Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 2751

LIBERALE NAVORSING

20 Oktober 2019  Sondagoggend  10.00

www.nuutsteopenbaringe van judithdebeer.co.za

Iemand vra:

Na aanleiding van die NG Kerk se debat die afgelope tyd oor gays, het
ek op die volgende brief in Beeld afgekom.  Deur prof Willie van Aardt
Dierefisioloog van Noordwes Universiteit.

Sy brief opskrif is: Gay-wees se biologiese grondslag.  Volgens hom
het Sweedse wetenskaplikes se navorsing die afgelope tien jaar oor hoe
homoseksualiteit ontstaan en ek haal aan:

Tot 10% van menslike gemeenskappe is homoseksueel, meer as 12% van
voëls en hoenders en 8% van skape en beeste.

By die hipotalamus van die brein lê die pre-optiese kern, 20 mm in
deursnee, naby die oogsenuwee. Die Sweedse navorsing bewys dat daar
voor geboorte in die pre-optiese gebied van die gay brein, ‘n
biologiese verandering plaasvind wat seksuele oriëntasie van man tot
man of vrou tot vrou veroorsaak. Die biologiese verandering het geen
genetiese oorsprong nie en is voor geboorte by die fetus vasgelê.

Navorsing in Nederland dui daarop dat homoseksualiteit veroorsaak word
deur hormonale veranderinge in die pre-optiese gebied van ‘n baba se
brein gedurende die eerste drie maande van swangerskap. Dit is
eksperimenteel bewys dat strestoestande hierdie hormonale veranderinge
by verwagtende rotte veroorsaak.

Aldus die professor. Wat my wel opval is dat die studies in liberale
lande soos Swede en Nederland  gedoen is.

Hy sê  Die biologiese verandering het geen genetiese oorsprong nie en is
voor geboorte by die fetus vasgelê?  Dis nou die Swede se navorsing.
Nou hoe de donner gebeur diè dan?  Dit sê hulle nou nie?

Laat weet bietjie wat jy hiervan dink. Lyk vir my hulle wil die mense
oortuig dat jy so gebore word.

 

Antwoord:

`n Dier is `n redelose, hormoon aangedrewe skepsel, wat op hormoon-
prikkels tot voortplanting reageer.  Wanneer daar nie `n paringsmaat
beskikbaar is nie, kan die dier in reaksie daarop, om so die behoefte,
van die drang te verlig, bv. netsoos wat mense d.m.v masturbasie
doen, hulle na dieselfde geslag, of soms selfs na ander spesies, of
voorwerpe, soos bv. klippe, stompe, kussings of selfs speelgoed wend,
vir onmiddelike bevrediging.  Dit maak nie van hulle gay- diere nie.
God het die mens daarenteen, met `n verstand, sowel as gees toegerus,
om alles te kan beredeneer, om daarna sy keuses te maak.

Waar hierdie, let wel, sogenaamde wetenskaplike, liberale siening,
daarop gemik is, om die gay lewenstyl te regverdig, beledig hierdie
navorsers, heel onnosel, daarenteen alle homoseksuele. Ja, deur te
beweer, dat daar alreeds so vroeg as in die beginstaduim van die
betrokke fetusse se ontwikkeling, `n defek, in die vorm van `n gebrek
in hulle brein ontwikkel het.  Met ander woorde, beweer hierdie
Sweedse en Nederlandse wetenskaplikes en dit sonder om te blik of te
bloos. Dat alle homoseksuele mense, nie normaal gebore is nie en
daarom nie seksueel normaal, volgens hulle geslag, optree nie.

Die vraag of gay-wees, in hierdie debat sondig is aldan nie, is in
hierdie geval irrelevant.  Die feit bly egter staan, dat meeste
gay-mense, intelligente mense, met gesonde verstand is, wat `n vrye
keuse het oor die voorkeur, betreffende hulle eie seksualiteit. En
netso het elke regdenkende mens op hierdie planeet die reg om te
besluit, of hierdie betrokke geslagspraktyk, vir hulle aanvaarbaar is
of nie.

 

Openbaring 2752

LEIERSKAP SE VAL

31 Oktober 2019  Donderdagoggend  06.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Al knetterend het die vuur gelag, terwyl die wind geduldig haar beurt
afwag.  Die grond het geskeur met `n harde slag. En in die diepte na
benede, in `n diep donker skag.  Daar het die doderyk, Korag en sy
familie, wreed ingewag. Sien daarom nou die Boervolk, wat haar God
nie meer respekvol ag.  Ja, terwyl hulle so hoogmoedig, staatmaak op
hulle eie menslike leierskrag.

Luister daarom na die Moseslied gesing deur `n mensekind. Ja, luister,
dit word weer gebring op die snare van die woeste wind. Die woorde
daarvan begin om geheel die heelal te deurdring.  Dit lui:  Wee, o, wee,
geheel die Boervolk, is bykans heeltemal blind en daarom is hulle, in
hul eie hoogmoed vasgebind.

Terwyl die Masonboosheid alhoe wyer om die eens uitverkore volk
uitkring. Sukkel die verlore seun om sy weg weer terug na die
Vaderhuis te vind.  Kyk, `n kelk gevul met Bileamsgruwels, word
omgekeer, terug na die aarde, in Oordeel gebring. En die lied van
Moses, word oorwinnend, teen al die vyande van God gesing.

Al knetterend het die vuur, vernietigend gelag, terwyl die droogte
uiters geduldig die vloedwaters afwag. `n Reuse aardplaat het geval
met `n harde slag.  Dit was die teken van die wierook in die pan, ja,
wat die uitverkorenes solank al afwag. In die diepte, daar onder na
benede, in `n pikswart skag.  Is dit Heylel in Hades, wat die val van
die leiers, van die aarde, grynslaggend, afwag.

 

Openbaring 2753

DEMOON VERSUS DEMOON

3 November 2019  Sondagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Demoon het in weerwraak iets aan `n ander demoon gedoen en daar-
na het die hel sy ding behoorlik hier op aarde kom doen.  Hieroor het `n
engel, `n ander engel, bly gesoen en hierna het al die verseëldes, met
mekaar versoen.

Die lug het rooi verkleur en daarna grys, waarna die see verander het
in vuilgroen.  Die vatikaan het vir oulaas probeer om sy ware kleure
te verbloem.  Maar die skade aan die christendom was klaar gedoen.

Op droë grond, het `n voorgedoende moslem, `n kalkoen doodgeskiet
met `n groot harpoen.  Hieroor het Turkye uitgeroep:  Ons weet nou
verseker wat om te doen. En wee die een, wat weer probeer, om ons in
valse vrede te versoen.

Amerika het begin om China wreed te ontgroen en hieroor spuug die
Ooste dodelike gif in neongroen. Pakistan kla aan sy linkervoet druk
seer `n skoen.  Maar Indië weier om haar met haar stiefbroer, in sy
nood, te versoen.

Zimbabwe kla:  O, iemand leen my tog gou net `n triljoen.  Kyk, kort
voor lank, beswyk al my burgers onder `n leë rantsoen.  Met geen
vitamien C of net `n droë lemoen, kom `n groot griep, ja, in `n swart
seisoen.

Maar geseënd is elke kind van God, ja, elkeen wat Sy Wil sou doen.
Kyk, op hul voorkop word hulle nou deur die Gees van God gesoen.
Daarom word hulle, vir die engel van die dood, in Godsbeskerming,
onaantasbaar, verbloem.

 

Openbaring 2754

DIE VLUG VAN DIE DRAAK

5 November 2019  Dinsdagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die Ooste vlieg `n draak en onder sy vlerkgeklap begin die
aarde oop te kraak  Kyk, oraloor begin die massas nou woes te staak.
In hul wraak, staan daar geskryf op hul plakkaat:  Ons eis nou die lewe
van ons staat.

Amerika weet sy moet haar nou desperaat, op haar vindingryke
intelligensie verlaat.  Maar Rusland sit haar sonder meer in skaak.  Op
die koraal in die oseaan groei `n vreemde bakterie in `n  plaak.  Ja,
terwyl `n rooigety, onverwags, in groot dood en stank, sy verskyning
maak.

Die pous verloor onverwags sy spraak en menig katoliek begin hul eie
maak te maak. Ja, die christendom het haarself versaak en kort voor
lank loop die kerklidmaat, koud en naak.  Engeland sit diep beswaard
want in Wysheid het God haar heeltemal verlaat. Sy is die spot, sy is
die smaad en kort voor lank, dra sy die vodde bedelaarsgewaad.

O, wêreldwyd staan almal nou diep beswaard want die oes staan leeg en
braak en kos is vinnig besig om op te raak. In Afrika kyk al die lande
nou na mekaar en hul vra verboureerd, nou hoe gemaak?  Hulle sê:  Ons
smaak het verwesters en dit het duur geraak.  Maar in globale armoede,
gaan dit ons niks meer baat.

Ja, vanuit die Ooste na die Weste vlieg `n draak en hy sweer boos sy
wraak.  Onder sy vlerkgegons begin die aarde, ook van Noord na Suid,
oop te kraak.  Kyk, al die grotes van die aarde, probeer nou inderhaas,
om Afrikakontinent, hulle eie te maak.

 

Openbaring 2755

O, DIE CHRISTENDOM

7 November 2019  Donderdagaand  19.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, die christendom is dom en doof.  So laat die heidendom God nou begin
te loof.  O, die duisternis het die lig beroof en onoorkombaar raak
tussen hel en hemel, nou die kloof. So, waar, o, waar, o, mens, hoort jou
geloof want kort voor lank, is dit katastroof op katastroof.

O, die christendom is dom en doof. Kyk, vir die materie het hul,
hulself, tevergeefs, afgesloof. Die dier staan klaar gereed, soos lank
gelede reeds deur Openbaring, aan die mens beloof.  Sy merk glinster
bloedrooi op sy voorhoof, terwyl die massas hom klaar as hul god
begin te loof.

O, die christendom is dom en goor.  Ja, met hul geestesstryd, reeds
klaar verloor.  So laat die glinsterliggies van Kersfees hulle maar
weer bekoor.  Vir die groot verdrukking het hulle in elke geval niks
gestoor.  Tussen wit en swart grynslag 'grys' -`n Moor.  Deur die groot
leuen van die kerk, is Kaukasies bykans uitgemoor.  So,  sing maar o,
christendom, vir oulaas jul eenwêreldlied, luidrugtig, in `n helle
koor.

Deur die christendom word die ware geloof gou verloor.  Want die
liefde vir die wêreld trek hier heel voor.  So, luister na die
eindtydmetafoor want die leuen stel `n valse waarheid voor.  So neig
jou hart en oor na die Gees van God, sodat jy Sy Stem, duidelik kan
hoor, voordat ook jy, jou siel, in satansgreep, gou verloor.

 

Openbaring 2756

HEMEL APARTGESTELDE SAAD

10 November 2019  Sondagaand  20.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Lucifer het elke mensgebore boodskapper deeglik ondersoekend, bekyk.
Maar die kennis vir sy soektog, het hom heeltemal ontwyk.  Kyk, sy oë
was deur hemel toedoen, in sy eie satansleuengees, toegeslyk.  Ek wou
sien waarna is hy so desperaat op die uitkyk:  En ek het `n man gesien
met borste, in die lyf van `n vrou.  Sy voorkoms het hom diep beskaam
en berou.

Maar ek het `n stem aan hom hoor sê:  Dit is nou tyd, om op jou El se
Goeie Oordeel te vertrou.  So, salig is elke profetegees wat hulle
selibaat van die vlees onthou.  Kyk, die Nuwe Jerusalem word alleen,
op Elohim se Suiwer Woord gebou.

