Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 2701

‘n LAMP WAT SKYN

31 Mei 2019  Vrydagoggend  01.30 

www,nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, volk wat ween, daar in die donker duisternis, ja, wat ween en kners
van pyn. Daar is `n lamp wat skyn, maar weinig wil hulle in die lig
daarvan verbly.

O, wanneer is die nag verby en wanneer het Jerusalem lank genoeg gely?
Wanneer staan Sion heeltemal bevry?

Op daardie dag sal sy haar in die koms van YaHWeshua so verbly.  Op
Sy spierwit hings sal sy saam Hom ry en haar styf teen Sy bors vas vly.

In Sy minnelied, sal haar Verlosser, haar saggies vlei.  Hy sal sing:
O, Sion jy alleen, is die bruid vir My. Slegs om jou ontwil, verkort ek
die tyd en vir jou is die tydvak spoedig gou verby.

Maar weet o, volk, wat ween in die onkunde van jul duisternis, wat nou
gevaarlik donker, oor geheel die wêreld gly.  Daar is `n Swaard, wat
skerp, na alkant sny.

So, was daar vir julle `n lamp wat skyn. Ja, `n lamp, waarin bykans
niemand hulle wou verbly en dit was My Woord, wat nou genadeloos,
na alkant toe gaan sny.

 

Openbaring 2702

DIE AARDE IN HAAR DRONKMANSLIED

1 Junie 2019 Saterdagoggend  04.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Deur milleniums heen, gevorm tot pilare van stalagmiet.  Versplinter
onder reuse grondverskuiwings, ja, tot in hul oorsprong, nou ook die
moederstalaktiet.  En die eeue oue, geduldige, beeldhouwerk, gevorm
uit kalksteen, was alles net verniet.

Die aarde slinger heen en weer, op die wysie van haar eie dronkmans-
lied.  Sy noem haarself `n nuttelose deugniet.  Sy ween en roep in haar

dronkverdriet.  O, kyk al my pogings was tevergeefs, ja,
alles, was puur verniet.

Homosapiens hanteer my mos uiters stief en hulle teer op my soos `n
onversadigbare parasiet.  Kyk, daardeur ly ek, ongeneeslik groot
ongerief en daarom skryf ek nou aan my Skepper, my dronkmansbrief.

Die aarde slinger heen en weer en sy sing boosaardig nou haar
dronkmanslied.  Ja, sy sing:  Geniet-geniet, o, onverskillige Adamiet,
nou die heel laaste bietjie seën, wat ek jou bied.  Kyk, binnekort is
daar meer geen aktiwiteit, in jou myngebied.  Met al jou graan besmet,
van die allervreeslikste, muf en miet.

Sy sing:  Kyk o, kyk, jou dom Edomiet, al jou denkbeeldige krediet, is
besig om te vergaan, onder jou eie tegnologiese debiet.  Ja, terwyl
jou halfbroer, die ewe onnosele Kusiet, jou heel laaste opbrengs gaan
geniet.

So maak ek, moeder Aarde, persoonlik, ook duisendmiljoene, deur `n
ongekende pes, ongeneeslik siek.  Ook jy o, valse Israeliet, sal
onbeheerbaar bewe, soos `n geknakte riet, want jy weet ek bring `n
einde, aan jou Joodse, valse kroniek.

Kyk, op my heel hoogste landskap, verbrokkel die heel hoogste
bergpiek. Die aarde slinger in haar dronkenskap, sy ween en sê:  Kyk,
ek is ongeneeslik siek.  Haar konveksiestrome skiet wild in spiraal,
heen en weer, oor `n baie groot gebied.

Sy slinger hierna, groot haelstene, oor `n enorme gebied. Onder
hierdie aanslag verdwyn lande se gesaaides heeltemal in die niet. Die
volke ween, daar is geen brood, geen olie of net `n klein bietjie wyn
om te geniet.  Ja, in haar dronkenskap, het moeder Aarde, oordeel op
oordeel, oor die mens en haar eie oppervlak gebied.

 

Openbaring 2703

HOERA VIR DIE VAL VN DIE HOER

3 Junie 2019  Maandagoggend  03.55

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Hoera oor die val van die groot hoer.  Luister na haar valse duif, se
geslepe gekoer.  Met haar gruwelpous, haar gruwel vals profeet,
desperaat, op sy heel laaste wêreldtoer. Terwyl Babilon al wenend
na al haar uitgebrande, leë, handelskepe loer.

So, hiep-hiep hoera, oor die val van die groot hoer.  Met Lucifer se
gruwelbek, binnekort, in al sy leuens vir ewig gesnoer.  Kyk, Gabriel
vee met hom die vloer, terwyl hy Satan, na die ewige afgrond,
wegvoer.

So, hoera vir die val van die groot hoer.  Met die onherstelbare
herstel, van die ekonomie, wat oral stagnant sloer.  Ook met die
liberale boer, binnekort, heeltemal uitgeboer.  Ja, terwyl
hongersnood, self, honger gulsig, na almal loer.  Ja, met wild en
vee, wat op hope vrek, sonder enige voer.

Hoera vir die val van die groot hoer.  Met al haar minnaars, wat nou
beangs, na mekaar loer.  Kyk, die groot moondhede speel met mekaar nou
woer- woer.  In Europa is Engeland, een van die eerstes, heeltemal in
haar moer.

So hiep-hiep hoera, oor die val van die groot hoer.  In al haar
pogings is sy heeltemal uitgeboer.  Kyk, haar eie troebadoer sing haar
doodslied, terwyl hy deur die oë, van `n doodsengel, gretig na haar
loer.

 

Openbaring 2704

IN DIE OORLOG VAN DIE SEUNS VAN GOD

5 Junie 2019  Donderdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Sion sing:  So moeg baklei, maar uiteindelik bevry, is my weg na die
Vaderhuis, deur Sy Groot Genade, vir my voorberei.

Die verseëldes sing:  Die einde van die bloedige tydvak is spoedig
verby, sodat Sion saam Jerusalem, hulle, oor die wederkoms van
YaHWeshua kan verbly.

As Sy bruid sal Sion haar liefderik by Sy voete neervly. Ja, voordat
sy, as Sy Melgisedekpriesters, op haar beurt, die weg na die
Vaderhuis, vir die eens verlore, godseuns, sal voorberei.

Sion sing, dit is die tyd om die Naam van my El te bely.  Kyk, die
Goeie Stryd word slegs in Sy Grote Naam gestry.  Onder die verseëling
van Sy Naam, sal Satan ewig nooit weer, die uitverkorenes kan verlei.

Sion sing:  As skape van Sy kudde sal ons salig oor Sy groen weivelde
wei.  By koel waterstrome sal ons rustig in vrede bly.  Soos die Arend
so vry, sal ons deur die ewigheid, op die Geesteswind, ja, die vlerke
van sy Liefde ry.

Sion sing:  O, Jerusalem ek en jy, het hard in die oorlog, tussen die
seuns, van God gestry.  Onder die aanval van die gevalle seuns het ons
dikwels gely.  Maar meer as dikwels het ons hulle swaar kasty.

Ja, in die oorlog van die hemel het ons hard baklei. Maar kyk, die
Twee Snydende Swaard, het vir ons die pad, dikwels deur die oerwoud
van ellende, oopgesny.  Daarom word die weg na die Vaderhuis, al is
dit die kort- of die langpad, na alkant, vir almal, deur die Groot Genade
voorberei.

 

Openbaring 2705

LIED VAN DIE ALPE

7 Junie 2019 Vrydagoggend  02.15

ww.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Trilling het deur die Alpe gegaan en die Switsers kon en wou
aanvanklik dit nie verstaan. Maar die goeie berggeeste het hulle ernstig
probeer vermaan.  Hulle het vertel, dat indien God nie in Genade, Sy
eie Oordeel sou teenstaan, die planeet in hierdie tyd, baie maklik,
heeltemal kan vergaan.

`n Skudding het deur die Alpe gegaan en die Switsers het mekaar
nou ernstig begin vermaan.  Kyk, op die groot wêreldindustrieë, gooi
hulle nou al die blaam.  Hulle beweer, dat heeltemal te veel
verbruikers, oor die aarde gaan.  Maar dit is heeltemal te laat, om
nou `n plan te probeer beraam.

Groot grondverskuiwings het nou deur die Alpe gegaan en die eens
vrugbaarheid van hierdie landstreek, was na die maan.  Die Switsers
het gedreig.  Kyk, nou staan ons saam en sal sonder genade, na die
verwoesters van die aarde slaan.

Maar die goeie berggeeste (die natuurbewakers) het reeds van die
planeet af weggegaan.  En kyk, die groot, opkomende woestyn, het
klaar oor enorme, vrugbare dele, van die planeet, toegeslaan.

 

Openbaring 2706

WIE IS MY NAASTE?

10  Junie 2019 Maandagnag  23.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek het gevra: Spesifiseer asseblief aan my, wie my naaste werklik is?  Die
Gees het my geantwoord:  Kyk, eens het`n vreemdeling, `n man van
onsekere afkoms, op reis gegaan.  Hy is deur rowers oorval, beroof,
geskop en geslaan en daarna vir dood agtergelaat.

Hierna het `n Israeliet, in die selfregverdigende gedaante (`n
karaktereienskap in elkeen van ons) as `n Skrifgeleerdepriester,
hom, sonder enige hulpverlening, verbygegaan.  Daarna het `n
sogenaamde, uitverkore, Leviet (ook `n Israeliet) in
selfverontskuldiging (`n karaktertrek in elkeen van ons) ja, `n
Leviet, wat veronderstel was, om die Wil van Elohim, as voorbeeld, vir
sy volksgenote uit te leef, by hierdie arme bloeiende man verbygegaan.

Maar `n sekere Samaritaan, wat ook `n Israeliet, maar van `n ander
geloofsoortuiging was (Samaritane het die tempel verlaat om by die
berg van Moses te aanbid) het op hierdie toneel afgekom.  Hierdie man
het `n gewete, afkomstig van God, asook die Genade en Barmhartigheid
van Sy Gees (ook karaktereienskappe in jou teenwoordig)  in hom gedra.
Hy het vir hom innig jammer gevoel, sy wonde verbind en hom daarna,
met eie koste, aan die sorg van `n goeie herbergier gelaat.  Met die
belofte, om op sy terugreis, die uitstaande rekening te vereffen.

Daarom behoort hierdie karaktereienskap in jou o, mens, sonder vrae of
redenasies, oor wie jou naaste nou eintlik is, jou medemens in nood,
sonder versuim, te hulp te snel. Ja,  omdat die wet van die liefde,
geskryf is, op die tafels van jou hart. Behoort jy sonder enige
versuim, aan ander te doen, netsoos wat jy, aan jou self gedoen wil
hê.

Indien die situasie omgekeer was, wonder Ek maar net, of die so
uitsoekerige, kieser van die naaste, nog, so uiters, puntenerig sou
wees, oor wie sy naaste moet wees, in die betreurenswaardige toestand,
waarin hy hom bevind.  Daarom het geen mens die reg om te besluit wie
die naaste is nie, behalwe Ek jou Elohim, wat `n hulpbehoewende
naaste, oor jou pad as toets sal bring, sodat Ek kan sien, watter
gees in jou heers.

Moet My daarom nie verder probeer uitlok, oor die term naaste nie.  Ek
sê dit aan My kinders, wat My woorde wel verstaan.  Hulle weet, dat
daar `n groot verskil, tussen verbastering en die uitleef van
barmhartigheid is.  Gaan jy daarom heen en doen aan elkeen, soos wat
jy weet, Ek, in my Groot barmhartigheid in Wysheid, My Son van omgee,
oor almal, goed sowel as kwaad, laat skyn.  Daaraan, voldoen jy volkome,
aan die Wet van die Liefde.

 

Openbaring 2707

SION OP DIE VLERKE VAN DIE EL - DORADO

20 Junie 2019 Dinsdagoggend  10.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Uit die geestesas van die eens uitgestorwe Dodo, herrys die Lewende
Gees, in die EL van die Eldorado.  In haar oorwinningsvlug ry Sion op
die vlerke van hierdie Wysheids-Eldorado.  Op haar hoogste,
Geesteshoogtes, deurboor sy, op beide pieke van Lucifer se piramiedes,
sy gruwel, alsiende, oë.

So, verbly jou o, Jerusalem, oor die sterwensdag van die Phoenix,
vanuit sy as, herrys ewig nooit die dode.  Maar verbly jou o,
uitverkorene, oor die opwekking, van die eens uitgestorwe Dodo.  Kyk,
op die bergvesting van YaH, staan Sion, oorwinnend daarbo.

Sy lig haar opinie minagtend, oor die ongebalanseerde skale, van `n
Westerse eenwêreldorde, se skelm, regshowe.  Ja, terwyl sy hulle
vonnis, hul einde, uit die woorde van die Groot Regter, aan hulle
belowe.

Wee daarom die dag van die Edom-Jode, in hulle so skelm, nuttelose,
geheime kode.  Kyk, die vergadering van Elohim is vir hulle, vir ewig
verbode.  So, waar o, gruwel Vatikaan is nou jou bose sinode?  Kyk,
hulle verstik in elkeen van hulle eie leuenwoorde.

