Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.


Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek. 
© 


Openbaring 1 
Die volgende het ek in my gees ontvang. 
30 Mei 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Vraag: Spreek U as die Vader tot profete? 
Antwoord: Ek spreek as die Verlosser deur My Gees in die 
Waarheid. 

Vraag: Maar het U nie tot Moses en Elia direk as die Vader 
gespreek nie? Antwoord: Ek het as God die Skepper tot 
Moses in ʼn sigbare vuur gespreek. Ek het as God die 
Skepper tot Elia in ʼn onsigbare, maar sintuiglike Koel Bries 
gespreek. 

Vraag: In antwoord op my vraag spreek U my aan as "Ek", 
wie is die "Ek"
Antwoord: En Ek antwoord jou weereens dieselfde as op 
vraag een. Ek spreek tot jou as jou Verlosser deur My 
alomvattende Gees in die Waarheid.

Vraag: Hoe moet ek U aanspreek? 
Antwoord: My verlossing het jou te beurt geval, jy kan 
My Abba Vader noem. 

Vraag: Ek is bang om tot mense te spreek. Ook is ek 
onseker oor myself. Ek is bang dat ek as ʼn valse profeet 
of leraar in U Naam sal spreek. Hoe erken ek in myself of 
andere ʼn valse profeet? 

Antwoord: My ware profete (lui knegte) het altyd een of ander 
verskoning om nie hulle taak te verrig nie. Neem as voorbeeld 
weereens Moses en Jona. Om terug te kom tot jou vraag oor 
die herkenning van ʼn valse profeet, gaan Ek sonder om uit te 
brei jou slegs een karaktertrek van so ʼn persoon gee. Hulle is 
almal onderlangs op soek na ʼn "stage". 

Die woord "onderlangs" verduidelik baie van hierdie bedrieërs 
se karakter. Gaan dink daaroor.


Openbaring 2 
Beskrywing van die gees en siel.
1 Junie 2007 07:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vraag: Kan ek namens die Gees binne myself spreek? Soms 
kan ek nie onderskei wanneer dit die Gees en wanneer dit ek 
is wat spreek nie. 

Antwoord: Wanneer jy geestelik ontwaak het, is jy jou gees en 
is dit altyd die Gees wat spreek. Nie net ter wille van jou nie, 
maar ook ander wat tans angstig is om hul gees te laat ontwaak, 
gaan Ek jou ʼn oefening gee. Al hierdie informasie is telkemale 
aan julle gegee, maar omdat julle soos ʼn pelgrim is, wat ʼn liggie 
in ʼn stikdonker nag in die vêrte sien skyn en hom daarheen haas- 
maar soos ʼn dorsteling, wat in die woestyn ʼn lugspieëling na water 
naloop, maar nooit daar uitkom nie, so bly julle liggie altyd buite 
bereik. 

Om mee te begin, jou gees is losvloeiend van jou wêreld. Dit wil 
sê, daar bestaan vir hom geen behoefte in die liggaam op hierdie 
aarde waarop jou liggaam woon nie. Indien jy aktief in jou gees 
wil wees, moet jy nie met jou aardse verstand probeer dink nie. 
Ontspan en laat jou gees vry. 

Nou kom ons by jou siel, wat die eintlike denker hier op aarde 
is. Jou liggaam is haar aarde. Die liggaam se aarde is die aarde 
waarop ons woon. Die siel wat midde tussen haar liggaam en 
haar gees woon, is voortdurend besig met haar eie sowel as 
haar liggaam se instandhouding. Die liggaam met haar biljoene 
atome, word gevoed en instandgehou deur haar materiële wêreld. 

Die siel op haar beurt, word gevoed en in stand gehou deur al 
die geestelike wat uit hierdie voeding van die materiële wêreld 
kom. Om dit alles tot die werklike lewe te bring, moet dit alles 
tot die Goddelike ontwaking kom. Hier tree die alomvattende 
Gees, wat goedgunstiglik aan die mens, deur Sy Vader geskenk
 is, in. 

Kom ons bly voorlopig eers by die siel. 
Alles bly altyd die keuse van die siel. Haar fokus op die liggaam 
is altyd toegespits op die behoeftes van die liggaam, hetsy dit 
kos, ontspanning, voortplanting, behuising, kleding of elke 
daaglikse behoefte is. Die siel raak so verknog en verweef met 
elke behoefte en genot van elke sterflike atoompie van haar 
sterflike liggaam, dat sy nooit die tyd kry om die nodige lewende 
voeding wat afkomstig van die Gees is, deur te gee na haarself 
toe nie.

Die liggaam op sigself, is voortdurend besig om in al sy selle 
te sterf. Hierdie biljoene selle wat voortdurend besig is om te 
herproduseer, herhaal vanaf die bevrugting, die sterwingsproses. 
Na die afsterf van die totale liggaam, gaan die siel dus voort met 
hierdie herhalende proses om die reeds afgestorwe liggaam te 
probeer onderhou.

Dit is dan waaruit die ewigheid van ʼn onvolmaakte gees bestaan; 
dat die siel voortdurend en herhalend besig is om sy fiktiewe 
liggaamlike bestaan te reproduseer. Dit is die ewige dood.

Oefen daarom jou siel daarin om haar los te maak van die 
alledaagse bestaan en sloer van die vleeslike liggaam, wat 
in alle gevalle instinkmatig en met die hulp van beter geeste 
onderhou sal word. 

Sy moet daarop fokus om haarself in ʼn ontspanne verhouding, 
met die vryvloeiende gees in haarself te verenig waarop sy 
haarself met die Meester van alle lewe kan verbind, wat haar 
op Sy beurt persoonlik na haar behoeftes sal versorg.


Openbaring 3 
Die waarheid omtrent die Samaritane
1 Junie 2007 17:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Net soos wat die Samaritaanse vrou, nadat sy deur My die 
Waarheid ontvang het, na die Lewende Water gevra het, so 
het jy gedoen. Net so sal daar ʼn tyd kom, dat van jou 
volksgenote sal glo. Nie omdat jy hierdie dinge aan hulle 
vertel het nie, maar omdat hulle self eerstehands met My 
sal kennis maak. 

Kom ons begin by die begin van hierdie groep mense, wat 
die benaming Samaritaan te beurt geval het. 
Net soos wat daar huidiglik groepe onder julle is wat sterk 
op hulle oeroorsprong wil staatmaak, was dit in daardie tyd 
baie belangrik om te weet waar jy in die huis van Israel gepas 
het. 

Toe-net soos nou, was daar geweldige onderstrominge in die 
verskillende geledere van ons Israeliete. Rykaards het vir hulself 
of hulle kinders, die stoele van Levi bekom deur die klank van 
geld. Snobisme was aan die orde van die dag. Minder gegoede 
burgers moes daarenteen met min, wat van die tempel afkomstig 
was, tevrede wees. 

Onmin het ontstaan en ʼn groep het hulle van die tempel afgeskei. 
In hulle soeke na die oorspronklike waarheid van Moses, het hulle 
na die berg van Sinai teruggekeer. Omdat hulle nou sonder tempel 
was, het hulle ʼn veragtelike volkie in die oë van hulle broeders 
geword. Wie My egter soek, die sal My vind. 

Met My vleeswording het Ek dan ook My persoonlike besoek aan 
hierdie verstote volkie gebring. Hierdie Samaritaanse vrou, met 
haar betreurenswaardige verlede en lewenstyl, was deur My 
uitgesonder. Ek het haar Persoonlik en alleen te woord gestaan. 

As ʼn verstoteling in ʼn verstote gemeenskap, het sy in haarself 
ʼn groot soeke na haarself, asook haar Skepper ondervind. Omdat 
sy, ondanks haar lewenstyl, na die waarheid binne haarself gesoek 
het, het die groot voorreg haar te beurt geval om die Lewende 
Waarheid in die lewe self te ontmoet. Sy het met hierdie Waarheid, 
sonder skaamte en in vreugde, dit al hardlopende na haar dorpie 
uitgejubel. 

Gaan jy en doen net so.


Openbaring 4 
Die opdrag om te skryf. 
1 Junie 2007 23:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek het die opdrag gekry “skryf”, en ek is bang om te skryf. 
Ek het die teenwoordigheid van U verlossings engel gevoel, wat 
ons die engel van die dood noem. Maar daarmee saam het ek ook 
U vrede ervaar en ook die gerusstelling dat almal wat in U Naam 
woon, veilig en geborge by U is. Soos dit in die dae van die Farao 
was, so sal dit binnekort op die aarde gaan. Swyg my siel, want 
jou God is Koning. 

Hongersnood en pessiektes sal soos ʼn hongerige sprinkaanplaag 
oor jou land en die wêreld gaan. Ween O' aarde, soos ʼn dorstige 
kannibaal sal jy jou vol drink aan die bloed van jou eie kinders. 
Die staal wat uit jou ingewande geoes is, sal deur die ingewande 
van jou bewoners gaan om die nuttelose lewe terug in die grond 
in te herwin. Jou dae wat warmer word, sal winde laat waai, terwyl 
die aarde stadiger, dan weer vinniger om sy eie as sal draai. Ween 
O' kinders van die lig, want die oes het skraal geword. Maar verbly 
jou, O’ Sion, jou God het naby gekom. 

Terwyl die winde loei en satan se oë van woede sal gloei. Sal ʼn 
groot gejuig van engeleskare op hierdie aarde weerklink. Want 
ons Lig, ons Vreugde, ja, ons Vader se Kind het weer Sy weg na 
ons aarde gevind. Die tyd raak min. Moenie huiwer om jou God te 
bemin. Die tyd het naby gekom waar jy Hom sal soek, maar nêrens 
meer in jou siel sal vind.

(Ek het vir ʼn tyd gevra maar niks gekry nie.)


Openbaring 5 
O’ Sion, jy is My blom. 
2 Junie 2007 14:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Hoekom is jy in jou eie oë ʼn klein dwaas? Dit terwyl Ek self jou 
lei, jou stewig by die hand gaan vat. Op verre paaie gaan Ons 
hand aan hand die lewenspad saam stap. Wees vrolik en bly, 
jou Vader is naby. O’ Sion, jy is My blom. Vir jou gaan Ek na 
hierdie wêreld kom. 

My maagde wat so trou op My koms bly wag, jul maak My Hart 
so baie sag. Terwyl die wêreld in sy oordeel rou, gaan Ek met 
jou, My Sion, trou. 

Met harp en siter, ja, speel ook met die simbaal. My bruid kom 
Ek vir ewig haal. Trou het Ek jou op jou weg bewaar, O’ Sion, jy 
gaan My kind nou baar. In groot gevare gaan Ek jou lewe spaar. 
Saam gaan Ons wees die volmaakte ouerpaar. 

Stewig vasgebind is alle kwaad. Uitgeroei sal wees die slang se 
saad. Sing en wees nou bly, die hele wêreld raak nou vry. Heilig, 
Heilig roep die hele Hemelskaar. Sion het vir God Sy kind gebaar.


Openbaring 6 
Die ware weergeboorte.
2 Junie 2007 21:00  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Jy wil meer omtrent die weergeboorte weet. Laat ons daarom 
begin. Ek is nie net jou Verlosser wat reeds vir jou ʼn woning 
by My voorberei het nie, maar soos jy reeds weet is Ek die 
verloskundige, wat elke treetjie van jou weergeboorte met jou 
meemaak. Soos wat jy ook reeds weet, dat alles wat in My 
skeppinge teenwoordig is, in ʼn miniatuurvorm, volledig binne 
jou teenwoordig was, die dag met jou liggaamlike geboorte op 
hierdie aarde.

Jy en elkeen het ʼn ver pad deur die ewigheid gekom, om weer 
tot voltooiing te kan kom, om dit te wees wat julle as volmaakte 
geeste was voor julle groot val. Alles binne jou, dit wat jy is, is 
weer volledig daar. Die finale herrangskikking van dit alles hang 
nou van die mens homself af. 

Die regte opvoeding van die kind is hier van kardinale belang. 
Waar dit egter in sommige gevalle deur omstandighede ontbreek 
en waar Ek weet dat hierdie mens oor die volle potensiaal beskik 
om as een van My kinders uit die stryd te tree, word daar van My 
spesiale engelgeeste beskikbaar gestel om bystand te verleen 
met die opvoeding van so ʼn mens. 

Daar moet ʼn sekere volwassenheid by die mens intree waar 
hy tot die besef moet kom dat hy sekere keuses sal moet maak. 
Hier begin die hergroepering. Goed en kwaad word van mekaar 
geskei en die groot stryd begin. Soos wat enige geboorte met 
voorgeboortelike pyne gepaard gaan, net so gaan dit met die 
weergeboorte van die mens maar swaar. Daar is baie kerke, 
sowel as sekte groepe wat die mens laat glo dat deur slegs 
mondelings te bely dat mens ʼn weergebore Christen is, dit 
heeltemal voldoende is en die taak daarmee afgehandel is. 
Hierdie is egter een van die grootste leuens denkbaar en so 
reg uit die kraal van satan homself afkomstig. 

