
Heelwat lesers ondervind probleme met die  Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te  gebruik. 
              judithdebeer@webmail.co.za
            
            
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat  onder geen leiding van enige
  menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
  kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
  nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
  internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
  word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
  gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
  waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  
Openbaring 301 
  Volksmoord oor ʼn langtermyn.
  Woensdag 23 April 2008 09:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer  
  ʼn Paar weke terug is ʼn vrou ʼn paar huise van jou af op die 
  wreedste denkbare manier verkrag en vermoor en skaars 
  het julle ontspan met die skuldiges kwansuis veilig agter 
  tralies of hy en ʼn trawant het met die grootste gemak en dit 
  terwyl die polisie rustig gelê en slaap het ontsnap om nog 
  twee weerlose bejaardes op die wreedste denkbare manier 
  om die lewe te bring. Met hulle steeds op vrye voet moet die 
  inwoners van julle dorpie en omgewing maar geduldig wag 
  op verdere gebeure. 
  
  Jy wil van My weet waarom daar soveel onskuldiges is wat 
  moet sterf terwyl blinkvet regeringsamptenare soos bosluise 
  op ʼn gasheer meestal op ʼn oneerlike manier hulself in veilige 
  omstandighede volsuig aan die heel beste wat julle land kan 
  bied. Terwyl korrupsie en bedrog aan die orde van die dag is 
  en die getalle van julle klein ras daagliks deur brutale moorde 
  drasties verminder word en dit op sy beurt daartoe bydra dat 
  nog groter getalle onder julle volk aangedrewe deur vrees na 
  die buiteland emigreer. 
  
  Dit terwyl daar nie een land of regering in die wye wêreld is 
  wat julle belange op die hart dra nie. Inteendeel is dit met 
  genoegdoening wat sommiges van hulle die ondergang 
  en ellende van julle nasie gadeslaan.
  
  In vorige openbaringe het Ek jou attent daarop gemaak dat 
  niemand behalwe julle self en julle eens gewetenlose leiers 
  wat julle so vurig met julle stemreg alle outoriteit en besluite 
  oor julle lewe en toekoms gegee het te blameer is nie. Moord 
  op moord vind daagliks plaas en blind staar ʼn wêreld julself 
  inkluis hulle teen die feit dat ʼn volksmoord oor ʼn langtermyn 
  besig is om plaas te vind en daar is niks wat julle daaromtrent 
  kan doen om dit te keer nie. Omdat ʼn verwronge wet homself 
  draai en pas om soos ʼn 'engel van die lig' dit ongestoord sy 
  gang te laat gaan.
  
  Al wat daar vir julle oorgebly het is om in deemoed op julle 
  knieë voor My julle ewige Verlosser te kom staan sodat 'Ons' 
  saam aan julle heil kan begin werk. Maar helaas is dit nie net 
  die vertroue en geloof wat ontbreek nie, maar ook die feit dat 
  in ʼn tyd van globale vergaan die meeste van julle nog op dit 
  wat die wêreld bied vertrou. 
  
  Daarom sê Ek aan julle dat hierdie misdaadsyfer met skrikwek-
  kende gevolge tot ongekende hoogtes gaan bly klim en die onreg 
  waarvoor ʼn wêreld sy oë toeknyp gaan ook hulle lot word. Met 
  die honger wat wêreldwyd ophande is gaan regerings beheer 
  oor die minder gegoede massas verloor en sakesentrums en 
  infrastruktuur gaan in bloedige onluste in rook opgaan.  
  
  Heilig is die onskuldige bloed wat na My troon om regverdigheid 
  roep en wee ʼn gruwelwêreld waaroor die toorn van die enige God 
  gaan ontvlam. Al die plae wat was, is en sal wees, sal in hierdie tye 
  wat kom op die wêreld tot sy ewige ondergang uitgegiet word.
  
  Maar daar is sekeres onder julle aan wie se deurkosyn die 
  Bloed van die Lam tot julle ewige beskerming gesmeer is.
  
  
  Openbaring 302 
  Globale oorlog is aan die kom.
  Vrydag 25 April 2008 12:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Twee honde baklei om ʼn been 
  en ʼn derde hardloop ongeskonde daarmee heen. 
  In menig land wil daar burgeroorlog ontbrand. 
  As ʼn valse vredevors slaan menig dominante land 
  hulself selfversekerd op die bors
  om daardeur aan hulle mededingers te kan bewys 
  wat outoriteit betref staan hulle heel bo aan die lys. 
  
  Soos hondereuns wat nou met mekaar wil baklei 
  is dit die nekhare wat hulle nou vir mekaar rys. 
  Met stywe bene trap hulle versigtig baie wyd 
  terwyl hulle die lip optrek om die slagtande vir mekaar te kan wys. 
  Onheilspellend raak die grom. 
  Globale oorlog is verseker aan die kom. 
  
  Terwyl almal vrede vrede! Skree waar daar geen vrede is 
  is dit die groot honger en die pes 
  ook die koue wat as die oorwinnaars uit die stryd gaan tree. 
  Uitermatig slu en slim het die Weste lank gelede klaar hul planne gesmee 
  Die Derdewêreld het hulle met onverhaalbare skuld geklee 
  en vir hulle 'belange' is dit wat hulle nou 'beskermend' na vore tree 
  om elke moontlike opponent uit hul pad te kan vee. 
  
  Die V.N. is dit wat wag om na alle kante toe te byt 
  terwyl Rusland ongeduldig wag buitekant die kryt. 
  Waar jy kyk- daar staan die Ooste gereed met vuur en kruit. 
  Almal begeer die skatte wat lê en wag in Afrika-Suid.
  
  Vrede! Vrede! Roep die wêreldmoondhede met valse monde luid 
  onderlangs moedig hulle die armes aan 
  om vir hul menseregte oproerig te muit. 
  Wêreldorde troepe stuur hulle hierna 
  om die mag van die bestaande regerings te kan buit.
  Woord vir woord word alles vir julle tot op die punt uitgespel. 
  Maar traak-my-nie-agtig is hoe die wêreldling sy skouers daaroor optel. 
  Vinnig word die laaste dae deur My oordeelsengele afgetel  
  
  
  Openbaring 303
  Eenkant staan ʼn kleine kudde teer.
  Saterdag 27 April 2008 24:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  In haar ingewande begin ʼn dodelike siekte tot haar ondergang te 
  smeul. Die eerste rook begin vanuit haar verrotte ingewande na 
  buite peul. In bloed en skarlaken is dit wat sy haarself vir oulaas 
  klee. Met goedkoop grimering en parfuum, daarmee is dit wat sy 
  haarself met groot vertoon besmeer. Koketterig probeer sy met 
  haar ineengestorte handelsbates voor haar minnaars poseer. 
  
  Maar met minagting is dit wat ou bewonderaars haar nou die rug 
  toekeer. Min het die geraak wat haar in haar vervalle skoonheid 
  nog begeer. Desperaat probeer ʼn ou hoer oor ʼn vinnig 
  verbrokkelende wêreld te regeer. Van haar hoerery wil sy haarself 
  in alle ewighede nie bekeer. Op haar sterfbed werp Ek haar vir 
  ewig neer. In die groot verdrukking almal saam met haar wat hulle 
  nie wou bekeer. Wie is daar wat die ewige val van die hoer Babilon 
  nou kan keer. 
  
  Wie is daar onder die gevalle mensdom wat My Heilige Woord na 
  ʼn vervloekte aarde kan bring. Met die eindtyd wat in chaos nou 
  gevaarlik om die mens al hoe nader kring is daar menigtes wat 
  die lof van God skynheilig tot hul voordeel luidrugtig toesing. 
  
  Groot bedrae is dit wat hulle nou as offergawes vir die armes na 
  vore bring en oneindig is die vrees wat in menig wêreldling se hart 
  ontspring. Is dit die biskop of dalk die pous miskien die predikant 
  van elke protestant, vir die kamma-gelowiges word wêreldwyd ʼn 
  ou afgeleefde lied gesing. 
  
  Valse vrede wat hulle na ʼn oorlogsugtige wêreld bring. Terwyl die 
  verdelgings ruiter van die dood, ja, in die saalsak van die Vaalperd 
  is pes, hongersnood en die dood met sekel en die swaard dit is 
  waarmee hy magtige wêreld vestings tot hul ondergang indring. 
  
  Eenkant staan ʼn kleine kudde teer. Ondenkbaar eons terug is 
  hulle van die bokke afgekeer. Deur die ewig Apartgestelde Gees 
  van God is hul ʼn nuwe lied geleer om saam met die Seun van 
  Liefde as priesters oor die hele oneindigheid te regeer. 
  
  In ʼn wêreld wat treurig in vlam en vuur wegteer gaan hierdies 
  een vir een na vore tree om die ware Woord van God in ʼn tyd 
  van waansin aan die wat daarom vra te gee. Elke een gereinig 
  in die bloed van die Lam vir hulle word die sonde en die dood 
  vir ewig van hul weggevee. 
  
  Vir hierdie reines daal die nuwe Jerusalem vanuit die hemele op 
  die aarde neer en niks wat onrein is sal ooit hierdie heilige stad 
  kan betree. Weet daarom Sion, jy wat nou in afwagting oor jou 
  Verloofde treur, uit alles in die oneindigheid is jy vir hierdie 
  eindtyd gekeur, vir jou tot hulp sal die aarde haarself oopskeur. 
  
  Heilige engele sal kom om jou tot vreugde oor die koms van jou 
  Bruidegom op te beur. Die suiwer Lig van God sal die ruimtes om 
  hierdie aarde met ʼn ondenkbare heilige Lig inkleur, hou daarom 
  op om in wanhoop oor My afwesigheid te treur. Die tyd het gekom 
  om jouself vir My in al jou skoonheid op te tooi. Bruilofsgaste is in 
  ondenkbaar baie getalle vir Ons huweliksfees genooi. Nooit weer 
  sal jy val, ʼn gewetenlose hoer ten prooi. Al wat van Babilon gaan 
  oorbly is die smeulende as van nuttelose uitgebrande strooi. 
  
  
  Openbaring 304
  Som op som.
  Maandag 28 April 2008 09:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Reken-reken alles wil die mens bereken. Som op som oor alles 
  maak hy koelkop somme. Getalle-getalle, orals stel hy vir homself 
  dodelike strikke en valle. 
  
  Rentekoers op rentekoers wat klim en val. Te pletter val die hele 
  wêreld homself in ʼn resessie-dal. Verbouereerd wil die mens in 
  sy angs nou nader aan My staan. Met som op som reken hy om 
  God te oorrompel met groot getalle. 
  
  In dreunsang wil die mens My vlei en eer. Daardeur probeer hulle 
  om My te manipuleer. Boodskappies stuur hul wêreldwyd oor en 
  weer met duisend gebede om die eindtyd weg te keer. 
  
  Maar met som op som, reken-reken, ontelbaar is die getalle van 
  hul eie duiwel en demoon wat honend met hul die gek nou skeer.  
  
  
  Openbaring 305
  Kwansuise naasteliefde van Mammon.
  Woensdag 30 April 2008 13:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer  
  Vir ʼn oomblik was jy opgewonde nadat jy in ʼn nuusberig verneem 
  het van die meelewende betrokkenheid van vooraanstaande 
  instansies en handelaars se vriendelike simpatieke versoek gerig 
  aan die owerhede om die voedselprodusente dit wil sê, die boere 
  in ʼn tyd waar die insetkostes die inkomste begin oorskry het met 
  meer verbruikersvriendelikheid en hulp tegemoet te kom en hulle 
  te akkommodeer om dit vir hulle sodoende makliker en moontlik 
  te maak om voedselproduksie in ʼn komende krisistyd te kan 
  handhaaf en lewer. 
  
  Ongelukkig moet Ek jou teleurstel deur jou die oë te open. 
  Hierdie kwansuis bekommerde goed gemaneuvreerde aksie is 
  niks anders as om hul eie belange en winste in ʼn komende tyd 
  van hongersnood te verseker nie. Terwyl hulle terselfdertyd van 
  die geleentheid gebruik maak deur die bekommerde barmhartige 
  Samaritaan te speel wat beide die produsent sowel as die 
  verbruiker se belang op die hart dra. 
  
