.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1351 
Om die wêreld ʼn onluskabel.
Donderdag 17 Februarie 2011 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer  
So stuur die duiwel weer sy opdrag van stapel.
Ja, vanuit sy eie persoonlike gruweltabernakel.
Raadpleeg hy soveel, ja, bose persone in Napel.
Kyk, daar in hulle midde- sit die gevaarlike ratel.
So sit die baie ryk bankiers- om die rondetafel.
Saam lucifer as die heel grootse sluwe ou jafel.
Met ʼn onrein vrug- sorgvuldig verwek in ʼn katel.
Stuur hul meer wanorde-planne oral van stapel.
Hul skimp- onthoof Ghaddafi- met sy silwer sabel.
Hul verwerp sy mag- kolonel ook die konstabel.
Die duiwel stuur teen sy eie ʼn opdrag van stapel.
So val daar meer as net Egipte se verslane Dadel.
Reg rondom die wêreld span oral die onluskabel.
Kwaad en kwaad word nou so in groepe versamel. 


Openbaring 1352 
Chaos en anargie
 wêreldwyd.
Vrydag 18 Februarie 2011 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
ʼn Vlugvoetige boodskapper roep: O’ volkere pasop-pasop.
Kyk, ʼn maghebber sterf binnekort met ʼn koeël in sy kop.
Al die wêreldse strukture sien hierna uit verrot, ja, verrot.
Kyk, die Rooi perd, ja ʼn oorlogsperd beweeg nou op galop.
Daar is niks so gemotiveerd as ʼn wrede Oosterse patriot.
Samehorig staan meeste van hul nou in ʼn eenwêreld plot.

ʼn Vlugvoetige boodskapper roep: O’ volkere pasop- pasop.
Kyk, soveel maghebbers staan bykans almal op die skavot.
Hulle sonde was; hulle was op te veel rykdomme so versot.
Daarom rol daar nou soveel van hulle koppe, ja, die hele lot.
Vernederd staan die grotes, tevergeefs bid hulle nou hardop.

ʼn Vlugvoetige boodskapper roep uit: O’ volkere pasop-pasop.
Kyk, die Weste skrik en sit so bang-verward, ja, so penregop.
Uit vrees vir opstande waar die mens reageer soos die robot.
In dreunsang klink; weg met die paleis maar ook met die krot.
In verhoogde voedsel prys trek benouend styf ʼn hongerstrop.

ʼn Vlugvoetige boodskapper roep uit: O’ volkere- pasop-pasop.
Ook Suid-Afrika sit binnekort in moeilikheid, ja, galbitter sop.
Kyk, in soveel onlus dreig die massas kwaadwillig- so hardop.
Sonder meegevoel opereer hulle in ʼn gevaarlike wrede trop.
Waar hulle die bevoorregtes wreed vanuit hulle vestings skop.

ʼn Vlugvoetige boodskapper roep uit: O volkere pasop-pasop.
Ruik net- daar tussen die grootste moondhede lê ʼn dooie rot.
Daartussen lê binnekort die Christendom- as die vuil uitskot.
Babilon gaan val- as ʼn ontbinde lyk lê sy daar so stink verrot.
Almal sien die Vatikaan, ook pous, was maar net nog ʼn sot.

ʼn Vlugvoetige boodskapper roep uit: O’ volkere pasop-pasop.
Kyk, ʼn maghebber sterf nou binnekort met ʼn koeël in sy kop.
So word die politiek, ja, nou wêreldwyd, oral wreed omgedop.
Die massas skreeu: Lank genoeg het ons- hul slawe- opgekrop.
Sleep daarom- grotes ook die konings, na ʼn bloedige skavot.


Openbaring 1353
Ewig nóó
it die ‘ék’.
Maandag 21 Februarie 2011 11:40
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So graag, ja, so bitter graag- wil die een die ander leer.
In grootheidswaan van vroeg tot laat mekaar so korrigeer.
Om te kan bewys- kyk intellektueel het ek tog so presteer.
Daarom dat hulle mekaar in hoogmoed net wil katkiseer.

So graag wil menigeen daar staan- as die wysheidsheer.
Hul verglans die eie ek om hulle dwaasheid toe te smeer.
Terwyl hulle die suiwer Gees van Wysheid blatant onteer.
Met ʼn hoogmoedsgees wat hulle eie siel en wese verteer.

So bitter graag, ja, wil die een die ander so voorbarig leer.
In hul diepste wese lê verberg- om hulle deur ander te eer.
Om deur ʼn beterweterige gees ander so te kan domineer.
Dit is ʼn Jesebel-gees wat deur beheer wil heers en regeer.
So graag word deur teregwysings- mekaar geteer en veer.

Die broederliefde word so deur die bedekte oordeel verteer.
Wanneer gaan die opregte kinders van God dit ooit aanleer.
Dat ewig nóó
it die 'ek' maar net die Gees van God kan leer.


Openbaring 1354
Hier kom ʼn ramp…
Maandag 21 Februarie 2011 16:28

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn land staan daar ʼn stad, ja, van elke hoek tot kant.
Waar mense boosaardig skreeu en met hul voete stamp.
Hulle lig die vuis en skreeu uitdagend kwaad, so astrant.
Regerings krimp benoud ineen – hul weet hier kom ʼn ramp.

So staan daar van elke hoek tot elke kant ʼn verlore land.
Waar die meerderheid saamdrom- in ʼn groot weerstand.
Terwyl hulle vreesloos tart, dreig en baklei, ja, so blatant.
In hulle woedevlaag verloor hulle nou geheel hulle verstand.
Met bloed wat vloei staan opponente ook in familie verband.

So staan streke binnekort van elke hoek, ja, tot elke kant.
Waar soveel massas nou marsjeer- uitdagend, so militant.
Terwyl elkeen desperaat klou- aan sy bietjie hardekontant.
Heers opstand en chaos wêreldwyd- oraloor nou konstant.
So stuur die valse vredesvors- oral heen sy onwillige gesant.
Oral oor raak die verenigde volke se vredesmag so gestrand.

So staan daar ʼn grote stad- bedreig van elke hoek tot kant.
Met rook omring- staan dit daar; grotesk- pikswart verbrand.
Met bykans alle infrastrukture so totaal heeltemal gestrand.
Staan Mammon so verbouereerd hy hou omhoog in elke hand.
Hy hou ʼn waardelose Pond, Euro, ʼn Dollar en ook ʼn Rand.


Openbaring 1355 
Oordeelskale.
Maandag 21 Februarie 2011 18:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
in ʼn gesig sien ek skielik en onverwags ʼn onnatuurlike 
geweldige wind wat infra-, politieke, finansiële, pensioen, 
opvoeding, gesondheidsorg sowel as vele ander strukture 
soos kaf in die wind wegwaai en direk hierna ontvang 
ek die volgende openbaring.

ʼn Magtige engel staan in die gedaante van ʼn kind.
Hy slaan ʼn oënskynlike reus so dodelik in sy wind.
Hy blaas egalig en in ʼn duisternis staan almal blind.
Sodat niemand meer hul weg oor die aarde kan vind.
Wat het ʼn verwaande mensdom- van hulself gedink.

ʼn Aartsengel kom staan so grasieus in ʼn sagte tint.
Hy lig sy hande en gryp so spelend, ja, na die wind.
Soos ʼn speelbal werp hy dit so ver en alles ontbind.
Hy lag en sê: hier is ek slegs Elohim s’n goedgesind.
Wat het die hoogmoedige mens tog van hulself gedink.

ʼn Doelgerigte engel kom staan onskuldig soos ʼn kind.
Terwyl hy so spelend ʼn ander oordeelsengel naderwink.
Hul speel vrolik raai-raai oor wat die ander een sou dink.
Die een sê: jy gaan vir die volkere ʼn bloed beker inskink.
Terwyl hul so noodgedwonge- daaraan gaan moet drink.
Nou wat het ʼn boosaardige mensdom nou eintlik gedink.

Nog ʼn Magtige engel het sy weg na die aarde toe gevind.
Soos ʼn kind op ʼn glybaan- spelend, gekom op die wind.
Roep hy vrolik: terwyl hy sy drie vriende- nou naderwink.
Sê hy: ek het spesiaal gekom om lande te kom verdrink.
Nou wat het ʼn selfvoldane mensdom nou eintlik gedink.


