Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 251 
Alleen swem ʼn enkel edelvis.

Dinsdag 19 Februarie 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Voor in die koor wil die valse profete die eindtydlied aan die gang hou.
Uit ʼn bitter fontein wil hulle bedrog as die waarheid voorhou. 
Uitgekryt en toegesnou word die ware profete van die wêreld weggehou. 
In troppe staan die valse pou aan die eie ek-dit is waaraan hulle vasklou. 
Die ware profeet- die word toegesnou. 

Alleen swem ʼn enkel edelvis, ja ʼn kabeljou. 
Sy woord word deur die valses as hul eie werk beskou. 
Terwyl die mensdom aan hierdie onsin en vervalsings moet kou 
tree valse profete op die voorgrond met harte wat jeens My is, maar baie lou. 

Ja, as ʼn valse pou op die hoogste verhoog wil hul nou met hulleself skou. 
Voor in die koor wil hul die eindtydlied aan die gang hou. 
Ook oor hulle is daar deur die eeue heen geprofeteer. 
Ja, in die eindtyd raak die vals profete al hoe meer. 
Op God se Waarheid sien hul hoogmoedig neer. 

Hul eie ek, die staan op die hoogste plek so word geadverteer. 
Die leuen as waarheid word die hele tyd aan al wat leef en beef geleer. 
In hierdie eindtyd wil hulle as die skynverlosser oor God se uitverkorenes regeer. 


Openbaring 252 
Swendelaar christusse.

Woensdag 20 Februarie 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Harig soos ʼn sak word die maan, ʼn fakkel wat val. 
Saam betree gif en satan die aarde se oppervlak en land. 
Om materie en siel tot die dood en verrotting te kom brand. 

Kyk hier en kyk ook daar. 
Is dit Elia of Johannes die Doper wat ons in elke tweede mens gewaar. 
So word die mensdom met valse kennis en die leuen beswaar. 
Voordat enigeen hom self nog van hierdie valsheid kan bewaar 
soek die mensdom klaar na iets meer sensasioneel en raar. 

Binnekort is dit in elke tweede swendelaar 
waar hul die christus en hul valse verlossing gaan gewaar. 
Van oral sal daar ʼn roep opklink kyk hier en kyk ook daar. 
In die woestyn en ook waar die oseane bymekaar uitkom 
daar op die strand, ook daar sal julle nog ʼn valse christus gewaar. 

My opregtes wil Ek graag van hierdie leuens en onheil bewaar. 
Daarom trek Ek hul nou in ʼn geestelike waarheidslaer 
vir onderskraging bymekaar. 



Openbaring 253 
Die effektebeurs se einde.

Vrydag 22 Februarie 2008 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die effektebeurs gaan binnekort finaal omdop 
Al hoe stywer span satan om die hele wêreld-ekonomie sy strop. 
Kyk, O’ kyk! Al hoe dieper raak al wat geldmag is nou in die sop. 
Die aandelemark gaan moeilik sy beleggers tot vergane glorie weer lok. 
Menige ekonoom probeer nou om vir die Valuta as ʼn verlosser te ontpop. 

Agter ʼn meesterplan sit ʼn baie bose kop. 
Wat die pot van goud onder baie regerings uit gaan skop. 
Terwyl hy lok en dan weer los is hy besig om oor en oor 
op dieselfde seer plek te skop. 

Wie is daar wat so raas en stry? 
Is dit satan en sy wêreldleier wat daar baklei. 
Komaan Mammon staan nou vinnig opsy 
ʼn baie groter mag as jy kom nou verby. 
Terwyl daar nou massas in die verderf ingly. 
Staan satan met onder andere sy "smart card" knipogend nader 
om baie nou kamma te bevry. 

Wie is daar wat nou oor hulle siele as kosbaarste besitting gaan stry. 
Die een egter wat My in hierdie tye gaan bely 
vir hom is dit wat Ek van die wêreld en slawerny gaan bevry. 
In My verlossing gaan My kinders hulself nou ewig verbly. 



Openbaring 254 
Wee elke valse tong.

Saterdag 23 Februarie 2008 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In Sion gaan Ek ʼn vuur aansteek. Die wilde loot gaan Ek van die 
edelstam afbreek. Die een wat in selfverheffing voor My aangesig 
wil staan, vir hom of haar sal Ek deur die arm van sy vyand tot 
nederigheid slaan. 

Wie ken My weë ja, wie was My raadsman gewees. Sodat julle die 
leviete namens My aan ander kan voorlees. In hierdie tye wat kom 
is daar nie een wat vir ʼn ander gaan voorskryf. Elkeen sal met sy 
vrye wil op My Roepstem in sy eie hart reageer en homself 
daardeur laat voortdryf. 

Die verlore "wees" wat in sy onmag na My, sy Vader smag. 
Aan hom sal Ek verskyn in Goddelike prag. Wee die geestelike 
hoogmoediges wat een van hierdies verag. Baie is daar wat in 
hierdie tye namens My wil spreek. Maar O’ wee! Daar kom ʼn tyd 
wat die noodlot hierdies deur hulle eie tonge op gaan wreek. 

Almal wil nou heelvoor staan, dig teen God wil hul nou wys 
hulle is net die vrou of man. Alle sondaars moet nou in groot 
berou nader aan hierdies vir verlossing kom staan. 

Op My skoot daar gaan geen spesiale uitverkorenes van 
die oggend tot die aand kom sit sodat ons mekaar in valse 
euforie en eieliefde kan aanbid. In My wingerd daar gaan 
My ware arbeiders vlytig spit terwyl hul in hul harte tot 
My- hul Verlosser gaan bid. In Sion gaan Ek ʼn reinigende 
vuur aansteek. Wee elke valse tong of pen wat namens My 
wil spreek. 



Openbaring 255 
Vir ʼn duisend tweehonderd en sestig dae.

Sondag 24 Februarie 2008 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Reeds het My olyfbome hulle opdrag ontvang. Vir ʼn duisend 
tweehonderd en sestig dae sal hulle profesieë oor die land 
en wêreld gaan. Klaar is daar van hul profesieë wat in vervulling 
gaan. In die dae van hulle laaste profesieë sal daar geen reën 
meer op die lande val. 

Ek self sal in die hart van die verspieders werk. Getrou sal hulle 
hul owerhede elke waarskuwing van My bring. Net soos in die 
dae van Farao sal hulle goed weet wat daar op die spyskaart 
van oordeel wat hulle oor hul self gebring het wag. 

Almal sal weet, Ek is God.

Wie liefde saai laat hom liefde maai en laat die wêreld wat verderf 
saai tot in alle ewighede verrotting maai. Reeds het My engel sy 
oordeelskaal op die waters van die aarde laat val. Rooi soos bloed 
is die afval en riool wat tot in die dieptes van die waterbronne van 
die aarde indring. Wie is daar wat vars water na hierdie wêreld 
gaan bring. 

Wee die wat soos kinders om My olyfbome sal pla, spot en lag. 
Die klou van ʼn beer sal die wat koggel en terg in die stof van 
die aarde neervel. 



Openbaring 256 
Die gruwel genaamd Matriks. (kweekplek)

Maandag 25 Februarie 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Jy dring by My aan om jou die gruwel te toon. 
Ek antwoord jou dat wanneer die mens in ʼn digte bos staan 
dit baie maal nie vir hom moontlik is om die bome van die bos 
te kan onderskei nie. Net so is dit die geval met die gruwel. Die 
mens leef huidiglik in die hart van die bose gruwel en dit waarvan 
hy omring is, dit kan nie gestalte voor sy aangesig kry nie.

Daarom het julle kunsmatige bestaan in ʼn kunsmatige wêreld vir 
julle ʼn werklikheid geword. Dit alles word in een woord saamgevat 
naamlik "Matriks". In hierdie dae is die mag van die heilige volk 
heeltemal verbreek. Die beeld van die Adam word deur die 
wêreldreklame as die" laughing stock" van die dag tot die hele 
wêreld se vermaak uitgebeeld. 

Sy Godgegewe maat word as die eiersel fabrieke aan al wat 
onrein is vir die hoogste bod aangebied. Terwyl Adam in sy- 
deur die slang aangebringde hipnotiese slaap in onkunde 
sluimer laat Eva haar nog ʼn maal deur die slang verlei wat 
sy weg deur die Goddelike geen terug na die hemele wil vind. 

Daar is twee horlosies teen die muur. Die een is die wêreld se 
tyd en die ander God se dimensie uur. ʼn Uur en ʼn uur en nog 
ʼn halwe uur. Niemand weet watter een is God se uur! Maar die 
tyd het gekom vir elke een wat met satan skouer skuur om 
saam met elke verbasteraar sy weg te vind na die hel se 
onuitblusbare vuur.



Openbaring 257 
Kom Vader, kom gou!

Dinsdag 27 Februarie 2008 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kom Vader, kom gou!
Dit is die lied waarmee opregte harte na My in hierdie tye trag. 
Met wanhoop in hul harte is daar kinders wat in diep ellende 
na My, hul Meester, met ongekende smarte smag.

In die lang gewag na My met die laaste dae wat finaal in die 
duisternis van satan weggly wil menig een wat My nie wou 
ken, My skielik wanhopig bely. Nou is dit Ek wat in die groot 
stilte van die mens af wegbly. 

Elke dag in elke mens se lewe is ʼn bladsy geliasseer in elk 
se eie lêer wat boekhou van elke gedagte, daad en gebaar. 
In hierdie tyd waar niemand My gewaar is dit na hul eie boek 
van die lewe waarheen hulle vir naslaanwerk terug heen gaan. 

Op elke bladsy wat die mens nou trek daar wil hy nou so graag 
iets van My opmerk, maar tot sy verbasing sal hy vind dat daar 
niks is van My is om te vind. Tot sy ontsteltenis sal hy ook vind 
dat die duisternis waarin hy homself bevind net hyself is wat 
was-so blind. 

In hierdie tyd gaan daar menig stem opklink: O’ God, waar 
gaan ons U nou vir ons ewigheid nou vind. Daarom sal Ek 
in My groot genade kinders wek. In ʼn tyd van oorvloed het 
hulle My in hul harte geberg. In ʼn stikdonker nag sal vanuit 
Sion die eerste stem oorwinnend opklink: Staan op! Staan 
op! Julle wat in die duisternis versmag. Die Bruidegom van 
Lig is op Sy Verlossingspad. Open daarom die poorte van 
jul hart, God is hier om weg te neem al jul smart. Ons Koning 
kom, ons Koning kom! Ja, ons Koning Melgisedek gaan nou 
na die aarde kom. 

Nog eenmaal hou Ek My hand van verlossing na hierdie 
wêreld uit, maak daarom vinnig van hierdie aanbod gebruik.

 

Openbaring 258 
Hael gemeng met vuur.

Donderdag 28 Februarie 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Hael gemeng met vuur. Ja, bloed sal Ek vanuit die hemel stuur. 
Lugmolekules wat in wrywing woedend teen mekaar nou skuur 
weerligstrale tref die aarde met ongekende vuur. Vanuit die 
dieptes van die aarde se mees interne deel tot buite die ruimtes 
van die aarde se atmosfeer, op nie een plek is die aarde van enige 
onheil afgeseël. 

Vir elke land hoe goed of sleg word daar menig aardbewings 
nou voor gereël. Terwyl kinders tussen die rommel en die dood 
sal speel word reeds die volgende kataklisme wat die mensdom 
gaan tref gereël. Terwyl die eindtyd as ʼn werklikheid om die mense 
afspeel sien hul dit bloot as ʼn konsert waar hulle vir hulself ʼn rol 
uitkies om ook as ʼn akteur daarin te kan speel en dit terwyl die 
aarde se hele oppervlakte in wanhoop beef. 

Vanuit ʼn vreemde dimensie is daar iets wat om die son al die 
planete vanuit hul bane probeer druk. Ook is dit die aarde se 
twee susters Venus en Mars, ja, selfs die groter planete wat 
nou daar skud. So sal alles op die aarde vir ʼn rukkie nog 
skommel en skud. Die waters sal later nie meer weet na 
watter kant om te beweeg. As klimaks sal daar wees ʼn 
enorme aardbewing wat oor die hele aarde se oppervlakte 
sal beweeg. 



