Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 101
Die son sal hulle brand.
3 September 2007 8:00


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die son sal hulle brand en hulle sal hulle nie van hulle verkeerde 
weë bekeer nie. In hulle hart en met hulle mond sal hulle My, die 
Skepper en Instandhouer, se Naam laster. Ja, die son se hitte 
gaan van so ʼn aard wees, dat die mens die intensiteit daarvan 
glad nie sal kan verdra nie. 

Hittegolwe van ongekende aard sal oor die aarde en veral Afrika 
gaan. ʼn Verskroeide aarde sal stof, in plaas van kos lewer. 
Stofstorms sal die lugruim soos bloed inkleur. Waar daar wel reën 
sal val, sal dit meestal verskeurende storms wees. Die ongekende 
hitte sal die vog in stoom verander, wat die temperature nog 
verder sal laat styg. 

Terwyl die siekes en swakkes, die oumense en babas, hiervan sal 
vergaan, sal die mensdom hom met hernieude ywer in die handel 
werp en ontsaglike winste sal uit die beskikbare voedsel gemaak 
word.


Openbaring 102
Van bo- en van ondergeborenes.
4 September 2007 5:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za



Judith de Beer
Die mensdom kan onder twee groepe verdeel word, waarvan 
die een groep na siel en liggaam heeltemal vanuit hierdie aarde 
afkomstig is. Wat met reg die kinders van die wêreld genoem 
kan word. Hulle hele neiging en liefde is ook heeltemal gerig 
na dit wat die wêreld bied. 

Die tweede groep is egter van bo-gebore, wat soveel sê dat hulle 
hele wese meer geestelik ingestel is, om dit wat van bo is, naamlik 
My Gees en dit wat dit bied, te kan bevat. Hierdie meer edel groep 
is by verre die minderheid en is deur My op hierdie aarde in hierdie 
tyd geplaas, om as dienende geeste, die wêreldmens die lig vanaf 
My te bring. Sodat ook hulle, as kinders van My, toegang tot My 
ewige salige hemelryk kan hê. 

Maar net soos in die dae van Noag, het die getalle van die 
wêreldmens baie vermenigvuldig. Onder verrotte leierskap het 
die kwaad geweldig toegeneem. Die boosheid het sy eie perke 
so oorskry dat die mensdom ʼn bedreiging vir homself, sowel 
as alle ander spesies geword het. 

So het ook die toets wat hulle op aarde ter verbetering van 
hulle siele moes kom aflê, sy doel verloor. Om die stof en 
sterflike liggaam op elke moontlike, gruwelike en walglike 
manier te kan bevredig en behaag, versteur hulle sonder 
enige gewetensbeswaar elke Goddelike orde op hierdie 
aarde. 

Net soos wat Ek die mens eens, oor ʼn aansienlike tydperk, deur 
verskillende boodskappers oor ʼn komende oordeel gewaarsku 
het en Noag in opdrag van My, vir almal om dit te kon aanskou, 
met die bou van die ark begin het. Net so waarsku Ek nou deur 
middel van die kinders wat van bo-gebore is, die kinders van die 
wêreld oor ʼn vernietigende oordeel, wat reeds orals sigbaar is. 

Ja, Ek nooi hulle vir oulaas vriendelik uit om vinnig onderdak 
in My nuwe ark te kom vind, wat daaruit bestaan om met volle 
vertroue by My klein Goddelike familie aan te sluit en sodoende 
in baie groot gevare onder My beskermende Vaderhand te kan 
kom staan.


Openbaring 103 
Wéét Ek is altyd digby julle.
Dinsdag 4 September 2007 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Huidiglik voel dit vir die meeste van julle, wat na die volmaakte 
eenheid tussen julle siel en My Gees in julle streef, asof julle 
voortdurend op ʼn emosionele wipplank ry; ja die een oomblik 
is julle bo en ervaar julle ʼn bykans verruklike ekstase en is dit 
asof julle My Teenwoordigheid amper tasbaar kan ervaar. Net 
om die volgende oomblik julleself in die diepste put van ellende 
te bevind, waar dit voel asof alle poginge van julle kant af 
heeltemal fataal en tevergeefs is.

Om hierdie rede gaan Ek julle tegemoet kom en die tyd en 
dae verkort sodat julle, My uitverkorenes, nie op die langeduur 
onder die druk sal ingee nie. Dit is egter noodsaaklik vir julle 
om te weet dat die "hel" met al sy negatiewe kragte huidiglik 
los is en daarop gefokus is om as struikelblokke vir julle, op 
julle pad van oorwinning te dien. Maar minwetend vorm hulle 
vir julle, juis die teenkrag wat baie noodsaaklik vir julle 
geestelike groei is. Met elke oorwinning hiervan, word julle 
gesuiwer en vind daar veredeling by julle plaas.

Met die intensiteit waarmee julle menigmaal in die gees 
hierdie hindernisse oorwin, ja, met dieselfde krag, trek julle 
My onbewustelik en met geweld nader aan julle en dit is met 
hierdie "passie", waarmee Ek so graag in die kring van julle 
liefde ingetrek wil word. 

Wees daarom getroos, wanneer dit weer vir julle voel asof julle in 
die dieptes van die ellende wil vergaan. Wéét dat Ek altyd digby 
julle is.


Openbaring 104 
Verpand nie jou siel aan die wêreldorde!
5 September 2007 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wie daaraan dink om My in hierdie tye uit te oorlê, gaan baie 
sleg daarvan afkom en nou praat Ek direk van satan, wat onder 
die dekmantel van ʼn kwansuis besorgde eenwêreldorde, met vele 
sluwe planne, op allerhande soetsappige maniere probeer om die 
totale mensdom aan die neus rond te lei. 


Na dekades van navorsing en ʼn baie fyn studie oor die menslike 
psige, het die wêreldmoondhede daarin geslaag om die oorgroot 
bevolking van die wêreld willekeurig te manipuleer en te verkneg 
om sodoende satan se bose doelwitte te kan bereik. 

Die mens, met ʼn vrye wil toegerus, is ook van ʼn gewete voorsien, 
om homself sodoende met die nodige balans te kan handhaaf. 
Juis as gevolg van hierdie gewete is daar veral op die geestelike 
aspek en daardeur die godsdiens gefokus. Deur middel van valse 
leerstellings is daar ʼn wanbegrip by die mens gekweek oor dit wat 
reg en verkeerd is. 

Met dit agter die rug, was dit nou maklik om die mense soos 
outomate te beheer. So het satan vir die mens ʼn fopwêreld 
geskep. Om as goeie burgers van hierdie drogsisteem bekend 
te kan staan, verpand baie mense hulle Godgegewe vrye wil en 
daarmee saam hulle siele aan hierdie monstergod van die wêreld. 

Daar is niks in die hele oneindigheid wat Ek soveel respekteer as 
juis die mens se vrye wil nie. Noudat die mens hiervan ontdaan is, 
het dit tyd geword om satan met sy eie middele te konfronteer. Dit 
wat hy gesaai het, dit sal hy nou maai. Binnekort sal hy, met al sy 
handlangers, self in gevangenis ingaan, waar hulle heeltemal van 
die vrye wil ontneem sal word.

Maar eers sal Ek die aarde in Toorn en Oordeel besoek. Elke mens 
wat sy vrye wil, ja, sy siel aan hierdie wêreldorde verpand het, sal 
in die dieptes van die aarde ondergaan.


Openbaring 105 
Ek was, is en sal altyd wees.
6 September 2007 22:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Net soos meeste jong tieners hulle ouers as oudmodies en nie op 
hoogte van die jongste verwikkelinge beskou nie, net so ervaar 
baie mense My nog in hierdie dae as ʼn kinderbybelfiguur, wat 
slegs kennis van sake rakende die antieke tye dra. Met die dat Ek 
julle in hierdie tye aanspreek en van hedendaagse terme gebruik 
maak, laat heelwat wenkbroue verbaas lig. Onlangs het iemand 
op ʼn heel spitsvondige wyse die volgende laat hoor: "Die Meester 
praat deesdae heel reguit en op die man af en dit nogal in moderne 
taal". 

My antwoord hierop is die volgende: Ek was, is en sal altyd wees. 
Miljarde eons voordat hierdie aarde sy ontstaan as ʼn enkele atoom 
begin het, was daar alreeds orals wêrelde met beskawings, wat 
julle huidiglike beskawing met ligjare vooruit was. Net so sal daar, 
lank nadat hierdie aarde in die niet verdwyn het, weer nuwe 
skeppings hulle verskyning maak, om op hulle beurt weer van niks 
tot volle wasdom te ontwikkel. 

Ja, daar sal Ek steeds weer wees om soos vanaf alle tye, My taak 
as die ewige Liefdevolle Skepper, Versorger en Instandhouer, 
binne die raamwerk van My ewige ordes, te onderhou. Ja, daar is 
niks nuuts in die hele oneindigheid wat nie alreeds daar was en 
weer sal wees nie. 

Hoe gouer julle hierdie inligting in julle betreklike kort tydsbestek 
hier op aarde julle eie maak en ophou om My, die Oneindige, in 
julle klein en beperkte menslike raamwerke te probeer pas, ja, hoe 
gouer sal julle tot die volle besef kom watter geweldige voorreg en 
genade julle te beurt geval het om op hierdie aarde teenwoordig te 
kan wees. 

Hier, waar die Meester van alle lewe, die skeidingsmure tussen 
materie en Gees persoonlik kom afbreek het, sodat elkeen, ongeag 
in watter tydvak hy homself bevind, die voorreg kan smaak om van 
aangesig tot aangesig te staan te kan kom voor die Oerbron van 
alle Lewe, waaruit elkeen van julle sy oorsprong het.