Openbaring 1356 
Skale in Maart.
Dinsdag 22 Februarie 2011 15:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn skaal wat so sedig staan en praat.
Hy roep na sy maat en dié kom met ʼn vaart. 
Ja, die een staan ernstig- die ander so paraat.
Die een sê: kan jy meer- Satan gooi sy kaart.
So staan die mensdom nou sonder enige raat.
Binnekort is dit werklik weer die maand Maart.
So lê die oordeel vir hierdie maand ook braak.

Daar kom ʼn skaal, ja, so sedig met sy wraak.
Hy staan onbewoë dit is nou eenmaal sy taak.
Terwyl alles onder soveel kataklismes kraak.
Begin hy ʼn skaal van sy lyfband los te maak.
Die mens staan- in hulle oë die vrees so naak.
Die aarde slinger in haar baan so sonder raat.
Met haar tyd wat so voortspoed- met ʼn vaart.
Is daar soveel wat roep: O’ God ons wil waak.
Hulle het klaar geval as die prooi van die draak.

Daar is ʼn skaal, ja wat so sedig staan en praat.
Hy sê: kyk- daar op die horlosie- is dit baie laat.
Laat die mensdom daarom proe die bloedsmaak.
Dit is nou te laat om oor die oordeel te wil braak.
Met Februarie wat weier- om in oordeel te staak.
Moet ʼn bose wêreld so ervaar- Elohim se wraak.

Daar staan ʼn skaal- kyk, hy gooi sekuur ʼn ‘dart’.
Sy maat roep: ʼn volgende kataklisme is so raak.


Openbaring 1357 
Groot rusie in Suid-Afrika.

Woensdag 23 Februarie 2011 04:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn helder gesig sien ek ʼn hoë profiel, ja ʼn ‘hooggeplaaste' swart vrou wie se 
mond stewig met wit kleefband toegeplak is, waarna daar ʼn groot rusie onder 
al die bevolkingsgroepe van Suid-Afrika uitbreek.


Openbaring 1358 
ʼn Visioen oor Migael.

Donderdag 24 Februarie 2011 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen beweeg ʼn beskermende vakuum om my en was dit 
nie hiervoor nie sou my gees die volgende gesig nie kon hanteer nie.

In hierdie gesig sien ek ʼn engel, wat ek sterk vermoed die engel Migael 
kan wees, wat teenoor ʼn onbepaalbare groot demoniese mag te staan 
kom, waarna hy na ʼn kort stilte, in ʼn dodelike intense aanval oorgaan 
waarna hy alles emosieloos, stelselmatig en doelgerig voor die voet 
uitwis en vernietig. Waarna die reste hiervan deur sy magte na die poel 
van vuur geneem word, wat met die binnekant van ʼn verskriklike groot 
en aktiewe vulkaan vergelyk kan word en waar dit in die dieptes daarvan 
gewerp word. In hierdie gesig verkyk ek my aan die vorme waarin die 
demoniese magte manifesteer en waarvan sommiges selfs soos ligengele 
lyk maar waarvan die bokant van hulle koppe in groot balvorms mismaak is. 
Hierdie aanval op alles wat boos is het voortgeduur totdat daar van Satan 
se ryk niks oorgebly het nie.
 

Openbaring 1359 
Brande by olieaanlegte.

Vrydag 25 Februarie 2011 17:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek sien in ʼn visioen olieaanlegte en pypleidings wat brand.
 
 
Openbaring 1360
Die gevolge van hulle bose lied.

Saterdag 26 Februarie 2011 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar klink ʼn lied, ja, ʼn baie bose wrede lied.
Dreunend kom dit uit die midde, van die jong Kusiet.
Goedkeurend neurie die wêreld so saam- in mimiek.
Met woorde wat lui: kyk die Boer- word doodgeskiet.
Ja, in ʼn wêreld waar kwansuis die mensereg geskied.
Word hierdie lied- nie openlik, deur die wette verbied.

So word vanuit die hemele- vir die Boer hulp ontbied.
Soos ʼn sweepslag kom die bevel: Neem nou ʼn Riet. 
Meet nou noukeurig die heiligdom, ja, die hele gebied.
Oor alles daarbuite- sal God se oordeel nou geskied.
In donderweer sal die bliksemstraal daarop neerskiet.
Met aardbewings wat gaan- oor bykans, elke gebied.
In hul ondergaan roep ʼn verlore wêreld nou so verniet.
Sien; nie een word gespaar- vanuit die liberale publiek.

Kyk- ook alle pes en plae word oor die volkere ontbied.
Met watermassas- wyd onbeheers, oor die kusgebied.
Met wrede onlus op onlus wat wêreldwyd oral geskied.
Kom so onheilspellend ʼn lied, ja, so ʼn regverdige lied.
Terwyl oordeel-bliksemstrale so op die Kusiet neerskiet.
In globale hongersnood word brood nie meer aangebied.

Uit die kerk, ja die hoer van Babilon kom gebede verniet.
Die hemele luister nie na die treurmare van ʼn prostituut.
So; laat elkeen wat so meedoen aan Kus se vryheidslied.
Weet dat slegs Elohim se Wil op die aarde gaan geskied.

Openbaring 1361 
Nog olieaanlegte wat brand

Saterdag 26 Februarie 2011 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Vir ʼn tweede keer sien ek meer intens in ʼn herhaling, olieaanlegte
en pypleidings wat brand. 


Openbaring 1362 
ʼn Erge aardtrilling.

Saterdag 26 Februarie 2011 13:11
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek raak van ʼn vibrasie bewus en sien in ʼn gesig hoedat ʼn erge 
aardtrilling in ʼn ysgebied- wat moontlik Antarktika is, deur 
seebeddings na verskillende kontinente en eilande gaan.


Openbaring 1363 
Waar bevind hierdie siele hulself.

Sondag 27 Februarie 2011 15:23
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra waar die ryk ontslape koning se siel dit bevind.
ʼn Engel sê: die koning se siel is in ʼn mynskag vasgebind.

ʼn Arabier vra waar ʼn afgestorwe sjeik homself sou bevind.
ʼn Engel sê: ʼn Sjeik se siel word in pikswart olie vasgebind.

ʼn Kliënt vra waar die dooie bankier se siel hom nou bevind.
ʼn Engel sê: die bankier se siel is ewig in ʼn bankkluis gebind.

ʼn Lidmaat vra waar die ontslape predikant hom nou bevind.
ʼn Engel sê: die ds. se siel is in ʼn donker kerk(er) vasgebind.

Iemand vra waar ʼn Christendom se dooie siel dit sou bevind.
ʼn Engel sê: ʼn Christendom se siel is in blinde geloof gebind.

ʼn Kieser vra waar ʼn ontslape politikus se siel dit nou bevind.
ʼn Engel sê: die politikus se siel is in Lucifer se mag vasgebind.

Iemand vra waar die wêreldling se siel dit vir ewig gaan bevind.
ʼn Engel sê: ʼn wêreldkind se siel is in dooie materie vasgebind.

ʼn Moeder vra waar ʼn onverbeterlike dooie sondaar hom bevind.
ʼn Engel sê: So ʼn sondaar se siel- is ewig in Hades vasgebind.

Iemand vra waar ʼn moordenaar se siel dit vir ewig gaan bevind.
ʼn Engel sê: sy siel word ewig in sy slagoffer se bloed vasgebind.

ʼn Verontregte vra waar die illusie siel van ʼn leuenaar dit bevind.
ʼn Engel sê: ʼn leuenaar se siel word ewig in sy eie leuens gebind.

Iemand vra waar die luiaard se lui siel dit vir ewig gaan bevind.
ʼn Engel sê: die luiaard word sonder arms so magteloos gebind.

Iemand vra waar word die siel- van die gewetenlose dief gebind.
ʼn Engel sê: siel van die dief word ewig sonder eiendom gebind.

Iemand vra waar die swendelaar se siel dit vir altyd gaan bevind.
ʼn Engel sê: dit word ewig in ʼn reeks valse verwagtinge vasgebind.


Openbaring 1364 
ʼn Aarde diep in rou.
Maandagnag 28 Februarie 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So staan ʼn planeet in rou.
Die lewensvlam brand flou.
Soveel stede verniet gebou.
Met net nog ʼn graf gegrou.

So raak ook die tyd so oud.
Die mensdom staan benoud.
Ook die liefde raak so koud.
Oral sterf die bos, ook woud.

