ook
Oekraïne wat in die leë belofte wip sou trap.  So vat die Westerse
wêreldorde, die een na die ander land, vir `n “poepol”, so vir `n
enorme gat.  Dit is altyd ander volke se bloed wat moet spat.  Maar
die borde word nou verhang en dit is die skale wat gaan trap.  Daar-
om kom die boodskap vanuit die hemel en weet dit is oneindig hard.

Halfmas aan `n paal hang daar `n bloedige vlag, wat doelloos in die
wind rondflap.  So val daar in die toekoms ook in die Weste, die een
na die ander stad.  In `n ondankbare skop en `n klap, vir net `n bek-
vol, oneetbare pap.  Kom die hongersnood doelgerig en gewetenloos
na die Weste aangestap.  Ook is daar geen manier waarop hulle die
nuwe dodelike virusse gaan kan ontsnap.  Ja, want die laaste
heiligdom lê reeds `n geruime tyd in Suid-Afrika, deur hulle toedoen
vertrap.  Daarom is dit die Weste met sy NATO se bloed, wat in alle
rigtings gaan spat.

 

Openbaring 3192

STILTE

9 Maart 2022  Woensdagoggend  06.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Na die stilte in die groot heelal.  Reën dit op die aarde neer in bitter gal.
Soos sterre wat vanuit die hemel val.  Verskiet die satelliete met `n knal.
Luister daarom na die laaste trompetgeskal.  Met nog `n groot stilte wat
skielik oor die media val.  Raak die weg deur kommunikasie en inligting,
nou uiters smal.  Die onsekerheid maak die wêreldpopulasie, waansinnig
mal.  Enige nuus word nou desperaat vanuit alle tale, onder mekaar
vertaal.

So hang menig landsvlag nou onderstebo, uitgebrand, aan sy paal uit-
gestal.  Na die laaste groot stile in die groot heelal.  Skop versteurde
magnetiese kragte die planeet aarde rond soos `n goedkoop speelbal. 
Stede en infrastrukture lê verwoes in totale verval.  Met net `n droewige
lied wat nou na nêrens heen draal, dra die Maraboom haar bitter vrug,
in ongekende dodetal.  Dit is net smart en ellende en dit heers nou oral. 
Ja, want die oordeel is kolossaal, in `n vreeslike Lot, nou vas bepaal.

 

Openbaring 3193

MET SIEKTES NOU WIT IN MELAATS

10 Maart 2022  Donderdagoggend  01.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Grys in die gelaat, met die hand nou wit van Melaats.  Kan die siekes
hulle nie meer langer op die wetenskap verlaat.  In die bloed versprei
die kwaad en in die are groei die plaak.  Met een wat ontlas, terwyl
`n ander nie ophou met braak.  Skuif die koors na `n gevaarlike hoë
graad.  In oorvol hospitale begin dokters onder mekaar te praat.
Hulle vra:  O, wat gaan ons maak, met al die infrastrukture wat ons
versaak?  Op watter mediese voorrade gaan ons, ons verlaat?  Kyk,
sonder medikasie weet ons nie meer raad.

Met oorwerkte gesondheidswerkers, nou uitgeput en vaak.  Besluit
hulle om ook nou maar te staak.  Maar grys in die gelaat, roep die
sterwendes, moet ons in ons nood nie verlaat.  Ja, moet ons asseblief,
nie versaak en aan ons lot oorlaat.  Maar kyk ook die staat voeg nie
meer sy woord by die daad.  Daardeur stel hulle, hulself so aan die
kaak.

Selfs familielede begin hulle dodelik siekes sonder raad te verlaat.  In
hul afskeidsgroet roep hulle:  Ons kan niks meer doen waarby julle sal
baat.  So bly daar niemand oor om by die globale sterfbed te waak.
Terwyl alhoe meer dodelike kieme onbeheers begin ontaard.  Dit alles
pas so reg in die kraal van die groot wêrelddraak.  En so neem `n
bose eenwêreldorde, op die oortollige, massa populasie, hul heel
laaste wraak.