  Enige moontlike vorm van besorgdheid deur hierdie tentakels van 
  Mammon hetsy dit die verbruiker, verskaffer, sy eie personeel, die 
  gemeenskap of die omgewing insluit is altyd daarop ingestel om 
  deur die sogenaamde naastediens hulself terselfdertyd deur 
  goedkoop publisiteit op die voorgrond te plaas. 
  
  Ja, in alles is hulle slegs op winsbejag ingestel en vir dekades 
  lank het Mammon ontelbaar maal koud en koelbloedig sonder 
  enige gewetensbesware bloed uit ʼn klip getap en nog altyd was 
  hulle die voormaaiers daar waar hulle nooit gesaai het nie en 
  uitermatig ryk was die oes in hulle nimmereindigende 
  onversadigbare kasregisters. Hulle liefdadigheid het daar gelê 
  waar mot en roes in die vorm van muf en kalander verby die 
  verbruikers vervaldatum gestrek het. 
  
  Ja, daar het hulle in kwansuise naasteliefde die hand geopen 
  sodat die armes aan die afval kon saam smul. Ook het hulle dit 
  bloot gedoen omdat die vernietiging van voedsel met armes in 
  die omtrek weereens vir hulle slegte publisiteit kon beteken. 
  
  Selfs daar waar hulle die hand in die sak steek om met beurse of 
  as borge ook met liefdadigheidsdonasie nader te staan daar sal 
  dit altyd in die kalklig van flitsende kameras wees. 
  
  Weet daarom O’ Mammon, die een hand mag nie weet wat die 
  ander hand gee nie daarom is jou loon klaar aan jou in die vorm 
  van jou winste aan jou gegee. Jou mooi broodjies kan jy maar bak. 
  Jou botter kan jy na alle kante smeer. Jou dag het gekom en soos 
  oorskiet krummels sal Ek jou van die tafel afvee.  
  
  
  Openbaring 306 
  Verdeel só die krag.
  Vrydag 2 Mei 2008 11:55
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Terwyl hulle die aandag met ʼn vragskip wegtrek is dit met ʼn 
  goed geoliede oorlogsmasjien waarmee satan optrek. Eendrag 
  maak mag en in alle krag verswak verdeelde mag. In hoogmoed 
  en heerssug is julle volkie verdeel en tot vervelens toe weer 
  onderverdeel. 
  
  Tussen kerk en politiek is jul eenheid uitmekaar geskeur. Jul 
  unieke identiteit deur die eie Hand van God tot die reinste 
  suiwerheid gekeur, maar na jul eie keuse ewig tot onsuiwerheid 
  gekleur. 
  
  Suksesvol staan die duiwel terug hoogs tevrede met die 
  eindproduk van sy verrotte vrug. Met genoegdoening gee hy ʼn 
  selfvoldane sug. In sy sug na wêreldoorheersing gaan hy met 
  dieselfde tegniek al sy probleme oorbrug. 
  
  Verswak die mag verdeel die krag. Sluit met gedeelde leierskap in 
  een land en hulle verskillende aanhang ʼn verdrag. Die een wil sus, 
  die ander wil so in elkeen se oë staan hy heel bo. Die een groep 
  word deur die wêreld voorsien van brood. Die ander groep word 
  weer mildelik bedien met lood. 
  
  Terwyl die illuminerende faktor rustig eenkant op die bate van ʼn 
  hele kontinent wag is dit broers wat oorlogsugtig na mekaar se 
  lewensbloed nou smag. In burgeroorlog is dit wat satan nou 
  bulderend oor ʼn komende eenheerskappy lag. 
  
  In Suid-Afrika is daar reeds twee leiers wat mekaar met haat 
  betrag. Ook in die land van Skeba word die laaste eenheidsmag 
  tot niks verkrag. Kenia word in twee geskeur terwyl die land van 
  Etiopië oor menig gestorwe kinders treur. 
  
  In bloed word menig vlag van Afrika in twee geskeur om dit 
  daarna met bloed te kleur. Terwyl verskillende spesies van 
  aasvoëls al hoe nader staan. Vir homself het satan ʼn breë 
  oorlogsweg gebaan. Die hiëna is dit wat nou skaterend nader 
  aan ʼn kreupel Rooi leeu se maaltyd staan. Is dit die Ooste en 
  die Weste wat mekaar ʼn bloedmond oor versteekte oliebronne 
  in Angola wil slaan. 
  
  In Botswana is dit waar Edom verskrik nou agteruit wil staan. 
  Sy eie goedgesmede planne is dit wat nou in sy gesig opgaan. 
  Na sy stad kan hy nooit nie weer terug heen gaan. Londen se 
  rook is dit wat oor die horisonne van die Weste gaan. 
  
  Na versmade broederbloed wil Esau nou vir hulp in die Suide 
  van Afrika gaan. Daar is niemand in die wêreld wat vir haar tot 
  hulp wil nader staan. Wanhopig is dit wat sy haar kernbomme 
  na alle kante toe probeer maneuvreer.
  
  Verswak die mag verdeel die krag, satan se eie leuse is dit wat 
  hom in die gesig uitlag.
  
  
  Openbaring 307 
  Ons is bloot die klei.
  Saterdag 3 Mei 2008 16:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  In die tyd van alle tyd is U ewig die Pottebakker en ek die klei. 
  Maar willoos was ek nooit deur U tot ʼn onwillige vaste beeld 
  berei. Met ʼn vrye wil en denke het U my vir alle ewighede 
  toeberei. Gevorm deur myself kan ek nooit oor die eindresultaat 
  met U baklei. Deur die 'eie ek' het die meeste aan die einde van 
  hul tyd verloor in hul aardse stryd. Menig geleentheid is ligsinnig 
  verspeel, groot die verlies en ewig is hul spyt. Desperaat is dit 
  nou die klei wat die Skepper vir sy foute wil verwyt. 
  
  U is die Pottebakker en ek is bloot die klei, U Vlerke van 
  beskerming moet U in my benoudheid oor my oopsprei. 
  Op U groen weivelde wil ek saam met U lammers wei. 
  
  Maar eensaam is dit slegs die klei wat wanhopig met homself 
  in spyt baklei. In sy tyd van vorming deur die goeie Skepper vir 
  hom toeberei het hy nie die hart en hand in liefde vir sy Maker 
  oopgesprei. Nie eenmaal het hy gevra; wees my Meester wat 
  my na volmaaktheid heen begelei. 
  
  Ja, U is die Pottebakker en ek is die klei. U vorm en maak na U 
  wil met my- die klei. Ewig is my woning nou by U, my Skepper 
  toeberei.  
  
  
  Openbaring 308 
  Onregverdige grond onteiening se gevolge.
  Sondag 4 Mei 2008 20:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Mag God die mens behoed om dit as erfdeel deur die Vader aan 
  hom gegee weer aan ʼn gruwelkoning of regering onder dwang af 
  te gee. Oor onregverdige grond onteiening het die geskiedenis 
  ons lank gelede reeds geleer oor ʼn slegte koning- wat het eens ʼn 
  regverdige man se grond begeer. In onreg het ʼn landbouer onder 
  ʼn hoerehand gesterf. Skelm het ʼn onbekwame koning sy grond 
  geërf. 
  
  Voortydig was eens ʼn regverdige hardwerkende man se begrafnis-
  stoet oor ʼn goedversorgde wingerd moes Nabot met sy lewe boet. 
  As straf moes ook Isebel vinnig met haar lewe boet. In haar 
  gruwelbloedhet die hele buurt se honde gestaan met hulle 
  uile snoet. 
  
  In hierdie moderne tyd in die land van Afrika Suid word deur 
  die skelm breinkrag van die hoer Babilon menig regverdige 
  landbouer se grond gebuit. So is daar ook menig een wat 
  onnodig sterf sodat oneerlikheid hulle besitting kan erf. Ja, 
  aan die hand van onreg is daar menig martelaar wat onnodig 
  sterf daarom gaan Ek die hele graanoes van die wêreld bederf. 
  In vloed en droogte, ja, in roes en swam, daar lê die oordeel van 
  vergeldingsengele-plan. Menig belowende graanoes gaan in die 
  toekoms in verrotting vergaan. 
  
  Binnekort gaan geen land sy kosbare graan vir die suiwerste 
  goud verpand. Groot gaan wees die hongerweeklaag wat gaan 
  skeur deur menig land. Alles deur die wêreldorde tog so fyn 
  beplan. Ja, ʼn gruwelboog het hulle teen die uitverkorenes van 
  God gespan. Daarom- bring die boodskap, ja, die doodstyding 
  aan die hoer;Na jou gruwelbloed dit is waarna al jou vyande 
  dorstig loer. Met elke denkbare plaag gaan Ek jou tot jou ewige 
  ondergang besoek. 
  
  
  Openbaring 309 
  Babilon se oordeel oor haarself gebring.
  Maandag 5 Mei 2008 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Oor die verlies van jou sal Ek, O’ Babilon nooit nie treur. Vanuit 
  My hart het Ek jou van voor die grondlegging van die aarde 
  uitgeskeur. Hoe meer jy op dit wat Myne is trap hoe meer sal 
  Ek jou tot jou ewige ondergang vertrap. Vanuit jou gruwelvat 
  sal Ek jou laaste druppel bloed uitpars. In ʼn bloedige heildronk 
  sal jou eie kinders tot hul skande daarin rondplas. Berouvol sal 
  hul ewig vas. 
  
  As lafenis sal Ek vuur stuur vir hulle tot ʼn verdere las. Ja, lawa 
  sal Ek uit jou ingewande uit laat bars terwyl die aarde se bodem 
  onder jou uitmekaar sal spat. In jou ewige val sal Ek die grond 
  onder jou oopskeur. Waar is jou koopmanne ook jou makelaars 
  om oor jou ewige ondergang te kan treur. 
  
  My winde sal jou soos vuilis van die aarde afvee tot verdoemenis 
  het Ek jou ewig geklee. Jy dink daaraan om My laaste kinders van 
  My weg te ruk, ewig word jy tot in die diepste hel uitgeskud. Elke 
  plaag word nou een vir een oor jou uitgepluk, jou eersgeborenes 
  sal Ek wreed van jou wegruk. 
  
  Dink jy O’ 'hoer' om dalk met My- jou God te skik ewig in jou val 
  bring Ek oor jou die grootste skrik. Jy het getart jy het gespeel. 
  Jouself het jy as ʼn 'god' oor hierdie wêreld verbeel. Met geduld 
  het Ek ewighede op jou gewag, maar vir My het jy in die gesig 
  uitgelag. 
  
  Met die vuilste gruwels het jy in hoerery geteel. Maar een fout te 
  veel is ʼn fout te veel. My uitverkorenes is dit wat jy nou van My 
  probeer wegsteel. In jou val gaan jou verdriet My ewig nooit 
  nie skeel. Vir die laaste maal is dit wat Ek jou nou met My volle 
  outoriteit beveel. Hoe meer jy op dit wat Myne is trap hoe meer 
  sal Ek jou tot jou ewige val, ja, tot jou ondergang vertrap. 
   
  
  Openbaring 310
  Babilon se vraatsug.
  Woensdag 7 Mei 2008 09:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Stuur op! Stuur op die menig binnekort ondoeltreffende 
  satelliet- tot as gaan dit in die ruimte verskiet. Die groot 
  moondhede is dit wat mekaar met haat bespied. Grynsend 
  is dit die dood wat oorwinnend gaan sing- sy verrottingslied. 
  In hierdie tyd is dit die regverdige oordeel wat oor almal gaan 
  geskied. Niks is daar wat enige iemand die Skepper as losprys 
  vir sy siel kan bied. 
  
  Soos ʼn kat met ʼn muis, so gaan Ek met jou speel. Babilon 
  jy is besig om My uitermatig baie te verveel. Terwyl jy opruim 
  daar waar My winde tot jou ellende het met jou gespeel, 
  word die volgende kataklisme klaar weer deur jou eie kaarte 
  van verdoemenis oor jou uitgedeel. Jou hulpfonds en jou 
  Rooikruis gaan oortyd werk. As die voorperd wou jy mos 
  die hele tyd heelvoor trek. 
  
  Onverwoesbaar -so het jy van jouself gedink. Ek lag terwyl Ek 
  jou onherkenbaar gaan vermink. In jou graanskuur ʼn mietplaag 
  in jou meel. Vir jou ondergang is dit deur My vergeldingsengele 
  vir jou gereël. Noodtoestand op noodtoestand, so het Ek jou 
  maande gelede reeds gepla. Maar nederig het jy My nie eenmaal 
  om verskoning kom vra. Hoogmoedig het jy gemaak asof jy self 
  die verantwoordelikheid vir jou vraatsug kon dra. 
  