Die planeet staan nou in rou.
Iemand roep: O wee- ek wou.
Maar niemand toon sy berou.
Agter Satan gaan hul so gou.
So min wat op Elohim vertrou.

Die volkere staan nou benoud.
Met Mammon steeds getroud.
Is hulle so met die hel vertroud.
Hadesland wag daar nou koud.

So staan ʼn planeet nou in rou.
Sy ween met haar yskoue dou.
Haar atmosfeer vir oulaas blou.
Haar bodem na God uitgehou.

Die winters raak nou so koud.
Oral sterf die bos en die woud.
Wat baat die silwer, ook goud.
Die mensdom roep so benoud.

Met haar aarde nou in diep rou.
Haar lewensvlam brand so flou.
Soveel stede, ja, verniet gebou.
Met net weer nog ʼn graf gegrou. 


Openbaring 1365 
Dit breek en kraak.
Dinsdag 1 Maart 2011 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Dit breek en kraak- hoor die geraas van die draak ook in Bangladesh, 
ja, dit breek en kraak, hoor die wraak- van Noord na Wes word die 
oordeel nou uitgebraak, terwyl die aarde van Oos na Suid oral oor 
net oop wil kraak, begin natuurkragte woedend staak, terwyl versteurde 
magnetisme die kompas nou deurmekaar wil maak, staan daar nou massas 
binnekort weerloos, honger en naak en so kom daar uit die ruimte klippe en 
tref sekuur so raak terwyl nog ʼn groot aardbewing iewers die aarde oop kom 
kraak.


Openbaring 1366
Die linkerkant en regterkant.
Dinsdag 1 Maart 2011 02:10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, Ek het jou linkerkant gebreek. 
Met jou regterkant sal jy My dien. 
Op die duisternis sal Ek My wreek. 
Maar deur die Lig- sal soveel sien. 
So word vir onreg, oordeel afgemeet. 
Maar vir reg word saligheid verdien. 
Tevergeefs sal die goddelose smeek. 
Vir Sion word die goeie nie ontsien. 

Kyk: Ek vernietig elke duister streek. 
Soos die Weerlig ʼn nag deurpriem. 
Alles links van ʼn volk word afgebreek. 
Sodat net die regterkant My sal dien. 
ʼn Delikate suiwer loot word afgebreek. 
Terwyl die linkses vir ewig niks verdien.


Openbaring 1367 
Verrassing vir Amerika.
Woensdag 2 Maart 2011 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Verenigde Volkere hou tog net jou troepe vas.
Terwyl jy ʼn wêreld met jou vredes-preke vergas.
Sodat jy tog net nie die soustrein moet verpas.
Ja, hou tog net jou vredestroepe so stewig vas.
Waarmee julle Suid-Afrika onverwags wil verras.

Hoe swaar is julle met die sug na rykdom belas.
Kyk: ʼn ander se olie hou julle tog so stewig vas.
Terwyl jul graag na Suid-Afrika se skat wil mars.

Met die een oog op andere se brandstof en gas.
Het Ghaddafi as ʼn groot vriend jul eens so gepas.
Maar nou as ʼn wêreldvyand nommer een Op las.
Wil julle alweer, julle vuil hande, in onskuld was.

Verenigde volkere- daar waar jul altyd wil ontlas.
Daar het die volkere al hul vryheid reeds verpas.
As ʼn god het julle oor die wêreldvolkere geklas.
Om al hul rykdomme- uiters gierig te kon betas.
Het julle met al die konings slinks saam gebras.

So streef jul slu en slinks- na ʼn wêreldbasterras.
Ja, jul sê- kom ons maak al die wêreldslawe blas.
Sodat ons soos varke in hulle geld rond kan plas.

Verenigde Volkere hou maar jul troepe stewig vas.
Ja, valse vredevors, skuif maar reg jou deftige das.
Kyk, die heeltyd woon ook julle in ʼn huis van glas.
In ʼn oorlog- wat jou op jou eie bodem gaan verras.


 Openbaring 1368
 Kloning

 Woensdag 2 Maart 2011 13:20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
 Judith de Beer
 ʼn Leser se vraag het tot die volgende openbaring gelei.

 Vraag: 
In geval van kloning by die mens- ontvang so 'n liggaam ʼn onsterflike siel 
en kan hy die Gees of liefdesvonk in hom/haar dra?  Die kloning van diere se
sielspesifikums; Is ʼn siel teenwoordig en kan dit oorgedra word na die volgende 
siklus van ontwikkeling en bydra tot die volledige toestand van die siel voor
beliggaming in die mens?

Antwoord:
Versnitting en stiggies wat in die planteryk voorkom val ook onder kloning 
met ander woorde word daar van God se boustene gebruik gemaak om ʼn 
resultaat buite ʼn bestaande orde te bereik. Lewe sonder siel is nie moontlik 
nie en daarom beskik alle lewende boustene oor siel wat deur ʼn bestaande, 
maar nou versteurde orde in ʼn ander en soms selfs oënskynlik verbeterde 
verskyningsvorm verskyn. 

Waar gemanipuleerde kloning by byvoorbeeld die mens plaasvind, geld  
dieselfde natuurwet wat byvoorbeeld by verbastering plaasvind en sal so 
ʼn wese wel oor ʼn lewende siel maar nie oor die ewig lewensgewende Gees 
van Elohim beskik nie.   


Openbaring 1369 
Oos wes- tuis bes.
Donderdag 3 Maart 2011 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
Judith de Beer
In groot getalle het soveel van hulle probleme weg verhuis.
Ja, so angsbevange gevlug van die skrikwekkende gespuis.
Ander toegeroep: jul staan kop in die sand soos ʼn volstruis.
Open julle oë en kyk, ja, lig julle hoof- nou vanuit die gruis.
So het hulle gevlug- in hulle eie land, daar voel hulle ontuis.

Daarom het hulle verhuis, ja na ʼn ander land se stadsgeruis.
Hier voel ons so gelukkig en veilig, laat weet hulle kwansuis.
Maar tussen die lyne lees hulle vriende en familie- per abuis.
Die emigrante daar ver in die vreemde is eensaam en ontuis.
Hul verlang na die wind wat plesierig in hulle vaderland suis.
Hul verlang na die uitgestrekte strande waar branders bruis.
Hul verlang na hul moedertaal in die volksmond rein en kuis.
Hul verlang om teen die probleme so aggressief te lig hul vuis.
Hulle verlang daarna om nie meer langer te voel soos ʼn luis.

Ja, hul verlang om te kan sê: kyk, ek is weer uiteindelik tuis.
Waar my bloed, ja, weer opwindend, deur my are kan bruis.
Met my siel nie meer toegesluit- in andermansland se kluis.
Dra ek nou so blymoedig aan die Boer se eiesoortige kruis.  

Maar die immigrant het eenmaal- na andermansland verhuis.
Baie van hulle staan so magteloos gestrand soos ʼn volstruis.
Ja, met hulle koppe in die sand in ʼn andermansland se gruis.
Terwyl hul dink aan ʼn Koel Bries in ʼn mooi aandwind wat suis.
Waar Elohim se Stem, ja, in Afrikaans ritsel- in lieflike geruis.
Ja, in ʼn land- waar die Boer weet – hier is ons uiteindelik tuis. 


Openbaring 1370 
ʼn Onverwagse visioen.

Donderdag 3 Maart 2011 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn totale onverwagse visioen sien ek die gees van ʼn langvergete vriend. 
Hierdie persoon sou na ʼn redelike lang afwesigheid na sy geboorteland 
Zimbabwe terug keer maar is oorlede voordat dit kon realiseer. In die gesig 
sien ek hom in ʼn donker begrafnispak met kruisbande geklee, waarna hy 
sy baadjie wat in ʼn soort oorlewingspak verander oor sy skouer gooi, om 
daarna doelgerig ʼn rigting wat sterk aan Zimbabwe herinner, in te slaan.  
Hy het egter slegs ʼn paar tree gevorder voordat hy hom in ʼn bloedrooi 
vlammesee vasloop, waarna hy verskrik en verward omswaai, om net te 
bemerk dat groot gevaar reg rondom hom is.  


Openbaring 1371 
ʼn Volmaakte nuwe ewige lewe.

Saterdag 5 Maart 2011 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Aan die einde van hierdie tydvak deur tyd aangedrewe.
Roep die verseëldes: ons is weggeruk om te kan lewe.
Om in ʼn duisendjarige vredesryk daarna te kan strewe.
Om nie meer langer voor satan se aanslag te kan bewe.
Kyk, in ʼn nuwe Jerusalem erf alle Godskinders- om’t ewe.