Die weergeboorte is ʼn baie delikate proses, wat in bykans 
alle gevalle eers na die liggaamlike dood van die mens in die 
geesteswêreld sy voleinding bereik. Indien die mens sou besef 
hoe belangrik die vordering van sy weergeboorte op die aarde 
is, sou hy onafgebroke daaraan aandag gegee het. Soos wat julle 
reeds weet, is ʼn minuut se vordering in die vlees, gelykstaande 
aan ʼn honderd, selfs ʼn duisend jaar in die wêreld van die gees.

Om terug te keer na dit wat die mens in homself huisves- die siel, 
wat deur middel van haar vleeslike liggaam en sintuie, nou volle 
kontak het met haar materiële wêreld om haar, is net so in staat 
om, deur middel van haar gees, met haar geestelike wêreld in 
kontak te kom. Die siel in al haar ondenkbare biljoene geestelike 
deeltjies, wat bestaan uit die suiwer geestelike wat deur haar 
ondenkbare lang terugtog uit die materie losgekom het, moet 
nou beslis waar haar liefde en toekoms lê. 

Die op sigself dooie liggaam en die daarteenoor lewende Gees, is 
die twee pole met die vrykeusende siel tussenin. Van buite wink en 
lok die materie. Die siel met al haar sieledeeltjies herken haarself 
daarin en antwoord met hartstog deur middel van haar materiële 
liggaam op hierdie verlokking. Al hoe meer stort sy haarself weer 
met oorgawe terug in die harde gevangenskap van ʼn soliede 
wêreld. 

Die mens is egter deur die Liefde van sy hemelse Vader nie 
bestem om ʼn voortdurende siklus van herhalende gevangenskap 
in die materie te deurgaan nie. Daarom is aan hom die Gees van 
God geskenk om hom as Leidsman by te staan om sy weg terug 
na die Vaderhuis te kan vind, wat hy eens uit vrye keuse voor die 
grondlegging van alle skeppinge verlaat het. Hierdie Gees in die 
mens is dan die teenvoeter vir die roepstem van die materie na 
die siel. 

Binne die mens ontstaan daar nou hierdie onverklaarbare drang 
om homself in sy eie wese te herken. Daarmee saam wil hy nou 
ook tot die oorsaak van sy bestaan, asook sy bewussyn kom. Hy 
kom tot die gevolgtrekking dat dit vir hom onmoontlik was om 
spontaan tot ʼn denkende lewe te kan ontstaan. 

Nou begin hy na die Oorsaak van sy bestaan te soek. Hierdie 
drang binne die siel is die Stem van die Gees homself, wat 
Liefdevol en sonder enige dwang besig is om sagkens die eens 
gevalle siel as volmaakte mens terug na sy Skepper en Vaderhuis 
te lok. 

Wanneer die siel uit eie keuse begin om haar samewerking te gee 
en met verlange haar terugtog na haar Vaderhuis aanpak, begin 
sy dan ook in eenheid met haar gees, haar weergeboorte om as 
eindresultaat as ʼn vlekkelose rein wese, weer van aangesig tot 
aangesig voor haar Vader te kan staan! 


Openbaring 7 
ʼn Duisend verskonings. 
3 Junie 2007 7:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
’n Paar kosbare geleenthede het verlore gegaan waar Ons die 
geleentheid gehad het om ʼn gesprek tussen Ons op papier neer 
te pen. Die mens is ywerig om My tot diens te wees. Met 
allerhande beloftes wil hy in besit van die een of ander geestelike 
gawe kom. Wanneer My Gees van Liefde, dan ook op hom of haar 
neerdaal, is hulle skielik lui en met ʼn duisend verskonings word 
die werk wat aan hulle opgedra is, nie gedoen nie. 

Jy het gesoek totdat jy My Stem binne jou gevind het. Wie My 
gevind het, het ook My volheid gevind. Dit wil sê, wanneer Ek 
daar is, is Ek altyd daar. Waar en wanneer jy ookal die ore van 
jou hart open, is My Stem daar, maar jy verkies om dit na jou eie 
goeddunke te onderdruk. 

Die behoeftes van jou liggaam kom altyd eerste. Meeste van die 
tyd onderdruk jy My Stem vir iets om aan te peusel, dan weer kry 
jy te koud om uit jou bed te klim om jou skryfbehoeftes te kry. So 
gaan daar kosbare woorde deur jou selfsug verlore. Nou weet jy 
wat Ek bedoel wanneer Ek van My “lui knegte” praat, wat altyd ʼn 
verskoning het. 


Vandag sal jy mense te woord staan en die boodskap wat jy aan 
hulle moet gee is dat hulle almal soekers is, hulle is soekers wat 
in hierdie tye ernstig na My soek. Ek wil ook dat hulle angstig na 
My moet soek. Met angs omdat die tyd min geraak het. ʼn Angstige 
mens soek altyd met haas na sy kosbaarste voorwerp. Soek My 
daarom haastig, want weer sê Ek aan julle: Die tyd is min. 

Vertel ook aan hulle om die digte gordyne wat voor die 
Allerheiligste plek in hulle harte hang, met geweld af te ruk. 
Almal soek My met erns, maar nêrens word daar vir My ʼn 
skrefie oopgelaat sodat Ek met My Lig daardeur kan skyn nie. 
Ek staan lankal voor die deure van My uitverkore kinders se 
harte en klop. Maak vir My die deure van julle harte oop, sodat 
Ek na binne kan kom.



Openbaring 8 
Beskrywing van vandag se gelowiges.
3 Junie 2007 22:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Met My menswording hier op aarde meer as 2000 jaar gelede 
het Ek met My leerlinge op ʼn rustige oggend wandeling, voor 
die sonsopkoms, bo-op ʼn bergtop gaan plaasneem, terwyl die 
pragtige oggendrooi en koel berglug die sagte ontwaking van 
die natuur aankondig en haarself hoorbaar gemaak het deur die 
vroeë oggend geluide van die vrolike getjirp van voëltjies. 

Terwyl ʼn nabygeleë fonteintjie ook sy stem laat hoor het met 
dartelende kabbelgeluidjies met sy eerste tree as ʼn spruitjie, 
het Ek met ʼn glimlag na My Petrus gekyk waar hy gehurk by 
dieselfde fontein bakhand sy dors geles het. Jakobus het 
opgekyk en Ons oë het in ʼn liefdevolle blik ontmoet. Rustig 
en stil het Ek en My leerlinge hierdie goue oomblik in My 
skepping geniet. My leerlinge was diep onder die indruk oor 
die voorreg wat hulle geniet het om in My Teenwoordigheid, 
as Menseseun, saam met My hierdie oggend te kon deel. 

Ek het My hoof opgehef en die volgende tot hulle gespreek: 
My liewe broers, dit wat julle nou vir My voel, is baie 
prysenswaardig, maar net soos wat hierdie mooi oggend in 
al sy skoonheid om ons ontwaak, net so sal daar oor 2000 
jaar van nou af van My kinders en julle broers in hulle liefde 
vir My ontwaak. 

Hulle sal meer geseënd wees as julle wat nou hier by My is. 
Julle glo in My omdat julle My in julle midde het. Hulle sal 
egter in My glo, bloot in antwoord op die vae verlange wat 
hulle in hulle harte vir My voel. Julle het My in My volheid 
by julle. Hulle sal My slegs in ʼn verslete en verdraaide ou 
leer hê. Nogtans sal hulle met geweld die ou waarheid nuut 
daaruit tevoorskyn bring. Hierdie dapper krygers sal met 
hulle enigste wapen, die Liefde, hulleself kruisig om so een 
met My, hulle Vader, te kan word. Ek sal self hulle die ware 
oë van die lewe open om My, hul Vader, in hul midde te kan 
aanskou. My nuwe verbondsark sal in hulle voltooi wees, 
sodat My nuwe aarde in hulle vervolmaak sal word. Let dus 
goed op die ontwaking van hierdie oggend en dink aan julle 
broers wie julle in daardie tyd in die gees bystand sal bied.


Openbaring 9 
Sy Naam.
4 Junie 2007 13:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Vraag: Wat is die korrekte aanspreekvorm van die naam wat U op 
aarde gedra het?

Antwoord: En Ek antwoord jou die volgende: Twee broers 
behoort by die aanhoor van My Naam, mekaar om die hals te 
val en van hulle te oorgroot liefde vir My en omdat hulle nie 
weet wat om met hierdie liefde te doen nie, dit wedersyds op 
mekaar uit te stort. 

Die noem van My Naam het egter deesdae die grootste twispunt 
en dit nogal onder broers van dieselfde bloedlyn geword. Daar is 
onnoembaar baie tale asook dialekte, nou sowel as in die verlede, 
waarvan sommige al uitgesterf het. Met die verskillende tongval 
en klanke het My Naam met Sy swerftog deur die eeue heen, 
tussen verskillende nasies en volkere dikwels ʼn nuwe nuanse 
ondergaan. Elk van hierdie groepe wou dan ook trots verklaar 
dat hulle alleen die korrekte gebruikers van My Naam was. 

Huidiglik het dit so ʼn twispunt by sommiges van julle geword 
dat Ek verkies om My Heilige Naam nie verder deur julle te laat 
ontheilig nie. Die opregte gebruiker van My Naam is die een wat 
dit met die grootste liefde vir My in sy hart uitspreek. So is vir My 
dan ook die een wat My Naam die meeste oneer aandoen, die een 
wat met sy broeder daaroor twis. 

In geen geval gaan Ek daar teenwoordig wees, waar daar oor 
My Naam getwis en geredekawel word nie. Daarom sal Ek 
Myself kenbaar maak as jou Vader. Leer daarom dat die 
korrekte uitspraak van My Naam, die Liefde is.


Openbaring 10 
Die Vader se plek in ons lewens.
6 Junie 2007 07:30  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
My Stem het gisteraand stil binne jou geword en hartseer het jy 
gedink dat Ek jou verlaat het. Dit is maar net nog ʼn paar dae wat 
jy van My Stem binne jou hart bewus is. ʼn Groot treurigheid het 
oor jou gekom nadat hierdie groot gevoel van verlies hom meester 
van jou gemaak het. Waar is U-het jy in jou hart uitgeroep en Ek 
het jou langsamerhand geantwoord: 

Ek is ʼn jaloerse God wat Myself nie sal laat deel met jou wêreldse 
gedagtes nie. Terwyl jy gisteraand hierdie diep drang binne jouself 
ondervind het om alleen met My, jou Vader in die privaatheid van 
jou kamer, in die binnekamer van jou hart met My te kan praat, het 
jy verkies om ander se gevoelens te spaar en eerder ʼn video saam 
met hulle te kyk. Ek is nie ʼn skakelaar wat jy na eie willekeur kan 
aan- en afskakel nie. 

Jy het ʼn ver en moeilike pad gekom om ʼn sekere mate van 
suiwerheid te bereik, wat geweldig deur My barmhartigheid en 
genade aangevul is, sodat jy My Stem in jou binneste kan hoor. 
Dit bly steeds jou vrye keuse om te besluit of jy My of die wêreld 
om jou wil aanhang. 

Ek is egter ʼn enige God wat My nie sal laat vermeng met dit 
wat van die wêreld is nie. Dit is waarom so baie My kwansuis 
hartstogtelik soek, maar nooit kan vind nie, deurdat hulle My 
met hulle wêreld van woeker en vermaak wil deel, waar Ek ʼn 
tweedehandse en minderwaardige posisie moet inneem en almal 
My ʼn twyfelagtige ou plekkie in ʼn besige skedule wil gee. Daarna 
heel ingenome by hulleself dink dat Ek nou moet hande klap oor 
die krummeltjies wat na My, hulle Vader, se kant toe geskiet word. 

Die tyd nader vinnig dat Ek die deure van My ark gaan sluit. Wie 
hierna tevergeefs daaraan gaan hamer en in benoudheid gaan 
uitroep: “Maak die deure vir ons oop sodat ons na binne kan 
kom. Het ons nie in U Naam dit en dat gedoen nie” gaan van 
My die volgende bekende antwoord kry:
“Gaan weg van My af. Ek ken julle nie”.

Openbaring 11 
Die pad na My hart. 
6 Junie 2007 09:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer
Jou vraag vandag is of die pad na My Hart deur die kennis of die 
liefde geskied. Jy wil ook sekerheid hê of hierdie werke wat deur 
jou hand geskied, in Engels vertaal moet word. Ons begin vandag 
met jou tweede vraag eerste.

Julle baie klein volkie is My volk wat as voorbeeld vir die hele 
wêreld sal dien. Selfs deur die enorme foute wat julle begaan 
het, sal dit ook as ʼn leerskool vir alle volkere dien. Daarom sê 
Ek weer: Verbly jou O’ Sion, die hart van jou wese sit in die 
Suidpunt van Afrika. 

My dag het naby gekom dat Ek hierdie vertrapte klein weeskind 
aan die hand gaan vat en met die genade van My Liefde sal Ek- 
Myself, hom reinig. Onder My leiding sal hy in Gees en Waarheid 
oor My nuwe volmaakte aarde regeer.