Versamel daarom nou o, Sion, die brokstukke van die oorblywende
edelvisse en suiwer brode.  En sing jou nuwe tydvaklied in Goddelike
ode.  Aan jou o, Sion het Elohim, die kosmosgesag, in die Melgisedek-
orde belowe.

So, klim o, Bruid op die rug van die Eldorado en vlieg in jou
oorwinningsvryheidsvlug oor berge en klowe, ja, na die Hemel daar
bowe.  Maak die Waarheid en Wysheid van Elohim, jou jubellied se eie
woorde en vermorsel onder jou voete, al die gruwelleuen gelowe.

 

VERSKILLENDE VLIEGONGELUKKE

20 Junie 2019  Donderdagmiddag  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n onverwagse visioen sien ek`n paar verskillende grusame
vliegongelukke op verskillende plekke in die wêreld. In een van die
scenarios sien ek vir `n breukdeel van `n sekonde die letters SAL

 

Openbaring 2708

SAXONS SE VAL

22 Junie 2019 Saterdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wie staan daar voor God soos `n bang kind wat pruil, terwyl sy
desperaat probeer om haar Geestesverraad, vir Genade te
probeer omruil?

O, jy o, Saxon gaan verdien, wat die profesieë oor jou so sien.  Kyk,
tussen jou verlore  “link” tussen dier en homosapien, gaan jy jou val
in die  dood, in die verbastering daarvan sien.

Maar vir almal raak die pad nou steil en ook die slang sukkel om teen
die hoogte daarvan uit te seil.  Vanuit die diep, donker kuil, waarin
jou Trojaanse Raka skuil, kom angswekkend nou sy selfgesentreerde
gehuil.  Sy kinders in jou lande raak siek en is van die pes bevuil,
terwyl sy groot getalle jou landskap vervuil.

Donker soos vulkaniese kluit, speel jou verwoester op sy primitiewe
fluit.  In die daarvan skrikwekkende geluid, het hy klaar en vas
besluit.  Hy steel jou hare en hy steel jou huid.  Ja, van geheel jou
materie en identiteit, maak hy sy buit.

Kyk, jou eens skoon ruit, is nou smerig en vuil en die blik op die
hemellandskap, word vir ewig vir jou gesluit.  In sy oorlogsaanval,
word die Weste, vinnig deur honger, koue, pes, plaag en ongekende
hittegolwe gestuit.

Ja,  jou smerige, swak mengsel, tussen yster en kluit, besorg jou `n
enorme kramp in jou kuit.  Sodat jy beide jou enkels, daaronder gaan
verstuit.  Jou hele beeld word onder jou groot val, tot stof vergruis.

So, wie staan daar voor Elohim soos `n bang kind wat pruil, terwyl hy
desperaat huil en probeer om sy verraad, vir God se Genade, tot
Kaukasiese oorlewing, te verruil?

 

Openbaring 2709

AUSTRALIë

25 Junie 2019  Dinsdagoggend  05.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op jou gesig is daar geen skaamteblos want van die weë van God, het
jy mos skaamteloos gedros.  Daarom kom jou groot ellende, wat jou nie
weer gaan los.

O, Australië,  kyk daar kom groot brande in jou reeds so armsalige velde
en bos.  Met weinig voer vir jou vee en vir jou mense net so min kos.
So, wat sal jy betaal vir `n losprys, om jou siel van die ellende te
verlos?  Kyk, jou aardkors raak bros, dit raak heeltemal los, wat jou
reuse aardbewings gaan kos.

In ondenkbare droogtes, gaan jy geen druppel water kan vermors.  Ja,
met nêrens in jou droogtegeteisterde gebiede, net `n bietjie groen
mos.  In hierdie oornagwoestyngebiede, roep jou inwoners:  O, ons is
honger en ons is dors!

Maar op ander plekke tussen jou oseaanomringde grense, gaan
verwoestende vloede jou ook nie los.  Australië, jy het gedink jy is `n
onafhanklike reus.  Tussen ander moondhede, opsigself, `n groot
kolos. Maar slegs `n klein getal verseëldes, word deur My Genade,
in jou midde verlos.

Maar kyk, in jou selfgeskepte grootte, maak ek vinnig, van jou `n
nuttelose, maer, gekastreerde os.  In jou eens groot ryk stede en
fraai klein dorpies, laat Ek die groot pes los.  Ek stuur my Ruiter
van die dood op `n vaalgrys Vos, sodat baie van jou inwoners,
desperaat, van jou gaan probeer wegdros.

 

Openbaring 2710

VIR DIE EINDTYD BESTEM

1 Julie 2019 Maandagoggend 04.00  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Soos die groot saamgestelde ster, eens oor Bethlehem, kom daar nou
weer `n engeleskare, om die hergeboorte van die klein oorblyfsel, in
Suid-Afrika, te verken.  So hoor ek `n groot geroep, vanuit `n
eenskare stem.

Die woorde lui:  Wie is daar onder die uitverkorenes wat die Wil van
Elohim herken?  Waar is Sy lieflingvolk, vir die eindtyd bestem?  Ja,
sodat Ek hulle beskermend, onder My vlerke kan koester, soos `n
bekommerde, moederhen?

Kyk, soos `n sirkelende, bose roofvoël, het Lucifer, die uitverkorenes,
klaar as `n maklike prooi herken.  Daarom kloek Ek nou beskermend
om julle, o, Jerusalem, soos `n kwaai, broeise hoenderhen.
Ek roep julle, sodat julle My Stem, tot julle redding kan herken.

Kyk, vir die tydvak in die Nuwe Jerusalem, is julle bestem.  Ek roep
en Ek roep, maar daar is weinig wat My stem herken en dit wat Ek wel
vind, is erg gestrem.  Tot in die ewige afgrond in, is hulle so
verwen.  Met hulle koppe versteek onder hulle eie vlerk, hoor  bykans
niemand, My waarskuwende, Roepstem.

Soos die glansende ster eens oor Bethlehem, kom in die tekens van die
tye `n opgewonde engeleskare, om die klein oorblyfsel in Suid-Afrika
te verken.  Hulle vind die Bybel wel in vele se hande vasgeklem, maar
kyk, daar is bykans niemand onder hulle, wat die ware Woord en
betekenis daarvan meer ken.

Ek hoor `n groot Stem en Hy roep: Bring daarom nader, die skerp,
tweesnydende lem.  Dit is tyd om die reeds so klein oorblyfsel in twee
groepe vas te pen.  Kyk, ook hier het Satan sy pond vleis gewen.

Maar die een uit `n duisend, die een uit `n stad, die verlore skaap,
die verlore penning, hulle, sal wel die Roepstem, van hulle Goeie
Herder herken.

 

Openbaring 2711

KOP OF STERT

2 Julie 2019 Dinsdagoggend 07.05 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Rand of Dollar, Euro of Pond, kop of stert, lê dood vergruis, nou na
alkant, die dooie duit.  In `n gesig gesien, deur `n vuil,
bloedbesmeerde ruit, kom die lied van `n Troebadoer, wat `n
vervelige, politieke, deuntjie fluit.

In die woorde daarvan het `n eenwêreldorde, in sy Mason broederskap
vas besluit. Geheel die ekonomie word in `n hel ontsluit.  In Suid-Afrika,
so swaar nou, die Ja-stem kruis. So, laat die moeders daarom
ween en huil en die kinders vir oulaas hulle neuse snuit.

Raka lig sy vuis en eis sy volle buit.  Op Tafelberg se strand, lê `n
verwoeste skuit en die massas begin onbeheers te buit.  In Afrika, in
die verste landjie Suid, kom in windgeruis, `n brandende blaargeruis,
tot daar waar woeste golwe, oor ruwe rotse druis.

Met die wit maer koei dood, vergaan ook die parasiet en luis en
dolleeg staan die staat se skatkiskluis.  Ja, met al die banke nou na
anderland verhuis, begin die finansiële onweerswolke, woes in Europa
en ook die Weste suis.

 

Openbaring 2712

TE MIN AAN VOEDSEL BESTEE

3 Julie 2019 Woensdagoggend 02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

So ver so woes geleë, ja, na alkant treë, lê nou wyd, die eindtyd weë.
So gee die infrastrukture nou na alkant mee en in die ryk van vlieë,
staan almal nou, in vodde geklee.

Teveel aan olie bestee en te min vir kos omgegee, staan die arm
lande nou voor die groot moondhede, erg verleë.  Maar kyk, erg
versteurde weerpatrone, het alles platgevee en daarom sê almal nou
vir ander, oor hulle kos, met naklem NEE.

Planne word nou woes gesmee, maar pes en plaag, sê sonder enige
genade, vir alle geneesmidels, nee o, nee!  Die siekes is klaar aan die
dood weggegee.  Die konings begin mekaar verskree en in oorlog sit die
nasies en volke hulle teen mekaar nou dapper teë.

Onder `n groot klip gee die aardkors mee en die brommers vier in die
doderyk hul fees.  Ja, daar in die ryk van vlieë, so ver, so wyd, so
woes geleë, lê na alkant treë, nou die eindtyd weë.

 

Openbaring 2713

RUSLAND ROEP

5 Julie 2019 Vrydagoggend 12.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Rusland roep:  Die koeël is deur die kerk, ja, middeldeur.  Daarom sal
ek die wêreld nou rooi inkleur.  Met die Westerse koppe nou almal
kaal geskeer, het die bloedsuiende hoer haar eie wêreldhoof onteer.
Daarom sal mens en dier, binnekort, alles moet ontbeer.

Met Rusland se ysterkloue wat alles verskeur, grynslag grusaam,
bloedig, nou die groot Rooibeer en almal moet voor sy aankoms
retireer.  Die Weste poog om hom te besweer, maar daar is niemand
wat hom kan keer en dit is net hulle eie wonde wat septies sweer.

Daarom roep die Weste, om almal nou as wêreldburgers te registreer.
Ja, sodat die groot moondheid, as die gruweldier, almal tegnologies
deur hulle satelliete, kan beheer.  Met soveel gruwels is die aarde nou
swart gesmeer en die mens begin homself as `n god te vereer.  Ja,
terwyl bykans, alle mans, mekaar begin sodomiseer.

Daarom val die eindtydskale nou sonder ophou neer en in elke kleur en
geur, word die gruwelreënboog, nou uitmekaar geskeur.  Ja, in swael,
vuur en vlam, stort die Oordeel in kernpaddastoele neer.  Kyk, daar is
niemand, wat die Hemel in Haar woede, meer kan keer.

Daar is geen wese wat die son, in haar uitbarstings kan beheer.  So,
koop en verkoop maar o, mens, terwyl die sonstrale jou verteer.  Dryf
handel deur die merk van die dier, terwyl bose swere, geheel jou
liggaam onteer.

In die raamwerk van `n wêreldsisteem word jy o, wêreldling, as slaaf
geleer, om die valse engel van lig (Lucifer), as jou god te eer.  Die
Ware Woord van Waarheid het jy gekritiseer.  Maar jou dwaalleer het
jy wyd laat serkuleer.  Jy het o, wêreld, die ware Sion geterroriseer.
Jy het haar verdruk, vertrap en haar val, nie eers eenkeer, net `n
bietjie betreur.

Ja, jy het o Weste, die uitverkore volk swart gesmeer, jy het My Bruid
geteer en veer.  Daarom sal Ek jou `n les kom leer.  Kyk, Ek stuur o,
Weste, vir Rusland, om jou boud en blaaie, uitmekaar te skeur.  Jy het
gedink o, Weste, dat jy ver bokant My troon, My kosmos sou beheer,
maar dit is net die hel, wat jy gaan koloniseer.

 

Openbaring 2714

DIE ELEMENTE IN OORDEEL


7  Julie 2019  Sondagoggend 02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Baldadig sal die konveksiestrome haar hitte boontoe suig en die wolke
sal uitroep, sodat die grond deurnat daarvan sal getuig.  Die water-
strome sal sing en die see getuig.  Ja, terwyl geheel die skepping, voor
haar Skepper neer sal buig.

Met `n klapgeluid sal die bliksemstraal fluit en verwoestend neem die
groot haelstene hulle graan- en koringbuit.  Kyk, vanuit die hemel
stort groot skale, hulle verwoestende inhoud uit.  Ja, terwyl al die
elemente globaal, verwoestend muit.

Oor die twee Amerikas bly die groot storms swaar dragtig en hulle
begin al klaar weer ontsluit. Kyk, daar is niks of niemand wat dit kan
keer of stuit. In `n spierwit pluim verskyn verwoestend, die een na
die ander Orkaan en Harlekyn.

Die see staan wild en wit in die skuim en sy rol wyd oor strand en
duin.  Met seerommel en dooie vis wyd versprei oor die eens besige
markplein, lê in puin, die eens pragtige stadsterrein. So, vlug maar o,
Asiëboorling ook na die veiligheid van `n hoë kruin.  Met die Oordeel
wat klaar in donker onweerswolke op jou horison verskyn.

