
Heelwat lesers ondervind probleme met die  Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te  gebruik. 
              judithdebeer@webmail.co.za
            
            
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat  onder geen leiding van enige
  menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
  kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
  nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
  internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
  word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
  gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
  waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  
Openbaring 3101
DIE LEUEN HEET KONING
29 November 2021 Maandagoggend 02.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met die  leuen wat nou die Waarheid korrigeer.  Terwyl die sot die wyse
  kritiseer.   Is dit die waansin, wat die gesonde rede kontroleer.  So begin
  die hel  die hemel nou te katkiseer.  Daarom is dit die wêreldmedia, wat
  verdraaide  inligting aan die massas publiseer.
Bose  verdagte medikasie word wêreldwyd as wondermiddel gepraktiseer.
  So, wee  daarom elke stommerik wat vrywillig daarvoor “volunteer”.  Die
  merk van  Nagash word nou oral geïmplementeer.  Met  sy wêreldslawe in
  `n  groenpas genoteer.  Wee daarom die wat in die toekoms nog probeer
  protesteer.   Hulle word spoedig tot konsentrasiekampe geklassifiseer.
Satanswetgewing  word nou globaal geproklameer.  Die onskuldige
  verbuiker  word op elke gebied geterroriseer.  Dit is nou `n eenwêreld-
  sisteem  wat die massas leer en kontroleer.  Net omdat hulle almal kan
  en ook  wil beheer.  So is alles hier op aarde nou net een groot bose
  sweer.   Dit is die Babiloniese beeld van Nimrod, Salomo en 
  Nebukadneser,  wat nou regeer.  Net omdat Lucifer nog ewig altyd die
  skepping  van Elohim sou begeer.
Daarom  sien hy vanuit die oë van konings en bankiers op die massas, as
  mensewurms  neer.  Terwyl die volke en nasies stadig maar seker besig
  is om te  krepeer.  Word vanuit hoë politieke kringe, spottend, die gek
  met die  stomme verbuikers geskeer.  Op `n onderliggende, dreigende
  toon,  word daar met hulle gekommunikeer.  Die woord vrees, word nou
  die beheer,  waarmee die grotes regeer.
Hulle  dreig om die ekonomie nooit weer te stimuleer.  Hulle dreig en
  implementeer,  koop en verkoop wette en behou daarmee op die mens
  hulle greep.   Hulle dreig die mens dat hulle mediese hulp sal ontbeer.
  Maar met  die tyd nou deur die hemel verkort, sal die leuen dit wel spoedig,
  in sy eie  illusie verteer.  Ja, terwyl die sot, die dwaas uit sal sorteer.  In
  die  waansin sal die Gees van Verskrikking heers.  In die eindfinale, sit
  Satan en  trawante, vir ewig in die diepste hel getraumatiseer.
Openbaring 3102
IN DIE UITNODIGING VAN VROT VLEES
30 November 2021 Dinsdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die  profeet roep hom hees.  Maar die mens weier om die tekens van die
  tyd raak  te lees.  Daarom beveel die Oordeelsgees.  En in die stank
  van  verotte vlees, sirkel alhoe nouer in hul vlug, die aasvoëls, na die
  groot  fees.  Kyk, die maat is vol en die opbrengs is afgeweeg.  Die skaal
  hang  swaar, aan die eenkant, heeltemal, skeef.
Die Dood  hang swaar na onder, met net `n handvol, wat na bowe, na die
  lewe  sweef.  Daar is letterlik, net honderd-vier-en-veertigduisend, wat die
  einde van  hierdie tydvak gaan oorleef.  Wee daarom elkeen wat die wette
  van die  wêreld aan sou kleef.  Ek hoor `n stem  wat roep:  Te laat-te laat,
  om nou te  wil ontleed.  Kyk, die dwaas verloor reeds op die toekoms sy
  greep.   Duitsland het vergeet, eens het hy suiwer kaukies geheet.
Frankryk,  Engeland, Nederland, België, Switserland, Oostenryk en
  Italië  het heeltemal teveel materie begeer.  Ja, te groot was die materiële
  vraatsug maat,  vir hulleself uitgemeet.  Op al vier die perde van
  Openbaring  kom hulle leed.  Luister daarom, vanuit Europa kom `n
  geweldige  angskreet.  Ook vanuit Amerika begin die massas bloed te
  sweet.   Australië strompel voort in `n pikswart roukleed.  Die maat is
  gemeet en  in die stank van verrotte vlees.  Kom die uitnodiging vir die
  aasvoëls  na die  groot fees.
Openbaring 3103
DIE LAASTE SKOF
1 Desember 2021 Woensdagoggend 02.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Daar kom  `n stilte van byegezoem oor die byekorf.  Ek hoor `n stem
  luid en  grof.  Hy roep:  Dit is die begin  van die heel laaste skof.  Die
  weer is  onguur en raak uiters rof.  Die kwartel en die hen is besig om
  hulle  vere oor die kuikens uit te pof.  Die Ooste raak onder `n 
onverwagse sonsverduistering donker, dof.
Groot  gedeeltes van die planeet is daarna toe onder die stof.  Enorme
  haelkorrels  begin dodelik neerplof.  Oorlog-oorlog, roep `n analiserende
  politieke  prof.  Ook die kiem raak nou lelik, gevaarlik onbeskof.  Die
  wêreldhof  weier medici, polisie en soldate enige verlof.
In die  groot hongersnood begin die verswakte mensdom doelloos rond
  te slof.   Hulle oë raak leweloos en dof.  Ja, die tye raak ondraaglik, nou
  heeltemal  te rof.  Luister daarom na die stilte van byegezoem om die
  byekorf.   Sien die groot sonsverduistering wat alles kom verdof.
Openbaring 3104
DIE GROOT OORSAAK
2 Desember 2021 Donderdagoggend 05.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die  winde van verandering wat wyd sou waai.  Was die blaaie van die
  geskiedenis,  na die toekoms, van hierdie hede omgeblaai.  So, wie sou
  kon weet  en wie sou kon raai?  Die tyd word nooit weer na gister terug
  geblaai.   Die waarheid was versmaai en `n volk was uitverkoop en
  verraai.   Met geheel die wêreld wat sy rug op die Boervolk sou draai.
`n Derde  van hierdie volk het in immigrasie, hul rug op hul probleem
  gedraai.   Met die dodelike nagevolg, van geen omdraai.  Met alles nou
  in sy  maai, waar is die kerke om hulle volgeling te sus en te paai?  Kyk,
  daar onder  in ou Tafelbaai.  Daar anker binnekort die eerste wêreld-
  oorlogskepe  goed gelaai.
So, wee  die Weste en wee die Ooste, niemand krap in Rusland se slaai.
  Met van  die laaste oeste steeds hoopvol gesaai.  Is daar weinig om van
  te  maai.  Luister daarom na die werfhaan wat nou droewig, driemaal,
  kraai.   Weet Suid-Afrika is die oorsaak van alles, wat in Oordeel, om die
  wêreld  rondomtalie draai.
Ja, want  die eens so uitsonderlike, geliefde, uitverkore volk, het haar
  Godgegewe  erfenis, vir die pot lensiesop, van handel en sport, versmaai.
  Haar  Elohim het sy verloën en ook verraai.  Vir wêreldburgerskap het sy
  haar van  haar hemelburgerskap weggedraai.
Openbaring 3105
O, HAD EK MAAR DIE VLERKE…..
3 Desember 2021 Vrydagoggend 04.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, had ek  maar die vlerke van die pienk flamink, dan sou ek land op die
  vleiland  van elke streek.  O, had ek maar die vleuels van die bergarend,
  sou ek  sondermeer, na Sionstop toe sweef.  Had ek maar die sagte
  vlerke  van `n bosduif, na rustigheid en vrede sou my siel verseker streef.
  O, had ek  maar die vlerke van die pikswart raaf, was ek met geestelike
skranderheid  omgeef.
O, had ek  maar die vlerke van die seemeeu, sou die uitgestrekte kontoere
  van elke  kusstreek my siel omgeef.  O, had ek maar die vleuels van die
  addelaar,  sou niks my moed ewig kon breek en op die glibberige lyf van die
  adder sou  ek my wreek.  O, had ek maar die vaal vlerkies van die mossie,
  dan sou  die Goddelike Nederigheid my nooit ontbreek.
Maar had  ek die vlerke van die swael, sou ek op die vleuels van die wind
  na ewige  Vryheid sweef.  Maar had ek die vlerke van die lastige vink, by
  koel waterstrome  sou ek in die takke van die ou wilger leef.  O, had ek
  maar die  vlerke van die aasvoël, was die dood nie my verskrikking, maar
  wel my  fees.
Maar nou  het ek net die swak arms van `n mens, daarby nog `n vrou, wat
  van al my  tekortkominge weet.  Daarom kan ek dit in  my gebede, na bowe
  na my  God, my El, uitsteek.  Ja, terwyl my siel tog op die vleuels van my  
Godgegewe gees, in volkome vryheid, na Sionsberg kan sweef.
Openbaring 3106
WIE HET DIE ALTAAR AFGEBREEK?
4 Desember 2021 Saterdagoggend 02.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Deur die  gruwel van Babiloniese kerkgepreek, lê die heilige altaar nou
  deur  liberalisme stukkend, afgebreek.  Niemand het meer die durf of
  moed, om  die offervuur weer aan te steek.  Kyk, die suiwer maagdelike
  kleed lê  opgefrommel, weggesteek.  Ja, met die bastergeen, in die eens
suiwer  geen deurweef.
Met net  een vanuit `n groot stad, wat nog in respek, voor die aangesig
  van God  kan beef.  Wat na die Godgegeefde vryheid van die Adam
  streef.  Hoor ek vanuit `n baie groot landstreek, die  stem van `n enkeling,
  wat in  emosie beef:  Slegs vir U, my Elohim sal ek staan, sal ek leef.  Ek
  weet U  het U klein oorblyfsel nie vergeet.  Daarom sal ek die Lewende
  Genade  Brood, slegs vanuit U hand uiteet.
Ek weet U  sal die dooie dorland, vir my tot lewende waterfonteine oop
  kom  breek.  Op my vyand sal U, U wreek.  Terwyl hulle U om genade
  smeek,  sal U geheel die wêreldmag se rug stukkend breek.  Ek sal
  luister  na hul nood in hulp gesmeek.  Kyk , my hart word daarvan nie
  in die  minste week.  Terwyl U dolk van geregtigheid dodelik in hulle
  midde  steek.
U sal die  groot gruwel tot in sy diepste fondasie af kom breek.  Met
  daarna,  die Ewige Offer, weer tot U eer, aangesteek.  So, sing o, Sion
  jou  vryheidslied, sodat jou vyand kan weet, dit is jou God wat dapper
  in jou  leef.  Sing jou lied, sodat jou vyand van haar ondergang kan
  weet.   Sing o, Jerusalem jou Nuwe Lied, sonder om te vrees.  Kyk net
  jy word  as eregas genooi na die groot Bruilofsfees.  Ja,om saam met
  Elohim,  Sion en engeleskares, in die Paradysfees te kan wees.
