Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 3051

SO MAER DIE KORINGAAR

10 Oktober 2021  Sondagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die eerste sewe jaar, was die koring rond en vet in die aar.  Maar
in die tweede sewe jaar, was die eens vet koei nou uitgeteer en maer.
Met die tye nou oneindig swaar, het die vrou van Openbaring reeds
klaar gebaar.  Maar die wêreldling bly steeds hoopvol 'n leë toekoms
instaar.

Kyk, hierna raak die gedrag van die aarde nou uiters bisar.  Met
vreemde ekstreme weerpatrone wat net nie wil bedaar.  Die pole maak
kreunend, teen hul eie swaartekrag, diep beswaar.  So verloor die
wetenskap tred, met die grenslyn van die ewenaar.  Vanuit die mond
van die makelaar kom daar:  Vergeet nou van die belegging en maak
dringend, kos en lewensmiddele bymekaar.

Kyk, die groot handelskepe om die wêreld is nou net fantasiebootjies
wat na niks en nêrens Kammaland binne vaar.  Daarom staan die
winkelrakke binnekort, leeg en klaar.  Die eens ryk verbruiker, is nou
net 'n armsalige bedelaar.  Brandstof raak ook op en klaar.  Die eens
besige snelweg vra:  Waar is my eens so menig, baie, pendelaar?

Vanuit die sinsbedrog van die goëlaar, roep die towenaar:  Kyk ek kul
jou hier en ek kul jou daar.  Hy is die Joodse handelaar, wat nog net
vir die grotes en die konings van die aarde kos opgaar.  So staan die
globale koei uitgeteer en brandmaer.  En in die dorre winde ritsel in
heimwee, die leë koringaar.  Vanuit hierdie leë hongersnood jaar, was
daar min vir die wêreld en veral vir Afrika opgegaar.

Tussen goed en kwaad, begin die mens, hulle nou onderskeidelik,
bymekaar vir oorlewing te skaar.  Teen mekaar se oortuigings, maak
hulle bloedig beswaar.  Met 'n nuwe virus wêreldwyd as groot gevaar,
gaan die ellende net nie weer ophou of bedaar.  Ja die tyd is hier en
die papvrot gort is reeds oorgaar.  Ek hoor 'n stem wat roep:  Vir
myself het ek net genoeg opgegaar.  Stop daarom o, bedelaar, om my
soos 'n honger hond, die oë in te staar.

 

Openbaring 3052

BEL DIE DRAAK, SATAN, BAäL

11 Oktober 2021  Maandagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Daar was 'n draak, sy naam was Bel. Saam met Satan, woon hy steeds
in Hades-hel.  Eens was sy priesters, saam met Baäl se priesters, oor die
werking van die Gees van God, diep ontstel.  Op die aanbevelingswoord
van God, het Elohim se profeet, almal van hulle bloedig, neergevel.
God se profete het hulle sondermeer tereggestel.

So raak ook nou die dae van aardse maghebbers en konings uitgetel.
Tot hul ondergang, arriveer die engel Uriël.  Hy kom om die basterorde
van Bileam neer te vel.  Hy breek die mag van die towenaar, die kind
van Beor, se afgodspel.  So kom Moses ook saam met Daniël.  Hulle
staan teen die mag, van 'n bose eenwêreldordekartel.

So, wee elkeen wat roem en roep:  As wêreldburger, was ek liberaal
trots, Satansvriend en boesempel.  In die donker, duister, dieptes,
van die ewige afgrond, daar sal hul vir ewig rond moet dwel.  Vir die
einde van die laaste dae, is die Oordeel nou vasgestel.  Luister,
hierdie Woord, kom vanuit 'n ou-ou gesig, van Esègiël.

Op daardie dag, gaan Gog naderkom om Skeba-Kus, tot in die verre
Suide neer te vel.
Vanuit die Noorde sal hulle kom, om die uitverkore volk te kom vertel,
hul dae is afgetel.  Maar moet o, kind van God, jy Jerusalem en Sion,
julle hieroor nie in die minste ontstel.  Teen hulle staan Ekself op in My
groot gereg.  Deur die krag van die elemente, sal Ek die wêreldorde,
spottend terg.  Wyl Ek hulle, tot hul ewige ondergang, sal beveg.

Kyk, deur die swaard van hongersnood, pes en bloed, stel Ek hul in
groot getalle tereg.  Oorstromende stortreën, haelsteen, vuur en
swael, het Ek, vir die Verenigde Volke, vir Gog en Magog, opgewek.
Voor die grootste aardbewing ooit in Afrika, Europa en Amerika, daar
vlug vallei, dal en berg.  Kyk, vir die Weste, het Elohim Hom goed
vererg.  Die kamma magtige reuse wêreldorde, verander Hy in `n
nietige, nuttelose, dwerg.  Lank genoeg het Jakob-Israel voor hulle
verdrukking rondgeswerf.

 

Openbaring 3053

DAAR BREEK ‘N SEëL

12 Oktober 2021  Dinsdagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die eindtydverhaal solank gelede reeds deur soveel profetiese redes
vas bepaal.  Het die toorn van Elohim na die mens op aarde neergedaal.
Ek sien `n skaal dit breek `n seël.  `n Engel roep:  Die klank van harp
en siter wou ons met jul deel.  Maar die mens het verkies, om met hel-
demone rond te speel.

Ek sien `n skaal dit breek `n seël.  Ek sien die wêreldmens, met alles
om hulle, so hoogs verveeld.  Daar is niemand wat hul geestestoestand
ooit weer kan herstel of heel.  Met nog `n skaal wat breek, sien ek die
ryperd van die Dood en op sy rug, daar ry die Beul.  Die Skoppensboer
is sy ruiter en hy versprei die pes, globaal, in elke kwaal.

Maar ek hoor die wêreldling steeds spot en smaad.  Met net daarna, die
groot Goddelike stilte, wat terstond neerdaal.  Ek sien `n skaal, dit breek
`n seël en in waansin, kyk die mens skielik skeel.  Maar hul roep:  Ons
moet ons dit seker maar net verbeel.  In `n stortreën van hael, vuur en
swael, raak alles nou fataal.

Ek sien `n skaal dit breek `n seël en dit is die Regter van die eindtyd wat
nou beveel.  So moet die wêreld vir hulle gruwels duur betaal.  In `n
ongekende droogte word die laaste gesaaides tot stof gemaal.  Terwyl
plaag op plaag, dit op die laaste groenigheid onthaal. Ek sien `n skaal
dit breek `n seël.

Ek hoor `n stem:  Beskadig nie die olie en bewaar die laaste bietjie
meel.  In `n ongekende kataklisme kom die grootste aardbewing ooit,
om derduisende vir die doderyk te haal.  Ek sien die laaste skaal.  In
die laaste wêreldoorlog is dit nou staal op staal.  In kernbomme so
fataal, word die duurste prys ooit betaal.

 

Openbaring 3054

MET VREDE VERBY

13 Oktober 2021  Woensdag  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die werfhaan het vir oulaas die rooidag verwelkomend toegekraai.
Geskenke alte fraai was in geskenkpapier toegedraai.  Maar met alles
in sy maai, word die laaste bladsy nou finaal omgeblaai en die tyd
word nooit weer teruggedraai.

Die aarde begin in versnelde spoed en tyd om haar eie as te draai.
Met wilde winde wat verwoestend waai.  So lê infrastrukture binnekort
in skroot en rommel wyd gesaai.  Die nasies en volke krap gewetenloos
nou in mekaar se slaai.  Die oorlog is tamaai en die bloed lê dik en
taai.

Die laaste bietjie rede en vrede word nou minagtend versmaai.  Terwyl
die Verenigde Nasies mekaar gevoelloos verraai.  Gesinkte, gestrande,
oorlog- en handelskepe versper die ingang na kaai en baai.  In die hawe-
laaisone, word handelsgoedere nie meer gelaai.

Die winkelrakke staan nou leeg en saai.  In die speelpark is daar geen
kinders, vrolik, op die skoppelmaai.  Terwyl die landsvlag treurig halfmas
waai.  Met die klank van gewere wat sonder ophou, weer en weer
herlaai.  Die massas laat hul nou meer deur geen regering of owerhede
paai.

Plaas, platteland, dorp en stad, oral lê die wêreld met lyke besaai.  Ja,
want die werfhaan het vir oulaas die rooidag verwelkomend toegekraai.
Kyk, die kraan van voorspoed, word vir ewig, vir hierdie tydvak toegedraai.

 

Openbaring  3055

OOSTE GEE EERSTE TREE

14 Oktober 2021  Donderdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die kind van Openbaring gee in asemkreet sy eerste skree.  Met die yster
nou goed gesmee, gee die Ooste die eerste tree.  China roep:  Oor niemand
is ons meer verleë.  Daarom is die tyd nou goed geleë.  Met ons troepe
goed gevoed en ook geklee.  Word ons massas maklik aan die armoede
oorgegee.

Maar die Weste antwoord:  As wêreldheersers bevaar ons lankal reeds die
sewe seë.  Kyk, ons besit meeste van al die handelsweë.  Maar hierteen
sit Rusland hom vinnig teë.  Terwyl Afrika alweer skaamteloos,soos `n
honger maervark skree.

Ja, vir ewig altyd bly die landstreek Kus, as die hulpelose parapleë.  Oor
ander se kospotte, altyd tog so verleë.  Maar met Satan’s opstookwyn nou
goed beleë.  Sit die Ooste en die Weste, hul teen mekaar, in oorlog teë.

Die wêreldmassas roep:  Wee o, wee, oor kos en proviand bly ons almal
desperaat verleë.  Maar net die Jood se opgaarplanne, was blykbaar
goed gesmee.  So gee die kind van Openbaring in asemkreet sy eerste
skree.  Kort voor lank loop hy sterk, met sy eerste tree.

 

Openbaring  3056

DIE STAD JERUSALEM KOM OM

15 Oktober 2021  Vrydagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n stem wat roep:  Wie is dit wat daar aankom?  Wat is dit wat
hy so binnensmonds loop en brom?  Ek sien dit is `n Fransman vanuit die
Jodedom.  Hy roep eers shalom en vra daarna, daaroor, pardon.  Hy sê:
Na die valse vrede kom die groot slag van Armagèddon.