Luister na die storms se groot geluid en loer nie na buite, deur die
venster van jou glasruit.  Ja, met haelstene wat daardeur gaan klap,
soos steenharde kluit, is dit reeds te laat om jou infrastrukture te
probeer ontruim.

Baldadig begin nuwe konveksiestrome alweer haar hitte na bowe te suig.
Ja, terwyl `n nuwe oordeel haar nederig voor God, maar verwoestend na
die aarde neerbuig.  Die wolke sal uitroep en die bliksemstrale getuig.

Die waterstrome sal borrel en bruis, terwyl die see uitspattig, in `n groot
verwoestende, tsunami, sal juig.

 

Openbaring 2715

RANTSOEN-RANTSOEN

8 Julie 2019  Maandagoggend 00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Rantsoen o, rantsoen, wat is dit wat jy verbloem?  Kyk, in groot
hongersnood, kom jy om die mens te ontgroen.  So, gee my net `n halwe
lemoen en `n stukkie pampoen want nêrens op aarde is die boorde en
lande, meer `n bietjie vrugbaar of groen.

Daar is niks meer oor, waarop die mens kan reken of roem.  So, waar ek
ookal gaan, of wat ek ookal doen, met my Elohim wil ek dringend
versoen.

Rantsoen o, rantsoen, wat is dit wat jy gaan doen?   Kyk, die mens staan
gestroop en naak, sonder klere of skoen.  So sterf in hongersnood en
armoede, menigtes, by die biljoen.

So, gee my net `n ou verlepte suurlemoen en `n halfvergane waatlemoen
want nêrens op aarde is daar meer boorde of wingerde, meer langer,
vrugbaar of groen.

 

Openbaring 2716

KWARANTYN-KWARANTYN

9 Julie 2019  Dinsdagoggend  05.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Kwarantyn-kwarantyn, met geen geneesmiddels het jy ook niks vir die
pyn.  Op die vlerke van die vlermuis en die vleuels van die voëls het
jy verskyn. Ook saai jy die dood, deur die vleis van die swyn.

Kwarantyn-kwarantyn, jy probeer noodseine na die groot wêreld
uitsein.  Maar daar is geen redder wat op jou horison gaan verskyn.
Ja, terwyl die dood alhoe groter getalle vir homself kleim.

Kwarantyn-kwarantyn, jy het so skielik vanuit die niet verskyn.
Kyk, na `n kort siekbed  verloor die mens hulle bewussyn.  Met bloed
wat rooibruin vanuit hulle neusgate skuim, kom die Dood vinnig om sy
slagoffer te kleim.

Kwarantyn-kwarantyn, jy beweeg vinnig vooruit in `n baie reguit lyn
en daar bly niemand oor om agter jou op te ruim.  Ook het jy geen
entstof of selfs net iets vir die pyn. Jy kom lugvaardig, op die
vlerke van die wind, om oral skrikwekkend te verskyn.

 

Openbaring 2717

BEN-JUDA, SEUN VAN DUITSLAND

11 Julie 2019  Donderdagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die vlerkgegons van `n skrikwekkende demoniese swerm, sidder die
mens in murg en been tot in sy ingewande se heel diepste derm.  Alle
TV stelle word globaal `n pikswart skerm en vanuit geheel die wêreld
kom `n baie groot gekerm.

Ek hoor `n Groot Stem wat roep: Ben, (seun) Juda, seun van die Groot
Maanhaarleeu, groot gebeure was vir jou bestem.  Maar jy luister nie
na My Stem.  Soos `n volbloed resiesperd is jy veronderstel om altyd
te wen.  Maar al wat jy doen, is om onseker te retireer en agteruit
te rem. Kyk, Mammon het jou tot `n uitstekende industriële wêreldslaaf
getem.  Maar om geestelik jou kop bo water te hou, kan jy lankal nie
eers meer swem.

Ben-Juda, seun van Jakob-Israel.  O, het jy maar nog die grondbeginsel,
van jou doel geken, sou jy geluister het, na jou enigste koning, die
Koning van Salem se Hemelstem. Dan was die Jakobsleer, van die
Aartsengele, jou lankal bestem.  Ja, jy sou weet jy was oorspronklik
vir die Nuwe Jerusalem, tot voorloper bestem.

Ben-Juda, seun van die suiwer Kaukasiese.  As die Adam was jy as die
hoeder van My skepping bestem.  Daarom het Ek die maanhaar van jou
hoof, in prag en krag, netsoos Simson se hare, tot by jou middellyf
verleng.  Maar jy skeer jou hoof kaal en daarom is jy lankal geestelik,
gestrem.

Ben-Juda, seun van die Germaan.  Jou brul was gebiedend, vreesaanjaend
en streng.  Maar in jou Godsgeloof was jy nog altyd swak en eng.
Netsoos Simson, het jy as die vleeslike, seëlbewaarder en draer van
die goddelike DNA, jouself, met onsuiwer vroue vermeng.  Daarom o,
Duitser, is die duisternis nou in jou eens blou goddelike, oë vasgepen.

Ben-Juda, seun van die Kaukasiese.  O, het jy My maar geken, dan het Ek
jou en geheel die wêreld se toekoms dalk verleng. Kyk, jou eens sterk
koningin van Industrie, is besig om angstig te bewe.  Sy vrees o, Duitsland,
vir jou voortbestaan, jou oorlewing, ja, jou lewe.

Ben-Juda, Ben-Duitsland.  O, veronderstelde koningseun.  Van alle Westerse
lande, as ras was jy ver bokant alle rasse verhewe.  O, jou naam was so
groot en omstrede.  Maar kyk, `n pikdonkernag, is klaar besig, om jou
eens sonskyndag, te omgewe.  Jou eens blink toekoms, word `n duister
verlede en niemand luister na jou smeekrede.

Kyk, Ek stuur na jou, jou verwoester en hy vernietig al jou infrastruktuur, jou
dorpe en jou stede.  Waarna jy sal weet o, Duitsland, om voor My Groot,
Woede, te bewe.  Maar weet ook vanuit jou midde, is daar My uitverkorenes,
wat Ek sal laat lewe.  Sodat hulle die oorblyfsel, van die Gog en Magog, tot
in hulle ewige hel, sal laat bewe.

Want jy is Ben-Juda, seun van die Groot, Sterk, Leeu.  Kyk, in daardie dae,
stuur Ek jou oorblyfsel na Josef, na Efraim.  Daar na die pragtige land, daar
in die verre Suide, sodat jy op My Berg Jerusalem, reg langs My Berg Sion,
onder die vlerk van die Bruidegom en Sy Bruid kan lewe. Ja, sodat die Suiwer
Seun van Elohim, die Lam en die nuwe sterk welp van die Leeu, saam die
nuwe groen gras, van die Nuwe Tydvak kan belewe.

So, luister o, heidense, wêreldbevolking, na die groot vlerkgegons, van julle
eie demoniese swerm.  Sien die TV Stelle se skielike, onheilspellende,  pik-
swart skerm.  En luister na geheel `n wêreldbevolking, se tandgekners, in
groot gekerm.

 

Openbaring 2718

PASIFIS

16  Julie 2019 Dinsdagoggend  10.04

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, jy o, Pasifis, jy is `n minus en geen plus. Jy is `n gruwel en
voordat jy kan weet of wis, word jy saam, al jou selfregverdigende,
gruwelpraatjies, uitgewis.  Kyk, die sondes van die vadere, word aan
jou, hulle kinders opgedis.

Daarom hang jyself, o, Kinderpasifis, aan jou eie, selfgeskepte,
selfmoordgalgtoulis. O, Pasifis heeltemal te laat, het jy jou doel
gemis.  Kyk, by omdraai verby, is daar niemand meer, wat die vure kan
blus. Daarom sal jy, in jou eens eie land, maar nou, die eiendom en
land van Kus, jou kinders, in die arms van die Doderyk moet laat rus.

O, Pasifis jy wat self `n verbruikersgruwel is.  Kyk, daar op jou eens
skoon strande, ja, daar langs jou kus,  lê oraloor net  plastiek,
rommel en dooie vis.  Jy praat en praat, maar doen self daaraan, net
mooi niks.

O, Pasifis, kan jy dalk, met jou gesanik en getwis, die uitmergelende,
kernsonstrale blus?  Daarom sal jy jou maar net in die sondes van jou
vaders, wat nou bruis en gis, moet berus.  Kyk, geheel jou verlede en
toekoms word nou in jou hede uitgewis.

O, Pasifis, jou gruwel Nobelprys van vrede, bring net nog groter
wêreldonrus.  So laat die kinders nou eerder, met hulle eie vaders
twis.  Voordat jy o, Kinderpasifis, kan weet of wis, staan jou laksman
klaar gereed, in die gedaante van `n reuse Rus.  Kyk,  jy o, grootbek
Pasifis, is niks anders, as net `n minus en geen plus.

 

Openbaring 2719

GEES VAN VERDEELDHEID

17 Julie 2019  Woensdagoggend  01.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, dit is die uur en die skrif is aan die muur.  Ja, met net die Gees
van Verdeeldheid, nou as die reingingskuur. So begin almal mekaar nou
agterdogtig aan te gluur. Die Weste kan die resultaat, van haar eie
dom foute, nie meer langer verduur.  Haar burgers eis antwoorde en vra
reguit en sekuur:  Wie is mens en wie is dier, ja, wie is homosapiens
en wie is kreatuur?

Die hemel antwoord haar:  Jy o, mens, is nou self die dier en daarom
is jy te laat, so sluit maar jou nuwe, hoopvolle, dossier. Kyk, geheel
Europa is deur gruwel vermenging, heeltemal ontsier.  In jou eie
liberale oë, was jy mos net die tier en jou neiging en jou wellus, was
na elke kleur, geur en gier.

Kyk, vir hoelank jou laaste tyd nog gaan duur, is jou vooruitsig maar
uiters swak en guur.  Te lank het jy o, Weste, met jou vyand hand om
die blaas, skouer geskuur.  Daarom betaal jy vir jou foute, nou uiters
duur.

O dit is die uur en met die eindtydskrif, klaar geskyf, op vervalle
infrastrukture se ou wêreldmuur, is die wêreldbrood nou vrot en
hulle wyn is asynsuur. So kom die Gees van Verdeeldheid, bloedig,
as die kuur.  Daar is niemand wat die Europese Unie, suksesvol gaan
bestuur.

 

Openbaring 2720

ALLES WORD GEMANIPULEER

20 Julie 2019  Saterdagoggend  01.20 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n groot wêreldvergadering, met die tema, manipuleer, word daar nou
sinneloos in net een rigting gedebateer.  So sien ek Satansmeesterplan,
waar die groot manne van wetenskapfaam, al die elemente, in hulle Gods
Ordes, wil versteur. Vanuit geheel die mensdom, is daar niemand wat
hulle regtig probeer stop of keer.

Oor geheel die aarde wil die Illuminatie nou as god regeer.  Daarom
begin die Aarde nou maar self, woes, te rebelleer, sodat sy wild, van
links na regs, haar, om haar eie as omkeer. Ja, sodat sy al skewer, om
haar eens vasgestelde baan roteer.

So begin sy om haar poolys na watervloeistof, om te keer.  Maar die
bose wetenskap laat weet:  Kyk, meer sneeu sal ek deur my vaardigheid,
op jou pole om gaan keer.  Geheel, o aarde, sal ek, as die wetenskap,
jou weerpatroon, van nou af self beheer. Ou gevestigde weerpatrone,
sal ons heeltemal kom versteur. Ook reënvalle, sal ons na willekeur
beheer.

Die wetenskap roep:  Kyk, ons spuit chemikalieë waarmee ons die hael
besweer.  Ook speel ons, op ons frekwensieharp, sodat proton en
neutron, negatief, daarop sal reageer.  Hieroor roep die Aarde kwaad:
Kyk, deur niemand laat ek my ewig, ooit, beheer.

Daarom roep sy haar Aartsengele, om haar te konsulteer, waarop diè,
op hul beurt, daaroor met Elohim kommunikeer.  Vanuit hierdie
Goddelike Vergadering, kom die Woord:  Laat ons daarom nou sien, wie
vir wie, `n les gaan leer.  Stuur daarom o, Engel van Vuur, nou jou
verterende vlamme, op die aarde neer.  Ja, om bos, veld, dorp en stad,
onder jou aanslag te verteer.

Kom ook jy, o, Engel van die Wind, om in jou mees vreesaanjaende,
gedaante te manifesteer.  Ja, terwyl jy in kategorie vyf winde, alles
om jou om gaan verinneweer.  Om so, met die mens, se koddige
wetenskap, gek te skeer.  Kom o, Engel van Water, sodat volke en
nasies, oor jou koms kan treur en murmureer.  Onder ongekende sneeu,
hael, reën en tsunamis, word die mens se infrastruktuur, tot rommel
omgekeer.

Kom o, Engel van Materie en van Grond, om jou in groot grondverskuiwings,
jou, so na die bose mens te keer.  Terwyl enorme aardbewings, o, Aarde,
deur jou ingewande sal skeur, sodat die uitverkorenes kan leer, om God in
al Sy Ordes, tydens die Nuwe Tydvak te eer en te respekteer.