Openbaring 3107
GEBOORTE VAN DIE NUWE TYDVAK
5 Desember 2021 Sondagoggend 00.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Vanuit die  foutiewe datum van die voorlaaste eeu, kom die klank van
  `n  profetekind se geskreeu.  Die wind het nou loeiend saam geskreeu
  en in  ongelooflike koue, stort in hierdie winter, oor die Weste en ook
  Asië,`n  ongekende vrag sneeu.  Onder die verkluimde vlerke van die
  pikswart  spreeu, sterf ook die kuiken, van die spierwit meeu.  Luister
  daarom na  die grom van Juda die leeu, wat oorgaan in oorlogskreet.
  Luister  daarom na die angskreet, van `n bose wêreld se geskreeu. 
  Weet dit  is die einde van `n tydvak, in die geboorte, van die duisend-
jarige vredestyd,  se heel eerste eeu.
Openbaring 3108
DIE KOMS VAN DIE GROOT KATASTROFES
6 Desember 2021 Maandagoggend 05.04
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Luister  oor berge en dale, deur kranse en klowe.  Kom die eerste groot
  gedreun,  in `n reeks van geweldige katastrofes.  Wee daarom die belofte
  van valse  vrede, in die lasterspreuke van wêreldfilosowe.   Wee ook die
  skynheilige  filantrope.  Wee die wêreld in haar voorgeskrewe wette, by
monde van  die media bode.  Wee ook hulle valse abstrakte kode, in die 
eendenkrigting van wêreldgelowe.
Wee die  valsprofeet wat deur die vatikaan, wêreldvrede, kom belowe.
  Kyk, oor  die bloeiende wêreldwond, groei daar ewig nooit weer
  genesende  rowe.  Wee daarom die wêreldblindes en die sisteemdowes.
  Onderrig  in afskuwelike wêrelduniversiteite en -skole.  Niks anders as
  die hel  se heel diepste hole.  Wee elke Babiloniese hoereerder in die
rooilig van  die kerksinode.
Kyk, om  hierdie rede, beef die aarde, sy ruk en verskuif haar kosbare
  pole.   Luister daarom na die gedreun wat eggo deur berge en dale.  Dit
  vibreer  deur kranse en klowe.  Dit kom op windgedruis, ja, in die eerste,
  dodelike,  katastrofe.
Openbaring 3109
OP DIE DAG…..
7 Desember 2021 Dinsdagoggend 01.30.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Op die  dag wanneer die maan in bloed verkleur en die son in verdonkering
  middeldeur  skeur.  Dit is `n dag van duisternis, die dag sonder enige
  vergifenis.   `n Dag versier met verwelkte blomme,  sonder enige kleur of
geur.  `n Dag waarop die vroue en moeders sonder  troos, droewig treur.
Op  hierdie dag wanneer die trekdier met sy laaste krag probeer vorentoe
  beur.   Op daardie dag lê die eens pragtige land, verwoes, onder
  ongekende  terreur.  Kyk, op hierdie dag sal die eens sagte grasherkouer,
  die  gevaarlike roofdier, sonder enige genade verskeur.  Op daardie dag
  verander  die uitspattige kleure van die landsvlag in `n doodsvaal, gryskleur.
Ek hoor  `n stem wat roep:  Wie het so uitspattig met die wêreldsisteem
  flankeer?   Wie het saam die wêreldleuen die Waarheid onteer?  Wie het
  vreesbevange  onder die wêrelddruk geretireer?  Laat die vlamme van
  die hel  hulle nou kom verteer.  Wie het agter die kerk aan hoereer, terwyl
  hulle  spottend die regverdiges so verkleineer?  Wie het die Ordes van God 
gekritiseer? Wie het Hom in Sy werke geopponeer?
Wie het die  heilige aparte altaar onteer?  Kyk, hulle almal het voor die
  troon van  God gefouteer.  Bring daarom die opperbevelvoerder Beuel.
  Sodat hy  hulle nie onthoof, maar tot onvrugbaarheid kan kastreer. Sodat
  daar geen  nageslag vanuit hulle, weer die aarde kan onteer.  Wee daarom
  elkeen  wat teen hierdie straf sal protesteer.  Maar uiters geseënd is
  elkeen  wat teen die wêreldorde sisteem sal rebelleer.  Ja, geseënd is hulle,
reeds in  die vlees, sal hulle met heilige, hemelse engele begin kommunikeer.
Openbaring 3110
2022 IN GROOT VERGAAN
8 Desember 2021 Woensdagoggend 01.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In `n  gesig het ek `n muurklok op twaalf, stil sien staan.  Ek het verstaan die
  jaar 2022  is die begin in die einde van die groot vergaan.  Ek het die stemme
  van  konings wyd oor die planeet hoor gaan.   In hierdie tevergeefse verwyt
was dit  net bitter blaam op blaam.
Ek het  die Russiese president op `n hoogte sien staan.  Sy vyand het
  desperaat  maar mis na hom geslaan.  Die kroon van die oorwinnaar was
  aanvanklik  aan hom toegestaan.  Mits hy ver van die uitverkore, klein
  Boervolk  sou staan.  Maar ook het ek die sekel weer in die midde van
  hierdie  volkie sien slaan.
Wee daarom  die liberale en wêreld gehoorsame wetenskaplikes wat in die
  midde van  hierdie volk as raadgewers wil staan.  Wee die gevaksineerdes
  en wee  die Luciferiaanse wêreldslawe, wat net een van die verseëldes sou  
teenstaan. Ja, in `n naggesig het ek `n muurklok op twaalf sien stil staan.
Die reeds  so Bekende Hand op die muur het in bloedskrif oorgegaan.  Met
  op die  tong, net die sout nasmaak, van die tevergeefse traan.  In die
  motto van  die waan.  Was die enigste begrip, geweeg en te lig bevind, om
  die  kosbare Godswoord te kon verstaan.  Daarom  sal die Groot Goddelike
  stilte  oor geheel die wêreld gaan.  Die jaar 2022 is die begin van die einde,
van die  groot vergaan.
Openbaring 3111
IN DIE STORMWIND
09 Desember 2021 Donderdagoggend 05.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die stormwind  het verwoestend geraas en Nagash die adder het daaroor
  gesis en  geblaas.  Die mens wou hulle inderhaas na veiligheid haas.  Maar
  net `n  uitgekose getal het hulle agterna oor die groot verwoesting verbaas.
  Vanuit  die idiotiese huis van kommentaar, hang daar van die dak, `n stuk
stinkende  aas.  Dit is `n brokstuk van vrot, Belgiese en Hollandse kaas.
Maar  Engeland, die stommerik, dink steeds sy is net die kaas.  Terwyl sy
  haar as  hoof oor al die Westerse lande op wil blaas.  Maar in die komende  
stormwind se groot geraas, sal sy saam haar bondgenoot, Amerika, moet
  afblaas.   Kyk, haar groot verwoesting, kom oor London tot so ver as haar
  mees  afgeleë plaas.
Openbaring 3112
MET DIE KOP IN DIE SAND
10 Desember 2021 Vrydagoggend 06.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien  `n volstruis met haar kop in die sand.  Om beide haar poothoewe,
  span `n  stewige bindband.  Om haar, staan haar kuikens, in basterskand.
  Ja, in  die verbastering van `n Afrika volstruis en `n emu van Australiese
  kant.   Ek vra:  In watter kontinent of land,  staan sy so met haar kop in die
  sand?  Ek hoor `n stem wat sê:  Sy staan in die  land met menig Boervolk
  daarin  gestrand.  Kyk, die pad terug na Afrika, is net vir `n kort oomblik
vankant.
Maar ongelukkig  staan daar by die Suid-Afrikaanse immigrant.  Netsoos
  die  onnosele volstruis, oor die status van hul veiligheid, met hulle kop in
  die  sand.  Maar nog steeds is hulle daaroor arrogant.  Binnekort is hulle
  heeltemal  gestrand.  Met die uiteinde daarvan, `n doellose toekoms,
  vasgevang  in die woord stagnant.  Salig daarom die enkeles wat weet,
  hulle  prioriteit lê aan die regte kant.
Openbaring 3113
KIEME WAT KOMMUNIKEER
11 Desember 2021 Saterdagoggend 04.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In `n  gesig kyk ek deur `n mikroskoop.  Ek sien `n kiem wat met `n ander
  kiem  kommunikeer.  Die eerste sê:  Kyk, ek het die eerste fase suksesvol
  uitgesorteer.   Die tweede behoort aan jou, so wat gaan  jy probeer?
  Laaste  antwoord sondermeer:  Kyk, ek het jou klaar van agter, met my vele
spikes  gesodomiseer.  Ja, van alkant af het ek jou gepenetreer.
Daarom  word ons vele, individuele, nuwe kinders, vanuit jou, in veral
  kindergashere  gemuteer.  Laat ons daarom nou as moordkieme met die
  mens  begin gekskeer.  Dit wat hulle ookal sal probeer.  Sal ons lag-lag,
  met mag  en mening afweer.  Ons sal hulle longe erg affekteer.  Met hul
  kele wat  wild in sere sal sweer.  Kyk, geheel hul liggame, sal ons teer en
  veer.   Daar is niemand vanuit hulle wetenskap, wat ons kan keer of
  besweer.
Openbaring 3114
DIE VRUGBARE VROU
12 Desember 2021 Sondagoggend 00.20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor `n stem wat roep:  O, kyk die suiwer maagd is besig om te
  ovuleer.  Soek daarom die edel Olyftak op die wilde Afrika  Olienhout
  in geokuleer.  Ek hoor `n engel roep:  Te laat vir  spekuleer.  Te laat
  vir murmureer of verweer.  Te laat  om God met mooi woorde te wil
  eer.  Te laat om nuwe geloftes aan die hemel te probeer  sweer.  Ewig
  te laat om te laat hoor:  Heer o, Heer, kyk, in sak en as wil ons,  ons
hoof in ootmoed voor U Aangesig, kaal skeer.
Dit is te laat om jou wêreldvoorkeure toe te probeer smeer.  Te  laat om
  die politiek oor jou stemkeuse te blameer.  Te laat om jou dwaling  op
  jou kerk te projekteer.  Te laat om nou om te swaai en ander te  probeer
  leer.  Te laat om die reeds so  skewe weg, na reguit om te keer.  Kyk, `n
  menigte was geroep, maar net enkeles het gereageer, was werklik bereid
  om iets te probeer.
Ek hoor weer die stem wat roep:  Kyk, die heilige aparte maagd, is
  besig om te ovuleer.  Soek daarom inderhaas na die suiwer Olyftak,
  eens op die wilde Afrika Olyf geokuleer.  Laat die grotes van die
  wêreld nou begin spekuleer.  Wie is die Godsverseëldes, vir die
  duisendjarige Vredestydperk, genomineer?
Kyk, geheel die Weste word binnekort op sy dak omgekeer.  Op die Ooste
  word minagtend geurineer.  Europa lê onder mensmis toegesmeer.  Daar
  is geen reddende hand, wat die wrede lot van Amerika weg kan keer.
  Afrika word deur homself geterroriseer.  Deur burgeroorlog op  burgeroorlog
  word hulle tot niks verteer.