Openbaring 106
Die nuwe Leier gaan 'n teleurstelling wees.
7 September 2007 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Onder julle mense is daar heelwat van julle wat die 
betreurenswaardige posisie waarin julle volk tans verkeer, 
toeskryf aan die feit dat dit julle aan ʼn sterk leier ontbreek. 
Die waarheid is egter dat dit julle eie swak keuses was wat 
veroorsaak het dat julle nou in hierdie gemors sit.

Nog altyd het julle keuses op voortvarende en hoogmoedige leiers 
geval, wat dit byna nooit nodig geag het om My om bystand en 
raad te nader nie. Maar hoogmoedig het hulle hul eie kop gevolg 
en ondanks die vertroue wat die volk in hulle gestel het, is julle 
soos goedkoop vee uitverkoop en aan julle eie lot oorgelaat. Maar 
nog steeds is daar sekeres onder julle wat hoop dat daar ʼn mens 
sal opstaan om julle vanuit julle ellende te kom verlos. 

Ja, net soos die Jode van ouds wat vas geglo en tevergeefs gewag 
het op ʼn "verlosser", wat hulle vyande en ook sommer die hele 
wêreld onder hulle "mag" moes kom onderwerp, ja, net soos wat 
Ek destyds vir hulle ʼn teleurstelling was, so gaan die Leier wat wel 
tot julle redding gaan kom, vir baie ʼn groot teleurstelling wees. 

Hierdie Leier se naam gaan Liefde heet en Hy sal as ʼn onbreekbare 
Eenheid vanuit die ware opregtes se harte heers en Sy oë 
sal nie op wêreldpolitiek gerig wees nie, maar op die komende 
Vrederyk wat alreeds in sig is.

Onder mekaar sal diegene wat hierdie Leier in hul harte dra, se 
rangordes soos volg lyk. Die heel grootste onder hulle, sal die 
dienaar van die heel kleinste wees. So sal hulle die lewende 
ledemate van die ware Verlosser hier op aarde word. ʼn 
Duisendjarige Vrederyk sal onder hierdie Koningskap gedy.


Openbaring 107 
Profete teenoor propageerders.
9 September 2007 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Nie alle mense wat lidmate van die een of ander kerk is, is 
noodwendig boos omdat hulle blinde navolgers van hierdie 
organisasies is nie. Maar alle kerke wat huidiglik besig is om 
hulself onder een sambreel van ʼn oorkoepelende beheerliggaam 
te plaas, is sonder enige twyfel besig om hulle onder die volle 
beheer van die valse engel van die lig te plaas. Waaroor daar 
reeds lank gelede geprofeteer is. 

My gestuurdes, wat boodskappe vanaf My na die aarde bring, 
word profete genoem wat in My Naam profeteer. Die valse 
profete, wat op hulle beurt weer satan se boodskappe aan 
die wêreld oordra, propageer, en dit is presies wat hulle oor 
die afgelope dekades met nougesette noukeurigheid gedoen 
het. 

Soos ʼn onophoudelike druppende kraan, is dit in die mens in 
gepropageer dat almal, ongeag taal, kultuur, kleur of godsdiens, 
mekaar se fisiese, sowel as geestelike broers of susters is. Met 
die finale eenbeheerliggaam wat nou in volle sig kom, word al 
satan se kinders nou in een kraal gejaag, waar hulle op My skape, 
ja, die ware uitverkore kinders van God, met venyn en haat sal jag 
maak. Dit onder die mees walglike dekmantel van naasteliefde. 

Erger as Middeleeuse barbare, sal hulle die wat Myne is, met haat 
vervolg. Maar reeds is Myne op die voorhoof verseël met die enige 
ware onuitspreeklike Heilige Naam, van die ewige groot, EK IS. 
Daarom verseker Ek julle, My kindertjies, dat julle toegerus is met 
die beste beskerming wat daar in My ondenkbare groot heelalle is.


Openbaring 108 
Spesiaal vir jou, Sion.
10 September 2007 9:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Groot is jou beproewing, Ek weet van al jou ongerief. Tog bly jy 
My kleine hartedief, Sion, Ek het jou baie lief. Jou kruis dié wil Ek 
vir jou dra, jou sware las vir jou kom ligter maak. Jaloers, die sal 
Ek oor jou, My bruid, die heeltyd waak. Vanuit almal wat bestaan, 
is jy alleen gekies as My lewensmaat. In groot gevaar sal Ek My 
bruid veilig in My arms dra. Op haar beurt sal sy andere se kruis 
weer vir hul help dra. Terwyl die aarde in droef en rou tot as 
vergaan, gaan Ek vir My uitverkorenes ʼn goue weg na My 
oopbaan.

In My nuwe stad Jerusalem, kom Sion aan My sy, haar plek as 
bruid volstaan. Vele koningskinders gaan sy baar, wat hul plek 
in My ewigheid waardig vol sal staan.


Openbaring 109
Dit het tyd geword om te ontwaak.
10 September 2007 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Orals neem aardbewings oor die hele wêreld toe. Die een 
vloed volg die ander op. Op verskillende plekke raak ou 
vulkane weer aktief. Tolwind, sikloon en orkaan is aan die 
orde van die dag. Ja, seisoen en weer, alles is erg versteur.
 Reeds loer daar verskeie dodelike peste om die deur. 
Fratsgolwe kom ook nog aan die beurt. Maar ongeag al 
hierdie onreëlmatighede wat hulself in die natuur afspeel, 
gaan die mensdom ongesteurd sy gang. Word hul dringend 
hieroor vermaan, word bloot hul skouers ongeërgd opgehaal. 
Verveeld word daaroor gelag. Spottend word My dringende 
vermaninge, verveeld die wind in gestrooi. 

Soos wat die aarde sy eerste sterwenspasmas binnegaan, is 
menig siel ook besig om die ewige dood in te gaan. Hiermee 
saam het dit ook die tyd geword vir Myne om te ontwaak. 
In vele harte is daar ʼn onverklaarbare blye opborreling. Met ʼn 
spontane sekerheid, begin My kinders wêreldwyd te weet dat 
hul deel is van My groot plan. As My uitverkore aartsgebore 
engeleskaar, word nou hul oë geopen. Dit wat die wêreld nou 
krampagtig vir hul wil bied, erken hulle vir die leë illusie wat 
dit is. Een vir een begin My kinders nou nader staan, om in 
die beskermende kring van My Vaderarms te kan kom staan. 


Openbaring 110 
Leë woorde en dooie lippe.
11 September 2007 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eenmaal is daar aan My gevra, "Meester leer ons om te bid" In 
antwoord hierop het Ek gespreek en gesê, “en so moet julle bid” 
waarop Ek die woorde van die bekende Onse Vader aan die 
mensdom gegee het. 

Maar nog nooit het Ek ooit van die mensdom gevra om My met 
leë woorde en dooie lippe te aanbid nie. Ydele lofprysinge was 
nog altyd vir My ʼn sinnelose gruwel, waardeur niemand My nog 
ooit geëer het nie. ʼn Kind van My, wat tot My in gees en waarheid 
vanuit ʼn opregte en liefdevolle hart spreek, was nog altyd vir My 
een van die grootste kosbaarhede wat daar nog ooit was. 

Soveel te meer, wanneer hy sy liefdevolle gebed tot My in die 
praktyk omskep en ʼn medemens in nood, met die grootste deernis 
nader en met die middele tot sy beskikking, diensbaar teenoor sy 
ongelukkige minderbevoorregte naastes raak. 

Ja, so ʼn kind van My, blaas ware Goddelike lewe in die goue ou 
woorde wat as volg lui. "Dit wat jy aan die minste gedoen het, dit 
het jy aan My gedoen. Dit is wat Ek ʼn lewende gebed noem. 

So ʼn kind sal Ek in hierdie tye met groot krag seën. Baie van die 
wêreld sal in hierdie dae kom skuiling soek onder die beskerming 
van hierdie kragtige "wapen", naamlik die gebed van die ware 
opregtes.

Openbaring 111 
Die Groot Skoonmaker.
12 September 2007 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Onder die aanvoering van satan, deur middel van sy 
eenwêreldorde, sal daar ʼn verdrukking op hierdie aarde wees, 
soos wat daar nog nooit voorheen was en ook nooit weer sal 
wees nie. Indien Ek nie sal ingryp en die dae verkort nie, sal 
geen vlees dit kan oorleef nie. 

Die oordele wat huidiglik besig is om oral in die natuur af te speel, 
is die gevolg van wreed versteurde ordes. Die blaam hiervoor kan 
slegs voor die deur van die mens en sy wetenskap gelê word. Ek 
is ʼn Liefdevolle Skepper, wat nie skep om te vernietig nie en wat 
daarna streef om alles in My skepping na volmaaktheid aan te 
spoor. 

Huidiglik het die hele wêreld so boos geraak, dat Ek My vir ʼn wyle 
daarvan gaan onttrek. Die mens wat My met geweld eenkant toe 
stoot, gaan Ek toelaat om te doen wat hulle wil doen. In hierdie 
menslike doen en late, lê die groot Oordeel en baie sal My in 
daardie dae soek, maar nêrens vind nie. 

Wee die een wat My as ʼn God van wraak en oordeel aan die wêreld 
wil voorstel. My toorn sal slegs oor diegene ontvlam wat dit vir My 
uitverkorenes ondraaglik sal maak. Ek sê weer, dit wat mense as 
My toorn wil uitmaak, bloot My Afwesigheid sal wees. Waar Ek 
afwesig is, is totale chaos onafwendbaar. Waar daar chaos is, 
daar moet Ek kom reinig. 

