.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1451 
Twee baie ou verhale.
Vrydag 3 Junie 2011 09:05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is twee baie ou verhale deur tweeduisend jaar in soveel tale vertaal, waar, in die een verhaal, twee manne met hulle onderskeie gebede voor God kom staan en waar die een so hoogmoedig- so hoogdawerend  naderstaan om selfverheffend op sy eie bors te slaan, terwyl hy na die een, wat eenkant nederig met sy beskeie gebed daar staan, verwys en sê: dankie O’ God dat ek my nie soos hierdie slegte sondaar voor 
U aangesig en hemel- met my volmaakte lewe- hoef te skaam. 

Ja, ook in die tweede verhaal kom twee broers van ʼn suiwer Liefdevolle Vader- voor Hom te staan, waarop die Vader die oudste, meer voorbeeldige seun, met Sy opdrag baie mooi laat verstaan- om die grote Liefde wyd oor sy omgewing te laat gaan en waarop hierdie seun oënskynlik gehoorsaam van sy Vader af weggaan, terwyl hy nie net sy taak ignoreer maar met goedbedekte haat alles en almal om hom venynig stukkend slaan. Waarna die Goeie Vader die jongste, minder gehoorsame seun, met dieselfde opdrag laat nader staan en waar dié onomwonde en baie duidelik sy Vader mooi laat verstaan, dat hy hierdie opdrag openlik gaan verontagsaam. 

Terwyl hy jolig in jolyt verkeer met sy vriende saam, begin hierdie seun hom oor sy optrede skaam en terwyl hy homself oor sy vele foute begin vermaan, begin hy om 
in die opdrag van sy Goeie Vader sy arm hulpvaardig en in liefde om al sy naastes 
te slaan. 

Dit is op hierdie punt waar soveel lesers uit soveel geslagte oor soveel eeue heen oor hierdie verhale in een stem saam beaam, dat die nederige man en die oënskynlik ongehoorsame seun- die ware taal van Elohim reg kon verstaan en soos wat vele 
jare kom en gaan, kom beide verhale in die praktyk ook in hierdie tydvak voor almal 
te staan en waar soveel gemeentes oënskynlik so gehoorsaam- deur woord en kerk- gereinig voor God wil staan, ja, met soveel ywerige skrifstudent wat met goed bedekte hoogmoed wil roem, dat hulle die bybel van voor tot agter ken en ook goed verstaan, om met goedgekose bybelverse elke sondaar op hul pad mee stukkend te kan slaan. Terwyl hul hoogdawerend dink dat hulself vlekkeloos voor God en hemel staan. 

So kry jy dikwels dié wat oënskynlik so ongehoorsaam kerk en bybel teen wil staan, maar wanneer die Liefdesboodskap in die vorm van ʼn verpletterde broer by hulle verby sou gaan, is hulle heel eerste daar om ʼn arm van vertroosting en hulp om ʼn mede- sondaar te kan slaan. 

So klink daar maar weer die vraag; wie is dit werklik- wat die goeie Vader se Wysheid, Woord, Wil en Waarheid in die Liefdes praktyk tog soms so mooi en goed kan verstaan.



Openbaring 1452 
ʼn Gesig oor ʼn aardbewing.
Sondag 5
 Junie 2011 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn groot wit kruis wat uit die grond uit oprys. ʼn Helder 
weerligstraal beweeg vanuit die grond, deur die kruis die hemel in. 
Na dit sien ek klippe by ʼn berg afrol en daarna ʼn aardbewing wat deur 
beboude gebiede gaan


Openbaring 1453 
Die dapper krygsman.

Maandag 6 Junie 2011 06:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn baie ou-ou maar ware verhaal, wat so geslepe- opsetlik, vanuit baie ou boekrolle sou verdwyn, om ook vanuit die oorlewingsmond stadig maar seker weg te kwyn, omdat dit tot die ondermyning van die gesag van die konings en regering sou lei. 
Was daar eens, so lank-lank gelede- ʼn baie aansienlike en dapper krygsman wat 
groot oorwinnings op die slagvelde vir sy koning en volk sou behaal. 

Maar nadat daar ʼn vrede en ʼn voorspoedige tyd aangebreek het en waar die volk gewoond was aan die oorlogsopwinding, die oorwinnings en heldedade- was hulle spoedig verveeld en die koning het dit goedgedink om die amfiteater- oorspronklik gebou vir die volk, om in noodsituasies vir volksvergadering by mekaar te kom- nou 
te gebruik om in speles, die skyngevegte van eens heldedade op die oorlogsvelde 
uit te beeld. 

Maar kort voor lank raak ook dit vervelig en die skares begin om die bloed en die lewe van die verloorders te eis, maar ook dit raak vinnig afgesaag en die wreedste van die wilde diere van die veld, word vir nuwe opwinding in, nou bloedige, gevegte ingespan. So raak die kranige krygsman- eens onoorwinbaar op die oorlogsveld- nou ʼn baie kranig, vernuftige en onoorwinlike gladiator en so die onverskrokke held van sy volk wie se aansien, spoedig die van die koning s’n ver oorskry. Tot op die dag waar daar op ʼn spele, hulle, hierdie gevegsheld- met baie meer entoesiasme as die koning toejuig. 

Die koning bemerk dit en met haat en afguns word daar woedend- jaloers deur hom opdrag gegee, dat die gladiator sonder enige beskermings-pantser en met slegs ʼn eenvoudige swaard, teen die hele trop honger leeus moet veg en soos wat die gevegsritueel van daardie dae was, het die vegters voor die aanvang van hul geveg, die voorreg gehad om voor die koning te buig en hulle kon hom persoonlik toespreek. Waarop hierdie gladiator fier en regop sy verskyning gemaak het- sonder om op hierdie dag- voor die koning te buig het sy stem deur die amfiteater weergalm om 
met die volgende woorde weg te eggo: O’ koning, met my lewe het ek slegs u op die slagvelde en later in die speles gedien, maar vandag sal ek met my geveg- of ek nou lewe en of ek sterwe, nie u nie- maar die ewige Lewende God van hemel en aarde dien en daarom is van vandag af, nie meer u nie, maar slegs Hy my Koning en my gees sal Hom volg en dien tot aan die einde van alle ewighede.

Waarop die koning nou bloedrooi van woede die bevel gegee het dat nie net die leeus nie, maar al die wilde diere se hekke vir die geveg geopen moes word en so het vanuit al die rigtings van die amfiteater, die wilde wrede bere, die bloeddorstige tiers en uitgehongerde leeus, die arena binnegestorm, maar hulle het die gladiator totaal geïgnoreer, terwyl hulle op mekaar afgestorm het, om mekaar in vernietiging te verskeur. 

Waarna ʼn baie ontstelde en woedende koning, die bevel uitgeroep het dat die 
wagte op die mure, die krygsman- deur hulle pyle- moes neervel en terwyl daar ʼn doodse stilte oor die skare neergedaal het- het slegs een van die koning se lojale boogskutters sy boog gespan en terwyl almal na hulle asem snak het sy pyl die hart van die koning deurdring. Waarna die koning se oudste seun baie slim, maar ook inderhaas, die gladiator met groot rykdom en geskenke oorlaai en hom vanuit die koninkryk weggestuur. Maar die krygsman het slegs vir hom ʼn edelperd opgesaal terwyl hy die res van die skatte onder die armes van sy volk laat uitdeel het. Waarna 
hy op ʼn uitgebreide pelgrimstog sy nuwe Koning tot aan die einde van sy aardse bestaan en daarna in die geestesryk tot in alle ewighede dien. 

So is daar deur alle eeue tot op hede, hoe boos en onsuiwer die beskawings ook al is, nog altyd die suiwer- edel van harte krygsmanne, wat vir hulle Meester, ja, hul Koning en hul Elohim, tot op die bitter einde van hulle lewe sal staan en hulle geloof, hulle hoop en hulle liefde, is die dapper Migaelswaard wat die bose altyd teen sal staan.


Openbaring 1454 
Komende winterstorms.
Maandag 6 Junie 2011 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn naggesig sien ek hoe wilde winde groot bome ombuig en dakke verniel 
terwyl dit met ysige stortreëns en sneeu gepaardgaan en ek hoor ʼn stem sê: 
pasop vir winterstorms


Openbaring 1455 
Groot voedseltekorte.
Dinsdag 7 Junie 2011 02:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen staan ek in ʼn enorme koöperasie wat alles van plaas- 
implemente tot en met kruideniersware verkoop en ek sien hoedat twee 
kaal babaduifies vanaf die dak tot op die vloer val en onder die rakke 
gaan wegkruip. Waarna ek vinnig deur al die rakke gaan om mielies te 
koop waarmee ek hulle kan uitlok, maar nêrens op die rakke is daar 
mielies te vinde nie en ek probeer ander grane vind- maar daar is niks. 

Hierna bevind ek my in ʼn enorme koelkamer van ʼn slagpale en behalwe 
vir ʼn klomp kruipende insekte wat op die vloer om ʼn paar druppels bloed 
baklei, is alles ook hier heeltemal leeg.


Openbaring 1456 
Spierpaleis en modepop.
Dinsdag 7 Junie 2011 15:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos ʼn spierpaleis wat kunsmatige gesondheid vertoon.
Terwyl hy sy liggaam met ʼn oefensessie in die ‘gim’ beloon.
Met, in sy liggaam, elke orde wreed versteur in sy hormoon.
Staan tydelik die illusie, ja, van soveel ongesonde kortisoon.
Waar in ʼn matriks-spel sovele ʼn ongeskonde jeug wil vertoon.
Waar soveel debutante van die groot skoonheidstitel droom.
In ʼn wêreld waar mannekyn en model- mekaar wil onttroon.
Waar middeljarige mans- nie wil hoor van die woordjie oom.
Waar swaarverdiende geld vermors word op nuttelose room.
Almal pille en vitamines sluk en net wil bad in suiwer osoon.
Advertensies uitroep: ons produk was julle higiënies skoon.

Terwyl die mense in hul illusiebestaan tog so goed vertoon.
Wil almal so gesond en mooi net bokant hul naaste uittroon.
Dit terwyl hulle ʼn baie sieklike- ongesonde planeet bewoon.
Met ʼn vuil atmosfeer waar ʼn sonsondergang so rooi vertoon 
Met ʼn ongesonde see wat die aarde se landstreke omsoom.
Met vervalle lande met ʼn baie groot tekort aan soveel boom.
Waar ʼn geestesiek mensdom hulle eie voortbestaan hoon.
Solank hul net in hul massa agter die mode aan kan stroom.
Om tot op hul heel laaste dag tog net so goed te kan vertoon.
Staan spierpaleis en modepop wat ʼn valse skoonheid vertoon.
Terwyl hulle- hul Elohim so ydel op elke manier blatant verloën.


Openbaring 1457 
Kinders wat soos ou mense sug.

Dinsdag 7 Junie 2011 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oor die aarde trek daar nou ʼn pikswart gesig.
Dit is net kinders wat soos stokou mense sug.
Oor ʼn leë toekoms- voorgehou- as goue gerug.
Terwyl daar nêrens plek is- om na heen te vlug 
Word so aan die dood opgedra net ʼn leë gedig 

In ʼn donker nag skyn nêrens meer ʼn bietjie lig.
Nasies staan voor ʼn bloedbad- so diep ontstig.
Soveel kerke was oraloor so tevergeefs opgerig.
Oor die wêreld roep die oordeel: ek is so berug!
Staan daarom voor my aangesig so bietjie terug.
Luister ook na die stormwinde se treurige gesug.