Maar die Edel Olyftak word weer op haar Suiwer Oorspronklike wortel-
  stelsel terug geokuleer.  So, wie kan die Beskermende Hand van God,
  van sy geliefde kinders wegkeer?  Daar is niemand wat sonder Sy Wil,
  hulle kan besweer, of net in die minste kan skaad of beseer.  Kyk, die
  klein skerm in die wilde stormwind, is as verseëldes, as Gods  oorwinnaars,
  vir die einde van hierdie tydvak, genomineer.
Openbaring 3115
DIE ONVRUGBARE VROU
13 Desember 2021 Maandagoggend 02.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Kyk, die eens Godgeliefde volk het totaal verbrou.  In Suid-Afrika  brand
  die kerk se lampie daarom uitermatig flou.  Met die donker gat,  klaar, in
  die massagraf gegrou.  Staan die gemeentes, met leë hande, sonder
  offer, om na God uit te hou.  Ek hoor die smeekgebed van `n  onvrugbare
vrou.
Sy roep:  O, God my liefde vir U  was uitermatig lou.  In geheel my bestaan
  het ek in alles verbrou.  Met geen nasie vanuit my skoot vir U  gebou.  Met
  geen suiwer edelkind om as trofee na U uit te hou.  So word die  Oordeel
  nou oor `n geaborteerde volk uitgehou.  Oor wie gaan ek treur en oor wie
  gaan ek rou?
Kyk, weldra het die suiwer maagd, haar U, haar Man om mee te trou.
  Weldra het sy haar edelkind, om liefdevol, in haar arms vas te hou.  Ja,
  `n suiwer oorblyfsel het sy vanuit haar skoot gebou.  Vir U en  haar, om
  in die duisendjarige vredestyd, in liefde te aanskou.
Openbaring 3116
DIE SLAG VAN DIE EERSTE BOM
13 Desember 2021 Maandagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Vanuit `n onverwagse bron, kom die groot slag van die eerste bom.  Kyk,
  sonder waarskuwing sal dit skielik kom.  Eers daarna, verduister in  stof,
  rooi die son.  `n Nuusleser roep:  Met die dodetal in  ongekende magdom.
  Lê wyd versprei in skrootyster en glassplinters, die eens pragtige stad,  van
glas en beton,
Die Weste en die Ooste begin nou boosaardig vir mekaar te grom.  Luister
  vanuit die Jodedom, kom die groot besluit, by monde van `n Engelse  Mason.
  Die nuusleser roep weer:  Kyk net na die stofwolk daar op die  horison.  Met
  oraloor net nog bomme wat nou oral oopblom.  Die Amerikaanse  president
  raak nou van onnosel seniel, regtig swaapdom.
Geheel die Weste roep benoud:  Neem asseblief. alle besluitneming,  summier,
  weg van hom.  Maar vanuit die Weste of is dit dalk die Ooste, val  klaar die
  eerste onverwagse kernbom.  Ja, wat in `n reuse wit wolkkolom, in  `n padda-
  stoel oopblom.  Ek hoor die spoke van Hirosjima roep:  In die geestesrealm,
  het ons dit reeds `n geruime tyd, sien aankom.
Openbaring 3117
‘N STINKENDE FEESMAAL
14 Desember 2021 Dinsdagoggend 03.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien aasvoëls wat hulle inderhaas na `n plek in die Weste haas.   Ek
  sien die aas en staan verbaas, oor die groot getal lyke, wat in  ontbinding
  opblaas.  Ek hoor `n groot geraas en sien die eindtydstorm wat  woedend,
  sis en blaas.  Ek hoor die dodemars gespeel op fluit en bras.   In die
  massagraf, lê Baas, nou sonder onderskeid, begrawe saam met Klaas.
Met op die graf, geen krans, of net `n enkel blom in `n vaas.
Ek sien `n bloederige haas en hoor `n stem wat sê:  Daar kom groot
  moeilikheid voor die volgende paas.  Ek sien die aasvoëls hul nou  na
  verskillende plekke, globaal heen haas.  In pes, oorlog en  hongersnood,
  kom `n groot geweeklaag, in hel geraas.  Dit is die eindtydstorm, wat
  nou woedend, sis en blaas.
Openbaring 3118
MET DIE WESTE VERVLOEK
15 Desember 2021 Woensdagoggend 01.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
So swart soos roet en rooi soos bloed.  Staan Europa binnekort met
  gebreekte moed.  Vanuit London tot in Frankryk, reg deur die Weste,
  trek `n lang, pikswart, stoet.  Ek hoor `n stem in Engels  roep:  Wee o,
  wee, ons is werklik diep vervloek.  Waarop `n groot engel antwoord:
Julle het mos openlik, daarvoor gesoek.
Vanuit Amerika kom die skril klank van `n feeks wat roep:  Kyk, van
  nou af dra ek alleen die broek.  Net daarna word in rantsoen op
  rantsoen, die landsburgers in alles wreed gesnoep.  Daar is geen
  brood, wat staan nog snoeperye, of net `n stukkie koek.
Met alles nou bitter frank is daar niks meer soet.  Met brandstof,
  onbekombaar duur, loop die massas, binnekort te voet.  In “marshall  law”'
  heers die polisieman nou saam die weermagtroep.  Die jongmanne word
  sondermeer, vir diensplig opgeroep.
Kyk, in droogte en ook vloed, kom onverwags, aardbewing en tsunami,
  met `n spoed.  Die vulkane spuug hulle lawa nou verwoed.  Die  volke en
  nasies protesteer verwoed, terwyl hul roep:  O, waarom moet ons,  ons
  vryheid, op wêreldorde woord inboet?
Maar die grotes antwoord:  Dit het alles wel sy doel, hou daarom  nou
  net jul smoel.  Met `n nuwe regeerder in die wêreldstoel.   Beveel die
  pous, almal moet oor hom droel.  Ja, so swart soos roet en rooi  soos
  bloed.  Staan geheel die wêreld binnekort, met gebreekte moed.
Openbaring 3119
IN TRIPPEL SES IS DIE KONING BLES
16 Desember 2021 Donderdagoggend 03.45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met die hel nou `n vuurwarm es.  Skrop Lucifer in die wêreld finaal  sy
  nes.  In die groot pes, heers  binnekort, die getal, ses-ses-ses.
  Maar Engeland gaan binnekort behoorlik oor alles stres.  Kyk, van
koning tot koning, en kort daarna weer koning, is beide van hul bles.
Kyk, die groot pes gaan hul tot op die bitter einde in alles goed  verpes.
  Wee daarom alles Wes.  Maar weet ook, globaal, bars geheel die res.
  Al probeer die wetenskap ook hoe hul bes.  Die hemel slyp vlymskerp
  haar Oordeelsmes.  Met die hel nou `n vuurwarm bloedige es.  Kom in
  geween en tandgekners, die groot gestres.  En heeltemal te laat,  leer
  die mens hul les.
Openbaring 3120
KNIELEND VOOR DIE AFGOD
17 Desember 2021 Vrydagoggend 03.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Wie vanuit Juda, kniel in joga, voor die afgod Boeddah?  Wie hoer  met
  Babilon en hou op die spoor van Mammon?  Wie vanuit die Boervolk het
  verdwaal agter Baäl, terwyl hul in die duisternis van kerkers neerdaal?
Kyk, `n volk het hul El verlaat, daarom sal Hy hul wees agterlaat.
By Sy seëning sal hul nie langer baat.  Sy gebooie het hulle mos
  gehaat.  Daarom word hulle nou op elke gebied geskaad.  Agter  die
  groot leuen, voeg die wêreldling in trou, hul woord en daad.  Hulle
  maak die Bose, hulle vertroueling, vriend en maat.
Die wêreldmens vrees die wat die liggaam kan dood en skaad.  Daarom
  het die Gees van God, hulle nou vir ewig verlaat.  So, waarby kan  hulle
  siel in die ewigheid nog baat?  In die vergadering van die  Allerhoogste,
  sit die goddelose, nooit weer in die heilige raad.
Deur die groot leuen is hulle ingebaster in Satanssaad.  Teenoor  hulle
  naaste staan hulle skuldig in hoogverraad.  Hulle voeg hulle  biddend,
  onderdanig, by die Bileamsberaad.  Hulle voete, hardloop vinnig  agter
  elke gruwel en die kwaad.
So, wie kniel daar vanuit Juda, voor die afgod Boeddah en ook Baäl?
  Hulle aanbid die hoer van Babilon, wat wydsbeen sit, op die rug van
  die gruweldier, is sy opgesaal.  Hulle  aanbid die son en  bring hul
  eer aan Mammon.  Maar in hul eindtydnood, roep hul na die Skepper
  en wil van Hom weet.  O, God, waarom?
Openbaring 3121
IN DIE SIRKELVLUG VAN DIE KRAAI
18 Desember 2021 Saterdagoggend 04.05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die naklank van die Boer se werfhaan, wat driemaal, in verraad sou
  kraai.  Het die tyd vanuit negentien-twee-en-negentig, na twingtig-twee-
  en-twintig omgeblaai.  Die wêreldorde  het vooruit geweet, maar die
  massas het heeltemal mis geraai.   `n Kleine volk was verloën, verniel,
verraai.  So sit hul nageslag vandag, met `n probleem , so groot  tamaai.
Kyk daarom na die vlug van die Afrika pikswart kraai.  Daar waar hy
  onheilspellend oor Pretoria en Johannesburg in `n sirkel draai.  Binnekort
  moet alle skepe anker in die naaste baai.  Terwyl die oorlogswinde  van
  alkant oor die wêreld begin te waai.  Dit, so hoopvol gesaai, raak nou karig,
  in die maai.
Met verwoestende winde wat infrastrukture om bly waai.  Is die  lanferlap,
  op die mou van die roukleed vasgenaai.  So wag die massagraf, vir  die
  menigtes, net om die draai.  Met die Rooikruis wat vir oulaas  probeer,
  om lewensmiddele, vir die slagoffers af te laai.
Maar onder die terugtrek van die groot tsunami, lê die lyke wyd gesaai.
  Onder oorlog en onlus, lê die bloed globaal, dik en taai.  Kyk net in die
  mimiekdans van die Afrika papegaai.  Daar lê die Boer, weer in sy
  goedertrou, dood, in sy maai.  Netsoos Piet Retief, het hul weer  blind,
  in valse vredesverdrag, laat waai.
Kyk daarom na bo, in die lug daar by Pretoria en Johannesburg, draai
  onheilspellend, nou die pikswart kraai.  In ou vervalle begraafplase,  raas
  die Boerespoke van weleer, oor hul swak nageslag, wat die voorlaaier,
  nie meer kan herlaai.  Ja, daar waar die manne van vandag,  brandewyn
  in die hand, om die rugbyvuur, sonder enige gewete, “dapper” hul vleisie
  braai.
Openbaring 3122
VIR WAT?
19 Desember 2021 Sondagoggend 04.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In dit en  dat vir wat?  Begin alles in die groot tweespalt uitmekaar te
  spat.   Die Amerikaanse basterbrak verbeel hom hy is Goliat.  Maar
  `n enkel  klip laat hom in stukke uitmekaar uitspat.  Die wetenskap
begin  elkeen in sy eie denkrigtings in te stap.