Terwyl hul die ewige saligheid nou so gelukkig nastrewe.
Roep die uitverkorenes: kyk- so is ons verseël om te lewe.
So draai ons beslis ons rug op die sondige- bose verlede.
Om so te konsentreer op ʼn meer suiwer sondevrye hede.
Neem die hoogste gerubs na Elohim, ons smeekgebede.
Ja, na die hoogste hemele dra hulle na YaHWeH, ons rede.

In die regverdiges se sug- na oorkoepelende, hemelsvrede.
Aan die einde van nog ʼn Eon so deur die tyd aangedrewe.
Waar die mense op aarde weer Satan se val moet belewe.
Sodat Elohim se onbegryplike genade- weer kan herlewe.
Hemelwesens wat ook so na die hoogste saligheid strewe.
Om op vlerke van vryheid, wysheid en liefde te kan swewe.

So is die totaliteit nou om ʼn Nuwe Jerusalem aangedrewe.
Aan die begin van hierdie nuwe tydvak- vir die ewige lewe.
Waar niemand meer terugkyk op ʼn verre verrotte verlede.
So suiwer en heilig klink daar die oneindigheid se gebede.
In ʼn suiwer nuwe lied, ja, wat vertel van ʼn Goddelike vrede.
Staan ʼn Melgisedek-liggaam volmaak gelouter in al sy lede.


Openbaring 1372 
Moederstad Kaapstad.
Sondag 6 Maart 2011 07:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar loop ʼn pad, ja, ʼn baie donker, somber- sondepad.
Daar na onder in die Kaap na ʼn stad, ja, ʼn moederstad.
Waar daar ʼn berg staan- ʼn berg, met ʼn reuse tafelblad.
Met seë omring in grys en blou, ja, ʼn eienaardige kobalt.
Met strate in die winters meer as dikwels so koud en nat.
Met ʼn hawe waar skepe gelaai word met die handelskrat.

Ja, ʼn stad waar die beste wyne verhandel word by die vat.
waar die rykes onverskrokke speel terwyl hul die beste vat.
Met die winde wat waai- met plesierjagte se seile wat klap.
Met aande wat nie slaap- terwyl dit jolig na die dag aanstap.
Waar die hoer en prostituut rondhang soos ʼn goedkoop kat.
In kroeë en tavernes waar die dronkaard se braaksel so spat.

Waar Sodom en Gomorra weer sy oeroue sondes verklap.
Waar in straatjolyt en karnaval, verwronge geslagte rondtrap.
Waar die mense in seksuele wanpraktyke genot uit wil tap.
Waar ʼn eens edelras in ʼn waanwêreld van plesier ontsnap.
Terwyl hulle die genadehande van Elohim- brutaal wegklap.
Met hulle goedkoop lewenstyl, ja, as ʼn Godslasterlike grap

So loop daar ʼn pad, ja ʼn baie donker- somber sondige pad.
Daar na onder in die Kaap na ʼn stad, ja, die ou moederstad.
Ja, daar waar ʼn berg met ʼn tafelberg troon oor ou Kaapstad.
Op hierdie plat berg staan daar ʼn groot reuse geestes wynvat.
Met ʼn druiwe oes wat Elohim se oordeelsengel self gaan trap.
Met morsige sondige mos waaruit die gruwelbloed gaan spat.
Waarna God slegs ʼn enkele edel- suiwer wynglas vol sal tap.

Met vergete kanonskote wat vir oulaas oor Kaapstad sal klap.
Terwyl die onlus wraakgierig in alle denkbare rigtings sal spat.
Staan die stormkaap in ondenkbare verskriklike storms papnat
Pluk die gees van Sodom en Gomorra- weer ʼn souterige lat.
Terwyl die oseane- ʼn groot deel van Kaapstad gaan terugvat.
Met ʼn groot aardbewing wat ou Tafelberg so effens gaan afplat


Openbaring 1373 
Wie sou ooit kon raai
Maandag 7 Maart 2011 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wee elkeen wat skynheilig nou probeer waak.
Van ʼn groot stad sal Ek ʼn hoop klippe maak.
Kyk: ʼn gruwel wêreldras, die laat Ek nou naak.
My groot genade- sal Ek oor die wêreld staak.
Ek gee hulle oor aan die genade van die draak.
Al hul gruwelwerke stel Ek bloot aan die kaak.

Ek sal My ontferm, ja, oor die mees gehate volk.
In hul midde daal Ek neer uit ʼn geestelike wolk.
In die midde van die wêreld- sal My woede kolk.
Teen hulle- daar trek My oordeel Sy wrede dolk.
Lank genoeg het Babilon My so verkeerd vertolk.
Lank genoeg is daar so wreed getrap op My volk.

Maar die bose sal Ek besoek met ʼn bloedsmaak.
Terwyl dit onder hulle stede wreed oop sal kraak.
Sal bloedbroers mekaar wreed dood begin maak.
In een land staan miljoene mekaar teen in ʼn saak.
So vergemaklik hulle, die oordeelsengele se taak.
Met ʼn vredevors- wat so hatig raak in sy spraak.

Terwyl Ek My ontferm- oor die mees gehate volk.
Waar die onlus anderkant die riviere van Kus kolk.
Verskyn daar oor die hele Afrika- ʼn bloedige wolk.
Wil niemand meer om vrede, ja nou in Engels tolk.
So trek teenoor Raka – Gabriël nou sy wrede dolk.
Ja, lank genoeg is daar wreed getrap op Sionsvolk.

Van Noord na Suid, ja oor Afrika daar trek My wraak.
Wie sou ooit kon raai- so wreed klink God se spraak.
Oral daar waar Sy oordeelsengele iets aan sou raak.
Daar lê geheel die wêreld nou woes, leeg, ook braak.
Terwyl ʼn smeekroep van onsuiweres hul nie aanraak.
Daar lag Migael en sit so spottend vir Lucifer in skaak .

Maar Ek sal My ontferm, ja, oor die mees gehate volk.
Kyk in hulle midde daal Ek neer uit ʼn geestelike wolk.
Maar in die midde van die bose sal My woede so kolk.
Teen hulle, ja, daar trek My oordeel nou sy wrede dolk.
Lank genoeg het ʼn gruwel-Babilon My verkeerd vertolk.
Ja, lank genoeg is daar wreed getrap- op My Sionsvolk
.


Openbaring 1374 
ʼn Gesig. 
Dinsdag 8 Maart 2011 20:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn stad met ʼn hoofpad waar daar aan beide kante van die 
straat reuse wolkekrabbers die lug intoring, waarna hierdie geboue skielik 
na mekaar toe in ʼn enorme stofwolk ineenstort terwyl die aarde erg onder 
ʼn  aardbewing skud en vibreer.


Openbaring 1375  
So het satan hulle almal gefop.
Woensdag 9 Maart 2011 18:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Voor tyd se begin- was data opgeskryf in ʼn profetiese boekrol.
Met vooraf kennis van soveel dimensies in tydgleuwe toegerol.
Soveel daarvan reeds in argiewe- van vergete tydvakke gestol,
speel die heldemoniese magte van Heylel so in almal hul rol.
So kom staan hulle ook op hierdie aarde hul bose skoene vol.

As seuns van ʼn 'god'- geland op die berg Hermon op een kol.
Om as gevalle ligdraers, ja, met die mens se vroue te kom lol.
Met verbode kennis jaag hulle sluimerende beskawings op hol.
Deur mag, hoogmoed, vraat- en hebsug, maak hul die maat vol.

Ja, Satan kom as ʼn engel van die lig en hy lyk nie soos ʼn trol.
Met humanisme- ʼn kamma mensliewende leer, is almal gefop.
In sosialisme- het die mens in gemeenskaplike besit ook gedop.
Deur kommunisme- hef Satan jou werklikwaar- nie eers een op.
Ook deur feminisme is man sowel as vrou, baie ver van gelykop.
Maar deur liberalisme staan geheel ʼn wêreld waansinnig raadop.
Soos altyd dink heethoof-satan, hy tref so sekuur weer in die kol.

So staan hierdie woorde vir die end van die tydvak in die boekrol.
So nader die einde op ʼn luciferiaanse galop, op die woord petrol.
Die selfaangestelde god Satan- speel weer ʼn minderwaardige rol.
Sy ewige afgrond- ʼn eonlange materiële tronk in ʼn klein aardbol.