 

Openbaring 3194

MET DIE MOED GEBREEK

11 Maart 2022  Vrydagoggend  04.15 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n pikswart stoet wat stadig maar seker vorentoe beweeg.  Roep die
massas:  Met ons moed gebreek, wat is daar nog oor om voor te leef?
Kyk, die broodblik staan leeg en daar word geen proteïene op die skaal
afgeweeg.  Niemand luister na die roepstem van die hongeres, wat om
`n brokstuk brood smeek.

Terwyl die predikers begin verstik aan hulle eie gepreek.  Is dit Rus-
land wat haar op die Weste wreek.  Met soveel wonde ontsteek, lê die
gewondes swak en bleek.  Maar met niemand wat hulle verpleeg.
Sterf die meeste voor die volgende dagbreek.  Met die oliekruik leeg,
roep die bakker:  Daar is in elk geval geen meel vir die deeg.

Met die maat nou finaal afgeweeg, begin die meeste mense om hulle
kos te versteek.  Maar die huise word summier oopgebreek en vriend
sowel as vyand wil aggressief weet:  Waar word die kosbare voorrade
versteek?  Die lafaards begin sweet, met die liberalis wat homself
verskonend, verontskuldigend, vir fatale foute probeer vergeef.

Maar die superrykes is steeds met goud en glans omgeef.  Genotvol
vreet hulle kaviaar en kreef, terwyl hulle steeds in weelde voortleef. 
Ja, met hulle hoogmoed wat nou na die heel hoogste, hoogtes streef.
Die vals profeet is geklee in `n purper koningskleed.  Maar sy septer is
klaar aan stukke gebreek.  Vanuit die Weste kom `n bloedstollende
angskreet.  Ek hoor `n Groot Stem roep:  Kyk,  hulle vonnis heet
VREES en nogmaals VREES.

 

Openbaring 3195

VLUGTELINGE WAT SOOS NOMADES KAMP

12 Maart 2022  Saterdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Swael, kruit en damp, beweeg nou van land tot land.  So begin vlug-
telinge nou van die een na die ander land, soos Nomades te kamp.
In hierdie pikdonker nag is daar geen skynsel van `n flou lamp.  Ek
hoor Europa roep:  O, hoe het ons in hierdie gemors beland?  Maar in
antwoord, ontplof daar net nog bomme in kruit, swael en damp.

Ek hoor `n stem wat roep:  Kyk, binnekort word nog `n land sonder-
meer omgestamp.  O, ramp op ramp, ek sien vegvliegtuie wat inderhaas
op skeepsdekke land.  Om net daarna saam met hul skip op die bodem
van die see te beland.  Vanuit die Weste roep benoud iemand.  Kyk,
Amerika staan nou heeltemal sonder enige verstand.  Sy staan gevries,
dormant, eenkant.

Ek hoor nog `n hulproep:  Kry terstond vir “Trump”.  Maar ongelukkig
het hierdie land alreeds te diep in die sop beland.  In hierdie selfdetyd
oorspeel Duitsland, Nederland en ander Westerse lande, heeltemal
hulle hand.  Engeland reageer onverwags soos `n lastige klein parmant.
Net om hulpeloos op die naat van haar rug te beland.

Frankryk en Italië staan skugter eenkant.  Maar word brutaal vorentoe
gestamp.  Ysterhake word sondermeer, ongevoelig in hul kake vas
geklamp.  Hulle word nader gesleep om in die voorste linies te beland.
Swael, kruit en damp beweeg nou van land tot land.  Ja, tesame met `n
menigte vlugtelinge wat soos Nomades, oral terwille van oorlewing,
begin uitkamp.

 

Openbaring 3196

DIE SINTUIG SAL GETUIG

13 Maart 2022  Sondagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wie `n oog het laat hom sien.  Wie `n vel het laat hom voel.  Wie `n
neus het laat hom ruik.  Maar bowe al, wie `n oor het laat hom hoor.
So het die oog gesien elke Oordeelskaal wat val, is deur die mens
verdien.   Maar steeds het hulle niks ontsien.  Ja, om Mammon in
koop en verkoop, tot op die bitter einde te dien.  Daarom moes die
oog weereens sien en kyk, die eindresultaat daarvan staan geskryf
op die Rigterskaal en dit staan op TIEN.