  Soos ʼn parasiet het jy die aarde van haar energiebron leeg 
  gesuig. Leë holtes is dit wat die bodem van die aarde nou na 
  onder suig. Terwyl die atmosfeer ook onder hierdie grote las 
  moet buig. Getrou is sy tot op die heel laaste oomblik in haar 
  tuig. Versteurde ordes is dit wat nou dawerend oor die mens 
  se val en skrik nou juig. 
  
  In jou spyt is al jou tevergeefse pogings ʼn verlore stryd teen die 
  wedloop van die eindtyd. Ek lag terwyl jy met al jou nyd woedend 
  na My kyk. Is dit Amerika wat na Engeland kyk met ʼn wrewelrige 
  verwyt of is dit dalk die Jood wat na die Ooste kyk met bittere 
  spyt. 
  
  Op die einde is daar niks wat iemand meer van iemand gaan kan 
  buit. In selfbejammering is dit wat die grote wêreldorde sy neus 
  gaan snuit. In plaas van brood stuur Ek ʼn nuttelose kluit. Vanuit 
  die ruimte sal Ek die aarde tot in haar ingewande tref. En wie is 
God, sal elke wêreldling tot sy bittere spyt besef.
Openbaring 311
  Hoe nietig is 'n mens tog nie!
  Donderdag 8 Mei 2008 09:30 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Vlytig is dit miere wat daaronder speel. In ʼn hopie grond is dit 
  wat hulle ʼn grote koninkryk vir hulself verbeel. In ʼn tere bui 
  reëntjie wat daar val. Verpletter lê hul hele koninkryk in ʼn 
  modderdal. ʼn Straaltjie water wat daar vreedsaam val. 
  Ondenkbaar is hul drenkelinge in die dodetal. 
  
  ʼn Kind wat verby hul nessie hardloop in sy spel. ʼn Reus wat 
  hul in hul honderde doodtrap, dit het niemand ooit vir hul 
  voorspel. ʼn Vuurtjie wat as veldbrand oor hul nessie dwel. 
  ʼn Grote miernes roep sy voortbestaan ewig toe- vaarwel. 
  So is elke groot of kleine stad net ʼn miernes in sy spel. 
  Op hierdie aarde gaan dit met nie een van hulle baie wel. 
  
  ʼn Engel wat met sy kleintoon teen die aarde stamp. Stede, brûe, 
  damwal, spoorlyn en paaie wat daar val in ʼn groot stofdamp. 
  ʼn Traan van pyn wat uit sy oog oor die aarde skiet. Menig siel 
  wat as drenkeling tot in die vêrste doderyk verskiet. Net soos 
  miere wat daaronder vlytig speel. Nietig is die groot beskawing 
  wat die mens oor homself verbeel. Wreed die noodlot wat alles 
  van die mens in hierdie eindtyd wegsteel. 
  
  
  Openbaring 312 
  Die boosheid van verraad.
  Saterdag 10 Mei 2008 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Wie het wie verloën- vanuit die hel is dit satan wat die 
  verraaier hoon. Ewig die Gees wat Hom van die siel 
  onttrek as beloning vir die Judasloon. In Sy Almagwoede 
  sal God nie een van hulle in alle ewigheid ooit verskoon. 
  Ja, elke een- wie het sy eie bloed vir geld verloën. As ʼn vuile 
  gruwel word hul kinders tot in die vêrste nageslag as drek vertoon. 
  
  In die beloofde land van God, ja, in die nuwe Jerusalem sal 
  geeneen van hulle ooit nie woon. Ewig! Ewig word hulle van 
  die aangesig van God verskoon. satan self is dit wat die verraaier 
  met sy missie hoon. Wee daarom ewig ook die hand wat uithou 
  die Judasloon. 
  
  In selfbedrog het hul hulself as koning en ʼn god gewaan. Nou is 
  dit eenmaal so; in die ewige land van nie-bestaan is daar niemand 
  wat oor hulle gaan stort ʼn enkele traan. Na niks en nêrens sal hul 
  ewig vir hul ʼn weg moet baan. Op hierdie aarde het hul nooit nié 
  iets van naasteliefde verstaan. Die gevangenis en dood die het 
  hulle vir ʼn broer beraam. In hierdie tyd laat Ek vinnig ʼn 
  gruweldood oor elk van hulle gaan. 
  
  Oor verspilde broederbloed sal elke verraaier nou met sekerheid 
  weet om in alle ewighede nooit met God kragte te probeer meet. 
  So-laat hierdie kennis elkeen se insig tot sy eie voordeel verbreed. 
  So sal hy homself spaar van oneindige droefheid en leed. ʼn Sonde 
  teen die Gees is dit om die lot van jou broer aan die vyand uit te 
  meet.
  
  
  Openbaring 313 
  Leeg van hand maar vol van hart.
  Sondag 11 Mei 2008 21:30
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Terwyl menig engele oor biljoene verlore siele saggies treur. 
  Word ʼn skamele getal uit die wêreldpopulasie as God se 
  uitverkorenes gekeur. In hierdie tyd is daar soveel mense 
  wat as konings oor hierdie kleine aarde wil regeer. Mag en 
  nogmaals mag dit is al wat elk van hulle met ʼn bose hart 
  begeer. In haat en nyd word alles wat bestaan in twee geskeur. 
  
  Ja, alles word in hierdie tyd in twee kampe ingedeel. En so word 
  elke een se lot vir ewig onder goed of kwaad verseël. Swart die 
  nag en groot die getal van die kinders van die duisternis. Ewig 
  gaan hulle die salig lewende Lig van God nou mis. Leeg van 
  hand maar vol van hart, ewig word ʼn klein getal verseël teen ʼn 
  grote wêreldmag se bose lis. Ewig heilig in heel die oneindigheid 
  is hul God se verteenwoordigers. 
  
  Op ʼn Heilige hoogte sal My kinders staan, ja, op ʼn geestelike Sinai 
  sal Sion knielend biddend voor haar Losser staan. Onsuiwer is die 
  laagte waar menigtes van satan vir hulself ʼn bloedige oorlogsweg 
  oopbaan. Menig wat daar val tot ewige verdoemenis op die duiwel 
  se laaste dodelaan. 
  
  Nog eenmaal het die blomme hulself so mooi getooi. Vir ʼn tyd wat 
  besig is om homself vir sy eie einde te voltooi. Feestelik het die 
  bome hulself vir oulaas groen gekleur. Met brand gaan die hand 
  van ʼn engel hulle nou pikswart inkleur. Wie is daar wat oor die 
  skone natuur van hierdie kleine aarde gaan treur. 
  
  Op see en land gaan alles ʼn derde aan die dood afgee. In hierdie 
  tyd is dit die kinders van God wat in liefde nader aan mekaar nou 
  tree. Oor die koms van hul Meester is dit wat hul vreugdetrane uit 
  hul oë nou vee. Gereinig in Sy Bloed is hulle maagdelik nou rein 
  geklee.
  
  
  Openbaring 314 
  Onbeteuelde vraatsug en heerssug.
  Maandag 12 Mei 2008 10:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Wellustig lag die doderyk. Oor Afrika se bodem gaan daar lê- 
  menig baie lyk. Wie is daar wat so aanhoudend hoes. Daar is 
  bykans niemand wat van hierdie nuwe siekte weg kan koes. 
  Die land van Kus raak leeg en woes. Alle onreg word op hierdie 
  kontinent verwoes. 
  
  Bloed op bloed, menig stamme gaan nou met hul lewe boet. 
  Die lekker lewe gaan menig regeringsamptenare nou moet 
  groet. Nie een is daar van hulle vir wie die Goeie Vader gaan 
  behoed. Grond op grond die wou hul heeltyd van ʼn ander kry. 
  ʼn Standplaas in die begraafplaas die gaan hul nou gratis kry. 
  Myn op myn gaan nou nie meer met al hul vraatsug rym. 
  Die doodsengel is dit wat op elke terrein sy oes gaan kleim. 
  
  Jou infrastruktuur gaan Ek finaal uitmekaar kom skeur. In jou 
  hospitale gaan dodelike infeksies uitbreek. Jou water die gaan 
  Ek ondrinkbaar maak. Jou krag die laat jou in die steek. Boonop 
  gaan al jou werkers moedswillig staak. Boosaardig wou jy mos die 
  heeltyd aan My kinders raak. 
  
  Jou bondgenote gaan Ek stukkend stamp. Voor die aangesig van 
  God sal hulle ewig weg verdamp. Jou hand- kwaadaardig na My 
  kinders uitgesteek. Vir ewig word alle mag van jou afgebreek. 
  Vir alle tyd word My Hart vir jou nooit nie week. 
  
  Bloed op bloed in stof en bloed gaan menig Afrikaland met sy 
  lewe boet. Ja, die goeie lewe gaan menig staatsamptenaar en 
  die rykes nou moet groet. Daar is nie een van hulle wie die Goeie 
  Vader gaan behoed. 
  
  Grond op grond die wou hul die heeltyd van ʼn ander kry. Weer sê 
  Ek- ʼn standplaas in die begraafplaas gaan hul verniet nou kry. 
  ʼn Leek was jy, maar as ʼn koning wou jy jou hand verby My Troon 
  opsteek. Jou myne gaan Ek van binne af oor jou opbreek. 
  
  In pes en vuur gaan Ek jou besoek. Ewig gaan jou vuilheid op in 
  roet. Jou koning gaan Ek gryp aan sy onrein snoet. Met sy lewe 
  gaan hy vir die onreg boet.
  
  
  Openbaring 315 
  Al is ek 'n kindjie klein.
  Maandag 12 Mei 2008 12:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Abba Vader, U is my Koning en my Krag 
  in U woon die hele oneindigheid en die een groot Almag. 
  Wie daarom in hierdie tye opreg na U in liefde smag
  van U sal hy ontvang die nodige leiding en die krag. 
  In medelye sal ons na ʼn vervalle wêreld om ons trag. 
  Nederig sal ons wag op U en U hemelprag.
  
  Na U, O’ God, is dit wat my siel in hierdie tyd wanhopig 
  smag. Hand aan hand sal ons saam met U in blydskap 
  oor ʼn nuwe vrye wêreld lag. Nietig vra ek daarom as ʼn 
  kindjie klein; maak in hierdie tye my hartjie vir U as Woning 
  skoon en rein. O’ Vader, U is my Koning, ja, U is my Krag 
  na U is dit wat my siel ewig altyd nog na smag.
  
  
  Openbaring 316 
  Met kleingeskut en grofgeskut.
  Maandag 12 Mei 2008 15:15
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Met kleingeskut het Ek die mens deur waarskuwing dikwels 
  gepla. Oor tweeduisend jaar het Ek hul menigmale tog so mooi 
  gevra om die Waarheid en nooit die leuen in hul harte rond te 
  dra. Maar tevergeefs het menig profeet homself moeg gekla. In 
  die hemel aangekom-gesê sy kruis was heeltemal te swaar om 
  tussen dowe mense rond te dra. 
  
  Met My grofgeskut is dit wat Ek die mens in hierdie tyd probeer 
  wakker skud. Maar onbekommerd is dit wat hul luilekker lomerig 
  voort dut. In hul gemaksone is dit wat Ek die mat hardhandig 
  onder hulle uit gaan ruk. Vir oulaas probeer Ek om die mens 
  van die poorte van die hel weg te ruk. Wat meer kan Ek doen 
  om die mens van sy ewige ondergang weg te pluk. My groot 
  kanonne sal Ek nou nadertrek. Elke goeie engel sal Ek nader 
  roep vir hierdie werk, brutaal sal hulle menig aardplate van 
  mekaar aftrek. Rook en swael sal daar vanuit menig berge 
  optrek. Vanuit nuwe vulkane sal as en lawa die lug optrek. 
  Besig, baie besig sal My engele ononderbroke met vele 
  kataklismes werk.
  