Ek sien hierna `n reuse puinhoop van beton.  Ek weet die ou stad
Jerusalem het terstond omgekom.  Ek sien die Jodedom en Christendom
is hieroor ewe erg, geskok, verstom.  Ek weet die duiwel het homself as
verraaier in die Vatikaan vermom.

Hierna hoor ek die Leeu van Juda, vanuit die Suide, die pragtige land,
gevaarlik grom.  Ek weet dit is uiteindelik die einde van Edom.  Ek sien
die dood van Mammon en ek weet die ekonomie het ook omgekom.  Ek
hoor die Afrika drom en ek weet groot onlus is aan die kom.

Ek hoor die media hou hulle skielik oor die vaksien so dom.  Ek sien
massas gevaksineerdes oor hul eie onnoselheid stil verstom.  Ek sien
`n groot wolkkolom en ek weet verseker, die kinders van Elohim, sal
wel by veiligheid uit kom.

 

Openbaring 3057

IN DIE GROOT BEROU

16 Oktober 2021  Saterdagoggend  02.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor vyf dwase maagde roep:  Berou-berou.  O, ons het verbrou.  Met
ons lampies ewig brandend flou.  Was ons in ons doodslaap in `n snoesige,

wêreldkombersie, toegevou.

Aan die Bruidegom beloof ons eens ons trou.  Ons sou die bruid Sion se
sluier, op die huweliksfees, vir haar ontvou.  Op die feesmaal sou ons, die
heildronk eerste uit kon hou.  Maar vir ons nagwaak, het ons te min olie,
vir ons lampies aangehou.

Spoedig het die wêreldnag om ons toegevou.  Met ons hoop op `n sisteem
vas vertrou.  Was daar teveel materie, om die spit van af te kou. Maar in
die nanag van die wêreldkou.  Hoor ons die eindtydwagter, waarskuwend,
op die mure skrou.

Ons lampies het ons hoopvol na ons troue susters uitgehou.  Maar
desperaat het hulself aan hul noodvoorraad vasgeklou.  Vrolik het hulle
met brandende lampe agter die Bruidegom aangehou.

Op die Goddelike Huweliksdag, het die Ewige Son geskyn en die lug was
so suiwer blou.  Sion was nou God se vrou.  Die Melgisedektempel was
op hierdie Heilige Berg gebou.  Ja, geheel die skepping het salig, hierdie

Huwelikseremonie aanskou.

Maar die ingangsdeur was vir die laat komende bruidsmeisies op slot en
grendel toegehou.  Salig-salig, is daarom elke verseëlde, wat tot op die
einde van die tydvak, aan Elohim se hand vas sal hou.

Al wat hierna vir `n verlore wêreld oorbly in haar rou.  Is die klaaglied van
die lui maagde, oor nie genoeg olie, in hulle lampies aangehou.  Ja,
terwyl hul roep:  Berou o, berou, tot ons ewige ondergang, het ons diep
berou.

 

Openbaring 3058

17 Oktober 2021  Sondagoggend  02.05

DIE TROON

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n droom sien ek `n eiland met `n silwerskoon stroom omsoom.  In
die middel hiervan staan `n glansende troon.  Die Een wat daarop sit,
is `n Glansryke, Onbeskryflike Persoon.  Op Sy Hoof skitter daar `n
kroon.  Om die rand van hierdie kroon, word twaalf pragtige edel-
gesteentes vertoon.

Alles omtrent hierdie gesig is Apart, Edel, Rein en Suiwerskoon.  Die
duisternis is deur die Lig wat dit deurstroom, nou heeltemal onttroon.
Ek hoor `n stem wat roep:  Laat hom wat `n oor het en wat wil, nou
duidelik hoor.  Aan hom wat oorwin, hy sal saam My sit op hierdie
troon.

Kyk, Ek, die Seun van die mens, het oorwin en daarom sit Ek saam My
Vader op die troon.  Weer het ek `n stem hoor sê:  Kom op hierheen,
sodat Ek aan jou die volmaakte Orde van God, in alles kan toon.  Weer
sien ek dieselfde Goddelike Troon.  Hy wat daarop sit, was in alle
opsigte, Apart, Volmaak, Wys en Vroom.

 

Die Alfastroom het nou verander in `n pragtige reënboog.  Dit het alles
van die eenkant tot die anderkant van die troon in `n koepel omsoom.
Reg rondom hierdie koepel staan vier-en-twintig, in kleiner troon.  Hulle
wat daarop sit, was geklee in wit en op elke hoof was daar `n skitterende
kroon.  Om hierdie vier-en-twintig ouderlinge, skyn soos `n helder fakkel,
die Sewe Geeste, om die troon.

Daar was vier lewende wesens van voor en agter vol van oë.  Dit wat
sou gebeur, was deur hulle aangetoon.  Saam met hierdie vier lewende
wesens, het almal om die Troon, die Nuwe Lied in hulde gebring aan
Hom, wat sit op die Troon.  Kyk, ongekende getalle hemelskares, het
dit as getuies, bevestig, in hemeltoon.

Die heilig aparte engele het saamgesing:  Alleen U ons El, is ons
waardige Skepper, wat alles geskape het, waarin ons, as U skepsele
woon.  U is die Alfa en die Omega, die Ewige Lewende Waterbron, wat
geheel, U skepping omsoom.

 

Openbaring 3059

TIEN DOWWE SLAE

18 Oktober 2021  Maandagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien tien valse vredesverdrae en geheel die mensdom staan geskok,
verslae.  Ek hoor tien dowwe slae en geheel die wêreld begin mor en kla.
Ek sien arm lande leen teen `n enorme tempo reuse bedrae.  Daarna
verbrand hulle gedienstig, al hulle landsvlae.  Ek sien die Europese Unie
se tree raak alhoe traer.  Hulle beloftes raak ook al hoe onduideliker en
vaer.

Ek sien die hel roep hieroor uitbundig uit.  Hiep-hiep-hoera.  Die
Weste staan nou verwese en verslae.  Ek hoor tien dowwe slae en
bykans gelyktydig kom al tien die ou Testamentiese plae.  Ek sien `n
Rockefeller en Gates, gryp mekaar aggressief, aan die krae.  Die
superrykes van die aarde, het mekaar nou ook lank genoeg verdra.

Die konings van die aarde raak nou roekeloos en inderhaas van hulle
oortollige materie ontslae. Die ryk bankiers kry hieroor behoorlik
slae.  Ek hoor tien dowwe slae en geheel die wêreld kry nou behoorlik
pak slae.  `n Engel roep:  Lank genoeg het die hemel die mens se
gruwels geduldig verdra.  Daarom rou binnekort, al die volke en
nasies, onder swart, halfmas vlae.

 

Openbaring 3060

GABRIëL IN ARGWAAN

19 Oktober 2021  Dinsdagoggend  00.01

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor die stem van `n man wat praat.  Hy sê:  Luister, in `n gesig
sien ek voor my `n reuse diep donker put, wat met uitgekapte klippe na
benede spiraal.  Voor die opening daarvan is stewige tralies.  Om
hierdie put het `n groep, sogenaamde, belangrike persone gestaan.
Hulle was die verteenwoordiges van verskeie wêreldorganisasies, soos
die Wêreldraad van kerke, saamgevat in die Vatikaan.  Ook politieke
instansies, Unies, die Rooikruis, Gesondheidsbeheerliggame en vele
meer.

Hierna het ek `n groot en ongeduldige stem hoor roep:  Ek het
sondermeer geweet dat dit die engel Gabriël was.  Sy stem was uiters
kortgebonde en geïrriteerd.  Hy het geroep:  Lucifer kom toon jouself.
Waarna `n stem vanuit die diepte geantwoord het.  Ek weet dat ek
sonder keuse jou moet gehoorsaam.  Hierna het `n jong koorknaap
met `n alledaagse half vaal voorkoms sy verskyning gemaak.

Gabriël het met die stem en klank van donderweer geroep:  Jy, o, Satan,
saamgevat in `n gruwelwêreldorde, is besig, om my moeg te maak.
Hierna het hy weer gepraat en gesê:  Kyk o, dom wêreld, kyk, hoe
misleidend lyk dit, wat julle so getrou navolg en aanbid.  Hierna het hy Hel
en Satan finaal gewaarsku met die volgende woorde:  Weet o, Satan, eens
`n broer, maar nou die bose.  Jou tyd is reeds verkort en dit raak uiters min.

 

Openbaring 3061

MET DORINGDRAAD OMSPAN

20 Oktober 2021  Woensdagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die winkelrakke staan leeg en die laaste kosvoorraad word met
driedubbele doringdraad omspan.  Die handelspos word nou deur die
weermag beman.  Gram vir gram, verhandel koring, mielies, rys en
samp.  Die hongersnood het die verbruiker met sy broek op die knieë
gevang.  Maar nog steeds gaan die mens sy wêreldgang.

Vir die tekens van die tyd is hulle nie skrikkerig of bang.  Na die drifte
van hormoon en drang, daar volg hulle die kronkelweg van Nagash,
die slang.  Sorgvuldig en met smaak bou hulle aan die wêreldgalg,
waaraan hulleself, binnekort gaan hang.  Die liberale wêreldling dink
hulle is vry, terwyl hulle klaar vasgevang is in die matrix dwang.

Hulle het die Genade van Elohim met die leë beloftes van die wêreld
vervang.  So het die gryp tentakels van die Leviatan, nou om geheel die
wêreld gespan.  En die groot draakslang, het suksesvol, die nietige
rot gevang.  Die nasies en die volke staan nou moeg en tam, onder die
dwang op dwang.

Wêreldwyd is dit nou ramp op ramp, terwyl aggressiewe aardbewings,
groot stede en infrastrukture omstamp.  Vinnig, hard en fataal kom die
stormweer en net daarna begin die kosbare vog maar net weer te
verdamp.  Kyk, deur `n onvoorsiene droogte, verander eens magtige
riviere, in droë beddings van sand.

Oral breek die hel los in die onwettige immigrantekamp.  Ook daar, is
dit net pes en hongersnood, moord en doodslag, in ramp op ramp.  So
staan die winkelrakke binnekort leeg en die laaste kosvoorraad word
met doringdraad toegekamp.  Die eens troue winkelier is nou van sy pos
verban.  Met die wrede soldaat en sy geweer, wat nou sy pos beman.

