.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1301 
In die jaar 2011.

Sondag 1 Januarie 2011 17:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ Elohim, die volke lê so getraumatiseer, verwond, ja so erg beseer. 
Reg rondom die groot stede word die nasies deur hul vyand beleer. 
Soveel nood – ook ellende word daagliks net meer, ja meer en meer. 
So word oor ʼn wêreld se toekoms, net slegte gebeure geprofeteer. 
Ja, kyk, ook die heiligdom lê so verneder, ja, vertrap ook erg beseer. 
Terwyl Raka nou brutaal, uittartend ook triomferend oor hulle regeer. 

Red asseblief O’ God, U eiendom uit die kloue van die leeu- ook die beer. 
In die jaar 2011 gaan die nasies in agteruitgang, baie moet ontbeer.
Maar in hul vele verspeelde kanse kan hulle nie daaroor murmureer. 
In soveel waarskuwing was daar so dikwels- tevergeefs geprofeteer. 
Hulle het geweier om hulle rug op die sonde en bose wêreld te keer. 
Maar hulle hoer en rumoer- hul verbaster terwyl hul ook sodomiseer. 

So raak die dae nou vinnig kort- terwyl die aarde vinnig begin roteer. 
Terwyl die eenwêreldorde hul nou blatant op al die nasies af forseer. 
Begin ʼn eenpolisiemag- manipulerend oor die wêreld te marsjeer. 
Terwyl die hand van die antichris so kort maar skrikwekkend regeer. 
Begin nou selfs ook die liberale Afrikaner, God se riglyne te begeer. 
Maar met genadetyd nou heeltemal verby is dit te laat om te probeer. 

In die jaar 2011 word daar in die agteruitgang soveel geriewe ontbeer.
Terwyl soldaatstewels op marsmusiek- oor die wêreld gaan marsjeer.
Besef die mens hoe fataal het hulle oor ʼn leë toekoms gefantaseer.
Soveel skrikwekkende aardbewings wat die planeet oop kom skeur. 
Met erg versteurde weerpatrone wat wyd oor die aarde gaan triomfeer. 
In valuta- ook finansieel word alles nou so finaal- vir oulaas omgekeer.

Te laat, ja ewig te laat vir die mensdom om tot verbetering te wil leer. 
Ja, so is dit nou te laat om die rug op ʼn bose wêreldsisteem te keer.
Ja, ook te laat om God met lofredes ook liedere in vleitaal te wil eer. 
So verloor geheel ʼn mensdom in 2011 oor alles- finaal, hulle beheer.


Openbaring 1302 
Slegs
 my hart en my liefde.
Maandag 2 Januarie 2011 15:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ My God, daar is niks wat ek vir U kan doen, bied of bring. 
O’ Waarom voel ek in my liefde vir U so hopeloos gering. 
So graag wil ek saam met die engele om U staan in ʼn kring. 
Ja, saam met skare hemelsfere so graag U ewige lof besing. 
Ja, in heerlike saligheid uitbundig uitroep in my jubeling. 
Hosanna-hosanna wil ek uitroep in my lied aan U gebring.

Ja, so wil ek jubel en sing terwyl ek dartel na U woning. 
In die refrein van my melodie, my liefde betuig in fluistering. 
Soos ʼn bruid naderstaan- my hand uitgehou vir die trouring. 
Skaamteloos getuig, daar is net één, Elohim is my Liefling. 
Tydens my aardse lewe, staan Hy my by- in my loutering. 
Daarom wil ek so graag, so graag iets kosbaars vir U bring. 
Maar, my God, daar is niks- wat ek vir U kan doen of bring.

Daarom voel ek in my liefde vir U so hopeloos uiters gering. 
Terwyl die woord van my lied sterf in treurige boetedoening. 
In my klaaglied ween ek en sê: kyk, O’ God, ek is te gering. 
Ek is te sondig- om te kan staan in hemelskares se kring. 
Terwyl ek berouvol my hande in gebed, voor U saamwring. 
Maar my enigste besitting- my hart- sal ek nou na U bring. 

Skaamteloos vra: by U wil ek woon, ja, in U ewige woning. 
Ek weet U het my lief- U het Uself na die sondaars gebring. 
Daarom sal my klaaglied- nou weer, in jubellied ontspring. 
Engele roep ek toe: neem my saam om my hulde te bring. 
Vrolik sal ek hosanna sing in my lied aan my God gebring. 
O’ my God, daar is iets, ja iets, wat ek wel na U kan bring. 
Dit is my hart en ook my liefde, wat U ewige lof toe sal sing.


Openbaring 1303 
2011 Die jaar van bloed

Dinsdagnag 4 Januarie 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn naggesig sien ek riviere van bloed wat deur kontinente en lande
kronkel en ek hoor ʼn Stem sê: 2011 is ʼn jaar van bloed en die moord
op die Pakistanse politikus is die eerste van meer sluipmoorde wat
ook elders in die wêreld gaan volg. Waarop ʼn stem eentonig begin
sing: ja in die jaar van bloed gaan daar baie in onlus, oorlog, pessiekte 
en kataklismes omkom, waarop ʼn tweede stem inval en sing: ja met 
cholera, maagkoors, voëlgriep en malaria besmet, word vele volkere 
daarmee beset. Waarop die eerste stem sing- kyk, op die son is daar 
sonontploffings wat tot op die aarde in hittegolwe ontplof en dit raak 
nou vir die mensdom so ʼn bietjie rof, ja, die aarde roteer vinniger en 
sy aardplate raak nou los, daarom word die aardgasse in hul binneste 
verlos, wat die voëls en diere, ja, ook die visse van die lewe gaan verlos.


Openbaring 1304
Die laaste weg van keuse.
Donderdag 6 Januarie 2011 16:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het die laaste pad- nou in twee weë ingevurk. 
Smal en breed, goed en kwaad, middeldeur geruk. 
Op die breë weg gaan die wêreld nou so baie druk. 
Dit dans en lag, koop en verkoop, almal soek geluk. 
Op die smal weg gaan ʼn paar onder ʼn kruis gebuk. 
Hulle dra swaar, maar verbete stu hul voort in die juk. 

So het die weg van keuse nou in twee weë ingevurk. 
Smal en breed- goed en kwaad soos ʼn boom se mik. 
Op die breë wil niemand meer, hul na God se wil skik. 
Daar is geen oordeelswaarskuwing wat hul laat skrik. 
ʼn Paar gaan op die smal weg terwyl tyd gevaarlik tik. 
Hulle weet aan die einde van hul weg wag daar geluk. 

So het die laaste pad vir oulaas in twee weë ingevurk. 
Smal en breed, goed en kwaad, dit is in twee geruk.
Op die breë weg word daar so vrolik na die hel opgeruk. 
Daar wag die antichris- nog swart, nog wit, dalk ʼn Turk. 
Op die smal weg is ʼn paar- hul pas versnel vinnig druk. 
Terwyl hul desperaat geliefdes van die breë weg wil ruk. 

Ja, die eindtydpad het finaal tussen twee weë ingevurk. 
Tussen smal en breed, hemel of hel, middeldeur geruk. 
Op die breë weg waar almal hulle na Satan se wil skik. 
Styg en daal gevaarlik- die eindtyd barometer, se kwik. 
O’ die smal weg, die paar wat swaar aan vervolging sluk. 
Maar hul weet- aan die einde van hul weg wag daar geluk.


Openbaring 1305 
Harig die maan- die son soos bloed.
Vrydag 7 Januarie 2011 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk: die son sak in die Weste- so rooi die gloed. 
Harig soos ʼn sak die maan- waar dit voortspoed. 
Wie sou ooit, ja, die volgende regtig kon vermoed. 
In die jaar van die dood- reën dit toksiese bloed. 
Ja, in die oordeel se jaar soek Hades al sy goed.
Maar kyk al die opregtes behou hul goeie moed. 

Kyk: die son sak in die Weste- so rooi die gloed. 
Kyk, ʼn derde van die see word nou suiwer bloed. 
Ja, daar kom hael, ook vuur alles word nou bloed. 
Ook die bome en die gras alles gaan moet groet.
Die mense roep: ook die waters is nie meer soet. 
Alsem- bitter die water, ook die mens moet groet. 

Kyk: die son sak in die Weste- so rooi die gloed. 
In oordeel word voorberei: God se eie skilderdoek. 
Harig soos ʼn sak ʼn volmaan wat daar voortspoed. 
In lugbesoedeling ʼn atmosfeer so swart soos roet. 
Met gifgas in die lug- oral hoes die mensdom bloed. 
Met weersomstandighede so ekstreem, so verwoed.

Die son kom op in die Ooste, ja, so rooi die gloed. 
Terwyl daar stede en dorpe deur aardbewings groet. 
Met reuse tsunamis, wat oor die landstreke spoed. 
Kyk in hierdie jaar, die oordeelsjaar van baie bloed. 
Is die Nyl- ook die Amasone rivier, rooi soos bloed. 
Terwyl die dood dit nou wreed in die natuur uitwoed. 
Staan die mens verleë- in hul hand hou hul- hul hoed. 

Die son skyn in die middel van die dag soos bloed. 
In die jaar van die dood reën dit oral toksiese bloed. 
Op ʼn wêreld, wat dit ontkennend, nie wou vermoed. 
Ja, in wrede oordeel soek die dood mos al sy goed.
Maar die opregtes hou in hierdie tyd hul goeie moed. 
Terwyl natuur, mens en dier oor versteurde ordes boet.


Openbaring 1306 
Politieke sluipmoorde.
Sondag 9 Januarie 2011 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het in die jaar van weerwraak- ook bloed. 
ʼn Regterspolitikus niks gewis, ook vermoed.
So word die bitterwraak weer wreed gevoed.
Opstandig reageer die radikales nou verwoed. 
Die rug teen die muur- staan sterk die moed. 
So vloei kragtig- in 2011, die gestorte bloed.

In die jaar van bloed- raak gesigte so stroef. 
Verontregtes sê: in regerings skuil die boef. 
Kyk: in ons swaarkry raak ons diep bedroef.
Daarom word die wet- ook orde, nou getroef. 
In nood behandel regerings die mense stroef. 
In wrede wraak word die politikus opgeskroef. 