Globaal  staan in elke laaisone, nou net krat op krat.  Maar daar heers
  `n  tekort, in hongersnood, in menig dorp en stad.  Daar is geen brood
  op die  winkelrak, met weinig wyn oor in die vat.  Europa roep benoud:
  Ons is  koud en ons is nat.  Maar die elite sit warm op `n duur Persiese
  mat,  snoesig toegepak, onder skat op skat.
In  bondgenootskap skud konings en bankiers nou met mekaar die blad.
  Maar die  man op straat, bly maar net `n armsalige kakkerlak.  In die
  Midde-Ooste  begin die massas na hulle asem snak.  Aan `n ysterhak,
  word hul  gesleep na `n groot massagraf.  In breedte wyd, maar in
  diepte  vlak.
In die  dak van die Vatikaan verskyn onverwags `n grote gat.  Die pous
  raak  hierna oornag siek en swak.  Terwyl Satan nou genotvol sy lippe
  smak.   Praat die Weste steeds tot sy eer, net `n klomp twak.  Die duiwel
  skud in  `n finale “adios” nou met wêreldkerke, totsiens, die blad.
Die wêreldpopulasie  begin wild uit te roep:  Elke Covid  dokter is net
  `n dom  kwak.  Kyk, al die pasiënte raak onder hul behandeling net nog
  sieker en  swak.  Die eens breë weg raak ook nou in verval, gevaarlik,
  glibberig  en glad.  Menig stedeling vat nou hoopvol op oorlewing, na
  die  wildernis, hulle pad.  Maar weinig van hulle, het soos die gesoute
  prepper,  genoeg vir hul toekoms ingepak.
Met  infrastruktuur, dienslewering, nou so stadig soos `n slak.  Word
  die  verbruiker deur sy owerheid oor elke klagte vinnig afgejak.  Ja,
  in dit en  dat, terwyl almal vreesbevange na hulle asem snak.  Wil
  menigtes  nou weet, vir wat?  So begin alles nou in die groot twee-
  spalt,  uit mekaar te spat.
Openbaring 3123
PATRIOT, VIR JOU WAS DAAR GEJOK
20 Desember 2021 Maandagoggend 04.05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met niks  wat meer wil vlot, vang die adder nou gemaklik sy rot.  Al
  woon jy  in paleis of krot.  Patriot, patriot, dit raak nou tyd en jou
  regering  eis jou kop.  In verraad was dit net plot op plot.  Die
verskoning  was, blameer jou God.
Vir die  wêreldsot was daar wyd gejok.  Soos redelose skaap, word
  geheel  die wêreldling, sonder vryheid, ingehok.  So, luister na die
  tik-tok,  tik-tok, van die groot ou klok.  Ook op vermaak en genot,
  kom  binnekort `n groot verbod.  Maar na illusie vryheid, word die
  mens, met  `n groen paspoort nader gelok.
Kyk, die  mens lê klaar gereed, met sy kop op die slagblok.  Die kerk
  slaan nou  wild en wakker, na almal met die blaamstok.  Maar die staat
  bliksem,  genadeloos, na sy burgers met `n “Marshall law” sambok.
  Hulle vertoon  die gevaksineerdes as hul gelukbringer maskot.  Maar
  die ander  eindig soos van ouds op, in `n bees spoorwegtrok.
Patriot-patriot,  met niks wat meer wil vlot.  Teen wie rig jy nou jou haat
  en wrok?   Kyk, jou regering, eis nou sondermeer, of verduideliking jou
  kop.   Vir hulle moet jy dapper dood, om daarna maar net te vrot.
  Binnekort  heers boonop in pes en plaag ook die sprinkaan en die rot.
In die  groot hongersnood is daar niks, wat kook in die leë pot.  Die
  bloed  begin nou oral skrikwekkend in die are klot.  Oral hang die
  stank,  van alles wat nou vrot.  Ek hoor `n stem wat vra:  Met al die
  bome wat  nie meer in bloeisels bot, wat het oornag van al die bye
  geword?
Openbaring 3124
TE VINNIG ONTSPAN
21 Desember 2021 Dinsdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Na die  skielike ontspan, staan die mens van vrees verlam.  Ek hoor die
  hemel  roep:  Kyk net na die mens, ja, na die kind van skand.  Ek sien
  hierna `n  reuse ketting om die wêreld span.  Ek sien homosapiens,
  staan  moeg en tam.  Ek hoor hul roep:  Ons  regerings, het ons sonder
  stoot of  stamp, heeltemal onkant gevang.  O, was ons in ons denkwyse,
  maar net  `n bietjie meer verkramp.  Maar ons handel mos soos diere,
  na wellus,  hormoon en drang.  In daardie wip, het die grotes van die
wêreld,  ons so maklik gevang.
Hulle lei  ons aan die neus en hou ons deur dom vermaak en sport aan die
  gang.   Biddend, het ons aan akteur en musikant, se lippe gehang.  Ons
  het ons  siel aan die skitterligte van Hollywoord verpand.  Ons het vergeet
  dat ons  van die heilige kronieke afstam.  Met Kaukasies nou in die heel
  laagste  rang.  Is hierdie ras nou vir alles vreesbevange bang.  Daarom
  draai  hulle vir ander volkere, onderdanig, altyd, die ander wang.
Hand aan  hand, loop die Adamiet, nou saam met Gam.  In gemengde
  bloed, is  hulle gemeenskaplik, aan Kus verwant.  Ja, vir `n kort oomblik,
  het  geheel die wêreld ontspan.  Hulle het gedink die virus het in dun lug
  verdamp.   Maar die skale roep:  Met Kaukasies nou in outoriteit heeltemal
  ontman.   Kom die pes met `n nuwe baadjie, vanuit `n heel ander,
  gevaarlike  kamp.
Dit tref  elke volk en land.  Behalwe op die verseëling na, ontsien dit
  niemand.   Die mens was mos openlik Satan’s trawant.  Alle gruwels,
  was in  genoegdoening, getolerant.  So kom daar nou na die skielike
  groot ontspan.   `n  Nuwe dodelike pes en hy loop met hongersnood,
  oorlog,  plaag en kataklismes, in kameraadskap, hand aan hand.
Openbaring 3125
DIE TYDING VAN PYN EN LYDING
22 Desember 2021 Woensdagoggend 03.30.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor  mense skares sing:  O, bring ons die goeie tyding.  Maar die
  hemel  antwoord:  O, was julle oortredinge maar net gering.  Dan sou
  julle  saam met engele julle lied kon sing.  Maar kyk net na die wêreld-
  ling, daar,  al biddend in `n kring, om die bose gruwelding.   Daarom
kom daar  geen goeie tyding.  Maar net die boodskap van pyn en lyding.
Met die  mens se voete in sonde vasgebind.  Met geen vryheid om sy
  weg na  die ewigheid te vind.  Is dit te laat om hulde in `n Kersfeeslied
  aan  Godskind te bring.  Te laat om `n loflied na die hemel toe te sing.
  Luister  daarom na die klaaglied van die wêreld, op die snare van die
  woestynwind.   Ruik die stank wat dit bring, van mense wat in die dood
  ontbind.
Weet die  hande word nou tevergeefs in gebed saam gewring.  Ja, in
  sangbede,  van bring ons die goeie tyding, van hoop en bevryding.  In
  refrein  kom die antwoord.  Al wat kom, is net pyn en lyding.  Met
  regerings  wat lankal nie meer kan dink.  Is daar net meer onwettige
  immigrante  wat gaan verdrink.  Ja, met die Weste se illusie stads-
  liggies  wat skitterblink.  Is dit die grootste welvaart leuen, wat ander
  nader  wink.
Met groot  skepe wat in die nabye toekoms gaan sink.  Gaan vallende
  vliegtuie,  ook in groot ontploffings weerklink.  Met die dood wat nou
  wild rond  rinkink.  Is dit te laat om `n traan vir die gestorwenes weg
  te  pink.  Met die “Grim Reaper” se beker, met mensebloed, tot oor-
  lopens  toe vol geskink.  Lê daar in 2022, menigtes, in die dood
  vermorsel  en vermink.  Laat homosapiens daarom ophou sing:  O,
bring ons  die goeie tyding, want al wat kom, is net pyn en lyding.
Openbaring 3126
GROOT AMOK
23 Desember 2021 Donderdagoggend 05.00.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor  die gebeier van `n kerkklok en sien net daarna, kom enorme
  amok.   Die nuus kom stadig, brok vir brok.  Almal dink dit is net weer
  `n groot  gejok.  Maar met `n skok sien die stadsbewoners, die chaos
  beweeg  vinnig van blok tot blok.  Ek hoor nou die tik-tok, tik-tok, van
  `n  muurklok.  Ek hoor die gejil van wrede skares wat nader kom op
  bus en  trok.  Ek sien vrouens en kinders word sondermeer wreed
  dood geskop.   Onder die aaklige kapgeluid van byl, verloor mans,
soos pluimvee,  hulle kop.
Ek sien  skaap en bees, staan slaggereed, vir `n groot feesmaal, op hok.
  Ek sien  skares nader vlok om `n vroulike slagoffer, geklee in `n bloed-
  rooi  rok.  Ek hoor die massas moorddadig roep:  Lank genoeg het ons,
  ons  argwaan opgekrop.  Daarom laat ons, ons nie meer langer keer of
  stop.   Ons kom met `n staatsgreep en dit gaan nie flop.
Ek sien  `n menigte lewelose oë in die dood omgedop.  Ek sien `n bloed-
  rooi “keps”  op iemand se kop.  Maar diè se mond word deur sy eie
  mense, in  verraad, toegestop.  Hierna sien ek die dood van menig
  rykaard  en snob.  Ja, want die massas jag nou bloeddorstig in `n trop.
  Ek sien  `n hele paar oorlewendes en hulle hou kop.  Hulle haas hulle
  vinnig na  `n berg se top.
Hulle agtervolgers  word deur die hemel self gestop.  Hierna sien ek `n
  minderheid,  wat `n meerderheid, doodsveragtend, uitlok.  Die baadjie
  word  skielik vervang en almal is nou in die een en dieselfde sop.  Slim
  het sy  baas gevang en in die groot weerwraak wil niemand die bloed-
  vergieting  stop.
Ek sien  die massa krap nou kop, want daar is geen vleis, groente, of
  net `n  handvol meel, vir `n bietjie sop.  Die winter bring nou haar koue
  en kapok  en die ellende wil nie verminder of stop.  Ja, ek hoor die
  gebeier  van `n kerkklok.  En ek sien die Vaalperd van Openbaring, oor
  Afrika  vlakte, op `n stywe galop.
Openbaring 3127
IN TWEE GESKEUR
24 Desember 2021 Vrydagoggend 04.30
www.nuutsteopenbaringevanjduithdebeer.co.za
Ek sien  `n koningskleed, dit skeur sondermeer dubbeldeur.  Ek sien
  twee  groepe in `n volk van mekaar wegbeur.  Ek hoor `n moeder treur.
  O, my  hart is seer.  My kind het haar van my weggekeer.  Ek hoor `n
  seun  protesteer.  Ek laat my nooit weer deur my vader leer.  Ek hoor
  twee  broers by alles sweer, om mekaar vir ewig nooit weer te
respekteer.