Sion, jy is My uitverkorene wat dwarsoor die hele wêreld 
verteenwoordig is. In al jou onontbeerlike lede, sal jy as een 
koning onder die naam Melgisédek uit jou “HART” oor My 
volmaakte skepping regeer. Vertaal daarom hierdie werke 
ook in ander tale.

Wat jou eerste vraag betref: Om My ywerig deur die versameling 
van baie kennis te soek, sal vir jou van baie belang wees wanneer 
jy die dag by jou slotsom kom dat jy slegs deur die Liefde die deur 
van My hart vir jou sal open. Hiermee het Ek jou ook klaar die 
antwoord oor die weg van die Liefde gegee.


Openbaring 12 
Die binding deur manipulasie.
6 Junie 2007 14:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Die woord binding word omtrent altyd met die woord okkulte in 
verbinding gebring. Maar Ek sê aan julle: Moet nooit ʼn binding op 
enigiemand bring deur enige vorm van manipulasie wat in hierdie 
dae satan se magtigste werktuig is nie. satan se naam kan in 
hierdie eeu met reg deur die woord manipulasie vervang word. 

Deur verskillende vorme van manipulasie beheer regerings 
mekaar oor en weer. Banke op hul beurt, manipuleer deur middel 
van effekte- en valutabeheer, weer die regerings. 

Oorkoepelende gesondheids organisasies manipuleer en beheer 
geneesmiddele, entstowwe en verwante middele om sodoende 
weer beheer oor ander gebiede te verkry. Sterker state kraai 
koning, omdat hulle die alleen beheerders van stapelvoedsel is 
en besluit wie en watter armoedige en honger land, wat en waar 
sal kry in ruil vir daardie land se onontginde grondstowwe. 

Deur die vruggebruik van hierdie stowwe, manipuleer hulle weer 
ʼn volgende land. Selfs die graan word in massaproduksie deur 
manipulasie gekweek. So het almal in ʼn wêreldwye netwerk, almal 
se slaaf geword. 

Satan, as die vors van hierdie wêreld, het dan ook sy doel deur 
manipulasie bereik. Sy heerskappy wat besig is om sy top te 
bereik, is besig om ook sy voltooiing te nader. Ek self gaan die 
mat onder die ekonomie uitruk en met ʼn slag gaan dit wêreldwyd 
ineenstort om nooit weer in sy huidige gedaante op te staan nie. 
Daarom maak Ek My kinders daarop attent om nooit enige vorm 
van manipulasie, hetsy dit op ʼn eggenoot, kind, werknemer of wie 
ookal is, uit te oefen nie, omdat dit een van die grootste gruwels 
in die oë van My, julle Vader is.


Openbaring 13 
Die leviatan in hierdie tyd.
7 Junie 2007 05:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer
Onder die woord “leviatan”, het die oer-mensdom die begrip 
van ʼn enorme seedier gehad wat in sy grootte ʼn kolossale 
eiland oorskry het. In ʼn sekere sin was hulle reg. Eens in 
die oertyd het so ʼn lewende organisme geleef wat amper 
soortgelyk aan ʼn lewende koraaleiland was. 

Dit het uit ondenkbaar baie indiwiduele lewende see-organismes 
bestaan, wat saam een liggaam gevorm het. Omdat dit geen 
voetstuk of anker met die seebodem gehad het nie, het dit vry 
rondgedryf in die groot waters van die aarde. Met sy duisende 
tentakels en miljoene poliepe, asook ʼn onversadigbare vraatsug, 
was hierdie vir die onontwikkelde mensdom van daardie tyd die 
afskuwelikste monster. Hoe groot die tydspan vanaf die oertyd 
tot en met nou in die moderne tyd strek, kan enigeen wat goed 
in die wiskunde opgelei is, vir homself naastenby uitwerk. 

Die woord leviatan, het dan ook een van die vele name geword 
waaronder die satan bekendheid verwerf het. Met ʼn bietjie 
verstand sal elkeen wat wil, dan ook die geestelike herrysing 
van die leviatan in hierdie moderne tyd van die aarde herken. 

Met heerssug en die uiterste vorm van manipulasie het satan 
sy tentakels stewig in elke regering en organisasie dwarsoor 
die wêreld gevestig. Sy parasitiese poliepe voer sy opdragte 
getrou uit. Elke vrydenkende mens is bykans onlosmakend 
onder hierdie eenheid verkneg. Maar soos altyd in alles, 
oorskry satan hom in sy eie perke. In sy grootheidswaan is 
hy besig om homself met sy enorme liggaam op te hef en trots 
sy bors teenoor My, die Skepper, uit te stoot. 

Maar helaas, daar waar dit die minste sigbaar is, daar doen 
hy ook die minste moeite. Elke goeie boumeester begin sy projek 
met ʼn stewige fondasie. Maar omdat satan in alles My teenpool is, 
het hy sy ryk van bo na onder gebou. Sy voete het hy laastens en 
inderhaas in Suid-Afrika geplaas. Met sy baie onwyse vermenging 
van klei, kon die sement en metaal nie ʼn vaste, stewige mengsel 
vorm nie. Dit gaan die oorsaak van die val, van alle valle wees en 
met die laaste stof wat op die aarde sal neersif, sal My vrede op 
hierdie aarde neerdaal. 

Hiermee staan die visioen van My Profeet Daniël reg voor julle 
deur.


Openbaring 14 
Kom nou Sion trek jou laer.
7 Junie 2007 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
O’, hoe groot die blydskap van ʼn Vaderhart met die klank van 
kinderstemme wat gehoor gee op Sy Stem na ʼn lang gewag. 
Hoe heerlik om die opstanding van My kinders te gewaar. My 
skape wat bokspring van vreugde by die roep van My Heilige 
Naam. Kleine kudde so sorgvuldig deur Myself gemaak.

So lank het jy bly swyg, maar trou het Ek oor jou- My liefdeskind, 
gewaak. Met geduld het Ek bly wag om jou uit jou doodslaap te 
sien ontwaak. Om My Liefde ewig binne jou vir alle skepsele te 
kan bewaar. Uit die swartste nag word vir My die reinste kind 
gebaar. Kom nou Sion, trek jou laer, ons is ewig bymekaar. 

Klein kom jy voor My altaar staan. Met leeuemoed gaan jy My 
weg deur wêreldchaos baan. Voor wêreldkonings gaan jy trots 
My plek volstaan. Voor jou sal die dood uitvlug en dapper sal jy 
alle vrees oorbrug. Kom nou Sion, trek jou laer, ons is nou vir 
ewig bymekaar.


Openbaring 15 
Bring My Woord slegs aan My skape.
9 Junie 2007 05:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek walg in 'n vuil wêreld, deurtrek van sweet en etter, wat soos ʼn 
vloedgolf oor die wêreld gespoel het. Waarin wêreldlinge hulself in 
hierdie ontlasting baai, asof dit die suiwerste spoelgoud denkbaar 
is. Lank genoeg het Ek sag gemaan, om nie My pêrels voor 
hierdie varke van die wêreld in hulle vuil modder te gooi nie. 

Nou praat Ek hard en duidelik. Ek wil dat My Woord slegs aan 
diegene gebring word, wat My kosbare pêrels soos 'n sieraad 
om die tafels van hul hart gehang het en daarom die Stem van 
My Waarheid daarin kan herken. Die twyfelaar kan homself nou 
maar die ore toestop met die klank van sy geld, wêreldvermaak, 
of een van die vele ander hulpmiddele wat sy wêreld hom bied. 
Die baie slim skrifgeleerdes kan nou ook nader staan om met 
hulle talle herrangskikte Bybelverse hulle leuenagtige stem te 
laat hoor. 

Die tyd het gekom en geval het die grote Babilon. Stuiptrekkend 
soos 'n hondsdol hond, wat met skuim op haar bek vir oulaas 
desperaat probeer om ʼn wêreld vol kinders saam met haar af 
te trek, in die diepste put vol van die vuilste drek en dit by monde 
van Godloënaars wat vuil etter as waarheid die wêreld vol braak. 

Bring daarom My Waarheid slegs na die skape wat die Stem van 
My, hulle Goeie Herder met die eerste klank daarvan sal kan 
herken.


Openbaring 16 
Beroeringe voor die ontwaking.
10 Junie 2007 23:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Wêreldwyd is daar ʼn beroering besig om plaas te vind. In sommige 
gevalle is dit ʼn onrustige voorgevoel van iets onheilspellend met 
rampspoedige gevolge wat wag om te gebeur. 

In ander gevalle is dit ʼn tintelende opgewondenheid oor iets 
ontsaglik wat op hande is. Ook in die natuur is dit sigbaar 
onder sekere spesies wat hulleself sku op een of ander 
bedreiging voorberei. Terwyl ander weer opgewonde en 
ywerig die vere regskud. Oral en in alles is almal besig om 
te ontslaap of te ontwaak. Ons gaan nou vir eers stilstaan 
by dit wat besig is om te ontslaap en wat in ʼn uiters treurige 
toestand van afsterf is. 

Die einde van ʼn lang verlossingsperiode is in sig en dit wat 
nie ʼn sekere rypheid bereik het nie, is besig om terugwaarts 
te beweeg tot waar dit ʼn punt bereik waar dit geestelik die 
eie geboorte verbysteek en sterf, om hierna tot in sy kleinste 
molekule tot niet te gaan en so in die illusie van materie te 
verdwyn, vanwaar dit weer tydsaam oor oneindige lang 
tydsperiodes stelselmatig die weg deur ondenkbare siklusse 
sal gaan om eendag weer as ʼn voltooide mens “salig” in die 
een of ander orde werksaam te kan raak. Wat egter treurig 
oor hierdie toestand is, is die feit dat so ʼn skepsel die reg 
op kindskap vir ewig verbeur het. 

Die ontwaking op sy beurt is bruisend en borrelend en energiek 
fluister selfs die kleinste atoompies: “ons wil lewe”. Met die liefde 
van ʼn moeder hen skyn God se Liefdeson op alles wat lewe, om 
dit met ʼn weldadige hitte tot nog meer lewe aan te spoor. 

Hierdie nuutgebore lewe, wek op sy beurt weer lewe, totdat dit 
begin ontbrand om self soos ʼn son te begin skyn in ʼn ewige 
onvernietigbare lewe, in die volmaakte ryk van My, julle hemelse 
Vader. Voeg julle daarom met haas, by die wat besig is om in die 
lewe en liefde te ontwaak.


Openbaring 17
Alle rasse, nasies en volkere 'n eenheid?
11 Junie 2007 08:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Jy spook met die volgende vraagstuk of alle rasse, nasies en 
volkere as ʼn eenheid onder ʼn enkele geloof onder een Godheid 
moet staan. 

Ek antwoord jou dat Ek met dieselfde Woede waarmee Ek die 
eenwêreldpoging, onder die heerskappy van Nimrod, met die 
grootste verwarring getref het, net so hierdie gruwel van alle 
gruwels, wat tans sy verskyning in ʼn eenwêreldorde gemaak 
het, met ʼn vernietiging tref, soos wat geen oog nog ooit aanskou 
het nie. 

Ek is God en niemand is daar soos Ek nie, vanaf die kleinste 
tot die onmeetlike het Ek met My Eie Hand in Wysheid en Liefde 
geskape. Ek Self het alles in My onveranderlike Orde geplaas. 
Wee die een wat homself wil aanstel om iets daaraan te verander. 
Vir die kleine mossie het Ek ʼn mossie as maat geskape en so het 
Ek regdeur die skepping vir elke skepsel ʼn soortgelyke maat 
geskep waaruit hulle gelyksoortiges voortgekom het. 

Soos wat Ek die diere toegerus het met verskillende klanke 
waardeur hulle hulself kenbaar vir mekaar kan maak, net so 
het Ek die verskillende mense elk met sy eie taal en gewoontes 
volgens My Wysheid toegerus. Deur My Goddelike insig is daar 
ook verskillende talente aan die volkere toebedeel, sodat almal 
tot voordeel van mekaar kan wees. My teenstander het weer 
soos van ouds, met sy bose strategie, die volkere aangehits 
om as ʼn magtige eenheid hul koninkryk bo My te verhef. 

Dit bring ons terug by jou vraag. Hier waarsku Ek jou met 
nadruk dat enige een wat ʼn voorstander van vermenging 
is, ʼn dienskneg vanuit die diepste hel is.


Openbaring 18 
Die heftigheid oor Paulus
11 Junie 2007 05:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Paulus was gister onder bespreking en half verskrik het jy 
na die heftige konflik daarvan geluister. Daarom gaan Ek 
jou vandag kortliks die lewe en doel van Paulus vertel. 
Hierdie man wat by uitstek een van My grootste vervolgers 
was, het uitdagend sy swaard teen My, die Seun van die mens 
getrek. Onvermoeid het hy My geliefde navolgers vervolg. 