Ek sal hierdie aarde van hoek tot kant kom skoon en nuut maak, 
sodat My weergebore kinders dit as ʼn ewige erfporsie in besit 
kan neem. Die tyd, dag en uur van hierdie groot skoonmaak is 
slegs aan My, die GROOT SKOONMAKER, bekend. 


Openbaring 112 
Weeg My Woord eers.
13 September 2007 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Ek spreek tot die mens in die taal van die mens en tog begryp 
die mens nie dit wat tot hom gespreek word nie. Hoe sal dit vir 
die mens moontlik wees om God te begryp, wanneer Hy as God 
sal spreek. 

Die mens wat My Woord wil spreek, vir hom sê Ek: Bou eers vir 
jou ʼn skaal. Weeg elke woord noukeurig volgens die Waarheid 
daarop af, voordat jy jou woord op die pad van jou naaste loslaat. 

Wees dubbel versigtig, dat ander nie oor jou woorde sal struikel 
en jy hulle so tot ʼn val sal bring nie. Maar wandel altyd op die weg 
van die Waarheid. Soek eers die suiwer koninkryk van God binne 
jouself. Dit wat jy kortkom, ja, dit sal Ek in My groot Genade, 
volgens die maat waarmee Ek jou toegerus het, aan jou skenk.


Openbaring 113 
Daar sal jou hart ook wees.
13 September 2007 17:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Alhoewel die mens in ʼn sekere mate oortuig daarvan is dat hy ʼn 
onsterflike siel is, bly daar maar altyd ʼn mate van twyfel, dat met 
die uitblaas van die laaste asem, ook die mens se liggie vir ewig 
uitgedoof sal word. 

Die teendeel is egter dat op dieselfde oomblik wat die liggaamlike 
dood intree, onttrek die volle lewende bewussyn (die siel) haarself 
vanuit die materie en aanskou in verwondering die eie ontslape 
liggaam. In die vrye toestand waarin die wese hom skielik bevind, 
is dit vir hom moeilik om te bedink dat hy homself as lewe, in so 
ʼn totale dooie voorwerp kon bevind het. 

Ja, die bewussyn en nie die liggaam nie, is die ware lewe en so 
ontstaan met die intrek van die gees in die materie, die eerste 
polsende hartklop, wat die kosbare lewensgewende sappe, 
ritmies deur die liggaam, vir die res van sy verblyf op aarde 
sal dra. 

Met die vertrek van hierdie bewussyn (siel) vanuit haar tydelike 
aardse woning, verstil alles in die materie weer met ʼn enkele 
laaste hartklop. Direk hierna word die siel deur die beter of 
slegter geeste, afhangende van die geestelike toestand, na 
die geestelike sfeer begelei, wat die siel vir haarself, met haar 
verblyf op aarde voorberei het. 

Hier is die woorde van toepassing wat soos volg lui: “Daar waar 
jou skat is, daar sal jou hart ook wees”. Hoe intenser die mens 
homself bearbei het om in liefde nader aan My, sy Skepper, te 
kan kom, presies so sal dit vir hom wees. Ek en hy sal mekaar 
van aangesig tot aangesig in liefde aanskou. Maar helaas, vir 
die een wat tydens sy aardse lewe weinig moeite gedoen het, 
so sal dit vir sy siel maar karig in die hiernamaals uitsien.


Openbaring 114

Vrees se grootste teenvoeter.
14 September 2007 8:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
ʼn Psigopaat verlam altyd sy slagoffers eerste met hulle eie vrees, 
waarna hy met hulle speel soos ʼn kat met ʼn hulpelose muis. Dit 
is presies wat satan huidiglik met die mensdom, deur middel van 
wêreldbeheer, doen. Almal skarrel soos verskrikte muise om elke 
jota en titel, ja elke gril van hierdie monstermoondheid te behaag. 

Ek het julle, My kinders, ryklik toegerus met eienskappe wat vir 
julle van onskatbare waarde in hierdie tye kan wees en waarvan 
kalmte een van die belangrikstes is. Wat ookal die toekomende 
gebeure of omstandighede gaan wees, of dit kataklismes, 
siektetoestande óf onluste gaan wees, kalmte moet altyd julle 
wagwoord wees.

Vrees lê alle rasionele denke lam en ʼn vreesagtige mens is nie in 
staat om van die Goddelike Gees binne hom gebruik te maak nie. 
Vrees en paniek is die grootste teenvoeter vir geloof en hoop. Die 
mens wat met My hulp alle vrees oorwin, die het homself in al sy 
swakhede oorwin. 

Vrees is enige vyand se magtigste wapen, daarmee ontwapen 
hy sy slagoffer van wapens soos geloof en hoop, waaruit kalmte 
weer voortspruit, wat op sy beurt weer planmatige vindingrykheid 
voortbring en waarmee Ek vir julle, My kinders, ryklik toebedeel 
het. Glo daarom onwrikbaar in My, hoe hopeloos ʼn situasie ookal 
lyk. 

Weet dat Ek met My Goddelike Teenwoordigheid in die sentrum 
van julle wese is en maak met selfvertroue hiervan gebruik. Ek 
sal julle met My Goddelike Skild van beskermende Liefde omvou 

en vreesloos sal julle, My geliefdes, midde in groot gevare veilig 
bly staan. Ja, een kalm, vreeslose mens sal waardig wegstap, 
terwyl duisende vreesagtiges mekaar in waansin sal vertrap. 



Openbaring 115 
Selfaangestelde voorlopers.
15 September 2007 10:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hoeveel maal moet Ek die mens daarop attent maak dat elke deel 
van die liggaam onontbeerlik vir die volgende deel is en dat Ek 
alleen, die Alwyse Stuurman van hierdie totale liggaam is. 

Maar nog steeds is daar vele wat hulself as die voorlopers wil 
beskou. Selfs nog ʼn treetjie verder wil gaan en die leisels uit 
My Goddelike Hande wil neem. Huidiglik leef julle in kritieke tye. 
ʼn Ieder en ʼn elk onder julle is bloot swak mense, wat heeltemal 
van My beskermende genade afhanklik is en daar is nie, soos 
wat sommige hoop, een of meer onder julle wat met bonatuurlike 
mag of krag toegerus is, en julle volk op ʼn wonderbaarlike wyse 
gaan red nie.

Maar die swakste en soms vir julle die mees veragtelikste, kan 
met ʼn eenvoudige gebed, wat in waarheid en liefde tot My gerig 
is, die grootste wonderwerke denkbaar verrig. Wat baat dit die 
mens dat hy die Skrif soos die palm van sy hand ken, maar klaar 
weer dieselfde foute as tweeduisend jaar terug begaan. 

Bloot om een van My uitverkorenes, uit ʼn wêreldbevolking van 
biljoene, te kan wees, is reeds ʼn ongekende genade. Waarom 
nog heel voor wil staan, terwyl julle goed weet dat daar geskrywe 
staan; “wie voor wil staan, sal na agter verwys word en die 
agterste sal deur My na vore genooi word”. 

Ondersteun mekaar daarom in liefde. Nie in heerssugtige leierskap 
nie, wat net daartoe bydra dat broers mekaar op allerhande slegte 
wyses onderkruip en belaster. Soos vele male tevore sê Ek weer; 
elke mens is met ʼn vrye keuse toegerus. Besluit daarom self of 
julle in hierdie tye op prinse of op My gaan vertrou.

Daar is wel diegene onder julle van wie Ek gebruik gaan maak, 
wanneer die gesindheid van julle harte reg is. Moet daarom nie 
julleself salf nie, maar laat My toe om dit te doen.


Openbaring 116
Hou aan met kritiese selfondersoek.
16 September 2007 3:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is huidiglik heelwat onder julle wat gedurigdeur besig is om 
julleself krities te ondersoek. Al julle doen en late word onder ʼn 
sterk vergrootglas geplaas, waar dit in die fynste besonderhede 
geanaliseer en noukeurig ondersoek word. 

Bykans niks, wat julle van watter aard ookal doen, voel vir julle 
reg nie. Ja, dit voel vir julle kompleet asof julle julleself in ʼn 
doodloopstraat bevind. Maar Ek sê; verbly julleself hieroor, 
omdat die onsterflike lewensgees binne julle, besig is om in 
ʼn aktiewe stryd teenoor die verganklike materie te tree. 

Dit wat die wêreld julle, op watter aantreklike manier ookal, 
aanbied, weet dat die gees binne julle, reeds die vermoë begin 
ontwikkel het om die materie waar te neem vir die leë illusie wat 
dit is. Al wat die wêreld julle nog kan bied, is ʼn onbehaaglike 
gevoel met ʼn bitter nasmaak. 


Maar terselfdertyd is daar ʼn diep verlange besig om binne julle 
te ontwikkel, wat julle daarna laat smag om ongekende geestelike 
hoogtes te bereik, waar julle hoop om een met My, julle liefdevolle 
Skepper te word. 

Daarom kan die van julle, wat julleself hierin erken, met reg 
die eersgeborenes van die Gees genoem word. As My lewende 
werktuie sal julle in hierdie eindtye menigmaal ʼn helpende hand 
na ʼn swakker broer of suster uitsteek. Om hulle so van die ewige 
dood te red.


Openbaring 117
Naam en identiteit.
Maandag 17 September 2007 9:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Om al My kinders wat My opreg en met liefde in hierdie tye in hulle 
harte dra, te kan akkommodeer en die nimmereindigende konflik 
onder die hardkoppiges onder julle te vermy, word daar in opdrag 
van My, na My, in al hierdie skrywes, hoofsaaklik as die Vader, 
Skepper of Verlosser verwys. Abba is die Hebreeuse woord vir 
Vader. Deur My, Abba Vader te noem, bevestig julle My Vaderskap 
vanuit Hebreeus in julle eie taal. 