In die neus was nou die reuk van infrastrukture in hul totale onbruik.
Gemeng met die reuk van etter, wat syfer vanuit bose swere op die
menslike huid.  Desperaat grendel die mens venster en luik.  Maar niks
kan die reuk van die Dood in ontbinding stuit.  Die vel het gevoel, wat is
koue en hitte tesame met pyn se doel.  Soos miljoene luise wat
onrustig oor die vel krioel, het die mens gevoel hoe die globale onrus
in gemoed en hart woel.

Bring daarom nou na die mond die smaak.  Proe op die tong, hoe
galbitter is die wraak.  Dit vloei na die maag, om in nog `n pes te
ontaard.  In ontlasting en braak, verlam dit die spiere van die kaak.
Ja, totdat die lewe, die armsalige liggaam vir altyd verlaat.  Maar
wie `n oor het laat hom hoor.  Vanuit oorlogsgedreun, kom die diep
dreunklank van demonekoor.

Luister na die kluitklap op die “bodybag” daar waar menig lyke lê in
die massagraf voor.  Maar die mens word nog steeds deur die klank van
geld bekoor.  Ja, terwyl hulle weet net die hel word vir die einde van hulle
lewe gestoor.  So, wie `n oog het laat hom sien, dit is steeds die wêreld
wat hy dien.  Wie `n vel het laat hom voel, sonder God is alles sonder
rigting of doel.

Wie `n neus het laat hom ruik.  Ja, die afskuwelike rioolstank, van
alles, wat hy tydens sy lewe in misbruik sou gebruik.  Wie `n oor het
laat hom daarom  hoor.  Geheel die lewe was net `n klugspel in `n
leuen metafoor.  Ja, met alles in die materie wat die mens se sintuie
so sou bekoor.  Is net die Oordeel in die hel, vir die misbruik daarvan
gestoor.

 

Openbaring 3197

14 Maart 2022  Maandagoggend  02.45

ERE AAN GOD

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n bulderende stem in bevel:  Ere aan God, ons Enige, Hoogste,
EL.  Kyk, die vonnis is deur Hom gevel en die dae is afgetel.  Ja, die uur-
glas is leeg en die tyd het na die einde gesnel.  Daarom is dit te laat o,
mens, om jou oor `n materiële toekoms te kwel.

Luister daarom na die bomgeweld en sien die bloedvergieting, veroor-
saak, deur  skrapnel.  Kyk, Satan lê opgekrul in die gedaante
van `n reuse, glansende, koper kapel.  Nagash die slang het nou tot
die Oosterse draak vervel.  Gabriël en Migael is uiteindelik besig om
hulself aan die wêreld, tot sy val, voor te stel.

Daaroor begin die hel, by monde van die eenwêreldorde, godslasterlik,
te skel.  Maar die eindtyd dimensie, lê nou volmaak, gespesifiseer,
heeltemal parallel.  So, laat wie ookal wil, hulle nou maar goed oor
die aktiwiteite, van die twee Olyfbome ontstel.

Weer hoor ek die bulderende stem in Bevel.  Ere aan God, ons Enige,
Hoogste, EL.  Kyk, met die vonnis nou gevel, weet hemel sowel as
aarde, die grotes van die wêreld was een afskuwelike kartel.  Daarom
sal geheel die planeet, vir drie en `n halwe tydperke, in die grootste
ellendes rond moet dwel.

 

Openbaring 3198

WYL DIE BEER VERSKEUR

15 Maart 2022  Dinsdagoggend  05.02 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wie is dit wat so ween en wie is dit wat so treur?  Kyk, die rede hier-
voor is die werke van die Beer.  Ja, hy wat alles in sy pad loop en
verskeur.  En terwyl die Weste nou alles, desperaat, probeer.  Ook
om met propaganda hulle vyand swart te smeer.  Poog hulle om
ongesiens, agteraf, `n verrassingsaanval te praktiseer.

Maar daaroor raak die groot Rooi Beer net alhoe meer geïrriteerd.  Hy
voel hy is lank genoeg as die sondebok gekritiseer.  Luister, die Weste
roep nou heeltemal verboureerd.  Dit raak tyd vir Rusland om uit te
passeer.  Maar snedig reageer die Rooibruin Beer.  Hy roep:  Miskien
is dit tyd o, Weste, om iets anders te probeer.  Heeltemal te lank het
julle oor die planeet regeer.