Openbaring 259 
Die groot EK IS

Vrydag 29 Februarie 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
EK IS die groot EK IS. Alles wat daar in die oneindigheid is het sy 
ontstaan te danke aan die ewige alleen oorspronklike groot EK 
IS. Wat is die maatstaf waarteenoor die mens sy aardse bestaan 
kan meet teenoor ʼn begin wat tot in alle ewighede gaan begin. 
ʼn Einde sonder ʼn einde wat nooit gaan eindig nie. Vanwaar en 
wanneer het die eerste vogdruppel van hierdie aarde sy bestaan. 

Waarheen sal die laaste druppel heen verdamp? Wie het die 
eerste soutkristal geformuleer. Waar in die ewigheid word 
die laaste smaakkliertjie geberg wat die laaste korreltjie 
hiervan gaan absorbeer? Vanaf die kleinste atoompie wat 
daar is tot die mees majestueuse son wat daar oor oneindige 
skeppinge skyn, dit alles kom vanuit My, die groot EK IS se 
Skeppings Hand te voorskyn. EK IS die eerste Woord, EK IS 
die skeppings LIG. Daar is geen lig wat ooit My LIG sal kan 
verlig en daar is geen woord wat ooit die lewende Woord sal 
kan toedig.


Openbaring 260 
Met die krag van vuur.
Saterdag 1 Maart 2008 14:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Water en vuur kan mekaar glad nie verduur. Tog moet die een die 
ander vir ewig verduur. Vanuit dieselfde hemelskuur word beide 
as ʼn eenheid vir die aarde se voortbestaan gestuur. 

Vanuit waterdeeltjies wat voortdurend teen mekaar in die lug 
skuur word geaktiveer die bliksemslag met sy verterende vuur. 
Vanuit die vuurdeeltjies wat teen mekaar in die atmosfeer skuur 
word weer geaktiveer die water wat neerreën op die aarde as ʼn 
oorlewings kuur. 

Verterend en verwoestend raak die vuur. Vir menig een is hy 
die laksman in hul laaste lewensuur. Om elke organisme te kan 
onderhou word water na alle lewe gestuur. Watter lewe is daar 
wat sonder die behoud van water kan voortduur. Glansend 
verskyn elke somerdag in die lewenskrag van elke sonskyndag. 

Ja, vir gesonde lewensgroei word die son se vuur na hierdie 
aarde gestuur. By die pole daar waar die son se strale nie 
liefkosend teen die aarde se oppervlakte kan skuur daar is 
die water ʼn klipharde ysige muur.

Waar die vuur weer uit sy nate bars om alles in sy pad te verteer 
daar is dit slegs die koele waters wat hom in sy verwoestingspad 
kan keer. As twee verskillende pole is hul deur die Skepper aan 
mekaar gegee om mekaar se ongekende kragte te kan beheer. 

So het Ek My boodskappers met vuur geklee. My ewebeeld het Ek 
met die waters van die aarde geklee. Eenmaal het Ek die sondes 
van die aarde met water weggevee sodat die mens met ʼn nuwe 
begin weer daarop kon voortleef. Met die krag van vuur sal Ek 
alles wat onrein is nou van die aarde wegstuur Vanuit My 
hemelskuur sal Ek lewende water en vuur vir ʼn nuwe aarde stuur. 

Openbaring 261. 
Die hoogmoed en selfverheffing van Lucifer.

Maandag 3 Maart 2008 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In My eerste skeppingsdag het Ek die eerste engel van die lig 
reg langs My laat staan in sy volle glans en prag. Maar om bo 
My Goddelike mag en krag te kan staan daarna het hy gesmag. 

In hoogmoed en selfverheffing daar het Lucifer gedink- lê al sy 
mag en krag. Ja, bo My Goddelike Almag wou hy homself verhef 
in sy lig en krag. Al wat hy hierdeur vermag was om tot in 
ewigheid in sy eie stikdonker nag te val. 


In My Alwetendheid het Ek as teenvoeter vir die nag ʼn nederige 
Boom van Liefde geplant sodat elke lewende vrug van hierdie 
Boom se Liefdeslig die hele skepping vir ewig kon verlig. As ʼn 
kweekskool het Ek hierdie Aarde daargestel om saadjies van 
Liefde van die lewende Boom in te kan plant. 

Die grootste geeste wat daar in My oneindigheid is kan My nou 
nederig op hierdie aarde nader om soos die kleinste kind hul 
deur My Vaderliefde hul weer aan My vas te bind. 

Maar ook in hierdie tyd op hierdie aarde is die prins van duisternis 
weer aan bewind sodat elkeen deur sy vrye wil en keuse hom aan 
die nag of dag kan bind. Moet julself daarom nie deur die valse lig 
van Lucifer laat verblind om julself op enige gebied deur 
hoogmoed of selfverheffing bo jul naaste te laat bring.



Openbaring 262 
Die valse profete raak al hoe meer.

Maandag 3 Maart 2008 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wee die een wat sê Ek spreek wanneer Ek nie gespreek het nie. 
Ja, wie is daar wat My in ʼn blik wil druk. Deur vals te profeteer 
wil leuenaars en swendelaars die mens kwansuis alles van My 
leer. 

By alles wat heilig is wil hulle van die oggend tot die aand sweer. 
Hier ʼn duiwel- daar ʼn demoon, in alles sien hulle net ʼn bose gees. 
Die heilige geskrifte wil hulle met ʼn saamgeflanste oorleg lees. In 
ʼn stralekrans wil hulle nou ʼn heilige engel voor die mense wees. 
As ʼn soete hemelkind moet al wat leef en beef hulle nou respek-
teer terwyl hulle op die armes se offergawes teer. 

Op ʼn wankelrige verhoog raak die valse profete al hoe meer. 
Binnekort stort dit op hulle onderdane neer. Wie is daar wat 
die ongeluk van hulle af gaan weer. In ʼn tyd wat My kinders 
baie kwesbaar is tree hierdies nader met skynheilige lis. Om 
God te speel, dit is waarop hulle uit is. 

Ja, in hierdie tyd waar baie na My met alles in hul harte smag 
laat hierdies toe dat die wêreld My ware kinders uitlag. Laat 
die wat daarom leuens in My wingerd saai al die onheil wat 
hul verkondig maai. Al wat bose gees is wat hul van die oggend 
tot die aand vir ander as ʼn verskrikking oproep, die sal nou as hul 
eie metgeselle om hul draai. 

Elke valse salwing wat hul op ʼn ander as ʼn genesing aflaai- deur 
verrotting sal hul eie dade hul verraai.



Openbaring 263 
In alle verbastering verswak die suiwer geen
.
Dinsdag 4 Maart 2008 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Toegerus met die Goddelike vrye wil kan elkeen na sy eie keuse 
handel en wandel na sy eie persoonlike smaak. Dit was nog altyd 
die leuse van die vrye wil gewees. Die maatstaf waaraan elke 
individu sy eie identiteit behoort te meet is alles wat hy van sy 
herkoms af weet. Dit moet hy teen die beste vanuit sy hede meet. 
Daarvolgens moet die maatstaf wees waaraan hy vir sy kinders se 
kinders vir hulle ʼn toekoms uit moet meet. 

Saam is daar vir die perd en die donkie geen toekoms in die 
voortbestaan van die muil. In alle verbastering verswak die suiwer 
geen ewig tot ʼn onbruikbare bousteen. In hierdie natuurwet is dit 
altyd selfuitwissing wat op die langeduur hierin skuil. Moet daarom 
nooit ʼn Godgegewe suiwer geen aan enige iets anders as die eie 
soort uitleen.

WEE daarom ook die wetenskap met sy versnitting en sy kloon. 
Dit wat nie oorspronklik vanuit My orde is nie wil hulle nou op 
die aarde laat woon. In die verdedigingsmeganisme van die suiwer 
witbloedsel word vir elke nuwe siekte ʼn ander weerstand-entstof 
voor opgestel. Sy vyand kan hy glad nie meer herken. 

So sal elke klein witbloedsel jou nou vertel. Terwyl die vyandkiem 
deur selverbastering nou muteer is daar niks wat miljoene sterftes 
op hierdie aarde gaan keer. In plaas van ʼn entstof wat gaan werk 
gaan regerings nou vuur na baie gemeenskappe stuur om so 
globale siekte kataklismes te kan keer.



Openbaring 264 
ʼn Orde versteur, is ʼn orde versteur.

Woensdag 05 Maart 2008 12:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn klein spelonk waar twee vreemdelinge mekaar sal vashou 
met hul laaste lewensvonk sal een van hulle wees die kerke se 
grootste ‘monk’. Die ander een ʼn 'tramp' wat uit die 'gutters' kom. 
Saam sal hul smekend tot die hemel bid. Net om die volgende 
oomblik te laster in hul grote skrik. Hul siel sal hul nou wil bied 
om met God te skik maar daar gaan niemand van die hemel of 
die aarde wees wat hulle aan hierdie verlorenes gaan steur. 

ʼn Orde versteur is ʼn orde versteur. Met geweld het die mens elke 
orde versteur. Hoe die mens nou ook al wik en weeg wat moet 
gebeur, dit gaan gebeur en die einde van die saak is dat die aarde 
haarself in woede gaan oopskeur. Hoe ook al die mensdom in 
hierdie tye voor God in spyt gaan treur, hulself gaan kasty, ja, 
hul lewenslot in smart betreur. Dit wat moet gebeur, dit gaan 
gebeur. 

In hierdie tye gaan regerings vir hulp die heeltyd opmekaar nou 
teer. Uit aardverwarming het hulle heeltemal te laat hul les geleer. 
Die aarde sal hulle van nou af beter beheer, dit wil hulle nou by die 
hoogste hemel sweer. Maar dit wat moet gebeur dit gaan gebeur. 
Hierdie keer is dit die aarde wat by alles wat heilig is nou sweer. 



Openbaring 265 
Valse profeet en geloofsgeneesheer.

Donderdag 06 Maart 2008 04:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In hierdie onseker dae waar geloof die eendag ophelder net om 
die volgende dag weer weg te taan is daar al hoe minder mense 
wat op Sondae vroeg opstaan om ʼn onseker geloofspad te vind 
na waar die klokke beier en kerktorings desperaat die lug in steier. 
Ja, net om na die wêreldraad van kerke se leë holrug-geryde 
voorgeskrewe woord te kan luister. 

Desperaat soek die mens nou na ʼn alternatief want baie 
gemeentes behandel hulle lede in hierdie tye maar stief. In 
wanhoop soek hulle nou op enige plek na ʼn god, wat het 
hulle in hierdie tye tog net lief. 

Daarom skep vele bedrieërs vir die mens allerhande spektakels. 
In massahisterie word nou vinnig die illusie van valse christusse 
gevind in swendelaar tabernakels. Hoe groter die verhoog hoe 
groter is die gehoor wat die geld in hulle beursie aan hierdies 
gaan verloor.

In stadions waar massas bymekaarkom om histeries hulle 
sportgode of popster te aanbid daar kom nou ook die valse 
profete met hul predikers aan die woord om menigtes tot ʼn nuwe 
histerie aan te hits. Om op die voorgrond te kan tree sal vele baie 
geld aan hierdie projekte bestee. In vibrerende klank soos net ʼn 
heiden kan, word gebede in rituele na die hemel gestuur. 

In goedkoop vermaak sien mens net verband, nekstut of rolstoel, 
elkeen na sy eie smaak van die "krankes" wegwaai. Met ʼn heilige 
lig om die kop huppel nou vrolik ʼn eens lamme en ook sing daar 
nou ʼn "stomme" en die valse profeet en geloofsgeneesheer tel 
net geld en maak somme. Met goue tande wat in spreiligte flits 
ʼn halleluja hier en ʼn gewyde amen daar word die skare van die 
"gesalfdes" met hope valse seën weggestuur. 

Die een wat sy geloof op tekens en valse genesings wil bou 
gaan vir homself vir sy ewigheid ʼn valse christus voorhou. 
Moet daarom nie op enige mens vertrou. Jou Verlosser kan 
jy slegs in die warm liefde van jou eie hart vashou. 



Openbaring 266 
Hoor jy My Stem?