Ek  luister na twee susters wat mekaar kritiseer.  Om net daarna nooit
  weer met  mekaar te kommunikeer.  Ek hoor die stemme van mense
  wat oor hul  onseker toekoms spekuleer.  Ek hoor die  verraad waar
  die een  deur die ander gaan krepeer.  Ek sien `n landsvlag en dit
  skeur ook  middeldeur.
Ek sien  die massas word nou in alles gekontroleer en ook beheer.  Ek
  sien hoe  word die wederstrewiges geteer en veer.  Net om hul soort-
  gelykes  `n les daaruit te leer.  Maar ek sien die Woord van God was
  op die  Waarheid gebaseer.  Ek sien die Wraak van God nou na die
  wêreld  toegekeer.
Ek hoor  Sy Stem:  Wee elkeen wat dit sou waag om  `n kind van My te
  beseer.   Wee elkeen wat `n geliefde van My probeer onteer.  Daarom
  sal `n  bose wêreld in alles nou krepeer.  Kyk, al My skale laat ek op hul
  neer.   In wanhoop sal die wêreldling alles moet ontbeer.  Laat die
  koningskleed  daarom nou saam die landsvlag middeldeur begin te
  skeur.
Openbaring 3128
SEWE
25 Desember 2021 Saterdagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien  die getal sewe en `n aartsengel roep:  Ons  Enig El is Lewe.  Ek
  sien die  berge onder hierdie woorde bewe.  Wyl die Wysheid oor die
  aarde  swewe.  Ek sien die uitverkorenes word hul oortredinge vergewe.
  Wyl die  Liefde van Elohim Sionsberg omgewe.  Ek sien die Goeie Gees
  oor die  sonde nou ver verhewe.  Ja, met net ons El wat sewentig maal
sewe keer  kan vergewe.
Ek sien  liggaam, siel en gees in gelykheid, in die weergeboorte, as een
  nou om’t  ewe.  Ek sien die  honderd-vier-en-veertigduisend wat na die
  vredesryk  van God nou strewe.  Daarin sien ek volmaak al Elohim se
  Sewe  Geeste.  Ek hoor twee gerubs roep:  Heilig,  heilig, heilig, alleen
  onse El,  is die Ewige lewe.
Openbaring 3129
EWIGE RUSDAG
26 Desember 2021 Sondagoggend 00.45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die  vredeslied van die Groot Bastion, is die Ewige Rusdag aan die
  kom.   Die Vrede en Wysheid van God word daarin opgesom.  Daaroor
  staan geheel  die skepping stil verstom.  Op daardie dag sal in antieke
  Hebreeus,  die woord shalom, weer tot sy volle reg kom.  Ja, op daardie
  dag wanneer  die Groot Middelson, in die Nuwe Sabbat, oor die nuwe
  Tydvak,  as eerste, salige vrede, oop sal blom.  Op  daardie dag, skyn
  die  eerste ligstrale, van die agste eon, om die stad Jerusalem, reg
  rondom.   En op die vredeslied van die Groot Bastion.  Sal Sion die
  Bruid, na  Haar Bruidegom toe kom.  Op hierdie Nuwe  Sabbatdag,
word sy  een, met die Ewig, Lewendgewende Bron.
Openbaring 3130
ILLUSIEDROOM
27 Desember 2021 Maandagoggend 03.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Eens in  `n droom, staan daar by `n stroom, `n enorme boom.  Voëls van
  die hemel  het in die takke daarvan gewoon.  In die koelte van hierdie
  boom, het  `n koning gesit op sy troon.  Eens was hy nederig en gewoon.
Voor God  en mens was hy vroom.
Maar  hierdie koning raak toe al te trots op sy kroon.  In hoogmoed en
  in mag  het hy hom toe aan die wêreld begin vertoon.  Kort voor lank
  het hy  selfs God begin te tart en hoon.  Van koning tot ikoon, was hy
  nou net  een aaklige demoon.
In my  droom, daar by die boom, langs die stroom.  Het die water
  daarvan,  soos kokende lawa, begin te stoom.  Kort voor lank, was
  daar net  as oor van hierdie boom.  Die eens pragtige toneel, was
  nou met swart  gebrande gras omsoom.
Die voëls  van die hemel had nou nie meer `n plek om in te woon. `n
  Hemelbode  het hierna, die metafoor van hierdie droom, sondermeer
  aan my  getoon.  So lui sy woord, nou sonder versuim of skroom.
Hy  roep:  Wee diè, wat hulle as die grotes  of elite, aan die wêreld
  gaan  vertoon.  Wee elkeen, wat die Groot Genade van God, gaan
  verstoot.   Wee hulle, wat hul in hoogmoed gaan vergroot.  Wee
  elkeen, wat  terwille van aansien aan die wêreld wil behoort.
Wee die  wat behoort aan die goddelose, liberale soort.  Wee elke dom
  dwaas,  wat dink hy het homself met die Wysheid bekroon.  Wee elke
  besoedelde  wat uitroep:  Kyk, ons is silwerskoon.  Wee ook elke
  superryke  wat vir mag, hulle goud en silwer, aan die wêreld probeer
  vertoon.
Kyk,  geheel hul lewe was net `n illusiedroom.  In hul bestaan was daar
  geen  boom, daar was geen stroom.  Met geen hemelvoëls wat in die
  take daarvan  woon.  Daar was geen koning of ikoon.  Geheel hul
  bestaan  was net `n sinnelose droom.  Net `n illusie lugspieëling, wat
  vir `n oomblik,  in die wolke, tot niks sou stoom.
Openbaring 3131
MET DIE GASTE ONGENOOI
28 Desember 2021 Dinsdagoggend 04.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met die  jeug so mooi en die ouderdom beplooi.  Word die bruid getooi
  en die  bejaarde in die Ouetehuis weggegooi.  Met die jongeling so
  fraai en die  oue in sy maai.  Roep die kêrel:  O,  hoe mooi is my nooi.
Maar in  `n versnelde toekoms, is sy vrou klaar in haar graf toegegooi.
Met die  feesliggies klaar weggepak in `n laai, is die volgende Kersfees
  klaar om  die draai.  Maar `n eens heilige volk lê wêreldwyd verstrooi.
  Hulle het  hul God gewetenloos weggegooi.  Met `n vergete landsvlag
  wat  halfmas waai.  Oor `n Boervolk wat mekaar gevoelloos sou verraai.
In `n  hongersnood met geen voer, strooi of hooi, wat vreet die arme
  skaapooi?   Ook die mens roep:  Alles is so saai, met  nêrens eers `n
  bietjie  kraakvars slaai.  Hul vergeet in die vet jare het hulle als versmaai.
  Met  weeluis en vlooi, nou irriterend in die kooi, is daar nie eers gif oor
  om vir  die rotplaag uit te gooi.
Die  gewere lê klaar gelaai, vir `n burger- en globale oorlog, om die
  draai.   Met ongekende prysstygings wat die verbuiker looi, vra die
  belastinggaarder  steeds gewetenloos sy fooi.  Met tye nou so taai, is
  daar geen  vleisie om te braai.  Daarom het die positiewe belegger, toe
  heeltemal  verkeerd geraai.
Met die  roos verlep en nie meer vars en rooi.  Wie gee nog om vir die
  woordjie  mooi en wie word nog na die feesmaal uitgenooi?  Met alles
  nou in sy  maai, laat die winde maar verwoestend waai.  Ja, oor `n land
  waar  verwarde ouers, nie meer hul bang kinders kan troos of paai.
Op `n  feesmaal met gaste ongenooi want `n volk lê mos wyd verstrooi.
  Hul het  mos hul God vir materiële gewin weggegooi.  In daardie land,
  dink die  jongeling hul is nog alte fraai.  Hulle dink hulle kan nog saai en
  maai.   Maar hulle Oordeel lê reeds om die draai.
Openbaring 3132
IN VLOED EN BRANDGLOED
29 Desember 2021 Woensdagoggend 00.20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Is dit `n  olifant of was dit `n mammoet?  Was dit `n vloed, of `n
  meteoriete  gloed?  Kom die volgende Oordeel stadig, nou te voet?  Of
  kom dit  op die vlerke van die wind, met `n spoed?  Spoedig waai die
stormwind  verwoed en die vulkaan se rook is swart soos roet.
Ek sien  `n grote stad lê heeltemal verwoes.  Oraloor, hoor ek mense
  hygend,  hoes.  Luister, die tortelduif het ophou  koer en die Boer het
  daarmee  saam ophou boer.  Die duiwel het die pot omgeroer en die
  regering  het die volk se mond gesnoer.
Met  infrastrukture binnekort in hul moer.  Soek die pendelaar nou
  tevergeefs  na vervoer.  Die man het opgehou om na die vrou te loer.
  Daarmee  saam, krepeer in die rooiliggebied, nou die hoer.  In die
  skemerlig  hoor ek die Rooiperd proes.  Dit is heeltemal te laat, om
  vir die  gevaar weg te koes.
Is dit  oer- of is dit toekomsgoed?  Is dit `n olifant of was dit `n mamoet?
  Maar hoe  dit ookal moet, die mens gaan verseker boet.  So kom daar
  vure in  bloedrooi gloed.  Oor berg en dal, oral kom `n enorme vloed.
  Daarmee  saam raas die tsunamis ook verwoed.  Terwyl aardbewings
  die mens  gaan laat boet.
Die pes  wil nie skoert en menigtes hoes nou bloed.  Ja, dit alles moet,
  want dit  is nou eenmaal eindtydgoed.  So, lig in groet, o, mens nou jou
  hoed.   Wie weet, miskien is jy ook een, wat gaan boet.
Openbaring 3133
WERP DIE LOT…
30 Desember 2021 Donderdagoggend 04.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
By die  riviere van Lamos waar oewers begroei is met mos.  In daardie
  kontrei  begin `n groot gemors.  Ek hoor `n baba huil en sy ma sê:  My
  bors is  leeg en my kind is dors.  Hierna sien ek `n groot skeur in die
  aardkors.   `n Staatsman slaan homself wanhopig op die bors.  Hy roep
  en sê:   O, alles is net een groot gemors en daar is niemand wat ons van
die chaos  en verval kan verlos.
Hierna sien ek Amerika, die eens so groot kolos. Al om sy kuslyn sirkel
 onheilspellend `n  pikswart albatros.  Kyk, vanuit sy ellende  word
  hierdie  land ewig nooit weer verlos.  Met goeie rede begin selfs sy
  soldate  kort voor lank te dros.  In hulle wingerde, verdor en vrot, onder
  vloed en  droogte, die druiwetros.  In hulle wynvat gis daar vir wyn,
  weinig  mos.  Ja, met op hulle rakke alhoe minder proviand en kos.
In beide  Amerika's raak die hel nou behoorlik los.  Oral brand stad,
  habitat  en bos.  Die winter sprei in dubbelmaat haar sneeu karos.
  Wat net  nog meer lewensverlies gaan kos.  Ek sien `n engel en hy
  werp die  lot.  Hy raak verspot, hy terg en spot.  Hy roep en vra:  Wie
is nou  eintlik die Weste se afgod?