Met vooraf kennis van soveel gebeure vasgevang in ʼn ou boekrol.
Voor die grondlegging van die aarde was profesieë daarin toegerol.
Met name van verseëldes, ja, geskryf in volmaakte hemelprotokol.
Met ʼn einde in ʼn nuwe begin staan ʼn Nuwe Jerusalem in ʼn Ligkol. 


Openbaring 1376 
Blaas ʼn basuin.

Vrydag 11 Maart 2011 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor ʼn Stem wat sê: neem jou middelslag ramshoring en blaas 
vier keer daarop, ja van Oos na Wes van Suid na Noord gaan staan 
hierna op ʼn ander plek en herhaal in bevestiging die proses – waarna 
ek dit dadelik doen.


Openbaring 1377 
Sonstrale soos naalde.

Vrydag 11 Maart 201113:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek kyk in die rigting van die son en sien sonstrale wat soos lang blink 
silwer naalde op die aarde neerkom terwyl dit groot skade veroorsaak.


Openbaring 1378 
Gretig staan My wrekers.
Sondag 13 Maart 2010 14:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos seepbelle sal Ek die beskawings se drome stukkend steek.
Voor Elohim se krag staan geheel ʼn wêreld so verskrik en bleek.
Met soveel wêreldregerings binnekort wanhopig, ja, lam en week.
In My oordeel en woede sal Ek alles voor die voet stukkend breek.
My Skale staan gereed, terwyl hulle die volgende oordeel bespreek.
Is dit steeds net ʼn kleine Gabrië
l wat gaan oor ʼn beperkte streek.
Terwyl die ander afwagtend wag om ook hulle wreed te kan wreek.
Staan doof die hemele, teenoor wêreldgebede tevergeefs gesmeek.

In die geesteswêreld- staan ʼn liberale wêreld sonder iets konkreet.
Tevergeefs klink vanuit Satanskerk ʼn valse gebed en liberale preek.
Soos kaf in die wind sal Ek beskawings sonder uitsondering breek.
My hart word vir goddelose mense, ja ewig, nooit weer sag of week.
Van respek vir YaHWeH Elohim- daarvan wou hulle niks van weet.
Hy is net ʼn fabel- maar net ʼn illusie, laat hulle mos spottend weet.
So dans hul tartend- godslasterlik voort op die sondeweg so breed.
Daarom sal Ek die beeld van hul dier- ewig aan skerwe kom breek.

Voor My aangesig- daar maak Ek die groot moondhede- ʼn pateet.
Die wêreld-idool van Afrika, ja, hom laat Ek nie meer veel langer leef.
Na ʼn ewige afgrond- daarheen sal aasvoëls met sy siel heen sweef.
Terwyl die duisternis nou self die duisternis so pikswart sal omgeef.

Gretig staan daar My aartsengele- om hulle op die wêreld te wreek.
Soos seepbelle sal Ek- Ek 
sál die grotes se drome stukkend steek.
EK WAS en IS sal ook EWIG WEES, dit sal elkeen deeglik weet.


Openbaring 1379 
ʼn Enorme vulkaan uitbarsting.

Sondag13 Maart 2011 16:20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek gaan lê op my bed om bietjie te rus net om die volgende oomblik 
in ʼn gesig ʼn verskriklike vulkaan uitbarsting te sien wat alle vulkane 
van die afgelope jare by verre oortref.


Openbaring 1380 
ʼn Groot igloe…

Sondag 13 Maart 2011 16:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn breuk van ʼn sekonde sien ek ʼn groot igloe wat vinnig 
en onverwags begin te smelt.


Openbaring 1381 
Die martelare se versoek.

Maandag 14 Maart 2011 10:25 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die martelare tree nader met ʼn versoek.
ʼn Engel bring nader, God se grote Boek
Met elke hart ook reeds klaar ondersoek.
Gooi ʼn groot Visser nog ʼn keer Sy hoek.
Om oulaas Sy verlore skape te kan soek.
Wil God eenmaal nog om sondaars kloek.

Die martelare tree nader en vra na hul doel.
Hulle dring nou aan op God se Regterstoel.
Hulle wys op ʼn onstuitbare- sonde gewoel.
Op ʼn skemernag so vaal, vuil, ook so soel.
Hulle dring aan op hul saligheid rein en koel.
Hul roep: weg met die bose, na ʼn dodepoel.

Die martelare roep so luid uit met hul bloed.
Hulle ween en vra God om hulle nou te voed.
Hul eis; versnel vir ons nou die tyd se spoed.
Hul vra: versterk ons aardse broers se moed.
As mede erfgename soek ons nou ons goed.
Hulle eis; ʼn bose wêreld moet vir sondes boet.

Die martelare tree na vore, ja met hul versoek. 
So bring ʼn Engel nader- God, se grote Boek.
So is elke hart reeds klaar vir Hom deursoek.
ʼn Laaste Apostel gooi eenmaal nog sy hoek.
Ja, vir oulaas op God Elohim se eie versoek.
Om na Sy heel laaste verlore skaap te soek. 


Openbaring 1382 
Arrogante verlore liberalis.

Woensdag 16 Maart 2011 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

So staan tussen goed en kwaad- die woord versus.
Verlore wêreld- waarom so in jou swakheid gerus.
In verlore destinasie sonder enige toekoms gesus.
Met God se Goeie Gees- lankal in jou siel geblus.
Voel jy oor ʼn ewigheid geensins, ja nooit ongerus.
Daarom maak ek jou in die oordeel van My bewus.
Ek stuur in strafgerig, pes en plaag, ʼn laksmans-lus.
Oor jou skuldige hoof trek die dood sy donker mus.

Ja, Ek stuur die engel van die dood- om jou te kus.
Ek stuur soveel kataklismes en daarby nog ʼn plus.
Onder die dreuning van soveel voete ook die onlus.
Ek besoek jou sonder genade met My oordeel dus.
Verlore wêreld, in My saligheid word jy nooit gesus.
Maar in My groot woede sal jy weet, ja, Ek kan twis.
Ja, weet- met My goedertierenheid het jy jou vergis.
Jou beskawing verander Ek in die grootste wildernis.

Voordat jy dit kan wis- O’ arrogante verlore liberalis. 
Lê jou gruwelbloed verspil onder wrede hand van Kus.
 

Openbaring 1383 
ʼn Oeroue oorlewering geminag.
Donderdag 17 Maart 2011 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Lank- lank gelede, ja, was daar so noukeurig oorvertel.
ʼn Oer-mensdom het hul so oor veraf geslagte gekwel.
Deur oorlewerings-waarskuwings- die inligting oorvertel.
Maar hieroor het die laaste geslagte hulle nie ontstel.
Terwyl hulle onder Mammonsbeheer net geld wou tel.
Het hulle hoof in hoogmoed net al hoe groter opgeswel.
Terwyl hul soos kanker dieper in hul planeet sou dwel.
Terwyl hul met hul sensus die ongesonde aanwas tel.
In hul nimmereindige aanwas het hul net meer bestel.

Daarom het God oor hul- so sporadies die pes bestel.
Maar daaroor het die mense- hulle steeds nie gekwel.
Maar oor dooie godsdiens kon hul- hul so diep ontstel.
Terwyl hulle hul rug so blatant kon draai op hulle El.
Met hulle sondige voete- so sekuur op pad na die hel.
Het hulle gehoon- God kan gerus maar Sy oordeel vel.
Terwyl ons in ons sensus- wel ons getalle, so sal tel.
Om vir ons misbruik al hoe dieper in die aarde te dwel.
Steur ons ons daarom nie aan ou oorlewerings oorvertel.

Daarom dat die mens hul nie werklik oor hul val ontstel.
Daarom beweeg hulle in hel-dimensies- nou so parallel.
Terwyl die dood in oordeel, massas nou vir hom bestel.
Laat ʼn ou oorlewering van weleer eenmaal nog oorvertel.
So is hierdie beskawing nou verrot- gebreek in elke sel.
Terwyl die mensdom die oordeel oor hulle- self nou vel.
Daal engele neer om slegs Sion in verseëling op te tel.
So roep die einde van ʼn tydvak nou binnekort vaarwel.

Lank gelede was daar noukeurig in oorlewering oorvertel.
ʼn Oermensdom het tevergeefs oor die toekoms gekwel.


