.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1001                                                                                                   ’n Ewige naam.
Maandag 1 Maart 2010 09:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Die Gees het tot my gekom en gespreek en Hy het gesê: 
mensekind die naam van Elohim was, is en sal ewig wees - EK IS – 
maar ook Homosapiens, ja, die mens het ewig `n naam wat eie aan 
hom is en dit is - wat moet wees sal wees.


Openbaring 1002 
Die aftelling het begin.

Dinsdag 2 Maart 2010 11:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het die aftelling van die laaste honderd dae voor die sokker begin. 
’n Wêreld sing: bring globaal die mensdom in die tempels van Satan in. 
Na ’n afgod geklee in goedkoop sintetiese stowwe en ook foelie en tin. 
Vir ’n eenwêreldorde wat dink hy kan maar begin om die pragtige land te ontgin.

Maar vir homself het die wêreld net die groot gruwel as prys gewin. 
Ewig te laat is dit vir die mens om hom oor sy foute te besin. 
Ver bokant die koningskap van Elohim wou Lucifer mos weer klim. 
Daarom het die kwaad oor goed in die volkere van die wêreld oorwin. 

So kekkellag die duiwel terwyl hy sing: 
laat die laaste spele nou maar begin. 
Bring geheel die wêreld ook met behulp van die TV. Satan se gruweltempels in. 
Kyk, stadions as landmerke is oral in die pragtige land aangebring. 
Sodat ’n gruwel eenwêreldorde se heerskappy globaal kan begin. 

Vir bykans drie en ’n half termyn 
was dit wat heilig was onder gruwelvoete ingebring. 
So raak die tyd nou uitgeloop en die dae baie kort en min. 
Laat satans handlangers daarom in feesviering nou Buckingham paleis maar in. 
Sodat hul die koningin van gruwels as hul drek-godin kan aanbid en bemin. 

Ja, die aftelling van die laaste honderd dae voor die sokker het nou begin. 
Min wis `n wêreldbevolking ook hul dae op die wêreldkalender raak nou baie min. 
Waarom sal die hemel iets onbruikbaar uit die asblik van Satan wil win. 
Maar salig is die wat My, hul El nog die heeltyd met hart en siel bemin. 
Vir hul word Ek op hemel sfere na die aarde in hul hart gebring. 

Hef daarom aan jou nuwe lied O Sion en begin uit volle bors te sing. 
Kyk ’n bose wêreld word om jou, deur oordeelskataklismes, 
tot goedkoop kompos verwring.


Openbaring 1003 
Een-twee-drie.
Woensdag 3 Maart 2010 08:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die oordeel sê: kyk, in `n spel kan ek ook tel terwyl ek wag. 
Ja in `n spel van een-twee-drie- kyk so bietjie na my mag. 
Daar is iets onheilspellend wat nou op die wêreld wag. 
Oor die aarde kom eentonig reëlmatig gereeld `n slag. 
Ook die duiwel lag en lê op sy eiendom beslag. 
O` wat het die mensdom nou eintlik verwag. 
Dalk `n toekoms-beskawing wat rooskleurig op hul sou wag. 

Maar ritmies tel die engele terwyl hul lag. 
Hul speel hul spel; een-twee-drie kyk daar kom nog `n slag. 
Een-twee-drie, waarheen verdwyn nog `n pragtige dag. 
Een-twee-drie kyk hoe donker is nou die oordeelsnag. 
Een-twee-drie op `n sokkerbal vertrou die mens mos vir krag.
Een-twee-drie elke dag `n nuwe oordeel wat op hul wag. 
Een-twee-drie maar vir julle tel net een dag op `n slag. 
Een-twee-drie-vier ons kan tel soveel ons wil op `n dag. 

So staan die mensdom verstom oor die Goddelike krag. 
Terwyl `n wêreld ween oor haar eens vergane prag. 
Maar die grotes veg nou verwoed oor beheer en mag. 
Deur hul waansin meer verdriet wat op `n sterwende aarde wag. 
Ja die oordeelsengele 'tel' terwyl hul koggel en lag. 
Een-twee-drie hoe groot of klein is die volgende oordeel wat daar wag.

Openbaring 1004 
‘n Vreemde figuur.
Woensdag 3 Maart 2010 12:45 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In `n gesig verskyn daar `n oneindige vlakte met in die middel daarvan `n
enkele spits berg wat bykans tot aan die wolke reik.
‘n Eienaardige kreatuur probeer desperaat daarom vlieg maar kan nie hoër 
as `n meter van die grond af kom nie. Die gesig verhelder sodat die vreemde 
figuur beter bekyk kan word. Dit het die voorkoms van `n menslike geraamte 
met die volledige kop van `n arend. Die berg is ongelooflik pragtig maar die 
vreemde figuur is skrikwekkend en terselfdertyd tyd ook uiters betreurenswaardig.


Openbaring 1005 
‘n Reuse brander.

Woensdag 3 Maart 2010 15:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n geestelike ervaring staan ek skielik in die see- net om die volgende
oomblik hoog deur `n brander opgelig te word. Waarna ek dadelik weer afsak
tot op my voete. Ek staan die reuse brander en agterna kyk soos wat dit
oor die strand voortrol terwyl dit alles in sy pad platvee.

 

Openbaring 1006 
Oestyd is hier.

Donderdag 4 Maart 2010 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So kom nou die dag en `n oes word van die aarde af aangevra. 
Aan elkeen word gevra: watse vrug, goed of kwaad, het jy gedra. 
Ewig te laat is dit om oor `n selfgekose lot te wil kla. 
In voorspoedige tye sê baie vir die Goeie nee maar vir die bose ja. 
Die Goeie Gees word mos toe venynig van hul af weg geja. 

Maar in bose werke hardloop geheel `n wêreld mos die duiwel na. 
Nou in die tyd van die groot gerig wil almal selfbejammerend kla. 
`n Plek in die ewige lewe wil hul van God af vra. 
Maar elkeen word nou uitgeken aan die vrugte wat hul dra. 

Die dorre bome sonder vrugte is juis wat God nou so kan pla. 
Daarom word die droë hout nou na die vuuroond weg gedra. 
Deur tandgekners kom vanuit Hades droewig `n ween gekla. 
Niemand wat hier omgee- selfs nie eers `n liefdevolle pa of ma. 

Ja oestyd is hier en die beste vrugte word nou vir die hemel aangevra. 
Aan elkeen word nou gevra watse vrugte goed of kwaad het jy gedra. 
So word die heel edelste vrugte nou gelaai op `n lieflike hemelwa. 
Op die vleuels van gerubs word dit na Elohim as `n offer aangedra.



Openbaring 1007 
My liefde en trane aan U.

Donderdag 4 Maart 2010 14:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ my Elohim! Was my trane vandag strome, was elke rivier in volle vloed.
Oor elke gedagte oor U verander my hart in die son se opkomende gloed.
Soos `n ongeborene wat in die skoot van sy moeder roer- so voel U in my gemoed. 
My siel jubel en juig want ek weet U kom ons nou tegemoet. 
Terwyl U in my siel fluister: dit is die weergeboorte van die heiliges wat jy vermoed. 

O Abba Vader, U is ongelooflik, oneindig, vir U kinders so baie goed. 
Maagdelik rein staan ons voor U gereinig deur U eie kosbare bloed. 
U beloof; in `n verskriklike tyd gaan U ons persoonlik Self kom behoed. 
U oneindige liefde oorstroom op hierdie dag my baie broos gemoed. 
O’ my Skepper, was my trane vandag strome, was elke rivier in volle vloed. 
Oor die Brood van die lewe- waarmee U ons so mildelik vrygewig voed.


Openbaring 1008 
‘n Gesig oor nog kataklismes.

Donderdagnag 4 Maart 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za   

Judith de Beer 

Ek word wakker en ervaar die volgende skrikwekkende gesig van 'n aardbewing 
en sien hoedat beboude gebiede inmekaar tuimel. Ek verskuif in die gees na 'n tipe
tropiese woud en sien hoedat piesang- en palmbome deurmekaar, inmekaar val. 
Direk hierna bevind ek my op 'n bergreeks wat met sneeu oortrek is 
en ook hier is 'n aardbewing besig om onder die dik lae sneeu af te speel. 

Skielik voel dit asof ek soos blits van die een plek na die ander beweeg. 
Die weer is eienaardig- op sommige plekke vreeslike windstorms met baie 
reën en op ander plekke wil dit weer nie ophou sneeu nie. 
Skielik voel dit asof ek in die ronde swaai en al die beelde verander in strepe, 
kolle en kleur. Ek voel beangs en begin bid waarop die gesig verdwyn.

 

Openbaring 1009 
Die aarde se smartvolle roepstem.
Saterdag 06 Maart 2010 09:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de beer
Die aarde roep na die hemel: kyk ek is vuil kom was my asseblief skoon.
Sodat ek myself weer trots en gereinig aan my Skepper kan vertoon. 
Vir alle skepsele was ek `n goeie moeder maar kyk net na my loon. 
Al my bewoners is besig om my in elke opsig te verloën. 

Sy ween- deur al die hemelliggame word ek oor my smet gehoon. 
In die vergadering van heilige planete word ek verstoot en verskoon. 
Moet daarom `n bose mensdom nie langer oor al hul gruwels verskoon. 