Hy  antwoord self sy vraag en sê:  Dit is die groot gruweldier, gebaar
  vanuit  hulle Sataniese komplot.  Kyk, op hulle eie waansin, is hulle
  nou  heeltemal versot.  Maar met die spotter word nou self gespot.
  Daarom  kan niks meer vir hulle in voorspoed vlot.  Hulle bome sal
  nie langer  bot.  Wyl die bloed in hulle are, in derduisendes sal klot.
In pes en  plaag heers oor hulle nou die sprinkaan en die rot.  Hulle
  pragtige  voorstede word afgebreek tot armsalige buurtkrot.  Die
  massas sleep  hulle heersers ongevoelig, na galg en skavot.  Die
  grotes  van die aarde vlug hierna na spelonk en grot.  Maar onder
  die val  van `n groot kontinentale aardplaat, vrek, terstond, die hele
  lot.
Openbaring 3134
IN DIE MIMIEK VAN DIE AAP
1 Januarie 2022 Saterdagoggend 00.12.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In raap  en skraap word die laaste bietjie nou vinnig opgeraap.  Sonder
  `n  stukkie bees of `n stukkie skaap.  Vergaan en verswak daarna die
  smulpaap.   So, wat word nou van die onversadigbare vraat?  Luister
  daarom na  die hoë frekwensie van die HAARP.  Gebring op `n
  frekwensie  wat G5 na-aap.  Weet daarom daar gaan miljoene as
gevolg  hiervan ontslaap.
In die  mimiek van die aap, sing die wêreldswaap op die eentonige
  deuntjie  van `n vasgehakte plaat.  So stel elke swaap op straat,
  homself  aan die kaak.  Om deur op sy onbevoegde staat, staat te
  maak.  So, nog `n bietjie sluimer en nog `n bietjie  slaap.  Daarin het
  die liberale  sot heeltemal nagelaat om te waak.
In  tweespalt en tweedrag lê die haat nou wyd en braak.  Terwyl die
  massas  nou aggressief begin te staak.  Maar dit maak die een-
  wêreldorde  baie kwaad en spoedig neem ook hule ongevoelig wraak.
  Die man  op straat begin om in geheime taal met mekaar te praat.  Dit
  versterk  sondermeer hulle saak.  Maar op goud en geld kan hulle hul
  nie meer  langer verlaat.
Almal vra  nou desperaat na erfsaad en op die wildernis wil menigtes
  hulle nou  verlaat.  Maar met geen passaat, raak dit vir baie te laat, om
  `n plan  te probeer maak.  Terwyl die mens sy owerheid nou oor alles
  vervloek  en smaad.  Begin baie om hulle op die genade van naaste-
  liefde te  verlaat.
Ek hoor  vele roep:  Luister my ou maat, gee my net asseblief `n bietjie
  raad.   Kom ons voeg terwille van oorlewing, saam die woord by die
  daad.   Kyk, my gesin staan soos joune, honger, koud en naak.  Laat
  ons daarom  nou so saam-saam, begin raap en skraap.  Ja, kom ons
  raak uiteindelik  nou paraat.  Maar weereens hou die nuwe saam-
  gestelde  wêreldstaat glad nie van hierdie soort gepraat.
Hulle hou  raad en sê:  Kom ons maak dit `n “Martial law”, weermag
  saak.  O, hoe treurig en droewig is die dag, van die  politiek in
  selfsugtige,  taak.  Ja, wanneer die staat, in eie belang, sy burgers,
  dood  begin te maak.  Luister daarom na die mimiek in die spotlied
  van die  aap.  Daar sing lustig, die liberale wêreldswaap, steeds sy
  lied, op  die deuntjie, van `n vasgehakte, wêreldsisteem plaat.
Openbaring 3135
DIE STEDE STAAN BELEëR
2 Januarie 2022 Sondagoggend 03.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Amsterdam  is beleër en `n Hollander het inderhaas Afrikaans aangeleer.
  By een  God word nou hoog en laag gesweer.  Die staat word besweer,
  maar die  liberale, laat hom nie maklik bekeer.  Konings word nie meer
  langer  geëer.  Staatsleiers word onteer.  Terwyl niemand die dood van
die  bankiers betreur.
Ek hoor  menigtes murmureer.  Die stand van wêreldgebeure word wyd
  gedebatteer.   Ek hoor die menigtes murmureer.  Maar ongelukkig word
  daar  alweer teveel nuwe leiers genomineer. En terwyl goed 
  georganiseerde  bendes manifesteer.  Begin verskillende groepe mekaar
  terroriseer.
Parys  staan beleër en `n Fransman het inderhaas Afrikaans aangeleer.
  Menig  lande begin hulle staatsleiers te kritiseer.  Terwyl diè inderhaas
  probeer  om alle begaande foute toe te smeer.  Ironies genoeg is daar
  nou vele  wat nou na Afrika wil immigreer.  Maar die “deepstate” beweer,
  almal is  alweer besig om te fabriseer.
Die wêreldorde  dreig blatant:  Wee elkeen, waar die mikrochip makeer.
  Hierna  word die harde waarheid en werklikheid nie meer langer toe-
  gesmeer.   Een wet word sondermeer globaal in alle howe genoteer.
  Alles en  almal, ryk of arm, word nou oor een kam geskeer.
Ja, almal  is nou onder een wêreldsisteem beheer.  Maar die pes laat
  hom deur  niks en niemand stuit of keer.  Tot sy volle krag en potensiaal
  begin hy  nou muteer.  Met die Dood wat nou wyd triomfeer.  Verloor
  regerings,  vinnig, globale beheer.  Ek hoor `n Italianer, `n Engelsman
  en `n  Chinees wat inderhaas, desperaat Afrikaans aanleer.
Ek  wonder, verwonderd, waarom hulle so graag in hierdie taal wil
  kommunikeer?  Ek sien al die groot wêreldstede staan beleër.   Ek sien
  ook al  God se skale kom nou sporadies en doelgerig, op `n bose wêreld
  neer.   En ek weet, die Oordeel is hier, om die wêreld `n baie duur les te
  kom leer.
Openbaring 3136
IN SAK EN AS
3 Januarie 2022 Maandagoggend 02.00.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Terwyl die superrykes weereens feesvier en bras.  Moet die  werkersklas
  die feesmaal maar net weer verpas.  Ek sien `n stad in sak en as en
  almal vra met mening nou na petrol en gas.  Met niks meer oor in  die
  dikderm om te ontlas.  Moet `n land soos Eutopia nou maar nood-
gedwonge vas.
Die Weste dink Afrika raak `n enorme las.  Maar skynheilig roep  hulle:
  Ons is van een en dieselfde klas.  Maar sonder om doekies om te  draai
  reken China:  Kyk net aan Afrika kant, hoe groen is die gras.  Kyk net
  terselfdertyd, hoe leeg raak my koskas.  Daarom maak ek my slim aan
  hierdie kontinent nou vas.  Tot my voordeel sal ek dit verseker  aanpas.
China sê:  Van Afrika sal ek vat  en vat, terwyl ek my in die onskuld was.
  Maar onverwags hys Rusland sy mas en plant sy vlag.  So open hy die
  jag, met oorlog swaar in die drag.  Oor geheel die wêreld raak dit  nou
  stikdonker nag.  Na die groot gewag, kom onverwags, maar  uiteindelik,
  die opdrag.  Weg met enige individuele, eiendomsreg of pag.
Onder die grootse outoriteit, heers nou die oormag, wreed in volle krag.
  Maar die Weste reageer verskrik, desperaat, met een enorme slag.
  Onder `n onsigbare kernvuur verbrand en verdor, summier alles, eens
  in groenprag in hul drag.  Die superrykes het nou klaar gevreet en  ook
  gebras.
Daar is meer geen werkersklas tot verligting van hulle alledaagse 
  lewenslas.  Geen luukse swembaddens om in rond te plas.  Met 
  hongersnood belas, is daar ook geen suiker, of selfs net `n bietjie
  melas.  Met niks meer oor in die dikderm om te ontlas.  Moet  die
  armsalige oorblyfsel van die mensdom nou sonder keuse vas.
Openbaring 3137
IN ‘N OOMBLIK VAN…..
4 Januasie 2022 Dinsdagoggend 04.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In `n oomblik van blaam, sien ek die groot verwyt deur geheel die wêreld
  gaan.  In `n oomblik van wilde  waan, sien ek mense histeries om hulle
  skop en slaan.  In `n oomblik van vergaan, sien ek die Oordeel 
  meëdoenloos toeslaan.  Na `n groot windstilte sien ek `n ongekende
  enorme orkaan.  Oral om my heen, sien ek die Chaos het oor lande en
kontinente heen gegaan.
Met infrastrukture nou na die maan.  Begin die massas nou maar voet  te
  slaan.  Ek sien fabrieke het stil gaan staan.  Terwyl groot  tekorte deur
  geheel al die kontinente gaan.  Ek sien Australië afgesny eenkant  staan.
  Sy lyk vir my so weerloos en so eensaam.  Ek sien verwoeste lande  nie
  instaat om enige planne te beraam.  Ek sien Italië, is nou van al  haar
  hoogmoed ontdaan.
Ek sien Engeland in haar vergaan, terwyl sy haar groot val glad nie kan
  verstaan.  Ek sien Brasilië val.   Sy probeer, maar sal nooit weer opstaan.
  Amerika staan diep betraan, geheel haar toekoms is vir ewig na die maan.
  Ja, in `n oomblik van wilde waan, kan die mens maar net magteloos wild,
  om hom skop en slaan.
Openbaring 3138
HOMOSAPIENS NOU NET ‘N DIER
5 Januarie 2022 Woensdagoggend 01.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met soveel korrupsie gepleeg, het die een geweet en die ander het
  probeer vergeet.  Maar `n derde het die saak heroorweeg.  Die  daad
  was geweeg.  Maar die straf was van die tafel geveeg.  Die  staat het
gesê:  Laat ons vergeet en  vergeef, sodat `n volk aan kan beweeg.
Maar een het laat weet:  Deur eens bondgenote, was ek eenkeer  teveel
  opgeweeg.  Daarom laat ek my nooit weer deur iemand ontleed.   Met
  dieselfde maat vir my gemeet sal ek nou vir my vyande uitmeet.   Laat
  ons dit daarom nou in een warm vat uitsweet.  Kyk, heeltemal teveel
  kleure was in een mat ingeweef.  Daarom het die leuen, die leuen  nou
  aan die hakskeen beet.
Kyk, `n derde van `n gemengde volk word nou tot weerwraak en moord
  opgesweep.  Waar die bitter wraak aan vergiete bloed sal  kleef.  Oor
  `n koning word vurig gedweep.  Sien  leef en laat leef, is `n woord wat in
  vergetelheid wegsweef.  In vrees word gebeef en moord word  gepleeg. 
 Homosapiens nou net `n dier, het heeltemal vergeet, eens het  hulle
  mens geheet.
Maar in die laaste tydvak se gleuf, verskyn `n spleet en `n eon is 
  kompleet.  Kyk, met `n riet is die heiligdom klaar uitgemeet. Ja,  met
  net Sion en Jerusalem wat onwrikbaar weet.  Hulle Goeie Enige El,
het hulle nie een oomblik versaak of vergeet.
