Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

 

Openbaring 2551

LUISTER O, DWAAS

22 Februarie 2018  Donderdagoggend  10.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Luister o, dwaas, na die basuin wat blaas, terwyl al die elemente so
woed en raas.  Kyk, o, dwaas na die aasvoëls, al sirkelend om die aas
en weet dit is om jou eie karkas, wat hulle so draai en raas.

Luister o, dwaas, soos `n brulpadda het jy jouself, eens in hoogmoed
opgeblaas, terwyl jy jou so blitsig soos `n kolhaas, na al die blink
wêreldskatte sou haas.  Luister daarom jou liberale wêrelddwaas, na
die opruiende massas, se moorddadige geraas en weet die aasvoëls is
besig, om toe te sak, op jou, die aas.

So, luister noukeurig o, wêrelddwaas, na die groot rumoer en geraas,
ja, met soveel vure aangeblaas, oor dorpe, stede en plaas,  Kyk net
na al die verrottende karkasse van mense en diere, al stinkend
opgeblaas en weet die groot pes het gearriveer, om geheel die wêreld
te kom plaag.

Sien o, dwaas, die son sit laag, maar steeds redeneer jy, die tyd is
uiters traag.  Kyk, tien wyse maagde het alles gewaag en die tyd het
gekom, vir hulle Bruidegom om op te daag.  Luister daarom na die
treurmare van vyf dwase maagde, in groot geweeklaag en weet vir hulle
was alles tevergeefs, ja, om die behoefte na materie, te behaag.

Luister o, dwaas, na die basuin wat blaas en weet vanuit duisende, is
daar net een of twee, wat die groot toets gaan slaag.  So, wat o,
wêreldling, maak jy op die dag van Oordeel, met al jou prag en praal?
Kyk net na jou wêreldvlag o dwaas, dit hang droefgeestig, so halfmas
aan sy paal.

Jou konings en bankiers staan gestroop en kaal.  Ja, die ryperd van
die dood heet Vaal, want jy o, wêreldkind, het God in elke opsig net
gefaal.  Luister daarom na die groot Goddelike stilte, wat oral
neerdaal, terwyl jy jou tevergeefs, teen die ergste Oordeel ooit,
probeer staal.

Luister daarom o, dom wêrelddwaas, na die geskal van die Groot Basuin
wat daarop blaas.  Kyk om jou heen en sien die elemente wat woed en
raas.  Sien die aasvoëls wat nader kom vir hulle groot feesmaal, ja, al
sirkelend, om jou, die dooie, wêreldaas.

 

Openbaring 2552

WANNEER YAHWESHUA KOM

2 Maart 2018 Vrydagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, kyk net na die wonderskone strale van die groot Geestesson, ja,
daar waar dit in `n helder dagbreek, oor die donkernag opkom.  Oor die
uitstorting van die Gees, staan ek diep verstom, terwyl dit soos `n
spierwit hemelblom, in my hart oopblom.  Kyk net na die strale van die
groot Geestesson en weet dit is al die glansryke hemelwesens wat
opgewonde om YaHWeshua saamdrom.  Juig daarom o my siel en kyk nie
eenmaal terug of om, want ook jy deel in hierdie, onuitspreeklike,
geestesrykdom.

Al val daar `n duisend aan my linkersy en tienduisend aan die
regtersy, is daar geen demoon of mens wat my sal onderkry.  Kyk,
rustig sal ek my, by die voete van my Verlosser neer gaan vly.  Ja,
terwyl ek my, oor Sy groot oorwinning, oor my vyand sal verbly.  Kyk,
Hy verbreek my juk van slawerny en in my diepste nood, bly Hy getrou
by my.  Hy is my Pottebakker en ek is Sy klei, terwyl Hy my
weergeboorte vir my voorberei.  Aan `n folterpaal het Hy die stryd
klaar vir my baklei, ja, om die weg na die ewige lewe vir my uit te
plavei.  O, Hy gee my krag om die versoekings te kan vermy. Ja, terwyl
Hy my, van Satansbindings heeltemal bevry.

O, kyk net na die Witperd op die horison, op die spierwit wolke van die
Gees is Hy aan die kom.  Sy ruiter heet, Elohim se Woord en Hy is Sion
se langverwagte Bruidegom.  Ja, Hy kom, Hy kom, tot verlossing van Sy
aparte heiligdom.  So, wie van die verseëldes vrees nog die dag van
Armagèddon.  Kyk, daar is nie een van Syne, wat op daardie dag, om sal
kom.  Verbly jou daarom o, Sion, wanneer Raka, gevaarlik vir jou begin
te grom.  Weet op die dag, wat hy na jou in oorlog kom.  Op daardie
dag gaan die Allerhoogste, Self, vir jou opkom.  Kyk, jou vyand se
gruwels weeg voor God, `n ongekende ton en daarom kom hulle, tot op
die heel laaste man, vrou en kind, almal om.  So, kyk net na die
wonderstrale van die Geestesson, ja, daar waar dit in helder dagbreek,
oor die donkernag opkom.

 

Openbaring 2553

GODSVERRAAD NA OORWINNING

13 Maart 2018 Dinsdagoggend 02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Afskuwelike vlag word desperaat omhoog gehou en rokend brand die
laaste lig van die lamp so flou.  Dit, terwyl `n vertrapte volk,
desperaat, aan die laaste oorblyfsels van `n verrottende, feesmaal
vasklou.  Op die politieke rommelhoop van gister, was gepoog om `n
belaglike toekoms te bou.  Daarom moet geheel `n reënboognasie, haar
dom besluite, diep berou.

Ja, `n afskuwelike vlag word desperaat omhoog gehou, terwyl die
geldgod treurig sy eie graf begin te grou.  Ek hoor `n stem wat vra:
Wie loop daar, soos `n gebreklike, mank makou?  Kyk, dit is dieselfde
dier, wat eens so spoggerig met die geplukte vere, van die Pou sou
skou, ja, `n daad, wat geheel die wêreld, diep sou berou.

`n Afskuwelike vlag word desperaat omhoog gehou, terwyl die engel van
die dood, sy oë, oor geheel `n land vernou.  Kyk, daar staan twee
langs mekaar, die een se oë is swart en die ander een s`n is blou.
Nie een van die twee, was aan hulle wortels getrou.  Daarom gaan
geheel hulle samelewing dit diep berou.  Beide is besig om mekaar met
dreigemente toe te snou.  Ja, omdat altwee weet, God se Oordeel het
gekom en dit is nou.

`n Aaklige vlag word desperaat omhoog gehou en die lamp van liefde
brand rokerig flou.  Ek sien weer twee langs mekaar en die een is nie
meer aan die ander getrou.  Kyk, dit is nou pikswart oë, in pikswart
oë, wat mekaar oorlogsugtig aanskou, met `n bloederige kapmes, oor
mekaar se hoof gehou.  Daarnaas staan nog twee, met bruin en blou oë,
wat mekaar stip aanskou en die roer word dreigend, na mekaar uitgehou.

`n Brandende vlag word nou oral omhoog gehou, terwyl alle kleure en
geure, al huilend en kermend, oor gevalle naastes rou.  Met vingers gedruk
in geliefdes se bloed en daarna in houtskool en roet, word `n nuwe
oorlogskamoeflering, in `n God's eed, op wit gesigte, in wraak-
vergelding, uitgehou.

Luister na Juda se bloedstollende kreet, in `n deurdringende,
verlammende skrou en uiteindelik toon die vertrapte volk, voor Elohim
hulle berou.  Die urine van vlugtende menigtes begin die grasvlaktes
deurdou en die mis van die vyand sal vrugbare grond vir die nuwe
tydvak bou.  `n Pragtige skitterwit vlag word uitdagend vir Elohim
omhoog gehou en die staande troepe daarvoor, bestaan uit kind, man en
vrou.  Die ongebruikte loopgraaf was toe die heeltyd vir die massagraf
gegrou.  Maar kort is die soet oorwinning, om te aanskou.

Kyk, `n Vrymesselaarshand trek in Godsverraad `n tou en `n
eenwêreldvlag word bokant God se vlag, die lug ingehou.  O, hoe duister
is die nag wat die aarde nou globaal sal omvou.  Maar kyk net na bo,
daar vanuit die diepste blou, daar kom die groot Arend, se Reddende
skrou.  Sion word veilig van die wêreldoordeel weggehou, want sy is
die een, wat die Nuwe Jerusalem sal herbou.

 

Openbaring 2554

RUSLAND DIE YSTERVUIS

15 Maart 2018  Donderdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek luister na `n groot vlerkgegons in `n magtige gedruis.  Ja, terwyl
`n Koelbries terselfdertyd saggies om my ore suis.  Ek hoor `n Stem wat
sê:  Kyk, vir geheel die Weste stuur Ek `n vreeslike kruis en Ek leen
aan Rusland my eie magtige ystervuis.  Ja, om, op Sion na, daarmee
geheel die wêreld te vergruis.

Ek luister na branders wat woes oor ruwe rotse bruis, terwyl tsunamis
oor vastelande druis.  Ek hoor `n Stem wat sê:  Laat Putin daarom nou
Rusland se vlag hoog ophys want binnekort betaal elke Joodse bankier
`n baie duur prys.

Ek luister na vreeslike haelstorms wat oor dakke druis.  Ek kyk op na
die hemel en sien hoe skrikwekkend open God Sy sluis.  Infrastrukture
betaal daaronder `n baie bitter prys en nêrens sien `n mens meer `n
heel gebou of `n huis.  Oral om my heen sien ek brokke ys, ja, in
gewig van tot drie kilogram, het dit groot omgewings heeltemal
vergruis.

Ek luister na soldaatvoete, marsjerend oor los gruis en kyk, in elke
land, raak Rusland nou so gemaklik tuis.  Hulle noem daardie land se
koning maklik `n lae luis.  Ja, ek hoor `n Engelse seemeeu wat droewig
krys, voordat die tande van die groot Rooibeer hom vergruis.

Ek hoor in vlerkgegons `n magtige gedruis.  Ek hoor `n Stem wat sê:
Kyk, vir die Weste stuur ek `n  harde bitter kruis.  Daarom leen Ek
aan Rusland my magtige ystervuis, ja, om daarmee geheel die wêreld
te vergruis.

 

Openbaring 2555

19 Maart 2018 Maandagoggend 01.30

HOE HET DIE “SUPERHELDE” GEVAL

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Superman, Superman, hoe het die helde nie geval?  Ja, al die manne van
groot naam het deur die eeue gekom, om maar net weer te gaan.  So
het ook die Delilas gekom en gegaan en die eendaglelie het in
skoonheid, slegs vir `n baie kort oomblik bestaan.  En al wat sou
oorbly, was net grynslaggende doodskedels, wat in vergete grafte sou
vergaan.

In die kortstondige oomblik van die mens se illusiebestaan, was die
enigste werklike oomblik, die oomblik, wat God al kloppend,
uitnodigend, voor die deur van hulle harte sou staan.  Ja, om hulle
te nooi, om saam met Hom op die weg, van die werklike, ewige lewe te
gaan.  Maar die meeste mense het hierdie Goddelike, gulde geleentheid,
vir aardse gewin, ewig verby laat gaan.  So het die groot helde, die
een na die ander. gekom en gegaan en al die manne van groot naam, se
glorie, het soos mis voor die son vergaan.

Konings o, konings, o, hoe het die helde nie geval en wie onthou nog van
hulle bestaan?  So het enorme ryke gekom, om net weer in vergetelheid
te vergaan.  Op slagvelde van nou en weleer, het ongekende getalle,
vir die roem en naam, van hulle konings dood gegaan.  Heerskappy, roem
en mag, was die enigste woorde, wat hierdie heersers, werklik kon
verstaan en daarom het volke en nasies mekaar in vreeslike
bloedvergieting verslaan.

Met `n uitroep na leiers, en nogmaals leiers, kan ook die Boervolk,
nie die werklike doel van hulle bestaan, so mooi verstaan.  Eens was
die Allerhoogste en Enigste God, hulle Koning en Leier, maar hulle
wou, dat `n menslike koning en leier oor hulle staan.  Dit is juis
deur al hierdie politieke leiers, dat hulle nou, in hierdie
verskriklike verknorsing staan.  Kyk, alweer, groepeer die "manne van
groot naam", om as leiers, nou kamma bymekaar te staan.  Maar in `n
kort oomblik van denkbeeldige roem, word hulle illusie, vinnig
stukkend geslaan.  Ja, voordat `n walglike Westerse wêreldorde, vir
roem, nader kan staan.

O, Lucifer-Lucifer, hoe het jou konings en helde nie geval en kyk, jou
manne van groot naam het gekom en gegaan.  Netso kortstondig, was ook
hulle Delilas se bestaan en die eendaglelies se skoonheid, kon nie
tot die volgende dag voortbestaan.  En al wat sou oorbly van milleniums
se mag, roem en rykdom, was grynslaggende doodskedels, wat in
verrotting, in vergete grafte sou vergaan.

 

Openbaring 2556

20 Maart 2018  Dinsdagoggend  03.15

WAT IS WYS EN WAT IS DWAAS?

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die dom dwaas het homself as wys vermom en die muis het gevaarlik vir
die leeu begin te grom en die groot roofdier het nie geweet, om die
piepklein soogdier, in sy nietige skuiling, by te kom.  Ja, die gees
van waansin, het oor die aarde, tot `n klimaks gekom.  Die rede en
orde, was oor al die chaos, heeltemal verstom.

Raka het in sy euforie gedink, hy is so slim en sterk, ja, netsoos die
vuur- en rookgod Dagon.  Maar hy was uiters dom en boonop nog swak,
siek en ongesond.  Daarom sterf hy maklik aan die geringste, septiese
wond.  Ja, van `n nuwe onbekende siekte, kom daar etter en bloed,
vanuit sy oë, neus en mond en in ongekende getalle, kom hulle daarvan
om.   Kyk, terwyl die hongersnood ook onverwags oor Raka kom, blaas sy
kinders, in die buik, op, netsoos `n groot ballon.