Verdrietig roep die aarde: 
kyk; my oppervlak is vuil- kom was dit asseblief net skoon! 
Deur die mens se misbruik en verkrag- hoe kom ek ooit weer skoon. 
Stuur na my oppervlak die wraak van die versteurde neutron en proton. 
Deurdrenk my oppervlak daarom 
met ’n onophoudelike reinigende monsoon. 

Kom reinig my van die smet deur die krag van `n vernietigende tifoon. 
Kom bedek my skaamte oor my gruwel oppervlak,
onder die water van `n woedende sikloon. 
Eers was die Adam vanuit geheel die skepping gekies as die suiwer kroon. 
Maar deur gruwels en sondes win hul die hel en Hades as hulle loon. 


Kyk- deur duiwels, demone, sondes en gruwels 
word ek op al my plekke bewoon. 
Deur hierdie bose proses word my oppervlak nêrens gekoester of verskoon. 
Daarom roep die heelal nie meer ’n kleine maagd- 
maar `n hoer wat in ons midde woon. 

Die aarde antwoord verdrietig; ja, ek is vuil kom was my asseblief skoon. 
Nie meer mense nie- maar monsters word nou oral op my bodem gekloon. 
Sy kyk verwytend na haar Skepper en sê: 
deur U bloed, was U sondaars skoon. 
Stuur my net die water van die hemel 
sodat ek my weer skoon aan U kan toon. 

Stuur oor my oppervlak die wraak van die versteurde proton en neutron. 
Kom deurdrenk my vuil oppervlak onder die water van `n reuse monsoon. 
Kom skuur en skrop my oppervlak met die woedende krag van `n sikloon. 
Ja kom reinig my van my smet 
deur die vernietigende krag van wind en tifoon. 
Sodat ek weer gereinig tussen my susterhemelliggame in die heelal kan woon. 

In die belofte van die reënboog 
het U die mensdom van `n water ondergang verskoon. 
Maar kyk, O’ Skepper,- 
dit is nie meer gehoorsame mensekinders wat op my woon. 
Ja nie meer liefdevolle mense- maar siellose monsters word op my gekloon. 

Daarom roep die aarde na die hemel: 
stuur al jou water en kom was my silwerskoon.


Openbaring 1010 
'n Patetiese volksgebed.
Sondag 07 Maart 2010 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarom toon die 'Christen' nie in die binnekamer hul berou. 
Die loon is klaar ontvang in die uitstalling en aanskou. 
O` hoe veragtelik `n volk wat op drekgode wou vertrou. 
In hul voorspoed nou deur misdaad so erg geknou.
Maar nog steeds nêrens te bespeur `n bietjie berou. 
Op menslike strukture wil hul nog steeds vertrou. 

Voor `n Uniegebou die handjies smekend saamgevou. 
Skynheilig staan hier die vrymesselaar, die prediker 
en bykans elke politieke ou. 
Die slagoffers word pateties na vore uitgehou. 
Waar hul bely: misdaad teen ons word in versoening uitgehou. 
Terwyl God moet sorg om dit van ons lyf weg te hou. 

Maar hierdie pleidooi is laster wat teen die hemel skrou. 
Gee hul daarom iets nuuts om aan te kan herkou. 
In meer haat word in vyandskap die oë oor hul vernou. 
Die vyand fluister: slaan hul met nog `n harder hou. 
Begin om hul nou meer openlik af te knou. 
Sodat hul weer tevergeefs die hande biddend 
voor regerings saam kan vou. 

In moord op moord gaan `n liberale volk sy bestaan berou. 
Uit die Goddelike mond word alles gespuug wat was- so lou.


Openbaring 1011 
Die voorvadergees se kartél.

Maandag 8 Maart 2010 09:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In doodsverskrikking- demone wat `n beangste siel kom kwel. 
Vanuit ’n donker kraal wink die gees van Samora Machel. 
Ja, hy wink en wuif vanuit Ubuntu se donker koningskartél. 
Hy sê jy moet kom op die voorvadergeeste se bevel. 
Deur jou dood is daar baie vir die donker ras op die spel. 

So roep vanuit `n donker dimensie, die gees van Samora Machel.
Hy beveel; dit is tyd- roep Afrika nou toe vaarwel. 
Op jou lewe het `n bose eenwêreldorde baie bestel. 
In die fees oor jou dood word baie swart beeste neergevel. 
Maar duisende wit skape word geslag om in jou guns te tel.
Die snit van die spies word vervang met `n moderne skalpel. 
In die bloedoffer word daar duisende vir Ubuntu getel. 

So staan die dood nader om in een baie neer te kom vel. 
`n Swart weduwee sal leer om tot twee te tel. 
So roep Afrika vir oulaas toe- sy voorspoed vaarwel. 
Vanuit die voorvadergees se kartél wink die gees van Samora Machel.

 

Openbaring 1012 
Praat vir jul eie part!

Dinsdag 9 Maart 2010 10:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soveel sit daar vasgevang in bitter smart.
Maar die mens bly staan met ’n versteende hart. 
Teen die stem van God word die hart verhard. 
’n Volk is besig om Elohim openlik uit te tart. 

Ja, in ellende sit daar soveel nou verward. 
Hul ween en sê: ons posisie is so uiters benard 
maar aan die wêreld behoort ons in ons hart. 

So staan drie uit vier teen ’n enkel kwart. 
Met liberale mond voer hul rede ook vir die suiwer part. 
So is hul besig om die hemel openlik uit te tart. 
Hul smeek oor hulself af- ’n nag van bloedige smart. 

Laat hul spesifiseer- hul praat net vir hul eie part. 
Nie lank van nou val daar uit hul midde ’n hele kwart.


Openbaring 1013 
Die laaste aanbod.

Donderdag 11 Maart 2010 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Tot die uiterste het die wêreld die Gees beproef. 
So kom `n dag en die Heilige gees raak diep bedroef. 
Haar sagte liefdevolle gloed verander na ongenaakbaar stroef. 
Sy sê: in `n liefdelose toestand kan Ek nie langer vertoef. 
In `n Godverlate toestand het die bose nou net dit self om te kan troef. 
So knel om die wêreld al hoe stywer die boosheid se skroef. 
Niemand stel meer iewers die Goeie op die proef. 

Al hoe dieper sink die wêreld in `n pikswart groef. 
Waar `n goddelose mensdom hul eie boosheid moet troef.
Beangs roep `n wêreld: waar sou die Goeie Gees nou vertoef. 
Maar helaas- tot die uiterste was die Heilige Gees beproef. 
In Haar verwerping is die Trooster nou ontroosbaar bedroef. 
Van `n mensdom se smaad en laster het sy genoeg. 
Deur eons was soveel opofferende liefde in die mensdom geploeg.
Selfs aan `n martelpaal het die Liefde vir sondaar kom wroeg. 

Onverpoos het die Heilige Gees om redding vir die mens kom swoeg. 
Maar die dag het gekom waar Sy sê: genoeg is genoeg. 
In verwerping en laster stel die mens My nie meer langer op die proef. 
Maar `n handvol het hul lojaal tog by My gevoeg. 
Slegs in hul midde-daar sal Ek nog vertoef. 
Van hier kom die laaste aanbod- kom stel die Liefde op die proef. 
Ja in die laaste tent-tempel van verganklikheid sal Ek nog vertoef. 
Ingeval iemand in die laaste oomblik nog na My wil roep.


Openbaring 1014 `n Duisend jaar in rus.
Donderdag 11 Maart 2010 23:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die skepping staan voor sy Skepper stil- verstom. 
Hoe onuitspreeklik is die oer-ewige Lewensbron. 
Oor alles skyn teer God se genades-liefdeson.

Wanneer die Verlosser na Sy nuwe aarde kom. 
Wink weer nuut die belofte uit elke lenteblom. 
In die nuwe ryk kom Satan nie weer as `n slang vermom.

Die dood word ewig deur die Lewe nou oorkom. 
In `n volmaakte toestand is niks ooit weer skeef of krom. 
Vir `n duisend jaar in rus is heilig die Sabbat wat kom. 

Engel en mens staan nou voor hul Elohim verstom. 
Oor die onuitputlikheid van sy ewig Liefdesbron. 
Oor die stad Jerusalem skyn God self as Liefdes Son. 

Soos spruite wat ontkiem reik almal nou uit na Hom.
Ja, wanneer die Koning na Sy nuwe aarde kom. 
Staan Sy kinders daar volmaak in hul totale som. 

In `n volmaakte toestand gee almal vir mekaar in liefde om. 
Elke skone hart is hier `n volmaakte liefdesblom. 
Hierdie ruiker hou Sy skepping nou uit na HOM.

Openbaring 1015 
Willoos dans die Boervolk.

Vrydag 12 Maart 2010 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n dooie siellose dans van die marionet. 
Is willoos die mens met breinloosheid besmet. 

In die beheerde dans van die marionet 
Is die Boervolk gevang in `n wêreldorde se net. 

In die gemanipuleerde dans van die marionet. 
Word die vryheid van beweging heeltemal belet. 

In die gedelegeerde dans van die marionet. 
Kniel die poppe in `n geestelik voorgeskrewe gebed. 

In die wrede oorlogsdans van die marionet. 
Besluit die poppemeester wie val voor die bajonet. 

In die fyn vervaardiging van die marionet. 
Word die identiteit na die wil van `n ander geset. 