 

Openbaring 3062

MET SATAN AS HUL WêRELDHEER

21 Oktober 2021  Donderdagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die kerk het die mens vir Satan bekeer.  So het die mens by alles wat
materie heet gesweer.  Ja, vir die hel het hulle vreesloos “gevolunteer”.
Op alles wat heilig is het hulle minagtend geurineer.  Die liberale wet
het die eens onskuldige kind kom leer.  Om die vader en die moeder,
nie langer te eer of te respekteer.

Die wêreldgeoriënteerde skole het die student geleer, om die Wet en
Orde van God te kritiseer.  Die kerk het die jong lidmate gekatkiseer,
om God openlik te kritiseer.  Jongmense is aangemoedig om seksueel,
met alles en alle geslagte te eksperimenteer.  Ook is hulle aangemoedig,
om daagliks vir genot, te masturbeer.

In die geval van ongewenste swangerskappe, kan hulle maar gewetenloos
aborteer.  Die kerke kon in vraatsug ook nie ophou kollekteer.  Die opbrengs
daarvan is mildelik aangewend vir wêreldterreur.  Ook had die wêreldmedia
volle beheer, om die mens alles wat boos is, deur breinspoeling aan te leer.

Die hemel het oor hierdie verlore toestand op aarde begin treur.  Weer
en weer en nog `n keer, het God probeer om die toestand na beter om te
keer.  Maar die mens het liberaal tot die guns van die wêreld bly redeneer.
By alle materie het hulle ten gunste van Satan gesweer.  Vir Lucifer het
hulle geëer en hul siel as losprys, na hom gekeer.

Daarom het die hemel besluit genoeg is genoeg en die wêreldsiel word
nou vir die hel gepreserveer.  So word die skale van Openbaring nou
sonder genade op die aarde omgekeer.  Die planeet begin skeef om haar
as te roteer.  Die son skyn in ongenadige hitte op die mensdom neer.
Oral smelt die paaie van teer en die verkoelingsisteme kan die hitte
nie hanteer.

Maar in die uiteinde van hierdie ekstreme weer, daar roep in ongekende
sneeustorms, nou die verkluimdes:  O, God wat makeer?  Maar in
antwoord word hulle met net meer en meer sneeu, gebombardeer. Die
mens probeer nou desperaat om met God te kommunikeer.  Maar dit is
nou heeltemal te laat, om Hom, te wil eer.

 

Openbaring 3063

EINDE VAN DIE SURPLUS

22 Oktober 2021  Vrydagoggend  00.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n koopman sing:  Minimaal, minimaal, minus, dit is nou die
einde van die surplus.  Die koper raak van die groot tekort bewus.
Terwyl die verkoper in die winsverlies moet berus.  Die wyn het ophou
gis en op die etenstafel makeer die geurige dis.  Die landsburgers
begin met hul owerhede twis.  Daar is niks wat die vure weer kan blus.
In die groot onrus is die poging van die staat, net `n lagwekkende
sirkus.

So is daar die wat weet en die wat wis.  Daar is geen vleis of net `n
bietjie vis.  Ook geen groente, vrugte of net `n bietjie sitrus.  Wee
daarom die kind wat roep:  Vir `n lekker is ek nou baie lus.  In die
groot hongersnood moet almal maar net berus.  Ja, luister daarom na
die koopman wat sing:  Minimaal, minimaal, minus.  Kyk, dit is nou
onvermydelik, die einde, van die eens groot surplus.

 

Openbaring 3064

MET DIE LOT BEPAAL

23 Oktober 2021  Saterdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met `n duur prys om te betaal, kom daar vanuit `n ou-ou katedraal, `n
baie ou antieke verhaal, wat die lot van die wêreld en daarna die
Vatikaan gaan bepaal.  Dit vertel van `n groot Goddelike stilte wat
neer gaan daal.  Dit vertel van `n ryperd en sy kleur is grys en vaal.
Met die Dood self, as ruiter in sy saal.

Vanuit hierdie ou-ou verhaal, vanuit antieke Hebreeus, na Engels
vertaal.  Kom die Oordeel in die einde van hierdie tydvak en kyk, dit
is kolosaal.  Dit vernietig alles inheems, uitheems en alles pluraal.
Dit ontsien nie die land, die see en selfs die heel diepste koraal.

Die groot verwoesting kom en die uiteinde daarvan is maksimaal.  Dit
strek wyd oor land, see en dit kom kontinentaal.  Die chaos in verval
is optimaal en die mens laster daaroor so vieslik verbaal.  In die mure
van `n ou vervalle nis, in `n baie ou antieke katedraal, is `n versteekte
boekrol, met `n ou profetiese verhaal.

Dit vertel van die laaste oorlog met staal op staal en waar mensebloed
die hoogte van `n man se knieë sal haal.  Dit vertel van die mens
honger, koud en kaal.  Met die laaste hoop gesink in die woord fataal.
Dit vertel van eens trotse konings wat tot die laagste punt neerdaal.
Wyl eens lojale volgelinge oor hulle nederlaag smaal.

Dit vertel van die laaste pous wat in sy val, oor die ewige afgrond, na
benede spiraal.  Die kamma verteenwoordiger van God het die mensdom
in alle opsigte heeltemal gefaal.  Dit vertel van pes en plaag, van Babilon
en Mammon, wat die mens in `n laaste poging met `n geldlose stelsel
sou faal.  Ja, terwyl die mensdom pynlik duur, in bose swere daarvoor sal
betaal.

 

Openbaring 3065

WIE DIE KLEINE NIE AG

24 Oktober 2021  Sondagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wie die kleine nie ag, maak die grote verdag.  Wees daarom bedag,
sodat die Gees oor jou gedrag kan versag.  Let op na die tweedrag,
sodat jy kan weet die jakkals is op jag.  Bring oor die sisteem se
onreg, na God jou klag.  Sodat jou vyand nie oor jou nederlaag kan
lag.  Wee daarom die dag van die valse verdrag en maak nie staat op
die voordele van die wêreldpag.

In die eendrag van die wêreld se mag, daar skuil Satan se krag.  Kyk,
die verseëldes maak hy om elke hoek en draai verdag.  Ja, sodat die
wêreld hulle, as veragtelik, kan verag.  Maar ongeag sy poging, bly
die verseëldes, steeds op Elohim verwag.  Verag daarom die wêreld se
vaandel en vlag.  Ja, verag die wêreld oor die groot gruwelverslag.

Weet onwrikbaar jy sal die onmoontlike met God se krag kan vermag.
Maar laat jou hart deurentyd oor jou broer se welstand versag.  In die
ongeveinsde liefde, daar skuil ewig die Goddelike prag.  In jou
hemelse verlange mag jou siel na jou Skepper, jou Hemelse Vader
smag.  Sy wonderlike werke mag jy eer en jy mag dit ook ag.  Kyk, dit
alles is geskep vir jou deurlugtige dag.

Maar die wêreld se werke, moet jy met minagting betrag.  Terwyl jy dit
met jou hele siel, in alles verag.  Jou hart en siel, mag in hierdie
tyd, oor die goddelose nie versag.  Weet daarom, wie die kleine nie
ag, maak die grote verdag.  Wees daarom oor al jou werke deurentyd
bedag, sodat die Goeie Gees van jou El, oor jou optredes, kan versag.

 

Openbaring 3066

ALLES WORD GEWEIER

25 Oktober 2021  Maandagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Onder die eggo van die moskees en die kerklokke se laaste gebeier.  Het
`n vrou onder die druk van die groot hongersnood agteroor gesteier.
Sy het haar hoenderhen desperaat gesmeek, lê asb vir my net `n enkele
eier.  Maar diè het haar, sonder voer, die versoek, summier, geweier.

Die vrou hardloop hierna vir hulp na die dorp se "Mayor".  Maar hy was
ook `n harde onsimpatieke leier.  Sy wou hom nog vertel van die
dorpswater, so ondrinkbaar en onsuiwer.  Maar hy skel haar sonder-
meer uit en wil weet waarom dra sy nie haar masker of minstens net
`n sluier?

Hierna hoor sy iemand vertel, daar is nog `n paar visse oor in die dorp
se visvywer.  Maar sonder `n enkele stuiwer, word sy, ook hierdie
kosbaarheid geweier.  Sonder kos as versterking, raak sy alhoe swakker,
traer en luier.  In haar terugtog na haar huisie, probeer sy hoopvol, vir
`n stukkie brood, by haar bure kuier.

Maar in die groot hongersnood, word alle versoeke en smeekredes,
sondermeer geweier.  In die tussentyd het haar hen wel besluit, met my
laaste krag, lê ek vir my eienares tog `n eier.  Maar dit was te laat want
kyk die Dood trek toe alreeds oor die vrou se treurige oë, sy vaalgrys
sluier.

 

Openbaring 3067

DIT PRAAT EN PRAAT…..

26 Oktober 2021  Dinsdagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevan judithdebeer.co.za

In die sinnelose gepraat en nogmaals gepraat.  Daar klap die kakebene
oop en toe soos `n vasgehaakte plaat.  Die een gee sy ongevraagde raad.
`n Ander een smaad en praat van ander net kwaad.  Een is in sy uitspraak,

spitsvondig, dapper en kordaat.  `n Ander is weer obsternaat, hy spuug
vuur en haat.

Maar die grootste bek van almal bly die media, die mondstuk van die
dom staat.  Wat op die aandrang van die “poppemeeesters”, die mens
aanmoedig, om hulle op die dier se matrix te verlaat.  In die sinnelose
gebabbel van praat en nogmaals praat.  Daar klap die kakebene oop
en toe soos `n vasgehaakte ou plaat.

Die liberalis, oor alles altyd so liggeraak, vermorsel met hulle tong,
alles konserwatief in hul haatspraak.  Laasgenoemdes stel weer die
linkses se duister motiewe aan die kaak.  Maar die onnosele wêreld-
volgelinge roep:  Wat moet ons nou eindelik met hierdie kennis maak?

Maar in die groot “reset” is daar geen standpunt wat die wêreldorde
regtig traak.  Hulle het net een doel voor oë en dit is dat die massas
die vaksien hulle eie moet maak.  Ja, in die sinnelose gebabbel van
gepraat en nogmaals gepraat.  Daar klap die kakebene oop en toe,
soos `n outydse vasgehaakte plaat.