So sal dit daarom in die Nuwe Tyd wees, ja, in God se groot Vredestyd.
Kyk, in daardie tyd sal die nag verskrik voor die dag wegwyk en Kaïn
se saad sal tot op die laaste een, heeltemal, beswyk.

Geseënd daarom, die suiwer hemelwagters, wat waak oor die maagd Sion.
Hulle loon is hemelsoet en hulle geestesvooruitsig oneindig goed.
Maar wee die wagters wat saam die reeds gevalle wagters gaan boet.
Kyk, Ek kom in `n skrikwekkende, vuurperdewa, in `n vlammekoets.

Ek kom jou besoek, om jou te versoek.  Jou bloed is jonk en goed en
daarom sal Ek jou in jou hormone kom toets.  Want so sal dit wees in
die Nuwe Tydvak.  Die uitverkore apartgesteldes, sal neerdaal en hul
saad sal een word met die suiwer kroniek, ja, in die Nuwe Stad
Jerusalem.  Kyk, vir `n duisendjaar, sal niemand hulle weer in
verbastering, vermeng

 

Openbaring 2757

SION IS ……

11 November 2019  Maandagoggend  04.12

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Sion is `n spierwit tortelduif wat lustig koer, terwyl die sluwe jakkals,
altyd honger na haar loer.

Sion is `n meisiemaagd, in beginsels sterk en stoer.  So, wee o, wee,
die eenwêreldorde, wat wellustig na haar loer.

Sion is `n volk, die uitverkore Boer en kyk, met Edom vee hy aan die
einde, gemaklik, weer die vloer.

Sion is die goddelike familie, ewig oud en oer.  Maar sy staan sterk,
jonk en vry, as gewigtige teenstander, vir die wêreldhoer.

O, Sion is die rosige, môreliefdesgloed, waarop die nuwe daeraad voed
en uit haar fontein, skep die Nuwe Jerusalem, weer goeie moed.

Sion is die vier perde van Openbaring, wat waarskuwend proes, ja,
voordat die Groot Oordeel, alles kom verwoes.

Sion is `n sterk jong leeu, met sy maanhaar wild en woes en wat alles
in sy pad, bloeddorstig kom verwoes.

Sion is `n spierwit pêrelsnoer en om die hemelskone Paradys, vorm
sy die goddelike, grenskontoer.

Sion is `n kabbelende spruitjie, wat rasend afkom in skrikwekkende
vloed en voor haar aankoms, sal alles liberaal, verseker boet.

Sion is die skone bruid, ja, alleen God se Goed.  So hou o, Jerusalem
nou goeie moed, ja, terwyl `n bose wêreld, vinnig na sy einde spoed.

 

Openbaring 2758

WOORDE

13 November 2019  Woensdagoggend  05.56

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Woorde en nogmaals Woorde het na my gekom.  Die impak daarvan, tref my
so helder soos die son.  Maar die massa daarvan weeg op my skouers,
so swaar soos `n ton.  Die kritiek daaroor, het van oraloor, soos vlymskerp
swaarde, op my neergekom.

Die kerk lig haar lip, om met ontblote slagtande, vir my te grom. Elke
sogenaamde skrifstudent en valsprofeet beweer, ek is soos `n moroon,
heeltemal onbevoeg en dom.  Uit politieke oogpunt, raak ek `n klein,
maar lastige los kanon. Maar ironies genoeg, beweeg die Mason,
versigtig, niksseggend daarom.

Die Woorde en Woorde wou nogtans net nie ophou kom en die innerlike
betekenis en kode daarvan het my heeltemal, in stilte verstom. Ek het
gehoor hoedat die aarde aggressief, vanuit haar diepte, vir die mens
begin grom en die weer was aspris, heeltemal onderstebo, om en dom.

Ook het ek gesien hoedat die aasdiere om die lyk van Mammon saam-
drom. Die valsprofeet, was in een van sy wêreldorde saamgestelde-
gedaantes, as die pous, in die vorm, van die valse engel van lig
vermom.

Terwyl hy soos `n 'shapeshifter' ook as politikus, as valse vredesvors,
die wêreld sou verstom, om hierna in satansdrie-eenheid (dri666nheid),
as die heel rykste bankier, in die merk van die dier, na die mens in haar
ondergang, te kom.

Ek het gesien hoedat bos en veld in `n vlammeseë omkom.  Ja, terwyl
ook die seë in enorme golwe oor groot landstreke kom.  Ek het die
massas tevergeefs, in wêreldprotes sien saamdrom en die Falkon het
soos `n wrede beul, bloedig, op die konings neergekom.

Die groot pes en hongersnood het as `n paar, in die gedaante van die
dood, globaal gekom. Ek het gesien hoe veg die Gog en Magog, tot die
dood toe, ja, die Ooste en die Weste in Armagèddon.  Ook het ek gesien
hoe skrikwekkend blom, die een na die ander atoombom.

Maar voor dit alles het ek gesien, hoedat die Jodedom, terug na die
landstreek Palestina kom.  Maar ook het ek gesien hoedat die ware
Israel, in die gedaante van die wydverspreide Saxon, in groot
boetedoening, na die pragtige land in die Suide van Afrika kom. Ek het
die val van regerings en die vatikaan sien kom en ook hoedat die
christendom saam met al die ander gelowe omkom.

In die stem van die Groot Bastion wou die Woorde en nogmaals Woorde
nie ophou kom.  En kyk, die massa daarvan weeg op my skouers, swaarder,
as `n duisend maal duisend ton, terwyl bykans almal, in kritiek,
boosaardig vir my grom.  Maar loof sal ek my EL, ja, ek loof en prys
alleen vir HOM.  In my lied sing ek dat Sy Woord, tot aan die einde
van alle aardes, nooit sal ophou om na mens, sowel as engel, te kom.

 

Openbaring 2759

DIE VARK

16 November 2019  Saterdagoggend 03.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vader, ek vra U nie na die vlees van die swyn, maar na die doel van
die vark?

Kyk, hier antwoord Ek jou direk in die Eerste Persoon:  Ek sê aan
jou, dat al die varke op aarde, in hulle, deur My geskepte doel, beter
is, as die heel beste een onder julle.

Ja, omdat die vark trou aan sy aard en orde, die reiniger van sy
omgewing is, deurdat hy as skoonmaker, alle afval en dit wat vuil en
onrein is absorbeer. Waarna hy daarvan ontslae raak, deur die
onbaatsugtige verwerking daarvan, deur sy eie liggaam.

En dit, terwyl dit die meeste van die tyd, juis die mens is, wat alles
om hom besoedel en bevuil.  Hier praat ek van die materiële aspek,
gebore vanuit `n onsuiwer geestelike lewe.

So, luister o, mens as jy `n greintjie verstand het.  Aan die luiaard
het ek gesê:  Gaan na die klein mier en kyk na sy onvermoeide arbeid.
Word wys en daardeur fluks. Daarom sê Ek aan elkeen wat bereid is,
om nederig nader te staan en te luister.  Gaan kyk na die vark en word
wys.

 

Openbaring 2760

BUITENGEWONE GODDELIKE TALENT

20 November 2019  Woensdagoggend  04.04

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Heilig-heilig is Sion in haar suiwer status, deur geheel die kosmos
herdenk. Persoonlik, deur die Alfa en Omega, die begin sowel as die
end, aan die skepping, as `n unieke, eenmalige, Goddelike geskenk.

Van die suiwer begin tot die bitter end, is die buitengewone Goddelike
talent, in die verstand en wese, van die suiwer kroniek, vasgesement.
Die edelloot was daarom dikwels in geheim, op die wildewortelstelsel
ingeeënt.  Ja, om so die voortbestaan daarvan, tot in alle ewigheid te
verleng.

Maar wee alles, deur onsuiwerheid vermeng.  Kyk, in Godverlatenheid,
word dit  vir ewig, tot heleiendom, onder die onsuiwer, Kainsmerk,
geskend.

 

Openbaring 2761

BY DIE RIVIERE VAN ‘N WêRELDSISTEEM

23 November 2019  Saterdagoggend  06.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Buite die grense van Suid-Afrika, het `n wydverspreide volk gesit en
ween.  Onder die vreemde landsvlae, van Andermansvolksembleem,
daar sluk hulle gulsig, pens en pote, die groot wêreldleuen.

Ja, op die walle, op die oewers van Babilon, word hulle as nuwe
wêreldburgers, van hulle Vaderland gespeen.  Deur `n eenwêreldorde,
word hulle geoes en as slawe, in wêreldkettings, weggeneem.

Daarom verbeur geheel die weste nou God se seën.  Hy verhard die
konings en grotes se harte en laat dit tot klip versteen.  So, luister
daarom nou na die oorlogsrumoer, wat globaal, alhoe harder begin
dreun, en sien, hoedat die ekonomie, onder haar eie val, begin kreun,
steier en steun.

Kyk, die gedrag van die son, raak ook nou vreemd en obseen, terwyl
die maan, alhoe swaarder, op die swaartekrag van die aarde, begin
steun.  Die gety van die seë, het Venesië as voorbeeld geneem, om so
al die kusstreke te wys, hulle sit kort voor lank, met `n enorme
probleem,

In hierdie tyd word die verseëldes, finaal van die wêreld gespeen en
in die vlug van die kraai, word hulle na veiligheid geneem.  Op die
kragtige vleuels van die arend en die uil, kom die Krag en Wysheid en
die kind van Openbaring, heet, Elohim se eersgebore seun.

Kyk, Sion kom in volle vlug en as spierwit duif, dra sy die groen
olyftak, ja, die Groot Belofte, vir die nuwe Jerusalem, se duisendjarige,
Goddelike seën.

 

Openbaring 2762

EUROPA SE VERVAL

30 November 2019   Saterdagoggend 02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In jou kammawêreld met klatergoud beslaan, kom en gaan jy o,
wêreldling, sonder om die ware doel van jou bestaan, te verstaan.
Soos wat dit `n goeie wêreldburger betaam, het jy jou, deur `n
leuenkerk en gruwelpolitiek, laat vermaan.  Ja, om so doelgerig, op
jou weg, na die ewige, afgrond te gaan.

O, Weste jy sien jouself tog so bekwaam en in jou meestal liberale
bestaan, sien jy jouself so groot en vernaam.  Terwyl jy God se
opregtes, in alles, net altyd teen wil staan, sal jy terselfdertyd, jou
arm in naasteliefde, om jou vyand slaan.  O, jy is en bly `n Bobbejaan,
terwyl jy jou hekke, vir die Ooste se Trojaan, so gasvry, wyd, oop
laat staan.

Jy het verloën, jy het verraai.  So luister daaom nou na die haan, wat
driemaal, driekeer, kraai en weet jou toekoms is vir ewig, na die
maan.  Weet in jou waanbestaan, is dit binnekort met jou heeltemal
gedaan.  Jou landbou is besig om vinnig agteruit te gaan.  Kort voor
lank, is daar in jou silo`s, ook niks meer kos of graan.

Met jou mynbou ook aan die taan, begin jy jou oor die markwaarde van
jou valuta te skaam.  Jou vissery is ook vinnig besig om tot niet te
gaan, terwyl jy die vele vrektes van jou pluimvee en jou vee nie kan
verstaan.  Met jou boord en wingerd wat onder brand, droogte en vloed
vergaan, begin al jou vate, sonder wyn te staan.