Anders as julle hedendaagse gebruik om meestal mooi-klinkende 
name aan julle kinders te gee, het die mense van die antieke tye ʼn 
meer beskrywende naam aan ʼn kind toegedig wat heelwat van sy 
agtergrond, godsdiens en selfs omgewing verklap het. Menigmaal 
is ʼn kind so opgevoed, sodat hy reg aan sy naam kon laat geskied. 

Menig Joodse ouers het hulle later op die tempel verlaat en teen 
ʼn nie te geringe prys, is ʼn kind deur die priesters van ʼn naam 
voorsien. Een van die redes vir My koms in daardie dae was 
juis om die mens van die onmenslike tempelleer en -reëls te 
kom bevry. Daarom is My Naam direk vanuit die hemel, deur 
ʼn boodskapper aan My aardse voog (Josef) oorgedra. 

Die betekenis en besonderhede omtrent My Naam, sal enige 
gesoute skrifstudent onder julle noukeurig kan uiteensit. Die 
antieke skryfvorm van daardie dae en julle huidige alfabet het 
min ooreenkomste met mekaar. Moet daarom nie julle hoof te 
veel breek, oor die, vir julle so belangrike spelling van My Naam 
nie. Maar dink eerder daaraan dat dit moontlik is vir ʼn identiteit 
om ʼn naam te verander. Maar nooit kan ʼn naam ʼn identiteit 
verander nie.


Openbaring 118
Een nasie teen ʼn ander.
18 September 9:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die wêreld staan op die vooraand van globale ontwrigting. Ja, ʼn 
kruitvat wat wag op ʼn enkele vonk om in alle rigtings te ontplof. 
Vanuit die dieptes van die seë, tot buite die aarde se atmosfeer, 
word menig kernwapens na mekaar gemaneuvreer. 

Ja almal het mekaar onder skoot. Waansinnig probeer satan, om 
deur vele oorlogs-loop, homself tot ʼn valse vrede te beheer. Die 
een nasie is besig om teen die ander op te staan, terwyl die aarde 
besig is om onder kataklismes onder te gaan. 

ʼn Sluipmoord word nou fyn beplan, om die grotes tot ʼn eenheid 
saam te span. Maar Ismael het klaar sy boog in wraak gespan. 
Daar is baie wat aan sy kant gaan staan. Terwyl die aarde onder 
oorlogstuig gaan dreun en Amerika, ook Europa van pyn gaan 
steun, gaan Ek My maagd na veiligheid toe lei. Ja, ʼn plek het Ek 
reeds vir haar voorberei.


Openbaring 119 
Wee die dag van My groot hofsitting.
19 September 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Vir die mens wat sy vinger beskuldigend na die hemele en My, 
sy Skepper, wil lig en daaraan dink om My voor sy regterstoel 
te bring en My vanuit ʼn menslike oogpunt skuldig bevind, aan 
dit wat ʼn sondige wêreld oor homself gebring het; vir julle sê 
Ek: Wee die dag van My groot hofsitting. Wanneer elkeen, 
groot en klein, voor My regterstoel sal staan en elkeen na sy 
eie werke, goed of kwaad geoordeel sal word. 

Met die spotter sal daar gespot word en die lasteraar sal onder 
die gewig van sy eie vervloekinge op die aarde neergewerp word. 
In ongekende angs sal hy die aarde om hulp smeek. In antwoord 
sal sy oopskeur, om hom ewig in haar dieptes te bring en sy sal 
haarself weer bo hom sluit. Om hom so voor My Aangesig te 
verberg.

Maar aan julle, My geliefdes, sê Ek, dat menige swak werke julle 
vergewe sal word, deur ʼn enkele liefdes takie wat julle in opregte 
liefde aan een van die minstes gedoen het. Ja, dit het julle aan My 
gedoen. Groot sal julle loon vir die ewige lewe wees.


Openbaring 120 
Wee die valse giftige vrug
20 September 2007 3:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Salig is die eerlike onvrugbares wat hulself besig hou met 
goeie werke wat gebore is uit Waarheid en Gees. Dit is beter 
om kinderloos deur die lewe te gaan, as om ʼn giftige vrug, 
as gevaar vir ander se lewe te baar. In wellus wil die leuen 
vir haarself ʼn kind verwek en in die wieg van die waarheids 
kind, wil sy haar telg neerlê. 

As ʼn enkel suiwer vrug, is klaar My Sionskind gebaar. Wee die 
valse saad, wat in sy plek wil staan. Natan sal Ek stuur om die 
gruwel oop te vlek. In die valse moederskoot sal die onsuiwer 
fetus sterf. Die waarheid sal die leuen ontbloot, wee daarom die 
valse skoot.

Openbaring 121 
Boosheid het sy grense oorskry.

21 September 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Die tyd het gekom waar die boosheid sy eie grense oorskry het. 
Daar bestaan nie meer ʼn moontlikheid dat die wêreld homself 
gaan besin en verbeter nie. Nog minder is daar ʼn kans dat daar 
ʼn eenwêreldmoondheid is wat die knieë deemoedig voor ʼn ander 
gaan buig. Innemend glimlag die een regering vir die ander. Terwyl 
hulle in vriendskap mekaar warm die hand uitreik, word mekaar se 
ondergang agteraf op groot skaal beplan. satan se heerskappy, ja, 
sy kort hoogtepunt is in sig. In sy opgewonde waansin, weet hy 
nie waar om te vat of waar om te los nie. 

Boosheid is besig om teen boosheid op te staan. Soos muiters 
wat alles in chaos buit, so raak regerings die kluts ook kwyt. 
Verbouereerd begin hul om die hand na hul eie vyande uit te 
reik. Skeurings in eie geledere is al wat hul in ʼn krisistyd gaan 
berei. So verloor ook hul beheer. Daar is niks wat die waansin 
in menig land gaan keer. Wanhopig sal die mensdom hom nou 
na sy kerk wil keer. 

Hier sal hul vind, satan is nou in volle beheer. Verlore sal hul 
noodkreet in die dieptes van globale chaos wegsink. Ongestoord 
in ʼn wêreld wat vergaan, sal vas soos ʼn rots, My kinders, trots vir 
My bly staan. Na baie sal hul die hand uitreik. So sal nog ʼn paar vir 
My, hul God bereik.


Openbaring 122
Ek sal My vir julle skaam.

22 September 2007 16:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Nog altyd was My boodskappe en profesieë van so ʼn aard deur 
profete en sieners aan die mensdom oorgedra, sodat niemand ʼn 
vasgestelde tyd van die einde daaraan kon koppel nie. Vir baie 
eeue het baie geslagte voortdurend gespekuleer oor die spesifieke 
tyd van My wederkoms. Telkemale en met die nodige tekens, het 
die vyeboom dikwels, tot aansporing van vele geslagte se 
geestelike groei, gebot. Maar Ek sê nou vir julle, sy loot het baie 
sag en groen vir sy finale bot geword. 

Die onder julle wat julle gesig van hierdie openbaringe 
wegdraai, omdat dit nie voldoen aan die vereistes, wat 
volgens julle standaarde, rondom My gebou is nie en 
julle, julle daarom in hoogmoed en trots vir My skaam, 
vir julle sê Ek: Die dag van die groot ontmoeting het 
naby gekom, en ook sal julle nie voldoen aan die 
verwagtinge wat Ek rondom julle gebou het nie. 

Wanneer julle in wanhoop na My sal roep, sal Ek julle 
die gesig wegkeer, omdat Ek My vir julle sal skaam. 
Maar My kinders waarsku Ek met ʼn dringendheid, dat 
satan die vermoë het om met ʼn flinke tong en vaardige 
spraak, homself baie geloofwaardig aan die mens te kan 
oordra. Wees daarom dubbel versigtig vir enigiets wat na 
ʼn te maklike oplossing lyk.


Openbaring 123
Waak teen dwepery.

23 September 2007 16:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Die hele huidige wêreldsisteem is van ʼn valse, walglike, 
dwepery aanmekaar gesit. Moet My daarom nie probeer 
eer, of aan ander oordra deur te dweep nie. Soek My 
Teenwoordigheid in die standvastigheid van julle geloof 
en liefde. Nie in histeriese euforieë en allerhande tekens 
nie. Streef daarna om My in opregte liefde en waardigheid 
te soek en waak teen enige vorm van dwepery, omdat Ek 
ʼn afsku daaraan het. 

Dweep is ʼn vorm van menslike manipulasie, waardeur daar 
gepoog word om My met emosionele dwang na menslike 
pype te laat dans. Vanuit ʼn dweepsieke gemeenskap ontstaan 
allerhande gruwels, waarvan rituele en dreunende gebede ʼn 
goeie voorbeeld is. My teenwoordigheid en werke kan nooit 
deur enige dwang afgedwing word nie. 

Maar daar waar opregte geloof is, sal Ek verseker soos ʼn Sagte 
Koel Bries teenwoordig wees. In waarheid en gees, kan julle nou 
na die begeerte van julle harte spreek. Ek sal julle antwoord.

Daarom moedig Ek julle aan om ʼn persoonlike noue verbintenis 
met My aan te knoop, sodat julle geestelike toestand van so ʼn 
aard kan ontwikkel, en julle tot die ware lig en insig kan kom en 
julle sodoende alle grense wat julle tot op hede beperk het, kan 
oorsteek en die werksaamheid van My Gees so in julle tot ʼn 
werklikheid kan kom.


Openbaring 124 
Gebruik hierdie eenmalige geleentheid.