 

Openbaring 2721

EK SIEN

22 Julie 2019  Maandagoggend 07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Oral om my heen, met nêrens meer `n bietjie seën, sien ek `n man van
God, hy staan alleen.  Ek sien geheel die wêreld staan hom in alles
teen.  Maar om die man, so skoon, sereen, sien ek engele in
verrukking, oor sy dapper standpunt ween.  Ek sien die man, hul neem
sy land, sy grond, sy kosbaar veen.  Ek hoor die Stem van God:  Staan
jou man en sit jou teen.  Weet o, Boer, My grote Seën, sal weer op jou
neerreën.

Oral om my heen, sien ek die lug, so grys en grou.  Ek sien `n vrou
van God, so dapper trou.  Terwyl sy Sionsvaandel en haar vlag, trots,
hoog ophou.  Vir God en volk staan sy haar staan, sonder skroom, met
geen berou.  Ek hoor haar ween:  Wanneer klaar gehuil en klaar gerou,
sal ons vanuit ons as, weer opbou?  Ek hoor die Stem van God wat roep:
O, dapper Boerevrou.  Kyk, Ek laat My middelson weer skyn, net vir jou.
Ek skep vir jou `n Nuwe Sonskyndag, so rein, so skoon, so helderblou.

Oral om my heen, sien ek blanke kind op kind.  Ja, kinders wat die
dood nie kon verslind.  Ek sien die satan in sy eie hel vasgebind.  Ek
sien `n volk, nie meer langer blind.  Ek sien `n nasie, met weer hul
doel gevind.  Ek sien Sionsvlag wat wapper in `n vryheidswind.  Ek
hoor God se Stem wat roep:  O, My uitverkore Boerevolk, Ek is julle
weer goedgesind.

 

Openbaring 2722

MENSLIKE FANTASIE IKONE

28 Julie 2019  Sondagoggend  01.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die mens het die Wysheid gefaal en so van die Waarheid, heeltemal,
weggedwaal, ja, om so in die leuenfantasie te verdwaal.  Die groot
leuen het fantasieverhale uit die illusie loop haal en so skep die
mens vir hulself, superheros in here-here, baäls.

In rillers waar in vampiere en weerwolwe boos ronddwaal, daar heers
tussen zombies, ook  altyd, die so wrede, teenswoordige kannibaal.  In
daardie wêreld met alles so skrikwekkend boos en horribaal, daar kom
tot almal se redding, al vlieënd Superman, om vreesloos, die arme
menslike slagoffers, uit groot gevare te haal.

Die een of ander sensasionele skoonheid, met haar rok, altyd van haar
lyf geskeur, word soos `n weerlose prikkelpop, soos net `n superikoon
dit kan doen, met groot omhaal, deur Superman, van die toneel gehaal.
En vir meeste van die toeskouers word dit dan ook sommer `n ware
verhaal.

Die mense stroom na die teater en sit vasgevang voor die kassie, om
vir hierdie snert, groot bedrae te betaal.  Ja, sodat hulle gedagtes
vasgevang, dikwels, daarheen terug kan dwaal.  So word daar dan ook
ten duurste vir klere, met illustrasies, van superheros, betaal.

Maar praat iemand oor die Woord van God, is dit `n vreeslike skande.
Stilte, wat om almal neerdaal.   Ja, oor die Woord van God, kan die
mens, sonder blik of bloos, sonder skroom, die Heilige Gees, so maklik
faal.  Oor die Goddelike Wysheid en Erns, word maklik gespot en
gesmaal.  Teen alles wat heilig is, word gelaster, in afskuwelike
taal.

Daarom het die tyd, die mens nou ingehaal en vir sondes teen die Gees
word nou uiters duur betaal.  Werp daarom o, boek van Openbaring, nou
die een na die ander, jou so beloofde, Oordeelskaal, sodat die
geestesarmsalige mensdom, kan sien, daar is geen superheros of
here-here (lord) baäls, wat hulle uit groot gevare, gaan kom haal.

Ja, daar is geen Spiderman of Man van staal, wat die mens, vanuit sy
kokende pot sop gaan kom haal.  So, luister na die eienaardige stilte,
wat voor die groot storm, vanuit die hemel op die aarde neerdaal.
Sien die vreeslike bliksemstrale, wat alles so vernietigend deurstraal
en weet die laaste eindtyd 'moewie', het jou in werklikheid kom haal.

Sien die groot vulkane en voel die aardbewings, terwyl ongekende
hongersnood, op die planeet neerdaal.  Kyk hoe kom die pes, om groot
getalle vir die dood te kom haal.  En terwyl jou oë in skok en afgryse, oor
al die chaos dwaal, weet jy het nooit tyd gehad, om te luister, na die mooi

skeppingsverhaal.

Jy was heeltemal te besig, om jou in te leef, in die verbeeldingsvlugte,
van superheros en diè se afgodsfantasieverhaal.  Daarom kan jy jou
nou verlustig, o, wêreldmens, in die werklikheid van jou eie riller, ja,
van jou eie ondergang, in `n ware eindtydaksieverhaal.

 

Openbaring 2723

DIE GROOT WêRELDKATASTROFE

1 Augustus 2019  Vrydagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Deur kranse en tussen klowe, weergalm die eggo, van die groot wêreld-
katastrofe.  Die hemel het gewaarsku en die Oordeel het belowe, maar
in die land van die blindes en die dowes, heers die hel se gruwelwêreld-
filosowe.  En terwyl hulle oor die uitleg van die Tora, die heeltyd hare
klowe, stenig hulle jaloers, die gestuurde, hemelbode.

So staan die wêreldchristendom, nou gebuk onder die kruisjuk, van
die Jode.  Ja, die Jode wat dink hulle is die uitverkore gode.  So,
verwyder daarom o, Gabriel, vanuit die gruweltempel, die vergane, ou
toonbrode en breek daardeur, tot voordeel van die eindtydbasuin, die
ou gevestigde, wêreldkode.

Luister o, mens en kyk na bowe en hoor deur kranse en klowe, weergalm
die naskokeggo, van die groot katastrofe.  Op die see vergaan al die
skepe en groot bote.  In bomgebars en onophoudelike geweerskote,
roep die lewendes:  O, hoe geseënd, is nou die reeds gestorwe, dode.

Kyk, die wingerd is dood, met geen nuwe, groen lote en geheel die
mensdom staan godverlate, so verstote.  So, waar is hulle redder, die
gruwelwêreldraad van kerke en diè se sinode?  Kyk, die vergadering
van Elohim, is vir hierdie christendom, heeltemal verbode en daardeur
is die hemel, vir hulle, vir ewig geslote.

Die hemel het gewaarsku en die Oordeel het belowe.  Maar die mens
vertrou toe net op sy wetenskapgode.  So, luister o, mens en kyk na die
tekens van die tyd, ja, daar na bowe.  Luister, dit weegalm deur kranse
en klowe, ja, die naskokeggo, van die groot wêreldkatastrofe.

 

Openbaring 2724

WAAR IS AL DIE GODDELOSES HEEN?

2 Augustus 2019  Vrydagoggend  05.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, waar is al die rykaards heen.  Kyk, in materie is hulle almal, ewig,
vas versteen.  O waar is al die leuenaards heen.  In hulle eie
dwaalleer, is ook hulle, ewig, daarmee heen.

O, waar is al die Godslasteraars nou heen. Na `n duister, donker, plek,
waar hulle nooit weer in Godverlatenheid, iets van Elohim, af sal
verneem.

O, waar is al die moordenaars nou heen.  Na `n eensaam plek, sonder
doel of enige lewe, sonder net `n bietjie seën, kan hul daar vir
ewig, oor die kosbaar lewe ween.

O, waar is al die murmureerders heen?  Hulle word gehou in `n ruwe
plek, waar hulle ewig, oor hulle toestand kan kla en teem.

O, waar is al die valse regters heen?  Kyk, hulle staan nou self, as
aangeklaagtes, met `n groot probleem.

O, waar is al die valsgetuies heen?  Kyk, hulle suig droefgeestig, aan
die hel, se heel agterste, droë, speen.

O, waar is al die valsprofete heen?  Hulle woon daar in’n plek en tot
satwordens toe, staan hulle mekaar, in leuen op leuen, in alles teen.

O, waar is al die vreesagtiges nou heen?  Kyk, hulle staan daar in `n
plek, waar hulle vreesbevange, al vallende, teen geen krag vir
ondersteuning, aan kan leun.

O, waar is al die hoereerdes heen?  Hulle bly in `n vuilplek en is maar
altyddeur, grillerig, aktief in geraamteorgies, in klapgeluid, been op
been.

O, waar is al die brassers heen?  Hulle woon in `n dor woestyn en in
hulle groot, ewige hongersnood, is daar van kos, geen sprake, ja, net
mooi geen.

O, waar is al die verslaafdes en die dronkaards heen?  Kyk, vir ewig,
slinger hulle, sonder fokus, sonder doel, deur `n leë kosmos, heen en
weer.

O, waar is al die liberales heen?  In `n selfvernietigende wedloop,
stort hulle vir ewig, in hulle nikswees, inmekaar as duiwel nommer
een.

O, waar is al die verbasteraars nou heen?  Saam die honde en
hoereerdes, is hulle oor die ewige afgrond, vir ewig daarmee heen.

 

Openbaring 2725

DIE GEKNAKTE RIET

3 Augustus 2019  Saterdagoggend  07.07

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die heilige riet is gebreek en geknak en die uitverkore volk lê tot in
die modder vertrap.  Met die byl teen die stam, word `n hoë boom
onverwags afgekap en bloed word soos riviere, vanuit die mensdom
getap.

Kyk, die riviere van bloed begin tussen Links en Regs te vertak en in
groot burgeroorloë, word die groot moondhede, vinnig verswak.

Desperaat begin die konings en bankiers, om deur een wêreld-
burgerskap, alles aan mekaar te lap.  Maar dit is te laat en verspil
op die grond, lê die kokende, warm pap.

So, wat is Europa se finale stap want die oorlogsonweerswolke is besig
om dreigend saam te pak en almal bewe want hulle weet hulle is swak.

In ongekende hongersnood is daar min en later niks, om op die
winkelrakke uit te pak en in groot droogtes, lê die water nou uiters,
gevaarlik vlak.

Die eens heilige riet lê gebreek en geknak, ja, met die eens suiwer
volk, tot in die heel diepste modder vetrap.

Die groot pes, eens in sy pas, so stadig soos `n slak.  Die het nou
stil-stil en vinnig na ander lande ontsnap.

Kyk, hy gee onverwags, geheel die wêreldbevolking, `n venynige klap
en groot massagrafte lê wyd en vlak.  Die wêreldinfrastruktuur begin
globaal, vinnig te verswak.

Oral lê daar wrak op wrak en die elektrisiteit lê ook op sy dak.  Kyk,
al die drinkwater is vuil, bitter, giftig en brak en in ongekende
cholera, raak veral Afrika, nog meer verswak.

Sion weet dit raak tyd en sy wag op die uitverkorenes, die kinders van
God om te ontsnap.  Sy wag want sy weet, sy gee hulle beskerming en
onderdak.

So speel die eindtydwind droefgeestig op sy harp, ja, op die wysie van
vuil verflenterde landsvlae, wat trietsig, in droewige, beweging,
doelloos, rondflap.

Die eens suiwer riet lê gebreek en geknak en die eens heilige volk lê
in die diepste modder van verbastering vertrap.

 

Openbaring 2726

NET ‘N BIETJIE SUIKER EN ‘N KNYPIE SOUT

4 Augustus 2019  Sondagoggend 04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, waarop sal die volke en die nasies hulle hoop nou bou want in `n
enorme depressie staan al die geldstelsels swak en flou.  Kyk, dit is
heeltemal te laat vir die wêreldgeldstelsels, om nou op goud te wil
vertrou.

So, gee ons net `n bietjie suiker en gee ons `n bietjie sout.  Vergeet
ook nie die gas, die kole en die hout, want al die kinders word oornag
van skok, stokoud.  Kyk, Europa, Asië en Amerika, is in haar volgende
winters, ongekend vernietigend, koud en almal verlang na `n knus
vuurtjie in eenvoud.

Ja, hulle verlang na net `n bietjie sekuriteit vir hulle voortbestaan en
behoud.  Die prepper (voorbereider) verlang na `n eensame huisie van
hout, gebou in `n afgesonderde woud.  Ja, na helder skoon oggende,
deurdrenk met dou en met menswees gebou, op die stewige fondasie
van Goddelike eenvoud.

Maar daar is weinig waarop die mens meer hulle hoop kan bou want die
liefde het in alles verflou.  O, berou op berou, maar die groot wêreldgraf
is klaar gegrou.  Die wêreldweg was breed, maar die poort na die hemel
so smal en nou.

Godslasterlik was die hemel spottend toegesnou. Nou word geen Hand van
Genade na die wêreldling uitgehou. Op los sand was die toekoms gebou
en al wat oorbly is `n tydvak, wat oor sy komende einde rou.