Deur wraak en bloed word daar luid uitgeroep. 
In ellende- ook armoede word ons nie gevoed.
Maar die regeringsamptenare leef in oorvloed. 
Met soveel wet en belasting word ons gevoed.
Daarom word ons wraaklus met bloed gevoed. 

So roep die radikales; ons het nou oorgenoeg. 
Onder politiek- het ons lank genoeg gewroeg. 
Ja, van vroeg tot laat, in bloedsweet geswoeg. 
Maar daar word niks- by ons toekoms gevoeg.
Tot oorlewing word ons bloed wreed ingeploeg. 
Met al ons haat word nou die woorde uitspoeg.

Dit is die jaar 2011 ʼn jaar van riviere van bloed. 
Luister daarom na die laksman wat oral uitroep. 
Met ʼn rug teen die muur staan sterk die moed. 
In sluipmoord so baie sonder om dit te vermoed. 
Wat wreed met hulle kosbare lewens moet boet.


Openbaring 1307 
Die groot moondhede se beheer. 
Sondag 9 Januarie 2011 19:52
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oor soveel volke, ook nasies kom die opdrag nou skel.
Vir die geloof, ook volk en vaderland – so lui die bevel.
Om die vyand, ja, die vyand meedoënloos neer te vel.
Word soldate opgeroep- hul roep hul ouerhuis vaarwel.
Om vir die groot moondhede in die dood rond te dwel.

Vir die jeug is hulle toekoms- ook hulle dae, klaar getel.
In die matriks van ʼn outomaat mag niemand hul ontstel.
Oor soveel jare is vir die mensdom die volgende vertel.
Van populasies en menseregte- wat as ʼn eenheid tel.

In oorlog deur moondhede georkestreer, kom die bevel.
Om die vyand, ja, die vyand, meedoënloos neer te vel.
So ontbrand oor die planeet in spanning ʼn oorlogshel.
In soveel verskriklike bom, sterf miljoene deur skrapnel.
Maar daaroor mag die mensdom hulle glad nie ontstel.
In die opdrag van regerings moet hul sterf- dit is ʼn bevel.


Openbaring 1308 
Geweldige storms.

Sondag 9 Januarie 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek toekoms-storms so geweldig dat infrastrukture daaronder 
meegee en waarna mense nou heeltemal blootgestel aan die elemente is. 
Hierdie toestande is so erg dat veral ouer mense en ook jong kinders letterlik 
verdrink aan die groot hoeveelheid vog wat hulle inasem.


Openbaring 1309 
Haar unieke verhaal.
Maandag 10 Januarie 201108:20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die aarde roep: luister O’ my bewoners na my unieke verhaal.
Na my lof- ook klaaglied wat nou in die oneindigheid in spiraal.
ʼn Verhaal in die taal van mense, ook plante en diereryk vertaal.
Ja, ʼn verhaal van ʼn planeet met haar suksesse so fenomenaal.
In elke eeu- ook tydvak het ek al my doelwitte so sekuur behaal.
Triomferend in my wentelbaan was my mislukking so minimaal.
Van Mercurius tot by Pluto bewonder die planete my potensiaal.
Terwyl dooie hemelliggame- jaloers, oor my vrugbaarheid smaal.
Alhoewel so gering- voel ek selfs teenoor sonne nou so sosiaal.
Vanuit al die materiële wêrelde het Elohim op my neer kom daal.
So wie is daar wat nog wil insinueer ek is so uiters nietig en vaal.

Die aarde roep: luister my bewoners na my uitsonderlike verhaal.
Na my lofrede maar ook klaaglied wat in die oneindigheid spiraal.
Ja, oor my klaaglied oor my bewoners wat hul Elohim so kon faal.
Deur millenniums- geestelik krank- was meeste van hul terminaal.
In moord en doodslag, ja, in oorlog behandel hulle mekaar brutaal.
Hulle verslind mekaar- so dikwels vind ek in hul ook die kannibaal.
Ja, stamme ook nasies en volkere veg in hulle bloedlus so banaal.
My oppervlak die skeur hulle oop, ja, agter goud en ook baie staal.
Met Mammon as hul god ontsien hul niks, hul leef uitermatig rojaal.
Terwyl mineraal ook dier en planteryk so duur daaroor moet betaal.
Ook my seë word gestroop, ja, alles word onnadenkend uitgehaal.
Hul skeur my uitmekaar- in al my minerale sien hul net potensiaal.

So roep die aarde luid: luister my bewoners, na my unieke verhaal.
Ja, na my lof- ook klaaglied wat nou ewig die oneindigheid in spiraal.
In my wentelbaan om die son het ek getrou, jaar na jaar, loop haal.
Om my eie as gedraai, het ook ʼn maan so liefdevol om my gedraal.
Terwyl ek my in voorbereiding op die einde van nog ʼn tydvak staal.
Beweeg soveel hemelliggame van son tot son nou in ʼn reguit liniaal.
Terwyl die Rooi draak geniepsig met ʼn stert na my slaan so brutaal.
Staan soos altyd, baie bewoners voor God sonder enige potensiaal.
Maar ʼn paar word in ʼn wegraping vanuit hierdie bose wêreld gehaal.
Vir ʼn nuwe tydvak word ek voorberei, ja met splinternuwe potensiaal.
Ja, sodat die nuwe Jerusalem nou op my nuwe bodem neer kan daal.

Die aarde roep: luister na my O’ planete- na my uitsonderlike verhaal.
Na my lofrede, ja ook my klaaglied, wat nou jul oneindigheid in spiraal.
Na ʼn verhaal in die taal van son, maan, planete en meteoriete vertaal.


Openbaring 1310 
Die illusie van vooruitgang.

Vrydag 14 Januarie 2011 18:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ Wêreld, jy wat so oor jou vooruitgang wou fantaseer.
Jy het God getart, ja, met gruwels jouself gestimuleer.
Ten koste van jou aarde- al jou uitvindsels gepatenteer.
Soos ʼn onversadigbare poliep- jou op alles getrakteer.
Terwyl jy jou planeet op elke gebied, oral verrinneweer.
Met jou kerke, wat die mensdom in die leuen katkiseer.
Jy het hul geleer om oor Elohim se wet te murmureer.

O’ Wêreld, jy wat so oor jou vooruitgang kan fantaseer.
Elke sonde, ook elke gruwel, het jy blatant uitprobeer.
Terwyl jy jou Elohim openlik in alles net wou opponeer.
Jy het deur godslasterlike spraak die hemel getrotseer.
Jou beywer dat die kwaad oor die Goeie moet triomfeer.
Ja, die Suiwer Waarheid het jy in ʼn leuen getransformeer.
Baie geleer om met die klank van geld te kommunikeer.

O’ Wêreld, jy wat graag oor jou vooruitgang wil fantaseer.
Terwyl jy as die goedkoopste hoer voor Satan wil poseer.
Laat jy almal glo, dit is geld, ja, wat die aarde laat roteer.
Terwyl jou valse profete, onsin tot gemoedsrus profeteer.
Hoogmoedig tree jy na vore om te staan as ʼn opperheer.
Sodat al jou bewoners, nou teenoor God staan in afkeer.

O’ Wêreld, jy wat graag oor jou vooruitgang wou fantaseer.
Ja, om jouself van drek, tot ʼn grote god, te transformeer.
Kyk- geheel jou oppervlakte word nou brutaal omgekeer.
Water, ys en vuur kom in Goddelike oordeel op jou neer.
Terwyl jou aarde haar oop gaan skeur om jou te trotseer.
Gaan jy nou pateties probeer- om jouself te hergroepeer.
Maar O' wee, so verblind staan jy nou daar in jou kopseer.

O’ Wêreld, jy wat graag oor jou vooruitgang wou fantaseer.
Jy word nou in totale globale agteruitgang getransformeer.
Vir jou tot ʼn ewige oordeel stuur Elohim nou Sy Nasireër.
So word daar tot jou val nou so wreed teen jou geprofeteer.
Ja, deur soveel kataklismes word jy nou geteer en geveer.
Tot jou vernietiging- gaan Sion, in Waarheid kommunikeer.
Lank genoeg het jy die aarde – ook mensdom gedomineer.


Openbaring 1311 
ʼn Rooi atmosfeer.
Vrydagnag 14 Januarie 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek rook vanuit die grond trek en ek wil weet wat
brand, waarop ʼn Stem antwoord: dit is nie rook nie maar stoom, kyk;
lank genoeg het ʼn mensdom in sonde geloom, daarom is dit tyd vir die
oordeel om haarself te toon en binnekort word die atmosfeer rooi
gekroon, so word deur vulkaan die mens weer gehoon.


Openbaring 1312 
Lyke oral oor.
Saterdag 15 Januarie 02:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn herhaling van ʼn gesig wat ek versuim het om neer te skryf, sien
ek mense wat sonder enige oënskynlike rede dood in hulle beddens lê.
Waarna ek nou ook lyke tussen mense in treine, op busse en in vliegtuie,
ook besigheidsentrums, ja, op bykans enige plek sonder ʼn verklaarbare
rede dood sien lê.


Openbaring 1313 
ʼn Desperate vlug.

Saterdagnag 15 Januarie 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn naggesig sien ek vlugtelinge wat desperaat voor groot gevaar 
na die berge en afgeleë plekke vlug, terwyl hul in hul vlugtog alles
wat bruik- of eetbaar is stroop. Ook sien ek hoedat ʼn paar van die
vlugtelinge na mense op hul pad uitreik om hul oor die aankomende
gevaar te waarsku, hulle ook probeer oortuig om die vlugtog met hul
mee te maak, maar laasgenoemdes bly halfhartig en traag.


Openbaring 1314 
Mislukte transformasies.

Sondag 16 Januarie 2011 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Om hulself te laat geld roep ʼn wêreldorde om transformasies.
Die Wêreldbevolkings beaam dit soos papegaaie in resitasies.
Hulle roep: een vir almal en almal vir een maak ons dit basies.
Deur ʼn Billeamsleer onstaan basters in een orde rehabilitasies.
Die aarde sug en sê: op my oppervlak, woon nou die dierasies.
Ja, sy roep en vra: waar is die verskeidenheid van al die nasies.
Sy beweer: daar is net geen potensiaal, in die grys populasies.