24 September 2007 6:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Alles omtrent hierdie aarde is tydelik en in ʼn nimmereindigende 
voortdurende lewensiklus word alle lewe in hulle verskillende 
vorme, die geleentheid gebied om hulself tot ʼn sekere 
volmaaktheid, in hulle onderskeie ordes, te kan opwerk. Daar is 
niks op hierdie aarde, of in die oneindige skeppingsruimte, wat 
so uniek soos die vrydenkende, skeppende mens is nie. 

Daarom het Ek hierdie aarde met sy ondenkbare verskeidenheid 
vir die mens as ʼn kort opleidingsentrum daargestel, sodat dit vir 
elke indiwidu moontlik is om, na die graad van sy liefde, na sy eie 
ewige volmaakte status te kan streef. Daarom probeer Ek die mens 
deurentyd aanmoedig en motiveer om ten volle van hierdie kort en 
eenmalige geleentheid gebruik te maak, om sodoende ʼn 
volmaakte kind van My te kan word. 

Die mens het Ek onder twee verskillende geestelike groepe hier op 
aarde geplaas. 

Die een is ʼn minderheidsgroep wat ons met reg, die "Martha’s" 
kan noem. As gekose werktuie, is hulle deur My na hierdie aarde 
gestuur, om as dienende geeste onder die mense, op alle 
denkbare maniere werksaam te kan wees. Deur te dien, vind 
daar deemoediging, asook suiwering by hulle plaas, wat tot 
die opgradering van hulle geestelike ordes en ook Goddelike 
kindskap kan lei. 

Waar die tweede meerderheid groep, naamlik die ‘Maria’s’, My 
geliefde vrye wesens is, wat na hulle eie goeddunke en volgens 
die liefde van hulle hart kan handel. Dit is aan hierdie seer 
geliefdes wat Ek My uitnodiging stuur. "Kom ontspan by My 
voete en lê jou hoof neer op My skoot, sodat Ek My hand in 
Liefde op jou hoof kan neerlê. Terwyl Ek jou in die binnekamers 
van My Hart en die ewige lewe inlei.


Openbaring 125 
Beter om My nie te ken nie.
25 September 2007 8:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Enige iemand wat sy persoonlike voorkeure of eie sienings bo 
My stel, is My nie waardig nie. Ek sal My van hom wegkeer. Ja, 
wee die een wat My Woord verdraai om by sy eie agendas aan 
te pas. Dit is beter om My nie te ken nie, omdat dit wat jy nie ken 
nie, jou nie toegereken kan word nie, as om My te ken en te weet 
dat Ek regverdig is en jy My nogtans op die proef stel. Ek sal so 
een nie teleurstel nie. Ek sal hom op dieselfde wyse besoek, as 
wat hy begeer dat Ek sy vyande moet besoek. 

Die een wat net dit wil sien wat hy wil sien, van hom sal die volle 
sig ontneem word. Net so sal dit gaan met die een wat net dit wil 
hoor wat vir hom aangenaam is. Alles wat Ek as eiendom aan 
hierdies geskenk het, dit sal hulle ontneem word. 

Ek sal dit skenk aan die wat in geestelike armoede na My 
smag. Die onvrugbares sal vir My aangename vrugte dra. 
Ja, My boodskappers sal Ek uitstuur en hulle sal die 
gebrekkiges met die klere van die lewe klee. Groot vreugde sal 
daar op My huweliksfees wees. Buite sal die wat onrein is, in 
groot berou en afguns toekyk



Openbaring 126
Moet nie die Gees bedroef nie.

26 September 2007 8:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Daar is nie een onder julle wat sonder sonde of volkome 
regverdig is nie. Maar in hierdie tye verwag Ek van My 
gekose werktuie, om daarna te streef, om te alle tye bo 
alle verdenking te staan. Huidiglik is daar die onder julle 
wat daarop uit is om tweespalt onder mekaar te bring. 
Dit ontbreek nie aan sataniese wolwe, wat met duiwelse 
lis daarop gefokus is om My skape, veral hier aan die 
Suidpunt van Afrika, uitmekaar te jaag nie.

Daar is reeds heelwat onder julle, wat reeds onbewustelik, 
die doping van My Gees ontvang het en daarom moet daar 
baie noukeurig gewaak word om nie die Gees binne julle te 
bedroef nie.

Net soos wat Ek, na My liggaamlike doop in die Jordaan, die 
Goddelike Gees ontvang het en My daarna in ʼn dorre geestelike, 
sowel as fisiese woestyn onttrek het, om in die swakheid van My 
menslike liggaam en siel, die nodige opleiding te kon ontvang, om 
tot die volle sterkte van My Gees te kon ontwikkel, om sodoende 
volle weerstand te kon bied teen die versoeker wat My, met al sy 
lis en krag, kom besoek het. 

Net so moet julle in julle volle swakheid, die heeltyd daarna streef 
om julle siel in voorbereiding te bring, om in samewerking met My 
Gees in julle, tot aktiewe werksaamheid oor te kan gaan.



Openbaring 127
Die leuenagtige kerk.

Donderdag 27 September 2007 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Met die medewerking en hulp van ʼn leuenagtige kerk. Het satan 
slinks My volk in kennis en wysheid beperk. In goud en glans 
het satan en predikant hulself eenparig verskans. Geletterd en 
geleerd het menig kerklidmaat, My Waarheid, hoogmoedig die 
rug toegekeer, hul slegs deur hul kerk en in samewerking met 
sy groot broer, die politiek laat leer en deur hierdie helgeskepte 
despoot, lê almal nou onderdanig in satan se een oorkoepelende 
sloot. 

Maar nog steeds stoot hierdie ydeles hul snoet hoogmoedig 
omhoog. Van enige berou is daar geen spoor. Die paar wat nie 
in hul sotheid wou deel, moet nou maar stilswyend en gedweë 
hul lot deel. Onder die juk van ʼn verderflike wetgewing moet 
goed en sleg nou saam vergaan. Kerk en politiek gaan Ek ook 
met reg, saam met die Antichris, oor die afgrond laat gaan.

Maar reeds is Ek besig om in My getroues se harte, met My ware 
lewende Woord, in te trek. Vanuit hier sal Ek onder My Melgisedek 
orde regeer. My uitverkore priesters, sal menig kind vanuit die 
oneindigheid in Waarheid en liefde, na My, hul God en Vader, keer.


Openbaring 128
Met julle hele hart en wese.

28 September 2007 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Vandag spreek Ek tot elkeen wat om die een of ander 
onverklaarbare manier, die heeltyd na My smag en wat 
intens en opreg na My Teenwoordigheid in hierdie tye 
verlang. 

Daar staan geskrywe dat julle niks van dit wat aan julle 
naastes behoort, mag begeer nie. Maar Ek sê vir julle, 
dat Ek nie die eksklusiewe eiendom van julle naastes 
is nie. Begeer My daarom met julle hele hart, siel en 
wese, sodat Ek een met julle kan word en julle My as 
julle eksklusiewe eiendom, na hartelus aan julle naastes 
kan uitdeel. 

Maak My die polsende hartklop van julle bestaan-,nog beter, 
maak My die Lewende Hart self, sodat Ek die sentrum van 
julle totaliteit kan wees. Ek sal as die lewende orgaan binne 
julle, die lewensgewende bloed (gees) deur julle laat stroom 
en daardeur alles, in en om julle, tot lewe wek. Julle sal so 
My lewende verteenwoordigers op hierdie aarde word. Dit 
wat Ek met My liggaamlike verblyf op die aarde verrig het, 
dit, en nog baie meer, sal julle in My Naam, tot voordeel van 
vele ander doen.



Openbaring 129
Julle is in drie groepe verdeel.

29 September 2007 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Julle volk is huidiglik in drie groepe verdeel. Waarvan die 
grootste groep ʼn vreesagtige klomp huigelaars is, wat hulle 
identiteit en geloof soos goedkoop gemors, voor die voete 
van hulle selfaangestelde oorheersers gewerp het en 
owerspelig met hulle heidense afgode saam baljaar. 

Die tweede groep is, ondanks hulle vele foute, besig om 
te ontwaak. In benoudheid en wanhoop word daar na My 
geroep. Ek sal hulle nie beskaam laat nie.

Aan die laaste groep wat tussen die boom en die bas rondhang, 
om te kyk waar dit die beste vir hulle gaan wees, sê Ek: Maak 
jou keuse gou, omdat Ek jou saam met die eersgenoemdes uit 
My Mond gaan spuug. 

Ja, aan diegene wat hulle hart teenoor My verhard, sê 
Ek die volgende: Elkeen is met ʼn vrye wil toegerus en 
kan volgens die liefde van sy hart handel. Wie daarom 
wil hoor, laat hom hoor en laat die dowes, volgens hulle 
wil, doof bly. Ek stuur swaard, hongersnood en pes onder 
die goddelose mense, wat na My ware Woord nie wil luister 
en hulle bekeer nie. In bloed sal Ek hulle aan dieselfde hand 
oorgee, waaraan hulle hulself onderwerp het. Ja, onder hulle 
voete sal die verwerpte aarde dreun. In ʼn kragtige aardbewing 
sal dit onder hulle meegee. 

Bokant hulle hoofde sal die hemele oopskeur en deur 
woedende winde sal hierdie onreines meegesleur word. 
Die aarde sal van hulle gereinig wees. My oog sal nie 
verskoon nie. Daar sal nie een onder hulle gespaar word 
nie. ʼn Voorbeeld van self-vervloeking sal hulle vir ewig, vir 
almal wees. 

Ek sal hierdie skandvlek vanuit My volk reinig. Jakob sal 
Ek vry maak. My volk sal nie meer gebuk onder die juk van 
slawerny gaan nie, alle plae sal Ek van Sion wegneem. Ek 
sal haar in Liefde aan My bors aandruk en haar vertroos. 
Aan My sy, sal sy verheerlik word.