Met die mensdom nou heeltemal desperaat, is al wat oorbly hulle
sinnelose gepraat.  Kort voor lank neem die groot moondhede op hul
eens troue nuuslesers wraak.  Engeland begin Rusland beskuldig hy
is `n selfsugtige vraat.  Maar Rusland steek op sy beurt spottend met
die Weste die draak.  Hul sê:  Kyk net hoe het die Westerse leiers,
hulle eie burgers versaak.

China raak nou vir almal boosaardig kwaad.  Hulle beweer hulle is
niemand se speelmaat.  Australië se owerhede sleep haar nasie rond
aan `n ysterhak, gehaak in die kaak.  Die Jode beweer weer, Israel is vir
alles voorberei en so paraat.  Maar sy vyand sweer op hom, onverbid-
delike wraak.  In al hierdie sinnelose gepraat en nogmaals gepraat.
Daar klap die kakebene oop en toe soos `n vasgehakte ou plaat.

 

Openbaring  3068

‘n GROOT GEWEEN

27 Oktober 2021  Woensdagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n groot geween wat skeur deur murg en been.  Hoor ek `n volk wat
onder hulle verdrukking kreun en steun.  Hulle roep:  Kyk, hoe onvrug-
baar is ons reën.  In ons oeste is daar geen seën.  Met geen melk in
die koei se droë speen.  Is ook die laaste heuning, van ons weggeneem.

Ons vyand staan ons in alles teen.  Huis en haard, ook ons grond, wil
hul van ons wegneem.  So sit ons met `n groot probleem.  Met geen goeie
nuus, in net `n donker toekoms, om van te verneem.  Laat ons daarom
bid en ween.  Miskien sal God dan van ons verneem.

Met ons volk verdeel, is ons as nasie ook lankal nie meer heel.  Van die
oggend tot die aand, word ons deur ander volke rondbeveel.  Ja, met die

“onbevoegde” wat ons lewens reël.  Soos slawe word die werk vir ons
uitgedeel.  Terwyl die ander met die groot geld rondspeel.

In die groot geween wat skeur deur murg en been.  Hoor ek nou `n Stem
beveel.  Breek `n seël en laat `n skaal neerreën.  Beskadig nou die olie
en verwoes die laaste meel.  Kyk daarom nou na die eerste snaakse
sere in die mens se keel. En weet ook sommer, die massas het klaar
geteel.

Luister daarom nou na die gekreun en steun wat sny deur murg en been.
Weet dit alles is te danke, aan die moderne mens, met haar hart tot klip
versteen.  Sy sit haar hoogmoedig teen al die Ordes van Elohim nou teen.
Kyk daarom o, mens nou om jou heen.  En weet hierdie tydvak, is vir ewig
altyd, daarmee heen.

 

Openbaring 3069

WIE IS DIE WAGTERS OP DIE MURE?

28 Oktober 2021  Donderdagoggend  05.00

www.nuutsteoopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit is die laaste ure en oral brand die vure.  In die land van die Suide,
staan daar honderd-vier-en-veertig manlike wagters, paraat op die mure.
Hulle roep:  Wees pligsgetrou en waarsku jul naastes en ook die bure.
Versamel alles bruikbaar in die skure.  Tref ook goeie voorsorg vir julle
diere.

Waak in hierdie tyd teen vreemde kulture.  Kyk, julle vyand grom vir
julle met ontblote slagtande netsoos tiere.  Maar ons die wagters op die
mure, staan rotsvas netsoos onbeweeglike stiere.  Dit is die laaste ure
en daarom brand oral globaal, nou die oorlogsvure.

`n Engel roep luid:  Raai net wie is die honderd-vier-en-veertig wagters
op Sion se mure?  Kyk, deur die hemel is hulle na die aarde, as mens-
geborenes, gesture.  Hier in Suid-Afrika, is dit heel moontlik, dalk nog
een van jou eie bure.

 

Openbaring 3070

VANUIT ‘N OU METAFOOR

29 Oktober 2021  Vrydagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit `n ou-ou metafoor, is daar `n dier wat nie kan bloos.  Maar kyk
hy trap gemaklik `n mens se spoor.  Teen intelligensie het hy lankal
die stryd verloor.  Maar suksesvol soek hy met almal skoor.  Deur bloed
en pyn word hy bekoor.  Daarom jag hy netsoos `n karnivoor.

Hy loop graag heelvoor, om te kan vreet, wat ander stoor.  Eens kon hy
goël en toor.  Maar nou mimiek hy die pastoor.  Hy haat dit om te verloor
en daarom sal hy maklik moor.  Eens ruik hy vuil en goor, maar nou wil
hy almal, met sy Westerse parfuum versmoor.

Hy dans tot ligdag voor sy vuur wat smoor.  Maar Sondag sing hy salig
in die Christenkerk se koor.  Ja, in `n ou-ou metafoor, is daar `n dier wat
nie kan bloos.  Hy trap maklik die mens se spoor.  Die stryd in vooruitgang,
het hy lankal, ook reeds verloor.

 

Openbaring 3071

DIE SEE SE BASUIN

30  Oktober 2021  Saterdagoggend  00.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Na benede wys `n reuse vuis se duim.  Op die golwe van die see
hardloop die perde in spierwitpluim.  Die see skuim hierna woes en
bruin en dit stoot ver oor strand en duin.  Die soutwater spoel oor
veld, dal en kruin.  Vir menigtes is dit nou heeltemal te laat om te
probeer ontruim.

In die groot verwoesting en chaos ontbreek die opruim.  Die groot
stad lê verwoes tot binne in sy markplein.  Infrastrukture lê verwoes,
verstrooi oor geheel die terrein.  Terwyl vasgekeerdes, `n desperate
boodskap om redding, na buite, probeer sein.

Hierna begin dit onverwags te sneeu, met menigtes wat sondermeer
verkluim.  Met die Oordeel nou wyd en ruim, lê laag die mens se moed
en luim.  Luister daarom na die see se donderende basuin en weet dit
is dalk te laat, om te probeer ontruim.

 

Openbaring 3072

WIE KAN DIE VERDRUKKING ONTSNAP?

31 Oktober 2021  Sondagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Weste was eens die koring, maar nou is hulle die kaf.  Die eens
edel graan is af en die sout is laf.  Ook is daar meer geen goeie wyn
in die kraf.  Die onrein hond het geblaf en die wêreld het agterna gedraf.
Daarom lig `n engel-profeet sy staf en die massas word wreed gestraf.

Met die heilige aparte offer nou finaal afgeskaf.  Open daar vir die
wêreld, `n enorme, diep, donker graf.  Ek hoor die geluid van siter en
harp.  En ek weet daar is `n belangrike boodskap, vir die verseëldes
om te snap.  Die groot verdrukking het gekom en wie kan dit ontsnap?

Onder eenwêreldorde burgerskap is die lewe meer geen grap.  Ja, daar
waar die volke en nasies, in die wêrelddrukgang, soos redelose diere,
na die abatoir aanstap.  Kyk, daarom net hoe dubbelskeef, loop nou die
armsalige krap.  Ook die kronkelgang van die slang, lê skeef in die
pas.

Die vrugbare vrugteboom is sondermeer afgekap.  En die Aparte
Heiligdom is nou heeltemal vertrap.  Die bloed van die heiliges is
deur Babilon die groot hoer, soos wyn afgetrap.  Daarom word die
wêreldkonings se koppe, ook binnekort, die een na die ander,
sondermeer afgekap.

Die eens trotse landsvlae hang verwaarloos en verflenter, daar waar
dit in die woeste winde rondflap.  Kyk, in die ergste variant van die
pes, begin `n bose mensdom, desperaat na `n bietjie asem, in
verarmende suurstof te hap.  Dit wat nou verlore is, word  nooit weer
aanmekaar gelap.  Met oral geen brood of selfs net `n bietjie pap.

Gaan geen wêreldling die groot hongersnood kan ontsnap?  Die Weste
was eens die koring, maar nou is hulle die nuttelose kaf.  Die brood is af
en die eens goeie sout is onbruikbaar laf.  Weet daarom o, mens en
roep:  Wee o, wee, hoe vreeslik is die dag, van die groot Oordeelstaf.

 

Openbaring 3073

WêRELDPOLITIEK

1 November 2021  Maandagoggend  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In wêreldpolitiek is daar een wat verklein en `n ander wat weer vergroot.
Maar in beide word die eiebelang na vore gestoot  Die Weste promoveer
dialoog.  Maar Rusland voel haarself weer gemaklik in die eensydige
monoloog.  Terwyl Europa die woord vrede, al is dit ook valse vrede, aan
die wêreld beloof.  Staan die Ooste getrou aan die woord, van die antieke
filosoof.  Hulle “motto” lui:  `n Tand vir `n tand en `n oog vir `n oog.

Wat die groot pes betref, glo die Weste aan die woord van die weten-
skaplike bioloog.  Maar Rusland trek alweer dwars en wag op die
intensiewe diagnose en uitslag van die patoloog.  Amerika reageer:
Dit sal die heel beste wees, om te wag op die woord van die kardioloog.
Maar die eenwêreldorde het `n heel ander agenda wat hul beoog.

Sommige wetenskaplikes reken:  Hierdie siekte sowel as die entstof,
vernietig deur inflammasie, die hartsak, wat die are verhard en ook
uitdroog.  So gaan almal in hul ondersoek nou groot.  Maar steeds is
daar niemand wat die ware diagnose kan ontbloot.  Feit bly egter
staan:  Hierdie is `n erge pes en hy heet sondermeer:  Massamoord!

 

Openbaring 3074

ELKE VERBRUIKER IS ‘N MISBRUIKER

2 November 2021  Dinsdagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met bykans niemand oor wat die Wysheid meer kan of wil verstaan.  Is
daar slegs enkele oor, wat hulle nie vir die Waarheid van God skaam.
Hulle weet, elke verbuiker is `n misbruiker, wat in “nooit genoeg” vir
net nog meer en meer naderstaan.  Maar vir die aarde in haar vergaan,
skuif almal nou op almal, die verwyt en blaam.  Kyk net na die Jood,
wat heelvoor op die verhoog, in die kamma groen vergadering staan.
Terwyl hulle vir almal predik en vermaan, ja, oor die misbruik van die
planeet, in haar snel vergaan.

Dit, terwyl hierdie superrykes, al klaar weer besig is om agter grond-
stowwe aan, nuwe myne te beplan en te beraam.  So, wie is daar
werklik oor om vir die blatante waarheid en feite op te staan?  Dit is
hulle wat die sinnelose voorskrifte en wette van `n korrupte wêreld-
sisteem teen probeer staan.  Hierdies het op `n stadium probeer, om
hulle broers en medeburgers te waarsku en te vermaan.