Die dwaas het hulself as wys vermom en daarom hou die wat werklik wys
is, hulself, in hierdie tyd, heeltemal dom en stom.  Kyk, die volmaan
baai en koester haarself in die strale van die son.  Maar sy
verduister vinnig, as die skaduwee van die aarde, oor haar kom.  Netso
verbly die gees haar, wanneer die Majesteit van Elohim, oor haar kom.
Maar sy verduister vinnig, wanneer die sorge van die wêreld, ja, van
die materie, oor haar kom.

Kyk net op na die hemel en sien die geweldige wolkkolom.  Weet
globaal is daar groot storms aan die kom.  Ja, luister na die weer wat
onheilspellend brom en weet dit is die Aartsengele wat oorlogsugtig
vir die mensdom, begin te grom.  Luister na die ritme van die Afrika
drom en na die dreunsang van Raka wat sing:  Hy is in oorlog, aan die
kom.  Kyk net na al die stede van glas en beton en weet dit is niks
anders as net papier en karton.  In die groot komende katteklismes,
val dit alles skielik en heeltemal onverwags om.

 

Openbaring 2557

DIE DERDE (NUWE JERUSALEM) TESTAMENT

24 Maart 2018  Saterdagmiddag  12.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In Heilige Akkoord kom die Woord en dit is Groot.  Die twaalf apostels
sing: Bring die Wyn en breek die Brood.  Die vier-en-twintig
ouderlinge antwoord:  Laat vloei daarom nou die bloed, van elke,
liberale filantroop.  Met hierdie Woord, gaan geheel die hemelskares
nou akkoord.  Daarom word geheel die wêreld, spoedig, vir drie en `n
halfjaar plus, in bloed gedoop.  Die twee Gerubs roep:  Kom o, Sion,
kom aanboord, kyk, die ark se deur, is slegs vir jou, nog op `n
skrefie oop.

In `n laaste Heilige Akkoord kom die Woord en dit is Groot.  Israel
sing:  Bring die bittersous en breek die laaste Brood.  Kyk, geheel
die wêreld begin waansinnig te koop en verkoop.  Maar met Mammon dood,
word die ekonomie nou heeltemal omgestoot en daarmee saam, sterf
geheel, die laaste wêreldhoop.  Al wat kortstondig heers, is die merk,
aan die dier, se Vrymesselaarsbokpoot.

In Aparte Akkoord, kom die Woord en dit is baie Groot:  Die profete
sing, dit is tyd, maak die Bileamsleer nou dood en bring oor geheel
die wêreld die ban, ja, vir elke baster in sy soort.  Oor die oseane
kom `n enorme oorlogsvloot en dit kelder elke boot, wat aan Babilon
behoort.  Kyk, sy ween en haar rou is groot.  Om haar nek, hang klaar
die selfmoordkoord.

In Heilige Akkoord kom die Woord en dit is geweldig Groot.  Die Ou en
Nuwe Testament gaan eensgesind akkoord en geheel die Waarheid
word in `n enkel sin verwoord.  Hierdie sin lui:  Slegs die EL in Elohim,
Alleen is Groot. Daarom word geheel die wêreld in Oordeel van die leuen
gestroop.  Alles en almal wat nie aan Hom behoort, word sonder enige
seremonie, oor die ewige afgrond gestoot.

Voor `n Glansryke Poort, kom in Heilige Akkoord, die Nuwe Lied, in
wonderskone noot.  Honderd-vier-en-veertigduisend, sing die Derde
Testament, in Goddelike Waarheidswoord.  Hulle word deur die Suiwer
Lam, YaHWeshua self, met Ewige, Lewende Lig, deurdoop.  Kyk, daar
bestaan geen menslike woord, wat die saligheid, van hierdie oomblik,
kan oordra of verwoord.

 

Openbaring 2558

DIE KLEIN OORBLYFSEL

24 Maart 2018 Saterdag 15.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Daar is `n oorblyfsel, voor U Aangesig, nie te gering.  `n Oorblyfsel
wat hulle loflied, voor U, hulle Koning wil bring.  Dit is `n
eenvoudige lied, wat geheel die kosmos sal deurdring.  Ja, met
woorde wat lui:  Nederig wil ons, ons liefde, ons hart en siel, in
verootmoediging, na U Kosbaar, Vadervoete, bring.

Daar is `n oorblyfsel om U, in `n al nouer wordende kring.  Kyk, die
edel-ent, word vanuit die woeste, wêreldwingerd, vir U koninkryk
herwin.  Ja, sodat Sion as die bruid, haar Bruidegom kan bemin.

Daar skyn `n lig vanuit die oerbegin.  Hierdie lig heet Elohim se eie,
Goddelike gesin.  Aan hul vinger pryk die Melgisedek ring en dit is
hulle taak, om alles gebind in die materie, tot volmaakte gees, te
besin.

Daar is `n oorblyfsel voor U Aangesig en kyk, die getalle is maar min.
Maar dit is U kinders, wat opgewonde, om U aandag, om U saamdring.
U het hul gelouter, maar daardeur het U hul goddelike talente, tot die
heel beste ontgin.  Ja, sodat hulle, U verlore seun, hul verlore
broer, terug vir U Vaderhuis kan win.

Daar is hier op aarde, `n oorblyfsel, voor U dierbaar Vadergesig,
glad nie te gering.  Daarom wil ons, U oorblyfsel, ons loflied, voor
U, ons Koningvader sing.  Kyk, dit is `n lied, waar die nederigheid,
uiteindelik die hoogmoed, sou oorwin.  Ja, dit is `n lied, wat geheel
die skepping, tot ander insig gaan bring.

 

Openbaring 2559

RAKA HUIL….

2 April 2018  Maandagmiddag  15.30

nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Lank genoeg sleep die tyd haar voort.  Lank genoeg word `n kleine volk
uitgemoor.  Ja, lank genoeg is daar teen die onreg verloor.  So,
luister daarom na `n demonekoor.  Open daarom die gehoor en laat
elkeen wat wil, dit duidelik hoor.

Raka huil sy ma is dood.  Raka ween sy smart is groot.  So, luister na
die Woord, dit is nou soort by soort, soos wat dit van alle ewigheid
af hoort.  Daarom word die vertrappingsgruwel, tot op die been
ontbloot.

Raka ween, sy smart kom in dubbeldoor.  Raka huil, groot teenspoed
word vir hom, in sy nabye toekoms, groot gestoor.  Ironies is dit nou
die Jood, wat sy ondergang gaan loods.  Daarom soek geheel die Weste,
binnekort met hom skoor.

Raka huil sy ma is dood, daarom wil hy baie vrouens saam haar die graf
instoot.  So, luister daarom na die eerste skoot.  Dit kom op `n baie
donker noot.  Raka sis en blaas, hy wil weet, wie het hom getoor?
Daarom soek hy nou, openlik, met almal skoor.

Raka huil, sy ma is dood.  Raka huil, sy smart is groot.  Hy slaan sy
drom en sing uitdagend in `n koor.  Hy dink hy wen, maar het klaar
verloor.  Kyk, ook die pes en hongersnood, gaan hom in alles voor. 
En binnekort, is daar vir hom, niks meer oor.


Openbaring 2560

IN ‘N SNEEUWIT(JIE) VERHAAL

4 April 2018  Woensdagoggend  06.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die weergawe van`n Sneeuwitjie verhaal, moet die Boervolk, baie
duur, vir hulle foute betaal.  Daarom het `n geestesdoodslaap, op
hierdie klein nasie, neergedaal.  Kyk, op haar  eerste, tweede en
derde verjaarsdagfees, het `n bose ongenooide gees, neer kom daal.
Ja, die Vrymesselaarsgees, verskyn vanaf haar geboorte, in die skone
land, in die Suide, in haar midde, so verblindend, ja, astraal.

Hulle boodskap lui:  Staan tussen koud en warm, altyd lou, so
neutraal.  Wees liberaal en maak Engels, jou tussenganger, sowel as
jou volksmondtaal.  Leef rojaal en vertoon jou prag en praal.  Maak
vir jou ikone (afgode) vanuit sporthelde en gaan druk vir jou
oorwinning, `n drie, daar tussen die paal .  Wees aan jou kerk,
uitermatig lojaal, maar jou God, die, mag jy maar faal.

Die liberale boodskap lui: `n Lewensmaat, mag jy maar uit enige
bevolkingsgroep, of geslag, vir jou loop haal.  Verkeer met almal
sosiaal en teel in met die pluraal.  Beskou jouself in hoogmoed, as
verhewe en fenominaal.  Ja, terwyl jou meer konserwatiewe broer,
vir al jou
foute, so duur moet betaal.

In `n Sneeuwitjie verhaal, val die groter gedeelte van die Boervolk,
in `n baie diep, geestesslaap.  Ja, die Heilige, Aparte, Gees, het
haar verlaat.  Daarom, kon sy nie meer langer, onder die Goeie Seën,
van haar Elohim baat.  Kyk, sy het haar nageslag gefaal, daarom staan
sy beskaam, so somber in haar gelaat.

Oor haar eens voorspoedige land, groei enorm, nou net die kwaad.  Ja,
met die al groterwordende sprinkaanplaag, ken sy lankal meer geen
raad en die parasiet word `n ongekende vraat.  Haar eens suiwer D.N.A
is nou net gemengde saad.  Kyk, in die vergadering van Elohim, word
hulle, ewig nooit weer toegelaat.

Die Boervolk, se Vrymesselaarvalsprofeet, heet, Engelssprekende-
volksskandaal.  Hulle predikante, bid luidrugtig agter hom aan en
hulle noem hulle god, here-baäl.  Ook hulle bybel, is lankal reeds
tot die groot leuen vertaal.  Kyk, al die kerkgemeentes, geniet dit,
om oor die laaste opregtes, in hulle volk te smaal.

Ja, die Boervolk se verraad teenoor God, was en is, kolossaal.  Daarom
is die einde van die linksgesinde, heeltemal fataal.  Al swaai, al wat
Links is, nou na Regs, vir gruwels gepleeg, teen die Heilige (Aparte)
Gees, word steeds, uiters duur betaal.  So weet, hierdie klein, maar eens
so uitverkore volk, het die hemel, diep gefaal.

In die weergawe, van die Sneeuwitjie storie, in die Boervolkverhaal,
laat val die Goeie Heilige Gees, tot redding van `n klein oorblyfsel,
nou haar skaal.  Alles en almal, eens so liberaal, gaan met hulle
bloed, tot die oorlewing van Elohim se verseëldes, betaal.  Kyk, agter
die “Masonskerm” was die Jood, die heeltyd, die Boervolk, se
priesterkoning Baäl.  Daarom staan hulle, in die komende oorlog, as
soldate, in die Joodse kraal.

God laat toe, dat hulle groot sukses, oor hulle vyand behaal.  Ja,
terwyl die Masonboer, self in groot getalle, met hulle lewens gaan
betaal.  So, juig en jubel, o, klein gedeelte, maar skoon en suiwer,
sneeuwit maagd.  Kyk, uit jou winterslaap, het jy, deur jou
verseëling, lankal reeds ontwaak.  Ja, jy is die ware Sion, met
Heilige (Aparte) Lig omstraal.  Lank genoeg het jy vir die foute van
die Liberale (Valse lig) van jou volksgenote betaal.  Daarom gebruik,
Elohim, hulle bloed en kyk, jou oorwinning, deur hulle, is fenominaal
.

 

Openbaring 2561

STILTE

8 April 2018  Sondagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Oor berge, heuwels en bulte, kom die stank, van doodse stilte.  O hoe
koud is die winternag, waar weduwees tevergeefs op geliefdes bly hoop
en wag.  So swaar die vrag, in `n stikdonkernag.  Waar volksgenote
mekaar nie meer ag, terwyl broers mekaar diep verag.

Oor berge, heuwels en bulte, kom in sonbesiesang, die klank van
oorverdowende stilte.  In `n land sonder hoop of krag, waar die
liberalis, tevergeefs, op die koms van God bly wag.  In `n land, met
soveel mans, vroue en kinders, vermoor en verkrag.  Ja, `n land waar
bykans almal, tevergeefs, na vrede en geluk smag.

Oor berge, heuwels en bulte, kom die skrikwekkende klank van Goddelike
stilte.  Gerubs, engele en hemelskares swyg in diep ontsag.  Selfs
legio het verskrik ophou spot en lag.  Terwyl die hel, beangs, om haar
trag.

Oor berge, heuwels en bulte, kom die Boodskap, in Woordelose Stilte.
Die mynmasjinerie is stil, met geen beweging in die skag.  Die
handelskepe lê gesink.  Oor die seebodem versprei, lê hulle eens
kosbare vrag.  Die grotes en konings smag na die hoogste mag, vir God
het hulle meer geen ontsag.

Oor heuwels en bulte, in bomgebars,  kom `n oorverdowende stilte.
Kyk, die Doodsengel is moeg gewag.  In die vuur se skrikwekkende prag,
skuil die dood se enorme krag.  O, hoe bitterkoud is die pikdonker
wintersnag.  Met nêrens meer, die klank, van `n kind, se vrolike
gelag.

 

Openbaring 2562

OORLOG HELGERAAS

15 April 2018  Sondagaand  24.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Luister na die groot helgeraas en weet dit is die Weste wat so sis en
blaas.  Net soos wat `n brulpadda, haar groot opblaas,  wil sy geheel
die wêreld wys, sy is globaal, net die grootbaas.

O, kyk net na al die bloed, al pompend, vanuit die wêreld se
hoofslagaar.  Weet die tyd is hier en die gruwelkind is klaar gebaar.
Die mensdom hoop, dat die oorlogsgerommel, vinnig sal bedaar.  Maar
helaas het hulle nog niks ervaar.

So, luister na die helgeraas, ja, na die oorlogslied op “trompet”
geblaas.  Weet na die groot feesparty, kom die nare “babelaas”.  Kyk,
oor geheel die wêreld kom daar `n groot tekort aan ru-olie en ook aan
gas.