  Die dier staan reeds nader met sy bose merk om ʼn lyn te probeer 
  trek deur God se werk. In ʼn drukgang is hy nou besig om miljoene 
  nou nader te trek. Om hul as sy eiendom op die voorhoofde te kan 
  merk. Elke land en mens- die wil hy manipuleer. In sy waansin glo 
  hy ook dat hy God kan beheer. Terwyl sy wapentuig oor die aarde 
  skeur. Is dit Ek wat hom minagtend die rug toekeer. Vredig is dit 
  wat Ek My na opregte harte toe keer. Om hulle van My 
  onaantasbare ewige Liefde te leer. 
  
  Ja, saggies daal Ek in My uitverkorenes se harte neer. Terwyl My 
  heilige engele satan se wêreldkinders laggend teer en veer. Hul 
  eie rykdom bring Ek op hul hoofde neer. Wanhopig hardloop 
  menig lande radeloos en tevergeefs heen en weer. Terwyl slegs 
  My wil oor hierdie aarde se oppervlakte sal geskied sal in ʼn plek 
  van voorbereiding My uitverkorenes leer- hul nuwe lied. 
  
  Met kleingeskut en grofgeskut daarmee is My waarskuwings 
  na hierdie aarde klaar geskiet. My groot kanonne is dit wat Ek 
  vir oulaas nader trek. My beste engele elkeen paraat op sy plek 
  vir hierdie laaste baie belangrike werk.
  
  
  Openbaring 317 
  Die sekel slaan, die Engel maai.
  Maandag 12 Mei 2008 17:45
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Die sekel slaan, die Engel maai. 
  Deur wind word kaf vir ewig weggewaai.
  Eentonig soos ʼn kind wat skoppelmaai 
  is dit die arm van ʼn Engel wat daar sonder ophou maai. 
  In bloed en bedrog is daar in oorvloed gesaai.
  Duisendvoudig gaan die saaier hiervan maai. 
  
  Drie maal het die haan voor dagbreek klaar gekraai. 
  Soveel lyke wat die doodsengel in sy wa kom laai.
  In boosheid wou die mens mos oor die aarde koning kraai. 
  Sy eie siel die het hy vir geld en roem verraai. 
  Wie is daar wat ʼn oorlewende kind in sy angs gaan paai. 
  Blindelings gaan menigeen vir hulself doelloos ʼn weg oop raai. 
  
  Vir die dobbelaar het die laaste steen geval 
  die noodlot is dit wat nou ewig teen hom draai. 
  In ʼn honger wêreld is dit die mens wat in sy eie sonde braai. 
  God se wind wat ewig die kaf van die koring weg gaan waai.
  Ewig verby is vir menig siel die kans van omdraai. 
  
  Die sekel slaan, ʼn werker maai. 
  Eentonig is dit die arm van God se Engel wat daar maai.
  
  
  Openbaring 318
  ʼn Taal om te verstaan.
  Dinsdag 13 Mei 2008 08:00  
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer  
  In hierdie dae sal Ek elke afgode dienaar en voorvader aanbidder 
  in ʼn taal antwoord sodat ook hulle My volkome sal kan verstaan. 
  Ek sal oor hulle ʼn gerig bring en Ek sal hulle besoek met die 
  swaard, hongersnood en die pes. Ja, met pangas, tering, leë 
  pappotte en nog vele meer. Hulle winde van verandering sal 
  teen hulleself draai. 
  
  Vir die sprinkaan sal Ek die sprinkaan stuur en vir hulle sal daar 
  niks te ete wees in die gesteelde graanskuur. In die onbekwame 
  hand sal Ek vuur stuur. So sal hulle die engel van die dood oor 
  hulle self huur. Elkeen wat deel het aan hul wêreld sal saam met 
  hulle die pyn vir ewig verduur. 
  
  Die tyd het gekom waar die voorhof deur onrein voete vertrap 
  word. Maar die Heilige en die Allerheiligste sal in alle ewighede 
  nooit vertrap kan word nie. Ja, so spreek die Een Almagtige Groot 
  Gees van Abraham, Isak en Jakob, wat die voorvaders, ja, die 
  stamvaders van die huis van Israel is. 
  
  Nadat die stof oor ʼn vernietigde wêreld gaan lê het sal Ek ʼn 
  reën van reiniging oor hierdie aarde stuur en daar sal nuwe 
  varswaterfonteine ontspring wat groen weiveld sal voortbring. 
  En die Lam van God sal vreedsaam saam met die ware leeu van 
  Juda as ʼn volmaakte eenheid oor ʼn nuwe aarde wei.
  
  
  Openbaring 319
  Die vloek deur Kain.
  Woensdag 14 Mei 2008 08:00 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Jaloers het eenmaal ʼn broer na sy broer geloer. Terwyl dié 
  ernstig en biddend ʼn gesprek met God wou voer. Sag soos 
  ʼn tortelduif wou die gewete ook saggies in die gemoed van 
  Kain roer. 
  
  Ja, eenmaal het God wel met hom ʼn gesprek probeer voer. Maar 
  die Goddelike gewete kon in sy gemoed tot heden en vandag glad 
  nie roer. Onskuldig wou hy weet: ‘is ek dalk die hoeder van my 
  broer’. Gewetenloos het hy aan die aarde gevoer die heilige bloed 
  van sy volmaakte broer. 
  
  In hierdie laaste tyd het God nog eenmaal weer die hand van 
  Kain oor Abel gegee. Gekyk of hy in deemoed regverdig oor 
  die kind kan die lig kon regeer. Maar verspilde bloed in vervloekte 
  grond is al wat die seun van die slang begeer. 
  
  Vir ewig bring Ek daarom ʼn skeiding tussen twee bloedlyne 
  teweeg. Daarom maak Ek nou die wêreld van alle sonde leeg. 
  Sodat ʼn nuwe geslag tot eer van God oor hierdie aarde kan regeer.
  
  
  Openbaring 320
  Die seën deur Abel.
  Woensdag 14 Mei 2008 08:30
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  O’ Seun van Adam; Abel jou het Ek geseën. Oor jou vee en oes 
  laat Ek seën in oorvloed reën. Oor jou sterfte het die aarde altyd 
  net met spyt geween. In jou sweet het die engele nog altyd vlytig 
  net hul hulp verleen. Sonder teëspoed trek Ek jou offergawes na 
  die hemel heen. Jou wysheid en kennis het alle volkere altyd in 
  oorvloed van geleen. 
  
  Deur al die eeue en beskawings heen was jy naas My die ewige 
  hoeksteen My ondersteunings-steen. Jou verspilde bloed wat 
  roep vasgevang vanuit die aarde se beste leem. Deur Set verwek, 
  spreek uitverkore kinders vir jou oor die hele wêreld heen. In 
  Melgisedek gaan menig wesens oor jou in vreugde ween. 
  
  ʼn Bloedoffer- die het jy in die begin met jou lewe voor betaal. 
  Deur die Meester is dit tot redding vir die kinders kom vervolmaak. 
  In hierdie tyd gaan nie een van die heilige werktuie staak. Die oes 
  van hierdie eindtyd lê wyd en braak. 
  
  Oor elke swakke kind die gaan hul vurig waak. In die hand van 
  God se werktuig roep die bloed van Abel om vergeldingswraak. 
  Ewig verdoem en magteloos in die stof van die aarde lê nou geval 
die eindtyd draak.
Openbaring 321 
  Die ware droogte.
  Woensdag 14 Mei 2008 24:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Droog was meeste hart nadat Ek My Liefdesreën na hierdie 
  aarde toe wou stuur. My opregtes met My Liefdesboodskap 
  was mos aangegluur. Om die mense nader vir My Huweliksfees 
  te nooi was hulle deur Myself gestuur. Maar hatig het die mense 
  hulle mos spottend weggestuur. 
  
  In die droogte wat Ek nou oor haar stuur sal Ek die aarde teister, 
  in alle opsigte sal Ek haar pla en van die oggend tot die aand sal 
  sy druppend soos ʼn kraan, ja, soos net ʼn ou vrou kan-sal sy oor 
  groot tekorte mor en kla. 
  
  Onder droogte verstaan die mens dat Ek sal ophou om reën 
  vanuit die hemel oor hierdie aarde te stuur. Maar oral sal daar 
  droogte wees, ja in sneeu en hael, in vloed en vuur. In elke ramp 
  sal Ek in alles droogte oor hierdie aarde stuur. In droogte is kos 
  en medisyne skaars en droog sal wees elke spens en skuur en 
  niemand sal homself meer aan iemand uitverhuur. 
  
  Die wêreldbank en alle geld raak heeltemal in hierdie droogte oor 
  die muur. Sport en spele, kerk en kultuur, alles die droog nou 
  vinnig op en waarmee ly die grotes nou die mense mee om die 
  bos. Droog die krag, ja droog die petrolkan, droog die wyn en 
  ook die oliekan. Droog gehuil raak ook die oog van elke traan. 
  
  My getuies sal Ek oor die aarde stuur en DROOGTE! DROOGTE! 
  Sal hulle roep net soveel as wat hul kan. In onlus en oorlog slaan 
  die wêreld aan die brand en in die wrede droogte wat daar is is 
  daar niks meer oor in die valse vredes-kan wat iets kan doen aan 
  hierdie baie nare droogtes brand.
  
  
  Openbaring 322 
  Wie wil in moet nou vinnig in.
  Donderdag 15 Mei 2008 08:30
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Wie wil in die moet nou vinnig in die wat wil uit die moet nou ook 
  vinnig uit. Stadig skuif die deure toe, binnekort word die ark van 
  lewe vir baie toegesluit. Hewig soos ʼn storm sak die eindtyd in sy 
  pyn nou oor die aarde uit. In oorlewingsdrang gaan selfs geliefdes 
  van mekaar die laaste kossies buit. Histeries gaan daar massas 
  nou teen hul onverantwoordelike owerhede muit. 
  
  In plaas van traangas gaan sekere regerings oproeriges met 
  senuweegas bespuit. Menigeen is daar wat nog steeds in hierdie 
  tye groot wil praat. Maar laggend is dit die eindtyd wat steek die 
  draak nou met die draak. Waak daarom, voortdurend moet die 
  mens teen ʼn bose wêreldmag nou staan. 
  
  Wakker moet My kinders wees van vroeg tot laat. Ja, van die 
  oggend tot die aand. Tot versterking kom Ek om elkeen van hul 
  persoonlik aan te raak. By God staan sterk- elkeen van hul se 
  saak. Ja, in hierdie tyd is dit Ek self wat al My kinders bymekaar 
  kom maak. Elke haar op hul hoof is sorgvuldig deur My engele 
  getel. Sonder My Wil sal niemand ooit aan een van hierdies raak. 
  
   
  Openbaring 323 
  ʼn Geldlose stelsel.
  Donderdag 15 Mei 2008 10:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Oor ʼn geldlose stelsel aan die kom, daaroor wil menigeen in 
  hierdie tye brom. Maar gaan sit en maak net ʼn eenvoudige som. 
  Jy sal sien die geldlose stelsel het ʼn geruime tyd in die kleine 
  reeds gekom. 
  
  Neem as voorbeeld maar net gou die boer. Om kunsmis en saad 
  aan te koop het hy net vlugtig gou in sy bankrekening geloer. 
  Vinnig is die bedrag rondgeskuif sonder enige gesukkel of ʼn 
  gesloer. Sy produk dié sit hy sonder om kontant te verwissel 
  van die hand. 
  
  Vinnig bring die fabrikant ook nou sy kant, na die verspreider 
  word die produk geskuif sonder die aanraak van ʼn Rand. En 
  so beland alles sonder kontant weer in die kleinhandelaar se 
  hand. Ook die verbruiker staan nou vinnig nader, ʼn kredietkaart 
  in die hand. 
  
  Só, vanaf die land tot in die hand van hier weer tot by die tand 
  het die saadjies vanaf begin tot en met die einde nie eenmaal 
  gesien- kop of stert van enige Rand. So het die voorloper van 
  die geldlose stelsel lankal klaar begin. En dit voordat die domme 
  wêreldling nog enigsins homself hieroor kon besin. Op papier en 
  rekenaar word geld orals rond gestuur. Profyt op profyt, dit is die 
  banke wat die meeste hiervan win. 
  
  So gaan die rekenaarskyf nou tot binne in die mens inklim en so 
  gaan ʼn eenwêreldorde hordes willose slawe vir homself kom win. 
  Die ys waarop hierdie wêreldkluis wil klim die is egter baie baie 
  dun. Vinnig stort dit ineen voordat dit nog behoorlik kon begin.
  