Met jou byekorwe wat leeg, sonder bye staan, begin alle vrugbaarheid
in jou kontinent, voet in die wind te slaan. Ongekende sneeustorms,
sal jou infrastruktuur stil laat staan.  Ja, terwyl wilde getygolwe,
jou kusstreke, stukkend sal slaan.

So, weet o, Europa, daar in jou kamma Matrixwêreld, met goedkoop,
klatergoud, beslaan, daar weet jy in jou kom en gaan, nie die minste
rede en doel, van jou misrabele bestaan.

 

Openbaring  2763

DIE KONINGS WAG

1 Desember 2019  Sondagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor die skoppensboer wat saggies honend lag, terwyl die konings
van die aarde, in spanning wag. Ek hoor soldate saggies bid, o, God,
gee ons net die nodige krag, terwyl ons as kanonvoer, op ons dood
moet wag.

Ek sien in `n helder sonskyndag, `n diep donker skag, terwyl ek na
benede in die donker dieptes daarvan trag, hoor ek `n stem in
hoogverraad, ja, in onmenslike opdrag.  Ek sien die bankiers geklee in
swart, vir `n groot verseëlde, trofeejag.  En ek weet die mensdom,
gaan in groot depressie, versmag.

Ek hoor die skoppensboer wat saggies, satanies lag, terwyl die
wêreldregerings in spanning wag.  Ek sien hoedat die soldate onder
krygswet, kinders, wreed verkrag, terwyl niemand meer die kosbaar
lewe, bo alles ag.  Ek sien hoedat soldate, lewensnoodsaaklike
middele, van hulle burgers afvat.

Ek sien al die wêreldlandsvlae, in een groot, gruwel, wêreldvlag,
saamgevat.  Ja, terwyl Satan self, as die skoppensboer, vir `n kort
tydperk, as oorwinnaar lag. Ek sien `n pikswart duikboot, met `n
ontsagwekkende vrag en daarna hoor ek `n oorverdowende slag.  Ek
sien hierna, Europa, in `n pikdonkernag.

Ek hoor moeders pleit, dat God Sy hart net `n bietjie moet versag.
Ek sien hongersnood se onnoembare groot krag.  Met oral in die hawens
leë handelskepe, sonder enige vrag.  Ja, ek hoor die skoppensboer, wat
saggies, honend lag. En ek weet, die konings en bankiers se harte, gaan
in deernis vir die mens, nooit weer versag.

 

Openbaring 2764

GODSLASTERLIKE BAäLPRIESTERS

2 Desember 2019  Maandagoggend  00.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, geloftedag, Godslasterlike, Baälpriesterdag.  Daar waar jou
predikante, alweer gretig, op hulle kollektes wag.  Ja, met nog en
nog, `n hoop klippe, seremonieel, tevergeefs, tot volksaltaar gepak.
Wyl die son, bloedrooi, oor Bloedrivier gaan sak.

O, op geloftedag, terwyl die hemel oor `n slegte nageslag, se meineed
skaterlag.  In `n eens voorspoedige land, maar nou net `n vergane
wrak.  Daar waar krothuisies staan, met plakkers wat oral plak, staan
daar op Paardekraal, die Mason hand om die blaas, met sy vyand, steeds
broederlik, ingehak. Terwyl die broederskring, kamma nederig, op hul
knieë voor God neersak.

O, geloftedag, Godslasterlike Baälpriesterdag.  Jou dominees staan
alweer in gelid, met hulle groot bedelbak.  Maar die geeste van die
Zoeloeimpis van weleer, gaan hulle vreesbevange, na hul asems laat
snak.  Kyk, die versteekte liberale graf, lê oop en vlak, terwyl die
son bloedrooi, in Godwraak, oor Bloedrivier sal sak.  Ja, met die eens
soet water daarvan, nou galbitter en brak.

 

Openbaring 2765

WEGRAPING VANUIT WêRELDSIG

4 Desember 2019  Woensdagmiddag  12.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die naklank van `n ou leë, uitgediende simbaal.  In die laaste dae
van die groot hongersnood, se bymekaar raap en skraap.  In die dae
wanneer die onbevoegde maagd, onverantwoordelik, lê en slaap en die
goeie Dief in die nag, Sy eie Persoonlike eiendom, bymekaar kom maak.

Op daardie dag word die uitverkorenes vanuit `n walglike wêreldsisteem

weggeraap, waar hulle deur die verseëling, oop en bloot, voor die wêreld-
kinders se oë, deursigtig, ja, weg, sal raak.  Die wêreldburger sal kyk
sonder om te sien want die Engel van Elohim, het hulle almal blind
gemaak.

Op daardie dag word die getroue Israeliete, vanuit ontsaglike gevaar
gered.  Kyk, op daardie dag, staan hulle onder die persoonlike be-
skerming, van God se Swaard.  Op daardie dag, word Jerusalem se
kleed, wit gemaak en Sion staan pragtig in haar bruidsgewaad.

Op die vleuels van die groot Arend, word die verseëldes, gemaklik, vir
hulle geestelike, sowel as fisiese reis gemaak.  Ja, vir hul vertrek na die
pragtige land in die Suide, na die Goeie ou Kaap, op pad na hulle nuwe,
volmaakte, Godstaat.

Op daardie dag roep honderd-vier-en-veertigduisend geredde siele:  O,
waar is nou die wêreld se spot en smaad?  Kyk, ons is uitgekies vir
die nuwe Aarde, as suiwer, onbesoelde saad, sodat Elohim in die
koelbries van Sy Gees, weer Persoonlik, met elkeen van Sy kinders
kan praat.

In die naklank van `n ou wêreldgeroeste simbaal, begin in Oordeel,
die leë woorde van `n verdraaide leuenbybel, op `n oorwegende,
sterwende, planeet, neer te daal.  In hierdie dae kom kataklismes,
droogte, vloed, oorlog, hongersnood, pes en wedersydse bloedige
wraak, die mens, gelyk met die stof van die aarde maak.

In die vreeslike dae van die kort heerskappy van die gruweldraak, met
elke wêreldburger koud, honger en naak.  In die bitter dae wanneer die
wêreldling weet hy het homself deur sy eie materiële, hoogmoed
versaak.  Ja, onder die koningskap van `n afskuwelike, gruwelkoning,
met staaltande en `n ysterkaak.

Op daardie dag word die kaf uitgewan en vir die vuuroond bymekaar
gemaak.  Elke distel en doring word noukeurig verwyder vanuit die
edelsaad. Op daardie dag begin elke wêreldburger in bitter verwyt, met
tandegekners, teenoor mekaar gal te braak.  Maar dit is te laat want
die dom, onbevoegde maagde, het heeltemal in hulle wêreldroes
verslaap.

 

Openbaring 2766

VIR 2020 – WAT DIE PROFEET SAL VRA

14 Desember 2019  Saterdagoggend  01.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

‘n Engel het  aan God gevra: O, wat is dit wat die wêreldmens so treiter
en pla?  Kyk, van die oggend tot die aand, wil hulle onvergenoeg, oor
alles net mor en kla. Dit, terwyl hulle in wangedrag, hulself, nie voor U
Aangesig kan gedra.

Die engel het angstig begin te vra:  Waarom Elohim die mens ondanks
alles nog steeds verdra en waarom Hy, hulle, nie tot in die heel diepste
hel inja?  Die engel het verder gevra:  Oor al die gruwel, politieke lands-
vlae en waarom loop die mens, steeds soos stomme vee, so slaafs, die

wêreldsisteem na?

Hy het gevra, oor al die sinnelose valse vredesverdrae en wanneer kry
die nasies, nou uiteindelik, hulle welverdiende slae?  Die engel wou
spesifiek weet en het daarom gevra:  Wanneer kom tot die verseëldes se
redding, nou die heel laaste dae?  Verder wou hy weet, waarom loop die
mens, so dom, die materie in alles na?  Terwyl hulle net rykdom, mag,
nuttelose geld en nogmaals geld naja?

Die engel het na 2020 se toekoms verwys en aan Elohim, na die verloop
daarvan, gevra.  Hierop het die Gees terug aan die profeet gevra:  Kom
vertel jy aan My, wat is daar nog in Oordeel oor, om aan `n reeds verlore
mensdom oor te dra?  Daarom kan Elohim se reeds gestuurde boodskapper,
as profeet, na sy godgegewe wil, in oordeel aanvra.  En kyk, die vallende
skale, word summier en sekuur, aan `n geoordeelde wêreld oorgedra.

So het die tyd gekom en `n bose dag, het in `n gruwel, donkernag
oorgegaan.  Die Woord van Reg en Geregtigheid was daar, vir die
wederstrewige volk om maklik te verstaan.  Maar die profeet was
hierdie keer, soos die donkie steeks en hy wou nie meer na die berg
toe gaan.

Daarom wou `n klein gedeelte van die berg, na die profeet toe gaan.
Maar Satan het met al sy laaste krag, tussen die profeet en die berg
gaan staan. En kyk, baie valsprofete het deur die mond van hulle,
here-baäl, hulle gruwel, gesteelde, half aangepaste woord, oor die
heilige volk laat gaan. Terwyl die profeet van God, net oordeel op
oordeel, oor die planeet sou laat gaan.  Die eens siek, verskrompelde,
olyfboompie, het nou gesond, vrugbaar, kragtig groen en regop, langs
sy maat gestaan.

Maar die groot meerderheid van die eens heilige volk, was steeds
gretig, om diensbaar agter die valse lig aan te gaan.  Hulle het
weereens lojaal, aan die kant, van die nuwe wêreldorde gaan staan.

Hierna het die eens groot wynwonderwerk in trurat, ja, in vloek en
Oordeel oorgegaan.  En dit was die einde, van die eens heilige
seremonie se bestaan.  Ja, want die eens so kosbare wyn, gaan in die
groot verdrukking, in bitter, soutbrakwater, vergaan.

Die Gees was hieroor diep bedroef en Sy het van die mens af weggegaan.
Kyk, die dooie dogtertjie, het nie weer vanuit haar doodslaap, opgestaan. 
Die Bruidegom het op daardie oomblik, die slapende maagde,
stil-stil, verby gegaan.  Die hoogmoed onder die mens, was oneindig
hoog, met die valse nederigheid, heeltemal te laag.  Die liefde het verflou,
dit het vervaag, dit het oral, tot niks vergaan.

Maar die wêreld het floreer in haar illusiewaan en daarom was dit met
alle infrastrukture gou gedaan.  Die eens heiligdom, was nou heeltemal
vertrap en verslaan en daarom was die goeie Adamitiese seën, globaal,
heeltemal, gedaan.

`n Engel het aan God gevra:  O, wanneer begin al Moses se plae en
wanneer verskyn Elia in sy vuurperdewa?  Ja, die engel het gevra,
hoe lank nog, voor die aanbreek van die heel laaste dae?  Hy wou weet,
wanneer verbrand al die gruwel wêreldvlae?  Die Gees het geantwoord:
Kyk, net nog `n klein rukkie en van al die goddelose is die aarde wel
spoedig ontslae.

So, loop jy o, Jerusalem, nou die volle Waarheid, in die sewe Geeste van
Elohim getrou na.  Ja, terwyl die oneindige Gees van VADER, Sion self,
na haar bergvesting, na haar Heilige, Afsondering, toe sal dra.

 

Openbaring 2767

MET DIE BEDELBAKHAND NA BO

20 Desember 2019  Vrydagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die woestyn kom `n stem, ver en hees. Hy roep:  Luister, o, been
van my been, geen van my geen en vlees van my vlees.  Dit is tyd om
die tekens van die tyd, raak te begin lees.  Nêrens is daar meer wet,
geen orde, of enige reëls.