Net soos met die slag van “Pearl Harbour” word die Weste onverwags
verras.  Menigtes lê onder `n kernbom, pikswart veras en vir `n
duisend jaar, groei oor daardie streek, nie weer groen gras.

O, luister na die groot helgeraas.  Globaal wil dit nêrens meer bedaar.
Die gruwelkind is klaar in trippel ses gebaar.  Maar teenoor hom,
staan die Goeie Kind van Openbaring, ook reeds daar.

O, kyk net na die oorlogskepe, wat ywerig na die Ooste vaar.  Terwyl al
die volke hulle nou agter Wes of Oos, begin te skaar.  Kyk, tussen
Suid en Wes, staan `n onpaar profete paar.  Ook vanuit die
geestesrealm, tokkel Raspoetin, op een snaar.  Hy sing `n lied wat
lui:  Kyk, Putin was toe die heeltyd, Rusland se nuwe Tsaar en
binnekort, is die gort wêreldwyd, behoorlik gaar.

 

Openbaring 2563

WEE O, WEE

18 April 2018  Woensdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wee o, wee, nee o, nee, kyk, binnekort word Engeland van die kaart en
aardbol afgevee, ja, sy word heeltemal platgevee.

Maar kyk, die ou koningin geniet steeds haar koek en tee en vir
Afrika, word in leë beloftes, net nog en nog gegee.

Nee o, nee, Wee o, wee. Kyk, in Antartika, gee `n enorme ysplaat skielik
mee en daarmee saam, eindig nou die eerste weë.

In dieselfde tyd, besluit die Weste, aan ander lande, is nou genoeg
bestee.  Daarom staan Afrika, van hongerpyne, skielik, so onverwags,
heeltemal verlam, in haar knieë.

Wee o, wee, nee o, nee, in Suid-Afrika, begin verskeie groepe, in
Gorilla oorlog, aan te tree.  Kyk, elke plakkerskamp, beheer die land
se hoofweë en vir goeie tolgeld, sê opstokergroepies, lankal, nie
meer nee.

Nee o, nee, wee o, wee, die hel is los en oral heers nog net demone en
bose feë.  Kyk, selfs bloedbande, is nie meer, oor mekaar verleë.  Ja,
met broers en susters, wat ook glad nie meer, vir mekaar omgee.

Wee o, wee, nee o, nee. Kyk, oor geheel die wêreld heers nou die ryk van
brommers en van vlieë.  Al die volke en die nasies is in rou, in swart
geklee en skielik is almal oor God nou diep verleë.

Maar Sion se Verlossingswyn, is vir meer as tweeduisend jaar, reeds
goed beleë.  Ja, met haar liefdesband, tussen haar en haar EL, stewig
vas, so goed gesmee.

 

Openbaring 2564

EDEL, KAUKASIES, AFRIKAANS

23 April 2018  Maandagaand  08.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O wat is die rede vir my bestaan?  Dit wou ek vanaf my vroegste
ontstaan, reeds, so graag, goed verstaan.  Maar daar is een ding, wat
ek van kindsbeen reeds al weet.  Ja, vanaf my eerste asemtog, my eerste
lewenskreet,  wil ek die goddelike, oorsprong, van my D.N.A, ewig,
nooit, vergeet.

Daarom praat ek op hierdie aarde, ja, op hierdie ondermaans, die
mooiste, hoogste, edeltaal.  Ja, ek praat met trots, my moedertaal,
naamlik, Kaukasies-Afrikaans.  My God sal ek daarom loof en dank.
Kyk, uitverkore staan ek aan Sy Regterkant.  Ja, Ek sal Hom eer en
dank, want my kleur, is wit en blank.

Waarom sal ek daarom, die Matrix, Edom-Engelstaal, vanuit, Boeremond,
uitspreek?  Om so die edel, Boerekrygerheld van weleer,  `n tweede
keer, met `n verraaiersdolk, dood te steek.

Wat is die rede vir my bestaan?  Hierdie vraag wou ek, vanaf my
vroegste ontstaan, so graag, reeds, goed verstaan.  Maar vinnig wis ek
wie ek is, ek is `n Boer, wat vure aansteek, om dit op die regte tyd,
weer te kan blus.

Ja, ek weet wie ek is en in die trou en liefde, van God en naaste, sal
my siel, maklik, salig rus.  Maar vir Raka-Kus, sal ek ewig nooit, op
die mond kan kus.

Vanuit `n Engelse klank, gespreek vanuit die Boerekant, styg
onwelriekend, die hel se hoogmoed stank.  Dit laat geheel die volk,
mank, siek en krank.

Daarom praat ek op hierdie aarde, ja, op hierdie ou ondermaanse, die
mooiste hoogste edeltaal.  Ek lig my hoof en voor God en mens praat ek
sonder skroom, my geliefde Moedertaal, ja, ek praat met trots, my
suiwer, Kaukasies-Afrikaans!

 

Openbaring 2565

TEKENS VAN DIE TYD

1 Mei  2018  Dinsdagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op `n eentonige deuntjie, van `n vasgehakte wêreldplaat, kom die
gesanik leuentaal, van valsprofete, se onophoudelike gepraat en praat.
Kyk, die wêreldlinge luister honger, na hulle oënskynlike goeie, maar
o, so bose, valse raad.  Dit, terwyl hulle, die Waarheid se
Wysheidsraad, so hoogmoedig, neerhalend, versmaad.

Maar daar is wel enkelinge, opregte denkers.  Van hulle, vra wel, die
Gees, om Goeie Raad.  Luister, God antwoord hulle: Kyk, die boodskap
van My ware profete, was altyd waar en uiters akkuraat.  So, kyk net
na die tekens van die tyd en sien daar is nog weinig oor, wat kan
onderskei, tussen goed en kwaad, of tussen liefde en haat.

In die tekens van die tyd, staan die heiliges broos en blootgestel,
met die bose wêreldling paraat.  Die apartgesteldes is besig om te
sluimer en slaap, terwyl die hel wakker waak.  Kyk, om en om die
wêreld, vlieg kragtig die draak, wyl die aartsengele, nonchalant, vir
`n oomblik staak.  Satan grynslag, in oorlog, ontbloot hy, sy
ysterkaak.  Maar die uitverkorenes, lig ongeërg hulle skouers, so
asof niks hulle meer traak.

Ja, in die tekens van die tyd, heers alleen, nog net die kwaad.  Met
die onophoudelike gesanik, van valsprofete, wat in die skynglorielig,
van hulle eie ek, net wil praat en praat.  Die uurglas, is al geruime
tyd, reeds leeg en dit is baie laat.  Die uitverkorenes staan gestroop
en naak.  Maar kyk, in die komende groot chaos, daarby, gaan Sion,
uitermatig, baie baat.  Dit is slegs sy, wat haar op die Genade, van
haar El, gaan kan verlaat.

Die tyd nader vinnig, waar die aarde, haarself, oop gaan kraak.  Met
vele riviere, onder andere, die Rhyn, ook die Tigris en die Eufraat,
waar elkeen van hulle, vir hulself, `n nuwe loop gaan maak.  Ja,
moeder Aarde, het vir eers klaar, in liefde gebaar.  Sy word  nou `n
moordenaar en op haar kinders, die mensdom, val haar soete wraak. 
En terwyl die een elemant sonder enige rede, net begin staak, woed die
ander, sonder genade, in oortreffende kwadraat.

Kyk, die Skoppensboer, laat val oorwinnend sy kaart en die dood word `n
onversadigbare vraat.  So, wat sal die wêreldling nog by al sy skatte
en materie baat.  Binnekort word alles, in elk geval, kortstondig, die
alleen eiendom, van die staat.  Ja, op die eentonige deuntjie van `n
ou vasgehakte wêreldplaat, kom `n teken van die tyd en dit is die
magdom  valsprofete, wat van die oggend tot die aand, net aanhou praat
en praat.  Terwyl hulle in gesanik, die een na die ander saamgeflanste
leuen, oor die gemeentes uitbraak.

Openbaring 2566

OM SAAM DIE EERSTELING TE ERF

2 Mei 2018  Woensdagaand  11.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

My siel het deur die  skepping geswerf, ja, deur geheel die heelal en
kosmos se winter, lente, somer en herfs.  Goddelike kindskap wou ek
tydens my reis verwerf, ja, om saam met die Goddelike Eersteling, die
lewende weergeboorte,te kon erf.

Maar my reis was dikwels deur Lucifer bederf.  Hy wou dat God, my,
net soos vir hom, heeltemal moes onterf.  Maar deur die sorge van die
lewe is ek nie verswelg.  Ek was en is `n kind van Elohim, ja, ek was
nooit die hel se telg.

So, waarom sou ek, my pelgrimsreis, deur Gees, materie, tyd en ruimte,
deur Satan laat bederf?  Kyk, deur Elohim se Groot Genade, word ek die
reus en hy, die gevalle ligdraer,  net `n bose elf, `n misvormende,
materiedwerg. 

Daarom sal ek Heylel, oor sy groot val koggel.  Oor sy
gevangenisskap, sal ek hom spot en terg.  Ja, sodat hy hom, vir eons,
aan my kan erg.  Ja, ek en nie Lucifer, is op pad na Jerusalem se
kruin, na Sion se top, Elohim, se eie Heilige Berg.

My siel het deur die Skepping, die kosmos, se eiesoortige seisoene,
geswerf.  Ja, deur die heelal se winter, lente, somer en herfs.  Kyk,
in my hand hou ek vir God `n ruiker.  Dit is Twaalf Suiwer Koringare,
saamgevat in `n edelgraangerf.  Deur Yahweshua self, vir die
Melgisedek Orde geberg. 

Dit is die edelsaad, vir die nuwe oes en dit is nie satanies, generies
aangepas, of deur verbastering bederf.  Dit is die uitgekose nageslag

van Jakob-Israel, wat as eerstelinge, saam met Hom gaan erf.

 

Openbaring 2567

STAD JERUSALEM, LUCIFER SE TENT

14 Mei 2018  Maandagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za.

O, Amerika, netsoos jou broer die Jood, het jy jou verlekker en
verstout, ja, met die alleenreg op ander lande se rykdomme, soos
ru-olie, diamante en goud.  Jy het gedink, in jou selfgeskepte,
materiële, Jerusalem, skuil jou voortbestaan en jou behoud.  Maar kyk,
in jou sug na onversadigbare rykdom, maak jy die een na die ander
enorme fout.  Daarom rus God se oë op jou en dit is in Oordeel,
emosieloos en koud.  Kyk, jou beeld van vryheid, raak binnekort
uitgedien en oornag stokoud.  Daarom brand jou hoofstede, binnekort,
soos stapels, kurkdroë, brandhout.

Jerusalem-Jerusalem, tot jou het Satan hom nou volkome gewend.  Kyk,
die Jood het homself op elke volk en nasie ingeënt.  Daarom roep hy
op al die stadspleine, jou god is onderwerp aan my god, daarom is jou
volk, my volk, en wee elkeen wat dit sou ontken.  Kyk, Lucifer, het
die hoer van Babilon, naamlik die Weste, met sy gruwel semen beken.
Daarom is geheel die wêreld, tot verbastering bestem.  Ja die valse
Jerusalem, staan as  Heylel se tent, as die hoofstad, van geheel `n
bose wêreld, nou bekend.  Daarom stuur God, Ismael, se vlymskerp
sabellem, sodat die Jood, die woede, van die Ware GOD kan herken.

O Amerika, Engeland en Frankryk, saam met al julle bondgenote, het
julle, jul netsoos die Jood, verlekker en verstout.  Ja, oor anderland
se rykdomme en hulpbronne, soos bv.  silwer, ru-olie, diamante en
goud.  Daarom rus YaHWeh-Elohim, se oë, op jou o, Weste en dit is in
Oordeel, meëdoenloos en koud.  Om die rede, word jy, vir die
offergawe, nou die noodsaaklike brandhout.  Kyk, jou as lê
windverwaai, verstrooi en jy is net lawwe, nuttelose, weggooisout.
So, waar is jou eens, so vrugbare, aparte, woud en wat het geword van
al jou heilige groen hout?  Oor die vertrapping en verdrukking van
Sion en Jerusalem in die verre Suide, ja, in die streek van Skeba, het
jy jou mos verlekker en verstout.  Daarom staan sy (Skeba, vrou van die
Suide) as getuie, teenoor jou Vrymesselaarsleer, o Salomo, en kyk, die
Weste reageer bang en benoud. Jy, o bose Weste, het neergesien, op die
ware Sion, se goddelike eenvoud.

Jerusalem o, Jerusalem, jy die bose stad, deur wêreldbroederskap, tot
in jou diepste wese, verrot en verwen.  Amerika het haar baken, in
misplaaste magsvertoon, in jou afgepen.  Om sodoende, die Arabiese
wêreld, daaroor, onnodig op te wen.  Kyk, daarom raak jy o, Weste in al
jou strukture stelselmatig heeltemal gestrem en geheel die wêreld gaan
saam jou sink want almal is te onbevoeg, om in hierdie kritieke tye, tot
hulle eie redding, te kan swem.

 

Openbaring 2568

SY KAN NIE MEER

17 Mei 2018  Donderdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Moeder Aarde reageer nou emosioneel, aan al die gruwels van die
mensdom had sy nou een te veel.  Die skoonheid van haar landskap, was,
deur mynmasjinerie, so brutaal, van haar af weggesteel.  In koop en
verkoop, word in verbruikersaanvraag, ook haar gesondheid, van haar af
gesteel.  Dit, terwyl die mensdom, soos `n ongesonde, onbeheerbare
plaag, net aanhou teel en teel.  Al die regerings roep luid, plant in
oormaat, kommersieel.  Ja, al die groot moondhede, plant in aanvraag,
heeltemal, hopeloos teveel.

Die aarde reageer nou emosioneel, sy fantaseer, oor die goeie ou
prehistoriese dae, van langvergete, se weleer.  Sy huil, ween en
treur.  Sy roep, vanuit homosapiens se geledere, is daar niemand meer,
wat my as hulle moeder eer.  Ja, vanuit die mensdom is daar niemand
meer, wat netsoos Adam, met natuur en diereryk, in harmonie, kan
kommunikeer.  Maar vernietigende kernkrag, dit kan hulle, sonder
gewete, oor my oppervlak, proklameer.