Saterdag 8 Maart 2008 01:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Hoor jy My stem en sien jy My beeld? 
In die mees volmaakte beeldhouwerk van alle tyd het Ek Adam 
vanuit die grondstowwe van die aarde geformeer. Om net soos 
Ek, sy Skepper te kan lyk. In Adam het Ek My Asem van die lewe 
geblaas. In sy borskas sy eerste ritmiese hartklop laat ontstaan 
sodat die ewige warm Goddelike Liefde in hom kon ontbrand.
Sy oë het Ek geopen om in die oer-ewige lig, My, sy Vader te 
kon aanskou. Op sy tong het Ek My Woord geplaas sodat hy 
dit saggies in liefde ewig oor My hele skepping kon uitblaas. 
Daarna het Ek hom op sy voete geplaas sodat hy as heerser 
oor hierdie aarde kon staan.

Hoor jy My Stem en sien jy My Lig. 
Moet nie dat twyfel ʼn wig tussen My en jou tot jou ewige leed 
stig. Die lewende brood het Ek nog altyd aan hierdie wêreld in 
die vorm van My lewende Woord gegee, gaan daarom slegs 
akkoord wanneer jy diep in jou hart weet dat dit My Stem is 
wat jy in jou hart hoor. Moet daarom nie in hierdie tye moed 
verloor. Aan elk het Ek deur die Onderskeidingsgees die 
Goddelike gehoor gegee. Ook sal My beeld vinnig vanuit 
jou naaste na vore tree wanneer jy fokus op sy goeie en 
die kwade in ander tot jou eie stigting sal ignoreer. So sal 
My kinders mekaar al hoe meer met die ware lewende 
Woord begin motiveer. 

Dit is hier waar Ek My weer na My ewebeeld op hierdie aarde 
gaan keer. My Lewende asem en Gees sal Ek weer ʼn keer aan 
My Goddelike kinders kom gee.



Openbaring 267 
ʼn Uitgesoekte Daniël-groepie.

Sondag 9 Maart 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In Abraham, Isak en Jakob daar lê die belofte en die suiwer 
goue geen. Ewig sal hul wees die draers van die heilige ark 
van Goddelike seën. Maar telkemale het hierdie bloedlyn 
trots hul hoof gelig en moes Ek hul daarom telkemale betig. 
Onder die voete van hul vyande het Ek hul dikwels gestel. 
Die het altyd die room van hierdie volkie tot hul eie voordeel 
afgeskep om so hul eie koninkryke tot seën en glorie te kon 
omskep. 

As nomade het hulle nog altyd rondgetrek. Ook in Egipte waar 
hul was as slawe. Ook daar gedwonge was hul blyplek. Die land 
se infrastruktuur het hulle in daardie tyd as die beste in die hele 
wêreld opgetrek. Daarom wou die Farao hierdie grote skat onder 
die ergste omstandighede nie laat wegtrek. 

So het ook Nebukadnésar die slimme Daniël en sy vriende tot sy 
koninkryk se voordeel nader getrek. In sy hofhouding het hy hulle 
bederf om so hul Godgegewe talente en kennis tot sy eie voordeel 
te werf. In Europa het My volk later as barbaar en heiden verskyn. 
In kleine bendes het hulle spontaan weer onder twaalf vaandels 
verskyn. 

Weer het Ek dit gered wat aan My behoort naamlik die Goddelike 
geen en die suiwer bloedlyn. Dikwels het Ek hul uitgedun maar 
nooit van My Goddelike tafel laat verdwyn. Ook het Ek in My 
wysheid ʼn uitgesoekte Daniël-groepie aan die Suidpunt van 
Afrika laat verskyn. Eeue later het hul weer trots hul hoof teen 
My, hul Skepper gelig. Daarom moes Ek hul weer onder die 
voet van hul vyande betig. In hierdie laaste tye wat daar oor 
hierdie wêreld kom gaan Ek hul getalle weer drasties uitdun. 

Slegs die wat net soos Daniël van ouds weier om die knieg 
voor die god van hierdie wêreld te buig, dit is slegs hulle 
wat Ek in hierdie tye in My Goddelike tuig tot voordeel 
van My verstrooide skape wêreldwyd gaan gebruik.



Openbaring 268 
Vasgevang in ʼn bose sisteem.

Maandag 10 Maart 2008 4:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vasgevang in ʼn bose sisteem is daar nou baie wat na die kosbare 
vryheid van hulle liggaam en siel verlang. Nêrens op hierdie aarde 
is iemand meer veilig. In hul harte word die mensdom nou baie 
bang. In vrees en paniek sal menigtes hulle van die een land na 
die ander vir veiligheid probeer haas. Heeltemal ontredder sal 
hul verbaas rondstaan. Na net groter gevaar daarheen het hulle 
hulself gehaas. 

In die groot verdrukking wat daar oor die wêreld kom is daar 
niemand wat die vervolging deur vlug na ʼn ander land gaan 
ontkom. Vanaf geboorte tot en met datum is elkeen vanaf sy 
bloedgroep tot en met sy vingerafdruk in die wêreldbank van 
D.N.A vasgevang. 

Vanuit die ruimte word elke stukkie grondgebied van hierdie 
aarde deur Lucifer se satelliete bespied. In die meesterbrein 
van alle rekenaars word elke een se doen en late die hele tyd 
gewaar. Daar is niemand behalwe die verseëldes wat hierdie 
Matriks van gaan spaar.

Vanuit die onmeetlikheid van die hemele en ook die dieptes 
van die aarde, vandaar sal Ek My hulp na vele eindtyd martelare 
stuur in groot genade. As ʼn onbreekbare verseëling sal My Heilige 
Naam oor die wat Myne is geskrywe staan. 

Met verbasing in hul oë sal hul menig gruweldaad aanskou, maar 
in die grootste gevaar sal hulle die lewe behou. As ewige getuies 
gaan hulle die vernietiging van ʼn bose wêreld aanskou. Wie is 
daar in die oneindigheid wat die geregverdigde oordeel van 
homself kan weghou. 



Openbaring 269 
Soos net ʼn boelie kan.

Dinsdag 11 Maart 2008 6:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Geneties gemanipuleerd die minderwaardige, sowel as 
kwaadaardige surplus in die wêreldorde se graanskuur word 
met groot vertoon na die arm lande in Afrika gestuur. Die joviale 
vrygewige wêreldorde-sinterklaas probeer onderlangs wêreldwyd 
wees- almal se baas. 

Kwistig met sy heuningkwas maak hy baie arm lande sy slaaf 
en klaas. Soos net ʼn boelie kan maak hy almal vir almal kwaad, 
ja, orals waar hy kom daar steek hy net sy bose kwaad. Vir 
beskerming aan die swakke sal hy as ʼn held nou naderstaan. 
Vir ʼn kosbaar ondergrondse prys sal hy die vyand ʼn bloedhou 
op die mond nou slaan. 

Die vredesmagte van die valse wêreldvredevors is niks anders 
as die handlangers van ʼn slegte mafia man wat homself selfvol-
daan alewig op die bors wil slaan. In sy grote waan dink hy hy 
is besig om sy "grote krag" ver bo God se outoriteit te laat staan. 
Vele lafaards is daar wat hulleself nou by hierdie boelie skaar. 
Baie groot gaan wees hul spyt en berou wanneer My vaal perd 
hul gaan tref met ʼn baie lae hou. 

Terwyl die verenigde nasies nog na hul asem gaan snak gaan 
ongekende kataklismes hulle knieë nog verder onder hulle laat 
knak. In woede maak hulle mos almal in Afrika vir My kleine 
kudde kwaad, op Sion word afgelaai die vuilste smaad. 

Ook Frankryk kom spoedig op My lys. Wie werklik is die grote 
God, sal Ek hierdies tot hul bitter spyt nou wys.



Openbaring 270 
Strukture en nogmaals strukture.

Woensdag 12 Maart 2008 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Strukture en nogmaals strukture. In die hedendaagse samelewing 
en sisteem voel al wat moderne mens is geborge en veilig in 
menig daargestelde strukture. 

Vanuit ʼn sintetiese gesinstruktuur stuur hy sy kinders na ʼn 
voorgeskrewe wêreldorde opvoedingstruktuur. Ook word daar 
ruim finansieel voorsiening gemaak vir die sogenaamde 
gesondheidstruktuur.  

In ʼn stewige pensioenfonds- daar vind hy gerusstelling en kalmte 
vir sy oudagstruktuur. Vir sy bestemming na sy sterwensuur 
daarvoor sal voorsiening maak sy geloofstruktuur. So het die 
mens homself knus soos ʼn papie verweef in die sogenaamde 
beskawingstruktuur. 


Verskrik en heeltemal blootgestel gaan die mens nou in komende 
tye verbouereerd rondstaan. Soos ʼn reuse kaartehuis wat in 
mekaar gaan tuimel gaan menig strukture waarvan die 
pensioenfondse die ergste gaan wees in die doods-dal 
van resessie wat niks anders is as depressie val. 

Ja, binnekort gaan die eerste krake sigbaar raak in die kamma 
stewige sekuriteitsmure van al die sogenaamde onontbeerlike 
oorlewingstrukture. Salig is die wat in plaas van strukture hul 
geloofvestings op My, die ewige stewige Rots, gebou het

Openbaring 271 
God het julle verveel. 

Donderdag 13 Maart 2008 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Beter is dit vir die een wat een van My swakke kinders laat val om 
homself met ʼn meulsteen om die nek in die diepste put te werp 
vir diesulkes is die ewige vuur van die verderf voorberei. Wee 
ook die vreesagtiges wat enige iets in die stryd sal werp vir die 
behoud van hulle liggaamlike lewe omdat hulle die lewe wat hul 
so op hierdie aarde bekoor ewig sal verloor. 

Salig is dié wat bereid is om hul lewe in liefdesdiens terwille 
van die swakkes in My Naam te verloor, vir hulle is daar die ewig 
volmaakte lewe by My berei. In dronkenskap en brassery, ja, om 
menig braaivleis-offervuur het My Naam hoeveel maal skade gely. 

In hoerhuis en bordeel, daarin het baie van My uitverkore volk 
gedeel. In bloedskande en sodomie het baie in hierdie volk 
Sodom en Gomorra mak laat lyk. 

Ja, baie van julle het gefuif en gespeel. Ek, jul God, het julle 
verveel. In hoerery is ʼn volk verwek en in aborsie kon menig 
heilig Adamskind nooit die lewe smaak om op hierdie aarde 
ook te kon kraai van die lag. Maar skielik is daar menigeen wat 
in suiwer en heilig lig teenoor sy gevalle naaste wil staan. 

Vir ʼn volksmoord is baie nou baie bang en waar dit veilig is wil 
hulle vir die behoud van ʼn sterflike liggaam rondhang. Salig is 
die wat vir die voortbestaan van My Heilige Naam voorsiening 
vir hulle swakker broeders maak.



Openbaring 272 
Swart sal hang die vlag van smart.

Vrydag 14 Maart 2008 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Laag en swart sal hang die vlag van smart, lank genoeg het die 
wêreld God op elke gebied uitgetart. Op bykans elke gebied gaan 
energiebron aan sy einde kom. Geldbehep was elke kamma 
slimkop tog so dom. 

Terwyl daar verwoestende vuur oor die wêreld gaan kom, gaan in 
die winter wat oor Afrika gaan kom menigtes ʼn kombers kortkom. 
Nat gaan wees die koue wat tot vele mense se einde in hul longe 
gaan kom. Ja in die roggelhoes, daar skuil dodelike kieme woes. 
Wie is daar wat van hierdie gruweldood weg kan koes. 

Waarskuwende fluisteringe was daar in menige profesie en die 
spotters het gespot, kom ons kyk nou wat is hul lewenslot. As 
ʼn werklikheid gaan die boek van openbaring nou oor hierdies 
en die wêreld kom. God was net ʼn bangmaak fabel om die 
Christendom gespan deur die wêreldraad van kerke met ʼn 
leuenagtige kabel. 

Verbrou! Verbrou! Het die Katoliek in elke Protestant se oor 
geskrou. Dit gegee aan jul as erfenis toon daaroor teenoor 
satan en sy wêreldmag berou. In vrees het die Christendom 
voor die opkomende antichris as lafaard dubbeld gevou. Te 
laat vir enige berou. Op hul Grote God di
é het hulle nie vertrou. 