Om hulself te laat geld roep vrymesselaars, vir transformasies.
So begogel ʼn eenwêreldorde ʼn mensdom met vele fieterjasies.
Op elke vlak van ʼn materiële bestaan bied hulle baie variasies.
Maar vanuit sanitêre infrastrukture kom die stank van lekkasies.
Ook spogwoonbuurte word omskep in verwaarloosde murasies.
Met ʼn ongure skrikbewind wat sy weg vind vanuit die lokasies.
Staan so aggressief voor die regerings nou die laaste generasies.

Om hulself te laat geld- roep owerhede nou om transformasies.
Die bevolkings moet naderstaan vir opvoedkundige konsultasies.
Maar in mislukking op mislukking eindig al hulle demonstrasies.
Maar tot verantwoording geroep: eindig afsprake in kansellasies.
Sonder enige toekomsvisie raak boosaardig nou die populasies.
So staan die groot moondhede nou self voor groot konfrontasies.
Die aarde dreun onder die voetgestamp van massas in vibrasies.

Om hulle self te laat geld roep die moondhede vir transformasies.
Vir almal tot voorbeeld gebruik hul Suid- Afrika vir demonstrasies.
Vanuit die groot gruwel verbastering- ontstaan nuttelose dierasies.
Die hemel besluit; vanuit dit onstaan daar geen verdere generasies.
So bring ʼn ruiter op die vaal perd deur die dood ewige sterilisasies.
Kataklisme, onlus, pes en plaag, raak in die tyd uiters dramaties.
So is dit die eindresultaat van ʼn eenwêreldorde se transformasies.


Openbaring 1315 
Welsprekend Gevoelvol- altyd Klassiek.

Sondag 16 Januarie 2011 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In Psalms klink die mooiste musiek.
Maar in die Spreuk fluister die liriek.
So waarsku openbarings in retoriek.
Ja, die Woord van God bly klassiek.

Hou so die gees in Wysheid aktief
Vra om meer insig, altyd asseblief.
Moet in selfsug niemand verontrief.
Wees vir jou broer in alles baie lief.

In Psalms klink die mooiste musiek.
Maar in die Spreuk fluister die liriek.
So waarsku openbarings in retoriek.
Ja, die Woord van God bly klassiek.

Staan beginselvas, ja, konserwatief.
Moet nie dat vrees jou ooit verontrief.
Wees teenoor die leuen altyd negatief.
Maar jubel oor Waarheid so positief.

In Psalms- klink die mooiste musiek.
Maar in die spreuke fluister die liriek.
So waarsku openbarings in retoriek.
Ja, die Woord van God bly klassiek.

Staan daarom vir jou God, so aktief.
Al behandel die lewe- jou baie stief.
Hou teenoor jou broer, nooit ʼn grief.
Kyk: God kom so skielik soos ʼn dief.

In Psalms klink die mooiste musiek.
Maar in die spreuke fluister die liriek.
So, waarsku openbarings in retoriek.
Ja, die Woord van God bly klassiek.


Openbaring 1316 
Vals profete en kerke.

Maandag 17 Januarie 2011 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Vanuit die kerke, ja ook katedrale.
Word nou gespreek in soveel tale.
Word vertel van die berge ook dale.
Van wysheid ver bo die van korale.
In teregwysings- lê wreed die hale.
In die sonde die oorsaak van kwale.

ʼn Vals profetekring vertel sy verhale.
Praat van een kudde in God se krale.
Met die eie ek wat wapper aan pale.
Lok hulle massas na stampvol sale.
Daar word gespreek in menigte tale.
In die eindtyd predik almal vir ʼn vale.


Openbaring 1317 
Twee oervriende.

Dinsdag 18 Januarie 2011 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel ontvang in sy sfeer- ʼn oervriend, so joviaal.
Hy nooi hom in en sê: kom kyk net na my joernaal.
Dit is nou tyd vir die wêreld- om hul skuld te betaal.
Ja, die hoer Babel het al haar volgelinge nou gefaal.
Daarom kom haar oordeel nou wreed, uiters brutaal.
Kyk; die konings en die grotes staan daar so asvaal.
In ʼn eensgesinde gees was daar toe geen potensiaal.

ʼn Engel ontvang in sy sfeer ʼn mens nou so astraal.
Tussen materie- ook Gees is daar nou ʼn oop kanaal.
In hierdie besoek kommunikeer hulle sonder omhaal.
Hulle bespreek ʼn taak in sy omvang uiters kolossaal.
Terwyl die vrees nou op volkere ook nasies neerdaal.
Besef die mensdom al hul pogings was uiters fataal.
Globaal staan almal nou uitgelewer so naak, ja, kaal.

So staan ʼn Engel ook ʼn mens samehorig bymekaar.
Terwyl die Gees dit nou openlik in die mens openbaar.
Spoed daar deur die ruimtes- die Adelaar- as ʼn paar.
Vanuit hul stand verskuif die pole so ook die ewenaar.
Iemand roep: die moeder van gruwels het klaar verjaar.
Kyk die handelaars wat die ruimtes en die seë bevaar.
Gaan verpletter- bewoë na Mammon se ewige val staar.

So staan twee oervriende in materie en gees bymekaar.
Die engel staan verstom- oor die mens se kommentaar.
Wat vertel; vanaf die ryke handelaar tot by die bedelaar.
Is daar bykans niemand op aarde meer oor- betroubaar.
Kyk na die stede, wat het die mens nie alles opgegaar.
Terwyl hulle net soos varke- in elke gruwel rondbaljaar.
Was hulle onbevoeg om Elohim se Waarheid te bewaar.

ʼn Mens ontvang in sy sfeer ʼn engelvriend nou so rojaal.
Hy vertel- my siel en gees beskik nou oor jou potensiaal.
Daarom raak in my taal ook God se oordeel nou brutaal.
Terwyl ook ek- oor die grote Babilon, se val gaan smaal.
So praat hemel en aarde in die oordeel saam in een taal.
Terwyl die Vaal perd sy biljoene vir die doderyk kom haal.
Staan die bankiers, ook grotes en konings, almal asvaal.


Openbaring 1318 
Raka die Damoen. 
Woensdag 19 Januarie 2011 17:49

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Bo in Afrika, in ʼn groen maar ook dorre Kameroen.
Vandaar heers Raka, sy eerste naam is Damoen.
Ja, hy is Damoen, met die duiwel, homself versoen.
In elke Afrikastreek verander hy maklik van fatsoen.

Met sy horrelvoet spring hy rond- met net een skoen.
Op donkermaan eet hy sy kos in die kleur vermiljoen.
In diaboliese bloedritueel vang hy ʼn spierwit kalkoen.
Hy meng dit met roet- ook Suid-Afrikaanse perlemoen.

Hy gooi dolosbene- ook ʼn grasgroen smarag ghoen.
Sonder dat hy sy haat vir die wit ras probeer verbloem.
Begin hy diabolies om die lig te vloek- ook te verdoem.
Omdat duister Afrika- sy werke in die nag moet doen.
Gee hy slinks voor hy het hom met die Weste versoen.
Terwyl hy sy haat vir hulle- met moeite moet verbloem.
Trek hy so slinks aan sy horrelvoet ʼn ontwerperskoen.
Terwyl al sy indoenas hulle onder die ewenaar versoen.
Staan teenoor ʼn skamele handvol, slegs ʼn paar miljoen.
Die Damoen se swartmag- sy impies ver verby die biljoen.

Vanuit Afrika, vanuit ʼn groen maar ook dorre Kameroen.
Tot ver onder in die Suide- daar woon Raka die Damoen.


Openbaring 1319 
Die
 heel laaste skakel.
Donderdag 20 Januarie 2011 12:44

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Lank gelede is ʼn leuen in valse waarheid omgeskakel.
So raak ʼn oeroue handleiding net ʼn ou verslete fabel.
Daardeur spreek ʼn fantasie met die naam van Babel.
Tot ʼn wêreld se ondergang en val- ʼn enorme debakel.

Uiters belangrik sit so baie ridders om die rondetafel.
Vir koningshuise word vrymesselaars nou die skakel.
Hulle stuur vele mensgemaakte wette oral van stapel.
Godslasterlik word Elohim- na Mammon omgeskakel.
So word die nasies nou deur manipulasies toegetakel.

Oor die wêreld brand daar helder ʼn een-orde se fakkel.
Uit die Vatikaan, kom ʼn baie dom pous, se gehakkel.
Terwyl sy kerke, gruwelleuens, as waarheid uitbabbel.
Stuur ʼn wêreld nou af op ʼn heel laaste groot debakel.

So val daar binnekort in Egipte- nou ʼn baie hoë dadel.
Wat tussen Israel en Gaza- in ʼn oorlog kan verhandel.
In hierdie tyd wend Sion haar tot haar eie groot Orakel.
Tussen hemel- ook aarde bly sy die heel laaste skakel


Openbaring 1320 
Die doodsengel bring besoek.
Vrydag 21 Januarie 2011 12:39

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hemelwesens bring aan ʼn land hulle heilige besoek.
Hulle lag oor stommiteit wat hulle kwalik kon vermoed.
Met ʼn swaksinnige intelligensie wat alles ondersoek.
Bring dit geweldadig aan die heel swakste ʼn besoek.
Aan ʼn slapende hond- wat goedig niks sou vermoed.
Die word nou so brutaal vir gevaarlike vlooie deursoek.

Daardeur druk hulle soveel onseker mense in ʼn hoek.
Hierdies wonder angstig- waarna word regtig gesoek.
Hulle is geprikkel- daarom wil hul self ook ondersoek.
Globaal ruik daar iewers ʼn rot- dit is wat hul vermoed.
Met ʼn nuwe ywer ondersoek hul nou die groot boek.