Kyk ook na ʼn dom, verlore mensdom se leë vrug.
Ja, kyk hoe meedoënloos- word hulle nou getug.
Aan God se waarskuwings het hulle mos gewurg.
Terwyl hul spottend-tartend daarvan weg sou vlug.
Wou hul-hul nie deur Sy goeie woorde laat betig.
Daarom is hul hele lewe nou net ʼn leë illusieklug.
Dit is heeltemal te laat om hulle mening te wil lug.

Oor ʼn aarde trek daar nou ʼn lelike pikswart gesig.
Dit vertel van kinders- wat soos stokou mense sug.
Oor die verlore toekoms- voorgehou- as ʼn goue lig.


Openbaring 1458 
Verraad in wêreldorde geledere.

Woensdag 8 Junie 2011 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die nuwe wêreldorde raak nou so moedswillig kwaad.
Hul laat kom die pous en biskop en vra hulle om raad.
Maar die pous konsulteer ʼn rabbi en die krap sy baard.
Hy knip sy oog en onder eie geledere kom groot verraad.
Van hulle kamerade verloor nou hulle titel, huis en haard.
Tyd raak min- vir ʼn nuwe leierskap kan hul nie meer aard.
Laat hulle almal daarom val- deur hul eie politieke swaard.

Die wêreldraad van kerke sê: lank genoeg- is ek selibaat.
Kyk; die hoer van Babilon ontvang altyd net politieke saad.
Die wêreldraad van kerke staan met kanker in sy prostaat.
Hy beweer kwaad; lank genoeg is vir die bankiers gepraat.
Lank genoeg is ek misbruik as die moondhede se ou maat.
Wat tot hulle voordeel met die wêreld gemeentes moes praat.

Kyk- die skrif staan teen die muur- en dit is reeds baie laat.
Laat daarom die oorlogskepe vaar- met ʼn baie groot vaart.
Laat so al die volke en nasies in wanorde trek- hulle swaard.
Ja, laat almal mekaar maar nou verraai- in baie groot verraad.
So sit ʼn nuwe wêreldorde en sy bose kerke mekaar in skaak.
Die ou draak groei nog ʼn kop en dié neem so soet sy wraak.
Terwyl dit oor volke en nasies- sy groot verdeeldheid uitbraak.


Openbaring 1459 
Vir ʼn volk om te vertrou.

Donderdag 09 Junie 2011 23:55
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Om lug en oseane suiwer akwamaryne blou te hou-
waar in ʼn vars oggendstond daar suiwer vog uitdou-
moet almal die besoedeling van hul planeet weghou.

Wanneer volksgenote- mekaar hatig begin toesnou-
moet hul in opregte lojaliteit- mekaar opnuut vertrou-
met ʼn hand van vrede, geduld en liefde so uitgehou.

Om ʼn volk of nasie tot sy volle potensiaal uit te bou-
sodat almal op mekaar kan staatmaak, ook vertrou-
moet hulle eers leer om op vaste fondamente te bou.|

Om na die groot kataklismes weer ʼn land op te bou-
om gevalle ruïnes- weer tot pragtige stede te herbou-
moet ʼn volk oor sy foute eers kan toon sy diep berou.

Om ʼn volk voor God skoon suiwer, ook raseg te hou-
met een velkleur, met blinkbruin oë, ander weer blou-
moet in verbastering daarom nie met ander ondertrou.

Om in eenheid ʼn vlag en vaandel omhoog te kan hou-
om so die volk se eie identiteit baie trots te kan behou-
moet ʼn suiwer volk weer leer om op hul God te vertrou.

Vir die huwelikspaar om mekaar altyd opreg te vertrou-
moet hulle mekaar respekteer en baie van mekaar hou-
om na die wellustige begeerte dit in spyt nooit te berou.

Wanneer oë soms onredelik in haat oor naastes vernou-
ja, wanneer die tong die buurman al vloekend so uitjou-
weet- jy het vergeet om jou waardig voor jou God te hou.

Wanneer ʼn volk versuim om op hulle Elohim te vertrou-
wanneer hulle andermansgode akkommodeer, in ontrou-
het hulle sonder ʼn toekoms vir hulle self ʼn graf gegrou.

Wanneer ʼn vakmeester die werke van sy hande beskou-
hy weet deur Godsgenade is die gawe na hom uitgehou-
moet hy so dankbaar sy hande voor sy Maker saamvou.

Wanneer die mens breek en verkrummel onder die rou-
moet hy leer, ja, om nie seer aan die verlede vas te klou-
maar om uit ʼn verlede die heel beste vir homself uit te hou.


Openbaring 1460 
Satan se hoerebrood.

Vrydag 10 Junie 2011 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met stokstywe oë word geluister- wanneer die predikante preek.
Maar wie luister regtig wanneer die Meester- Homself uitspreek.
Met die Stem van die Vader wat so om geestes oorlewing smeek.
Word ʼn stem van onderskeid in die onderbewussyn weggesteek.

So bly ʼn totale mensdom in geestelike groei net ʼn stomme leek.
Met die massabeheer wat die vryheid van die denke totaal afbreek.
Word ʼn globale denkrigting van ʼn een outomatiese gees ontsteek.
So staan massas voor die totale uitwissing- steeds swak en week.

Terwyl satan homself spottend- op die vryheid van die denke wreek.
Luister die gemeentes met dooie oë- na die groot hoer- se gepreek.
Terwyl hulle so hoogmoedig domastrant dink- dat hulle alles weet.

Met hulle ewig toekoms nou ook aan hulle materiële skatte gemeet.
Klou kerklidmate dom aan ʼn leuen en dink hul het die Waarheid beet.
Hoogmoedig roep hul uit: ons is so volmaak, ja, ons is so kompleet.

Terwyl hulle al die vuil gruwels- as brood- vanuit satan se hande eet.
Voed hul so hul kosbaar siel op Hel en Hades se eiesoortige dieet.
Maar wêreldwyd luister hulle met dowwe oë na die predikant se preek.
Met so min wat luister na Elohim se Stem wat in hul eie harte spreek.


Openbaring 1461 
Die ouderdom getuig
Saterdag 11 Junie 2011 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl my liggaam in agteruitgang voor die ouderdom buig.
Begin my siel- so oor haar ewige onverganklikheid te juig.
Terwyl my DNA oor sy swakker wordende geheue getuig.
Begin my gees ʼn ewig-lewende Asem van God in te suig.

Al staan dorings en distels oral op my lewenspad so ruig.
Staan my Elohim se troue Liefde my so ewig by in my tuig.
Terwyl die ouderdom wink met soveel jeug wat om my bruis.
Lig ek so spottend vir die dood- deur ʼn ewige lewe my vuis.

Met stormwinde wat om my woed- dit verkrummel my huis-
kwel dit my nie, ek weet my ewige skat wag in God se kluis.
Soms voel ek menswaardig so gestroop- so laag soos ʼn luis.
God troos; kyk teenoor die mier- staan soos ʼn reus die muis.

In soepelheid wat wegtaan- terwyl jeug daarom borrel en bruis.
Kom maak die Ware Wysheid dit in die plooie en grysheid tuis.
Terwyl wellus dit so onbeheerbaar deur jeugdige are laat bruis.
Maak welvoeglik die kuisheid dit so salig in ʼn ou liggaam tuis.

So bou die ouderdom, ja, sonder uitsondering in almal ʼn huis.
Om vandaar te sien- ook die jeug- sit met sy eiesoortige kruis
Met my liggaam wat in agteruitgang voor ouderdom begin buig.
Begin my siel so vrolik oor haar ewige onverganklikheid te juig.


Openbaring 1462 
Die beskermingsgeeste van Sion.
Maandag 13 Junie 2011 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn naggesig sien ek twee mense wat in ʼn huis by die voet van ʼn groot 
spits berg woon en wat deur vyf jong leeuinne beskerm word. Ek hoor die 
stem van een van die twee bewoners wat vra: sal die leeus nie dalk omdraai 
en ons verskeur nie, waarop ʼn Stem vanuit die hemel antwoord; dit is die 
leeus van Juda, ja, dit is die beskermingsgeeste van Sion en hulle is daar 
om die uitverkore huis van Israel te beskerm.


Openbaring 1463 
Aardbewing en vloedgolf.

Dinsdag 14 Junie 2011 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor ʼn Stem wat sê: luister na die aardbewings se gerammel, terwyl die aarde 
nou so gevaarlik kantel is daar biljoene stemme wat vreesbevange stamel, terwyl 
ʼn kusgebied onder die water van ʼn vloedgolf in kantel.


Openbaring 1464 
Die oordeel beveel.

Dinsdag 14 Junie 2011 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel staan nader en sê: kyk- die oordeel het beveel,
dat die skale hul inhoud nou oor die aarde moet verdeel.
Sy maat staan ook nader en vra na die maat- ja, hoeveel.
Die engel sê: spaar nie die maat en deel van alles te veel.

Ja, hy sê: met die mens se maat word nou vir hom gedeel.
So breek daar in onlus, oorlog, opstande en haat- die seël.
In vulkaniese as en rook ontvou in die lug menig sambreel.
Met die aarde wat ruk en beef bly daar nou so weinig heel.
Met pes en plaag wat net soos die Afrikabevolking aanteel.
Muteer daar ʼn dodelike kiem wat so aanteel in kinderkeel.

ʼn Engel staan nader en sê: kyk- so het die oordeel beveel.
Dat die skale hulle inhoud oor die aarde moet kom verdeel.
Dienende geeste kom om hulle nie meer langer te verveel.
Hul blaas oor al die graan en die skimmel bederf die meel.
Sodat almal gewetenloos almal op aarde begin te besteel.

Voor ʼn eengeldstelsel begin Afrika- in baie dele te verdeel.
Maghebbers staan verdeeld- hulle gryp mekaar aan die keel.
Die pous en koningin kyk verward rond- so heeltemal skeel.
Terwyl Europa so desperaat probeer- om wêreldsake te reël.
Tref iets vanuit die kosmos en alles is met oordeel toebedeel.


Openbaring 1465 
Die ware belofte van die reënboog.

Woensdag 15 Junie 2011 00:31
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek skrikwekkende vloede wat riviere van modder voortbring
waar daar voorheen nie riviere was nie sien ek hoedat hierdie wilde 
strome heuwels afplat en berge in klowe verander om daarna dale, dorpe 
en stede te verswelg en ek vra verbouereerd na die belofte van die reënboog- 
na die vloed van Noag en waar daar belowe was dat die mensdom nie weer 
deur water uitgewis sou word nie.
 
Waarna ʼn Stem antwoord: 
Soos die mens maar altyd geneig is om die Woord na sy wil en goeddunke 
te interpreteer en te verdraai- so was ook hierdie belofte nog altyd na eie 
goeddunke verstaan en dit nadat dit slegs aan Noag en sy nageslag belowe 
was. Ja, sodat hul en hulle totale nageslag nie weer deur water alleen maar 
ook deur vuur uitgewis sou word nadat hierdies aan die einde van die volgende tydvak in bondgenootskap met satan en ʼn bose wêreld sou staan om sodoende 
saam met die kaf in die oordeelsoond en daarom deur die vuur uitgewis te word. 
 
Daarom was die belofte van die reënboog aan hulle gegee en wat niks anders 
was as die voorstelling van die suiwer geeste van Elohim en wat die Geloof, 
Hoop, Liefde, Erns, Geduld, Deemoed en Deursettingsvermoë is en wat die 
Adamiet sou aanmoedig om te arbei om so hierdie volmaakte eienskappe 
hulle eie te maak- om daarna as Godskinders- so vir die wêreld tot voorbeeld 
te moes staan. 
 