Moeder Aarde murmureer.  Sy vertel, sy word deur geheel die kosmos, as
`n rommel- en vuillishoop gekritiseer en ook geklassifiseer.  Daarom
reageer sy nou uiters emosioneel.  Ja, sy kla en protesteer. "Aan slae
op slae, had ek, nou een teveel".  Daarom tref ek nou die mens, daar
waar dit seermaak, daar waar hulle aanteel.  Met `n nuwe virus tref ek
hulle seksueel en kyk, hulle vel raak dof en geel.  Hulle raak maer en
uitgeteer, met hul oë, wat spoedig, uit hul kop uitpeul.

Met nog `n nuwe virus tref ek hulle in die keel en in hallusinansies,
kyk al die siekes, waansinnig, skeel.  Ja, met pessiekte op pessiekte,
nou daagliks die mensdom se  onvermydelike deel,  bestaan daar
binnekort geen entstof, wat die vele plae, gaan kan keer of beteuel.
Ja, met virusse nou oral in bloed, vleis, murg en been, raak siekte-
toestande, op die planeet Aarde, heeltemal kritiek, ekstreem.

Moeder Aarde reageer nou uiters emosioneel.  In haar woede begin haar
vulkane nou hoog op te smeul en vir haar opborrelende lawa, vorm daar
op plat aardkorsdele, die geboorte van jong berge, in `n nuwe keul.
Kyk, haar uitbarstings kom sonder aankondiging, onverwags, heeltemal
emosioneel.  Ja, voor God, begin planeet Aarde, nou onophoudelik te
kerm en te neul.  Sy kla en sê:  Die mensdom dink nog net materieel en
in hulle onversadigbare vraatsug, vat hulle van my, nou heeltemal
teveel.

Kyk, sy ruk en slinger heeltemal onbeheers in haar omwenteling en in
haar roteer.  En daar is niemand, wat haar in haar dronkenskap, kan
stuit of keer.  So word groot tsunamis, oor eiland, kontinent en droë
land omgekeer.  Ja, sy ruk en skud, terwyl groot aardbewings, oor haar
oppervlak vibreer en skeur.  In haar selfmoordpoging, is sy besig om
haarself en haar bewoners, erg te dood en te beseer.

Sy kla voor Hemel en God en vra:  Soos `n verkluimde, uitgedrinkte, ou
moeder Beer, wil ek nou aan die einde van hierdie tydvak, in `n lang
winterslaap hiberneer.  Waarna ek weer, vir `n nuwe tydvak, as `n
vrugbare jong moeder, sal inkarneer.  Ja, sy murmureer, sy pleit en
vra:  Kyk, o, God, ek kan nie meer.

 

Openbaring 2569


NEGENTIEN MEI


18 Mei 2018  Vrydagoggend  03.33

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit is die maand Mei, met spierwit opregte skaaplammers, wat op die
groenweivelde, voor die Migdol Hemeltoring wei.  Die groot stryd word
nou gestry en in die laaste geveg, gaan die dagbreek, die nag
onderkry.

Luister, Elohim roep uit:  Kyk, Ek is die Groot Pottebakker en jy Jakob-
Israel, My spierwit, rein, potklei.  Ek herskep, vorm en maak jou,
sodat Lucifer, jou nooit weer sal kan verlei.  Alleen tot jou ewige
oorlewing, o, Sion, sal geheel My Hemel, tot jou oorwinning stry.

Met die laaste sand wat nou vinnig uit die uurglas gly, word in
negentien Mei, die res van die Kaukasiese ras, vir oulaas, in die
Nimrods-Bileamsleer, verlei.

O, Jakob-Israel, dit is tyd om jou uitermatig, in jou herbevestigde
koningskap te verbly.  Kyk, jou gruwelbroer, rooi Esau-Edom, het
hom in hierdie tyd, weer, in die bed van `n tweedehandse,
volksvreemde, neer gaan vlei.  Die lokmiddel was `n bloedrooi, wêreld-
potsop en die verbode vrug, weer `n  bruin, oorryp, vy.

Daarom sal jy en jou kinders, o, Edom, in julle ondergang ondraaglik
ly, ja, onder die koningskap van jou broer Jakob, sal jy as slaaf, vir
ewig bly.  Kyk, o, Engeland, tot jou teenspoed en agteruitgang, draai
nou die groot wêreldgety.  Oor jou reeds beperkte grondgebied, kom
die Dood, skrikwekkend, op die Vaalperd aangery.

By die voete van Babilon, o, baster, Engelse Jood, het jy jou lank
gelede reeds neergevly.  En daar op jou knieë, sal die dood jou kom
kry.  Jou kop was eers van goud, maar jou voete was `n swak mengsel
van yster en klei.  Daarom is dit in jou groot val, vir ewig, met jou
verby.

O, Engeland dit is nou die maand Mei, met ironies genoeg jou eerste
minister se van ook May.  So, luister na die kode en weet, die
swartskaap op die prinses se trui, was die heeltyd, nie tussen die
witskape, maar wel, tussen die vaalbruin bokke ingebrei.

 

Openbaring 2570

GESONDE LEWENSBALANS

20 Mei 2018  Sondagaand 22.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die mens eet om te kan lewe en daarom moet hy nie lewe, om in
brassery, van die oggend tot die aand, te vreet nie.

Die mens haal asem om te kan lewe, maar suurstof, is nie die enigste
noodsaaklikheid, om te kan lewe, of voortbestaan nie.

So is slaap, `n onontbeerlike, lewensnoodsaaklike rus, sodat alles wat
asemhaal, telkemale, `n nuwe lewensdag, oor kan begin.  Maar wee die
luiaard, wat sy lewe om wil slaap.

Kyk, ook daarom is die Sabbat, as `n rusdag en nie as `n ritueel nie,
vir die mens gemaak.  Maar weet, die mens is nie tot enige voordeel,
vir die Sabbat, of vir die Meester daarvan, geskape nie.

Daarom moet die mens altyd weet, God is die Groot Genade, wat in elke
opsig oor die mens skyn.  Maar die ewig, altyd, van God, afhanklike
mens, is nie die genade, wat oor die Enig, Ewig, Onafhanklike, God,
skyn nie.

 

Openbaring 2571

GENADE HET DIE VERGADERING VERLAAT

24 Mei 2018  Donderdagaand  23.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Oordeel het gepraat en Genade, het die vergadering, hartseer, maar
vinnig verlaat.  Daarom roep die hemel:  Wee, o wee, met geheel die
wêreld, is daar meer geen hoop, of enige raad.

Die Weste speel haar laaste kaart.  Maar die Ooste roep onverwags,
onvriendelik uit:  Aan jou, o, Weste, het ons geen goeie vriend, of
getroue maat.

Terwyl die Noorde, nou met haat, na almal staar,  roep die Suide, so
dom kordaat.  Kom ons voeg die woord, nou by die daad, ja, om ons
eerste, op oorlog te verlaat.

Die Oordeel het gepraat en Genade het die vergadering, woordeloos
verlaat.  Kyk, die dood, klee homself nou in `n swart gewaad.  Van Wes
na Oos, van Suid na Noord, daar jaag hy roekeloos in sy vaart.

Links en Regs, kap hy genadeloos met sy swaard en elke volk en nasie
word erg geskaad.  Die Weste vermoed hulle was paraat, maar ongelukkig
het die gesonde rede, hul, geruime tyd, reeds verlaat.

 

Openbaring 2572

WêRELDORDE VERSUS GODSRYK

27 Mei 2018  Sondagoggend 03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die wêreldordekoning het gedink hy slag vir sy gruweloffer, `n rein,
spierwit lam.  Langs sy gruwelaltaar, was `n opgeblaaste, leë wynsak
en `n vol, suur, melkkan.  Maar kyk, in plaas van die wit lam, is `n
pikswart bokram, vir hom nader gebring.

Die demoneryk het opgewonde rond gespring en die Babiloniese dier is
nader gebring.  Die hel het nou uit een mond, die nuwe kortstondige,
eenwêreldryk, se stem gesing.  Ja, met woorde wat lui:  Ons is nou een
groot gesin.  Kyk, in wêreldburgerskap, word een geloof, nou op almal
afgedwing.  En in wêreldgeledere, het die groot leuen, nou die
waarheid, heeltemal verdring.

Maar wee o wee, elkeen, wat sou dink, die uitverkorenes van God, was
niksseggend, gering.  Kyk, ook die Heilige, Aparte offer van Elohim,
word nou nader gebring.  So, luister na die martelare, wat nie meer
droefgeestig, maar so oorwinnend, onder die Heilige Altaar, begin te
sing.  Ja, luister na die Nuwe Loflied, wat hulle, na Elohim toe
bring.

Hulle sing:  Die groot dag van Elohim het nou begin en dit is te laat
vir die wêreld om, om te draai, of te besin.  Kyk, elke
wêreldpresident, koning, vors of prins, almal van hulle, word in die
komende oorlog, met die swaard omgebring.

Ja, die leë, opgeblaaste, wêreldwynsak is leeg, met geen heilige, wat
ooit weer daaruit sal drink.  Die swart slagbok se beendere, is as, vir
ewig weggewaai, deur die wind.  Al die gruwel wêreldvlae, is in een
vuil, slordige, bondel vasgebind.  Nie een daarvan, sal ooit weer sy
weg, terug na sy land, van heenkome vind.

 

Openbaring 2573

EINDE VAN DIE LAASTE UUR

30 Mei 2018 Woensdagmiddag 12.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n stem wat vra:  Hoelank moet ons Raka nog verduur, ja,
hoelank nog voordat ons, ons kan verset, teen die kreatuur.  Ek hoor
`n  groot Stem wat sê:  Kyk, dit is reeds die laaste uur en die skrif
staan klaar geskryf teen die eindtydmuur.  So, werp die swaard en tref
sekuur, want Sion se hulproep, is klaar na Elohim, gestuur.

Ek hoor `n stem wat sê: Die pap is vrot en die melk is dik en suur.
Die lug is dof van al die stof, ja, als is rof, met die weer, oral
guur.  Kos raak skaars en is baie duur, ja, met verhoogde petrolpryse,
is hongersnood, verseker hier.

Maar Raka lag en dans steeds soos `n wilde dier en luidrugtig drink hy
vrolik, uitgelate, sy ingesuurde bier.  Hy roof en moor vir sy plesier
en om sy skouers, pronk hy met die vel, van `n reeds uitgestorwe tier.
Uitdagend bult hy elke spier en die wet sê:  Dit is sy reg, dit is nou
eenmaal sy kultuur.

Ek hoor `n Stem wat roep:  Kyk, die Vaalperd word nou oor geheel die
land gestuur.  Niemand wil meer koop of huur en op elke plaas staan `n
leë skuur.  Deur dorp en stad, oor berg en dal, hardloop nou wyd die
vuur.  Daar is geen hoop of uitkoms, daar is geen kuur.  Ook die pes
is hier en die virus versprei deur nier en klier.

Ek hoor `n stem wat vra: Hoelank moet ons Raka nog verduur, ja,
hoelank voordat ons, ons kan verset teen die kreatuur.  Ek hoor `n
ander Stem wat sê:  Kyk, dit is reeds die laaste uur en die skrif
staan klaar geskryf teen die eindtydmuur.  So, werp die swaard en tref
sekuur, want Sion se hulproep, is klaar na Elohim gestuur.

 

Openbaring 2574

AAN DIE SUIDEKANT, AAN DIE HEMELWAND

1 Junie 2018 Vrydagoggend 01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die hel demone dink hulle is gode en in heildronk lig hulle nou
seëvierend hulle “gode drank”.  Aan die Suidekant aan die hemelwand,
hang `n gevalle hemelwagter, kortstondig, gestrand.  Desperaat lig hy
sy hand en die brandende hemelruim om hom, begin sy boeie af te brand.

So, luister na sy enorme val, ja, dwarsdeur die grense van sy eie
klank.  Deur die uurglas stort die laaste sand en die mensdom word
onkant gevang.  Dit is dan ook Afrika wat heel eerste in die warm sop
gaan beland.  Kyk, ook in Europa vou die eerste, dan die tweede en
daarna die derde finansiële bank en die Jood word nou oorgelaat aan sy
eie stank.

So, wee die euro, die dollar, die engelse pond en ook die rand.  Daarmee
saam, ook alles, aan globale wêreldgeld verwant.  Amerika staan reeds
geblinddoek op die skavot se valplank.  Hierna hardloop geheel die
Weste krank, skeef en mank.  Hulle roep die wêreld toe:  Dit is nou
stank vir dank.

Maar depressie het nou versmorend, dodelik, ook om China en haar
bondgenote begin rank.  Met ook Indië en haar buurlande wat in
verskriklike hongersnood gaan beland.  In hierdie tyd kies Rusland nou
net sy eie kant want ook hulle voel armoede aan die tand.

Vanuit beide Wes en Oos vorm nou `n gevaarlike oorlogsflank.  Met
menig immigrante wat desperaat verlang na hulle vaderland.  Vir oulaas
draai die liberalis pateties weer die ander wang.  Tot op die bitter
einde, is hulle, vir alles en almal, behalwe vir God, bang.

Aan die Suidekant, aan die hemelwand, hang daar `n vallende ster wat
gevaarlik brand.  So, waar Alsem ookal op die aarde gaan beland, oral
heers daar vrees en waansin, met nêrens meer `n bietjie rede, of
gesonde verstand.

 

Openbaring 2575

VIR ‘N DUISEND JAAR

2 Junie 2018 Saterdagoggend 07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vir die duisend vredesjaar, kom die Gees, om in weergeboorte, haar in
honderd-vier-en-veertigduisend harte, te kom baar.

Daarom is daar vir `n duisend jaar, ja, `n glorieryke duisend jaar, die
Goddelike Vrede, uiteindelik daar.