So, gee ons net `n handvol meel, met `n biejie suiker en `n knypie
sout.  Vergeet ook nie die gas, die kole en die vuurmaakhout.  Kyk, in
geweldige tekorte kry die mensdom by dit alles, vreeslik, oneindig,
koud.

 

Openbaring 2727

DIE LEUEN HET ONTPLOF

17 Augustus 2019  Saterdagoggend  00.15

www.nuutsteoopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die letter van die wêreldwet raak deinserig en dof en daar is geen
goeie regter meer oor in die globale hof. Die bankiers en die konings
raak nou teenoor mekaar bot en onbeskof.  Die groot leuen het met `n
knal ontplof en die Waarheid klink op die oor, gru en grof.

Kyk, die wêreldmens het geen substansie - hy is net stof.  Ja, met sy
ewige tuiste in die vergane kerkhof.  Op die getatoeëerde rug van `n
ongeneeslike siek mof, staan daar in ere geskryf, satan se lof en die
hel maak hom gereed vir sy heel laaste skof.

So, wee daarom die groot dag van die rot, want in pes op pes, is dit die
mens se uiteinde en sy lot.  So, wat baat al die trane en wat baat al
die snot?  Die skaal is klaar gewerp met net die dood as die mens se
lot.

Die vyeboom sal nooit weer bot en die sisteem nooit weer vlot want die
kerk was `n enorme, onnosele sot.  So, laat die ywerige voorbereider
se take nou vlot.  Kyk, `n sterk fort herrys vanuit sy eens minderwaardige
krot.

In net `n handvol meel en `n klein maat olie, sal sy opbrengs op sy klein
plot, sonder enige ophou of tekort, in strome van Genade, in oorvloed, vlot.

 

Openbaring 2728

GOD WIL SY LIEFLINGVOLK VERGEWE

17 Augustus 2019  Saterdagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, dit is tyd en God wil sy lieflingvolk hulle oortredinge vergewe.
Maar die liberale lafaard bly vreesbevange bewe.  In hulle vrees neig
hulle steeds, kruiperig na hulle vyand se strewe.  Daarom sal net die
dapper Godvresende, konserwatiewe, bly lewe.

So, trek die swaard van geloof nou uit die skede en staan gereed,
opgesaal en berede.  Kyk, die ou verlede en die nuwe toekoms word
spoedig saamgetrek, in `n baie bloedige hede.

 

Openbaring 2729

IN DIE LIED VAN DIE SPIERWITLELIE

17 Augustus 2019  Saterdagoggend  01.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O,kyk die lieflike spierwitlelie het oopgeblom.  So, laat die suiwer
kinders nou nader kom. Ja, om in al nouerwordende kring, opgewonde,
om die Goeie Gees, saam te drom.

O, die wyse staan verruk, verstom, want hulle Goeie Meester is
uiteindelik aan die kom.  Netsoos eens, sal YaHWeshua weer as
Messias tot Sion kom. Ja, tot redding, staan Hy vir Jerusalem, as Bastion.

Maar kyk, Paulus het as doring in die vlees vir die christendom gekom.
Die christendom, nou niks anders, as net die huidige, moderne,
heidendom.  So, laat Engeland in haar onvermydelike val, haar laaste
hulde bring, ja, aan haar god Mammon.

In ongekende depressie staan die wêreld gou, stil, verstom.  So, laat
Raka daarom gerus ook vir oulaas grom.  Luister hoe desperaat slaan hy
op sy drom.  In sy eie geledere staan hy nou verdeeld, as sy eie vyand
vermom.  Die groot moondhede gee nie meer vir sy nimmereindigende
behoeftes om. Tot op sy bitter einde, bly hy lui en dom.

So begin die groot droogte oor die ekonomie te kom.  Ja, met oorlogs-
gerugte, wat alhoe meer skrikwekkend naderkom, begin die spierwitlelie
pragtig oop te blom.  Met die verseëldes, ja, die kinders van God, wat
gretig om Hom saam begin drom.

 

Openbaring 2730

DIE WêRELD IS MAL

17 Augustus 2019  Saterdagoggend  01.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, alles is fataal en die regerings staan gestroop en kaal.  So, luister
na die sinnelose trompetgeskal en sien die valshoop lê versteek, in
die kerk se toekomskristalbal.

O, die wêreld is mal en in bose verval styg in rekord nou die dodetal.
O, was dit deur satan noukeurig beplan, of was dit maar net blote
toeval?  Want kyk, in `n reuse knal, is dit geheel die ekonomie, wat
vanuit resessie, tot in depressie in verval.

Maar iemand moet as skuldige betaal en godslasterlik, ja, so verbaal,
word die hemel as die sondebok uitgehaal.  Die pous en die koningin
leef steeds rojaal en die antichris en die groot hoer, verkeer vir
oulaas, kamma sosiaal.

In Kaukasiese kinderbloed word in rituele, demone met hierdie
vreeslike offers, vir gunste betaal. `n Okkultiese meestermason,
verkondig hy beweeg, vry astraal en hy dink hy het die vermoë, om
te kan praat, in elke aardse-, sowel as alientaal.

So begin die gruwel valsprofeet, om sy godslasterlike bewerings, in
elke taal te vertaal.  Ja, terwyl hy verkleinerend oor die laaste
opregtes smaal.  Hy soek in elke uithoek van die aarde na hulle, om
hulle uit te haal.  Hy weet, dit is deur hulle toedoen, wat hy gaan
faal.

Maar kyk, in die daaropvolgende, vreeslike verdrukking, is dit
ironies genoeg, die dom wêreldling, wat `n vreeslike prys betaal.
Maar die kinders van Elohim, word in verseëling deur `n Heilige Lig,
vanuit die hemel omstraal.  So, val maar o, oorlogskaal en laat reën op
die aarde jou vernietigende staal.  Kyk, die vaal ryperd van die Dood,
word spesiaal vir die goddelose opgesaal.

So, kyk net na die groot sterredak afgeëts teen die agtergrond van die
groot heelal.  Sien die tekens van die tyd en weet dit is weer tyd vir
Lucifer se groot val. Ja, luister daarom na die sinnelose groot
trompetgeskal en sien geheel die wêreld is waansinnig en mal en
weet in bose verval, styg in rekord, alweer die dodetal.

 

Openbaring 2731

KLEUTERS SIEN EN OUES DROOM

17 Augustus 2019  Saterdagoggend  01.35

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Satan het homself as `n engel van die lig kom bekroon.  Ja, daar in sy
lêplek waar hy in al die tempels en die kerke woon.  So, laat die
kleuters sien en die oues droom.  Kyk, vanuit die wêreld is daar meer
niemand, suiwer vroom.

So, laat die spotter spot en die dwase hoon.  Ook die wêreldfilosoof
is net `n leë blik, net `n dom moroon.  In die beeldspraak van hul
metafoor en idioom, heers net die denke van `n heldemoon.  Ja, wat
die egbreker, die verbasteraar, asook die homo, van hul gruweldade,
so maklik kan verskoon.

In die gruwelkrag van die groeihormoon, word deur die wetenskap wild
en wakker, links en regs, woes gekloon. Met die suiwer DNA so
versteur, wat bly daar op die aarde oor, nog rein en skoon?  Ja, sodat
die Gees van God daarin kan woon?

So, laat die son nou sy krag kom toon en laat die wolke daarom lustig
stoom.  Wek die tifoon en stuur ook die sikloon en maak die aarde
onder ongekende storms skoon. Bring ook sommer `n ontydige monsoon.
Sodat riviere in volle vloed deur dorp en stad kan stroom.  Bring die
vuur en brand alles skoon.  Kyk, in die bos verdwyn struik en boom.

Bring o, mens ook jou kern en atoom en betaal daardeur, jou eie trane-
loon.  Kyk, die groot vulkane begin hulself met lawa kroon.  In diep
gedreun begin die aardbewings die mens te hoon.  Hulle spot, lag en
sê:  Daar is geen manier waarop ons julle gaan verskoon.  Ook die
tsunamis, maak kusdorpe, heeltemal onbewoon.

Die mens het God, mos keer op keer, net verloën.  So, laat die kleuters
nou gesigte sien en laat die oues drome droom.  Laat die spotters
daarom vir oulaas spot en laat die stomme dwaas, vir oulaas ook lag
en hoon.

 

Openbaring 2732

DIE BOERE EXODUS

17 Augustus 2019  Saterdagoggend  01.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Oor berge en heuwels, deur ruimtes onbeperk, kom die eerste osse deur
die stowwe aangestap in die groot trek.  Die as het gebreek en die
bees het gevrek.  Maar voor in die wakis, het die Hollandse bybel
getrou saamgetrek.

Die Boer het besluit om die binneland in te trek want in die Kaap was
die Engelsman en Raka klaar heeltemal beserk.  Die plase was in
brandstigting in rook oortrek en Edom het die Boer deur sy wetgewing
in vryheid beperk.

Die pad na die Noorde, die Weste, die Suide en na Ooste was met bloed,
rooi bevlek.  Onverskrokke helde het daar vir toekomsnasate, dapper
gesterf.  Kaalvoet het vroue en dogters, deur ruwe oppervlaktes, deur
klowe en oor kranse getrek. Om so die wildernis vir hulle kinders in
vryheid te werf.

In die kreungeluid van die ossewa laat die Boer agter hom sy merk.
Beskawings het vinnig oor bulte en heuwels deur velde begin strek.
Maar ongelukkig verskyn heel eerste in die dorpies, die torings van
die kerk.  Vinnig daarna word ook die eerste regshowe opgemerk en
summier word die Boer weer in sy vryheid beperk.

Die slapgat Engelsman het klaar weer soos `n aasdier, agter die spoor
van die Boer aangetrek.  Ja, om die rykdom van die maagdelike land,
vir sy gruwel koningin te werf.  In ons vryheid alweer beperk, het die
kerk alweer klaar d.m.v. breinspoeling, die liggelowige Boer met die
groot leuen deurtrek.

Ons word gemerk om soos slawe vir `n sataniese eenwêreldorde, in `n
wêreldsisteemtuig te trek.  Die plase loop leeg en die Boer begin net
soos die donker nerf, in die myne, vir Engels-Joodse manne te werk.

In volksverraad word ons finaal neergewerp, deur `n man, met die van
de Klerk.  So word ons deur ons vyand vertrap.  Deur `n globale
wêreldorde, word hulle versterk.  Maar die winde van verandering het
gedraai en die Weste word gestraf, en hulle word getref met hulle eie
drek.

Die Broederbond ede en die sondes van die vaders word nou deur die
kinders geërf en heel eerste val in hulle midde hulle gruwelkerk.  Met
Europa se Oordeel doelgerig op Elohim se maatstok uitgekerf, kom hulle
straf in Oordeel, ruim en onbeperk.

Maar in die pragtige land in die Suide staan `n edelkoringgerf, wat
wag om as eerstelinge, die Koninkryk van God, vir die Nuwe Tydvak te
erf. So, luister na die naklank in die gekreun van Ossewa, wat ver in
die geskiedenis in strek.  En weet in die Groot Genade van God, staan
die vasbyter Boer, geplant soos `n jong leeu, paraat en sterk.

 

Openbaring 2733

MESSIAS VERSUS JESUS

19 Augustus 2019  Maandagoggend  04.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die kode van die maand Augustus, in die 'onus' van die groot
onheilspellende onrus, daar waar dit voortdurend in boosheid, borrel
en gis.  So sak daar oor die aarde, nou `n onheilspellende,
ondeursigtige digte mis.  Kyk, tot in die diepste, diepte van Hades,
sak na benede, die wêreld, in haar doodskis.  Die verterende vlamme
van die hel, word nou tot aan die einde van hierdie tydvak, nie weer
geblus.

Vanaf Genesis tot en by Markus, ja, uitgekap in klip en geskryf op
papirus, word die leuen en die waarheid, saam opgesluit in `n verborge
nis.  So, was dit Petrus, of was dit Pontius Pilatus?  Maar hoe dit
ookal sy, die fondament van die kerk, rus as 'onus', op die fondasie
van Pous en Paulus.

So was dit verraad of wou die mens maar net weer met God twis?  Bring
daarom die groot boekrol, sodat ons kan weet of wis.  Kyk, iewers word
die wysheid, deur die onkunde gemis en daardeur word die waarheid deur
die leuen uitgewis.

Die Egiptiese-, latere Romeins-Griekse godin, Isis, die sustervrou van
Osiris, met hul seun Horus, word vervang deur die term, Jesus.  En in
die groot hofsitting, is dit YaHweshua-Messias, versus Jesus-Christus.
Deur Satan se fyn lis, kies die wêreldskare, eenparig, vir
Jesus-Barrabas, as hulle Christus.  So ontstaan in die groot leuen, van
wêreldheerskappy, die Sataniese kultus.

Nie op Golgotha nie, maar op die Griekse berg Olimpus, begin die eerste
kraampyne, van die heidense geboortedag van `n valse, Konstantyn, se
Christus.  Ja, in `n Westerse, wêreldkrismis.  In die geloofsonus,
van `n groot onheilspellende, onrus, heers binnekort, `n enorme krisis.