In angs gaan menigtes desperaat nou tevergeefs aan hul Bybels 
klou. In My het hulle nie in goeie tye die liefde en die geloof 
behou. Vreesagtig wil hulle My nou vind om so hul goedkoop 
lewe te behou. In pyn en wanhoop sal die aarde terwyl sy haar 
met moeite in haar baan voortbeur, oopskeur, ja, in skreeuende 
klank en frekwensie sal haar klaaglied deur die ewighede skeur. 
Rooi sal sy met haar lawa die hemelruim met haar eie bloed 
inkleur. 


Openbaring 273 
Bittere kelk van chaos, pyn en dood.

Sondag 16 Maart 2008. 22:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In die ritmiese klank van dromme nog minder in die 
onheilspellende rookseine op die verre horisonne. Maar 
in die moderne selfoon daar lê die dodelike inligtingsbronne. 
Meedoënloos en koud sal wees die aanvalsnag waarin taxi 
bande skreeuend oor teerstrate sal weerklink. 

Die bitter kelk van chaos, pyn en dood sal menigeen in hierdie tyd 
van lyding leeg moet drink. In ʼn enkel nag sal die dood meer as ʼn 
honderdduisend nader wink. Hartverskeurend sal ʼn jonge kind 
met sy laaste lewenskrag na veiligheid van bebloede kapmesse 
weg probeer hink. 

Waarheen sal die stedelinge in hierdie tye probeer vlug. Tussen 
niks en nêrens sal hulle hulself bevind. Na die plase- daarheen sal 
almal probeer vlug soos verskrikte hase. Swart gebrand sal wees 
die geskroeide aarde van kleinhoef en plasies. In die radius om 
dorpe en stede se spasies. Verwond sal staan die kleine volk van 
die Goddelike verbond. 

ʼn Sekel word in ʼn gevalle nasie geslaan. Sonder God wou hul 
hoogmoedig hul eie lewensweg oopbaan. In selfverwyt is daar 
in menig Adam-oog ʼn bitter traan terwyl hulle in die kring van 
die dood se arms staan. In opdrag vanuit God se mond sal daar 
skielik hulp vanuit die hemel vir ʼn paartjies kom. 

Niemand sal daar van die vyand wees wat een van God se 
uitverkorenes sal wond. ʼn Haar getel is ʼn haar getel. Elke 
haar op ʼn kind van God se hoof is vir ewig getel. Wie is 
daar wat enige iets vir die Almagtige God van hemel en 
aarde kan vertel.


Openbaring 274 
Niemand gaan My manipuleer nie. 
Dinsdag 18 Maart 2008 10:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Nie deur enige vorm van vormgodsdiens en rituele ook nie deur 
die offer of enige vorm van offergawes en nog minder deur die 
onthouding van voedsel aan die liggaam nie. Ook nie deur enige 
fees of rusdae die stand van die maan en nog minder met 
lofliedere en dreunsang, gaan die mens My manipuleer om na 
sy pype te dans nie. 

In al hierdie dinge is die heiden met sy afgodediens die Christen-
dom ver vooruit. Koesterend lê die hele oneindige skepping knus 
soos ʼn kosbare klein saadjie in die holte van My Skeppershand. 
Hoe kan enige iets of iemand wat deel hiervan uitmaak My enigiets 
wil bied en dink om daardeur tot aansien van homself en ten 
aanskoue van sy naaste tot My Goddelike status verhoog te 
word. 

Vanuit My eie onmeetlikheid het Ek My eie skepping in die 
vorm van ʼn nederige mens binnegetree om juis die mens van 
die kettings van allerhande onnodige bindinge waarvan die 
vormgodsdiens die grootste is te kom verlos. Daardeur het 
Ek dit vir die mens maklik gemaak om My sodoende deur 
middel van die ware kommunikasie te kan bereik. 

Hierdie kommunikasiekanale is onder andere die waarheid 
standvastigheid, die geloof, hoop en die Liefde. Waarvan 
laasgenoemde die kragtigste en die grootste is. In hierdie 
eindtyd is dit in hierdie onbevange bevryde harte waar Ek 
sonder enige groot vertoon met My Gees gaan neerdaal. 

Vanuit hierdie lewende Goddelike tempels sal die ware lewende 
Liefdeslig van God as hoop in ʼn wêreld van wanhoop vir baie 
ander in ʼn donker tyd skyn.


Openbaring 275 
Tot verseëling gebind.

Woensdag 19 Maart 2008 10:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In menig broer en tweeling word dikwels geskei die goeie van die 
kwade. Net soos in die eerste dae van Adam sal Ek ook in hierdie 
dae die ware vrug van die edelstam afpluk. Die kaf geskei van die 
koring sal Ek in die vuur uitskud. 

Weer sal daar twee met die offer van hul harte voor My kom staan 
en om die regte redes bekend aan My sal Ek die twee van mekaar 
afskei. Die een sal Ek aanneem en die ander verlaat. 

In Abel se doen en late daarin het gelê die Goddelike bate. Maar 
as bose smade het die vrug van Lucifer as vloek vir die aarde 
gelê. In die wese van Kain as die ewige kwade. Met ʼn rooi lyntjie 
is ʼn kindjie eenmaal tot verseëling gebind. Baie het al gesoek 
maar kon nog nooit die ware geheim hiervan uitvind. 

In rooi verdoesel het satan slinks sy weg as eersgeborene uit die 
baarmoeder gevind. Maar vindingryk het Jakob vir Esau met sy eie 
middele vasgebind. So is die eersgeboortereg vir ewig om Sion 
se regterhand vasgebind. So probeer ook nou die valse Jood 
vir oulaas nog eenmaal om die ware leeu van Juda van sy 
Godgegewe troon te stoot. 

Daarom werp hulle in hierdie tyd alles in die stryd om die ewig 
lewende brandende offer in die hart van ʼn kleine uitverkore volkie 
dood te smoor. Maar ʼn Goddelik Vonk het Ek vir ewig in die hart 
van Sion gestoor. In hierdie tye sal Ek die gebed van ʼn enkeling 
uit hul geledere as ʼn oordeel teen die hele wêreld hou. 

Wee! Elke een wat My uitverkorene minag, ja, wee! Elke lewende 
siel wat die bruid van God verag. 



Openbaring 276 
Twee nagte van verskrikking.

Donderdag 20 Maart 2008 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Twee nagte van verskrikking sal daar in die Suidpunt van Afrika 
wees. In ʼn tyd soos hierdie is daar baie wat van mekaar wil weet. 
Waar kry ons die voorlopers? Aan iets wil ons ons maatstaf meet. 
ʼn Ander sal weer laat weet; ek het ʼn ongeneeslike skeet. Hiervan 
behoort die olyfbome iets te weet. Waar hierdies ookal roep 
en soek is dit net hulle eie leë innerlike wat hulle gaan troef.

Kleiner as die kleinste kind is die grootste engel gestroop van al 
sy glans, mag en krag. Op hierdie aarde is hy geplaas om homself 
ywerig na ʼn mede swakke naaste te kan haas. Moet jouself daarom 
nie teveel verbaas. Jy en hy is met dieselfde missie op hierdie 
aarde geplaas. As ʼn hoeder het Ek jou in hierdie donker tyd 
oor jou swakke naaste en broeder geplaas. In ʼn tyd van nood 
en wanhoop moet jy jou met jou swakke naaste van die vyande 
weghaas.

Net soos met die manne van Bet-horon sal daar in ʼn donker nag 
wat oor Afrika wag, die gees van vrees en verwarring die oorlog-
sugtiges uitlag. Wêreldwyd sal oor elke nuusuitsending die 
geskreeu en geraas weerklink van daardie verskriklike nag. 
Onder die gees van verskrikking en verwarring gaan stamme 
mekaar doodslaan en vertrap. So sal die Hand van God die 
vyande van sy uitverkorenes wegklap.

(Bet-Horon; Joshua 10:10)



Openbaring 277 
Goed en kwaad word finaal afgeskei.

Vrydag 21 Maart 2008 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Onmeetlik en heerlik is die glansryke suiwer hemelryk, wat is vir 
My nuutgebore kinders toeberei. Die bok en die skaap, krui en 
distel, die kaf van die koring, ja, die goed en kwaad word finaal 
nou van mekaar afgeskei.

Gereinig van alle kwaad word ook die verlore seun na sy 
nuwe woning gelei. Ondenkbaar tyd gelede is dit klaar vir hom 
voorberei. ʼn Feesmaal word daar nou deur die engele voorberei 
wat alle feeste nog ooit heeltemal gaan oorskry. 

ʼn Bruidskleed word daar handig ook vir Sion voorberei. Aan die 
hand van haar Losser en haar Man gaan sy nou voor elke siel 
verskyn. Gereinig in die bloed van die Lam sal haar tabberd 
Goddelik vir ewig nou skyn. Vlytig word die uitnodigings deur 
My werkers hier op aarde uitgestuur. As bruilofswerkers word 
nog ʼn paar in hierdie laaste uur vir oulaas gehuur. 

Vir ʼn Kind wat huis toe kom dit is waarvoor die Vader van die 
huis nou hoopvol in die vêrte tuur. Verniet is vele uitnodigings 
na spesiale gaste uitgestuur met dit wat die wêreld bied, daarmee 
wil hulle liewer skouer skuur. Vir oulaas sal Ek nog eenmaal My 
bodes oor die wêreld stuur en vanuit die wat arm is van Gees 
die sal Ek nou inbring in My hemelskuur.



Openbaring 278 
Gestroop van alle lig.

Saterdag 22 Maart 2008 15:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn stikdonker nag gestroop van alle lig en krag sal My volk 
in diep ellende versmag. Na die Boom van die lewe sal ʼn klein 
oorblyfsel strewe. Met stemme wat van aandoening sal bewe 
sal hulle na hul Verlosser roep: O’ Vader, bewaar ons van die 
ewige dood- by U wil ons vir ewig lewe.

Lank voor die laaste Avondmaal is daar vir hierdies twaalf 
mandjies met oortollige brood gespaar. Aan die eindtyd 
apostels is dit uitgemeet om dit aan die laaste martelare 
uit te deel. 

Geseënd is diegene op wie hierdie eindtyd heilige sakramente 
neer gaan daal. In ʼn wêreld troosteloos en vaal sal hulle die 
laaste uitverkorenes van God voor alle kwaad wegraap. 

Ja, vanuit die ooste tot in die weste kragtig soos ʼn weerligstraal 
op sy heel beste sal daar in die hart van elke gereinigde kind ʼn 
Goddelike vonk van die ewig skynende Son ontstaan wat 
afkomstig is van die troon van die ewig lewende Bron. 

Terwyl ʼn oeroue beskawing op sy toppunt gaan vergaan en die 
vlammende Swaard satan en sy gebroedsels vir ʼn baie lang tyd 
gaan verslaan. Sal daar in ʼn nuwe suiwer Goddelike skeppingslig 
skoner as die eerste paradys ʼn nuwe wêreld vir nuwe Goddelike 
kinders ontstaan. Geseënd is die wat deur die eindtyd hul lewe 
behou. ʼn Nuwe verbond sal Ek hul kinders vir ʼn duisend jaar mee 
vertrou. 

ʼn Goddelike pen het daar meer as eenmaal vanuit die hemel 
neergedaal. Maar oor elke Godgegewe woord wou die kinders 
van die duisternis deur alle eeue heen nog net smaal. Op die 
laaste dag is dit die dood wat satan se kinders vir hom kom 
haal.



Openbaring 279 
As gevolg van aardse goed.

Sondag 23 Maart 2008 17:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Om elke gruwelsonde te spesifiseer maak onnodig net die suiwer 
engelharte seer. Maar op elke lae vuile vlak daar het satan die 
volle beheer. In die eindtyd tafereel wat homself nou oor die 
oppervlakte van die aarde afspeel, word getap die laaste druppel 
bloed afkomstig vanuit die slawe van die wêreldsisteem.

Elke moontlike gruwel onder die son die het die mens reeds klaar 
bedink. Met die wyn van sonde is elke gruwelbeker vol geskink. 
Oral waar die liggies op hierdie aarde blink is dit verleidelik die 
hoerehand wat die arme sondaar tot sy ondergang in die hel in 
wink. 