Met stokkieslywe ritteldans die marionet. 
Maar net die poppemeester word hieruit vet.

Ja, sielloos is die dans van die marionet. 
Willoos kan die poppe hul nooit hierteen verset.


Openbaring 1016 
`n Heimwee verhaal.

Sondag 14 Maart 2010 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So klink die heimwee verhaal van die eens trots nou gevalle Boer. 
In die naklank daarvan kom oor die velde `n luidrugtige rumoer. 
Nie so lank gelede nie staan daar eens die trotse stoere Boer. 
Maar die Boer word met `n enorme liberale leuen gevoer. 
Sy visie strek toe net so ver soos `n rugbyveld se kontoer. 
Ook vanuit hul kerk kom die vals gelispel soos `n duif se gekoer. 
Alles word hul toe ontneem- ook in die selfverdediging die roer. 

In grondonteiening word laat weet; die Boer is nou uitgeboer. 
Gretig word daar ook nou in die rigting van wit woonbuurte geloer. 
Die massas sing en dans terwyl hul vra na groot oproer. 
So terloops word `n ou haatkwessie weer maklik aangeroer.
Luidrugtig kom hul lied: kom skiet, ja, kom skiet `n Boer. 
In `n verswakte toestand is hul magteloos- hul het nie eens `n roer. 
So sing hul: kom skiet `n Boer, vir hierdie taak het ons te lank gesloer. 
Vinnig versprei die boodskap nou van swart broer tot broer. 

In haat en nyd word onderlangs na die wít man geloer. 
Groot en klein staan slaggereed vir die groot oproer. 
Die massas roep en vra na die bloed van elke Boer. 
Nie lank gelede was daar nog `n Boervolk trots en stoer. 
Maar in geheel hul erfenis is hul totaal nou uitgeboer. 
In hul vrees wil hul steeds nie `n opregte rede voor hul God aanvoer. 
Maar hul staan nader en sê; ons het `n geloofs-taak om te volvoer. 

Biddend trek hul laer en staan op hul knieë voor `n aartappelmoer. 
`n Vrymesselaarorde het vir hul `n biskop uit eie midde ingevoer. 
Di
é gaan glo die Boervolk as voorloper na God en hemel aanvoer. 
Maar die vyand lag en sing; skiet `n Boer ja dood die Boer.
So klink die heimwee verhaal van `n gevalle eens trotse Boer.


Openbaring 1017 
Na elke pikswart nag.

Maandag 15 Maart 2010 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kyk hoe laster teen die hemel nou elke gruwel mond. 
In haat en nyd soek elke wêreldling sy deel en pond. 
Maar hul bestaansreg is nie eers meer op die wind gegrond. 
Aan die einde van `n tydvak staan `n planeet nou swaar gewond. 

Desperaat- tevergeefs roep na die hemel nou elke gruwel mond. 
Maar na elke pikswart nag kom weer vars, die oggendstond.
Waar Elohim verbrysel daar kom maak Hy weer gesond. 
Waar Hy stukkend skeur sal Sy liefde weer heel en bond. 
Ja, binnekort waggel die kleine aarde nou swaar gewond. 

Maar aan Jakob word gesê: Ek onthou nog ons verbond. 
Maar in die nuwe verbond behoort aan jou nou al die grond. 
Jou nuwe geslag sal in voorkoms staan; skoon, blank en blond. 
Kyk in jou midde staan Sion swaar-swanger, gesond-gerond. 
Die kind se naam is Melgisedek- kom vanuit elke hemel mond.

`n Verbryselde aarde kom maak Elohim nou weer gesond. 
Ja kyk, na elke pikswart nag, kom weer skoon die nuwe oggendstond.


Openbaring 1018 
Tekens van die tye.

Dinsdag 16 Maart 2010 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
’n Sondige wêreld bied aan die hemel net verdriet. 
Oral aan die hemelwand begin skouspelagtig sterre verskiet. 
Ligverskynsels wat nou soos blits deur die ruimte skiet. 
Tekens van die tye word ruim oor die hemel uitgegiet. 
Van heinde en ver word hemelskares as getuies ontbied. 

Engelsfere kom om nou hul mooiste lied aan Elohim te bied. 
Terwyl in skouspel al hoe meer sterre in die hemel verskiet. 
Oral teen die koepel van die hemel begin die tekens nou geskied. 
Die verseëldes roep- wie kan ons die krag van God verbied. 
In verrukking sug ’n paar- wat kan die materie ons nog bied. 

Laat ’n verlore wêreld nou vergaan in sy eie leuen tot niet. 
Terwyl die wêreldmens vreesagtig begin te bewe soos ’n riet. 
En in kataklismes alles om hul vergaan tot hul verdriet. 
Begin die tekens van die tyd oral in die ruimte te geskied. 
Die heelal sug- die tyd is hier vir God se wil om te geskied.

Openbaring 1019 
Die kinders se verwyt.

Woensdag 17 Maart 2010 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Niks is meer oor waarmee die goeie die kwaad mee kan besweer. 
Slegs in die oordeel kan die mens homself nog betreur. 
’n Jong generasie roep verdrietig- kyk ons is nog in ons lewensfleur. 
Graag geniet ons nog die lewe in elke kleur en geur. 
Ons voorgeslagte kon vanuit die beste vir hulself kies en keur. 
Maar tot verdoemenis is die toekoms deur hul gemaneuvreer. 
Deur hul toedoen kom die oordeel om oor ons te triomfeer. 
Maar daar is niemand uit hul geledere wat hul aan ons klagtes steur. 

Ja, die kinders van vandag voel in hul bestaansreg diep onteer. 
Oor enorme foute wat geen mens ewig ooit weer om kan keer. 
Oral oor die aarde is alle ordes in hul bestaansreg wreed versteur.
So kom daar oor die wêreld in opstand nou groot terreur. 
Ja, ’n toekoms vir die laaste geslag is vir ewig stukkend geskeur. 

So roep die kinders van die aarde- kyk ons is nog in ons fleur. 
Waarom het ons ouers alles so vir ons kom staan en verrinneweer. 
Daarom sal ons in groot verwyt nou kom met ons terreur. 
In opstand teenoor outoriteite sal almal hul bestaan betreur. 
Daarom sal ons met ons verwyt kom in enorme terreur. 
Daar is niks waarmee die goeie nog die kwaad mee kan besweer. 
Terwyl die oordeel in al sy krag nou oor ons gaan triomfeer 
sal ons in haat en veragting ons na elke wêreld outoriteit toe keer.




Openbaring 1020 
Die pikswart bees se helle-bloedfees.

Donderdagnag 18 Maart 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Teenoor mekaar staan `n stormram en `n verwoestende bees. 
Aanmoedigend roep die ondersteuners hulself nou hees. 
`n handvol heiliges staan eenkant stil, maar vasberade, bedees. 
Maar die hordes vier uitspattig `n afgryslike helle-fees. 

In refrein kom hul slagspreuk; in verdrukking sal ons heers. 
Ja ons beheer koelbloedig in aangeblaasde vrees. 
Vanuit die Ooste bulk bloeddorstig ook die goudgeel bees.
Afrika moet laat weet- as bondgenoot sal hy daar vir hom wees. 

Maar hoogmoedig arrogant laat weet die pikswart bees. 
In my bloedlus drink ek myself eers vol vir eers. 
`n Verdrukkingstydperk is aan my gegee om te vertrap en te heers. 
My kraal is `n hele kontinent en my getalle te veel om te lees. 
Die skape is klaar te min om almal te voed op die bloedfees. 

Die swart bees storm wild en wyd en weet nie waar hy wil wees. 
Hy swenk en swaai- in sy val gaan sy tydperk baie kort wees. 
Daar waar die brommers draai- daar wag die aasvoëls reeds.
Hoeveel daar in `n oomblik kan val, 
kan julle in die tekens van die tye lees.

Openbaring 1021 
Baba Liberale skaap! 

Vrydag 19 Maart 2010 14:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Baba Liberale skaap wat versteek jy in jou wol. 
Bruin, wit, swart alles wat jy sien daarmee wil jy lol. 
Aan alles wat `n wêreld bied eet jy jou rond en vol. 
Loop dit skeef is jy altyd eerste om weg te hol. 
Raak dit bietjie rof verdwyn jy soos `n mol. 

Baba liberale skaap wat versteek jy in jou wol. 
Blink soos vet het jy in die aardse rykdomme rondgerol. 
Met elke regering flankeer en met Mammon rond gejol. 
Maar noudat agteruitgang al hoe vinniger begin te tol. 
Begin die vrees om die bloed in jou are te stol. 

Baba Liberale skaap wat versteek jy in jou wol. 
Van Links na Regs gaan jy nou probeer weg hol. 
Jy dink jy was so slim maar jy het net jouself gebol. 
Saam met elke wêreldvark het jy morsig rondgerol. 
Oral eis die werke van jou hande nou sy tol. 
Op die einde mis jy toe heeltemal die senter van die kol.



Openbaring 1022 
Anderkant die waters van Kain- Kus. 

Saterdag 20 Maart 2010 24:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens by die riviere van Babilon- wenend ‘n volk wat rus.
Maar anderkant die stormagtige waters van Kus.
Kan niemand die haat teen die Goddelike erfgename sus.
Onrusbarend oor Afrika vlakte vibreer nou die moordlus.