In die Vatikaansirkus, begin dit borrel en bruis, tot daar waar dit in die
Joodse tempel gis.  Kyk, die groot hoer, naamlik die christenkerk, skenk
geboorte aan haar eie Antichris.  Dit is nou die leuen, versus die leuen. 
Voordat ons weet of wis,  sterf die Westerse, valse geloof, onder die Pous,
se hoedembleem, ja, die van die vis.

 

Openbaring 2734

DIE SOUT IS LAF

20 Augustus 2019  Dinsdagoggend  03.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die sout was eens goed en die heuning was soet.  Maar in die eens
gloeiende kole skuil daar meer geen gloed en in die asreste, is die
eens edel without, nou net roet. Daarom moet alles links, liberaal,
nou vir hulle gruwels boet.

Ver-ver in die verskiet gesien, het iemand eens gevra:  Wie kan twee
meesters dien? Kyk, die een sal sy respek verdien, terwyl die ander sy
liefde moet ontsien.  Daarom kan julle nie God en Mammon gelyktydig
dien.

O, wie sou kon weet en wie sou kon vermoed, die Boer staan onder die
wêreldwet, ver van sy roer.  Daarom vee almal minagtend met hom die
vloer.  Tragies genoeg, kyk daardeur, broer neer, op bloedbroer.

So staan daar tien.  Vyf het die lig en vyf het die duisternis gesien.
Maar kyk, die edelbul word gekastreer en die nou blinde os, word gelei
aan `n riem.  So, wee die groot dag van die baie klein kiem.  Ja, net
een vanuit tien, sal die beloofde dag van God sien.

God het geroep om `n volk te ontmoet, maar daar was geen parate troep,
wat geantwoord het op die oproep.  Hy het weer geroep, maar niemand
nader Hom opgewonde met spoed.  Daarom het Hy gesê:  Met ellende en
armoede sal Ek hulle nou ontmoet en in hongersnood, sal hulle weens
hulle liefdeloosheid jeens My, moet boet.

In Bar, Kroeg en Kantien, het die groot liefde vir sport en jolyt ontkiem. 
Op die vraag, is daar nog `n lewende God, het `n volk traag geantwoord:
Wie weet, miskien?  Verseker daarom die misoes en laat geen saad meer
ontkiem.  Kyk, Elohim het die ontrou van Sy volk raak gesien.

Die sout was eens goed maar nou is dit laf.  So, waarmee word dit tot
smaak weer gevoed?  Kyk, dit loop vinnig uit die uurglas, in `n
immigrasie stoet.  En die eens so trotse Boer, nou sonder enige hoop
of moed, groet sy land en vir oulaas lig hy in heimwee, in saluut, sy
vaarwelgroet.

 

Openbaring 2735

PLAAG EN PES

21 Augustus 2019  Woensdagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die plaag het op sy skrikwekkende weg, langs die pes, stil gaan staan.
Die eerste het aan die tweede gevra:  O, waar kom jy vandaan en waarheen
is dit wat jy nou gaan?  Die virus het die kiem (bakterie) goed laat
verstaan.

Ek kom ver, ver hiervandaan en deur geheel die wêreld is dit waarheeen
ek nou gaan.  Waar ek ookal gaan, daar stink die Dood en loop die
traan.  Kyk, oraloor, daar wyk voor my, die mens in sy bestaan.

So vra die pes nou aan die plaag.  Waar kom jy vandaan en waarheen is
dit, waar jy nou gaan?  Die plaag antwoord:  Vanuit oer Egipte kom ek
in  die meervoud tien en oor Afrika en Asië, is dit, waarheen ek nou gaan.

Ja, om net daarna die Amerikas en Australië plat te slaan.  Met Europa
het ek ook groot planne te beraam.  Waarheen ek ook sal gaan, daar sal
groot katastrofes, gou ontstaan.  Sodat die mens kan weet, hoe dit voel,
wanneer die plaag, jou, verby sal gaan.

So het pes en plaag, verwoestend in hul weg, bymekaar verby gegaan.
Die tyd het op daardie oomblik in `n sonsverduistering, vir `n oomblik
stil gaan staan.  `n Kerkklok het drie maal drie keer, nege keer
geslaan.  Drie keer kraai die wêreldgesondheidshaan, in verraad ook
saam.

So val die eerste skaal, om die mens se lewensasem deur ongekende
siektes, in die dood weg te slaan.  In wurm- en sprinkaanplaag het in
rot, mot en roes al die goeie oeste ook vergaan.  Die mens het gewik
en weeg en planne probeer beraam.

Maar die Wil en Werk van God kon en wou hulle, nou eenmaal net nie
verstaan.  Daarom het die plaag weer langs die pes stil gaan staan.
Hulle het besluit om nou saam-saam, in dubbelmaat globaal te gaan.
So, wie sou kon weet en wie so kon verstaan.  Die uiteinde van dit
alles, was ver verby die woord, grusaam.

Openbaring 2736

DIE LIED VAN DIE VIER RUITERS

1 September 2019  Sondagoggend  05.04

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die wysie van die rylied van Oorwinning, runnik daar `n Glansperd
en sy ruiter is Wit. Sy ambag heet intellektueel, ja, van `n ingenieur,
tot die heel beste smit.  In sy een hand hou `n ontwerpersboog en
in die ander hand `n slingervel met `n skerp klip.  Hy wys vir die
wêreld Sy tande en vir die konings uitdagend Sy lip.  En dit, terwyl
Hyself, soos `n Koning, op Sy witperd sit .  Hy begin sy heelalrit en
agter Hom volg `n skrikwekkende engeletroep in gelid.  Kyk, hy neem
sonder skroom Sy derde en dit is te laat, om nou te begin bid.

Op die wysie van die rylied van die hel, runnik daar `n Swartperd en
sy ruiter is geklee in swart.  Hy sing vanuit volle bors:  O, smart op
smart.  Kyk, ek eis die wêreldling se lewe en ek eis sy hart.  In
refrein neurie die demone saam, om die mens te tart.  Ja, hulle sing,
voeg by die mens se ellende, nog `n volle maat smart.  So val ook jy o,
skaal en eis jou volle kwart.  Laat geheel die wêreldburger nou
waansinnig, heeltemal verward.  Raka speel in `n oogwink klaar met `n
grote stad.  Eers te droog dan te nat.  In die rantsoene van die
misoes, is daar weinig koring, gars, wyn of olie oor op die
winkelrak.

Op die wysie van die rylied van Edom, kom op die droewige klank van
doedelsak, `n ruiter aangery en sy perd is vuurrooi.  Kyk, dit is `n
volbloed Engelsman in `n skotsrok getooi.  Ja, terwyl hy sy lyf,
windmakerig, vermakerig, rondgooi.  `n Isiegrimmige Ier begin hom van
agteraf met `n sambok uit te looi.  Die Engelsman trek sy mond op `n
afskuwelike plooi en in sy selfopgemaakte kooi, knyp `n venynige
vlooi.  Dit wat hy begin het kan hy nie voltooi en daarom sal hyself,
sy graf, oor hom moet toegooi.  Kyk, geheel die Weste en wêreld word
na sy twis en onmin genooi en wat hierop volg is glad nie mooi.

Op die vreesbevange wysie van die rylied van die Dood, kom daar `n
Vaalperd, met sy ruiter `n geraamte en diè gaan heeltemal oorboord. Hy
jaag waansinnig van bak- na stuurboord en globaal open hy die hel se
poort.  Hy sing:  My Vaalperd is `n wilde harlekyn, ja, `n vreeslike
sikloon.  Hy galop eers in sirkels en hardloop daarna `n reguit lyn.
Om net hierna oor die horison te verdwyn en daarna weer, onder `n nuwe
naam te verskyn.  Die ruiter van die dood sing:  Ek drink my bloedrooi
wyn en bring hope smart en pyn.  Onder vloed, droogte, aardbewing, pes
en hongersnood, sal die mensdom wel wegkwyn.

 

Openbaring 2737

IN DIE STILTE VAN DIE TYD

2 September 2019  Maandagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die stilte voor die groot storm, het ongekende vrees op die planeet
neergedaal.  In die groot wêreldkatedraal het die pous vir oulaas,
godslasterlik, gesmaal.  Hy roep:  O, kyk net hoe het die leuenkerk die
mens gefaal.  So het ook `n seniele rabbi heeltemal tussen al die
geloofsdominasies verdwaal.  Hy het waansinnig uitgeroep:  Vergeet
nou die kosher en bring vir die Jodedom halaal.

Die Weste het hierop geantwoord:  Dit is nou die tyd vir die Ooste om
al haar skuld te betaal.  Maar hierdie stelling was heeltemal fataal
en die oorlog wat hierop sou volg was enorm kolosaal.  Kyk, die
bankiers en die grotes staan hierna gestroop en kaal en die konings
van die aarde, kom nooit weer tot verhaal.

Die pes hardloop ook nou wyd.  Daar is geen genesing of kuur vir
hierdie vreeslike kwaal.  In die onbeskofte kwarantyn, verkeer
buurlande glad nie meer met mekaar sosiaal.  Daar is geen koring of
olie oor, op die wêreld se handelskaal.

Met goud, silwer en ook ru-olie, uitgedien en fataal.  Waarmee sal die
mens nou vir haar oorlewing moet betaal?  Maar Sion wys haar staal
want om elke hoek en draai, grynslag gewetenloos, nou die mensvreter
kannibaal.

O, staal op staal, in die kernbomverhaal, hang die een na die ander
president, nou aan die galgtoupaal. In die groot stilte voor die
storm, daar waar die eindtyddeuntjie draal.  Ja, daar waar vrees op
vrees, op die planeet neerdaal.

So begin pous, biskop en priester so verbaal, vir oulaas te laster, in
die gruwel vatikaan, se goedkoop, goudbeslaande, katedraal.  Kyk,
dit is die tyd en oor die resultaat van die groot leuen, word nou uiters
duur betaal.

 

Openbaring 2738

HEES IN DIE KEEL

3 September 2019  Dinsdagoggend  04.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die basuinblasers blaas hulself hees in die keel.  Hulle roep:  Dit is
nou tyd, breek daarom die eerste seël.  Kyk, die plaag kan nie ophou
teel en die owerhede nie ophou steel.  In die stormloop van die groot
muit en plunder, kan niemand hulself beteuel.  Ja, daar waar uitgebrande
stede, steeds, in hulle as nog smeul.

Daar is niemand wat die land kan heel en die verseëldes begin hulle
erg te verveel.  In die Kaap brand binnekort ook die ou kasteel.  Die
reënboognasie, word nie in twee, maar wel in vier, vyf, ses of sewe
dele verdeel.  En nie een van hulle, is aan te beveel.

In die verskillende geloofsdominasies se gedweep, klink die harde slag
van God se sweep.  Die boodskappers roep hulle self hees in die keel:
Dit is tyd, breek daarom o, aartsengele, nou die tweede seël.

 

Openbaring 2739

EKSTREEM WARM EN KOUD

4 September 2019  Woensdagoggend  01.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Net `n bietjie suiker en net `n bietjie sout.  Kyk, daar is geen
mieliemeel of net `n handvol hawermout.  Met die somerhitte warm,
versmorend, benoud,  staan die winters daar, so bibberend koud.

Met die dowwe glans van silwer en goud, o, hoe kosbaar, duursaam
skyn nou die eenvoud.  Met geen elektrisiteit of gas, is dit nou papier en
hout.  Daarvoor boet onregverdig, die bos en woud.

O, fout op fout, vir die mens se behoud, het hy hom so onnodig, in die
rykdom van die planeet verstout.  Op los sand was die mens se
infrastruktuur gebou en op nuttelose geld was die hoop gehou.

Met vuishou op vuishou, begin die volke en nasies mekaar uit te jou.
En in die arendsklou hang die dooie kuiken, van die eens uitspattige
pou.  Kyk, die bedelhand word tevergeefs na mekaar vir hulp uitgehou.

So brand die vlam van hoop nou flou en in die skemerlig word die
wêreldgraf gegrou. O, die lug is grys en grou want die mens se liefde
vir God was mos flou.  So, laat die kinders ween en die moeders rou.

Luister hulle roep:  Gee ons net `n bietjie suiker en `n bietjie sout.
Kyk, daar is geen mieliemeel of `n handvol hawermout.  En met die
somerhitte, so versmorend warm, kom die winters, bibberend, tot
sterwens toe koud.

 

Openbaring 2740

DRIE WEë WAT VERBYGAAN

12 September 2019  Donderdagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In drie helder ligte, het drie manne voor my kom staan.  Heilige
woorde, het vanuit aldrie se monde gegaan.  Die Eerste het na vore
gestaan en dit wat Hy uitgespreek het, was  te wonderlik en soms ook
te moeilik, om weer te gee of te verstaan.  Maar die volgende woorde,
het Hy geroep, moet vanuit die ink in jou pen, oor papier gaan.
Weet, dit wat ewig in klip uitgekap is, sal vir ewig vasstaan.