Terwyl die mens heeltemal verlore van die een sonde tot die 
volgende speel word die laaste wêreldoorlog deur die grotes 
gereël. Soos willose papierpoppe in die wind word miljoene 
nou deur hul eie skuld vasgebind. Deur hul aardse goedjies 
word hul kosbaar siele deur die hel verslind. 

Geen toekoms geen hoop is daar oor vir die verlore wêreldkind. 
Maar vir elke kind wat het My reeds veilig in sy eie hart gevind, 
ewig verseël het My engele My Heilige Naam op hul voorhoofde 
vasgebind. Hoe begerig satan se oë ookal hul weg na hierdies 
vind vir ewig is hulle met Goddelike Liefde aan My vasgebind.

Terwyl die eerste wiele van 'n grote wêreldoorlogmasjien begin 
te draai om dit wat verlore is van die aarde af te maai gaan Ek 
dit wat was as edelsaad op hierdie aarde gesaai as Goddelike 
werktuie vir alle ewighede vir My koninkryk maai. Daarom is dit 
dat Ek My Goddelike kleintjies in erge tye tot kalmte paai. As jul 
getroue Vader sal Ek julle in benoude tye vir ewig nooit die rug 
toedraai.


Openbaring 280 (a)
O’ Abba wees my krag.

Maandag 24 Maart 2008 18:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
O’ Abba wees my krag. in ʼn donker nag is dit na U, my Vader 
waarna my siel nou smag. In ʼn leë fantasiewêreld met skyn 
illusieprag, dit is waarna ʼn grote wêreldbevolking in waansin 
smag. Hier en daar nog ʼn enkeling wat oulaas tog so graag nog 
wil besin. Ja, in die land van duisternis daar vind jy seldsaam 
nog ʼn kind wat wanhopig oulaas nog die lewensweg na My, sy 
Verlosser wil vind. 

Voor My, haar Skepper, dit is waar die aarde treur. Oor haar 
verlore kinders is dit wat sy haar hart in pyn oopskeur. Daar waar 
die hemelliggame hul weg doelgerig in die kosmos oopbaan is dit 
die eens kleine trotse aarde wat nou droefgeestig rondslinger in 
haar wentelbaan. Soos ʼn klein broeis hennetjie het sy kordaat en 
vrugbaar tussen die groot pluimvee rond gepronk. Ontelbaar male 
het in haar vermenigvuldig- die lewensvonk. 

Gestroop nou van haar warm liefdesvonk het sy vir miljoene 
verlore siele geword net ʼn koue eensame tronk. Oor ʼn verlore 
aarde is daar iets wat oulaas nog die oordeel ʼn sekonde laat wag. 
Iewers vanuit haar donker nag is daar ʼn eensaam stem wat My, 
die Skepper, nog ʼn oomblik laat wag: "O’ Abba wees my Krag. 
In hierdie stikdonker nag is dit U, my Verlosser waarna my siel 
wanhopig smag". 



Openbaring 280 (b) 
Visioen van ʼn bosluis

24 Maart 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn droomvisioen het ʼn aaklige ronde swart voorwerp aan my 
bolip onder my neus vasgeklou. Na ʼn groot gesukkel het ek dit 
afgetrek gekry en gesien dat dit ʼn groot bontpootbosluis was. 
Ek het geweet daar kom ʼn siekte iewers oor die aarde en het 
gewonder of die draer of land, ja, die oorspronklike gasheer 
van hierdie siekte onder kwarantyn geplaas gaan word. 

Openbaring 281
Wie staan aan My kant.

Dinsdag 25 Maart 2008 16:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wie staan aan My kant, wie is teen die grote Hand van God gekant. 
In ʼn doods-dal dit is waar die banke val elke ekonoom word swak 
en mal. Maar nog steeds sê satan; ek kan en sal. Staan sal ek tot 
in die laaste oorlogsdal. In storm en wind in vlam en vuur daar 
sal die vyande van God Hom vind. In hierdie oordeel word die 
industrie en handel van die wêreld tot ʼn ewige val gebind. Die 
skure van die hemel sal in woede gee, ja, alles wat in haar is sal 
sy in oorvloed oor die aarde vee. Dit wat vuil is sal die winde en 
die waters van die aarde vee. 

In pantser en metaal wil die vyand van God homself nou klee. Uit 
sy ingewande skiet hy staal om die mensdom met die dood uit sy 
pad te slaan. Teen homself is dit wat hy soos ʼn stommerik tot sy 
eie vernietiging optree. Die aarde kreun en steun en in miskraam 
is dit wat sy haarself oopskeur. In waansin sal die massas skree. 
Maar daar is niemand wat aan hulle eise sal toegee. 

Kragtig sal die antichris na vore tree om die hele wêreldbevolking 
te kan beheer, hom alleen sal ons aanbid so sal hy vir die hele 
wêreld skree. Steunend sal hy op sy swakke enkels staan. Dit is 
hier waar God se Heilige klippie hom tot sy ewige val gaan slaan. 
Vir die laaste maal is dit Ek wat vra; wie staan aan My kant en wie 
is dit wat teen die grote Hand van God wil staan. 



Openbaring 282 
Misleidende geeste.

Woensdag 26 Maart 2008 09:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Moet julleself nie deur die misleidende geeste laat mislei nie. 
Hieroor word daar spesifiek in My Woord gespesifiseer dat 
die een blinde nie die ander blinde moet lei nie omdat beide 
op die einde van die dag in die ewige sloot van die verderf 
sal beland. Wanneer die mens nog self tekort skiet aan die 
nederige volwasse Goddelike opvoeding, hoe kan hy/sy 
namens God hierdie opvoeding aan ander wil voorskryf. 

Die onmondige kind moet daarom nie op die voorgrond tree 
om die meer volwasse mondiges na God en die waarheid te 
probeer lei nie. Maar hulle moet in volle deemoed as ʼn nietige 
kind nader aan die Gees van Mondigheid kom staan om in 
suiwer eenvoud en nederigheid in die volwasse koninkryk 
van die een volmaakte Leermeester van alle tyd en ewigheid 
ingelei te kan word. 

Op hierdie reis van analitiese en kritiese selfondersoek waarin die 
mens die hele tyd iets van die 'eie ek' sal afsterf om terselfdertyd 
iets van die Goddelike mondigheid tot die weergeboorte te kan 
win. Ja, op hierdie innerlike pelgrimsreis sal die mens meer 
medereisende siele vir die hemele win as in die selfverheffende 
"weet dit alles" hoedanigheid. 


Openbaring 283
Die lewende opstanding.

Woensdag 26 Maart 2008 12:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die tyd van die lewende opstanding het naby gekom. Of dit 
nou tot hulle val of opstanding is, My werktuie word nou van 
hulleself gestroop en gereinig en die seep waarmee hulle 
soms op ʼn pynlike wyse gereinig word is gekook vanuit 
elke faset van hulle eie karakters, identiteit en persoonlikhede. 

Wie daarom werklik gereinig wil word sal skoner as ʼn pasgebore 
baba omhul met die bloed van sy Verlosser, as heilige werktuie 
vir My in hierdie tye werksaam raak. Geseënd is die instrument 
wat in die hand van God lê. Volmaak is die werk van die groot 
Meester wat vloei deur die gewillige instrumente om sodoende 
volmaakte eindresultate na vore te kan bring. 

Treurig is dit vir die dooie instrument wat eiewys selfverheffend 
die groot Vakman wil voorskryf oor hoe om hom te hanteer. Omdat 
die instrument op sigself dood is en dit slegs die hand van die 
Vakman is wat hom tot die lewe kan bring.


Openbaring 284 
Dit wat Ek sê, dit doen Ek.

Vrydag 28 Maart 2008 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek is die ewige Waarheid en wit is wit en swart is swart, My ja is 
My ja en My nee is My nee. Dit wat Ek sê dit doen Ek, daarom sal 
Ek nie die eendag 'sus' en die anderdag 'so' sê nie. 

Water, voedsel, geluk en gesondheid-van dit sal daar wees net 
mooi geen vorm van enige Goddelike seën. Terwyl ʼn grote wêreld 
wanhopig in pyn en honger sal rou en ween, verwyt en klaaglied 
sal sny deur murg en been niemand in jammerte ʼn paar brood-
krummels aan ʼn honger naaste sal uitleen sal Ek in Sion se hand 
kom lê, die Goddelike seën. 

ʼn Paar van My uitverkorenes sal oor die aarde gaan. Waar een van 
hulle se hand sal raak sal ʼn kranke onmiddellik vanuit sy siekbed 
opstaan en almal sal weet daar het sopas een van God se ware 
werktuie hier verbygegaan. Waar Ek een van hulle na My honger 
kinders stuur- daar sal vrugbaarheid in ʼn oomblik geskied in die 
natuur. 

In die laer wat hul met hul skoenpunt om My weerloses sal trek 
daar sal wees ʼn ondeurdringbare veiligheidsmuur. Ja, deur dik 
en dun sal Ek by My heilige werktuie staan. Skares van engele 
sal vir hul die weg deur ondenkbare gevare oopbaan. Die 
wêreldorde met sy antichris sal magteloos teen hierdies in 
woede rondstaan. Elke plan noukeurig deur hul beraam word 
deur My getuies tot niks en stof geslaan. 

Ja, met Goddelike sorg sal hulle My martelare nader. Die aarde 
sal blymoedig vir My kinders seën in ʼn tyd van vervloeking 
vergader. Die antichris sal alles doen om hulle te bestry maar 
die getuies sal lag terwyl hulle die wêreldplanne in die wiele ry. 
Daar waar hulle oordeel gaan val, daar gaan die aarde kreun en 
steun. ʼn Bitter verlore klaaglied gaan deur murg en been sny. 



Openbaring 285 
Hou deurentyd aan met kritiese selfondersoek!

Sondag 30 Maart 2008 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wat sal ons dit noem, ʼn kleine kibboets ʼn tere kolonie die 
saamtrek van die heiliges of dalk die oorlewing kuddetjie van 
die eindtye? Hoe dit ookal sy, in die laaste doodsnikke van die 
huidige beskawing sal daar wyd verspreid oor hierdie aarde 
spontaan sulke klein gemeenskappies van My uitverkorenes 
ontstaan waarvan die grootste konsentrasie hier aan die 
Suidpunt van Afrika sal wees. 

Dit is hier waar satan se boosheid sy klimaks sal bereik en so 
sag soos ʼn valse duif sal hy sy verskyning in julle midde maak 
en listig soos wat net die slang kan, sal hy onskuldige klein 
eiertjies van kwaad in die harte van oënskynlike gelowige 
staatmakers kom lê en dit sal in die koesterende warm liefde 
van hierdie heilige gemeenskappies in die vorm van eie gewin 
die jaloesie en die eie ek uitbroei. 

So sal satan vir oulaas sy finale slag onder die heiliges kom 
slaan. Bloedverwante sal mekaar gewetenloos aan die bose 
owerhede uitlewer. Waar die mens daarom hierdie bose 
kwaliteit in homself of sy gemeenskap gaan toelaat, ja, hier sal 
aanvanklike modelgelowiges ontaard tot die ergste onverbeterlike 
duiwels van die eindtyd en terwyl hierdies sal saam smul aan die 
heilige maaltye afkomstig vanuit die hemele, sal hulle soos Judas 
vanouds die planne beraam om julle aan die bose owerhede uit te 
lewer. Waak daarom die hele tyd teen hierdie indringing van die 
satan omdat min daarteen bestand is. 

Daarom is dit dat Ek julle weer ʼn keer attent maak op die kritiese 
selfondersoek omdat satan sy verskyning in die kleinste 
onbenullige prik van naywer en jaloesie sal maak. As almal 
daarom deurentyd besig is om van die balke in hulle eie oë 
ontslae te raak gaan daar baie min splinters in hierdie 
gemeenskappies van die heiliges te vinde wees. 



Openbaring 286
Hoe blind is die mens tog.

Maandag 31 Maart 2008 10:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die mens wat nog nie daarvan bewus is dat die eindtye in volle 
gang is nie, die wíl dit nie weet nie. Hoe groter die druk in die 
eindtyd verdrukking in menig verskillende vorm op die mens 
uitgeoefen word hoe groter raak ʼn algemene wêreldwye gevoel 
van depressie en neerslagtigheid. Die wêreldmens probeer 
desperaat om dit te ignoreer deur homself met oorgawe in 
dit wat die wêreld bied te werp. 