Omdat daar geen liefde vir My in hom was nie, maar slegs ʼn 
verwronge geregtigheid om My te vervolg, kon Ek Myself slegs 
deur dit wat aan hom bekend was, naamlik geweld, bekend maak. 
Daarom het Ek Myself, in die Oordeel van die Godheid, in ʼn breuk 
van ʼn oomblik aan hom getoon, wat hierdie geestelike blinde met 
volle blindheid getref het, sodat hy by die hand na My gelei moes 
word. Daarom is dit aan hom as doring in sy vlees gegee om vanaf 
daardie dag, weer op sy beurt, die blinde vervolgers en 
versmaaiers van My Woord na My toe te lei. 

Verbaas jou daarom nie baie oor die heftigheid wat altyd met 
Paulus gepaard gaan nie. Dit is maar net My Paulus wat op sy 
beurt, vurig die heiden na My toe lei.


Openbaring 19 
Moenie versteen nie.
Woensdag, 13 Junie 2007 6:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Graag wil Ek tot My liewe kinders spreek wat ondanks hierdie 
onstuimige donker tye met vrolike harte trou op My koms bly 
wag. In baie groot gevaar gaan jul veilig onder My Beskerming 
staan, terwyl julle op ʼn nuwe volmaakte aarde wag. 

Maar hoe treurig voel ʼn Vaderhart oor die verlies van miljoene 
kinders wat met vreesagtige harte, benoud op globale vernietiging 
wag. Al wat hul kortkom, is ʼn enkele tree in die rigting van My 
uitgestrekte Hand wat Liefdevol na hulle uitgehou word. 

Vertrouend moet hulle die eie hand daarin plaas, sodat Ek hul 
beskermend in die Kring van My Vaderarms kan trek waar geen 
kwaad hul ooit weer kan raak nie. Maar net soos Lot se vrou, kyk 
hierdie wêreldlinge hartseer en verlangend terug na hul wêreld 
vol skatte en hul harte versteen in ʼn dooie soutklont. Vir ewig 
word hul vasgevang in ʼn dooie wêreld van materie. 

Vinnig hardloop die uurglas leeg. Soos ʼn kaartehuis wat inval is 
hul kunsmatige wêreld besig om ineen te stort. In die chaos wat 
volg gaan stemme hartverskeurend na My roep. Die Stem wat hul 
versmaad het, sal stil wees. 

Beangs sal hul na hul grootste vyand, die dood, loop soek en 
hom verdrietig smeek; “staan nader liewe vriend sodat ons jou 
kan omarm. In jou vergetelheid wil ons wegsink”. Maar laggend 
sal die dood wegdartel terwyl hy spottend vir hul sing: “Jou 
dwaas, die dag wat jy die Lewenshand weggeklap het, het ek jou 
klaar omring. In my ingewande is jy toe alreeds gebring, waar jy 
ewig in berou jou tyd stadig deur gaan bring.” 

Daarom spreek Ek nog eenmaal tot elke wêreldling. Vir oulaas hou 
Ek My Hand van verlossing na julle uit, maak baie vinnig daarvan 
gebruik.


Openbaring 20 
Laat die spele begin.
14 Junie 2007 05:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waar satan in sy grootheidswaan, op sy saamgeflanste 
troon die ereplek in sy arena- hierdie wêreld, agteroor sit 
om met selfgenoegdoening oor sy dik buik vryf en sy geliefde 
woorde bulderend uiter “Let the games begin”. 

Daar antwoord Ek hom: “Ja, laat die spele begin”. 

Sy vet hand waarvan die dik vingers versier is, met die 
kosbaarste maar bebloede edelgesteentes van hierdie 
wêreld, word argeloos die lug ingegooi om sy swaar 
artillerie nader te wink. 

Terwyl hy met ʼn skelm kopbeweging die wêreldvloot nader 
adviseer. Met ʼn knipoog begin die lugmagbasisse hulself te 
mobiliseer. Satelliete begin vanuit die lugruim, kruis en dwars 
vir hom te spioeneer. Bioloog en wetenskaplike vat mekaar 
se hand en flink word daar vir oulaas met atoom en kiem ge-
eksperimenteer. 

Terwyl satan met groot vertoon homself mobiliseer, daal Ek 
saggies by My kinders neer. Met leë hand en in sak geklee, 
kom My getuies ʼn bose wêreld die waarheid leer. Met droogte, 
hongersnood en pes word die wêreld mee getref. ʼn Verminkte 
aarde gee ook bes. Die oppervlak word met die grootste 
aardbewing ooit getref. So lig die hand en begin te sing, 
“Laat die spele maar begin”. 

Openbaring 21 
Ek is die Hoeksteen.
15 Junie 2007 20:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Huidiglik is daar ʼn paar onder julle wat van ʼn dringendheid 
binne julleself bewus raak. ʼn Ongekende opgewondenheid 
heers in julle gees, terwyl jou hart skaam aan jou fluister: 
“ek weet ek is ook Sy kneg”. Omdat julle bang is om voorbarig 
te wees, onderdruk meeste van julle hierdie gevoel met ʼn te 
oordrewe nederigheid. 

Deemoed is wel van die grootste belang om as een van My 
dienare werksaam te kan word. Die tyd is egter nou ryp om 
My dapper en met ʼn bietjie waagmoed te nader en jouself 
as ʼn kleine kneg beskikbaar aan My te kom stel. 

Daar is wel ander met hope potensiaal wat hulleself vrypostig 
as leiers wil aanstel. Maar My guns gaan op die val wat My uit 
opregte liefde met hart en siel dáár wil dien, waar ander nie 
voor kans sien nie. 

Bly dus met julle voete plat op die aarde, terwyl julle met 
die hand uitreik na die hoogste pieke in My ryk, en terwyl 
julle harte die onmeetlike dieptes van My Liefde binnedring. 
Ja, julle, My uitverkore geliefdes, vir wie Ek ewighede gelede 
hierdie tyd en plek in gereedheid gebring het. 

Open daarom die heilige tempel in die sentrum van jou wese, 
sodat Ek binne kan tree en julle deur My Mag en Krag diensbaar 
kan maak. Ek is die Hoeksteen en julle die sluitstene en daarmee 
sê Ek dat julle die kontakpunt tussen die gees en alle materie is. 
Saam sal julle een groot kommunikasie siel wees waardeur My 
Alomvattende Gees in al Sy skeppings sal spreek. Maar as 
geliefde enkelinge sal Ek elk van julle, My kinders, volgens sy 
eie wese bemin. 

Die, op wie hierdie boodskap van toepassing is, sal My boodskap 
hierin baie goed verstaan.



Openbaring 22
Spreuke 31 en Hooglied.
16 Junie 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
ʼn Vraag: 
Hoe moet ons die verwantskap tussen die deugsame en besige 
vrou in Spreuke 31 en die speelse, romantiese en diep beminde 
bruid in Hooglied verstaan? 

Antwoord: 
O’ My sielsbeminde, met jou het Ek flankeer, 
jou skoonheid deur eeue met lof besing. 
Deur ewighede heen het My Liefdeslied vir jou orals heen gedring. 
As My bruid kom Ek jou haal. 
As ʼn deugsame vrou, kom jy jou plek volstaan. 
Met jou onskuld en skoonheid het jy My eers bekoor.
Met vlyt en deug is jy nou almal voor. 
Eers as maagd en nou as koraal,
kom Ek jou as volwasse vrou haal.


Openbaring 23 
Alles het sy prys.
17 Junie 2007 14:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Soos ʼn dronkaard na ʼn aand se vrolike gefuif vir homself 
ʼn eentonige liedjie oor en oor sing. Net so doen ʼn dronk 
oorversadigde ryk wêreld en die lied van hul woorde lui 
as volg; “alles het sy prys, alles het sy prys!” 

En terwyl die klank van kasregisters oudmodies raak 
en plastiekkaarte orals indring, word Ek as ʼn ou vergete 
winskoop agter op ʼn rak gebring. Onversadigbaar is die 
ekonomie besig om alles voor hom te verslind, om dit 
maar net weer netjies verpak op te bring.

Robotte wat eens mense was, word in die draak se legkaart 
ingepas. Alles het sy prys. So kom ook My Woord spottend 
op hul lys. Al waarna die wêreld noop is om te koop en te 
verkoop. Meedoënloos word ʼn kosbare siel verpand, by die 
blote aanblik van goud en rand. Regterbanke, die ruik na 
omkoop stank. Daarop rus die wêreldbank. 

Met swier en groot vertoon stel die rykaard homself ten toon. 
Spottend vra hul na My prys, om ook te kom op My sogenaamde 
hemel lys. Met klatergoud word vir hul gebou, ʼn goedkoop 
gekkeparadys, waaruit Lucifer se hel angswekkend uit gaan 
rys. Beangs gaan hulle hier vanuit krys, O’ God, maak tog U 
prys en kry ons vinnig weer hier uit. 

Maar al wat hul gaan kry, is Ek, wat ewiglik gaan swyg.


Openbaring 24 
Geloofsgenesing.
18 Junie 2007 08:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Vandag gaan ons oor geloofsgenesing praat en daar gaan baie 
wees wat jou hieroor aan die keel gaan wil gryp. Steur jou maar 
nie te veel daaraan nie, dit berei jou slegs voor op baie erger 
dinge wat mense jou nog in die toekoms aan sal wil doen. 

Om terug te keer na die punt, julle leef in ʼn wêreld, waar vele na 
liggaam en siel baie siek is. Ek word dan ook meeste van die tyd 
verwyt, so asof Ek die oorsaak van alle siektes is. Vies keer die 
kranke My ook vinnig die rug toe en wend hom na die baie slim 
mediese wetenskap vir genesing. 

Boosaardige siektes is geweldig aan die toeneem, as gevolg van 
die menslike ontwikkeling, wat niks ontsien in die versteuring 
van die baie delikate ordes in die natuur nie, is meeste van 
hierdie siektes ongeneeslik. En nou praat ons nie eers van die 
giftige chemiese prosesse waaraan die mensdom blootgestel 
is nie. 

Gewoontevormende misbruikers pomp teen hulle beterwete 
hierdie gifstowwe teen ʼn geweldige tempo in hulle eie liggame 
in en is daarom self vir hulle siektetoestand verantwoordelik. 
Ek hoor al klaar een of twee wat mor en sê “ja, maar wat van 
die onskuldiges, veral die kinders wat nie daarvoor gevra 
het nie”. Vir julle sê Ek: wees geduldig, ons kom daarby. 

Die baie siek persoon draai nou onverrigter sake by sy dokter 
om. My, die Vader, se genesende vermoëns wat eers versmaad 
is, kom in die mooi woorde van “alternatiewe genesende 
metodes”, nou by ons pasiënt op. Van die heel vinnigste 
bekerings vind nou plaas en hierdie persoon ontpop as ʼn 
“baie diep gelowige” wat My nou “nederig” nader en genesing 
word van My geëis. Met ʼn “geloof” wat nou berge kan verskuif 
en begelei van hope “sms gebede”, is ons pasiënt nou deeglik 
voorberei. 

In meeste gevalle is daar van genesing geen sprake nie en 
nou begin die kranke in sy eie geloofsvermoëns te twyfel en die 
eerste beste geloofsgeneesheer word nader gesleep. Wanhopig 
word alle geloof nou op hierdie mens, in plaas van My, geplaas 
en omdat daar nou tog sprake van ʼn mate van geloof aanwesig 
is, laat Ek in sommige gevalle genesing toe. 

Hierby wil Ek aansluit deur te sê dat geen genesing moontlik is 
waar die geloof nie eerstens in die siek persoon self teenwoordig 
is nie. Ek, as die grootste Geloofsgeneesheer van alle tye, het met 
My verblyf op aarde, slegs dié genees wat die nodige geloof binne 
hulleself gehuisves het. Dit is waarom spontane genesing dikwels 
sonder enige dreunende gebede by kinders plaasvind. Omdat 
hulle ʼn skoon naïewe geloof in My, hulle Vader het, dat Ek hulle 
wel sal genees. 

Daarom sê Ek vandag aan julle, My kinders, wie My in sy hart 
dra, dra ook reeds alle genesing binne homself en dat dit vir 
julle onnodig is om soos ʼn ongelowige na ʼn volgende persoon 
te hardloop, sodat dié hom met sy geloof moet genees. ʼn Ware 
geloofsgeneser sal hom eerstens oor die onsterflike siek siel 
kwel, voordat hy aandag aan die siek verganklike liggaam sal 
gee. 

Aan My ware kinders, wat in hierdie eindtye onder My verskillende 
gawes werksaam sal wees, sê Ek met Liefde: “wees versigtig oor 
dit wat julle in die Gees begeer”.



Openbaring 25
Die oes het ryp geword.
19 Junie 2007 07:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 
Judith de Beer
Ons het al voorheen gepraat oor die gordyne wat voor die 
allerheiligste kennis in julle harte hang en vandag gaan ons 
ʼn bietjie meer aandag hieraan gee. 