Hemelwesens bring aan ʼn land hulle heilige besoek.
Staan verstom oor sotheid wat hul nooit kon vermoed.
Oor ʼn swaksinnige intelligensie wat alles ondersoek.
Ook desperaat klou- aan die brokstukke van ʼn koek.
Lank genoeg is God onderskat en so openlik versoek.
Oor hierdie powere intelligensie kom ʼn enorme vloek.
Met ʼn doodsengel so brutaal om hul huise te besoek.
Binnekort gaan vele wens hulle het God nooit versoek

Openbaring 1321 
ʼn Huldeblyk aan die Heiliges.
Vrydag 21 Januarie 2011 15:20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soveel gestorwenes wat daagliks na Hades moet aanstryk.
Ja, elke siel word so noukeurig- ondersoekend deurgekyk.
In die grote hemel word so eerbiedig gebring die huldeblyk.
Aan al die martelare- so geweldadig vir hulle saak beswyk.
Maar in Sheol se onheilspellend donker-duister skimmeryk.
Daarnaas die poel van vuur- die meer van ontbindende slyk.
Grynslaggend wink en wag daar ʼn kopbeen in die doderyk.
Vir die moordenaar aan wie se hand ʼn heilige sou beswyk.

Soveel gestorwenes wat daagliks na Hades moet aanstryk.
Terwyl soveel tevergeefs verlangend na die hemelpoort kyk.
Wat so graag desperaat aan God wil bring- hulle huldeblyk.
Wat smagtend wens hulle het hul siel met die goeie verryk.
Maar onder die sweepslag van demone- moet hul aanstryk.
Met hul lewensberekeninge, het hulle heeltemal mis-geyk.
O' hoe wens hul nie, dat hierdie donkernag weg moet wyk.
Maar aan hulle hande kleef die bloed van die heilige se lyk.

Soveel gestorwenes wat daagliks na Hades moet aanstryk.
Wat smagtend hoop hulle vertoef tydelik in verbeeldingsryk.
Terwyl hul desperaat, hulpsoekend na die kosbaar lewe kyk.
Hoonlag so uittartend daar die dood- vanuit die skimmeryk.
Vanuit die hemel word daar slegs gebring, ja die huldeblyk.
Aan al die martelare, so geweldadig, vir hulle saak beswyk.
Open vir hul so verwelkomend, die poorte van die hemelryk.
Terwyl hulle name in goue letters nou daar heelbo-aan pryk.


Openbaring 1322 
Sonder vrye wil onder illuminatiebeheer.

Saterdag 22 Januarie 2011 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Aan die einde van ʼn tydvak, ja, in die laaste tydsverloop.
Voel geheel die wêreld- in ʼn doodloopstraat vasgeloop.
So is die massa-siel, deur die eenwêreldorde uitgekoop.
Met leë oë- staan meeste- van die goeie hoop gestroop.
So staan globaal ʼn mensdom van hul vrye wil gesloop.
In die bitter wanhoop- daar is die massas nou ingedoop.
Laat daarom maar God se water oor God se akker loop.
Die valse filantroop- die antichris- se kraal is wawyd oop.
Terwyl die massa met dooie oë net wil koop en verkoop.

Aan die einde van ʼn tydvak, ja, in die laaste tydsverloop.
Daar ploeter die mense voort met voete swaar soos lood.
Aan die einde van hulle lewensweg wag as loon die dood.
Van ʼn vrye wil gestroop staan hulle met leë siel ontbloot.
Met ʼn dobbelsteen se val is hulle meedoënloos uitgeloot.
Ja, die vrye wil staan onder die merk van die dier se poot.
Met soveel siellose massas, wat nou aan Satan behoort.
Luidrugtig klap die sweep en dawerend oral oor die skoot.
Voorwaarts mars vir ʼn groot despoot so gaan almal voort.
Tragies ploeter hulle voort na ʼn massagraf- ʼn wêreldsloot.
Na Hadesland, sonder vrye wil, na ʼn niemandslandstrook 

Aan die einde van die tydvak, ja, in die laaste tydsverloop.
Met ʼn eie wil verpand, laat ʼn illuminatie, sy wet nou hoor.
Nêrens meer ʼn bietjie Goed, ja, alles voel so vuil- ook goor.
Luister na die droewige begeleiding van ʼn enkele tenoor 
Tevergeefs die massaklaaglied, die mens se treurige koor.
Terwyl ʼn eenwêreldpolisiemag, alles voor die voet uitmoor.
Word so meedoënloos vir die rykes- agter rykdom geboor.
Terwyl die nasies so verslae hul eie oordeel moet aanhoor.
Ween daar die massas, oor ʼn vrye wil vir ewig nou verloor.

Aan die einde van die tydvak, ja, in die laaste tydsverloop.
Raak planeet Aarde nou ʼn wrede, ja, ʼn ongewenste oord.
Met bose ryp vrugte wat as ʼn opbrengs aan Satan behoort.
Met gruwels vir die woordeskat, onmoontlik om te verwoord.
Met ʼn wêreld, ja, wat as slawe nou aan Lucifer behoort.
Word hier en daar nog die vrye wil, verkrag in wrede moord.
So raak die werke van die wêreld voor God nou ongehoord.
Maar ʼn handvol bly verseël- versteek, ja, God se eie soort.
Waar die Goddelike vrye wil- aan die uitverkorenes behoort.
Daar waar Elohim se Goeie water oor Sy Goeie akkers loop.
Word die belofte van ʼn nuwe vredesryk, in hul hart gestoor.


Openbaring 1323 
In ritme en klank.
Sondag 23 Januarie 2011 10:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In die ritme en klank- ook frekwensie en sang.
Reik uit na die onsienlike- die menslike drang.

In die ritme en klank- ook frekwensie  en sang.
Homosapiens wat so na liefde en God verlang.

In die ritme en klank- ook frekwensie en sang.
Emosionele klankgolwe- in ruimtes vasgevang.

In ritmiese klank- in frekwensies en dreunsang.
Slagoffers in vrees vir ʼn volksmoord vasgevang.

In dromme se klank met barbare se dreunsang.
Staan die minderheid verlore eensaam en bang.

In selfoonklank in eentonige deuntjie vasgevang.
Met ʼn doodsboodskap oor ʼn hele land ontvang.

In ʼn liberale klank klink die wêreldorde se sang.
Vir soveel idiote in selfmoorddrange vasgevang.

In dweperige klank- klink eentonige kerkgesang.
Draai in versoening na almal ʼn kruiperige wang.

In hoewegedonder die klank so ritmies vasgevang.
Met ʼn Vaal-perd wat runnik- beurend in sy stang.

So klink sterwende sang in klaaglied vasgevang.
Terwyl ʼn bloedswaard oor ʼn volk se hoof hang.

In lieflike hemelklank, frekwensie ook engelesang.
Die Lied vanuit Sion, wat na haar Elohim verlang.

Ja, in die ritme en klank en frekwensie ook sang.
Reik na die Elohim en ewigheid- die menslike drang


Openbaring 1324 
ʼn Ou gelofte in die laaste uur.
Maandag 24 Januarie 2011 17:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

O’ Abba Vader, U is die Elohim van die hede, die toekoms, maar ook weleer. 
U is die God van Abraham, Isak en Jakob wat ʼn ou gelofte ten koste van ʼn wederstrewige en hardnekkige volk eer. U is die God van Israel wat die vaders 
besoek aan die kinders om toekomende geslagte te leer, om hul God ewig altyd 
lief te hê, te respekteer, ook te eer. U is Elohim die Skepper wat sonnestelsels, 
ja, die totaliteit na U goeddunke en hand formeer, sonder dat enige wese U in U raadsplan of besluitneming kan leer of keer. O’ Abba Vader U laat die son in die 
Ooste opkom om dit saans na die Weste te keer en slegs op U bevel het die planete 
om hulle eie as begin roteer en so word die ratwerk van die tyd slegs alleen deur 
U wil beheer. O’ Ewige Ontoeganklike Lig wat ewig oor die duisternis triomfeer, U 
het niks onaangeraak gelaat om die nietige mens oor die Liefde te kom leer, ja, by monde van profete het U met hulle gekommunikeer- as Koning Melgisedek het U 
self eens die mens kom leer- ook later as die Seun van die mens U so Liefdevol en nederig na hulle gekeer. O’ God, U het aan ʼn kruis gesterf om persoonlik deur U 
dood die hel vir drie dae om te keer, sodat glansryk U stralende Lig oorwinnend 
oor die duisternis kon triomfeer. O’ Abba Vader U is die Elohim van die toekoms, 
die hede, ook van weleer. U is die God van Abraham, Isak en Jakob wat ʼn ou verbond 
ten koste van ʼn gruwelnageslag eer. In die doodsnikke van hierdie tydvak het U 
terwille van Israel alles probeer, maar in hulle liefde vir ʼn verlore wêreld bly hulle van 
U wegretireer, waar hulle in Hades vir ondenkbare tye tevergeefs gaan murmureer. 
So het U nou vir die laaste keer die uurglas omgekeer. Maar kyk daar staan ʼn handvol
vir die nuwe Jerusalem self deur U genomineer, die laaste skakel in die kronieke van 
Jakob, ja, die mak olyftak wat U op die Boom van die Lewe gaan okuleer.


Openbaring 1325 
Beproewing en verlossing.

Dinsdag 25 Januarie 18:04 5
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer

Soos ʼn simfoniekonsert met die swaar komposieë van Bach.
Waar waardering ontbreek by ʼn gehoor met nodige ontsag.
Soos ʼn naakte winter- so weerloos sonder die somersdrag.
So onheilspellend sonder die maan- vertoon die donker nag.
Soos ʼn nuttelose stuk lap wat trots wapper as ʼn landsvlag.
Soos goedkoop koeke versier- staan vele kerke in hulle prag.
Soos enige afgodstempel skuil daar in hul geen wonderkrag.

Soos ʼn ster wat verskiet aan ʼn hemelruim in sy ewige wag.
Soos ʼn volk wat so tevergeefs roep om eenheid en eendrag.
Soos die bokkie wat daar weerloos vlug in die eensydige jag.
Soos die reine maagd- wat so verneder kerm- in die verkrag.
Soos ʼn snik langs ʼn graf sonder blydskap van vrolike gelag.
Soos die stilte na die chaos van ʼn groot aardbewing se slag.
Soos ʼn mislukte oes, skaam oor minderwaardige, karige drag.
Soos die witman in Suid-Afrika nêrens kan gaan met sy klag.