  
  Openbaring 324
  Hierdies het geen deel aan My.
  Donderdag 15 Mei 2008 12:10
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  In die tye wat nou oor die aarde kom met moeilikheid wat 
  soos onkruid orals gaan oopblom gaan menig vyand as 
  ‘vriend’ nou skielik na hierdie land se Adam kom. Vriendelik 
  gaan hulle hierdies nooi om die volle gewig by hulle saak in 
  te kom gooi. Beloftes grond en geld sal hul as lokaas voor 
  hierdies strooi om die vuur weg te kan keer van hulle brandende 
  hooi. 
  
  Met My kinders praat Ek nou baie mooi om hulle nie vir die 
  wêreld deur regerings nader te laat nooi. Wie deel gaan hê 
  aan hierdie wêreld in sy oordeelstryd die het geen deel aan 
  My. My kinders wil Ek bewaar van hierdie vuile stryd. 
  
  In ʼn tyd van voorspoed het die wêreld julle soos vuilgoed eenkant 
  toe gesmyt. Elkeen wat in hul stryd as hulp gaan staan teenaan hul 
  sy die gaan Ek sonder enige gewetenswroeging saam met hulle in 
  die stof laat byt. 
  
  
  Openbaring 325 
  Waansinnigheid en verlossing.
  Vrydag 16 Mei 2008 06:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Die ekonomie gee heeltemal nou bes. Op al wat goudstaaf is wil 
  die hele wêreld nou hul hande lê. Gierig, gierig wil elkeen tot sy 
  redding alles wat hy het in goud en nogmaals goud belê. 
  
  In die oormaat goud wat vir die belegger in berge goudstaaf 
  opgestapel lê word vir oulaas weer die siel vir die goue kalf 
  eenkant toe laat lê. Vreeslik die gewig van dooie goud wat nou 
  wêreldwyd op die mens kom lê. In hierdie tyd kom ook Ek om 
  My Gees tot ontwaking op die mens neerlê. In uitdelging gaan 
  die oordeelsgees weer in die oog van Moses lê. 
  
  Dit is die lewende Lam van God wat die ware kind van God as 
  verlossing in hierdie tyd wil hê. Ewig-vernietig sal ʼn dooie goue 
  kalf in die stof van hierdie aarde bly lê.
  
  
  Openbaring 326 
  Die ware kleur van die Jode.
  Vrydag 16 Mei 2008 12:30
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Jou eersgeboortereg- dié het jy duisende jare gelede 
  reeds verbeur. Maar as verkleurman het jy jouself baie 
  goed gekamoefleer. Jou taal en vel het jy na elke ras gekleur. 
  
  Ja, jy het jouself gespys na elke volk en geur. Goud en glans 
  die beste skat uit elke land die het jy vir jouself gekeur. Aan My 
  Woord- die het jy jouself nog nooit gesteur. 
  
  Maar as die uitverkore ras, daarvoor wou jy jouself nog altyd 
  net goedkeur. Deur die Weste het jy jouself as suiwer blank 
  gekleur. As die uitverkore ras- daaroor het jy jouself die hele 
  tyd opgebeur. Vandaar het jy oor die ware leeu van Juda net 
  gevoer jou afskuwelike terreur. Met My verhoor het jy mos 
  onskuldige bloed oor jou en jou kinders se hoofde omgekeer. 
  
  Jy weet goed, as verlossing gaan My Wederkoms vir My 
  kinders op hierdie aarde nou gebeur. ʼn Valse vredesverlosser 
  wil jy met mag en mening uit jou bose midde vir ʼn oorlogsugtige 
  wêreld nou skeur. Oor die valse Jood wat ewig val oor hom gaan 
  niemand in alle ewighede ooit nie treur.
  
  
  Openbaring 327 
  Wie is God nou weer?
  Sondag 17 Mei 2008 20:30 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Ondenkbaar baie siele is klaar vir die doderyk geklee. Desperaat 
  probeer regerings tevergeefs reddingsplanne smee. Wie is daar 
  wat oor wie in medelye nog gaan treur. Elke kans op redding dit 
  het menigtes nou vir ewig verbeur. In spyt en wanhoop wil menig 
  hart oor God se Afwesigheid nou treur. Sy genade gaan die 
  trotsaards tot hul ewige spyt nou moet verbeur.
  
  Is dit die ontroue dwase maagde wat haastig nou wil 
  naderstaan? Leeg die genade-olie in elk van hulle se 
  wanhoop lamp. Ja, tevergeefs soek die wêreldlinge 
  nou na God met hul verstand. Met ʼn sekel kom die 
  slang om dit wat syne is te vang. In menig land is dit 
  ʼn 'goewermentsman' wat die massas nou vir al die 
  skuld wil hang. 
  
  In hul angs vlug hulle desperaat heen en weer. Woeste 
  bendes is dit wat wreed hulself na die heerserstroon nou 
  keer. Waarheen vlug die wêreldling, liberaal het hy sy rug 
  op dit wat syne is gekeer. 
  
  Wie is God nou weer? Laggend het hul hulself van die Kind 
  van Lig gedistansieer. In die chaos wat nou kom moet hul vir 
  hulp hulself maar na hul kerk en valse godsdiens keer. Onlus 
  raak nou by die dag meer en meer. Bewakers van die heelal is 
  dit wat as beskermers hulself oor God se kinders keer. 
  Opgewonde kom hul in hierdie tyd om die ware betekenis van 
  die Grote Meester se tere Liefde vir Sy kinders te kom leer.
  
  
  Openbaring 328 
  Net weer ʼn nare konsentrasiekamp.
  Sondag 18 Mei 2008 8:00 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Oorlewingskamp, vlugtelinge kamp, op die einde van die dag 
  is dit weereens maar net nog ʼn konsentrasiekamp. In ellende 
  in die duisternis die engel van die dood wat rondwandel met ʼn 
  dodelamp. Wee daarom elke een wat vir hulp hom keer na hierdie 
  oordeel kamp. 
  
  Beheer, beheer dit is al wat die grotes van die wêreld begeer 
  daarom probeer hulle die hele tyd om die massas te konsentreer. 
  In kataklisme en ook die oorlog wil hul die heeltyd as held en leier 
  na vore tree. ʼn Hand van hulp wil hul kwansuis aan almal gee. 
  Maar die mag oor lewe en die dood dit is al wat hul die hele tyd 
  begeer. 
  
  Waar die mens in massas lê- kreupel en beseer is dit met sy 
  hulpfonds en Rooikruis wat die grotes kamma besorg nou nader 
  tree. Haastig neem hul uit menig regering nou die besluite oor en 
  daardeur ook die volle beheer. In tye van ellende en nood sal Ek 
  Myself met hulp na My kinders keer. Enige hulp van die wêreld 
  moet julle vinnig die rug toekeer.
  
  Oorlewingskamp, vlugtelingkamp, op die einde van die dag-is dit 
  net weer ʼn nare konsentrasiekamp.
  
  
  Openbaring 329 
  Ewige volmaakte verlossing.
  Sondag 18 Mei 2008 10:30
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Op Golgota is ewig die Lewende Brood vir sondaars gebreek. 
  In ontelbaar deeltjies is Ek aan die ewigheid as verlossing 
  uitgedeel. ʼn Ewige maaltyd het die Godheid vir die mens 
  toeberei om hom sodoende die ewige lewe te kan binne lei. 
  Met elke deeltjie van die Brood gebreek het Ek hardop elk 
  van jul se naam in die oneindigheid uitgespreek. In die heilige 
  nagmaal word in elke brokstuk Ek Self volmaak vir elke kind 
  van My berei. Ewig sal die dood oor een van hierdies se 
  volmaakte siele nooit nie weer kan baklei. Deur My Bloed is 
  volmaakte reinheid ewig oor hul afgeskei. 
  
  Ja, Goddelike volmaaktheid het elke kind van My ewig oor 
  hulself verkry. As Feesmaal was Ek Self tot redding vir die 
  mens deur God self voorberei. ʼn Brug vanuit die onvolmaakte 
  materie tot in die volmaakte oneindigheid die het die mens 
  van My vir homself verkry. Verlos van skuld en las kan elke 
  een sy volmaakte toestand nou voor die hele oneindigheid bely. 
  
  Hul het gedrink van hul Meester en Verlosser se Vergewingsbloed. 
  Ewig moet die sonde van die mens nou groet. Heilig wat daar in 
  hul are vloei is nou die Goddelike D.N.A, ja, van die Meester se 
  eie bloed. Tierend is dit satan wat daar woed. Oorwin is hy vir 
  ewig deur die Seun van God se Bloed. Vir die Verlossing van die 
  ewigheid word Melgisedek weer as ʼn kind teer teen als wat boos 
  is vir die troon van God behoed.
  
  
  Openbaring 330 
  Die kring van My Liefdeslig.
  Sondag 18 Mei 2008 20:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  In die tekens van die tyd sal My Liefdeslig al hoe wyer om My 
  kinders kring. Met ʼn Goddelike ring word die verseëling op 
  Koningskinders aangebring. Engeleskare is dit wat uitbundig 
  in hul liefde om God nou nader kring. Vreugdevol die engelekoor 
  tot in die vêrste uithoek van die oneindigheid word dit aangehoor. 
  Swakke mensekinders wat in hul pogings die Vader tog so diep 
  bekoor. Daar is nie een van Sy uitverkorenes wat die stryd in die 
  eindtyd gaan verloor. 
  
  Staan nou nader kinders van genade, deur jul geskied Sy Werke, 
  ja, al God se Grote Dade. Klein en gering is jul getal, maar daar is 
  nie een van julle wat gaan val. My getuies wat vir die einde nader 
  staan waar hulle met My Oordeel gaan, daar val vir die wêreld net 
  ʼn bitter traan. In die tekens van die tyd is daar vir die wêreldling 
  net selfverwyt. Maar My Liefdeslig sal om My kinders net al hoe 
wyer kring.
Openbaring 331 
  In ʼn 'rat race'
  Maandag 19 Mei 2008 9:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  In die spele van alle speles is die heel grootste resies van alle tye 
  nou aan die gang. Wat is die mensdom nou alweer besig om daar 
  aan te vang? In ʼn 'rat race' en ook ʼn ''chicken run'' hardloop baie 
  verbete in ʼn onuitvlugbare drukgang. 
  
  Verbouereerd is dit die wêreldling se vlug wat hom na nêrens heen 
  gaan bring. Vreesagtig hardloop hulle heen en weer, daar is geen 
  God waarheen hul hulself kan keer. Soos hoenders hardloop hul 
  waansinnig nou op en neer maar daar is niks om die vlymskerp byl 
  van hul kele af te keer. Aan die anderkant wat sien ons daar, is dit 
  van My kinders wat vir ʼn 'rotresies' nou opdaag? Groot is hul 
  gemoed dit is baie wat hulle nou gaan waag. Verbete is dit wat hul 
  nou jaag, ten koste van hul broers wil hulle heel eerste by My opdaag. 
  
  Graag wil Ek dat My kinders met die grootste liefde na My moet 
  spoed. Maar sonder om in die proses hulle nederigheid in te boet. 
  Die wat eerste hoogmoedig by My gaan opdaag, die gaan My 
  engele na agter vir nederigheid toe jaag. Die kleinste nederige 
  kind, die gaan sy plek heerlik in My Goddelike arms nou vind.  
  
  
  Openbaring 332 
  Ek is so bly.
  Maandag 19 Mei 2008 16:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Wees bly! Wees bly! Ons Meester is op die eindtyd wolke aan 
  die kom. In vreugde is dit wat selfs die kleinste atoompies daaroor 
  oopblom. Vir Rafael en Migael is ek so baie bly, ook vir Gabriël wat 
  staan die heeltyd- dig teenaan die Skepper se sy. 
  
  Vir elke engel groot en klein wat hulself in die Liefde van die 
  Meester nou verbly. Ook vir elk van hulle is ek so baie bly. 
  Ook vir ʼn maagd so skoon, as U moeder het sy oor alle vroue 
  uitgetroon. 
  
  Vir patriarge en profete, ook apostels wat staan dig teenaan 
  U sy. Vir U vriende en U kinders altyd so naby aan U sy. Ek 
  is so bly, ja ek is so baie bly, in U oneindigheid gaan elkeen 
  wat na U verlang ʼn stukkie van U kry. 
  