Met My liggaamlike afsterwe op Golgota het die fisiese gordyne 
voor die allerheiligste plek in die tempel meegegee. Wat niks 
anders was, as die simboliese vernietiging van die leuen wat 
gebaseer was op ʼn leuenagtige verdraaiing van ʼn ou waarheid 
nie. Terwyl die tempel My kinders gedwing het om My, ‘God’, 
met ʼn verwronge nougesetheid te dien, maar terselfdertyd 
geen steen onaangeroer gelaat het om My, die Seun van die 
mens, met haat te vervolg nie. 

Omdat die mense van daardie tyd geslagte lank deur die tempel 
gemanipuleer was en geglo het dat hulle as minderwaardige 
wesens nie bevoeg was, of die reg gehad het, om direk met My, 
hul Vader, te kan kommunikeer nie, het Ek self, in die persoon 
van ʼn mens na die aarde gekom, om hulle die oë van hul harte 
te open. 

Geesdriftig, met My kruisiging, het die blinde skare die 
tempeldienaars ondersteunend toegejuig “weg met Hom, kruisig 
Hom” en met die laaste uitblaas van My asem, het die grootste 
wonderwerk ooit plaasgevind. Ontelbaar baie blindes het vanaf 
Adam dwarsdeur die eeue tot in die verre toekoms, die vermoë 
gekry om hul blinde oë te kan open en verwonderd uitgeroep: “Hy 
is waarlik die Seun van God”. Om sodoende die waarheid van die 
leuen te kan onderskei. satan het oor ʼn lang periode van oor die 
2000 jaar, stelselmatig weer met sy ou beproefde resep na vore 
gekom en die mens se oordeelsvermoë kom beperk met die hulp 
van ʼn onbuigbare en rigiede leerstelling, wat deur kerke met 
politieke agendas, op die mense afgedwing word met duisende 
moets en moenies. 

Hierdeur het hul oë weer dof geword en die lewende Vonkel van 
My Liefde daarin is uitgedoof. Met die glans van goud, word daar 
vir hul ʼn Mammon gebou. Hoe dieper die mens die ingewande van 
die aarde indring om mineraal, metaal, asook energiebron voort te 
bring, so trek die bose hoëpriesters van hierdie industriële aarde 
weer die gordyne dig voor die allerheiligste in die hart van die 
mense. 

Maar aan My geliefdes sê Ek weer: Weet dat Ek op Golgota, julle 
die vermoë gegee het, om met geweld hierdie leuenagtige gordyn 
af te ruk, sodat julle met lewende vonkelende oë waaruit My 
Waarheid skyn, in die blinde dooie oë van jul broers en susters 
kan kyk en hulle daardeur siende kan maak. 

Hierdeur word julle die voorlopers van My wederkoms, wat My 
teenstander die mees gevoelige slag gaan gee. En hiermee sê 
Ek aan julle, My knegte, die oes het ryp geword, raak daarom 
vlytig werksaam. Amen.


Openbaring 25 (a)
Visioen van 'n spierwit wolk.
19 Junie 2007 20:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek lê op my bed en dink. Die volgende oomblik raak ek weg soos 
in ʼn diep narkotiese slaap en is oombliklik die volgende oomblik 
so helder by my bewussyn soos nog nooit voorheen in my lewe 
nie en ek staan regop in my helder verligte kamer. 

In die middel van my kamer begin iets soos spierwit rook verskyn, 
ek kyk intens daarna en sien dat dit digte mis is wat besig is om in 
ʼn spierwit wolk te verander. Ek is hoogs verbaas dat ʼn wolk in my 
kamer aan die ontwikkel is. Skielik is daar ʼn ontsettende blye besef 
en wete in my hart dat dit die Gees is. Dit is vir my terselfdertyd so 
ʼn groot skok dat dit voel of ek weer my bewussyn verloor en 
onmiddellik lê ek weer op my bed.


Openbaring 25 (b) 
Visioen oor energiestrale. 
21 Junie 2007 23:55

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek skrik wakker om net hierna die gevoel te kry dat ek my 
bewussyn verloor. Skielik lê ek op my rug en met my kop 
agteroor, lê ek in die hemel en staar. Meteens begin daar 
ontelbaar baie ongeveer 4 duim lange blou weerligstraaltjies 
vanuit die hemel kom en is oral om my. Tussen hulle is daar 
duisende woorde. Skielik neem die letters die gestalte van 
hierdie blou weerligstraaltjies aan. 

Al die letters van die baie woorde verander in hierdie lewende 
vibrerende energiestrale wat die mooiste ligblou kleur het. 
Direk hierna word aan my gesê dat die skeiding in alle mense 
klaar plaasgevind het en dat dit wat die oorheersende faktor 
binne hulle is, die ondergrond gaan vorm van dit waarop elke 
mens in hierdie tyd gaan staan en dat elkeen se handeling 
daarvolgens gaan wees.


Openbaring 26 
Satan se grootste les ooit.
20 Junie 2007 03:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Stadig het die tyd die wiel laat draai en dié is besig om nou alles 
fyn te maal. Waar satan My in die verlede in alles teengestaan het, 
om daardeur soos die een of ander oorwinnaar te kan voel en hy 
altyd deur My gewaarsku en gemaan is oor sy gedrag, word hy 
nou bloot in alles met die grootste stilte vanuit die hemele getroef. 
Dit laat hom in bose woede ontvlam waarin hy homself heeltemal 
uit gaan brand. 

In hierdie tyd van alle tye het satan die hele bose hel met die 
volle inhoud daarvan soos vanuit ʼn reuse sak op die aarde 
uitgekeer en terwyl hy nou op ’n soortgelyke reaksie wag, 
tree ʼn stilte in die hemel in, wat elke engel, groot en klein, 
die hoof in baie groot ontsag laat sak. 

Met groot vertoon en baie swier, pronk die duiwel soos 
ʼn goedkoop pou op 'n wêreld loopplank op en neer. Die 
massas wat hom opgewonde toe applous, kan hom glad 
nie meer stimuleer omdat God se stilte hom uitermatig 
irriteer. 

Met groot geluid word daar karnaval gehou met bloedig 
oorlogstuig en soos ʼn kind wat klappers skiet, laat hy 
kernontploffings as proefnemings op land en see gebeur 
om daarmee die aandag na hom te keer. Weereens gee 
dit hom ’n lae hou wanneer My groot Stilte hom omvou. 

Woedend soos ʼn brullende leeu kyk satan nou moorddadig 
om hom heen om iets van My te kan verskeur. Tierend kom 
sy blik nou op My nederige groepie neer. Geruisloos soos ʼn 
reuse slang probeer satan onoorspronklik om My ook te vang. 
Maar nou is dit Ek wat die groot Stilte kom verbreek. Niemand 
maak een van My kinders seer. Ek self kom satan die grootste 
les ooit leer



Openbaring 27 
Elia deur die tye.
22 Junie 2007 12:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Eens op aarde in ʼn tyd van nood, met ʼn baie groot droogte het 
My profeet gekom. By die spruit van Krit het hy gesit. Daar het 
My woord na hom gekom. 

Vanuit weduwees’ huis, na Agab's troon, daarheen sal jy gaan. 
Met twaalf klippe sal jy weer My altaar bou, voor volk en koning 
sal jy Baäl verslaan. Op jou wenk sal ʼn droë aarde weer sy dors 
kan les. Aan die einde van sy aardse pad is Elia in ʼn stormwind 
na die hemel opgevat.

Weereens het My engel as profetemens na hierdie aarde toe 
gekom. My pad het hy gelyk kom maak. Vanuit droë woestyn 
het sy stem luid geklink: Verbly jou Sion, verfrissend soos die 
reën is jou Verlosser aan die kom. Oorwinnend het die doper 
se dooie hoof as oordeel vir hoer en leuen in ʼn koningsaal bly 
lê.

Nog een maal, dit is nou, sal My profeet na hierdie aarde, vir My, 
sy ewig Koning kom. In menig raadsaal sal jy seëvierend in My 
Naam, almal met ʼn droogte kom vermaan. Met twaalf klippe sal 
jy weer uit Sion vir My ʼn altaar bou. Lewend uit die dood sal Ek 
jou weer op jou voete, op laat staan, om oorwinnend nog een 
maal, jou weg na My, jou Vader te kan baan.


Openbaring 28 
Klein en plein is hul gekies.
22 Junie 2007 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Geseënd was Miriam as ʼn jonge maagd. In vlees het sy My kom 
baar. Klein en rein was sy gekies Sodat Gods wil deur haar kon 
geskied. In kindernood het sy My gebaar. Om haar heen was My 
hele engeleskaar.

Geseënd is Sion as ʼn kleine skaar. In My Wysheid kom hul My 
Woord nou baar. Klein en plein is hul gekies. Sodat God se 
spraak deur hulle kan geskied. In eindtydnood word Ek uit 
hul hart gebaar. Om hul heen sal wees- My grote engeleskaar


Openbaring 29 
Die koningin van Skeba.
24 Junie 2007 22:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In My antieke tye het daar ʼn baie besonderse vrou geleef wat 
oor ʼn baie vrugbare en ryk landstreek in die Suide van Afrika 
geheers het. Hierdie land en koninkryk was van die mees 
vrugbare en geseëndste ryke ooit. Dit het egter voortdurend 
vir hierdie koningin bly voel of daar nog iets was, wat onvolkome 
was. Gedurigdeur was sy besig om haar ryk met die van ander 
koninkryke te vergelyk. Goud, koper en ivoor, asook allerhande 
handelaars was volop. 

So was ook die nuus wat hulle van oor groot dele van die wêreld 
na haar gebring het. Gerugte van die baie wyse en ryk Salomo was 
dan ook vinnig die middelpunt van haar totale belangstelling. So 
opgewonde soos ʼn kind wat op heerlike lekkernye wag, net so 
het sy in afwagting gelewe vir brokkies nuus, oor die koning 
van Israel. 

Dit was ook nie lank nie of daar was met groot voorsorg gereed 
gemaak om met ʼn baie groot karavaan belaai met die kosbaarste 
geskenke, die bykans onmoontlike lang tog, na die landstreek 
van koning Salomo te begin. Gedetermineerd het hierdie betreklike 
jong koningin van Skeba, met haar groot gevolg, hierdie reis 
suksesvol afgehandel. 

Baie gevlei het die ietwat verwaande Salomo hierdie vrou vanuit 
die suide gasvry ontvang en soos ʼn onversadigbare spons het sy 
die vernuf waarmee hy sy land regeer het, asook die wyse waarop 
hy die regstelsel, weermag en handel behartig het, ingedrink en 
die infrastruktuur van sy stad het haar gefassineer. 

Ja, alles het haar bekoor. Dit alles het sy met die fynste detail 
geabsorbeer. Niks van sy wysheid het haar ontgaan nie en baie 
vinnig het sy tot die slotsom gekom wat die ware Wysheid agter 
Salomo se wysheid was. Skalks het sy by haarself geglimlag en 
in haar hart het ʼn loflied soos ʼn fontein ontspring. Dit het as sulks 
gelui: Groot, ja baie groot is die God van Israel wat orde en reg na 
Sy volk deur Salomo bring. Lief, ja baie lief het Hy hierdie volk van 
Hom. 

Die koningin van Skeba het haar antwoord gevind, tevrede en 
oorlaai met baie geskenke het sy terugwaarts gekeer. Maar haar 
mees kosbaarste geskenk was hierdie lied in haar hart, wat sy 
saam met haar terug na die Suidelike deel van Afrika gebring het, 
waar dit geheimsinnig in die stiltes van die eeue tot en met vandag 
behoue gebly het. Vanwaar dit in hierdie tyd van die tye, tot ʼn 
getuienis van haar, weer klokhelder vanuit die Suide van Afrika 
opklink: 

“Groot, ja baie groot is die God van Israel, wat orde en reg, ja ook 
vrede na Sy volk deur Liefde en Wysheid sal bring. Lief, ja baie lief 
het Hy hierdie volk van Hom”.


Openbaring 30
Deur leuens is die leë illusie koning.
25 Junie 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Niemand in die oorkoepelende wêreldordes en instansies glo 
regtig in My of My Waarheid nie. Ek is bloot vir hulle handig 
om My, as ʼn beheer instrument oor die massas te misbruik. 
ʼn Verwronge skuldgevoel word deur baie wette in die mense 
gekweek en in “My Naam” word daar besluit wat is reg of 
verkeerd. Die mensdom word daardeur soos ʼn klomp siellose 
outomate beheer. 

Ek, wat Liefde is, word as ʼn monstergod van donder en oordeel, 
as ʼn beheermiddel gebruik en daar is baie wat die einde van hulle 
lewenspad met vrees afwag omdat hulle daarvan oortuig is dat Ek 
hul slegs inwag om hulle in ʼn  poel van vuur en swael te werp. Dit 
omdat hulle hier en daar versuim het om ʼn mensgemaakte 
wet te gehoorsaam. Daar is derduisende politieke instansies, 
opvoedkundige instellings, kerke en sektes, ja te veel om op 
te noem, wat almal met hulle duisendvoudige moets en moenies 
elke lewende skepsel op hierdie planeet soos in ʼn poppespel wil 
beheer. 