Kyk, vir `n duisend jaar, sal die Elohim verseëldes, hulle eenparig,
teen satan en hel kom skaar.

Ja, vir `n duisend jaar, staan ons koning Melgisedek, oorwinnend, as
ons Priester, uiteindelik daar.

Vir `n duisend jaar word die leuen gedood, met elke gespreekte woord,
nou so suiwer skoon en waar.

Vir `n duisend jaar, word die mens, van pes, hongersnood, siekte en
oorlog heeltemal bewaar.

Ja, vir `n duisend jaar word die mens van alles swaar, moeite, siekte,
verdriet en trane heeltemal gespaar.

Vir `n duisend jaar heers voorspoed en niemand hoef meer vir maer jare
of armoede op te gaar.

Kyk, vir `n volle duisend jaar, sal alle kateklismis en ook die wilde
weer en seë, vir goed bedaar.

Ja, vir `n duisend jaar speel Gabriel in opdrag van Elohim,
uiteindelik, met satan in binding klaar.

En onder YaHWeshua se Gees, word elke kind van Yah, so  uiters
geliefd, vir `n duisend jaar bewaar.

 

Openbaring 2576

SELFAANGESTELDE REGTERS

5 Junie 2018  Dinsdagoggend 02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit raak laat, baie laat en dit is slegs by die opregte liefde, asook
barmhartigheid en nie by die werke van die hande nie, waarby die mens
gaan baat.  Kyk, die opregte broeder- en naasteliefde, het die wêreld
georiënteerde mens verlaat.  In die hart van die mens regeer nou haat,
jaloesie, nyd, naywer en daarom het die Goeie Gees van God, die mens,
op die verseëldes na, ook heeltemal verlaat.

Ja, die mens is nou besig om mekaar op elke gebied te skaad.  Oor
mekaar is hulle kamma skynheilig, so diep beswaard. Kyk, van vroeg
tot laat, gooi hulle voor mekaar se voete, die alewige, sondekaart.
Hulle bombardeer mekaar, met ongevraagde eiewyse, maar tog so dwase
raad.  So, nege vanuit tien, van alle mense, is besig om in onbevoegde,
afstootlike leermeesters te ontaard.

Waarom o, Fariseërs, voeg julle nie self, die woord by die daad?
Verneder jouself eerstens voor God en versag daarna, jou hoogmoedige
gelaat.  Hou op, om as selfaangestelde regter, oor jou naaste, net
kwaad te wil praat.  Kom tot die besef, jyself, is `n onversadigbare,
uiters sondige, hoogmoedsvraat.

Ja, in volbloed duiwels het die beterweterige wêreldlinge klaar,
lankal, ontaard.  In hulle selfregverdiging is hierdies, altyd, oor `n
ander se foute, tekortkominge en sondes so diep beswaard.  Daarom
floreer hulle siel op haat, jaloesie en teregwysing, waarby niemand
ooit baat.  Kyk, die liefde in julle, word hierdeur, heeltemal, tot
die dood toe geskaad.

Die hoogmoediges van die wêreld reken en troos hulleself daarom, dat
hulle by die "goeie werke" van hulle mensehande gaan baat.  Maar
weet, met die maat waarmee jy meet, dit, word die maatstaf, waarby
jyself, gaan ly of baat.

So, laat vaar die ewige soeke na die splinter in die oog van jou vyand
of maat.  En raak oor die balk in jou eie oog diep beswaard.  Ja, vee
voor voor jou eie deur, om jou so van die Oordeel van God te spaar.
Weet daarom o, mens die tydvak raak klaar en dit is laat, ja, baie
laat,  Jy, as mens, gaan slegs by die nederige, sagmoedige liefde,
afkomstig, vanuit `n suiwer hart, vir jou ewigheid kan baat.

 

Openbaring 2577

DIE OORWINNINGSVLAG VAN DIE NUWE DAG

7 Junie 2018  Donderdagoggend  01.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, die vroegoggend sonskyndag, daar waar die duister, donkernag,
verwilderd vlug voor die dagbreek se prag.  Oor hierdie triomf-
oorwinning, wapper ewig altyd, Elohim se spierwit, vredesvlag.

So bring o, Sion, voor jou El, nou jou klag.  Bid tot Hom vir die
nodige krag.  Kom lê voor Hom, jou juk, jou sware vrag.  Bring die
opbrengs van jou goeie werke, bring in jou suksesvolle drag.  Keer op
Satan jou rug, ja, op sy spottende, honende lag.

O, kyk net na die pad wat lei na die Oorwinningsbrug, daar waar dit
strek oor die diep, donker, onheilspellende grag.  Kyk, oor hierdie
triomfoorwinning, wapper ewig altyd, God se spierwit, oorwinnings-
geloofsvlag.

So, bring o, Jerusalem, voor jou God, jou aanklag.  Kom lewer oor
Lucifer se vuilspel, nou jou aanklag.  Vertel aan Elohim, satan het
deur die werke van die wêreld, jou siel verkrag.  Ja, vertel van die
jag op jou siel, in voortdurende aanslag.

O, die skoonheid van die Groot Liefde, wat skitter uit menslike oë, so
stralend, oneindig, sag.  Kyk, oor hierdie goddelike triomf, wapper
ewig altyd, God se spierwit Barmhartigheidsvlag.  So, bring, o,
martelare, nou voor Elohim julle aanklag.

Vertel aan Hom, van julle lyding en verdrukking en dit terwyl julle so
hartstogtelik na julle goddelike vryheid sou smag.  Roep na God en
vertel aan Hom, julle het nou lank genoeg na Hom gesmag, in Sy
wederkoms op Hom gewag.  Ja, vertel aan Hom, julle het lank genoeg
gely, onder die wêreldsisteem, se bose mag.

O, die vreugde van die Wysheid in die Waarheid se krag.  Oor hierdie
oorwinningstriomf, wapper ewig altyd Elohim se spierwit, Skeppers-
vlag.  So, kom O, bruid en vertel aan jou Bruidegom, die groot leuen is
oorwin en daarom het die pikdonker, duisternag, gevlug, voor die
aanslag sonskynprag van Elohim se Nuwe dag.

 

Openbaring 2578

DIE DAG SWEER HAAR WRAAK

20 Junie 2018  Woensdagmiddag  11.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die dag sweer wraak want die nag het `n gedrogkind uitgebraak en die
onding heet Draak.  Ja, die dag sweer wraak, eers in `n halwe, om
daarna in volle, verduistering te staak.  Daarom vergeet die maan,
onwillekeurig, ook haar vasgestelde koördinaat, tot die uiters
onstuimige see, se uitspattige vermaak.

Die aarde verbeur, vir slegs `n vlietende sekonde, haar magnetiese veld
se taak en dit laat `n baie bitter nasmaak.  Twee kontinent-
aartsengele, verlaat hierna vinnig in opdrag van die hemel, hulle
opsienerstaak en in `n enkele dag, verander groot gebiede, op aarde,
se totale klimaat.

Die dag sweer wraak want die duisternis het die hel op aarde
uitgebraak.  Twee aardplate versuim, sonder enige waarskuwing,
gelyktydig, in hulle taak, sodat die aarde haarself, oor groot
gebiede, katestrofies, in aardbewings, oop gaan kraak.

Ja, met enorme tsunamis, het kusgebiede, se dorpe en stede, geen hoop,
of enige raad.  O, was die mens maar naastenby voorberei of paraat, of
het hulle maar net geluister na God, se goedbedoelde waarskuwings en
goeie raad.

Maar hulle het deur dit alles, ongeërg, gesluimer en bly slaap en nou
is dit vir hulle heeltemal te laat.  Daarom teken die klein
oorblyfsel, in die Nuwe Tydvak, van hulle planeet aarde, se kontoere,
`n heeltemal nuwe, wêreldkaart.

Die dag sweer wraak want die nag het haar versaak.  Ja, die donker,
bangmaaknag, het bitter vanuit haar buitenste, duisternis gebraak en
giftige water en kos, was saam met die koms van die pes en oorlog,
oplaas, die groot sterftes, se oorsaak.

So, kyk daarom op in die hemelruim, na die skielike verskyning van die
groot, vuurrooi Draak.  Ja, kyk, na die Leeu, hy open sy enorme
ysterkaak.  Die waarskuwings daaruit, kom in die klank van
mensespraak, terwyl dit nou openlik, oor die boek van Openbaring
praat.  Dit, terwyl die Oordeel, die swaarste bak van die weegskaal,
in vryval verlaat.

Moses en Daniel staan gereed, die een geestelik, die ander fisies, so
paraat.  Niemand, sal in direkte opdrag van God, vir Sion skaad.  Ook
Henog en Elia, die een geestelik, die ander een fisies, gaan nie vir
`n oomblik, hulle pos verlaat.  Jerusalem, word tot op elke persoon,
in die getal van honderd-vier-en-veertigduisend, deur die Seël en
Swaard, van Elohim bewaar.

 

Openbaring 2579

DIE BOERVOLK SE BITTER BEKER

30 Junie 2018 Sondagoggend 24.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Deur die eeue heen, bespot en beskimp, was geen nasie die Boervolk nog
ooit goedgesind.  In die duisternis vasgebind, ween daar nou droewig,
`n eensame kind.  Ja, deur die groot draak verslind, begin geheel `n
volk, nou vinnig ontbind.

Wie sou kon weet en wie sou kon dink, met `n liberale maatstaf gemeet,
word daar nou vanuit `n baie bitter beker gedrink.  Elke nuwe dag word
opnuut, deur die duisternis, swart getint en `n volk staan, deur
hulle eie foute, heeltemal verblind.  Daarom, is daar nog weinig oor,
wat hulle pad, terug na die Vaderhuis kan vind.

Deur die groot leuenduisternis, aan die arms vasgebind, strompel `n
volk, heeltemal blind.  Deur Satan verslind, begin in die uitskot
daarvan, die dooie kerkgemeentes, in verrotting  te stink.  Wanneer
Raka se hand, sy makkers naderwink, lê nog `n wit gesin, wreed vermoor
en vermink.

In die droewige geluid van die winterwind, is daar vir die Boer meer
geen hoop, of ware vrind.  Kyk, die vloedrivier is vol en die vee
het verdrink.  Die glans van die silwer en goud het verdof en die
Rand, sal nooit weer, in die ekonomie blink.

So, wie sou kon weet en wie sou kon dink, `n sataniese wêreldorde, het
die val van die Boer goed deurdink en het daarom, vir hulle boosheid,
in die lewenskelk, ingeskink.  Ja, deur `n liberale maatstaf gemeet,
moet geheel die eens uitverkore volk, nou vanuit `n galbitter beker
drink.

In die donker, duisternis vasgebind, ween daar droewig,`n eensame
kind.  Ja, in angskrete wat nou oral, skrikwekkend opklink, is daar
niemand vanuit die wêreld, wat werklik, `n klein verwilderde volk,
se oop bloeiende wonde, versorg, of met net `n klein bietjie liefde,
verbind.

 

Openbaring 2580

IN DIE TEKENS VAN DIE STERRE

1 Julie 2018  Sondagoggend  24.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die sterrestand, hardloop die Krap en die Kreef, in die kraal, nou
beide mank.  Deur die waarskuwingswoorde, van die Maagd se lied,
sidder geheel die hemelruim nou bang.  Kyk, die lig van die son, word
hierna, deur die duisternis vervang.

Daarom gaan die Basterleeu, nou doelloos sy gang, want die valse Juda,
die Jood, het homself opgehang.  Die Boogskutter se pyl, word deur
vuur, ja, deur weerlig vervang en `n skrikwekkende meteoriet, breek
deur die grense, van sy eie lig en klank.

In die sterre se stand, hang die Weegskaal, skeef, aan beide kant.
Die heel laaste edelvis, word deur Elohim, self, gevang.  Die
wêreldboord is hierna swart verbrand en die laaste wyn, is suur en
frank.  Die vyeboom word uitgeruk en in die vuuroond verbrand, voordat
dit ook, versmorend, om die heiliges begin rank.

Die Wêreldliberalis, draai vir oulaas, weereens, hulle ander wang.
Vyftig persent van alles Kaukasies, vergaan onder slawedwang.  Maar
die  Bruidegom, neem Sion en Jerusalem, beskermend, by die hand.
Satan mimiek, inderhaas ook vir homself, `n goedkoop, debutant.

Engeland en Frankryk, vorm die duiwel se linker- en regterflank en oor
geheel die wêreld, heers nou groot opstand.  Kyk, Babilon het haar
materiële siel, vir die geldlose, handelstelsel, verpand.  Die selfoon
word nou die openbare bank en dit is weg met elke sent en rand, ja,
wêreldwyd, met alle kontant.

Waansin heers, met nêrens meer, goeie oordeel, of gesonde verstand.
Met die satelliethandelsmerk, nou op die voorkop, of hand ingebrand,
het ook die mens, sy siel vir die materie verpand.  Ja, met die stank .
van bose, kankerswere, wat die lug vol hang, het geheel die wêreld
nou in waansin, op haar dak geland.

In die sterre se stand, storm, die Bul en die Ram, beide, nou kreupel
en mank.  Dit, terwyl die Phoenix, deur die kronkels van die slang,
benede na die Doderyk, na Hades afrank.  So vergaan Oos en Wes, in
oorlogstank.  Ja, die wêreldboord lê swart afgebrand en die heel
laaste wyn, is suur en ondrinkbaar frank.

 

Openbaring 2581

DIE KOELWIND SE SAGTE FLUIT

2 Julie 2018  Maandagaand  24.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met net `n harige kameelhuid, om die elemente te stuit, terwyl `n
siel alleen, die duiwel probeer fnuik.  In die stilte van die
naggeluid, by die kabbelende waters van `n eensame spruit.  Gevoed
deur  twee hemelkraaie, se persoonlike buit .  Roep my siel, na my EL
toe uit.  Gestenig deur klip en kluit.  Vir alles wat sleg is
uitgekryt.  Tevergeefs by `n volk gepleit.  Ook gedreig, in
bulderende, groot geluid.