Met niemand wat luister na die vele statistieke in die verslag.
Ja, soos ʼn bevolking wat niks meer van die toekoms verwag.
Soos eiendomsreg wat verander in nuttelose, waardelose pag.
Breek nou die moed van ʼn volk- wat desperaat op God wag.
Soos bruidsmeisies wat te lank op die Bruidegom moes wag.
Wat hulle feesklere nou veruil vir somber kanfer- ook roudrag.
Wat met die dood flankeer en mooi vra kom haal ons net sag.

Maar soos ʼn dienskneg wat trou op sy Meester se koms wag.
Wat onwrikbaar wéét- God kom op Sy beloofde glansryke dag.
Ja, soos die donderweer en bliksemstraal se harde sweepslag.
Kom Elohim vir Sy getroues onverwags soos ʼn dief in die nag.
Sy uitverkorenes word gevul, met ongelooflike- Goddelike krag.
Terwyl ʼn groot oordeel op ʼn verrotte mensdom en wêreld wag.


Openbaring 1326 
Raka se emosie.

Woensdag 26 Januarie 2011 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Koestend en hinkend- Raka wat daar sluip.
Soos ʼn gewonde- haas hy hom na ʼn kuil.
Om so daar teen sy emosie te gaan skuil.
Wie sou kon raai dat Raka ooit so kon huil.

Koestend en hinkend- Raka wat daar sluip.
Terwyl hy so kermend in die stof rondkruip.
Met ʼn smart- wat hy vir ʼn woede wil verruil.
Wil hy die aarde nou met baie bloed bevuil.

Koestend en hinkend- Raka wat daar sluip.
Oor ʼn oudste wat na ʼn donker donga kruip.
Ja, Raka huil, terwyl hy vir emosie wegkruip.
Maak hy hom reg om in wraak bloed te suip.


Openbaring 1327 ʼn 
Visioen oor Engeland
Woensdagnag 26 Januarie 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen staan ek en my seun in Engeland terwyl almal ywerig
besig is om hulle vir ʼn fees te klee, wat my onwillekeurig laat dink
dat dit moontlik vir prins William se troue kan wees. Skielik is daar
ʼn onvergelykbare- oorverdowende slag, wat dit laat voel asof ʼn komeet
die aarde getref of andersins ʼn aardplaat wat meegegee het en selfs
die flitsende gedagte van ʼn atoombom is nie uitgesluit nie. Waarna
Engeland summier begin sink en terwyl ek myself skielik in die oop see
bevind, begin die landbrokstuk waarop ek staan ook onder my verbrokkel.
Hierdie visioen was uiters traumaties alhoewel ek besef dat dit dalk
moontlik ʼn geestelike konnotasie kan hê.


Openbaring 1328 
Waardeloos deur hul eie toedoen.
Saterdag 29 Januarie 2011 10:08
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Volmaakte wese land op ʼn planeet wat as Elohim se voetbank moet
dien, ja, ʼn engel open sy mond en roep met ʼn groot stem: in die
hemel ook op die aarde het ek alles gesien, vanaf die begin tot die
einde in die diereriem het ek gesien dat Elohim niks in Sy Groot
Liefde en Genade vir die mens ontsien. Die engel roep: ek het gesien
hoe word die hemel se hoogste verwagting hul grootse teleurstelling
wat die hel as hul tuiste sou deurpriem. ʼn Engel roep met ʼn groot
rou stem: ek het gesien hoedat ʼn Heilige volk- veronderstel om as die
Adam oor Elohim se skepping te dien- ontaard in ʼn egoïstiese
selfgesentreerde volk, wat behaagsiek ten koste van hulle eie, maar tot
voordeel van wêreldgewin hul oorheerser so kruiperig dien en ek het
gesien hoedat Elohim hul tot op die laaste verotte korrel in ʼn
Godverlate toestand uitspuug, ja, waardeloos deur hul eie toedoen
heeltemal uitgedien. ʼn Seraf open sy mond om met ʼn groot stem te
roep: in die hemel ook op die aarde het ek alles gesien, vanaf die
begin tot die end, alles onder die diereriem. Ook het ek Elohim as die
Liefdevolle Goeie Saaier gesien. Maar vanuit geheel ʼn globale oes,
het ek slegs ʼn handvol goeie saad, tot ewige aktiewe hemeldiens sien
ontkiem.


Openbaring 1329 
 ʼn Pikswart kleed vir Februarie 2011
Saterdag 29 Januarie 2011 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die jaar van bloed word wêreldwyd die wraak ontsteek.
So gaan die tweede maand van twintig elf nou aanbreek.
Ja, Februarie wat in smart so gaan uitroep in elke streek.
Terwyl ʼn wrede bloedlus nou wêreldwyd uit gaan breek.
Begin so die valse vrede om nou teen dit self te spreek.
Met die politikus wat tevergeefs om genade gaan smeek.
Terwyl niemand meer hulle hand in eie boesem wil steek.
Begin oral oor die laaste naasteliefde nou ook ontbreek.

In die jaar van bloed, waar die dood oral sy kop uitsteek.
Is dit nou die tweede maand van twintig elf wat aanbreek.
Terwyl die wêreld meer intense kataklismes gaan beleef.
Is vloed, modderstorting en aardbewing nou op volle dreef.
terwyl die bittersoet stank van die dood nou alles omgeef.
Staan die son tussen vulkaan-as nou so krom, ook skeef.
Terwyl pessiektes ditself deur die lug en water kom weef.
Kom die dood, ja, op die vlerke van baie voëls aangesweef.
Terwyl die tweede maand- menigtes so angstig laat beef.
Roep vele angstig: wat wag onder die teken van die kreef.

In die jaar van bloed waar agteruitgang- nou kop uitsteek.
Waar volke en nasies aggressief van hul owerhede wil weet.
Terwyl die mensdom net krommer buig onder soveel leed.
Met ʼn valse maatstaf van vrede word daar vir hul gemeet.
Deur soveel ellende, ook chaos kry die dood hul nou beet.
Met hongersnood wat roep binnekort is daar min om te eet.
Word omgord die maand Februarie- met ʼn pikswart kleed.
Terwyl die volke en nasies tevergeefs ween oor soveel leed.


Openbaring 1330 
Iets om te bepeins.
Sondag 30 Januarie 2011 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Wie is daar wat met wawyd oop oë in die son kan tuur.
Wie is daar bevoeg- om te kan bereken, die laaste uur.
Wie is daar wat as vals profeet God se diens wil verhuur.
Wie is daar wat dink, hy is die engel Gabriël  se portuur.
Wie bestaan, wat ooit verstaan- elke gril van die natuur.
Wie onder ʼn mensdom verstaan die skrif teen die muur.
Wie is daar wat die gesig van die Leviatan kan verduur.
Wie wil beweer- hy was eens net ʼn frats van die natuur.
Wie verbeel hom hy is bevoeg- om te kom met ʼn kuur.
Wie dink hy kan die sonde van die mens af kom skuur.
Wie is daar wat Elohim se sake, ja, vir Hom wil bestuur.
Wie is daar wat die Waarheid- met ʼn leuen wil glasuur.
Wie het Elia na die aarde met ʼn suiwer opdrag gestuur.
Wie se Woorde brand daar van Sy tong soos warm vuur.
Wie is daar wat die groot oordeel van Elohim kan verduur.

Daar is niemand wat met sy oop oë in die son in kan tuur.
Niemand behalwe Elohim- bepaal die tydvak se laaste uur.
So gaan al die valse profete hulle eie oordele moet verduur.
Daar is geen mens wat verstaan, ja, die wet van die natuur 
Slegs ʼn nederige van hart- verstaan die skrif teen die muur.
Net ʼn suiwer engel kan die gesig van die Leviatan verduur.
Na God se wil- is die draak gekluister- in sy enorme natuur.
Slegs die volmaakte wedergeborene- is Gabriël - se portuur.
Elkeen wat vals spreek wil Elohim se sake vir hom bestuur.
ʼn Valse Babilon, met ʼn valse leer, propageer ʼn valse kuur.
Elkeen wat oordeel- wil ander hardhandig skoon kom skuur.
Elke vals profeet probeer hoogmoedig sy eie leuens glasuur.
Elohim het Elia drie keer na die aarde met ʼn opdrag gestuur.
Elohim se eie Woord brand van sy tong soos gloeiende vuur.
Niemand onder Elohim se son- kan God- se oordeel verduur.
Ja, daar is niemand wat met oop oë direk in die son kan tuur.


Openbaring 1331 
ʼn Gesig oor oorlogsugtiges.
Sondagnag 30 Januarie 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn naggesig sien ek ʼn koning wie se kop afval waarna sy liggaam
ook omval en naas sy lyk ʼn afskuwelike hofnar wat histeries daaroor
lag. Vanuit die koning se nek spuit strome bloed wat in verskillende
rigtings vloei waarna dit in dodelike giftige slange verander wat
oorlogsugtig onder mekaar begin te woed.


Openbaring 1332 
Enorme ongelukke oral.
Maandag 31 Januarie 2011 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn visioen sien ek enorme hope verwronge metaal rondlê, waartussen
ek die wrakstukke van vliegtuie, treine, busse en skepe sien en ek hoor
ʼn stem wat sê daar wag enorme ongelukke in die lug sowel as op land
en ook in die see, ook deur die chaotiese toestande op aarde raak dit
moeilik om te beweeg.


Openbaring 1333 
Brandstofskaarste.

Maandag 31 Januarie 2011 16:05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn visioen sien ek groot skares mense wat beteuterd met leë
brandstofhouers rondstaan en ek hoor ʼn stem vra: is dit alweer 
die Ooste of is dit weer die Weste op sy beste.
 

Openbaring 1334 
Hou moed en lig julle hoof.
Maandag 31 Januarie 2011 21:20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met ʼn stem wat wanhopig roep- het julle gehoor.
Met ramp op ramp, wat bly van die toekoms oor.
Met vrees op vrees, wat die mensdom versmoor.
Met die fatale vraag- wie word volgende vermoor.
Met onlus op onluste- wat kom in ʼn dubbeldoor.