Die mens, ja die kroon van My skepping, het die vermoë om 
vir homself te kan dink en te besluit oor dit wat die waarheid 
is, bykans heeltemal verloor. Daar is baie wat nou manmoedig 
sal opspring, sy Bybel of een of ander riglyn sal gryp en baie 
verontwaardig en met ʼn bewende vinger sy “waarheid” vir jou 
sal uitstip, om maar net weereens daardeur te bewys dat hy 
géén vermoë besit om enige waarheid, oorspronklik vanuit 
homself, na vore te kan bring nie. 

So gebreinspoel is die mens dat hy nie eers agterkom dat hy ʼn 
dooie kneg van ʼn dooie letter, van ʼn wêreld wet geword het nie. 
Daarom sal slegs die een wat die Lewende Waarheid in homself 
dra, die vermoë hê om die Waarheid uit elke leuen te kan haal. 
Van die leuen sal daar niks oorbly nie, omdat die leuen op sigself 
niks is nie. Waar die een wat die leuen in homself huisves, weer 
nooit die vermoë sal besit om die leuen uit die Lewende Waarheid 
tevoorskyn te kan bring nie, omdat dit onmoontlik vir die suiwer 
Waarheid is, om die leuen in homself te kan huisves. 

Ek sluit hiermee af deur te sê, dat slegs die wat My Lewende 
Waarheid binne hulleself dra, die vermoë sal besit om die 
waarheid hierin te kan herken

Openbaring 31 
Die leuen sal binnekort eindig.
26 Junie 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Die sogenaamde Christen, wat as een of ander dienaar werksaam 
is onder een van die derduisende tentakeltjies van die Wêreldraad 
van Kerke, is te vergelyk met ʼn giftige woestyn adder wat haarself 
onder die woestynsand verberg, wagtend op een van My 
uitverkorenes, om hulle sodoende in die hak te kan byt. 

Terwyl hierdie slang geruisloos op haar prooi lê en wag, is 
die enigste waarneembare beweging, die onophoudelike flits 
van die gesplete tong. Terwyl die een punt soet, maar giftige 
heuning drup, braak die ander een gal. Net so verrig hierdie 
werkers van die duisternis hul duiwelse taak. Met soetsappige 
en valse vredesboodskappies, vergiftig en besoedel hulle baie 
van My laaste opregte boodskappers. 

Net soos hierdie woestynslang as lokaas, die punt van sy stert 
as ʼn bedrieglike sappige wurmpie, bokant die oppervlak van die 
woestynsand vir ʼn honger voëltjie aanbied, so doen hierdie gesante 
vanuit die hel. 

Selfs júlle, My uitverkorenes het in julle naïewe onskuld, die 
soet klinkende sysagte gelispel van die slang se verkeerde 
waarheid jul eie gemaak. Een van hierdie leuens is juis dat julle 
almal, ongeag wat hulle geloof is, in julle midde soos broers en 
susters akkommodeer. 

Koesterend wikkel die slang sy bedrieglike kronkels in die 
behaaglike warm woestynsand van julle liefde in, vanwaar hy 
met uitlokkende woordjies vir julle ʼn dodelike val stel, om daarna 
die gelowige vinnig te kan verslind. Om hierna dronk te word aan 
die opregte se bloed. 

Die dag het egter gekom en vir My is daar ʼn kind, deur Myself 
gewek, wat van ʼn natuurlike weerstand teen hierdie gif voorsien 
is. Nog eenmaal sal die slang haar in die hakskeen pik, maar nooit 
weer sal dit enige kwaad aan haar of een van haar kinders kan 
doen nie.


Openbaring 32 
Lieflik het Ek jou gemaak.
27 Junie 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer

Uit aardse stof, uit witgoud het Ek jou gemaak. Uit die fynste 
en edelste metaal is jy daargestel. Uit leem en kalk is jy kragtig 
saamgestel. Fyn is die ivoor, wat jou Goddelike glimlag so mooi 
ontbloot. Blou die kristal van jou oog, om My Lewenstrale die 
ruimtes in te kan loods. 

Klein is jy op hierdie aarde geplaas. Om My, jou grote Vader 
in jou hart te kan dra. Wyd soos ʼn Arendsvlug is jou wysheid 
vasgestel. As ʼn beeldhoustuk het God, Adam se hand as 
wegwyser vir die toekoms gerig. Hoe rein Abraham se saad, 
skoon is Sara se enkle vrug. Ja uit Isak, deur Jakob, vorm 
Israel My Oorwinnings brug.


Openbaring 33
So word kaf van die koring geskei. 
28 Junie 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Diegene wat op nuwe sensasionele eindtyd openbaringe wag, 
die wag verniet. Maar kyk gerus ʼn bietjie rond en sien hoedat 
die eindtye reeds besig is om sensasioneel in aarde, wind, water, 
weer en vuur om julle af te speel. Maar soos dit in die openbaringe 
van Johannes geskrywe staan, is julle té besig om te koop en te 
verkoop om dit agter te kan kom. 

Die tyd van dit wat verborge was, het tot ʼn einde gekom en 
alle openbaringe wat op die eindtyd gerig was, is besig om 
in vervulling te gaan. Wat nou na vore sal kom, is die verborge 
waarhede wat deur die lis van satan vir eeue lank van die mens 
weerhou was.

In sy strewe om te heers en oorheers het satan in die gedaante 
van die groot rykes, heersers, regerings en kapitalistiese moondhede 
van die aarde na vore getree, om elke duim grondgebied van land, 
see en lug, asook die dieptes van die aarde, in besit te neem. Nog 
is dit nie genoeg nie en die oë word gierig op My vêraf songebiede 
gerig, in die hoop om in alle moontlike gebiede, hul materiële 
koninkryke bo My te kan verhef. 

My Teenwoordigheid en Gees ontbreek heeltemal by hierdie 
mense. Daarom is hierdie miswolke oneindig leeg. In die leë 
soeke na iets konkreet, probeer hulle hulself vul, met dit wat 
hulle sintuie vir hulle as ʼn materiële realiteit aanbied. 

Om te kan voortbestaan, moet hulle hele wese voortdurend, iets 
van die materie in homself absorbeer, om hom sodoende te kan 
voed en onderhou. Vandaar die onversadigbare vraatsug. Niks 
of niemand sal ooit ontsien word, om hulle doel te kan bereik nie. 

So kom ons voor die deur, van ons veelbesproke “Antichris” te 
staan. Alles het sy perke en die tyd het aangebreek dat Ek weer 
My baie versteurde ordes kom herstel. Almal op hierdie aarde sal 
van alle materiële besit ontneem word, deur die ergste kataklismes 
ooit. 


Dit is hier waar die laaste skeiding onder die mensdom gaan 
intree. Die wat opgewonde op My en My wederkoms wag, sien 
met blydskap uit na die reinigende proses wat die aarde gaan 
tref. Terwyl die in die ander kamp, krampagtig bly klou aan dit 
wat verganklik is. 

”EK IS” die onsienlike ewigheid. Wie My volg sal die Ewige 
Lewe aanskoulik binne hulself dra. So sal die wat die verganklike 
materie in hulself huisves, die ewige dood binne hulleself dra. So 
sal die kaf van die koring geskei word. ʼn Nuwe aarde sal vir My 
kinders voorberei word.



Openbaring 34
Dodelike werktuie van satan.
29 Junie 2007

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Soos wat die hel in al sy vorme en woede hier op aarde los is, 
net so is daar meer as genoeg bystand vanuit die hemele vir 
die wat aan My behoort. Daar is tans ʼn magdom mense vanuit 
die sogenaamde “room” van die aarde wat heeltemal onbetrokke 
teenoor My staan. Geen erkenning, goed of kwaad word aan My 
as die Skepper of Godheid betoon nie. Vir hierdie geeslose mense 
is die menslike intellek wat in die hoogste vorm van die wetenskap 
manifesteer, die enigste godheid. 

Juis omdat dit hierdie mense aan enige vorm van die Gees 
ontbreek, maak dit hulle die ideale kandidate vir die inbesitneming 
van die meer gesofistikeerde bose geeste vanuit die laagste hel. 

Huidiglik is daar derduisende van die mees briljante mense 
op aarde wat dodelike werktuie van satan geword het. Hierdie 
werkers van die duisternis wat tans meedoënloos werksaam in 
hulle verskillende opdragte is, gaan vir julle moeilik wees om te 
identifiseer. Hulle is fyn opgevoede, vriendelik en hulpvaardige 
mense wat oënskynlik alles in hul vermoë vir die welsyn en 
vooruitgang van die aarde sowel as vir sy bewoners doen. 

Daarom vind jy hierdie mense dikwels elegant uitgevat by 
verskillende liefdadigheids gesellighede. Groot is hulle getalle 
by die sogenaamde “green peace” geleenthede, waar hulle as 
hoë profiel mense, besluite namens die massas neem wat 
vêrreikende nadelige gevolge vir alles en almal het. Dit sal julle 
verbaas om te sien hoe vinnig die sagte vriendelike lig in meeste 
van hierdie oë plek maak vir ʼn meedoënlose koue glans wanneer 
die gordyne sak.

Aan My kudde hier op aarde, gee Ek egter die versekering dat daar 
baie goed voorsorg vir hulle getref is. Alhoewel reïnkarnasie glad 
nie aan die orde van die dag is nie, is daar wel huidiglik sekere van 
My geeste wat vanaf die grondlegging van die aarde vir hierdie tyd 
voorberei is, om die mense te kom bystaan. 

Julle sal graag wil weet of hierdie mense as gereïnkarneerde 
profete werksaam is en of hulle bloot werksaam onder die 
“ou profete” se geeste is. Ek sê egter aan julle dat dit nie nou 
raadsaam vir julle is om dit te weet nie. Die tyd daarvoor is amper 
ryp, nou is dit vir julle slegs nodig om te weet dat die meeste van 
hierdie beskermgeeste as mense wat nog self onkundig daaroor 
is, in Suid Afrika teenwoordig is.


Openbaring 35 
Onder die kodenaam “Boas”
30 Junie 2007 9:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Huidiglik is daar hier op aarde ʼn gruwelike sleutel, wat alle 
organisasies, regerings, politieke instansies en regstelsels, 
na willekeur kom oop en toesluit. Ja, hierdie sleutel is in 
beheer van alle banke en geldstelsels wêreldwyd. Onder 
die kodenaam van “Boas”, is dit ook die toegangsleutel 
tot bykans elke kerk en geloof op aarde en hierdie sleutel 
is die eiendom van die sogenaamde “vrye denkende bouers”. 

Die ou Testamentiese Boas van die boek Rut, word as 
rolmodel gebruik en bedrieglik word daar bolangs oor 
die weduwee gewaak. Die hele bloedlyn van Jakob, ja 
selfs die simboliek van die heilige ark, is goedsmoeds 
as eiendom deur hulle gekaap. Alle rykdomme en 
grondstowwe, word ook vraatsugtig deur hulle verslind. 

Onder die koninklike ster van Dawid, pronk hulle as 
selfaangestelde konings oor die aarde. Alle regerings 
word deur hulle gemanipuleer. Met ʼn kunsmatige en 
valse wysheid van Salomo, word daar gepoog om ʼn 
nuwe Jerusalem met ʼn oorkoepelende industriële 
tempel op aarde te vestig. Deur koop en verkoop wil 
hulle elke mens bind en die siel sy vryheid so ontneem.

 As ʼn bokpoot gerub, bied hy homself spottend as Sion, 
by die “groot Argitek van die heelal” aan. Aan die mag 
van hierdie gruwelsleutel, sal daar skielik ʼn einde kom 
en in sy plek sal ʼn engel met ʼn nuwe sleutel staan en die 
onderaardse dieptes sal bokant hierdie dienare van die 
duisternis, oor ʼn baie lang tydsperiode gesluit en verseël 
word.


Openbaring 36 
Die ware nederigheid.
2 Julie 2007 01:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek het skielik wakker geword en ek was toegestaan om 
enige iets wat ek wou weet te kon vra. En ek het aan U 
gevra om my die ware nederigheid te toon. Meteens was 
ek binne-in myself en het die lewe in my as ʼn wese ervaar. 
Onmiddellik hierna het ek teenoor die kleinste atoompie in 
U onmeetlike skepping te staan gekom. 

Hierdie atoompie was in vergelyking met my, ʼn reusagtige 
onmeetlike son. Ek was geweldig beangs en verskrik en U 
het hierdie niks wat ek was, binnegetree en hierdie binnekoms 
van U, het van my so ʼn onmeetlike ruimte gemaak, dat ek ʼn 
heelal kon omvat. 

Ek het gesien dat my grootte, sterkte en krag, in die totale 
nietigheid van my nederige niks gelê het, wat van my ʼn 
ronde nul gemaak het. Hierdie nul op sy beurt, was weer 
ʼn volmaakte Goddelike sirkel, wat nodig is, om iets van U 
Gees daarin te kan huisves om my daardeur ʼn moontlike 
kandidaat te maak, om ʼn kind van U te kan word. 