Maar ʼn bose wêreldorde het die reënboogsimbool gekaap om dit tot ʼn 
verbasterings bespotting hulle eie te maak en so vir hul doelwit nader te 
bring, ja, om dit weer in ʼn Nimrodsleerstelling as ʼn globale toringbaken 
van Babel tot eenheid vir die volke en nasies daar te stel- sodat die hulle 
weer ver bokant Elohim se ordes kon verhef. 

Maar soos van ouds sal Elohim weer deur die vloedwaters die aarde skoon 
kom was om dit daarna met Sy Oordeelsvuur te reinig en waar slegs Sion veilig
in ʼn geestes-ark van genade tot hul redding vir ʼn nuwe tydvak dit sal oorleef.
 
 
Openbaring 1466 
Met tyd wat die mens versaak.
Donderdag 16 Junie 2011 23:57
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Dit raak nou laat en Vader tyd gaan die wêreld versaak.
Sy skadu strek lank en grotesk staan dit nou Weswaarts.
Kyk; in die langwyser, daar trek die son nou so sy swaard.
Dit flits in sy eie strale en bepaal die oordeel se eie graad.

Met ʼn aarde wat voortbeur- met aardplate wat saampraat.
Kom ʼn Ruiter deur die kosmos, ja, met ʼn geweldige vaart.
Glansend staan Hy bokant die maan- in Sy hand ʼn kaart.
Onder die regterhoef- staan die maan in ʼn akkurate graad.
Maghebbers se harte verhard- met ʼn oes- ryp vir verraad.
Kom die konings bymekaar, ja vir ʼn swart gruwelberaad.

Vanuit Hades val ʼn gerf- in ʼn ontbinding is dit dooie saad.
Dit is reeds laat, met Vader tyd wat die mens nou versaak.
Beweeg ʼn Ruiter bokant die maan en land langs ʼn Eufraat.
In Sy hand hou Hy ʼn oordeel; die mens het Elohim versaak.
Hulle het agter die draak vergader- en vra hom- om sy raad.

Terwyl hulle al woekerend so voortplant in hulle dom verraad.
Lig hul ʼn swart vuis- terwyl hulle die hemele- spot en smaad.
Verhard die Ruiter se hart en emosieloos raak Sy edel gelaat.
Terwyl Hy kragtig in oordeel om Hom slaan met vurige swaard.
Staan vlammend die Ruiter met blink weerligstrale in Sy baard.
Hy vergruis ʼn wêreld- elke bose huishouding- in huis en haard.

Maar Sy gelaat versag en kyk; Hy roep na Sy Sion- so bedaard.
Hy troos Sy bruid en sê: My kleintjie wees jy net nie beswaard.
In jou oorgroot liefde- het jy jou Elohim nie verloën en versmaad.
Daarom sal slegs jy in die erfenis van die koninkryke kan baat.
Maar in ʼn Godverlate toestand het Ek nou ʼn bose wêreld verlaat.


Openbaring 1467
Sion se haarverlies.
Vrydag 17 Junie 2011 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die Bruidegom roep na Sy bruid en sê: O’ Sion Ek ken jou liggaam- 
deur honderd-vier-en-veertigduisend staan dit saam- Ek ken jou in 
elke sel en atoom- daar waar jy met jou sluier My uitverkore volk 
omsoom. Jy weet en jy verstaan, elke haar op jou hoof is deur My 
self getel, ja, Ek self het My bruid in al haar dele saamgestel- hou 
jou daarom vir My waarskuwings nie doof, sodat jy in jou verlies – 
ook verdriet- my steeds as jou El sal loof. 

Laat julle daarom deur My Wysheid vermaan, sodat julle van dit 
wat onrein is weg kan staan, terwyl jul sal sien hoedat die liefde in 
sommiges se oë weg begin taan, terwyl die olie in hulle lampies 
einde se kant toe staan. 

Maar weet- elke haar op jou Sionshoof is getel en dit wat nie hoort 
word op die aarde saam met die wêreld neergevel- terwyl jy, O’ Sion 
jou seëninge voor jou Skepper begin te tel, weerhou daarom jou tong 
om oor dit wat verlore is te skel- terwyl jou EL treur oor dit wat Hy 
treurig toeroep vaarwel en verstaan- in elke liggaam sterf daar soveel 
hare en ook menig baie sel. Maar streef julle daarom daarna- om deur 
Liefde in praktyk- oor die ewige dood julle nooit te kwel.


Openbaring 1468 
Waar die kerkklokke beier.

Maandag 20 Junie 2011 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar die kerk klokke so beier by die brak fontein.
Daar hurk die gruweldogter van Babilon- so ver van rein.
Terwyl sy so lok en wink- met haar bose- verrotte brein.
Staan die kerk van Suid-Afrika papvrot tot in haar grein.
Terwyl sy dit wat rein en edel is oral oor probeer verklein.
Met haar gees wat so in haar liberale denke in weg drein.

Daar waar die kerkklokke so hard beier by die brak fontein.
Daar waar die oordeelskrif aan die muur begin te verskyn.
Terwyl die laaste liefde vanuit kerkstrukture begin verdwyn.
Met opregte geloof en hoop wat stelselmatig oral verdwyn.
Geklee in pikswart togas bedien hulle daar die gruwelwyn.
Hulle deel so hulle varkkos uit- aan die oningeligte swyn.

Daar waar die kerkklokke so hard beier by die brak fontein.
Daar staan die volk so siek gekluister- in hulle kwarantyn.
Terwyl die dood se donkermaan- so oor hulle hoofde skyn.
Wag hul so onnosel op Hades se perron vir satan se trein.
Wat met hulle siele vir ewig- oor die afgrond gaan verdwyn.
Na die folterland, ja van soveel wanhoop en ook soveel pyn.

Daar waar die kerkklokke so hardop beier by die brak fontein.
Waar satans leuen en God se Waarheid nou net nie wil rym.
Daar waar God se goue Lig nie in die stikdonker in kan skyn.
Staan daar soveel voor satan se skavot- in ʼn baie reguit lyn.
Ja, hul wag daar op ʼn wêreldraad van kerke se pikswart plein.
Hulle verhef hulself in hoogmoed en dink hulle is so baie rein.
Terwyl hul net as gruwelslym- in die hel in weg begin te drein.

Maar daar waar God se Roepstem klink by die Suiwer Fontein.
Staan daar ʼn kleine maagd- so silwerskoon- en deeglik rein.
Klokhelder klink so haar stem: O’ my Grote Vader, U is myn.
Laat U Lig my daarom soos ʼn blink- helder Son nou deurskyn.
Sodat ʼn vuil, stikdonker- wêreldnag, van U Sion kan verdwyn.
Terwyl sy sal voed op U Bron- van suiwer Brood en edel Wyn


Openbaring 1469 
ʼn Bang Godverlate volk

Dinsdag 21 Junie 2011 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
Daar staan ʼn volk met hul oë na die berge opgeslaan.
Wat nou wenend vra: O’ waar kom ons hulp vandaan.
Met nêrens geen rigting om veilig ʼn koers in te slaan.
Deur eie toedoen sonder toekoms wat hul nie verstaan.
Staan hul steeds hoogmoedig en laat hulle nie vermaan.
Terwyl hulle weet daar wag ʼn wrede lot- verby grusaam.
Word hul nou vertrap- hul lê so verstoot, ja, so eensaam.
Met Raka wat spot, staan hul onder die mag van Kanaän.

Boervolk jy word versmaad maar kruip nader as Afrikaan.
Met jou swak liberale denke- wat nie wil of kan verstaan-
uit ʼn edel ontstaan kom jy uit Goddelike kronieke vandaan.
Daarom is dit jou eie verrotte denke- wat jou nou verslaan. 
Ja, dit is te laat om nou nuwe planne te probeer beraam.
Ook is dit te laat om ʼn nuwe denkrigting in te wil slaan.
So is dit bykans ook te laat- om as die volk op te staan.
So raak dit te laat- om jou arms om jou naastes te slaan.
Ja, dit raak te laat om julle oë na die berge op te wil slaan.
Omdat die hemel julle verraad ewig nooit sal kan verstaan.

So staan op julle lande binnekort ʼn leë oes met leë graan.
Terwyl in wanhoop al julle geloof en hoop so weg sal taan.
Met Raka wat uitbundig -bloeddorstig- op sy dromme slaan.
Kom sy soldate wreed in ʼn al nouer kring om julle te staan.
In riviere van bloed- waar kom ʼn nuwe gelofte nou vandaan.
Met ʼn gruwelvolk wat ʼn rigting teen hulle God in sou slaan.
Met kerke wat in hul eie vernietiging nou net vrees uitkraam.
Roep ʼn bang volk met oë so desperaat na berge opgeslaan.
Ons is GODVERLATE- waar O’ waar- kom ons hulp vandaan.


Openbaring 1470 
Twee verskillende gesigte.

Woensdag 22 Junie 2011 23
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn klomp polisiemanne en vroue wat om ʼn spesifieke rede 
na ʼn gebied onttrek word. 

Tweede gesig
Kort hierna sien ek in ʼn ander gesig hoedat daar elders inderhaas bomme 
en myne geplant word.


Openbaring 1471 
ʼn Onheilstigma wat aan Julie kleef.

Donderdag 23 Junie 2011 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
Aan die rooi hemelwand staan in ʼn rooigety die kreef.
Terwyl daar aan die maand Julie ʼn onheilstigma kleef.
Draf aan die einde van hierdie tydvak, ja op volle dreef-
met soveel oordeel deur al die kataklismes ingeweef-
ook Mammon wat sterwend- oulaas- na winste streef.
Met die rooigety se stank wat globaal alles so omgeef-
probeer Babilon om so gestorwe hoerdogters te herleef-
terwyl haar geloofstrukture hierdie tye nie gaan oorleef.

Staan die aarde nou op haar pole-graad krom en skeef-
swenkend swaai sy en strompel so voort op volle dreef-
Maar stilstaande wyk in die sterrestande- nie die kreef.
Terwyl die aarde in soveel skuddings nou rukkend beef.

Met ʼn maghebber wat seniel in die dood se skadu leef-
terwyl die dood dit meedoënloos deur sy gebeente weef-
probeer desperaat gesondheidsorg dit aan die lewe kleef-
Met duisende wat voor die poorte van sy dood daar beef.

Aan die rooi hemelwand staan in ʼn bloedgety die kreef-
terwyl die nasies soveel onlus en oorlog oral oor beleef-
terwyl prehistoriese kieme in die waters begin te herleef.
Met hongersnood se oë wat globaal wreed begin skreef-
hy spottend-tartend roep; wie is daar wat my kan oorleef-
kyk, op verwoeste lande leef ek nou daar as ʼn wrede teef-
terwyl soveel misoeste suksesvol aan my vas kom kleef.
Sal in versteurde weerpatrone die hel dit hier kom herleef-
terwyl meer vulkaanas ʼn aarde se atmosfeer sal omgeef-
met ʼn vreemde ruimte-indringer wat die planeet sal beleef.

Terwyl dit deur die kreef dit in die leeu se stert in sal weef-
staan aan ʼn rooi hemelwand in ʼn bloedrooigety die kreef-
terwyl daar aan die maand Julie- ʼn onheilstigma vaskleef.
Met missiele en bomme wat horisonne so rooierig omgeef-
met konings en regerings wat net na meer mag wil streef-
terwyl hulle al die skatte van die wêreld desperaat vaskleef.