Openbaring 130 
Alle materiële lewe is bloot illusie.

30 September 2007 5:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Die materie het die neiging om dit wat sy sorgvuldig deur haarself, 
vanuit die mees onsienlike atoompies, tot ʼn spesifieke vorm 
opgebou het, weer net so, na ʼn sekere tydperk, sorgvuldig 
deur haarself, tot nietige atome af te takel, om sodoende weer 
in haar oerelement te kan verdwyn. Oral in die natuur is hierdie 
verskynsel waarneembaar in die ontkieming en geboorte, asook 
die ontbinding en verweer van alles. 

Dieselfde natuurwet geld ook vir die menslike liggaam en teen 
dieselfde tempo waarteen daar deurentyd nuwe selle geproduseer 
word-teen dieselfde reëlmaat sterf die oues. In hierdie siklus loop 
die lewe en die dood hand aan hand, onafgebroke met mekaar 
saam. 

En so is dit, vanaf die oomblik van bevrugting, tot en met die 
afsterwe van die mens, waar die lewe en die dood nou van 
mekaar skei en die dood nou alleen sy taak in die ontbinding 
volbring. Ja, soos ʼn damp wat verskyn, om net weer te verdwyn, 
so is alle materiële lewe bloot ʼn kort waarneembare illusie. 

Hierdie oënskynlike sinnelose kringloop en vermorsing van 
lewe het deur baie eeue menig filosoof tot swaarmoedige 
neerslagtigheid gestem en so het ook die bekende Prediker 
diep gesug nadat hy laat hoor het, dat alles tevergeefs en ʼn 
gejaag na wind is.

Maar Ek sê vir julle, dat die mens na My beeld geskape is en om 
tot ʼn selfstandige kind van My te kan ontwikkel, moet hy in alles 
in My skepping onderrig word en deur die weg van die sterflike 
vlees te gaan, kry die lewende gees, in samewerking met die siel, 
die geleentheid om meester oor die materie te kan word en so kan 
sy na die vervolmaking van haar wese streef. 

Om hierdie moeilike proses vir die mens te vergemaklik, het Ek 
Self na die aarde gekom en die pad van die vlees gewandel, om 
vir julle as ʼn voorbeeld te kan dien. 

Openbaring 131
’n Boodskapper in woede.

1 Oktober 2007 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
ʼn Boodskapper het met sy skaal sy hemelse dimensie verlaat. 
Na die aarde het hy in woede neergedaal. ʼn Veer het hy uit die 
ratwerk van die tyd gehaal. In versnelde spoed gaan die wêreld 
vinnig sy einde tegemoet. 

Gepla deur menig pes hongersnood en plaag wil die mens nou 
baie waag. Maar deur aardbewing en vulkaan stort die aarde nou 
inmekaar. Daar is niemand wat die gif uit die lug en water kan haal. 
In ongekende krag gaan fratsgolf oor kuslyn en binnelande gaan. 
Alleen sal die dood as die oorwinnaar daar bly staan. 

Met ontblote swaard is almal nou vir almal kwaad. Na die finale 
slag sal daar ʼn groot stilte neerdaal. Droewig en alleen sal 
vanuit doodstank die hartverskeurende klank van ʼn enkele 
kind opklink. Stukkend en alleen sal ʼn kleuter sy weg deur 
ʼn verpletterde en verlate wêreld probeer vind.



Openbaring 132 
Chaos in ʼn een-Afrika.

Maandag 3 Oktober 2007 8:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Groot verwarring gaan daar onder vele nasies wees. Terwyl 
regerings ydel met mekaar kompeteer kan nie een ʼn oplossing 
vir hongersnood en pes asook al die kataklismes gee. Ja, menig 
Afrikaleier sien in homself die volle "potensiaal" om as koning 
en leier oor ʼn een-Afrika te regeer. In naywer begin die bodem 
van Afrika voel-voel onder ʼn uitdagende politieke oorlogsdans 
te dreun en versigtig word knopkieries nou in alle rigtings na 
mekaar uitgesteek. 

Hiermee saam stort die wêreldorde se goedgesmede planne nou 
in die modder van Afrika ineen. Chaos gaan die politiek voorspring 
waar daar druk beplan word om van landsgrense ontslae te raak 
om sodoende ʼn een-Afrika tot stand te bring. Daar gaan nasies 
en volkere klaar wetteloos en onbeheersd in waansin kom en 
gaan. Hulle sal maak en breek net soos wat hulle wil. Maar met 
mure vanuit die natuur sal Ek ʼn veilige vesting vir My 
uitverkorenes bou.



Openbaring 133
Gesig oor edelgesteentes

Maandag 3 Oktober 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
In ʼn gesig het ek die volgende gesien: ʼn Pragtige vroulike 
diamant-kroon was uitgestal op ʼn bloedrooi fluweel lap. 
Dit het sterk aan die Engelse kroonjuwele herinner. 
Skielik was die kroon weg. In die plek daarvan het 
korrels pikswart rot mis die lap vol gelê.

Hierna het ek ʼn baie ou profeet met ʼn spierwit baard 
en hare voor ʼn delwers huisie in die omgewing van 
ons dorpie Ottoshoop sien sit. Sy voete was in ʼn 
kommetjie water, hy het opgestaan en die water in 
die rigting van ons buurdorp Lichtenburg geskiet. 
Onmiddellik het daar ʼn boompie opgekom wat binne 
sekondes tot menshoogte gegroei het. Die boom se
 blare was van die fynste kristal en hy het lieflike vrugte 
van edelgesteentes gedra. 


Openbaring 134 
Pasop vir slimpraatjies en tekens.

3 Oktober 2007 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Soos die manne onder die leiding van Gideon moet julle nou 
uiters waaksaam wees omdat satan sy gruwelike hoof in julle 
rigting gedraai het en sy sig nou vol op julle gerig is. 

Slu sal hy daarin poog deur middel van ʼn besonderse begaafde 
persoon wat hy in julle midde sal probeer bring, om julle met 
slimpraatjies en allerhande tekens te mislei om sodoende 
verwarring en verdere onmin onder julle volk te kan bring.

Die rigters wat Ek sal aanstel om die rigting vir My volk aan te dui 
sal manne van inbors wees wat uit julle eie geledere sal kom en 
wat My en My volk se belange ʼn geruime tyd al op hulle harte dra.



Openbaring 135 
Babilon se heerskappy gaan val.

4 Oktober 2007 3:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Babilon se heerskappy gaan val op land en see. Daar is niemand 
wat dit kan keer. Menig man se wingerd het sy vir haarself begeer. 
Oor elke land wou sy met koninklike gesag regeer. Geslagte lank 
het sy suiwer bloed voor haar uitgejaag. Eeue lank het sy haarself 
in ander se skatte behaag. Met baie bloed is haar heerserskleed 
rooi gekleur. Alles wat suiwer is gaan haar die rug toekeer. 

Esau het geen God na wie hy hom kan keer, maar Juda sal weer 
vir Benjamin absorbeer. Engeland se koningin word nou voor haar 
eie hof gedaag vir haarself het sy geskep ʼn grote plaag. Reeds is 
haar land deur menig vyand geïnfiltreer. Jesebel, daar is baie wat 
op jou bloed gaan teer. Effektebeurs en handelaar gaan hardop 
oor jou ween .Al jou rykdomme is vir ewig daarmee heen. 



Openbaring 136 
Geweldige emosionele onstabiliteit.

4 Oktober 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Moet julle nie daaroor verwonder dat satan huidiglik intensief 
op sommiges van julle fokus nie. Daar is sekere geeste onder 
julle wat ondenkbare tye gelede deur My gekies is om ʼn sekere 
taak as ʼn praktiese toets in hierdie tye te kom voltooi. Sou 
hierdies slaag sal dit vir hulle beteken dat hulle sal kan deurdring 
tot nuwe skeppings, dimensies en wysheidsdieptes wat vir die 
menslike verstand en begrip onmoontlik is om te kan begryp. 

Hierdie geestelike beliggaamde mense sal hierdie proses in die 
vlees as ʼn geweldige emosionele onstabiliteit ervaar waar dit 
vir hulle sal voel asof hulle die een oomblik berge kan versit net 
om die volgende oomblik ʼn gevoel van geweldige mislukking te 
ervaar. 

In hierdie stadium moet dit vir hulle baie belangrik wees om met 
liggaam, siel en gees alles in die stryd te werp omdat ook satan 
in hierdie tye as teenvoeter vir hierdie hoogsontwikkelde 
dienende geeste sy onverbeterlike helgeeste as prinse van die 
duisternis daargestel het om as teenvoeter vir My engelgeeste te 
dien en hulle te verhoed om die baie verswakte mense van hierdie 
tye by te kan staan. Daar is niemand volmaak behalwe Ek nie. 

Ook by hierdie ontwikkelde geeste is daar altyd nog ruimte vir 
verbetering waaraan daar in die ondenkbare tye wat kom 
oorgenoeg tyd voor sal wees. So was dit ook die geval by die 
voorloper onder hierdie geeste wat reeds vantevore sy weg 
oor die aarde as My voorloper gegaan het. 

Johannes die doper het met sy vorige proefloop oor die aarde die 
fout begaan deurdat hy in My, as die seun van die Mens getwyfel 
het. Vanuit die gevangenis het hy ʼn student na My gestuur met die 
volgende vraag; "Is U waarlik Hy". Dit nadat hy getuie was van die 
ontvangs van My Goddelike Gees. 

Daarom sê Ek aan julle, bied My julle harte as woning aan sodat 
julle My as ʼn permanente Inwoner onder julle deeglik kan ken en 
julle My daarom maklik sal herken wanneer Ons van aangesig tot 
aangesig sal ontmoet.