Maar hulle insig was minagtend in die wind geslaan.  Terwyl die
sogenaamde verligtes agter die drogvoorstellings van die wêreld se
valse vrede en voorspoed sou gaan.  So is daar nou weinig oor, wat
met insig die ware toedrag van sake insien en verstaan.  Hulle weet
die tyd van Oordeel het gekom vir die planeet om in haar eie weer-
wraak te vergaan.

Maar die verseëldes van Elohim, weet ook dat hulle El, hulle in hierdie
tyd by sal staan.  Hulle weet iewers is daar `n veilige plek van bewaring,
waar die planeet verwelkomend vir hulle oop sal staan.  So, heilig
daarom in Apartheid, die paar heiliges wat in Waarheid en Wysheid, die
oorlewingsdoel van die planeet wel verstaan.

 

Openbaring 3075

ALLES IS VERVLOEK

3 November 2021  Woensdagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Satan het versoek en die mens was gehoek.  Die tyd was geboek en die
mens het daaroor gelaster en gevloek.  Die massas het in weerstand
gemaal en gewoel.  Maar die Oordeel had Sy doel.  Elke Woord van die
boek van Openbaring was bedoel.  Maar die mens kon nie ophou om
God te versoek.  Daarom bring die Grimmigheid nou na die mens, Sy
besoek.

Kyk, daar kom `n verwoestende vuur, wêreldwyd, in bloedrooi gloed.  Dit
verteer alles voor die voet.  Die groot en klein riviere raak ook in volle
vloed.  Dit breek verder die volke en nasies se moed.  Maar terselfdertyd
heers die droogte ook verwoed.  Die landbouer kyk verwese na sy eens,
pragtige, maar nou dooie beesstoet.

Met die tydvak wat nou vinnig na haar einde spoed.  Vertoon almal nou
globaal hul oorlogsmasjinerie en hulle parate weermagtroep.  Maar in
die groot hongersnood word die landsburger in hulle kosvoorrade
gesnoep.  Met geen lekkernye of koek, is dit nou vir Jan Publiek net dun,

afgewaterde, soep.  Dit, terwyl almal kla, oor siekte en kroep.

Onverwags is daar geen brandstof en almal loop te voet.  Ja, onder die
strale van die brandende son, loop die stomme mens, verwese, onder
sambreel en hoed.  Maar ook dit kan hulle nie van sonsteek en hitte-
uitputting behoed.  Met die diereryk gaan dit ook glad nie goed.  Kyk,
pes op pes, heers onder dier en mens, onbeheerbaar, verwoed.

Die vars-, sowel as seewater, vertoon oornag so rooi soos bloed.  Daar
is groot fout met  skole forel, sardyne en snoek.  Ja, Satan het versoek
en die mens was aan sy sonde en gruwels gehoek.  Daarom het planeet
Aarde haar bewoners vervloek.  Die mens moet oor hulle misstappe,
wreed nou boet.

 

Openbaring 3076

MET ALLES DAARMEE HEEN

4 November 2021  Donderdagoggend  05.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die koms van die merk van die dier, so werklik en obseen.  Gaan
die Weste, asook geheel die wêreld, van die een, na die ander,
kataklisme en probleem verneem.  So staan Engeland heel eerste op
haar laaste been.  Ek hoor `n engel roep:  Kyk, oral om die Weste
heen, word alle seën, nou van haar vervreem.

Haar hart was mos tot klip versteen.  Daarom sal vuur en swael, in lawa
en ook in haelsteen, op haar neerreën.  Maar terwyl die Ooste vreugde-
vol van haar teenspoed verneem.  Sal hulle van die Midde-Ooste tot in
die verre Asië, onverwags sit met een en dieselfde probleem.

So kom die Weste en die Ooste se teenspoed in dieselfde onoorkombare
probleem.  En dit kom onverwags, onophoudelik en ook aaneen.  Luister
daarom na die globale gekreun en gesteun.  Sien hoe desperaat probeer
die volke en nasies noodvoorraad van mekaar te leen.  Om dit net daarna
met geweld van mekaar af te neem.

In die groot hongersnood staan mens en dier maer tot op die been.  Die
mens hoes slym en bloed en die dood neem haar slagoffers, die een na
die ander een.  Die weer raak nou werklik snaaks en ekstreem.  Die
groot chaos en verval, is nou oral om die mensdom heen.

Luister daarom na die groot tandgekners in gekerm en geween,  Sien die
gruwelmerk van die dier, wat alle vryheid van die mens weg sal neem.
Weet dit alles is die begin van die einde, met net die groot Verwoesting,
oor geheel die wêreld heen.

 

Openbaring 3077

NA NOG ‘N JAAR

5 November 2021.  Vrydagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit is alweer bykans die einde van nog `n jaar.  Met die Oordeel wat
nou in volheid gaan baar.  Ek hoor `n stem wat roep:  Wie is die
stommerik, wat in die tyd van groot opgaar, nog probeer om geld te
spaar?  Die Oordeel antwoord:  Lank genoeg tokkel ek my deuntjie op
net een snaar.  Wee daarom die wêreldrykaard, maar geseënd is die
armsalige bedelaar.

Kyk, die Goeie Godsorde word lank nie meer deur die mens geeër en ook
bewaar.  Daarom het liberaal, nou in die onpaar, klaar sy wêreldbaster
uitgebaar.  Geheel die hel sal nou die wêreld binnevaar.  Kyk, in die droë
land staan gebreek die ploegskaar.  Die vee staan maer.  Met miet, mot
en roes, wat die graan en voer binne gaan vaar.

Die sprinkaanplaag het hom by die stofstorm loop skaar.  Die laaste
groenigheid word in hul vraatsug nie gespaar.  Vanuit die Ooste en die
Weste, die Suide en die Noorde, kom die profetiese bevel nou uiteindelik
bymekaar.  Van die dorre doringboom val nou die heel laaste blaar.

Maar in die sytakke van die Boom van die Lewe, word Sion vir die toekoms

uitgespaar.  Ja, dit is al amper weer die einde van nog `n jaar.  Met die
twee getuies wat hul in hul werke, in eenheid, bymekaar gaan skaar.  So
kom die Groot Oordeel, om in haar volheid nou te baar.

 

Openbaring 3078

KOM LEER ‘N LES

6 November 2021  Saterdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Van Suid na Noord, van Oos na Wes, kry almal, nou die pes.  Niemand
tree meer vir die mens in die bres.  So, kom o, mens en leer jou les.
Kyk, in ses-ses-ses, gee die vryheid bes.  Van Suid na Noord, van Oos
na Wes, begin geheel die wêreld stres.  Satan gryp en slyp sy mes.  Hy
krap hiermee, daarna, in die as van sy es.

Die wêreld staan nou vir `n groot begrafnis “opgedress”.  `n Nuwe
koning staan oornag kaalkop bles.  Terwyl sy onderdane hom oor alles
verpes.  Die Weste leer deur haar dom besluite `n duur, duur les.
Frankryk, Nederland en Duitsland, eers die beste vanuit Wes, soek
desperaat na bondgenote, vanuit die Kaukasies res.

Ja, die Weste was met hul trippel ses, eers so obseen, so obses.  Maar
heeltemal te laat, leer hulle, hul duur les.  Kyk, daar in hul DNS daar
skrop iets “alien” nou sy nes.  So, vergeet daarom gerus maar van die
res.  Niemand tree meer voor God, vir hierdie mense, in die bres.  Oral-
oor globaal, daar heers as koningskroon, oor die gevaksineerdes, nou
die vreemde pes.

 

Openbaring 3079

SIT MY WEER OP MY VOETE NEER

7 November 2021  Sondagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n droom hoor ek myself murmureer.  Ek kla en sê:  O, my God in my
lewe is ek net geteer en veer.  Al wat leef en beef het teen my wraak
gesweer.  Getraumatiseer moes ek van die oggend tot die aand, net
klippe van myself afweer.  U kosbaar Woord het my kom leer.  Maar
deur my eie volksgenote was ek swart gesmeer.  Sonder genade is ek
uitmekaar geskeur.  Bykans almal sien vanuit hul hoogte op my neer.  U
Waarheid is net leuens, so was daar met tye wild beweer.

In `n droom hoor ek myself murmureer.  O, my God, terwille van oorlewing,
is ek moeg en my rug is seer.  Sit my daarom net weer op my voete neer.
In Gees en Waarheid wil ek met U kommunikeer.  Deur die christenkerk is
ek gekritiseer.  Hulle lidmate het my geterroriseer.  Deur bloedfamilie en
vriende is ek die rug toegekeer.  Met my, is daar tong in die kies, heerlik gek

geskeer.  Sit my daarom met nuwe krag net weer op my voete neer.  Tot op
die einde, wil ek U, in U opdrag aan my, eer en met my alles, respekteer.

 

Openbaring 3080

‘N MAAGD, HEILIG EN VROOM

8 November 2021  Maandagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek luister na `n hemellied in verukklike engeletoon.  Ek sien in `n
volmaakte hemeldroom.  `n Maagd, heilig en vroom.  In eenvoud
staan sy daar, rein en skoon.  In die onbeskryflike Ligryk, daar waar
Elohim se kinders woon.  Ek sien haar staan voor `n lieflike hemeltroon.
Naas die Goddelike Troon staan die pragtige, Ewige, Lewendgewende
Boom.  Dit staan daar waar dit soos `n pragtige middelson oor geheel
die skepping uittroon.

Ek sien die martelare onder Elohim se Troon.  Al wagtend op hulle
onbeskryflike hemelloon.  Ek sien die paradys met helder strome van
lewende water omsoom.  Ek weet dit is die ewige salige plek waar die
martelare aktief saam al die hemelwesens gaan woon.  Ek luister na
hulle volmaakte Nuwe Lied in verruklike hemeltoon.  Ook sien ek Sion
die hemelbruid haar hier aan geheel die Skepping vertoon.

 

Openbaring 3081

DIE ASKEET

09 November 2021  Dinsdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Na die geestesdorland kom `n askeet.  Met sy intelligensie goed versteek.
Noem sy vyande hom `n leek.  Hy stap die moderne tyd binne geklee in
`n armsalige kleed.  Hy stap daar rond soos `n pateet.  Soms lyk hy gesond
dan weer siek en bleek.  Maar in gees is hy lankal reeds kompleet.