Terwyl winde, vuur en ys die planeet oral om gaan omgeef.
met soveel vloed en waters wat die mensdom gaan beleef-
Draf so die einde van hierdie tydvak nou flink op volle dreef-
met aan die hemelwand ʼn onheilspellende bloedrooi kreef.


Openbaring 1472 
Twee gesigte oor lug- en lugredery rampe.

Donderdag 23 Julie 2011 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn naggesig sien ek ʼn helder visioen ʼn groot vliegtuig wat plat op
sy maag vanuit die lug in die see neerstort.

Tweede gesig
Net hierna sien ek in ʼn tweede gesig ʼn groot lugredery wat besig is
om bankrot te speel met sy eienaar wat kort hierna sterf.


Openbaring 1473 
Die kerk- driekwart kwadroon.

Vrydag 24 Junie 2011 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar staan ʼn onsuiwer priester hy is ʼn kwadroon.
Daar by ʼn baie lae heuwel waar die tokkelossie woon.
Waar hierdie dwerg- soveel stamme terg en hoon.
Terwyl hy hom- aan maandstondige vroue vertoon.
Is hy van die voortyd reeds vir hierdie tyd gekloon.
Om dit wat liberaal is met die dood te kan beloon.

Daar staan ʼn snaakse predikant hy is ʼn kwadroon.
By die oorvol spruit waar Raka wag by ʼn Anaboom.
Terwyl hy dreigend- daar sy bultende spiere vertoon.
Stamp hy sy voete en sê: ek wag vir die wit persoon.
Ek het my knopkierie veruil vir ʼn geweer en patroon.
So het Ubuntu vir Afrika uiteindelik self kom beloon.

Daar staan ʼn onsuiwer pastoor hy is die kwadroon.
By ʼn waterval waar ʼn swart waterslang hom vertoon.
Daar laat val ʼn toordokter ʼn dolosbeen en anemoon.
Terwyl al die kerke van Suid-Afrika baie lui daar loom.
Lui deurdringend met ʼn doodsboodskap die telefoon.
Beeste bulk en op die melk dryf daar pikswart room.
Bang witmense roep swartmense toe as hulle Kroon.

Daar staan ʼn onsuiwer dominee hy is die kwadroon.
In ʼn walglike eenheidskerk wat dink hul is so vroom.
Met die valse engel van lig- wat spottend- daar woon.
Met satan wat so op ʼn preekstoel staan as sy troon.
Met gemeentes so dom en stom- as net die moroon.
Roep engele laggend om hul van die grap te verskoon.

Daar staan ʼn kerk- driekwart swart- as die kwadroon.
Wat dit self as ʼn gruwellig van die wysheid wil vertoon.
Maar in gruwelmengelmoes van veelkleurige hormoon.
Staan satan as Raka daar as skrikwekkende demoon.
Terwyl hy nou in sy bloedlus- die liberale denker hoon.
Lag hy luid en sê hy gaan die Westerling nie verskoon.
Daarom moet hul- hul dank aan hul kerke gaan betoon.


Openbaring 1474 
Ware weergeboorte- jou hoogste hemel.

Saterdag 25 Junie 2011 19:07
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar hemele saamkom in heilige wolke van lewende mis.
Waar die sewende hemel se pilare so stewig op die sesde rus.
Daar waar die sewe Fenikse- sewe Serafs- en sewe Gerubs is.
Waar die sewe hoofboodskappers die suiwer sfere van die lig is.
Waar die oneindigheid se waters die vurige geeste nie kan blus.

Daar waar die selfbewussyn die ewige bestaan nooit sal betwis.
Waar Suiwer Waarheid- die waan van alle leuens en illusie uitwis.
Waar engelesang in hul klank en harmonie die oneindigheid sus.
Waar ondenkbare saligheid die voete van Elohim so Liefdevol kus.
Waarvan die plafon daarvan- nou die agtste hemel. ja, Musalot is.
Waarby die herskepping van wentelbane ook seisoene by berus.
Waar Kunchawim die negende hemel van die diereriemtekens is.

Daarbo- die tiende hemel, ja daar waar ewig woon die groot EK IS.
Daar waar die groot raadsplan ewig net op Elohim se skouers rus.
Daar- is bewend die menslike denke- van sy eie nietigheid bewus.
Met oë vol goeie hoop- om die Boom van die Lewe net nie te mis.
Daar waar die sondaar by die kruis- al sy sondes ewig uit wil wis.
Waar die Verlosser sy nette uitgooi vir ʼn baie groot vangs van vis.
Waar satan- Melgisedek as die Hoë Priester nie langer kan betwis.

Daar waar ʼn verlore seun tuiskom om in sy Vaderarms te kan rus.
Ja, daar waar die suiwer weergeboorte- ewig altyd- so volmaak is.


Openbaring 1475 
Jammerlik bly kwaad die wenner.
Sondag 26 Junie 2011 09:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn paar skouers wat ʼn engel en ook ʼn duiwel rond vervoer.
Terwyl die duiwel oor sy eie skouer net vir die kwaad rond wil loer.
Selfs so ver gaan- om die slegste ou hoer- te loop en afkoekeloer.
Probeer die engel desperaat om die kwaad se lokstem af te snoer

Maar die duiwel lag en wys puntend met sy vinger; kyk daar- doer.
Hy maak met musiek groot geraas en speel met ʼn siel woer-woer.
Wanneer dié twyfel- jaag hy hom vinnig aan- met- hou op poer-poer.

Terwyl hy soveel mense na sportveld en vermaakplekke toe ontvoer.
Sê hy so rojaal: laat ons om die wêreld al agter die sondes aantoer.
Hy moedig die mens aan om te bras terwyl hy hom so spekvet voer.
Roer daar kwaad- moedig hy dié aan om hom te voeg by die oproer.
Gaan iets nie na die mens se sin- sê die duiwel: góói die vloermoer.

Terwyl die engel wenend sê: gedra jou waardig- jy bly steeds ʼn Boer.
Rig jou oë na Elohim toe op en staan getrou in Waarheid nou stoer.
Laat daarom nie dat satan jou kosbaar siel na hel en Hades wegvoer.
Luister na die Gees se Goeie Stem wat Liefdevol in jou hart daar roer.

So roep die engel nou dringend: staan nou net op van die sondevloer.
Die tyd raak uitgeloop en ou profesieë en openbaringe raak nou volvoer.
Rig jou oë na die hemel en Elohim en staan nou so getrou daar stoer.
Kyk- die oordeel het in die mens se guns so heeltemal te lank gesloer.
Daarom gaan die dood nou biljoene siele vir satan, hel en Hades voer.

Daar is ʼn paar skouers- wat nou ʼn engel- maar ook ʼn duiwel vervoer.
Waar Goed, ook kwaad- in ʼn pelgrimstog deur soveel mense rondtoer.
Terwyl die Goed desperaat die kwaad se bose mond probeer toesnoer.
Bly kwaad die wenner wat op die end meeste siele na die hel wegvoer.


Openbaring 1476 
Die Grofsmid.

Dinsdag 28 Junie 2011 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek sien ʼn Grofsmid wat met ʼn groot ysterhamer ʼn stuk edelmetaal in
ʼn Heilige vorm op ʼn aambeeld slaan, ja, ek sien Sy profiel waar dit
so kragdadig- ru voor die gloed van die vuuroond staan, terwyl Hy so
toegewyd die nuwe dra-raam van die Aparte- Heilige- Ark bereken en
beraam. Ja, terwyl die dag somber in die ruite van Sy werkswinkel weg
begin te taan, kom daar uit die donkernag steeds die ritmiese gekap
waar Hy onverpoos met Sy taak voortgaan. Terwyl ʼn reuse storm in 
die nag daarbuite begin onstaan met reëndruppels wat eers gewelddadig 
dan sag vertroostend teen die ruite van die werkswinkel slaan is alles
daarvan engeletrane wat hul Elohim se ywer maar ook Sy verdriet so 
goed verstaan. 

Skielik klink vanuit die onheilspellend stikdonkernag ʼn oorverdowende 
slag wat vanuit die ewigheid ontstaan- dit is die Ambagsman wat vanuit 
al Sy opgekropte emosie die perfekte hou daar slaan, waaruit ʼn skouspel 
van ʼn reuse vonkespel ontstaan en waarin die silhoeët van die Grofsmid 
nou duidelik afgeteken staan, ontsnap daar ʼn enkel helder vonk wat soos 
ʼn lewendige son deur die harte van suiwer uitverkore Boere gaan wat die 
Roepstem van hulle Elohim skielik so goed en duidelik kan verstaan, 
begin hulle in opregte naasteliefde al hoe nader aan mekaar te staan 

So verstil daar teenoor mekaar die kritiek, die verskille en ook die bitterblaam 
en vir oulaas trek daar deur die oes ʼn skeidings-sekel en in Elohim se 
edelhouer, ja, Sy Heilige- Aparte- Ark lê daar nou edel-goue-graan, wat 
satan laat sidder omdat hy in ʼn vooruitsig sy eie kentering beter begin te
verstaan- breek daar van die berg Sion ʼn klippie- wat in sy momentum-
ʼn bose wêreld- gaan stukkend slaan.


Openbaring 1477 
ʼn Vors van die Lig.

Woensdag aand 30 Junie 2011 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Daar is ʼn Vors van die Lig en hy hou Sy silwer swaard omhoog.
Teenoor Hom staan daar ʼn hadesdemoon en die span sy boog.
Maar reeds vanaf die voortyd- weet die Engel- wat satan beoog.
Daarom steur Hy hom nie aan ʼn bose se weerstand en betoog.

Die Vors kap met ʼn swaard om ʼn volk in twee dele oop te kloof.
Ja, die sekel slaan, soos so lank gelede aan die kronieke beloof.
Kyk- hul is nou ʼn tweeling- ʼn hoer en ʼn maagd- roep ʼn filosoof.
Die maagd open haar geestelike gehoor- maar die hoer bly doof.
Die hoer dans so vrolik op haar wêreldminnaar se gruwel verhoog.
Terwyl vuil liberalisme- so vraatsig- aan haar walglike borste soog.
Roep die maagd Sion uitdagend uit: slegs my Elohim is my voog!
Sy week en was haar kosbare linne- so suiwer wit- in goeie loog.

Maar die hoer speel met Mammon terwyl sy net koop en verkoop.
Sy is ʼn Afrikaner en staan met haar borste- so skaamteloos oop.
Terwyl sy heupswaaiend- so tergend- na haar eie vyande oorloop.
Het nege uit tien hul kosbare Boere siel aan satan loop uitverkoop.
Maar Sion kom nader en sê: ek is nou aan my Bruidegom verloof.
Slegs my Elohim staan vir ewig daar- as my Meester en my Hoof.
Daarom sal ek Hom ewig- met my heilige, aparte, suiwerheid loof.
Ek sal sing en dans- terwyl Hy ʼn wêreld met Sy oordeel oopkloof.

Daar staan ʼn Vors van die Lig Hy hou Sy silwer swaard so omhoog.
Terwyl die wêreld paniekerig- teen hulle ondergang- begin te betoog.
Word daar geen kontinent- land of volk- verskoon- in Elohim se oog.
Die Engel slaan Sy swaard- met ʼn rivier wat voor die bruid opdroog.
Sion vlieg na veiligheid op Arendsvlerke so wyd, ja, daar hemelhoog.
Terwyl haar hoersuster nou jammerlik- na niks en nêrens heen poog.
Is daar niemand meer oor om die liberale gedeelte se trane te droog.