Openbaring 1384 
ʼn Groot aardskudding.

Donderdag 17 Maart 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn geesteservaring voel ek hoedat die aarde soos ʼn trein 
in ʼn rangeerwerf ruk en skud.


Openbaring 1385 
Saksiese volke teenoor mekaar.
Vrydag 18 Maart 2011 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen ontspeel ʼn oorlog waarin die Weste betrokke raak 
en waarin lande soos Engeland, Duitsland, Frankryk en Amerika ʼn 
dominante rol met hul insette speel en wat ander- minder dominante- 
Westerse lande in gevaarsituasies laat beland en ek hoor ʼn Stem sê: 
So sal die Saksiese volkere ook nou broer teenoor broer begin opstaan. 
Waarna ʼn persoon na vore tree om hierdie situasie aan te spreek en te 
probeer ontlont.


Openbaring 1386 
ʼn Engel met sy gebod.
Saterdag 19 Maart 2011 23:59

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die middel van die nag roep ʼn engel met ʼn gebod.
Aanbid Elohim in al Sy heerlikheid en vrees ook God.
Terwyl jy jou dapper, met sy wapenuitrusting omgord.
Terwyl jy so openlik paraat Satan se teenstander word.
Roep: Skep daarom tot oorlopens op die vyand se bord.
Ja, plaas op die wêreld se voorspoed ʼn groot verbod.
Die vyande van Sion sterf op die einde, ja, die hele lot.

In die middel van die dag- roep ʼn engel met sy gebod.
Aanbid Elohim so Heilig-Apart, skaar julle ook by God.
Kyk- groot moondhede raak verstrengel in hulle eie plot.
Die wêreldmarkte staan verslae en vra; wie open die bod.
Deur hulle eie verraad sluit wêreldbanke nou hul eie slot.
So gryp nasies en volkere- mekaar wreed aan die strot.
Vooruitstrewende stede verkrummel tot bedelaarskrot.

In die middel van die lug roep die engel- met sy gebod.
Die mensdom was mos so diep op hul eie leuens versot.
Stuur daarom deur hulle hele sisteem die dodelike ‘klot’.
Die doodsengel besoek die Engelsman en ook die Skot.
Terwyl die smart, ook dood- nou oor die planeet oopbot.
Selfs die Vatikaan gryp nou hulle eie pous aan die strot.
Die hoer van Babel deur ʼn geslagsiekte heeltemal verrot.
Maar steeds smee die Weste wêreldwyd sy gruwelplot.

In die middel van die oordeel roep ʼn engel met ʼn gebod.
Met Rooi perde wat runnik- sterf daar menig baie patriot.
Hulle tree na vore en sterf emosieloos, ja, soos ʼn robot.
In die groot hongersnood – raak die voedselbronne kapot.
Die aarde kreun- sy is met soveel kataklismes omgord.
Die mensdom roep benoud: Wat gaan nou van ons word.
Maar bo-op ʼn piramide daar sit satan as ʼn Engelse lord.
Terwyl die valse vredevors homself vir die oorlog omgord.


Openbaring 1387 
Herdenk ʼn gruwel menseregte dag.
Sondag 20 Maart 2011 20:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Herdenk- herdenk die dag van ongelyke krag.
Met so seëvierend omhoog- die vuis van mag.
Waar die dag moes wyk voor die donker nag.
In ʼn leë toekoms wat na niks en nêrens trag.

Maar herdenk die dag van Raka's wrede mag.
Waar die minderheid- nie meer hulle lewe ag.
Lê hul vergruis, vermoor, verpletter in verkrag.
Terwyl so seëvierend wapper, die gruwel vlag.

Maar herdenk die dag- van die ongelyke krag.
Waar Satan goedig oor valse menseregte lag.
Met sy vuis seëvierend omhoog in illusie mag.
Waar hy oor duisende wit vergruisde lyke lag.

So herdenk- herdenk ʼn dag van ongelyke mag
Daar is ʼn suiwer edel loot wat op God bly wag.
Terwyl hulle seker weet- daar kom Sy grote dag.
Roep hulle: In ons jeug en ouderdom lê Sy krag.
Waar ʼn moordenaar in eie bloed gaan versmag.

Herdenk daarom maar ʼn dag van ongelyke mag.
Oor die vlakte van Afrika kom ʼn ongekende slag.
Haar oppervlak skeur wyd oop in ʼn enorme skag.
In skrikwekkende graf ontvang sy die donker nag.

Herdenk daarom die gruweldag van ongelyke mag.
In die land sonder toekoms, ja met ʼn verlore prag.
ʼn Land omsoom met sy oseane in ʼn donker grag.
Waar onreg- op die regverdige, wrede oordeel wag.  


Openbaring 1388 
Die maand April.

Maandag 21 Maart 2011 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met soveel ongekende spoed nader die maand April.
Uit frekwensie- klank en lig, kom ʼn kosmiese gil.
Terwyl geheel die planeet- so in haar wentelbaan tril.
Tyd is oud, ook afgeleef en loer bysiende deur ʼn bril.

Die aarde steun en wens vir haar kwale had sy `n pil.
Sy is moeg om te dans na die bedorwe mens se wil.
Lank genoeg het sy eeue lank gereageer op elke gril.
So raak haar bewoners net parasiete wat haar laat ril.
Sy staan teenoor die mensdom nou uiters koud en kil.
Terwyl hul uitdagend, spottend, op haar oppervlakte jil.

Met soldate wat aggressief in ʼn oorlog oor die aarde dril.
Met wêreldorde-weë wat in elke opsig van God verskil.
Lê God se genade argeloos wyd, ja vermors, so verspil.
Met geheel die wêreld wat vrolik dans op Satan se wil.
So raak Elohim se oë nou onsimpatiek so koud en kil.
Engele fluister- waarom het die mens hulle kans verspil.

Met ʼn vinnige ongekende spoed nader die maand April.
In die diereriem storm ʼn klein Ram kwaai af op die Bul.
Ja, in soveel onlus en oorlog word die Woord nou vervul.
Met die boek van Openbaring nie meer in geheim gehul.
Lê die waarheid wyd en braak nou wreed in bloed onthul.

So het `n eenwêreldorde die mens op elke gebied verkul.
So raak homosapiens se kans op oorlewing bykans nul.
Met soveel in die groot verdrukking in ʼn duisternis gehul.
Terwyl die aarde nou al haar kataklismes- wreed onthul.
Ook die pes en plaag- lê so roekeloos in kernkrag vervul.

Met die planeet, ja, wat eenvoudig nie meer kan ophou tril.
Geskied ook in die maand April, alleen Elohim se grote wil. 



Openbaring 1389 
Die Heerlikheid van Elohim.
Woensdag 23 Maart 2011 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In hierdie dae sal Ek My oor Sion ontferm, My knegte, ja My aartsengele sal Ek 
opdrag gee en hulle sal deernis met die klippe en medelye met die puinhope 
van My uitverkore volk hê. In hierdie dae sal die liberalis die naam YaHWeH 
vrees en die regerings van die wêreld sal voor Sy Almag bewe en wegkwyn 
omdat Elohim in Sion in Heerlikheid sal verskyn. 

In die tyd van die geestelike droogte het Ek My kneg nie by die spruit Krit nie 
maar by die spruit Molemane laat skuil en vanuit ʼn myndorp is My ware Goud 
oor die land versprei sodat ʼn deel van My volk nie by die riviere van Babilon nie 
maar op die walle van die Vaal kan vergader, vanwaar hulle nie na die woestyn 
van Sinai maar na die rooi duine van die Kalahari sal vertrek. Om nie deur die see 
by Pi-Hagirot- maar deur die droë bedding van die Oranjerivier te trek. Soos die 
kraai vlieg vanuit Lichtenburg sal daar as ʼn lig ʼn wegwyser vir baie skyn. 

So sal ook ʼn deel van die heilige volk nie in die dal van die Terpentynboom maar 
op die walle van die Spekboom bymekaar kom, ja nie in die streke van Gob nie 
maar in die dale van die Limpopo sal Ek hulle vergader. Ek sal hulle vanuit al vier 
die windrigtings bymekaarbring om hulle anderkant die riviere van Kus te versterk 
en soos by Migdol van ouds sal Ek ook in die Okavango ʼn Skaaptoring oprig om 
My kudde te versamel en My heerlikheid sal oor die tente van My volk tot ver 
anderkant die Rigtersveld skyn. 