Openbaring 3139
BEELD VAN ‘N DENKBEELDIGE KOLOS
6 Januarie 2022 Donderdagoggend 01.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Wie staan daar so trots, wat dink sy hoof reik tot in die kosmos?   Wie
  is die valse vors versteek in die voorkoms van die christos?  Kyk in
  die beeld van `n kamma kolos, wat rus op voete swak en bros.  In
  hierdie sisteem met eeue daarin vermors.  Onder dit verbrokkel nou
die aardkors.
Die Dood verskyn op sy vaalgrys Vos.  In hierdie groot verval heers
  alleen die chaos.  Die vier groot vorste van die hemel, laat nou al
  vier die winde los.  Die vuur baljaar deur beskawing en bos.   Koning
  vloed is in al die groot riviere los.  In stukke breek die aarde  haar
  kors.  In orkaan op orkaan breek die winde los.  So is alles  nou net
  een groot gemors.
In die groot misoes smag almal nou na kos.  Die kinders van die  aarde
  roep:  O, God ons is honger en ons  is dors.  Maar in die klaaglied van
  hierdie patos.  Het die eens ryk handelaars niks vir die  verbruikers
  gelos. Maar in die dood van die laaste so maer brandsiek, bek-en-
  klouseer os.  Is die vleis daarvan nie eers geskik vir die mees minder-
  waardige wors. Maar die Weste slaan haarself steeds trots op die
  bors.  Sy dink haar hoof reik tot in die kosmos.  Daarom open  Hades
  haar hekke en geheel die hel bars los.
Openbaring 3140
MET DIE VIRUS, AL OM EN OM
7 Januarie 2022 Vrydagoggend 00.50.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, die massa staan verstom, onder die onheil van `n donker wolkkolom.
  Luister daarom na die lied, deur ontelbaar baie virusse wat saamdrom.
  Luister na hul diep gebrom.  Die  boodskap kom, ook deur MTN of
  Vodacom.  Dit lui:  Delta en  Omnicron, in `n sirkel al om en om.  Die kind
is gebore en hulle noem hom na die ouers, Deltacron.
Die tweede sinsnede van die lied lui:  Wie is dit, wat om gaan kom?
  Kyk deur “mucus” word die lugweë nou vas- en toegegom.  Die medici
  staan hieroor nou heeltemal verstom.  Maar die massas weier om op  te
  hou, om saam te drom.  Die vaksien word nou vervaardig, by die  drom,
  in ton op ton.
Die mensdom staan stil verstom want daar is nog baie meer as net
  virusse aan die kom.  In die dodelike vlug van die Falkon, draai  die
  kiem nou doelgerig, terug, na Afrika om. Niemand sou kon raai, wat die
  uiteinde is, van dit wat kom.  Luister daarom na die donker  boodskap,
  van die Afrika drom.
In die duisternis wat kom, raak dit ook vinnig gedaan met Eskom.   Met
  derduisende wat in die begin, om hospitale saam gaan drom.  Kom die
  boodskap oor verpligte vaksien, vanuit `n heel nuwe bangmaak bron.
  Met die massas nou heeltemal om en dom.  Storm die oproeriges, die
  stede van glas en beton.
Luister daarom na die lied, van Delta en Omnicron.  Dit kom in `n
  sirkel, om die aarde, al om en om.  Weet die kind van hierdie  ouerpaar
  is gebore en tydelik heet hy Deltacron.  Sien daarom die duisternis
  onheil, van die donker wolkkolom.
Openbaring 3141
‘N NUWE POLITIEKE SPEL
8 Januarie 2022 Saterdagoggend 04.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die politiek tree na vore in `n nuwe spel.  Geheel die wêreldpopulasie
  word op die een of ander manier nou blootgestel.  Selfs liberales
  begin om hulle oor die toekoms te kwel.  Maar dit is vir hulle heeltemal
te laat, om hulle hieroor te ontstel.
Die regerings raak in die wetenskap teleurgestel.  Hulle dwing hulle om
  dieper vir oplossings rond te dwel.  Presidente begin om mekaar, op  `n
  daaglikse basis te bel.  Hulle praat eers mooi en begin daarna op
  mekaar te skel.
Almal probeer om lewensmiddele, vir veral hulle weermagte, van mekaar
  af, te bestel.  Maar die antwoord kom op `n gereelde basis.  Met ons is
  dit ook nie wel.  Daarom word ons eie landsburgers, se behoeftes,
  eerste, voorop gestel.
Met soveel pasiënte se gesondheid nou glad nie wel.  Gaan dit in  bykans
  elke sel van die menslike liggaam, kommerwekkend, ook nie wel.  Luister
  daarom na die klaaglied, wat om die wêreld dwel.  Dit lui:  Vaarwel, vaarwel,
  met soveel om oor te kwel, gaan dit met die mensdom huidig glad nie wel.
Openbaring 3142
IN DIE ROGGELROEP
9 Januarie 2022 Sondagoggend 03.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die finale groet, is dit nou kroep op kroep, in die roggelroep. Lyk  op
  lyk, lê uitgestal, vanuit huis en park, tot so ver as op die  winkelstoep.
  Ek sien `n groot siek groep.  Ek hoor hulle desperaat na `n dokter  roep.
Ek sien menig troep, wat probeer om pasiënte te versorg en voed.
Ek hoor die media simpatiek nou roep:  Bly net kalm en hou net  moed.
  Maar `n engel antwoord:  Dit is  tyd en die mens moet boet.  Oral om my
  heen sien ek net bloed.  Vanuit die hemel skyn `n vreemde gloed.  Daar-
  onder beweeg `n lang begrafnisstoet.  Kos en medisyne, word in rantsoen,  
inderhaas, gesnoep.
In `n groot Exodus beweeg mense nou te voet.  Agter hulle lê baie  dooies
  in `n sloep.  Almal spat uiteen, terwyl hul geliefdes groet.  Vir oulaas
  waai `n man, hartseer vir sy vrou, met sy hoed.  Ja, in kroep op  kroep,
  kom die roggelgroet.  Die wat oorleef is moeg en heeltemal kapoet.
Terwyl niemand meer probeer, om vir hulp, na `n dokter te roep.
Openbaring 3143
WAAR IS DIE HOOP?
10 Januarie 2022 Maandagoggend 02.45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, hoe  groot is die nood met bykans geen geloof.  So, waar is die hoop,
  met die  pad na die ewigheid so ver om te loop?  Kyk, daarin lê die hele
  knoop.  O, was ons maar van al ons ellende  gestroop.  In die liefde van
  ons  Hemelse Vader gedoop.  O, was die deur na die hemel klaar vir
ons  oop.  Maar nou is die siel van die wêreld klaar aan Satan verkoop.
O, het  ons maar genoop, om die weg van die lewe te loop.  Maar aan die
  sonde van  die vlees, ja, aan die dood wou ons sondermeer behoort.  O,
  het ons  maar gesit op Job se selfbejammerende ashoop.  Was die
  Wysheid miskien  lankal vir ons ontknoop.  Wat baat die leuenliefde die
  filantroop?   Kyk, binnekort is geheel die wêreld van haar skynheiligheid
  gestroop.
Wat baat  dit die wetenskaplike, nou eintlik in sy mikroskoop?  Terwyl
  die  oorwinning reeds aan die kiem behoort.  O, wat baat dit die groot
  moondhede,  in hulle so magtige vloot?  Luister, dit alles vergaan onder
  die eggo  van die eerste skoot.  Kyk, in die toekoms smag die hongerige
  na  brood.  Maar al wat hul kry as antwoord, is net `n vlaag van lood.
  Wat baat  dit die vlugteling om na veiligheid oor te loop?  By hulle
  aankoms  wag die graf vir hulle reeds wawyd oop.
Wat baat  al die skatte van die wêreld die Jood?  Dit het in die verlede
  en sal in  die toekoms tog net weer aan ander behoort.  Kyk net na die
  pragtige  stede van glas en beton en weet binnekort is dit net hope van
  nuttelose  skroot.  So, hoe groot is die nood en hoe klein is die wêreld
  se hoop?   Met dit alles, wat net in `n rowwe pad, in die ewige afgrond
  doodloop.
Openbaring 3144
IN DIE VOëLVANGER SE STRIK
11 Januarie 2022 Dinsdagoggend 02.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Wie gaan  daar onder die las van die wêreld so gebuk?  Wie is dit wat
  sonder  stamp of stoot vanuit die bitterbeker van die “deepstate” sluk?
  Wie is  die prooi, in die voëlvanger se strik?  Wie lê daar vasgeval in
  die  wêrelddryfsand se slik?  Wie is dit wat sy wil altyd na die wêreld
wil skik?   Terwyl hulle net leef, vir `n oomblik se  geluk?
Luister,  nie een van hulle is vir die koninkryk van God geskik.  Nie een
  van hulle  word aan die einde van hulle aardse lewe, aan die hart van
  die  Hemelse Vader vasgedruk.  Luister daarom o, Sion, die tyd is naby
  en die  Woord van God word nou vervul.  Al gaan jy nou onder die
  grootse  onreg gebuk.
Al is die  owerhede met jou ook hoe ongeskik.  Ja, met naastes en bure,
  wat  hardloop om jou te verklik.  Weet, omdat jy weier om jou na die wil,
  van `n  Sataniese wêreldorde te skik.  Is jy uitermatig geseënd, omdat
  jy ook  weier, om in hulle gruwelkerke te aanbid.  Salig is jy daarom,
  omdat jy  nie vir hulle dreigemente terugval of skrik.
So, stil  maar o, Sion en weet engeleskares staan gereed alleen om jou
  ontwil.   Kyk, die hemel juig wanneer jy jou vir wêreldvoorstelle gril.  Al
  staan jou  finansies ook op nul.  Saam met hemelboodskappers, sal jy
  aan een  feestafel smul.  Deur die Goddelike Wysheid, is jou siel van
  die voëlvanger  gered en niemand kan jou verlei of kul.
Jy is die  leeu van Juda, wat skrikwekkend vir jou vyande gaan brul.
  Onder die  vrees van verskrikking, klink hulle bang hulpgeroep in gegil.
  Die aarde  sal daarom onder jou voetstappe bewe en tril.  Want jy o,
  Sion  handel na jou Elohim se Wil.  So, stil maar My kleintjie en weet,
  nou gaan  jy onder ellende gebuk.  Maar aan jou, behoort die duisend-
  jarige  vredesryk, se Goddelike salige geluk.
Openbaring 3145
LEEK TEENOOR INTELLEKTUEEL
12 Januarie 2022 Woensdag 05.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien  `n kerklidmaat wat sy hand in verwarring opsteek.  By wie, sal
  die  gegradueerde predikant, nou vir `n antwoord kers opsteek?  Kom
  luister  daarom nou na die intellektuele preek, van die ongeskoolde
  leek.   Terwyl hy bloot met die maat van gesonde logika, die huidige,
wêreld omstandighede,  ontleed.
In menig  land en streek, begin die man op straat, die leuen nou oop te
  breek.   Hulle vind die waarheid in die daad en nie in valse politieke,
  beloftes  versteek.  Die massas weet, hulle kan niks meer baat, by `n
  tevergeefse  gesmeek.  Daarom lê die oplossing  nou vir hulle opge-
  sluit, in  die woord wreek.