Dit is nou die tyd van die dier en oral heers die eenwêreldembleem, in
die merk van die bees.  Met nêrens meer God se Gees, vier die mens,
maar net weer, tevergeefs, haar heidense wêreldfees.

Kyk, daar in `n stofwolk, oor die vlakte, kom Raka, in die duplikaat
van `n dubbeldoor.  Terwyl hy dans, begin hy moor en hy soek met almal
skoor.  Met sy bakhand na bo, is bedel, al waaraan hy glo.  Deur sy
eie waansin bekoor, het alle orde, die stryd teen hom verloor.

In sy totale tekort aan enige vermoë, stuur hy na die hel sy versoeke
en rig hy sy vertoë.  In sy agressiewe seksuele rydans, dans hy eers
agter en dan skielik heelvoor.  Voor die gereg kan hy `n saak nie
verloor want Raka kan, voorwaar, regtig toor.

Ja, hy dans en hy moor, terwyl hy alle suiwer vlees sadisties deurboor. 
Die liberalis word deur sy wese bekoor, wyl hul in selfmoord, die stryd
teen hom verloor.  Die wilde wese wys sy slagtande in perfekte ivoor en
bloedig verskeur hy daarna sy prooi, as `n wrede, karnivoor.

Hy kom van Noord en na die Suide open hy die heel laaste poort.  Hy
skrop sy nes tussen twee berge in `n stedelike moot en vandaar klap
die eerste skoot.  Sy oorwinning begin op `n hoë noot en in sy slagting
gaan hy groot.

Oral trap hy sy merk met `n gruwelpoot, maar hy word so vinnig soos
weerlig, gestuit, deur Rusland se vloot. `n Klein heiligdom sing dankbaar:
O, ons Elohim, U is Oneindig Groot.

 

Openbaring 2768

DIE WESTE:  ‘N WEDUWEEVROU

22 Desember 2019  Sondagoggend  05.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n stikdonker grot, in `n gewonde draak se klou, word `n verbrande
kontrak, eens geskryf in blou, desperaat vasgehou. En al wat daarvan
oorbly, is om aan dit wat was, te herkou.

O, Engeland het alweer verbrou en daarom is Europa gou in diep rou.
Portugal se eens helder son verdof - dit raak dynserig en flou.  Daarom
kan Spanje, Duitsland en Holland, nie meer op vaste grond, hulle
toekoms bou.

Italië het ook klaar haar eie graf gegrou en daarom baat dit haar niks, om
die Vatikaan die skuld toe te snou.  Griekeland se swak ekonomie was
nooit werklik suksesvol herbou en daarom gaan dit die Europese Unie,
diep berou.

Soos `n goedkoop pou, het Frankryk graag met haarself geskou.  Maar
kyk, net skade en skande, word vir haar toekoms uitgehou.  So het
geheel die Weste, op haar Europese Unie vas vertrou.

Kyk, in eed, sweer hulle aan mekaar, hul lojaliteit en trou. Maar met die
Weste nou net `n stokou weduweevrou, staan sy in swart en lanfer
geklee, om tot op haar sterfbed, oor haar dooie man, ja, oor Engeland
se verraad te rou.

 

Openbaring 2769

DIE NIMRODSNAG

23 Desember 2019  Maandagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Lucifer het soos `n ster geval en het daaroor, met sy lig betaal.
Heylel het hierna op sy materiële troon gaan sit, in `n pikswart
katedraal.

Die Nimrodsnag het neergedaal en `n eenwêreldorde se skitter fees-
liggies, het die duisternis, in illusie, deurstraal.

Die bloedoffer is nader gebring en die gemeentes het gaan kniel, voor
die fantasiekind van hulle here-Baäl.  Ja, want geheel die bybel was
nou, tot gruwelleuen vertaal.

In `n donker, duisternag, sonder ster of maan, met net `n groot
Goddelike Stilte, so skrikwekkend, so fataal.

Daar eet die Jood sy kosher, die Oosterling sy halaal, terwyl die
Christen, verbete kou, aan haar droë kersfeesmaaL

So, weet, in vuur en swael, in bloed en hael, in hongersnood en pyn,
verby brutaal, daar moet die mensdom, nou vir haar sondes duur
betaal.

Jerusalem het verdwaal, daarom moet Sion haar vinnig soek en loop
haal.  Die Oordeel kom en dit is kolosaal, in groot totaal.

Kyk, die atmosfeer is klaar met kernafval goed bestraal.  Ja, vanuit
die lug, tot in die diep koraal.

Die ryperd van die dood heet Vaal en hy hardloop met sy skaal, vir die
ontplooiing van 2020 se vele kataklismis, so uiters fataal.

Godslasterlk so verbaal, het `n mensdom God gefaal en daarom sal die
einde van die tydvak die mens fyn kom maal.

So kom nog `n Nimrodsnag, weer vanuit die hel neergedaal, daar waar
Heylel weer op sy troon gaan sit, in `n pikswart, wêreldkatedraal.

 

Openbaring 2770

TWINTIG TWINTIG - 2020

30 Desember 2019 Maandagoggend 02.41

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Oor 2020 vlieg `n engel en `n draak.  Die een skiet met `n pyl en boog
en die ander een swaai sy sekel en swaard. Soos `n vasgehakte plaat
kom daar in beeld, sowel as in spraak:  Die woorde daarvan lui:  O,
haat op haat, kwaad op kwaad, wraak op wraak, terwyl volke en nasies,
net gaan betoog, raas en staak.

Te lank geslaap, te min gewaak, het die mens hulself, vir `n nood-
toestand heeltemal versaak.  Woeste winde waai in ongekende vaart.
Dit verwoes dorp, stad, huis en haard. Niemand weet meer, met al die
ongekende oorstromings en storms, enige hoop of raad.

Die engel het sy taak en hy neem op `n ernstige noot, op `n enorme
skaal, nou God se wraak.  Ja, terwyl groot aardbewings oor kontinente
heen, luidrugtig, met mekaar, saam begin praat.  So begin die een na
die ander vulkaan, ook op groot skaal, hulle vuurwerke, in die
atmosfeer te maak.  Met tsunamis, wat `n spoor van verwoesting
agterlaat.

Oor twintig twintig, vlieg `n draak en  hy wys met die punt van sy
pylstert na `n plek op `n landkaart.  Tussen Afrika en Europa wil die
nasies nou ernstig oorlog begin te maak. Die Leviatan noem Turkye
haar groot ou maat.  Ja, `n staat van uitstaande formaat, waarby
sommige lande goed kan baat.

Die wêreldmens begin belê in goud, in groot gewig, ook in
edelgesteentes, in karaat op karaat.  Die Ooste roep, moenie die
waarde vergeet van ruolie, vaat by vaat.  Maar die Jood fokus
hoofsaaklik op kos, graan, olie en wyn in baie groot maat.

Hy weet, hongersnood gaan Afrika weer eerste sy eie maak en daarna
staan ook geheel die wêreld, honger, koud en naak want die groot pes
het onverwags sy draai oor die planeet gemaak.  Kyk, in hierdie tyd
raak sport, uiters flou, in sy eens, so suksesvolle vermaak.

In bloedige hitte en bibberende koue staan die massas hatig teenoor
hulle eens selfgekose staat.  Die koppe rol en die politiek wil angstig
weet, wat nou gemaak?  Die dier roep boos, wanneer word my merk
nou oor die aarde losgelaat?  Kyk, die Skoppensboer, staan klaar
gereed, geklee in sy doodsgewaad.

`n Engel vlieg oor 2020 en roep:  Laat die groot ou draak, gerus maar
praat en al sy kots, oor die wêreld uitbraak.  Kyk, God se wraak, is
nie die draak - maar wel die engel se oordeelstaak.  Daarom sal `n
koninklike of president, sy laaste asem, uit moet blaas. So toegerus
met die lot, val nog `n skaal.

Oor plant en koraal, groei `n eienaardige plaak, wat tonne dooie vis
op strande agter laat.  Ook die vuur raak `n ontembare vraat, met
boosaardige vlamme, wat vernietigend nie net deur die natuur, maar
ook deur dorp en stad, se infrastrukture kraak.

Oor 2020 vlieg `n engel en `n draak.  Die een skiet met pyle en die
ander een swaai sy sekel en sy swaard en elke skaal val sekuur en
akkuraat.  Die mensdom raak moeg om agter politieke leiers aan te
praat.  Daarom sal die swakkes vergaan, terwyl net die heel sterkes
sal bly staan.  En die spotters raak kwaad want hulle verstik nou in
hulle eie smaad.

 

Openbaring 2771 

TIK-TOK, TIK-TOK

8 Januarie 2020 Woensdag  01.49

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, die Ooste vertroetel en koester haar wrok en in die eentonige tik-tok,
tik-tok van die wêreldklok, blêr verboureerd, die vryebouer se
eenkant liberale bok.  Kyk, hierdeur word `n baie belangrike seeroete,
onverwags afgeblok.

Oor aanvalle in weerwraak, word nou links en regs, skaamteloos gejok.
Maar in ongekende amok, hou die Ooste aan, om die Weste op elke gebied
uit te lok,  Deur haar eie selfgeskepte valse vrede, moet die Weste,
tot satwordens toe, net opkrop.

Maar `n groot Masonbok met dubbele vlerke, begin woes stof op te skop
en die Rooiperd spring weg op `n woeste galop.  Afgeëts teen die
horison staan nou tien groot bokkapters in `n aggressiewe trop, terwyl
ook hulle, nou woeste, vreesaanjaende stofstorms, begin opskop.

Die finansiële mark wil hierna, glad nie meer klop.  Ja, met markpryse
wat buite beheer op grafieke, wild, op en af hop.  Die een groot
wêreldbank probeer desperaat om die chaos te stop, maar sy
teenstander, `n ander reuse finansiële instelling, roep uitspattig: Dit
raak tyd, om te rock en roll. So ontwikkel `n blitsvinnige ressesie en
dit tef `n wêrelddepressie, senter in die kol.

In die eentonige tik-tok, tik-tok, beier die eindtydklok.  In `n land-
streek oortrek met sneeu en kapok, gil daar in doodsangs `n man
en hy is iets tussen `n Amerikaner, `n Engelsmans, `n Ier en `n Skot.

Oor spoorstawe knars treinwiele, gelaai onder oorlogstuig, ammunisie,
proviand en mediese voorrade, trok op trok en dit, oor wrok op wrok.
In `n groot gejok, word Masonbok na Botswana gelok en die ou koningin
is hieroor, kamma, diep geskok.

In Namibië lê `n onverwagse skip, skielik op dok en Duitsland ruik
uiteindelik, in haar eie midde, die stank van `n ou, dooie rot.
Amerika dreig en dreig, maar te laat besluit haar vyand om te hensop
en dit bring Oos en Wes beide diep in die sop.  Daarom sal Rusland in
`n briljante sameswering, die wêreld, op haar dak om dop.

 

Openbaring 2772

NIEMAND WOU DANS

10 Januarie 2020  Vrydagoggend  03.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Engel staan op `n hoë kruin en hy blaas hard op sy basuin.  Die
boodskapper roep:  Dit raak tyd om te ontruim en doen dit gou sonder
enige huiwering of versuim.

Kyk, onder stormwater geweld, wat borrel, bruis en skuim.  Ja, onder
die woeste winde, van orkaan en harlekyn, daar verdwyn infrastrukture,
soos kaarthuisies, onder hope puin.