Terwyl hy geld uitgee rinkink en speel, probeer hy homself 
verbeel globaal verloop alles nog volgens die wet en reël. Die 
aarde wat om hom verbrokkel en vergaan daar steur hy hom 
glad nie aan. Konflik hier en oorloë daar daaroor voel hy nie 
in die minste bewoë. 

Binnekort wanneer hulle een van My waarskuwingsbodes gaan 
gewaar sal hul spottend met die vinger wys na hul kop. "Oeps- 
ons is nou in die sop" so is dit wat hulle met die knegte van God 
sal spot. Maar weer en weer sal Ek My eindtydwaarskuwings oor 
die wêreld stuur. Kort voor lank word die wêreldmense met hul 
geïrriteerd en van My getuies werp hul op die aarde neer. 

Maar nog ʼn keer stuur Ek nog bodes meer om elke moontlike kind 
wat Ek kan red te help. Ja, daarvan sal niemand My kan keer. Ook 
onder die wat aan My behoort is daar ook siele wat in wanhoop 
roep: Ag hoe groot is tog ons nood, vir hierdie verdrukking wat 
daar oor die wêreld kom daarvoor is ons baie bang. Na ons 
Vaderhuis is dit waarna ons verlang. 

Maar dapper moet My kinders in hierdie tye op My wag, na hulle 
kom Ek self met Gees en Krag. Waar gaan die spotters wees wat 
het vir hierdie uitverkorenes van My gelag. Ook hierdie tyd van 
verskrikking sal verbygaan, daar kom ʼn nuwe dag en terwyl die 
verlore siele in spyt ewig sal versmag staan My kinders in die 
Lig van Goddelike prag



Openbaring 287 
Die lug- gevul met letters en woord.

Dinsdag 1 April 2008 16:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Elke gespreekte woord goed of kwaad, is die geboorte van ʼn 
gedagte. Van die een klankgolf tot die volgende sal dit in ewige 
frekwensie voortbestaan en ewig bly dit die eiendom van die 
gewer hiervan. ʼn Woord van seën sal op sy ewigheidsweg 
orals ook ewige seën uitdra en ʼn onvernietigbare skat sal 
dit in die hemel vir die gewer hiervan wees. 

So sal elke vloek oor dorre en onherbergsame streke die ewigheid 
ingaan en as vervloeking sal dit die duisternis net nog meer 
verdonker. Die spreker daarvan sal vind hyself trek aan die 
kortste end hiervan. Oordink en kies daarom elke woord 
sorgvuldig omdat dit tot groot blydskap en vrede, of dalk 
tot jou bittere spyt en afgryse ewig jou eiendom gaan wees. 

So is die lug gevul met letters en woord, maar die meeste hiervan 
is bestem vir die ewige dood, soek daarom binne jouself na die 
lewensgewende Woord. Geseënd is dit- die ewige lewende Brood 
neem daarom die Godgegewe Woord na elke siel wat daarna 
smag in diepe nood. 

Weer sal jy vind ʼn ewige skat het jy vir jouself in die hemel 
gestoor. Ja, op vleuels van seën sal die Lewende Woord 
ook indring in die onwillige gehoor waar dit gestoor sal 
word vir ʼn tyd van nood. Weereens kan dit wees tot seën 
aan die een aan wie dit nou behoort. 


Openbaring 288 
Die boeie is gebreek.

Donderdag 3 April 2008 09:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die boeie is gebreek en satan met alles wat boos is is los in 
elke gebied en streek, nie die reinste blom of die mees onskuldige 
kleine kind, ja, niks maak sy bose hart in die minste week, dit wat 
skoon en rein is wil hy stukkend breek. 

Ja, deur die mens wil hy hom so op die Skepper wreek. In 
wanhoop sal menig verlore siele die duiwel om ʼn tikkie genade 
smeek, maar as antwoord sal hul kry, "hoe dom was jy tog jou 
stomme leek". In verwoesting sal hy oor die aarde gaan. ʼn Pad 
van chaos is hy besig om na die hel toe oop te baan. 

Demoon en duiwel in hul menigtes wat menig Christen se voete 
onder hulle uitslaan. Min is dit wat teen satan en sy aanslag kan 
bly staan. Waar bly God? Dit kan die mens nou glad nie verstaan. 
Hoeveel maal is hul genooi, maar aan My sy wou hulle mos nooit 
nie staan, op hulself rus nou hulle eie sware blaam. Tevergeefs is 
daar in menig oog ʼn bitter berouvolle traan. 

Hoeveel maal moet Ek nog My Hand smekend na My kinders 
uitsteek om hul te verseël en so van satan in sy vryheidswoede 
te kan versteek. Aan ʼn folterpaal het Ek My hande vir julle laat 
deursteek. Selfs tot in die hel, daar het Ek vir die verlorenes 
gepreek. In smart is dit wat My Vaderhart vir verlore sondaars 
breek. Telkemale laat My kinders My in My Liefde in die steek. 
Maar nog eenmaal is dit Ek wat My hande in Liefde na die 
sondaar uitsteek om die bande van die bose van julle af te 
breek. 



Openbaring 289 
Die voorbeeld van die arme kat.

Vrydag 4 April 2008 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Dit is laatnag en onverwags beantwoord Ek jou onnadenkende 
vraag wat jy vroeg vanoggend in ʼn oomblik van ergernis teenoor 
My die Skepper gerig het. Ja die maer rondloper wyfiekat wat jy 
van tyd tot tyd met ʼn oorskiet-eetdingetjie voorsien wat sopas 
weer ʼn werpsel katjies gespeen en op hulle eerste jagtog van 
insekte gevat het en na nie eens ʼn enkele dag van herstel, weer 
deur ʼn stuk van vyf uitgegroeide vetgevrete mannetjies katte 
omring word. 

Dit alles sodat sy net weer die hele moeisame proses van 
bevrugting daarna die dragtydperk, om net weer die werpsel 
met moeite te soog en dit alles geskied met haar uitgemergelde 
tenger liggaam. Jy het in afkeer daaraan gedink dat nie eers een 
mannetjieskat homself die moeite sal veroorloof om vir haar net 
eenmaal, vir hom ʼn so maklik bekombare "minnaars-rot" te bring 
nie. 

Ja, jy het ʼn afkeer in dit in My skepping gehad dat een uitgemergelde 
diertjie teenoor vyf sterk pragdiere alleen die verantwoordelikheid 
van die voortbestaan van haar spesie moet dra. 

Hierop antwoord Ek jou, dat daar engele is wat in stille 
bewondering swyg oor die ongelooflike moederliefde 
en verantwoordelikheid wat Ek in die onaansienlike wyfiekat 
geplaas het, wat haar beskutting in jou agterplaas gevind 
het. Sonder om haar bestaan of lot te bevraagteken of om 
vir enige erkenning of dank in aanmerking te kom, ja vir 
geen loon voldoen sy aan die opdrag wat Ek, haar Skepper, 
in haar natuur geplaas het en sy steur haar min aan haar vele 
minnaars behalwe om die kragtigste geen tot voordeel van 
haar nasate te ontvang. 

Daarom sê Ek aan jou dat Ek haar meer toegerus het as die 
vyf sterk mannetjies-katte saam wat vindingrykheid waagmoed, 
deursettingsvermoë en nog talle ander eienskappe wat sy nodig 
het, vir haar sowel as dit wat uit haar voortkom se voortbestaan. 

Daarom stel Ek voor dat jy die wyfiekat vir jouself as voorbeeld 
vir die moeilike tye wat voorlê sal voorhou en dat julle in 
deemoed, nederigheid en liefde die opdragte wat aan elkeen 
van julle toevertrou is sal aanpak en deurvoer en terselfdertyd 
weet dat Ek julle nie met iets sal toevertrou waarvoor Ek julle 
nie behoorlik toegerus het nie. Daar waar die bose wêreld dit 
die minste gaan verwag, daar gaan Ek hulle die seerste slaan.


Openbaring 290 
Die Messias se stryd aan die kruis.

Saterdag 5 April 2008 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
My God, My God, hoe swaar is die duisternis wat nou nader kring. 
Verguis is Ek om dit wat verlore is huis toe te bring. Nog ʼn maal 
word My Goddelike Liefde volbring terwyl daar skares van heilige 
engele om My kring. Om die Heilige God van hemel en aarde op 
Sy bloedige kruis toe te sing word as ʼn swakke mens, God vir 
alle sondaars om die lewe gebring. 

My God, My God waarom het U My verlaat! As ʼn mens is dit wat Ek 
Myself in ondenkbare pyn versaak. Die arbeidsveld van sondaars 
lê oor die wye wêreld braak. Tot aan die eindtyd maak Ek dit My 
Goddelike taak om nie een sondaar wat huis toe wil keer in sy 
stryd te versaak. 

O’ Abba, hoe verlore voel Ek sonder My eie krag. Na soewereine 
sfere van Goddelike Lig, dit is waarna My siel nou smag, maar tot 
op die einde van die heel laaste dag sal Ek breek oor die sondaar 
die kettings van Hades se mag. Ewig sal swyg die prins van 
duisternis se honende lag. 

My lippe gebars in doodsangs, My tong wat om lafenis smag, O’ 
hoe donker die nag wat op My siel nou wag. So sal dit ook wees 
vir die wat in die eindtyd op My wag, maar oor Sion sal Ek breek 
My Liefdeslig. Op die donkerste van hulle nag sal skyn My 
Goddelike Lig in onuitspreeklike prag. Van goed en kwaad, die 
wat hier om My folterpaal op My dood nou wag, verseker sal 
hulle weer wees van die heel laaste geslag.

Openbaring 291
Om altyd die belangrikste te wil wees.

Maandag 7 April 2008 09:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Tweeduisend jaar gelede het Ek fisies tussen My leerlinge geleef, 
hul geleer en met tye ook oor julle, die laaste geslag van hierdie 
tydvak geprofeteer. "Sonder dat Ek fisies in hul midde sal wees" 
so het Ek gespreek, sal hulle My nogtans met hulle hele hart 
bemin en eer. Met alles in hul wese sal hulle in ondenkbare 
versoekings na My hul Verlosser streef. 

In stilte het menigeen van My dissipels in jaloesie daaraan gedink 
dat hierdie vêraf geslag nie op hulle gereserveerde plekke na aan 
My sou kom sit. In naywer het hulle ook na mekaar gekyk en in 
tweedrag en twis wou hulle besluit wie is die naaste aan My sy 
en selfs kinders deur hul ouers nader gebring aan My, die wou 
hulle jaloers wegstoot van My sy. 

Kinders wat in liefde stoei sodat almal nader aan My, hul Vader 
kan staan, dit maak My hart baie bly. Maar kinders wat in naywer 
stamp en stoot om die hele tyd reg voor saam met My te kan kom 
staan, daaroor voel Ek glad nie bly. So was dit dikwels die geval 
met die dissipels van My. Ten aansien van hulle eie persoon wou 
elkeen graag die ereplek dig teenaan My vir homself reserveer en 
in hoogmoed het die een die ander glad nie gerespekteer. 

Om hulle tot orde te stig moes Ek hulle dikwels oor die vingers 
tik en in Liefde het Ek hulle oor hulle "eie ek" betig. Vindingryk 
het een van My geliefdes vinnig geleer, elke keer wat hy hom met 
ʼn swakke sondaar na My keer staan ook hy baie naby aan My en 
saam met die nuwe kleintjie word ook hy in My Liefde toegevou. 

Oor My eindtyd werktuie is Ek baie bly, hulle is die instrumente 
wat die verlore wêreldkinders moet bring tot dig teenaan My sy. 
Daarom vra Ek julle tog so baie mooi om hierdie belangrike taak 
van die eindtyd te kan voltooi. Waak daarteen om altyd heel voor 
dig teenaan My sy te wil staan.

Net soos met Judas van ouds sal in naywer satan tussen ons 
kom staan en na die nederige kleed van Liefde sal julle nie meer 
streef, maar die kroon van hoogmoed sal nou aan julle hoofde 
kom kleef.



Openbaring 292 
Opmerksaam is die einde van die tyd...