Links en Regs, almal voel hulself nou ongerus.
Raka snuif in die wind- onkeerbaar in sy bloedlus.
Niemand voel meer geborge, veilig of knus.
Daar is niemand wat die woede van die voorvadergees kan blus.
Al hoe stywer trek om die wittes- die strop van moordlus.

Ja, anderkant die stormagtige waters van Kain- Kus.
Daar waar die liberalis die gewete met omkoopgeskenke wou sus.
Is totaal ‘n volk se vryheidsgees deur hul eie sotheid geblus.
Hul word nie meer van hul God se Gees in hulself bewus.
Eensaam sit hul soos ‘n jong vrou haar kleinding en sus.
Voordat sy hom oorhandig om in die arms van God te rus. 

Openbaring 1023 
Die verdrietigste woord.

Sondag 21 Maart 2010 04:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Niks is so verdrietig soos die woord “te laat.”
Eens was die uitnodiging wyd en braak.
Maar in verspeelde tyd, was baie vaak.
Met Elohim had hul geen saak. 

So het die tyd nou opgeraak.
Lank genoeg oop in sy grote taak.
Begin die ark se deure nou te kraak.
Om in verslae gesigte toe te maak.
Vrees stel nou menigtes aan die kaak.

Satan roep: “Kyk; jul is in skaak.”
Soveel staan ontbloot en naak.
Om hul wag nou die hel se wraak.
Ewig te laat om nou reg te maak.
Net ‘n handvol het weer trou gewaak.

Openbaring 1024 
Die eenoog gedrog.

Sondag 21 Maart 2010 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die kinders sing: wie gaan ons versorg.
Eendag was daar ‘n eenoog gedrog.
In die moderne tyd heet hy bedrog.
Vir homself het hy baie goed gesorg.

Vir eerlikheid staan hy nooit nie borg.
Maar in die politiek lê sy leuen waarborg.
Hy palm in- elke stukkie grond, morg vir morg.
Al die graan val benede in ‘n pikswart trog.
In hongersnood kom daar bloed in al die vog.

Ja, die kinders sing: wie gaan ons versorg.
Kyk ou eenoog is ‘n baie wrede gog.
Vra ons brood sê hy: “Weg met julle bog.”
Jul het gedink ek gaan julle goed versorg.
Maar raai, jul het die heeltyd verkeerd gedog.

So was daar op ‘n dag ‘n eenoog gedrog.
In die moderne tyd heet hy toe bedrog.
In vraatsug het hy net vir homself gesorg.


Openbaring 1025 
Nagash- gevalle ligdraer.

Maandagnag 23 Maart 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Stil- sluipend beweeg Nagash, sag-skelm geruisloos. 
Vasgevang in die hipnotiese blik- sy prooi hulpeloos. 
Sekuur akkuraat sy dodelike pik geluidloos. 
In beswyming raak sy slagoffers stil bewusteloos. 

Deur Satan betower-begogel, staan die mens willoos. 
Hul begeer die sonde sonder om te blik of bloos. 
Hul roep: ons kinders offer ons ook aan die adder se kroos.
Voor sy verleiding staan die mens soos Eva weer willoos. 
Terwyl hul weet in die val ontbeur hul die Gees se troos. 

So is daar `n wêreld in al sy fasette nou so boos. 
Voorwaar, in die komende oordeel- geen hand wat hul gaan troos. 
Bring daarom neer `n ystervuis vir `n wêreld so sonde-vuisvoos. 
Teenoor mekaar staan die volkere nou so genadeloos. 
Kyk; ek is Babilon se god- ons is een- roep Satan boos. 

Die hemel staan geskok oor `n wêreld so totaal gewetenloos. 
Maar omgeef in sagte gloed soos `n jong bruid wat bloos. 
Staan in `n Goddelike vaas- volmaak, `n rein spierwit roos. 
Delikaat is haar geur- in skoonheid oneindig eteries broos. 

Sy roep na die hemel: kyk, ek laat jou nie kinderloos. 
Sy lag en sê: ek is delikaat maar beslis nie so weerloos. 
Hul noem my Sion die beminde- ja Hooglied se eie roos. 
Vergruis, vertrap lê `n wêreld onder sy eie sondes so boos. 
Maar kyk: glansryk kom My Bruidegom op die heilige Suid-Oos.

Stil sluipend gekamoefleer vlug Nagash nou skelm geluidloos. 
Maar gevang in die strooijonker se hand- in al sy kronkels nou willoos. 
In duisendjaar gevangenis- `n gevalle ligdraer nou self so hulpeloos.


Openbaring 1026 
Die land van rykdom.

Dinsdag 23 Maart 2010 12:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
In `n baie ou Anglo- Boere oorlog van weleer. 
Het Satan voor Hades en gruwel in boosheid gesweer. 
Hy het besluit, in die land van rykdom sit hy sy voete neer. 
Terwyl hy van hier as heerser oor geheel die wêreld gaan regeer. 

In leë sirkels word daar toe tot vervelens gedebatteer. 
Oor vrede wat in ewigheid nooit in hul geledere kon stabiliseer. 
Kyk- die hele deuntjie word die heeltyd deur `n eenwêreldorde gedelegeer. 
Wetstelsels word verkrag en alle lewensnorme onteer. 

Met een en dieselfde resep word tot vervelens probeer. 
Om volkere listig deur opsweping in chaos om te kan keer. 
Wanneer onluste buite beheer oral in bloed begin regeer. 
Staan die V.N magte nader om as 'redders' op te tree. 

So moet die volkere mekaar eers bloedig teer en veer. 
Sodat Satan as 'vredesgod' oor almal kan triomfeer. 
So word in valse vredes- Baälstadions `n helle-heer nou geëer.
Deur `n sokkerbal, moet vrede nou oor die aarde kom heers. 
Terwyl Satan beplan om dit in `n bloedbad om te kom keer. 
Sodat sy V.N se troepe hier met `n ystervuis kan kom regeer. 

Uit koningshuis word die nuwe Kanaän hoe lank reeds begeer. 
Met `n valse bruidstabberd wil die gedrog as Sion rond paradeer. 
Ja alles gaan oor die land van rykdom wat Satan so begeer. 
Maar die Teenwoordigheid van die heiliges kortwiek hom altyd in sy treë. 

Daarom stuur hul nou in wit geledere die bloedigste terreur. 
Om na `n enorme bloedbad as hul 'redder' nader te treë. 
So begin `n eenwêreldorde vanuit Suid Afrika te regeer. 
In hierdie tyd kom die hemel om dit self so `n bietjie te demonstreer. 

Terwyl hul so manhaftig hier rond op en af paradeer. 
Word hul op eie front deur die Ooste in die stof omgekeer.
Slegs hul wat in volle weiering hul nooit aan wêreldaanbiedings wou steur.
Sal in triomf vir hul Elohim oor die aarde regeer.

Openbaring 1027 
Die sataniese korps.

Woensdag 24 Maart 2010 08:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien in `n baie groot dal wat omring is met berge wat deinserig in die
verte vertoon, verskyn daar `n enorme stofwolk wat spoedig gaan lê om plek
te maak vir ontelbaar baie ruiters wat nie op perde- maar afgryslike boerbokke 
met afskuwelike horings sit. 

Met die voorkoms van krygers is hul gesigte almal met verf besmeer wat die 
verskillende lande van die wêreld se vlae uitbeeld. Hierdie weersinwekkende 
sataniese korps kom tot stilstand teenoor `n groepie mense wat met `n 
ongelooflike suiwer vibrerende energie lig omskyn word. 

My volle aandag verskuif van die hordes na hierdie groep wat elk geklee is in 
`n eenvoudige maar spierwit gewaad. Bokant hul hoofde verskyn in goue hoofletters 
die woorde; APART, APART, EWIG HEILIG APART. 

Die volgende oomblik begin die aarde op verskillende plekke onder die bokryers 
padgee om in `n pikswart duisternis na benede te stort. Terwyl hierdie swart gat alles 
in sy omtrek na binne trek. Binne sekondes vergroot hierdie afgrond en begin die 
duisternis van binne na buite uit te kring. 

Die waardige maar woordelose skare draai om en beweeg vinnig weg voor die al hoe 
groter wordende swart gat waarna hulle teen `n spierwit sneeubedekte berg begin 
op beweeg. Spoedig is die totale wêreld in hierdie inkswart duisternis omhul 
en al wat sigbaar is - is hierdie lieflike skynende berg wat dit nou op `n distansie 
van die aarde af bevind.


Openbaring 1028 
Twee briewe.
Woensdag 24 Maart 2010 14:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het opdrag ontvang om die volgende twee briewe van verskillende lesers
volledig as stelling, vraag asook antwoord-openbaringe te plaas.

Brief nommer een:
My vraag vandag: 
Gay en lesbiese mense word deesdae erken as reg en word in sekere kerke aanvaar 
sowel as in die algemene samelewing. Trouens, dit is teen ons grondwet as daar 
teen sulkes gediskrimineer word. My Bybelse interpretasie oortuig my nie dat dit ten volle veroordeel kan word nie en as sonde in dieselfde lig beskou kan word as wat kuis verhoudinge die tafereel met enige verhouding sou wees nie. 
Sodomie is vir my totaal gruwelik.