Dit is die geheim van die nederigheid. Wees klein in jou 
grootte, sodat God jou groot kan maak in jou kleinheid, 
om so vir Homself uit jou, ʼn Goddelike kind te kan opwek.


Openbaring 37
ʼn Opsomming vanaf 1652 tot vandag. 
2 Julie 2007 6:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Die eerstes onder julle, was as baanbrekers na die wilde 
Suidpunt van Afrika gestuur, om ʼn handelspos te vestig 
en so is ʼn wilde onherbergsame grondgebied getem en 
op ʼn regverdige wyse is daar met rondtrekkende nomades 
handel gedryf. 

Weesmeisies met ʼn suiwer bloedlyn is sorgvuldig deur 
Myself as bruide vir hierdie manne gekies en sodoende 
het hulle die moeders van ʼn nuwe suiwer klein volkie 
geword. 

Onder die ergste omstandighede het Ek hulle ryklik geseën. 
Alles wat hul hand aangeraak het, was voorspoedig. Soos 
ʼn Eden van ouds, is hierdie wildernis in ʼn lieflike landskap 
van wingerd en boord omskep en die land het van melk en 
heuning gedrup. 

Hatig het die wêreldmoondhede van daardie tyd My Seën 
in hierdie volkie erken. Blatant is hulle handewerk met ʼn 
bedrieglike regstelsel van hulle gesteel. As misdadigers 
is van hierdie Godvresende burgers vervolg en uitgemoor. 
Maar braak het ʼn volgende wildernis oop voor hulle gelê 
en dapper het hierdie klein volkie gehoor op My Roepstem 
gegee. 

Met leeuemoed het man, vrou en kind antwoord daarop 
gegee en onder My verbond is hulle herhaaldelik uit ontsaglike 
gevare gered. Die onder hulle wat vreesagtig ʼn verbond met 
andere gesluit het, was nie so gelukkig nie. En soos wat My 
Seën My klein Sion deur ʼn paar kort eeue gedra het, so het ʼn 
gierige wêreld onder die vaandel van Judaïsme, soos ʼn honger 
hiëna op hul spoor gebly en op die voedselreste van die ware 
leeu van Juda geteer. 

Jaloers en wraakgierig het hierdie Judaïstiese wêreldorde 
met ʼn fyn strategie My volk tot ʼn val gebring, deur hulle dit 
te laat doen wat Ek hulle van hul oeroorsprong verbied het 
om te doen en hulle het ʼn verbond met ander volkere gesluit. 

Daarmee saam het iets in My verbondsvolk gesterf. Hulle het 
hulle begin skaam vir dit wat Ek hulle as erfenis gegee het en 
dit minagtend in die hande van die wêreldbedrieërs oorgegee. 
As grap van die wêreld, sit hierdie eens trotse “krygers nou 
met boepense in moderne amfiteaters na belaglike speles 
en kyk en oorverdowend juig hulle die spel toe, om die 
jammerlike snik in hul harte oor hul Judasloon te stil. Dit terwyl 
van hul broers bloedig uitgemoor word en ander in ʼn troostelose 
wêreld van ellende en armoede tot niet gaan. 

Maar ʼn handvol edelsaad het Ek bewaar en My verbond met 
Abraham, deur Isak sal behoue in My Sion bly. Daarom sê Ek 
vandag aan julle, My uitverkorenes, dat die werklike eindstryd 
nie soseer tussen volkere is nie, maar dat dit wêreldwye Judaïsme 
is wat in die laaste stryd sy slagtande vir die ware Sion wêreldwyd 
ontbloot. 

Die brein van Judaïsme is nie soseer in Israel gesetel soos wat 
almal dink nie, maar reeds vir eeue lank word dit in die boesem 
van Engeland gekoester. Daarom sê Ek nou hard en duidelik: 
Wee jou Londen, ja, wee jou in hierdie tyd!


Openbaring 38 
Hemelse vreugde.
3 Julie 2007 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Net soos wat julle mense nie uitgepraat kan raak oor die een of 
ander klein prestasie van julle kinders nie, net so is dit dieselfde 
geval met My, julle Hemelse Vader. Die kleinste geestelike 
oorwinning wat met baie deursettingsvermoë en suksesvol deur 
julle behaal word, laat My Vaderhart so van Liefde en trots swel, 
dat Ek summier van My hoogste engele, vanuit My enorme 
uitspansel na My toe ontbied, sodat Ek as trotse Vader hierdie 
nuus Persoonlik aan hulle kan meedeel. 

Die vreugde wat hierdie, My groot dienende geeste, by My opmerk, 
vervul hulle weer op hulle beurt met soveel vreugde, dat hierdie 
groot gemeenskaplike hemelse vreugde, ʼn Geregverdigde 
feesmaal in My woning in die hoogste hemele regverdig, wat dan 
ook met hemelse feestelikheid geskied. 


O’, die vreugde en trots van ʼn Vaderhart oor die oorwinning van 
ʼn kleintjie oor dit wat hy behaal het deur aardse smart! Weet 
daarom My kinders, dat daar vanuit al My onmeetlike skeppinge, 
vir My geen groter vreugde kan bestaan as ʼn swak mensekind 
wat op hierdie aarde, sy eerste wankelende geestelike tree na 
My, sy hemelse Vader, toe gee nie.


Openbaring 39 
Enige Godheid of driekoppige god.
4 Julie 2007 9:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer

Ek is die Vader, maar Ek is ook die Seun en terselfdertyd is 
Ek My Allesomvattende Waarheid-en Liefdesgees. Ek is die 
Alfa en die Omega, die begin en die einde. EK IS, die ewige 
enkele Godheid en naas My is daar geen ander Godheid nie. 
In My is die totaliteit, asook die identiteit van die Volmaakte 
Goddelike huisgesin, kompleet.

Vanuit die enorme klomp foute onder die hedendaagse 
Christendom, is die een wat My die meeste teen die bors 
stuit, die hoogmoed. Ja, hoogmoedig word daar deesdae 
met ʼn enorme skrifkennis, ʼn hatige oorlogvoering onder 
“sogenaamde Christene” met mekaar gevoer. 

Skrifkennis word goedsmoeds verdraai en aangepas en eie 
opinies vlieg verwoed die wêreld vol en van liefde is daar 
geen sprake nie. Die oorlogskreet lui dan ook as volg, “kom, 
laat ons mekaar verpletter met die Goddelike letter”. 

Huidiglik is seker die gewildste onderwerp in hierdie debatvoering 
dan ook My “Identiteit” as ʼn drie enige godheid. Gelukkig is dit nie 
vir My nodig om My bestaan as enige God en Vader aan My ware 
kinders te verduidelik nie, omdat hulle My reeds in Gees, Waarheid 
en Liefde in hulle harte besit.

Vir die res van die wêreld wat My as ʼn driekoppige god bekend 
wil stel, wil Ek net graag daarop attent maak, dat julle, deur julle 
“onverbeterlike skrifkennis” julle slegs daarop toespits om trots 
die beuel van julle eie selfbeeld te kan blaas en in jul grootheids-
waan te kan bewys, dat julle die volle begrip van die ewig 
onverstaanbare Alwyse Godheid onder julle knieg gebring het. 

Maar nog eens sal Ek op die mees eenvoudige manier dit aan julle 
hoogs geletterde gemoedere probeer oorbring: Die man wat na My 
beeld geskape is, het die vermoë om die seun van ʼn vader te wees 
en terselfdertyd is hy die vader van een of meer seuns wat hy deur 
middel van sy opvoeding metodes (die Gees) leer om soos hy te 
wees.

Maak dit nou van bogenoemde man een, of drie verskillende 
persone? Die verskil tussen My en julle is dat Ek die enkele, 
ewige onsterflike Oeroorsprong van alle lewe is en julle die 
vele is wat uit My voortkom.


Openbaring 40 
Die lastige Vlooi.
5 Julie 2007 9:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Graag deel Ek die volgende geestige stukkie met julle My kinders. 
Die teenwoordigheid van die baie klein Boervolkie in Suid-Afrika, 
is soos ʼn lastige klein vlooi in die kooigoed van ʼn reusagtige 
wêreldorde. Ja, baie slapelose nagte word daar aan hierdie reus, 
deur hierdie oënskynlike, onbeduidende klein diertjie besorg. En 
op lastige plekke, waar daar nie in die openbaar gekrap kan word 
nie, daar jeuk dit onophoudelik. Graag sou hierdie reus hierdie 
klein “onding” tussen sy duimnaels wou vermorsel. 

Maar die voordeel van hierdie vlooi lê juis in sy onopsigtelike 
grootte en omdat die wêreldorde hom kwansuis “vredevol” in 
sy “oorkoepelende beddegoed” geakkommodeer het, het dit vir 
hulle onmoontlik geraak om van hierdie klein “gas” ontslae te 
raak, sonder om hulself onberekenbare skade te berokken. 

Daar is ʼn spreekwoord wat op vrate van toepassing is en dit lui 
as volg: Dit wat jy op jou bord geskep het, dit sal jy eet. Daarom 
sê Ek met ʼn glimlag aan julle, My liewe kinders, ʼn goeie begryper 
het net ʼn halwe woord nodig.

Openbaring 41 
Daarom is julle vandag slawe. 
6 Julie 2007 9:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
In antwoord op jou gebed wat jy sopas aan My gerig het 
waar jy pleit vir jou volk wat in die diepste modderpoele 
van dwelms, homoseksualiteit en vele ander sondes verkeer 
en jy My beskuldigend aankyk asof Ek die oorsaak van julle 
ellende is, wil Ek net vir jou die volgende sê: Ek het reg gedoen 
om hierdie ellende oor julle toe te laat, sodat julle daardeur die 
oë kan open en julle bewus van julle verkeerde weë kan word 
en julle sodoende daarvan sal bekeer. 

Ja, die afgelope dekades het julle volk onder die leiding van 
julle regeerders, predikante, regters en dies meer, (en met 
julle skriftelike goedkeuring by die stembusse) nie meer die 
wet wat deur My aan julle gegee was, onderhou nie. 

My groot goedheid en die vrugbare land wat Ek julle gegee 
het, is met minagting onder heidense nasies onderverpand 
en jul jong maagde is as goedkoop uitruilgoedere aan die 
heidendom geskenk vir die vuilste verbastering. Daarom 
is julle en julle kinders vandag slawe in die land wat Ek 
met Liefde aan julle voorvaders gegee het. 

Maar nog altyd in My Wysheid het Ek trou ʼn oorblyfsel 
bewaar. Onder julle volk het ʼn geringe groepie ʼn nuwe 
skriftelike ooreenkoms met My aangegaan en in hierdie 
nuwe skriftelike kontrak lê die hoop en opstaan van julle 
volk.


Openbaring 42
Oortreding op onmoontlike gebiede.
7 Julie 2007 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
In die nabye toekoms gaan ʼn soortgelyke tragedie homself 
afspeel, soos die een wat by Tsjernobyl plaasgevind het. Die 
mens waag homself op terreine waar hy nog nie in die minste 
bevoeg voor is nie en wat vêrreikende nadelige gevolge vir die 
hele aarde en sy bewoners gaan inhou. Alle natuurlike ordes is 
huidiglik besig om heeltemal versteurd te raak. 

Vanuit Suid-Afrika met sy verhoogde lewering van steenkool, 
word daar veral in die omgewing van Witbank, massas giftige 
onsuiwer rookwolke, saans wanneer dit nie so opsigtelik is 
nie, in die atmosfeer ingepomp, wat ʼn geweldige nadelige 
invloed op weerpatrone wêreldwyd het. Die sogenaamde 
beheerliggame en bewakers van hierdie tipe besoedeling 
is om ‘winsbejag redes’ heeltemal blind hiervoor. 

Ondenkbaar baie mikroskopiese afval beland in die atmosfeer 
en aktiveer in ʼn kettingreaksie die delikate prosesse van atome 
se protone en neutrone wat geweldige weerkataklismes tot gevolg 
gaan hê. Daar is uitstekende alternatiewe energie-opwekkende 
uitvindsels, wat plaasvervangend vir natuurlike energiebronne 
soos steenkool en olie is. Maar dit word summier onder die mat 
gevee, omdat dit weereens nie in die wêreldorde se raamwerk 
van wins en wêreldmag pas nie. 

Huidiglik word die lippe wêreldwyd met smaak afgelek oor dit 
wat onder die bodem van Suid-Afrika lê. Maar deur middel van 
natuurrampe wat Ek gaan toelaat, gaan Ek die verdere vergryp 
en verkragting van hierdie reeds vernielde stukkie Eden stuit.