Maar van die stede en dorpe maak Ek hope puin en klippe, ja, ʼn wildernis waarin 
nie Raka of enige ongedierte sy lêplek sal vind nie. 

Neem my daarom, O’ Elohim nie vanuit die helfte van my taak nie sodat my nietige oë 
nie soos Moses van Ouds slegs in voorskou oor die nuwe land en volk sal gaan nie. 
Maar dink daaraan dat ek as verworpeling en vertrapte vanuit die vertrapte volk kom, 
om vanuit ʼn ou- in ʼn nuwe beloofde land te kan opstaan om ook te kan aanskou hoe 
U in U volk neerdaal om vanuit haar midde vir ʼn duisendjarige vrederyk op te staan.


Openbaring 1390 
Buitensporige hitte en koue.
Vrydag 25 Maart 2011 06:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor ʼn stem wat neurie, waarna dit die volgende woorde begin te sing: 
Kyk, die son het homself verstout daarom raak dit nou in sy hitte op aarde 
baie benoud, ja, onder sy strale verdor die graan en ook die woud en ook 
die mens se vel raak daaronder siek en oud. Maar snaaks genoeg raak dit 
spoedig koud, op sommige plekke ook in die Suidelike halfrond raak dit 
sommer onplesierig koud. So raak ook die krag onverklaarbaar op en almal 
soek net hout, terwyl soveel siekes agter patetiese mediese hulp aantou 
begin ook die onlus oraloor- veral in Afrika ontvou. Maar in Amerika raak 
die lug so effe blou en die klimaat verander ook na lou, terwyl die weer sy 
oë wreed vernou begin die son ook onheil brou, so gaan Amerika, Europa 
en die Ooste dit in die nat seisoene diep berou. So sing die stem al luider 
voort: so voortvarend voor die hemel het Suid-Afrika ook te veel afgekou, 
daarom is haar winter nat en sommer baie- baie koud en so word daar dele 
in die winter onder ʼn erge sneeukombers- buitensporig afgeknou.


Openbaring 1391 
Selfondersoek voor die pasga. 
Saterdag 26 Maart 2011 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Herdenk so die laaste avondmaal eers goed deurdink.
Aan Sion se lintel skyn die Lam se bloed in liefdestint.
Terwyl daar vanuit ʼn engelekoor- ʼn lieflike loflied klink.
Met die Brood gebreek word daar aan Golgota gedink.
Die genadebloed van God word vir sondaars ingeskink.
Maar wee ʼn mond wat aan die Heilige sakrament drink-
wee die skindertong- wat kwaad oor die naaste bedink- 
die bitter tong wat beweer dat sy broer soos Raka stink.

So, wee die addertong wat net skindernuus kan bedink- 
die skerpe tong wat sonder ophou kwetter soos ʼn vink.
Die tong wat in verraad sy naaste se val probeer bedink- 
met die hoop dat sy naastes- in die dood moet ontbind.
So, wee elke tong wat die profeet van Elohim wil vermink- 
ook die tong wat die giftige woorde, in Sion op laat klink.

So, herdenk daarom hierdie Pasga eers- so goed deurdink.
Voordat jy so in jou eie oordeel jou eie siel gaan vermink.
In ʼn heilige Pasga mag geen valse noot voor God opklink.
Wee so ʼn gruwelmond wat die heilige sakrament verslind.
Wee daarom ʼn waterlose wolk in Sions' maaltye ingedring.
Waar hulle die gebreekte brood na hul walglike lippe bring.
Waar hulle as spotters saam smul in die heiliges se kring.
Terwyl hulle net hul eie roem en lof voor Elohim wil besing.
ʼn Engel van smart gaan nie die genade aan hul lintel vind.
Terwyl God se oordeel die ongenooide gaste gaan verslind.

Herdenk daarom hierdie Pasga baie suiwer- goed deurdink.
Slegs aan Sions lintel skyn die Lam se Bloed in liefdestint.


Openbaring 1392 
ʼn Enorme 'engel'.
Sondag 27 Maart 2011 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek ondervind ʼn erge onrustige nag waar ek kort-kort wakker skrik met 
die een na die ander skrikwekkende gesig wat angswekkende gebeure 
in bloedige onlus en kataklismes uitbeeld. Op een stadium skrik ek wakker 
van my eie bloedstollende kreet wat in my ore weergalm terwyl ek bewus 
word van ʼn enorme 'engel' wat in ʼn donker figuur skuins voor my staan 
en ek weet onwrikbaar dat hy geen goed vir die mensdom inhou nie waarna 
ek summier die Allerhoogste om beskerming vra.


Openbaring 1393 
Elohim se Persoonlike oorwinnings-jubeljaar.

Dinsdag 29 Maart 2011 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 Judith de Beer
Soos die sterk riviere wat daar vloei as die lewens-aar.
Met haar ryklike oewers wat so baldadig die lewe baar.
So maak Ek Efraim- na duisende jare- weer bymekaar.
Ek verbreek haar ysterjuk- in My oorwinnings-jubeljaar.
Om haar saam met My Sion ewig om My te kan skaar.
Om soos jong kalwers in die vroeë lente te kan baljaar.
Kyk, die Liefde vir My volk staan vas ewig ongeëwenaar.

Ja, ʼn kleine loot het Ek tot ʼn groot edelboom gespaar.
Sodat My grote Liefde- vir ewig altyd- in Sion kan verjaar.
Verbreek Ek die ysterjuk, in My oorwinnings- jubeljaar.
Ek verhef My volk – hul sit nie meer daar as die bedelaar.
Terwyl Ek hulle in My boesem, ja in My eie hart bewaar.
Ek maak van hul die goue voorwerp op My heilige altaar.
As ʼn geurige reukoffer plaas ek hulle vir die hemel daar.
So klink in oorwinning vanuit die midde van die martelaar.
Ek is Israel se Vader- in Efraim is MY eerste- uitgespaar.
Vanuit haar midde staan Sion nou nader as die oorwinnaar.

Brutaal werp Ek die nuwe wêreldorde neer, ja die towenaar.
Ook verbreek Ek so die mag van Mammon ook die goëlaar.
So werp Ek Satan die misleier neer, ja ʼn ewige konkelaar.
Ek verbreek die Bileamsleer en verwerp elke verbasteraar.
In die ewige afgrond en die poel van vuur word hulle vergaar.
Waar hulle nooit weer die nasies met hulle las sal beswaar.
Soos die stormrivier wat niks in sy verwoestingspad spaar.
Staan in volle gloed My toorn nou in die dubbele kandelaar.
In My oordeel luister ek nie na ʼn bose wêreld se beswaar.
My grimmigheid oor Babel was vir duisende jare opgegaar.
Sion raak vry- Ek breek Israel se ysterjuk in My jubeljaar.


Openbaring 1394 
ʼn Belangrike pasga van weleer en nou. 
Woensdag 30 Maart 2011 10:28
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die dae van die jong maar regverdige Josía is daar deur sy woord 
opdrag gegee en die sonpilare van afgodery is stukkend gekap en die 
heilige boomstamme en gesnede beelde is stukkend gebreek, ook is 
die beendere van die afgodspriesters stukkend gebreek en fyngemaal 
en op hulle eie altare tot as verbrand en so was Juda en Jerusalem van 
hulle gruwels gereinig en ook Manasse sowel as Efraim was van hul 
onreinheid geskei. 

Waarna die jong koning bevel aan Hilkía gegee het om Elohim te raadpleeg 
en Hilkía die profetes Hulda geraadpleeg het waar sy in Jerusalem in die 
nuwe stad gewoon het en waarna sy die volgende Woord in opdrag van 
YaHWeH gespreek het: Kyk Ek bring onheil oor die plek en sy bewoners 
wat My verlaat het om vir ander gode te offer, maar oor die koning van 
Juda sal My genade strek omdat hy hom voor My verdeemoedig het. 
Hierna het Josía die Wet en Woord bestudeer en daarna die Pasga ter ere 
van YaHWeH Elohim gehou soos wat dit voorheen nie gedoen was nie. 

Ja, net soos in daardie dae spreek Ek weer tot die uitverkore volk waar die 
grootste konsentraat hulle aan die Suidpunt van Afrika bevind en Ek maan 
hulle om die Allerheiligste van My tempel, wat die binnekamer van hulle hart 
en daarom die kernsentrum van Sion is, van alles wat onrein is te reinig 
en waarna hulle vir My ʼn pasga van Weergeboorte en Liefde tot ere van 
My Heilige Naam moet berei en kyk by twintigduisend sal Ek nog tienduisend 
by hulle getalle voeg. 