  Vir myself is ek net so baie bly, as ʼn sondaar het U my op hierdie 
  aarde laat bly. Vergifnis het ek ruimskoots gratis van U gekry. As 
  U kind gaan ook ek ewig nou by U bly.
  
  
  Openbaring 333 
  Dít vorm die ondergrond.
  Dinsdag 20Mei 2008 10:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Die volle wapenuitrusting- daarmee moet die ware eindtyd-
  gelowiges hulself nou klee. Elke kind van My moet in hierdie tye 
  sterk staan in die liefde en geloof vir My. Jul geloof hoop en liefde 
  vorm die ondergrond, ja, die aarde wat grote engele vir die stryd 
  teen satan kom betree. 
  
  Migael en al sy heilige vegters kom vanuit die oneindigheid om 
  in die grootste oorlog ooit satan en sy bose magte uit die weg 
  te vee. Die duiwel en sy duister magte word finaal op die aarde 
  neergewerp ook hulle ondergrond is alles wat boos is en ook 
  sleg. 
  
  Maar heilig kom My grootste engele om ewig ʼn streep deur al 
  hul boosheid te kom trek. Woedend wil satan hom na God se 
  uitverkorenes nou keer. Hul geloof en liefde wil hy tot sy 
  oorwinning met mag nou van hul skeur. Magteloos staan sy 
  bose ryk teen ʼn handvol mense wat vertrouend na hul God 
  opkyk. Tevergeefs sy bose les wat hy die heiliges wou kom 
  leer om sodoende met sy boosheid as ʼn aanklag na die 
  hemele te kon terugkeer. 
  
  Ja, heilig is die grote engele en ook die kinders wat in hierdie 
  eindtyd met alle oordeelsmag oor als wat sleg is van die duiwel 
  gaan regeer
  
  
  Openbaring 334 
  Boos is weer die stem van wellus.
  Dinsdag 20 Mei 2008 11:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Boos die vrug, in wellus het die satan- Eva na die sonde laat 
  begeer en sonde is dit wat in klimaks in hierdie tye oor ʼn bose 
  wêreld regeer. Regerings, kerke ook die wetenskap wat die 
  teendeel hiervan die hele tyd probeer beweer. In seks en verderf 
  goud en glans, ja, ook in sport en vermaak oorvloedig na elkeen 
  se smaak, lê gekamoefleer in neon kleure uitlokkend die 
  slangdraak. 
  
  Ja, in elke sondeval van die mens, daarin lê die satan se wraak. 
  In Eva se sonde is dit wat die mens ondenkbaar baie male val. 
  In Adam se berou wat hul weer skaam nader aan hul God wil 
  staan. Om te kan eet van die Boom van lewe en so te kan 
  strewe na die ewige lewe. Uit die paradys verban het God 
  lank gelede die mens vir sy eie voordeel getug. 
  
  Bitter was hul smart die Stem van God was weg vanuit hul hart. 
  In haar skoot het Eva gesamentlik gedra die lewe en ook die dood 
  se vrug. Maar vanuit die dood na die lewe terug is vir die mens op 
  Golgota gebou-die oorlewings en vergewingsbrug. Smartvol het 
  die mens gekyk hoe vaar God na ʼn kort periode vanaf hierdie 
  aarde na die hemel op die wolke terug. Maar tweeduisend jaar het 
  die Vader die mens nie weer wees gelaat. Sy Gees het Hy as troos 
  vir die mens in hul harte agtergelaat. 
  
  In die eindtyd wat nou oor die wêreld kom- boos is weer die stem 
  van wellus wat die mens na al wat sonde is weer laat val. In 
  oordeel is dit wat die Seun van die mens Hom hierdie keer na die 
  aarde keer. Om elke deeltjie van die bose slang vanuit die wêreld 
  weg te kom skeur. Smartvol is dit menigtes wat hierdie keer oor 
  hulle ewige val nou treur. 
  
  Die Stem van God het hulle hardvogtig uit hulle harte uit geskeur. 
  In woede gaan die aarde in menig kataklisme haarself wreed 
  uitmekaar nou skeur. Verlate in haar dood gaan sy oor menig 
  gestorwe kinders treur. Maar die Skepper sal weer nader staan 
  soos ʼn jongvrou sal Hy haar weer met maagdelikheid kom inkleur. 
  Volmaak gereinig sal die uitverkorenes nou weer ʼn nuwe aarde 
  kom betree. Vir ʼn duisend jaar sal die stem van verlokking hierdie 
  reine domein glad nie weer kan betree.
  
  
  Openbaring 335 
  Mense glo net in hul eie krag.
  Woensdag 21 Mei 2008 16:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
  Judith de Beer
  Hoe seer Ek ookal die mens met plae en kataklisme slaan hoe 
  meer glo die mens in sy eie krag net al hoe meer en meer. Winde 
  wat alles uit hul pad uit vee, met aardbewing slaan dele van die 
  beskawing in die stof nou neer. Wie is daar wat hulle in berou na 
  God toe keer. 
  
  Bakhand staan hulle voor die grotes sodat die hul hulp na hul kan 
  keer. Keer op keer gaan Ek nou ook al die grotes teer en veer. Wie 
  op aarde is daar wat My gaan keer? Binnekort sal hul wanhopig 
  roep: O’ Heer my Heer, maar doof sal Ek hierdie valses nou die 
  rug toekeer 
  
  
  Hoeveel maal het Ek tevergeefs Myself na die wêreldling in Liefde 
  gekeer? Maar minagtend het hulle My telkemale die rug toegekeer. 
  En so sal elkeen leer om nooit met God die gek te probeer skeer. 
  Ramp op ramp, plaag op plaag bring Ek nou op die mensdom 
  neer. Watter moondheid of regering gaan probeer om My te keer.
  
  Ek het gewaarsku en geraas. Hoeveel maal het Ek mooi gepraat 
  ja, alles het Ek probeer om die mens van die hel weg te keer. Die 
  tyd het gekom en die tyd het gegaan, met My oordeel is dit wat Ek 
  My nou na die aarde keer.  
  
  
  Openbaring 336 
  Ter voorbereiding vir die wurm.
  Donderdag 22 Mei 2008 8:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Na die liggaam wil die mens heeltyd keurig lyk en baie mooi van 
  die oggend tot die aand sy voorkoms met belaglikhede op laat 
  tooi. Sy goeie waardes het hy alles vir kaf in die wind laat strooi. 
  Met dure olies en die snykunde probeer hul om die ouderdom 
  met jeugdigheid weg te looi. 
  
  Hul laat hul tatoeëer om hulself vir die hel op te tooi, ja, vir die 
  wurm van die dood- dit is waarvoor hul hulself optooi. Om vir 
  die wêreld mooi te wees het hulle hul God eenkant toe gegooi. 
  In plaas van geurige briesies wat met goed versorgde lokkies 
  speel gaan verwoestende winde keurige kapsels onder 
  vallende bourommel plat kom vee. 
  
  Haartjies tog so mooi gekrul en kam in pessiektes is dit 
  natgeswete hare wat oor koorsige voorhoofde gaan hang. 
  Naels op hul heel beste gemanikuur teen boomstamme, berge 
  en kranse word alles in verskillende vloede en tsunamis tot in 
  die lewe afgeskeur Kleertjies wat tog so mooi vir elke okkasie 
  om hangers hang in die kas en aan die bas word alles deur 
  wrede vure tot as verbrand. 
  
  Velle op strande tot pragtige heuning-goud getint, boosaardig is 
  die son wat gesonde selle deur nuwe kwaadaardige kankerselle 
  kom ontbind. Ure en jare het die mens in gimnasiums spandeer 
  om sy soepel liggaam tot die uiterste te kon waardeer. Binne 
  enkele ure ʼn vormlose opgeblaasde ontbinde lyk. Wreed is dit 
  die dood wat skoonheid ʼn onaangename les kom leer. 
  
  Handjies goedversorg en teer probeer woedend om hierdie nare 
  woorde van hul oortjies weg te keer. Juwele, goud en diamante 
  wat skitterend oral om welriekende liggame hang. Niks daarvan 
  gaan in die groot honger brood kan kom vervang. Hoe desperaat 
  die mens homself ookal poets en poleer. Daar is niks wat die wurm 
  van die dood van sy lyf kan wegkeer.
  
  
  Openbaring 337 
  Trojaanse perde oraloor.
  Donderdag 22 Mei 2008 8:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Soos ʼn Poppemeester in beheer is dit die groot moondhede wat 
  met regerings speel. Soos ʼn engel van die lig hef hul die een dag 
  massas op om hul die ander dag moedswillig weer te laat val. Na 
  hul pype moet die hele wêreld dans. 
  
  Wee die land wat op eie inisiatief wil neem die kleinste kans. Met 
  twis en tweedrag-daarmee is dit wat hul bloedige oorloë opstook. 
  Net om as die mens se redder met hul hulpfonds die massas om 
  te koop. Iewers is daar iets wat glad nie met mekaar wil strook. ʼn 
  Strategie met ʼn nare plan. Wat is die wêreldmoondhede besig om 
  daar op te kook. ʼn Plan gemaak en baie gewaag, ʼn eeue oue 
  strategie het weer goed geslaag. ʼn Trojaanse perd- die bring hul 
  in jul hawe in en dit skeel niks of niemand min. 
  
  Die poppemeesters wat die toutjies trek, die marionette wat 
  onkundig vir hul werk. Op die wêreldkaart is jul landjie sorgvuldig 
  afgemerk. In die bergland en die woestyn, oseaan en ook die lug 
  orals is Trojaanse perde elkeen sorgvuldig op sy plek. Vir die 
  grootste wêreldoorlog ooit is jul kleine landjie as ʼn bloedneus 
  vir wêreldmoondhede se vyande afgemerk.
   
  
  Openbaring 338 
  Bitter min sal Elia herken.
  Vrydag 23 Mei 2008 9:30 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Die onderwerp oor Elia as een van die twee getuies kom dikwels 
  na vore. Daarom sê Ek aan julle dat dit wat was altyd weer sal 
  wees. Daar is niks onder hierdie son van julle wat nuut is nie. 
  Met My verblyf op hierdie aarde is dieselfde onderwerp ook 
  dikwels in My onmiddellike geselsgroep na vore gebring. 
  
  Op die regte tyd nadat die vraag weer opgeduik het oor die 
  profesieë wat in vervulling moes gaan aangaande die koms 
  van die profeet Elia wat as voorloper vir My koms op hierdie aarde 
  sou geskied het Ek My leerlinge as sulks die volgende bekende 
  antwoord gegee:" 
  
  En Ek sê vir julle dat onder die wat uit ʼn vrou gebore was daar 
  nie een profeet is wat groter as Johannes die doper is nie. Maar 
  die kleinste in die koninkryk van God, is groter as hy". Op ʼn 
  volgende geleentheid het Ek aan My apostels laat deurskemer 
  dat hy wel reeds gekom en sy Goddelike sending as voorloper 
  kom voltooi het. 
  
  Alhoewel daar sommige was wat vermoed het dat hy wel die 
  profeet Elia was is hy onthoof voordat dit algemene kennis 
  was. Myne het geweet dat Ek na Johannes die doper verwys 
  het. Soos die geskiedenis was so sal ook weer die hede wees 
  en vir baie sal hierdie werktuig reeds weer vertrek het voordat 
  hulle hom kon herken.
  
  
  Openbaring 339 
  Oordeel van die eenwêreldorde.
  Vrydag 16:30 23 Mei 2008
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Saggies, saggies is daar iets wat druis. Die sagte stem van ʼn 
  kleine volkie diep verguis. Vertrap en eensaam heeltemal te 
  swaar teen die grote wêreld was hul kruis. Maar sag en teer 
  is dit God se helende briesie wat nou saggies oor hul suis. 
  Opgewonde die ontdekking van God se Gees wat nou in 
  hul harte bruis. 
  
  Van sonde skoongewas. Sion word vir haar bruidegom nou skoon 
  en kuis. Begelei deur engele kom die uitverkorenes uiteindelik aan 
  by God se huis. Uitbundige menigtes van hemelgaste, op hierdie 
  feesmaal is daar nie plek vir die grootte van ʼn muis. ʼn Engelekoor 
  wat in blydskap ʼn loflied deur die ewighede laat suis. Aan die arm 
  van haar Bruidegom kom Sion uiteindelik nou tuis. 
  