Menigtes  trek nou finaal in die stof, so vasberade hulle streep.  Terwyl
  sommiges  dweep, begin ander om mekaar op te sweep.  In verskeie
  lande  roep die bevolkingsgroepe, aggressief om `n staatsgreep.  Vure
  word wyd  aangesteek en winkelruite word gebreek.  Die onlus versprei
  globaal, van  streek tot streek.
Gestrand  in hawens, lê die handelskeep en weinig goedere en lewens-
  middele  word nog wêreldwyd verskeep.  Stelselmatig versterk die
  hongersnood  soos `n dodelike seekat sy greep.  Die pes slaan ook al-
  weer soos  `n sweepslag met sy sweep.  In die hoeveelste variant, raak
  die longe  weer erg ontsteek.
Ek hoor  `n persoon wat roep:  Wat beteken nou weer die woord sereen,
  want kyk  alles is nou net obseen?  Die mens se hart raak soos klip
  versteen  en van genade is daar geen.  Ek hoor `n groot gedreun en ek
  weet dit  is die aarde, wat van pyn so kreun en steun.
Met  alles, ons binnekort ontneem, sit ons as mensdom, kort voor lank,
  met `n  enorme probleem.  Luister daarom eerder na die intellektuele
  preek,  van die ongeskoolde, oënskynlike leek.  Ja,  wat nou inderdaad
  soveel  meer, as die sogenaamde, geletterde intellektueles, weet.
Openbaring 3146
MAAK ONS WAAKSAAM
13 Januarie 2022 Donderdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, God  gee ons krag en maak ons waaksaam bedag, op die sluipende dief
  in die  nag.  Hulle wat vermoor en verkrag.  Terwyl hulle hart nooit teenoor
 `n slagoffer versag.  Op vrou en kind maak hulle wreed die jag.   Hulle staan oor
  hulle  slagoffer met honende mag.
Hulle  martel terwyl hulle skaterend, bulderend, daaroor lag.  Gee ons daar-
  om o,  God, die nodige krag.  Maak ons wakker, waaksaam en bedag op
  die komende  groot aanslag.  Met alles reeds so vreemd en verdag.  Is dit
ook  heeltemal te laat vir `n biddag.  Met die skrif aan die muur is dit reeds
na middernag.
O,  Elohim, alleen na U, bring ons, ons treurmare en klag.  Ja, met `n globale
  staat nie  meer bevoeg en heeltemal verdag.  Is daar geen wêreldse outoriteit
  wat ons  kan beskerm, teen die sluipende dief van die nag.  Ook met Raka,
  wat ons  met minagting, diep verag.  Beskerm ons daarom ook, teen `n
  onregverdige  weermag.  Na U beskerming, is al waarna  ons siel desperaat,
nog smag.
Openbaring 3147
DIE MENS MOET…..
14 Januarie 2022 Vrydagoggend 03.45
www.nuutsteopenbaringevanjdithdebeer.co.za
Met die  tyd wat nou vinnig na sy einde spoed.  Is daar die wat weet en `n
  menigte  wat vermoed.  Die vrye wil word nou ingeboet, onder die nuwe
  wet van  "jy moet".  Die skares raak daaroor verwoed en die massas staan
  bebloed.   Sluimerende burgeroorloë word deur hierdie tendens gevoed.
  Aan beide  kante gaan menigtes met hulle lewe boet.  Hierdie sitsuasie is
vir die  "deepstate" se doelwit, goed.
Ek hoor  `n stem wat roep:  O, God, wie gaan die mens bewaar en behoed?
  Kyk,  links en regs, het mekaar reeds by die skeidslyn ontmoet.  So, wie
  trap  eerste uitdagend oor die tou met sy voet?  Die gevegte raak hierna
  grusaam  verwoed.  Die een veg vir sy aardse goed.  Die ander een weer
  vir sy  sielsgemoed.
Terwyl  die natuurkragte, skrikwekkend, tussendeur dit alles woed.  Ver-
  drink  sekere streke, onder vloed op vloed.  Die lug raak onder menig
  vulkane,  swart soos roet.  Maar dit verander nie  in die minste, die mens
  se  gemoed.  Met broer nou teenoor broer, in bloedige gevegte, wat voort-
  woed.   Is die stof van die aarde, binnekort rooi gevlek, met mensbloed.
Op  hierdie stadium, vat die eenwêreldorde, oorwinnend die vloer.  Met
  Satan wat  die verseëldes nou vanuit alle hoeke beloer.  Vir `n kort
  oomblik,  beheer die sogenaamde "elite" met behulp van satelliete, bykans
  elke  streek en kontoer.  Elke mond wat hulle teëpraat, word summier ge-
  snoer.   Maar die tweedrag begin ook in hul midde te roer.
Vele word  soos van ouds na martelkampe weggevoer.  Maar dit onder-
  breek of  stuit nie die reeds so aggressiewe oproer.  In hierdie stadium
  begin  menigte landbouers op te hou met boer.  Met die gevolg daar is
  geen  groente of vrugte, graan of voer.  Met soveel leë winkelrakke,
  waarop  gaan die mens voed?
Suiwer  Kaukasiese maagde, word vir die een of ander, eksperiment of
  proefnemings  ontvoer.  Wat `n ongekende haat, in vader en broeder-
  harte  aanroer.  Ek hoor `n engel roep:  Wee  o, wee, die een wat dit sou
  waag, om  weer `n rasegte Israeliet, vanuit sy Godgegewe grondgebied
  weg te  voer.  In die ewige binding van die hel, sal hierdies, oor hulle
  wandade  boet.
Openbaring 3148
DIE WêRELD TRAP KLEI
15 Januarie 2022 Saterdagoggend 03.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor iemand roep:  Met wat word die atmosfeer so gesprei?   Hierdie
  vreemde chemikalie trek nou wyd oor streek en kontrei.  In die  maand
  Mei trap `n groot gedeelte van die wêreld behoorlik klei.   Desperaat
word lewensmiddele van heinde en verre aangery.
`n Aardplaat is stadig maar seker besig om skeef onder `n ander een in
  te gly.  Met die gevolg dat net nog meer mense bitter gaan  ly.  Onder
  `n geweldige vloedgety verander kusstreke oornag in `n moerasagtige
  vlei.  Die see bly in groot deinings oor sy grense gly.
Met soutwater wat tot ver anderkant die duine, die eens droë landstreek
  kasty.  Daar waar die melkkoei en  die slagos eens rustig saam sou wei.
  Daar lê die herkouers nou vasgeval in die moerasagtige klei.   Desperaat
  probeer mense varswaterstrome weg van hierdie nuwe "Wetlands"  te lei.
  Maar ook dit is `n tevergeefse stryd om te baklei.
Alles is tevergeefs moet die massas spoedig bely.  Bevoorregte uit-
  gekose word na veiligheid aangery.   Maar meeste moet maar net in
  die gevaarsones agterbly.  Hulle  hoor net ja, jy en ook jy, vir jou is
  alles wel spoedig verby.  Dit was  nou maar eenmaal nog altyd die
  wet van die natuur, dat iemand moet ly.
Die mens word nou op elke gebied en front wreed gekasty.  Met die
  tweesnydende Swaard wat na alkant toe sny.  So is die tyd, spoedig,
  finaal verby.  En die eintydskale word die een na die ander vir die
  mensdom voorberei.  Sien daarom o, Sion hoe word die wêreld nou
  gekasty.  Ja, terwyl jy jou oor al hierdie tekens uitermatig  verbly.
Openbaring 3149
IN DIE ALLEDAAGSE STAATSGREEP
16 Januarie 2022 Sondagoggend 04.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In staatsgreep op staatsgreep begin daar in Afrika die een groep oor die
  ander te heers en triomfeer.  Die standaard van die dag is om  mekaar op
  elke gebied te terroriseer.  Meeste klein gehuggies en  nedersettings word
nou sondermeer beleër.  Die “Warlords” word soos vername gode  vereer.
Daar is soveel dooies dat niemand hulle heengaan meer betreur.  Met  die
  massas nou heeltemal oorgetraumatiseer.  Is daar meer niemand oor,  wat
  probeer om die wrede onderdrukkers te kritiseer.  Ja, met niemand meer,
  wat meer `n poging aanwend, om die geweldenaars te opponeer.
So begin groot dele van Afrika, onder sy eie aanslag te krepeer.   In on-
  gekende hongersnood, moet die bewoners van hierdie kontinent, die
  mees noodsaaklike artikels en voorraad ontbeer.  Onder `n vreemde
  siektetoestand, vergaan groot bevolkingsgroepe, onder `n vreemde
  bose sweer.
Onder ernstige transritueel en rydans gebed, wil die oorlewendes naar-
  stigtelik weet, wat nou makeer.  Die voorvadergees word nou met  groot
  offergawes vereer.  Maar net nog meer ellende, word nou selfs deur  die
  toordokters geprofeteer.  Die val van die skale word op `n vreemde,  maar
  tog akkurate wyse, deur hulle geillustreer.
Oral heers nou ongekende wildvreemde weer.  Terwyl ook hierdie
  kontinent nou sporadies onder vreeslike aardbewings oopskeur.
  Word die internet, eers deur manipulasie, tot die minimum gestagneer.
  Daarna kom dit tot stilstand onder politieke terreur.  Met `n self agteruit-
  gaande Weste, word nie meer langer gekommunikeer.
Dit is nou elkeen vir homself want geheel die wêreld lê verinneweer.  Met
  selfs die parasiet in vergaan, omdat sy gasheer makeer.  Begin in  Afrika,
  die een na die ander gewelddadige groep oor mekaar te triomfeer.  Die
  standaard van die dag is om mekaar te terroriseer.
Openbaring 3150
GEEN PROTEïEN TE VERSMAAI
17 Januarie 2022 Maandagoggend 01.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Na `n donker toekoms word finaal omgeblaai.  Die groot kannone lê
  klaar gereed gelaai.  Die laaste oes is heeltemal in sy maai.   Met
  wilde woeste winde wat van wes na wes bly waai.  So het die groot
aanslag na homself omgedraai.
In menig kaai en baai word niks meer in die laaisone op- of afgelaai.
  Op die warm kole is daar geen vleis om, om te draai.  Hond, kat en
  selfs sprinkaan, word nie meer versmaai.  Met geen werfhaan om die
  rooidag toe te kraai, was diè, alreeds in die hongersnood, klaar tot
  `n lekkerny gebraai.
Aan die galgtou hang menig skuldig staatsman, wat in die wind rond-
  swaai.  Saam die wurm van die dood, feesvier nou ook die kraai.
  Nou self die prooi, braai daar op die kole, nou die mensvreterhaai.
  Vir net `n mondvol kos, krap almal nou boosaardig, in mekaar se
  slaai.  In kannibalisme, drup daar  van die pangalem, bloed dik en
  taai.
Geen proteïen van watter aard, word nou meer versmaai.  Die globale
  hongersnood is groot, dit raak tamaai.  Die wêreld lê met  menskopbene
  nou wyd besaai.  Terwyl die wind droewig oor dit alles waai.   Draai
  daar om die groot feesmaal, elke aasdier, nou saam die kraai.