Maar in die dae bring Ek groot onheil oor die wêreld omdat hulle onder die 
leiding van ʼn gruwel Babiloniese- eenwêreldorde My met hulle gruwels 
geterg, ja getart het. So bring ek die oordeels-onheil oor die hele wêreld 
en sal dit besoek met kataklismes, pes, plaag, onlus en oorlog soos wat 
daar nie in al die boekrolle en geskrifte vanaf die oerbegin van die mensdom 
neergeskryf is nie.


Openbaring 1395 
Nuwe oorlogstrategie.
Donderdag 31 Maart 2011 02:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn groep manne en ʼn vrou met ʼn hoofbedekking, 
wat bymekaar kom en ek hoor hoedat ʼn moondheid nou die 
potensiaal bespreek om in oorlogstrategie ander se kernkragstasies 
op te blaas om hulle so van balans te bring.


Openbaring 1396 
Lucifer se selfvernietiging.

Donderdag 31 Maart 2011 14:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
As ʼn eenwêreldorde het jy- Satan- in boosheid saamgekom.
Om as al die demone van die hel in eenheid saam te drom.
Om jou vestings staan jou mure so versterk in die bastion.
Oor jou media kanale blaas jy valse leuens met jou basson.
As valse engel van die lig jou so in die kerke kom vermom.
Goedkoop staan jy daar so getooi as die hoer van Babilon.
Geklee in die pouskleed- staan jy nader as ʼn valse Aaron.

Oor die wêreld strek jou lang arm- as die groot grondbaron.
Soos ʼn seekat- is jou tentakels, geslaan om elke rykdom.
Jy manipuleer met in jou midde- die heel grootste kernbom.
As die eindtyd draak ontbloot jy jou tande met ʼn wrede grom.
Maar slu bly jy net die slang wat so vals kan lispel: shalom.

Terwyl jy met gretige oë loer, na die streke van die Libanon.
Verbreek jy so die stilte onder die ritme van jou oorlogdrom.
Jy maak die nasies en volke- voor hulle tyd so oud en krom.
Maar jy slaan op jou bors, ja, jy sê: ‘ek is die son wat opkom’.
Waar jy ook verpletter, verskoon jy jouself bloot met ʼn pardon.

Ja, met jou valse trane ween jy en roep dramaties O waarom!
Voor jou aanslae daar retireer almal- hulle is so bang en stom.
As die gruweldraak storm jy voort en draai net nooit weer om.
So trek daar uit jou oorlogs-lope die rook van jou afgod Dagon.
So word die grotes toegelaat om in selfvernietiging om te kom.

Elohim se groot dag kom- vir jou Satan- om jouself te verstom.
Die dogter van Sion spot en lag jou uit- sy roep: jy was so dom.
Die maagd van Jerusalem verag jou, ja, sy kyk hoe kom jy om.
Terwyl geheel die hemel- hul oor nog ʼn val van Lucifer verstom. 


Openbaring 1397 
Weereens word die Woord verwerp.

Vrydag oggend 1 April 2011 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So neem hierdie geslag weer aan My Woord aanstoot.
Hul sterf van die honger maar weier die Lewensbrood.
Ja, so versmaad hulle Elohim se eie lewende Woord 
Maar dit vervals- wil hulle graag kwoteer en verwoord.
Met dit wat die wêreld bied gaan hulle so luid akkoord.

Hul skaam en loën My- wil eerder aan Satan behoort.
Ek is nie van die wêreld – hul beskou dit as ongehoord.
Eens laster die Jood- sê dat Ek aan Beëlsebul behoort.
Hulle kruisig die Seun van die Mens in Goddelike moord.
Daardeur oorwin Ek vir die uitverkorenes die ewige dood. 
Ek skeur die allerheiligste oop- sodat julle My kan hoor. 

Ek oorwin Hades en skep vir die mens ʼn baie beter oord.
Ja, in die Nuwe Jerusalem- omring met ʼn hemelse boord.
Met lewende vrugte- vanuit soveel lewende harte verwoord.
Waar Elohim se kronieke weet waar hulle vir ewig behoort.
In die weergeboorte in die innerlike Woord, lê My antwoord

Maar weer neem hierdie geslag aan My Woord so aanstoot.
Hul draai van My weg en gaan weer met die wêreld akkoord.
Vir vervalste woord kruisig hul My weer- saam met die Jood.
Hulle skreeu: kruisig Hom- op die riglyn van die kerk-seloot.
Op die pad van die ewige dood, dryf hul die gemeentes voort.

So verwerp hulle My aangebode hand met die lewende Brood.
Ja, hulle spuug veragtend neerhalend op my lewende Woord.
Hul poog om My te vernietig- op ʼn illuminatie kruis te vermoor.
So kom nou ʼn ewige verduistering oor die vallei van die dood.
Tussen die onbreekbare poorte van die hel in ʼn gitswart moot.
Verloor daar sovele die ewige lewe- omdat hulle My wegstoot.

So staan wêreldmassas nou as duistere hel-demone ontbloot.
Met ʼn kleine handvol- wat in verseëling, ewig aan My behoort.
Klink vanuit hulle midde die lied van lewe wat aan hulle behoort.
Ja, met hulle harte ewig gevul- met Elohim se lewende Woord.  


Openbaring 1398 
Daar is ʼn kleine volkie.
Saterdag oggend 2 April 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn kleine volkie wat hul saak goed deurdink.
In hul strewe en hul toekoms voel hul so vasgebind.
Ja, hul redeneer- daar is geen toekoms vir ons kind.
Met ʼn bitter beker tot oorlopens toe so vol geskink.
Is dit ons moed wat stadig maar seker na onder sink.

Daar is ʼn kleine volkie wat hulle saak goed deurdink.
Daar is menig jong man wat wil weet- is ek dan blind.
Met soveel jong vroue wie se hart hunker na die blink.
Met vele ou man wat staatmaak op Mammon se blink.
Ook soveel ou vroue wat hulle aan hoogmoed vasbind.

Is daar ʼn kleine volk wat eenkeer hulle saak deurdink.
Wat op wankelrige bene tog hulle weg na God wil vind.
Met hul harte wat so verlangend na die ewig lewe hink.
Om met ʼn blye hart hulle lied vir God op te laat klink.
Staan hul nou nader om van Sy genadebeker te drink.

Daar is ʼn kleine volkie wat hul saak nou goed deurdink.
Met Goed en kwaad wat ywerig van twee kante af wink.


Openbaring 1399 
ʼn Jong man se las.

Sondag 3 April 2011 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn jong man en ek hoor sy stem sê: O’ Elohim, daar is ʼn doring 
in my vlees en ʼn geraamte in my kas. Wil U- O’ God, my nie verlos van my oneindige 
las, sodat ook my wil by U wil in kan pas, sodat ek nie my grote taak deur U aan my 
opgedra sal verpas. 

Waarna ek ʼn Grote Stem hoor sê: O' jongmanne, julle wat daar soos ʼn handskoen 
in My Boervolk pas, Ek het julle lank reeds terug met My genade kom verras. Werp 
daarom van julle skouers julle onnodige sondelas sodat julle vir My in julle 
onderskeie take in kan pas. Kyk – ook vanuit die grote wêreldklas lê daar versteek- 
verskuil, ook My bruilofsgas, wat ek in julle gasheermidde stuur om vir My op te pas.


Openbaring 1400 
ʼn Geveg.
Maandagnag 4 April 2011
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig verskyn ʼn saal vol mense waarna ʼn baie groot gespierde man 
daar inbars en ʼn vrou in ʼn baie stewige greep beetkry om haar brutaal 
vanuit die saal teen haar sin te dra. Waarna ʼn kleiner en fisies heelwat 
swakker man die vrou te hulp snel en die groter man met ʼn knuppel oor 
die rug kop en bene begin slaan, maar wat weinig impak op die groot man 
het, waarna die swakker man die sterk man met ʼn geweldige hou voor die 
kop slaan wat hom van balans ruk en wat die vrou kans gee om te ontsnap. 
Net hierna lok die sterk man die swakkere man na buite en daar ontstaan 
ʼn verwoede bloedige geveg wat al hoe verder van die vrou wegbeweeg
terwyl nie een van die twee vegtendes moed opgee nie.