Openbaring 137 
Die tyd van sewe donderslae.

6 Oktober 2007 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Daar is niemand wat Ek in hierdie tye van die Waarheid sal spaar. 
Nog altyd het My Woord na alle kante oopgeslaan. Goed of kwaad 
daar waar Ek my Woord inslaan is dit bedoel om tot suiwering 
skoon te bloei. Daar waar die kwaad nie wil wegvloei sal die mens 
deur ʼn bose wond die ewige verderf ingaan. 

Die sewende seël se stilte word verbreek. Die tyd en stem van 
sewe donderslae het aangebreek. As oordeel sal hul oor die 
wêreld spreek, na vele bliksemstraal en donderweer sal na die 
sewende donderslag My Genade in oorvloed op My uitverkorenes 
neer reën. 

Dit wat bitter is sal Ek uit die maag wegwas. Soet soos heuning 
sal My Woord oor My pasgebore baba gaan. Aan My Waarheids-
bome sal Ek nou die opdrag gee. Ook aan hul die mag verleen. 
Dit wat hulle in My Naam sal spreek dit sal My engele oor die 
aarde oopbreek. Met ontblote swaard sal hul met My Woord 
boosheid en kwaad tot in die afgrond afbreek. 

Al doen die wêreld wat om hul in die aardse stof neer te slaan 
deur My olyfbome sal Ek die weg na My hemele vir baie oopbaan.


Openbaring 138 
Die valse woord van 'n illusie Jood.

7 Oktober 2007 8:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Met My laaste feesmaal was daar oorvloedig van My 
lewegewende Brood, maar menig het verkies om te 
eet van die wêreldse dood. Eeue lank het hul geëet van 
die valse woord van ʼn illusie-Jood. Armoedig en groot 
is nou die wêreldse geestelike nood. Met voete van lood 
keer menig siel hom nou na sy ewige dood.

Maar ʼn loflied sal daar eenparig vanuit Sion opklink, daar 
is niks meer uit die wêreld wat hul kan lok en wink. Aan My 
heilige wyn het hulle hul vol gedrink. Van My eie tafel is daar 
vir hul in oorvloed geskink. Heilig, heilig sal hul stemme vir 
ewig opklink, Heilig sal hul gesigte vir baie volkere blink.


Openbaring 139
Die bedelaarskleed uit slegte gewoontes.

8 Oktober 2007 9:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer 
Dit wat hier gesê word het nie betrekking op die werklik 
behoeftige nie. Vandag spreek Ek tot die onder julle volk 
wat uit slegte gewoontes die bedelaarskleed julle eie 
gemaak het. 

Dit is maklik om die vinger na die wêreld en veral na My te 
wys en in selfbejammering daarop aanspraak te maak dat 
alles en almal julle in julle ellende skuld. Maar selfsugtig 
dink julle nie eenmaal daaraan dat die een voor wie jy 
bakhand staan baie maal deur dieselfde beproewinge as 
jy moet gaan. Met baie moeite moet hy sy eie stryd oorwin. 

Sy swaarverdiende loon die moet hy nog onbaatsugtig met jou 
deel sodat jy jou in jou graf kan indrink. Deur middel van sluwe 
sielkundige lis maak julle graag van ʼn armsalige "Lasarus beeld" 
gebruik. So word daar op jou broer (volksgenoot) se gewete 
gespeel. Dit maak jou niks beter as ʼn geslepe rower nie. Die een 
wat nog ʼn helpende hand na julle uitsteek word agteraf bespot 
en vir sy domheid uitgelag. 

Duidelik word daar in die Skrif geskryf; dit wat jy aan die armes 
gedoen het dit het jy aan My gedoen. Maar nêrens word daar 
geskryf dat ʼn dronkaard en dwelmslaaf in sy kwaad gesterk 
moet word nie. Onder julle is daar hoogs begaafde mense en 
almal het Ek met vele talente toegerus, maak daarvan gebruik. 

Met My hulp en ʼn bietjie deursettingsvermoë kan enige probleem, 
ook verslawing, oorkom word. As deel van My uitverkore volk sê 
Ek ook aan julle dat die tyd min is en in baie swaar tye gaan julle 
volksgenote nie oor die vermoë of die tyd beskik om hulle eie wa 
sowel as julle s'n deur die drif te kan trek nie.


Openbaring 140 
Slim het sy eie baas gevang.

9 Oktober 2007 5:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

 
Judith de Beer 
Wêreldwyd neem versteurde weerpatrone momentum aan. Oor 
kontinent en vele land gaan daar ʼn sware doodstank hang. Met 
hernieude krag gaan oorstrominge en hittegolf oor die wêreld 
gaan. In Asië gaan baie land onder modder vergaan. Orals gaan 
daar rook rondhang. Veld en bos, dorp en stad, op menig plekke 
gaan die Aarde brand. 

Tussen Wêreldorde en eiebelang sit ʼn leier vreesbevange 
vasgevang. In ʼn pyplyn in Afrika is ʼn polisie staatsgreep 
aan die gang. Verblind deur goud en glans het slim sy eie 
baas gevang

Openbaring 141 
Die liefdelose balk van oordeel.

10 Oktober 2007 6:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Menig skrifstudent beskou hulself as die volleerde antwoord op 
alle wysheidsvrae en van hul wil Ek graag weet: Wat maak van 
jul die uitsondering om julself bo julle medemens te wil verhoog, 
wat op hul manier hulle weg na My probeer vind. Wie of wat gee 
die een mens die reg om hoogmoedig en in grootheidswaan, ʼn 
oordeel oor ʼn ander se geloof en liefde vir My, uit te wil spreek. 

Aan hierdie baie slim skrifgeleerdes onder die mense, wat My 
weer, net soos hulle voorgangers van tweeduisend jaar gelede, 
netjies uit hul pad, met hulle sogenaamde skrifkennis wil stoot, 
om hulself sodoende op My Regterstoel te kan verhoog, om 
vandaar hul oordele oor "sondaars" te kan uitspreek wat My 
in die liefde van hulle harte wil aanbid, aan julle sê Ek weer, 
dat Ek sal woon in elke sondaar hart waar Ek in liefde welkom 
is. Wie is daar onder julle wat My dit, met sy vele wette en 
skrifkennis gaan verbied. 

Haal daarom eers die liefdelose balk van oordeel uit jul eie oog, 
sodat julle self siende kan word en so ook die ware weg na My 
hemele kan vind, voordat jy jou broer, met jou hoogmoedige 
oordele en liefdelose instruksies, op ʼn ewige dwaalweg wil bring.

Aan My geliefdes sê Ek, dat Ek elke kosbare kind van My 
persoonlik ken, wat altyd in deemoed, water van liefde op 
die gloeiende kole, in julle hittige en soms hatige debatte 
gooi. Ja, salig is hierdies, omdat dit julle is, wat My nuwe 
Aarde gaan beërwe.


Openbaring 142
Satan as ‘moderne verlosser’

11 Oktober 2007 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Satan is huidiglik besig om in die glansryke gedaante van ʼn 
moderne verlosser nader te staan. Onder die "vaandel" van 
die sogenaamde "super intelligente hervormers”, tree hy nou 
lagwekkend na vore, om sy eie sorgvuldig-aangepaste, maar 
uitgediende kerkleerstellings weereens te kom hervorm. Ja, 
dit wat vir baie jare as valstrik vir die Christendom gedien het, 
maar nou weer uitgedien is. 

Met sy eenwêreldorde in sig, het die tyd vir satan gekom om 
sy eenwêreld-godsdiens, verwelkomend vir almal oop te gooi 
en willekeurig word alle leerstellings nou weer deur hom 
herformuleer. Reeds verblind, aanvaar menig kerklidmaat 
sonder enige teëstribbeling Lucifer se nuwe leer. Elke 
afgod en geloof, word met erkenning en liefde in die 
Christendom geakkommodeer en onder ʼn eenwêreld-
godsdiens word alle gelowe onder een dak geabsorbeer. 

Die mens wat tog so graag as slim wil deurgaan, knik hul 
hoof dom in erkenning saam en knielend lê hul, hulle 
kosbare erfenis en geloof in die valse verlosser, ja, die 
versoeker se skoot. Hoe hard satan ookal probeer om 
My geboorte, kruisiging, asook My opstanding, verdag 
te maak, EK IS, en bly die enige, enkele, suiwer Goddelike 
Identiteit, wat met My Menswording ʼn suiwer voorbeeld 
en leer na die Aarde gebring het. 

Nadat Ek ʼn volledige suiwering oor hierdie bose wêreld gaan 
bring, sal dit weereens slegs die suiwer Waarheid wees wat 
vas soos ʼn rots, ewig oor alles en almal, sal bly staan.


Openbaring 143 
Groot gaan wees die nood.

12 Oktober2007 10:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Groot gaan wees die hongerdag, wat op die hele wêreld wag. 
Nêrens gaan daar ʼn kind wees wat uitbundig lag. 
Honger gaan daar menigeen, na brood vanuit die hemel smag. 
Weemoedig gaan engeleskare die mens betrag, 
wat in ellende en wanhoop diep versmag.

Groot gaan wees die mens se honger en sy nood, 
in vullishoop gaan ʼn waardige mens rondkrap vir ʼn stukkie brood. 
Doelloos gaan daar menigtes rondloop. 
Nêrens gaan daar wees ʼn bietjie hoop. 
Met geld sal niemand iets kan koop. 
Van alle waardigheid is elke een gestroop.