So gaan die Beer voort om alles in sy pad te verskeur.  Ja, terwyl hy
alhoe meer grense, uitsoekerig, begin patrolleer.  Die verbruikers begin
nou net meer en meer van alles te ontbeer.  Oor onmenslike prys
verhogings begin die massa klaend te murmureer.  Menigtes gaan
gebuk onder terreur op terreur.  Terwyl alhoe meer troepe oral begin
arriveer.

Daar is geen hoop om die ekonomie positief te stimuleer.  In alhoe meer
stede verstil oornag die stadsverkeer.  Die populasie word nou in alles
gerantsoeneer.  Onder “Martial law” word daar selfs in klein dorpies
soldate gestasioneer.  Met ook die soldate wat kos en medisyne gaan
ontbeer.

 

Openbaring 3199

DIE BEER EN DIE DRAAK

16  Maart 2022  Woensdagoggend  04.00  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Na die verwoesting van die Beer, kom die Draak in haar volle wraak.
Soos 'n kat met 'n muis, speel sy met die Weste en steek spottend met
haar die draak.  Maar kort voor lank het China met hulle geen saak.
Wee daarom die dag, wanneer ook die Draak, oorlogsugtig ontwaak.
Op daardie dag, maak hy behoorlik sy maak.

Die wêreldmassa staan hierna behoorlik honger, koud en naak.  So, wie
wil nog protesteer en staak?  Terwyl hulle eerder moet waak.  Die hel
is kwaad en die Dood staan geklee in 'n donkergrys gewaad.  Die
Europese Unie sit homself behoorlik in skaak.  Amerika se president
lyk bleek en siek in die gelaat.  Ek hoor 'n stem wat roep:  Te laat,
te laat om nou te soek vir 'n maat.

Ja, te laat om jou op 'n ander se genade te verlaat.  So, wie veg nog
vir 'n ander se saak?  Staan daarom eerder vir jou eie oorlewing
paraat.  Voeg die woord nou by die daad.  Begin om kos en
oorlewingsmiddele bymekaar te maak.  Vergeet nie van die uiters
kosbare saad.  Veg vir God se saak en weet Hy sal oor jou waak.

 

Openbaring 3200

DIE MENS, NET WEGGOOIGOED

17 Maart 2022  Donderdagmiddag  02.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die groot kosmos skilderdoek, word in helder kleure, die goddelose
nou vervloek.  Wee daarom elke siel, wat God sou versoek.  So rooi
soos bloed, sak die son in oorloggloed.  Terwyl die pes onverpoos,
voortwoed.  Antwoord die elemente in volle vloed.

Ek sien die nasies boet.  Ek hoor die volke roep:  O, kon ons dit alles
maar verhoed?  Maar aan mag, hebsug en hoogmoed, was geheel die
wêreld mos gehoek.  Daarom moet die nasies nou met hul lewe boet.
Kyk, die wêreldnag is swart soos roet.  Oral veg die lande nou verwoed.
Geklee in lanferkleed, volg massas, die begrafnisstoet.

Maar die regerings propageer:  Hou net moed.  Maar die mens voel
bang, alleen, net soos weggooigoed.  Met Satan wat hul nou met valse
vrede, probeer versoek.  Daarom sal die pous ook moet boet.  Ook die
Vatikaan, staan in vlamme, in bloedrooi gloed.  Sion roep:  O, luister
die wraak is wel somtyds soet.  Skenk daarom o, Elohim, aan U
verseëldes, nuwe krag en moed.

Oor die groot kosmos skilderdoek, word 'n bose wêreld, in pikswart
letters nou vervloek.  Die letterskilder roep:  Daar is die wat weet en
ander wat vermoed.  Die aas is uit en die skuldiges, spartel reeds,
magteloos aan die hoek.  Die Weste het God, sonder onderbreking,
mos versoek.  Die leiers van die aarde, daag Hom uit, met die domste
mannemoed.  Daarom sal liberaal tot in die diepste, diepte, van die
hel moet boet.  Die son sak rooi soos bloed, met die pikdonder nag,
daarna, so swart soos roet.

VERVOLG OP VOLGENDE BLADSY