Openbaring 1478 
ʼn Gesig oor kalmte en storms.
Vrydagnag 1 Julie 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn gesig sien ek ʼn sonskyndag met ʼn waterblad wat spieëlglad is
en wat kortstondig ʼn baie rustige effek op my het voordat dit skielik
in sagte deinings oorgaan met wit skuimperde wat op die horison
verskyn terwyl daar eers ʼn sagte bries en daarna wilde stormwinde
begin loei en raas, waarna die wateroppervlak nou in ʼn baie onstuimige
see verander terwyl wilde branders ver oor hul grense oor strande
begin breek terwyl dit skade aan paaie en infrastrukture aanrig, sien
ek ook die skade wat dit aan seiljagte, vissersbote en ander vaartuie
doen.


Openbaring 1479 
Wee die sogenaamde Christendom.
Saterdag 2 Julie 2011 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn edelvis wat in ʼn embleem van ʼn vis verander- waarna dié
op sy beurt weer in ʼn draak met ʼn gruwelkop verander met daarna ʼn
tweede kop wat langs die eerste uitgroei. Bokant beide van die koppe
hang daar borde- op die een staan Katoliek en op die ander Protestant.

Waarna die eerste kop die tweede met gevaarlike slagtande begin
toetakel terwyl die tweede kop die aanslag wonderbaarlik oorleef om
daarna kragdadig te herstel om vir ʼn geruime tyd voort te kan bestaan.
Maar omdat daar van die giftige speeksel van die aggressor in die
wonde agtergebly het- versleg die Protestantekop totdat dit net so sleg
soos die moederkop word. Waarna die twee draakkoppe nou na mekaar
draai- om mekaar in bondgenootskap te kus. 

Direk hierna begin die geheel beeld van die draak blitsvinnig in ʼn soort 
van trurat-reaksie in al sy vorige vorms- tot en met die eerste vis- te 
herverskyn en wat hierna op sy beurt in ʼn skrikwekkende roofvis verander, 
om met ʼn dodelike missie, alle ander edelvisse uit te wis en ek hoor ʼn 
stem wat sê: die gemeentes vrees die dag van die antichris terwyl hulle 
as surrogaat hom nog die heeltyd dra om in hierdie tyd aan hom geboorte 
te skenk en terwyl hulle so liefdevol die gedrog-Siamese tweeling aan hul
borste voed, maak hulle- hul klaar om die laaste paar suiwer gelowiges
aan hom te voer. 

Hierna hoor ek ʼn groot menigte wat in een stem roep: Wee! O’ Wee! Die 
sogenaamde christendom, ja, wee al die dogters van Babilon- omdat hulle 
eie dag van uitdelging naby gekom het en daar sal ʼn groot geween en ʼn 
gekners van tande wees.


Openbaring 1480 
Die blye nuwe lied.
Maandag 4 Julie 2011 13:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar kom ʼn nuwe dag en ondenkbare saligheid word die hemelskares
aangebied- op hierdie dag sing Sion haar nuwe lied- terwyl sy so
uitbundig haar hart vir haar Elohim aanbied- het ʼn biljoen jaar-oue
raadsplan volgens Goddelike plan suksesvol geskied. 

Ja, so bring Sion haar blye nuwe lied- met satan verslaan wat nie 
meer weerstand kan bied- word hy vir ʼn duisend dimensies vanuit 
die hemelrealms en vergaderinge verbied. Terwyl die kortstondige 
illusieglans van sy ster weer tot sy val in ʼn swart gat verskiet- is die 
Aparte Heiligdom ewig klaar uitgemeet met ʼn riet. 

So staan Sion oorwinnend daar en sing in ʼn nuwe Priesterorde 
met oorgawe vir haar Elohim, ja, haar Koning Melgisedek- haar 
blye nuwe lied.

Openbaring 1481 
ʼn Bloedbesmeerde vlag.
Dinsdag 5 Julie 2011 14:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Halfmas wapper globaal ʼn bloedbesmeerde vlag.
Die oes staan wyd- verdor- so skamel in die drag.
Met ʼn aarde wat so sidderend op ʼn oordeel wag.
Staan die regerings met hulle agendas so verdag.
Terwyl hulle in bondgenootskappe so baie verwag.
Begin die moondhede- Afrika- so openlik te verag.

So kom vanuit Turkye- die onverwagse harde slag.
Terwyl dit die blik op Rusland- so berekenend versag.
Begin Duitsland om van hulle bondgenote te verag.
Griekeland bly kruppel, ja met rantsoene te verwag.
Opruiend lig omhoog mense hul misnoeë in ʼn klag.
Dit is te laat vir bankiers- ook regeerders se ontslag.

Mammon lê geval- sy is so uitgedien- in eie verkrag.
Afrika se vrye-eenheidsdroom bly daarom in die slag.
In dubbelstandaarde te veel van Oos en Wes verwag.
Terwyl die grotes so agteraf Afrika se onkunde verag-
het hulle heeltemal te lank op haar rykdomme gewag.
So, wie lê nou indirek heel eerste op Libië hul beslag.

Terwyl hul gierig na die grondstowwe in die Suide trag.
Sluimer ʼn groot oorlog- wat op geheel die wêreld wag.
Met die merk van die dier- wat gaan- van krag tot krag.
Fladder daar binnekort globaal ʼn bloedbesmeerde vlag.
Terwyl satan uitbundig- oor sy oënskynlike sukses lag.


Openbaring 1482 
Die toestand na die dood.

Woensdag 6 Julie 2011 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Na aanleiding van die volgende brief het ek die volgende openbaring ontvang:
Vraag: Daar is niemand wat my ʼn reguit antwoord kan gee nie – wonder of jy
miskien kan help? 

Wanneer mens die dag doodgaan- gaan die siel reguit hemel of hel toe, of 
gaan dit na ʼn plek van bewaring, waar daar na die oordeelsdag besluit sal 
word waarheen die siel gaan.

Antwoord:
Waarom sal siele- goed of sleg- na hul afsterwe soos ʼn verhoorafwagtende
in ʼn plek van bewaring op sy/haar ewige oordeel moet wag en dit nadat die 
poorte van Hades hulself- soos duisende jare gelede deur Dawid geprofeteer- 
reeds tweeduisend jaar gelede opgehef het sodat die Ere-Koning kon ingaan 
om met Sy Goddelike Lig die ontslape siele vanaf die oer-patriarg Adam regdeur 
die kronieke tot en met die kruisiging vanuit hulle sluimertoestand te verlig 
en so tot die ewige lewe op te wek. Daarom het die Meester tydens Sy aardse 
lewe Sy leerlinge hieroor met die volgende woorde ingelig; kyk- in die huis 
van My Vader is daar baie woninge en Ek gaan om vir julle plek te berei. 
Daarom sal elke siel met die afsterwe van sy vleeslike liggaam presies daar 
wees waar hy/sy met soveel oorgawe- goed of sleg- vir hom/haar ʼn skat 
vergader het.

So sal byvoorbeeld die siele wat hulle tydens die aardse lewe met ʼn te groot liefde 
vir die materie hul met skatte van prag en praal omring het- hulself nou in ʼn baie armsalige en betreurenswaardige geestesdimensie bevind, omdat ironies genoeg,
daar juis geen materiële bates in die geestesrealm is nie en omdat meeste van 
hierdie materieel ingestelde siele weinig tyd aan hul geestelike groei afgestaan het, 
sal dit met hulle hier maar baie droewig gaan en so sal dit met die moordenaars, 
die diewe, hoereerders, leuenaars en elke onbekeerde sondaar in die hiernamaals- volgens hulle eie maatstawwe- dit maar baie droewig daar uitsien en daar sal soos 
in die Skrif geskryf staan- ʼn geween en ʼn gekners van tande wees. Waar dit weer 
ondenkbaar beter en salig met die siele sal gaan wat tydens hulle aardse lewe hul 
oog doelgerig in liefde op Elohim gerig gehou het om onverpoos en in nederigheid, 
na die Wysheid, Geloof, Hoop en Liefde, te streef. 

Ja, so sal elke siel- die oomblik van die liggaamlike afsterwe- dit daar bevind, 
presies waar sy liefde, goed of kwaad, gesetel was. 

So sal die kwaad by die kwaad vergader word in ʼn orde van geestelike 
binding en kentering en hulle sal daar wees solank as wat dit Elohim 
behaag en so sal ook elke suiwer siel deur die genade van Elohim- 
vreugdevol werksaam raak in een van die oneindige- ondenkbare, ja--
onmeetlike skeppinge- van hulle ewige Goeie Skepper en Liefdevolle Vader.


Openbaring 1483 
ʼn Valse hol klank.

Vrydag 8 Julie 2011 12:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister na die hol klank van ʼn valse wêreld-sopraan en weet waarom hierdie tydvak spoedig moet vergaan. Daar kom ʼn dag en dit is gou waar daar twee gruwel-altare 
sal staan met daarop twee klatergoue simbole wat die valse huis van Israel en die valse huis van Juda sal laat vergaan en terwyl die volkere in twee rigtings tot hul 
ewige ondergang en verderf sal gaan, sal hulle hul nie deur die laaste openbarings 
laat vermaan. Daarom kyk, O’ volk na die wonderteken van ʼn ondergaande bloedrooi son en die duister donkermaan en luister na die verraad- van die laaste kraai van die gruwel hoenderhaan. Terwyl soveel voete agter menslike ikone en die groot gruwel die verderf in sal gaan terwyl hul bose planne teen die laaste suiweres sal beraam, moet die uitverkorenes die volgende kennis baie goed verstaan en weet- onder die beskerming van Elohim is daar geen mag of koning wat hulle ewig kan verslaan. 

Wee daarom die arm van wêreldse oordeel wat beskuldigend in die rigting van die heiliges staan en weet dit sal erger as die hand van Jerobeam in klip vir ewig verdor daar staan, met geen genadegebed wat daarvoor na die hemel op sal gaan. Terwyl 
die oordeelsengele die aarde onder daardie lande sal stukkend slaan, sodat al hulle mensgeboude infrastrukture ewig sal vergaan, met die oseane wat sal verskuif om 
oor hierdie verdorwe plekke vir ʼn volgende tydvak te staan, terwyl die gestorwe 
vyand van Sion nie weer op die nuwe land, ja, oppervlaktes vir hulself ʼn nuwe geslag uit sal kraam. 

Luister daarom na die hol klank van ʼn valse wêreld-sopraan en weet met die gruwelplanne van ʼn bose wêreld is dit in ʼn nabye toekoms ewig na die maan.


Openbaring 1484 
Heel eerste- die nederigheid.
Saterdag 9 Julie 2011 15:55

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister na die motiveringslied wat heilige engele as hul offergawe
naderbring, terwyl hul so toegewyd hulle verantwoordelikheidsliedere
sing, met stemme wat in frekwensie deur die donker digtheid van aardse
materie dring, is dit die boodskap wat hul na die laaste heiliges toe bring. 

Ja, hulle sing; al poog die wêreld om die heel aanloklikste materie tot julle 
val na jul toe te bring; bly O’ kinders van die lig altyd nederig- net gering, 
terwyl julle in die soeke na die Gees in jul dimensies al hoe wyer uitkring, 
moet julle so toegewyd die eer en lof van julle Elohim besing, open daarom 
die deure na julle siel sodat jul Heiland die duister onkunde binne julle kan 
verdring, sodat jul van die suiwer Liefdes-wyn van julle Verlosser kan drink, 
om op die arendsvlerke van Wysheid die ewigheid te deurdring, om jul 
suiwer harte van toewyding voor die troon van julle Skepper te kan bring,
waar julle geloof so standvastig van hier om julle swakker broers uit kan 
kring, om met die lied van Melgisedek meer verlore seuns van Elohim huis 
toe te bring en daarom hemelskares vreugdevol oor ʼn onverwagse eindtyd- 
vonds jubelend nader kan kring. 