Met `n harige kameelhuid, om warm dae en koue woestynaande teen te
staan.  Gevoed deur veldkos en sprinkaan.  Daar by die kabbelende
waters van die Jordaan.  In `n donkernag, met net die lig van die
maan, het twee figure, stil, in Melgisedek en profeet, teenoor mekaar
kom staan.

Beide het geweet, dat dit net om die Verlossing van die mens gaan.
Die boodskapper het goed verstaan, dat alles nie om hom, maar alleen
om die Wil van die Skepper gaan.  So het nog `n opdrag gekom, om in `n
tweede testament, oor te gaan.  So, hoelank wil Jakob-Israel, nog
sonder God staan?

In Afrika in die verre land Suid.  Daar waar barbare plunder en muit.
Daar voel `n volk, vir Godswoord `n bloue duit en die neus word
minagtend, oor die Boodskap uitgesnuit.  So word daar nou vas besluit
en die laaste bietjie edelkoring word gewan, vanuit die onkruid.  So
roep my siel desperaat na my El toe uit.  Daar is niks wat die vuur en
storm in my hart kan keer of stuit.

Ek verlang desperaat na die KOELWIND se sagte fluit. Moeg vir die
aanval en verwyt. Lank genoeg, gestenig, ja, deur harde woorde, klip
en kluit.  Vir alles wat sleg is uitgekryt.  By die agterdeur
uitgesmyt.  In die stof moes ek dikwels byt.  Tevergeefs, by `n God-
geliefde volk, vir hulle toekoms, gepleit.

In `n donker Afrikanag, met net die  swak lig van die maan.  Kom twee
figure weer teenoor mekaar te staan.  So kom daar `n boodskap en hoe
moet die laaste bietjie, menslike liefde, dit verstaan?  Dit vertel
van `n land en kontinent, in totale vergaan.  Van Rasse, wat mekaar,
in `n bloedbad gaan verslaan.  Dit vertel van damp en kruid en
koninkryke wat val, om nooit weer op te staan.

Met pes wat dodelik, verwoestend, in die rondte gaan.  Terwyl die
Dood, die mens, deur hongersnood gaan verslaan.  Die aarde moet deur
aardbewing en vuur vergaan.  Ja, met meteoriete, wat verwoestend, deur
die atmosfeer sal gaan.  Ja, die wêreld moet vergaan, sodat die nuwe
tydvak, skoon en vars, vir `n nuwe geslag, op kan staan.

Met net`n harige kameelhuid, om die elemente te keer en stuit, hoef
`n eensame siel, nie meer  langer, alleen, die duiwel te fnuik.  Kyk,
daar by die groot see, op die strand, staan `n skuit.  So, roep die
Verlosser, na al twaalf Sy vissers uit. In `n sewende, glansende
dimensie, open `n hemelruit.  Die hemel loof en prys God, in groot
geluid.

In die stilte van die naggeluid.  By die waters van `n kabbelende
Afrikaspruit.  Gevoed deur twee hemelkraaie, se persoonlike buit.
Roep my siel, na my EL toe uit.  Die storm en die vuur, word in my
hart gestuit, met net die KOELWIND van Elohim, wat saggies, deur my
Godgegewe gees fluit.

 

Openbaring 2582

FOUT IN DIE KOSMOS

8 Julie 2018  Sondagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die hemel ween.  In die goddelike stilte skuil meer geen hoop of enige
seën.  Die kosmos sit met `n groot probleem.  Die son se kern, is
stadig maar seker, besig, om in haar te versteen.

Die aarde ween. Die planeet sit met `n baie groot probleem.  Luister
na die bliksemstraal wat bloedrooi, in donderweer dreun en weet dat
dit binnekort swael se suur gaan reën.

Kyk, in oorvloed het die aarde eens gegee en gegee.  Maar in ongekende
maat, gaan sy nou neem en neem.

O, die rykes van die aarde ween, hulle armoede raak oornag ekstreem.
Die eens vet witkoei, staan maer en uitgeteer.
Ja, sy is nou nog net vel en been.  Met geen bies, room of melk, in
haar speen, word die laaste maervleis, ook van haar karkas weggeneem.

Hierna is al die volkere en die nasies van die wêreld, in `n
ongekende, groot hongersnood ook heeltemal daarmee heen.

O, die grote heelal ween.  Al die sterre begin te kreun en steun.
Moeder Aarde het vir `n kort tydperk, niks of niemand, wat haar gaan
help, of ondersteun.

Kyk, iets in die hemelruim, staan haar magnetieseveld nou kragtig
teen.  Ook Jupiter voel vir `n oomblik, weerloos en sereen.

Sy dryf gewigloos en roep na Saturnus, om haar in haar noodtoestand te
ondersteun.  Maar dit is die kleiner, meer solieder hemelligame, wat
die gasreuse, in hulle swakker oomblikke, ondersteun.

Die hemel ween en die son sit haar heftig, teen haar probleem nou
teen.  Sy vermoed `n swartgat het onverwags van haar lig geneem.  Maar
die verseker haar, hy het net `n bietjie, van haar energie, vir `n
kort oomblik, vir hom geleen.

 

Openbaring 2583

VERBLY JOU O, SION

10 Julie 2018  Dinsdagmiddag 12.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit is tyd o, Sion om jou te verbly.  Die stryd is gestry, met die tyd
nou amper verby.  Kyk, Jerusalem, jy word nie langer verlei.  Die
Goeie Weg is klaar vir jou voorberei.  Ja, sodat die spierwit skape
van God uitgelate op Sy groen weivelde kan speel en wei.

Wie vrees nog die pad deur die doodsvallei?  Daar is geen demoon of
duiwel, ja, daar is geen vrees wat die uitverkore gereddes gaan
onderkry.  So, dit  raak tyd, o, Sion, om jou uitermatig te verbly.
Kyk, die eens modderige moeras, raak nou `n vrugbare vlei.

Honderd-vier-en-veertigduisend, word deur die Innerlike Stem, na
hierdie veilige kontrei gelei.  Ja, dit is tyd, om jou, o, Sion, te
verbly.  Kyk, die  Groot Arend is besig om haar vlerke oop te sprei en
die kind van Openbaring, word vanuit die duisternis, die Lig in gelei!

Vir haar is daar `n fisiese plek, in die Suide van Afrika, deur die
Gees voorberei.  Ja, `n plek, waar nie een van die uitverkorenes, ooit
sal hongerly.  O dit is tyd o, Sion om jou te verbly!  Kyk, jou
Bruidegom kom, as die Woord van God, op `n spierwit hings, na jou
aangery.

Hierdie Woord, sal as die Tweesnydende Swaard, die groot Leuen, tot op
die been oopsny.  Ja, die stryd is gestry en die pad wat na die
Vaderhuis lei, is met goudblokke, vir die uitverkorenes, uitgeplavei.
Die duisternis het saam met die blindes oor die ewige afgrond gegly.
Daarom sal die kinders van Elohim, nooit weer, onder die aanslae van
Satan ly.

 

Openbaring 2584

STAAN JOU STAAN

11 Julie 2018  Woensdagmiddag  13.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Adam het direk vanuit die Elohim gegaan, om as eerste mens op die
aarde te kon staan.  Maar netsoos Lucifer, het hy, sy El, in Sy Goeie,
Goddelike, Ordes, teengestaan.

Hierna het Kain en Abel, as tweeling, teenoor mekaar kom staan.  Maar
die een, het op die goeie, en die ander een, het op die  bose weg
gegaan.

Set het vas, met beide sy voete, op die aarde kom staan en daarom het
die Goddelike kronieke, vanuit sy lende, deur die Kaukasiese bloedlyn
gegaan.

Metusaleg het die woord, "respek" in elke aspek daarvan, deeglik
verstaan en daarom het hy, geheel die mensdom, in die ouderdom, ver,
vooruitgegaan.

Noag het sedeloosheid, vermenging, asook verbastering, met sy alles
teengestaan.  Daarom was hy, die Godgekose een, wat die spykers, vas,
in die oorlewingsark sou slaan.

Abraham het die duiwel en die duisternis openlik en met veragting,
teengestaan.  Daarom sou hy deur Isak, as die vader van die lig, en
die witras, bekend staan.

Jakob en Esau het as tweeling, reeds in die baarmoeder, met mekaar
vuisgeslaan, sodat ook hemelwesens, gebore as mense, deur die groot
siftingsproses van God kon gaan.

Saul het as koning oor Israel kom staan, want `n uiters dom volk wou
hulle, nie meer langer, persoonlik, deur hulle Koning God, laat leer
of vermaan.

Daarom het Dawid as koning, in Psalmlofprysing, voor sy El gestaan,
ja, sodat die verwoeste heiligdom, aan die einde van die tydvak, weer
voor hulle Koning, Regter en Redder, kan staan.

Elia het as boodskappermens, tussen hemel en aarde, tussen gees en
materie kom staan.  Sodat die profetiese rede deur verskeie profete
oor die planeet kon gaan.

In `n biesiemandjie, in die Nyl, was daar `n baba, skoon en
lelieblank, ja, al drywend, soos `n spierwit swaan.  Daar is en was
niemand, wat die kom en gaan van Moses ooit werklik, kon verstaan.

Maar Moses het kom staan, ja, om `n slawevolk, in `n groot
verdrukking, in hulle vryheid, vooruit te gaan.

So het Daniel gekom, om as weggevoerde slaaf, weer uit die land van
vryheid te gaan.


Ook hy het gekom, om `n volk te laat verstaan, om juis in verdrukking,
vir jou God, op te staan.

Johannes die Doper het gekom, om ons Verlosser, vooruit te gaan.  Ja,
`n Verlosser, wat die dood, vir elkeen van ons, op `n kruishout, `n
folterpaal, sou verslaan.

Twaalf apostels het gekom, om hulle Messias, as Sy vriende by te
staan.  So het hulle as voorbeeld, vir vele geslagte, aan Sy, Sy
gestaan.

In die laaste snikke van die einde van hierdie tydvak, het ek en jy
gekom om vir ons God, ons Elohim te staan.  Ons het as swakke mense
gekom, sodat Satan nie geheel die mensdom, in sy bindingshok, sou laat
staan.

So, kom hel of hemel, hoog- of laagwater, gee ons die krag, O JaHWeh,
om tot die bitter einde, ons staan, vir U, ons EL, te staan.

 

Openbaring 2585

CHINA IN OORDEEL

13  Julie 2018 Vrydagoggend 00.15  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Oordeel staan geskryf in bloedrooi ink en onderkant China se vlag
wapper `n pikswart lint.  Kyk, haar oordeel is stewig in die wind van
verandering vasgebind.  Haar eie draak, kom om haar te verslind.  En
dit is die gees van Mao-Tsetung, wat miljoene siele in `n pikswart,
vergete, verlore, dimensie in wink.

Onder `n reuse aardplaat, wat onverwags wegsink, is daar weer soveel
siele, wat onder die golwe, van `n tsunami gaan verdrink. Onder die
strale van die son wat moordend, dodelik neerblink, kom `n dodelike
kiem, aangewaai, op die vlerke van die wind.

`n Agt tot nege op die Richterskaal, gaan ongekende chaos bring,
derduisende lê onder puinhope dood, vermink.  Ja, terwyl die dood vir
China en haar bure, asook Japan, `n treurige begrafnisliedjie sing.
So, luister na die rouklaag, wat oor die Ooste op gaan klink en weet
dieselfde Oordeel word ook vir die Weste bedink.

Weet daarom, dat elke land wat dink, dat hulle soos `n god, `n
uitkoms, aan Suid-Afrika kan bring, dat Elohim se wraak, wyd, oor
hierdie lande uit sal kring.

 

Openbaring 2586

OP BERGE EN IN DALE

15  Julie 2018 Saterdagoggend 05.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die sweepslag van selftoegediende, bloedige hale, ja, daar op die
wysie van "Op berge en in dale”.  Daar sing die gemeentes, in Psalms en
Gesange, vir oulaas, steeds vir `n vale.

Die liberale menigtes antwoord vanuit mallemeule stede, tot ver binne
in afgeleë plase se skaap- en beestekrale.  Ja, hulle roep in
selfmoord "we are one" in al die gruwelwêreld tale.  Werp daarom o,
God, nou oor hulle, U Oordeelskale.

In Suid-Afrika val die laaste strale van die son.  Die groot lang nag
het skielik gekom.  Met die duisternis wat verstikkend oor alles gaan
blom.  Kyk, die globale ekonomie gaan terstond omkom.  Mammon staan
daaroor, verskrik, uitgedien, oud en krom, heeltemal oor haar toestand,
nou verstom.

O, die Weste is dom.  Haar grootste vyand, het uit eie midde, as die
baster, na vore gekom.  Diè het homself, as die oorspronklike, kom
vermom.  Daarom staan die ekonomie nou oud en krom en haar laaste
minnaar, se pruik, is stewig op sy kop vasgegom.

Haar dier gebou vanuit sand, steen en beton, begin vanuit die groot
gruwelstad, oor luidsprekers, vir die mensdom te grom. Terwyl sy oë,
soos kameras, geheel die wêreld se doen en late opsom.  Satelliete is
sy onfeilbare bron, met “drones”, wat soos giftige, vlieënde skerpioene,
vanuit die diep, donker, put uitkom.

Kyk, in die laaste Joodse Shalom, het die laaste valse vrede, in `n
dodelike oorlog, oor die wêreld gekom.  So luister, in Afrika, slaan
ook Raka, nou oorlogsugtig op sy drom.  En vanuit Nigerië, tot in die
land van Skeba, antwoord menig baie bom.

Daar verskyn onverwags `n bloedkol op die Vatikaan se plafon.  Pous en
Biskop staan daaroor, so verskrik, bevrees, verstom.  Ja, want YaHWeh
se Oordeel, het skielik en verwoestend, oor geheel die Katolieke, asook
die Christendom gekom.