Volgens wetenskaplike aansprake word beweer dat die meeste gay/lesbiese mense 
so gebore is en dat dit nie hul keuse is nie. Sou mens dan kan redeneer dat dit 
dieselfde is as met kreupel en verstandelike gestremde mense. 
Die aanvaarding van sulke verhoudinge is net te teen die grein van menswees 
en tog as mens na hulle oortuiging luister dan vind ek dat dit met baie leed 
en verwerping gepaard gaan.

Ons (ekself en my liewe bloed broer) het 'n bloutjie geloop met die AGS Kerk
aangaande die huis byeenkomste.
Al ons buite Bybelse Woord is verbied om verkondig te word en is teenstrydig
met die kerk se leerstellings. My poging om die openbaringe met sekere lidmate 
te deel met gepaardgaande teregwysings is toe verkla by die kerkbestuur en is 
met Dr Izak Burger bespreek. 

Volgens die hoofouderling/prediker is dit verwerp en mag dit nie meer met huis
byeenkomste bespreek word nie. Ek het my voorgeneem dat ek nie vir my gaan 
laat voorskryf om die openbaringe te versprei nie en om nie my energie te mors 
met dogma- versteende mense nie. 
Ek ervaar nou hoe min mense geestelik toeganklik vir Waarheid en Gees is. 

Die geleentheid van geestelike ontwaking/groei word tragies versmaad.
Soos dit op my vraag beantwoord is (Openbaring 1013) en dat die Gees diep
bedroef is en die laaste aanbod om in gees te ontwaak en op Sy bystand te
kan vertrou. Ek kan my nie indink dat as die groot verdrukking gaan kom dat
mense sonder die Gees se bystand staande gaan bly nie.

Dit is opmerklik dat mense nie hulself vertrou om die openbaringe te lees
nie - nee, dit word verwerp sonder dat hulle dit gelees het. Een ding weet
ek, die verantwoordelikheid berus nie by my om mense te oortuig nie. 
Dit is elke mens se plig om te ondersoek en dan te besluit.

Ek kry die gevoel dat die sokker wêreldbeker 'n waterskeiding gaan wees en
die groot verdrukking sy begin gaan maak. Ek kan dit in die laaste
openbaringe agterkom en die opruiende uitsprake deur Julius Malema 
en ander radikale persone. Ek is maar versigtig om te voortvarend verwagtinge 
te skep en berus by Abba Vader se Alwysheid en Almagtige Raadsplan.

Antwoord: Wat die vraag rondom homoseksualiteit en soortgelyke vraagstukke 
betref geld daar vir almal een regverdige wet: wat goed is vir die een is goed vir 
almal en met die verskoning van onder andere die sogenaamde
'wetenskaplike stellings' dat sommige persone sonder keuse - met jou woord
keuse - 'gestrem' is ten opsigte van die identifisering van hul identiteit
in hul seksualiteit, word daar onwillekeurig gewonder indien alle bestaande 
norme en ordes, dit sluit die mens sowel as die dier en planteryk in - waar alles 
skielik in die een of ander geslagsidentiteitskrisis gedompel - sou besluit hul pas 
nie in hul onderskeie geslagvoortplantings rolle in soos deur die Skepper 
vir hul bepaal is nie.

Vir die aanwas van volkere sou dit maar beroerd daar uitsien en vir die
vleismark so dit maar uiters betreurenswaardig lyk en sprake van `n oes op
`n land of in die vrugteboord sou daar ook geen teken wees nie. Alles
vanaf die mees ontwikkelde tot die mees onontwikkelde, is in `n vasgestelde
Goddelike orde geskape, waar die skepsel as deel van die skepping met
verantwoordelikheid moet reageer en funksioneer teenoor en tot voordeel
van die res van die skepping. 

Alles wat buite die bestaande vasgestelde wil van die Skepper beweeg is 
en bly ewig `n gruwel. Anders as alle ander bestaande lewe- is Homosapiens 
toegerus met nie net in die meeste gevalle `n uitstekende intelligensie nie, 
maar ook met `n vrye wil. Daarom moet geeneen wat normaal na liggaam 
en denke geskape is, die verantwoordelikheid van sy eie keuse as `n fout 
voor die deur van sy/haar Skepper gaan neerlê nie.

Wat betref die verbanning van My Woord deur jul geloof owerstes in julle
vergaderinge.

Ek stuur nie My Woord na julle om julle net soos hulle met voorgeskrewe 
reëls en menslike denkrigtings te kom bind of op julle af te dwing nie. 
Ek stuur dit juis om julle vry te maak om sodoende self te kan ondersoek 
en beproef om met die leiding van My Heilige Gees die Waarheid en die Goeie 
julle eie te maak. 

Daarom spreek Ek tot julle dieselfde woorde wat Ek tydens My menswording 
op hierdie aarde gespreek het: Indien iemand na My Woord luister maar dit nie 
wil glo nie, Ek oordeel hom nie.
Wie My Woord verwerp, het een wat hom oordeel en dit is juis die Woord wat
Ek gebring het en soos gloeiende kole sal dit hom in sy laaste dag oordeel. 

Maar salig is elkeen wat nie aanstoot aan My Woord neem nie- in die groot 
komende dag wat kom sal Ek ook nie aanstoot aan hierdie geliefdes van My 
neem nie.


Brief nommer twee:

Met verwysing na openbaring 1010 
"Voor `n Uniegebou die handjies smekend saamgevou.
Skynheilig staan hier die vrymesselaar, die prediker en bykans elke politieke ou" 

en Openbaring 1016 
"Biddend trek hul laer en staan op hul knieë voor ‘n aartappelmoer,
`n vrymesselaarorde het vir hul 'n biskop uit eie midde ingevoer"

As ek mag vra het dit betrekking op die mighty men konferensies en Angus Buchan mag ons die byeenkoms vir 2010 bywoon na hierdie openbaringe aan u? 
EK bid ook vir leiding deur die Heilige Gees.
Aan GOD die almagtige VADER kom toe al die eer, die lof en dank tot in
ewigheid .

Antwoord: Weereens sê Ek dat elke mens vry is om na sy eie keuse te
handel. Maar Ek sê ook uitdruklik aan julle, wie enige deel aan hierdie
wêreld het, het geen deel aan My nie. 


Openbaring 1029 
Identiteitlose skimbeelde. 

Vrydag 26 Maart 2010 23:55
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jy vra My na iets wat jou die afgelope tyd gereeld opval 
en dit is die helder -amper goue lig of gloed- wat sommige 
mense omgeef en waarom die res van die mense bykans 
almal soos dowwe eenderslykende- in `n kombinasie van 
tussen swart en wit- vir jou soos identiteitlose grys 
skimbeelde voorkom. 

En Ek antwoord jou: 
Jy kyk met `n geopende geestelike sig en dit wat jy sien 
is nie iets wat skielik oornag by sommiges bygekom het nie, 
maar veel eerder iets wat tragies nou by biljoene ontbreek 
en dit is die teenwoordigheid van die Goddelike Heilige Gees.

Openbaring 1030 
Ewig tevergeefs.

Saterdag 27 Maart 2010 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Vol van hulself sê die wêreldling; kyk ons het al alles beleef. 
Agter alles wat die materie bied was ons op volle dreef. 
Ons het die genot en gemaksug tot die uiterste aangekleef. 
Met net die beste van alles ons aardse liggame omgeef. 
Na dit wat die wêreld bied het ons met volheid gestreef..
Om aan die einde van ons lewens te sê: ons het ten volle geleef. 
Oor ons vele sondes begaan sal God ons wel weer vergeef. 

Daarom sal ons in die genot van die lewe die dood nie vrees. 
Geen belaglike oordeel- in die uitlewing van ons lewens vrees. 
Kyk- met oorvloed bied die materie en ons vier fees. 
Met geheel ons lewensbestaan hang ons aan `n wêreldgees. 
In hul matriksbestaan voel die wêreldling hulself nooit nie wees. 
Grootdoenerig roep hul; ons is uitermatig geleerd en belees. 

Maar so kom daar `n Godverlate dag waarheen gaan hulle hul nou begeef. 
In `n geeslose toestand is armsalig hul siel net met dooie materie omgeef. 
Te laat om in vrees voor `n ewige leë geestelike bestaan te beef. 
Ja ewig te laat om nou nader te staan en te vra- ewe beleef- 
om te probeer verduidelik ewe skielik lyk ons raamwerk so skeef. 
Te laat om te sê: nou wil ons skielik die Goeie Gees nastreef. 
Stuur tog U Heilige Gees sodat ons ook U Waarheid aan kan kleef.
In `n Godverlate toestand is elke poging te laat, ja, ewig tevergeefs.



Openbaring 1031 
Aardbewing en chaos.

Sondag 27 Maart 2010 01:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n geestelike ervaring word ek in myself bewus van `n ligte aardtrilling
wat stelselmatig intenser word en in intensiteit toeneem en wat `n invloed
in die see sowel as op land het. 
Ek wil nie die gevolge daarvan sien nie en knyp my oë toe 
waarop `n Stem sê 'kyk'. Nadat die opdrag vir `n tweede keer kom 
maak ek my oë oop en oral om my gewaar ek net chaos.


Openbaring 1032 
Droogtes en storms.