Na die geestesdorland het hy gekom om hom te wreek.  Hy is hier om
Godskale op aarde stukkend te kom breek.  In sy skrede is daar `n Swaard
versteek.  Dit is die Woord van God wat alles weeg, meet en weet.  Kyk,

syarmoedige kleed word terstond die harige kleed.

Dit word sondermeer met mensebloed deurweek.  Met hierdie maat gemeet
sal die mensdom weet.  Die Oordeel het gekom om hom te wreek.  So, luister
na die wêreldlied in leed op leed.  Luister na die groot hongerkreet.

Sien die pes en plaag wat hul kom wreek.  Sien die groot kataklismes wat
chaos heet.  Sien die armsalige dollar, euro en die pond het depressie beet.
Weet God is besig om `n gruwelsisteem tot op die grond af te breek.

So kom na die geestesdorland nou die askeet.  Hy heet Gabriël vir almal
om nou te weet.  Vir die massas is dit nou te laat om hulle hande smekend
na God toe uit te steek.  Die skale val en dit is die hemel wat haarself so
wreek.

 

Openbaring 3082

VANUIT GOD SE PEN

10 November 2021  Woensdagoggend  02.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die woord van God reguit en streng.  Sal vanuit die ink van Elohim
se pen, slegs die verseëldes, daaruit voordeel wen.  Eens roep die
wêreld:  God se woord is tog so eng.  Maar nou is dit in Oordeel vir
hierdie wêreld vasgepen.  So word die dae nou verkort om nooit weer
te verleng.

`n Gruwel wêreld in alle materie eens so verwen.  Diè staan in hul doen
en late nou heeltemal gestrem.  Salig daarom hulle wat Elohim eens
trots sou ken.  Kyk, hulle lewe word vir die duisendjarige vredesryk
verleng.  Vanuit die ink van God se pen, sal net hul die voordeel daar-
van wen.

 

Openbaring 3083

MET DIE VARK NOU DOOD

11 November 2021  Donderdagogeend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met voete swaar soos lood.  Kom die Bileamsvloek nou bymekaar, soort
by soort.  Oor die donker, duister, doodsrivier, daar na Hades vaar `n
boot.  Met net `n enkel alleen bang siel daarop aanboord.  In die hel is die
jolyt uitspattig groot.  Dit jil en skreeu:  Uiteindelik is ons demoniese vark
nou dood en vir sy ontvangs gaan ons groot.

In `n gruwel standbeeld vas gegoot.  Lê die binding van die Boervolk nou
ontbloot.  In die holklank van stilsaluut in misskoot op -skoot.  Daar open
nou die hel sy poort.  Wee daarom die kontinent van Kus - van Suid na
Noord.  Die hel is in waansin los en dit gaan groot.

Maar luister na die engelekoor.  In refrein sing hulle noot vir noot:  Eer aan
God, want die gruwelvark is dood.  In lirieke sing die martelare woord vir
woord.  Ja, hulle sing:  O, wreek ons bloed, o, God, soos wat dit hoort.
Kyk, net na die mens se spoor, getrap met `n dier se poot

In ongekende lyding was ons smart en pyn so groot in ons nood.  Daarom
loof ons elf November as `n dag so groot.  Ja, ons prys en loof hierdie dag,
want uiteindelik is die bontvark dood.

 

Openbaring  3084

‘N BERG WAT VAL

12 November 2021  Vrydagoggend  05.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die groot verval raak die massas waansinnig mal.  Oor berg en dal
klink `n knal.  Ek sien `n berg wat val.  En in `n vloedgolf, kom `n hoë
waterwal.  Met net daarna lyke sonder tal.  Ook sien ek `n ster wat
uit die hemel val.  Die water word soos bitter gal.

In die groot verval, met geen weg na redding, breed of smal.  Daar
protesteer die massas nou in ongekende tal.  Maar die wereld-
sisteem roep hul toe:  Ons is jul redding, ons is jul al.  Hierna sien ek
`n massagraf, waarin miljoene na benede val.

Ek sien die merk van die dier, op biljoene uitgestal.  Ook sien ek die
groot verval en ek hoor die laaste trompet wat waarskuwend skal.  Oor
berg en dal kom `n vreemde harde slag, in `n kosmosknal.  Ek sien `n
reuse berg, sondermeer, omval.

 

Openbaring 3085

DIE GROOT RANTSOEN

13 November 2021  Saterdagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die kalf in die put, is daar `n vlieg in die apteker se salf.  Die
sout is laf en al die bederfbare produkte raak af.  Met geen koring
staan die verbruiker met net `n handvol kaf.  In die groot rantsoen,
roep die regerings:  Ons begin alles eerste, net in half.  Voordat
iemand die volle implikasie hiervan kan snap.  Roep iemand luid:
Kyk, dit is maar net die begin, van die groot straf.

So begin die verbruikers nou maar honger in die wind te hap.  Die dom
liberalis begin verward agter sy ore rond te krap.  Terwyl konserwatief
vir oulaas, ironies lag, oor hierdie patetiese grap.  Ja, met die spotter
word nou gespot en kyk, daar word ernstig klei getrap.

Met die heilige offer nou heeltemal afgeskaf.  Begin die groot gruwel,
mensbloed, vir Satan af te tap.  Trippel ses is op die siel, `n ewige,
onuitwisbare klad.  Nie een van die draers daarvan, sal die ewige
Oordeel kan ontsnap.  Maar die hemel swaai oor die handvol edel-
koring sy Heilige staf.

Dit, terwyl die hel, oor die ewige afgrond afsak.  Ja, onder die enorme
drukgewig, van sy eie wêreldkaf.  Die kalf is in die put en daar is `n
vlieg in die wêreldapteker se salf.  Die basterbrak het driekeer geblaf
en die vaksien is skielik af.  Terwyl die virus oorwinnend, deur die are,
van die gevaksineerdes draf.

So verdwyn die self verdoemdes, in `n reuse massagraf.  Ja, die
Oordeel lig sy staf en groot is die straf.  Terwyl die einde van die
tydvak nou vinnig na sy einde draf.  Edom-Engeland se konings-
kleed lê in twee geskeur en dit word nooit weer aanmekaar gelap.  `n
Vreesbevange, Weste, probeer nou desperaat na die Ooste oorstap.

Maar diè word nou van alkant af deurmekaar geklap.  Met hulle lande
soos lekkergoed van `n kind afgevat.  Stel niemand in elk geval meer
belang, in Westerse burgerskap.  Kyk, met `n lat gepluk vir die eie
gat, kan niemand sy selfopgelegde vonnis, ontsnap.  So staan geheel
die Weste, nou binnekort, met hulle hande, heeltemal afgekap.

 

Openbaring 3086

DIE KAARTE WORD UITGEDEEL

14 November 2021  Sondagoggend  03.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n eienaardige ritueel sien ek die Skoppensboer kaarte uitdeel.  Hy
nooi almal om saam te speel.  Hy lag en sê:  Vir almal is daar net een
reël.  Dit is:  Die vaksien word soos in Russiese Roulette, vir almal
aanbeveel.

So begin die “Grimmreaper” om die een na die ander siel, vir hom te
steel.  Die spelers raak hierna onverwags, eers bleek en daarna geel.
Almal kyk skielik skeel.  Terwyl hulle oë eienaardig uit hul kop uitpeul.
So raak die wêreldorde se planne nou vinnig kompleet.

Vanuit die mens se DNS, word `n eienaardige, gevaarlike, organisme
geteel.  Niemand kan meer die aangetaste mensdom, genees, of heel.
Vanuit `n globale aandklokreël, word die kom en gaan, van elke
individu noukeurig gereël.  Met die stomme wêreldmens se lot, nou
heeltemal verseël.

Die verseëldes roep:  Ons het meer geen tyd oor om te verspeel.  Die
vlug na veiligheid word daarom oraloor, inderhaas, gereël.  Kyk,
hierdies weet nou verseker, dat hulle die eienaardige situasie hier op
aarde, nie verbeel.  Maar ook weet hulle, die beskerming van Elohim,
is op hulle voorhoof, vas, verseël.

 

Openbaring 3087

HEF OP JULLE HOOFDE

15 November 2021  Maandagoggend  06.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n stem luid uitroep:  Hef op julle hoofde o, poorte.  Kyk, die
goort dag van Oordeel kom en dit kom heel eerste oor die Jode.  Vanuit
die Suide tot in die verre Noorde.  Kom in harde akkoorde nou die wrede
woorde.

Dit kom vanuit die verre oor verdorde landerye en afgebrande boorde.
Dit spreek met Kaukasies, sowel as met die More.  Dit verwyt en
beskuldig alle soorte.  Dit spreek met die lewende, sowel as met die
dode.  Die Genade van Elohim, raak nou vir die wêreldling, heeltemal
verbode.

Met Sion spreek die Gees in die woorde van geheime kode.  Dit waarsku
haar, bly weg van die wêreldvoorkeure en haar afskuwelike mode.  Wees
ook uiters versigtig vir die aanslag van die sinode.  Sy fluister in die ore
van die verseëldes en vertel aan hulle, van plekke, in veilige hawens en
oorde.

Sy leer hulle, bedek in julle vlug, agter julle, julle spore.  Bly van nou af
weg van groot wêreldbyeenkomste en gehore.  Roep voor die ingang
van julle veilige oorde. "Hef op julle hoofde o, heilige poorte".  Kyk, ons
is nie van gemengde bloed, in alle soorte.  Ons leef volgens die Ewige
Goddelike Ode. Daarom is ons nou deur die wêreld uitgeworpe en
verstote.

Ons luister reeds geruime tyd, na die stem van die Goddelike bode.
Daarom staan ons voor hierdie veilige, heilige, aparte poorte.  Deur
die Krag van die Wysheid in die Waarheid, geslagte lank gelede,
reeds aan ons belowe.

 

Openbaring 3088

SUID-AFRIKA AS TROFEE

16 November 2021  Dinsdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Hoor net die stem van die Taliban vanuit Afghanistan tot in Pakistan.
Dit is die stem van `n deel van Dan, verbaster tot in Gam.  Hulle roep
en sê:  Net die beste vanuit die Weste, het ons as buit, vir ons gewan.
Daarom smee ons nou bande, tot in Suid-Afrika met die San.