Luister daarom na die motiveringslied wat aartsengele nou na uitverkore 
mense toe bring en weet dat alle geestelike pogings heel eerste by die 
nederigheid begin.


Openbaring 1485 
ʼn Tyd om te betaal.

Maandag 11 Julie 2011 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl opbruisend- opborrelend daar ʼn nuwe deuntjie draal.
Wat vertel van ʼn ou gruwel- nou opwindende nuwe verhaal.
Terwyl globaal- geheel ʼn wêreld hulle teen die ergste staal.
Met volke en nasies wat protesteer- in ʼn baie groot kabaal.
Terwyl satan sy groot rekordgetalle vir hel en Hades behaal.
Met gemeentes, swart geklee, as satansbruid in ʼn katedraal.
Terwyl ʼn bose wêreld vir foute ʼn vreeslike prys moet betaal.

Met Godverlate stiltes wat yswekkend op ʼn aarde neerdaal.
Terwyl sonontploffings- in kataklismes- die planeet bestraal.
Met mense wat steeds- desperaat grou- agter elke mineraal
Staan die mensdom in ʼn armoede binnekort honger en kaal.
Terwyl Gabriël die boekrol van die oordeel uit ou argiewe haal.
Word ʼn pikswart doodstreep getrek deur die woordjie liberaal.

So staan die regerings- vreesagtig- op onthale steeds sosiaal.
Met bose agendas fluister hul in verraad- agteraf in hul eie taal.
Terwyl hulle luister na die hoewegedonder van ʼn perd so vaal
Poog hul dapper om steeds godslasterlik oor heiliges te smaal.
Maar mistroostig wapper daar ʼn doodsvlag- aan die wêreldpaal.
Terwyl so opbruisend- so opwindend die nuwe lied begin te draal.
Wat vertel van die eens vergete nou ʼn herontdekte nuwe verhaal.
Ja ʼn verhaal nou in Elohim se eie taal vir ʼn oneindigheid vertaal.

So kom aardbewings aangerol in ʼn oorverdowende groot kabaal.
Terwyl reuse tsunamis- branders donderend skuif oor die koraal.
Die son boosaardig sy hitte oor die mens en ʼn aarde laat straal.
Met satan wat bulderend oorwinnend lag oor sy groot somtotaal.
Terwyl die mensdom hulle pateties teen ʼn ruimte indringer staal.
Klink daar die lied van die oordeel- kyk alles, ja, alles is so fataal.

Maar dit is nou die tyd om vir sondes teen die hemel, ja, te betaal.
Met verskriklike oorloë en pes wat biljoene vir die dood kom haal.
Terwyl aartsengele sorgsaam- ʼn skrale oes- vir Elohim kom haal.
Sing Skares ʼn nuwe lied van ʼn nuwe aarde met ʼn nuwe verhaal.
Met satan gebind wat vir ʼn duisend jaar ʼn strafgerig moet betaal.


Openbaring 1486 
Al sou Babilon… 

Dinsdag 12 Julie 2011 15:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Al sou ʼn nuwe Babiloniese ryk ʼn nuwe Babel verby die hemel bou.
Sodat almal daardeur satan se heerskappy en glorie kan aanskou.
Al sou Babilon, die groot hoer, al haar gruwelbates en sondes uithou.
Terwyl sy al die skatte van die aarde vir haarself as bruidskat behou.
Al sou die hele wêreld aan haar sweer hulle lojaliteit- ook ewige trou.
Terwyl hulle liefde vir hulle ewige Skepper en Elohim tot niks verflou.
Al sou geheel die mensdom nog warm- nog koud daar staan so lou.
Terwyl hul in ʼn eenheidsgodsdiens- vir hulself ʼn gruwelbrousel brou.
Al sou die wêreldraad van kerke- daar staan as satan se gruwelvrou.
Terwyl haar oë bitsig- hatig, oor die laaste verseëlde heiliges vernou.

Al staan die kleine Sion daar terwyl die wêreld haar met haat uitjou.
Terwyl sy so hoopvol vir geloof en liefde aan Elohim se hand vashou.
Ja, al sou Babel haar in die hemele uitklim en bou- ver verby die blou.
Sal God se verwoesters kom- om oor haar- ʼn groot strafgerig te hou.
Oor haar vorste en heersers- sal Elohim se oë nou in oordeel vernou.
Die helder son sal in ʼn pikswart duisternis oor haar toekoms verflou.
Kyk; die hart van haar koning- hang verlep in die groot arend se klou.
So sal die oordeel die mense kom dompel- in ʼn smartlike diepe rou.
Met ʼn verlore wêreld wat so willoos aan hul eie ewig graf moet grou.
Babel sal in die dieptes wegsink en sy word ewig nooit weer herbou.


Openbaring 1487 
Die laaste bloedlyne van Jakob se strewe. 
Woensdag 13 Julie 2011 17:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is die Verlosser, ja, die Leidsman van die lewe.
Waarna die laaste bloedlyn van Jakob nou na strewe.
Knielend by die kruis vra hul Hom om hul te vergewe.
Daar is ʼn paar met hul naam in ʼn boek van die lewe.
Wat eer- en respekvol voor Elohim se aangesig bewe.
Hul roep na die hemel: Vader U is groot, ook verhewe.
Kyk- U Heilige Naam staan drie keer geskryf in Sewe.
Terwyl U onverganklike Son- in Heilige Lig dit omgewe.
Met wesens wat in ʼn ongekende prag daarom swewe.
Roep die uitverkorenes in verrukking: by U wil ons lewe.
Leer ons daarom om ons naastes in liefde te vergewe.
Om in een volmaakte liggaam U te dien in al die lede.
Sodat die nuwe bloedlyn- ewig kan verkeer in U vrede.

Daar is die Verlosser, ja ons groot Leidsman van lewe.
Waarna die laaste bloedlyne van Jakob nou na strewe.
So staan hulle paraat- as die heilige mag- daar berede.
Hul roep: ons DNA kom uit ʼn gelofte in ʼn verre verlede.
Om onse God van Jakob te eer- tot in die huidige hede.
O’ Luister daarom, ons Koning, ook Vader na ons bede.
Kom versterk ons vir die laaste geveg, ja in al ons lede.
Sodat ons vyand voor U Almag kan sidder en ook bewe.
Ja, sodat U kinders U genade en verlossing kan belewe.


Openbaring 1488 
ELOHIM- alleen LEIER

Donderdag 14 Julie 2011 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister O’ ‘leiers’ en volk terwyl Ek julle in Liefde vermaan.
Ek volgens jul in ʼn minderwaardige posisie voor jul staan.
In jou oordeel jy jou vir My as ʼn hoer of dronkaard skaam.
Terwyl jy My woorde van Liefde tog mooi duidelik verstaan.
Maar jy jou in die groep distansieer- en eenkant toe staan.
Jy weier My Goeie Raad- in jou eie oë heeltemal te vernaam.
Terwyl jy jou- as net dié leier- My volk daaroor wil vermaan.
Terwyl jy hoop om met My Mag jou vyande te kan verslaan.
Sal ek deur jou hoogmoedsfoute dele van die volk omslaan.
Terwyl jy in loënverraad- sal luister na die kraai van die haan.
Sal My Groot Genade nie meer vir jou kom uit ʼn hemelkraan.
Terwyl Ek dié onder jou aanvoering sal kom stukkend slaan.
Sal ʼn oordeel oor hierdie volk sy nuwe verdrukking uitkraam.
Sodat die weduwees sal staan- met hulle oë so nat betraan.

Leer daarom voortydig om julle oë net na My toe op te slaan.
Om nooit na ʼn bose wêreld, ja, vir enige hulp nader te staan.
Maar om in broederliefde net onder My Leiding saam te staan.
Met geen woorde van verwyt- sonder die alewige bitterblaam.
Terwyl julle met jul oë sal sien hoe Ek julle vyand laat vergaan.
Met soveel kataklismes- wat Ek oor die wêreld sal laat gaan.
Kyk: Ek verdor die wêreld se oes- ook verrot Ek al hulle graan.
Terwyl Ek storm en aardbewing oor ʼn verlore wêreld laat gaan.
Kyk: so woes en wild laat ek die rook van vulkane nou opgaan.
Maar My tent van genade- dit sal Ek oor My verseëldes opslaan.
Sodat hulle daar die nuwe lied van die aarde beter kan verstaan.
Sodat hulle weet vanuit hul suiwer nederigheid kom Ek vandaan.
Dat hul kan weet; net Ek besluit waar hulle toekoms heen gaan.

Luister daarom O’ My volk, terwyl Ek julle nog sagkens vermaan.
Sodat julle nie op die weg- van die vernietiging heen moet gaan.
Moet julle daarom in julle vergaderings nie vir My Woorde skaam.
Laat Ek, Elohim, as julle groot LEIER eerste in julle midde staan.
Open die deur van julle hart- sodat jul My Woorde kan verstaan.
Roep in jul midde, My met baie groot liefde op My Heilige Naam.
Sodat Ek jul in jul geestes en oorloë-gevegte, vooruit kan gaan.
Soos Jerigo-mure sal Ek jul vyande se vestings stukkend slaan.
Terwyl Ek My arms so Liefdevol om My Boervolk- Sion sal slaan.


Openbaring 1489 
ʼn Levitiese vrot granaat.

Donderdag 14 Julie 2011 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In bloedrooi pitte bars ʼn oorryp, ja, illusie-granaat.
ʼn Wêreldpriesterdom het hulle vergryp as ʼn vraat.
Rabbi’s staan daar met geen Wysheid in hul baard.
Die pous en die biskoppe staan ook diep beswaard.
Van die groot roofvis bly daar die kaalgevrete graat.
Die valse vredesvors trek oorlogsprente op ʼn kaart.
Vanuit die Weste- word aangewakker- globale haat.
Maar vier Aartsengele staan laggend, uiters bedaard.
Babel word binnekort geslinger- binne in die Eufraat.
Regterstoele staan sonder mag, ook die magistraat.
Terwyl die mensdom- ja, in roofsugtige diere ontaard.
Verval die eiendomsregte in die plaas, huis en haard.
Olie verhandel- nou slegs in suiwer goud- by die vaat.
Terwyl niemand in die wêreld meer by Mammon baat.

Ja, in bloedrooi pitte bars daar ʼn oorryp, vrot granaat.
Een na die ander gemeente sink met ʼn dodelike vaart.
So staan skyngelowiges oor die wêreld diep beswaard.
Valse Leviete- het lank gelede reeds- in varke ontaard.
Migael en Gabriël lag en trek teenoor Babel hul swaard.
Hulle roep: O’ Sion, staan jy net daar so stil en bedaard.
Kyk- Elohim se oordeel trek om die aarde met ʼn vaart.
Terwyl die hemel so spot met ʼn wêreldorde se beraad.
Staan daarom, O’ edelvissie, nou trots onder jou smaad.
Ja, steur jou nie aan die uiters bose wêreld- se verraad.
Kyk- Babel se dogters staan teenoor mekaar in verraad.
In vrot bloedrooi pitte bars daar ʼn valse oorryp granaat.