Sondag 28 Maart 2010 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n visioen word ek bewus van `n geweldige hittegloed wat oor die aarde
beweeg en ek sien verskeie plekke op die aarde gebuk onder geweldige 
hittegolwe gaan wat ongekend is aan die mens. 

Hierdie vreemde weersomstandighede veroorsaak op sommige plekke 
geweldige uitmergelende droogtes terwyl dit op ander plekke katastrofiese- 
kataklismiese storms veroorsaak wat gepaard gaan met ongekende skade 
en lewensverlies.



Openbaring 1033 
‘n Voorlaaste nagmaal.
Maandag 29 Maart 2010 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op `n laaste aandmaaltyd breek God eens self die Brood. 
`n Sondares ween verdrietig met haar hoof verberg in Sy skoot. 
Jaloerse teenwoordiges roep: dit is heeltemal ongehoord. 
Slu word op hierdie heilige pasga beplan `n Goddelike moord. 
So word die suiwer Liefde in edel vergiete Bloed verwoord. 

Vanuit Hades beweeg baie nou na `n beter hemeloord. 
Ja, vergifnis kom slegs na hul wat aan Elohim behoort. 
So word die nagmaal deur eeue, luid deur baie bewoord. 
Ewig altyd bly Elohim op elke vraagstuk die oplossings antwoord. 
Met hierdie stelling gaan die hemel altyd heeltemal akkoord. 

So bly die opdrag staan- kom breek die heilige Brood. 
Ja kom deel in die Seun se edel kosbare lewende Woord. 
Kom was in die Lam se bloed soos wat dit hoort. 
Vergifnis behoort slegs aan die wat aan God behoort. 

Maar hoe word die heilige Pasga in die moderne tyd verwoord. 
Is die kosbare avondmaal nog ooit van dieselfde soort. 
In `n sekere sin gaan dit soos in die verre verlede voort. 
Moord van die suiwer Woord bly altyd die kerk se antwoord. 

Op nog `n voorlaaste nagmaal breek God weer self die Woord. 
Sion ween verdrietig met haar hoof verberg in Sy skoot. 
Jaloers roep die valse gemeentes: dit is heeltemal ongehoord. 
Slu word daar weer beplan aan nog `n moord op die heilige Woord.



Openbaring 1034 
In sonde-illusie.

Dinsdag 30 Maart 2010 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In menig kronkels wurg en knel die slang. 
Eensaam alleen en baie-baie bang. 
Sit menig siel en worstel teen die sondedrang. 
Soos `n miernes bedrywig in sy volle gang. 
Is die mens besig om een oomblik met `n volgende te vervang. 
Maar in nasmaak bly alles altyd bitter wrang. 

Ja voortdurend bly die mens na iets verlang. 
Droefgeestig `n traan wat val oor menig wang. 
Oor vermorste lewe doelloos in sy gang. 
Min, wis baie, dit is na God wat hulle so verlang. 
O’ waarom kan die mens die wanhoop nie vervang. 

Deur net die gees in hulle harte te ontvang. 
Verander die wanhoop in lieflike goddelike gesang. 
Die nag word nou deur die dag vervang. 
Die vrees en bang word nou deur hoop vervang. 
Spoedig gaan die geloof nou ook sy volle gang. 
Hierdeur ontvlam nou die Liefdes drang. 

Luid roep `n verloste sondaar: wie is nog bang! 
Kyk slegs in sonde-illusie, daar bestaan die slang. 
Deur God se genade word die dood met die lewe vervang.
Laat daarom elkeen in sy eie belang,
die sonde en die dood met die Goddelike Liefde vervang.


Openbaring 1035 
Die twee weë.

Woensdag 31 Maart 2010 08:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So was daar in vrye keuse nog altyd twee verskillende weë. 
Moeilik en smal was die een, maar wyd en gemaklik die breë. 
Op die smal weg gaan moeilik voetjie vir voetjie die treë. 
Maar op die breë gaan die wêreld uitspattig vrolik geklee. 

Oor hul leefwyse voel hul nie een oomblik skaam of verleë.
Elke oomblik wat die wêreld aanbied geniet hul terdeë. 
In vermaak dartel en dans hul saam met demone en bose feë.
Hul kniel voor Mammon en vra hy moet oorvloedig gee. 

So staan die weë van Satan geskryf in oer eeue-oue hiërogliewe. 
Hierin lyk die verlore massas in getal oneindig soos die see. 
Teen die lis van Satan sit `n wêreld hulself nie teë. 
Vir sondes en gruwels sê die afvalliges net nooit nie nee. 

In goud en purper wil almal hulself soos konings klee. 
Hoogmoedig gaan hul op die breë weg in elkeen van hul treë.
Hul aardse rykdom hou hul omhoog soos `n kosbare trofee. 
Terwyl hul bose planne teen Elohim en die hemel smee, 
word afgryslik hul hosanna agter Satans gespuis aangeskree. 

So kom hul aan die einde van hul pad in gruwels geklee. 
In afgryse sien hul nou wat Hades bied en skrik terdeë. 
Skielik wil hul ook deur die nou poort die hemel nou binne tree. 
Maar ongenaakbaar die hemelwagters wat hul toesnou- Nee! 
Onverbiddelik die opdrag: voorwaarts na die hel- in sonde is jul geklee. 

So uitermatig gering die getalle wat die smal weg sou betree. 
Hul stoei en baklei en sê vir bykans elke sonde nee.
Hul staan voor hul Elohim met hul foute tog so erg verleë. 
Die blye boodskap wil hul so graag aan ander tot redding gee. 

Die wet van hul God uitgekap in eeue oue hiërogliewe 
Dit koester hul teen hul harte soos `n kosbare trofee. 
Teen die tugtigings van die lewe sit hulle hul nie wederstrewig tee. 
So kies hul verstandig die moeilike smal weg van die twee weë. 
Hul vermy die valse illusieweg van verleiding van die bose feë. 

So kom hul aan die einde en word van hul aardse vodde ontklee. 
Met `n heilige gewaad word hul deur engelehande geklee. 
Gulhartig kom die uitnodiging om die hemel te betree. 
Die Meester staan nou vriendelik nader as hul ewige oorwinnings trofee.



Openbaring 1036 
Is dit 'n leeu wat daar grom?

Woensdag 31 Maart 2010 12:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Oral begin onheilspellend die skrik en vrees oopblom. 
Die mense vra: is dit die weer of `n leeu wat so grom. 
Hoe skrikwekkend lyk die eindtyd wat oor die aarde kom. 
Oorverdowend klink in menig land nou die selfmoordbom.

Ritmies dreun oor Afrika se vlakte nou die oorlogsdrom. 
Sag- gevaarlik `n dreunsang soos miljoene brommers wat brom. 
Afwagtend sit die aasvoëls oor die feesmaal wat nou kom. 

Met hul rug teen die muur die liberalis nou heeltemal dom. 
Oor `n onvoorsiene gebeurtenis staan hul heeltemal verstom.
Verslae kyk hul om hul rond en vra verbouereerd- waarom? 
Die struktuur van `n eenwêreldorde was in Afrika swak vasgegom. 
In hul manipulasie het hul die swartman verkeerd opgesom. 

Magteloos staan `n wit ras voor hul selfgeskepte vernietiging stom. 
Voorwaar was Liberalisme as die valse engel van lig vermom. 
Tevergeefs roep die kerklidmaat hoopvol na God, ja, na Hom. 
Deur valse woord `n illusie god aanbid- dit is die slotsom.

Onheilspellend begin die vrees nou in menig hart oopblom. 
`n Nasie staan versteen oor sy eie sotheid totaal verstom. 
Terwyl `n stem vra: is dit die weer of `n leeu wat so daar grom. 
Terwyl die aas nog leef is die aasdier besig om nader te kom. 

In verseëling het die bloed van die Lam net oor `n paar gekom. 
Vreesloos staan hierdie klein kudde trots op aandag voor HOM.
Beskermend om hul `n engelelaer, ja, heeltemal reg rondom. 
Sion sing, jubel en juig, my Bruidegom is aan die kom! 
Kyk in die mees verskriklike tyd juig ons in blydskap oor HOM.


Openbaring 1037 
Die heel beste wapen.

Vrydag 2 April 2010 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jy vra my na die debakel rondom Julius Malema 
en die omstrede liedjie met die woorde 'Skiet `n Boer' 

En Ek antwoord jou: 
Julle word blatant uitgelok en weereens loop julle siende blind 
in die valstrik in. Deur baie fyndeurdagte politieke manipulasie 
word die herskryf van die grondwet beplan.

Daarom sê Ek aan die wat aan My behoort: bly deurentyd waardig 
en weerhou jul daarvan om betrokke te raak. `n Vyand sonder `n 
teenpool raak uit frustrasie sy eie vyand en iemand wat teen homself 
baklei wis homself ook spoedig uit. 

Glo en vertrou in hierdie tyd volkome op My en julle sal vind
in My beskerming en liefde het jul die heel beste wapen in My.


Openbaring 1038 
Tevergeefs was die waarskuwings.

Saterdag 3 April 2010 14:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op openbaring en waarskuwing was spottend `n glasie geklink. 
Maar die gruwelbeker word nou tot op die rand volgeskink. 
Die tyd gaan kom om dit tot op die bodem leeg te drink. 
Heeltemal te laat om verbeurde kanse nou te oordink. 
Terwyl moed en durf tot die laagste punt van die skoen insink.