 

Openbaring 2587

VERVLOEKTE LAND

17  Julie 2018 Dinsdagoggend 04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Bankrot, natgesweet en moeg, ja, in sweet en swoeg, met die hand,
tevergeefs, geslaan aan die ploeg, staan die Boer, nou moeg gewroeg.
Die landerye en velde, lê swart verbrand, deur `n liberale ja-stem,
vir ewig vervloek.

So, luister net, na die jolyt en lawaai in die kroeg.  Daar waar Blanke
dronkaards, minagtend, op eens, heilige waardes spoeg.  Daar is
niemand onder hulle, wat berouvol, oor hulle sondes wroeg.

Maar godslasterlik roep hulle voor God.  Kyk, genoeg is nou genoeg.
Maar God luister egter nie na hulle patetiese dreigemente of
hulpgeroep.  Ja, tevergeefs bring `n gruwel Boervolk voor Sy troon,
hulle steeds, hoogmoedige, versoek.  Maar alles liberaal, moet  boet
en daarom betaal hulle almal, met hulle kosbare, lewensbloed.

Sien daarom die droogtes en ervaar die vreeslike vloed.  Luister na
die onheil wat roep.  Ja, sy roep:  So swart soos roet, o, wie gaan ons
bewaar of behoed?  Kyk, sien die lang begrafnisstoet.  In `n ongekende
hongersnood, word in rantsoene, die laaste bietjie kosoorblyfsels,
vir die mensdom gesnoep.

`n Hoogmoedige volk het God mos getart en versoek.  Kyk, daarom nou na
die eens pragtige land, binnekort swart verbrand, gestroop en
vervloek.  Ja, die land wat nou krummel, soos `n oorsoet, goedkoop
koek, terwyl almal, gulsig,`n stuk daarvan soek.

Die Boer staan verwese op sy stoep.  Hy ween, sy bloed word daagliks
in moord gesoek.  Ja, terwyl Raka se haat, in oorwinning, genadeloos,
oor hulle woed.  Ja, die eens trotse Boer staan weerloos, sy hande
vasgebind, teenoor die opdragte van sy baas, die Masoneenwêreld-
orde, as `n lafaard, net `n papbroek .

So, verbrand die ou leuenboek en open die nuwe tydvak, se nuwe
Waarheidsboek.  Lees en leer, van `n eens uitverkore volk se val,
voor Satansversoek.  Ja, lees van `n bose wêreldorde se aas en van
die swak patetiese Boer, wat dit alles gulsig sou sluk, sinker en
hoek.

 

Openbaring 2588

OP DIE BOUVALMURE VAN LANK GELEDE

20 Julie  2018 Vrydagoggend  03.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n mensestem wat vra:  Is dit nou die verlede, toekoms of
hede, ja, in die lewenssiklus, in die ewige sirkel, van die ewige
lewe?  So, luister net na al die hartstogtelike gebede, van reeds, so lank
gelede.  Ja, daar waar die skepping, die onverantwoordelike,
roekeloosheid, van die mens, nou eenmaal, nie kan vergewe.

So, vergete is die rede, van die woorde, van lank gelede se profete,
geskryf op die mure, van die bouvalle, van verlore beskawings, se
ingevalle stede.  In `n veraf toekomsblik, waar die Wysheidsarend, so
grasieus, oor die Nuwe Tydvak swewe.  Daar staan Sion op  die Bergtop,
met die Gees van God omgewe.  Haar skoonheid is so volmaak verhewe,
want sy voed, op die Boom, van die Ewige Lewe.

By die voet van die berg, vanuit die ewige afgrond, klink die
gevallenes se jammerlike krete.  Maar ewig te laat, kom die rede, tot
hulle mismaakte siele, in verlore gewete .  Ek hoor `n mensestem wat
`n Engel vra:  Is dit nou die toekoms, die hede of verlede?

Die Engel antwoord:  Luister net na al die hartstogtelike, so lank
vergete gebede.  Waar die materie in die skepping, steeds nie die
mens, vir sy uiters, onverantwoordelike dade, kan vegewe.  So, vergete
is die rede, in die woorde, van ou en nuwe profete.  Daar waar dit
steeds sigbaar geskrywe staan, op die bouvalmure, van reeds lank
vergete, se beskawingsstede.

 

Openbaring 2589

‘N BEELD IN VERGAAN

24 Julie 2018 Dinsdagoggend 24.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die beeld van Nebukadneser, staan met sy hande, wyd uitgesprei,
grotesk en woes.  Ja, met Raka se hare, wat in al vier die
windrigtings kroes.  Hy kom om die Weste te verwoes want die papperige
nat klei, is besig om die yster, op te roes.

So, luister na die Vaalperd wat wild, onheilspellend, staan en proes.
Weet in sy komende gevaarlike spoed, is daar min wat vir die gevaar
kan koes.  Kyk, in hierdie proses, word die groot stede van Amerika en
Europa, heeltemal verwoes.

Kernbomme roep:  Onder ons aanslag, is daar geen voorspoed, geen
opbrengs, of enige oes.  Luister daarom ook na die groot stiltes in
die myngroef.  Die bankiers, die grotes en konings staan hieroor diep
bedroef.  Terwyl die oorlog roekeloos, in alhoe wyer wordende kringe
om die wêreld spoed.

Met ellende op ellende wat globaal nou woed, staan bankrot regerings,
nou magteloos teenoor mekaar, met die bedelhoed.  Hulle verkoop hulle
manne en vroue, om as soldate, met hulle lewe, vir ander lande te
boet.

Twee lê op een bed, twee maal by die meul en die een moet die ander
nou vir altyd groet.
Ja, want die beeld van Nebukadneser staan in eenwêreldburgerskap,
grotesk en woes.  So, wee enige bloedvermenging, want die nat klei, is
besig, om die yster op te roes.

 

Openbaring 2590

DUIME AF

29 Julie 2018  Sondagoggend  08.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Vreemde ster het vanuit die niet, aan die hemelruim verskyn.  `n
Engel lig sy vuis en na benede wys sy duim.  Kort voor lank, gaan
laagliggende dele van die kuslyn, van Engeland en Nederland, onder die
see verdwyn.  Onder dik lae sneeu, gaan menigtes, verkluim, ja, terwyl
groot getalle  Kaukasiërs, skrikwekkend verdwyn.

`n Duiwel sit op `n mensgemaakte hoogte, tabak en pruim.  Hy spuug
bruin in `n skoon glaswater en vars waterbronne begin goor te skuim.
Vanuit Noord-Amerika, blaas daar dringend, `n noodbasuin en menig
Westerse lande, verander oornag, van wit na bruin.  Die eerste kernbom
verander die hemelruim, in `n groot, wit, rookpluim.  `n Enorme
aardbewing, lê groot beskawings in puin en daar bly weinig oor, wat
die chaos kan opruim.

`n Onverwagse groot ster het vanuit die niet, in die hemelruim
verskyn.  `n Tweede engel lig sy vuis en afkerend, na benede, wys sy
duim.  Kyk, die groot pes kom in `n baie grimmige luim.  Hy muteer
vanuit voël en swyn.  Die dood het in die pes besluit, om groot,
onnodige, getalle, vanuit die mensdom, die ewigheid in te ontruim.
Dit begin in Asië, Afrika en versprei na Amerika, Europa, Australië en
Nieu-Zeeland en steur hom aan geen entstof, of enige kwarantyn.  Ja,
die vreeslike pes het verskyn, om nie weer gou, van die horison af te
verdwyn.

`n Duiwel sit op `n baie hoë gebou, tabak en pruim.  Hy spuug bruin,
in `n helder glas wyn en dit begin giftig, in misoes, op misoes te
skuim.  Die mensdom dink die vals profeet sit op die hoogste wêreld,
wysheidskruin.  Hulle dink die gedrog, met sy trippel ses, het `n
intellektuele brein.  Maar die onvermydelike krake, het reeds voor die
implementering van sy groot wêreldplan, daarin verskyn.  Daarom sal sy
geldlose stelsel, in `n kwessie van maande, van die chaotiese wêreld-
toneel verdwyn.  Met ruilhandel, wat wêreldwyd, as die enigste
oorlewingsopsie sal verskyn.

`n Helder Ster, het onverwags vanuit die niet, in die hemelruim
verskyn.  `n Engel lig sy vuis en na benede wys sy Regterduim.  O kyk,
die Oordeel, oor die wêreld, raak nou wyd en ruim.  Twee, staan
verlore langs `n pad, die een het te lank versuim en die ander het te
laat ontruim.  Maar Sion en Jerusalem  staan veilig, hoog, op Elohim
se kruin.  So, laat die oseane maar woed, raas en skuim.  Met ook die
sneeu wat dik lê, in die eens so droë woestyn, ja, daarbo, op die
eens, so warm sandduin.  Laat die laagliggende dele, maar onder die
see verdwyn.  Kyk, die Groot Oordeelsduim, gesak na benede, het
uiteindelik verskyn.

 

Openbaring 2591

DATUMS

1 Augustus 2018  Woensdagoggend  02.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Waaraan word die tyd gemeet en waarom het die Seun van die mens
homself daaroor uitgespreek?  Hy het gesê:  Soos `n dief in die nag,
sal Ek, van My, in Oordeel laat weet .
Daarom sal niemand voor die tyd, van die tyd, van die groot dag weet.
So, laat geen mond of pen, van `n spesifieke datum spreek.

Maar van `n voorspelde dag, wil `n sensasie soekende, volk, mos altyd
weet .  Daarom laat elke vals profeet, vinnig van hulle weet.  Hulle
roep en sê:  O, luister net na God, wat deur my spreek.  Ja, staan
gereed, want op so en so `n dag, kom julle dood en leed, om hom op jul
te wreek.  Hulle vertel graag van donkermaan en Israelfees.  Ook van
die uitroep van `n volk, in benoude kreet.

Ja, die vals getuie vertel, dat op `n spesifieke dag en datum, elke
witvel in doodsangs sal sweet.  Hulle praat van `n donkernag, waar die
vyand, die witvel, in wit woonbuurtes, met langmesse, dood gaan kap en
steek.  Maar daar is iets, wat die vals profeet, heeltemal, van
vergeet.  En dit is, in die reeds, goed gemengde dorp en stad se buurt,
is daar meer geen eksklusiewe wit woonbuurt om van te spreek.

So, waaraan word die tyd, van die vals profeet gemeet?  Kyk, van
sonsverduistering tot donkermaan, is in die flenterlig van die bloedmaan

van die harige sak, reeds geruime tyd, uitgespreek.  Daagliks,
word menig witman, vrou en kind, reeds vermoor en doodgesteek.  Die
land word elke dag oral aan die brandgesteek.  Die infrastruktuur
word stelselmatig, tot op die grond afgebreek.

So, vergeet daarom van elke vals profeet, se sensasie soekende,
lekepreek.  Laat ons eerder die hande vlytig, vanuit die moue steek,
ja, om in komende hongersnood, te kan eet.  Ja, om ons voor te berei,
om swakkes, oues en klein kinders, veilig, te kan versteek.  Onthou ook
van pleisters en verband, met menig vegters, se wonde, wat gaan
ontsteek.

So, waaraan word die tyd gemeet?  Met doen, wat praat, lankal, verby
moes steek?  Kyk, die Oordeel kom om soos `n dief, die onbekende nag
oop te breek.  Voor dit, sal niemand, die tyd raak weet.  Waarom word
daar so dikwels `n tyd gespreek, ja, in `n land waar die Boer,
alreeds, van sy plaas en grond moet vergeet.  So, laat ons minder
namens God oor spesifieke datums spreek.  Telkemale word daardie
datums, sonder enige gebeure oorgesteek en kyk, dit maak die geloof in
God, net swak en week.

 

Openbaring 2592

KOM MY KINDERS, KOM NA MY

2 Augustus 2018  Donderdagoggend 01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, kom My kinders, kom na My, kom en gee die eerste tree, sodat Ek
die trane van julle oë af kan vee.  Ja, kom na My, sodat Ek julle, My
salige, ewige, vrede en rus kan gee.

Maar wee o, wee, aan elke siel, wat saam die wêreld, teen my Waarheid
hard sou skree.  Kyk, openlik sit elke liberalis hulle, mos teen My
Verorderinge teë.  Ja, hulle voeg hulle by die wêreldmassas, netsoos,
die water van die see.  Oor hulle is Ek lankal nie meer  bekommerd of
verleë.

Die wêreldling het My, mos minagtend, die rug toegekeer.  Daarna die
breë wêreldweg uitdagend en met oorgawe betree.  So, wie het vir
homself `n swaard gesmee en wie het die wet van die broederliefde met
minagting oortree?  Wie het die ryk van brommers en vlieë betree en
gaan daarom met Raka en sy hordes mee?

Wie staan daar op die Heilige Bruilofsfees, met die wêreldkleed
geklee?  Dit is mos die miswolke, wat die Reëls en Ordes van Elohim, so
graag oortree. Onbeskaamd sit hulle, hul teen My liefdeswette teen,
terwyl hulle, vir hul bloednaastes, niks meer omgee.

Voor hulle eie trotse deur, het hulle nooit nederig skoon gevee.  Maar
aan `n ander, kon hul gou vertel, as die, net so `n bietjie, volgens
hulle liberale, maatstaf, sou oortree.  So, wee o, wee, aan elke siel,
wat dit sou waag, om teenoor een van My Kinders, te oortree.  Kyk, oor
die rand van die ewige afgrond, word elke miswolk nou gevee.  Aan
Satan het die wêreldling, lank reeds hul siel gegee en is daarom nie
meer oor My, hul God, verleë.

Maar kom, o kom, My liewe kinders nou na My, sodat  Ek die trane van
smart, van julle oë af kan vee,  ja, aan elk van julle, wil Ek My
salige rus en ewige vrede gee.

 

Openbaring 2593

KATAKLISME OP KATAKLISME

3 Augustus 2018 Vrydagoggend 04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wie is dom en wie is wys?  Kyk, `n groot tsunami kom in `n vloedgolf
opgerys.  Kyk, die lug is vaal en grys, met kraaie en meeue, wat al
sirkelend, raas en krys.  Ja, terwyl die mensdom, God eers loof, en dan
weer vloek, om Hom daarna, weer te prys.