Met dorpies en stede, wat ook onder die vloedwaters van tsunamis gaan
verdwyn.  Skink daarom o, mens, vir oulaas julle wyn en drink dit in
oormaat vir die komende pyn.

Kom sit in jou dronkenskap en luister na `n oeroue geheim.  Oor `n
voorloper wat sou kom en sy eie mense noem hom `n rondloper en `n
swyn.  Die Meester-Messias was ook hier en hulle behandel Hom met
haat en venyn.

Kyk, daarom staan God en Sy profeet weer op Sionskruin.  Weereens
speel hulle vir die mensdom op siter en tamboeryn.  En so kom God weer
in Gees en in Waarheid, om aan die mens te verskyn.

Maar niemand wil luister na die lied, wat in profetiese rede, in die
donker, soos `n lamp sou skyn.  Ja, niemand wou saam feesvier en dans
en daarom het die lied van die pragtige woorde, saggies verdwyn.

Die mens nou verlore in een globale bewussyn, is deur Satanslis tot in
die kleinste besonderheid vir die hel verfyn.  Al wat oorbly, is die
nuttelose, illusiedenke van die menslike, verganklike brein.

`n Boodskapper roep vanaf Jerusalem se kruin: Dit raak nou vinnig tyd
om te ontruim.  Maar die wêreldmens antwoord:  Kyk, daar is geen plek
op aarde of in die hemel waarheen ons kan verdwyn.

Ja, hulle weet, die straf van die ware swyn, lê opgesluit in hulle eie
fesies, in materiële puin. Daar in die donker, duisternis, waar die
Geestelike Son, ewig nooit weer sal skyn.

 

Openbaring 2773

SOOS TAMAR ONTEER

11 Januarie 2020  Saterdagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die somer nou in volle drag en die tyd reeds so lank verwag.  Lê
die Aparte heiligdom seer vertrap, sonder hoop of krag.  Soos Tamar
eens onteer, eers verkrag, daarna verstoot, verag.

Wee daarom die eens helder sonskyndag want binnekort is dit
stikdonker, middernag.  Met die Bruidegom reeds so lank verwag, is
dit Sion wat hartstogtelik nou na haar Eggenote smag.

Te lank te swaar, die wêreldvrag.  Daarom bring die martelare nou
voor God en Hemel hul aanklag. So, hys Godsvaandel en Sy vlag en
breek oor Jerusalem die wêreldmag.

Ja, want die somer is reeds in volle drag en die Gees skyn oor Sion in
ongekende Lig en Prag.

 

Openbaring 2774

ROEP DIE DROOGTE EN DIE OORDEEL

13 Januarie 2020  Maandagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die reënseisoen met die gras geil en groen, skuil die volgende
droogte reeds goed verbloem.  In daardie lande waar Suid-Afrikaanse
immigrante hulself in groot getalle tot hulle eie veiligheid verbloem,
aan daardie lande, sal God in Groot Oordeel in besoek aandoen.

So, waarby kan die mens in seën nog baat want binnekort staan hulle
almal koud en naak.  Kyk, hulle is almal, heeltemal van God verlaat.
Elke wêreldling gaan gebuk onder boos en onder kwaad.  Daarom sal
die aarde haarself in groot woede in aardbewings oopkraak.

Daar is niks meer oor wat die mens kan doen om hulle self met God
te versoen.  En daarom eis die dood, binnekort, haar eerste, van vele
miljoen.

 

Openbaring 2775

IN DIE UURGLAS SE LAASTE SAND

15 Januarie 2020  Woensdagoggend  01.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die mens staan bewend en bang, terwyl hulle, skielik na die teen-
woordigheid van God verlang. So, roep o, Jerusalem om hulp en steek
uit jou hand want ook jy lê gestrand in jou eie sonde vasgevang.

Kyk, in die uitloop van die uurglas se sand, begin die groot angs om
die wêreldling te rank.  Gebruik daarom in hierdie tyd, o, Sion jou
verstand.  Steek uit jou hand en neem YaHWeshua aan die Hand want
geheel die wêreld om jou, gaan in elke Oordeel moontlik begin te
brand.

Luister na die onrustige ritme in die Afrika drom se eentonige klank
en ruik daarin die dood se stank.  Geheel hierdie kontinent is binnekort
in `n ongekende hongersnood vasgevang.  Met geen hulp, wat hulle
van die wêreld gaan ontvang.

In `n geldlose stelsel sonder enige kontant, is die grootste armoede
aan nog groter armoede verwant.  Ja, met die wêreldsiel nou heeltemal
verkoop en verpand, wat baat nog, die hulpelose verbuiker, se
desperate opstand.

Met regerings gestrand, heers sonder enige genade binnekort nog net
die mag van die polisie en weermag en daarna die bendes se hoogste
rang.  Kyk, die laaste brood lê gemuf en die wyn is suur en frank, met
`n ongekende pes, wie se tentakels, wurgend, om die wêreld rank.

So, waarom o, Jerusalem is jy so benoud en bang?  Terwyl jy na die
teenwoordigheid van jou God verlang.  Steek uit jou hand, sodat jou
El, jou in Redding kan vang.  Ja, want vanuit die uurglas, loop vinnig,
nou die heel laaste sand.

 

Openbaring 2776

IN DIE JAAR VAN DIE ROT

20 Januarie 2020  Maandagaand  23.59 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die jaar van die rot heers die imbesiel en die sot.  Daarom sal die
Oordeel, in al Haar weë vlot.

Kyk, deur die Oordeel van God, sal vlees nou vrot.  In die komende
hongersnood met niks in die pot, ween die mensdom en dit is net trane
en snot.

So, is dit vlermuis of was dit die Ot, want die amandelboom staan in
volle bot.  In pyn, koors en bloed, staan geskryf, die bitter einde,
se tragiese slot.

So, vlug na die berge en gaan skuil daar in `n grot.  Want die dood
vier plesierig haar stinkende fees en dit in die jaar van die Rot.

 

Openbaring 2777

NOG ‘N SKAAL

23 Januarie 2020  Donderdagoggend  00.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, nog `n skaal het iets om te bied.  So, kyk net na die glans van `n
vallende meteoriet.  Ja, wat onverwags, in die aarde se atmosfeer gaan
verskiet. So begin die engel om weer sy skaal van Oordeel op die aarde
uit te giet. In sy lied begin hy hiet en gebied en die mensdom bid tot
God en hemel nou heeltemal verniet.

So, wee die dag van die valse Jerusalem en die valse Israeliet.  Ja die
groot dag van die  Joodse deugniet.  Kyk, die heiligdom is klaar uitgemeet
met `n riet en die werklike martelare, vroue sowel as kinders, was wreed
gedood in konsentrasiekampe, in `n ou Boere Republiek.

Daarom het die skaal iets om aan te bied en in die engel se lied word
menigtes tot die dood toe siek.  So, wat het die regerings om op die
einde, hulle mense aan te bied?

 

Openbaring 2778

ORALOOR NET WATER

31 Januarie 2020  Vrydagmiddag  14.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n onverwagse skielike gesig het ek die magtige waters van `n
enorme tsunami gesien waar dit oor `n lang en uitgestrekte kusstreek
gaan.  Ek het gesien hoe verdwyn die infrastruktuur en geboue van
stede en dorpies onder die krag daarvan en dit het vir my letterlik
gelyk asof die land onder die see ingly.

 

Openbaring 2779

OP DIE DAG

2 Februarie 2020  Sondagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die dag wanneer die Gees van verskrikking oor Afrika kom en die
massas vreesbevange en waansinnig begin saamdrom.  Op die dag
wanneer die maan rooi oor die horison opkom en sy verflenter in haar
baan staan, met die harige sak wat onheilspellend en slordig oor haar
kom. Weet, dit is die dag, wanneer die wêreld vinnig, onder pes, plaag
en kataklisme op kataklisme, omkom.

Op die dag van die eerste kernbom, met die mens geskok, uiteindelik,
nou stil en stom.  Op die dag in die ou-ou so lank gekoesterde wraak
van Edom, op daardie dag sterf die valse vredeswoord shalom.  Op die
dag wanneer die son tussen Oos, Noord en Suid, skeef opkom en die
mens verbaas wil weet, waarom?

Op die dag wanneer die mens uiteindelik sien, die Leviatan was die
heeltyd, as `n gruwel eenwêreldorde gedrog vermom. Op daardie dag
staan al die eindtydtekens afgeêts teen die enorme sterreplafon  en
op daardie dag weet die goddeloses, die woord Genade, het haarself
van die mensdom, verskoon, in `n vinnige pardon.

 

Openbaring 2780

OP DAARDIE DEURLUGTIGE DAG

3 Februarie 2020  Maandagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die dag wat my vyand vir my gaan kom.  Op daardie dag sal die groot
Beer gevaarlik en beskermend oor Sy kleintjies brom. Op die dag wanneer
my vyand probeer om tot my ondergang na my te kom.  Op daardie dag,
sal die groot Maanhaarleeu, dodelik, saggies, maar gevaarlik grom.

Op die dag wanneer die konings slu- om my siel op te eis- na my sal
kom, op daardie dag staan die bose, teenoor die Gees, geestelik arm,
dolleeg en dom.  Op die dag wanneer die wêreld dink, dat die dood oor
die Verseëldes gaan kom.  Op daardie dag staan Sion, in haar volle
weergeboorte, saam met haar El, haar Bruidegom, op die Glansryke
Wolkkollom.

Ja, op die dag wanneer my vyand met staal en geweer na my gaan kom.
Op die dag wanneer hulle met die ontblote swaard na Sion en Jerusalem
gaan kom, op daardie deurlugtige dag, sal my Abba Vader Elohim, tot my
en ons, ewige redding kom.

 

Openbaring 2781

EK HOOR SY STEM

5 Februarie 2020  Woensdagmiddag  17.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n Stem wat sê:  Skryf:  Maar my keel trek toe en vrees kom sit
verlammend in my lyf.  My hartklop versnel met my bloeddruk wat
terstond optel.  Ek hoor die Stem wat sê:  Kyk:  Ek kyk en oral om my
heen sien ek net lyk op lyk.  Ja, op `n eens so lewende aarde, nou net
`n verlate doderyk.

Ek roep na my El, om Hom van my vrees te vertel.  Maar in `n kort,
skrikwekkende, oomblik, het Hy in `n Goddelike stilte van my gewyk.
Terwyl ek nou in vrees en verskrikking om my heen rondkyk, sien ek
onverwags, hemelwesens en hulle getal is vyf.

Ek weet sonder meer, die mees Glansrykste is my EL.  Om Hom in
ongelooflike weerligspel,  daar staan Uriel, Rafael, Migael en Gabriel
en watter vlees bestaan daar, wat die skrikwekkende prag daarvan oor
kan vertel?  En ek weet, die tyd na die einde van die tydvak, word nou
vinnig afgetel.

Weer hoor ek die stem wat sê:  Skryf:  Maar in my vrees dink ek, ek is
besig om te beswyk.  Ek kyk om my heen en sien die wêreld het verander
in `n afskuwelike helpoel slyk. Bokant hierdie duister riller, pryk die pik-
swart troon van Lucifer se ryk. Kyk, al die lig van die sonskyndag het nou
voor die duisternis daarvan weggewyk.

Ek sien die globale ekonomie se enorme val en ek hoor die Aartsengele
die wêreld toeroep, vaarwel o, vaarwel.  Kyk, met julle gaan dit ewig nooit
weer voorspoedig of wel.