In haat en nyd bloeddorstig- waansinnig die oë wat daar blink. 
Wie gaan in volksmoord die vele gewondes sorgsaam verbind. 
Wanhopig die noodroep wat deur dorpe en stede gaan opklink. 
Waarheen gaan sterwendes met hul laaste kragte heen hink. 
Tevergeefs die hand wat hoopvol om hulp na ander toe wink. 

In verrotting die stank van vlees wat oral begin lê en stink.
Duisende liggame wat in die dood gaan lê en ontbind. 
Soveel uit `n enkel volk lê heeltemal vergruis- vermink. 
Met waarskuwings het Brand en Siener woorde hieroor laat opklink. 
Maar in goeie tye het min oor hierdie toestand gedink. 

Terwyl die klank van Mammon's geld in hul ore sou opklink.
En hul agter elke sondegenieting aan sou rinkink. 
Daar waar stadsliggies eens so vrolik kon skitter-blink. 
Waar die genot en plesier soveel nader kon lok en wink. 
Word teen menig randsteen nou klein kinderkop afgryslik vermink. 
Terwyl die strate hulself vol aan gestorte bloed moet drink.

Terwille van `n wêreldorde was hul ander tog so goedgesind. 
Deur massabeheer hul dom aan kerkleerstellings vas laat bind. 
Hoekom is daar niemand wat hul afgekapte ledemate kom verbind. 
Hul kerm-noodroep na die wêreld gaan verlore in die wind. 

Oor die sterwensoomblik van hul slawe hou die grotes hul blind. 
Nêrens `n bietjie genade of hoop iewers vir hul te vind. 
So raak die gruwelbeker nou tot by die rand vol geskink.
Bloeddorstig die dood wat vrolik `n glasie daarop klink.


Openbaring 1039 
Waar twee keuses heen vurk. 

Sondag 4 Maart 2010 23:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Twee engele kruis paaie en staan in gesprek- ernstig druk. 
Die een vertel aan die ander op die aarde lyk dit so bedruk. 
Verwese staan die Boervolk soos `n weeskind in `n verslete jurk. 
Die dood is besig om dit self in pikswart op te smuk. 

Onder `n enorme vrag loop baie nou so swaar gebuk.
Die doderyk wil nou so baie in sy dieptes in pluk. 
Niemand weet meer mooi wat beteken die woordjie geluk. 
`n Wrang onsmaaklik politieke vrug word nou gepluk. 

In `n Nasie val nou die een na die ander so stuk vir stuk.
Die engel vertel `n volk staan voor `n pad wat vurk. 
Besluitloos staan hul daar moedeloos bedruk. 
Met die rug teen die muur moet hul na êrens deur druk. 

Die engel klik met sy tong- vir hul is daar weinig geluk. 
Hul leun op valse leerstellings as wankelrige kruk. 
Onder ander volkere staan hul onderdanig ondergeskik. 
Helaas, oor hul minderwaardige lot het hulle self beskik. 

`n Engel vertel aan sy maat oor `n toestand so bedruk. 
`n Volk wat staan onder `n uitermatige las so swaar gebuk- 
en `n pad wat voor hul van links na regs gaan vurk. 
Hy fluister: God self gaan hul nou tot stilstand ruk. 
Om so die boosheid brutaal vanuit hul midde te ruk.

Die ander sê: dit kom daarvan as jy jou met sonde opsmuk. 
Kyk in hul midde staan die dood as `n pikswart Turk. 
Maar kyk; nie heeltemal uitgeloop is vir hul die laaste geluk. 
Ek word gestuur om die perd gedeeltelik in die bek te ruk. 
Juis daar waar die paadjie tussen twee keuses heen vurk. 
Daarheen gaan ek om `n paar voor die dood weg te ruk.


Openbaring 1040 
ʼn Koninklike gaan sterf.

Maandag 5 April 2010 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
In ʼn gesig sien ek 'n liggaam wat toegetrek is met 'n pikswart lap wat
omboor is met koninklike pers. Ek vra hierna en kry as antwoord dat 
'n koninklike iewers gaan sterf en ek wil weet uit watter volk waarop 
die antwoord kom: jy sal sien.

Openbaring 1041 
Visioen oor swaeltjies.
Maandag 5 April 2010 23:45 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op telefoondrade sit swerms Swaeltjies wat nie wil beweeg nie. ʼn Reuse
hand verskyn om hul aan te ja maar hul bly passief sit en wil nie na hul
somertuiste migreer nie. Uiteindelik begin hul lusteloos weg te vlieg maar
bokant hierdie swerms in die lug verskyn ʼn groot grynsende kopbeen en
derduisende swaeltjies stort morsdood neer. 


Openbaring 1042 
Soos in nuusberig.

Dinsdag 6 April 2010 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Van oor die hemel weergalm luid ʼn engele koor. 
Van oral word hard geroep; het jul gehoor. 
Van ʼn volk wat het alles- ook sy toekoms verloor. 

Een vir een verlaat hul die lewe onder die hand van ʼn Moor. 
Maar nog steeds soek hul verwaand met God skoor. 
Deurdat hul ʼn wêreldorde hul klaaglied wil laat hoor. 

Soos in nuusberig sing vir die heelal, hierdie engelkoor. 
Hul vertel; op die aarde is ʼn volk met niks meer oor. 
Willens en wetens hul deur die wêreld laat versmoor. 

Magteloos kyk hul hoe word hul stadig maar seker vermoor. 
Tot hul redding weier hul om Elohim in hul hart te stoor.
Om in oomblikke van swakheid raad van Hom te hoor- 
of Hy in leiding nie vir hul wil loop heelvoor. 

Maar openlik blatant soek hul eerder met Hom skoor. 
Hul toon die hoogmoed is nog in hulle harte gestoor. 
Hul wys hul verkies eerder hul 'eie ek' heelvoor. 

Daarom staan Elohim terug sodat hul nog verder kan verloor. 
So weergalm oor die hemel in nuusberig ʼn engelkoor. 
Van ʼn nasie met ʼn onvermoë om God aan te kan hoor. 
Wat in die proses alles, maar alles, gaan verloor.

 

Openbaring 1043 
Wee die arrogansie.

Dinsdag 6 April 2010 11:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Na ʼn kort swye kom die  suiwer klank van ʼn tenoor. 
Almal swyg om sy vers as hoofnuus aan te hoor. 
Dit vertel van die nog groter hoogmoed van die swart Moor. 
Wat in bloedlus nou alles voor die voet wil vermoor. 
Wat ʼn baie klein volk met sy getalle wil versmoor. 

Hy vertel van ʼn siel sonder Gees met ʼn onvermoë om te hoor. 
Waar die hoogmoed dit self in waansin gaan verloor. 
Van ʼn voorvadergees wat roep: ons nasate het hulself getoor. 
Kus se laaste bietjie waardigheid word in hul verloor. 

In frekwensie kom harder die klank van die Tenoor.
Onder My Gees van verskrikking gaan ook hul alles verloor. 
Kain gaan deur die gees van verwarring 
Afrika AS STAANPLEK VERLOOR.

Deur ʼn ongekende pes kom die dood om baie te vermoor. 
Wee die arrogansie wat uittartend dink- met God soek ons skoor.


Openbaring 1044 
Nêrens is meer enige balans.

Woensdag 7 Maart 2010 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Eenkant in die stof lê Raka se spies, skuld en lans. 
Gesofistikeer in ontwerpersklere is hy besig om te dans. 
Agter sy stoïsynse glimlag lê die dood wreed verskans. 
Hy koggel en terg- terwyl hy tart hou hy hom hans. 
Op verhoë stamp hy sy voete en sê die witman staan geen kans. 

In konka-vure staar sy soldate nou heeltemal in `n trans. 
In ontwerpers T-hemde kom die impi’s nou as wrede jong mans. 
In hul groot getalle sien hul vir baie nou kans. 
Die voorvadergees roep tevergeefs- waar is die vere, spies, skuld en lans. 
Maar Raka skreeu: in die masjiengeweer en panga daar lê ons kans. 

Kyk die offer lê geslag en die witman is na die maan. 
Hul wou hul mos nie deur hul goeie God laat vermaan. 
Om drekgode wou hul pronkerig saam met `n wêreld staan. 
Agter hoerkerke en wêreldstrukture wou hulle mos openlik gaan. 

Kyk, in `n onthoofde liggaam lê `n volk se verstand na die maan. 
Die gesig verbrysel is hul identiteit nou bykans heeltemal vergaan. 
Met die hande afgekap waarmee sal hul in weerstand kan gaan. 
Die voete lê eenkant- waarmee sal hulle nog regop kan staan. 
Ontbloot lê die skaamte en drie maal kraai vir sommige die haan. 

Daar waar die aas lê, daarheen sal die aasvoëls nou vinnig gaan. 
`n Wêreldorde speel hul na sy hand en willoos dans hul saam.
In euforie verkeer hul nog steeds in `n enorme dom waan. 
Hul roep en sê: kyk `n leier gaan uit ons midde opstaan. 
Hul vertrou op hulself en dink pateties hul sal kan bly staan. 