Openbaring 1490 
Die Visser.
Donderdag 14 Julie 2011 14:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn Visser wat met Sy skuit om die aarde vaar.
Hy sing Sy Seemanslied: kyk die tydvak gaan verjaar.
Daarom moet Ek My edelvisse- vinnig om My vergaar.
Terwyl Hy so soekend vir oulaas Sy vangs wil gewaar.
Met onstuimige branders wat onder Sy skuit bedaar.
Vaar Hy Oos na Wes- Suid na Noord- om ʼn ewenaar.
Met ʼn nag wat verdonker wyl hy om ʼn Suidpunt vaar.
Ontbrand daar nou in Suid-Afrika Sy eerste kandelaar.

Terwyl edelvisse so in die nette van Die Visser baljaar.
Wag Sy bruid nou daar terwyl sy ʼn kind vir Hom baar.
Die Visser sing vrolik: Kyk- Ek is nie meer ʼn wewenaar.
Ewig nooit sal My eersgeborene staan as die bedelaar-
maar as My priesters- rondgaan met hemelkommentaar.
Die donker duisternis sal so oor al die heelalle opklaar.
Ek sal met My skuit vol vissers die oneindigheid invaar.

Daar is die Visser wat met Sy skuit om die aarde vaar.
Met Sy bruid Sion, wat wag om Hom spoedig te gewaar.


Openbaring 1491 
Elohim trek voor ons oor.

Saterdag 16 Julie 2011 17:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar ruis ʼn sterk stroom wat ʼn melodie laat hoor.
Met woorde wat ʼn volk verskrik- maar ook bekoor.
Luister, O’ Boervolk: jou Elohim- Hy trek voor jou oor.
Daar lê ʼn land van agter maar ook ʼn land van voor.
Terwyl jy so die heel laaste rivier van Kus moet oor.
Daar lê ʼn vyand van agter en ook ʼn vyand teenoor.
Skerpsinnig staan Sion soos ʼn duiker- die herbivoor.
Teenoor wrede wildehonde, ja aasdiere- die karnivoor.
Kyk, die wilde dier en Raka- staan as die dubbeldoor.
Dit snuif in die wind agter bloed, ja, dit wil net moor.
Met ʼn vrees wat liberales nou verskrik en versmoor.
Kerm nou die kerk; O’ God, in verraad het ons verloor.
Hoermoeder Babilon en vader Mammon is ontspoor.
Hul leuen lê dood in ʼn graf van ʼn eeue oue metafoor.

Daar druis ʼn magtige rivier wat sy lied luid laat hoor.
Met woorde wat ʼn volk so verskrik- maar ook bekoor.
Dit lui: O’ Sion Kyk, YaHWeH- trek voor jou daaroor.
Daar lê ʼn verlede na agter- met ʼn toekoms van voor.
Met uitverkore verseëldes wat ewig nooit kan verloor.
In hemelsfeer staan hemelskares- in ʼn enorme koor.
Met ʼn oneindigheid wat respekvol luister- as gehoor 
Terwyl die loflied dit so in al die windrigtings laat hoor.
Staan- Rafael, Gabriël, Uriël en Migael, daar héél voor.
Met ʼn hemellied wat die Boervolk nou so diep bekoor.
Word die woorde van die lied van Moses weer gehoor.
Moet ewig nooit julle kosbare liefde- vir Elohim verloor.
So laat die Groot LIEFDE ook dawerend van HOM hoor.
Luister Sion- daar is ʼn stormrivier- en jy moet daar oor.
Maar kyk- Ek jou Liefdevolle Elohim, ja, trek voor jou oor.
Wees sterk en vol moed- julle gaan die stryd nie verloor.


Openbaring 1492
Woorde- ʼn geniepsige swaard.

Sondag 17 Julie 2011 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar klink ʼn lied op die melodieë van die ou komponis Bach.
Met woorde; is dit van die kerk of van niekerk, O’ breytenbach.
Buite skyn ʼn valse dag, met binne Suid- Afrika- ʼn donker nag.
In sosiale kringe en universiteite waar spotters hul so hoog ag.
Sug ʼn hemel oor sogenaamde filosowe en digters van vandag.
Met ʼn leuen is hul swanger wyl hul ʼn vrug van die dood verwag.
Teen ʼn laaste suiwer geslag lê hul ʼn gruwel laster-basterklag.
Wyl hul ʼn suiwer DNA spiraal- van duisend voorgeslagte verag.
Met ander spesies wat gretig hul voortbestaan op aarde verwag.
Maak hulle met belaglike filosofieë- hul eie voortbestaan verdag.

Die liberalis verkoop hul siel teen ʼn belaglike materiële bedrag.
In bloedverraad maak hulle op suiwer bloed hul meedoënlose jag.
So klink daar in die aasjag- die verflenterde hiëna se kekkellag.
Met ʼn onvermoë, ja, om hul walglike kruipende agenda te verag.
Lê so in die oorskiet van die leeurestaurante hulle verrotte krag 
In walglike sosiale kringe- waar blanke liberale spotters luid lag.
Maak hulle die opregte suiwerheid- blatant- so spottend verdag.
Wyl Bo-aardse Intelligensie so oor ʼn selfmoord-stommiteit lag.
Oor die patetiese liberale hoogmoedsoeke na bietjie wêreldmag.

Terwyl die doderyk op hierdies as minderwaardige wurmkos wag.
Staan die kerk met satanshumanisme en liberalisme in eendrag.
Wyl sogenaamde intellektueles- hulle eie toekoms so diep verag.
Dwing hulle die laaste suiweres om ook geen toekoms te verwag.
Maar op ʼn goeie dag breek deur frekwensie en klank ʼn vuisslag.
Met ʼn sekel wat slaan- hys daar in ʼn bloedlyn- nou ʼn bloedvlag.
Die hemel vra: wie is dit wat vir wie- nou so diep verag en minag.
So- laat ʼn volk saampraat met woorde wat mekaar haat en verag.
Laat ʼn tweesnydende swaard van woorde gaan van krag tot krag.
Terwyl die groot verraad voor Elohim verkrummel in ʼn groot ontsag.
Met opregte broederliefde wat in die oorblyfsel- nederig sal versag.
Lê daar vir die baie klein oorblyfsel- wel die goue toekoms en wag.


Openbaring 1493 
Kan die duiwel terugkeer?
Maandag 18 Julie 2011 14:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn vraag wil iemand so bietjie ontsteld van jou weet of dit ooit vir die 
duiwel moontlik is om na die hemel terug te keer en Ek antwoord: 
Dit is wel moontlik vir die sondaar om na die hemel en die vergadering 
van Elohim terug te keer. 

Ja, soos wat die Woord ons reeds vanaf die eerste oer-ouerpaar leer 
word elke mens in die sonde (kwaad) gebore om as loon die dood te 
ontvang en so is elkeen deur die kwaad (satan) in sy materiële bestaan 
onteer en waartydens die mens hopelik in die beloop van sy bestaan 
sal leer om tussen Goed en kwaad- in hulself te evalueer- waarna hul 
vir verlossing en vergifnis hulle na die kruis kan keer, om hulle daar 
deur die Liefde te laat leer om die ewige lewe tot hul ewige saligheid 
te eer en ook te respekteer. Waarna die mens volkome gereinig na hul 
hemeltuiste terug kan keer. 

Dink daarom daaraan dat die mens nie tussen Goed en kwaad in twee 
kan skeur- waarvan die Goeie deel dit na die hemele keer- terwyl die 
slegte deel terselfdertyd in die hel moet krepeer, maar weet deur die 
Genadebloed van die Verlosser staan die mens gereinig daar in al sy 
dele kompleet en heel. 

Moet julle daarom nie bekommer of die ou duiwel na die hemel al dan 
nie- terug kan keer- terwyl ʼn deel van satan as die sonde-kwaad steeds
in julle self triomfeer en oorwin juis deur die bloed van die Lam die 
kwaad (satan) in julself sodat julle gesuiwer- huiswaarts- na Elohim 
terug kan keer.


Openbaring 1494 
So lyk die wêreldmens. 

Dinsdag 19 Julie 2011 12:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op ʼn leser se vraag het ek die volgende openbaring ontvang.

Ek het ʼn vraag; hoe lyk 'n wêreldse mens? Het ons nie maar almal ʼn stuk 
wêreldse mens in ons nie? Wanneer is mens besig om Mammon aan te
hang en wanneer is jy slegs besig om geld te maak vir jou bestaan? 
Dit lyk my soms die skeidslyn is baie ineengestrengel. Wanneer is sport 
ʼn afgod en wanneer is dit sport? Die meeste probeer geldmaak, want dit
is seker nodig en selfs ons as Sion is daarmee besig en elkeen probeer
soveel as moontlik bymekaar maak. Daar word gereeld in die openbaringe
gepraat van Mammon en sportgod ens. So- wanneer gaan ons nou die grens
oor? Wanneer is ek besig om my talente te gebruik en wanneer is ek op pad 
om 'n wêreldling te word?

Antwoord: en Ek sê vir jou dat die meeste wêreldgeoriënteerde mense
tweegesigte is wat egosentries net op die behoefte van hulle eie ek
gesentreer is en dit terwyl hulle soms selfs so skynheilig uit die
brokstukke van hul kwansuis humanistiese materiële oorvloed hulle
oortollige oorskiet na die armes uitkanselleer terwyl hulle linkerhand
dit luidrugtig aan hulle regterhand uitbasuin sodat hoor en sien daarvan 
vergaan en dit terwyl hulle agteraf die armes uitbuit en misbruik om hul 
meestal bultende beurse verder tot barstens toe te vul. Terwyl hulle- deur 
hulle- die erg verdraaide Woord van God in hul mismaakte geloofstrukture 
tot voordeel van hulle vuil agendas misbruik om hulle aan alles genotvol 
wat hul wêreld bied te kan vergryp, vergeet hulle ook nie een oomblik om 
minagtend en neerhalend op die laaste heiliges as die minderwaardiges 
neer te kyk nie. 

Ja, bykans almal huisves in ʼn mindere of meerdere mate ʼn deel van die 
wêreld in hulle daar waar die eie ek nog hoogmoedig en selfsugtig sluimer 
en so word Mammon dan ook met groot oorgawe gedien daar waar die sug 
na weelde die noodsaaklike lewensbehoeftes so ver oorskry. 

Sport is ʼn afgod daar waar oënskynlik goed opgevoede beskaafde mense 
hulle soos barbare van weleer met oorlogsverf- soms van kop tot tone, ja, 
oor hulle gesigte en liggame besmeer, om daarna juigend en jubelend om 
hul ikone, ja, afgode saam te drom om hulle met hart en siel deur dreunsang 
te vereer.

 Daar was ʼn tyd toe sport tog soms ʼn gesonde ontspannende spel tussen 
mense was en die mens in ʼn mate soms selfs geestelik daarby kon baat- 
terwyl hul daardeur hul ligaamlike potensiaal en vermoëns kon ontwikkel 
en verbreed. Maar ongelukkig het die eens gesonde spel in ʼn wedywerende 
en groot geldmakende sport verander, wat op sy beurt weer vir die mens tot 
afgod geword het. 

Wat die dien van Mammon sowel as die sportgod en vele ander afgode met 
die gepaardgaande loon aanbetref- kom daar ʼn dag waar die liefde vir die
betrokke gode- geweeg gaan word teenoor die liefde vir Elohim wat die 
mense in hul leeftyd onderskeidelik ervaar het. Op daardie dag sal die
Oordeel uitroep; was jy maar teenoor My so warm soos jou liefde vir jou 
geliefde sport- of was jy teenoor Mammon tog maar net yskoud- maar
omdat jy in jou liefde vir My so lou was- sal Ek jou uit My mond spuug- 
en glo My- daar gaan ʼn groot geween en ʼn gekners van tande wees.