  In donder kom daar nou op die aarde neer ʼn enorme vuis. ʼn 
  Wêreld volgesuip aan al wat gruwel is soos ʼn afskuwelike luis. 
  My volk het hul vertrap, op hulle gelaai ʼn onmenslike kruis. Met 
  alles wat heilig is daarmee het die wêreld se norm mee ingedruis. 
  
  Die tyd het gekom vir alles wat boos is om van hierdie wêreld te 
  verhuis. As ontvangs sal die Vader nie vir een van hulle daar wees 
  met ʼn welkom tuis. Ja, in donder kom op die aarde neer ʼn grote 
  vuis. In al wat plaag en kataklisme is kom daar oor die wêreld ʼn 
  ondenkbare kruis. Eenkant vergruis sal nou lê die afskuwelike 
  eenwêreldorde gespuis.
  
  
  Openbaring 340 
  Die sug na vermaak se ontsettende einde.
  Saterdag 25 Mei 2008 20:30 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Van die oggend tot die aand wil die mens homself die hele tyd 
  laat vermaak. Televisieskerms en die silwerdoek wil hy tot 
  vervelens toe aangaap. Sy siel word op die dansvloer ewig 
  deur die polsende ritme gekaap. Vermaaksterre word begeer 
  as hul beste maats terwyl hulle die geselskap van God diep 
  versmaad. Vir die sportgod word hul laaste sente bymekaar 
  geskraap.
  
  Van die teater tot die hoerhuis, van hool tot hool. Dit is waar die 
  mens die hele tyd ronddool. Hierdie wêreld was veronderstel om 
  die siel van die mens vir iets beter te kon skool, maar sleg het so 
  sleg geraak dat daar geen goed meer bestaan as ʼn waardige 
  teenpool. Vir die mens as waarskuwing is die aarde besig om 
  te verbrokkel en te vergaan. 
  
  Die wêreldpopulasie se einde is reeds in sig, maar bitter min is die 
  wat dit kan verstaan. Dit wat Ek tot tugtiging opvoedkundig vir die 
  mens laat val vinnig is dit Mammon wat naderstaan om dit tot hul 
  ewige val weer op te tel. Ja, deur alles bied die satan die wêreld 
  die hele tyd net vermaak. 
  
  En so word die mens se ewigheidsaak deur die duiwel 
  ondergeskik aan vermaak gemaak. Ja, deur vermaak sit die duiwel 
  laggend die mens se siel ewig in skaak. Met spyt gaan menigeen 
  vind, vir dom vermaak het hy ʼn eenmalige kans op ewige saligheid 
versaak.
Openbaring 341 
  Die goeie vasgestelde Goddelike Orde is versteur.
  Sondag 25 Mei 2008 20:30
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Alles maar alles is in hierdie dae deurmekaar, wat reg was- dié is 
  nou verkeerd en verkeerd-dié is nou weer heeltemal reg. Jota en 
  titel was dit volgens die wet nou is dit strafbaar, krimineel en teen 
  die wet. 
  
  Swart was swart en wit was wit. Maar swart het nou wit geword 
  en wit weer swart. Met wit en swart nou alles deurmekaar is alles 
  nou vaal en grys. Neerslagtig is daar niks en nogmaals niks wat 
  die mens deur al sy tevergeefse pogings kan bewys. 
  
  Nog altyd was die stilte voor die storm, van nou af sal die storm 
  voor die stilte wees. In versteurde ordes beweeg dit wat moet op 
  af en dit wat moet af, weer op. Aardbewings draf die rigterskaal 
  se grafieke nou heeltemal kaf. Wat eers naskokke was sal nou 
  voorskokke raak. Wie sal nog weet wanneer dit ʼn naskok of 
  alweer ʼn voorskok is. 
  
  Ja, so gaan alles die heeltyd op en af. Geld se waarde wat die 
  heeltyd val en oliepryse slaan weer die hoogste nok. Orals, ja, 
  orals op hierdie aarde kom groot en wilde amok. Terwyl die 
  armes die rykes terg en spot steek hulle lustig die hoër klas 
  met hulle eie stok. 
  
  Die rykes gaan nou keer en weer met "naaste liefde" hulp probeer 
  hul die oordeel van hulself afweer. In dronkenskap en roes, brutaal 
  word die heel armstes in een nag ryk. Armer as die heel armste 
  gestroop van al hul rykdom is dit die rykaards wat verslae daar 
  sit. Die mens het hom mos verbeel hy is ʼn god. In hoogmoed 
  wou hy God onder sy outoriteit gebied.
  
  So het die moderne sondeval tot versteuring van alle ordes 
  geskied. In ʼn patetiese wêreld tussen ʼn mengelmoes van goed 
  en kwaad, ja, tussen iets en niks, nog swart nog wit is daar in 
  hierdie eindtyd niks meer oor behalwe ʼn kleurlose massa van 
  vaal en grys.
  
  
  Openbaring 342 
  Beterweterigheid en hoogmoed.
Maandag 26 Mei 2008 8:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
   
  Judith de Beer
  Die eienaar kyk na sy hond en dink; jou stomme dier indien ek 
  iets sou oorkom wat sal van jou sonder my, jou versorger word. 
  
  Swyend kyk die hond op sy beurt weer na sy baas toe op en dink; 
  jou stomme mens wat weet jy van dit waaruit ʼn hond se wêreld 
  bestaan, van klanke wat ek met my uitstekende gehoor kilometers 
  ver kan hoor, van reuke en geure wat vir jou, O’ mens, glad nie 
  bestaan. 
  
  Oor sy wederstrewige tiener dink die mens; van goed en kwaad 
  weet jy net mooi niks en streng maar regverdig sal ek die ware 
  weg vir jou bedink. Wysneusig kyk die adolessent na sy ouer 
  terug- by homself is dit wat hy nou dink; Jou stomme oumens 
  wat is daar tog in jou verkrampte ou gemoed wat jy van al die 
  nuwe ontwikkelinge kan verstaan, ja, van jonk wees en jolyt 
  om viriel te wees en ook verlief en ʼn blink toekoms wat daar 
  wink. Ja, beterweterig dink die kind sy ouer is so dom, oor 
  die onbenulligste iets kan hy nie eers met hom daaroor stry.
  
  So staan menig volk en nasie met verskillende kultuur mekaar 
  ook beterweterig en aangluur. Met hul goeie reg wil bitter min 
  van hulle met mekaar die skouer skuur. 
  
  In dieselfde kultuurgroep weer is dit verskillende klasse waar 
  elke party oortuig daarvan is dat hy in alle opsigte beter as sy 
  naaste is. So sal die wêreldling met hoogmoed neerkyk op dit 
  wat Myne is. By homself sal hy dink hoe dom en eenvoudig die 
  kind van God tog is. Van alles wat die wêreld bied weet die 
  arme stommerik net mooi niks. 
  
  In meegevoel kyk die kind van God na hierdies terug en terwyl 
  hy saggies sug, is dit die volgende waaraan hy treurig dink. Al 
  wat jy tot jou beskikking het is die illusie-blink van die wêreld 
  wat jou nader wink. Uit die lewenskelk van God wil jy met jou 
  aardse lewe nie eenmaal daarvan drink. Vinnig kom die tyd wat 
  die dood en verderf jou ewig nader gaan wink en in menig engel 
  oog gaan daar oor nog ʼn verlore sondaar ʼn hartseer traan nou 
  blink.
  
  
  Openbaring 343 
  Die mens se onversadigbare vraatsug.
  Woensdag 28 Mei 2008 8:00 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Met rykdom en vertoon probeer wêreldleiers hul mag die heeltyd 
  vergroot deur hul lande heel bo aan die wêreldlys te kry. Van nóg 
  en nóg en nooit genoeg, daaroor is dit wat die wêreld nou te warm 
  kry. Fabriek op fabriek, ja, myn op myn wat die aarde nou in 
  aardverwarming heeltemal gaan onderkry. Waansinnig en 
  onversadigbaar kan die wêreld van materie net nooit genoeg 
  van kry. 
  
  Alles het sy perke en in vraatsug disintegreer en los die materie 
  baie vinnig op.Soos ʼn bedorwe kind wat vir sy sin lê en skreeu 
  en skop is dit die moondhede wat oor ander lande se hulpbronne 
  nou ʼn kabaal opskop. Spandabelrig het hul die sakke tot op die 
  heel laaste sente omgedop. Oorlog is nou al wat oorbly om met 
  hul bankrot gedrogsisteem te kan klop. Maar nooit sal die wêreld 
  daaraan dink dat die antwoord daarin lê om met sy onversadigbare 
  vraatsug te moet stop. 
  
  In wrywing moet alles die hele tyd teen mekaar nou skuur sodat 
  energie-bronne as ondersteuning met mekaar kan balanseer en 
  klop. Die land see en lugvaart is alles in volle vaart besig om na 
  sy eindbestemming en die dood te galop. Meganika- meganika 
  alles vanaf die myn tot en met die landbou het meganies geword. 
  Om al die baie produksie te kan absorbeer het die mensdom net 
  ʼn nuttelose poliep geword. 
  
  Soos ʼn maer brandsiek koei sonder ophou- uitputtend word die 
  aarde leeg-gemelk. Maar tot op haar laaste druppel energie die 
  suig die industrie nog van haar lewenskelk. Siek en koorsig is sy 
  besig om sterwend tot niks te verwelk. 
  
  So verstandeloos soos ʼn bosluis, ja, ʼn parasiet, laat die mens sy 
  gasvrou tot in die dood deur nimmereindigende vraatsug verwelk. 
  Stuiptrekkend in haar laaste sterwens uur is daar vir die aarde 
  geen aarde waarheen sy haarself vir hulp kan keer. In woede 
  werp sy haar met wraak nou op haar slegte kinders neer. 
   
  
  Openbaring 344 
  ʼn Ware stukkie van Myself.
Woensdag 28 Mei 2008 13:40
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer 
  Elke ouer wat met liefde omgee sal weet- in die oë van jou kind 
  is dit waar jy iets van jouself terugvind. In die ewigheid met sy 
  oneindig baie oë- daaroor raak Ek, die Skepper tog so baie bewoë. 
  Van My eie kreatiwiteit is dit wat Ek telkemale iets terug van kry. 
  In ondenkbaar baie eons is dit ontelbaar baie oë wat hoopvol 
  die hele tyd na My- hul Skepper kyk. 
  
  Aan elke skepsel groot of klein, aan hulle moet Ek die hele tyd 
  bely; aan elk van julle kan Ek gee net so veel as wat hul beny 
  maar eerder help Ek hulle om die duiwel met sy bose lus te kan 
  bestry. Spaarsamig sal ons tot die siel se voordeel oorvloed van 
  hul wegsny. Aan enige iets te veel, daaraan gaan hul siel net skade 
  ly. 
  
  ʼn Skat- die moet ons liewer vir hul siel nou in die hemel kry. 
  Daarom moet hul liewer van My Waarheid ʼn oorvloed van inkry. 
  My genade sal Ek onbegrens oor die mens uitbrei. Van My 
  Wysheid sal hy nou ʼn oorvloed van inkry. Na God se Liefde 
  die sal die mens nou skattig vry. In elke kinderoog waarin Ek 
  van nou af kyk, daaroor raak Ek, die Skepper, uitbundig oor 
  nou bly. In elke weergebore oog gaan Ek ʼn ware stukkie van 
  Myself terug nou kry.
  
  
  Openbaring 345 
  ʼn Finale getuigskrif.
  Woensdag 28 Mei 2008 16:10 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Alles is herwinbaar, in My oneindigheid word daar niks van 
  enige iets ooit vermors. Neem as voorbeeld die lente wat die 
  beste vanuit ʼn uitgeruste aarde in haarself opneem. Oor dooie 
  winter takke laat sy ʼn oorvloed van kleurige en geurige blomme 
  neer reën. 
  
  Na die somer dra sy oor- haar volle vrugbare seën. Oorvloedig 
  die somerblare en swaar die vrugtedrag. Vrugbaar is die somer 
  die hele wêreld om haar heen. Aan die einde van haar siklus gee 
  die somer weer alles as organiese kompos vir verwerking aan 
  die winter terug en alles in die skepping word tot herwinning 
  nooit vermors.
  