Hul weier om hul deur die stem van hulle God te laat vermaan. 
Net `n paar wat roep: Elohim is die leier, roep Hom op Sy naam. 
Maar die res kyk hul in arrogansie aan so asof hul nie kan verstaan. 
Hul skreeu: `n leier uit die volk- dit roep ons op die naam. 

Die engele skud hul kop en vir oulaas val daar `n traan. 
Oor die sotheid van `n volk wat ewig nooit gaan kan verstaan. 

Eenkant in die stof lê Raka se vere, spies, skild en lans. 
Gesofistikeerd is hy besig om in ontwerpersklere te dans. 
Agter sy vlesige glimlag lê die dood en loer wreed verskans. 
Die voorvadergees roep tevergeefs- waar is die spies, skild en lans. 

Voor die God van hemel en aarde raak ook Raka nou te hans. 
Kyk in die orde van Afrika is daar nêrens meer enige balans. 
Ook vir hulle is daar in oorlewingstoekoms meer geen kans. 
Vanuit konka-vure grynslag waansinnig in dronkbloedlus, die dood in `n trans.



Openbaring 1045 
Wees gewaarsku!
Woensdag 7 Maart 2010 12:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In hierdie tyd waarsku Ek uitdruklik enige iemand wat na vore wil spring
en beweer Ek Jahweh of Ek Jashua het gespreek wanneer Ek nie 
gespreek het nie.

Ja, Ek waarsku julle en sê WEE, ja, WEE die een wat so spreek - 
dit wat hy spreek sal sy eie lot word.


Openbaring 1046 
Twyfel nooit weer.

Woensdag 7 April 2010 22:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Openbaring 1045 hou jy krities uit voor jou. 
In skrik wil jy jou nou van jou taak weerhou. 
Jy dink jy het dalk te veel afgebyt om te kan kou. 

Jy vra aan my waar het jy dalk verbrou. 
Van jou pen wil jy jou skielik nou weerhou. 
Daarom sê Ek nou prontuit aan jou. 
Weerhou jou daarvan om in jou taak te verflou. 

Ook jy wil nie die grimmigheid van God aanskou. 
Doen wat Ek beveel en doen dit baie gou. 
My verseëldes mag nooit my ware Woord weerhou.
Maar die valse profete wat die massas so graag aanskou. 
Hul tong mag nie met My naam aan hul verhemelte vasklou. 

Maar aan My kinders vra Ek bly getrou. 
Moet nooit die Brood van die Lewe van ander weerhou. 
Met My wederkoms sal nie een van jul dit ooit berou.


Openbaring 1047 
In elke sin ʼn openbaring.

Donderdag 9 Maart 2010 23:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Tussen verpoeierde steen en sand is geen verskil. 
Gebreek, verbrokkel lê ʼn piramide vir ewig stil. 
Tevergeefs kom van die aarde ʼn klanklose noodlottige gil. 
Van die Weste se oë val ʼn eens vals rooskleurige bril.
Dit wat hul sien laat hul in hul diepste wese gril. 
Met `n skok besef hul dit was alles net hul eie wil.
 

Geheel is ʼn wêreld in Mammons geledere ingedril. 
Deur versteurde ordes maak hul mos die stem van God stil. 
Die vrymesselaars verbuig altyd alles na hul wil. 
Maar die driehoek is nou besig om in sy grade te verskil. 
Die groot Argitek se oë raak nou koud, hard en kil. 
Oor soveel goeie tyd deur satans gespuis verspil. 

ʼn Kreupel ekonomie begin skerp na ʼn afgrond te tilt. 
Kort voor lank stort inmekaar die hele spil. 
In ʼn geldlose stelsel word gebreek die kosbaar vrye wil. 
Geheel ʼn wêreld word nou as verstandlose outomate ingedril. 
In ʼn geeslose toestand maak dit in elk geval weinig verskil. 
Hul tyd is so bittermin en dit is Elohim se wil. 

Oral oor die wêreld word die oorlogskreet nou uitgejil. 
Die gees van Afrika maak hul heel eerste stil.
Mohammedaan en Christen- almal se oë raak wreed en kil. 
Die koningin staan tot by haar nek in eie bloed en gril. 
Biljoene siele skreeu: dit was mos Esau se bose wil. 
Verwaand dink ook Ismael om hom draai die hele spil.

Onder Rooi en Geel begin die aarde ook al hoe harder tril. 
O Armageddon is jy regtig bedoel vir die aarde se beswil. 
Tevergeefs kom van die aarde ʼn noodlottige klanklose gil. 
Van almal se oë val ʼn vals rooskleurige illusie bril. 
Hul roep: O God, ons sig was verberg agter ʼn dollar skil.

Maar die groot Argitek se oë bly ysig- koud en kil. 
Kyk tussen die Gog en Magog is daar geen verskil. 
Reinig daarom in oordeel die aarde vir haar eie beswil. 
Gebreek, verbrokkel lê die piramide vir ewig nou stil.

Openbaring 1048 
Die ironie- drie swartvroue.

Vrydag 9 Maart 2010 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
O die dubbel standaard, ja, die dubbel standaard. 
In die middel staan die Boer met sy heilige baard. 
Teenoor die vyand staan hul nou met diepe haat.
Op vakbonde gaan hul nou weer die hoop verlaat. 
By wêreldorganisasies daar wil hul gaan baat. 
Hul word misbruik en weereens net wees gelaat. 

O, dubbel die standaard, ja so dubbel die standaard. 
Saam met sangomas was daar met God gepraat. 
In die dubbelsinnigheid was hul nie paraat. 
Onder ʼn swart hand word hul brutaal dood geslaat.
Hand om die nek met 'n swartvrou hul op smeekbriewe verlaat. 
Maar by die troebadoer se toespraak gaan niemand baat. 

Op ʼn begrafnis sit die dood in ʼn swartvrou en gaap. 
In vernedering pluk iemand vinnig weer die dood se smaad. 
Op motorfietse sit die vrymesselaar op hul meester se raad. 
Op ʼn wêreldorde het hulle hul nog altyd verlaat. 
Kyk- die vakbond se raad maak die vyand net meer kwaad. 

O, die dubbel standaard, ja, die dubbel standaard. 
Die een oomblik ʼn ou leier as veragtelik versmaad. 
Maar in die dood is hy skielik nou almal se maat. 
So gooi ʼn wêreldorde weer deur sy vakbond die kaart. 
ʼn Volk gaan hul weer op Satans soetsappige raad verlaat.



Openbaring 1049 
Sion waak ernstig!

Sondag 11 April 2010 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
’n Enorme demoon verskyn in die vorm van ’n draak. 
Blaas dit op en begin soos ’n brulpadda te kwaak.
Terwyl dit die volgende woorde oor die aarde uitbraak.
Op Hades en hel wag daar nou ’n enorme taak.


Lucifer staan nou nader en ontbloot sy saak.
Terwyl hy homself met ’n heilige volk vermaak.
Roep hul magteloos; dit is so ondenkbaar laak.
Waarom luister niemand regverdig na ons saak.
Soveel onskuldig gestorte bloed roep nou om wraak.
Waarom stel niemand die boosheid aan die kaak

Maar ’n enorme demoon in die vorm van ’n draak,
Begin om die volgende feite uit te braak.
Hy lag oor ’n volk in hul versuim om te waak.
So gretig om met elke sonde maats te maak.
In versuim in gebed gaap hul alewig mos so vaak.
Daarom word hul as slagoffers so maklik doodgemaak.

Die demoon blaas dit op terwyl dit soos ’n padda kwaak.
Daar was so min wat jaloers oor hul erfenis wou waak.
Daarom word hul as voeding vir ’n hellefees uitgebraak.
In hierdie tyd begin ’n hele land se infrastrukture staak.
Wie is daar wat in hierdie donker nag gaan bly waak.

Kyk binnekort begin Elohim om Sion bymekaar te maak.
Sodat geen onrein hand hul in ewigheid aan kan raak.
Maar kyk; bitter raak ook spoedig die draak se spraak.
Die pes en die plaag sal die plaag baas kom raak.
Die aarde sal ook onder Afrika oop kom kraak,
Sodat sy haar vuil inhoud daarin uit kan braak.

Laat die maagde daarom nou beter as voorheen begin te waak.
Vinnig kom die tyd vir die Bruidegom om Syne aan te kom raak.


Openbaring 1050 
Nooit weer ʼn menslike koning.

Maandag 12 April 2010 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl haat en nyd so wyd oor `n volk uitkolk. 
Hul die hand in selfverdediging wil uitsteek na die dolk. 
Die aarde verduister raak onder `n donker wolk. 
Hul net meer haat en afguns van die wêreld ontlok. 
Breek `n ligstraal na die aarde deur `n donker wolk. 

Spontaan kom daar `n jubellied vanuit Sionsvolk. 
Waarlik! waarlik! Hy is die koning word vertolk. 
Ja Hy alleen is die Koning van `n edelvolk. 
Kyk Sion se Leier kom nou op `n engele wolk. 
Ewig nooit weer vir ons `n ander Koning, sing hierdie volk. 

Soos Petrus laat sak hul die hand wat uitreik na die dolk. 
Terwyl die oordeel tot hul voordeel oor die wêreld uitkolk. 
Kom dit spontaan jubelend nou vanuit Sionsvolk. 
Waarlik! waarlik! Elohim is die Koning word luid vertolk. 
Nooit weer `n Saul of ander koning sing hierdie volk.