Openbaring 1495 
Wat is daar nie alles…

Woensdag 20 Julie 2011 16:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wat is daar nie alles in die nydige haat geleë.
Sodat broers teenoor broers bose planne smee.
Ja, sonder dat ʼn nasie meer vir mekaar omgee.
Terwyl hulle mekaar nou met die swaard aantree.

Wat is daar nie alles in die bittere smaad geleë.
Met tonge van verwyte wat beledigings uitskree.
Daaronder gee die laaste liefde so maklik mee.
Selfregverdigend- staan vriende mekaar nou teë.

Wat is daar nie alles in die duister verraad geleë.
Met die Judaskus word die bloedloon so bestee.
Met broers wat mekaar so aan die dood oorgee.
Was hulle hande om in onskuld agter toe te tree.

Wat is daar nie alles in goeie vriendskappe geleë.
Met vriende wat in hulle omgee vinnig nader tree.
Om ʼn vriend in nood met die groot liefde te klee.
Terwyl hul nou hul heel beste aan mekaar wil gee.

Wat is daar ook nie alles in die goeie hoop geleë.
Met sondaars wat hulle las nou so maklik oorgee.
Om soos kinders vol vertroue na God nader te tree.
Sodat Elohim hul trane vir ewig altyd weg kan vee.

Wat is nie alles, ja, in onverbeterlike- geloof geleë.
Met die voet so doelgerig op Elohim se reguit weë.
Om gedetermineerd die probleme uit die pad te vee.
Om as ʼn dapper soldaat nou vir Elohim op te tree.

Wat is daar ook nie alles in die suiwer liefde geleë. 
Met broederskap soos ʼn goeie ou wyn daar beleë.
Met liefde en nogmaals liefde op die Goddelike weë.
Terwyl die sorgsaamheid oral so teer net wil omgee.


Openbaring 1496 
Drie maal vier is twaalf.

Donderdag 21 Julie 2011 14:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met vier maal drie beeste wat in elke rigting staar.
Kyk drie na die Noorde- om die oorlog te verklaar.
Drie kyk na die Ooste en bulk; verwarring is daar.
Drie kyk Suid- na die verskrikking wat nie bedaar. 
Drie kyk Wes en luister na oordeelskommentaar.
Tweehonderd granaatjies val- ʼn dak sak inmekaar.

Twee pilare stort in duie met die messelaars klaar.
Terwyl Jogin en Boas- teen mekaar oorlog verklaar.
Roep Rut hard; u god- is nie meer my God- sowaar.
Terwyl onmin in London net nooit weer gaan bedaar.

Bokant die beeste is ʼn see, ja, soos kristal sigbaar.
Daarbo- vier lewendwesens- elk met sy kommentaar.
Die eerste ʼn leeu wat brul; God is werklik- voorwaar.
Die tweede ʼn kalf wat sy trou ewig aan God verklaar.
Die derde ʼn mens na Elohim se beeld- ʼn veroweraar.
Die vierde die arend- wat wysheid nou byna ewenaar.

Terwyl Esau sy haat- vir Jakob nou openlik verklaar.
Gaan dit met geheel die wêreld binnekort nou swaar.

Met een maal vier perde wat elkeen sy rigting gewaar.
Met die Witperd- daar in sy saal die ewige Oorwinnaar.
Ook ʼn Rooiperd waar die oorloë nie meer kan bedaar.
Ook ʼn Swartperd met globale hongersnood te gewaar.
Daar staan ʼn Vaalperd- en die dood maak almal klaar.

Twee pilare stort in duie met die messelaars nou klaar 
Terwyl Jogin en Boas teen mekaar nou oorlog verklaar.
Stort daar die nuwe gruweltempel nou ewig inmekaar


Openbaring 1497 
Daar is twee mandjies vye…

Maandag 25 Julie 2011 10:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is twee mandjies vye- met goeies en slegtes bymekaar.
Kyk- die goeie edelvye word vir die spens van Elohim bewaar.
Die slegtes word op hulle beurt vir hel en die doderyk vergaar.
Met die eindtyd-onluswolke wat wêreldwyd net nie wil bedaar.

Terwyl die volk onrustig oral om hulle net groot gevaar gewaar.
Raak dit nou so in hul eie midde- net al hoe meer deurmekaar.
Vanuit ʼn tiende van die volk- kom daar nou vele kommentaar.
Met valse drome en gesigte maak hul mekaar so deurmekaar.
Op vergaderinge waar hulle onderlangs hatig na mekaar staar.
Met antwoord op antwoord niks anders as eie belang beswaar.
Wil daar menig vrees in die hart van die volk so net nie bedaar.
Terwyl hul vyande spottend die onmin in hulle geledere gewaar.

Wee daarom ʼn profeet wat hulle deur ʼn valse vrede wil bedaar.
Wee daarom leiers wat met ydel grootpratery ʼn volk in wil vaar.
Wyl hulle onder ʼn selfaangestelde outoriteit net onheil uitbaar.
Bring daarom die volk in nederige liefde so in eenheid bymekaar.
Sodat hul eerstens die Wet en gebooie van hulle Elohim bewaar.

Daar is twee mandjies vye- een goed en een sleg, nou bymekaar.
Kyk, al die goeie vye- word nou vir die spens van Elohim bewaar.
Maar die slegtes word nou vir die hel- so ook die doderyk vergaar.


Openbaring 1498 
ʼn Maagdelike offergawe.
Maandag 25 Julie 2011 18:10
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die landstreek Tob waar ʼn wilde olyftak saggies roer.
Klink daar deur eeue die wilde tortelduif se sagte koer.
Daar is die man van edelbors, ja, die seun van ʼn hoer.
Sy naam is Jefta maar niemand eien hom as hul broer.
So word hy op die vleuels van haat van hulle weggevoer.
Na die landstreek Tob- ver van sy geliefde landskontoer.
So begin vyande gretig na sy broers se landstreek loer.
Terwyl daar skrik, ook bewing in hulle hart begin te roer.
Wend hul- hul so skaamteloos na die seun van die hoer.
Om hulle teen hulle vyande in oorlogvoering aan te voer.

So staan Jefta teenoor hulle vyand- sterk, slim en stoer.
Terwyl hy in ʼn gelofte- ʼn gesprek met sy Skepper voer.
Beloof hy dít aan God, ja, wat eerste uit sy huis sou roer.

So word in die slag- twintig stede- na Hades weggevoer.
Met sy dogter, suiwer rein- wat eerste om die kosyn loer.
So het sy as maagdelike offergawe die eeue diep ontroer.

Terwyl daar nou in die Suide ʼn teer Olienhouttakkie roer.
In Suid-Afrika waar die kransduiwe geesdriftig lustig koer.
Is daar ʼn hart van edelbors ʼn versmade- verwerpte Boer.
Die naam is Juda- maar niemand eien hulle daar as broer 
So word hulle op vleuels van wêreldhaat na nêrens ontvoer.
Na ʼn Niemandslandstreek sonder grens en landskontoer.
Wyl ʼn vyand- gretig, ook na Westerse lande begin te loer.
Is daar ewig nooit weer ʼn Jefta- wat hom oor hulle ontroer.
Wyl Sion eerste om ʼn hoek van die Suide na God toe loer.
Is sy ʼn maagdelike offergawe wat die ewigheid diep ontroer.


Openbaring 1499 
ʼn Somber optog.
Dinsdag 26 Julie 2011 21:02

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
ʼn Gru-dimensie gaan oop en ʼn pikswart sekel lig omhoog.
In ʼn kermis wat lyk soos iets- uit Lucifer- se eie bioskoop.
Staan so- ʼn hel-seremoniemeester, hy roep: tyd is uitgeloop!
Ja, hel en Hades se hekke staan oor ʼn aarde- wawyd oop.

Daar kom ʼn somber optog- met ʼn geraamte wat voorloop.
Daaragter, ʼn brandmaer naakte wat sê: alles is uitverkoop.
So klink daar die waansinnige gelag- van ʼn mal filantroop.
Terwyl hy alles en almal om hom hatig met klippe bestook.
Kom as ʼn swart gedaante ʼn priester met walglike wierook.
Die hoer van Babilon kom aan met ʼn kleed in bloed gedoop.
Niemand stel belang- om haar vuil dienste meer aan te koop.

So roep die valse vredevors: kyk- ek bring net ʼn valse hoop.
Terwyl die dood sy gruwel-oes alles voor die voet kom stroop.
Spring en dans ʼn gruweldier wyl hy na die afgrond hardloop.
Terwyl die valse profeet hom so angstig gehoorsaam naloop.
Met Mammon wat hulle van agteraf met klippe nou bestook.
Stap Dagon in die optog- uit sy neusgate- kom oorlogsrook.
So kom al die regerings, ook konings, almal agterna geloop.
Met die Gog en Magog- wat alles en almal arglistig opstook.

Ja, terwyl die gruwelkermis optog in al sy elemente so kook.
Staan daar ʼn hel-seremoniemeester- hy roep: tyd is uitgeloop.
So kom daar ʼn somber optog met ʼn geraamte wat voorloop.


Openbaring 1500 
Die maand Augustus.
Woensdag 27 Julie 2011 09:35
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is die maand met wilde winde wat waai in groot onrus.
ʼn Meedoënlose koue gee raad- hou gerus op die wintermus.
In die sterrehemele- rus die leeu- op die pilare van Augustus.
Die mensdom staan afgestomp met min meer om hul bewus.
Met die oorkoepelende media, wat almal met valse vrede sus.
Met antwoorde; alles is onder beheer, wees jul maar net gerus.
Maar ʼn aarde skud en skommel voort in haar eie soort onrus.
Met oral vure van oordeel wat sy net nie meer langer kan blus.
Is daar in die betoog en bomme- net al hoe groter nou ʼn onlus.
Met nêrens meer net ʼn bietjie vrede, kalmte- of die salige rus.
So staan links en regs teenoor mekaar in boosaardige versus.
Terwyl die dood en lewe- mekaar in ʼn grusame omhelsing kus.
Begin globaal die mense hulle nou gedwee in hulle lot te berus.

So is daar ʼn maand met wilde winde met ʼn onstuimige onrus.
Terwyl die hel boosaardig, ja in elk van sy partikels begin te gis.
Staan daar in die vatikaan, nou die pous in die gruwelhelle-nis.
So roep die hemele: kyk die gemeentes aanbid openlik vir Isis.
Hul weet nie meer die verskil tussen die groot leuen en hul Jesus.
Hulle probeer die verskil- tussen Israel en Ismael- nou uit te wis.
So staan hulle daar biddend- onder die embleem- van die roofvis.
Met wêreldraad van kerke se geloofs-waarde die goedkoop Oniks.
Terwyl baie dom gemeentes- van geen heilige sout of waters wis.
Sak daar nou in die dieptes van die aarde ʼn baie belangrike kis.

In ʼn sterrehemel brul ʼn leeu gevaarlik- oor die maand Augustus.
Met soveel groot riviere in vloed raak die mens nie meer ongerus.
Met baie groot droogtes wat die mense in hul getalle uit kom wis.
Roep oordeelsengele: maak hul nou met ʼn skok van ons bewus.
Of laat hulle in hul onkunde tot hulle oordeel nou maar houtgerus.