Hy het gesê:  Kyk, Jakob-Israel, sal in die gedaante van die
verseëldes, as Elohim se uitgesoekte Boere, die oorblyfsel, van die
Illuminati verslaan. En van die sogenaamde eenwêreldorde, sal
niemand meer in lewe voortbestaan.  Kyk, hiermee saam, sal die
derde weë in vervulling, verbygaan.

Die tweede wese het luid geroep:  Maar voor dit, sal die Gog en Magog,
eers teenoor mekaar opstaan.  Kyk, hulle mobiele weermaghoofkantore,
sal in die Suide van Afrika, teenoor mekaar opgeslaan staan.  Hulle
troepe, se wit- en kamoefleertente, sal wyd en ver, van oos na wes en
van suid na noord, oor die horison staan.

Die aarde sal verskrik uitroep:  O, waan op waan, met globale blaam
op blaam.  Ja, met  verskuilde atoombomme, van al die groot moondhede,
wat veral vanuit die Afrika kontinent, oor geheel die aardbol sal gaan. 
Maar in die verre Suide van Afrika, sal soldaat teenoor soldaat, man
teenoor man, tot die dood toe staan.  Op daardie dag sal pantser- en
tenkwiele, sentimeters diep, deur mensebloed gaan.  Kyk, daarmee
saam, sal die tweede weë verbygaan.

Die derde ligwese het hierna na vore gestaan. Hy het geroep:  Maar voor
dit, sal geheel die kosmostyd, sonder die mens op aarde se wete, stil
gaan staan.  Ja, sodat alle dimensies, as ewige getuies, oop kan gaan.
Kyk, vanuit `n eonoeroue tydvak, kom `n klip, nie so groot in omtrek
nie, maar met `n geweldige massa en digtheid, om soos `n koeël, tot
in hierdie tydvak, diep in die aardkors vas te slaan.  Die stof van hierdie
impak, sal tot by die maan gaan.

`n Derde van alle lewe sal vergaan.  Hierna sal homosapiens, mekaar
oor kos en lewensmiddele,  sonder om `n oog te knip, doodslaan.  Ja,
in drie helder ligte wat soos sonne skyn, het drie heilige wesens voor
my kom staan. En ek het geweet, die eerste, die tweede en die derde
weë, sal soos die koms van `n dief in die nag, onverwags verbygaan.

 

Openbaring 2741

DIE VONNIS

18 September 2019  Woensdagoggend  02.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

By die spruitjie Krit, het eens `n man gesit.  Hy het tot God gebid en
gesê:  O, kyk, U volk se hart, is hard soos klip.  So bring neer U
swaard en maak weer `n skoon snit.  Ja, sodat alles en almal, nog `n
keer, in twee kan split.

Wat is swart en wat is wit en wie is Boas en wie was Rut.  Kyk, vanuit
hul kronieke, kom die Kind in die krip.  Vrede was die veronderstelde
begrip, maar nyd en haat, het dit vinnig kort geknip.

So, laat die onrus nou oral borrel en ook gis, sodat Kaukasies en Kus,
die heeltyd met mekaar kan twis.  Ja, tot op die dag, wanneer die
groot Rus, beide kante, bykans heeltemal, uit gaan wis.  In oorlog
moet die mens nou maar berus want daar is niemand wat die vlam
en vuur, meer kan blus.

Oor die aarde sak `n digte mis en in hongersnood kan niemand ontspan
of rus.  Kyk, die Pes span haar net en die Dood gooi sy lus en dit is
net die Godverseëldes wat die wrede lot, onaangeraak gaan mis.

In die minus sowel as die plus, lê die wêreldekonomie morsdood in haar
kis.  Vanuit die verlede tot in die hede - vanuit Genesis tot en by
Levitikus - het die kerk die pot die heeltyd mis gesit. So, span nou die
perde voor die oorlogswa, julle kinders van Logis.  Deurboor die
liberalis, hulle wat vrede roep, terwyl daar oral net waansin is.

O, kyk o, wêreldling, jy word nou gevonnis en dit is seker en gewis.  By
die nuwe spruitjie Krit, het die profeet weer loop sit.  Die volk het op eie
stoom, hard probeer om te bid.  Maar in plaas van brood, bring die kraaie,
vir hulle harde, droë kluit en klip.

Ja, die kraaie bring `n giftige slang in plaas van edelvis, terwyl daar bitter
Mara in hulle drinkglas drup. So, bring o, God weer U Swaard en maak
`n nuwe snit.  Sodat pa en seun, ma en dogter, broers en susters, se weë,
finaal uit mekaar kan split.

 

Openbaring 2742

EERS DOMINANT NOU DORMANT

20 September 2019  Vrydagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die siel aan die hel verpand, loop vanuit die uurglas, nou die
laaste sand.  In die eens geseënde, maar nou vervloekte land, staan
ongeseënde seuns en dogters, gebore vanuit die basterskand.

Die eens trotse Boer so aktief, dominant, maar nou net uitgedien en
dormant.  Hulle lê verdruk, vertrap, verstrooi, verstoot, weggegooi
eenkant.  So, waar o, waar, eens so geliefde Vaderland, is soveel van
jou kinders, nou in anderland?

Met geen identiteit, net nog `n vlugteling, sonder hoop gestrand.  Ja,
met hul siel vir veiligheid verpand, loop hulle nie meer met God, in
geloof, hand aan hand.  Maar kyk, o, dogter van Sion, jy verdrukte, wat
steeds woon in Suid-Afrika, jou El, jou God se Naam, is nie sonder
rede Yah.

Kyk onder jou hand, in Sy hand, lê verbrand, al die songod Ra, se
gruwellandsvlae. En  niemand hoor, o, Jerusalem, jou meer mor of kla
want jy gee almal slae en jy staan verseël, teen alle plae.

Terwyl almal om jou van honger gaan vergaan, staan op jou landerye,
groen jou graan.  Maar sal jy dit na ander toe laat gaan, sal dit vinnig
onder vog, muf, brand en miet vergaan.

In daardie dae, wei vet jou skaap, jou bees en ook jou slaghaan.  In
menig dogters en seuns, begin jou nuwe nageslag, groot op te staan.
Ja, terwyl jou vroue, nie wil ophou kraam.  Onder jou vrugbare
vrugteboord en onder jou groen wingerd sal jy staan.  Terwyl jou
nageslag, tot en by die getal Sewe, in generasies, voor jou aangesig,
by jou verby sal gaan.

So, wees o, Boer, nie vreesbevange of beskaam.  Kyk, jou Goeie God,
vee van jou wange, elke bitter traan.  So sal jy die Liefde van Elohim,
nou goed begin verstaan.  Neem daarom nou Sy Hand en loop jou
lewenspad met Hom saam.  Kyk, jy is Migdol, die skaaptoring, waarom
al Sy lammers, saam sal staan.

In die nuwe Jerusalem, sal jy o, Sion, in die middel as die nuwe tempel
staan.  Jy is die bruid, wat langs haar Bruidegom gaan staan.  Jy is
die kryger, wat Satan teen gaan staan, terwyl jy hom, oor die ewige
afgrond gaan verslaan. Maar bowenal gaan vanuit jou eersteling-
weergeboorte, die nuwe tydvak, in die Melgisedekorde, tot seën vir
geheel die skepping, in die Seun, van die mens opstaan.

 

Openbaring 2743

ENGELAND DIE GROOT GRAP

23 September 2019  Maandagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die bloed die spat met snot en trane wat na alkant toe spat.  Die
koeëls die klap, terwyl die hel, uitspattig hande klap. Die heelal
skaterlag.  Voor haar speel af, geheel die tyd, se heel grootste grap.

Die aarde wag, terwyl die Ooste na haar lagbui, na haar asem snak.
Ja, selfs die hemel lag oor Engeland, die heel grootste, goedkoop
grap.  Rusland lag so onbeheerbaar hard, sy maak haarself, papsop,
nat.  Sy maak haarself vinnig droog, om die skouspelgrap, weer
laggend te kan hervat.

Die bloed die spat met snot en hare wat na alkant spat.  Die opge-
rukte liberale, Engelse 'aunties' loop, dat hulle hakke uitdagend, op
die sypaadjies klap . O, hul pluk `n lat vir Engeland se eie gat .  So
begin hulle om die eerste stene, vir hul eie selfmoordskavot, te
pak.

Die res van die Engelse 'government' grou `n reuse gat, ja, vir hul
nasie se massagraf. O, binnekort gaan die euro saam die pond, in elk
geval verswak, terwyl al wat immigrant is, in Engeland gaan plak.  Met
die Britse medies, reeds klaar verswak, raak in elk geval, alle
voorraad, skaars, op die winkelrak.

Ook die pensioenfonds raak onverwags tot op sy bodem bitter vlak. En
vir so `n land is die hemel lankal sat.  So laat God dit reën, tot by
menig baie dak.  Dit raak onmenslik koud, met alles onplesierig nat.
Maar Engeland moet steeds as gasheer, kos, voor vreemdes neerplak.

Die bloed die spat met snot en trane wat na alkant spat, terwyl `n
volk nou in twee dele gaan vertak.  Voor die groot geveg skud niemand
meer met mekaar die blad.  Ja, voordat konserwatief en liberaal mekaar
in `n bloedbad gaan vat.  Oor al die bohaai begin die ou koningin se
hart te verswak en nie een van die wêreldgrotes, loop meer oor haar
bloedrooi mat.

Ja, want Engeland is nou een enorme grap.  Al die Oosterse sjeiks keer
haar die rug - hulle noem haar `n klad, net `n weggooibasterbrak.  Die
bloed die spat met snot en trane wat na alkant toe spat.  Die koeëls
die klap, terwyl die hel van lekkerkry, uitspattig hande klap.  Die
kosmos skaterlag, oor Engeland, die heelal, se heel grootse, goedkoop,
grap.

Maar die liberale Engelse 'aunties' wat nie in hulle onnoselheid, kan
of wil verslap, die loop dat hulle hakke aggressief op London se
'pavement' klap.  En terwyl die dood nou spottend agter sy oor begin
te krap, speel hy vir Engeland, `n dodemars, op sy vuurvlamme-
helleharp.  Ja, vir Engeland wat so ywerig in selfmoord, na hul eie
geboude, galg, aanstap.

 

Openbaring 2744

YAH

25 September 2019  Woensdagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Hallelujah o, my YAH, U is my Vader-EL, U is my Meester, Koning-Shah.
Hallelujah o, my YAH, U is my Redder, my Verlosser, my YaHWeshua.
My liggaam spel in elke sel, van my DNA, U Grote Naam, o my YAH.
Daarom wil ek in die nuwe kennis, van my nuwe lied, aan U vra. Ja, ek
wil U vra, dat ek U vir ewig altyd, in my hart rond mag dra.

Hallelujah o, my YAH, U is my Vader-El, U is my Meester, Koning-Shah.
Hoelank is ek nie in my swakheid, so geduldig deur U rondgedra?
Hoelank het U my nie in my sonde toestand ook verdra?  Oor die oerval
van U seuns, het U nooit gekla, maar geduldig het U hul saggies, na U
Grote Liefde teruggeja.

Hallelujah o, my YAH, U is my Vader-EL, U is my Meester, Koning-Shah.
U is my Redder-Verlosser, U is my YaHWeshua.  Netsoos die profeet
Jesaja, sal ek roep:  U is my Maker, U is my Man, verseël daarom op my
voorhoof, U Grote Naam, o, my YAH.  Daarom sing ek my lied uit volle
bors, hallelujah-hallelujah, o, my YAH. My liggaam spel in elke sel van
my DNA, U Grote Naam, ja, alleen U Naam, o, my YAH.

 

Openbaring 2745

IN DIE GRENSE VAN DIE ORDE

2 Oktober 2019 Woensdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die begin was die Woord en die Woord was God.  God was Liefde en
Liefde was van alle ewigheid af, die enigste gebod.  Alles in die
skepping het in wording onder die Liefde gebod.  Die Liefde het
haarself in alles uitgestort, om daarna haar skepping trou en teer te
versorg.

God het in Adam, `n vrugbare wingerd aangeplant en die mens was in
getal soos die seë se sand.  Tussen die veilige grense van Orde, was
die Goddelike seën, aan die mens se kant.  Maar die mens het die
Waarheid vir die leuen loop verpand en spoedig was die mens, in
enorme, wanhoop gestrand.

Met elke man se grondgebied nou andermansland, verloor die wêreldling
heeltemal sy gesonde verstand.  So word in eenwêreldburgerskap, ja, in
basterskand, almal nou aan almal verwant.  In hierdie gruwelmengelmoes
had die hemel `n geweldige, weerstand.

Daarom roep die Oordeel:  Bewaar nou die handvol edelsaad, apart,
eenkant.  Maar laat die res van die stopsels en die kaf, in die
vuuroond beland, waar dit vir ewig sal verbrand.  Kyk, aan die einde
van dit alles, bly steeds die Woord en die Woord word die Oordeel en
die Oordeel is God.  Maar God bly ewig altyd Liefde en Liefde bly tot
in alle ewigheid, tussen die veilige grense van die Goddelike Orde,
die Groot Liefdesgebod.