As kamerade, sal ons met hierdie reënboogstam, kamma, nou saam mee
span.  Lank genoeg lê ons hulle reeds lam, met ons onwettige immigrante
plan.  Kyk, met gemak vat ons hul land, bloot net omdat ons kan.  Met
die nikswerd Boer, maak ons eerste plan.  Ja, want Islam is ons naam en
Isis is ons van.

Ons in die Oosterse ram, ons is net die macho man.  Ja, wat binnekort
vanuit die Ooste, oor geheel die wêreld as leiers, saam gaan span.
Daarom is die heel mooiste land ons toekomsplan.  Maar China staan
sondermeer ongevraag nader, om hierdie toekomsdroom, vinnig te
ontman.  Hulle doel is om hierdie kontinent, as hulle eie te beman.

Maar ook Rusland het alreeds lankal haar eie plan.  Ja, om die Suide
van Afrika vir haarself in te span.  Maar mosterd na die maal, roep `n
reeds verswakte Weste:  Nou dan is dit maar, Armagèddon, in man teen
man.  Kyk, niemand sal ons van die uitverkore grond verban.  So, wat o,
Boer is nou jou plan, met jou erfgrond, klaar uitgeloot, aan anderman?

 

Openbaring 3089

VLEES VERSUS GEES

17 November 2021  Woensdagoggend  02.20

www.nuutsteoopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die tekens van die tyd nou te lees, sien ek twee weë.  Die een heet
vlees en die ander een Gees.  Ek hoor ‘n stem wat sê:  Slegs een van die
twee kan heers.  So, met wie wil jy o, mens, nou wees?  Vlees kom staan
uitdagend voor die mens, sterk viriel, netsoos `n bees.

Hy roep:  Kom vier nou in die materie saam met my fees.  Laat ons
daarom drink, eet en vrolik wees.  Sodat dit aan die vlees, niks in
genot, kan ontbreek.  Kyk, die materie feesvure is klaar aangesteek.
Voordat die wurm van die dood, kom, om dit alles op te vreet.

In die tekens van die tyd nou raak te lees.  Sien ek twee weë.  Die
een heet vlees en die ander Gees.  Ek hoor die Gees en Sy roep haar
hees.  Sy sê:  Kyk, tot jou redding is ek deur Godsgenade aan jou vas
verweef.  Sodat jy verlos van vlees, ewig salig voort kan leef.  Daarom
leer ek jou o, mens, om die Waarheid van die leuen, te ontleed.

Ek leer jou, al loop jou lewe krom en skeef.  Kan jy jou altyd weer
vinnig na God begeef.  Aan jou hand lei ek jou na die Liefde en vertel
jou om dit aan te kleef.  Op die vleuels van Wysheid moet jy sweef.
Wees in die nederigheid sag bedees.  Laat God se Gees, daarom tot
jou Redding, in jou heers.

Ja, in die tekens van die tyd nou raak te lees.  Sien ek twee weë.
Die een heet verdorwenheid van die vlees.  Die ander een heet
Redding in die Gees.  Op watter een gaan jy, jou lewenspad begeef?

 

Openbaring 3090

WAAROM?

18 November 2021  Donderdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Kyk net hoe helder skyn die son, daar teen die kosmos se skitterende
plafon.  Weet dit is die Ewige Onuitputlike Bron, waaruit alle lewe
voortkom.  Kyk net na die koel Wolkkolom, wat as Redding, oor die
ware Israel kom.  Kyk net na die narsing, die spierwit lelie in volle blom.
En weet dit is Sion, die bruid, wat vir haar Bruidegom, nader kom.

O, luister net na die treurlied van die verlorenes wat droewig sing:
Waarom o, waarom?  Die antwoord kom:  Kyk, na eie keuse, was julle
geestelik, doof en dom.  Kyk net hoe oud en afgeleef is die ou geldgod
Mammon.  In sy plek staan nou gloeiend, die oorlogsgod, Dagon.
Naas hom staan die hoer weduwee Babilon.  Sy treur droewig oor haar
eggenoot, naamlik die Jodedom.

So, luister na die sterwende boodskap in die woord shalom.  Weet dit
is ewig te laat vir die begrip pardon.  Kyk daarom nou na die
wêreldweg so skeef en krom.  Luister na die hiënas wat besitlik oor
die aas, vir die jakkals grom.  Al wat oorbly van die Weste, is die
leeurestaurante, waar die aasvoëls reeds gretig, om die laaste reste
saamdrom.

Luister daarom na die eerste skote van die moderne kanon.  Sien die
vreeslike kern paddastoele wat globaal oopblom.  Weet die tyd kom nou
vinnig nader vir Armagèddon.  Maar wees rustig o, Sion, terwyl jy weet,
jy drink vanuit die Ewige Onuitputlike Waterbron.  Ja, waaroor die son
van Elohim, tot jou redding opkom.

 

Openbaring 3091

OORDEEL

19 November 2021  Vrydagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Woord het gespreek en die Oordeel het gewreek.  Die aarde het
getreur en haarself stukkend gebreek.  Die mens het gesmeek, maar
die hemel het laat weet.  Met die eie maat gemeet, bly die antwoord
leed.  Met die gelaat nou siek en bleek, laat die pes die mens in koors
nou sweet.

Die regerings had dit nie meer breed en die hospitale verloor hulle
greep.  Te laat om te ontleed, na die oorsprong van die skeet.  Kyk,
in die wraak van die askeet, het die Oordeel lank gelede reeds laat
weet.  Maar weinig luister na die rede van die profeet, daarom is die
tyd nou kompleet.

Die aartsengele staan gereed.  Hulle het die woord genade heeltemal
vergeet.  Van landstreek tot landstreek.  Daar trek die Dood in sy
vaalgrys kleed.  O, hoe karig die dieet.  In die groot hongersnood het
niemand dit breed.  Vanuit die nodelose hulpkreet, is dit net leed op
leed.  Ja, die Woord het gespreek en die Oordeel is hier om Hom, op
die dowes te wreek.

 

Openbaring 3092

SATAN DIE ONOORSPRONKLIKE IDENTITEITSDIEF

20 November 2021  Saterdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die hoogmoed van die mens het Satan kom staan.  In die wêreldmag
van die grotes moet almal sy wil nou goed verstaan.  Hy is die aanklaer
wat wild na die mensdom toe slaan.  Onder sy aanklag en blaam, moet
die wêreldling na willekeur vergaan.

Hy is die draak wat nou naderstaan.  Dit is hy wat besluit, wie sal voort-
bestaan.  Hy kom in die gedaante van die konings, so vernaam.  In
wêreld presidente, wat sy weg vir hom oopbaan.  Die groot bankiers gaan
met al sy besluite saam.  Terwyl Jan Publiek se behoefte en leed hulle
heeltemal ontgaan.

Maar met die geldmag nou na die maan.  Is hulle enigste oplossing,
OORLOG, wat moet naderstaan.  Terwyl die grotes oënskynlik as vyande
teenoor mekaar staan.  Is hulle agteraf bondgenote, wat hand om die
blaas, mekaar se keuses beaam.  Ja, met die wêreldmassa, nou net `n
dom pion, wat weerloos op die skaakbord staan.

Wat tot eer en glorie vir die wêreld konings val of staan.  Om ten koste
van hulle kosbare lewens te vergaan.  So, roep o, dom wêreld, nou jou
god Lucifer, openlik op sy naam.  Gee erkenning aan sy bose bestaan.
Ja, daar waar hy as valse engel van lig, in die vatikaan, as valse Jesus
staan.

Waarom is dit dat hy deur eeue heen, hom vir sy eie identiteit skaam?
Terwyl hy as alias god, die heeltyd vorentoe staan?  Was dit omdat sy
moeder die hel, so `n hoogmoedige gedrog, soos hy uit sou kraam?  Kyk,
dit is juis in sy oordraagbare, hoogmoedswaan, waar hy die mens in
hierdie eienskap verslaan.  Daarom is hy  nou die wêreldgod, waarom
alles gaan.

Maar weet o, Satan, as identiteitsdief, bly jy maar net `n leuen illusiewaan.
Waardeur die Illuminati-geldmag van die wêreld, haar siek pad oopbaan.
As net `n sinsbedrog leuen, sal jy wel weer tot niks vergaan.  Daarom word
alle hoogmoed in die mens, deur die Oordeel uitgegiet op aarde, binnekort
tot niks verslaan.  Ja, in die chaos van die wêreld infrastruktuur, se groot
vergaan.

 

Openbaring 3093

LUISTER O, “PREPPER”

21 November 2021  Sondagoggend  03.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Oor land en see staan `n engel.  In sy hand hou hy `n brief.  Die
boodskap is blatant en onsensitief.  Dit lui:  Die Oordeel kom en dit
is massief.  O, kyk net in die groot ongerief, met weinig weelde, of
gerief.  Daar raak die “voorbereiders” nou uiters besig en aktief.

Hulle hou op noodsaaklikheid en nie gerief.  In hulle taak so obsessief.
Daar minag hulle die woord, depressief.  Teen alles nie konserwatief,
raak die “preppers” nou uiters hatig en aggressief.  Teen enige vorm
van swakheid, staan hulle tot oorlewing, onsensitief.

Hulle wagwoord lui:  Die owerhede behandel ons lank genoeg mos stief.
Die regstelsel staan vir die moordenaar en die dief.  Maar teen troue
landsburgers is hulle uiters onsensitief.  Vir net die heel noodsaaklike,
vra ons reeds lankal, maar tevergeefs, so mooi asseblief.

Maar die behoefte van ons smeekrede, dit, word eenkant toe geskiet as
onnodig, apokrief.  Daarom staan daar nou van kontinent tot kontinent
`n engel en kyk, sy gedaante is grotesk so massief.  In sy hand hou hy
`n boodskap in `n brief.  Dit lui:  Die Oordeel kom en dit is massief.

Net een planeet het jy o, stomme mens, met geen alternatief.  Neem
daarom nou met julle onafwendbare Oordeel verlief.  Wees daarom o,
“prepper” in julle voorbereidings so kreatief.  Maar staan heel eerste
in jou geloof, tot jou Skepper, nie passief.