Ek hoor die stem wat onophoudelik vertel:  Gemeet, geweeg en klaar
getel, word honderd-vier-en-veertigduisend vanuit die ware Israel nou
in Aparte verseëling vasgestel.  Ja, ek hoor die Stem wat sê:  Skryf en
ek voel hoedat die vrees, nou saggies wegvloei vanuit my lyf.  Terwyl
ek nou kalm en met `n normale bloeddruk om my rondkyk, sien ek die
wêreld is in die grootste chaos ingelyf.

Ek sien oorlog, aardbewing, pes en plaag, ook vuur en swael en kyk
alles kom bykans tegelyk.  Ja, die Oordeel is uitgemeet en vasgestel
met die wêreldmens se dae getel. So, kom nou nader, sodat ek jou kan
vertel, hoedat ongekende vrees, die mens sonder stamp of stoot neer
kan vel.

 

Openbaring 2782

‘N ENGEL BLAAS

7 Februarie 2020  Vrydagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die wêreld was `n dwaas, daarom het `n Engel daaroor geblaas.  Die
wind daarvan het haar gehaas.  Sy het in `n groot geraas, haar neus in
biljoene kieme, oor die aarde uitgeblaas.

Met die eens heilige Pasga, nou net `n heidense paas, staan die
wêreld, in die maand April, in Godsoordeel, oor haar eie ellende diep
verbaas.  Ja, die wêreld lê gestroop en naak en die Oordeel heers oor
haar, in koue wraak.  Kyk, hy verslap nie een oomblik in sy eindtydtaak.

O, hoe tevergeefs, nou die poging van die wêreld in haar nagwaak.
Terwyl geheel haar hel, in ‘n bose paddakoor om haar kwaak.  O, hoe
geseënd is die mikroskopiese soldaatjie, nou in sy grootse taak.  Daar
waar hy nou ywerig werk, wyl die mens noodgedwonge net moet staak.

O, die wêreld was `n dwaas, daar waar die wêreldling, hom in hoogmoed,
soos `n brulpadda, op wou blaas.  So, laat die seë se branders nou
bruis en raas, terwyl groot kataklismes, die mens kom wys, wie was
die heeltyd baas.

Heeltemal verbaas, kyk die mens nou om hom heen in `n waas.  Kyk,
vanaf die koning tot en met ou klaas, daar diskrimineer die dood nie,
oor wie sy asem, eerste of laaste, uit gaan blaas.

 

Openbaring 2783

DIE LAMP BRAND FLOU

8 Februarie 2020  Saterdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, my lamp brand flou, terwyl my kruik aan haar laaste reste klou.  Die
hoop verflou, terwyl geloof, haar lyf skaars hou. Daar is geen
instelling of staat meer te vertrou, ja, want die toekoms se fondasie,
was op materiële helslyk gebou.

In `n jaar so grys en grou, word massagraf op massagraf vinnig gegrou.
Met inligting van Jan Publiek weerhou, sal die uitsaaikorporasies, dit
wel diep berou.

O, die lamp brand flou en die weduwee se kruik word in besparing terug-
gehou.  Die een na die ander bladsy van die boek van Openbaring word
nou oopgevou.  Ja, terwyl trane van bitter smart, oor die planeet uit
gaan dou.

Vir oulaas word `n noodhand van hulp na `n broer uitgehou, maar in
antwoord, word hy maar net weer brutaal, weggestamp, uitgesnou en
toegejou.

Die lig van die lamp brand dof en flou en die olie en die meel is te
armsalig om mee te skou. Geloof en hoop raak `n luukse en die een wat
dit nog het, moet jaloers daaraan klou.  Ja, soos een wat langsamerhand,
aan sy heel laaste, kosbare, stukkie brood moet kou.

O, my lampie brand flou, terwyl my kruik, suinig, aan haar laaste bietjie
meel vasklou. Kyk, die Gees begin in Godstilte, Haar skaars te hou.  En
dit in `n tyd, waar die mens, sy eens so kosbare lewe, netsoos Job van
ouds, diep begin berou.

 

Openbaring 2784

IN DIE OORBEVOLKTE KROT

9 Februarie 2020  Sondagoggend  06.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die Lenteboom wat pikswart bot, dra die vlermuis die dood vanuit
sy grot.  Op die landerye vergaan die rys en die gort, terwyl al die
goeie koring in die silo`s vrot.  In roes en mot, kom nog `n pes, soos
`n wilde, klein Kossakruiter, wydsbeen op `n stywe galop, ja, op
die rug van `n vaalgrys rot.

Die mens hoes bloed en verdrink in sy eie snot.  In oorbevolkte krot
op krot, val ongenaakbaar nou die lot.  Ook in ongekende hongersnood
kook daar niks meer in die pot en niks van regeringskant wil vlot.

O, wat het die planeet so skeef, van haar koers afgeskop?  Sonder dat
iemand dit agtergekom het, het sy woes om haar eie ewenaar gehop. 
Syself, weet nie meer stert of kop. Sy vra verbaas:  Wat is af en wat is
op?

Voor haar versteurde weerpatrone moet almal nou pasop.  Kyk, onder
vuur, swael en woeste weerligstraal, val ongekende sneeu, hael en
kapok.  Onder hierdie wrede lot, moet mens sowel as dier, weet, hulle
vlees gaan vrot.

 

Openbaring 2785

ONDERGANG VAN DIE YANK

10 Februarie 2020  Maandagoggend 00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die Yank wat alhoe dieper in sy eie hoogmoed dwel en dit terwyl
die mens na veiligheid moet snel.  Daar speel Amerika steeds haar
belaglike politieke spel. So, laat die moeders ween en die vaders
skel.  Kyk, binnekort is dit vir hierdie kontinent, ook hel op hel.

So, laat die laaste sand in die uurglas se uitloop nou versnel.  Die
dae is uitgetel en die lot is klaar gevel.  In oorlog en kataklismes,
word die infrastrukture nie weer herstel.  In nog `n pes, waar die mens
opswel, word ongekende getalle, deur die dood neergevel.

Die Prepper staan gereed en roep sy naaste toe vaarwel.  Hier en daar,
ja, een vanuit `n stad, het iemand onder hulle wel geweet, wie is sy
El.  In Godsverseëling hoef hierdie paar, hulle nie te kwel.

Met die dae nou uitgetel, word in groot aardbewings, stede neergevel,
terwyl branders, in tsunamis, hoog opswel. So word die groot oorlog,
in hierdie dae ook nie uitgestel.  Laat die moeders daarom ween,
terwyl die vaders skel.  Want die Yank is steeds besig om in sy
hoogmoed, alhoe dieper, tot sy ondergang, daarin te dwel.

 

Openbaring 2786

WêRELD IN OORDEEL

29 Februarie 2020  Saterdagoggend  07.00

www.openbaringevanjudithdebeer.co.za

So dikwels, tevergeefs, vermaan, het my siel tussen son en maan, op
hierdie aarde rond gegaan. Nou is dit tyd vir almal om te voel en te
weet, sodat hulle uiteindelik kan verstaan.  Ek kyk om my heen en sien
die Woord, in Lewende Gestalte, voor my staan.  Oral om my heen, sien
ek nou net wêreldverrotting, in totale vergaan. En ek weet daar is
niks meer oor, vir die wêreld, vir haar voortbestaan.

Tussen son en maan, het die vier perde van Openbaring, nou vir hul
ruiters gereed kom staan.  So, wie is daar nog oor om te vermaan?  Kyk,
die Druiwesnyer sal nou oor Suid-Afrika, sowel as geheel die wêreld
gaan.  Giet daarom nou die Oordeel oor almal, eens so ongehoorsaam.
Sodat man sowel as vrou, saam met hul oues en hul kinders onder kan
gaan.

Laat val o, Engel nou jou skaal oor `n reënboognasie, ja, teen hulle
almal, nou tesaam, sodat hulle in die dood, ook saam kan vergaan. Kyk,
hulle leuse was mos, in alles staan ons teen die ordes van God, in
eenheid saam.  Daarom kom oor Afrika, in tienvoud, die pes, saam die
treksprinkaan, terwyl riviere van bloed, deur die kontinent sal gaan.
Slaan o, skaal, so spottend `n drom, met Raka nou saam.  Sodat die
klank daarvan, in eggo saam met die kerkorrel, oor Afrikavlakte kan
gaan. Daar waar massagraf, op massagraf, wyd sal staan .

Tussen son en maan het my siel gegaan en die Woord van God, het wyd
en ver oor die internet gegaan.  Terwyl die waarskuwings daarvan, in
Oordeel op Oordeel, vas sou staan.  So het die woord pes en plaag,
tot vervelens toe, vir twaalf jaar, in herhaling ook vas gestaan.
Ja, met openbarings, oor weerversteurings, oorlog, aardbewings en
tsunamis, wat deurentyd, daar tussenin sou staan.

In twaalf maal twaalf en twaalf maal twaalf, tot en by honderd-vier-en-
veertigduisend verseëldes, wat nie saam met die wêreld sal ondergaan. 
Daar het my siel tussen son en maan, oor hierdie klein planeet aarde
gegaan. So, wee daarom, elkeen, wat spottend, kies in die tong, ver van
God se Woord sou staan. Wee elkeen wat hom hoogmoedig vir hierdie
Woord sou skaam.  Maar salig die een, wat die eenvoudige boodskapper,
nie teen sou staan.

O, dit is skrikkeljaar en binnekort is dit dertien jaar, ja, met my siel wat
tussen son en maan op die klein planeet Aarde staan.  Ek staan op my
knieë en ek vra my El, om as my Man, my Eggenoot, nader te staan.
Ja, sodat ons die wêreld, se here-baäl, saam teen kan staan.  Kyk, die
uurglas is leeg en die wêreld is besig om te vergaan.  Maar die Lewende
Woord van Elohim, sal ewig vas bly staan.  Daarom sal Sion en Jerusalem
se stryd, tot op die einde, voort bly staan.

 

Openbaring 2787

‘n STERKER VIRUS

3 Maart 2020  Dinsdagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjuditdebeer.co.za

Oor vlaktes, berge en oor rante, kom `n globale lied.  Dit lui:  Kyk,
o, mense die siekte is geen skande, was daarom maar net sorgvuldig
julle hande. So beveg die regerings die virus oor kontinente heen, tot
by die see se grense en verste strande.

Maar in die globale gebede, komende vanuit kwarantynopsette, so goed
versteke, vandaar kom magteloos nou soveel smeke.  Ja, vir die
verligting van longe, so dodelik ontsteke.  In die kerke sterf ook nou
vinnig al die preke. So, wat baat nou al die hoopvol, maar so nuttelose
bede, want in kwarantyn op kwarantyn, sterf al die kerklidmaatlede.

Die virus het gekom en wee die dag wat hy sal gaan.  Kyk, daar is
klaar `n sterker een wat in sy plek sal kom staan.  So het ook Mammon
en Babilon, in die gedaante van die ekonomie gekom, om net weer te
vergaan.  Ja, sodat die mikroskyfie van die dier, in die plek daarvan
kan kom staan.

Met hul vryheid binnekort na die maan, sal die mens nou as `n willose
wese, netsoos `n dier, in die wêrelddrukgang, vir hul oorlewing staan.
So lank wou die mens nie die lot van sy einde verstaan.  So, hoe gaan
dit met soveel storms en orkaan, asook aardbewings, koue en hitte, wat
in hierdie krisistyd, ook nog oor die aarde gaan, met hulle staan?