 

Openbaring 2746

BEKER VAN GRIMMIGHEID

4 Oktober 2019  Vrydagoggend  05.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die beker van Grimmigheid, het die volke en nasies nadergewink.  Hy
het beveel:  Skink en drink sal jy o, mens nou daaruit drink want in
groot hoogmoed, het julle konings gedink, dat hulle as sterre helderder
as die son, ver bokant God se troon blink.

`n Groot gejammer het hierna oor die aarde opgeklink, want die beker
van oorlog, was tot oorlopens toe vol met mensebloed ingeskink.  Kyk,
daar kom `n dag en op hierdie dag word miljoene, in `n enkele uur, om
die lewe gebring.

So, wie bly daar oor, om op hierdie dag, die roulied te sing?  Ja, in
eens pragtige stede, nou  tot puinhope omgebring?  Terwyl die Groot
Verwoesting, wyd oor die aarde uit sal kring.  Al die handel en
oorlogskepe, sal tot op die bodem van die see sink.

Op daardie dag sal al die heldemone, uitspattig, al dansende, rond
rinkink.  Ja, op die maat van masjiengeweervuur, wat oor geheel die
aarde op sal klink.  Op daardie dag lê al die wêreldouers, wreed,
omgebring.  Met hulle kinders, vermink, daar waar hulle, in hul eie
plasse bloed verdrink.

Die aasvoëls sal seëvier, in die feesmaal van die dood, wat globaal,
onuithoudbaar, sal stink.  So word daar in die nabye toekoms, in die
Beker van die Grimmigheid, vir die nasies ingeskink.  Met die
aartsengele wat roep:  In opdrag van God, sal julle o, mensdom, drink
en drink, totdat julle geweeklaag, wyd oor die ewigheid sal weerklink.

 

Openbaring 2747

DANIëL

5 Oktober 2019  Saterdagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die liberaliste het gespot en gesê:  Laat die digter nou dig.  Die
digter het hom opgerig.  Hy het gesê:  Ek sien vier perde, met vier
Rigters as ruiters op hulle rug.  Daarom sal ek teen die ondergang
van die liberalis dig.

Op die eens edel rasegte Wiking se rug, tussen die verlede en hede
se reeds vergane brug, is die Weste nog net `n patetiese klug. Ja, `n
oor getatoeërde, glibberige, liberalis wat `n voorstaander van sy eie
soort se aborsie en ondergang is.

Na al wat gruwel is, neig sy drang en lus.  In die gedaante van `n
fopdosser, herrys hy as `n afskuwelike Enug.  As `n dor, dooie,
vyeboom, dra hy geen blare of vrug.  Dit, terwyl hy al die Ordes van
Elohim in elke opsig ontstig.

So moet hierdie liberalis, alles wat heilig is, altyd om hom ontwrig.
Onder die leiding van hierdie denke, word die groot gruwel, tot finale
ondergang van die wêreld, opgerig.  Die wêreldbewoners word sonder
enige keuse of vrye wil, onder hierdie afskuwelike wette, daartoe
verplig.

So raak dit tyd, vir die meer konserwatiewe Juda, om hom met sy
angswekkende brul, op te rig.  Ja, terwyl hy Oos en Wes, met `n
gedetermineerde wil ontstig.  Kyk, die verlede het in die hede ontvlug
en die profeet Daniël is ook nou terug.
Om te kom aanskou, die vervulling van sy eie, eens toekoms-
droomgesig.  Die droomgesig van `n groot leeu, met arendsvlerke
op sy rug, nou uitgeruk en soos `n mens op sy voete neergesit.

Alhoewel ietwat te laat, word die Wysheidshart, in `n gedeelte van die
Weste teruggesit.  Hierna word die groot beer Rusland opgerig, met
drie kaalgevrete ribbebene wat in sy bek vasssit.  Aan hom is gegee
om in groot oorlog, baie vlees in sy buik weg te sit en hy was hieroor,
uitermatig, berug.

Hierna het hy in sy baie kort wêreldkoalisieregering, swart kolle,
soos diè van `n luiperd op sy rug en alles wat heilig is, sal voor sy
aankoms uitvlug.  Maar hy word baie vinnig vanuit sy heerserstroon
gelig.

Kyk, `n klein horinkie, het nie vanuit mensehande nie, maar  onder die
leidingshand van hemelwagters se toesig, geheel die Asiëkontinent,
sowel as die twee Amerikas, uit hulle heersersitplekke gelig.

In nog `n naggesig, het die aartsengele, om die Glansryke Troon van
Elohim gaan sit.  Daniël was deur die grootheid daarvan heeltemal
ontstig.  In tienduisend maal tienduisende in getal, het die hemelwesens
in verrukking gesug, want die Seun van die Mens was uiteindelik as
Koning terug.

Hy het in volmaakte Heerskappy op Sy Troon, op Sy Berg Sion gaan sit.
Die duisternis, die donkernag, het voor die Glansrykheid van die
Nuwe Dag weggevlug.  Ja, met die nuwe Jerusalem, nou vir die nuwe
Tydvak, in volle vrug.

 

Openbaring 2748

DIE PRYS VAN VERRAAD

10 Oktober 2019  Donderdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Iskariot, roem homself eens, as `n groot Israelitiese patriot, maar
tot in sy diepste wese, deur Satan geinfiltreer, was hy verrot.
Agteraf het hy gehoon, gelag en gespot en meesterlik, smee hy
teen selfs sy God, `n bose plot.

So sit Boer, nou mede Boer, in skaak en Israeliet, pleeg teenoor
Israeliet, afskuwelike verraad.  O, hoe agterbaks, grynslag, die
skynheilige gelaat.  Kyk, terwille van materiële oorlewing, begin
verraad, haar op die ondergang, van eie bloed te verlaat.

Boesemvriende en bloedfamilie, begin mekaar, sonder meer te
versaak. Ja, oraloor heers nou net die draak.  In plaas van liefde is
dit net haat want die woordjie Goed, het die mens verlaat en die
verstand produseer net kwaad.

Vir minder as dertig een sent stukke, skik sogenaamde christene,
bloot vir die grap daarvan, of uit nietige weerwraak, so maklik tot
ondergang van hul naaste, `n onregverdige, regsaak.

Die Oorloper bly `n sot en daarom lag die idioot so vertraag verspot.
Kyk, in selfmoord, in `n alhoe nouer wordende kring, sirkel die ewige,
onnosele mot en op die skavot, verloor die verraaier, oor die algemeen,
altyd, heel eerste sy kop.

So verseël o, Gabriël, nou op die uitverkorenes se voorkop, die Heilige
Naam van YaHWeh, hulle God.  Werp o, Michael op die verlorenes nou
die uiteinde lot.  Ja, open die hemel se grendelslot en stuur oor die
aarde, die vier perde van Openbaring, op `n stywe, Oordeelsgalop.

Stuur vir Elia met sy vuurperdewa en maak van die son `n wrede
kookpot.  Stuur die droogte en plaas op alle vrugbaarheid `n verbod.
Seën die voetganger as`n gulsige sprinkaan en vermeeder in onge-
kende plaag, ook die rot.

Laat die koring en die graan in die silo`s verrot en laat die wingerd
en die boord, ook ophou bot.  Bring in tweedrag, in verraad, teenoor
mekaar, die Engelsman en die Skot.  Kom o, Uriel en laat die valse
vrede, op elke gebied flop.

Maak van die wêreldpolitiek een groot, oorkokende, giftige pot en
laat elkeen wat teen hierdie woorde spreek of plot, in die diepte van
die doderyk, onder die aanslag van die maaiers verrot.

So, waarby sal die mens nog baat want deur bloedverraad op verraad,
gaan die Gees van God, die mens nou verlaat.  So werp o, Judas in
verraad, nou jou heel laaste kaart.  Strooi hierna as op jou hoof en
skeer al jou hare en ook jou baard.

Ja, want in plaas daarvan om alleen, getrou, vir Elohim se saak te
waak, het jy o, mond van verraad, met die gesplete tong van `n slang,
God, sowel as Nagash, se saak nagepraat.

 

Openbaring 2749

LEWE NA DIE DOOD

12 Oktober 2019  Saterdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Iemand skryf en sê:  Dikwels kom daar vanuit kerkgeledere, sowel as
lekepredikers, die boodskap en standpunt, dat daar geen lewe, hemel
of hel, na die dood is nie.  Maar wel dat die “ontslapenes” in `n ewige
slaaptoestand sal verkeer, wat niks anders as `n totale nonbestaan
is nie.

In `n niksseggende troos, word hulle leerlinge egter verseker, dat God
hulle iewers in Sy databasis sal onthou.  Waarna Hy hulle, in `n
onsekere, onmeetlike ewigheid, vanuit hierdie totale niks, sal laat
herlewe.

My antwoord is:  God ons Elohim, is `n God van lewendes en nie van
dooies nie.  Tydens Sy Menswording hier op aarde, word Hy op `n
geleentheid, gekonfronteer, deur legio (`n duisend demone),
gemanifesteer in die gedaante van `n besetene, wat pleitend, voor
Hom neerval.

Ja, met die vraag kom U nou al, o, Lewende God, om ons terug te stuur
na ons plek van straf?   Dikwels het ek in soortgelyke debatte en
argumente, die voorstanders - van daar is geen lewe na die dood nie,-
met hierdie feit gekonfronteer.

Waarmee hulle dan ook dikwels, heelhartig, saamgestem het.  Ook het
meeste van hulle, die feit beaam, dat demone niks anders is, as die
afgestorwe, selfveroordeelde siele, van mense.


Nou sal ek graag wil weet, waarom hierdie onverbeterlike “duiwels”,
die voorreg het, om redelik vry, as aktiewe selfbewussyne, nie net in
die geestesrealem nie, maar ook in die liggaam van `n man, hier op
aarde, voort te bestaan?  Ja, terwyl `n kind van God, ewig as `n niks,
in `n totale nonbestaan moet verkeer.

My Verlosser, het as Mens, ons kom leer, dat daar in die huis van ons
Hemelse Vader baie wonings is en dat Hy gekom het, om vir ons daar
plek te berei. Daarom het Hy dan ook tydens Sy Menswording, vir ons
die dood op Golgotha kom oorwin.  Sodat ek en jy vir ewig aktief, in
volle bewussyn, by Hom kan lewe.  Ons lewe hier op aarde is `n toets
en in hierdie toets, streef ons daarna, om deur Sy Groot Genade, die
ewige lewe te beërwe.

In die rede en die argument, van die voorstanders, dat daar geen lewe
na die dood is nie, kom dit daarop neer, dat ons, Oneindige, Lewende,
Liefdevolle God, onbevoeg is, om Sy geliefde kinders, om Hom, in `n
lewende selfbewussyn, te akkommodeer.

Dink net wat sou dit die mens, wat geskape is na die Lewende Beeld van
God baat, om kinders te baar.  Om hulle net daarna te beveel, om te ver-
dwyn in `n nonbestaan.  Ja, met `n vae belofte, dat jy hulle in jou geheue
sal bewaar, totdat jy dit eendag nodig mag vind, om hulle, tot jou voordeel,
te laat herlewe,

So, laat die voorstanders van, - daar is geen lewe na die dood nie,- as self
lewende dooies, hulle dooies loop begrawe.  En laat die wat wil lewe, as
lewendes, na siel en gees, aan die einde van hulle aardse liggaam, hulle,
by hulle Lewende God voeg.  Waar hulle aktief en werksaam in die Liefde,
vir ewig, by Hom en in Hom, salig, kan voortbestaan.

 

Openbaring 2750

DIE BESOEDELDES

15 Oktober 2019  Dinsdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Deur die stalkneg se kind, het die Engelse woord “bastard” weer sy weg
terug na die woord baster gevind.  So, luister na die eenwêreldlied wat
globaal opklink en weet die ontsettende beker van pyn en verdriet,
word nou tot oorlopens toe vol ingeskink.

O, wat het die mens gedink, om die suiwer DNA in sy kroniek te vermink?
Ja, Nagash het gelok en gewink en in wellus was Eva totaal blind.
Daarom moes alle vlees, in die dood ontbind.

Ook die hemelwagters het dit goed gevind, om deur vermenging en
kloning, hulle kinders se weg vanuit die geestesrealm, tot in die
materie, in vlees te vind.  Vanuit mens en dier is `n handvol suiwer
DNA, tot oorlewing, in `n ark saamgebring.  Maar al die besoedeldes,
het in `n enorme vloed verdrink.

Die suiwer kroniek het voortgeleef, maar die groot valsprofeet Bileam,
het vir die konings kom dink.  Satan se vermengings-, besoedelingsleer,
is weer na die mens, tot diè, se ondergang gebring.  Luister daarom
nou na die moderne, sinnelose, selfmoordlied, deur liberales, tot
ondergang van die mens, na die aarde gebring.

Kyk, die koudbloedige, reptielhekse, dans in `n boosaardige kring.
Hulle kronkel in `n seksuele, gemengde rydans, soos `n slang en
hulle lok en hulle wink.  Ja, terwyl die dood, weer ver en wyd, oor
die aarde uit gaan kring.

OPENBARING 2751 VOLG OP VOLGENDE BLADSY