Met besmette water- laat staan maar die chloor.
Met ʼn vooruitgang wat alles tot ondergang toor.
Met die wêreldorde-wedloop, waar almal verloor.
Met infrastrukture by die dag net meer ontspoor.
Met baie diere- wat sonder rede hul lewe verloor.

Met ʼn wêreld sonder enige hoop voel alles goor.
Met onlus wat kop uitsteek in die land van ivoor.
Met soveel wat moor bly die mens die karnivoor.
Met Raka wat jag bly hy so op ʼn prooi se spoor.
Met vrees in beheer- het baie reeds klaar verloor.

Met ʼn ja-stem- is ʼn leuen aan die kiesers beloof.
Met ʼn volk wat hulle vir ʼn dooie toekoms afsloof.
Met masjinerie wat so ʼn mooiste land oopkloof.
Met die planeet van soveel kosbare skatte beroof.
Met ʼn aarde wat ruk, ook bewe onder katastroof 

Met ʼn volk in sy patriotisme- heeltemal uitgedoof.
Met gemeentes, vir Lig en Waarheid, blind en doof.
Met lippe wat sonder liefde vir Elohim probeer loof.
Met Satan wat miljoene siele, ja, gewetenloos roof.
Met boosheid wat dit self op die end gaan onthoof.

Met Engele wat hoopvol roep: maak God julle hoof.
Met ʼn Woord wat desperaat roep: klou aan geloof.
Met ʼn Lied wat aanmoedig- om Elohim te bly loof.
Met die hemel wat roep hou moed en lig julle hoof.
Met die belofte wat bevestig ʼn vredesryk is beloof.


Openbaring 1335 
Daar sal jy My kry.
Woensdag 2 Februarie 2011 01:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op die vlerke van Wysheid- wou ek na God ry.
Met my gees wat roep: O’ God by U wil ek bly.
My sondes het ek so tot vervelens voor U bely.
Ja, ook in U groot werke my so dikwels verbly.
Maar steeds roep my hart: O God ek wil U kry.
Ja, by U kosbaar voete wil ek my graag neervly.

Heel onverwags antwoord U eendag toe vir my.
O’ Kleine kind- weet, as jy My so graag wil kry.
Moet jy vir ewig in die groot- ook tere Liefde bly.
Weet; van jou sondeskuld is jy ook reeds bevry.
Daarvoor het Ek lankal vir jou aan ʼn kruis gely.

Maar weet mensekind- jy wat My graag wil kry.
In die geloof, ook hoop en liefde is waar Ek bly.
In die standvastigheid en lojaliteit sal jy My kry.
My Heilige Gees wat jou die waarheid in sal ly.
In nederigheid, kan jy jou, by My voete neervly.
Ja, in ʼn saal van vryheid moet jy na My toe ry.

Maar weet, O Kind, as jy my graag regtig wil kry.
In ʼn hart van die suiwer Boer daar sal jy My kry.


Openbaring 1336 
Vergeet hierdies nooit.
Woensdag 2 Februarie 2011 13:35
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So was die stene van die Boerefondament vanuit die weeshuis gewees. 
Ook spruit die krag van hierdie volk uit die gebede van opregte weduwees, 
met die helde vanuit hierdie volk, as martelare, bykans altyd agter tralies 
gewees. Weet daarom wanneer julle die laaste sekondes van hierdie tyd 
reg raak begin te lees. Vergeet nie van die weeshuis, die kinders uit jul volk, 
alleen en wees, ja, vergeet ook nie van die swakke weduwees, maar bowenal 
vergeet nie van jul helde in die tronke steeds. Die eerste stene vir die fondasie 
vir die nuwe vredesryk gaan weer vanuit die wese wees, wat oor hul gaan 
ontferm die moederhart van die volk se weduwees. As nuwe patriarg sal heers, 
ook hul wat eens as helde in tronke sou wees. Laat daarom die sterk manne 
en vroue onder julle vir ʼn oomblik in stilte wees, sodat My Gees in Leierskap 
in julle sfeer kan heers en julle daarom die laaste oomblik van die tyd reg raak 
kan lees en daarom weet, vergeet nooit, van jou makker in die gevangenis so 
stil bedees, vergeet ook nie in jou midde jou weduwees, maar bowenal vergeet 
nooit- ooit, in jou vredes-toekoms, daar skuil weer die swakke wees.


Openbaring 1337 
ʼn Gevaarlike spikkel.
Vrydag 4 Februarie 2011 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos ʼn jongmeisie, wat daar vrolik wikkel in ʼn hoepel.
 Vertoon sy haarself sprankelend, sierlik- ook so soepel.
Terwyl sy soveel verborgenhede- in haar hart verdoesel.
Soos ʼn bose wêreld, siek-vrolik, in oorheersing huppel.
Terwyl baie teenoor mekaar opruk, met wrede knuppel.
Uiters intens- maar kortstondig die heilige se gesukkel.

Met die aarde onder soveel kataklisme nou so kruppel.
Verskyn aan die hemelwand- ʼn baie gevaarlike spikkel.
So verdor die veldvrug, ja die Moepel en ook die Mispel.
Terwyl aandwind treurig oor dodelike besoedeling lispel.
Versprei ʼn eenwêreldorde steeds haar leuenagtige fabel.
Ja, soveel leuens stuur die media globaal oral van stapel.
Om ʼn mensdom span wêreldwyd ʼn hongersnoodkabel.
Maar hulle wend hul na elke afgod, ja na ʼn valse orakel.

Terwyl die tydvak nou vrolik- vinniger na sy einde huppel.
Skink die groot hoer- vir haar volgelinge nou dubbel.
Tevergeefs op haar gemeentes se wang- ʼn traandruppel.
Aan ʼn hemelwand verskyn daar so ʼn gevaarlike spikkel.
Te laat wil menigtes- hulle in gereedheid, begin te wikkel.
Die mensdom self het kwaad tot sy ondergang ontwikkel.


Openbaring 1338 
Afrikaner jy gaan agterbly.

Vrydag 4 Februarie 2011 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos in vervloë dae- het ʼn volk weer ʼn ou slawejuk aanvaar.
Met die glans van Mammons-loon kon hul nie hul val gewaar.
Soos wat jare kom en gaan raak dit vir hulle nou baie swaar.
ʼn Eens uitgekose volk raak week, ja, so swak en kwesbaar.
Maar niemand in ʼn wye wêreld luister na hul klag of beswaar.
Uit hulle eens so trotse midde staan oral oor nou die bedelaar.
Honend, liberaal, lag uit hul midde ook die onrein verbasteraar.
Gekneus, geknak, vergruis lê eenkant die eens trotse adelaar.

Met ʼn toekoms verspeel- heilige volk, jy was net ʼn dobbelaar.
Trots wou jy insmelt, ook saampraat op elke wêreld-seminaar.
Dom geglo- ʼn wêreld gaan ook luister na jou slim kommentaar.
O, slaaf stilswyend moet jy luister na die bevel as die luisteraar.
Terwyl jy onderdanig en buigend moet kruip voor jou veroweraar.

Ja, jou Godgegewe land, ook jou toekoms dit kon jy nie bewaar.
Sonder enige slag of stoot, gee jy dit oor sonder enige beswaar.
Jy kniel en buig voor ʼn valse god, ja, jou kerk die groot leuenaar.
Terwyl jy voorbarig eis- dat God jou in hierdie tye moet bewaar.
Maar net soos in vervloë dae het jy weer die slawe juk aanvaar.
Was jy steeds maar nog eenkant soos ʼn eensaam kluisenaar.
Wat jou wette en sedes respekvol voor jou Elohim kon bewaar.

Vertrapte volk- wat staan jy verdwaas- soos ʼn slaapwandelaar.
Jou loon word nou vanuit die oordeel tot jou val vir jou uitgebaar.
Kyk, in jou midde- daar staan jou gruweloffer as die onrein paar.
Vanuit jou kerk daar hoonlag Satan, skaterend as die towenaar.
So lê jou toekoms verpletter onder die voetsool van die wiggelaar.
In vrees ruk en bewe jy met jou hart wat nooit weer gaan bedaar.

Al jou goeie graan lê oral wêreldwyd, ja vir ander is dit opgegaar.
As die seën van die aarde was jy eens die hartklop van elke aar.
Maar jy het jou Elohim se Liefde vertrap en Sy Goeie Hart beswaar.
Luister daarom gevalle volk na jou oordeel in hemelse kommentaar.
Dit is nanag- met ʼn haan wat driemaal kraai- is dit met jou klaar.
Met ʼn sekel wat slaan word net ʼn handvol uit jou midde bewaar.


Openbaring 1339 
ʼn Nuwe liggaam sal opstaan.

Saterdag 5 Februarie 2011 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Maar vanuit die as sal daar ʼn nuwe liggaam opstaan.
Vanuit ʼn onblusbare vonk wat niemand kan verstaan.
Wat almal met intelligente denke- dronk gaan slaan.
Herrys daar ʼn kind wat opgroei tot ʼn man van naam.
Daarom word ʼn uitgediende liggaam tot stof verslaan.

Uit die geskiedenis het daar ʼn siek liggaam ontstaan.
So onrein en melaats dat selfs die hemel sou skaam.
Met ʼn hoof van Goud, as meester, oor alles gestaan.
Met ʼn bors van silwer het die glans klaar weg-getaan.
Met ʼn buik- lende van koper, was dit bykans vergaan.
Met bene van yster met roes klaar oral so deurgeslaan.
Met voete van klei en yster in potyster was dit gedaan.

Maar in die klippie- wat dit daarop sou stukkend slaan.
Daar skuil ʼn vonk van ʼn suiwer nasie wat op sal staan.
Daarom Babilon is dit te laat om nou bont te wil staan.
Kyk, al jou planne so sorgvuldig deur die eeue beraam.
In jou val in ʼn ewige afgrond so heeltemal van die baan.
In jou hoogmoed gedink om na die hemel te kan slaan.
Om ʼn tere kind van Elohim te trap- om op hul te staan.

Die Wêreldorderyk- word deur die nietige krag verslaan.
Vir die duisendjaar vrede- sal ʼn nuwe liggaam opstaan.
Met ʼn nuwe hoof- waaruit Wysheid- oor almal sal gaan.
Met ʼn bors waaruit ʼn nuwe hart, die liefde sal verstaan.
Met ʼn buik en lende van vaste wil- maar verdraagsaam.
Op bene van toewyding wat ewig, stewig, vas sal staan.
Op kragtige voete van geloof wat net na Elohim sal gaan.