So, luister na die lied wat so ver en wyd oor die aarde gaan.  Dit lui:
Die siekte is geen skande, loop was daarom maar net sorgvuldig julle
hande.  Maar die verskillende lande breek nou die een na die ander,
met mekaar hulle beloftes en bande.  Ja, want in die chaosval van
soveel lande, skuil `n eenwêreldorde, met al die mag, binnekort in sy
hande.

 

Openbaring 2788

VOORDAT DIE INK DROOG IS….

10 Maart 2020  Dinsdagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die Woord nog nat in die ink, het die son vernietigend,
verblindend, oor die planeet geblink.  Die maan geklee in `n harige
sak, het sy baan verboureerd, deur die duisternis probeer vind. Op die
horison, met liggies al skitterend, so feestelik blink, het `n groot
skip sonder enige waarskuwing, skielik gesink.  Hierna kon die wêreld
haar weg, na haar eens voorspoed, nooit weer terugvind.  Luister,
vanuit die Ooste, kom die gehuil van `n bang kind, ja, met `n groot
getal lyke, wat globaal lê en ontbind.  So is dit die Oordeel, in die dood,
wat in oorwinning, in verrotting, lê en stink.

Met die Woord nog nat in die ink, waai reg rondom die aarde, `n
eienaardige vuurwarm, maar ook yskoue wind.  Met die eens vrolike
klokkespel wat alhoe sagter opklink, begin die engel van vuur, sy weg
vernietigend, deur dorpe en stede te vind.  Terwyl kosvoorrade,
kommerwekkend, begin krimp, marsjeer daar op marsmusiek, ge-
dienstig en gedwee, Soldaatstewels, alte flink.  Ja, voordat die pes,
die mens, ook hier, vanuit sy bitter beker gaan laat drink.

Met die Woord nog nat in die ink, het die mensdom, terstond, ophou
rondrits en rondrinkink.  Die aarde het haarself sondermeer oopgeskeur,
om haar so verder te vermink. Sodat sy hierdeur, die mens se mislike,
gruwelstede en infrastruktuur, tot weinig, kon laat krimp. Die see het
haar weg na laagliggende gebiede in groot kusstreke gevind.  En met
die terugtrek van haar water, het honderdeduisende lyke, tussen
rommel lê en stink.

Met die Woord nog nat in die ink, het die Môrester, tweekeer, in haar
normale grootte in die kosmos begin blink.  Die regerings met hulle
antwoorde, eens so vinnig en flink, se holruggeryde stories, het
afgewater begin klink.  Die Oordeel het in Sy bitterbeker aanhou skink
en die mens was verplig om sonder keuse daaruit te drink.  Die maan
geklee in haar harige sak, het strompelend, haar baan, deur die
duisternis probeer vind.  Ja, wyl die son in woede, alhoe warmer en
helderder, in vernietigende hitte sou blink.

 

Openbaring 2789

DIE EINDTYDWIND

11 Maart 2020  Woensdagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die verlate speelpark waar die skoppelmaai spookagtig, in die Wind
rondwaai.  Ja, in die leë park, waar dieselfde Wind, tydsaam, deur `n
vernielde, weggegooide, bybel blaai.  In die wrede vlug van die honger
kraai, vlieg die tortelduif hom na, om die suiwer oes te maai.

`n Engel roep;  Ja, dit gesaai word nou gemaai.  Laat daarom nou in
Suid-Afrika, die haan vir oulaas, nog driemaal kraai.  Die Masonmans,
het mos terwille van Engeland, hulle eie bloed verraai.  Op hul eie
soort, het hul hoogmoedig, die rug gedraai. So stuur die poppe-
meesters, nou hul eie marionette in hul maai. En al die Boereforums
staan deur hul eie verraad, sleg verraai.

Verdor en dood, staan `n ou kameeldoring, terwyl die Wind, oorwinnend
oor `n valsprofeet se graf sal waai. Ja, die vyeboom staan verbrand en
dood, terwyl `n weggooihaan, vir oulaas, in sy swart gebrande takke
kraai.  Maar met die Woord, verag, versmaai, is die kind van Openbaring
wel gebore, in sy wiegie, alte fraai.  Goed gevoed en skoon gebaai, word
Sion, deur `n hemelskare, vir die laaste fase, juigend toegewaai.

Deur die Groot Godsverseëling, is Jerusalem se weg, met Sy Genade,
wyd besaai.  So, laat die skale daarom val, sodat die sewe Seëls, hulself,
heeltemal kan ontlaai.  Met die Wind wat deur die verlate wêreldspeelpark
waai, sodat die leë swaai, spookagtig, in die Bries rond kan waai.  Ja,
met dieselfde Wind, wat tydsaam, spottend, saggies deur `n valse,
weggooibybel blaai.

 

Openbaring 2790

MET AL DIE BLOMME DAARMEE HEEN

20 Maart 2020  Vrydagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, waar is al die blomme heen, terwyl die vroue en die moeders van die
aarde, droewig daaroor ween?

O, waar is al die seën so skielik heen, terwyl groot, sowel as klein
beleggers, droewig, bitter, daaroor ween?

O, waar is al die goeie gesondheid heen, terwyl die wêreldpopulasie,
so verskrik, oor die nuwe siekte ween?

O, waar is al die mag van die grotes heen, met hul weermag en polisie
se gesondheid, weldra, ook daarmee heen, gaan die konings, alleen
agter geslote deure ween?

O, waar gaan al die hospitale heen, kyk, die groot kiem staan hulle in
elke opsig in alles geweldig teen?

O, waar is al die lugrederye heen, terwyl die 'Jetsetters' en wêreldreisigers,
so droewig hartseer, daaroor ween?

O, waar is al die kuierplekke heen, ja, met al die plesiersoekers, so
onvergenoeg, so stoksielalleen?

O, waar is al die versorgingsoorde se inwoners, skielik heen, sonder
begrafnisrede, na massagrafte, daarheen, is elke liewe een?

O, waar is al die nuttelose sport nou heen, ja, met twintig-twintig
se Olimpiese spele ook waarskynlik, daarmee heen?

O, waar is die pous met al sy kerke heen, terwyl die lidmate nou in
kwarantyn, alleen, moet bid en ween?

So, waar is al die mooie blomme heen, met al die vroue en moeders, wat
droewig daaroor ween?  Is hulle almal na die rommelhope heen, ja,
bykans elk, so sorgvuldig, gekweekte een?

 

Openbaring 2791

SWYG EN WEES STIL

22 Maart 2020  Sondagoggend  10.13

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die skrikwekkende klank van `n globale gil.  Kom die Stem van GOD,
tot Sy verseëldes:  Swyg en wees nou stil.  Kyk, alleen My Wil, word
nou vervul.

Ek hoor `n engelekoor wat saggies sing, ja, op die frekwensie van die
wind, terstond, nader gebring. So begin die hemelskares, die begin van
die einde van die tydvak, nader te wink.  Terwyl die stank van die dood,
alles op hierdie aarde begin deurdring.

In die skrikwekkende klank van `n wêreld se doodsgil.  Kom met
donderende, hoewe, alhoe nader die aanstormende Bul.  Ja, met sy skerp
horings, skrikwekkend, omlaag, sodat die ander sterrebeelde, onwillekeurig
daarvan begin gril. So begin ook die aarde, onder die hoewegedreun, daar-
van, gevaarlik te tril.

Terwyl die Dood alhoe groter getalle nader begin wink, begin die
mensdom, haar soos `n bang fetus op te krul.  So begin die mens se
hoop, onder die aanslag van die pes, tot zero te sink.  Met die groot
hongersnood, wat sy skrikwekkende weg, onder oorbevolkte populasies
begin vind, slaan die kamma, naasteliefde, nou sondermeer, ook voet
in die wind.

In kannibalisme, begin spesies, mekaar, sonder meer en sonder enige
gewete, te verslind.  Met ook die diereryk se nommers, wat onrusbarend
begin te krimp.  Die see gryp haar deel, met groot getalle wat verdrink. 

In stormkataklismes, probeer veral Amerika, deur haar siektetoestand, ook
nog om haar weg na redding, te vind.

In die skrikwekkende klank van `n sterwende globale gil.  Kom die Opdrag
van GOD, ja, net tot Sy verseëldes:  Wees nou obserwerend, maar swyg
respekvol, ja, voor My Aangesig en wees nou stil.

 

Openbaring 2792

DIE SWART SABBATH SHALOM

28 Maart 2020  Saterdagoggend  02.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, in die Jodedom, se vaalgrys, Sabbath Shalom, kom die oortollige
massas nou in rekordgetalle, in die doderyk om.  Kyk, die jongmanne
staan terstond, oud, sieklik en krom, wyl die jongvroue se hoopvolle
lied, verbaas, tot stilte verstom.  Die eens so sterk vestingmure van
Babilon, val tot onherstelbare, rommelhope nou almal om.  In `n
armsalige graf, vrot die reste, ja, die lyk, van die gevalle, eens
magtige reus, Mammon.

O, in die Jodedom se pikswart Sabbath Shalom, begin die bankiers en
die konings, wanhopig en benoud, om mekaar saam te drom.  Kyk, tot
hulle ewige ondergang begin die spierwit aandblom, as teken, nou
pikswart, in die helder, daglig te blom.

O, in die Jodedom se taai, bloedrooi Sabbath Shalom, skuil daar in die
besnedenis, die ou  uitgedroogde, verskrompelde, voorhuide, van `n
guru rabbi en die pous, in een leuen saam vasgegom. Die meeste van
hulle historiese boekrolle, was net die verdraaide eggo weergawes, van
konings, se regeringstydperke, saamgevat in `n leuenbron.  Ja, as
Lucifer self, as die engel van die lig, in die christenkerke vermom.

Kyk, in die oorwinning van die Agste Dag van die Bergvesting Sion, kom
die donker, duister Sabbath Shalom, van die Jodedom, uiteindelik om.
In hierdie duisendjarige vredestydperk, staan die Nuwe Jerusalem, in
die Glansryke Strale, van Elohim se Nuwe Hemelregering, in Sy
onuitputlike, Senter Son.

 

Openbaring 2793

SKEBA, DIE GEES VAN AFRIKA

5 April 2020  Sondagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die gees van Skeba het haar stem verhef, voordat sy haar kinders in
Afrika, met die ergste hongersnood en pes sou tref.  Sy staar intens na
Noord, Oos, Suid en Wes en kyk die adelaar en haar kuikens, verlaat
bloeddorstig hulle nes.

In `n vuurwarm es, gloei `n reeds vlymskerp mes, ja, voordat dit
Mosambiek, Zimbabwe en ander Afrika lande, vol in die kol gaan tref.
Suid-Afrika tel tot vervelens toe tot by ses.  By 'Gates' self, leer
hulle koning, soos `n gehoorsame kind, persoonlik sy lewensles.
Daarom volg hierdie land, in die voetspore, van `n reeds verlore Wes.

Maar te laat leer hulle hul les en gee daarom teen die Oordeel bes.
Onder die Gees van Verskrikking en Verwarring, begin die massas self
hul wette op te hef en hierdeur begin die chaos, hulle, tot totale onder-
gang te tref.

So, luister o, Jerusalem en volg die weg wat lei na Sionsberg.  Hou op o,
Juda om jou God te tart en terg.  Ja, terwyl jy eerder jou skande, in
skaamte, voor Sy aangesig moet verberg.  Kyk, vir die hele wêreld maak
Ek geheel julle bestaan nou sleg.