Openbaring 43
Die gees van Afrika het opgestaan.
8 Julie 2007 20:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Die swart koningin van die Suide, ja die gees van Afrika, 
het opgestaan. Luid en met ʼn beskuldigende vinger wys 
sy reguit na die troon van die wit koningin van Engeland 
en haar bondgenote, die Verenigde Nasies, wat met ʼn 
geslepe strategie, oor ʼn jarelange tydperk, die ondergang 
van Zimbabwe bewerkstellig het en nou klaar met ʼn 
Mammonverbond gereedstaan om met die hulp van haar 
ondergeskikte Suid-Afrika, dit uit te voer wat sy beoog. 

Onkundig soos onmondige kinders was die bewoners van 
hierdie landstreek nie opgewasse teen hierdie listige en bose 
aanslag van die parasitiese groot moondhede nie, wat nou ook 
stelselmatig besig is om die grootste gedeelte van Afrika vir sy 
persoonlike skatkis in te katrol. Ja, in hierdie tye is dit die 
ontwaakte gees van die koningin van die Suide wat haar oordeel 
kom vel.


Openbaring 44
Die lewe op aarde is 'n illusie.
10 Julie 05:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Julle mense eer mekaar oor die een of ander onsinnige 
prestasie, posisie of bloot die hoeveelheid geld wat ʼn 
persoon tot sy beskikking het. Sekere mense word so 
deur die media en samelewing oor iets onsinnig vereer 
en tot halfgode verhef, dat die mensdom die ligsinnige 
lewenstyle van hierdie idole, soos papegaaie naboots. 

Ja, selfs die kosbaarheid van die mens se bestaan, word 
aan etikette gemeet wat op verganklike klere verskyn. 
Onvervangbare, kosbare tyd, gaan vir ewig deur hierdie 
soort van ydelheid verlore. Daar is slegs ʼn baie kort 
aardse lewe aan julle toegestaan, om die keuse te kan 
maak, wat die res van julle geestelike bestaan gaan bepaal. 

Vir My kinders het Ek in My onmeetlike hemelse woning, 
ondenkbaar baie salige ordes en skeppinge voorberei, 
waar hulle as Goddelike erfgename en instandhouers, 
werksaam gaan wees. Omdat alle lewe uit My onsterflik 
is, sal ook die onsuksesvolle lewe wat hier op aarde eindig, 
vir ewig bly voortbestaan en passief sal dit in ʼn ewige, nie-
werksame orde tot stilstand kom. Maar met volle bewussyn 
sal hierdie siele bly voortbestaan om in sinsbedrog en ʼn 
illusie, die lewe as ʼn hallusinasie ewiglik en tevergeefs na 
te jaag, wat niks anders as die ewige dood op sigself sal 
wees nie. 

As oneindige geeste, is julle in nietige liggame op hierdie 
aarde gebore, om as onbegrensde geeste, julle toets in ʼn 
begrensde liggaam te kom aflê. Omdat dit vir die mens 
onmoontlik geraak het om hier, die kloutjie by die oor uit 
te bring, het Ek, met My menswording op aarde, julle te 
hulp gesnel, om nie net ʼn voorbeeld nie, maar ook ʼn 
suiwer leerstelling te bring, sodat dit vir julle weer moontlik 
kon wees, om julle pad terug na die Vaderhuis te vind. 

Maar helaas het hierdie leer so verdraaid geraak, dat die 
wegwyser die pad nie meer noukeurig kon aanwys nie. 
Maar in My Wysheid het Ek weereens vir die mens ʼn 
alternatiewe kortpad na die volmaakte ewigheid voorberei 
en dit is deur middel van die Liefde. Indien elke mens op 
hierdie aarde sy hand na slegs een sondaar sou uitsteek 
om hom in liefde op te help om sodoende ook sy weg 
suksesvol te kan volbring, sou hierdie aarde reeds ʼn 
volmaakte hemel op sigself gewees het.



Openbaring 45 
Visioen oor die uitskot op die see.
11 Julie 2007 3:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Ek het in die vroeë oggend ure wakker geskrik en die 
volgende helder gesig gehad. In die vêrte was die see 
sigbaar en daar het iets op die oppervlakte gedryf. By 
nadere ondersoek het dit geblyk om massas menslike 
ontlasting te wees. In die middel van hierdie besoedeling, 
het daar ʼn gekompakteerde berg van hierdie menslike 
uitskot gedryf. 

ʼn Span mense het verbete geveg om hiervan ontslae te 
raak en het ook uiteindelik daarin geslaag om dit op die 
strand uit te bring, wat weer ʼn nuwe probleem opgelewer 
het, omdat die mense nie geweet het hoe om nou daarvan 
ontslae te raak nie. Mense met wit jasse aan het met hulle 
hande in hulle hare rondgestaan, terwyl dit net al hoe meer 
gestink het.


Openbaring 46
Vanuit My eie hand.
11 Julie 2007 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Wie kan ooit My raadsman wees, ja wie sal My ooit met raad 
kan bedien. Soos mis voor die son, verdwyn alle konings, 
regerings en nasies voor My heilige aangesig. Met baie fyn 
beplanning word Ek gesystap en deur My te ignoreer maak 
hulle asof Ek nie bestaan nie. Deur die spot met My te dryf, 
probeer hulle daarmee om die vrees wat in hulle skuilhou, 
te verdryf. 

As ʼn gruwel van alle groot gruwels, wat voor My Heilige 
aangesig verwoes moet word, dit is al wat die grotes van 
die wêreld is. Elke Mammon beeld sal deur My eie voete tot 
niks vertrap word en in die stof van die aarde sal dit ewig bly 
lê. 

Rig jou daarom op O’ Sion en sing jou nuwe lied. Die tyd het 
gekom en vanuit My Nuwe Jerusalem, kom die Bruidegom, 
om Sy bruid te ontbied. Ja, vanuit My eie hand het jy, O’ Israel 
voortgekom, daarom sal jy vir ewig My lof, deur al My groot 
skeppings, besing.


Openbaring 47 
Die laaste vuurproef.
12 Julie 2007 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Net soos wat My leerlinge My 2000 jaar gelede as die Verheerlikte 
Godheid, sien terugkeer het van My aardse genade-sending na 
My geestelike Wysheids- en Liefdeshemele, net so sal julle, My 
uitverkore diensknegte, My Geestelike wederkoms as eerstelinge 
in die gees ervaar en elkeen sal van My die gawes ontvang, 
waarvoor julle onwetend oor ʼn lang tydperk voorberei was en 
nou bekwaam voor is. 


Maar met die blaas van die laaste ramshoring hier op aarde, sal 
Ek ʼn enkele fisiese verskyning kom maak, wat elke oog sal sien 
en dit sal as ʼn skrikwekkende oordeel vir almal wat nie Myne is 
nie, wees.

Huidiglik is daar baie onder Myne wat voel asof hulle voor ʼn 
geestelike afgrond staan en baie eensaam en verlate voel. In 
baie gevalle voel dit vir julle asof Ek ewighede van julle 
verwyder is en julle My nêrens kan vind nie en in benoudheid 
vra julle dieselfde vraag, as die een wat Ek op Golgota gevra 
het; "My God, waarom het U My verlaat". 

Ja, hierdie vraag was ook My laaste vuurproef en daarom 
kan Ek julle ook uit eie ondervinding bemoedig, deur te sê; 
"Wanneer die nag op sy donkerste is, is die deurbreek van 
die son baie naby". Ek wil julle verseker dat Ek die heel tyd, 
digby julle is. 

Ek ken elkeen van julle, My geliefdes, persoonlik by die naam 
en elkeen van julle, met sy eie unieke karakter, is vir My die 
hoogste kosbaarheid. Ek sê vir julle dat ondenkbaar baie 
hemelse skares bewus is van elke geestelike oorwinning 
wat julle, hulle beliggaamde broers en susters, op hierdie 
aarde bereik. 

Nou weet julle ook dat My ware diensknegte wat nou op 
aarde is, wesens is, wat van bo gebore is en hulle het Ek 
met My eie hand gekies. Die stryd en oorwinnings wat 
hierdie mense op aarde behaal, het ʼn geestelike invloed 
op ongekende ewigheidsgebiede, wat vir die aardse begrip 
onmoontlik is om te begryp. 

Weet daarom dat Ek self in hierdie dae, in My Gees, by hierdie 
kinders neerdaal en beskermend kom Ek persoonlik, om hulle 
met My bemoedigende Vaderliefde, te omhels.


Openbaring 48 
Met valse gewete-gees is julle mislei.
13 Julie 2007 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Slim en listig het satan as ʼn engel van die lig in julle kerke 
en leerstellings ingesluip en met ʼn valse gewete gees, het 
hy julle mislei. Met minagting het Esau sy geboortereg vir 
ʼn pot lensiesop verruil, om saam met die grotes van die 
aarde, soos ʼn ou brakkie te kan draf, het julle die bloedgekoopte 
nalatenskap van julle vadere, verniet weggegee. 

Julle kosbare genetiese erfenis word deur verbastering 
uitgewis. Ja, julle het alles voor die voete van die pionne 
van die wêreldorde gaan neerlê. Soos ʼn kruipende hond 
wat op sy maag vir oorskiet nader seil, so is die walglike 
kruipery voor julle selfaangestelde oorheersers. Die bloed 
van julle kinders sal op julle eie hoofde neerkom. 

Bid daarom vir een in julle midde wat ondanks julle smaad, 
getrou aan My gebly het en met sy eie "handslag" teen hierdie 
gruwel geskryf het. Nie net vir homself nie, maar ook vir sommige, 
sal hy die bloed aan julle deurkosyne wees, om die engel van die 
dood in julle midde te kan stuit. 

Net soos vanouds, sal Ek die bouers en hulle medewerkers van 
die goue kalf voor My aangesig uitwis, sodat My heilige kronieke, 
weer suiwer kan word.


Openbaring 49 
Die werklike misterie. 
14 Julie 2007 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Om 'n meester oor iets te kan wees beteken om dit van binne na 
buite in al sy fasette te ken. Om dus 'n meester oor die materie te 
kan wees, moet jy interne ondervinding daarvan hê en wat is beter 
as die praktiese ondervinding daarvan self. Julle verwonder 
julleself altyd oor die misterie van die geestelike wêrelde. 

Die werklike wonderbaarlike misterie, is die beliggaming van 
die gees in 'n materiële liggaam, in 'n kort tussenpose van twee 
geestelike ewighede, wat 'n geweldige beslissende faktor is in 
die op- of afgradering van werkende geeste in verskillende ordes. 

In sy proeftydperk hier op aarde neem die mens gewoonlik een 
van drie gesindhede aan. Hy is positief, neutraal of negatief. In 
goeie outydse Bybelspraak noem ons dit koud of warm en enige 
Bybelstudent wat 'sy sout werd is', sal nou ook ewe fluks die sin 
vir ons kan voltooi deur te sê "maar omdat jy lou was, sal Ek jou 
uit My Mond spuug". 

Hiermee wil Ek dit baie duidelik aan julle maak, indien jy 'n 
volgeling van My, jou Verlosser wil wees, doen dit met 'n vurige 
liefdevolle hart, in volle oorgawe. Die een wat met 'n lou en 'n 
besluitelose- tussen die boom en die bas geloof- My om die bos 
probeer lei, sal die bittere gevolge moet dra, wanneer hy sy broers 
in die hoogste saligheid, hulle Goddelike ordes sien betree.


Openbaring 50 
Selfs die mens word nie ontsien nie. 
15 Julie 2007 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
Vanuit homself is die mens nie in staat om die mees eenvoudige, 
enkelvoudige sel of atoom te kan skep nie. Huidiglik onder die 
aanvoering van satan, word My molekulêre boustene deur die 
wetenskaplikes, met arrogante brutaliteit in hulle uiters delikate 
oeroue vasgestelde ordes versteur en die daarvan vasgestelde 
intelligensies, word deur genetiese manipulasie heeltemal 
omvêrgewerp. 

Selfs die mens, die kroon van My skepping, word nie ontsien 
nie. Menslike fetusse, word vir die oes van stamselle, onder 
die dekmantel van "alternatiewe mediese medikasies" gekweek. 
Die feit dat elke embrio, die oomblik met bevrugting, 'n lewende 
siel geword het, om ook as 'n volmaakte menslike wese sy weg 
oor die aarde te kan gaan, skeel hulle min. 

Alle ordes, of dit nou minerale, plante of die diereryk is 
is huidiglik heeltemal versteur, en skaterend weerklink 
die hoonlag van satan, wat homself weer bokant My 
Heerskappy probeer verhef het. Hiermee saam lui die 
doodsklokke vir 'n verlossings- en beskawingsperiode 
en die gebeier van hierdie klokke weergalm oor die hele 
oppervlakte van die aarde en Ekself sal antwoord op die 
klaaglied van elke versteurde klein atoompie, wat vanuit 
My skepping opklink in My oor. 

Met 'n vernietigende oordeel, sal Ek hierdie aarde van 
alles wat onrein is skoonvee, om weer as 'n volmaakte 
gereinigde aarde, oor 'n lang vredes- en verlossingstydperk, 
aan sy doel te kan beantwoord, om weer as 'n gesuiwerde, 
rein opleidingsplaneet vir My toekomende kinders te kan 
dien.