Ja, vanuit die vertrapte volk sal ʼn nuwe liggaam opstaan.
Wat so glansryk so skitterend teenaan Elohim sal staan.


Openbaring 1340 
Eienskappe van die ewige lewe.
Maandag 7 Februarie 2011 10:41
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek wou weet wat ek benodig om die ewige lewe te verdien.
Waarop Elohim my antwoord: om in die Gees- te ontkiem.
Wanneer jy nou in jou soeke na die ewigheid niks ontsien.
Moet verseker nie een van die volgende eienskappe oorsien.

Weet onwrikbaar; GELOOF- is sonder om iets hoef te sien.
Weet- GENADE- is alles uit ELOHIM se hand so onverdien.
Weet dat LIEFDE- sonder kompensasie die naastes dien.
Weet- HOOP- is vaste vertroue en verwagting in jou Elohim.
Weet- NEDERIGHEID sal hoogmoed in haarself nie oorsien.
Weet wanneer jy Elohim met ERNS soek sal jy HOM sien.
Weet- met al jou deursettingsvermoë sal jy in Gees ontkiem.


Openbaring 1341
Kyk, Ek is hier.
Maandag 7 Februarie 2011 12:38

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ mensekind, waarom voel jy weer so alleen en wees.
Terwyl die eensaamheid jou aardse wese wil oorheers.
Waarom wil jy so op die vlerke van My saligheid sweef.
Terwyl Ek in soveel fasette om jou, in soveel Liefde leef.
Ja, uit die oë van jou kind, kyk Ek na jou, lankal reeds.
Ook in die liefde van jou eie suster daar skuil my Gees.
Deur jou geestelike broer wil Ek ook altyd by jou wees.
Terwyl Ek jou deur vriende met My Grote Liefde omgeef.
Vanuit die hart van My volk kom Ek na jou aangesweef.
Ook is jy deurdring met My Woord- O’ wat ʼn grote fees.
Terwyl jy saam Sion hierdie belangrike tyd gaan beleef.
Ook by die brakkie by jou voete, daar wil My Liefde wees.
Voel daarom O’ mensekind, nie meer so alleen en wees.


Openbaring 1342 
Vreugde oor My kinders.
Dinsdag 8 Februarie 2011 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wie sou dit ooit kon raai, ja, wie sou ooit kon weet.
Dat ʼn Hart wat oorloop van Liefde- daarvan wil breek.
So word in die hemel die volgende so druk bespreek.
Oor die paar kinders wat hoopvol klou aan My kleed.
Terwyl Ek so baldadig met ʼn wye maat vir hul meet.

Wie sou dit ooit kon raai, ja, wie sou ooit kon weet.
Oor My kinders klink in die hemele ʼn vreugde-kreet.
Niemand uit die wêreld sal die volgende kan ontleed.
Oor Elohim se hart, ja, oor Sy kleine volkie so week.
O’ Wêreld kyk; vanuit Sy eie hand gaan hul nou eet.

Wie sou dit ooit kon raai, ja, wie sou ooit kon weet.
Dat ʼn deel vanuit hierdie kleine volk, Sion gaan heet.
Dat hulle die nuwe ryk, die nuwe aarde, gaan betree.
Met hulle naam wat daar weerklink, ja, in elke streek.
Laat elke oor in die ewigheid- nou die volgende weet.

Wie sou dit ooit kon raai, ja wie sou dit ooit kon weet.
Elohim se Liefde- vir Sy uitverkorenes- is so konkreet.
Lank gelede is Hy reeds vir hul op Golgota deursteek.
Om vir hul ʼn plek in die Nuwe Jerusalem te bespreek.
Wee elkeen wat nog dink ʼn kind van God is ʼn pateet.
Met so ʼn bitter maat word nou vir ʼn wêreld uitgemeet.

Wie sou dit ooit kon raai, ja, wie sou dit ooit kon weet.
ʼn Vaderhart wat oorloop van Liefde – daarvan wil breek.
So word in die hemele- die volgende so druk bespreek.
Oor ʼn klompie kinders- wat ywerig klou aan My kleed.
Terwyl Ek so baldadig met ʼn wye maat vir hulle meet.


Openbaring 1343 
Geen groter Krag…
Dinsdag 8 Februarie 2011 20:09
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Eens was daar ʼn baba gebore en in sy babawese het hy geweet- 
krag lê opgesluit in die bors, ja, in die moedersmelk van sy ma en 
getrou hieraan het die kind spoedig opgegroei tot ʼn kleuter wie se 
blik op ʼn dag bewonderend op sy pa tot rus gekom het en hy het 
geweet daar is geen groter krag as die krag wat in sy pa se bultende 
spiere opgesluit lê nie. 

So het die knaap dan ook met behulp van sy pa tot ʼn gesonde 
adolessent opgegroei tot op die dag waar hy homself verloor 
het in die skoonheid van ʼn maagd en die jongman het op daardie 
dag geweet daar is geen groter krag as die krag wat in ʼn vrou 
skuil nie. Nie baie jare hierna het hierdie tiener, nou self ʼn man, 
in die sweet van sy aangesig sy gesin versorg en hy het geweet 
daar is geen groter krag as die van deursettingsvermoë nie. 

So het die jare gekom en gegaan en as ʼn ou man het hy krom 
en gebukkend onder die ouderdom gegaan en hy het geweet 
daar is geen groter krag as die in die ouderdom nie. Nie lank 
hierna het hy ernstig siek geword en kreunend en kermend 
het hy geweet daar is geen groter krag as die van pyn nie. 
Maar spoedig het die dood hom hiervan kom verlos en hy 
het geweet daar is geen groter krag as die van die dood nie. 

So land hierdie man in die hiernamaals waar hy in oorsig ʼn 
terugblik op sy lewe kry en hy sien oral deur sy lewe het hoop 
met alles gepaard gegaan en hy het geweet daar is geen groter 
krag as die van hoop nie. Maar ook sien hy sy vele teleurstellings 
en hoedat die geloof hom daardeur gedra het en hy het besluit 
daar is geen groter krag as die van die geloof nie, maar net totdat 
hy sien alles van sy begin tot end was deur die Liefde van Elohim 
gedra en so weet hy toe onwrikbaar dat vanuit alle kragte wat 
bestaan is daar geen groter Krag nie, as die onvoorwaardelike 
Liefde van sy God.


Openbaring 1344 
Oordeel en verlossing.
Woensdag 9 Februarie 2011 23:45
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk en sien Siener sien: ʼn volk wat Mammon dien.
Maar sing O’ Sion sing:   vir jou Elohim, ja, jou lied.

Kyk en sien Siener sien: ʼn loon wat verraad verdien.
Maar sing O’ Sion sing:   jou hart aan Elohim gebied.

Kyk en sien Siener sien: wat ʼn Godloënaar verdien.
Maar sing O’ Sion sing:   uit jou wese so as Israeliet.

Kyk en sien Siener sien: oorlopers is nie oorgesien.
Maar sing O’ Sion sing:   jy oorwin Kus en Kanaäniet.

Kyk en sien Siener sien: Oral word- bloed opgedien.
Maar sing O’ Sion sing:   Met outoriteit- word gebied.

Kyk en sien Siener sien: God gaan niemand oorsien.
Maar sing O’ Sion sing:   Elohim se wil gaan geskied.

Kyk en sien Siener sien: ʼn Oordeel voorwaar verdien.
Maar sing O’ Sion sing:   Hulp word net vir jou ontbied.


Openbaring 1345 
Twaalf stamme glansend in een laer.

Donderdag 10 Februarie 2011 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So word My kudde nou stelselmatig in gereedheid gebring.
Van heinde en verre word hulle- deur engele saam gebring.
Van een uithoek tot ʼn ander vergeet ook nie die stedeling.
Oral oor in hul midde daar staan ʼn beskermings hemeling.
Bring daarom dienare van God elkeen- ook die verstoteling.
Laat ontwaak U Gees- O Aparte Elohim- tot hul motivering.
Oor twaalf laere- daar strek nou U ewige Heilige verseëling.
Waar die Liefde in hul gaan ontwaak in lewende meelewing.

So word die uitverkorenes al vinniger in gereedheid gebring.
Terwyl hul eensgesinde lied nou oneindige ruimtes deurdring.
Honderd-vier-en-veertigduisend- nie een van hulle- te gering.
Staan hulle so glansend daar in hulle eenheid in vereniging.
Met die suiwerste leer, ja, vanuit Melgisedek se eie lering.
Luister daarom aarde na ʼn nuwe lied van ʼn nuwe bevolking.
Ja, luister na Sion se nuwe lied in haar uitbundige jubeling.
Versnel daarom nou jou tyd vinniger O aarde in jou rotering.

So word oor land, ook see die nuwe volk bymekaar gebring.
Jubel daarom Jakob- voor Elohim- is jy in gedagte gebring.
In jou Gideons getal daar lyk jy miskien vir andere so gering.
Maar vir die Nuwe Aarde- daar skuil in jou getal die meerling.
Vanuit Duitsland, België, Holland, ook uit Frankryk- gebring.
Ook Australië, Amerika, Europa, selfs uit Asië nie te gering
Oral oor in die Saksiese volkere skuil Jakob as verstekeling.
Israel jy is wit en rooi vir God so mooi daar in jou verseëling.
Daarom word My kudde nou vinniger- in gereedheid gebring.

Van heinde en verre word hulle deur My Gees saam gebring. 
Twaalf stamme- om in een laer voor hulle Elohim te kan sing.
Kyk: Brood, Vis, ook die Suiwer Wyn- tot hul vermeerdering.
Na die gasheer, ja, die Boervolk- klaar in gereedheid gebring.
Vir die grootste feesmaal, ja vir Sion se huweliksbevestiging.
In twaalf maar een oorkoepelende laer na Suid-Afrika gebring.