Maar vir my opregte kneg, het Ek wel die heel beste, vir die laaste tyd
geberg.  Aan hulle geskied My volle reg.  Ek self wys hulle in hierdie
vreeslike tyd, die volmaakte weg, wat lei na hulle veilige plek.

 

Openbaring 2794

STATISTIEK IN DIE GRAFIEK

8 April 2020  Woensdagoggend  03.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wat is daar nog oor om te geniet?  Kyk, in siek op siek, in die globale
pandemiek, word in die statistiek van die grafiek, alweer hoog en laag,
oor alles net gelieg.  En terwyl die syfers daarvan perodiek, op en af
skiet, vergaan Jan Publiek, onder dit wat hul staat aanbied.

In die lied van die parasiet, waar `n kiem ditself as `n virus mimiek,
styg die dodetal onbepaald, op en af in die statistiek.  So wee al die
planne van die wêreldpolitiek, want alleen God se wil, sal wel geskied.

Kyk, in sprinkaan sowel as muskiet, het die skale klaar weer iets om
aan te bied.  So, luister na die globale lied, geskryf in die kode van
`n vreemde liriek, daar waar dit weerklink, tot in die verre Boere
Republiek.

Ja, met woorde wat lui:  Kyk, deur die ruimte skiet daar onverwags `n
meteoriet, wat in die atmosfeer, in stukke gaan verskiet.  So, luister o,
wêrelddeugniet, jy wat nou so kamma onskuldig daar staan as Jan
Publiek.  Ook jy het niks om as verskoning voor God, tot jou redding
aan te bied en daarom is al jou smeekbede, ook heeltemal verniet.

 

Openbaring 2795

GODVERLATE

10 April 2020  Vrydagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die komende weke, maande en laaste jare, in `n alhoe kleiner
wordende wêreldskare.  So, wat baat dit o, mens, al jou kredietkaarte,
asook al jou finansiële bate?  Ja, in verlore toestand, reeds so
Godverlate?  Kyk, in die groot hongersnood, smeek die mens net om `n
handvol koringare.  Maar na die groot spinkaanplaag, soek die oë
tevergeefs, na net `n paar groen boomblare.

O, in die komende weke, maande en laaste jare, in die alhoe kleiner
wordende oorlewingskare, waai daar binnekort, die heel laaste
politieke hare.  In die groot Goddelike stilte, staan geheel die wêreld
nou Godverlate en die globale chaos, bars heeltemal vanuit uit sy
nate.

In die komende weke, maande en laaste swaarkry jare, verswelg die mens
onder ongelooflike, ondenkbare, groot gevare.  So luister na die eind-
tydlied gespeel op `n aartsengel se windharpsnare en weet geheel
die wêreld boet nou vir al sy sondes, gruwels en onwelvoeglike vuil dade.

In die komende weke, maande en laaste jare, kruis almal nou met almal,
hulle oorlogswaarde.  Die duiwel gooi sy heel laaste troefkaarte en
die nasies baklei bloedig oor die heel laaste handelsware.  En in die
Groot Goddelike stilte staan al die verlorenes verslae, so heeltemal
Godverlate.

 

Openbaring 2796

HY KLAP SY SWEEP

14 April 2020  Dinsdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, hoe breed en gemaklik was die weg, wat onverwags, oor die ewige
afgrond sou val?  Daarom het die eindtydtrompet, ietwat onverwags,
maar wel waarskuwend hard geskal.  Die wêreld gooi toe met alles tot
sy beskikking wal.  Maar die dood eis sy prys, in groot getal.

Kyk, in verotting en verval, word geheel die wêreld, binnekort, heeltemal
mal.  Ja, die byl lê nou teen die stam en die boom word sondermeer  
afgekap.  So, wee elke vrug, sonder die Goddelike, lewendgewende sap.

Die oes word ingebring en die druiwe afgetrap en net die beste mos,
word vir die Nuwe Tyd, se hemelwyn afgetap.  Die res gaan na die
vuuroond en die as daarvan, word in `n helmoeras uitgekrap.  Die
Boodskapper roep:  Hy wat kom, reinig met vuur en daar is niks, onrein,
wat Sy Oordeel gaan ontsnap.  Ja, Hy skei die goeie koring van die
weggooi kaf en vir die groot leuen en die gruwelkerk, grou Hyself, `n
diep, donker, graf.

Hy klap met Sy sweep, sodat die vier perde van Openbaring in alle
rigtings oor die aarde begin draf, terwyl die Oordeel globaal spat.
Ja, die heilige engele sing:  O, wee die dom mensdom, wat God ge-
hanteer het, as net `n onsinnige grap.

 

Openbaring 2797

DIE WETENSKAP NET ‘N SKANDE

16 April 2020  Donderdagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, kyk, die slimmes van die wêreld bring Ek tot skande en alle
wetenskap lê Ek aan bande.  Ek skud die aarde tot aan haar verste
wande.  Met vloedgolwe, oorvloed Ek al die eens so mooi, skone
strande.

Ek bind die konings, regerings en die grotes van die aarde se hande en
Ek slyt en sluit al die gierige bankiers se gruwelroofdier tande. Ja,
Ek vernietig al hulle handelsbanke.  So laat val Ek al die skale en die
mens het dit net aan hulself te danke.

Ek maak die wêreldling se hoop, `n puinhoop en die wetgewers laat
staan ek voor hul eie geweerloop.  Die grotes van die aarde se voete
raak so swaar soos lood want Ekself bring hulle almal onder skoot.

Kyk, Ek sink Babilon se hele handelsvloot en na niks en nêrens, na
geen plesieroord, vaar haar laaste plesierboot.  Die leuen wou homself
mos ver bokant die Wysheid vergroot en die wêreld maak `n bespotting
van My Woord.

Die gruweldier trap sy afskuwelike merk, deur my heilige boord, ja,
met sy onrein poot.  Daarom moet geheel die wêreldsisteem, tot
redding van die uitverkorenes, nou dood.  Edom-Engeland sal ek daarom
heeltemal verstoot.  Die Jood sal Ek saam die Weste, die Ooste, die
Noorde en die Suide, oor die ewige afgrond stoot.

Ja, Ek bring die sogenaamde wyses heeltemal tot skande en die mediese
navorsing lê Ek ook aan bande.  Ek bind die wêreld se hande en Ek bring
daardeur die wêreldekonomie tot teenaan die planke.  So laat val Ek
al die skale en die mens het dit net aan hulself te danke.

 

Openbaring 2798

DIE HEMEL HET GEGEE EN WEER GENEEM

20 April 2020  Maandagoggend  24.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die hemel het gegee, maar die mens se hart, was hard soos klip
versteen.  Daarom het die hemel, Haar goeie seën, weer van die mens
af weggeneem. Die hemel het gegee en in oorvloed het dit op die mens
neergereën.  Maar kyk, homosapiens, wou net op Babilon en Mammon, se
sisteme steun.

Daarom vra Ek jou o, Jakob, waar gaan jy alweer so haastig heen en
waarom sit jy jou steeds teen My Liefde, so koppig teen?  Van
moederskoot, ja, van jou kindsbeen af het Ek reeds probeer, om jou,
van die wêreldleuen te speen.  In alles het Ek jou ondersteun, maar in
die gruwelwêreldsisteem, wou jy jou nou eenmaal, net laat opneem.

Oor jou val o, Boervolk, het die hemel, hartstogtelik, so seer geween.
Maar na jou leuenkerke, is dit steeds waar jy jou kinders neem.  So
weet Ek, o, mens, met jou nie meer waarheen.  Daarom slaan Ek o,
Jakob, jou weer op jou regterheup, ja, Ek verlam geheel jou regterbeen.

Kreupel sal jy deur jou groot verdrukking gaan, ja, met al My goeie
seën, in hierdie tyd, daarmee heen.  Maar in jou val, wanneer jy
uiteindelik weer opreg, oor My afwesigheid sal ween, sal Ek, jou o,
Israel, weer vertroostend aan die hand opneem.  Ek sal jou na jou nuwe
aarde neem, daar na jou vrugbaar veen, weer Goddelik, deur My geseën.

Oor al die nasies sal Ek uitroep:  Jy o, Jakob-Israel, bly vir ewig
altyd, My uitverkore een.  Oor jou hoof sal Ek weer, vir `n goeie duisend
jaar, My seën, neer laat reën.  Daarom stuur ek nou oor jou, ‘n totale
Godverlatenheid heen.  Kyk, Ek verlang na daardie dag, so skoon sereen.
Ja, daardie dag, waar jy o, Sion, oor My jou Goeie God, se afwesigheid
sal ween.

 

Openbaring 2799

OOR BERGE EN IN DALE

28 April 2020  Maandagoggend  02.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op berge en in dale en deur al die diep wêreldklowe.  O, die blinde en
die dowe, so strompelend, al agter hulle leuengelowe.  O, al die
onregverdige regters, in al die howe, wat die onskuldiges, so wreed
van hulle vryheid berowe.

O, al die dom filosowe, wat die stomme mensdom, hemel op aarde belowe.
Met al die valse wysheid, gebring, deur soveel dom wêreldkerkgelowe.
Ja, met regerings wat die nasies, redding belowe, terwyl hulle die mensdom,
net van hul heel laaste Godsgeloof berowe.

So, kyk net na die tien konings, met hulle valse krone en luister na die harde
slag, van die laaste val van Rome.  So staan daar in die vatikaan nou twee
trone, ja, met geheel die christendom, beheer, deur verstandlose morone.

So, roep o, Sion, ja, jy die ewige reine, skone, nou na jou Elohim, daar na
bowe.  Kyk, Hyself kom versteur al die weerpatrone en bring oor geheel die
planeet, katastrofe op katastrofe.

Op berge en in dale en dwarsdeur al die diepe klowe.  Ontwaak daarom o,
Jerusalem, nou vanuit jou nagmerriedrome en ervaar binnekort, so Godsalig,
dit aan jou, deur jou Vader God, aan jou belowe.

 

Openbaring 2800

DAAR IS ‘N MAN

30 April 2020  Donderdagoggend 03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, daar was `n Man en vanuit die geslag van Dawid het Hy gestam.  O,
daar is `n Man, as Suiwer Offer is Hy God se Lam.

Daar was `n Man, gebore vanuit Juda, het Hy gestam.  Kyk, as Eersteling
is hy die Suiwer Uitgekose Ram.

O, daar was `n Man en Hy red wel vir Dan.  Ja, Hy hou Sy beskermende
hand, oor suiwer Kaukies, oor geheel Efriam.

O, daar is `n Man, `n Rassuiwer Afstammeling van Adam, regdeur die
kronieklyn van die aartsvader Abraham, was Hy, die Suiwer Offerlam.

O, daar was `n Man, selfs gerespekteer deur Islam, maar kyk, deur die
Jood, was Hy vanuit die tempel uit verban.

So, weet dat alle skrifstudente, vanuit die Tora, tot en by die Koran, almal
baie goed ingelig is oor hierdie Man.

So, wee die dag van Kus en ook die dag van San want alles onrein, word
onder die outoriteit van hierdie Man, vanuit Afrikakontinent verban.

So val die skale van Openbaring, onder die hand van hierdie Man en deur
vrees verlam, gaan geen volk of nasie, weer kan ontspan.

So, Heilig-Heilig, hierdie Mens-Godgebore Man, kyk, geheel `n bose
wêreld, staan onder Sy Oordeel, heeltemal verlam.

O, daar is `n Man, ja, `n Eenmalige Man, wat die onbruikbare kaf, vanuit

Sy edelkoring gaan kom wan.

VERVOLG OP VOLGENDE BLADSY