Dinsdag 8 April 2008 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wat is tog die sin- dit is waaroor menigeen in hierdie dae besin. 
Opmerksaam het die einde van die tyd oraloor begin. Nog steeds 
is die wat dit heeltemal besef maar baie, baie min. Die eerste 
winterwind raak skraal en baie dun. Die tyd van volle smart gaan 
binnekort begin. 

Hier en daar is een wat die hande moedeloos oopsprei, watter loon 
gaan ons tog vir ons moeitevolle arbeid kry? Die skrif is aan die 
muur, inflasie gaan ons almal onderkry. Nodeloos is dit om teen 
ʼn hele wêreldmag te probeer stry. Met die merk van die dier gaan 
satan beheer oor die hele wêreldpopulasie kry. 

Baie min gaan die wees wat vir die Woord van God gaan stry wat 
teen die antichris gaan staan en ten koste van hul eie lewe vir die 
Waarheid gaan baklei. Open julle harte ons Verlosser kom- dit is 
die blye tyding wat hulle blymoedig in ʼn donker tyd gaan versprei. 

Ja, open die hart, die Skepper van hemel en aarde dié gaan die 
oorwinnaars as beloning kry. Dit is die lied wat hulle in ʼn tyd van 
droefnis oor ʼn verlore wêreld vir oulaas gaan uitbrei. 

In ondenkbare gevare sal My martelare bose magte die volgende 
woorde vrolik toesing: Vir korrupte wêreldpolitiek vir wet en 
orde wat is tog so siek, ook vir jou Mammon, wat het gekry- die 
ewige kroep en piep, ja, niks hiervan kan ooit tot ons val geskied. 

Terwyl My verteenwoordigers in ʼn wêreld wat vergaan sal sing- 
hulle lied, sal ʼn heilige fakkel ʼn weg van Lig deur die duisternis 
wat die aarde omhul oopbaan. Die wêreld sal hierdie vreemde 
natuurverskynsel glad nie verstaan. Maar elke kind van My sal 
in vreugde regop staan. Heilig sal hulle My Gees ontvang en in 
elke Geestelike geopende oog sal daar wees ʼn ewig vreugdevolle 
traan.



Openbaring 293 
My vreugde My alles.

Woensdag 9 Maart 2008 16:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Wat is daar in die onmeetlikheid onder die son of die maan wat 
die Skepper daarvan se hart kan verbly. Glansryk is elke grote 
son deur My daargestel. Deur My eie Hande is die ontelbaar baie 
sterre elk in sy eie wentelbaan opgestel. 

Eteries is die fynste orgideë deur My Kunstenaarshand 
saamgestel. Vaartbelyn het Ek die dolfyn in die see en die 
jagluiperd op land se vaart vasgestel. Weerligstrale wat 
manjifiek teen ʼn donker naghemel afspeel, kranse en klowe 
wat majestueus die ruimtes in beur. Sneeuvlokkies wat ruwe 
streke met reinheid inkleur of ʼn eensame dadelboom wat lewe 
aan ʼn dooie uitgestrekte woestynlandskap gee. 

Swaeltjies en vlinders saam met bloeisels en blomme wat die 
begin van die lente inkleur. Die liefde tussen ʼn maagd en haar 
bruidegom sal dit My dalk vreugde gee? Of dalk ʼn ou vader 
wat sit op die stoep van sy huis ʼn stofwolkie wat aankondig ʼn 
langverwagte kind kom uiteindelik tuis. Sion wat nader staan 
soos ʼn kind met ʼn blom, haar hart in haar hand haar liefde haar 
alles vir My- haar Skepper en God. Dit is die groot vreugde 
waarvoor Ek nog ewighede wag. Haar sal Ek opraap, eons van 
ewighede staan vir hierdie oomblik paraat. My hele skepping sal 
juig in ʼn ewige Sabbat kom alles tot stilstand in hulle tuig. Skares 
op skares van heilige engele wat die Bruidegom en Sy Bruid met 
ʼn ewigheids-loflied toejuig, Ja, hier is dit Ek Self, die ewige EK IS 
wat getuig My vreugde My alles is SION My langverwagte bruid.


Openbaring 294 
Tevergeefse waarskuwings deur die tye.

Vrydag 11April 2008 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Rooi soos bloed gaan die son in die Weste sak. Die wêreld gaan 
sit in sak en as en leeg gaan wees elke winkelrak. Vir ʼn tyd van 
nood is daar bittermin opgegaar. Verveeld het die wêreldmens 
met My Lokstem geraak. Ja, My Stem wat roep en vlei menig 
male ook raas en baklei. Eentonig het die deuntjie geraak waar 
dit tevergeefs in die onderbewussyn van vele mense ronddraai. 

Daar is menig skrifstudente wat die Bybel dikwels nader trek in 
verwondering hulle gesigte op ʼn ongelowige plooi trek, dit oor 
mense van vergange se dae. Deur profete is hulle tot vervelens 
maar vroegtydig oor hul lewenslot gepla. 

Maar om hulle tot die enige God te bekeer daarvoor was alle 
geslagte op hierdie aarde nog altyd baie lou en traag. My 
waarskuwings deur Noag met die bou van die ark was skaterend 
bespot, ook Sodom en Gomorra wou liewer ʼn Engel onteer as om 
hulle eie ewige val te keer. 

Met waarskuwings en pes daarmee het Ek ook Egipte baie gepla. 
Tot sy bittere spyt was ook die Farao baie traag. Deur die mens 
se berou is Nineve vir ʼn paar jaar gespaar. 

Jerusalem, Jerusalem jou het Ek self gewaarsku deur die 
ewiglewende Koning van Salem. Geval, geval het jy menigmaal vir 
die wêreld as ʼn voorbeeld oor ongehoorsaamheid geval. Vir slegs 
dit wat onrein is is jy weer telkemale herbou, deur Myself is jou 
allerheiligste vir ewig gebreek. Nooit was daar weer ʼn tong wat 
deur jou valse profete tot My ewige troon kon spreek. 

Ook geen menslike oog wat My heilige verbondsark in jou kon 
aanskou. Vir Myself het Ek ʼn nuwe heilige stad, Jerusalem, in die 
hemele gebou. Met alles is sy toegerus om My Bruid vir ewig te 
kan onderhou. Weer het die tyd gekom wat My Lokstem roep en 
vlei. Menigmale raas Ek en baklei. Waar julle val, daar staan Ek 
nader om met julle daaroor te stry. Vir oulaas is daar nog ʼn paar 
wat Ek so graag van die ewige verderf wil bevry. 

Maar een of ander tyd kom daar ʼn einde aan elke stryd. Van nou af 
maak Ek die dae baie kort voordat van My heiliges saam met die 
verlorenes oor die ewige afgrond stort. Daarom vra Ek die wat 
Myne is, staan in hierdie tyd vas in julle tuig moet nooit die knie 
voor die antichris en die wêreldmag buig. Soos ʼn honger bosluis 
het hy hom klaar in julle midde hier in Afrika kom vassuig. 

As julle Krag sal Ek self in julle midde kom staan. Oor heerskappy, 
daaroor verkeer satan in die grootste waan. Elke oorwinning deur 
julle behaal- daaroor sal al My hemele juig.



Openbaring 295 
Wie wil nog as leier nader staan.

Saterdag 12 April 2008 10:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Net soos met die Israeliete van ouds wat gekerm en gekla het 
en op die einde van die dag Saul as straf vir ʼn koning ontvang 
het, net so glo baie onder julle volkie dat julle probleme en 
omstandighede onder die regte leierskap iets van die verlede 
sal wees. 

In menigeen se verbeelding tree ʼn man na vore en as ʼn 
charismatiese en ʼn dinamiese persoon voorsien van die 
korrekte vlag en vaandel, staan hy fier en regop vuis op die 
bors voor ʼn herrese trotse Boerevolk terwyl die kranse en 
klowe weer antwoord op ʼn ou gevalle volkslied gee. 

Die gepaardgaande voordele wat wêreldleiers nog altyd te beurt 
geval het sal ook nie agterweë vir hierdie flambojante leier bly 
nie. Hier is dit egter waar ons die seepborrel so ʼn bietjie gaan 
prik omdat die realiteit heeltemal anders gaan verloop. 

In die globale oorlog, kataklismes en chaos wat op die wêreld wag 
gaan daar op hierdie leier van 'formaat' geen grondgebied met ryk 
goudneerslae, verskuilde oliebronne, diamante en platina wag nie. 
Nog minder ʼn kabinet wat hom in groot beleggers besluit gaan 
ondersteun nie. Geen wapens geen weermag en ook geen hoop 
op hulp van die buiteland af nie. 

Nog minder ondergeskiktes wat fluks nader vir die groot leier 
staan met ʼn goue skinkbord in die hand oorlaai met keurige 
spyse, gebraaide eend afgerond met wyn vanuit die beste 
kelders gereserveer vir slegs die konings en grotes van die 
wêreld nie. 

Ja, geen straler vir ʼn vinnige heen-en-weertjie nie en nog minder 
ʼn trotse perd om sy ewe flambojante ruiter te kan dra nie. Indien 
gelukkig sal hy moet skik vir ʼn fiets. Kom ons kyk wie is daar nog 
oor wat as leier wil nader staan vir die oorblywende uitverkore 
volk van God. 

In plaas van heers sal hy dien en tussen bloed en etter, ja, tussen 
vuil babadoeke, tussen siek verwaarloosde oumense, verwarde 
enkelinge heeltemal ontwortel in hul menswees verlaat as 
enigste oorlewendes getraumatiseerd deur gebeure wat hulle 
glad nie kan verstaan nie. Boonop versteurde weerpatrone met 
verkluimde hongeriges gewond bloeiend en sterwend. 

Ja, magteloos sal die 'groot leier' van die volk om ʼn smorende 
vuurtjie by ʼn leë pappot staan. As heerserstaf sal hy ʼn windbuks 
geweertjie in sy hand dra en deemoedig en nederig sal hy God 
om hulp vra. Van hierdie leiers sal daar ʼn paar as rigters staan 
van meet af, ja, van voor die grondlegging van die aarde is hulle 
vir hierdie taak deur Myself daargestel. ʼn Gekneusde volk sal 
onder My hand en leiding tot genesing weer opstaan. 

Terwyl satan en sy wêreldmag waansinnig in ʼn verbrokkelde 
wêreld om leierskap stoei sal My klein heilige volkie tot volle 
wasdom, as Goddelike kinders vir ʼn nuwe wêreld opstaan. 



Openbaring 296 
ʼn Mislukte eenwêreldplan

Maandag 14 April 2008 15:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Nasies, volkere en verskillende kulture het gekom en gegaan en in 
bloedige oorloë het groot beskawings meer as eenmaal in die stof 
van die aarde gebyt. Woorde om hierdie ellende en smart van 
verskillende hartverskeurende tye te beskryf bestaan nêrens nie. 
Waar sal die mens nou die woorde vandaan vind om die komende 
ellende en smarte van alle tye te kan beskryf. 

Ja, daar is niks onder die son of die maan van wat was, is, of ooit 
weer sal wees waarmee dit vergelyk sal kan word nie. Vanaf die 
begin van die tye is daar oor die eindtye geprofeteer en nou staan 
die einde van hierdie tydvak reg voor julle deur en daar is niks in 
die hemel of op hierdie aarde wat die snelle verloop hiervan meer 
kan keer nie.

Wanhopig probeer ʼn Eenwêreldorde om te las en te lap aan 
hulle goed beplande maar mislukte eenwêreldplan. Reeds 
is die krake hiervan duidelik sigbaar en die lewensaar wat 
Mammon se hartklop aan die gang moet hou is besig om 
met rukke en stote die eerste stuiptrekkings van sy gewisse 
dood te gee. 

Biljoene mense is as onafkoopbare slawe vasgevang in die 
kettings van die "krediet" en die woord skuldvry het ʼn kosbare 
begrip geword wat ewig buite baie se bereik sal bly. In plaas 
daarvan dat die mens op My vertrou het het hy verkies om 
sy heil op die sogenaamde sekuriteit strukture te bou. 