Openbaring 1346 
Verspilde heilige bloed.
Donderdag 10 Februarie 2011 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

O’ bloedrooi tapyt die pad van bloed.
Waar hoogmoed nooit kon vermoed.
Binnekort lê nou gebreek jou moed.

O’ rooi tapyt jy- die visioen van bloed.
ʼn Heiligdom is vertrap voor die voet.
Waar oordeel- oor leiers gaan woed.

O’ bloedrooi tapyt die pad van bloed.
Die Ooste nou so rooi- in songloed.
Die land verloor nou sy beste goed.

O’ rooi tapyt jy- die visioen van bloed.
ʼn Lykswa- wat beweeg- in ʼn stoet
Waarom jou op die heiliges uitwoed.

O’ bloedrooi tapyt die pad van bloed.
Onder jou voete lê vermoorde bloed.
Op jou kop ʼn pikswart oordeelshoed.

O’ rooi tapyt jy- die visioen van bloed.
Jou volk weet- jy kan hom nie voed.
Terwyl die onlus oor jou vlakte woed.

O’ bloedrooi tapyt- die pad van bloed.
Spoedig sterf duisende voor die voet.
ʼn kuslyn word bedreig met ʼn vloed.

O’ rooi tapyt jy- die visioen van bloed.
So swaar- nou jou duistere gemoed.
Weet- ewig is jy nooit God se goed.

O’ bloedrooi tapyt- die pad van bloed.
Jou armes so in hul groot teëspoed.
Die Voorvadergees- sit neer sy voet.


Openbaring 1347 
Die wysers van die eindtyd.
Dinsdag 15 Februarie 2011 12:14 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ kinders, ja die eindtyd-kinders van hierdie tyd.
Terwyl tyd- meedoënloos na sy einde aanstryk.
Met ʼn see wat oprys met die smelt van poolys.
Met die aardplate so onstabiel wat op lawa dryf.
Terwyl die ratwerk van die tyd- nou vinnig afslyt.

O’ Kinders, ja die eindtyd-kinders van hierdie tyd.
Terwyl die tyd meedoënloos in die stof begin byt. 
Hoe is dit nou dat tyd self begin te vra na die tyd.
Kyk in die seëls- daar is hierdie geheime ingelyf.
Ja, in tekens van die tyd, daar is dit so opgeskryf.

O’ Kinders, ja, die eindtyd-kinders van hierdie tyd.
Jul is hierdie tyd- maar vra nog steeds na die tyd.
Klaar staan julle so slaggereed in die eindtydkryt.
Kyk, teen Lucifer self- daar voer julle die eindstryd.
Staan daarom teen jul besluit, vir ewig nooit spyt.

O’ Kinders, ja, die eindtyd kinders van hierdie tyd.
Hoe laat- voordat die nag- voor die dag moet wyk.
Met soveel, ja, wat aan blote vrees gaan beswyk.
Terwyl ander so desperaat trane probeer wegvryf.
Maar so onverskrokke- deur hulle liefde aangedryf.
Word in naasteliefde- steeds die laastes ingelyf.

O’ kinders, ja, die eindtyd-kinders van hierdie tyd.
Waarom vra julle self- as die tyd- altyd na die tyd.
Hoe groot is julle Elohim se genade, ja, hoe wyd.
Ja, weereens word Sy Liefde vir die mens omskryf.
Daar waar Hy ʼn laaste oordeel voor die tyd uitdryf.

O’ kinders, ja, die eindtyd-kinders van hierdie tyd.
Wees nie meer langer teleurgestel- tot julle spyt.
Weet- vir eeue was na julle verwys as die eindtyd.
Ontwaak in geloof en ʼn honger- na geestes-aptyt.
Weet daarom- julle is die wysers van die eindtyd.


Openbaring 1348 
Hef op jou hoof- berg van Sion.
Woensdag 16 Februarie 2011 03:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hef op jou hoof, O’ Sion, dat jou Ere-Koning kan ingaan.
Te lank het ʼn bose wêreld, teen God, hulle planne beraam.
Met ʼn hoer van Babilon wat so kruipend alles wou beaam.
Met haar gru-wette waaronder almal, ja, net bont moet staan.

Hef op jul hoofde O’ poorte dat die Ere Koning in kan gaan.
Sodat Hy ʼn duister gruwel in jul midde stukkend kan slaan.
Sodat ʼn bose wêreldmag daardeur baie mooi kan verstaan.
Die konings van die Ooste het geval- deur hul eie so verslaan.
Farao se skatte is gestroop met ʼn geskiedenis wat vermaan.
Herrys vanuit die Ooste wanorde in eenheid die Mohammedaan.

Sak jou verrotte kop, politiek- so onmoontlik om jou te skaam.
Terwyl jy so kwaad, ja, wanhopig om jou rond begin te slaan.
Daar is geen uitkoms- vanuit eie midde- word jy teengestaan.
Terwyl daar golwe van verwarring reg rondom die wêreld gaan.
Begin so die Gog en Magog- nou in twee groepe op te staan.

ʼn Weste wat so wanhopig vir ʼn paar vriendskappe bontstaan.
Poog Jode om ʼn arm van vriendskap- om die Boere te slaan.
Omdat hul weet die Heiligdom gaan vanuit hul midde opstaan.
Vergete die verraad waar hulle hul vir God se volk sou skaam.
Sluit daarom, heilige poort, sodat geen onrein gees in jou gaan.
Sluit met niemand ʼn verbond sodat ʼn oordeel jou nie verslaan

Maar hef op jou hoof O’ Sion sodat jou Ere-Koning in kan gaan.
Sodat God in jou rein weergeboorte, in jou sentrum kan staan.
Kyk, op jou aparte voorhoof- daar staan Sy ewige, Heilige Naam.
Maar ewig nooit op die hoof van die onrein, ja, liberale Afrikaan.
Nog minder op ʼn vuil, onsuiwer verrotte hoof- van die Vatikaan.
Waak daarom O’ heiliges teen ʼn valse maar vriendelike Trojaan.

Hef op jou hoof, O’ berg van Sion- dat jou Ere-Koning in kan gaan.
Luister- uit jou midde klink Sion se loflied, ja die suiwer sopraan.
Klokhelder daar weerklink haar lied vir haar Elohim so spontaan.
Met wenende engeleskares in hulle trane heeltemal onbeskaam.


Openbaring 1349 |
Vernietiging en ʼn nuwe ystydperk.
Donderdag 17 Februarie 2011 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Angstig roep die aarde: sien wat het die mensdom behaal.
Kyk net- in hulle vooruitgang daar reageer hulle so radikaal.
Ja, deur hul kennis daar reageer hul so vernietigend banaal.
In die kern van elke molekuul daar raak elke sel so bestraal.
Terwyl hul net al hoe groter winste uit elke mineraal wil haal.
Met ʼn mynwese wat soos ʼn monstermol- alles net uithaal.
Moet hulle beperkte aarde, ʼn baie duur prys daarvoor betaal.
Oor ʼn toekoms van hul planeet staan hul onverskillig banaal.

Steeds dink spesie Homosapiens, voor God is hulle spesiaal.
Ook dat Hy nie kan wag, ja, om hul in Sy hemele te onthaal.
Hul roem en sê: vir ons wandade het Hy met Sy bloed betaal.
Ja, hul laster teen die hemel terwyl hulle die Gees in hul faal.
Terwyl hul so blatant teen die wette van Sy goeie orde smaal.
So word suiwerheid gefaal- deur ʼn bastervrug daaruit te haal.
Hulle skreeu- valse vrede- met atoombomme in ʼn groot totaal

Hul orkestreer armoede- skynheilig word vir armes uitgehaal.
Hul propageer ʼn leuen, ja ʼn Bybel so in hulle eie guns vertaal.
ʼn Gruwelgeslag roep hard: soos God is ons self- fenomenaal.
So staan die wêreldorde net soos die Leviatan nou kolossaal.
Terwyl ʼn onheilspellende stilte op die planeet neer kom daal.
Klink ʼn oordeelslied wat sag misleidend na oral heen spiraal.
Die woorde daarvan is ʼn skrikwekkend- vernietigende verhaal.
Dit vertel van ʼn gruwelmensdom wat vir wandade moet betaal.
Van ys, ook vuur, vanuit die hemel kom dit so sekuur vertikaal.
Met verskuiwende seegrense kom watermassa so horisontaal.
Met reuse aardbewings is die skade en dodetal so maksimaal.

ʼn Misbruikte aarde sê: Die mens moet die hoogste prys betaal.
Gooi daarom, oordeelsengele, met brute geweld ʼn oordeelskaal.
Sodat die lawa kan breek deur my aardkors en ook my koraal.
Kom vernietig al my bose bewoners, ja, hulle het my so gefaal.
Sodat in ʼn nuwe ystydperk die stilte weer op my neer kan daal.


Openbaring 1350 
Sion- gister, vandag en more.

Donderdag 17 Februarie 2011 14:40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Daar sit ʼn kleine meisietjie wat so snik en ween.
ʼn Engel gaan haar verby en vra na haar probleem.
Sy huil en sê: ek voel so eensaam, wees en alleen.
Kyk: geheel ʼn wye wêreld staan my so hatig teen.

Daar sit ʼn kleine dogtertjie- wat so beteuterd teem.
Gabriël gaan by haar verby en vra na haar probleem.
Sy pruil en sê: kyk, ek staan die duiwel dapper teen.
Ja, in ʼn bose wêreld met globaal ʼn hart- so versteen.

Daar sit ʼn jonge maagd- in skoonheid so ekstreem.
So gaan Migael verby en verstom hom oor die seën.
Wat wyd onbeperk- vanuit die hemele, oor haar reën.
Met Elohim se genade so mildelik oral om haar heen.

Daar sit ʼn bruid met skoonheid vanuit Liefde geneem.
Rafael gaan verby en sê: So het ek alles nou verneem-
daar sit God se eggenoot- daar is net geen ander een.
Vanuit al Sy liefdes het God haar as Sy bruid geneem.

Daar gaan ʼn vrou in haar deugsaamheid so ekstreem.
So gaan Uriël verby en vra aan haar; waar gaan jy heen.
Sy sê: my naam is Sion- na Elohim- moet jy my neem.
Ek kom vanuit die Boervolk en was lank genoeg alleen.