In ʼn donker en onheilspellende nag, 
gaan satan hardop vir die mensdom lag. 
Meewarig gaan hy hul op en af betrag, 
terwyl hy spottend vra na al hul aardse prag. 
Tevrede gaan hy uitkyk oor sy goeie jag. 
Vele siel gaan daar onder sy donker mag versmag.

Waansinnig sal die handelaar nog steeds wil koop en verkoop. 
Ewig is daar niks wat hom tot wysheid toe kan noop. 
Oral waar die honger saam met die dood rondloop, 
daar probeer die handelaar vir oulaas nog sy siel verkoop.


Openbaring 144 
Met ʼn omkoopplan.

13 Oktober 2007 7:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Met ʼn omkoopplan, staan menig land gereed, om die politieke 
winde in hul eie guns te maneuvreer. Maar wêreldwyd gaan 
regerings die een terugslag na die ander in hul eie binnekringe 
en geledere ondervind. Meedoënloos vir ʼn Judasloon, gaan 
amptenare mekaar uit hul pad uit stoot. 

Wêreldwyd is daar weinig mense oor wat in patriotisme nog regtig 
iets vir hul eie lande voel en gaan dit net daarom, om die inhoud 
van hul eie sak te vergroot. Met omkoopgeld het menig vyande 
mekaar se lande met hul eie pionne geïnfiltreer. 

Kernwapens word vooropgestel om die aandag weg te keer. 
Met ʼn goed beplande biologiese plan, staan lande van die 
Noorde klaar gereed om Israel en sy bondgenote in Europa 
aan te val. Omvêrwerping en sluipmoord is aan die orde van 
die dag. Irak wil na eie keuse ʼn regering oor homself aanstel. 


Openbaring 145 
In ʼn bloedige helput.

14 Oktober 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die Goddelike beskerming waaronder die mense van Suid-Afrika 
daagliks gaan, word deur baie as vanselfsprekend aanvaar. Aan 
diegene wat met bravade en ʼn blasé houding dink dat onluste 
en oorlog bloot ʼn vae onwerklikheid is, wat slegs op andere van 
toepassing is en ook dat dit iets is wat nooit met hulle in hulle 
gemaksone gaan gebeur nie.

Aan hierdies wil Ek graag sê: "Julle sluimer in ʼn gekkeparadys 
en in ʼn bloedige helput gaan julle skielik ontwaak". Geskiedenis 
het die manier om homself telkemale te herhaal en vir baie eeue 
lank is bloedige konflik op hierdie kontinent aan die orde van die 
dag. 

In bykans elke Afrikaland was daar nog altyd die een of ander 
vendetta tussen Wit en Swart aan die gang en binnekort gaan 
die bodem van Afrika haarself weer met die bloed van haar 
bewoners vol drink.



Openbaring 146
Die ‘ou man van Afrika’.

15 Oktober 2007 8:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Net soos wat dit baie lank gelede geprofeteer was, het alle lande 
reeds oor die Aarde heen "vrede" geskreeu, waar daar geen vrede 
was. Net soos wat die ou man van Afrika se gesondheid besig is 
om weg te kwyn, so sal die valse vrede oor die horison van Afrika 
verdwyn. 

Daarmee saam sal daar nêrens oor die oppervlakte van die wye 
wêreld heen, meer ʼn enkele vredes-liggie skyn. In skrik en bewing 
sal die bewoners van die Aarde dit angstig uitroep in hul pyn. In 
wanhoop sal die massas hul daarheen haas, waar satan chaoties, 
in sy volle heersers-gloed nou skyn.


Openbaring 147
Goddelose onsin die wêreld ingeploeg.

16 Oktober 2007 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Praat en nogmaals praat is al wat die mensdom deesdae wil doen. 
Menig mens wil van die oggend tot die aand na die sinnelose klank 
van hulle eie stemme luister. Met nimmereindigende groot maar 
leë woorde in doellose lang toesprake en gesprekke, lei die 
politikus en kerkleier die mens willoos aan hul neuse rond. 

Om boonop by alles wat heilig is te sweer, is onafgebroke besig 
om in hulle midde te gebeur. Dwase wat van die oggend tot die 
aand onsin uit wil braak, is die leiers wat oor die ganse mensdom 
waak. 

Met tonge waaruit leuens en bedrog voortdurend drup, waaruit 
geen waarheid ooit kan kom, word hulle ewe dom navolgers, oor 
die ewige afgrond gestoot. Daarom sal dit nou weer wees, soos 
wat die woord van toeka spreek. 
Goddelose onsin het die wêreld ingeploeg. Die vrug van sy eie 
leuens en bedrog gaan die mens nou oes. Hulle eindelose gepraat, 
sal in die rumoer van oorlog ondergaan.



Openbaring 148 
Verstands- en geestelike ingesteldheid.

17 Oktober 2007 7:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Indien die mens die vermoë sou besit om homself, waar ookal, in 
die ruimtes te kon bevind, sou dit wees asof hy homself maar net 
weer op ʼn vreemde wêreld bevind. Sou hy sy oë na die hemele 
opslaan, sal daar nuwe ruimtes en heelalle voor sy oë oopgaan. 
So sal dit vir ewig aangaan.

Ewig sal die mens alle ruimtes kan deurkruis, maar nooit sal hy 
kan sê: ek het die hemel gevind waarin God homself bevind. 
Omdat dit ewig onmoontlik vir die fisiese mens was, is of ooit 
sal wees, om die Godheid in die ewige ruimtes op te spoor en 
hy daarom vir "bewyse" homself nog altyd op ander se "hoorsê 
woord" moes verlaat, het Ek die mens tegemoet gekom en Myself 
as Lewe op die aarde kom vertoon. 

Ja, slegs in die bewuswording en die lewe self, kan die mens My 
vind. Nog altyd was daar twee groepe mense, waarvan die een 
groep die liggaamlike verstandsmense is. Deur middel van logika 
en verstandelike vermoëns, gaan hulle vanuit ʼn riglyn en in ʼn 
raamwerk vir hulself ʼn logiese beeld van hul God opbou. 

Waar die tweede groep, wat meer geestelike ingestelde mense is, 
met hul liefde en hul hoop daarin gaan poog om vir My ʼn woning 
in hul harte te bou, om My so in hul geloof met hulle eie lewe te 
omvou. In hierdie lewe, waarin die ware lewe ontwaak het, kan so 
ʼn lewende siel nooit weer in die dood ontslaap nie en is dit slegs 
hierdie volmaakte lewe wat oor die vermoë beskik, om vanuit die 
materiële ewighede, in die lewende hemele oor te gaan.



Openbaring 149
Deur hulself ʼn oordeel gevel.

18 Oktober 2007 05:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Terwyl daar oral gerugte van oorlog sal wees en van menige 
kataklismes wat die mense in die media lees, sal die kennis 
weereens die liefde versaak. By baie sal My Gees heeltemal 
ontbreek. Stene vir die profete sal daar in oorvloed wees en 
so sal die skrif in die eindtyd hom as ʼn oordeel self herhaal. 

Terwyl die koninkryk van God naby sal kom, sal die skrif-
geleerde seuns, weer net soos hulle oer voorvaders, dieselfde 
Godslasterlike woorde spreek en beweer; met Beëlsebul en 
bose geeste se hulp geskied God se wil. Deur hulself is ʼn 
oordeel gevel en oor duisende jare heen sal pa en seun, 
mekaar se regter wees. 

Geslagte lank is daar geprofeteer, eendag sal God vanuit 
die mond van sy heilige volk regeer. Die wat My opreg in 
hul harte begeer, aan hulle sal Ek verleen, hierdie grote eer.

 

Openbaring 150
Die verskil tussen genade en liefde.

19 Oktober 2007 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn volmaakte wêreld sou genade oorbodig wees, omdat genade 
die praktiese uitoefening van deernis is. 

Deernis word op haar beurt uit die sagte gloed van liefde gebore. 
Dit is liefde wat meelewing met alles het wat in onvermoë en 
wanhoop spartel. 

Neem as voorbeeld ʼn moeder wat in barensnood in angs haar pyn 
uit kreet en Ek haar in genade en met Liefde te hulp snel. Ook die 
nuwe aankomeling, wat in asemnood sy koms uit kreet, sal Ek met 
My Liefde en Genade op sy moeitevolle lewenspad bystaan. 

Die mens kan egter nie net genade ontvang nie, hy moet ook leer 
om dit self met praktiese liefde aan ander uit te deel. Om hierin 
te kan ontwikkel, word die mens op vele maniere daarin geoefen. 
Hierdie lewens oefeninge kom meestal in die onaangename vorm 
van teleurstellings, wanhoop of siektes, en weer is dit hier waar 
Ek die mens met My Genade dra. 

Ook wat die mens se geestelike groei aanbetref, gaan dit soms 
moeilik. Deur baie trane, val en weer opstaan kom Ek die mens 
in sy geloofstryd tegemoet. Wat maak die een mens beter as die 
ander, dat hy bloot op die meriete van My Genade gered sal word, 
terwyl biljoene ongelowiges sonder My Genade vir ewig in die hel 
moet ondergaan. 

Daar is bykans nie nog ʼn land of bevolking, wat nie op die een of 
ander manier al van My gehoor het nie en wat My nogtans deur die 
vryheid van hul eie keuse verwerp. Indien Ek hul met My "Genade" 
gelowig sou maak, sou dit dwang en nie My Liefde wees, wat hul 
na My sou bring. 

Die lewe en geloof is een voortdurende stryd en met My Liefde 
en genade kan enigeen wat wil, as ʼn oorwinnaar uit die stryd uit 
tree. Net soos wat Ek in ongekende Liefde, My Genade kosteloos 
aan jul uitdeel, net so moet julle weer julle liefde en genade, 
prakties en onbaatsugtig aan ander uitdeel.