  In ʼn herwinbare siklus eis die natuur haarself elke keer met volle 
  lewe terug. So word elke siel van elke mens met ʼn liggaam vanuit 
  hierdie aarde geklee. Van ontkieming, bloeisel tot die vrug gaan 
  elkeen die aarde met sy teenwoordigheid tot voorspoed ryklik 
  seën. Of dalk tot agteruitgang net oral tug. 
  
  Aan die einde van elk se lewenspad eis die aarde soos die 
  noukeurigste rentmeester elke bousteen van haar terug. Elke 
  siel wat finaal van hier vertrek neem ʼn getuigskrif van hierdie 
  aarde saam met haar terug. Hierin word beslis hoe goed of 
  kwaad was elkeen op hierdie aarde se lewensvrug.  
  
  
  Openbaring 346 
  'n Geskenk van God.
  Donderdag 29 Mei 2008 10:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Met die maat waarmee jy meet, daarmee sal weer vir jou gemeet 
  word. Moet daarom nie vir jouself ʼn maatstaf stel volgens dit 
  wat die wêreld hetsy dit nou in die vorm van ʼn geloofsgroep 
  kerke, regerings, familie, vriende, die samelewing, wie en wat 
  ookal volgens hulle norme of maatstawwe van jou verwag nie. 
  
  In die hele oneindigheid was of kan daar nooit weer iemand so 
  uniek soos jyself wees nie. Alle kwaliteite om te kan ontwikkel tot 
  ʼn volwaardige kind van God is deur die goeie Skepper as jou 
  eksklusiewe eiendom binne jou unieke wese tot jou beskikking 
  gestel om sodoende na jou eie goeddunke gebruik daarvan te 
  kan maak. Om sodoende jou eie volmaakte eindresultaat te kan 
  bereik. 
  
  Of dit nou die goeie in jou is wat jou so in staat stel om die regte 
  keuses volgens jou eie unieke persoonlikheid te maak en of dit 
  nou die minder goeie eienskappe is om sodoende ʼn volwaardige 
  teenpool te kan skep en jou daardeur in staat stel om jouself 
  sodoende te kan oefen om onafhanklik te kan ontwikkel en met 
  die hulp en leiding van die Heilige Gees tot die regte slotsom en 
  eindresultaat te kan kom weet daarom altyd, dat die volle vryheid 
  van gees jou as persoonlike eiendom, ja, 'n geskenk van God te 
  beurt geval het. 
  
  Die maatstaf wat jy daarom vir jouself moet stel moet uitsluitlik op 
  jou persoonlike geestelike ontwikkeling gemik wees en nie op dit 
  wat ʼn wêreld met sy norm en sisteem van jou verwag nie. Met My 
  verlossings-koms na hierdie aarde het Ek die mens kom bevry 
  van alles wat hom verkneg en daardeur van My vervreem het. Die 
  volle wet en profete het Ek daarom in twee eenvoudige wette wat 
  niks anders as twee liefdes-begrippe is nie kom vervul. 
  
  Dit is; jy moet jou enige God liefhê met jou hele wese wat jou volle 
  verstand siel en hart insluit en gepaardgaande hiermee moet jy 
  jou naaste liefhê soos jouself. 
  
  Indien die totale mensdom homself aan hierdie twee liefdeswette 
  sou hou sou al die baie sogenaamde wêreldstrukture met hulle 
  vele mensgemaakte wette heeltemal oorbodig wees. Ja, indien 
  die liefde as volkome maatstaf vir die mens sou dien sou die 
  begrip onreg, op hierdie aarde nie bestaan het nie. 
   
  
  Openbaring 347 
  Alleenlik God sal besluit.
  Donderdag 29 Mei 2008 14:50
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  ʼn Verlossingsperiode se einde is in sig en onwillekeurig is 
  die mens besig om die oordeel wat nou oor die wêreld kom 
  te vergelyk met wêreld-oordele wat lank gelede was. Die 
  bekendste geskiedkundige oordeel of kataklisme aan die 
  mens bekend is die geweldige vloed ten tye van Noag se 
  lewe op hierdie aarde en daarmee saam kom vele verhale 
  en oorleweringe van voorafgaande waarskuwings sowel 
  as die bou van die ark met die gepaardgaande oorlewings 
  voorbereidinge wat in daardie tye plaas gevind het nou na 
  vore. 
  
  Met die naderende onheil wat in hierdie tyd deur verskillende 
  bronne voortdurend aan die mens as waarskuwings oor die 
  komende eindtye gerig word, sowel as die onheilspellende 
  gevoel wat baie nie net in hulself nie maar ook in natuur-
  verskynsels om hulle waarneem, word al hoe meer mense 
  daarom opnuut bewus van die feit dat die tyd vinnig nader 
  waar die genadedeure van God binnekort gesluit kan word. 
  
  Met eendersdenkende mense wat besig is om hulself wêreldwyd 
  in klein of groter groepies van gelyksoortiges te groepeer kom 
  dikwels nou die onderwerp van die sluit van die ark se deur na 
  vore. Met ʼn sekere dringendheid probeer sommige gelowiges 
  om mede gelowiges tot besluitneming te dwing deur juis gebruik 
  te maak van die feit dat indien hulle nie sou opskud nie die deur 
  van genade ewig vir hulle gesluit kan word. 
  
  Dit is prysenswaardig om mekaar te motiveer en aan te spoor 
  maar terselfdertyd wil Ek julle graag net daarop attent maak 
  dat met die sluit van die ark se deure ten tye van Noag die 
  volle wilsbesluit die outoriteit daaromtrent sowel as die 
  handeling daarvan volkome en alleenlik God se besluit en 
  taak was. Net so sal dit weer in die komende tye van ellende 
  op hierdie aarde wees. 
  
  Alleenlik God en geen mens sal besluit wanneer waar en vir wie 
  die genade tydperk verby is en daarom sal dit prysenswaardig 
  wees indien julle die deure van julle hart deurentyd en tot op 
  die heel laaste sal oophou vir sondaars wat Ek moontlik oor 
  julle pad kan bring.  
   
  
  Openbaring 348 
  Die eindtydlied.  
  Vrydag30 Mei 2008 8:58 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer 
  Vir die musiekleier op die deuntjie van verlossing. Hosanna 
  hosanna sing sag ʼn enkele volmaakte tenoor as inleiding tot 
  die mooiste lied in die oneindigheid nog aangehoor. Van mond 
  tot mond, oor tot oor, van Oos na Wes, Suid tot Noord, op die 
  melodie van Goddelike heilige klank word gehoor die volmaakte 
  koor. 
  
  Op die wysie van weergebore harte sing sag die hemelkoor en 
  vanuit geheel die oneindigheid staan vinnig nou nader die heelal-
  gehoor. In klaaglied was die eerste vers oor die sondeval in smart 
  aangehoor. Weemoedig maar oorwinnend word die kruisigings 
  vers in ontelbaar harte vir ewig gestoor. 
  
  In jubelgesang die opstanding hemelse leërskares wat staande 
  die oorwinnaar van die dood met oorverdowende applous die 
  ewigheid deur laat hoor. In ʼn hoopserenade afwagtend die 
  deuntjie wat uit menig harte vir hul Verlosser se koms nou draai. 
  In klimaks van hemelklank in trompetgeskal harp en simbaal, ja, 
  op wolke van engelesang kom God om Sy uitverkore kinders vir 
  Sy ewige koninkryk te kom haal. 
  
  Vir die musiekleier op die deuntjie van oorwinning. Hosanna 
  hosanna in Goddelike melodie en klank sing sag die bruid haar 
  Bruidegom voor die hele oneindigheid vreugdevol nou toe. 
   
  
  Openbaring 349 
  O’ Berge val op ons.
  Sondag 1 Junie 2008 20:00 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Vir die oorgroot meerderheid van die wêreldpopulasie het die 
  Godheid niks anders as die een of ander en soms nie eers ʼn 
  fabelagtige sprokieskarakter geword nie. Die getalle van die 
  paar wat My wel opreg en eerlik as ʼn realiteit van Goddelike 
  Liefde en geregtigheid ervaar is maar baie dun en yl gesaai. 
  Juis as gevolg van hierdie geloof, hoop en liefde wat hulle 
  vir My, hulle Meester koester, word hulle deur die wêreld as 
  veragtelik verwerp. 
  
  Spottend en knipogend, ja, die tong in die kies en met geligte 
  wenkbroue word My edele werktuie dikwels spottend op en 
  af betrag en tevergeefs is ook hulle liefdevolle vermaninge 
  en gepaardgaande waarskuwings rakende die leegloop van 
  die uurglas van die eindtyd wat ten koste van biljoene lewens 
  besig is om na sy einde te spoed. 
  
  Ondanks die feit dat die oordele nou die een na die ander 
  met afgryslike gevolge in die vorm van vloed en vuur, pes 
  en aardbewing, onlus en oorlog op ʼn bykans daaglikse 
  basis besig is om in vervulling te gaan het dit nog steeds 
  maar weinig impak op die mense van hierdie aarde. 
  
  Sommiges sal vir ʼn oomblik by die aanhoor van hierdie 
  katastrofiese nuus tot stilstand kom om die tong spytig 
  te kan klap om maar net weer die volgende oomblik 
  ongestoord sy doellose gang na ʼn toekoms wat nooit 
  gaan realiseer nie te kan gaan. 
  
  Daarom sal elkeen wat deur sy eie toedoen die beskermde 
  sekuriteit van ʼn Liefdevolle God ontbeer, die Godverlate 
  smartvolle Beker tot op die bodem moet ledig. In versnelde 
  tyd sal daar van nou af in ʼn ononderbroke ketting van globale 
  teëspoed voortdurend die vinnige verval van alle bestaande 
  strukture wees. Ja, alle mensgemaakte strukture hetsy dit 
  nou op regeringsvlak of die infrastruktuur is asook die 
  verval van natuurlike strukture wat nie agterweë sal bly nie. 
  
  Vanuit die ruimte tot en met die mees interne deel van die aarde 
  sal die verval na die Goddelike goeddunke onafgebroke sy gang 
  gaan. In ondenkbare vrees en bewing sal menigtes nou naarstig 
  na die God soek wat hulle nooit wou erken nie en daar sal niks 
  wees vir die goddelose om die hand vir hulp na uit te steek nie. 
  
  Ja, in verwoestende globale verval sal die volgende hartver-
  skeurende smeekbedes hulpeloos aan die aarde gerig word: 
  "O’ Berge val op ons en heuwels bedek ons voor die aangesig 
  van die enige God van alles wat daar is".  
  
  
  Openbaringe 350 
  Hoe swaar is jóú kruis?
  Maandag 2 Junie 2008 08:30 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Om van te kus en te keur is daar iewers in die hemel ʼn houer met 
  kruise van elke kleur en geur. Elke siel wat vir sy ewigheidstoets 
  homself na hierdie aarde moet keer word eers na hierdie houer 
  gebring om na sy eie keuse te kan kies, sy aardse kruis. 
  
  Noukeurig word daar rondgekrap- met die ligste moontlike kruis 
  wil menig siele nou oor hierdie aarde stap. So lig as moontlik 
  daag menigeen vir hul aardse tog nou by hierdie aarde op. 
  Vrolik wip hul ligte kruise af en op. Min is die wat benodig die 
  ondersteuningshulp van God. 
  
  Maar soos dikwels die geval word die ligste gewig na ʼn sekere 
  tydjie ʼn onmoontlike las. Wat so lig soos ʼn veertjie was pen die 
  mens nou op die aarde vas. 
  
  Maar voor die houer met die kruise is daar altyd ook ʼn paar 
  wat diep ingedagte staan om die kop vir ʼn oplossing te kan 
  krap. Soos ons Meester wil ons ten alle tye wees en aan die 
  ligte kant was Sy kruis op Golgota nie een oomblik vir Hom 
  gewees. 
  
  Noukeurig word daar nou rondgekrap, onder die swaarste kruis wil 
  hulle nou oor hierdie aarde kom stap. Onder hierdie sware gewig 
  is dit wat hulle ook dikwels nou struikel en val. Van iewers uit hul 
  lewensveld kom daar telkemale tot hul redding ʼn onverskrokke 
  Held. 
  
  Onder die sware las van hul kruis skuif Hy in om hulle te kom 
  help. Soos Simon van die veld is dit God self wat Sy kinders 
  met hul sware kruis kom help.