Vir die voorreg van luukse woninge, spoggerige voertuie, 
eksotiese vakansies om hulleself soos poue te kon uitdos 
terwyl hulle hulself met welriekende olies en reukwaters vertroetel 
het, ja, vir soveel ydel ditjies en datjies daarvoor het die mens sy 
kosbare siel verpand. satan het vir homself in Mammon ʼn beeld 
gebou en alles wat leef en bestaan die wou hy omvorm om dit in 
ooreenkoms met sy gruwel gestalte te bring en net soos in die dae 
van Nimrod wou hy nog ʼn maal probeer om ʼn eenwêreld-
heerskappy bokant My troon te vestig. 

Wanhopig kyk die mens nou verbouereerd na enige vorm 
van hulp omdat die sekuriteit wat sy veronderstelde stewige 
ondergrond was besig is om vinnig en gevaarlik onder hom 
te verbrokkel. Met die ondertoon van naderende armoede 
hongersnood, oorloë, kataklisme op kataklisme, ja, ellende 
op ellende het hy niks meer om aan vas te hou nie. In ʼn tyd 
van voorspoed het hy op ʼn rots nie vir homself gebou nie 
en saam met die eindtyd vloedwaters sal hy saam met al 
die opdrifsels sy laaste rusplek op die uitskothoop van 
Lucifer vind.



Openbaring 297 
Die eindtydskale staan gereed.

Donderdag 17 April 2008 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Eers fluisterend en onderlangs nou openlik en bulderend 
ontevrede begin miljoene oor onheil en honger brom. 
Onrusbarend is dit die dieptes van die aarde wat in 
misnoeë haar ontevredenheid en waarskuwing uitgrom. 

Tevergeefs die pogings van regerings wat vir oplossings 
oral op die wêreld bymekaar uitkom. Vir die oordele wat 
daar nou oor die wêreld kom is dit die vergeldings engele 
wat vir oulaas die eindproduk van wêreldsondes en misbruik 
op kom som. 

Die eindtydskale staan gereed. Al wat gruwel is het hul bymekaar 
gevee om die mens se eie vullis op hul hoofde om te keer. Hul 
oordele sal hulle een vir een oor ʼn gevalle wêreld uitmeet. 

In ʼn aflos resies staan koue, vuur, hongersnood, aardbewing en 
die pes in hul afspring blokke elk met sy eie oordeel gereed. Vir 
ʼn massiewe feesmaal maak brommers en die maaiers hulself nou 
voor gereed. 

Die veelgeroemde intelligensie en die vindingrykheid van die mens 
laat hom nou heeltemal in die steek. Vir goud en silwer gaan die 
mens sy aptyt heeltemal verloor. 

Olieboor versus brood. Bloedig raak die stryd- alles gaan van nou 
af om die lewe en die dood. In die grootste skaakspel van alle tyd 
wag die wêreldmoondhede op mekaar vir die eerste skuif. Die 
biskop met sy kerke gaan hul eerste in die stof laat byt. Ankerloos 
gaan vele "gelowiges” die naels tot in die lewe byt. Waarheen die 
mens hom ookal in hierdie vreeslike tyd heen keer daar word vir 
hom gesluit- elke denkbare deur.



Openbaring 298 
Die geslepe Jood se misbruik.

Saterdag 19 April 2008 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wee die mensdom wat in ellende in hierdie eindtyd gaan versmag 
omdat die grotes van die aarde waaronder veral die geslepe Jood 
tel, deurentyd in die grootste menslike ellende die een of ander 
potensiaal gaan bespeur. In hierdie tyd waar energie-tekorte en 
hongersnood ʼn totale wêreldbevolking in die gesig staar, ja, 
daar waar hulle merk dat die lewensmiddele skaars begin raak 
daar spring hulle met hulle eeue oue handelsvernuf in en gierig 
en willekeurig hou hulle terug vir wanneer die nood op sy ergste 
gaan raak, om dit dan vir die beste bod wat meestal die armlande 
se grootste bate is te verpand. 

Emosieloos beskou koue reptiel-oë spartelende slagoffers en met 
sy gesplete en geslepe tong hits satan burgeroorloë in hierdie 
verarmende lande aan. As elk van die verskillende partye se 
valse hoeder voorsien hy hulle van wapens om mekaar so 
tot sy voordeel uit te wis. Op die einde van die dag sal hy as 
die alleen-grondbesitter van hierdie landjies na vore tree. 

Met regerings wat beheer oor verskillende bevolkingsgroepe gaan 
verloor gaan die geslagtelange gevestigde rykes van die aarde 
wat die koningshuise en die ou bankiers van die wêreld insluit as 
die werklike heersers van die aarde nou na vore tree. ʼn Elite korps 
gaan hulle om hulself trek. Die mees sterkes onder die sterkstes 
en die slimmes onder die mees vindingrykes gaan hulle vergader 
en die eindtyd-dier gaan in sy volle glorie as ʼn selfaangestelde 
god oor hierdie wêreld verrys. 

Sy gruwelpous sal aan hom ʼn heerserstaf gedoop in die bloed 
van duisende heiliges oorhandig en terwyl ten hemel skreiende 
gruwel rook vanuit sy neusgate sal trek sal sy honende 
waansinnige gelag tot in die vêrste uithoeke van die aarde 
weergalm. In hierdie dae sal daar ʼn broederstryd op aarde 
heers soos wat daar nog nooit voorheen was nie. 

Die een sal die son nie oor die ander se hoof sien skyn nie. 
Terwyl die grootste ellende op aarde sal heers sal in misplaaste 
hoogmoed die een homself steeds oor die ander in hoogmoed 
wil verhef. Selfs met die uiters karige lewensmiddele tot hulle 
beskikking, ja daarmee sal hulle mekaar tot die uiterste mee 
probeer manipuleer om sodoende nog oor mekaar te kan heers. 

Wee! O’ Wee hierdie verskriklike waansinnige tyd omdat die mens 
homself heeltemal gaan verloor, ja, selfs onder die wat nou hier 
lees gaan daar die wees wat hul mees geliefdes vir eie gewin 
gaan verloën. 


Openbaring 299 
Rantsoene, rantsoene.

Sondag 20 April 2007 15:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Rantsoene, rantsoene die wêreld is tot hongersnood verdoem. 
Daar is niemand wat iets hier omtrent kan doen. Baie min is die 
wat hierdie woorde kan verstaan. In die mond van Edom kom 
daar binnekort ʼn bitter smaak, in die edelkronieke is ʼn suiwer 
saadlyn vir die wederkoms van God bewaar. 

ʼn Kleine volk word deur die wye wêreld diep versmaad. Listig 
het satan hulle van die kosbare bande van hul erfenis losgemaak. 
Bespotlik word ʼn suiwer nasie deur die wêreld as veragtelik 
afgekraak. In ʼn basterras word liberaal ʼn bedreigde edelklas tot 
niet gemaak. Die sware las van onderdrukking het Ek as suiwering 
oor Sion toegelaat. Alles onsuiwer binne haar, die het haar vinnig 
in haar pyn verlaat. Hoe maklik was dit nie om dit wat heilig was 
vir dit wat die wêreld bied te verlaat. 

Met die swaard van verdeling gaan Ek ʼn ewige skeidingskloof in 
die Goddelike bloedlyn slaan. Donker, donker is die nag vir hulle- 
wat het die Waarheid van God verag. Vir die goedkeuring van die 
duisternis het hulle kruipend die eie siel vir die guns van die 
wêreld verkrag. Met veragting- dit is waarmee hulle oorheersers 
hulle nou uitlag. 

Ja, dit wat geval het in Sion word met minagting deur die hele 
oneindigheid betrag. Hoe ookal die wêreldling in sy selfgeskepte 
ellende gaan versmag, My opregtes se harte sal Ek in regverdig-
heid verhard. Deernis vir wêreld-gevalle broers daarvoor sal Ek 
hul harte nooit nie weer versag. 

Terwyl hulle met honger in die oë na beide kante toe sal trag 
gaan hulle tevergeefs om `n hand van medelye wag. In die tyd 
van voorspoed het hulle die Gees van Genade diep verag. 
Eentonig sal die vergeldingsengel oor ʼn verlore wêreld sing. 
Rantsoene, rantsoene, die hele wêreld is tot honger verdoem. 
Daar is niks wat iemand hieraan kan doen.



Openbaring 300 
Wee die valse vromes.

Dinsdag 22 April 2008 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die hoogste hemel het letterlik op hierdie klein planeet 
gemanifesteer met My menswording op hierdie aarde en die 
Lewende Woord het in die vorm van die menslike vlees Homself 
aan die mens kom openbaar. Selfs die natuur het haarself tot in 
haar heel kleinste atoompie aan die wil van die Woord onderwerp. 

In gehoorsaamheid aan My Stem het daar onbegryplike groot 
wonderwerke plaasgevind wat daartoe bygedra het dat die mense 
van daardie tyd se nuuskierigheid behoorlik geprikkel was en hulle 
het in groot getalle daar waar Ek was bymekaar gekom. Baie met 
die hoop om die een of ander wonderwerk te kon aanskou, ander 
weer om die Lewende Woord hulle eie te kon maak. 

So het Ek My aardse sending amptelik op ʼn tanende bruilofsfees 
begin waar die verversings en wyn einde se kant toe gestaan het. 
Ek het nuwe lewe aan ʼn reeds sterwende fees gegee deur gewone 
water in kosbare wyn te verander. Net so het Ek weer op ʼn ander 
geleentheid ʼn paar broodjies gebreek om nie net ʼn groot skare se 
natuurlike honger te stil nie, maar ook om hulle met die Brood van 
die ewige lewe te kon voed. 

Tot heden en vandag is daar maar bittermin mense wat die volle 
betekenis en wonder van hierdie twee afsonderlike wonderwerke 
kan begryp en waardeer. In hierdie laaste dae sal die mens in sy 
koorsagtige soeke na iets meer as die finale afsluiting van sy 
liggaamlike lewe, in groot getalle by sensasionele godsdiens-
optredes opdaag. 

Omdat die meeste mense se geloof slegs beweeg kan word om 
die onmoontlike in vervulling te sien gaan, sal daar verskillende 
swendelaars tot die uiterste gaan om hulle aanhang die een of 
ander wonderwerk te kan bring. Luid sal dit oral oor die wêreld 
weerklink "kom hierheen! Kom hierheen!" ons het die christus 
vir julle gevind. 

En met bedrog en oëverblindery sal hulle hulself met gepaard-
gaande selfhipnose eufories opwerk en so sal valse profete 
menigtes onder die dekmantel van My Heilige Naam verlei. Om 
die mens in die eerste instansie om die bos te lei lui hulle 
slagspreuke sonder uitsondering as volg; Gratis! Gratis! Ons 
bring die seën en heil, ja, ook die genesing van God heeltemal 
gratis na julle toe. Hierdie woorde is skaars koud of die bakhand 
word in die vorm van donasie houertjies met die volgende woorde 
rondgeswaai; die arme sogenaamde 'knegte' van God moet ook 
mos leef en eet. Groot bedrae word deur die aanhangers van 
hierdie Godslasterlike skynvertonings bygedra. 

Hierna spat die skares uitmekaar elkeen diep onder die indruk dat 
hy vir die God van hemel en aarde ʼn stewige bydrae gelewer het 
en dat Ek op My beurt weer hulle gesondheid en bankrekenings 
ryklik sal seën. In hierdie eindtye is die mensdom nou een maal 
op ʼn gruwelike dwaalspoor. Dit wat Ek meer as tweeduisend jaar 
gelede geprofeteer het dat die valse profete in die eindtye aan die 
orde van die dag sal wees, ja, dit is nou besig om in sy volheid in 
vervulling te gaan. 

O’ wee die valse vromes, ja die wolf wat so sag soos ʼn lam op die 
skape toeslaan. Maar uitermatig heilig en geseënd is die Goddelike 
kind wat die vermoë het om die Stem van die ware Herder in sy 
eie hart te kan erken. Weer sê Ek, waar daar twee of drie in My 
Naam bymekaar kom daar is Ek. In My tyd op aarde was daar 
onder die groot skare wat My luid met 'hosannas' toegejuig het 
baie van hulle wat kort daarna bloeddorstig "kruisig Hom" 
gebulder het. 

Weet daarom My geliefdes dat julle My nêrens of by niemand hoef 
te soek nie. Op die regte tyd wat nie meer baie ver is nie sal Ek self 
met My Gees en Waarheid in lewende vlamme van Liefde tot julle 
volmaakte weergeboorte in julle harte neerdaal.