 

Openbaring 3094

22 November 2021.  Maandagoggend  05.00

DIE SIEK KLEUR VAN KERSFEES

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n stem wat vra:  Is hierdie Kersfees wit?  Die antwoord kom.
O, verseker ja, in sneeu, dik en wit, kom ongekende koue, waar ver-
kluimdes vir net `n bietjie hitte sal bid.  Ek hoor `n stem wat vra:  Is
hierdie Kersfees swart?  Die antwoord kom.  O, verseker ja.  Kyk, die
pes haas hom na sy eerste kwart.  Die mens ween en vergaan van
smart.

Ek hoor `n stem wat vra:  Is hierdie Kersfees rooi?  Die antwoord kom.
O, verseker ja.  Kyk, onder oorlogsrumoer word landstreke met bloed so
rooi, heeltemal toegegooi.  Ek hoor die stem wat vra:  Is hierdie Kersfees
groen?  `n Tweede antwoord.  Verseker ja, met `n paspoort groen, gaan
`n verdeelde wêreld nooit weer met mekaar versoen.  Kyk, binnekort
begin ook die groot rantsoen.

Ek hoor `n stem wat vra:  Is hierdie Kersfees blou?  Die antwoord kom.
O, verseker ja.  Op valse geloof en ritueel was mos vasgebou.  Daarom
sal die mens onder die Oordeel rou.  In `n Kersfees daarom sneeuwit.
Hardloop nou globaal, soldate in gelid.  In `n Kersfees swart, begin
landsburgers, hulle regerings aggressief uit te tart.

In `n Kersfees nou pateties rooi, in “glitter” opgetooi.  Daar staan die
krismisboom onder mensebloed toegegooi.  Ja, want die mens het die
Genade van God mos minagtend, weggegooi.  In `n Kersfees alsem-
bitter, toksiesgroen, is daar niks meer wat die mens teen haar eie
besoedeling kan doen.  In `n Kersfees bitterblou, word die massagraf,
vir ongekende getalle nou gegrou.

 

Openbaring 3095

DIE WêRELDLAMP BRAND FLOU

23 November 2021  Dinsdagoggend  01.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die wêrelddraak se klou, hang daar `n lamp en dit brand flou.  Op
bros fondasies het die wêreld mos gebou.  Daarom sal hulle die
ineenstorting van hulle infrastrukture moet aanskou.  Ek hoor `n stem
wat roep:  Onthou o, onthou.  En terwyl `n tafereel vanuit die verlede
voor my ontvou.  Onthou ek van regerings, in verraad en ontrou.

Ek sien geloofsinstellings en kerke wat in alles sou verbrou.  Ek sien
liberale massas wat trots met hulle gruwels sou skou.  Ek sien voor-
aanstaande wêreldinstansies wat God uittartend toesnou.  Ook
regstelsels wat hulle aan die kant van onreg hou.  Terwyl hulle die
onregverdige straf, na die regverdiges uithou.

Ek sien hoe verkleinerend lag die supperrykes vir die armes in die
mou.  Ek sien hoe word net die heel beste vir hulself uitgehou.
Terwyl die behoeftiges aan die uitskot moet herkou.  Ek sien die
wêrelddraak en in sy pikswart klou, hang `n lamp en dit brand on-
verklaarbaar, uiters flou. Hy kyk oor sy skouer na die wêreldmassas
wat agter hom die duisternis in aantou.

Terwyl `n vreesaanjaende scenario oor hulle ontvou.  Ek sien `n enorme
massagraf gegrou.  Maar dit is te klein vir al die dooies om in toe te vou.
Ek sien die laaste oorlewendes te oorstuur om nog te rou.  Ek luister na
die hartseer roep van die pou.  Dit klink soos die kreet van `n kind, alhoe
dowwer, sterwend flou.

 

Openbaring 3096

SUID-AFRIKA SE WRAAK

24 November 2021  Woensdagoggend  24.00

www.nuutsteopenbaringevan judithdebeer.co.za

Vanuit die Suide van Afrika het die Oordeel gekom om globaal te gaan.
Die wêreld het dit gesien maar kon dit nie verstaan.  Op die
ongevaksineerdes plaas die wêreldorde toe eerste die blaam.  Elke dom
wetenskaplike, die politiek en kerksindikaat, het dit breëbors, kamma
so intellektueel, beaam.  Hulle bose planne was teen die voorstanders
vir vryheid, beraam.

Maar die Oordeel het toe alreeds vas besluit, vanuit die Suide van
Afrika, word die res van die wêreld binnekort platgeslaan.  Skeba, die
koningin van die Suide het hierna hard op haar dromme geslaan.  Maar
ook haar kinders was so verwesters, te dom, om haar boodskap te
verstaan.  Daarom sou ook hulle, onder die aanslag van die pes vergaan.

Kyk, die plaag het hierna gekraam en die Dood het in die midde van die
massas kom staan.  Almal het nou in histeriese koop, vir kos en voorrade
nader gestaan.  In hierdie chaos, was die Gees van Verskrikking, aktief,
in waan op waan.  Die Gees van Angs het nou wyd oor die vlaktes van
Afrika kontinent en hierna die wêreld gegaan.

Die Oordeel het nou sonder pouse, wild en wakker wyd geslaan.  Met die
ekonomie nou in vergaan, was die Weste self wanhopig in haar voort-
bestaan.  Desperaat het sy probeer om steeds op haar eie bene te staan.
Maar die Oordeel het net weer en weer, haar voete, onder haar uitgeslaan.

 

Openbaring 3097

KATAKLISME HOU BERAAD

25 November 2021  Donderdagoggend  02.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor weer die kinderritrympie olka, bolka, ribbetjie, stolka.  Wat is dit
wat so in die hel se drinkbeker gis en brou?  Kyk, onder `n enorme
grondverskuiwing word `n groot woongebied toegevou.  Dit terwyl `n
vulkaan, aardbewing en tsunami `n noodvergadering hou.

Hulle besluit of die mens `n groot groot, tragedie, moet aanskou.  Die
aarde redeneer:  Verseker het die mens in alles verbrou.  Die lawa sis:
Ja, in alles was hulle uiters ontrou.  Die branders van die see begin
bulderend te skrou.

Van gruwels en sondes, het homosapiens mos al teveel, baie van gehou.
Hierna roep hulle tegelyk:  Daarom moet hulle dit nou berou.  So, enie,
menie, mynie, mou.  Waar gaan ons heel eerste, ons groot skouspel
hou?

 

Openbaring 3098

DIE TYD IS HIER

26 November 2021  Vrydagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n stem wat sê:  Die tyd is hier, bring daarom nou nader die
vuur.  Kyk, die weer raak onverwags bloedig warm, daarna koud en guur.
Die mens sterf aan koors, deur eie klier en nier, aangevuur.  Ek hoor `n
stem wat roep:  Kyk net na die skrif, geskryf daarop die muur.  Weet o,
mens dit is jou Oordeelsuur.

Die globale melk is dik en die pap is suur.  Kos raak nou onkoopbaar
duur.  Met net die maaier van die Dood, wat die lyke gaan ontsier.  Kyk,
die Skoppensboer staan trots en fier.  Hy sê:  Ek vat my eerste kwart,
vanuit vier.  Hy handel nou na willekeur, in elkeen van sy gier.

In die groot stormloop, daar vergaan die voorrade in die skuur.  Fabriek
en winkel smelt in die onlusvuur.  So, wie is daar, wat dit dapper gaan
verduur?  Die mens verander oornag in `n wilde dier.  Voor die voet,
verskeur hulle alles, soos `n mal tier.

Ek hoor `n stem wat sê:  Kyk net na die skrif, geskryf daar op die swart
gebrande stadsmuur.  Weet die tyd is hier en daar is geen owerheid,
wat hierdie chaos gaan kan hanteer of bestuur.

 

Openbaring 3099

SLAPIE MY KINDJIE

27 November 2021  Saterdagoggend  00.05

www.nuutsteopenbaringe van judithdebeer.co.za

Siembamba mamma se kindjie, slaap nou my kleintjie en luister my kind:
Na die eindtydlied gesing in `n kinderrympie.  Die Oordeelswoord is hier
en die pes woed voort.  In haar vinnige gang van Suid na Wes, Oos na
Noord, gaan sy ongelooflik groot.

Slapie pikanienie, slaap nou my kind en luister na die eentonige ritme in
die kinderrympie akkoord.  Maak toe jou ogies en bid dat jou siel nie aan
die pes sal behoort.  Die Dood kom op die rug van `n groot, pikswart,
bangmaak, voël.  Dit kom vir moeders, op die lirieke van smart, in rou
noot.

Ja, die moeders ween, in hulle smart so groot.  Siembamba mamma se
kleintjie.  Die ouers se sonde was heeltemal te groot.  Met die uiteinde
daarvan kindermoord.  Slaap nou pikanienie en luister nie na die fluit-
speler (Pied Piper) se roepnoot.  Saam met die plaag, roep hy nou die
kinders, ook aanboord.  Hy is die Skoppensboer, hy is die Dood en in
opdrag van die Oordeel gaan hy groot.

 

Openbaring 3100

KONTINENTALE MONSOON

28 November 2021.  Sondagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n kontinentale monsoon, met `n totale, versteurde, reënseisoen.
Word die foute van die verlede nie langer in die hede verbloem.  In die
groot chaos met niks meer met mekaar te versoen.  Is dit net die groot
vergaan wat in waansin roem.

In die “core” van die aarde, sis gloeiend rooi die groot ysterghoen.  Die
see verander van blou na toksiese groen.  In die net van die visserman
is daar geen galjoen.  Die seekos smokkelaar, rapporteer aan sy
sindikaat, vergeet maar van enige perlemoen.

In die komende rantsoen met weinig groente of pampoen.  Wat staan
nog die luukse van vrugte of suikersoet waatlemoen?  In die sitrusboord
vergaan die verdorde lemoen.  Daar is ook geen nartjies, pomelo's of
net `n suurlemoen.

Al biddend begin die katolieke nou ernstig, smekend, die beeldvoete,
van moeder Maria te soen.  Maar die hemel reageer onsimpatiek deur
te sê:  Alles is net deur julle eie toedoen.  In die groot komende
hongersnood verloor die oorgewig Amerikaners, van oorvet na maer,
hulle postuur in fatsoen.  Ja, met meer geen “American dream” om op
te roem.  Selfs hulle “magtige” president word nou `n moroon genoem.

NR 3101 VERVOLG OP VOLGENDE BLADSY