O, wie is vuil en wie is kuis?  Wie het gebly en wie het verhuis?  Maar
waar ookal die huis, almal voel globaal ontuis.  So, luister na die
groot rumoer geruis, daar waar dit in onruswolke, om die wêreld suis.

O, wie is dom en wie is wys want nêrens meer, vind mens, dit vars of
pluis.  Kyk, oraloor, word elke landsvlag, binnekort, net halfmas
opgehys en elke volk, loop voor God, op baie dun ys.  So, vergeet maar
van die diamante en die goud, geberg, daar in die kluis.  Dit
is net vleis, graan en kos, wat dit self, gaan bewys.

Wie is jonk en blond en wie is oud en grys? ja, wie is dom en wie is
Wys?  Kyk, die ligte brand, maar in Suid-Afrika, is weinig tuis.  So,
wie is `n man en wie `n muis?  In aardbewing op aardbewing, word die
mensdom, wreed, vergruis.  Ja, in verlies op verlies, dra menigtes,
nou self hulle kruis.

Wie is dom en wie is wys?  Kyk, geheel die wêreld staan op die
afgrondlys.  In Afrika, vra almal bakhand, pap, en in China, goedkoop
rys.  Europa poog, om haarself, desperaat, te ontluis, maar die
onwettige immigrant, weier om te verhuis.

So, wie is dom en wie is wys?  Wie gee moed op en wie poog nog, om
hulself te bewys.  Kyk, die lug is lankal vaal en grys, terwyl die
son, terselfdertyd, haar eie, bloedige, sonstrale prys en `n groot
tsunami kom, om haarself oor droëland, magtig, op te rys.

 

Openbaring 2594

DIE GELDOORLOG

5 Augustus 2018  Sondagoggend 02.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Dollar begin sy finale planne teen die Yen te smee.  Die Pond wil
ook die Euro, onder die mat invee.  Maar die Rand gee eerste mee.  So,
wie gaan die konings en die bankiers nou klee, want al die
geldstelsels, sit hulle teen mekaar, desperaat, nou teë.

Met die grotes nou kamma nie meer oor mekaar verleë, wil almal nou
inderhaas in Afrika bestee.  Maar wee o, wee, vir daardie kontinent,
word tevergeefs, net gegee en gee.

Kyk, Rusland, geniet die grap terdeë.  Maar ook teen haar, word `n
sluwe plan gesmee.  Ja, daar om `n dooie Mammon, draai die vlieë en
geheel die ekonomie gee binnekort heeltemal, in depressie mee.

 

Openbaring 2595

OP ‘N JA-STEM, VAS VERTROU

7 Augustus 2018  Dinsdagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wie sit daar vasgevang in `n selfgeboude kou?  Ja, in hulle
Godsgeloof, was hul mos uitermatig flou. Op Satan, kerk, en die
wêreld, het hulle vas vertrou en so het `n baie dom volk, haar
toekoms, op `n ashoop loop bou.  Maar steeds toon die Boer weinig
berou, terwyl hyself, sy graf, net dieper grou.

Op `n ja-stem vas vertrou, moet hulle nou, hulle eie ondergang
aanskou.  Agter `n leuenkerk het die volk mos aangetou.  `n Liberale,
Engelse, aartappelboer, as hul groot profeet voorgehou.  Ja, aan die
Vrymesselaarsorde, sweer hulle, hul ewige trou.

Desperaat aan hulle geldgod vasgeklou, moet hulle nou die bitter spit
afkou.  O, het die Boer maar sy trots behou en die Engelsman blatant
uitgejou.  O, het hulle maar, aan Elohim se hand vasgehou.  Oor hulle
sondes, geweeklaag en gerou.

O, het die Boer, maar bly uitroep:  Oranje, Blanje, Blou en aan hulle
eens, Goddelike, waardes, vasgeklou.  Maar die nee-stemmer, diè, het
hulle uittartend, minagtend, toegesnou oor alles wat agterlik is,
uitgejou.  Ja,  oor `n konserwatiewe volksgenoot, het hulle, mos hul
oë geniepsig, vernou.

In die Bileamsleer het die liberalis in verbastering ingetrou.  So
het die Boervolk, soos `n bont, mak, makou, al agter die Westerse,
liberalisme, aangetou.  Ja, in die pronkvere van `n goedkoop pou, het
hulle, hul toekoms, op die reste van `n ashoop gebou.

So, wie sit daar vasgevang in `n selfgeboude kou? Ja, wie is besig om
vir hulself, `n alhoe dieper, graf te grou?  Dit, terwyl hulle
tevergeefs, om hulp, vir die wêreld skrou.  O, dit was eens `n volk,
wie se vaders, op die Almag van God, vas, sou vertrou.  

 

Openbaring 2596

NOG SIEL NOG GEES

7 Augustus 2018  Dinsdagaand 23.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Nog vis nog vlees, nog siel of gees.  Ja, vanuit die goeie graan
gewan, staan die baster, uit die vergadering van Elohim geban.

Nog vis, nog vlees, nog skaap, of bees.  Vanuit Juda tot by Dan, kom
vanuit elke gemengde stam, nooit `n goddelike erfgenaam vir Gam.

Op watter ookal, wêreldfees, waar, watter, koning, ookal heers.  Daar
wis niemand meer, is dit, vrou of man.  Maar die hemel weet, om in
weersin, daarvan weg te skram.

Op die groot markplein, roep `n Stem Hom hees en die Oordeel word oor
die aarde uitgelees.  Lot se vrou, smul aan onrein ham en in haar
vlug, gryp sy inderhaas, haar goue kam.  Oor `n groot gebied, breek
die seë, se groot soutdam.

Nog vis, nog vlees, nog skeen of been.  So, laat die kinders daarom
ween.  Kyk, in gemengde D.N.A, skuil geen Kronieke seën.  Die
wêreldburger dink hy kan, maar in die groot hongersnood, word brood,
afgemeet, in enkel gram.

Nog Zeus, nog reus, nog persoon of ikoon, waar die mensdom ookal van
haar oorlewing lees, daar was alle gode, maar net nog, `n leuenverhaal
gewees.  So, uit watter geloof, volk of stam, teen die komende Oordeel,
staan geen sterk plan.

In die leë beurs, roep die mens bedees, o, wat was geld en goud, nou
weer gewees?  In die warm pan, braai geen vet of lam en al die kos is
oud, gemuf en klam.

Nog vis nog vlees, nog siel of gees.  So, laat die nasies kreun en
steun.  Kyk, vanuit die droë Kaukasiese speen, kom daar meer geen
goeie seën.  Ja, vanuit alle goeie graan gewan, staan die baster,
weggegooi eenkant, vanuit die Vergadering van Elohim, vir ewig uit
verban.

 

Openbaring 2597

SATAN AS VORS

8 Augustus 2018  Woensdagoggend 00.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die wêreld, land die Duiwel nou as vors en oral verskyn daar krake
in die aardkors.  Die hel is los en oral brand, stad, dorp, die veld
en bos.  Die massas roep, o, gee ons net `n bietjie hoop en kos.

Aan die wingerdstok hang geen druiwetros, die wyn raak op en die mens
raak dors.  Die oliekan lê leeg, sy inhoud uitgemors.  In die
skaapkraal heers die Wolf en Jakkalsvos en die hongersnood hardloop
wyd, wild en los.

Doodsbeendere lê wyd uitgesprei, daar by die gros.  Kyk, dit was die
heel laaste ploegos.  Op die wêreld land Satan as demonevors en die
vals profeet, slaan trots, op eie bors.

Die hel is los en Satan heers as wêreldvors. Oral bars daar lawa
vanuit die aardkors.  Die planeet is besig, om in ontlasting,
haarself, van die drukking te verlos.

Ja, die hongersnood hardloop wild, wyd en los.  Die mensdom roep: O,
gee ons net `n bietjie hoop en daarmee saam `n stukkie wors.  Ook `n
bietjie water want in die droogte, is ons baie dors.

 

Openbaring 2598

TERWILLE VAN GOD

8 Augustus 2018  Woensdagoggend  09.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n donkernag oral om my heen.  Hoor ek `n kind wat saggies ween.
Ek sit my teen die deernis teen.  Want ek wis `n volk se hart is
kliphard versteen.

In `n donkernag wat oral om my kring. Hoor ek `n kind wat droewig
sing.  Maar voor ek myself behulpsaam nader bring. Wis ek, `n volk het
God, uit hul hart verdring.

In `n donkernag waar niemand meer hul weg kan vind.  Hoor ek `n kind
wat roep, o, ek is blind.  Maar voor ek sy hand veilig in my greep wil
bind.  Onthou ek, `n volk was Satan goedgesind.

In `n donkernag, stikdonker om my heen.  Hoor ek `n kind wat droewig
teem.  Maar voor ek van sy smart verneem.  Onthou ek, `n volk staan
van haar God vervreem.

In `n donkernag sonder die maan wat blink.  Hoor ek die weeklaag van
`n kind opklink.  Maar voor ek hom, in die lig van `n kandelaar nader
wink.  Onthou ek, hy het saam die wêreld vrolik rond rinkink.

In `n koue donkernag met net die Noordpool wind.  Hoor ek die  bang
noodroep van `n kind.  Voor ek myself kan keer, het ek hom gevind. 
Want ek weet, in ongekende Liefde, is God hom steeds, goedgesind.

 

Openbaring 2599

DRAAI DIE JA-STEM OM NA NEE!

11 Augustus 2018  Saterdagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Teen Ordes, God en Gebod oortree, is geheel `n land, eens so, met `n
gruwel  ja-stem weggegee.  Oor jare heen, retireer die Boervolk, tree
vir tree en sit hulle papbroekig, uit vrees, nie eers `n bietjie teë.

So word die burgers nou van hul grond verja, soos lastige vlieë.  So,
waarheen lei hul weë?  Kyk, hulle vlug eindig daar, by die grense van
die grote seë.  Die hemel skaam Hom uitermatig, oor `n eens uitverkore
volk, nou so hulpeloos soos `n klomp hulpelose, parapleë.
Oor die skamele krummels, van hulle eie handewerk, daarvoor staan
hulle nader, so skaam verleë.  Ja, terwyl hulle, hulle van die bo,
tot die onderkleed, voor hulle vyand moet ontklee.  Oor hulle naakte
toestand voor God, staan die liberalis, nie in die minste, eers `n
bietjie verleë.

So, draai o, Boer, nou jou eens gruwel ja-stem, om na nee, sodat Juda,
oor die Afrika vlakte, kan brul en skree.  God sal daarmee saam, deur
die Gees van Verskrikking, geheel `n bose wêreld laat weet:  WEE O, WEE!
Geen grond of eiendom, word van My volk weggegee.

O, kyk net na die ou-ou profesieë, duisende jare gelede, reeds
geskryf, op halfvergane, hiëroglieë.  Dit vertel van `n uitverkore ras,
wat telkemal sou val, deur hulle eie dom fantasieë.  So word ook in
hierdie geslag, soos nog nooit vantevore, weer teen die Ordes en
Gebod van God, oortree.

Draai daarom julle gruwel ja-stem om en skreeu vanuit een mond: NEE!
Oor ons liggaam, dood of lewend, sal niemand ons hardverdiende huis,
of plaas, van ons afneem.  So, laat almal weet, in vloek of seën, dit
is en bly, ons erfenis.  Dit is ons Godgegewe seën en veen.

So, roep die uitverkorenes nou byeen en laat hulle uit een mond roep:
Onse God, ja, ons El, is Enig.  Slegs Hy alleen, is die Ewige EEN.
Lank genoeg was ons, van ons Priester, Koning, so vervreem.  Daarom
sit ons ons nou, teen die versoeking van hel en wêreld teen.

Ja, laat hulle roep:  O, onse God.  Sien ons berouvolle trane, hier waar
ons, voor U Troon kom ween.  O, onse Elohim, ons sit met `n enorme
probleem.  Kyk, ons alles, dit wil hulle  van ons en ons kinders
afneem.  Versamel daarom nou U kinders, onder U Embleem, sodat
geheel die bose hel en wêreld, van U Ongenaakbare, Oordeel, kan
verneem.

Neem ons by die hand en lei ons, in ons stryd, teen alle onreg teen.
Ja, gee ons krag, om die vervloekte ja-stem, om te draai, na NEE.
Sodat Juda oor die Afrika vlakte, kan brul en skree, ja, sodat die
vyand, onder die Gees van Verskrikking, kan versteen.  O, laat Elohim
daarmee saam, geheel die hel en bose wêreld laat weet.  WEE O, WEE,
geen erfreg, word van Sy uitverkore erfgename, afgeneem!

 

Openbaring 2600

'THERRI MAY'..…HEELTEMAL VERTRAAG

28 Augustus 2018  Dinsdagoggend  09.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Haar hand heeltemal oorspeel, haar moed, teen God gewaag.  Wee o, wee,
'Therri May', is heeltemal vertraag.  Tref daarom geheel die Weste met
ongekende koue, droogte, vloed, pes en plaag en laat Engeland se
grense tot niks vervaag.

O, luister net na Edom wat daar ween en klaag.  Kyk, Gabriel swaai  sy
swaard venynig vanaf London, tot oor Den Haag.  Wêreldwyd versprei oor
die aarde, kataklisme, vlaag op vlaag.  In die Vatikaan gryp `n groot
Vrymesselaar, `n ander een, boosaardig aan die kraag.  Kort voor lank,
beswyk, pous en biskop, van pure senuwees, aan kwale van die maag.

Haar hand oorspeel, haar moed, teen God gewaag.  Wee o, wee, 'Therri
May', is voorwaar, heeltemal vertraag.  Ja, wee elkeen wat God se
kinders met hulle planne plaag. Kyk, binnekort hang Engeland se
landsvlag besonders laag.  In geheel die Weste is daar geen landsleier
of koning, wat God, in die minste, nog behaag

Nr 2601 verskyn op volgende bladsy